View
221
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
1
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Oom Dave & Tannie Koekie Griesel was die eerste kampeerders en het alreeds van Maandag, 1 Augustus, gekamp. Hulle is van die streek Suidwes-Kaap en oom Dave was een van die
stigterslede van streek Oos-Kaap. Van die ander lede het Donderdag uitgekom. Oom Wouter Steenkamp het Donderdagaand boekevat gedoen. Daar is lekker gebraai in die bittere koue.
Vrydagoggend was dit spierwit geryp en toe die van ons wat werk net voor sewe ry, was dit 1 grade. Die res van die lede het deur
die dag uitgekom. Ons gaste van hoofkantoor het ook deur die dag gekom en die groot tent is opgeslaan. Baie dankie aan almal wat gehelp opslaan het. Dankie ook aan Richard wat die waentjie Gamtoos toe gesleep het. Jak-
kie Barnardo het Vrydagaand boekevat behartig. Na boekevat is daar sop en broodjies bedien. Dit was heerlik.
Baie dankie aan almal wat sop gemaak het en ook aan Jakkie wat die broodjies vir ons opgetel en deurgebring het. Die dames sal hul resepte
moet aanstuur (veral Koekie se broccoli sop). Die vure het hoog gebrand en daar is heerlik gekuier.
Saterdagoggend was die vergadering om tien uur in die tent. Sommige lede is verskoon weens die
groot rugby wedstryd tussen die Lions en die Hurricanes. Hul ondersteuning het nie gehelp nie en die Lions het die wedstryd verloor. Die vergadering het baie goed afgeloop. Sommige van die toekennings is uitgedeel. Die
vergadering is verdaag en daar was baie tyd om die middag lekker te ontspan voor die aandfunksie.
2
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
AJV TOEKENNINGS
Johan & Alida Steynberg
5x Kampkommandante
Buitengewone dienste Streek Meriete
Richard & Poppie Heyman
100% Bywoning
5x Kampkommandante Buitengewone dienste
Streek Meriete
Jacques & Zelda
Swanepoel
2 jaar op bestuur
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste
Theo & Mariana Pozyn
Buitengewone dienste
100 Algemene kampe Streek meriete
Johan & Jakkie Barnardo
100% Bywoning
5x Kampkommandante Buitengewone Dienste
Jacques & Zeldri Strydom
Buitengewone Dienste
100 Algemene kampe
Johan & Karen
Rautenbach
100% Bywoning 2 jaar op bestuur
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste
Frans & Liana
Labuschagne
100% Bywoning 2 jaar op bestuur
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste 100 Streekkampe
Wouter & Alna Steenkamp
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste
Cecile Meyer
100% Bywoning
200 Algemene kampe
Gerhard & Leonora
Moggee
100% Bywoning Buitengewone Dienste
50 Streekkampe
Deon & Tersia le Roux
100% Bywoning
Buitengewone Dienste
3
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
AJV TOEKENNINGS (VERVOLG)
Steve & Ischké
Lambrechts
100% Bywoning 2 jaar op bestuur
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste
50 Streekkampe
Duppie & Emsé du Plessis
50 Streekkampe
Markus & Riana Pottas
100% Bywoning
Stienie Grobler
Buitengewone Dienste
Tjaart & Nelia Snyman
100% Bywoning
5x Kampkommandante Buitengewone Dienste
200 Streekkampe
Streek Meriete
Willie & Jackie Conradie
Buitengewone Dienste
Anton & Rozelle
von Molendorff
100% Bywoning
Buitengewone Dienste
100 Streekkampe
Tommy & Rene Hall
Buitengewone Dienste
Martin & Christelle Deyzel
Buitengewone Dienste
Gerhard & Annemarie
Momberg Buitengewone Dienste
50 Streekkampe
Jan & Tanyia Hugo
Streek Meriete
Johan & Sandra Fourie
5x Kampkommandante
Buitengewone Dienste
4
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Afwesig: Eddie & Tania Deyzel—100% Bywoning, Buitengewone Dienste. Johan & Ronel Gouws—
5x Kampkommandante. Piet Kapp—5x Kampkommandante. Steven & Sandra Meyer—Buitengewone Dienste. Erik & Wilna Noack—50 Streekkampe. Sieg & Charlene Slabbert—Buitengewone Dienste. Peter & Leonie van Rensburg—100% Bywoning, Buitengewone Diente. Rudie & Natasja van
Tonder—Buitengewone Dienste. Flip & Marguerite Vermeulen—50 Streekkampe
Die aandfunksie het om 17h30 begin. Die saal het pragtig gelyk en die kos was heerlik. Daar is
toesprake gemaak, toekennings is uitgedeel op streeks- & gebiedsvlak en die nuwe bestuur is bekend gestel. Baie geluk aan die nuwe bestuur en ook aan almal wat toekennings gekry het. Elke gesin het ‘n bottel wyn in ‘n kissie wat as ‘n bedieningsbord gebruik kan word gekry. Daar is ook pragtige karavaan
sleutelhouers uitgedeel. Baie dankie aan almal wat ‘n aandeel in die reëlings gehad het, iets geskenk het of enige ander taak verrig het om van die aand ‘n sukses te maak. Baie dankie ook aan die eienaar en personeel van die Gamtoos Ferry hotel vir julle puik diens. Ons sal definitief weer op julle knoppie
druk. Dit was ‘n reuse sukses.
Dave Griesel het die
heildronk ingestel
Chantal Snyman
& Lindie Stander het staaltjies uit
hul jeugjare
vertel
Lindie & Paul Stander en Mario &
Clarisse Steenkamp is as nuwe lede voorgestel
5
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Leonora
Moggee—Vrou van die jaar
Jeug—Lynique
Deyzel
Nuusberig van
die jaar—Tania Deyzel
Uittreedende bestuurslede:
Zelda Swanepoel, Steve Lambrechts & Karen Rautenbach
Man van die jaar—
Johan Rautenbach Senior Burger van die
jaar—Cecile Meyer
Toewyding—Liana
Labuschagne
Flopper—
Charlene Slabbert 100+ - Willie &
Jackie Conradie Gesin van die jaar—
Deon, Tersia & Elzaan le Roux
Uittreedende
Voorsitter Johan Steynberg
Gebieds Meriete Toekennings:
Liana Labuscagne & Tjaart Snyman
6
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Sondagoggend het Ds Ben Fourie van bybelverspreiding die kerkdiens gelei. Ons kollekte sal
in die toekoms nogsteeds vir bybelverspreiding gaan. Daar is ook pillehouertjies uitgedeel wat ons moet volmaak en terugbring. Die kleintjie vat R2 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir een bybel en die groter een van R5 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir twee bybels. Daar is plaatjies uitgedeel.
Afwesig: De Wet & Yolandi Fourie—10 Streekkampe
Deon &
Tersia le Roux—10
Streek
kampe
Kallie & Denise
Kaltenbrunn—20 Streekkampe
Anton &
Theresa Willemse—30 Streek
kampe
Benna & Marie Weitz— 200
Streekkampe
Tommy & Rene Hall–
50 Streekkampe
Wouter & Alna
Steenkamp—130 Streekkampe
Stienie Grobler—
150 Streekkampe
Gerrie & Venessa Rens—
130 Streekkampe
Eddie & Tania Deyzel—
120 Streekkampe
Johan & Sandra Fourie—
240 Streekkampe Shaun & Madelynne
Victor—25 Algemene kampe
Steve & Ischké
Lambrechts—60 Streek & 75 Algemeen
Ons gaste van hoofkantoor
Betuur 2016/2017: Voorsitter– Tjaart Snyman;
Ondervoorsitter– Jakkie Barnardo; Sekre-taresse- Liana Labuschagne; Penningmeester– Ischké Lambrechts; Addisioneel—Richard
Heyman, Zeldri Strydom, Tersia le Roux, Martin Deyzel. Senior Burger verteenwoordiger-Sandra Fourie. Afwesig: Redakteur—Elzaan le
Roux
7
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Na kerk is daar koffie gedrink en cupcakes geëet. Baie dankie aan oom Tjaart wat die cupcakes gereël
en gaan haal het. Dit was heerlik. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die tent weer af te slaan en aan Zeldri Strydom wat die waentjie terug huis toe sleep. Sommige lede moes oppak en die terugtog aanpak. Die res van ons het nog gebraai en gekuier en natuurlik ‘n middagslapie gevang. Sondagaand
het die poorte behoorlik oopgemaak en dit het lekker gereën.
Maandag was weereens ‘n heerlike sonnige dag. Sommiges het lekker op Jeffreys gaan ontbyt eet terwyl sommiges
nog ‘n visvangsessie moes inwerk. Nog lede het opgepak en huiswaars gekeer. Ons
gaste van hoofkantoor is ook terug huis toe. Liana het Maandagaand vir ons boekevat gedoen.
Dinsdagoggend het Richard boekevat gedoen en almal het opgepak en huis toe gegaan. Baie dankie aan al die lede vir ‘n heerlike AJV en kamp. Alles was puik en ons maak definitief volgende jaar weer so.
Baie sterkte aan die nuwe bestuur vir die jaar wat voorlê. Ek glo ons gaan lekker as ‘n span saamwerk om dinge vir ons lede lekker te maak. Soos Jurie gesê het sonder ons lede is daar nie ‘n SAWA nie.
Veilig sleep tot volgende keer
Groete, Ischke Lambrechts
SENIOR BURGERS Hierdie was dan ook ‘n Senior Burger saamtrek.
Donderdag was ons maar min lede. Dave & Koekie Griesel; van streek Suidwes-Kaap en ook een van die stigterslede van streek Oos-Kaap; Wouter & Alna Steenkamp, Barend & Lenie Swanepoel met hul agterkleindogter, Liana & Frans Labuschagne, Deon
& Tersia le Roux en dan ek & Johan het die middag saam lekker koek en tee geniet. Wouter Steenkamp het boekevat vir ons gedoen. Die aand het Ischké & Steve Lambrechts en Andre & Sammy Ankiewitz by ons aangesluit en ons het lekker gebraai.
Die res van die naweek het maar soos vir die res van die kampeerders verloop. Almal het die AJV en 40 jarige vieringe vreeslik geniet. Tannie Cecile Meyer is dan ook aangewys as die Senior Burger van die jaar. Baie
geluk aan haar. Dit sit nie in almal se broek om op 82 jarige ouderdom jou eie karavaan te sleep en dan nog boonop 100% bywoning te kry nie. Welgedaan! Baie Dankie aan almal vir ‘n heerlike kamp. Veilig sleep tot
volgende keer
… Sandra Fourie
Ons gaste se bekers
Recommended