View
35
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
[2]
Die Bybelse Waarheid oor die
Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus.
Blootstelling van die “Geheime Wegraping” Hierdie boek sal u vrae oor die “geheime wegraping” en die wederkoms van Jesus Christus beantwoord.
Geskryf deur Loretta Vosloo Filippense 3:8, 10-11 - “Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry...sodat ek Hom kan ken en die krag van Sy opstanding en die gemeenskap aan Sy lyde, terwyl ek aan Sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.”
Erkenning word gegee: Aan my Hemelse Vader wat my geroep het om hierdie openbaring van Sy wederkoms te boekstaaf. Hy het my tong die pen van ‘n vaardige skrywer gemaak. Die Here het my ‘n geoefende tong gegee, sodat ek kan weet hoe om die vermoeide te verkwik met Sy woorde. Die Here het ook my ore geopen, ek was nie wederstrewig nie en ek het nie agteruitgewyk nie, maar in gehoorsaamheid aan Sy opdrag het hierdie boek vorm aangeneem. Ek gee die Here alleen die eer en die lof vir die skrywe en die uitgee van hierdie boek. Dankbaar vir my geliefde man wat my bygestaan het met die skrywe van hierdie boek. Aan my dogter Anja Vosloo, wat die finale verwerking van die boek behartig het, dankie Anja-kind jou waarde is ver bo korale. Aan Marietjie Becker-Goosen, wat so wonderlik uitgehelp het met die vertaling van sekere dele in my boek.
[3]
Aan almal wat my deur die jare bygestaan het en geluister het wanneer ek hierdie waarheid met hulle gedeel het.
Deur die jare heen het ek op ‘n hele paar bronne afgekom wat ook dieselfde openbaring gedeel het oor die wederkoms van Jesus Christus. Dit was net weereens vir my ‘n bevestiging dat ek die Woord van God in waarheid bestudeer en reg verstaan het, deur Sy wonderlike Gees van waarheid. Die meeste hiervan het geen kopiereg gehad nie en van die inligting kon ek vrylik gebruik vir die skrywe van hierdie boek. Ek het toestemming verkry van die volgende bronne vir die gebruik van hulle inligting:
Die Tydskrif “Juig” van Oktober 2011 - “Hoe die Apostels gesterf het”.
Dr. Peter Hammond se artikels in die tydskrif “Juig” van November 2010 - “Is alle gelowe nie dieselfde nie?” en “Lyding”.
Omdat ek grotendeels hierdie boek gebaseer het op die Woord van God en onder leiding van die Heilige Gees geskryf het, het ek baie Skrifte gebruik. Ek het daarom ‘n verwysings-lys aan die einde van die boek aangebring vir self-studie.
Gebed vir die publikasie van hierdie boek: Gee vlerke aan my woorde Here. Mag hulle saggies gaan sit op die takke van mense se gedagtes, Hulle buig voor die winde van U wil. Mag hulle hoop vlieg om alle mense aan te raak, Laag genoeg om ‘n briesie van soete aanmoediging oor die honger en soekende siel na U waarheid te laat kom. Gee vlerke aan my woorde, Here. Mag hulle vinnig en ver vlieg, om die wedloop te wen teen die woorde, van aardse wysheid oppad na mense se harte. Gee vlerke aan my woorde Here!
[4]
Onderskrywing van Boek deur Dr. Henk Grobler. Wat ’n wonderlike ervaring met die lees van hierdie boek! Reeds met die voorwoord kom jy agter dat die boek gemik is op Bybelse waarhede en nie soos heelwat ander manuskripte wat oor sensasie handel nie. Die skrywer het duidelik ’n deeglike studie gemaak oor die onderwerp en daarby het sy ook baie kennis oor die profesieë van Openbaring. Dat sy erns gemaak het met die navorsing en skryf van hierdie boek sien ’n persoon reeds in die voorwoord.
Ek haal die volgende gedeelte aan van haar voorwoord: Dit het my tot stilstand geruk en aan die dink gesit. Ek was so vas oortuig daarvan dat hierdie leerstelling die waarheid was, dat ek elke dag begin wonder het wanneer die Here gaan terugkeer na hierdie aarde toe? Vir dae aaneen het ek dus oor hierdie stelling gepeins, maar my oplaas na die Here gewend en Hom gevra om die waarheid oor die wegraping aan my te openbaar. Nie lank daarna nie, het die Here my genadiglik geantwoord en my van hierdie opinie verlos deur die waarheid van Sy Woord aan my te openbaar. Nadat ek dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid en opregtheid ondersoek het, het ek tot die besef gekom dat hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Ek kon nie een enkele vers in die Bybel kry wat hierdie leerstelling volledig ondersteun het nie.
Waar die wegraping in vandag se tyd deur baie mense en kerke aangehang word as die waarheid, kom die skrywer onbevrees en bewys die teendeel sistematies en ondersoekend. Alhoewel sy ander belangrike temas bespreek, word die hoofdoel telkens gevestig op die wederkoms van Christus soos die Woord ons leer. Ander temas, soos byvoorbeeld die Antichris, Eindtyd, Armagéddon en Jesus se finale Koninskap oor die wêreld word dienooreenkomstig goed gebruik om die hele gedagte van die wederkoms deur te gee. Ek kan hierdie boek ten sterkste aanbeveel aan elkeen wat die waarheid, soos gegee in God se Woord, wil hoor oor Jesus se wederkoms. Dr. Henk Grobler
[5]
INHOUDSOPGAWE
VOORWOORD ............................................................................. 7
Vrae wat ek begin vra het oor die "Geheime Wegraping" teorie………………………………………………………………………… 8
HOOFSTUK 1 ............................................................................. 19
Die waarheid van God se Woord sal jou vrymaak van valse
leerstelling en ook vry hou van misleiding in die eindtyd.
HOOFSTUK 2 ........................................................................... 24
Hoe belangrik is die Wederkoms van Jesus Christus?
HOOFSTUK 3 ........................................................................... 30
Hoe beskryf Jesus Sy Wederkoms en wie se weergawe gaan
jy glo?
HOOFSTUK 4 ........................................................................... 44
Moet ons as Christene ook gereed wees vir die koms van die
Antichris?
HOOFSTUK 5 ........................................................................... 54
Wie gaan gedurende die groot verdrukking verdruk word
en waarom?
HOOFSTUK 6 ........................................................................... 66
Wat is die verskil tussen verdrukking en die toorn van God?
HOOFSTUK 7 ............................................................................. 77
Sal God Sy kinders bewaar tydens die regering van die
Antichris?
Afdeling 1 ................................................................................... 88
Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus Christus se
Wederkoms.
[6]
HOOFSTUK 8 ........................................................................... 92
Wat gaan die gevolge van die merk van die dier wees?
HOOFTUK 9 ............................................................................ 102
Hoeveel opstandings van die dode is daar en wanneer gaan dit
gebeur?
ADELING 1 .............................................................................. 114
Met Jesus se Wederkoms sal daar weerligte, stemme,
donderslae, aardbewings en groot hael wees.
AFDELING 2 ........................................................................... 128
Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die
aarde te verderf - Die slag van Armagéddon!
AFDELING 3 ........................................................................... 135
Loon sal gegee word aan diensknegte, die profete, die
heiliges en aan die wat Jesus se Naam vrees.
AFDELING 4 ........................................................................... 140
Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die
wêreld: Die duisendjarige-vrederyk.
HOOFSTUK 10 ......................................................................... 150
Wie gaan van die aarde af weggeneem word met die
Wederkoms en wie gaan die aarde beërwe om saam met Jesus
daarop te woon?
Laaste woorde van bemoediging: ............................................ 158
Skrifverse wat in die boek gebruik is: ...................................... 164
[7]
VOORWOORD
Dit was in ongeveer 1985 toe die Here duidelik deur Sy Gees
met my begin praat het oor die “geheime wegraping” of dan die
opstanding van die heiliges. Dit gaan gebeur met die
Wederkoms van onse Here Jesus Christus na hierdie aarde
toe, soos Hy ons beloof het deur Sy Woord. Ek het die
leerstelling oor die “geheime wegraping” voor die groot
verdrukking baie goed leer ken deur Past. Peacock se leringe.
As ‘n jong Christen het ek dus vas geglo in hierdie
leerstelling en sodoende ‘n baie sterk opinie daaroor gevorm
omdat ek so geleer was deur ‘n menslike leerstelling, totdat ‘n
leraar eendag die volgende stelling gemaak het: “As jy die boek
Matthéüs deurgelees het, sal jy weet of daar ‘n wegraping voor
die groot verdrukking gaan wees of nie”.
Dit het my tot stilstand geruk en aan die dink gesit. Ek
was so vas oortuig daarvan dat hierdie leerstelling die waarheid
was, dat ek elke dag begin wonder het wanneer die Here gaan
terugkeer na hierdie aarde toe? Vir dae aaneen het ek dus oor
hierdie stelling gepeins, maar my oplaas na die Here gewend en
Hom gevra om die waarheid oor die wegraping aan my te
openbaar. Nie lank daarna nie, het die Here my genadiglik
geantwoord en my van hierdie opinie verlos deur die waarheid
van Sy Woord aan my te openbaar.
Ek kan ook soos Paulus se: “Maar ek maak julle
bekend…dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die
mens is nie. Want ek het dit ook nie van ‘n mens ontvang of
geleer nie, maar deur ‘n openbaring van Jesus Christus” –
Galasiërs 1:11.
Nadat ek dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid
en opregtheid ondersoek het, het ek tot die besef gekom dat
[8]
hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Ek kon nie een
enkele vers in die Bybel kry van ‘n “pre-trib rapture” wat hierdie
leerstelling volledig ondersteun het nie.
Ek het toe ontdek dat dit ‘n valse leerstelling was wat
deur mense as die “waarheid” oor Jesus Christus se wederkoms
na hierdie aarde toe verkondig het. Ek het nou nie meer net ‘n
opinie gevorm wat van ‘n valse leerstelling afkom nie, maar het
die openbaring uit God se Woord, wat lewe gebring het in my
gees en waaraan ek nou vashou, verkry!
Dis net soos met jou bekering, as God eers deur sy Woord
die waarheid aan jou geopenbaar het en die skille van jou oë
afgeval het, dan weet jy dat jy weet! Jy huldig nou nie meer ‘n
menslike opinie nie, maar die waarheid deur die Woord van
God het jou vrygemaak. Prys Sy Naam!
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering.
Die boek Openbaring is die plan wat God deur die Apostel
Johannes vir Sy kinders gegee het, om te verduidelik wat in die
laaste dae gaan gebeur. Die Boek Openbaring berei Christene
voor, juis sodat hulle met die nodige kennis deur die groot
verdrukking sal kan gaan. Salig is hy wat die woorde van die
profesie (Openbaring) lees, en die wat dit hoor en bewaar wat
daarin geskrywe is (Hoofstuk 1-22), want die tyd is naby.
As die heiliges dan weggeraap word na Openbaring 3, vir
wie is die res van Openbaring dan geskrywe? Openbaring is juis
geskrywe om die kind van God voor te berei vir die groot
verdrukking. As ons die waarheid in God se Woord wil sien,
moet ons ontslae raak van alle menslike leerstellinge en
sieninge wat ons oë verblind vir die waarheid van God se
Woord. As jy die Bybel werklik gaan bestudeer oor die
wederkoms, sonder om die “geheime wegraping" in ag te neem,
sal al die kennis oor die wederkoms in die hele Bybel vir jou
begin sin maak en soos ‘n legkaart inmekaar begin pas.
[9]
Dit is juis ‘n gebrek aan kennis oor die wederkoms, wat
Christene laat glo in hierdie leerstelling. Hulle glo maklik,
sonder om self die Skrifte te gaan ondersoek. Die Bybel leer ons
baie duidelik dat die wederkoms van Jesus Christus net een
keer, direk na die verdrukking – (Matthéüs 24) en nie twee
keer gaan plaasvind nie en daarmee saam sal ons opgeneem
word om die Here in die lug te ontmoet saam met diegene wat
opgewek is met die eerste opstanding. As ons vashou aan wat
die Skrif sê kan ons nie verkeerd gaan nie.
Dit was dus vir my skokkend om te sien hoe ver hierdie
menslike leerstelling oor die sogenaamde “geheime wegraping”
van die waarheid af is en hoe groot hierdie misleiding geraak
het. Dis dan ook die oorgrote meerderheid van die
pinkster/charismatiese bewegings wat in hierdie leerstelling
glo. Snaaks genoeg word dit nie geglo in lande waar daar wel
verdrukking is nie.
Meestal word dit dus net aangehang in lande waar mense
nie verdruk word nie en dis daarom ‘n baie gerustellende
leerstelling wat die oor streel en baie Christene laat glo in ‘n
gemaklike lewe sonder enige vervolging of verdrukking.
Hulle sê: “God sal mos nie toelaat dat ons bo ons kragte
versoek word nie, Hy sal mos met die versoeking ook die
uitkoms gee!” Die sogenaamde “geheime wegraping” word dan
gesien as die uitkoms wat God hulle gee, uit die groot
verdrukking uit. Een vraag: Van wanneer af word verdrukking
en versoeking in dieselfde konteks gestel?
Versoekinge kan deur die hulp van die Heilige Gees
oorwin word, wanneer ons op die Here vertrou, want wanneer
ons swak is, versterk die Here ons. Verdrukking is ‘n heel ander
saak, hier word die vervolgde gewoonlik geforseer om teen
sy/haar wil, hulleself te onderwerp aan die vervolger of dan die
nagevolge daarvan te dra.
[10]
Ons as Christene gaan deur verdrukkinge sowel as
versoekinge in hierdie wêreld. Jesus self sê dat ons, Sy kinders,
in hierdie wêreld verdruk sal word. Dis nie opsioneel vir
Christene nie. Van die kerk se ontstaan af word Christene
vervolg ter wille van Jesus Christus en die Evangelie van
verlossing.
‘n Duitse vrou met die naam van Corrie ten Boom was
gevange gehou in ‘n Nazi strafkamp, maar het na die oorlog
China toe vertrek. Daar het sy pastore ontmoet nadat die
kommunistiese regering oorgeneem het. Hulle het haar vertel
wat die rede was waarom van die Christene hulle geloof in
Jesus Christus prys gegee het. Dit was omdat hulle nooit deur
sendelinge geleer was dat hulle verdrukking en vervolging sal
moet verduur ter wille van hulle geloof in Jesus Christus nie.
Hulle het hulle wel geleer dat Jesus weer sal terugkeer en hulle
sal wegneem met die “geheime wegraping”, sodat hulle nie deur
verdrukkinge en vervolging hoef te gaan nie.
Maar in plaas daarvan dat Jesus teruggekeer en hulle
weggeneem het, het die kommuniste gekom en hulle vervolg
en doodgemaak. Dit was nie net vir 7 jaar soos geglo word nie,
dit was jaar na jaar na jaar. Later het sy 'n Biskop van China
hoor sê, helaas: "Ons het gefaal, ons moes die mense deur
die woord sterk gemaak het vir vervolging, eerder as om hulle
te vertel dat Jesus eerste sou kom”. Daarna het hy na haar
gedraai en gesê, "Jy het nog tyd, vertel die mense hoe om sterk
te wees in tye van vervolging, hoe om op te staan wanneer die
verdrukking kom – “to stand and not faint”.
Hierdie valse leerstelling berei mense glad nie voor vir die
groot verdrukking wat gaan kom nie. Dit stel hulle net gerus
dat hulle nie deur vervolging en verdrukking hoef te gaan nie,
want “Ons is nie bestem vir die toorn van God nie!” Maar die
groot verdrukking gaan grootliks oor die verdrukking van die
heiliges en die heerskapy van die “dier”. Teen die einde word
[11]
God se grimmigheid oor almal wat nie in Jesus Christus geglo
het nie, uitgestort deur die sewe skale. Daarna volg die slag van
Armagéddon, waar God die goddelose mense gaan verdelg,
maar verder in die boek sal ons meer hieroor uitwy.
Dit is dus uiters belangrik dat die leiers van kerke hulle
lidmate moet begin voorberei om deur die groot verdrukking te
kan gaan en hulle leer hoe om aan hulle geloof in Jesus Christus
vas te hou soos ‘n “mosseltjie aan ‘n rots”. Hulle moet die volk
die onderskeid begin leer tussen wat tradisies van mense en
valse leerstellinge is en wat die waarheid oor die koms van
Jesus Christus is.
Op een of ander manier en op een of ander tyd gaan alle
Christene, ook in Suid-Afrika vervolg word vir hulle geloof in
Jesus Christus. As jy in hierdie tyd aan ‘n gemaklike lewe glo en
vashou, sal dit baie moelik met jou gaan wanneer jy
verdrukking in die oë moet staar.
Christene moet voorberei word om getrou aan die Here te
bly, maak nie saak wat vir hulle voorlê in die toekoms nie, ons
moet getrou bly tot die dood toe. Ons moet nooit ooit moed
verloor nie. Jesus het klaar hierdie wêreld oorwin en as ons aan
Hom vashou sal ons geloof in Hom nooit wankel nie.
Met tye het ek die geleentheid gekry om hierdie waarheid
met Christene te deel wat ek ken, net om weereens met 'n skok
te besef watse sterk houvas hierdie valse leerstelling op hulle
het. Net die gedagte daaraan dat hulle dalk deur verdrukking
sal moet gaan, het hulle hewig ontstel. Vir jare het ek geswyg
oor hierdie valse leerstelling juis omdat ek self deel is van die
pinkster-beweging. Daar is ongelukkig bitter min gelowiges in
die pinkster-geledere wat nie in hierdie leerstelling glo en
daaraan vashou nie.
Romeine 1:16 WANT ek skaam my nie oor die evangelie
van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding,
[12]
(verlossing, bevryding, genesing ens.) vir elkeen wat glo, eerste
vir die Jood en ook vir die Griek.
Ek kan dan ook soos Paulus sê:
Galasiërs 1:15-16 - “Maar toe dit God behaag het, wat my
afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy
genade geroep het, om sy Seun, Sy Woord, in my te
openbaar...het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,…”
Ek het God vertrou om die waarheid uit Sy Woord oor Sy
wederkoms aan my te openbaar, wat Hy dan ook gedoen het.
In die boek Titus leer Paulus dat ons aan die betroubare
Woord moet vashou, sodat ons in staat sal kan wees om met die
gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te kan
weerlê.
Vrae wat ek begin vra het oor die “geheime
wegraping” teorie .
Soos ek reeds genoem het, het ek ernstig begin nadink oor wat
geleer word rondom hierdie leerstelling en hoe ek tot die besef
gekom het dat van die stellings nie sin maak as ek dit met die
Bybel vergelyk nie. Is die “geheime wegraping” ‘n feit uit die
Woord van God of is dit fiksie wat geskep is deur mense? Kan
hierdie dan ‘n leerstelling van mense wees wat die Woord van
God kragteloos maak en derduisende kinders van God mislei
daardeur?
Waar het die “geheime wegraping” sy ontstaan gehad?
Vir menigte is dit gelyktydig verstommend én skokkend om
te ontdek dat die woord “wegraping” asook die leerstelling van
‘n “geheime wegraping” nie in énige een van die
Bybelvertalings voorkom nie. Hiermee saam word dit nie eers
genoem in enige geestelike literatuur voor die jaar 1830 nie.
[13]
Die resultaat van omsigtige navorsing oor die oorsprong
van die “geheime wegraping” is onlangs gepubliseer deur Dave
MacPherson, outeur van “The Unbelievable Pre-Trib Origin”.
Sy ondersoek na die oorsprong en ontwikkeling van die
wegrapings-teorie, is prysenswaardig.
Sy navorsing het aan die lig gebring dat die “geheime
wegraping” in Engeland tot stand gekom het in die middel
1800’s. Hy boekstaaf ‘n groot hoeveelheid historiese materiaal
as antwoord op hierdie mistieke leerstelling. MacPherson se
navorsing het bevind dat ‘n prediker van die Kerk van Skotland,
genaamd Edward Irving, die eerste was om te predik oor die
“wegrapings-evangelie”.
In 1830 gedurende een van Irving se byeenkomste, het ‘n
jong skotse meisie, by name Margaret MacDonald, in ‘n
beswyming verval. Na ‘n aantal ure van “visioene” en
“profesieë”, het sy bekend gemaak dat Jesus Christus se
wederkoms in twee fases sal plaasvind, en dat dit nie slegs ‘n
eenmalige gebeurtenis sal wees nie. Christus sal eerstens
sigbaar aan die regverdiges verskyn, en daarna sal Hy ‘n tweede
keer kom, om wraak te neem teen die onregverdige nasies.
‘n Oog-en-gehoor-getuie, Robert Norton M.D., het ’n
handgeskrewe kopie van haar “geheime wegrapings-
openbaring” in twee van sy boeke vervat, en verklaar dat dit die
eerste maal was dat énige persoon ooit die tweede wederkoms
in twee aparte gebeure of fases omskryf het. Sy geskrifte,
tesame met menigte ander Katolieke Apostoliese Kerk
literatuur, is vir baie dekades weerhou van die hoofstroom
Evangeliese denkrigting en het eers onlangs na die oppervlak
gekom.
Ons moet die bron van hierdie leerstelling in ag neem.
Hierdie leerstelling kom nie uit die Skrifte nie, maar spruit veel
eerder uit ‘n visioen wat ‘n vrou gehad het, wat nooit volgens
die Woord daaraan gemeet was nie. Daar was nooit ondersoek
[14]
ingestel om seker te maak dat sy geestelik hiervoor geverifieer
of gekwalifiseerd was nie en ook nie dat sy as profetes hierdie
leerstelling kon aanmatig nie. Die feit dat haar leringe nie in
lyn met die Skrifte was of deur die Skrifte bewys kon word nie
(in die proses het sy ook ander goed-gevestigde Bybelse leringe
weerlê en vernietig), het veroorsaak om die minste te sê, dat
haar leringe onder suspisie was.
Hierdie “geheime wegraping” was toe deur Irving
gepromoveer, deurdat hy beweer het dat hy ook ‘n “stem” uit
die hemel gehoor het wat hom beveel het om dieselfde te leer.
Sommige moderne navorsers beweer dat Irving se spekulasie
van die “geheime wegraping” beïnvloed was deur die Spaanse
Jesuïte priester, Lacunza, wie se boek Irving laat vertaal het in
1827 onder die titel “The coming of the Messiah in Glory and
Majesty”.
John Darby, ‘n Engelsman en pionier van die Plymouth
Brethern-beweging was vasgevang deur die wegrapings-
filosofieë van Irving. Toe Darby verneem het van Irving se
aktiwiteite, het hy vanaf Skotland gereis om met Irving en sy
volgelinge te gaan praat oor die “geheime wegraping”.
Dit was Darby wat die meester-ontwikkelaar geword het
van “skriftuurlike” ondersteunende argumente rondom hierdie
teorie/leerstelling. Darby se ontwikkeling van die “geheime
wegrapings”-teorie het sedertdien wyd gepopulariseer in
Brittanje asook uiteindelik in die Verenigde State - hoofsaaklik
as gevolg van Cyrus Scofield se notas in sy Scofield Reference
Bible.
Geloofwaardigheid van die “geheime wegraping”
het so wyd verspreid geraak onder die hedendaagse
“evangelisasialisme” en “fundamentaliste”, dat menigte
kerkgangers dit aanvaar het en glo dat die leerstellinge terug
dateer na die Apostels en die Messias.
[15]
Afgesien van wie ook al as die ontdekker van hierdie
leerstelling beskou word - of dit nou Irving, Darby, Margaret
MacDonald of ‘n Jesuïte priester is, een ding is baie duidelik:
Die “geheime wegraping” is van relatiewe onlangse oorsprong.
Meer nog, dit het geen feitelike grondslag nie en dit was ook
nooit deel van die leringe van Jesus Christus, die Apostels, of
die vroeë beweging wat deur Jesus begin was nie.
Meeste Christene wat in die “geheime wegraping” glo, kan
nie volgens Skrifte grondige bewyse van hulle opvattinge gee
nie. Hulle vertrou hoofsaaklik op hul pastore en predikers om
die waarheid van hierdie leerstelling weer te gee. Hulle
is moontlik in staat om ‘n vers of twee uit die Bybel aan te haal,
maar wanneer dit by die werklike “bewyslewering” van hul
perspektiewe kom, raak hulle verward en deurmekaar en word
uiteindelik geforseer om te erken “Dit is hoe ek dit sien”. “Ek is
nie so goed daarmee om bewyse in die Bybel te vind nie.” of
“Wel, dit is hoe ek geleer was, so dit is waarom ek dit glo”.
Hierdie uitlatings lei direk na my volgende standpunt:
Die “geheime wegraping” word nie deur die Skrif
ondersteun nie. Baie van die tekste wat gebruik word om
hierdie siening te staaf, bewys in werklikheid presies die
teenoorgestelde, maar dit is omdat mense toegelaat het dat
iemand anders die Skrifte, ivm. hierdie leerstelling, vir hulle
interpreteer - wat een van die gevaarlikste dinge is wat ‘n
Christen ooit kan toelaat, ons moet ten alle tye leerstellings
toets aan die Woord van God.
Daar is een finale skakel in die ketting van die
ontwikkeling en verspreiding van die “geheime wegraping” wat
genoem moet word. Scofield en Darby het D.L. Moody
beïnvloed en Moody het die vroeë Pinksterbeweging weer
beïnvloed. Hoe dan so, word gevra?
[16]
Die Assemblies of God is vandag by verre die grootste Pinkster
denominasie in die wêreld.
In 1914 het hulle hul Sondagskool-en studiemateriaal
vanaf die Moody Press bestel. Daarom het die Assemblies of
God geglo wat die Moody Bible Institute geleer het, en dit
sluit in die “geheime wegraping”. En so is dit vandag dat groot
getalle van verskeie Kerke die geskiedkundige leerstelling
van die Kerk, betreffende profesieë, verwerp het en dit vervang
het met ‘n konsep wat daarop uit is om te mislei: Die
“wegraping verlossing” voor die groot verdrukking.
Kom ons kyk na die volgende stellings oor die
“geheime wegraping” en dan kyk ons na wat die
Woord van God sê:
1. Die “wegraping” (eerste opstanding) en die wederkoms van
Jesus Christus is twee verskillende gebeurtenisse.
Wat sê God se Woord:
2 Thessalonicense 2:1 – “Maar ons vra julle, broeders, met die
oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons
vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of
verskrik te word nie...asof die dag van Christus al daar is nie.
Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet -
1) die afval kom en - 2) die mens van sonde geopenbaar word,
“die seun van die verderf”…hy wat die Here met die asem van
Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms
tot niet sal maak...”
Ons sien duidelik hier in die Woord dat die eerste
opstanding van die heiliges, die wat in Christus ontslaap het en
die wat in die lewe oorbly, ons vereniging met Hom, eers met
Jesus se wederkoms plaasvind. Die opstanding van die heiliges
en die wederkoms is net een gebeurtenis en nie twee
gebeurtenisse soos beweer word nie.
[17]
Daar is dus net een wederkoms, wat nie sal plaasvind
voordat die afval nie eers gekom het nie. Daar sal Christene
wees wat van die Here afvallig word en ook moet die “seun van
die verderf” eers geopenbaar word, dit kan dan ook nie die kerk
wees wat sy openbaring teëhou nie! Want in dieselfde asem sê
Paulus dat die Here die “seun van die verderf” gaan verdelg met
die asem van Sy mond, by die verskyning van Sy wederkoms en
ons vereniging met Hom, saam met al die heiliges! Hoe is dit
moontlik dat Christene hierdie skrifvers nie reg kan verstaan
nie?
2. Die “wegraping” geskied in die geheim, net ware Christene
sal Jesus sien kom, want Jesus sal kom soos ‘n dief in die
nag.
Wat sê God se Woord:
1 Thessalonicense 5:2-5 - “…want julle weet self baie goed dat
die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want
wanneer hulle sê: “Vrede en veiligheid”, dan oorval ‘n skielike
verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal
sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in
duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is
almal kinders van die lig en kinders van die dag, ons is nie van
die nag of die duisternis nie.”
Kom ons kyk na die betekenis “soos ‘n dief in die nag”:
‘n Dief oorval jou, hy kom skielik en onverwags op jou af en
dan beroof hy jou. Dis hoe Jesus vir die wêreld gaan kom, die
dag sal nie die kind van God oorval nie. Jesus kom steel nie Sy
bruid in die geheim weg nie, want elke oog sal Hom sien.
2 Petrus 3:10 – “Maar die dag van die Here sal kom
soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal
verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die
aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.” Duidelik
verwys Petrus na die enigste wederkoms van Jesus Christus na
die verdrukking, die dag van die Here waarin die hemele met
[18]
gedruis sal verbygaan – dink u dit sal in die geheim kan
geskied, sonder dat enige iemand dit sien of hoor?
Hy gaan wel onverwags terugkom terwyl die wêreld
doodluiters voortgaan en sê: “Vrede en Veiligheid”, want dan
oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger
vrou en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Jesus se koms gaan
wel skielik gebeur, maar dit gaan beslis nie in die geheim
plaasvind nie. Openbaring 1:7 – “Kyk, Hy kom met die wolke,
en elke oog sal Hom sien...”
3. Die “wegraping” kan enige oomblik gebeur en dit sal chaos
op die aarde veroorsaak.
Wat sê God se Woord:
Lukas 21:8 - En Hy antwoord: “Pas op dat julle nie mislei word
nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: “Dit is ek!” en
“Die tyd is naby!” Gaan dan nie agter hulle aan nie". Volgens
die Woord van God moet sekere profesieë eers vervul word
voordat Jesus Christus sal terugkeer na hierdie aarde toe. Ons
moet dus let op die vervulling van profesieë en die tekens van
die tye.
Matthéüs 24:31 - “En Hy sal Sy engele uitstuur met 'n
harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel
uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot
die ander einde daarvan”. Die Here is nie ‘n God van chaos nie.
Hy stuur Sy engele uit om ons te vergader of dan bymekaar te
maak met Sy wederkoms en daarna sal ons Hom in die lug
ontmoet.
4. Die volheid van die heidene geskied met die “wegraping”
en dan is dit weer Israel se tyd om ingeënt te word in die
olyfboom.
Wat sê God se Woord:
Romeine 11:25 - “...dat die verharding ten dele oor Israel gekom
het totdat die volheid van die heidene ingegaan het”.
[19]
Openbaring 1:7 - “Kyk, Hy kom...ook hulle wat Hom deursteek
het en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf…”
Sagaría 12:10 - “...hulle sal opsien na my vir wie hulle deurboor
het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n
enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik
ween oor ‘n eersgebore kind”. Die verharding van hulle harte
sal eers verdwyn wanneer hulle Jesus Christus sien met Sy
wederkoms en dan sal hulle berou hê omdat hulle hom nie as
die Messias aanvaar het nie.
5. Mense gaan met hulle eie bloed moet betaal om gered te
word tydens die groot verdrukking.
Wat sê God se Woord:
Hebreërs 9:12 - “...maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in
die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring vir ons, die
bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde”.
Die bogenoemde stelling is duidelik onbybels, want
behalwe vir die feit dat hulle ‘n tweede kans op redding
verkondig, na die eerste opstanding, sê die Woord van God
baie duidelik dat die bloed van ‘n dier of ‘n mens nooit
voldoende kan wees om ‘n sondige mens te red van die hel nie.
Geen mens kan dus gered word tydens die groot verdrukking
deur met sy eie bloed vir sy saligheid te betaal nie.
Openbaring 7:14 - “...dit is hulle wat uit die groot
verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit
gemaak in die bloed van die Lam”.
6. Die Heilige Gees-bedeling kom tot ‘n einde op aarde na
die “wegraping” van die kerk.
Wat sê God se Woord:
Johannes 14:16 - “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n
ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid…” Jesus
stuur die Heilige Gees in Sy plek na hierdie aarde toe om met
ons te wees tot aan die einde van hierdie wêreld soos ons dit
ken...tot in alle ewigheid.
[20]
Mat 28:20 – “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die
voleinding van die wêreld.”
7. Die eerste opstanding uit die dode gaan plaasvind tydens
die “wegraping” voor die groot verdrukking.
Wat sê God se Woord:
Let asseblief op na die 2 groepe mense wat deel is van die
opstanding.
Openbaring 20:4 - “...1) Ek het die siele gesien van die wat
onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van
God, en 2) die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die
merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie;
en hulle het geleef en as konings regeer saam met Christus die
duisend jaar lank.
En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar
voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.”
1 Thessalonicense 4:16 - “...die wat in Christus gesterf het, sal
eerste opstaan...” Die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie
en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het
nie, gaan dan ook deel wees van die eerste opstanding, reg?
Nou, hoe kan hulle dan deel wees van hierdie gebeurtenis as die
eerste opstanding reeds voor die groot verdrukking plaasgevind
het?
8. Die Bruilof van die Lam gaan in die hemel plaasvind tydens
die groot verdrukking op aarde.
Wat sê God se Woord:
Openbaring19:6 - 9 “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n
groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die
geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here
God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar(om vir ‘n
duisend jaar op hierdie aarde te heers). Laat ons bly wees en
ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof
van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En
aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn
[21]
linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die
heiliges......salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die
Lam.....Dit is die waaragtige woorde van God.” Direk hierna
word die slag van Armaggeddon beskryf.
As die bruilof dan wel in die hemel gevier word tydens die
groot verdrukking, wanneer gaan al die martelare wat tydens
die groot verdrukking in Christus sterf, opgewek word? Hoeveel
opstandings gaan daar dan vir die heiliges wees, as die eerste
opstanding alreeds plaasgevind het? En as die opstanding dan
alreeds plaasgevind het, wanneer gaan hierdie martelare
bruilof vier as die deur dan gesluit en geen laatkommers
ingelaat word nie? M.a.w. gaan hulle dan automaties uitgesluit
word?
9. God sal nie toelaat dat sy kinders deur die groot
verdrukking gaan nie.
Wat sê God se Woord:
Johannes 16:33 - “...In die wêreld sal julle verdrukking hê,
maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin”. Dit is Jesus
se eie woorde, in die wêreld sal julle verdrukking hê, nie net
party Christene nie, almal! Almal van ons beleef van tyd tot tyd
verdrukking, party ligte verdrukking en ander sal deur die groot
verdrukking aan die einde van dae moet gaan. As dit nog in my
geslag gebeur sal dit sekerlik ook my voorland wees as ‘n
uitverkorene van God, maar die vraag is: Hoeveel van ons sal
voorbereid wees vir hierdie gebeurtenis?
Romeine 8:35 - “Wie sal ons skei van die liefde van Christus,
verdrukking of benoudheid of vervolging of honger…….
Geskiedkundiges beweer dat daar alleen 10 miljoene
Christene ‘n marteldood gesterf het gedurende die tydperk van
die Romeinse ryk. Ons weet ook van die baie verdrukkinge wat
deur die eeue heen teen Christene, sowel as teen die Jodedom
gepleeg is. Van Jesus se opstanding af tot nou toe word
Christene verdruk en gemartel ter wille van hulle geloof in
[22]
Jesus Christus. Ons moet egter verstaan dat die verdrukking
van Christene deur Satan, mense wat hy gebruik en regeringe
wat onder sy invloed is uitgeoefen word, nie deur God self nie.
Oordele gaan wel deur God uitgestort word oor die ongelowiges
vanweë Sy toorn. God se toorn oor die ongelowiges word
grootliks uitgestort tydens die laaste sewe plae en die slag van
Armagéddon. Voorbeeld - Lot en sy gesin.
[23]
HOOFSTUK 1
Die waarheid van God se Woord sal jou
vrymaak van valse leerstelling en ook vry
hou van misleiding in die eindtyd Jesus antwoord en sê vir sy dissipels: “Pas op dat niemand julle
mislei nie. Want daar sal valse christusse en baie valse profete
en valse leraars opstaan en baie mense mislei, en hulle sal
groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die
uitverkorenes te mislei.”
Johannes sê die Woord het vlees geword en het onder ons
kom woon en ons het Sy heerlikheid aanskou...vol van genade
en waarheid en ons sal die waarheid ken en die waarheid sal
ons vrymaak. Waarheid kom dan deur die Woord van God,
lewend gemaak deur die Heilige Gees, want die Woord van God
is Gees en lewe, vol van genade en waarheid. Deur die Woord
te bepeins, aanskou ons die heerlikheid van God deur Sy
Woord.
Die Emausgangers het Hom nie herken nie, waarom nie?
Jesus wou hê dat terwyl Hy die Skrifte vir hulle uitlê, hulle
Hom in Sy Woord sou herken. Jesus verduidelik ook aan ons
hoe belangrik die Woord vir ons is - “As julle in My Woord bly,
is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en
die waarheid sal julle vrymaak.”
Jy moet ‘n liefde vir die waarheid hê om vry te kan bly van
valse leerstellings waarteen die Apostels van ouds ons so ernstig
gewaarsku het. Jesus self sê ons moet in Sy Woord bly en nie
aan die woorde vashou van menslike leerstellings en
godsdienstige rituele nie. Want volgens Paulus sal party
[24]
Christene hul ore afkeer van die waarheid en hulle wend tot
fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afgewyk
het. Tevergeefs vereer ons Jesus deur leringe te leer wat
gebooie van mense is.
Jy moet die waarheid van God se woord ten volle
aanneem, ten alle koste liefhê en daaraan vashou deur die hele
Woord te glo. Die volle waarheid kom net deur die Woord van
God, die suiwer water wat ‘n lewensfontein is waaruit ons
drink. Hierdie water het die Samaritaanse vrou by die put
gedrink en dit het haar vrygemaak van haar verlede en sy het
gaan vertel.
Menslike sieninge en leerstellinge besoedel die Woord
van God.
Esegiël profeteer die volgende oor die herders in Esegiël 34: “Is
dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En
moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En
moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly,
met jul pote troebel maak? En moet my skape afwei wat met
julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak
is?” Terwyl die Woord in alle waarheid deur die openbaring
van die Heilige Gees tot ons beskikking is, vertroebel ons eie
sieninge en tradisies dit.
2 Timotheus 2:15 - “Lê jou daarop toe om jou beproef
voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,
wat die woord van die waarheid reg sny.”
In Johannes 16 sê Jesus ook dat wanneer die Heilige Gees
oor ons kom, die Gees van die waarheid, sal Hy ons in die hele
waarheid lei, soos met die olie in die kanne van die vyf wyse
maagde. Want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles
wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan ons
verkondig.
[25]
Jesus is ons Opperherder en as ons Hom volg, sal ons Sy
stem leer ken en ons sal nie vreemde stemme van menslike
kennis en tradisies navolg nie. Die skrifgeleerdes sê die
volgende van Jesus in Lukas 20:21 - “Meester, ons weet dat U
reguit praat en leer en die persoon van ‘n mens nie aanneem
nie, maar die weg van God in waarheid leer”. Net so moet ons
as Christene in Jesus se voetspore volg. Spreek die waarheid
van die Woord reguit en moenie die persoon van ‘n mens
aanneem nie. “Want daar sal mense wees wat die gesonde leer
nie sal kan verdra nie, maar in hulle gehoor gestreel sal wil
wees, omdat hulle volgens hulle eie begeertes sal wil wandel”.
Predikers wat ore streel, preek wat mense wil hoor, nie wat
die Bybel direk en duidelik sê nie. Die probleem is dan, dat die
Skrif uit konteks geneem word, verkeerdelik-aangehaal word,
verdraai en byvoeg wat nie in die Woord staan nie en dit
veroorsaak die vorming van menslike leringe, wat die Woord
van God kragteloos stel.
Wees tog ook versigtig om ook nie van die Skrifte oor die
wederkoms oor te slaan nie, net omdat dit jou ongemaklik laat
voel omdat dit nie ooreenkom met dit wat jy glo, soos jy geleer
was nie, want tog staar die waarheid jou in die gesig, in swart
en wit, duidelik in die Woord van God.
Mense neem dan aanstoot wanneer verdrukking ter sprake
kom of wanneer iemand die waarheid praat oor die wederkoms.
Vir meeste is dit net ondenkbaar dat hulle blootgestel kan word
aan enige vorm van vervolging of verdrukking! Hulle begeerte is
om nie deur die groot verdrukking te gaan nie, maar dit sal nie
God se Woord verander nie. Moet dus nie toegee aan menslike
begeertes nie, moenie ore streel nie, dit is presies wat die
wegrapings-teorie doen.
Moet ook nie ‘n persoon se lering aanneem vir die
waarheid as jy dit nie uit die Woord van God kan bevestig nie.
Onthou, geleerdheid is nie ‘n waarborg vir waarheid en
[26]
salwing nie, want die krag van die Heilige Gees maak die
Woord lewendig en skryf dit op die tafels van ons harte!
Daar is altyd mense wat leer, maar nooit tot die kennis van
die waarheid kom nie. Om in die waarheid van die Woord te
bly, moet jy dus die prediking van die Woord toets óf dit dan
so is of nie. Johannes vermaan ons met die volgende woorde:
“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die
proef of hulle uit God is”.
Spreuke 3:21 sê dit so mooi in Engels - “My son, do not let
wisdom and understanding out of your sight, preserve sound
judgment and discernment. They will be life for you...Then you
will go on your way in safety, and your foot will not stumble."
Psalm 23:5 - “U berei die tafel voor my aangesig teenoor
my teëstanders...” Wat beteken dit as iemand ‘n tafel vir jou
voorberei? Daardie persoon berei kos voor vir jou en dan
bedien hulle jou met ‘n maaltyd en sodoende eet jy dan uit
hulle hande uit. As jy uit iemand se hand uit eet, beteken
dit dat jy hulle slaafs navolg en doen wat hulle vir jou sê.
So berei Jesus ook vir ons Sy Woord voor en ons moet uit
ons Meester se hand eet en Hom navolg, want die woorde wat
Hy tot ons spreek, is Gees en dit is lewe. Hy is die brood wat uit
die hemel neergedaal het om ons geestelik te voed en te
versterk.
Jare gelede moes ek my eie tafel skoonmaak van alle
menslike leerstellinge en tradisies wat ek deur die jare geleer
het en wat nie ooreengestem het met die Woord van God nie.
Ek moes ook van my eie menslike sieninge laat vaar het.
Vandag nog, moet ek steeds waak om nie toe te gee aan
uitlatings wat nie deur God se Woord bevestig kan word nie.
My begeerte is om God se Woord van waarheid en krag suiwer
in te neem, want as ek glo soos die Skrif leer, sal lewende
waters weer uit my binneste vloei, wat mense sal bemoedig en
versterk!
[27]
Jesaja 58:11 - “En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou
siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak en jy sal
wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van
waters waarvan die water nooit teleurstel nie”. Waters wat
troebel is stel teleur, ons moet God se Woord suiwer hou.
Net die Heilige Gees van God kan jou in die hele volle
waarheid van die Woord inlei en ook openbaar wat in die
toekoms sal gebeur. Johannes sê ook: “Maar wanneer Hy
gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele
waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar
alles wat Hy hoor, sal Hy spreek.....
Hy sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het...en die
toekomstige dinge aan julle verkondig”.
Jy is dus nie bestem om vir altyd ‘n geestelike baba te bly
wat nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, jy moet ook
leer om vaste spyse van die Woord in te neem en die Woord wat
jy hoor, te beoordeel.
[28]
HOOFSTUK 2
Hoe belangrik is die wederkoms van Jesus
Christus? Kom ons kyk eers na die belofte van Jesus se eerste
koms na hierdie aarde toe.
In Genesis sê die Here na die sondeval vir Satan: “Ek sal
vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en
haar saad...Hy, Jesus Christus die Seun van God, sal jou kop
vermorsel…” Die doel van Jesus se eerste verskyning was dus
hoofsaaklik om die werke van die Satan te verbreek.
Die HERE gee dan self aan die mense ‘n teken van die
eerste koms van die Messias wat na hierdie aarde toe sou kom.
Jesaja 9:6 - “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar
en julle moet Hom Immánuel noem. Want ‘n Kind is vir ons
gebore, ‘n Seun is aan ons gegee en die heerskappy is op sy
skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke
God, Ewige Vader en Vredevors.”
In Lukas 2 staan die volgende verhale opgeteken: “Daar
was ‘n sekere man in Jerusalem woonagtig met die naam van
Símeon en hierdie man het ‘n regverdige en vroom lewe voor
die Here gelei en hy het die vertroosting van Israel verwag, en
die Heilige Gees was op hom”. Daar was dus ‘n verwagting en
‘n verlange in sy hart om die Messias te sien wanneer Hy sou
kom. Hy het die profetiese woord oor die koms van die Messias
geglo en hy was dus in afwagting daarvoor.
Dit was aan hom deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy
die dood nie sou sien voordat hy nie die Christus gesien het nie
en deur die Gees gelei was hy in die tempel , “Toe die ouers die
kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die
gebruik van die wet, toe het hy Hom in sy arms geneem en God
[29]
geloof en gesê: Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede
volgens u woord, omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het
voor die oë van al die volke - ‘n lig tot verligting van die nasies
en tot heerlikheid van u volk Israel”.
Daar was ook ‘n profetes, wie se naam Anna was. Sy was
op ver gevorderde ouderdom en het van haar maagdom af sewe
jaar lank saam met haar man gelewe en sy was ‘n weduwee van
omtrent vier en tagtig jaar oud. Sy het ook nie weggebly van die
tempel af nie en met vas en gebed het sy God gedien, dag en
nag. Sy het in dieselfde uur as Símeon by die tempel aangekom
en daar die Here geprys en geloof. Sy het van die Messias
gepraat en dit met diegene in Jerusalem wat die verlossing
verwag het, gedeel.
Hier is die verhaal van twee mense wat die eerste koms
van die Messias verwag het: Símeon wat ‘n vroom en regverdige
lewe gely het terwyl hy die vertroosting van Israel verwag het.
Hy wou so graag die Messias sien voordat hy sterwe. Wanneer
hy hom dan in sy arms neem, sê hy: “Nou laat U Here, u
dienskneg in vrede gaan, omdat my oë U heil gesien het”. Daar
was Anna, ‘n profetes wat al vier en tagtig jaar oud was en
getrou die Here gedien het met vas en gebed. Sy prys die Here
en vertel dan vir almal van die verlossing van Israel! Die
Messias wat sy ook verwag het, het uiteindelik gekom!
Ons sien dan hier dat hierdie mense ‘n groot verwagting
gehad het vir die eerste koms van die Messias. Al die profesieë
van Jesus se eerste koms na hierdie wêreld toe, het presies soos
wat dit opgeskryf was deur die profete van ouds, in vervulling
gekom. Net so sal dit ook wees met Sy tweede en finale koms.
Maar die vraag bly: Hoeveel Christene sal die geloof behou en ‘n
verwagting bly koester vir Jesus se verskyning, selfs al word
hulle geloof getoets deur spotters?
Kom ons kyk wat sê Petrus hieroor: “Dit moet julle veral
weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat
[30]
volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die
belofte van sy wederkoms?” Wanneer die groot verdrukking
waarvan Jesus in Matthéüs 24 praat begin en Jesus dan nog nie
Sy verskyning gemaak het nie, sal baie mense begin vra - “Waar
is die belofte van Sy wederkoms?” Want baie Christene verwag
dan dat Jesus hulle sal verlos deur die “geheime wegraping”
voor die groot verdrukking en party Christene sal nie net hulle
verwagting verloor nie, maar ook hulle geloof in die wederkoms
van Jesus Christus.
Aangesien die “geheime wegraping” met die wederkoms
van Jesus Christus geassosieer word, is dit dan ook Satan se
doel daarmee om soveel voorspelde “wegrapings” as moontlik
te laat faal. Sodoende kry hy dit reg om mense af te stomp
sodat hulle later sal begin dink dat die verwagte wederkoms van
Jesus Christus dadelik na die groot verdrukking, dalk nie eers
meer gaan plaasvind nie.
Hy weet self dat hy min tyd oor het en die koms van Jesus
naby is, want ons leef in die laaste dae. Hy ken immers die
Bybelse profesieë oor die wederkoms van Jesus Christus baie
goed. As hy dus nie die mense se aandag van die naderende
koms van Jesus kan aflei nie, sal hy probeer om die mense af te
stomp deur valse gerugte en valse datums vir die sogenaamde
wegraping te versprei. Sodoende sal die mensdom hulle later
nie meer daaraan steur wanneer iemand praat oor die
wederkoms van Jesus Christus nie.
In Lukas 18 vertel Jesus ‘n gelykenis met die oog daarop
dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos moet word nie.
“Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen…maar as die
Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde
vind? Maar die regverdige sal uit die geloof lewe en as hy hom
onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is
daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud
van die lewe.”
[31]
Nadat Jesus Sy bediening op aarde voltooi het, het Hy sy
lewe vir ons afgelê en aan die kruis gesterwe. Daarna het Hy
opgestaan uit die graf en is Hy opgeneem in die hemel terwyl sy
dissipels dit gesien het en ‘n wolk het Hom voor hulle oë
weggeneem. “En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy
weggaan, staan daar twee manne in wit klere, engele, by hulle
wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die
hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel,
sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”.
Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat
genoem word die Olyfberg.
Volgens hierdie woord wat deur engele aan die dissipels
meegedeel is, word dit baie duidelik gestel dat Jesus gaan
terugkom net soos Hy van die Olyfberg af opgevaar het,
duidelik sigbaar vir almal om Hom te sien. Nie in die geheim
net vir ‘n sekere groep mense nie. Kom ons kyk waar dit in die
Woord dit bevestig word.
Johannes sien die volgende in Openbaring 1:7 - “Kyk, Hy
kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien…” Paulus sê die
volgende: “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met
hulle in wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug en
so sal ons altyd by die Here wees.” Die Here kom vir die hele
wêreld, party gaan in heerlikheid wees met Sy koms en ander
gaan weer uitskree: “Berge val op ons, heuwels bedek ons!”
Sagaría 14:4 - “En in dié dag sal sy voete staan op die
Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant en die
Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes, tot ‘n baie
groot dal en die een helfte van die berg sal wegwyk na die
noorde en die ander helfte na die suide.” Hierdie gebeure vind
plaas met die wederkoms en tydens die slag van Armagéddon.
Prys sy Naam! Net soos Hy opgevaar het, net so sal Hy
weer terugkom na die aarde toe. Wag u ook soos ‘n Símeon en
‘n Anna op Sy wederkoms? Dis so ‘n wonderlike vooruitsig vir
[32]
ons as kinders van God. Ek bid dat die Here ons ook genade sal
gee terwyl ons wag, om ‘n vroom en regverdige lewe in Jesus
Christus te lei, deur vas en gebed. Terwyl ons glo dat ons die
dood nie sal sien nie, net soos Símeon, is dit ook my begeerte
om verander te word in ‘n oomblik, om in ‘n oogwink by Sy
wederkoms met die laaste basuin wat gaan blaas, met Hom
verenig te word. Paulus se opdrag is: “Laat ons mekaar dan
vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader
kom.”
Jesus bemoedig die eindtyd-kerk voor Sy koms met die
volgende woorde: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek
kom.” Jesus gaan weer terugkom na hierdie aarde toe en ons
moet net vashou totdat Hy kom soos Hy belowe het in Sy
Woord. Hy is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, maar elke belofte
in die Woord is Ja en Amen. “Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy
het, sodat niemand jou kroon kan neem nie”. Ons is gekroon
met gesag en autoriteit in Jesus en ons moenie vrees nie, want
kyk Jesus gee aan ons die mag om op slange en skerpioene te
trap, en oor al die krag van die vyand en niks, maar niks sal
ons ooit skade doen nie.
Jesus is ook ‘n beloner van die wat Hom soek en Sy loon is
by Hom, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. “Salig is
julle wanneer die mense julle beledig en vervolg…omdat julle
loon groot is in die hemele, want so het hulle die profete
vervolg wat voor julle gewees het”. Julle weet ook dat elkeen vir
die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang.
Ons moet ook geduldig wees en ons harte versterk, want
die wederkoms van die Here is naby. Geduld is een van die
vrugte van die Gees wat ons sal moet dra as ons deel van die
wederkoms wil wees. ‘n Sterk hart, onwankelbare geloof en
uithouvermoë gaan ons help om deur die groot verdrukking te
kom. Daar gaan wel mense wees wat aan hulle harte gaan
beswyk van vrees en verwagting oor die dinge wat oor die
[33]
wêreld gaan kom. Mense beswyk alreeds aan hulle harte omdat
hulle vrees vir die dinge wat in hierdie wêreld aangaan.
Navorsing het getoon dat dit die grootste oorsaak van
hartaanvalle is en die Bybel het dit lankal voorspel.
Ons moet in Hom bly, sodat ons vrymoedigheid kan hê
wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom af weggaan by
sy wederkoms nie. Bly dus in die Woord van die Here en jou
kan sal vol olie wees as Hy kom en jy sal nie beskaamd van
Hom af weggaan nie. Jy het genoeg olie gedurende die
middernag-uur nodig om jou lamp brandend te hou. Die tyd is
verby dat ons lewe net rokende lampitte is en net genoeg olie in
het om te oorleef van Sondag tot Sondag. Omgord jou heupe
met die waarheid van God se Woord en jou lamp sal aan die
brand bly deur die middernag-uur wat oppad is.
“Want nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie
versuim nie”. Die Here gaan kom en Hy gaan nie versuim om
te kom nie. God se Woord is Ja en Amen en so seker as wat Hy
die eerste keer gekom het, as die Lam wat die sondes van
hierdie wêreld weggeneem het en die bande van die vyand
verbreek het, so seker gaan Hy weer kom as die Oorwinnaar
oor die dood en hel. “Johannes het die hemel geopend gesien
en daar was ‘n wit perd en Hy wat daarop sit, word genoem
Getrou en Waaragtig en Hy oordeel en voer oorlog in
geregtigheid en sy oë was soos ‘n vuurvlam en op sy hoof was
baie krone”. Dis ons Koning Jesus Christus wat WAS, wat IS en
wat gaan KOM!
Is jy gereed met genoeg olie om jou lamp brandend te
hou? Die Émmaüs-gangers verklaar nadat Jesus met hulle
gepraat het: “Was ons harte nie brandende in ons toe Hy met
ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?”
[34]
HOOFSTUK 3
Hoe beskryf Jesus Sy wederkoms en wie se
weergawe gaan jy glo? Jesus het in vele hoedanighede na hierdie aarde gekom, een
daarvan was profeties vir die mensdom. Dink aan Johannes die
Doper wat vir Jesus die weg voorberei het vir Sy bediening.
Jesus was ‘n Profeet, wat die hart van Sy Vader aan die
mensdom kom openbaar het. Moses profeteer dit as volg: “Die
Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders
net soos ek is, na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy
met julle sal spreek.” Wat Hy dus van die Vader ontvang het,
het Hy net so oorgedra aan almal wat na Hom wou luister. As
ons dan die waarheid oor Sy wederkoms wil hoor, sal dit seer
sekerlik uit Sy mond moet wees!
In Matthéüs 24 spreek Jesus profeties met Sy dissipels oor
die teken van Sy wederkoms en die voleinding van die wêreld -
m.a.w. Sy wederkoms en die voleinding van hierdie wêreld,
word in een asem genoem. As daar dan sprake van ‘n “geheime
wegraping” voor Sy wederkoms is, m.a.w. Hy kom twee keer
terug na hierdie aarde toe (eerstens in die geheim en dan
openlik), sou Hy dit dan nie in Sy profetiese rede duidelik gestel
het nie?
Kom ons kyk na Jesus se profetiese rede:
In Matthéüs 24:3-31 en Lukas 21:6-33: “En toe Hy op die
Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:
Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees en wat is die teken
van U koms en van die voleinding van die wêreld?”
Ek is so bly dat Jesus se dissipels vir Hom hierdie vrae
gevra het sodat ons op wie dit betrekking het, sal weet waarvoor
[35]
ons gereed moet wees. Onthou net soos wat Johannes, Petrus,
Markus en al die ander dissipels Jesus se navolgers was, net so
is ek en u vandag Sy navolgers en wat hulle begin het saam met
Jesus, sal ons saam met Jesus moet voltooi! Hulle was deel van
Sy eerste koms, ons sal dalk deel hê aan sy wederkoms as ons in
hierdie lewe gespaar bly. Maar of ons inwoon of uitwoon by
die Here, ons sal almal deel hê aan hierdie wonderlike
gebeurtenis, waarna elke Christen behoort uit te sien.
Jesus antwoord en sê vir hulle: “Pas op dat niemand julle
mislei nie. Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas
op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar
dit is nog nie die einde nie”. As iemand vir jou sê pas op, dan
weet jy dis ‘n waarskuwing wat jy nie ligtelik moet opneem nie.
Eerstens moet ons nie toelaat dat enige iemand ons mislei
nie, Jesus het ons teen valse menslike leerstellings gewaarsku -
wees dus versigtig dat niemand jou op ‘n dwaalspoor bring nie,
veral nie oor die wederkoms van Jesus Christus nie, ons kan nie
‘n leuen bekostig nie!
Aan die einde van die slag van Armagéddon sal God ‘n
Engel stuur wat die Satan gaan bind, sodat hy nie langer die
nasies sal mislei en verlei nie. Dit is baie duidelik dat Satan
deesdae baie nasies verlei, ons is in ‘n geweldige konflik
betrokke waar net die waarheid ons kan vrywaar van die leuen.
Maak nie saak wie die persoon is nie, ons moet in die waarheid
van die Skrifte bly soos dit deur die Heilige Gees van God
ingegee is.
Tweedens moet alles eers plaasvind wat Jesus geprofeteer
het in hierdie hoofstuk, voordat Sy wederkoms kan plaasvind.
Sy koms kan dus nie net sommer in die geheim plaasvind nie,
want hierdie stelling maak ruimte vir misleiding van valse
datums en voorspellings vir die sogenaamde “geheime
wegraping”.
[36]
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een
koninkryk teen die ander en daar sal hongersnode wees en
pessiektes en groot aardbewings op verskillende plekke...en
daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte”. Almal wat
vertroud is met hierdie hoofstuk sal saamstem dat ons nou in
die tyd van die smarte lewe en dat dit net ‘n kwessie van tyd is
voordat die groot verdrukking sal begin.
As ek party dae so na al die verwikkelinge in die wêreld om
my kyk, voel dit of ons op die drumpel van hierdie gebeurtenis
is, want die tekens waarvan Jesus hier praat is al almal duidelik
sigbaar en vererger net by die dag.
Lukas 21:31 - “So moet julle ook weet dat die koninkryk
van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur”.
Watse koninkryk is naby wanneer hierdie dinge waarvan ons
die tekens moet onderskei, sien gebeur? Hoe weet ons watter
van hierdie dinge nog moet gebeur en of dit nie al vervul is, soos
sekere leerstellinge beweer nie? Met Jesus se eerste koms word
‘n koninkryk van God tot stand gebring wat nie met menslike oë
fisies gesien kan word nie. Julle sal nie sê: “Kyk hier of Kyk daar
nie!” want die koninkryk van God is binne-in julle.
Met Sy eerste koms vestig Jesus ‘n koninkryk op aarde wat
nie met hande gemaak is nie. Die Here woon nie in geboue met
hande gemaak nie, maar Hy woon in ons as sy kinders se harte.
Maar wanneer Hy weer kom, sal Hy die Koning van al die
koninkryke van die wêreld word, wanneer Hy die Antichris
verdelg en tot niet maak en die koninkryke van die wêreld by
die duiwel terugvat. Wat die eerste Adam verloor het met die
sondeval, neem die tweede Adam terug met Sy opstanding uit
die dode, eers die geestelike en dan die natuurlike koninkryk.
Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die
koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel
sê vir Hom: “Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid,
[37]
want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil. As U
my dan aanbid, sal alles aan U behoort”. Hy wou toe al die
koninkryke van die wêreld aan Jesus teruggee, maar teen ‘n
prys wat Jesus nie bereid was om te betaal nie!
Ons Meester het geweet daar sal ‘n dag aanbreek,
wanneer hierdie aarde Sy eiendom sou word, op die wyse wat
Sy Vader vooruit bepaal het, op die bestemde tyd en nie
op Satan se terme nie. So moet ons dan weet dat wanneer
oorloë, pessiektes, aardbewings ens. aan die orde van die
dag is, m.a.w. ‘n leefwyse geword het, dan eers is die fisiese
koninkryk van God naby.
Wat die Israeliete al verwag het met Jesus se eerste koms,
sal eers plaasvind met Sy tweede koms. Jesus leer ons om te
bid: “Here laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in
die hemel net so ook op hierdie aarde...” Wanneer Jesus
terugkom, dan eers sal ons hemel op aarde belewe. Dis waarlik
iets om na uit te sien!
“Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle
doodmaak en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille
van my Naam”. Hoe gaan ons weet dat die groot verdrukking
in volle swang is? Ons, God se uitverkorenes, alle wedergebore
Christene, Jood, Griek, Suid-Afrikaner ens. sal wereldwyd
vervolg word vir ons geloof. Let op, die nasies sal ons haat en
doodmaak. Die nasies is die liggaam van die Antichris wat vir
hom sal werk, soos wat ons die liggaam van Christus is en die
nasies sal deur die Antichris gebruik word om teen Christene op
te staan en ons te vervolg. Deur die eeue heen word Christene
vervolg en doodgemaak, maar ek glo dat dit tydens die groot
verdrukking gaan toeneem en dat die hele wêreld as geheel teen
die Christendom gaan draai.
Lukas 21 - Asof die vervolging deur die nasies nie genoeg
gaan wees nie, sal ons ook uitgelewer word deur ons eie ouers,
broers, susters, bloedverwante en vriende, “…dan sal baie tot
[38]
struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat en
baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei...want daar
sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot
tekens en wonders doen om as dit moontlik was, ook die
uitverkorenes te mislei.”
Slaan tog ag op hierdie baie ernstige waarskuwing - Wie
gaan struikel, mekaar verraai en mekaar haat? Dit maak my
hart so seer om te dink dat families, vriende en Christene wat
mekaar nou liefhet, mekaar sal haat en verraai tydens die groot
verdrukking, juis in hierdie tydperk van groot nood en
benoudheid. Wanneer dit uiters noodsaaklik gaan wees om
bymekaar te staan, maar dis hier waar die skeidslyn getrek
gaan word.
Deel van die misleiding gaan wees dat jy die merk maar
kan ontvang, want dit sal niks aan jou redding doen nie, m.a.w.
al vat jy die merk van die dier, sal jy nog steeds kind van God
bly. Dit sal ‘n leuen wees, almal wat die merk vat, sal vir ewig
verlore wees!
Wat sal die teken van die merk van die “dier” wees? Dit
gaan wees, wanneer hulle of ‘n merk, 'n naam of 'n nommer
van een of ander formaat op jou voorhoof of op jou hand sal wil
sit. Wanneer dit gebeur, vlug geliefde kind van God, vlug!
Niemand gaan naby my voorhoof of hand kom om sy merk daar
te laat nie. Alle ware Christene is klaar gemerk deur die Heilige
Gees wat aan hulle gegee is as onderpand. Later meer hieroor.
Dis dan die groot afval wat in die kerk gaan gebeur
waarvan Paulus praat, later sal ek meer breedvoerig hieroor
ook praat. Onkunde oor wat die Skrif ons leer oor die eindtyd
gaan bydra tot hierdie wegval van die geloof in Jesus Christus.
Laat ek u toets, hoeveel verstaan u van die boek Openbaring?
Wat weet u van die wederkoms van Jesus Christus af?
[39]
Omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde
van die meeste verkoel. Soos ek reeds genoem het, sal daar 'n
aantal Christene afvallig raak en verlore gaan, omdat die
ongeregtigheid en die sonde vermeerder het. Baie sal nie kans
sien om deur die groot verdrukking te gaan sonder om te kan
koop en verkoop nie en hulle sal die merk ontvang. “Maar deur
julle volharding moet julle jul lewe in besit kry”.
Let dan op Vers 13: “Maar wie volhard tot die einde toe,
hy sal gered word”. Diegene wat uithou tot aan die einde van
die groot verdrukking, word gered as Jesus weer kom.
Vers 14 is net so belangrik: “En hierdie evangelie van die
koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n
getuienis vir al die nasies en dan sal die einde kom”. Die
Evangelie wat aan die hele wêreld verkondig moet word, kan
nie dui op ‘n tydperk ná die wegraping nie, maar dui op
dieselfde evangelie-tyd waarin ons nou lewe voor die Here
Jesus se wederkoms. Dit is dringend noodsaaklik dat soveel as
moontlik mense die Evangelie moet hoor, want God se wil is
dat alle mense gered moet word.
Ons sien alreeds hoe die ongeregtigheid in ons tyd
vermeerder, dit gaan van erg tot erger en net die wederkoms
van Jesus Christus gaan hierdie toestand van ongeregtigheid en
boosheid in hierdie wêreld tot ‘n einde bring. Saam met die
ongeregtigheid sal die liefde van die meeste verkoel. Verkoel
beteken ook om lou te wees en dis nie hoe ons die Here moet
liefhê nie.
Die Here waarsku ons wat sal gebeur as ons lou is: “Maar
nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my
mond spuug.” Jesus se ook: “Ek het dit teen jou dat jy jou
eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval
het en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou
na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou
[40]
nie bekeer nie”. As ‘n kandelaar verwyder word, beteken dit
dat sy lig nie meer sal skyn nie.
So spreek die HERE: “Ek onthou die geneentheid van
jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop
het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land”. Ons liefde vir die
Here mag nooit afneem in hierdie woestynland waarin ons
tydelik woon nie, veral nie in hierdie laaste dae nie. Ons moet
net aanhou om agter die Here aan te loop en ons sal behoue
bly, maak nie saak wat in die toekoms vir ons voorlê nie.
Die Here is ons goeie Herder en ons sal nie ‘n ander volg
nie, omdat ons Sy stem ken, sal ons Hom alleen volg. Paulus
bid ook dat ons liefde nog meer en meer oorvloedig mag word
in kennis en alle ervaring teenoor die Here en in ons liefdes-
wandel teenoor ons mede-broers en susters.
Jesus verwys ook na die boek Daniël:
“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting waarvan
gespreek is deur die profeet Daniël sien staan in die heiligdom,
laat hy wat lees oplet, dan moet die wat in Judéa is, na die
berge vlug, wie op die dak is moet nie afkom om iets uit sy huis
weg te neem nie en wie op die land is, moet nie omdraai om sy
klere weg te neem nie”. Ons moet nie huiwer om te vlug
wanneer die tyd kom nie. Hierdie vlug sal letterlik wees, vir
die Jood en vir die Christen in elke land regoor die wêreld,
wanneer die nasies aggresief die Christene en die Jodedom sal
vervolg.
Daar word gesê dat hierdie groot verdrukking al gebeur
het, toe die Tempel 70 jaar na Christus verwoes was, maar let
tog op na wat Jesus in die volgende vers sê: “Want dan sal daar
groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld
af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as
daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie,
[41]
maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort
word”.
Jesus self verklaar dat daar nog nooit so ‘n verdrukking
was nie en daar sal ook nooit weer so ‘n verdrukking wees nie,
want hierdie verdrukking sal net beëindig kan word deur die
wederkoms Jesus Christus. As Jesus nie tussenbeide tree nie,
sal geen vlees gered word nie.
Nou, as hierdie verdrukking dan alreeds plaasgevind het,
waar is Jesus dan? Sy wederkoms en heerskappy van ‘n
duisend jaar sal nie ongesiens verby kan gaan nie, die hele
wêreld sal daarby betrek word, want elke oog sal Hom sien
kom! Vers 26 sê dan: “As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die
woestyn, moenie uitgaan nie. Kyk, Hy is in die binnekamer,
moet dit nie glo nie”. Dit dui daarop dat Christus se koms juis
nie in die geheim sal gebeur nie!
Let op dat die uitverkorenes van God dan nog steeds op
hierdie aarde is. Die groot verdrukking word juis verkort ter
wille van die uitverkorenes. Wat maak die uitverkorenes
dan nog hier op aarde, in die groot verdrukking en waarom is
hulle nie weggeraap soos beweer word nie? Christus praat nie
hier van die Jode nie, die Jode het hom dan verwerp en
gekruisig, hulle het Hom nie erken as die Messias nie, eers met
Sy wederkoms sal hulle Hom as volk aanneem, maar later meer
hieroor.
Die uitverkorenes is almal wat hom aangeneem het as
Verlosser, wanneer jy Jesus aangeneem het is jy deel van
Sy uitverkorene volk - 1Pet.2:9 “Maar julle is ‘n uitverkore
geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as
eiendom verkry.....”
“Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die
weste skyn, duidelik sigbaar vir almal, so sal ook die koms van
die Seun van die mens wees. Want oral waar die dooie liggaam
lê, daar sal die aasvoëls saamkom”. - Slag van Armagéddon.
[42]
“En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die
son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die
sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal
geskud word”.
Handelinge 2 “Die son sal verander in duisternis en die
maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die
Here kom. En dan sal die teken van die Seun van die mens in
die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou
bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van
die hemel met groot krag en heerlikheid Jesus sal sy engele
uitstuur met’n harde trompetgeluid en hulle sal Sy
uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een
einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”
Jesus self gee baie duidelik vir ons ‘n aanduiding van
die tyd wanneer Sy wederkoms gaan plaasvind: Dadelik na
die verdrukking van daardie dae, dis waarom dit nie enige tyd
kan gebeur soos voorspel word nie. In die volgende gedeelte
uit dieselfde hoofstuk wat handel oor dieselfde wederkoms,
word dit duidelik gestel dat ons net die dag en die uur nie sal
weet nie.
Mat 24:36 “Maar van dié dag en dié uur weet niemand
nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader
alleen...waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here
kom nie.” Die eerste gedeelte “dadelik na die verdrukking”
word weggelaat maar “van die dag en die uur weet niemand
nie” word in hierdie leestelling verdraai na enige oomblik toe!
Onder watter omstandighede vind die wederkoms wat
die wegraping insluit plaas?
1Thess. 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met
‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van
[43]
die basuin van God en die wat in Christus gesterf het, sal eerste
opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle
in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en so sal
ons altyd by die Here wees.
1. Die Here daal neer op hierdie aarde.
2. Met die geklank van die (laaste, sewende) basuin van God
– 1 Kor.15:52.
3. Uitverkorenes word in die wolke weggevoer.
Sluit die wederkoms van Matt.24 ook die wegraping in
volgens bogenoemde skrifvers?
1. Die teken van die Seun van die mens verskyn in die hemel.
2. Met ’n harde trompetgeluid – sewende basuin wat blaas net
na die verdrukking.
3. Engele sal Sy uitverkorenes versamel uit die (1)vier
windstreke van die aarde en (2)van die een einde van die
hemele af tot die ander einde daarvan.
Sien u self uit die woord van God dat Jesus en Paulus se
weergawe van die wederkoms presies ooreenstem en dat dit nie
‘n geheime koms voor die verdrukking ook insluit nie!
Met Jesus se eerste koms na hierdie aarde toe, het God ‘n
ster gegee as ‘n teken van Sy Seun se koms - Toe Jesus te
Betlehem in Judéa gebore is, het daar wyse manne uit die
Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: “Waar is die Koning
van die Jode, wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste
gesien en gekom om Hom hulde te bewys”. Net ‘n paar wyse
manne het die teken van Sy koms herken.
Hoeveel wyse maagde sal die tekens van Sy wederkoms
herken? Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: “In die aand sê
julle: Mooi weer, want die lug is rooi”. En in die môre:
“Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi...julle weet wel
om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die
tekens van die tye onderskei nie?”
[44]
Jesus stel dit ook duidelik dat net die uitverkorenes
versamel word met Sy wederkoms. Maak asb. self ‘n studie van
wie die uitverkorenes is deur ander skifte te ondersoek waar dit
in die Woord voorkom soos bv. Rom 11:7 “Wat dan? Wat
Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes
het dit verkry en die ander is verhard.”
Kyk oor na die volgende vers - Rom 8:33 “Wie sal
beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is
dit wat regverdig maak.”
Ek volstaan met die volgende versie - Kol 3:11 ‘...waar
daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar,
Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en
geliefdes,”.....geliefde kinders van God moet asb. dat niemand
julle verder mislei nie, ons almal soos bogenoem is die
uitverkorenes wat ingesamel sal word oor die hele aarde met
Jesus se wederkoms.
Let wel: Die uitverkorenes word deur die engele van God
versamel of bymekaar gemaak. Die teorie dat die “geheime
wegraping” chaos gaan veroorsaak in die wêreld sal ook nie
gebeur nie. 1 Korinthiërs 14:33 - God is nie ‘n God van
wanorde nie, maar van vrede.
Glo u regtig dat God sal toelaat dat die wêreld verder in
chaos gedompel word, deur mense wat net sal verdwyn in die
niet, motors wat teenmekaar bots, treine wat ontspoor en
vliegtuie wat neerstort? Dink weer ‘n slag! Dis nie hoe God te
werk sal gaan nie, Sy Woord is baie duidelik hieroor. En waar
in die Bybel staan dit dat daar chaos op aarde met ‘n “geheime
wegraping” sal wees?
Die Woord is baie duidelik hieroor - Die engele van God
sal ons versamel en bymekaar maak, dan sal ons in ‘n oogwink
verander word, om dan die Here te ontmoet in die lug. Net
[45]
soos dit ook gebeur het in die dae van Lot - Hulle het geëet en
gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar
op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, gehelp deur die engele,
het vuur en swawel uit die hemel gereën en almal vernietig.
Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens
geopenbaar word met die slag van Armegéddon.
Lukas 21:28 - “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan
na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is”.
Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die
bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien,
dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die
koninkryk van God naby is…voor die deur...wanneer julle
hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie
geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal
nooit verbygaan nie.”
Die Vyeboom Gelykenis:
Daar word geleer dat die vyeboom wat bot, Israel is, wat ná
byna 2 000 jaar van ballingskap, onder meedoënlose
vervolging, weer as ‘n nasie herstel is op 14 Mei 1948. Daarna is
toe beweer dat binne 'n geslag vanaf die stigting van die
moderne staat van Israel, die koms van Jesus Christus sou
plaasvind.
Hierdie profesie wat dus geskep was om te beweer dat
Christus se koms 40 jaar na die stigting van die moderne staat
van Israel sou plaasvind, moes dus om en by in 1988 al
plaasgevind het. Dit is vir ons almal duidelik dat hierdie
siening verkeerd was, veral omdat ons al meer as 20 jaar na die
40jaar voorspelling van 1988 leef. In hierdie geval is
aangeneem dat die gemiddelde geslag 40 jaar is.
[46]
Na hierdie mislukte voorspelling van 1988, was daar weer
‘n ander voorspelling gemaak. Toe Jerusalem weer onder
Israeliese beheer gekom het in 1967, het die vyeboom weer
gebot. Dit beteken dus dat die 40-jaar-generasie voorspelling
van die "geheime wegraping" sou plaasvind in 2007. Ons
weet almal dat dit ook nie gebeur het nie.
Wanneer is ‘n profetiese voorspelling vals? As dit nie
plaasgevind het nie, nie waar nie? Tyd bepaal dus of die
profesie waar of vals is. Ek verbaas my dat mense nog nie
geleer het deur die valse voorspellings van die verlede nie. Dit
is dus nie wys om sulke voorspellings te waag nie.
Die basiese probleem met hierdie siening is dat die
gelykenis wat Jesus Christus vertel van die vyeboom, verdraai
word en in 'n profetiese rede verander word. Christus illustreer
bloot deur hierdie gelykenis dat wanneer 'n mens sien dat 'n
vyeboom bot, dit nie net alleenlik die vyeboom is wat Israel
voorstel nie, maar dat die somer ook naby is.
“So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby
is…voor die deur…wanneer julle hierdie dinge sien gebeur”. In
die regte konteks gestel, val die klem nie op Israel as 'n simbool
vir ‘n profetiese rede nie, maar dat wanneer ons al hierdie
bogenoemde dinge in Matthéüs 24 sien gebeur, ons dan
moet weet dat ons verlossing naby is en dat Jesus se
wederkoms voor die deur is.
Opsomming van hierdie Gelykenis:
Wat is die uitleg van die gelykenis van die vyeboom?
Eerstens is 'n gelykenis 'n vergelyking wat getref word om die
bekende met die onbekende te verduidelik. In hierdie geval is
die uitleg: Wanneer 'n boom 'n sekere stadium bereik en dit
begin bot, moet ons dan weet dat die somer naby is. Die bot
van die boom voor die somer, sal verwys na die gebeure voor en
[47]
tydens die groot verdrukking, soos deur Jesus Christus
verduidelik.
Wanneer 'n mens dan hierdie gebeure sien gebeur, moet
‘n mens dan weet dat Christus se koms naby is, reg voor die
deur en ons verlossing daarmee saam. Hoe sal ons dan weet
dat Jesus Christus se koms naby is? Ons sal weet omdat hierdie
geslag wat die bome sien bot, sekerlik nie verby sal gaan
voordat al hierdie dinge waarvan Jesus praat, gebeur het nie.
Volgens Psalms.90 is die dae van ons jare, sewentig jaar,
of as ons baie sterk is, tagtig jaar. Dis dan ongeveer die tyd
waarin Jesus se woorde vervul sal word, hulle sal nie net
onvervuld verbygaan nie. God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg
nie! Weet verseker dat wat Hy sê, sekerlik vervul sal word. Sy
profetiese woorde staan vas, dit sal nie leeg terukeer na Hom
toe nie.
[48]
HOOFSTUK 4
Moet ons as Christene ook gereed wees vir
die koms van die Antichris? Christene wat in die “geheime wegraping” glo, ondervind ‘n
valse gerustheid oor die komende groot verdrukking, want hulle
sal mos nie daardeur hoef te gaan nie. Hulle mag dalk net
onkant betrap word wanneer die openbaring van die “seun van
die verderf” plaasvind, asook die gepaardgaande merk van die
“dier”, waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie. Ek
kan myself net die skok en verwarring voorstel.
Hierdie Christene gaan te laat tot die besef kom, dat Jesus
nie Sy opwagting gemaak het op die tyd wat hulle Hom verwag
het nie. Lukas 17:22 - Jesus sê vir sy dissipels: “Daar sal dae
kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun
van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie”. Tydens die
groot verdrukking sal Sy kinders uitroep: “Kom Here Jesus
kom!”
Jesus waarsku ons as Sy kinders om nie oorval te word
deur hierdie gebeurtenisse soos barensweë ‘n barensvrou oorval
nie. Net soos dit dan noodsaaklik is om gereed te wees om
Jesus te ontmoet met sy wederkoms, so is dit dan ook
noodsaaklik om gereed te wees vir die koms van die “dier” met
sy valse profeet, wat as dit moontlik is, ook die uitverkorenes
sal mislei. Hoe sal die uitverkorens mislei kan word? ‘n Gebrek
aan die nodige kennis.
Kom ons kyk na die eienskappe van die Antichris
waaraan ons hom sal kan herken:
1. Hy ontken dat Jesus Christus in die vlees gekom het.
[49]
Hy wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie,
hy is die verleier en die Antichris. Wie is die leuenaar wat
ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die
Vader en die Seun verloën het.
2. Hy verhoog homself bo enige ander afgod en gee voor dat
hy self God is.
Die teëstander wat homself verhef bo al wat god is of enige
voorwerpe van aanbidding, sal in die tempel van God gaan sit
en voorgee dat hy God self is.
3. Hy word deur alle goddelose mense op aarde aanbid.
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se
name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van
die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
4. ‘n Mond is aan hom gegee om God te laster.
En ‘n mond is aan hom gegee en hy het sy mond oopgemaak om
te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in
die hemel woon, te laster en aan hom is mag gegee om dit twee
en veertig maande lank te doen - drie en ‘n halwe jaar.
5. Hy verlei en mislei al die nasies van die wêreld.
En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem
word Duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, met
allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore
gaan.
Hy probeer ook om as dit moontlik is, die uitverkorenes te
mislei, maar deur die Gees van God sal ons hom kan onderskei.
6. Hy sal allerhande kragtige dade, groot tekens en wonders
van leuens doen.
Hy wie se koms sal wees volgens die werking van die Satan, met
allerhande kragtige dade en groot tekens en wonders van die
leuen, sodat hy selfs vuur uit die hemel sal laat neerdaal op die
aarde, voor die oë van die mense.
[50]
7. Hy herstel van ‘n dodelike wond.
En ek het een van sy koppe gesien wat gelyk het asof dit dodelik
gewond was, en sy dodelike wond het genees. En die hele
wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. Hulle het die
wonderwerke gevolg sonder om dit te toets aan die Woord van
God!
8. Hy sal doen net soos hy wil en niemand sal voor hom kan
standhou nie.
En die koning sal doen net wat hy wil en niemand sal voor hom
kan standhou nie. Hy sal homself verhef en vergroot bo enige
ander afgod en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid
tot op ‘n einde kom.
9. Hy sal die wêreld se ekonomie deur ‘n merk beheer.
Hy sal sorg dat aan almal, klein en groot, die rykes, die armes,
die vrymense en die slawe, ‘n merk gegee word op hulle hand of
op hulle voorhoofde. Sodoende sal niemand kan koop of
verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier
of die getal van sy naam aanvaar het.
10. Hy sal slaag daarin om met sy vleitaal baie mense afvallig
te maak.
Die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery
afvallig maak en hy het ‘n mond wat groot dinge spreek, maar
die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. “With flattery
he will corrupt those who abandon the promise”.
11. Hy sal oorlog voer teen die heiliges.
Hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en hy sal die
heiliges van die Allerhoogste mishandel. Dit is ook aan hom
gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en
aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
12. Wie sal teen hom kan oorlog voer? Hy sal magtiges
vernietig.
En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het en die
dier aanbid en gesê: “Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen
[51]
hom oorlog voer? En sy krag sal sterk word, hy sal
buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer en
hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges. En op
grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal
groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags
vernietig.
In hierdie tyd sal ons moet vasstaan in die Woord van God
soos nog nooit vantevore nie. Ons sal die gawe van
onderskeiding deur die Heilige Gees moet beoefen om die
werke van die vyand te kan onderskei, sodat ons nie deur die
Satan bedrieg sal word nie. Ons is met sy planne nie onbekend
nie, om sodoende nie mislei te word deur die geeste waardeur
die Satan gaan werk nie.
Voorbereiding vir die weg van die Antichris.
1 Johannes 2:18 - “Kinders, dit is die laaste uur en soos julle
gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie
antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is”.
Johannes maak ‘n baie interessante stelling - Hulle het gehoor
die Antichris kom, maar in hulle tyd, was daar alreeds baie
antichriste. Hy praat dus van die Antichris wat sal heers in die
laaste uur en dat al die antichriste wat al gekom en gegaan het,
soos byvoorbeeld Adolf Hitler, wat Duitsland oorheers en die
Jode vervolg en doodgemaak het, net die voorlopers sal wees
van die laaste Antichris, wat ook die “dier” genoem sal word.
Om die wêreld voor te berei vir die vernietiging van die
Christendom en die aanvaarding van die Antichris.
Tekens en wonders sal deur valse christusse en profete die
weg voorberei, om as dit moontlik is, ook Christene te
mislei.
As mense sleg begin goed noem en goed begin sleg noem,
wanneer duisternis lig gemaak word en die lig duisternis
gemaak word - Dit is alreeds besig om mense gewoond te
[52]
maak aan ‘n leefstyl wat subtiel oor tyd deur die Antichris
toegepas sal word.
Die enigste wet wat sal geld is om te doen net wat jy wil,
m.a.w “everything goes”.
Gelykenis van die tien maagde:
Die Antichris-regering wat oor die hele aarde gaan regeer, sal
gedurende die middernag-uur op sy ergste wees en dis dan
wanneer daar ‘n geroep sal wees: “Daar kom die Bruidegom!”
Matthéüs 25 - “Dan sal die koninkryk van die hemele wees
soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om
die bruidegom te ontmoet”. Ons weet natuurlik dat die tien
maagde ons as Christene voorstel.
Hoe moet ons die Bruidegom inwag? Ons heupe moet
omgord wees en ons lampe moet aan die brand wees. Ons
moet waak en altyddeur bid en gelukkig is daardie diensknegte
vir wie die Heer wakker sal vind as hy kom. Ons moet wees
soos mense wat op hulle Heer wag, sodat ons dadelik vir hom
kan oopmaak as hy kom en aanklop.
God se Woord wat Gees is en lewe bring deur die
openbarings-kennis van die Heilige Gees, is die olie in ons
lampe. Die Woord is ‘n lig op ons pad en ‘n lamp vir ons voete.
Vyf van die maagde was egter verstandig maar die ander vyf
was dwaas. Die Here sê dat Sy volk ten gronde gaan weens 'n
gebrek aan kennis, maar ook omdat hulle die kennis verwerp
het.
Wanneer jy nie die nodige kennis uit die Woord het om jou
toe te rus vir sekere omstandighede nie, is jy soos die vyf
dwase maagde. “En toe die wat dwaas was, hul lampe neem,
het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die
verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe
geneem”.
[53]
Wat was die verskil tussen die dwase en verstandige
maagde? Kennis - geopenbaar deur die Heilige Gees uit die
Woord van God. Johannes 6:63 - “Dit is die Gees wat lewend
maak, die vlees is van geen nut nie, die woorde wat Ek tot julle
spreek, is Gees en is lewe.
En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle
almal vaak geword en aan die slaap geraak en om middernag
was daar ‘n geroep”. Middernag is die donkerste tyd van die
nag. Middernag-duisternis beteken dus dat die verdrukking op
sy ergste gaan wees en dan eers kom die bruidegom. “En
dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal hulle die Seun
van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en
heerlikheid!”
Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe
gereed. Hulle moes nog olie in hulle lampe gooi sodat hulle vir
nog ‘n tyd lank kon lig hê, want as hulle dadelik kon ingaan, was
dit mos nie nodig vir nog ekstra olie nie? Hulle moes voor die
tyd voorsorg tref, sodat hulle genoeg olie in hulle kanne kon
hê vir die middernag-uur. En toe hulle die geroep hoor en
besef dat die Bruidegom oppad was, het die wyse maagde met
die ekstra olie wat in hulle kanne was, hulle lampe volgemaak.
Die vyf maagde wat nie die ekstra olie gehad het nie, het
geglo dat hulle nie deur die middernag-duisternis sou hoef te
gaan nie, want Jesus sal hulle kom “wegraap” voor die
duisternis nog sou begin. Hulle het gereken dat die olie in
hulle lampe genoeg sou wees tot dan. Hoekom sou hulle die
moeite doen om nog bykomende olie saam met hulle te dra?
Maar Jesus noem hulle dwaas.
Die ander vyf maagde was voorbereid vir die duisternis,
want hulle het voor die tyd geweet dat hulle deur hierdie
duisternis sou moes gaan. Daarom het hulle die moeite gedoen
om die bekomende olie te koop en om dit saam met hulle te
dra. Jesus noem hulle verstandig.
[54]
Die dwase maagde vra toe vir die verstandige maagde om
vir hulle ook van hulle olie te gee: “Gee vir ons van julle olie,
want ons lampe gaan uit”. Maar die verstandiges antwoord
hulle en sê: “Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir
julle nie...” m.a.w. hulle weet nie hoe lank hulle lampe nog
brandend sou moes bly nie. “Maar gaan liewer na die verkopers
en koop vir julleself”. Hierdie verstandige maagde moes voor
die tyd olie by die regte verkopers gekoop het, want waar het
hulle die olie vir hulle kanne vandaan gekry om deur die
duisternis te gaan?
Olie word normaalweg verkry by ‘n oliebron in die grond
en dan word daar baie moeite gedoen om dit te ontgin. Lande
wat dan nie genoeg olie het nie, koop en berg hierdie olie vir
latere gebruik. Hulle vind dus baat by die olie wat deur ander
lande ontgin word. Daar is dan wel Christene wat die tyd
uitkoop en by die voete van Jesus die olie deur die Gees van
waarheid verkry, wat hulle dan verstandig maak. Jesus alleen
kan ons in die hele volle waarheid van God se Woord inlei vir
die uur waarin ons lewe.
Hierdie suiwer olie word nou beskikbaar gestel aan
Christene wat nie self tyd maak om by die Bron, Jesus Christus
hulle olie te verkry nie. Die olie-handelaars, wat dus die leraars
is, wat die Woord in waarheid leer deur die Heilige Gees, dis
dan hulle wat help om die wyse maagde se kanne vol te maak
en vol te hou.
En onderwyl die dwase maagde gaan om olie te koop, was
daar nie meer genoeg tyd om die Heilige Gees-olie te bekom
nie, want hulle moes die tyd daarvoor voor die tyd uitkoop het
en onderwyl hulle weg was, het die Bruidegom gekom en die
deur is gesluit.
Later kom die dwase maagde ook by die bruilof aan en sê:
“Meneer, meneer, maak vir ons oop!” Maar Hy antwoord en
sê: “Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie”. Hoekom ken die
[55]
Bruidegom hulle dan nou eweskielik nie, hulle is dan nog
steeds maagde? Watter olie was beskikbaar gestel in hierdie
middernag-uur? Waarmee het hulle, hulle lampe gevul? Die
Bruidegom wou hulle dan nie meer ken of inlaat nie?
Hierdie dwase maagde was ongelukkig ook nie nog ‘n
geleentheid gegin om op ‘n later stadium die bruilof by te woon
nie. Die deur was gesluit en laatkommers was nie meer
toegelaat nie, die Bruidegom het hulle dan ook nie meer geken
nie. Volgens die “geheime wegraping” word hulle wel ‘n tweede
kans gegin deur “met hulle eie bloed te betaal” vir hulle
verlossing gedurende die groot verdrukking van sewe jaar.
Maar as die bruilof dan reeds aan die gang is in die hemel
volgens die “geheime wegraping”, wanneer gaan daar ‘n tweede
bruilof vir die vyf dwase maagde gehou word of wanneer gaan
hulle ‘n tweede kans gegun word om dit wel by te woon?
Nêrens in die Bybel is daar eers sprake van die viering van ‘n
tweede bruilof nie.
Ons moet nou tyd maak om self olie vir ons kanne by die
Here te verkry, of ons moet by die regte “verkopers” gaan koop
– leraars wat deur die Heilige Gees, die Woord kennis van
waarheid, oor die wederkoms verkondig. L.W. Nie menslike
leerstellinge wat mense laat dwaal nie, want menslike
leerstellinge kan nie jou kan vol olie maak nie!
Wat kan jou ondergang tydens die groot verdrukking
beteken? My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan
kennis! Watse kennis? Woord-kennis, geopenbaar deur die
Heilige Gees van God. Ons lampe moet dus brandend wees met
die kennis van waarheid uit God se Woord. God sal in hierdie
tyd waarin ons lewe, nie ‘n rokende lamppit uitblus of ‘n
geknapkte riet verbreek nie! Maar jou lamp sal genoeg olie
moet hê om brandend te kan bly en jy sal nog ekstra olie in jou
kan moet kry, om deur die groot verdrukking te kan gaan,
[56]
Wat die middernag-duisternis is, sodat jy uiteindelik voor die
Seun van God sal kan staan.
In die dae voordat die sondvloed gekom het, het die
mense geëet en gedrink en getrou. In die geloof het Noag, deur
'n goddelike waarskuwing aangaande wat nog nie gesien was
nie en met eerbiedige vrees, die ark gereed gemaak tot redding
van sy huisgesin. Noag se waarskuwings het op dowe ore geval
en niemand het hom ernstig opgeneem nie, almal het dus kans
gehad om ook fisies voor te berei vir die vloed wat oppad was.
Ons lewe in dieselfde tyd waar daar ernstige waarskuwings
uitgaan om voor te berei vir die swaar en moelike tye wat
voorlê, maar dit val ook meestal op dowe ore. Ek onthou dat
'n prediker ons bykans 30jaar terug al gewaarsku het om nie
meer skuld aan te gaan nie. Ons moet loskom van hierdie
wêreld se sisteme voor die groot verdrukking, sodat ons
nie verantwoordelik gehou kan word vir die skuld wat ons
gemaak het nie.
Ons sal onsself dus moet voorberei vir die koms van die
Antichris, want ons almal sal op die proef gestel word. Nou
is die tyd om onsself in die Here te versterk deur in allerdaagse
omstandighede net op die Here te vertrou. Die geringe
verdrukkinge en toetse wat ons elke dag beleef by die huis,
by die werk en waar ons ook al gaan, berei ons nou al voor vir
die groot verdrukkinge en vervolginge wat sal kom in die dae
wat voorlê.
Dit is waarom dit uiters noodsaaklik is dat ons nou getrou
moet bly aan die Here. Hy sê self vir ons dat wanneer ons saam
met die voetgangers loop en hulle ons moeg maak, ons
sal moet begin wonder of ons sal kan meeding met die
perderuiters. Die pas raak net al vinniger, ons sal onsself in die
Here moet oefen om te kan by bly.
[57]
Daar is ‘n spreekwoord in die weermag wat sê: “The more
you sweat in peace, the less you bleed in war”. Hoe meer ons,
onsself dus voorberei in tye wanneer dit goed gaan, hoe meer
paraad en voorbereid sal ons wees om deur verdrukkinge te kan
gaan en dit te oorwin.
Jesus waarsku ons deur Sy Woord: “Julle sal gehaat wees
deur almal ter wille van my Naam, maar geen haar van julle
hoof sal verlore gaan nie, maar deur julle volharding moet julle
jul lewe in besit kry”. Ons moet volhard tot die einde toe deur
Jesus Christus wat ons die krag gee en nadat ons alles volbring
het, met die volle wapenrusting aan, dan nog staande te kan bly.
Ons is dus tot alles in staat deur Jesus Christus wat ons
elke dag die krag gee om alle verdrukkinge, vervolging en
versoekinge te kan weerstaan. Loof Sy Heilige Naam! As Hy
dan vir ons is, wie kan teen ons wees? Psalm 56:9 - “Dan sal
my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep, dit weet ek dat
God aan my kant is”.
[58]
HOOFSTUK 5
Wie gaan gedurende die groot verdrukking
verdruk word en waarom? Verdrukking op aarde verwys na die vervolging van gelowiges,
die Jood, sowel as die Griek, m.a.w. alle heidene wat gered en
gewas is in die bloed van Jesus. Want ons geveg is nie teen
vlees en bloed nie...ons weet dus dat die geveg tydens die groot
verdrukking gaan oor die heerskappy van hierdie wêreld.
Israel as ‘n volk, is nog altyd vir hulle land vervolg en nie
noodwendig omdat van hulle die Messias aangeneem het nie.
Die Jode wat wel tot bekering kom, sal saam met die ware
kinders van God verdruk word en hulle sal ook nie die merk
van die dier aanneem nie.
Waaroor die groot verdrukking dan uiteindelik sal gaan?
Dit gaan oor die “dier”, Satan wat aanbid wil word asof hy
God is. Paulus stel dit duidelik: “Die teëstander, die seun van
die verderf, wat homself verhef bo al wat God genoem word of
'n voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God
sal sit en voorgee dat hy God is”.
As die “geheime wegraping” dan waar is en al die ware
kinders van God is nie meer op die aarde nie, wie gaan dan
oorbly om verdruk te word? Lou Christene wat die “geheime
wegraping” nie gemaak het nie? Of dalk die vyf dwase maagde
wat die Here weggestuur het nadat Hy vir hulle gesê het “Ek
ken julle nie?” Of dalk hulle wat nie die moed en geloof gaan hê
om nee te kan sê vir die merk van die dier nie? Maak dit
enigsins sin, kind van God? NEE!
Want eers moet die afval voor die wederkoms kom,
volgens 2 Thessalonicense 2:3. Die wêreld kan mos nie
afvallig raak nie? Dis Christene wat van die Here afvallig gaan
raak en Hom gaan verraai. Die wêreld gaan die “dier” en sy
[59]
beeld aanbid en sy merk gaan op hulle voorhoof of hand wees,
verseker is dit nie hulle wat verdruk gaan word nie!
Wat my die meeste bekommer oor die “geheime
wegraping” is die gesindheid van party Christene, wat hulleself
verhef bo enige verdrukkinge en dan neerkyk op die
sogenaamde agtergeblewendes, wat dan met hulle eie bloed sal
moet betaal vir hulle redding deur die groot verdrukking
(martelare) . Hoe op aarde kan ‘n mens deur sy eie bloed gered
word? Wat ‘n leuen uit die hart van Satan!
Verdrukking was nog altyd deel van die Kerk: Toe Jesus
die vyfde seël oopgemaak het, sien Johannes onder die altaar
die siele van die wat gedood is ter wille van die Woord van God
en die getuienis wat hulle gehad het. Die martelare het met ‘n
groot stem uitgeroep en gesê: “Hoe lank, o heilige en
waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die
bewoners van die aarde nie?” Aan elkeen van hulle is wit klere
gegee en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus
totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog
gedood sou moes word soos hulle, voltallig sou wees.
Medediensknegte van Jesus wat medebroers-en-susters
van die liggaam van Christus is, word gedurende die groot
verdrukking ingewag deur martelare wat deur die eeue heen
hulle geloof in God behou het. Baie Christene is deur die eeue
heen al gemartel en vermoor vir hulle geloof in die Here Jesus
Christus.
In die geval van die eerste Kerk in Rome, was daar twee
miljoen heiliges wat begrawe was onder die grond in die
grafkelders waar hulle gevange gehou was. Baie van hulle was
vervolg, gemartel en vermoor. Talle van hulle is vir die leeus
gegooi. Geskiedenis beweer dat die Romeine die Christene
blameer het vir al die rampe en ellende wat hulle getref het en
hulle daarvoor gehaat het.
[60]
Hulle het geglo dat die Christene die oorsaak was vir die vloeke
wat op hulle gerus het en daarom wou hulle al die Christene
vernietig. En dit is net die storie van Rome.
Kom ons kyk wat sê Paulus oor verdrukking: Paulus het
die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die
geloof te bly deur te sê: “Ons moet deur baie verdrukkinge in
die koninkryk van God ingaan. Want uit groot verdrukking en
benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe…Geliefdes,
verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle
wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom
nie...Sodat niemand verontrus mag word onder hierdie
verdrukkinge nie, want julle weet self dat ons hiervoor bestem
is…”
Hierdeur het Paulus, Christus se volgelinge versterk en
bemoedig om die geloofspad enduit te bewandel. Dit is altyd ‘n
voorreg om vir onse Here Jesus Christus te ly, wat deur Sy
lyding vir ons ‘n voorbeeld was. Jesus is onregverdig
gearresteer, onwettig verhoor en verkeerdelik veroordeel. Onse
Here Jesus is gespot, beledig, geslaan en uiteindelik gekruisig
vir ons sondes, Hy het die sondebok geword. Christus het self
vir ons gely en ons die voorbeeld nagelaat om in Sy voetspore te
volg.
Baie mag enige onderrig oor lyding as negatief ervaar,
maar dit is beslis nie negatief om oor die werklikhede van
lyding en vervolging ter wille van ons geloof te praat nie. Om te
erken dat lyding onvermydelik is, is dus geensins negatief nie,
maar eerder ‘n realiteit waarmee Christene sal moet saamleef.
Ja, die Here bewaar ons nie altyd van lyding nie, maar
onse Here het nog nooit iets van ons verwag wat Hy nie alreeds
self deurgegaan het nie. Hy lei ons deur Sy Gees volgens die
voorbeeld wat Hy alreeds vir ons gestel het.
[61]
Lyding is maar net tydelik, maar die beloning wat ons
eendag gaan ontvang, is ewig.
Ons behoort kennis te neem van die voorbeeld van die Apostels,
wat i.p.v. gerief en veiligheid, gekies het om vir Hom te ly
deurdat hulle gehoorsaam was aan Sy Groot Opdrag.
Jakobus is die enigste Apostel wie se dood in die Bybel
aangeteken is volgens Handelinge 12:2. Die manier waarop die
ander Apostels tot sterwe gekom het, is volgens oorlewering
soos volg:
Matthéüs: Hy was ’n belastinggaarder wat ’n evangelis geword
het. Hy was ’n martelaar in Etiopië en is uiteindelik met die
swaard gedood.
Lukas: Hy was ’n Griekssprekende mediese dokter en is in
Griekeland gehang juis omdat hy so dikwels vir die verlorenes
gepreek het.
Petrus: Hy is onderstebo gekruisig. Volgens tradisie het hy dit
só versoek aangesien hy homself onwaardig beskou het om op
dieselfde manier as sy Meester te sterf.
Markus: Hy was die stigter van die kerk in Alexandrië in
Egipte. Hy het toe ook daar gesterf nadat hy met perde deur die
strate gesleep is.
Johannes: Hy is in olie gekook, maar het wonderbaarlik aan
die dood ontkom. Hy het in vrede gesterf op die eiland Patmos,
waar hy die boek Openbaring geskryf het.
Jakobus die Regverdige (Broer van Jesus): Hy het geweier om
sy geloof te ontken, is by die Tempelmuur afgegooi, het oorleef
en is met ’n knuppel doodgeslaan.
Paulus: Paulus het gedurende sy leeftyd gevangenisskap,
afranselings en skipbreuk deurgemaak. Hy is gemartel en toe
deur Keiser Nero van Rome in 67 n.C. onthoof.
Andreas: Hy is in Griekeland gekruisig. Nadat hy gegesel is, is
sy liggaam aan ’n kruis vasgemaak. Hy het vir sy martelaars bly
preek totdat hy na twee dae gesterf het.
[62]
Jakobus die Grote: Hy was bekend as Seun van die Donder. Hy
het Spanje evangeliseer en is die Beskermheilige van Spanje.
Hy is deur Herodus Agrippa onthoof.
Bartolomeus: Hy het ook as Nataniël bekend gestaan en was ’n
sendeling in Asië, waar Turkye vandag is. Hy is in Armenië
gemartel en tot die dood toe gegesel.
Thomas: Hy is ook bekend as die Ongelowige Thomas. Hy is
met ’n spies op een van sy sendingreise na Indië doodgesteek.
Hy het daar ’n kerk gevestig.
Mattias: Hy is in die plek van Judas Iskariot gekies. Hy het
onder die kannibale gewerk en die verslae oor sy dood wissel
van steniging en kruisiging tot onthoofding.
Eerstens moet ons weereens verstaan dat ons bestem is vir
die groot verdrukking, maar nie vir die toorn van God nie.
Want die toorn van God is afgewend toe Jesus vir ons sondes
aan die kruis gesterf het. Dit is egter die toorn van die Satan
op hierdie wêreld en veral op God se kinders waardeur ons
verdrukking gaan ervaar.
“Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon,
wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het
na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min
tyd het”. Die sondaar sal dus God se toorn ervaar, maar die
kind van God sal onder die Satan se toorn deurloop, want hy is
die groot vervolger van die Kerk deur al die eeue heen en sy
woede is groot omdat hy weet sy tyd raak min!
Jy mag dalk vra: “Sal God toelaat dat sy Kerk deur die
verdrukking gaan?” God het nog altyd toegelaat dat Sy Kerk
vervolg word deur die vuurgloed van vervolging en
verdrukkinge, omdat die vuur van beproewinge en
verdrukkinge ons geloof suiwer soos goud.
[63]
Vervolging maak net die ware volgelinge van Christus sterker.
Onthou, of jy nou deur die vuur gaan en of jy nou deur die
waters gaan, die Here jou God is met jou al die dae van jou
lewe.
As jy die geskiedenis van die Christelike kerk bestudeer,
sal jy sien dat die kerk voortdurend vervolg en verdruk was.
Miljoene mans en vroue was gemartel en vermoor vir hulle
geloof in Jesus Christus. Die bloed van die martelare was
kosbare saad, wat in die kerk gesaai was en groot oeste van
geredde siele deur die jare vir die kerk opgelewer het. In sekere
lande van die wêreld word Christene vandag nog vervolg en
doodgemaak vir hulle geloof.
Die rede waarom die leer van 'n “voor-verdrukking-
wegraping” so gewild is in van die kerke vandag, veral die wat
nie rêrig verdrukking beleef nie, is omdat hulle opsoek is na 'n
maklike uitweg. Hulle is op soek na 'n eenvoudige vorm van
Christendom, ‘n vorm waar jy kan eis om 'n Christen te wees,
met geen negatiewe nagevolge nie, wat nog verdrukking
deurstaan.
Sekere kerke wil regeer saam met Christus, maar hulle
wil nie ter wille van sy Naam ly nie. Paulus sê: “As jy nie
bereid is om vir Christus te ly nie, (lyding kan verskillende
vorms aanneem) sal jy nie saam met Christus kan regeer nie!
Al die martelare wat uit die groot verdrukking kom, sal saam
met Jesus Christus regeer ‘n duisend jaar lank - Openbaring
20:4. Wanneer die tyd kom, sal ons deur baie verdrukkinge in
die koninkryk van God moet ingaan.
Selfs Johannes noem homself ‘n broeder en deelgenoot in
die verdrukking en in die koninkryk van Jesus Christus. Hy
was verdruk op die eiland wat Patmos genoem word ter wille
van die Woord van God en as ‘n getuie van Jesus Christus.
Johannes verwys hier na homself, as 'n mede-deelgenoot in die
verdrukking wat in Jesus Christus is.
[64]
Elke kind van God moet hulleself voorberei, sodat hulle
deur hierdie groot verdrukking sal kan gaan as die tyd daarvoor
kom. Solank as wat ons in hierdie wêreld is, sal ons een of
ander vorm van lyding vir Jesus deurgaan. Johannes het nie
hierdie openbaring gekry terwyl hy in gemak gelewe het nie.
Hy het dit ontvang terwyl hy self verdrukking op Patmos ervaar
het. Om ‘n getuie van Jesus Christus te kon wees, moes hyself
eers deur verdrukking gaan. Eers toe was hy in staat om te kan
skryf oor wat die heiliges sal moet deurmaak, gedurende die
groot verdrukking van die Antichris in die laaste dae.
God is die Vader van ontferming en die God van alle
vertroosting wat ons troos in al ons verdrukkinge, sodat ons
die wat ook in allerhande verdrukkinge is, kan troos deur die
vertroosting waarmee onsself deur God vertroos word. Want
soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos
ook oorvloedig in Christus.
God help ons dus deur beproewinge en verdrukkinge sodat
ons ander weer kan help wat dieselfde verdrukkinge ervaar. Hy
troos ons ook met die belofte dat Hy altyd en in alle
omstandighede saam met ons sal wees!
Jesus self sê: “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en
julle doodmaak en julle sal deur al die nasies gehaat word ter
wille van my Naam. Want dan sal daar groot verdrukking
wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie
gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie
verkort was nie, sou geen vlees gered word nie, maar ter wille
van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.”
Nog nooit in die geskiedenis van hierdie wêreld was daar
al so ‘n groot verdrukking nie, want as God nie ingryp deur die
wederkoms van Sy Seun nie, sal geen vlees gered word nie,
maar sal alle lewe op hierdie planeet uitgewis word. Hierdie
groot verdrukking moet dus nog plaasvind!
[65]
Wie is die uitverkorenes wat vervolg gaan word
gedurende die groot verdrukking?
Die “geheime wegraping” leer dat dit die volk Israel gaan wees,
maar kom ons kyk wat sê die Bybel:
1 Petrus 2:9 - “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n
koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom
verkry”. Voor Christus na hierdie wêreld gekom het, was net
Israel God se uitverkore volk op aarde. Maar omdat hulle Jesus
as die Messias verwerp het, was hulle afgesny en die heidene
wat Jesus as Verlosser aanvaar het, word toe ingeënt op die
mak Olyfboom. Die Jode wat Jesus wel vandag aanvaar as
hulle Verlosser, is ook soos die Christene, deel van die liggaam
van Jesus Christus.
Efesiërs 2:12 - “...dat julle in dié tyd sonder Christus
was…sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in
Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur
die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei
een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek
het...sodat Hy, deur vrede te maak, die twee, Jood en Griek, al
die heidene, in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei
in een liggaam met God kon versoen, deur die kruis”. Ons is
dus nou saam onder een Hoof, Jesus Christus, ‘n uitverkore
geslag, ‘n heilige volk...God se eiendom.
Daniël tref ook onderskeid tussen die volk van God, Israel
en die heiliges van die Allerhoogste. Hulle is almal
wedergebore Christene, wat gereinig en geheilig is deur die
bloed van die Lam. Daniël het die mishandeling van die
heiliges gesien. “Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer
met die heiliges en hulle oorwin, en hy sal woorde spreek teen
die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste
mishandel...en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n
tyd en tye en die helfte van ‘n tyd” - Drie en ‘n half jaar. Dis
hoe lank die groot verdrukking min of meer gaan wees,
[66]
miskien korter, want die Here gaan die dae korter maak sodat
ons as Sy kinders, hierdie tydperk sal kan oorleef.
Johannes sien dieselfde in Openbaring: “...dit is ook aan
hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te
oorwin...en die draak het gestaan voor die vrou (Joodse volk)
wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind (Jesus
Christus) sou verslind sodra sy gebaar het. En sy het ‘n
manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou
regeer en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
En die draak was vertoornd op die vrou (Joodse volk) en
hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander
nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis
van Jesus Christus hou...” Let wel: Die draak is vertoornd op
die vrou, wat dan die Joodse volk voorstel en haar ander
nakomelinge, wat die gebooie van God bewaar en die
getuienis van Jesus Christus hou. Christene het hom oorwin
deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle
getuienis en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad
nie.
“Tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad het nie?” Dit
klink nie vir my soos ‘n klomp lou Christene wat halfhartig die
Here gedien het en dan agtergelaat word deur die Here met die
“geheime wegraping”, sodat hulle vir hulleself sal moet baklei
nie. Want hulle word mos verlaat deur die Heilige Gees,
wanneer die Geesvervulde kerk wat die ”verderf teëwerk”, uit
die weg geruim word en sal dan met die “geheime wegraping”
die aarde agterlaat, terwyl die Woord sê dat God ons nooit sal
verlaat nie. Die waarheid is, dat die Heilige Gees deur God na
hierdie aarde toe gestuur is en Hy sal met ons wees tot aan die
einde van hierdie wêreld soos ons dit tans ken. Dis ‘n belofte
wat deur Jesus self gemaak is – Matthéüs 28:20.
[67]
Jy moet die Here waaragtig liefhê - gees, siel en liggaam
voordat jy jou lewe en jou liggaam sonder twyfel vir Hom sal
kan aflê, net soos Hy dit vir jou aan die kruis gedoen het.
Johannes sien ook onder die altaar die siele van die wat gedood
is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle
gelewer het. Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en
hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed
van die Lam, let wel, nie deur hulle eie bloed nie.
“Alle dinge werk ten goede mee vir die wat God liefhet”,
ook vir die wat deur die groot verdrukking sal moet gaan. Baie
sal dus gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die
goddelose sal goddeloos handel. “Wie onreg doen, laat hom
nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en
laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog
heiliger word. Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die
regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die
wat Hom nie dien nie”.
In die eindtyd sal daar ‘n duidelike onderskeid kom tussen
heilig en onheilig, tussen die regverdige en die onregverdige.
Daar gaan nie meer langer ‘n grys area wees waar mense gaan
wonder oor jou Christenskap nie, almal sal sien en weet wie die
Here dien en wie Hom nie dien nie.
Nog ‘n rede waarom Christene deur die groot verdrukking
sal moet gaan, is sodat hulle onberispelik en opreg sal kan wees,
sodat die kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom
en verdraaide geslag sal kan skyn soos ligte in hierdie
wêreld. Ons sal aan die Woord van die lewe moet vashou. Net
soos Christus ook die gemeente moes liefhê en net soos wat Hy
Homself ook moes oorgee om die gemeente voor Hom te kon
stel, sonder vlek of rimpel of iets dergliks, net so moet die
gelowiges ook heilig en sonder gebrek wees by Sy wederkoms.
[68]
Die Here se skop is in Sy hand en Hy sal sy dorsvloer deur
en deur skoonmaak en Sy koring in die skuur saambring, maar
die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand. “Kyk, Ek het
jou gelouter, maar nie soos silwer nie, Ek het jou beproef in die
smeltkroes van ellende”.
Die koring moet skoongemaak en van die kaf geskei
word. In die tyd van verdrukking sal Christene alles as drek
beskou om Christus as wins te verkry. Die vuur van vervolging
gedurende die verdrukking sal alle kaf uit ons lewe uitbrand en
ons sodoende suiwer.
Kom ons kyk wat het met Daniël se drie vriende gebeur
wat geboeid in 'n vuuroond gegooi is, omdat hulle nie die beeld
wou aanbid wat koning Nebukadnésar gemaak het nie. Die
vuuroond is sewe maal warmer gemaak as wat dit eintlik nodig
was. Die oond was so warm dat die manne wat hulle in die
vuuroond gegooi het, dadelik doodgebrand het.
Terwyl die koning in die vuuroond kyk, skrik hy baie groot
want hy sien nou vier manne, los binne-in die oond wandel.
Hulle het geboeid in die vuuroond geval, maar die vuur het
hulle boeie afgebrand. Netso sal die vuur van vervolging, wat
sewe maal warmer kan wees in die groot verdrukking, ons
losbrand van dinge wat ons bind en gevange hou in hierdie
wêreld.
Ons verwag dus volgens Sy belofte 'n nuwe hemel en ‘n
nuwe aarde waarin geregtigheid sal woon. Daarom terwyl ons
hierdie dinge verwag, beywer ons onsself daarvoor om
vlekkeloos en onberispelik voor Hom te kan staan. Die wat rein
van hart is sal God sien! Christene wat deur die groot
verdrukking sal moet gaan, sal dus gelouter en gesuiwer word,
hulle sal geskei word van al hulle kaf sodat hulle voor Christus
sal kan staan, sonder vlek en sonder rimpel. Want as daar
verdukking op aarde is, sal die mense geregtigheid leer.
[69]
Die groot verdrukking sal beslis nie gaan oor mense wat
Christus halfhartig gedien het en dan ‘n tweede kans op
redding gaan kry nie. Ons het reeds gesien hoe die vyf dwase
maagde, nie ‘n tweede kans gaan kry om die bruilof by te woon
nie. Die Bruidegom het dan vir hulle gesê: “Voorwaar ek sê vir
julle, Ek ken julle nie!” ‘n Bruidegom laat nie mense inkom by
die bruilof as Hy hulle nie ken nie, nie waar nie?
[70]
HOOFSTUK 6
Wat is die verskil tussen verdrukking en die
toorn van God? Christene wat in die “geheime wegraping” glo, vind dit
partykeer moeilik om te onderskei tussen die verdrukking van
die heiliges en die toorn van God oor die goddelose. Hulle is
geneig om teen die term “toorn van God” vas te kyk en dan
sodoende die rede vir die groot verdrukking heeltemal mis te
verstaan.
Daar is 'n paar algemene verskille in sienswyse rondom die
“wegraping” en hoekom die “wegraping” dan gaan geskied.
Kom ons kyk na een van die stellings: “Maar God het ons nie
bestem vir toorn nie!” Hierdie is een van die groot redes
waarom Christene in die “geheime wegraping” glo.
Nog 'n weergawe van die beswaar gaan soos volg: “Ek kan
nie glo dat Jesus eers Sy Bruid gaan aanrand deur die
uitstorting van Sy toorn en haar dan gaan kom haal nie!” Altwee
hierdie sieninge sinspeel dan daarop dat die toorn van God en
die groot verdukking in dieselfde lig gesien kan word?
God se toorn word wel uitgestort gedurende die groot
verdrukking en veral met die slag van Armaggédon –
Openbaring 6:15 ...die konings van die aarde en die grotes en
die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die
slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke
en in die rotse van die berge en vir die berge en die rotse gesê:
Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die
troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van
sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Daarna sal Sy toorn op die goddelose ewigdurend wees,
met die hel van verdoemenis. “Ons moenie vrees vir die mense
wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan
[71]
doodmaak nie, maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die
liggaam in die hel kan verderwe.
Want God het ons nie bestem tot toorn (die hel) nie, maar
om die saligheid (hemel) te verkry deur onse Here Jesus
Christus, wat vir ons gesterf het, sodat ons saam met Hom
kan lewe (ewige lewe)”. As ons in Christus is en bly, word God
se toorn (ewige verdoemenis) vir altyd afgewend.
Hierdie sieninge is dus gebaseer op 'n misverstand van die
omskrywing van God se toorn teenoor die groot verdrukking.
Hulle kan nie in dieselfde asem genoem word nie! Die heiliges
van God, Sy kinders, is beslis nie vir Sy toorn bestem nie! Nie
in hierdie lewe nie en ook nie na die afsterwe van ‘n Christen
nie, dit word duidelik in die bogenoemde skrif gestel. Hoekom
word hierdie tydgleuf dan aan die einde van hierdie wêreld,
die groot verdrukking genoem en nie die groot toorn van God
nie?
Let tog op dat Jesus self die redes gee vir die verdrukking
en vervolging waardeur christene sal moet gaan. En nêrens in
die Woord waar verdrukking van christene ter sprake kom, is
‘n wegraping as uitkoms deur Jesus belowe nie.
Matthéüs 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die
geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die
hemele.
Matthéüs 13:21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is
net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter
wille van die woord, struikel hy dadelik.
Lukas 6:22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en
wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi
soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
Christene sal veral gedurende die groot verdrukking
vervolg word omdat hulle in die Woord van God glo en Jesus as
hulle Verlosser aangeneem het en Hom alleen volg en nie
omdat hulle die “geheime wegraping” gemis het nie.
[72]
Kyk na al die volgende aanhalings van verdrukking in die
Woord, sien u dalk enige beloftes dat ons daaruit gered sal
word deur die tussenkoms van ‘n “geheime wegraping?” “Wie
sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of
benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of
swaard... wat ons troos in al ons verdrukking... wees geduldig in
die verdrukking...julle moet nie moedeloos word by my
verdrukkinge nie...vanweë jul volharding en geloof onder al
julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur...
aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk,
verdrukking te vergelde...vrees vir niks wat jy sal ly nie...ons
moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God
ingaan...ons het julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word.”
Jesus verklaar vooruit sy wederkoms deur Matt.24 waar
daar geen sprake van voor verdrukking redding vir christene is
nie. Johannes 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe
hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor
murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?
Lank vooruit verduidelike Jesus breëdvoerig Sy
wederkoms aan ons, sodat ons juis nie aanstoot aan Hom sal
neem wanneer mense dit verdraai en verander om hulle te pas
nie. Wanneer Hy dan nie Sy opwagting maak soos geglo word
voor die verdrukking nie, neem dan aanstoot aan die mense wat
jou so geleer het.
Let op wat is Paulus se gesindheid oor verdrukkinge
waardeur hy vir Jesus moes gaan: 2 Korinthiërs 7:4 “….ek
loop oor van blydskap in al ons verdrukking” waaruit
niemand hom verlos het nie. Baie christene loop huidiglik oor
van blydskap oor “die groot uitkoms” wat hulle dink, voor die
groot verdrukking gaan plaasvind, maar wat volgends die
Woord nie gaan gebeur nie. Paulus sê die volgende oor
verdrukking: “Sodat niemand verontrus mag word onder
[73]
hierdie verdrukkinge nie, want julle weet self dat ons hiervoor
bestem is. Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit
gesê dat ons verdruk sou word…
Ons wat deel vorm van die liggaam van Christus, net soos
in Paulus se tyd, is dus bestem vir verdrukkinge, wat die
groot verdrukking insluit, of dit dan geestelik of fisies is. Een
ding is seker - as jy in die “pre-trib-rapture” glo, sal jy nie
voorbereid wees vir die groot verdrukking wat verseker gaan
plaasvind nie. Ons moet begin om onsself geestelik voor te
berei vir verdrukking, terwyl dit nog dag is, want die
middernag-uur kom.
Ek is seker daarvan dat niemand van ons deur hierdie tyd
van benoudheid en vervolging wil gaan nie, maar almal wat
hulleself ware Christene noem, moet weet dat hulle bestem is
vir verdrukking in een of ander vorm. As ons nog die lewe
behou teen daardie tyd, sal ons geen ander keuse hê nie.
Die enigste manier hoe ons a l hierdie dinge moontlik kan
ontsnap , is wanneer ons te sterwe kom in hierdie lewe op
aarde, voor die groot verdrukking begin. Ek het alreeds
genoem dat alhoewel Christene nie bestem is vir die toorn van
God nie, ons onder die toorn van Satan in die groot
verdrukking sal ly.
Die groot verdrukking is dus Satan se wraak teenoor
alle Christene en Jode in hierdie wêreld.
Kom ons kyk weer na Openbaring 12 - “...wee die bewoners van
die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal
met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. En toe die
draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou
vervolg...En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het
weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat
die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus
hou.”
[74]
Die Bybel leer ons dat dit die Satan en sy trawante is wat
die volgelinge van Christus vervolg. Deur al die eeue heen
gebruik hy mense om sy doel te bereik. Die duiwel is al
behoorlik los op aarde en hy weet dat hy baie min tyd oor het
om te heers op hierdie aarde. Daarom gaan hy meer intens die
Christene vervolg wat in gehoorsaamheid aan die Woord van
God wandel. Maar uiteindelik sal hulle hom oorwin deur die
bloed van die Lam en die woord van hulle getuienis.
Die groot verdrukking gaan dus plaasvind as gevolg van
die toorn van Satan en is gemik teen die volgelinge van Jesus
Christus en dit is nie die toorn van God waaronder ons gaan ly
nie. Ons moet dus onderskei tussen die Christene wat verdruk
gaan word en die toorn van God wat op die goddeloses
uitgestort gaan word.
Die toorn van God sluit veral die uitstorting van die sewe
laaste plae en die slag van Armagéddon in. “Ek, Johannes, het
‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik, sewe
engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die
grimmigheid van God voleindig”. Die Christene sal deur die
groot verdrukking gaan, maar sal nie ly onder die toorn van
God nie. Ons sien ‘n vb. hiervan in die verhaal van die
Egiptenare en die volk Israel in Moses se tyd.
Die wederkoms sal plaasvind by die opening van die
sewende seël, die blaas van die sewende basuin, en die
uitstorting van die sewende skaal in Openbaring. Die seëls,
basuine en skale eindig almal by die slag van Armagéddon. God
sal die skeiding van die goddeloses en van die regverdiges begin
wanneer die groot verdrukking tot 'n einde gekom het.
God is van plan om twee aparte oeste op die aarde af te
haal. Hy sal eers die heiliges oes, wat genoem word “die
koringoes”, dit gebeur saam met die opstanding van die wat in
Christus gesterwe het. Daarna sal Hy die goddelose mense oes,
genaamd “die druiweoes” van Sy toorn. Joël sê: “Steek die
[75]
sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol,
die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot”. Beide van
hierdie oeste word op ongeveer dieselfde tyd afgehaal.
Die graanoes en die wynoes:
“Daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die
wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp
sekel. En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n
groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Slaan U sekel in
en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die
oes van die aarde oorryp geword het”.
En Hy wat op die wolk sit, het Sy sekel oor die aarde laat
gaan, en die aarde is afgemaai. En ‘n ander engel het
uitgekom uit die tempel wat in die hemel is en hy het ook ‘n
skerp sekel gehad en ‘n ander engel wat mag oor die vuur
gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem
geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: “Slaan jou
skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die
aarde in, want sy druiwe het ryp geword”.
En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die
wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot
parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is
buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip
gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.
1. Die oes van die regverdiges is die wederkoms/eerste
opstanding.
2. Die oes van die goddelose is die insameling van Israel se
vyande by Armagéddon.
Die eerste oes, die insameling van die heiliges, sal gedoen
word deur Jesus self, met 'n sekel sal Hy die oes van die aarde
insamel. Met die wederkoms van Jesus, vind die eerste
opstanding plaas. Hy het voor dit, nog niemand opgewek nie
en daarna sal daar nie weer ‘n opstanding van die heiliges wees
[76]
nie. Dit is die eerste en enigste opstanding van die regverdiges
– Openbaring 20:4-5. Onmiddellik daarna, is die tweede oes
deur 'n engel met 'n sekel ingesamel. Dit is die wynpers van
God se toorn, die druiwe wat in die parskuip van die
grimmigheid van God gegooi word. Dit is die bose
magte/mense wat teen Jerusalem versamel is, in die slag van
Armagéddon en op wie se lyke die aasvoëls sal feesvier na
Armagéddon.
In dieselfde tyd maak God dus ook die goddelose nasies
van die aarde bymekaar, om die “parskuip van sy toorn” te trap
by Armagéddon. Alle wedergebore Christene word met Hom in
die lug verenig saam met al die heiliges wat opgestaan het, en
daarna sal almal saam neerdaal en Jesus sal sy voete op die
Olyfberg neersit vir die groot stryd van Armagéddon, waar die
“dier” en die valse profeet verslaan gaan word. So gou as wat
hierdie twee oeste ingesamel word, sal die duisendjarige-
vrederyk van Jesus as Heerser op aarde begin.
Opsomming van eindtyd gebeure:
1. Die Antichris sal die gruwel van die verwoesting in die
tempel wat herbou gaan word pleeg.
2. Die groot verdrukking sal 'n tyd, tye en ‘n halwe tyd duur,
+/- 42 maande lank.
3. Die oes van die koring - die wederkoms en die eerste
opstanding van die heiliges sal plaasvind by Jesus se
wederkoms na hierdie aarde toe.
4. Die oes van die onkruid - die goddelose sal ook versamel
word vir vernietiging by die slag van Armagéddon.
5. Die slag van Armagéddon gepaard met die finale
uitstorting van God se toorn, sal aan die einde van die
groot verdrukking plaasvind.
[77]
6. Die aardse koninkryk, die duidendjarige-vrederyk van Christus, begin in Jerusalem met die Bruilofsmaal van die Lam. Openbaring 19:6 “En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigt e en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar . Laat ons bly wees en ons v erheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.” Laat my toe om die volgende te sê: Daar is baie wonderlike openbaringe oor die eindtyd in die Bybel wat te min gepreek word in ons land. Al hierdie gebeure gaan plaasvind, of predikers dit nou wil glo of nie. Hulle sal ook moet besluit of hulle die waarheid uit die Woord van God oor die eindtyd gaan verkondig of nie.
Dit is regtig tragies dat die meeste Christene nie eers 'n vae
idee het van die eindtyd-plan wat God gereed gemaak het vir
Sy kinders, om hulle deur die groot verdrukking te lei en te
versterk nie. Hulle word deur sommige leraars geleer dat
hulle “weggeraap” sal word voor enige van hierdie gebeure in
die wêreld sal kan plaasvind.
Daar is 'n gebrek aan openbarings-kennis onder Christene
oor die ware Bybelse feite met betrekking tot die wederkoms en
die groot verdrukking. Soos die einde nader kom, het God
reeds Sy plan van aksie aan ons bekend gemaak deur die Boek
Openbaring, maar baie Christene weet nie eers wat daarin
staan nie. Johannes sê: “Salig is hy wat die woorde van die
profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin
geskrywe is, want die tyd is naby”.
Ek glo egter dat die Here alreeds Leraars regoor die wêreld
opgewek het deur Sy Gees, om Sy plan deur Sy Woord, vir die
eindtyd te verkondig, sodat die maagde genoeg olie in hulle
kanne sal kan hê. Soos ons op die Here vertrou, sal die kennis
[78]
van waarheid oor die aarde versprei word, sodat ons deur die
groot verdrukking sal kan gaan.
Johannes gee ook die volgende waarskuwing oor die Boek
Openbaring: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van
die profesie van hierdie boek (Openbaringe) hoor: As iemand
by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg
waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die
woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal
God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige
stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”
Hou tog in gedagte dat ek geen versteekte motief het vir
die skryf van hierdie boek nie. Toe ek ongeveer 28 jaar terug
hierdie openbaring oor die Wederkoms van die Here ontvang
het, het ek nooit eers gedink dat die Here my eendag sal vra om
hierdie boek te skryf nie, alles tot eer van Sy Naam. Dit is nie
die gesindheid van my hart, om te probeer bewys dat ek reg en
u verkeerd is nie. Dit gaan oor die waarheid van God se
Woord wat u self moet ondersoek en ontdek.
Die meeste eindtyd Skrifte is baie maklik om te verstaan
wanneer ons dit in die regte konteks hou en kyk na die Gees
van die Waarheid vir ons leiding. Dit is egter baie belangrik
om ‘n liefde vir die waarheid, in die Woord van God te hê. Ons
almal moet onthou dat as 'n persoon wedergebore is, dan het
hulle God se Heilige Gees, wat in hulle woon. As 'n christen
opreg met God wandel deur die Woord en die leiding van Sy
Gees volg, dan sal almal kan verstaan wat die Skrif sê.
Onthou: Dit is nie intelligensie wat waarheid gee, dat
net slim geleerde mense die Bybel kan verstaan en reg vertolk
nie en dit is ook nie geleerdheid wat waarheid verseker nie,
alhoewel dit baie help in die bediening waarin ek self ook ‘n
geroepene is. Ek se weer: Geleerdheid is nie ‘n waarborg vir
waarheid nie!
[79]
Dit is die Heilige Gees, die Gees van die Waarheid, wat
goddelike waarheid openbaar. Ware wysheid en ware begrip,
kom slegs deur die Gees van Waarheid. Die Gees van die
Waarheid, sal ook veroorsaak dat jy die valse leerstellings van
mense, wat die Woord van God kragteloos stel verwerp, ongeag
of hulle hoogs geleerde ampte beklee.
Jy het ook nie Hebreeus, Grieks of kommentare van mense
nodig om die Skrifte duidelik te verstaan nie. Jesus het "vir ons
alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien", deur Sy Gees.
Die beste kommentaar vir die Woord van God is die Woord
van God! Ons kan God se Woord op ons eie verstaan en God’s
Woord is toeganklik gemaak vir alle mense wat God in
opregtheid en in waarheid deur Sy Gees soek! Volgende versies
bevestig my siening.
Jeremia 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en
elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My
almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want
Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie
meer dink nie.
1 Johannes 2:27 En die salwing wat julle van Hom
ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle
leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer,
so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het,
so moet julle in Hom bly. Ek glo ook dat ons lering nodig het,
met die nodige beoordeling.
Die Woord sal dus vir homself spreek, want dit is die
Gees van God wat u oortuig van die waarheid van God se
Woord. “The truth is like a lion. You don’t have to defent it!
Let it loose. It wil defend it self.” – St Augustine. Jeremia
23:29 – “ Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE
en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?”
[80]
Die Woord, wat ‘n hamer is sal die werke van die vyand
verbreek, godsdienstige stelsels vernietig en valse
leerstelings vermorsel.
God het net een prediker, wat net een stelling gemaak
het oor die “geheime wegraping”, gebruik om my te laat
wonder oor hierdie leerstelling en sodoende my soektog na die
waarheid aan die gang gesit. Prys Sy Naam! Hier is die
geleentheid vir u om dieselfde te doen. Handelinge 17:11
“…..en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so
was”.
Vir baie van u gaan dit ‘n openbaring sowel as ‘n skok
wees, om tot die besef te kom dat ons wel deur die groot
verdrukking sal moet gaan. Ek het vir dae aaneen met die
Here geworstel oor hierdie baie belangrike en ernstige
onderwerp. Ek geniet beslis nie die gedagte, dat baie van ons
as Christene deur die groot verdrukking sal moet gaan nie,
want ek is self een.
Dit sal vir my ook verdrukking in die vlees wees, net soos
wat dit sal wees vir enige ander gelowige. Maar dit is wat die
Bybel, die lewende Woord van God, Jesus Christus, ons leer en
ek glo ek is geroep om die Woord in waarheid te verkondig tot
eer van Sy wonderlike Naam. En daarom skaam ek my nie vir
die ware Evangelie van God nie, want dit is die krag van God,
waardeur mense redding, verlossing, bevryding en genesing
vir hulle lewens ontvang.
Die volgende versies is vir my ‘n leefwyse: Ps. 17:4–5:
I'm not trying to get my way in the world's way.
I'm trying to get your way, your Word's way.
I'm staying on your trail,
I'm putting one foot in front of the other.
I'm not giving up.
[81]
HOOFSTUK 7
Sal God Sy kinders bewaar tydens die
regeringvan die Antichris? Die woord “bewaar” tydens die groot verdrukking sal beteken
dat God ons nooit sal begewe of verlaat nie, dit maak nie saak
of ons gaan lewe en of ons gaan sterwe gedurende die groot
verdrukking vir ons geloof nie. Die HERE sal dan ‘n
rotsvesting vir die verdrukte wees, ‘n rotsvesting in tye van
benoudheid. “En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!”
Onthou wat ek gesê het: Ons moet kan onderskei tussen
die verdrukking waardeur Christene sal moet gaan en die
toorn wat op die goddeloses uitgestort gaan word. Hoe die
Here Sy toorn gaan uitstort, sodat dit nie Sy kinders tref nie, is
nog nie vir my duidelik nie, maar ons het Moses en Koning
Farao as voorbeelde in die tyd toe die Here die plae oor Egipte
laat kom het. Israel was veilig in die land Gosen en die plae het
hulle nie getref nie, nie waar nie? Ook toe die Egiptenaars hulle
in die woestyn agterna gesit het, het God hulle gered uit die
hand van hulle vyande.
Exodus 19:4 - “Julle het self gesien wat Ek aan die
Egiptenaars gedoen het en dat Ek julle op arendsvlerke gedra
en julle na My toe gebring het”. Arendsvlerke beteken
Goddelike voorsiening en beskerming in tye van benoudheid.
Dit is dan ook presies wat die Here vir Israel gedoen het in die
woestyn. Dit sal net so wees tydens die groot verdrukking. God
sal ons op Arendsvlerke dra en in veilige bewaring hou terwyl
die oordele die wêreld tref. Onthou, die Here waarsku ons net
[82]
voor die uitstorting van die sewende skaal dat Hy sal kom soos
‘n dief in die nag - Openbaring 16:15.
Dis ‘n duidelike aanduiding dat Hy nog nie Sy verskyning op
die aarde gemaak het met Sy wederkoms nie.
Jesus bid die volgende gebed in Johannes 17 - “Ek bid nie
dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van
die bose bewaar”. Wat sou Jesus met hierdie gebed bedoel
het? Hy bid self dat ons nie uit hierdie wêreld weggeneem of
“weggeraap” moet word nie. Dit het tog nie betrekking op die
afsterwe van ‘n Christen nie, want die dood neem ons dan juis
uit hierdie wêreld weg?
Jesus sê dat Hy vir ons plek gaan berei het en dat wanneer
Hy ons kom haal wanneer ons sterwe, ons ook sal wees waar
Hy is, in die hemelse Paradys. Dit is tog baie duidelik dat die
Here ons nie gaan kom haal deur ‘n “geheime wegraping” voor
die groot verdrukking nie. Daar gaan geen “Great Escape of the
Horrors of the Tribulation” wees nie!
Wanneer ons dus tot sterwe kom op ons bestemde tyd in
hierdie lewe, neem Jesus ons uit hierdie wêreld weg na die
hemel toe. Hy sê vir die kwaaddoener wat saam met Hom
gekruisig was: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys
wees”. Die volgende gedeelte in Johannes 14 word baie in die
“geheime wegraping”-leerstelling gebruik: “In die huis van my
Vader is daar baie wonings, as dit nie so was nie, sou Ek dit
vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei en as Ek
gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na
My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is”.
Ons weet dit hou nie verband met die “geheime
wegraping” nie, want Paulus bevestig wat Jesus gesê het:
“...want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek
word, wanneer ons te sterwe kom, ons ‘n woning het by
God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele”.
[83]
Jesus gaan berei vir ons ‘n woonplek voor, ‘n huis nie met
hande gemaak nie.
Wanneer ons tentwoning dan hier afgebreek word, het ons
‘n woning, ‘n plek wat Jesus vir ons voorberei het sodat ons ook
kan wees waar Hy is, net soos Hy vir die kwaaddoener aan die
kruis gesê het. Weereens moet ons nie net een Skrifversie
gebruik en ons eie afleidings maak nie. God skep ‘n geheel-
beeld in Sy Woord en ons moet al die skrifverse reg interpreteer
om ‘n voltooide beeld van die volle waarheid te kan verkry.
Selfs vandag nog, wanneer die dissipels van Jesus
gemartel en vervolg word ter wille van sy Naam in baie lande
reg oor die wêreld, neem die Here hulle nie weg van die aarde
af, sodat hulle verdrukking kan vryspring nie. Dit sê tog
duidelik vir ons dat Hy ons ook nie gaan “wegraap” na die
hemel toe voor die groot verdrukking nie, sal dit dan nie
onregverdig wees teenoor al die martelare nie?
Die doel van verdrukking is juis sodat ons, ons geloof in
die Here sal beoefen en weerstand sal kan bied in die dag van
onheil en dan nadat ons alles volbring het, nog staande sal kan
bly en so voor Jesus sal kan staan met Sy wederkoms.
Jesus bid ook dat die Here ons moet bewaar van die bose,
nie dat Hy ons moet wegruk in verdrukkinge en vervolging
sodat ons dit kan vryspring nie. Psalm 91 – is 'n wonderlike
beskrywing van goddelike beskerming wat ons kan verwag
gedurende die groot verdrukking, wat sekerlik in die laaste dae
gaan plaasvind.
Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, of vir die
pyl wat bedags vlieg, of vir die pes wat in die donker wandel,
of vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar 'n
duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand, na jou
toe sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou
en die vergelding van die goddelose sien, wanneer die
oordele van God uitgestort word op hierdie aarde.
[84]
Ons sal dus net getuienisse wees van die komende oordeel oor
hierdie wêreld.
Want U, HERE, is my toevlug. Hoekom sal die Here jou
en jou familie beskerm gedurende die groot verdrukking,? “Die
Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. “Die naam van die
Here is ‘n sterk toring, die regverdige hardloop daarin en word
beskut”. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent
kom nie want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou
te bewaar op al jou weë”. Hierdie Woord gee ons geloof in ons
harte, dat die Here ons sal beskerm waar ons onsself ook al mag
bevind en Hy gee sy engele opdrag aangaande ons. Ons moet
net glo en op Hom alleen vertrou, want soos jy glo, so sal dit
wees!
Die Here laat ook toe dat ons deur allerhande
verdrukkinge gaan. Hy weet dat dit die enigste manier is hoe
ons geestelik sterk sal word om verdrukking te kan weerstaan.
So 'n boodskap is 'n vreemde evangelie waaraan die gemiddelde
Christen nie gewoond is nie, maar dit is tog die boodskap wat
die Apostels van die vroeë Kerk verkondig het. Paulus en
Barnabas het die siele van die dissipels versterk en hulle
vermaan om in die geloof te bly deur te sê: “...Ons moet deur
baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan”.
Ware bloedgewaste kinders van God wat nog op die aarde
is met die openbaring van die Antichris, sal nie uit hierdie
wêreld weggeneem word soos die “geheime wegraping" beweer
nie, maar sal veral bewaar word van die invloed wat die
Antichris op die wêreld sal hê. In Openbaring sê die Here:
“Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, 1) sal Ek
jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele
wêreld kom om die 2) bewoners van die aarde op die proef te
stel”.
[85]
1 Thessalonicense 5:23 - “En mag Hy, die God van die
vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en
liggaam geheel en al onberispelik bewaar word, by die
wederkoms van onse Here Jesus Christus”. Sal die Here ons
bewaar of dan staande hou wanneer ons in ‘n dal van
doodskaduwee kom gedurende die groot verdrukking?
Natuurlik, ek het geen twyfel daaroor nie.
Ek sal geen onheil vrees nie, want die Here is met my, Hy
sal my nooit begewe of verlaat nie, of ek deur siekte, probleme
of verdrukking moet gaan, Hy sal my onberispelik bewaar, gees,
siel en ligaam totdat Hy weer terugkom na hierdie aarde toe!
Dit is ‘n belofte van God wat ons sal deurdra wanneer ons deur
tye van verdrukking moet gaan.
Hoekom sal God Sy kinders bewaar/versterk
gedurende hierdie uur van beproewing wat oor die
hele wêreld gaan kom?
Jesus se bloed versoen ons met die Vader deur die vergewing
van ons sondes. Alhoewel die Here Sy kinders gaan beskerm,
gaan daar wel ook baie martelare wees. Stefanus was die eerste
van die vroeë Christene wat ter wille van sy geloof in Jesus, sy
lewe vir Hom opgeoffer het. Johannes het die martelare
gesien, iets soos ‘n see van glas gemeng met vuur en die
oorwinnaars oor die “dier” en oor sy beeld en oor sy teken, oor
die getal van sy naam, het hy by die see van glas sien staan, met
siters van God en hulle het die Here geloof en geprys.
In Exodus 12 moes die Israeliete die bloed van ‘n
lammetjie aan die deurposte van hulle huise smeer om
sodoende te verhoed dat hulle oudste kind in die gesin sterf.
“Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaar-oud rammetjie en
julle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee
deurposte en aan die bo-drumpel...want die bloed sal vir julle ‘n
teken wees aan die huise waarin julle is en as Ek die bloed sien,
[86]
sal Ek by julle verbygaan en die verderwer nie toelaat om in
julle huise in te gaan om te slaan nie…Want Ek sal in hierdie
nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in
Egipteland tref”.
Dit was ‘n paasoffer aan die HERE. Dit het veroorsaak
dat Hy by die huise van die kinders van Israel in Egipte
verbygegaan het. Hy het die Egiptenaars getref, maar ons
huise het Hy gered. Jesus was die offerlam sonder gebrek,
wat vir die sondes van die wêreld gesterf het en Sy lewe vir ons
kom aflê het sodat ons en ons huise gered kan word.
Want dit is Sy bloed, die bloed van die Nuwe Testament
wat vir baie uitgestort was tot vergifnis van hulle sondes en
sodat God deur Jesus Christus weer alles met Homself versoen
het, nadat Hy vrede gemaak het met ons, deur die bloed van die
kruis. In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die
vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade, wat Hy
oorvloedig aan ons bewys het.
Net soos die bloed van ‘n lam die Israeliete gered het van
die verderwer, net so gaan die bloed van Jesus nodig wees om
ons te beskerm tydens die groot verdrukking op hierdie aarde.
As die kosbare bloed van Jesus nie aan die deurposte van jou
hart gesmeer is ter vergifnis van jou sonde nie, sal daar geen
beskerming vir jou wees teen die komende Antichris se toorn
nie. Want dis net die bloed van Jesus wat ons geestelik gaan
red van die komende regering van die Antichris.
Om op te som:
Die Here beskerm dus sy eie volk in die Ou Testament wat slegs
‘n skaduwee was van die Nuwe Testament en Hy beloof om ons
dan ook te beskerm as gelowiges van die nuwe verbond! Die Ou
Verbond gelowiges het die bloed van 'n lam op die deurposte
van hulle huise gesmeer sodat hulle gered kon word van die
oordeel.
[87]
Ons het weer die Bloed van die Lam in ons harte wat ons
sal red van die komende oordeel gedurende die groot
verdrukking, of ons skuiling gaan vind en of ons vervolg gaan
word! Prys die Here vir Sy waarheid, so reguit en kragtig gestel,
selfs in die mees grafiese voorbeelde van die Bybel.
Die seël of die Naam van God op ons voorhoofde:
Johannes sien die volgende in Openbaring 9: “Uit die rook het
daar sprinkane gekom op die aarde en aan hulle is mag gegee
soos die skerpioene van die aarde mag het. En aan hulle is gesê
dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of
enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat
die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie”. Die mense
wat dus wel die seël van God op hulle voorhoofde dra, sal nie
gepynig word deur hierdie sprinkane nie.
Kom ons kyk na die seël van God vir ‘n oomblik, want dan
sal ons ook die “merk van die dier” beter verstaan, wat net
weereens ‘n nabootsing is van wat God al klaar vir Sy kinders
gedoen het. As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou
hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered
word. Wanneer ‘n persoon dan waarlik gered word, plaas God
sy “merk” of dan “seel” wat Sy Naam is, op jou voorhoof.
Openbaring 22 - “...Hulle sal Sy aangesig sien, en sy Naam sal
op hulle voorhoofde wees”.
Paulus leer in Efesiërs 1 die volgende hieroor: “Sodat ons
kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op
Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van
die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie
julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees
van die belofte.....
en die Gees as onderpand in ons harte ontvang het”.
Elkeen wat wedergebore is, het God se naam of Sy seël op
hulle voorhoofde. Dit beteken dan dat hulle sy dienaars is en
[88]
hulle aanvaar ook Sy Woord as die gesag in hulle lewe,
waardeur hulle dan in gehoorsaamheid aan God wandel.
Mense wat net kennis dra van God, m.a.w. wat net in naam
Christene is en nie in hulle harte besny is deur ware bekering
nie, sal ongelukkig hier kortkom.
God se seël is natuurlik onsigbaar, want ons word verseël
deur die Heilige Gees van God wat aan ons as onderpand gegee
is. Mense kan dus nie fisies ons merk sien soos dit dalk die
geval van die “merk van die dier” gaan wees nie, want
daarsonder sal niemand kan koop of verkoop nie. Op die
oomblik is daar baie bespiegelinge oor hierdie merk, maar tyd
sal ons meer daaroor leer. Ons kan ook duidelik sien wanneer
iemand verseël is met die Heilige Gees, want dit wys deur die
vrugte wat hulle dra. Die belangrikste vrug is die liefde, want al
die ander vrugte werk deur die liefde en Jesus sê ook dat aan
hierdie vrug sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is, as
daar liefde onder ons is.
Ons moet ook nie die Heilige Gees van God bedroef deur
die “merk van die dier” te aanvaar deur wie ons verseël is tot
die dag van verlossing nie - Efesiërs 4:30. Wat beteken die dag
van verlossing anders as dat die Here ons uit die groot
verdrukking gaan verlos? As ons deur die “wegraping”
weggeruk word voor die groot verdrukking, waarvan moet die
Here ons dan verlos?
Ons is dus verseël deur die Heilige Gees, wat ons as
kinders van God sal bewaar van die toorn van God wat op
die goddelose mense uitgestort sal word. Wat die duiwel nog
vir die wereld se nasie beplan deur sy merk op hulle af te
dwing, het God lankal vir sy kinders deur Sy Gees gedoen,
verseeling deur die Heilige Gees.
[89]
Die groot verdrukking gaan die bewoners van die
aarde op die proef stel.
God het Abraham verskeie kere op die proef gestel. Hy het sy
familie agtergelaat en na die beloofde land getrek wat God hom
sou aanwys. Hy het Lot eerste laat kies oor die landstreek waar
hulle vee sou wei. Lot kies die beste deel, maar nogtans seën
die Here vir Abraham.
Genesis 22 - Ná hierdie dinge het God Abraham op die
proef gestel en aan hom gesê: “Abraham!” En hy antwoord:
“Hier is ek!” Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en
gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een
van die berge wat Ek jou sal aanwys…Ek sweer by Myself,
spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou
enigste, nie teruggehou het nie...sal Ek jou ryklik seën en jou
nageslag grootliks vermeerder…en in jou nageslag sal al die
nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem
geluister het”.
Abraham was verskeie kere deur God op die proef gestel
om te kyk wat in sy hart was. Die finale toets was toe hy sy seun
Isak op die berg Moría moes gaan offer, alles wat vir hom
kosbaar was, het hy daar op die altaar voor God geplaas en hy
het die toets geslaag!
Hoekom word ons op die proef gestel?
Daar was ‘n regter in ‘n stad wat God nie gevrees en geen mens
ontsien het nie. En daar was in daardie stad ‘n weduwee, en sy
het gedurig na hom gekom en gesê: “Doen reg aan my teenoor
my teëparty!” En ‘n tyd lank wou hy nie, maar daarna het hy by
homself gesê: “...tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite
gee, aan haar reg doen sodat sy nie eindelik kom en my in die
gesig slaan nie…"
[90]
Sal God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en
nag tot Hom roep nie? “…Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle
reg sal doen, maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel
die geloof op die aarde vind?” Hierdie weduwee was knaend en
het nie opgehou om hierdie regter te pla met haar versoek
totdat hy aan haar reg gedoen het nie. Maar sal Jesus hierdie
tipe geloof wat Abraham en hierdie vrou geopenbaar het, nog
op hierdie aarde vind by Sy Wederkoms?
Petrus leer die volgende oor geloof: “Verheug julle daarin,
al word julle nou as dit nodig is ’n kort tydjie bedroef onder
allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle
geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan, maar deur
vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en
heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.”
“Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van
vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets
vreemds oor julle kom nie, maar namate julle gemeenskap het
aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook
by die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
Vrees dan vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan
sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die
proef gestel kan word”.
Dit het al met baie gelowiges deur die eeue heen gebeur.
Vat maar vir Paulus en Silas in die tronk, terwyl hulle lofsange
tot God gesing het, kom daar ‘n aardbewing wat die tronk skud
en hulle boeie laat afval. Petrus word deur ‘n engel van God uit
die tronk verlos en wie weet hoe die Here ons gaan uitred
tydens die groot verdrukking? Maar die Woord sê: “Wees
getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe
gee”.
[91]
Paulus bemoedig ons deur die volgende woorde: “Want
ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n
alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid, omdat ons nie
let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare, want die
sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. Want ek
reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen
die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Die Here
sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse
koninkryk, (of dan aardse koninkryk na die verdrukking) in te
gaan…Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet en die
tyd van my heengaan is naby. Ek het die goeie stryd gestry, ek
het die wedloop voleindig en ek het die geloof behou. Verder is
vir my weggelê die kroon van die geregtigheid …”
Die Apostels van ouds se lewe is vir ons ‘n voorbeeld en ‘n
aansporing van hoe hulle verdrukking en vervolging hanteer
het. Al lyk dit of die groot verdrukking ‘n verskrikking is wat vir
ons voorlê, vir die wat nog in hierdie lewe gaan wees, is dit net
‘n ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik gaan duur, in
vergelyking met die alles oortreffende ewige gewig van
heerlikheid saam met God, wat vir ewig gaan duur. Prys Sy
wonderlike Naam! Hy dra ons deur al die storms wat hierdie
lewe kan oplewer.
Lukas 21:36 - Ek haal in Engels aan omdat die afrikaans
dit nie so goed stel nie, nog ‘n Skrifversie wat verkeerdelik vir
die “geheime wegraping” gebruik word: “But keep watch at all
times with prayer, that you may be strong enough to come
through all these things and take your place before the Son of
man.” (“God’s Word” en “Bible in Basic English”-vertalings)
[92]
Afdeling 1
Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus Christus se wederkoms.
1. Ons moenie die dood vrees aan die hand van ons
vervolgers nie!
God bewaar sy kinders van die bose invloede in hierdie wêreld
en alles wat daarmee gepaard gaan. “Onse Vader, bewaar ons
van die bose en lei ons nie in versoeking nie...”, maar dit
beteken nie noodwendig dat ons nie dieselfde pad sal moet loop
as Stefanus wat die eerste martelaar vir Jesus was nie. Baie het
al getuig van hoe hulle die dood vrygespring het as ‘n martelaar,
maar ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om
sodoende ‘n beter opstanding uit die dode te kon verkry.
Toe die vyfde seël oopgemaak is sien Johannes, Jesus se
martelare: “Ek sien onder die altaar die siele van die wat
gedood is, ter wille van die woord van God en die getuienis wat
hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en
gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en
wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?” En
aan elkeen van hulle is wit klere gegee en aan hulle is gesê dat
hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle
medediensknegte wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig
sou wees.
Onthou, Jesus bemoedig ons deur die volgende woorde:
“Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks
meer kan doen nie...”, maar Hy wys ons wie ons moet vrees:
“Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in
die hel te werp, Ek sê vir julle, vrees Hom!” So geliefde, onthou
tog wie ons eintlik moet vrees met ‘n heilige vrees, nie met ‘n
bang–wees vrees nie.
[93]
2. Ons moet onsself aan die Here toevertrou en nie op
die arm van vlees vertrou nie.
So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele
aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
Sadrag, Mesag en Abednégo het hulleself aan die Here
toevertrou, nadat koning Nebukadnésar hulle gevra het wie die
God is wat hulle uit sy hand kan verlos? Hulle wou nie die goue
beeld van die koning aanbid nie.
Hulle ag dit nie eers nodig om die koning se vraag te
beantwoord nie, maar hulle bely dat as die God wat hulle dien
in staat is om hulle te verlos, Hy hulle ook uit die brandende
vuuroond en uit die hand van die koning sal verlos. “Maar so
nie, laat dit u dan bekend wees, o Koning, dat ons u gode nie sal
dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid
nie”.
Is dit nie ‘n wonderlike getuienis en ‘n voorbeeld wat
hierdie drie manne vir ons nagelaat het vir die uur waarin ons
leef nie? Net soos hulle, gaan ons ook voor ‘n keuse gestel word,
of ons die beeld van die “dier” gaan aanbid of nie. “En dit is
hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier
se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die
dier se beeld nie aanbid nie”.
As kinders van die lewende God, sal ons ook soos hierdie
Joodse manne weier, om voor enige beeld te buig wat die
Antichris gaan oprig. Christene wat waarlik Jesus se naam
bely, sal voor Hom alleen die knie buig. Om ander afgode te
dien en voor hulle neer te buig is nie ‘n opsie nie, laat ons die
Here God wat hemel en aarde gemaak het alleen dien en voor
Hom alleen die knie buig. Laat ons getrou wees aan Hom, soos
Hy getrou bly aan ons, deur gedurig Sy Woord aan ons te
openbaar.
[94]
3. Ons moet bid en waak en in liefde wandel teenoor
ons medegelowiges.
Petrus verklaar dat die einde van alle dinge naby is, ons moet
dan ingetoë en nugter wees en in staat wees om te kan bid.
Jesus vermaan ook sy dissipels: “Wat slaap julle? Staan op en
bid, dat julle nie in versoeking kom nie”.
So moet ons dan elke dag lewe: “Laat julle heupe omgord
wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos
mense wat op hulle heer wag wanneer hy...terugkom”.
Gelukkig sal daar diensknegte wees vir wie die Heer wakker sal
vind as Hy terugkom. “Voorwaar Ek sê vir julle, Hy sal hom
omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien”.
“Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê...” Mag die
Here ons ryk en oorvloedig maak in ons liefde vir mekaar. Deur
ware goddelike liefde gaan ons mekaar help om deur die groot
verdrukking te kom. Maar wees gewaarsku dat valse en
voorgee-liefde aan die lig gaan kom met die groot verdrukking,
wanneer die bedoelinge van die hart aan die lig gebring sal
word. Want dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar
verraai en mekaar haat en julle sal oorgelewer word ook deur
ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van
julle doodmaak. Ons sien dat dit alreeds gebeur met van die
ander gelowe regoor die wêreld.
4. Terwyl ons geduldig op die koms van ons Koning
wag, moet ons, ons harte versterk.
Jakobus 5:7 – 8 - “Wees dan geduldig, broeders, tot op die
wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die
kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit
die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig
wees, versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is
naby”. Die Landbouer - die Here wag op die kostelike vrug van
die aarde, die graanoes wat aan die voleinding van die wêreld
[95]
ingesamel gaan word, maar ons het reën nodig, die vroeë en die
laat reën.
Die vroeë reën is reeds uitgestort met die geboorte van die
Kerk op Pinksterdag, daar het al sederdien baie geestelike reëns
geval, maar ons wat nou deel is van die liggaam van Christus
wag op die laat reën. Ek glo in hierdie laaste dae sal dit nog
uitgestort word. Soos die aarde voortdurend reen nodig het, so
het ook die liggaam van Christus reen nodig.
Die woord van die Here het ook tot Hoséa gekom: “Laat
ons dit najaag om die HERE te ken, sy opgang is so seker soos
die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat
reëns wat die aarde besproei. Ons moet dus geduldig wag op
hierdie reëns, terwyl ons, ons harte in die Here versterk.
5. Ons moet volhard tot die einde toe tydens die groot
verdrukking.
“Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak en
julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered
word nie, maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies
het, het Hy dié dae verkort en die wat volhard tot die einde toe,
hulle sal gered word”.
Die groot verdrukking gaan so erg wees dat die Here die
dae gaan verkort, anders sal geen vlees gered word nie en ook
ter wille van al die Christene, sodat ons kan volhard tot die
einde toe. Matthéüs 28:20 - “En kyk, Ek is met julle al die dae
tot aan die voleinding van die wêreld...”, nie net tot die
sogenaamde “geheime wegraping” plaasgevind het nie. God se
Woord is duidelik - Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie.
Let op jouself en op die Woord van die Here, volhard
daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat
jou hoor. Ons moet volhard in ons wandel deur aan die Woord
gehoorsaam te wees en dit in waarheid te verkondig.
[96]
HOOFSTUK 8
Wat gaan die gevolge van die merk
van die dier wees? Ons weet dat ons in die laaste dae lewe en dat daar in die laaste
dae swaar tye gaan kom. Want die mense sal liefhebbers van
hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,
ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder
natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos,
wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos,
verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God,
mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag
daarvan verloën het.
Die Een-Wêreldorde wat reeds besig is om vorm aan te
neem, is nie meer ‘n onbekende onderwerp waarvan mense niks
weet nie. Sodra die nuwe wêreld-geldstelsel in werking tree en
mense geforseer word om ‘n merk op/in hulle voorhoof of hand
te ontvang, gaan daar onmiddelik twee groepe mense ontstaan:
1. Diegene wat wel die merk van die dier sal aanvaar.
2. Diegene wat teen die Antichris gaan opstaan - ware
Christene wat die merk sal weier.
Daar sal ook diegene wees wat sal opstaan teen die regering van
die Antichris, maar nie noodwendig Christene gaan wees nie.
1. Diegene wat die merk sal aanvaar.
Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se
name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van
die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. Die name
wat wel in die boek van die Lam geskrywe is, is bloedgewaste
kinders van God, wat nie die “dier” sal aanbid nie. Die “dier”
sal maak dat aan almal, klein en groot en die rykes en die armes
[97]
en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle hand en op hulle
voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop
nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die “dier” of die
getal van sy naam het.
“As iemand die “dier” en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy
voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die
wyn van die grimmigheid van God, wat ongemeng ingeskink is
in die beker van Sy toorn en hy sal gepynig word met vuur en
swawel voor die heilige engele en voor die Lam en die rook van
hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid en hulle het dag en
nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid en
elkeen wat die merk van sy naam ontvang...en kwaai en bose
swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier
gehad het en sy beeld aanbid het”. Die wat dus die merk van
die dier aanvaar, sal gepynig word met vuur en swawel tot in
alle ewigheid en daar sal kwaai en bose swere op hulle kom
gedurende die groot verdrukking.
2. Diegene wat die merk sal weier.
Hier kom wysheid te pas. “Wie die verstand het, laat hom die
getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens en
sy getal is ses honderd ses en sestig”. Deur die Gees van
onderskeiding sal ons nie in die duisternis gelaat word nie,
maar sal ons die kennis van waarheid ontvang.
Daniël het gesien hoe hierdie horing oorlog voer met die
heiliges en hulle oorwin, net totdat die Oue van dae kom en aan
die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf en die bepaalde tyd
gekom het dat die heiliges, die koninkryk van God in besit
geneem het - die duisendjarige- vrederyk.
Johannes sien dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer
teen die heiliges en hulle te oorwin en aan hom is mag gegee
oor elke stam en taal en nasie. En die draak, die Satan,
[98]
was vertoornd op die vrou en hy het weggegaan om oorlog
te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van
God bewaar, Christene wat die Here aanbid en die merk van
die dier weier en die getuienis van Jesus Christus hou.
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en
deur die woord van hulle getuienis en hulle het tot die dood
toe hulle lewe nie liefgehad nie. Daar sal vervolging en
marteling plaasvind tydens die groot verdrukking, maar ware
Christene sal Jesus nie verloën nie. Omdat hulle, hulle lewe
nie liefhet het nie, sal hulle ook hulle lewe kan aflê vir die Here.
Jesus moedig ons dan aan om wanneer al hierdie dinge gebeur,
ons hoofde moet ophef en na bo kyk, want ons verlossing is
dan naby.
Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon,
want die koms van die Here is nou op hande en wee die
bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle
neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas en hier is
hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
Lydsaamheid is nodig om te volhard tot die einde toe, want
dan sal ons gered word deur die wederkoms van Jesus Christus.
Johannes het ‘n stem uit die hemel aan hom hoor sê:
“Skryf, salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja,
sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid en hulle werke
volg met hulle…Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom
en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die
bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en
dien Hom dag en nag in sy tempel en Hy wat op die troon sit,
sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie
meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op hulle val
nie.”
[99]
Daar is dus net twee groepe tydens die groot
verdrukking:
1. Diegene wat die “dier” en sy beeld aanbid en die wat sy
merk op hulle voorhoof of hand sal ontvang. Hulle sal gepynig
word met vuur en swawel en die rook van hulle pyniging sal
opgaan tot in alle ewigheid. Ek glo daar sal ook mense wees wat
alhoewel hulle God nie dien nie, die merk van die “dier” sal
weier omdat hulle nie onder die heerskappy van die “dier” sal
buig nie. Waar anders kom al die mense vandaan wat in die
duisenjarige-vrederyk sal voortbestaan?
2. Die heiliges wat deur lydsaamheid die Woord van God
bewaar en nie die merk ontvang het nie. Hulle hou vas aan
hulle geloof in Jesus Christus as hulle Verlosser en hulle oorwin
die “dier” deur die bloed van die Lam en deur die woord van
hulle getuienis. Daar is dus geen ander manier vir gelowiges
om oorwinning oor die “dier” te verkry nie. Net Jesus kan ons
help om deur Sy triomf, triomfanklik deur die groot
verdrukking te kan gaan.
Daar sal dan ‘n duidelike onderskeid tussen die twee
groepe wees: Die wat God dien en die wat die “dier” aanbid.
Daar sal geen midde-weg meer wees nie. Die louwarm,
halfhartige Christen sal moet kies tussen die merk van die
“dier” wat ook sy naam of nommer kan wees OF hulle sal moet
kies om in die vlees verdrukking te verduur aan die hand van
die Antichris, om sodoende getrou te bly aan die Woord van
God. Sommige lou of sogenaamde “Christene” sal skielik
anders voel oor hulle Christenskap, omdat hulle nie sal kans
sien vir die eise wat aan Christene gestel gaan word nie, dit sal
net te groot wees.
[100]
Wat is die ware doel van die merk van die dier?
Wat is dit omtrent die merk van die “dier” wat 'n Regverdige en
Heilige God so ontstel, soveel so dat Hy elkeen wat kies om
hierdie merk te aanvaar, laat drink van die wyn van Sy
grimmigheid wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy
toorn? Hoekom sal hulle gepynig word met vuur en swawel in
alle ewigheid, en dag en nag geen rus hê nie?
Die uiteindelike doel van die merk is dat dit 'n merk van
lojaliteit en aanbidding aan die “dier” of dan die Antichris gaan
wees en die totale verwerping van 'n Heilige God. Jy sal ook
eers moet buig voor die “dier” en hom aanbid voordat jy die
merk van die “dier” sal ontvang.
Kyk na die volgende verse:
Openbaring 14:9.
“...As iemand die dier en sy beeld aanbid en sy merk ontvang ..”
Openbaring 14:11.
“...Hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die
merk ...”
Openbaring 16:2.
“...Wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid
het…”
Openbaring 19:20.
“...Wat die merk van die dier ontvang het, en sy beeld aanbid
het ...”
Openbaring 20:4.
“...Wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk...”
Slegs een vers verbind “koop en verkoop” aan die merk
van die “dier”. Maar daar is baie verse wat die aanbidding van
die “dier” en sy beeld aanspreek. Dit is wel so dat niemand sal
kan koop of verkoop sonder die merk nie, maar dit is nie die
hoofrede vir die ontvangs van die merk nie. Die “niemand sal
[101]
kan koop of verkoop nie” is maar net die gevolg van die wat nie
die merk sal ontvang nie. Satan begeer wat slegs aan God
behoort - Aanbidding! Satan begeer om God te wees!
Laat ons nie vergeet wat Jesaja 14 sê nie - En jy het in jou
hart gesê: “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die
sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke
van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my
gelykstel met die Allerhoogste!”
Satan het die Here Jesus Christus ook in Matthéüs 4
probeer oorreed om hom te aanbid. Die duiwel sê vir Hom: “Al
hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid”. Die
duiwel smag dus na aanbidding.
Hoe het die Here Jesus op Satan se versoeking
gereageer?
Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan!” Want daar is
geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid, en Hom alleen
moet jy dien”.
Aanbidding behoort dus net aan God, maar dit is wat Satan vir
homself deur al die eeue heen begeer.
Paulus beskryf die aanbidding van die Antichris tydens die
groot verdrukking soos volg:
2 Thessalonicense 2:4 - “Die seun van die verderf, die
teëstander wat hom verhef bo al wat god genoem word en
voorwerp van aanbidding is, sodat hy as God sal sit in die
tempel van God, en voorgee dat hy God is”. Onthou dus
asseblief dat die merk gaan oor die aanbidding van die “dier”.
Die “koop en verkoop” is maar net die gevolg van die merk op
die mensdom, waarmee daar oor mense wêreld-wyd, beheer
uitgeoefen sal word.
Die term “seun van die verderf” kom slegs twee keer
in die Bybel voor:
[102]
2 Thessalonicense 2:3 - “...want eers moet die afval kom en die
mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf...”
In Johannes 17 spreek Jesus ook vir Judas Iskariot aan as die
“seun van die verderf”. Dit gaan dus oor geld, die afgod
Mammon.
Judas se liefde vir geld was dan ook die rede waarom hy
Jesus verraai het vir net 30 silwerstukke. Jesus self sê:
“...niemand kan twee here dien nie...”, want òf hy sal die een
haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander
verag. Ons kan nie God én Mammon dien nie! Ons leef dus in
‘n wêreld wat grootliks onder die beheer van die Satan in sy
hoedanigheid as “Mammon” is, die afgod van geld.
Maar hierdie geld gaan niks vir jou beteken of enige iets
vir jou kan doen wanneer die einde van die werêld aanbreek
nie. Sefanja 1:18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat
wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE
te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde
verteer word, want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor
die inwoners van die aarde.
Toe Jesus dus gepraat het van hierdie twee meesters, het
Hy 'n duidelike onderskeid getref tussen die twee: God en
Mammon. Predikers het mense nog altyd aangemoedig om te
kies tussen God en Satan. Wanneer mense dan gekonfronteer
word, is hulle keuse heel dikwels die Here, want die oorgrote
meerderheid wil nie die Satan dien nie. Jesus stel dit in die
geval egter anders, die keuse moet gemaak word tussen God en
Mammon, die geldgod.
Satan is 'n meester-konkelaar. Hy weet dat wanneer
mense 'n keuse moet maak tussen God en hom, niemand hom
sal kies nie. Maar wanneer die keuse tussen God en Mammon
gemaak sal moet word, weet die Satan dat selfs sommige
gelowiges dit moeilik sal vind om 'n beslissende keuse vir God
te maak.
[103]
Satan weet ook dat van die Christene wat in die wêreld
werk vandag, baie meer afhanklik is van Mammon - geld en
eiendom, as wat hulle afhanklik is van die leiding van die
Heilige Gees. Ons moet dus nie onkundig wees oor Satan se
liste en planne nie, want ons is nie onbekend met sy planne nie.
Dit is teen Satan se liste wat ons vas moet staan en die volle
wapenrusting van God moet aantrek, sodat ons staande kan bly
teen die liste van die Satan in die eindtyd.
Satan weet ook dat hy mense beter mislei wanneer hy nie
op die voorgrond en duidelik sigbaar is nie. Wanneer hy te
voorskyn kom, gee hy homself voor as ‘n “engel van die lig”. Hy
weet baie goed dat wanneer 'n gelowige se besluite beïnvloed
word deur sy/haar liefde vir geld, hulle eintlik in die bediening
van die vors Mammon is, selfs al is hulle onder die indruk dat
hulle God behaag. Wanneer 'n gelowige se motiewe wat geld
aanbetref, verkeerd is, kan hy/sy deel word van hierdie
toekomstige sataniese wêreld-sisteem en dan val vir die merk
van die “dier”.
Mense se liefde vir Mammon gaan dus bepaal of hulle
Jesus gaan verraai vir die merk van die “dier” tydens die groot
verdrukking en of hulle gehoorsaam gaan bly aan die Woord
van God tot die eiende toe. Dit is die misleiding van Satan wat
party gelowiges vandag verblind, hulle is nie bekend met Satan
se planne vir die eindtyd nie. Terwyl die Here sê dat ons nie
onbekend met sy planne moet wees nie.
Koning Dawid bid die volgende: “Aanskou tog, verhoor
my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood
inslaap nie”. Ons het waarlik verligte oë van ons verstand nodig
om nie deur die vyand se listige planne mislei te word nie.
Tydens die groot verdrukking sal daar ‘n weg wees wat reg lyk
maar die einde daarvan sal in die ewige dood eindig.
Voor Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan Sy
dissipels gesê: “Die prins van hierdie wêreld kom en hy het geen
[104]
mag oor My nie”. Die geldgod Mammon het dus geen krag of
houvas oor Jesus gehad nie! Satan het ongelukkig wel ‘n sterk
houvas oor sommige gelowiges deur middel van Mammon. So
sal die Satan dit dan regkry om die gelowiges te manipuleer en
van God se volmaakte plan vir hulle lewens te beroof.
Lukas 18:18, 22-23 - 'n Man van aansien het aan Jesus die
vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die
ewige lewe te verkry?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een
ding kom jy nog kort – Gaan verkoop alles wat jy het en deel
die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê.
Kom dan terug en volg My”. Toe hy dit hoor, was hy diep
teleurgesteld, want hy was baie ryk. Hy het nie die Mammon
toets geslaag nie.
Dis dan ook een van die redes waarom Christene aan die
“geheime wegraping” vashou, alhoewel hulle dit nie sal erken
nie. Hulle kan hulleself nie ‘n lewe sonder geld voorstel nie,
want hulle sal nie kan koop of verkoop nie. Vir baie mense het
geld ‘n afgod geword waarsonder hulle net nie kan klaarkom
nie. Die liefde vir geld gaan veroorsaak dat Christene die merk
van die “dier” gaan aanvaar. Dit is dan hierdie “Christene” wat
gaan deel wees van die groot afval in die eindtyd. Vir geld sal
hulle, hulle geloof in Jesus Christus prysgee, net soos ‘n Judas
Iskariot, dis amper ondenkbaar, maar dit gaan gebeur.
Maar ware Christene sal egter vashou en optree volgens
die boek Daniël. Hulle sal hulle geloof in God behou om vir
hulle te sorg en skuiling te bied. Want as Hy van een mossie
weet wat op die grond val, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons
sorg tydens die groot verdrukking wat oor die hele aarde gaan
kom nie? Hy het Sy volk Israel vir veertig jaar in die woestyn
onderhou deur ‘n wolk-kolom en ‘n vuur-kolom. Hulle klere
het nie verslyt nie en hulle het hulle skoene nie deurgeloop nie.
Die Here het Elia deur ‘n kraai gevoed vir drie en ‘n half jaar.
Die weduwee se kruik olie en meel het nie opgeraak nie.
[105]
Die Here het Noag en sy gesin verlos van die vloed. Hy
verlos Daniël in die leeukuil deur die bekke van die leeus te
sluit. Hy verlos Sadrag, Mesag en Abednégo in die middel van
‘n vuuroond, terwyl Hy self by hulle was. Vir ‘n skare van vyf
duisend mense het Hy vyf brode en twee vissies vermeerder,
sodat almal genoeg gehad het om te eet.
Hoekom sal die Here dan nie ook vir ons sorg wanneer
geld nie meer vir ons iets kan beteken nie? Ek glo dat ons as
Christene nog in die wêreld sal wees gedurende die groot
verdrukking, maar God sal ons red en versterk teen ons vyande,
soos Hy deur die eeue heen Sy kinders bygestaan en versorg
het. Hy sal ons deur die groot verdrukking dra en bystaan soos
net ‘n Vader dit vir sy kinders kan doen. As ons vir ons kinders
alles doen wat ons moontlik kan, hoeveel te meer sal ons
hemelse Vader nie vir ons sorg as ons op Hom vertrou nie?
Hoor wat sê die Here vir ons in Jesaja 26:20–21 - “Kom,
my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou
toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid
verbygaan. Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die
ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te
besoek en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom
gedrink is en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.”
[106]
HOOFSTUK 9
Hoeveel opstandings van die dode is daar
en wanneer gaan dit gebeur? Johannes 5:28 - “Moenie julle hieroor verwonder nie, want
daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal
hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot 1) die
opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, 2) tot
die opstanding van die veroordeling”. Ons sien dat Johannes
hier van twee opstandings praat - die opstanding van die lewe
en die opstanding van veroordeling. Daar is ook ‘n wesenlike
verskil tussen die Christendom en die wêreld se gelowe,
rondom die opstanding.
Ons as Christene glo aan ‘n opstanding uit die graf met ‘n
verheerlikte liggaam, waar ons dan vir ewig in God se
teenwoordigheid sal wandel. Ons glo nie in rëinkarnasie waar
mense weer ‘n geleentheid gegun word om in ‘n ander persoon
of vorm van lewe terug te keer na hierdie aarde toe nie. Net
soos wat 'n mens bestem is om een maal te sterwe en daarna
die ewige oordeel, net so sal Christus ook, nadat Hy een maal
geoffer was om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede
maal, sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot
saligheid.
Paulus praat ook in 1 Korinthiërs 15 oor die opstanding
van die dode. Daar was sommige mense wat geglo het dat daar
geen opstanding van die dode sal wees nie. Hulle het ook dan
verklaar en geglo dat Christus nooit opgewek was na Sy
kruisiging nie. Nou as Christus dan nie opgewek was nie, dan
was hulle prediking mos tevergeefs en hulle geloof nutteloos?
Dan het hulle ook nog in hulle sondes gelewe en die wat in
Christus ontslaap het, het verlore gegaan, nie waar nie?
[107]
Maar Christus was opgewek uit die dode en Hy het die
eersteling geword wat ontslaap het. Want aangesien die dood
deur ‘n mens was, is die opstanding van die dode ook deur ‘n
mens. Want soos ons almal in Adam gesterwe het, so sal ons
ook almal in Christus lewend gemaak word, maar elkeen in sy
eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus
behoort by Sy koms. Daarna sal die einde kom...
In 1 Thessalonicense 4 leer Paulus ons die volgende
waarheid rondom die wederkoms: “Maar, broeders, ek wil nie
hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die
ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen
hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan
het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met
Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die
Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van
die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.”
Hier is duidelik twee groepe christene wat met die Here se
wederkoms in die wolke weggevoer sal word.
Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n
geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die
basuin van God en die wat in Christus gesterf het, sal eerste
opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle
in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en so sal
ons altyd by die Here wees. Laat ons mekaar dan bemoedig met
hierdie woorde: “Jesus kom weer!”
In Openbaring 20 sien Johannes die volgende gebeur: “Ek
het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit en aan hulle is die
oordeel gegee en ek het (1) die siele gesien van die wat onthoof
is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God en (2)
die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie en die merk op
hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie en hulle
het geleef en as konings regeer saam met Christus die duisend
jaar lank.”
[108]
“En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar
voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig
is hy wat deel het aan die eerste opstanding, oor hulle het die
tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en
van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer
duisend jaar lank.”
Daar is dus slegs twee opstandings van die dode:
1. Die Eerste opstanding - Die wat aan Jesus Christus
behoort met sy wederkoms, net voor die duisendjarige-vrederyk
begin. In hierdie skrifgedeelte word daar drie voorregte aan
die eerste opstanding gekoppel:
1. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding.
2. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie.
3. Hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal
saam met Hom as konings regeer 'n duisend jaar lank. Die
ander dode het nie herleef totdat die duisend jaar voleindig was
nie.
2. Die Tweede opstanding - “En ek het ‘n groot wit troon
gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en
die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind
nie...En die see sal die dode gee wat daarin was en die dood en
die doderyk het die dode gee wat daarin was en hulle is
geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk
is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.”
Soos hierbo genoem sal diegene wat Jesus as hulle
Verlosser aangeneem het, genoem word die “heiliges van God”
en hulle sal deel hê aan die eerste opstanding. Die wat die Here
nie aangeneem het nie en aan die Evangelie van onse Here
Jesus nie gehoorsaam was nie, hulle is deel van die tweede
opstanding.
[109]
Hulle sal na die duisendjarige-vrederyk veroordeel word by die
wit troon en in die poel van vuur gewerp word.
Die Eerste Opstanding:
Dit is baie duidelik uit die Woord van God dat die mense
wat nie die “dier” en sy beeld aanbid het nie en nie die merk
ontvang het nie, duidelike verwysing na die groot verdrukking,
ook deel sal wees van die eerste opstanding. Dus is dit
duidelik dat die heerskappy van die “dier” en sy merk voor die
eerste opstanding gaan plaasvind, want hoe anders is dit vir
hierdie martelare moontlik om ook deel uit te maak van die
eerste opstanding?
Hierdie mense is nie gedood as gevolg van hulle lou
geestelike toestand toe hulle agtergebly het na die sogenaamde
“geheime wegraping” nie. Niemand gaan agtergelaat word nie,
want daar is nie ‘n opstanding van die dode voor die groot
verdrukking nie. Almal wat nog lewe op aarde in daardie tyd,
sal deur die groot verdrukking gaan. En dadelik ná die groot
verdrukking gaan die eerste opstanding van die dode plaasvind,
wat natuurlik die heiliges van God sal wees.
Daar is dus twee groepe christene wat deel is van die
wederkoms van Jesus Christus op die wolke waar elke oog Hom
sal sien. Die ontslapenes en die wat nog in die lewe gaan wees.
Die eerste opstanding (onthou daar het nog geen opstanding
van die dode met ‘n onverganklike verheerlike liggaam voor
hierdie opstanding plaasgevind nie) wat altwee hierdie groepe
christene insluit volgens
1 Thessalonicense 4. Dit gebeur dan eers dadelik na die
verdrukking soos verduidelik deur Jesus in Matthéüs 24 - En
Hy sal sy engele uitstuur met ‘n harde trompetgeluid, en hulle
sal sy uitverkorenes (1)versamel uit die vier windstreke, (2)van
die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
[110]
Daar word ook verkondig dat daar meer as een opstanding van
die heiliges is, om die “geheime wegraping” teorie te
ondersteun, waarvan een opstanding met Jesus se opstanding
uit die dode plaasgevind het. Kom ons kyk daarna in
Matthéüs 27:50 – “Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem
geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die
tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde
het gebewe en die rotse het geskeur en die grafte het oopgegaan
en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En
ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die
heilige stad ingekom en aan baie verskyn.”
Toe Jesus sterf was daar ‘n aardbewing en het
hierdie ontslape heiliges opgestaan uit die dode en met Sy
opstanding het hulle eers hulle verskyning gemaak. Watse
opstanding van die dode was dit dan?
Kom ons kyk weer na – 1 Korinthiërs 15:20 “ Maar nou,
Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword
van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ‘n
mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want
soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in
Christus lewend gemaak word(met onverganklike verheerlikte
liggame) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus,
daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Volgens hierdie skrif was Jesus die eerste persoon wat uit
die dode opgestaan het met ‘n onverganklike verheerlikte
liggaam en daarna die wat aan Hom behoort met Sy
wederkoms, want ons gaan hierdie verheerlikte liggame nodig
hê om saam met Hom op hierdie aard e te heers as konings
en priesters.
As Jesus dan die eerste een was om hierdie liggaam te
ontvang met Sy opstanding, wat eers drie dae later gebeur
het, met watse liggame is die heiliges dan opgewek met
[111]
Jesus se kruisiging? Hulle fisiese liggame is uit die dood
opgewek soos dit met Lasarus die geval was – onthou hy was vir
vier dae in die graf voordat Jesus hom opgewek het uit die
dode. En daarna het hierdie heiliges in Jerusalem in gegaan en
aan baie verskyn met hulle fisiese liggame en net soos Lasarus
met hulle lewe op aarde voortgegaan.
Hulle het dan ook nie saam met Jesus opgevaar na die
hemel toe soos beweer word nie. Hy het alleen van die Olyfberg
af opgevaar met sy dissipels as getuies en daarom weet ons daar
was nie ‘n wegraping van die heiliges saam met Jesus toe Hy
opgevaar het nie. As hulle op aarde agtergebly het moes hulle
met hulle onverganklike liggame nog steeds gelewe het, nie
waar nie?
Want as ons hierdie liggame ontvang is ons onsterflik en het
ons die dood finaal oorwin – 1 Korinthiërs 15:54 En wanneer
hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie
sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die
woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
Daar is dus ‘n opstanding uit die dode met jou vleeslike
liggaam, wat vandag nog met mense gebeur. Dan is daar die
opstanding uit die dode met jou onverganklike verheerlikte
liggaam, waarvan Jesus die eerste een was om met hierdie
liggaam beklee te word en daarna die wat aan Hom behoort met
Sy wederkoms. Net Jesus alleen het tot dusver ‘n onverganklike
verheerlikte liggaam ontvang met Sy opstanding uit die dode.
In Johannes 6 belowe Jesus die volgende aan Sy dissipels:
“Dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy
My gegee het, ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in
die laaste dag...dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat
elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag
hê en Ek sal Hom opwek in die laaste dag…Niemand kan na My
[112]
toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie en
Ek sal hom opwek in die laaste dag…Hy wat my vlees eet en my
bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom opwek in die
laaste dag.” Wanneer gaan Jesus sy volgelinge opwek?
In hierdie verse praat die Here Jesus vier keer met sy
gelowige volgelinge en beloof aan hulle ‘n opstanding in die
laaste dag! Nie voor die groot verdrukking of enige oomblik
soos die “geheime wegraping” verkondig nie. In die laaste dag
sal Hy ons opwek en Hy belowe dat Hy met ons sal wees tot aan
die voleindig van hierdie wêreld soos ons dit tans ken.
Selfs Martha, Lasarus se suster, het die opstanding van
die dode reg verstaan wanneer sy met Jesus praat nadat haar
broer gesterf het. Jesus se vir haar: “Jou broer sal opstaan” en
sy antwoord: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding
in die laaste dag!” Hier sien ons weer dat die opstanding van
die heiliges op die “laaste dag” van die huidige wêreld soos ons
dit nou ken sal plaasvind en nie 'n dag voor die tyd nie.
Hoekom het die mense in Jesus se tyd dit reg verstaan? Almal
sal dan uiteindelik opstaan, maar die eerste opstanding gaan
‘n besonderse opstanding en 'n voorreg wees, wat bedoel is
vir die ware Christen.
Dit is ook waarin die Christen-martelare hulle hoop
gestel het. Die Apostel sê hulle het in hulle lyding en
beproewinge geen bevryding aangeneem nie, want hulle het
geweet ‘n beter opstanding wag vir hulle. Hoe kan dit dan ‘n
beter opstanding wees? Dit is ‘n beter opstanding omdat daar 'n
duidelike onderskeid tussen die opstanding van die heiliges en
dié opstanding van die sondaars gaan wees.
Die een is ‘n opstanding van krag en heerlikheid en die
ander een ‘n opstanding van ewige verskrikking, pyn en lyding.
Dit is in ooreenstemming met die onderskeid, wat die Here
van die begin af tussen die kinders van God en die kinders van
die duiwel gestel het. God se kinders wat in die lig van Jesus
[113]
wandel en die kinders van Satan wat in die duisternis wandel.
Want ons kan nie, twee here dien nie.
Ons weet nog nie wat die volle omvang van die majesteit
en vreugde sal wees waarmee die Here ons gaan beklee met
die opstanding van die heiliges nie. Maar ons weet egter wel
dat die veroordeling van die tweede dood geen mag oor ons sal
hê nie. Hoe kan veroordeling kom oor enigeen behalwe die
sondaars, wat weier om Jesus as enigste Verlosser te aanvaar?
Persone wat Jesus aangeneem het, was ook eens op ‘n tyd
sondaars wat van nature kinders van die toorn was, maar hulle
sonde is vergewe en weggeneem. Hulle dra as gewastes in die
bloed van die Lam, die Verlosser se kleed van geregtigheid.
Daarom het die tweede dood geen mag oor hulle nie.
Die dood en die hel het dus geen mag oor ons nie, omdat
ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet. Ons
sterflike liggame sal opgewek word uit die dood, in die ewige
lewe saam met Jesus Christus ons Heer en Meester.
Jesaja 25:8–9 - “Hy sal die dood vir ewig vernietig en die
Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee en Hy sal die
smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem, want die
HERE het dit gespreek”. En hulle sal in dié dag sê: “Kyk, dit is
onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos, dit is die
HERE op wie ons gewag het, laat ons juig en bly wees oor sy
hulp.”
Laat ons wat God vrees en in die Here Jesus glo, hierdie
belofte van die eerste opstanding as ‘n venster neem waardeur
ons kan kyk na die ewigheid. Wanneer ons dan deur moeilike
tye gaan en ons in ellendige omstandighede verkeer, laat ons
met verwagting vooruitsien na die dag wanneer Jesus Christus
ons met die Wederkoms kom haal of dan sal kom opwek, sou
ons voor die tyd tot sterwe kom! Ons sal saam met Hom regeer
as konings en priesters, terwyl ons in Sy heerlikheid sal deel en
die tweede dood geen mag meer oor ons sal hê nie.
[114]
Die Tweede Opstanding:
Ek wil nou ook kortliks verwys na hierdie tweede opstanding,
die oordeel en verdoemenis wat wag op die onregverdiges wat
Jesus Christus as Verlosser verwerp het en die kaptein van hulle
eie skip gebly het. Jy het nou gehoor van die opstanding van
die regverdiges wat in Christus gesterwe het. Vir die
ongelowige/sondaar is die woord “opstanding” geen goeie nuus
nie. Daar is nie vrede in hulle gemoed wanneer hulle hoor dat
die dode gaan opstaan of dat hulle verantwoordig gaan moet
doen vir al hulle dade wat hulle op aarde gedoen het nie.
Hulle verkies om die leun te glo dat as hulle sterf, daar geen
lewe na die dood is nie.
Nogtans wil ek jou verseker dat jy wél opgewek gaan word,
of jy aan ‘n opwekking uit die dode glo of nie. Nie net alleen
jou siel nie, maar ook jou liggaam gaan lewe tot in alle
ewigheid. Daardie oë wat soveel verkeerde dinge begeer het,
sal tonele van verskrikking aanskou en daardie ore wat geluister
het na die versoekinge van die bose, sal die geluid van oordeel
hoor. Daardie voete wat jou na die verkeerde plekke toe
geneem het, sal kragteloos onder jou word wanneer jy die Here
God, Almagtige wat lewe en dood in Sy hande hou, op die
groot Wit troon sien sit. Vrees Hom wat in staat is om jou
liggaam én siel in die hel te werp.
Wanneer daardie boeke geopen word, sal elke daad, elke
woord en elke gedagte van jou hardop gelees word. Al die
verkeerde begeerlikhede en wraakgedagtes wat jy in jou hart
gekoester het en uitgevoer het, sal op daardie dag as getuienis
teen jou gebring word. Naakte vrees en verskrikking sal jou
aangryp, soos vir Belsásar toe hy die skrif aan die muur gesien
het en sy gelaatskleur verander het.
Sy gedagtes het hom verskrik, die gewrigte van sy heupe
het losgeraak en sy knieë het teen mekaar geslaan. Dink mooi
aan al die geleenthede, wat al jou pad langs gekom het om
[115]
Jesus Christus as jou Verlosser te aanvaar, maar jy het tot
dusver net eenvoudig geweier om Jesus as jou Verlosser aan te
neem. Jy het Jesus nodig!
Ná die dood kom die oordeel en ná die oordeel die
verdoemenis. Ongelowige, jy wat geen geloof in Jesus as
Redder het nie, ek kan nie eers ‘n volledige denkbeeld vorm
van die skrikwekkende bestemming wat op jou wag nie. Ek bid
dat jy ten minste die feit hiervan sal besef en dat die Here deur
Sy genade sal gee, dat jy nooit hierdie plek van afgryse hoef te
beleef nie.
Vlug daarvan weg terwyl jy nog in die tyd van genade lewe.
Laat die Here toe om jou kaartjie na die hel te kanselleer, sodat
dit nie meer jou bestemming hoef te wees nie! Want ons almal
het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God.
Ek smeek jou, dink aan die einde, dink! Hierdie mag
dalk die laaste waarskuwing wees wat jy ooit sal ontvang, omdat
jy dalk nie weer 'n kans gaan kry om reg te maak voor dit dalk te
laat is nie. Gryp dus hierdie geleentheid met jou hele hart aan
en maak jou saak met God reg!
Ek verhoog Christus, die Gekruisigde, nou voor jou.
Elkeen wat in Hom glo, sal nie sterwe nie, maar sal die ewige
lewe beërwe. Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het,
word die Seun van die mens vandag voor jou verhoog. Kyk na
Sy wonde en die doringkroon op Sy hoof. Kyk na die spykers in
Sy hande en voete. Sien jy Hom in jou gedagtes en sien jy hoe
Hy vir jou verlossing betaal en gely het aan die kruis?
Luister terwyl Hy sê: “Kom nou en laat ons die saak
uitmaak, sê die HERE: al was jou sondes soos skarlaken, dit sal
wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word
soos wol. Kyk, Ek staan by die deur (van jou hart) en Ek klop.
As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan
na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”.
[116]
Die verlossende genade van Christus word vryelik aan jou
verkondig. Glo in die Here Jesus Christus met jou hele hart en
jy sal gered word. Vertrou op Hom, en die verskrikking van die
komende oordele sal geen mag meer oor jou hê nie. Die belofte
van die eerste opstanding sal vir jou vervul word. Kies dan die
lewe in Jesus Christus, sodat die tweede dood geen mag oor jou
sal hê nie.
Paulus deel ook ‘n verborgenheid met ons oor die
Eerste Opstanding:
“Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal
verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste
basuin want die basuin sal weerklink, en die dode sal
onverganklik opgewek word en ons sal verander word, want
hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word…”
Let wel: By die laaste basuin. Hier word die tyd wanneer
die basuin gaan blaas baie duidelik aangegee. Waar in die
Woord van God word die basuine geblaas? Kom ons gaan kyk.
Openbaring 8 - “En toe Hy die sewende seël oopgemaak
het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank. En ek
het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine
is aan hulle gegee”. As daar sewe basuine deur sewe engele
geblaas gaan word, is die logiese gevolgtrekking dat die
sewende basuin dan die laaste basuin is, nie waar nie?
Openbaring 10:7 - “…maar in die dae van die stem van die
sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die
verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding
verkondig het aan sy diensknegte, die profete.”
Openbaring 11 - En die sewende engel het geblaas, en
daar was groot stemme in die hemel wat sê: (4) “Die
koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here
geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle
ewigheid...en (3) die tyd van die dode om geoordeel te word en
[117]
om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die
heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot...(2) En die
nasies was vertoornd, en u toorn het gekom om die verderwers
van die aarde te verderf…(1) en daar was weerligte en stemme
en donderslae en aardbewings en groot hael.”
Hier sien ons dat wanneer die sewende engel die
sewende basuin blaas, daar ‘n hele paar dinge gebeur:
1. Met Jesus se wederkoms sal daar weerligte, stemme,
donderslae, aardbewings en groot hael wees.
2. Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die
aarde te verderf, die slag van Armagéddon.
3. Loon sal gegee word aan diensknegte, profete, heiliges en
aan die wat Jesus se Naam gevrees het.
4. Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die
wêreld, die duisendjarige-vrederyk.
[118]
Afdeling 1
Met Jesus se Wederkoms sal daar weerligte, stemme, donderslae,
aardbewings en groot hael wees.
Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel
verskyn en ons sal die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk,
met groot krag en heerlikheid en elke oog sal Hom sien, ook
hulle wat Hom deursteek het en Hy sal sy engele uitstuur met 'n
harde trompetgeluid en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit
die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die
ander einde daarvan.
Die wederkoms van Jesus Christus en die eerste
opstanding, wegvoer van die heiliges is een wonderlike
gebeurtenis, wat duidelik sigbaar gaan wees met weerligte,
donderslae, aardbewings en 'n basuingeklank. Want elke oog
sal Hom sien kom - Johannes sê: “Kyk, Hy kom met die wolke
en elke oog sal Hom sien”.
Terwyl ons hierdie salige hoop het en die verskyning van
die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser,
Jesus Christus. Die wat in Christus gesterf het, sal eerste
opstaan en daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met
hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug en
so sal ons altyd by die Here wees.
Die skrifversies verduidelik dat Jesus Christus uit die
hemel sal neerdaal met ‘n geroep en die wat in Christus gesterf
het sal uit hulle grafte opgewek word en hulle sal opstaan uit
die dode. Hulle en die Christene wat nog in die lewe is, sal dan
weggevoer word in die wolke om die Here in die lug te
ontmoet.
[119]
Wat is die doel van ons vereniging met Christus in die
lug?
As jy Paulus se verduideliking in 1 Thessalonicense 4 lees, sal jy
gou agterkom dat hy vanuit 'n historiese perspektief praat. Hy
verwys na van die rituele wat beoefen is, deur die Romeinse leer
in die dae toe Paulus nog geleef het.
Wanneer die Romeinse leër 'n ver land verower het, het
hulle oorwinnend teruggekeer na Rome. Wanneer hulle dan
ongeveer 'n kilometer van Rome af was, het hulle gestop en
gekamp. Dan was boodskappers in die stad ingestuur, om te
verkondig dat die weermag die oorwinning behaal het en terug
is in die land. Die burgers het dan die stad verlaat en die
Romeinse Weermag by hulle kampplek ontmoet. Wanneer
hulle dan almal bymekaar was, het hulle saam as een volk
opgetrek na Rome toe. Beide die weermag en die burgers van
Rome het dan saam gedeel in die heerlikheid van die
oorwinning wat behaal is oor die vyand.
Dit is 'n perfekte prentjie van die wederkoms van Jesus
Christus. Sy wederkoms word nie in twee gebeurtenisse verdeel
nie, maar Jesus kom net een keer as 'n oorwinnende Koning
terug. As hy terugkeer na die aarde toe in die heerlikheid van
Sy Vader, wat baie duidelik sigbaar vir die goddelose wêreld
gaan wees, vertoef Hy vir ‘n wyle en roep dan Sy Bruid, sy
uitverkorene kinders. Hulle word dan versamel deur die engele
en saam sal die wat opgewek word uit die dode en die lewendes,
met Hom verenig word in die lug. Hoekom? Om te verseker
dat al Sy uitverkorenes kan deel in Sy glorieryke terugkoms na
hierdie aarde toe.
“Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet
wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie
treur soos die ander wat geen hoop het nie”. Die doel van
Paulus se skrywe hier was gefokus op die ontslapenes sodat ons
nie moes treur oor die dode soos ander wat geen hoop het nie.
[120]
Want as ons glo dat Jesus Christus gesterwe en opgestaan het,
sal Jesus saam met Hom bring diegene wat in Hom ontslaap
het, die gelowiges wat gesterf het.
Gaan Jesus Christus die gelowiges uit die groot
verdrukking “wegraap”? Niks word daarvan gesê nie, daar’s
geen sprake van nie. Ook is daar niks in hierdie gedeelte wat
daarop dui dat Jesus Christus gaan neerdaal na die aarde toe
en dan in die verbygaan Christene gaan “wegraap” en hulle dan
hemel toe neem, waar daar bruilof gehou word sonder die
martelare van die groot verdrukking nie.
Hierdie verse verwys slegs na die opstanding van die
ontslapenes met die wederkoms, wat openlik plaas vind met
die blaas van die laaste basuin. “Want die Here self sal van die
hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel
en met geklank van die basuin van God en die wat in Christus
gesterf het, sal eerste opstaan.”
Die “geheime wegraping” beweer dat Jesus Christus se
koms uit twee fases bestaan naamlik:
1. Die eerste fase begin wanneer Jesus kom soos ‘n dief in die
nag net halfpad in die lug, in die geheim om Sy Bruid te kom
haal, waarna die Bruilofsmaal van die Lam dan in die hemel
gevier gaan word. Hierdie gebeurtenis vind dan aan die begin
van die sewe jaar van die groot verdrukking plaas.
So, waarop word die “geheime wegraping” dan gebaseer?
Die meeste volgelinge baseer hierdie teorie op die verse wat leer
dat die koms van Christus sal wees soos 'n dief in die nag.
Hierdie “dief in die nag” beteken nie dat Jesus Sy Bruid enige
tyd gaan kom wegsteel nie, maar dat Sy koms skielik en
onverwags op die wêreld gaan neerkom soos ‘n dief in die nag.
Paulus sê in 1 Thessalonicense 5 - “Want julle weet self
baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die
[121]
nag...Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons
waak en nugter wees”.
Die term “dief in die nag” word gebruik wanneer hulle
sê:
“Vrede en veiligheid!” Dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos
barensnood ‘n swanger vrou en hulle, die wêreld wat in
duisternis gehul is, sal die koms van die Here sekerlik nie
ontvlug nie.
Maar ons is almal kinders van die lig en nie van die duisternis,
dat Jesus se koms ons soos ‘n dief gaan oorval nie. Hierdie vers
maak dit baie duidelik dat Jesus nie soos 'n dief in die nag gaan
kom vir Sy kinders nie. Hoekom nie? Omdat ons kinders van
die lig is en ons nugter en waaksaam is.
Ons sien dus dat die “dief in die nag” term nie in die regte
konteks gebruik word nie. Die regte bedoeling is, dat die hele
wereld, die kind van God en die goddelose saam, die
wederkoms, of dan die dag van die Here, gaan beleef. Die
ongelowiges wat in die duisternis wandel gaan oorval word,
maar nie die kind van God nie! Dit sal wees net soos in die dae
van Noag, Noag en sy gesin was gereed vir die vloed, dit het
hulle nie oorval nie, maar wel vir die goddelose.
Jesus sê: “Maar van dié dag en dié uur weet niemand
nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader
alleen”. Ons sal dus nie die dag en uur weet nie, maar ons sal
weet wanneer Jesus se koms op hande is. Ons verwag Sy koms,
want as ons al hierdie dinge sien gebeur, waarteen Jesus ons
waarsku, sal ons, ons hoofde ophef want ons weet dan dat ons
verlossing naby is.
2. Die tweede fase of dan die tweede koms van Jesus Christus
sal duidelik sigbaar vir elke oog wees wanneer Hy met sy voete
op die Olyfberg gaan staan om deel te wees van die slag van
Armagéddon. Hy sal dan die “seun van die verderf” met die
[122]
asem van Sy mond verdelg. Hierdie tweede fase wat geglo
word, is dan eintlik die enigste keer wat Jesus as die Koning
van alle Konings triomfanklik na hierdie aarde sal terugkeer.
Maar kyk self wat Paulus ons leer uit die Woord i.v.m. die
wederkoms:
Let asseblief mooi op na die volgende Skrifverse:
2 Thessalonicense 1:5–10 - “...dat julle die koninkryk van God
waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly. 2) Aangesien dit
reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te
vergelde, en
1) aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in
die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy
magtige engele in vuur en vlam, 2) wanneer Hy wraak
uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die
evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal
as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van
die Here en van die heerlikheid van sy sterkte, 1) wanneer Hy
kom om verheerlik te word in Sy heiliges en bewonder te word
in almal wat glo”.
Hierdie is ‘n wonderlike skrifgedeelte oor die wederkoms,
maar ek het nog nooit iemand hieroor hoor praat/preek nie!
Kom ons kyk wat Paulus in hierdie gedeelte vir ons sê.
Weereens is hierdie gedeelte uit die Woord tweeledig van aard:
Kom ons herrangskik die Skrifvers soos ek dit gemerk het, om
die uitleg daarvan duidelik te verstaan:
1. “Dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word,
waarvoor julle ook ly. Om aan julle wat verdruk word,
verligting te gee saam met ons, (Paulus en al die mense wat
al ontslaap het), in die openbaring van die Here Jesus uit
die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer
Hy kom, (met Sy wederkoms), om verheerlik te word in Sy
heiliges en bewonder te word in almal wat glo”. Hoe gaan Hy
[123]
in Sy heiliges, verheerlik en bewonder word as hulle dan alreeds
in die hemel is?
2. “Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk,
(die antichris, valse profeet en al die goddelose mense),
verdrukking te vergelde, wanneer Hy wraak uitoefen, (met Sy
wederkoms), op die wat God nie ken nie en op die wat aan die
evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal
as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van
die Here en van die heerlikheid van sy sterkte.”
Met die openbaring van Jesus Christus uit die hemel, Sy
wederkoms na hierdie aarde, saam met sy magtige engele sal
die volgende geskied: God gaan aan diegene wat ons verdruk,
verdrukking vergelde en aan ons verligting gee, deur terug te
kom vir ons aan die einde van die groot verdrukking. Alles
gebeur dus met Sy enigste wederkoms na hierdie aarde toe.
Opsomming van Skrifgedeelte:
Om aan ons as Christene wat die koninkryk van God waardig
geag mag word en gaan beêrwe op hierdie aarde, wat al
verdruk is deur die kerkgeskiedenis en aan ons wat deur die
groot verdrukking moet gaan, verligting te gee saam met die
ontslapenes wat gaan opstaan, in die openbaring van Jesus
uit die hemel met Sy koms, vergesel deur Sy magtige engele in
vuur en vlam.
Dit lyk nie vir my of hier sprake is van ‘n “geheime
wegraping” voor die groot verdrukking in hierdie skrifgedeelte
nie, want Jesus gaan juis aan ons verligting bring van ons
verdrukkers en terselfdetyd gaan Hy ook afreken met hulle,
deur wraak te neem op almal wat ons verdruk het.
Wanneer Hy kom sal Hy ook verheerlik word in sy heiliges
en bewonder word in almal wat in Hom glo. Prys Sy Naam!
Wat ‘n oomblik van verlossing sal dit nie wees vir ons wat tot
die einde toe sal volhard gedurende die groot verdrukking nie.
[124]
God gaan aan die wat ons verdruk, die “dier” met sy valse
profeet en al die nasies wat hom volg, verdrukking vergelde.
Hoe en wanneer? Hy gaan wraak neem met die slag van
Armagéddon op die opstandige nasies en die wat aan die
Woord ongehoorsaam was. Hulle straf sal wees ‘n ewige
verderf weg van die aangesig van God en die heerlikheid van
Sy sterkte.
Ons moet voorbereid wees vir die wederkoms van
Jesus.
2 Thessalonicense 2: “Maar ons vra julle, broeders, met die oog
op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons
vereniging met Hom, (our being gathered together to be with
him) om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word
nie - deur gees of deur woord of deur brief wat van ons
afkomstig sou wees - asof die dag van Christus al daar is nie.”
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers
moet (1) die afval kom en (2) die mens van sonde geopenbaar
word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef
bo al wat God genoem word en voorwerp van aanbidding is,
sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy
God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe
ek nog by julle was nie?” En nou, julle weet wat hom teëhou,
sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die
verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net
totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is en dan sal die
ongeregtige geopenbaar word, (3) hy (die dier) wat die Here
met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning
van sy wederkoms tot niet sal maak.”
Paulus maak dit duidelik in hierdie Skrifvers dat
die wederkoms en ons vereniging met Jesus Christus een
gebeurtenis gaan wees en nie twee soos geglo word nie! Hierdie
Skrifvers alleen skakel die “geheime wegraping” heeltemal uit.
[125]
Dit waarteen Paulus ons gewaarsku in die begin van hierdie
gedeelte, dat ons niemand moet toelaat om ons te mislei nie,
laat ons juis toe met hierdie “geheime wegraping” leerstelling.
Hy vermaan die Christene om nie gou hulle verstand te
verloor of verskrik te word nie want eers moet daar twee dinge
gebeur en voordat dit nie gebeur het nie, sal die Here nie kom
nie en met Sy koms word die dier dan ook verdelg met die asem
van Sy mond, by die slag van Armageddon. Dit word eenvoudig
gestel maar hierdie leersteling verblind sommige Christene se
oë en hulle kan nie die waarheid sien nie.
1. Wie is die afval waarvan Paulus praat?
Dit kan moontlik Christene wees wat huidiglik glo dat God hulle
voor die groot verdrukking gaan wegraap, wat ongelukkig
onkant gevang gaan word wanneer hulle vervolg en moontlik
doodgemaak gaan word vir hulle geloof. Hulle geloof sal dan
getoets word, want hulle kan dan glo dat God hulle verlaat het
en dat die profesieë van die wederkoms nie meer waar is nie.
Die gevaar van hierdie leerstelling is dat hulle moontlik nie
meer sal glo in ‘n opstanding en ‘n wederkoms net na die groot
verdrukking nie.
Onder sulke omstandighede sal van die gelowiges wegval
en hulle geloof betwyfel, hulle sal die Here se Woord dus in
twyfel trek. Die predikers wat voorstaanders van hierdie
leerstelling was, sal dan ook oorgesien word vir die leuen wat
hulle verkondig het. Die dwaling oor Jesus Christus se koms na
hierdie aarde toe, is dat dit in die geheim en voor die groot
verdrukking gaan plaasvind, soos dit genoem word “pre-trib
rapture.”
Sal die geskiedenis homself herhaal deurdat Christene net
soos Petrus voor Jesus se kruisiging, Hom sal verloën omdat
hulle, hulle eie lewens en die van hulle gesinne sal wil red,
asook om die toorn van die “dier” vry te spring?
[126]
Paulus rig dan ook 'n waarskuwing aan ons in 2 Timótheus
2:12: “As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom
verloën, sal Hy ons ook verloën”. Jy hoor ook wanneer die Skrif
aangehaal word en hulle sê: “Kom gou, Here Jesus!” Dan is
hulle op soek na 'n ontsnappings roete na die hemel, uit die
groot verdrukking, wat in die laaste dae gaan plaasvind in
hierdie wêreld.
Wanneer dinge rêrig gaan versleg en daar nie 'n “geheime
wegraping” gaan plaasvind nie, sal sommige Christene hulle rûe
op Jesus draai omdat hulle nie gered gaan word deur die
“geheime wegraping” nie. Dit is dan presies hoe die Satan sy
doel sal bereik deur die onderrig van hierdie valse leerstelling.
Gedurende die groot verdrukking sal daar geestelike
duisternis oor die aarde kom wanneer niemand meer sal kan
arbei vir die Meester nie. Ons moet nou werk terwyl dit nog
dag is en ons nog gunstige tye beleef. Elke kind van God sal
hard moet stry met die volle wapenrusting aan teen die onheile
wat gaan kom. Die doel van Satan, sy self-opgelegde taak, is
om te steel, te slag en te verwoes.
Jesus waarsku ons: “Kyk, Ek kom gou! Hou maar net vas
wat julle het, totdat Ek kom, sodat niemand jou kroon kan
neem, of dan steel nie”. Dit gaan ‘n worstelstryd wees, dink net
hoe dit voel wanneer iemand iets van jou probeer afvat. Is dit
nie so dat jy dan met al jou krag en vermoë daaraan sal vashou
nie? Onthou net, Satan begeer jou kroon wat spreek van jou
outoriteit, gesag en posisie in Jesus Christus.
Paulus gebruik weereens die taal van die weermag as ‘n
vergelyking in Efesiërs 6:10-18. Net soos 'n bevelvoerder het hy
‘n beroep op die soldate van die kruis gedoen om die volle
wapenrusting van God aan te trek, sodat ons staande kan bly
teen die liste van die duiwel.
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen
die bose geeste in die lug, wat deur mense werk.
[127]
Sal mense nog tot bekering kom tydens die groot
verdrukking?
“En die mense is geskroei met ‘n groot hitte en hulle het die
Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae en hulle
het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie...en hulle het
die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle
swere en het hulle nie bekeer van hul werke nie”. Ons sien in
die bogenoemde Skrif dat die goddelose mense in plaas daarvan
om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë, hulle die God van
die hemel laster oor die toestand van hulle lyding.
Daar sal ook kinders van God wees wat mekaar gaan haat
en gaan verraai. Dan sal baie tot struikel gebring word en
omdat die ongeregtigheid vermeerder, sal die liefde van die
meeste verkoel. Aan die ander kant is daar die oorwinnaars
oor die “dier” en oor sy beeld, sy teken en oor die getal van sy
naam. Die martelare wat gedurende die groot verdrukking sal
sterf ter wille van hulle geloof in Jesus, sal staan soos ‘n see van
glas voor die Troon van God.
2. Die “seun van die verderf”
Hy gaan homself eers verhef en dan in die tempel van God sit
asof hy God is. Dit is ook een van die dinge wat nog sal moet
gebeur voordat ons met Jesus Christus verening word met Sy
wederkoms. Dit beteken dat die “hy” nie die Kerk of die
Heilige Gees is wat hom teëhou nie. Die Heilige Gees en die
kerk gaan bly tot aan die einde van die wêreld toe, niemand
gaan nêrens heen nie.
3. Deur die verskyning van sy wederkoms, sal Hy hom
tot niet maak
“Maar die Here sal die aarde slaan met die roede van sy mond
en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak en die
“seun van die verderf” verdelg en deur die verskyning van sy
wederkoms, sal Hy hom tot niet maak”.
[128]
As Jesus dan die Antichris eers met Sy verskyning,
wanneer ons met Hom verenig word, tot niet maak, hoe is dit
dan moontlik dat ons al voor die groot verdrukking
“weggeraap” gaan word? Hierdie leerstelling maak regtig
net nie sin nie, ek kan dit nie verstaan waarom dierbare kinders
van God dit aanhang en glo nie!
In Matthéüs 24 sien ons wanneer die wederkoms gaan
plaasvind: “Maar dadelik ná die verdrukking van daardie dae
sal daar wondertekens in die hemel wees, aan die son en maan
en sterre, die son sal verduister word en die maan sal sy glans
nie gee nie en die sterre sal van die hemel val, voordat die groot
en deurlugtige dag van die HERE kom en die kragte van die
hemele sal geskud word.”
Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel
en al aan die wankel, die aarde word geheel en al geskud. Die
aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en
weer soos ‘n naghut en sy oortreding is swaar op hom…Want
die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van
die aarde bewe.
Op die aarde sal daar dan benoudheid van nasies in hulle
radeloosheid wees, wanneer see en branders dreun en mense se
harte sal beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor
die wêreld kom. Want die dag kom, en dit brand soos ‘n oond.
Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe,
‘n stoppel wees en die dag sal hulle aan die brand steek en wie
sal standhou voor sy grimmigheid en wie sal bestand wees teen
die gloed van sy toorn?
Sy gramskap word uitgegiet soos vuur en die rotse word
stukkend geruk voor Hom. Die berge bewe voor Hom en die
heuwels smelt weg en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die
wêreld en almal wat daarin woon en Sy stem het die aarde
geskud.
[129]
Hebreërs 12 - “Toe het sy stem die aarde geskud...nog een
maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel
bewe...” Dit wys duidelik op die verandering van die
wankelbare dinge as geskape dinge sodat die onwankelbare kan
bly! Wat bly oor wanneer God se stem die aarde skud? Net die
gelowiges wat deel uitmaak van die geestelike koninkryk,
waarvan Jesus die Koning is, sal staande kan bly.
Hier sien ons duidelik dat die wankelbare dinge, die
tydelike koninkryke van hierdie wêreld en mense wat nie op die
Rots Jesus Christus geanker is nie, nie staande sal kan bly nie.
Onthou, waarop jou geestelike huis gebou moet wees.
Wanneer Jesus Sy koningskap oor hierdie aarde
aanvaar, maak die vrou van die Lam haar gereed vir
die Bruilof.
Johannes beskryf die wederkoms vanuit ‘n hemelse oogpunt in
Openbaring 19 - Hy hoor die stemme van ‘n groot menigte en
soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk
donderslae wat sê: “Halleluja! want die Here God, die
Almagtige, het die koningskap aanvaar”.
Watse koningskap gaan Jesus dan hier aanvaar as Hy
alreeds Koning van ons harte is? Met Sy eerste koms as die
Lam van God wat vir ons geslag was, het die Israeliete gedink
Hy gaan die Romeinse Ryk omverwerp en koningskap aanvaar
oor Israel. Ons weet natuurlik dat dit nooit gebeur het nie.
Eers met Sy tweede koms is Hy bestem om die koningskap te
aanvaar en oor hierdie hele aarde te heers.
“Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die
heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy
vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed
te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die
regverdige dade van die heiliges...salig is die wat genooi is na
die bruilofsmaal van die Lam”. Eers met die wederkoms van
[130]
Jesus Christus, maak die vrou van die Lam haar gereed vir die
bruilof. Maar volgens die “geheime wegraping” vind hierdie
bruilof al voor die groot verdrukking plaas.
“Toe het ek die hemel geopend gesien en daar was ‘n wit
perd en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig
en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos
‘n vuurvlam en op sy hoof was baie krone en Hy het ‘n Naam
wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self”. En Hy
was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was en sy Naam
is: “Seun van God”. En die leërs in die hemel het Hom gevolg
op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
Hoe moet ons as kinders van God wag op ons
Bruidegom? Luk 12:35 – 40. “Laat julle heupe omgord
wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos
mense wat op hulle heer wag
wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir
hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is daardie
diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom.
Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel
laat gaan en hulle kom bedien. Julle moet dan ook gereed
wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit
nie verwag nie”. Ons Heer moet ons gereed en wakker vind,
ons heupe omgord en ons lampe aan die brand. Dan sal Hy ons
omgord, ons aan tafel laat gaan en ons bedien.
Kom ons staan vas in die waarheid, wat die Woord van
God ons leer en verwerp hierdie mensgemaakte leerstelling.
Die Christene wat dit aanhang, het nog nie werklik intens die
Woord van God bestudeer en hierdie leerstelling getoets aan
die Woord van God nie. Kom ons keer ons ore af van hierdie
fabel en gryp die waarheid van God se Woord aan. Jeremia
23:16 – “So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die
woorde van die profete wat vir julle profeteer nie, hulle vervul
[131]
julle met ydele verwagtinge, gesigte uit hul eie hart verkondig
hulle, nie uit die mond van die Here nie.
Soos ons reeds opgemerk het, leer die Bybel ons duidelik
dat Jesus Christus die tweede keer, as Ruiter op die wit perd,
in heerlike majesteit, oorwinnend en met groot krag gaan
terugkeer na hierdie aarde toe. Die Here sal duidelik sigbaar
wees vir almal in hierdie lewe, niemand gaan dit mis nie en
almal gaan deel wees daarvan. Of dit nou al die heiliges uit ‘n
hemelse oogpunt saam met die Here gaan wees en of dit nou uit
verskrikking gaan wees vir die ongelowige goddelose mense op
die aarde. Baie mense sal uitroep: “Berge val op ons, heuwels
bedek ons!”
Die regverdige sal bymekaar gemaak word om die Here in
die lug te ontmoet, saam met die ontslapenes, wat opgestaan
het, terwyl die bose verslaan sal word deur die glans van Sy
koms en deur die asem van Sy mond. Laat ons, ons Bybels self
deeglik bestudeer sodat ons nie mislei word nie. Ons het
hierdie wonderlike hoop vir die toekoms - Die wonderlike
wederkoms van onse Here Jesus Christus na hierdie aarde toe!
[132]
Afdeling 2
Die tyd van U toorn het gekom om die verderwers van die aarde te verdelg, die
slag van Armagéddon! Openbaring 16:14-17 - “Want dit is geeste van duiwels wat
tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die
hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie
groot dag van die almagtige God. Kyk, Ek kom soos ‘n dief.
Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien
naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. En hulle het hul
versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word
Armagéddon”. In bogenoemde Skrifvers, net voor die slag van
Armagéddon, tussen die sesde en sewende laaste plae wat vol
van die grimmigheid van God is, waarsku Jesus Sy kinders
weereens om te waak en hulle klere te bewaar en nie naak rond
te loop nie.
“Kyk, Ek kom soos ‘n dief in die nag en as jy dan nie
wakker is nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief en jy sal nie weet
in watter uur Ek op jou afkom nie”. Ons moet dan gereed wees,
omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur wanneer die wêreld
dit nie sal verwag nie. Party mense is geneig om sonder klere te
gaan slaap en dan wanneer hulle skielik oorval word, word dit
bevind dat hulle naak is, dan sien mense hulle skaamte. Net so
moet ons ook waak en nie aan die slaap gevind word nie en as
ons te laat wakker skrik miskien naak rondloop en die wêreld
ons skaamte sien nie.
As die “geheime wegraping” dan alreeds plaasgevind het,
waarom rig Johannes weereens hierdie waarskuwing aan die
Kerk wat alreeds deur ander Apostels ook gedoen is en dit net
voor die slag van Armagéddon? U kan self hier sien dat Jesus
[133]
in 'n gesprek met die Kerk is! En dit terwyl die laaste sewe plae
uitgestort word, net voor die slag van Armagéddon en Jesus
Christus het nog nie gekom soos 'n dief in die nag nie. Hy sal
kom soos 'n dief in die nag vir die wêreld,
met die slag van Armagéddon en terselftertyd gaan Hy ook kom
om Sy uitverkorenes te versamel.
Die dag van die Here.
Die wederkoms van Jesus word ook beskryf as die dag van die
Here. Weereens wys hierdie skrifversie op twee gebeurtenisse.
Mal 4:1 – 3. 1) “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n
oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid
bedrywe, ‘n stoppel wees en die dag wat kom, sal hulle aan die
brand steek, sê die HERE van die leërskare, sodat dit vir hulle
geen wortel of tak sal oorlaat nie. 2) Maar vir julle wat my
Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal
genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel
soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap,
want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat
Ek skep, sê die HERE van die leërskare.”
Joël profeteer ook van hierdie groot dag van die HERE -
“Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en
angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van
duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag, ‘n dag
van basuingeklank en krygsgeskreeu”.
Kyk wat gebeur wanneer Die Lam die sesde seël oopmaak:
“En daar was ‘n groot aardbewing en die son het swart geword
soos ‘n harige sak en die maan het geword soos bloed en die
sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom
wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval en die
hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word en al die
berge en eilande is uit hulle plekke versit en die konings van die
aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en
die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle
[134]
weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge en vir
die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die
aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van
die Lam, want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie
kan bestaan?”
“Huil julle, want die dag van die HERE is naby, hy kom as
‘n verwoesting van die Almagtige. Daarom word al die hande
slap en elke mensehart versmelt en hulle is verskrik, kry
krampe en weë, hulle krimp inmekaar soos een wat baar en die
een kyk die ander verbaas aan, hulle gesigte is vlammende
gesigte”. Hier sien ons dan, dat die wêreld deur Jesus se koms
oorval word soos barensweë ‘n barensvrou oorval. “Kyk, die
dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en
toorngloed, om die aarde ‘n woestyn te maak en sy sondaars
daaruit te verdelg”.
“Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van
Jósafat, want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies
rondom. Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want
die parskuip is vol, die kuipe loop oor!”
“Want hulle boosheid is groot. Menigtes, menigtes in die
dal van beslissing, (Armagéddon), want naby is die dag van die
HERE in die dal van beslissing! Die HERE brul uit Sion en uit
Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar
die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die
kinders van Israel.”
Die tyd het aangebreek vir die volheid van die heidene
en die redding van Israel.
“In die ganse land, spreek die HERE, twee-derdes sal daarin
uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. Dan
sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n
mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Dan
sal hulle my Naam aanroep en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit
[135]
is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God! Daarna sal Ek
terugkom, (die wederkoms van Jesus) en die vervalle hut van
Dawid weer oprig en wat daarvan verwoes is,
sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die
mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam
uitgeroep is,” spreek die Here wat al hierdie dinge doen”.
Ons sien hier dat die volheid van die heidene aangebreek
het, by die wederkoms van Jesus Christus, wanneer die eerste
opstanding van die heiliges plaasgevind het met die vereniging
van al die heiliges wat nog op aarde is en nie voor die tyd nie.
Dan sal die Here ‘n toevlug en ‘n skuilplek vir die kinders van
Israel wees. Paulus praat ook van hierdie verborgenheid...dat
die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid
van die heidene ingegaan het en so sal die hele Israel gered
word.
“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie
verborgenheid nie moet weet nie…dat die verharding ten dele
oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene
ingegaan het en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe
is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van
Jakob afwend en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek
hulle sondes wegneem. Maar oor die huis van Dawid en oor die
inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en
smekinge en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het
en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n
enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik
ween oor ‘n eersgebore kind.”
In die boonste skrifgedeeltes sien ons dat die volk Israel
met die wederkoms van Jesus Christus na Hom sal opsien, selfs
hulle wat Jesus aan die kruis van Golgota deurboor het. Met Sy
eerste koms na hierdie aarde toe, het hulle Jesus nie herken as
hulle Messias nie en hulle het Hom gekruisig. Met Sy tweede
koms, rouklaag en ween hulle oor Hom, omdat hulle dan eers
[136]
besef dat Hy die hele tyd hulle Messias was, wat hulle verwerp
het. Hulle ween dan bitterlik oor Jesus as die eersgebore kind
wat hulle nie aanvaar het met Sy geboorte nie. Dan eers
aanvaar hulle Hom as die Messias wat gesterf het vir hulle
sondes!
Hy word dan eers hulle Redder, Verlosser en Saligmaker,
want hulle Verlosser sal uit Sion kom om al hulle sondes weg te
neem en hulle te red van ondergang as ‘n volk. Dan eers word
die verharding van hulle harte weggeneem en so sal die hele
Israel as volk gered word.
Opsomming:
Fisies sal die volk Israel dan gered word van al die nasies wat
teen hulle opgetrek het om teen hulle oorlog te voer. Hulle
word ook geestelik deur die bloed van Jesus gered, net soos alle
sondaars wat Jesus aangeneem het, redding deelagtig geword
het. Tydens die groot verdrukking erken hulle Jesus nog nie as
hulle Verlosser nie. Daarom weet ons dan dat hulle nog harte
van klip het, want net Jesus kan met wedergeboorte, wanneer
hulle Hom aanneem as hulle Verlosser, hulle klipharte uithaal
en vir hulle ‘n vleeshart gee om Hom lief te hê en te dien as
hulle God.
Slag van Armagéddon
Met die slag van Armagéddon sal die HERE God kom. Hy sal al
die heiliges saam met Hom bring en die HERE sal uittrek en
stryd voer teen dié nasies soos op die dag van Sy stryd, die dag
van oorlog! Die “dier” en die konings van die aarde sal hulle
leërs versamel om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd
sit, en teen sy leër, al die heiliges van God.
Jesus se voete sal dan op die Olyfberg staan wat voor
Jerusalem lê, aan die oostekant en die Olyfberg sal middeldeur
gesplyt word van oos na wes, tot ‘n baie groot dal en die een
[137]
helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte
na die suide. Israel sal vlug in die dal van my berge...dit sal ‘n
enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen
nag nie, die son sal verduister word en die maan sal sy glans nie
gee nie, maar teen die aand sal dit lig word.
Die HERE sal dan brul uit die hoogte en sy stem verhef uit
sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek, soos
druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die
inwoners van die aarde. Die “druiweoes” word nou afgehaal.
“Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want
die HERE het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle
vlees...Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ‘n groot storm
word opgewek uit die agterhoeke van die aarde. Ook sal Ek in
dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem
aankom, te verdelg.” Ons moet vir die vrede van Israel bid en
hulle seen.
Want dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die
volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: “Hy
sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan
en hulle oë sal wegteer in hulle holtes en hulle tong wegteer in
hulle mond. En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die
HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander
sal gryp en die hand van die een hom sal verhef teen die hand
van die ander.”
“Uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies
daarmee te slaan en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer en Hy
trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die
toorn van God, die Almagtige.” En Hy dra op sy kleed en op sy
heup die Naam wat geskrywe is:
“Die Koning van die konings en die Here van die here".
“Want die toorn van die HERE is oor al die nasies en
grimmigheid oor al hulle leërskare, Hy het hulle met die
banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word. En
[138]
hulle gesneuweldes sal weggewerp word en die stank van hulle
lyke gaan op en die berge smelt van hulle bloed en al die
leërskare van die hemel vergaan…”
“Die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die
een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde en ‘n
engel wat staan in die son het met ‘n groot stem uitgeroep en vir
al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom
hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
dat julle kan eet die vlees van konings….en al die voëls is
versadig van hulle vlees….hulle sal nie beklaag of versamel of
begrawe word nie, hulle sal mis op die aarde wees.”
“Die dier is gevange geneem en saam met hom die valse
profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het,
waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang
en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die
vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met
die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit”.
Dis hoe die slag van Armagéddon dan eindig, met die
vernietiging van die dier en die valse profeet wat lewend, in die
poel van vuur gewerp word wat brand met swawel tot in alle
ewigheid! Daarna word die Satan vir ‘n duisend jaar gebind.
[139]
Afdeling 3
Loon sal gegee word aan diensknegte, die heiliges en aan die wat Jesus se
Naam vrees. Jesaja 3:10–11 - “Sê van die regverdige dat dit met hom goed
sal gaan, want die vrug van hul handelinge sal hulle eet. Wee
die goddelose! Met hom gaan dit sleg, want wat sy hande
gewerk het, sal hom aangedoen word”. Wat ons saai op hierdie
aarde gaan ons eendag maai as Jesus met Sy wederkoms
terugkeer na hierdie aarde toe. Jesus self sê: “Ek kom gou, en
my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees”.
Wat presies is die regterstoel van Christus?
Die Here het voor sy regterstoel ‘n afspraak met diegene wat
aan Hom behoort. Dus het alle Christene ‘n afspraak met die
Here voor Sy regterstoel, of hulle goeie diensknegte was of nie.
Sommige sal loon ontvang, terwyl ander met leë hande daar sal
staan – moet ek gaan met leë hande, moet ek so my Heer
ontmoet? Die feit bly dat die Here se diensknegte rekenskap
van al hulle dade sal moet gee.
Paulus sê aan die gemeente in Korinthe: “Want ons moet
almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen
kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy
gedoen het, of dit goed of kwaad is”. Die woord “kwaad” en
“nutteloos” kan in een asem genoem word. Daar gaan baie
werke wees wat Christene gedoen het, maar dit gaan op dié dag
blyk nutteloos te wees, want dit gaan geen ewigheidswaarde hê
nie. Die Here Jesus sê aan elke gemeente: “Ek ken jou werke…”
Hy gaan elkeen volgens sy eie werke vergeld, of dit goed of
nutteloos was.
[140]
Aan die Christene in Rome rig Paulus dieselfde boodskap:
“Ons sal almal as gelowiges voor die Regterstoel van Christus
gestel word, want sê die Here, voor My sal elke knie buig en
elke tong sal God bely”. So sal elkeen van ons dan aan God
rekenskap moet gee, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman was. “Sodat
elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, omdat
julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy gedoen het, loon van
die Here sal ontvang”.
Aan die Korinthiërs verduidelik Paulus in veel meer
besonderhede, hoe die werke van gelowiges aan God se
vuurproef onderwerp sal word. Hieruit blyk dit duidelik dat dit
ons geloofs- werke is, wat ná ons bekering gedoen word, omdat
dit op die Rots, Jesus Christus gebou word. Die werke van
sommige Christene sal egter verwerplik wees omdat dit vleeslik
was. In die lig hiervan stel Paulus dit baie duidelik aan ons.
As medewerkers van God het ons ‘n besliste taak om in
die koninkryk van God te verrig. Ons moet egter versigtig wees
hoe ons dit doen – nie op ons manier soos ons wil, deur die
werke van die vlees nie, maar deur die krag van die Heilige
Gees.
“Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen
sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons
is medewerkers van God, die akker van God, die gebou van
God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is,
het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê en ‘n
ander bou daarop, maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is
nie, dit is Jesus Christus.”
“As iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare
stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom,
want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar
gemaak word en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel,
hoedanig dit is.
[141]
As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal
hy loon ontvang en as iemand se werk verbrand word, sal hy
skade ly, alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur
heen.” As medewekers van God sal ons elkeen loon ontvang vir
wat ons op die fondament, Jesus Christus, gebou het.
Was dit goud, silwer of kosbare stene, sal ons loon
ontvang. As dit hout, hooi of stoppels is waarmee ons gebou
het, sal dit deur vuur verbrand word en ons sal dan net self
gered word, sonder enige loon. Goud, silwer of kosbare stene
het ewigheidswaarde en word deur die Heilige Gees beoefen,
maar hout, hooi en stoppels het nie veel waarde nie, dis werke
van die vlees wat nie gaan standhou wanneer jy voor Jesus
Christus gaan staan nie. Nadat God se vuur deur jou werke
gebrand het, sal jy sien hoeveel het oorgebly, waarvoor jy
dan loon gaan ontvang.
Die Here sê dat Hy sy kinders se werke ken en aan hulle
genadeloon sal gee wanneer Hy weer kom. Kort nadat ons deur
die Gees weggevoer word, die Here tegemoet in die lug met ons
verheerlikte liggame, sal ons ook by die regterstoel van Christus
krone vir getroue diens verkry. Ons moet onsself beywer om
dié werke te doen wat vir die Here wel behaaglik is en waarvoor
Hy ook krone sal toeken. Dan weet ons dat ons lewe op aarde
nie tevergeefs was nie, maar deur die krag van die Heilige Gees,
werke opgelewer het wat ewigheidswaarde het. Ons moet
ons skatte bymekaar maak waar mot en roes nie kan kom nie,
want dan bou ons op goud, silwer en kosbare stene.
Jesus vertel ook die volgende verhaal om te verduidelik
hoe ons beloning bepaal gaan word: ‘n Man van hoë geboorte
het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te
ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy
diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle:
“Dryf handel daarmee totdat ek kom.” En toe hy terugkom, het
[142]
hy hierdie diensknegte laat kom sodat hulle kon rekeningskap
gee van die handel van die ponde.
Wanneer ontvang Jesus dan Sy koningskap hier op
aarde?
“Toe die sewende engel sy basuin blaas, die sewende basuin,
was daar groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van
die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy
Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.”
Die eerste dienskneg het verskyn en gesê: “Meneer, u
pond het tien ponde wins gemaak. Hy sê vir hom: Mooi so,
goeie dienskneg, omdat jy in die minste getrou gewees het,
moet jy gesag hê oor tien stede”...die volgende dienskneg het
vyf ponde wins gemaak en hy is aangestel oor vyf stede maar
die laaste dienskneg sê: “Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n
doek weggesit het, want ek was bang vir u…u maai wat u nie
gesaai het nie”.
Toe sê hy vir hom: “Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte
dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat
wegneem wat ek nie uitgesit het nie en maai wat ek nie gesaai
het nie…” En aan die wat daarby staan, sê hy: “Neem die pond
van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het” — en
hulle sê vir hom: “Meneer, hy het tien ponde….Aan elkeen wat
het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal
weggeneem word ook wat hy het.”
Ons sien in hierdie gelykenis dat Jesus van Homself praat
en oor wanneer Hy die koningskap gaan aanvaar om op hierdie
aarde te kom regeer. Hy gee aan al Sy diensknegte dieselfde
gelyke voordele. Wanneer Hy terugkom met Sy wederkoms, sal
almal verantwoording moet doen vir hulle tyd op aarde en hoe
hulle dit spandeer het. As jy in die minste getrou was in hierdie
lewe, sal Hy jou aanstel oor meer in die toekomstige lewe!
[143]
Almal van ons kry elke dag by die Here 24 uur om
daarmee te maak soos ons wil. Party van ons het baie tyd
uitgekoop vir die Here en ander het weer minder tyd vir die
Here gemaak. Maak nie saak hoe ons Hom dien nie, ons moet
tyd uitkoop vir die Here in ons allerdaagse bestaan. Die een
wat tien ponde wins gemaak het, sal oor tien stede aangestel
word, die een wat vyf ponde wins gemaak het, sal oor vyf stede
aangestel word.
So sal ons, ons beloning ontvang wanneer ons saam met
Jesus gaan regeer in die duisendjarige-vrederyk. Die woorde
wat ons almal graag sal wil hoor is: “Mooi so, goeie en getroue
dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor vele sal ek jou aanstel.
Gaan in in die vreugde van jou heer”.
Geliefde kind van God – Die Seun van die mens staan
gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom
en dan sal Hy elkeen van ons vergeld volgens ons dade -
Matthéüs 16:27. Die verstandiges sal glinster soos die glans
van die uitspansel en die wat baie tot regverdigheid gelei het,
soos die sterre vir ewig en altoos. Hoeveel tyd koop jy uit vir die
Here? Ons almal sal voor die Regterstoel van Christus moet
verskyn, waar elke ware gelowige 'n afspraak met Jesus
Christus het en waar genadeloon vir getroue diens toegeken sal
word.
Onthou mensekind, dat die lewe wat jy hier op aarde lewe
is aan jou gegee deur die Here en of jy dit nou glo of nie, daar
sal ‘n dag kom wat jy sal moet rekenskap gee teenoor God wat
jou geskape het. Hy het jou nie sonder ‘n doel, vir jou lewe hier
op aarde geplaas nie. Met die goddelose sal dit baie sleg gaan,
want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word in die
dag van oordeel.
[144]
Afdeling 4
Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die wêreld:
Die Duisendjarige Vrederyk Die sewende engel het geblaas en daar was groot stemme in die
hemel wat sê: “Die koninkryke van die wêreld het die eiendom
van onse Here geword en van sy Christus en Hy sal as Koning
heers tot in alle ewigheid…Ons dank U, Here God, Almagtige,
wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en
as koning geheers het.”
Jesaja 25:6–9 - “En die HERE van die leërskare sal op
hierdie berg, vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n
maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou
wyn. En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier
wat al die volke omsluier en die omhulsel waarmee al die nasies
bedek is”.
Die mag van misleiding waarmee die Antichris en die valse
profeet die wêreld mee mislei het word deur Jesus vernietig met
Sy koms. Die uitgespreide sluier waarmee die nasies besluier
was en die omhulsel wat hulle bedek het, word finaal vernietig.
“Hy sal die dood vir ewig vernietig en die Here HERE sal
die trane van alle aangesigte afvee en Hy sal die smaad van sy
volk van die hele aarde af wegneem, want die HERE het dit
gespreek. En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie
ons gewag het, dat Hy ons kan verlos, dit is die HERE op wie
ons gewag het, laat ons juig en bly wees oor sy hulp.”
Jesus se wederkoms gaan dus gepaard met die redding van
al die uitverkorenes. Onse Here Jesus Christus, op wie ons
gewag het, verlos ons uit die hand van ons vyande. Want Hy
sal ons verligting gee van die verdrukkinge waarin ons sal wees,
[145]
met die groot verdrukking en ons sal juig en bly wees oor
Sy hulp, want ons nood sal groot wees. Hy sal dan die dood vir
ewig vernietig, met die opstanding van al die heiliges en die
Here self sal die trane van alle aangesigte afvee, nie in die hemel
soos geglo word nie, maar hier op aarde en Hy sal die smaad
van sy kinders af wegneem, waarmee al die nasies hulle
gesmaad het.
Dit alles vind plaas met die slag van Armagéddon, die
finale uitstorting van God se toorn op die goddelose, gevolg
deur die duisend jaar van vrede en rus hier op ons pragtige
planeet aarde. Want ons weet dat die hele skepping tesame
sug en tesame in barensnood is…Want selfs die skepping wag
met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die
kinders van God...in die hoop dat ook die skepping self
vrygemaak sal word van die slawerny, van die verganklikheid
tot die vryheid, van die heerlikheid van die kinders van God.
Daar is dan talle profesieë in die Woord oor hierdie toekomstige
tydperk van ongekende rus, vrede en voorspoed, met die stad
Jerusalem as fokuspunt.
Kom ons kyk wie gaan saam met Jesus in hierdie
tydperk regeer:
“Johannes het die siele gesien van die wat onthoof is oor die
getuienis van Jesus en oor die Woord van God. Die wat die
“dier” en sy beeld nie aanbid het nie en die merk op hulle
voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie, hulle het geleef
en as konings regeer saam met Christus die duisend jaar lank”.
Al die martelare wat vir Jesus gesterwe het, vorm deel van al
die Christene wat as konings saam met Jesus gaan regeer.
Maar ons wat in die lewe oorbly en eers verander word by
Sy wederkoms, gaan ons ook saam met Jesus heers? Aan hom
wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, m.a.w. die
groot verdrukking oorleef, sal Ek mag oor die nasies gee en die
[146]
heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang en
hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in
alle ewigheid.
Wanneer die verganklike dan met die onverganklikheid
beklee word en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike
liggaam beklee word by die wederkoms, gaan ons Hom
tegemoet in die lug en sal ons vir altyd by Hom wees. Nêrens in
die Bybel vind ons dat die Bruilof van die Lam in die hemel
gaan plaasvind tydens die groot verdrukking hier op aarde nie.
Wanneer Jesus Sy koningskap hier op aarde aanvaar, dan
eers maak die Bruid haar gereed vir die bruilof van die Lam.
Ons kan dan uit die Woord van God aflei dat die bruilof van die
Lam, die begin van die duisendjarige-vrederyk gaan inlei.
In Daniël 7:21 -22 sien ons ook hoedat hierdie horing, die
“dier”, oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin. Die Oue
van dae gaan kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg
verskaf en op die bepaalde tyd sal die heiliges saam met Jesus
Sy koninkryk op aarde in besit neem.
Wat sien Daniël hier?
1. Dat die “dier” oorlog voer teen die heiliges en hulle
oorwin totdat:
2. Die Here aan die heiliges reg verskaf en tot hulle
redding kom,
3. Die tyd het gekom dat die heiliges die koninkryk op
aarde (nie in die hemel nie), in besit neem.
In Daniël 2 het Koning Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat
sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.
Niemand kon sy droom uitlê nie, maar Daniel het die Here
aangeroep en daarop is in ‘n naggesig, die geheim aan hom
geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.
Ek gaan net ‘n gedeelte van die droom bespreek maar
gaan lees asseblief self die hele droom - “U het gekyk totdat
daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die
[147]
beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit
fyngestamp het. Toe is tergelykertyd die yster, die klei, die
koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf
geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem,
sodat daar geen spoor van gevind is nie, maar die klip wat die
beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde
gevul het.”
Wat is die uitleg van hierdie gedeelte? “Maar in die dae
van dié konings sal die God van die hemel ‘n
koninkryk(waarvan Jesus die koning is) verwek wat in
ewigheid nie vernietig sal word nie en die heerskappy daarvan
sal aan geen ander volk oorgelaat word nie, dit sal al daardie
koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self
sal dit vir ewig bestaan.
Die beeld stel al die koninkryke op aarde voor wat heers -
van die goue hoof wat die heerskappy van Koning
Nebukadnésar was, tot die laaste regering wat gedeeltelik voete
het van klei en yster, wat in die laaste dae die regering van die
Antichris sal wees.
Maar in die dae van die Romeinse ryk het Jesus ‘n
koninkryk op aarde kom verwek wat tot in ewigheid nie
vernietig sal word nie – ware christene. Petrus verklaar dat
Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God en op
hierdie Rots, Jesus die Christus, sal Ek my gemeente bou –
die klip het klein begin maar al hoe groter geword todat dit
die aarde gevul het.
Dit het nie hemel toe gegaan en weer terug gekom
aarde toe nie en die klip het sonder die toedoen van
mensehande losraak en die beeld tref. Die poorte van die
doderyk sal dit nie kan oorweldig nie en die heerskappy
daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie.
[148]
Hierdie klip of rots – is dan die fondasie, Jesus Christus
waarop die Here sy gemeente gebou het, hulle het al die
koninkryke verbrysel en ‘n einde daaraan gemaak. Die
koninkryke wat Hy getref het, het soos kaf geword en die
wind het dit weggeneem sodat daar niks van oorgebly het op
die aarde nie. Maar self het dit ‘n groot rots geword wat die
hele aarde gevul het en dit sal vir ewig voort bestaan.
Opsomming van skrifgedeelte:
Hierdie Rots is dus die Here self wat gaan kom met sy
heilige tien duisendtalle, die wat in Christus ontslaap het,
asook die wat in die lewe oorgebly het, saam sal almal met
verheerlikte liggame, die Here tegemoet gaan in die lug by
Sy wederkoms. Wanneer Jesus dan oorlog voer met die “dier”
en die valse profeet en hulle oorwin, sal al die koninkryke die
eiendom van onse Here Jesus Christus word en hierdie Rots
sal die hele aarde vul.
Daniël sien ook in naggesigte hoe die koningskap van
die volke en nasies aan Jesus gegee word: “Kyk, met die wolke
van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens,
(Jesus se wederkoms) en Hy het gekom tot by die Oue van
dae en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom
is gegee heerskappy en eer en koningskap en al die volke en
nasies en tale het Hom vereer, sy heerskappy is ‘n ewige
heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat
nie vernietig sal word nie.”
Prys die Here, ons het deel aan hierdie koningskap, want
ons gaan as konings saam met Hom regeer vir ‘n duisend jaar
lank. Baie mense beny die glansryke lewe van konings en
prinse in hierdie lewe, maar eendag gaan ons deel hê aan ‘n
Koninkryk hier op aarde, wat ver verhewe is bo dit wat enige
koning nou op aarde kan besit of beleef.
[149]
God het vir die wat Hom liefhet, berei ver bo dit wat ons
kan bid, dink, droom of vra. Hou net vas aan die ewige Koning
van Konings, want sy koninkryk sal bestaan tot in alle ewigheid
en Hy sal Koning wees oor die hele aarde.
“Dan sal die HERE Koning wees oor die hele aarde…En
baie nasies sal hulle in dié dag by die HERE aansluit, en hulle
sal My tot ‘n volk wees en Ek sal in hulle midde woon. Want
dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal
die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige
skouer sal dien. Die huis van die HERE sal vasstaan op die top
van die berge en verhewe wees bo die heuwels en al die nasies
sal daarheen toestroom”.
Baie volke sal heengaan en sê: “Kom laat ons optrek na
die berg van die HERE…want uit Sion sal die wet uitgaan en die
woord van die HERE uit Jerusalem en laat ons wandel in die lig
van die HERE! Hy sal ons sy weë leer en ons sal in sy paaie
wandel en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees en die
afgode sal geheel en al verdwyn”. Prys Sy Naam, ‘n
samelewing sonder enige afgode, wat ‘n wonderlike vooruitsig!
Al die nasies sal een God aanbid en Hom alleen dien, daar
sal eenheid en ongekende vrede heers, want die duiwel sal
gebind wees en mense sal vry wees om Jesus Christus te aanbid
met hulle hele hart.
“Hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese
snoeimesse, nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef
nie en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Dan wei
die wolf by die lam en die luiperd gaan lê by die bokkie en die
kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar en
‘n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei en
hulle kleintjies lê bymekaar en die leeu eet strooi soos die os
en die suigling speel by die gat van ‘n adder en die gespeende
kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.”
[150]
“Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele
heilige berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van
die HERE soos die waters die seebodem oordek. En in dié dag
sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n
banier van die volke en sy rusplek sal heerlik wees.” Het
hierdie wêreld al so ‘n tydperk op aarde beleef? Nee, sekerlik
nie, maar ons wat vashou aan die Here, sal vasstaan en oorwin,
om deel daarvan te wees en dit te beleef.
Sekere leerstellinge van mense leer dat ons alreeds in
hierdie vredetyd lewe, waar Christene uiteindelik op alle
vlakke van die wêreld gaan heers. As jy glo dat ons alreeds in
die vredestydperk leef, vat ‘n lammetjie en gaan sit hom by ‘n
leeu in ‘n hok, kyk dan wat gebeur, dit sal jou vinnig oortuig
van die waarheid. Ander verkondig weer dat dit nie gaan
gebeur nie, dat die duiwel en sy demone vir die duisend jaar
op die aarde, wat verwoes is na die slag van Armagéddon,
gebind sal wees, nie fisies nie, maar hulle sal net toegang
tot die aarde hê, nadat dit verwoes is.
Maar wat sê die Woord van God? “Die ootmoediges
daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot
vrede”. Hierdie tydperk sal gekenmerk word deur groot vrede,
daarom word dit die duisendjarige-vrederyk genoem. Vandat
die Satan toegang verkry het tot hierdie aarde deur Adam en
Eva, is daar nie sprake van vrede op hierdie aarde nie. Behalwe
as jy in Jesus Christus lewe natuurlik en jy Sy vrede in jou hart
ervaar, want Hy gee ons Sy ware vrede, nie vrede soos van
hierdie wêreld nie.
Die ootmoediges het dan nog nie die aarde op enige
noemens- waardige wyse beërwe nie. Daarom moet ons vir
die vervulling van hierdie belofte na ‘n toekomstige bedeling
kyk. Laat ek ook die woorde van Christus aanhaal: “Salig is die
sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe”.
[151]
Hoe? Waar? Wanneer? Dit kan ontmoontlik nie al gebeur
het nie, want dan sou Jesus al teruggekom het na die aarde toe
en ons weet nou al dat Sy koms alombekend gaan wees. Dit kan
sekerlik ook nie huidiglik wees nie, want daar is glad nie vrede
op aarde nie, al roep hulle ook “Vrede en Veiligheid!” en ook
omdat Jesus wat die Heerser van hierdie aarde gaan wees, nog
nêrens te siene is nie.
Wat het die sagmoediges in hierdie wêreld tot dusver
beërwe? Verdrukking, vlamme, pynbanke en tronke - veral in
die verlede. Op materiële gebied het die meerderheid van hulle
ook nie veel van ‘n erfenis in hierdie wêreld geniet nie.
Die skatte wat hulle bymekaar gemaak het, het wel hemelse
waarde gehad waar mot en roes dit nie sou verniel en verwoes
nie. Hulle was verlate, bedroef en gefolter, hulle het
rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle.
Wanneer die ootmoediges die aarde beërwe, sal dit
sekerlik in ‘n toekomstige bedeling moet wees, omdat hulle
tot dusver nog nie die aarde beërwe het nie. Maar die belofte
staan vas in Openbaring 5 - Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê:
“U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak...het
ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as
konings op die aarde heers”.
Dis duidelik dat die Satan steeds die god van hierdie
wêreld is wat rondloop soos ‘n brullende leeu om te kyk wie
hy kan verslind. Hierdie koninkryk soos ons dit vandag ken,
gaan seer sekerlik tot ‘n einde kom met die slag van
Armagéddon en dan eers sal die Satan gebind word. Johannes,
het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van
die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. “En hy het die draak
gegryp, die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het
hom gebind duisend jaar lank en hom in die afgrond gewerp en
hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie
meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie”.
[152]
Die Satan gaan gebind word, dan word hy toegesluit en
die plek van sy gevangenis word bo hom verseël. Hy word goed
weggebêre vir ‘n duisend jaar lank, sodat hy die nasies wat
oorbly na die slag van Armegéddon, nie meer sal kan verlei
totdat die duisend jaar voleindig is nie. Dankie tog, watter
wonderlike duisend jaar van vrede gaan dit nie wees vir die wat
in Christus lewe nie!
Alles werk ten goede mee vir ons almal wat Hom liefhet.
Onthou dit tog net in die toekoms, wanneer die lewens oseaan
rof raak en sy golwe jou wil oorweldig. Soos die spreekwoord
se: Dit gaan eers baie slegter raak in hierdie lewe voordat die
verlossing en oorwinnig oor die Antichris deur Christus Jesus
gaan kom, maar hou goeie moed, Hy kom!
Daar sal dan uiteindelik vrede op hierdie aarde wees. Wat
Adam en Eva prys gegee het voor die sondeval, sal ons sekerlik
in hierdie tydperk beleef, ook die natuur sal herstel word soos
dit in die Paradys was. Onthou, Paulus sê ook dat die skepping
self vrygemaak sal word van die slawerny van die
verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die
kinders van God. Want die hele skepping tesame sug en is
tesame in barensnood. Al die kinders van God en die natuur is
gesamelik in barensnood met die vervulling van die wederkoms
belofte.
Die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan
God van ouds af gespreek het, deur die mond van al sy heilige
profete, het gekom. Alles wat Adam dus verloor het in die
paradys, het die tweede Adam, Jesus Christus, herstel toe Hy
aan die kruis gesterwe het. Hyself het gesê: “Dis is volbring”.
Eerstens word mense versoen met God deur die kruisdood
van Jesus Christus en net soos Adam en Eva voor die sondeval,
kan ons ook met God wandel in ‘n persoonlike verhouding
wanneer ons Jesus aanneem as ons Verlosser, Redder en
Saligmaker. Ons is nie meer geestelik dood vanweë ons
[153]
misdade en sondes nie, ons is opgewek uit die dood en lewend
gemaak deur die Gees van God.
Tweedens sal ons liggame, met Jesus se wederkoms, in ‘n
oomblik verander word en sal ons met die onverganklike,
verheerlikte liggame beklee word, wat onsterflik sal wees. Die
dood wat deur sonde ingekom het is dan finaal oorwin!
Derdens sal hierdie aarde sal weer nuut gemaak word en
in ‘n paradys omskep word met Jesus as die Koning. Hy sal
deur alle nasies gedien en aanbid word, prys Sy heilige naam!
Wanneer die Apostels die gelowiges tot geduld,
arbeidsaamheid, hoop, volharding en heiligheid aanspoor, het
hulle ook gewoonlik iets oor die wederkoms van Jesus Christus
gesê: “Julle moet ook geduldig wees en versterk julle harte, dat
Hy aan julle mag gee, na die rykdom van sy heerlikheid, om met
krag versterk te word, deur sy Gees in die innerlike mens.
Want die wederkoms van die Here is naby en daarom
moet julle nie voor die tyd oordeel nie, voordat die Here kom
nie, wat die verborge dinge van die duisternis, in die lig sal
bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak en dan
sal elkeen lof (loon) van God ontvang. Hou as herders toesig
oor die kudde van God…En wanneer die Opperherder verskyn,
sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.”
Kom ons bemoedig mekaar dan met hierdie woorde, veral
omdat ons weet dat die dag van die Here sekerlik sal kom.
[154]
HOOFSTUK 10
Wie gaan van die aarde af weggeneem
word met die wederkoms en wie gaan
die aarde beërwe om saam met Jesus
daarop te woon? Lukas 17:34 – 37 - “Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar
twee op een bed wees, die een sal aangeneem en die ander
verlaat word”. 'n Baie bekende deel in die Bybel om hierdie
“geheime wegraping” te probeer staaf. As ek dan hierdie teorie
verwerp as onwaar, hoe verklaar ek dan hierdie Skrifvers
wat sê dat die een word aangeneem en die ander een word
agtergelaat? Kom ons kyk wat die Skrif sê:
“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die
Seun van die mens wees”
“Want net soos dit was in die dae voor die sondvloed toe
goddelose mense geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik
uitgegee is, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het en dit
nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal, (die
goddelose), weggevoer het nie, so sal ook die koms van die
Seun van die mens wees.” Wie is weggevoer van die aarde af?
“In daardie nag sal daar twee op een bed wees, die een sal
aangeneem en die ander verlaat word. Twee vroue sal saam
maal, die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Twee
sal op die land wees, die een sal aangeneem en die ander verlaat
word. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê
vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls
saamkom.”
[155]
Weereens kan die Afrikaanse verklaring verkeerd
geïnterpreteer word as die “geheime wegraping”. “Een sal
aangeneem word en die ander verlaat word...” Dit is een van
die Skrifversies wat verkeerdelik toegepas word as die “geheime
wegraping”. Kom ons kyk na die Engelse vertaling:
“I say to you, In that night two will be on one bed, the one
will be taken and the other will be left. Two will be grinding
together the one will be taken and the other will be left. Two
will be in the field, the one will be taken and the other will be
left. They asked him, “Where, Lord?” Jesus told them,
“Vultures will gather wherever there is a dead body.”
Ons moet verstaan dat hier ‘n vergelyking getref word
tussen die dae toe Noag geleef het voor die sondvloed en hoe
die mense vandag lewe voor die wederkoms van die Seun van
die mens. Dit sal weer wees soos in die dae van Noag,
die goddelose mense sal eet en drink, trou en in die huwelik
uitgegee word en nie verstaan dat volgens die tekens van
die tye, Jesus Christus se koms voor die deur is nie.
Ons sal nie die dag of die uur weet nie, maar Paulus sê dat
ons kinders van die dag en van die lig is en dat ons nie
onverhoeds deur die wederkoms betrap sal word nie. Die
sondaar en die vyf dwase maagde wat nie olie in hulle kanne
gehad het nie, sal oorval word soos barensweë ‘n barensvrou.
Twee sal saam maal, die een sal geneem word (nie aangeneem
word deur Jesus met die “geheime wegraping” nie) en die ander
sal agtergelaat word. Twee mans sal in die veld wees die een
sal geneem word en die ander sal agtergelaat word.
Die twee op een bed, twee vroue wat saam maal en twee
wat op die land werk en waarvan een geneem word en die
ander agtergelaat word, is dus ‘n manier om die oordeel van
God te verduidelik. Een word agtergelaat om saam met
Christus te regeer en die ander word geneem tydens die slag
van Armageddon vir die ewige dood.
[156]
M.a.w. tydens die wederkoms sal die dooies, wat deur die
dood weggevoer is, kos word vir die aasvoëls.
Die “geheime wegraping” leer dat die wat agtergelaat
word, op aarde sal bly en sewe jaar van verdrukking sal
deurgaan. Maar volgens die Skrif sal dit wees soos in Noag
se tyd voor die sondvloed gekom het. Die mense wat nie in
die ark was nie, is deur die dood weggeneem en hulle het in
hulle sondes gesterwe. Maar Noag, die prediker van
geregtigheid en sewe ander saam met hom, is bewaar toe
die Here die sondvloed oor die wêreld gebring het en alle
goddelose mense weggevoer het deur die dood.
Noag en sy gesin, altesaam agt siele, het dus behoue in
die ark agtergebly en het weer die aarde bewoon. Dit is juis dié
wat geneem word wat in die moeilikheid was. Die vloed was
veertig dae lank op die aarde en die waters het vermeerder
en die ark was opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
God se toorn word hier vir veertig dae lank oor die goddeloses
uitgestort en niemand het ontkom nie.
Die hele aarde was uiteindelik met water bedek en al sou
jy na die hoogste berg toe gevlug het, was daar geen ontkoming
aan die toorn van God nie. Diegene wat dus “geneem” word,
is juis dié wat nie gereed gaan wees wanneer Jesus Christus
kom nie. Hulle word deur die dood weggeneem net soos die
goddelose mense in Noag se tyd weggeneem was deur die vloed.
Let tog op dat die Apostels Jesus juis vra waar diegene is
wat geneem gaan word en waar hulle sal heengaan? Hulle
vra toe vir Hom: “Waar, Here?” En Jesus antwoord: “Waar die
liggaam lê daar sal die aasvoëls versamel word”. Hulle word
weggeneem deur die dood van hierdie aarde af en hulle dooie
liggame sal ‘n feesmaal vir die aasvoëls word, net soos dit
in Openbaring 19 voorspel word.
“Ek het een engel sien staan in die son en hy het met ‘n
groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel
[157]
van die lug vlieg, kom hierheen en versamel julle tot die
maaltyd van die grote God, dat julle kan eet die vlees van
konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van
sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die
vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.”
Die oestyd van die wêreld gaan eers aan die voleinding
van die wêreld wees!
Kom ons kyk wie gaan uitgeroei en weggeneem word van
hierdie aarde af en wie gaan oorbly. “Want die kwaaddoeners
sal uitgeroei word, maar die wat die HERE verwag…die
regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon”.
Ons sien in verskeie Skrifverse dat die kwaaddoeners of
sondaars die onkruid is wat uitgeroei gaan word, maar die
regverdiges sal die aarde besit en hulle gaan dus nêrens heen
nie. Onthou die beeld van Nebukadnésar bevestig dit - Die
klein klippie word ‘n groot rots wat die aarde vul.
Matthéüs 13 verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid
in die saailand: Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Hy
wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die
saailand is die wêreld. Die goeie saad is die kinders van die
Koninkryk en die onkruid is die kinders van die Bose en die
vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding
van die hierdie wêreld soos ons dit nou ken en die maaiers is
die engele.
Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur
verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie
wêreld, die Seun van die mens sal sy engele uitstuur en hulle
sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die
wat die ongeregtigheid doen en hulle sal in die vuuroond
gegooi word. “Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van
hulle Vader”.
[158]
Die onkruid is dus die kinders van die Bose - “Wil u dan hê
dat ons die onkruid moet gaan bymekaarmaak? Nee, dat julle
nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring
daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes
toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die
onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand,
maar bring die koring bymekaar in my skuur”.
Hier sien ons dat niemand nêrens heen gaan nie, almal bly
op hierdie aarde tot aan die voleinding van hierdie wêreld
wanneer die oestyd aanbreek. Sodat wanneer die engele die
onkruid uittrek, hulle nie daarmee saam die koring ook uittrek
nie. Altwee oeste moet saam groei tot aan die voleinding van
die wêreld toe en die onkruid word eerste bymekaar gemaak en
met vuur verbrand en dan word die koring in die skuur
bymekaar gebring - Die aanbreek van die duisendjarige-
vrederyk.
So sal dit dan ook in daardie laaste dae wees. Wanneer die
oordeel van God op die aarde losbars in die laaste drama van
die eeue met die wederkoms, sal die onkruid eers bymekaar
gemaak en met vuur verbrand word. Onthou dis die wat
geneem word in die bed by die meul en op die land.
Die regverdiges sal onaangeraak bly en vir Jesus in die
lug ontmoet met onverganklike liggame by die wederkoms van
Jesus Christus en hulle sal die aarde beërwe en saam met
Christus daarop heers vir ‘n duisend jaar lank.
Matthéüs 13:47 – 50 - “Verder is die koninkryk van die
hemele ook soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke
soort bymekaarbring word en as dit vol geword het, trek hulle
dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke
bymekaar, maar gooi die slegtes weg”. So sal dit wees in die
voleinding van die wêreld, die engele sal uitgaan en die slegte
mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die
vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
[159]
Die slegte mense of dan die onkruid, word dan aan die
einde van die wêreld weggeneem – “Saamskraap, wegraap sal
Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE. Ek sal
wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel
en die visse van die see en die struikelblokke saam met die
goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af
weg, spreek die HERE.”
“Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie en hulle sal
skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader, maar die
goddelose sal in die land nie bly woon nie, maar uitgetrek en in
die vuuroond gegooi word. Want die opregtes sal die land
bewoon en die regskapenes daarin oorbly, maar die goddelose
sal uit die land uitgeroei en die ontroues sal daaruit weggeruk
word.”
Hier is genoeg Skrifverse (lys aan die einde van die boek),
wat vir ons wys dat die Seun van die mens, die mensdom in
twee groepe gaan verdeel. Daar sal dus twee oeste wees:
Diegene wat geoordeel word en weggeneem word. Dan diegene
wat oorbly op die aarde na die slag van Armagéddon, wat dan
gaan leef om saam met Jesus Christus te regeer.
Hoe lyk die aarde na die slag van Armagéddon?
Jesaja 24 - “Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit,
en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer,
die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper,
die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar. Die
aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder,
want die HERE het hierdie woord gespreek.”
“Die aarde treur, dit verwelk, die wêreld versmag, dit
verwelk en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners, want hulle
het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige
[160]
verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet
sy bewoners boet, daarom word die bewoners van die aarde
deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor. Die mos treur,
die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.”
“Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van
die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!
Hulle drink geen wyn onder gesang nie, die sterk drank
smaak bitter vir die wat dit drink. Verbreek is die verlate
vesting, al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar
kan inkom nie.”
“Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate, al die
vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is
verban. Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting en die
poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan. Want so sal dit wees
op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe,
soos by die na-oes as die druiweoes verby is”. Die druiweoes,
afhaal van die goddeloses, wat verby is, is na die slag van
Armagéddon.
Die Glorieryke Koninkryk op aarde waarvan Jesus die
Koning van alle Konings sal wees:
“Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel, vanweë die majesteit
van die HERE en juig hulle van die see af. Daarom, eer die
HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die
Naam van die HERE, die God van Israel! Van die einde van die
aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige!”
“Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot
die HERE bekeer en al die geslagte van die nasies sal voor U
aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE,
en Hy heers oor die nasies. Die koninkryke van die wêreld het
die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy
sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” Amen!
[161]
Joël. 3:16 – 21. “En die HERE brul uit Sion en uit
Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar
die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die
kinders van Israel. Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God
is, wat woon op Sion, my heilige berg, dan sal Jerusalem ‘n
heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels
vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water en
uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal
Sittim te besproei….Maar Juda sal vir ewig bly en Jerusalem
van geslag tot geslag. En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar,
wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie en die HERE sal op
Sion bly woon”.
[162]
Laaste woorde van bemoediging om te
volhard tot die einde toe.
Wat kan ons verwag gaan in die laaste dae gebeur, net
voordat Jesus terugkom?
1. Ons kan verwag dat baie valse profete sal opstaan en deur
hulle woorde en die wonders en tekens wat hulle sal doen,
baie mense sal mislei. Moenie in onkunde leef nie, pasop vir
misleiding en moenie toelaat dat enige mens jou op enige
manier mislei nie. Vra die Here om jou deur Sy Gees te help om
te onderskei waarop dit neerkom. Jy besit geestesvermoëns
van die Heilige Gees deur die gewoonte geoefen, oefen jou in
die godsaligheid, om goed van kwaad te kan onderskei.
2. Ware Christene sal deur almal gehaat word ter wille van
Jesus Christus. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal
gered word. Ons moet nou al moelike tye kan deurstaan, dit
oefen ons vir die swaar tye, wat gaan kom gedurende die groot
verdrukking.
3. Sommige mense wat hulleself Christene noem, sal tot
struikel gebring word en hulle geloof in Christus verloën en
hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. Christene sal dus
uitgelewer word deur hulle eie families, hulle ouers, broers,
bloedverwante en selfs vriende, om self vervolging vry te spring.
Die ware gesindheid van harte sal onder druk na vore kom.
4. Goed sal sleg genoem word en sleg goed! Ons sien dat
hierdie toestand aan die orde van die dag is. Huwelike is aan
die afneem en dit is goed as paartjies saamwoon, hulle het
dan tyd om te kyk of dinge tussen hulle sal uitwerk. Aborsies
[163]
word sterk aanbeveel, wat ongewenste ouerskap en
kindermishandeling sal verminder. Christenskap word al
hoe meer ongewild, godsdiensvryheid geld vir al die
godsdienste wat hierdie wêreld kan oplewer, maar Christene
word nogsteeds vervolg!
5. Waak en bid altyddeur, sodat jy sterk genoeg sal wees om
deur al hierdie verdrukkinge te kan gaan en voor die Seun
van die mens te kan staan. Dawid skryf in Psalm 138: “Die
dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak
met krag in my siel. ” Ons is tot alles in staat, sodat ons ook
deur die verdrukking sal kan gaan, omdat Jesus Christus ons
die krag sal gee, om staande te kan bly.
6. Wie op die dak is moet nie afkom om iets uit sy huis weg te
neem nie en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere
weg te neem nie. Ons moet dus nie bekommerd wees oor
aardse besittings, wat ons sal eet, aantrek of waar ons gaan bly
nie. Die Here sal vir ons sorg soos Hy vir Sy volk Israel gesorg
het, vir 40 jaar lank in die woestyn.
7. En wanneer ons gevange geneem en oorgelewer word, moet
ons onsself nie vooraf kwel oor wat ons sal spreek nie en ons
moenie daaroor nadink nie, maar wat in dié uur aan ons gegee
word, dit moet ons spreek, want dit is nie ons wat sal spreek
nie, maar die Heilige Gees in ons.
8. Moenie die “dier” aanbid nie, onder geen omstandighede
nie! Moet ook nie sy naam, sy nommer of sy merk aanvaar nie.
Enige iets wat hulle op jou voorhoof of jou hand wil sit, weier
dit, met tyd sal ons meer duidelikheid hieroor kry.
[164]
Die wat die “dier” aanbid, hyself sal ook drink van die wyn van
die grimmigheid van God, wat ongemeng ingeskink is in die
beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel
voor die heilige engele en voor die Lam.
9. Ons gedrag moet vry van geldgierigheid en hebsug wees.
Ons moet tevrede wees met wat ons het, anders kan ons in die
versoeking kom om die “merk van die dier” te aanvaar omdat
Mammon ons afgod is en sal wees.
10. Maak nie saak wat mense leer nie, die Heilige Gees sal nie
hierdie aarde verlaat nie. Die Here sê dat Hy jou nooit sal
begewe en jou nooit sal verlaat nie! Hy is met ons tot aan die
voleinding van hierdie wêreld en Hy sal jou bystaan en versterk
gedurende die groot verdrukking.
[165]
Jesus Christus ons Lewensredder
Die mensdom is besig om te verswelg in ‘n sonde-oseaan. Die
wêreldgodsdienste is besig om “swemhandleidings” uit te deel
en probeer om die drenkelinge te leer swem. Jesus Christus is
egter die Lewensredder wat Self in die oseaan ingeduik het om
die wat besig was om te vergaan, te red – ten koste van Sy eie
lewe.
“Daar is geen redding by iemand anders nie. Daar is geen
ander naam op aarde wat mense kan aanroep om gered te word
nie.” – Handelinge 4:12. Is Jesus Christus jou Heer en
Verlosser? Of sal Hy jou ewige Regter wees? Die vraag is nie:
Sál jy voor Hom buig nie, maar wánneer sal jy voor Hom buig?
Daarom het God Hom ook tot in die hoogste posisie
verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke
ander naam. So sal by die noem van Jesus se heerlike Naam
elke knie in die Hemel en op die aarde en onder die aarde buig,
en elke tong sal erken: “Jesus Christus is Here!” En so sal God
die Vader verheerlik word! – Filippense 2:9-11.
Die eerste keer het Jesus gekom as Lam wat die sonde van
die wêreld weggeneem het. Die tweede keer, wanneer Hy weer
kom, kom Hy nie as Redder nie, maar as Regter, Koning van die
konings en Heer van die here, ‘n Oorwinnaar en ‘n ewige
Regter.
Ons buig òf vandag, terwyl dit nog genadetyd is, voor
Hom, òf ons sál eendag op die Oordeelsdag voor Hom móét
buig – sonder die vryheid van keuse wat ons nou gegun word.
Die Genadedeur sal dan dig gesluit wees en alle hoop en
vergifnis sal tot niet wees. Ons buig òf nou voor Hom wat ons
Heer en Meester is, òf op die Oordeelsdag, wanneer Hy sit as
die ewige Regter wat gaan oordeel.
Is Jesus jou Redder of jou Regter?
[166]
Sondaarsgebed vir die wat die Here wil
aanneem as hulle Redder en Verlosser:
Romeine 10:9–11 “As jy met jou mond die Here Jesus bely en
met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal
jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en
met die mond bely ons tot redding.” Want die Skrif sê: “Elkeen
wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.”
Sondaarsgebed: Here Jesus, ek is ‘n sondaar. Ek bely en erken dat ek vandag
verlore is. Dankie vir die kruis waar U vir my sonde betaal het.
Al verdien ek die hel, hoef ek nie daarheen te gaan nie.
Vergewe asseblief nou al my sondes en was my nou skoon deur
U bloed. Beklee my nou met U geregtigheid en maak my ‘n
nuwe mens in Christus Jesus. Ek vra U nou om in my hart in te
kom en die Koning van my lewe te word. Neem U nou beheer
van my nuwe lewe. Ek erken U as my Here en my God. Ek gee
my totale lewe aan U om te maak soos U wil in en deur my lewe.
Ek neem dit as ‘n feit dat U my nou vergewe het, dat ek skoon
gewas is deur U kosbare bloed en dat ek nou ‘n nuwe mens is
wat ‘n nuwe lewe van vandag af begin. Dat ek weergebore en U
kind is van hierdie oomblik af. Ek verklaar dat U die Here van
my lewe is. Amen.
My gebed vir al die lesers: 1 Thessalonicense 5:23.
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak,
en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik
bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Maranata, Jesus kom weer!”
[167]
Biografie van die skryfster:
Loretta Vosloo is ‘n toegewyde Christen wat haar lewe daaraan toewy om die Woord van God in waarheid te verkondig. Sy is gebore in 1958 in Virginia (Vrystaat), en het tot bekering gekom in 1976. Daarna is sy getroud met Dawid Vosloo. Twee dogters is uit die huwelik gebore, waarvan die jongste in ‘n ambulans-ongeluk sterf in 2008. Sy bekwaam haarself in pastorale teologie op die ouderdom van 45 en betree die bedieningsveld.
Tans spits sy haarself daarop toe om haar roeping deur die verkondiging van die Woord deur ‘n radio bediening, asook op ander geleenthede uit te leef. Sy gebruik ook skryfkuns as ‘n media om gewilde en relevante onderwerpe soos die Wederkoms van Jesus Christus te bespreek. Hierdie is dan ook haar eerste publikasie genaamd: “Die Bybelse Waarheid oor die Wegraping/Wederkoms van Jesus Christus”. Die volgende boek waarmee sy besig is: “Lewe na ‘n kind se dood” sal ook binnekort op die mark wees.
Dit was in ongeveer 1985 toe die Here deur Sy Gees met haar begin praat het oor die “geheime wegraping”. Nadat sy dan die Skrifte oor die wederkoms, in waarheid en opregtheid ondersoek het, het sy tot die besef gekom dat hierdie leerstelling nie die waarheid is nie. Sy kon nie een enkele vers in die Bybel kry wat hierdie leerstelling volledig ondersteun nie. Sy het ook van toe af by ander predikers wat dieselfde siening oor die wederkoms gehuldig het, bevestiging ontvang dat hierdie waarheid oor die wederkoms, absoluut gestaaf kon word uit die Woord van God.
Haar doel met hierdie skrywe is om mede-gelowiges aan te moedig tot self-studie van God se Woord, asook om “menslike leerstellings” te toets aan die waarheid van die Woord. Sy glo dat ons in die laaste dae lewe en dat ons alleenlik deur die openbarings-kennis van God se Woord genoeg olie in ons kanne sal kry om die middernag-uur wat oor die hele wêreld sal kom, te kan oorwin. Besoek gerus haar webwerf by: www.wegrapingenwederkomsvanjesus.co.za
[168]
Skrifverse wat in die boek gebruik is: Baie Skrifverse word as verwysing vir self-studie in hierdie boek gebruik. Die boek is dan hoofsaaklik op die Bybel gebaseer. Van die Skrifverwysings in die boek word hier gelys: Hoofstuk 1: Die waarheid van God se Woord: Matthéüs 24:4 + 11 + 24; 2 Thessalonicense 2:3; Johannes 1:14, 8:31-32, 16:13; 2 Timótheüs 3:7, 4:3-4; Titus 1:14; Markus 7:7; Lukas 20:21; 1 Johannes 4:1; Spreuke 3:21; Psalm 23:5; Jesaja 58:11 Hoofstuk 2: Hoe belangrik is die wederkoms van Jesus Christus vir ons? 2 Petrus 3:3-4; Openbaring 2:25, 3:11, 22:12, 19:11; Jakobus 5:8; Hebreërs 10:38-39; 1 Johannes 2:28; Lukas 10:19, 21:26-28; 24:13 – 32; Matthéüs 5:11-12; Efésiërs 6:8 Hoofstuk 3: Hoe beskryf Jesus Sy wederkoms en wie se weergawe gaan jy glo? Matthéüs 2:1, 16:2-3; 24:3-31; Lukas 4:5-7, 17:21 + 28-30; Handelinge 3:22; Openbaring 2:4-5, 3:16; Jeremia 2:2; Filippense 1:9
Hoofstuk 4: Moet ons as Christene gereed wees vir die
koms van die Antichris?
Lukas 17:22; Matthéüs 24:24, 25:1-12; Openbaring 3:10; Hoséa 4:6; Jeremia 12:5; Lukas 21:17-19; Hebreërs 11:7 Hoofstuk 5: Wie gaan gedurende die groot verdrukking verdruk word en waarom? Handelinge 14:22; 2 Korinthiërs 1:3-5, 2:4; 1 Thessalonicense 3:3; 2 Thessalonicense 2:4; Daniël 3:22-25; 7:21-26; 12:9; Jesaja 48:10; 2 Timótheüs 2:12; Matthéüs 3:12, 24:9 + 22, 5:8; 1 Petrus 2:9; Openbaring 1:9, 6:9-11, 13:7, 12:11-12, 12:17, 7:14, 22:11; Efésiërs 2:12-16, 5:25-27; Maleági 3:18, 4:1-3; Filippense 2:15; 2 Petrus 3:13-14
[169]
Hoofstuk 6: Wat is die verskil tussen verdrukking en die toorn van God? Matthéüs 10:28; 1 Thessalonicense 3:3, 5:9-10; Joël 3:13; Openbaring 1:3, 12:12-17, 14:14-20, 22:18-19; Job 14:13 Hoofstuk 7: Sal God die heiliges bewaar tydens die regering van die Antichris? Psalm 9:9-10, 91:5-11; Johannes 17:15, 14:2-3; Openbaring 2:10, 3:10, 9:3-4, 15:2, 22:4; Lukas 18:2-8, 21:16 + 36, 23:43; 2 Korinthiërs 5:1, 4:17-18; Exodus 12:1-12; Matthéüs 24:10, 26:28, 28:20; Romeine 8:18, 10:9; Kolossense 1:20; Efésiërs 1:13, 4:30; 1 Petrus 1:6-7, 4:7-8, 12-13; Génesis 22:1-18; 2 Timótheüs 4:6-8, 4:18; Handelinge 14:22 Afdeling 1 - Bybelse opdragte vir die laaste dae voor Jesus se Koms Openbaring 6:9-11, 13:15; Lukas 12:4-5, 22:46, 12:35-37; 1 Petrus 4:19; Daniël 3:16-18; Matthéüs 10:22; Markus 13:20; 1 Timótheüs 4:16; 1 Thessalonicense 3:12; Hosea 6:3
Hoofstuk 8: Wat is die gevolge van die merk van die
dier?
2 Timótheüs 3:1-6; Openbaring 13:7-8 + 16-18; 14:9-13, 16:2, 12:11-12 + 17, 7:14-16; Matthéüs 4:9-10; 6:24; Lukas 21:28; Efésiërs 6:11; Johannes 14:30; Ps.13:4; Jesaja 14:13-14, 26:20
Hoofstuk 9: Hoeveel opstandings is daar?
Johannes 5:28-29; 6:39-40, 44, 54; 11:23-24; Hebreërs 9:27-28, 11:35; Daniël 5:6; Openbaring 3:2o, 20:4-6, 11-15, 11:15-19; Matthéüs 24:29-31; 1Korinthiërs 15:12-24; 52-53; 1 Thessalonicense 4:13-17; Jesaja 1:18; 25:8 – 9.
Afdeling 1 - Wederkoms
1 Thessalonicense 5:2-6; 2 Thessalonicense 1:6-10; 2:1-8; Matthéüs 24:10-12, 29-31; Jesaja 11:4; Lukas 21:25-27, 23:30; 2 Timótheüs 2:12; Titus 2:13; Hebreërs 12:26 – 28; Maleági
[170]
4:1; Nahum 1:5-6; Openbaring 1:7; 16:9-11, 19:6-14; Jesaja 24:18
Afdeling 2 - Slag van Armegéddon
Openbaring 16:15, 6:12-17, 19:15; Handelinge 15:16-17; Lukas 12:40; Romeine 11:25-27; Jesaja 13:6-9; Jesaja 34:2 – 3; Jeremia 25:30-33; Sagaría 12:9-10, 13:8-9, 14:1-7 + 12-13; Sefánja 1:14-16; Joël 3:12-16; Afdeling 3 - Ons sal loon ontvang Jesaja 3:10; Romeine 8:1, 14:10-12; 2 Korinthiërs 5:10; Efésiërs 6:8; 1 Korinthiërs 3:8-15; Openbaring 22:12; Matthéüs 16:27, 25:23; Daniël 12:3; Lukas 19:12-26 Afdeling 4 - Jesus aanvaar Sy Koningskap oor die koninkryke van die wêreld: Die Duisendjarige-Vrederyk Openbaring 2:25-26; 3:11; 20:4; Romeime 8:19-22; Daniël 2:1-45, 7:13-14 + 21-22; Matthéüs 16:16-18; Judas 1:14; Sagaría 2:11, 14:9; Sefánja 3:9; Jesaja 2:2-18, 11:6-10; Psalm 37:9 + 11; Jakobus 5:7-8; 1 Korinthiërs 4:5; 1 Petrus 5:2-4; Openbaring 20:1-3; Efésiërs 3:16; Handelinge 3:21 Hoofstuk 10: Wie gaan van die aarde af weggeneem word met die wederkoms en wie gaan die aarde beërwe om saam met Jesus daarop te woon? Matthéüs 24:37-41, 13:24-43, 13:47-50; Lukas 17:34-37; 2 Petrus 2:5; Openbaring 19:17-18; Génesis 7:17; Psalm 37:9 + 29; Sefánja 1:2-3; Spreuke 2:21-22, 10:30
Hoe lyk die aarde na die slag van Armagéddon?
Jesaja 24:1-16; Psalm 22:27-28; Openbaring 11:15
Recommended