View
2
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
1 van 16
NR/NO. 224 JUNIE 2016 / JUNE 2016
INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE
NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION
Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 PO Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721501 TELEPHONE: 021-8721501 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: inmaak@cfpa.co.za Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR
Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.
UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2
DIE 2015/2016 OESJAAR 4
4 GRADING RESULTS 6
ARC’S ANNUAL CANNING FRUIT EVALUTAION 6
DIE APPELKOOS, ‘N LEWENSBOOM? 11
PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE 5
FRUITLIPS 13
BEHEER IS ‘N ILLUSIE 8
STAAN SAAM EN REIK UIT 12
SUID-AFRIKAANSE VERWERKINGS PRODUKSIE 14
IPV RAADSLEDE 2016/2017 15
TEGNIESE INLIGTINGSDAG 16
2 van 16
UIT DIE VOORSITTER SE PEN
Dit is verblydend dat die Vereniging kan staatmaak op die ondersteuning van 100% van Inmaakprodusente en
ons hoop om dit so te hou deur ‘n uitmuntende diens aan lede te lewer. Oor sekere aspekte soos die
wisselkoers of droogte en die welstand van ander boerdery vertakkings het die Vereniging geen invloed nie en
word die take van die Vereniging vergemaklik omdat die Inmaakvrugtebedryf op die oomblik goed presteer.
Te danke aan goeie oeste verlede jaar, tesame met goeie pryse behaal het die vereniging finansieel goed
presteer deur ‘n verhoogde inkomste deur die 1% heffing wat verhaal word van produsente. Die rol wat die
wisselkoers speel in die bedryf se welstand moet hier beklemtoon word. ’n Klompie jaar gelede het ons die
sterk Rand as rede voorgehou vir die moeilike situasie waarin die bedryf hom toe bevind het. Die Raad het
deeglik kennis geneem van die goeie surplus wat gemaak is, en beoog om ons navorsingsprojekte uit te brei
om ons mededingheid verder te verbeter. Beleggings word met ‘n konserwatiewe eerder as ‘n hoë risiko
mandaat gemaak en het stabiele goeie groei getoon gedurende die jaar. Die finansiële verslae van beide die
Vereniging en die Navorsingstrust is reeds deur die Bestuurder hanteer.
Daar word altyd gepoog om die doelstellings van die vereniging na te kom. Betekenisvolle navorsing en
ontwikkeling word gedoen hoofsaaklik by die LNR wat verantwoordelik is vir Fase 1 teelmateriaal. Daar word
voorsiening gemaak dat Fase2/3 evaluasie uitgekontrakteer sal word na privaat instansies. Die evaluasie van
appelkoos en perske onderstamme vind privaat onder Dr. Piet Stassen plaas. Die Universiteit Stellenbosch
doen ook sekere navorsingsprojekte vir die vereniging. Daar sal beslis ‘n verandering wees in die manier hoe
navorsing en ontwikkeling in die toekoms gedoen word met die vereniging wat al hoe minder van die staat
afhanklik sal wees en meer van private instellings gebruik sal maak. Hierdie vind plaas in samewerking met
ons susterbedrywe naamlik vars en droog.
SAPO, waar ons ‘n 20% belang het, het gedurende die jaar ‘n bosberaad gehou waar daar gefokus is op die
struktuur en fondse van SAPO, die opstel van ‘n kwekery, patologie veranderings en kultivar evaluasie.
Culdevco, wat vir die kommersialisering van LNR cultivars verantwoordelik is, het ‘n goeie jaar ervaar en word
die inkomste vanaf Culdevco weer teruggeploeg in navorsing. PlantSA doen administrasie van die
Sagtevrugteverbeterings Vereniging en Wyndruifverbeterings Vereniging. Fruitfly Africa waar ons ‘n 15%
aandeel het, het ook goeie resultate op die bestryding van vrugtevlieg teweeg gebring. Hierdie instansies soos
pas genoem en waar die Vereniging ‘n belang by het vorm die basis van ‘n gesonde bedryf en verseker dat ons
kompeterend kan bly in ‘n wêreldmark waar die kompetisie al hoe strawwer raak.
Dit is my plesier om die Voorsittersverslag oor die aktiwiteite van die
2015/16 jaar van die Inmaakprodusente Vereniging aan u as lede voor te
lê. Die Vereniging doen sake in ‘n relatiewe stabiele omgewing waar sy
lede op plaasvlak die afgelope paar jaar finansieel goed presteer het met
slegs ‘n paar uitdagings wat oorkom moet word. Die Raadslede het jare
se ondervinding wat betref hulle werksaamhede op die verskeie komitees
en die bestuur van die vereniging het letterlik dekades se kennis opgebou
oor die doen en late van die Inmaakvrugtebedryf, plaaslik sowel as
internasionaal. Die Raadslede is ook bewus van die feit dat hulle nie in ‘n
gemaksone moet val nie en poog hulle om die gehalte van die diens wat
aan die lede gelewer word deurentyd te handhaaf en te verbeter waar
moontlik.
3 van 16
Die kommunikasie en deel van inligting met lede is een van die vereniging se doelstellings. Soos gebruiklik het
Die Krat 5 maal verskyn en met bydraes oor die bedryf deur kenners, asook die stimulerende artikels van onder
andere Deidre Eigelaar en Leon Bosman kan lede altyd verseker dat hulle ingelig bly. Die inligtingsdag te
Robertson is goed bygewoon, asook die ledevergadering by Kleinplasie in Worcester in Oktober. Soos
gebruiklik het ons ook goeie gassprekers gehad wat oor ‘n wye verskydenheid van onderwerpe gesels het en
gewoonlik ‘n goeie positiewe boodskap los wat ons op ons plase en lewens kan toepas.
Raadslede het 2 vergaderings bygewoon, terwyl die Uitvoerende Bestuur ‘n verdere drie vergaderings gehou
het. Ander vergaderings wat gehou word sluit in die Navorsing- en Ontwikkelingskomitee, die
Oesskattingskomitee, die Chemiese Spuitstof komitee, en die Advieskomitee vir Verwerkte vrugte waar
raadslede waardevolle insette lewer. Gereelde vergaderings word ook met die onderskeie verwerkers gehou
en ons waardering word uitgespreek vir die gesonde verhoudings wat daar met alle verwerkers bestaan.
Hierdie oop kommunikasie tussen produsente en verwerkers is van kritiese belang vir ‘n relatiewe klein bedryf
wat meestal op die uitvoermark besigheid doen en ‘n beduidende ekonomiese rol in die plaaslike landelike
ekonomie speel. Spuitstofontledings is weer namens produsente hanteer en deur Hearshaw en Kinnes
laboratoriums uitgevoer. Produsente word gemaan om uiters versigtig met die gebruik van chemikalieë te
wees en streng volgens voorskrif te werk. Die boomsensus is ook gedoen en vorm die basis van alle beplanning
in die bedryf op sowel produsente as verwerkerskant. Handelsooreenkomste soos EPA en AGOA het ‘n
wesenlike invloed op ons bedryf, maar daar het in die afgelope jaar min plaasgevind wat ons posisie verander
het.
Die vereniging is betrokke en sluit aan by instansies wat tot
voordeel van sy lede is, en vandaar ons ondersteuning van
Agri-SA. Die Bestuurder dien op die Algemene raad van Agri-
SA en woon die vergaderings by om te verseker dat die IPV se
betrokkendheid by kwessies soos grondhervorming duidelik
sigbaar is. Gereelde vergaderings onder die Hortgro Forum
vaandel wat Agri-Wes Kaap, die ander sagtevrugtebedrywe en
bedrywe soos koejawels, fynbos ens. insluit word gereeld
gehou om gemeenskaplike sake wat landbou affekteer te
bespreek. Transformasie, die dieselrabat, terugvoering vanaf
die Beleidskomitees en die impak van die droogte is onder
andere van die sake wat hier bespreek word.
Die Vereniging het, gegewe ons finansiële
posisie en die behoefte daaraan, ‘n skenking
van R100 000 tot die Droogte Rampfonds van
Agri SA gemaak. Wat transformasie betref is
die vereniging betrokke by die boompie
projek te Constitution Road wat deur PPP
befondsing moontlik gemaak is. ’n Donasie
van R25 000 is gemaak aan die Witzenberg
PALS projek.
MINISTERS BESOEK AAN WITZEBERG PALS PROJEK
4 van 16
Die IPV gebou waarin ons ‘n aandeel van 37.8% het is in ‘n goeie toestand met gereelde onderhoud wat
uitgevoer word. Eskom uitdagings het die aankoop van ‘n kragopwekker genoodsaak. Ongebruikte kantore
word verhuur. Die Vereniging behartig ook die administrasie van die Koejawel Produsente Vereniging.
Dit is maklik om ‘n kort oorsig oor ‘n jaar se werk te gee en ook maklik om iets uit te laat. Sou enige lede meer
inligting oor enige iets rakende die bedryf verlang is hulle soos altyd welkom om die Bestuurder te nader. Ek
is altyd baie gerus oor die bestuur van die Vereniging omdat ek baie sien hoe professioneel en diplomaties die
sake van die Vereniging behartig word. Dankie aan die Bestuurder en sy span wat werklik die belange van ons
bedryf op hulle harte dra. Dankie ook aan die insette van die Raadslede wat getrou hulle bydraes lewer namens
medeprodusente en sodoende help dat ons belange goed georden en bevorder word.
ANTHONY DICEY
DIE 2015/2016 OESJAAR
DIE OESSKATTINGSKOMITEE DOEN UITSTEKENDE WERK!
Die oesskatting van die 2015/2016 oes deur die Oesskattingskomitee gedurende Oktober 2015 was
in die kol. Taaipitperskes het slegs met 0,6% van die skatting afgewyk, Bon Chretien-pere slegs 1,3%
en Bulida-appelkose selgs 5%. Inteendeel, appelkoosskattings was die afgelope 3 jaar heeltemal in
die kol. Voorwaar ‘n prestasie!
Die 2015/2016 oesjaar was vir appelkose, taaipitperskes en pere beter as wat aanvanklik verwag is.
Die verwagtings was dat met die ongunstige klimaatstoestande en uitsterste droogte, die oeste kleiner
sou wees. Die droogte het wel kleiner as normale perskes en pere tot gevolg gehad, maar ‘n goeie
gemiddelde oesjaar in tonnemaat is behaal.
In die tabel (volgende bladsy) word die 2015/2016 oesjaar se tonnemaat gegee in vergelyking met
vorige jare. Die oesskatting wat voor die begin van oes (gedurende Oktober) gedoen word, word ook
gegee.
WIEHAHN VICTOR
Die Anuga voedselskou is in Oktober deur die Bestuurder
bygewoon waar die nuutste inligting betreffende die
wêreldinmaakbedryf bekom word. Terselfdertyd is ‘n
CANCON minikonferensie ook gehou ter voorbereiding
vir die CANCON konferensie wat in April 2016 in
Argentinia plaasgevind het. Tydens die Sagtevrugte Gala
Funksie in September 2015 is die AD Colllins prys
toegeken aan Mnr. Wynand Du Plessis vir sy uitstaande
diens gelewer aan die Inmaakbedryf oor baie jare.
ANUGA VOEDSELSKOU
5 van 16
PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE
Die onderstaande tabel toon die onderskeie bemarkingskanale vir appelkose, taaipitperskes en pere in ton vir die afgelope siesoen in vergelyking met die vorige vier jaar.
Die Bulida-appelkoos oes was teleurstellend klein gegewe die huidige goeie vraag na appelkose. Die groot aantal appelkoosbome wat uitgetrek is, asook die ouderdom van die bestaande bome, het grootliks tot die klein oes bygedra. Taaipitperskes het ‘n goeie gemiddelde oes gelewer teenoor die rekord van die vorige jaar. Die Bon Chretien oes was volgens skatting en heelwat meer pere is vars uitgevoer.
BULIDA APPELKOSE
2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016
Ingemaak 34 337 34 043 24 495 20 164 17 368
Sap & Puree 13 391 10 165 15 608 9 475 12 263
Sub-Totaal 47 728 44 208 40 103 29 639 29 631 Vars 800 1 000 1 000 300 150
Gedroog 1 200 1 200 1 500 1 800 1 200
TOTAAL 49 728 46 408 42 603 31 739 30 981 Oesskatting (Okt) 45 000 44 000 42 300 31 700 29 330
TAAIPITPERSKES
2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016
Ingemaak 99 212 96 932 80 240 97 076 105 614
Sap & Puree 32 306 29 864 31 671 42 899 30 845
Sub-Totaal 131 518 126 796 111 911 140 175 136 459 Vars 25 000 27 000 24 500 22 500 20 000
Gedroog 10 000 11 000 10 000 8 500 8 000
TOTAAL 166 518 164 796 146 411 171 175 164 459 Oesskatting (Okt) 158 000 165 000 156 700 162 700 163 460
BON CHRETIEN PERE
2011/2012 2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016
Ingemaak 49 078 45 498 41 011 47 059 44 261
Sap & Puree 20 900 18 613 27 011 26 004 20 987
Sub-Totaal 69 978 64 111 68 022 73 063 65 248 Vars: Plaaslik 4 000 5 000 5 000 5 500 5 500
Vars: Uitvoer 25 380 33 436 33 511 22 500 29 100
Gedroog 4 000 5 000 5 000 5 800 6 000
TOTAAL 103 358 107 547 111 533 106 863 105 848 Oesskatting (Okt) 100 000 102 000 100 600 105 300 104 400
BRON: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING
6 van 16
GRADING RESULTS
The industry average grading results for the past season in comparison with the previous season are given
below:
Fruit delivered
for canning purposes
Canning Grade 1
%
Canning Grade 2
%
Under Grade
%
2014/15
2015/16
2014/15
2015/16
2014/15
2015/16
APPELKOSE
95,2
98,4
3,8
1,1
1,0
0,5
PERSKES
96,5
97,1
1,7
1,5
1,8
1,4
PERE
96,2
97,1
2,0
1,6
1,8
1,3
ARC INFRUITEC-NIEVOORBIJ’S ANNUAL CANNING FRUIT EVALUATION
The Agricultural Research Council (ARC) hosted their annual canning fruit evaluation on Thursday,
26 May 2016.
Fruit samples are collected from December to February on the Bien Donné and Robertson research
farms and are submitted for further evaluation. In order for a successful evaluation to take place, the
Post-Harvest team prepares the harvested cultivars, starting with brix analysis to determine the sugar
concentration in the fruit. The result is used to calculate the syrup concentration for canning. Fruits
are halved and then de-pipped with a filper machine. The fruit and syrup then get placed in cans,
which are sealed and processed.
ARC INFRUITEC-NIETVOORBIJ
LNR INFRUITEC-NIETVOORBIJ
Private Bag / Privaatsak X5026, Stellenbosch 7599, South Africa / Suid Afrika
Tel: (021) 809 3100 • Fax: (021) 809 3400 (Infruitec) • Fax (021) 809 3002 (Nietvoorbij)
Website: www.arc.agric.za
Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION
7 van 16
About three to four months later, invited members of industry (canneries), producers, farmers and
other role-players participate in ARC Infruitec-Nietvoorbij’s annual canning evaluation.
Mr Wiehahn Victor, CEO of the Canning Fruit Producers’ Association emphasized the importance of
the new cultivars in the industry. He said “the whole canning industry is built on peach and apricot
cultivars bred by the ARC. If no new cultivars were bred, there would have been be no industry. Over
the past 20 years, the production has increased from 14 ton/ha to an average of 35 ton/ha”.
Processed fruit samples are scored on appearance, colour, texture and taste on an anonymous basis.
Each cultivar gets a percentage and rating and the results form part of the annual progress reports of
the researchers to the industries. Mr Victor said “the research and development done at the ARC has
enabled our canning industry to compete in China. The Chinese food service market wants fruit with
the colour and texture that the ARC has developed. It is by far the biggest growth market of about
300% over the past 6 years”.
Mr Deane Hill, Factory Manager of Rhodes Food Group in Tulbagh said “the quality of fruit as well as
a well spread harvest time, is important to industry”. At the moment, they make use of about 15 ARC
bred peach and apricot varieties for canning and other processing entities.
Picture Caption © ARC
Left to right: Deane Hill - Factory Manager: Rhodes Food Group (Tulbagh), Allister Rhoda – Quality
Assurance Manager: Langeberg and Ashton Foods and Wiehahn Victor – CEO: Canning Fruit
Producers’ Association at ARC Infruitec-Nietvoorbij’s annual canning evaluation.
Issued on behalf of ARC Infruitec-Nietvoorbij. Derusha Crank l Marketing I 021 809 3018 l crankd@arc.agric.za
8 van 16
BEHEER IS ‘N ILLUSIE
Die kwartaal was ingrypend. Ek het opnuut besef dat toeval is geen per ongeluk nie. Wat seker is, is
dat die lewe ̀ n raaisel in ̀ n spieël is. Ons verstaan min en al die pogings om beheer te neem, is opnuut
`n bewys: beheer is `n illusie.
Met `n preek van ons plaaslike leraar was `n illustrasie wat hy gedoen het, treffend. Hy het `n stuk
lap opgehou wat gelyk het na `n deurmekaar spul wolle bo-op die lap en kon niemand iets daarvan
maak nie. Na die einde van die preek het hy dieselfde wollerige lap omgedraai en was dit die
pragtigste tapiserie, wat ̀ n baie mooi prent gemaak het. Net daar het die raaisel in die spieël waarvan
I Korinthiërs praat, duideliker geword.
Gedurende die kwartaal het twee sterk vroue, waarop baie van die mens wat ek wou word en baie
van myself geskoei is, gesterf. Finaal en vir altyd is hulle weg en is die dun membraan tussen lewe en
dood oorgesteek en is hul aan die kant waarvan ons min weet. Beide was nie meer jonk nie, maar in
my gemoed was hul ewig, ware rotse en kompasse wat die ware Noord duidelik geleef het.
Beide was vroue wat met selfrespek, selfvertroue en waardigheid geleef het. Beide het geleef en
menings gevorm vanuit hul intellek, hul was sonder fieterjasies en hul lewensingesteldheid het getuig
van `n lerende gees. Wat my opval, is die twee se gemene delers van onopgesmuktheid en beide het
nie `n bemoeienis gemaak met goeters nie. Hul het `n gul gemoedelikheid gehad en `n heerlike
ondeunde humorsin. Hul was wys en vrolik. Hul het hul manne heelhartig ondersteun en waar
bydraes in hul gemeenskappe nodig was, was hul daar. Onderskeidelik het die twee vroue, vyf en
vier kinders gehad. Hul het op die kinders gefokus toe hul moes en daarna het elkeen in eie reg `n
beroep uitgekerf - die een as `n uitnemende eiendomsagent op Stilbaai en die ander `n begaafde en
erkende skrywer van Wellington.
Tannie June was vir my as kind in Brandrivier, die tannie met
die biblioteek, die tannie wat blitsig `n ete sonder moeite
aanmekaar kon tower, die tannie wat met een fyn uitgekieste
sin argumente kon beredder en die tannie wat ewe goed
vliegtuig, kar of motorfiets kon ry. Toe ek ouer word het ek
gesien hoe sy haarself herontwerp het van boervrou tot
uitnemende sakevrou. Haar nuuskierigheid het my
gefassineer en bietjie aangesteek.
JUNE NEL
9 van 16
Die reise wat sy en haar wederhelf onderneem het, was `n inspirasie vir reis om sodoende meer te
word. Op my kinder- en tienergemoed was sy verewig en het ek graag as grootmens gaan hallo sê
wanneer ek ookal die kans gehad het.
Later, `n geesgenoot, met wie ek vir baie lank kon klankbord en wie baie van hierdie Die Krat artikels
gelees het. Haar wonderlike skryfwerk, het dit wat die gewone was, omarm en neergeskryf, maar het
beklemtoon dat die lewe nie gebeur in die dramatiese nie. Nooit het haar self of eie-ek in die pad
van haar gulheid laat kom nie. In my jongvrou gemoed is baie van my besluite gerig op die indrukke
wat sy gelaat het.
Met die verlies, het ek na lang tussenposes vir Don Quijote van Miguel de Cervantes klaar gelees, net
na die twee begrafnisse. In die vertaling van André P Brink sê Don Quijote: “`n Mens kan ewe goed
van die verkeerde kant af na `n Vlaamse tapisserie kyk; want hoewel jy al die prente sien, word hul
bederf deur die draadjies wat die glans en gladheid van tekstuur verlore laat gaan.” Net soms kan
ons die toeval se prentjies sien, maar tog gaan die gladheid en die tekstuur verlore. Die toeval dat
beide vroue `n Stilbaai verbintenis gehad het; die toeval dat ons laaste kuier twee dae voor tannie
Winnie se dood was en een dag na tannie June se begrafnis.
Die verhaal van Don Qiujote is juis geskryf soos André P Brink dit stel: ‘in 1604 - in die tyd toe die
wêreld begin bang word het vir Vryheid – want dit was die jare na die Conquistadores wat die Nuwe
Wêreld oopgestel het – Cervantes het `n nuwe ruimte oopgemaak: binne-in die hart van die mens. In
die tyd toe bitterheid en die onverdraagsaamheid van die Inkwisisie die gees van die mens aan bande
wou lê, het hy sy nuwe vryheidsroep geuiter, gebore uit die hart van `n mens wat self lyding geken
het.’ Dit klink amper net soos Suid-Afrika van 2016…` n tyd van bitterheid en onverdraagsaamheid
en waar Vryheid op vele vlakke weer aan bande gelê wil word, amper `n eggo van die apartheidsdae
se wreedheid en ontmensing van groepe teenoor mekaar.
Tannie Winnie het ek as groen ongenote eerstejaartjie ontmoet deur
my Nerina koshuiskamermaat. Met kuiers saam met haar aan huis
het ek die voorreg gehad om haar ma te leer ken. Sy was vir die
skoonheid wat so ongekunsteld haarself. Die sensuurraad, waarop
sy gedien het, met haar gekorswel oor dit wat sy moes kyk, onthou
ek vandag nog – sy het haarself nooit te ernstig opgeneem nie, al was
sy diep geestelik. WINNIE RUST
10 van 16
En eers as jy dit reggekry het, kan jy verdere avonture in jou eie en ander lande en plekke beplan. In
die inspirasie lê daar nie `n beheptheid met titels, posisies en pretensie nie. In hulle kon ek leer dat
feminisme nie uitgebasuin word nie, maar stil geleef word met erkenning vir die manne aan hul sy,
sonder om een tree terug te staan. `n Sterk vroulikheid wat tekenend was aan Suid-Afrika se opbou
in die vorige dekades.
Die huis bly vir eens en altyd die plek wat grootmense vorm en kinders afrig en opvoed hoe om reg
te leef. Die twee vroue se voorbeeld, saam met Don Qiujote se stories, inspireer om nie verlei te
word deur geld, blink dinge, volgelinge, grade en titels nie. Laat eerder toe dat integriteit,
nederigheid, ruimhartigheid, goedheid en gulheid jou beïndruk.
Met die wete dat daar jongelinge is wat na jou kyk, mag elke leser geïnspireerd die beste wees wat
hy of sy kan – sonder boosheid, sonder bedrog, sonder kwaadpratery en ongeveinsd – mag ons tannie
June’s en tannie Winnie’s wees. Menslike mense wat die regte dinge probeer doen en uitleef.
Met die seker wete dat beheer `n illusie is; word die droogte, die verkiesing, die Isis waarskuwings,
korrupte politici, die onsekerhede en die wêreld se wanorde `n aanmoediging om stil, eenvoudig en
sterk te leef met die vooruitsig dat jy eendag die asemrowende voorkant van die tapiserie kan sien….
DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI
Met die twee formidabele vroue se heengaan en inspirasie en
veral Don Qiujote se versugting om na sy vele avonture in lande
en plekke, terug huis toe te gaan, weet ek meer as ooit: “if you
want to change the world, go home and love your family”
Mother Theresa
MOEDER THERESA
11 van 16
DIE APPELKOOS – ‘N LEWENSBOOM?
Hoog in die berge in die hoek tussen Pakistan, Afganistan en China lê ‘n plekkie met die naam van Hunza. Eintlik is dit ‘n klein prinslike staat wat deur Pakistan regeer word. Wat die plekkie so besonder maak, is die feit dat die mense daar almal honderd jaar en ouer word. Geeneen van hulle het ooit ‘n tandarts nodig nie en vir die bevolking van 30 000 mense is daar slegs een dokter wat meer vryetyd as werktyd het. Menige wetenskaplike het al probeer om die oorsaak van die buitengewoon lang gesonde lewe van die mense van Hunza vas te stel. ‘n Kanadees met die naam van John Tobe, ‘n kenner op hierdie gebied, het na ‘n diep
studie en baie navorsing ‘n antwoord op die geheim. Die rede vir die lang gesonde lewe – die appelkoos. Selfs die dokter en die staatshoof van Hunza is van dieselfde mening. Die hoof stapelvoedsel van die mense van Hunza is appelkose. Die mense leef hoosaaklik op ongekookte appelkose. Volgens kenners moet die appelkoos sy oorsprong hier in Hunza gehad het en eet die mense van Hunza al vir eeue appelkose. Die appelkose word vars geëet en ook gedroog vir die wintermaande. Die gedroogde appelkoos word nie gekook nie, maar slegs water word bygevoeg en dan word die gedroogde appelkoos tot ‘n pasta geknie. Verder word die gedroogte appelkose oornag in water geweek en ‘n baie lekker appelkoossap (faring-cho) daarvan gemaak. Die appelkoospitte word oopgebreek en die sade word geëet en is baie voedsaam. Van die sade word ook ‘n appelkoos-olie gepers waarmee gebak word. Hierdie olie is glo ook baie goed vir die vrouens se hare en word ook in lampe gebruik.
Is die appelkoos dalk die lewensboom? Interessant vermeld die artikel dat die mans van Hunza op hul beste is wanneer hulle in hul sewentigs is. Oppas appelkoosboere!
Uittreksel: DE FRUITTEELT
12 van 16
STAAN SAAM EN REIK UIT…
Ons Jaarlikse Montagu Mountain Mania was die 28ste Mei 2016. Verskeie MTB roetes asook Trialrun roetes
in Montagu se pragtige berge.
Baie lede van Montagu se Landbouvereniging is deel van die dag. Reëlings, borge, marshalls ens. Die Fietsry
roetes gaan ook oor boere se grond. Daar is baie beplanning aan so ‘n dag en almal werk hard saam om die
dag suksesvol te maak. Die Opbrengs van die dag word gebruik om verskeie instansies in nood te help; soos
goed gedink deur die bestuur van die Landbouvereniging.
Daar word ook geleentheid gegee vir plaaslike skooltjies vir ‘n kosstalletjie op die dag om hulle dan ook te help
met befondsing. Hierdie jaar het ons plaaslike skooltjies rondom Montagu genooi om kinders ouderdom vanaf
6 tot 13 Jaar te bring om die 4km Trailrun te kom hardloop. Die kinders het die dag vreeslik geniet en het baie
trots met hulle medaljes huis toe gegaan. Baie gemotiveerd om weer te kom hardloop!
Die kindertjies het so ‘n indruk op die deelnemers gemaak. Meeste van hulle het kaalvoet gehardloop, of met
skool skoentjies wat of te klein was of nie meer kon vasmaak nie. Die kinders behoort aan die Anna Foundation
Ontwikkeling. Ons is aan die beplan om verskeie befondsing aan hulle te gee soos die nood is.
Die meisie wat die 17km gewen het, het haar prysgeld ter waarde van R600 ook aan die Instansie kinders
geskenk. Klein gebare kan ontwikkeling ‘n stappie vorentoe bring!!
Thank You letter From the Foundation
“I just wanted to say a HUGE thanks for the race entries for the Anna Foundation. They children had such fun
and although I wasn’t there in person, the photos that are streaming my way are a clear indication of the level
of enjoyment. Thank you to everyone involved for your hospitality and for exposing our children from AF Kriel
Primary to their first trail run. May they become hooked ”
ILSE ESTERHUYSE, SCHEEPERSRUST AF KRIEL PRIMARY ATLETE
13 van 16
FRUITLIPS
Met Soul Food steeds in die agterkop begin die beplanning om op die seiljagte in Frankryk te gaan werk om
geld bymekaar te maak om Soul Food skuldvry te begin. Die laaste dag van my akademiese loopbaan kry ek
`n oproep uit die bloute van my Pa, Kobus, “Stel jy belang as ons Intaba koop?”. So word die eerste saadjie
van FruitLips geplant.
Die volgende stap was om `n uitnemende span bymekaar te kry met kennis en ervaring van produksie, op
grootskaal kook en van geldsake het ek te min kennis gehad, so my spanlede moes die gapings vul. Elouise
Josephs, wat al meer as 10 jaar vir Intaba Vrugteverwerking gewerk het met baie ervaring, ook `n gebore
bergkind soos ek, vra ek toe as die eerste venoot. My Ma was `n natuurlike keuse, vir hulp by die finansiële
bestuur en strategiese beplanning. As Geleentheids Koördineerder en opgeleide ICA leerling en die USB
diploma was ek reg vir die uitdaging.
FruitLips is `n passie wat ek en Elouise Josephs deel. Ons strewe is om produkte te maak waarin die met-liefde-gemaak geproe kan word, as voorvereiste. FruitLips se fokus is produkte soos wat Ouma’s dit in plaaskombuise gekook het. Honderd persent vrugte met geen bygevoegte kleursel, geursels of perserveer middels nie. Alles in FruitLips produkte is natuurlike bestanddele wat handgemaak is. Al verskil is dat alle produkte op die hoogste voedselveiligheidsstandaarde voorberei word, op die standaard van die voorste supermarkte in Suid-Afrika en Engeland.
Die publiek kan die totale siklus van produksie sien, proe en beleef. Die proses begin by die vrugte se pluk tot die produk op die rak staan, gereed vir kliënte om dit te koop. Daarom word FruitLips en Achtervlei se tuine ingerig om toergroepe te kan akkomodeer, om sodoende die vars Piket-Bo-Berglug in te asem en te peusel aan vars plaasbrood met FruitLips se produkte wat die ervaring komplimenteer.
FruitLips se kliënte basis bestaan uit drie baie bekende handelsmerke, gespesialiseerde koffiewinkels soos The Larder, padstalle en restaurante soos The Deli Shed en The Country Yard Café. Binnekort gaan geselekteerde produkte van FruitLips ook op Yuppie Chef se webwerf beskikbaar wees.
Die personeel van FruitLips is meestal bergkinders. FruitLips skep aan jongmense van Piket-Bo-Berg geleenthede om by `n sekondêre landbou betrokke te raak. Die personeel bestaan uit 12 medewerkers, met `n gemiddelde ouderdom van 32 jaar.
Die strategie is om ̀ n natuurlike produk te lewer van ̀ n uitstekende gehalte. Fase een is om die Suid Afrikaanse mark goed te vestig en die tweede fase is uitvoere na die Afrika mark.
Soul Food sal die volgende projek wees wanneer FruitLips `n gesonde wins realisieer.
LIBRÉ EIGELAAR
Tydens 2013 voltooi ek by die Universiteit van Stellenbosch se Besigheids Skool
(USB) die Nagraadse Diploma in Besigheidsbestuur en – Administrasie. Die
taak vir my finale tesis was `n besigheidplan en is daar besluit om ons
besigheidsdroom, Soul Food, neer te pen.
Oppad plaastoe vanaf Stellenbosch, met Ma wat saamry vir geselskap, droom
ons oor die dag as Soul Food `n werklikheid kan word. Met ons droom ry ons
verby Die Berg Vrugteverwerking (Intaba) en vra ek, “Hoekom koop ons nie die
vrugte aanleg nie? Ons gedagte was dat dit kan inpas by ons besigheidskonsep.
14 van 16
SUID-AFRIKAANSE VERWERKINGS PRODUKSIE
Tydens die Wêreld Verwerkte Sagtevrugte Inmaakvrugte Konferensie (CANCON 13) in Mendoza,
Argentinië is die volgende ingemaakte – en pureé produksies van vrugte gegee. Die huidige
2015/2016 seisoen is nog nie finale syfers nie en word met die voorafgaande 3 jare se produksie
vergelyk.
TOTALE INGEMAAKTE PRODUKSIE: BASIESE KARTONNE (24 BLIKKE X A2½)
PRODUKTE 2012/13 2013/14 2014/15 2015/16
(SKATTING)
APPELKOSE 988 380 1 529 896 916 233 1 092 027
PERSKES 2 911 587 2 411 212 3 013 239 2 766 440
PERE 1 219 591 1 067 516 1 255 890 1 207 040
GEMENG 1 003 212 859 623 1 354 823 1 000 000
TOTAAL 6 122 770 5 868 247 6 540 185 6 065 507
TOTALE PUREÉ PRODUKSIE: TONNE (28-32 BRIX)
PRODUKTE 2012/13 2013/14 2014/15 2015/16
(SKATTING)
APPELKOSE 8 821 11 915 7 233 8 591
PERSKES 16 916 18 098 24 514 20 229
PERE 8 531 12 862 12 383 9 000
TOTAAL 34 268 42 875 44 130 37 820
BRON: SOUTH AFRICAN FRUIT & VEGETABLE CANNING ASSOCIATION (SAFVCA)
15 van 16
IPV RAADSLEDE VIR 2016/2017
Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 14 Junie 2016, is die volgende
Raadslede eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die IPV Raad
te dien vir die 2016/2017 termyn.
Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 25 Augustus 2016 sal die Voorsitter, Vise-
Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.
VOORSITTER: A G DICEY
VISE VOORSITTERS: H L F VAN DER MERWE EN F J VAN DER MERWE
ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON
AREA VERTEENWOORDIGER
Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar
Tulbagh J H Theron
Wolseley A G Dicey
Worcester / Breërivier F R Botha
Ceres: Swaarmoed A F Smith
Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe
Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom
Ceres B J van Rensburg
Prince Alfred Hamlet P du Plessis
Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel
Swellendam / Barrydale J H Kriel
Ashton G Smuts
Bonnievale H L F van der Merwe
Montagu / Koo C Jordaan
Montagu / Koo J J Esterhuyse
Robertson K de Wet
Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux
Joubertina / Uniondale J C Strydom
16 van 16
TEGNIESE INLIGTINGSDAG
Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging en
Droëvrugte Tegniese Dienste weer soos in die verlede ‘n gesamentlike
Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied en wel op:
DONDERDAG 11 AUGUSTUS 2016 OM 09:00
TE GRAHAM & RHONA BECK
SKILLS CENTRE, ROBERTSON
Tegniese onderwerpe soos Plantverbetering, Evaluasie van nuwe kultivars,
Grondvoorbereiding en Klimaatsverandering sal bespreek word.
Recommended