View
2
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
ALLIENUUS Desember 2016
TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde hoof, Mnr. H Schoeman, wat
vanjaar aftree.
Mnr. Schoeman het sy loopbaan as hoof van Hoërskool Alberton in Augustus 1994 begin toe hy die leisels by die
voormalige hoof, Dr. P Krynauw oorgeneem het.
Deur die jare het Mnr. Schoeman as leidsman ‘n gebalanseerde omgewing vir ons as leerders geskep waar ons in akademie, kultuur en sport kon presteer. Meneer het dit ook reggekry dat die skool tot erfenis gebied verklaar is sodat die nodige opgraderingswerk aan ons
skool gedoen kon word.
Mnr. Schoeman word daarvoor geeër dat hy verseker het dat Christenskap die fondasie van ons skool gebly het en ook in die toekoms sal bly. Meneer se besonderse Christelike karakter het vir ons ‘n uitstekende voorbeeld gestel. Mnr. Schoeman sal onthou word vir sy streng, maar regverdige benadering tot alle situasies, asook sy sin vir
humor.
Baie dankie dat meneer vir ons taal en kultuur baklei het. Ons is trots om volgende jaar die enigste suiwer Afrikaanse skool in die dorp te wees. Dankie dat Meneer bereid was om elke jaar op valentynsdag ontvoer te word. Meneer was werklik so ‘n groot deel van ons skool se
tradisies, gees en karakter.
Ons wens vir Meneer is dat Meneer ‘n rustige aftrede saam met die familie sal geniet en mag liefde, vrede en voor-
spoed Meneer in die toekoms vergesel.
Ons weet dat Meneer die Allies nooi sal vergeet nie. Mag die Allie-bloed nog lank deur Mnr. se are vloei. Ons laat Meneer met die volgende woorde: “Eens ‘n Allie, Altyd ‘n
Allie!”
-Ankia Ackermann
91% by vanjaar se
Eisteddfod behaal.
Hulle was ook in een
van hul items, item-
wenners.
Baie geluk aan al die
deelnemers, julle was
fantasties gewees!
-Ingrid Scholtz
Met die hulp
van Me. Wilson
en Me. De Villies,
onderleiding van
Tannie C Feistel,
het die Allies-
sanggroep vanjaar
die regte note getref.
Hulle het onderskei-
delik 88%, 90% en
Bladsy 2
Die Allies groet…
Dit
is m
et gro
ot hart
seer dat
die A
llie-fa
mili
e af-
skeid n
eem v
an ‘n p
aar van o
ns gelie
fde o
nder-
wysers
, naam
lik M
ev. Van W
yk,
Kir
sten ,M
e. Basson e
n mnr
Stendon
Ons h
oop dat
julle
elk
e nuw
e uit
dag-
ing w
at op ju
lle w
ag ten v
olle s
al
geniet
en die
Alli
es alt
yd in ju
lle
harte s
al dra
. Onth
ou: “Eenm
aal ‘n
Alli
e, alt
yd ‘n A
llie”.
-C
hanté
Eisteddfod
Ons by die Allienuus wil net geluk sê aan al die deelne-
mers aan die Eisteddfod, en dankie sê dat julle die skool
se naam hoog hou en ons hoop dat julle in die toekoms
weer ons naam hoog sal hou. Met een afdelingwenner
en 21 itemwenners is ons beslis opgewonde om te sien
wat julle volgende jaar sal oplewer.
- Zanrich Smit
Sa
ng
gro
e
Radikale redenaar
Tydens vanjaar se Radikale Redenaar-fees het
die Allies weereens bewys dat hulle beslis die
beste is. Die volgende leerders het aan die land-
wye kompetisie deelgeneem
Corzél Mans
Jéandri Wilson ( 1x 1ste, 2x 2de en 1x 3de
plekke )
3 Redenaars groepe:
Gr11 Groep 1 ( Jéandri, Leonie, Mikayla & Chri-
zaan )
Gr11 Groep 2 ( Nelize, Lynn, Chanté & Shi-
moné
Gr 8 ( Luke, Herman, Jade & Macxene )
Spreekkoor
Die spreekkore het almal aan die gons gehad met hulle
fantastiese deelname aan die kunswedstryd. Albei
spreekkore was itemwenners gewees! Die junior
spreekkoor het met hul “Gouelokkies” ‘93% behaal en
die senior spreekkoor 91% met hul gedig, “klein vrede”
Die spreekkore het beslis gewys dat hulle kan.
“Deur inspanning tot sukses”
Hulle het hard gewerk en met die hulp van Mev. Wilson
en Me. Pienaar, het hulle hul mylpaal bereik.
Die spreekkore het nie net gewerk nie, maar ook alles
ten volle geniet. Ons as Hoërskool Alberton is baie trots
op al die kultuurprestasies, julle maak ons trots.
-Celene Duncan
Bladsy 3
Het jy al ooit regtig gaan dink wat ‘n
boekwurm is? Toe ek klein was het
ek gedink dat ’n boekwurm daardie
klein kreatuurtjie in die boekwinkel
is wat al die lekker boeke verslint,
maar dit is voordat ek sommige
mense op ons top-10 ontmoet het,
wat sommer 100% vir vraestelle kry
en dit regkry om van die hooste
gemiddeldesin die skool te kry.
Hulle sit elke kwartaal voor hulle
boeke en bloed sweet om weer
‘n plekkie in die top-tien te be-
haal. Gelukkig is hulle beloon vir
hul harde werk met ‘n lekker
uitstappie na Sun City.
-Andruschka Kaltwasser
A: Hoeke wat vir mekaar
kyk.
V: Vertaal in Afrikaans:”I
beg your pardon?”
A: Huh?
V: Wat is ‘n terminale
siekte?
A: As jy op die lughawe
siek word
V: Gee die manlike vorm
van ‘n weduwee.
A: Skaduwee
V:Gee die verlede tyd van
eet
A:Honger
V: Wat is die teenoor-
staande hoek?
V: Voltooi die idioom: Hoe
meer haas…
A: ...hoe groter haas-
pastei.
V: Waarvoor word bees-
velle gebruik?
A: Om die bees binne te
hou.
-Leandra Merrick
Net die beste...
Eksamenflaters
.Graad 12-raad – Laruschka Smit
1. Maak seker jy het goeie punte:
Ons almal hou nie van leer nie, maar alles is die moeite werd– Vra maar
daardie ou wat die Ferrari besit.
2. Moenie “bank” nie:
Dalk hou jy nie van die vak of onderwyser nie, maar as jy elke klas bywoon, ken
jy 50% van jou werk
3. Maak goeie en ware vriende:
Elkeen het sy vriende nodig. Maak net seker dat jy hulle kan vertrou.
4. Moenie drama veroorsaak nie.
Hou jou neus uit ander se sake, as jy moes weet, sou hulle jou self vertel het.
5. MOETnieVIR ANDER VERANDER NIE!
Wees jouself. Die regte mense sal jou liefhê vir wie en wat jy is. Glo my.
*Jou hoërskool loopbaan hou net so lank-maak die beste daarvan.
Allies, ek wil net baie dankie sê dat julle so fenomenaal is. As dit nie vir julle was nie, sou die VCSV nooit kon wees wat dit is nie. Dankie vir jul bydrae en ondersteuning ! Ek is se-ker ons gaan nog baie lekker tye saam hê. Dan-kie aan Mev. Jordaan. Juffrou het altyd nog meer plek onder Juffrou se groot vlerk en die raad vloei uit Juffrou se mond uit. Kom ons pak 2017 aan met nuwe geloof en krag. Pak 2017 aan saam met God ! Wat Allieland vir my geleer het: -Dat jy nooit hoef bang te wees om te skree as jy skielik aan jou grootste vrees blootgestel word nie (vra maar vir mnr. Erasmus wat soos 'n meisie kan gil oor 'n ou klein spinnekoppie) - Juffrou van Schalkwyk sê altyd: "Amper daar. Net nog so klein bietjie harder..." en harder.. en harder.. en har-
der.. Dan kom ek Wis-kunde ook maar net-net deur.. (Ek weet nog nie of ek dieselfde van fisies kan sê nie) Die punt is: Allies, Werk net altyd hard en gee net jou beste, want jy sal beslis die vrugte daarvan pluk. -Elke atleet wat al ooit by juffrou Coston geoefen het, sal weet dat opgee NIE 'n opsie is nie. As jy eers met 'n wedloop (of selfs wedstryd) begin het, gee jy jou alles. Al moet jy hygend oor die eindstreep kruip en mooi trap om nie oor jou tong te struikel nie. Op die einde is dit dít wat jou 'n sterker mens maak! -Romeo en Juliet is eint-lik nie so sleg nie, man! Veral nie as jy by juffrou Nel Engels kry wat soms bloos-bloos vir ons moet verduidelik wat sommige terme beteken nie. Juf-frou Nel het ook beslis al die kuns van kodetaal bemeester. Matrieks, al wat ek nou nog wil weet, is hoekom het die mense in Romeo en Juliet se tyd dit nodig ge-vind om hulle
"swaarde" so baie te ge-bruik? -Dat dit "cool" is om in groe-pe te praat, in kore te sing en aan die kunswedstryd deel te neem. Juffrou Wilson sal vir jou vinnig leer hoe om uit jou dop te kruip en net vet pret te hê terwyl jy sommer ook 'n itemwenner lospraat! -Dat laataand oefeninge, harde oefensessies, deur-settingsvermoë, spanwerk en uitstekende leiding 'n re-sep vir sukses is. Vra maar vir Mnr. Myburgh en Mnr. Pretorius en die dirigente van 2016! #MarioAllies (En glo my: Enige dirigent en selfs pom-pom sal vir jou kan sê dat tannie Gail se dansmoves nie 'n grap is nie!) -Die netbalmeisies het vinnig ge-leer dat juffrou Jordaan nogal goed is in "multi-tasking" Sy kan 'n eerstespan wedstryd skeidsreg, haar broekspyp vastrap, val, soos 'n ninja op-spring en verder blaas(alles in 'n kwessie van sekondes) asof niks verkeerd geloop het nie.
#foutloos
-Zoë Salzwedel
Prysuitdeling 2016
Ons sê baie geluk aan die volgende Allies wat hoof-
toekennings tydens vanjaar se prysuitdeling ontvang
het.
Maryke Keyser ( Paul Kruger Trofeë & Reunert Dux
Trofeë )
Zoë Salzwedel ( Reunert Dienstrofeë )
Jeandri Wilson ( Reunert Kultuurtrofeë )
Lunga Molele ( Sportseun van die jaar )
Alissa de Klerk ( Sportdogter van die jaar )
2016 Was ‘n jaar om te onthou.
Bladsy 4
Bladsy 5
Die lente is hier en die Allies het
die stygende temperature met ope
arms verwelkom. Leerders het die
vars lentelug ingeasem en die
koms van die nuwe seisoen is ge-
vier met lenteweek “dress-upp”.
Kleurvolle dasse, kouse, hoede,
kopbande, pruike, kruisbande en
alles waaraan jy kan dink is ge-
bruik om jou dag in te kleur.
Die lentebal was ‘n feeste-
like aand, so die wat hoër-
skool Alberton as hul toekom-
stige alma mater kies, sal gou
deel uitmaak van ‘n trotse tra-
disie!
Dankie ALLIES vir jul gees!
-Jeanrique Prinsloo
Die rooi tappyt, die kameras wat flits…
Hollywood in Allieland was die tema
van hierdie jaar se leerlingraadbal. Na
‘n jaar se harde werk het die leerlin-
graad die kans gekry om vir ‘n laaste
keer saam te kuier en afskeid te
neem.
Die hoofleiers van 2016 het
baie moeite gedoen om die
aand spesiaal te maak en
almal het pragtig gelyk. Na
die heerlike ete wat vir ons
voorberei is, het ons die
dansbaan betree en die res van
die aand saam geniet.
Leonie van Sittert
spanne wat 2de en 3de geëindig het in die liga. Dankie aan Mev. v Wyk & Me. Welken vir die geduld en opoffering. Sonder die twee on-derwysers en leer-ders sou die jukskei
Hierdie jaar was die juk-skei weer ʼn reuse suk-ses…. Ons sê baie geluk aan
elkeen wat die proewespan gehaal het, asook al die
nie so goed gevaar het nie.
Allies is
alles!!
-Calista WelkenXx
KULTUURAAND 2016
Lenteweek 2016
Jukskei –Jukskei-Jukskeiiiiiii
koor, dansgroep,
sanggroep en toneel.
Die leerders en on-
derwysers het baie
ure se oefening inge-
sit en hul het die
vrugte daarvan ge-
pluk. Daar was om-
trent ʼn paar komiese
oomblikke in die to-
neel waarvoor die ge-
hoor kan lag. Ons kan
se die aand was ʼn
reuse sukses en ons
sien uit na 2017 se
kultuuraand.
-Denise Beetge
Na ʼn hele jaar se
opgewondenheid vir
ons kultuuraand wat
op 11 Augustus
2016 plaasgevind
het, was ons verskrik-
lik trots en tevrede
met wat alles gebeur
het nl. die spreek-
Hollywood in Allieland
Cinderella sluit by die sirkus aan.
Spookasem en springmielies het vir die gaste gelê en wag toe die
glansaand, waarvoor elke matrikulan al 5 jaar wag, uiteindelik op
29 September aangebreek het. Die matriekafskeid 2016, met die
prettige, tog stylvolle tema van “vintage” sirkus, het aan die ma-
trikulante ‘n laaste geleentheid gebied om almal saam te kuier
en totsiens te sê.
Met die woord van die ringmeester,is die deure na ‘n aand van
avontuur, pret en plesien geopen. Cinderella het haar koets,
prins en paleis verruil vir ‘n blink sportmotor, ‘n Allie-hunk
met ‘n deftige pak en die onthaal van Thaba Ya Batswana.
Die dames het die koppe behoorlik laat draai met hul prag-
tige rokke wat net weereens daarvan getuig het dat Allies ele-
gant en stylvol is. Daar is heerlik geëet en groot makitie gehou.
Die hoofleiers van 2016, Lunga en Maryke, het vir oulaas ‘n
paar gevleulde woorde gesê en totsiens gesê aan al hulle
vriende en klasmaats wat vir soveel jare deel was van hulle
lewe.
Matrieks, Martin L. Fletcher het gesê: “Life is a ticket to the
greatest show on earth”. Gaan voluit en leef, leef, leef!
Ons hoop dat die matriekafskeid vir julle ‘n onvergeetlike aand
was, wat julle vir altyd in julle harte sal koester.
Onthou, eens ‘n Allie, altyd ‘n Allie!
-Ankia Ackermann
Recommended