64

© Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n
Page 2: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

© Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) BpkBosmanstraat 380, Pretoria

Tel. (012) 401 0700E-pos: [email protected]

Geset in 10 op 13pt ArialOmslagontwerp en grafiese uitleg deur Full Circle

Gedruk en gebind deur Millennium D.T.P & Repro House CC

Eerste druk 2007

ISBN 978-0-7993-4150-8

© Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.

Page 3: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

Cila WaltersIzak de Vries

[email protected]:’n gids

LAPA Uitgewerswww.lapa.co.za

Page 4: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

Inhoud

Deel 1: Inleiding 5I. ’n Opsomming van die boek 6II. Voor die leerders die boek lees 6III. Ná die eerste lees 8

Deel 2 ’n Gedetailleerde analise van [email protected] 10I. Vrae en antwoorde oor elke hoofstuk in [email protected] 10Hoofstuk 1 14Hoofstuk 2 16Hoofstuk 3 18Hoofstuk 4 19Hoofstuk 5 21Hoofstuk 6 23Hoofstuk 7 25Hoofstuk 8 27Hoofstuk 9 30Hoofstuk 10 33Hoofstuk 11 35Hoofstuk 12 37Hoofstuk 13 39Hoofstuk 14 41Hoofstuk 15 44Hoofstuk 16 45Hoofstuk 17 46II. Algemene vrae 48III. Mondelinge opdragte 49

Deel 3 ’n Nader kykie na sommige aspekte van [email protected] 50Intrige, Karakters, Verteller, Tyd en Plek 50I. Karakters (Makliker vrae) 54II. Karakters (Moeiliker vrae) 54III. ’n Moontlike essay (Slegs vir gevorderde leerders) 56IV. Die ruimte 57V. Die tyd 58VI. Die intrige 59VII. Die verteller 59VIII. Taalgebruik 60

Deel 4: Speletjies oor [email protected] 62

Page 5: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

5

Iets oor Carina Diedericks-HugoCarina is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretori a en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls’ School in Kaap stad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Neder-lands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en ander boeke sluit in Koning Henry en Operasie M.I.A.A.U. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeug lektuur en die M.E.R.-prys. In 2006 en 2007 het sy die ATKV- Kinderboekprys gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as kinderboekredakteur by Human & Rousseau. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en vyf katte in Stellenbosch. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Desiderius Pongrac z, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op Greyton.

Enkele opmerkings

Thomas en sy vriende is baie gewild by leerders in klaskamers van graad 4 tot graad 9. Die boek word gelees in Huistaalklasse en in Addisionele Taalklasse. Ons het dus ’n gids probeer saam-stel wat oor so ’n breë spektrum as moontlik van nut sal wees. In dié gids is daar verwysings na die kurrikula van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal en na Afrikaans as Huistaal.

Elke hoofstuk word afsonderlik ontleed met gedetailleerde vrae en modelantwoorde.

Daar is ook ’n aantal algemene vrae, gebaseer op die kurriku-lum, wat bedoel is om die leerders te help om die novelle beter te verstaan. Hierdie oriënteringsvrae is “oop” en by dié vrae word modelantwoorde dus nie voorgestel nie.

’n Aantal taalspeletjies maak die lees van die boek nog aan-genamer.

Page 6: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

6

I. ’n Opsomming van die boekThomas, sy pa en stiefma, trek na ’n ou Victoriaanse huis in Kaap-stad. Hy is nie baie opgewonde oor die verskuiwing nie, maar het darem die kamer wat hy graag wou hê – die solder – gekry. Die argitek wat verantwoordelik was vir die restourasie van die huis kom kuier en vertel ’n interessante storie oor die geskiedenis van die huis. ’n Moord is ’n honderd jaar gelede daar gepleeg. Vreemde dinge begin dan ook in die kamer gebeur en kort voor lank besef Thomas dat dit in sy kamer spook.

Hy vertel sy vriende en hulle begin dan navorsing doen, op die internet tot in die argief in Roelandstraat, om agter die kap van die byl te kom. Maar dan loop Thomas hom vas in ’n grypdief en ’n aanvaller. Die argitek en sy broer val eers vir Thomas en daarna sy stiefma aan. Hulle soek die goue muntstukke wat die vermoorde meisie se pa in die huis weggesteek het.

Gelukkig is Thomas se goeie vriende byderhand om te help!

II. Voor die leerders die boek lees’n Deel van enige leser se aanvaarding van enige teks begin reeds voor die teks gelees word. Don’t judge a book by its cover, lui die ou gesegde, tog doen baie van ons dit!

Hierdie bondige inleiding tot die teks sal die leerders help om idees te begin formuleer oor die teks. Hopelik sal hulle later hierdie idees weer aanspreek en moontlik selfs uitdaag!

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde wat ons hier gaan aanraak

Leerarea

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Leer-uitkomste

LU 3

LU 3

Assesseringstandaarde

Let op na die rol wat prente of foto’s in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word mense van verskillende rasse en/of kulture in prente uitgebeeld?);

Beskryf gevoelens oor die teks (feitlik of literêr, visueel of multi-media) en gee redes.

Deel 1: In

leidin

g

Page 7: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

7

Iets om met die klas te deelDie titel’n Boek se titel behoort die leser te prikkel en dit behoort ’n vae idee van die inhoud te gee. Soms is titels egter opsetlik misleidend, maar dan is dit weer deel van die spel om die leser se oorspronklike idees te toets aan dit wat die titel eintlik beteken of uiteindelik wel beteken.

VoorblaaieVoorblaaie word gewoonlik nie deur die outeur van die boek gekies nie, maar wel deur die uitgewers wat die boek be-mark.

Vrae oor [email protected] se voorblad (Groepwerk)Modelantwoorde op hierdie vrae word nie verskaf nie aangesien die vrae ontwerp is om bloot die leser se resepsie te toets.

1. Maak [email protected] se voorblad julle lus om die boek te lees, of nie? Hoekom sê julle so?

2. [email protected] is deel van ’n reeks boeke wat hande l oor Thomas en sy maats. Wie van julle het al van die ander boeke oor Thomas gelees? Kan julle die titels onthou?

3. Stem die buiteblaaie van die ander boeke in die Thomas-reeks ooreen met die van [email protected]? Verduidelik. (Tog wel. Die reeks se buiteblaaie pas almal bymekaar.)

4. Hou julle daarvan dat Thomas se foto op die voorblad afgedruk is, of nie? Verduidelik.

5. Sonder om die verhaal te lees, kan julle reeds sê of julle dink die buiteblad en die titel van die boek pas bymekaar, of nie? Hoekom sê julle so?

6. As julle die boek se voorblad moes ontwerp, wat sou julle ander s wou sien? Hoekom?

Page 8: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

8

III. Ná die eerste leesDit is belangrik om die leerders se reaksie op die tekste te toets ná hulle die hele teks deurgelees het. ’n Sterk klas sal dit natuurli k self kan lees, maar die meeste onderwysers sou waarskynlik ver-kies om die novelle in die klas te behandel. Hoe ook al, die leser se resepsie van ’n teks is ’n belangrike deel van die leesproses.

Ons beveel aan dat die leerders, indien moontlik, hierdie vrae skriftelik beantwoord. Dit kan selfs in rofwerkboeke wees. U sou dan die leerders kon vra om hulle antwoorde te deel met die res van die klas.

Indien dit vir die klas te moeilik is, kan u die leerders vra om die vrae eers in groepe te beantwoord; daarna kan u die vrae in die klas bespreek.

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde wat ons hier gaan aanraak:

Leerarea

Afrikaans Huistaal

Leer-uitkomste

LU 3

Assesseringstandaarde

Beskryf gevoelens oor die teks (feitelik of literêr, visueel of multi-media) en gee redes.

Beskryf en ontleed emosionele reaksie op tekste.

Toon begrip van die teks, die ver -band daarvan met hul eie lewe, die doel daarvan en hoe dit funksioneer:• Verduidelik temas, intrige, ruimte,

atmosfeer en karakterisering;• Bespreek die skrywer se hou din g

en perspektief, hoe bete kenis geskep word en maniere waarop die leser geposisioneer word. (Soos: Vertel die skrywer die storie as ’n waarnemer of ’n karakter? Hoe voel jy oor die hoofkarakter(s)? Laat die skrywer jou simpatiek of krities voel? Hoe kry die skrywer dit reg om jou so te laat voel?)

Page 9: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

9

Moontlike vrae om die leerders se resepsie te toets(Daar is nie modelantwoorde op hierdie vrae nie – hulle is bloot ontwerp om die leser se resepsie te toets.)1. Het jy van die verhaal gehou, of nie? Verduidelik.2. Sou jy graag wou maats wees met die volgende karakters, of

nie? Hoekom sê jy so?a) Thomasb) Alexc) Hannesd) Thaboe) Louisa

3. Sou dit lekker wees as Thomas na jou skool toe sou kom, of nie? Hoekom?

4. Nou dat jy die storie klaar gelees het, dink jy die voorblad pas by die verhaal, of nie? Hoekom?

5. Laat die foto op die voorblad jou onmiddellik aan Thomas dink, of dink jy dit is dit ’n swak voorstelling van hom? Verduidelik.

6. As jy die boek se voorblad moes ontwerp nou dat jy die ver-haal klaar gelees het, wat sou jy anders wou sien? (Indien enigsins?) Hoekom?

Page 10: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

10

I. Vrae en antwoorde oor elke hoofstuk in [email protected] analise sal die leerders help om elke aspek van die teks te leer ken.

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde wat ons hier gaan aanraak:

Leerarea

Afrikaans Huistaal

Leer-uitkomste

LU 2

LU 3

Assesseringstandaarde

Pas interaksievaardighede en -strate gieë in groepsituasies toe:• Volg konvensies vir gepaste inter-

aksie tydens groepwerk;• Gee gebalanseerde en opbouende

terugvoering;• Toon sensitiwiteit vir kultuur- en

sosiale verskille (soos: bevestig en inkorporeer diverse taal, ervaringe, voorbeelde);

• Ontlont potensiële konfliksituasies deur die gebruik van diplomatiese taal.

Lees ’n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):• Lees hardop en stil en pas lees-

strategieë volgens die doel en gehoor aan;

• Gebruik gepaste lees- en begrip-strategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele lei-drade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.).

Toon begrip van die teks, die ver-band daarvan met hul eie lewe, die doel daarvan en hoe dit funksioneer:

Deel 2: ’n

Ged

etailleerde an

alise van T

HO

MA

S@

MO

OR

D.N

ET

Page 11: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

11

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LU 1

• Verduidelik temas, intrige, ruimte, atmos-feer en karakterisering;

• Bespreek die skrywer se houding en per-spektief, hoe betekenis geskep word en maniere waarop die leser geposisioneer word. (Soos: Vertel die skrywer die storie as ’n waarnemer of ’n karakter? Hoe voel jy oor die hoofkarakter(s)? Is jy simpatiek of krities? Hoe kry die skrywer dit reg om jou so te laat voel?).

Verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:• Som hoof- en ondersteunende gedagtes

op;• Kies relevante inligting en gee dit op ’n

gepaste wyse mee;• Volg redelik komplekse instruksies en

aanwysings sonder enige hulp.

Identifiseer en bespreek kulturele en sosiale waardes in tekste krities:• Interpreteer die skrywer se bedoelde en

onbedoelde verskuilde boodskappe;• Identifiseer verskillende perspektiewe

binne ’n ingewikkelder teks en gee eie perspektief gebaseer op bewyse uit die teks;

• Ontleed die uitwerking van stereotipe-ring, partydigheid en vooroordeel en bespreek hoe dit bevraagteken en verander kan word en gee eie gemoti-veerde mening.

Verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):• Beantwoord letterlike vrae;• Teken relevante inligting op (soos om ’n

tabel in te vul);• Reageer persoonlik;

Page 12: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

12

LU 2

LU 3

• Bring die storie in verband met haar/sy eie lewe;

• Bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties voorgestel of word hy/sy gestereotipeer? (Wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig.);

• Stel ’n alternatiewe slot vir die storie voor (wissel kodes, indien nodig);

• Vertel ’n storie oor;• Som ’n storie op.

Voer interaksie in sy/haar addisionele taal:• Stel en beantwoord vrae;• Voer ’n gesprek oor ’n bekende onder-

werp;• Lug mening en gee redes daarvoor;• Druk gevoelens uit.

Toon, op ’n eenvoudige manier, begrip van die elemente waaruit stories bestaan:• Titel, ruimte/agtergrond en intrige (soos:

vertel waarom sekere gebeure op daar die spesifieke manier in ’n storie afspeel);

• Begryp karakters (soos: beskryf hoe ’n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede);

• Identifiseer en bespreek sosiale en etiese vraagstukke in ’n storie (soos: Is die storie regverdig?);

• Let op hoe karakters en intrige aangebied word om ’n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld. (Soos: Word mense van verskillende rasse en/of kulture stereo-tipies uitgebeeld, of word hul diversiteit realisties oorgedra?);

• Stel alternatiewe maniere voor om karak-ters en hul optrede uit te beeld.

Page 13: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

13

LU 2

LU 3

• Bring die storie in verband met haar/sy eie lewe;

• Bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties voorgestel of word hy/sy gestereotipeer? (Wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig.);

• Stel ’n alternatiewe slot vir die storie voor (wissel kodes, indien nodig);

• Vertel ’n storie oor;• Som ’n storie op.

Voer interaksie in sy/haar addisionele taal:• Stel en beantwoord vrae;• Voer ’n gesprek oor ’n bekende onder-

werp;• Lug mening en gee redes daarvoor;• Druk gevoelens uit.

Toon, op ’n eenvoudige manier, begrip van die elemente waaruit stories bestaan:• Titel, ruimte/agtergrond en intrige (soos:

vertel waarom sekere gebeure op daar die spesifieke manier in ’n storie afspeel);

• Begryp karakters (soos: Beskryf hoe ’n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede);

• Identifiseer en bespreek sosiale en etiese vraagstukke in ’n storie (soos: Is die storie regverdig?);

• Let op hoe karakters en intrige aangebied word om ’n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld. (Soos: Word mense van verskillende rasse en/of kulture stereo-tipies uitgebeeld, of word hul diversiteit realisties oorgedra?);

• Stel alternatiewe maniere voor om karak-ters en hul optrede uit te beeld.

Page 14: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

14

Hoofstuk 1Terwyl Thomas een Saterdagoggend sy swanger stiefma, Louis a, teensinnig help om hulle trek agtermekaar te kry, besoek die skool-hoof sy ouers. Thomas en sy beste vriend, Hannes, is uitgevang dat hulle nie net ’n klas gebunk het nie, maar ook sonder toesig die rekenaarkamer besoek het. Die speletjie wat hulle van die internet afgelaai het, het ’n virus op die skool se rekenaarstelsel losgelaat. Toe die skoolhoof vertrek, glip Thomas vinnig weg om vir Hannes te gaan waarsku.

1. Hoekom moet Thomas-hulle trek? Hulle moet na ’n groter huis trek, omdat sy stiefma ’n baba gaan hê.

2. Wie is Thomas se stiefma? Louisa3. Hoekom wil Thomas nie trek nie? Hy bly nog sy hele lewe in

dié huis en sy maats bly nie verder as ’n blok van hulle af nie. Die huis is ook die enigste plek waar hy nog iets van sy eie ma kan onthou.

4. Wie is die skoolhoof van Thomas se skool? Meneer Volschenk.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LU 4 Gebruik ontwikkelende kennis van taal-struktuur en -gebruik:• Pas kennis van taalstrukture toe (soos

grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer;

• Gebruik taalhulpmiddele (soos ’n woorde-boek).

Verstaan die skryfproses:• Skryf konsepweergawes (kladwerk), lees

dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit;

• Verstaan die verskil tussen:– herskryf (verander inhoud en struktuur),

en– redigering (maak foute reg);

• Redigeer eie skryfwerk.

Page 15: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

15

5. Wat is die skoolhoof se bynaam? Oros-man6. Wie is Thomas se beste vriend? Hannes7. Watter speletjie het Thomas en sy vriend in die rekenaar-

kamer afgelaai? Guts & Gore IV8. Wat is Thomas se van? Steyn9. Waarin, reken Louisa, stel kinders nie belang nie? Lesings

oor fossiele wat in die Magaliesberg voorkom10. Waaraan het kinders, volgens Louisa, wel ’n behoefte?

Elek tronies-gebaseerde onderwys11. Wat moet kinders volgens Louisa die geleentheid kry om

by die skool te doen? Kinders moet die geleentheid kry om, binne perke, self die internet te verken om ’n globale opvoe-ding te kry.

12. Hoe verlaat Thomas die huis ná die skoolhoof se besoek? Thomas wriemel deur die badkamervenster.

13. Hoekom is Thomas en Hannes in soveel moeilikheid? Hulle het die Lewensvaardighede-les gebunk en sonder toesig in die rekenaarkamer gaan werk. Die speletjie wat hulle van die internet afgelaai het, het ’n virus in die skool se rekenaar-stelsel versprei. Hulle het nie net skoolreëls oortree nie, maar moontlik ook krimineel opgetree.

14. Met watter soort motor ry Hannes se ouers? ’n Silwer BMW15. Wat is Hannes se hond se naam? Nikodemus16. Watter kleur is Hannes se hare? Blond17. Woon Hannes-hulle in ’n enkel- of dubbelverdiepinghuis?

Dubbelverdieping. Hannes en Thomas loop met die trappe op na Hannes se kamer.

18. Wat moet Thomas vir sy stiefma van Hannes se ma terug-neem? ’n Nageregbak

19. Wat stel Hannes se ma voor dat die seuns doen terwyl sy uit-gaan? Sy stel voor hulle gaan fliek. Hulle moet net versigtig wees.

20. Waarheen wil Thomas gaan? Thomas stel voor hulle gaan Waterfront toe.

21. Waarheen wil Hannes eers gaan? Hannes wil eers CD-winke l toe gaan.

Page 16: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

16

Hoofstuk 2Thomas is in sy nuwe kamer in die solder van die ou Victoriaanse huis waar hulle nou woon. Die kamer staan nog vol bokse en hy moet nog sy lessenaar en bed na die regte plekke skuif. Die eerste ding wat hy uitpak, is sy rekenaar, want hy wil die nuwe speletjie, Night of Chills II, wat hy by Hannes geleen het, speel. Terwyl sy rekenaar die speletjie laai, is daar ‘ n klop aan sy kamer-deur. Wanneer hy die deur oopmaak, is daar niemand nie. En dit is maar net die eerste van drie vreemde dinge wat in hierdie hoofstuk in sy kamer gebeur …

1. Hoekom is Thomas kwaad? Sy pa het met hom geraas om-dat hy nie vir Louisa gehelp het om klaar te pak nie. Thomas dink egter nie dat dit sy werk is nie.

2. Na watter tipe huis het Thomas-hulle getrek? ’n Ou Victoriaan-s e huis

3. Wat is Thomas se kat se naam? Cleo4. Wat beteken “die piesangs gaan vlieg”? Daar gaan groot moei-

likhei d wees.5. Waar is Thomas se nuwe kamer? Thomas se kamer is die

solder van die huis.6. Hoekom wou Thomas daar slaap? Hy reken hy sal dan

uit sy pa en Louisa se hare kan bly en ver genoeg van die skreeuende baba af weg wees.

7. Waarvan is die spiraaltrap buite Thomas se buitedeur ge-maak? Die trap is van gegote yster.

8. Waar is die boks met Thomas se rekenaar? Onder die bokse met al sy skoolboeke.

9. Watse soort rekenaar is dit? ’n AMD Athlon Thunderbird.10. Hoekom het Thomas die rekenaar as present gekry? Sy pa

het dit vir Thomas gekoop omdat hy onder die top-tien in die landwye rekenaar-olimpiade geëindig het.

11. Soek die Afrikaanse woorde vir: speakers, keyboard, printer en mouse. Luidsprekers, sleutelbord, drukker, muis.

12. Watter speletjie het Thomas by Hannes geleen? Night of the Chills II

13. Wat is Thomas se rekenaarwagwoord? THOMAS IS KONIN G.14. Wat is die agtergrondprent op Thomas se werkskerm?

Page 17: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

17

’n Foto van hom en Hannes voor hulle by Gouritsriviermond gaan rekspring (bungee jump) het.

15. Watter kleur is Thomas se hare? Swart16. Watter kleur oë het Thomas? Blou17. Waar het Thomas en Hannes die vorige Desember-vakansie

deurgebring? Hulle het vakansie gehou op Plettenbergbaai.18. Wie is Hannes se ouer suster? Carla19. In watter sport blink Carla se nuwe kêrel uit? Rugby. Hy speel

flank vir die SA Skole-rugbyspan.20. Wat moet jy eers suksesvol gedoen het voordat jy in Night of

the Chills II teen die monsters kan baklei? Jy kan eers teen die monsters baklei nadat jy die raaisel wat hulle gevra het, ontsyfer het.

21. Wat is die eerste vreemde verskynsel in die huis waarmee Thomas te doene kry? Daar is ’n harde klop aan sy kamer-deur, maar sy pa en Louisa lê in die sitkamer.

22. Hoe verklaar Thomas se pa die klop aan Thomas se kamer-deur? Hy sê dis seker die wind en herinner Thomas daaraan dat dit ’n ou huis is en dat hy net aan die kreune en sugte gewoond moet raak.

23. Wat het op die rekenaar verander teen die tyd dat Thomas in sy kamer teruggekom het? Die speletjie waarmee hy be-sig is, is nie meer op die skerm nie en die woordverwerker-bladsy is oop.

24. Wat gebeur toe Thomas die bladsy probeer toemaak? Niks gebeur nie – die bladsy maak net nie toe nie.

25. Wat is die tweede vreemde verskynsel in Thomas se kamer? Die woordverwerker-bladsy het op onverklaarbare wyse van-self oopgemaak en die boodskap HELP ME is op die bladsy getik.

26. Wat doen Thomas nadat hy die boodskap gekry het? Hy kyk na die buitedeur en dan staan hy op om sy krieketkolf uit ’n boks te haal. Hy probeer dan die buitedeur oopmaak, maar dit is gesluit en die sleutel is nog in die slot. Hy draai die sleute l in die slot en maak die deur stadig oop.

27. Wat gebeur toe Thomas die deur oopmaak? ’n Swaar, nat, swart ding spring op hom en stamp hom tussen die bokse in.

Page 18: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

18

28. Watter ding het Thomas bespring? Sy kat, Cleo29. Wat het intussen op die rekenaarskerm gebeur? Die woord-

verwerker-bladsy het verdwyn en die speletjie is weer terug.30. Wat is die derde vreemde verskynsel in Thomas se kamer?

Die drukker begin vanself druk en die boodskap is dieselfde as wat voorheen op die skerm verskyn het: HELP ME.

Hoofstuk 3Thomas word vir die eerste keer in sy nuwe kamer wakker en alles lyk vir hom vreemd. Wanneer hy by sy rekenaar kom om verder te speel aan Night of the Chills II sien hy dat die papier met die hulpkreet wat die vorige aand raaiselagtig deur sy eie drukker gedruk is, verdwyn het. Voor hy kan begin speel, kom roep Louisa hom vir ontbyt. Heeltemal te veel plaatkoekies later, skakel hy sy rekenaar aan en hervat die speletjie. Hy staan twee uur later op en gaan staan buite. Dan sien hy die buurseun, Thabo, op die balkon uitkom. Die twee seuns raak vinnig bevriend.

1. Hoekom is Thomas se kamer vir hom vreemd as hy aan die begin van die hoofstuk wakker word? Dit is die eerste oggend wat hy in sy nuwe kamer wakker word.

2. Wie klop aan sy kamerdeur? Louisa3. Hoekom kom roep sy hom? Ontbyt is gereed en sy het

plaatkoekies gebak.4. Hoekom is hy opgewonde oor die houtvloer? Hy ontdek dat

hy op sy sokkies op die vloer kan skaats en besef dat hy en Hannes nog baie pret daarop kan hê.

5. Wat lees sy pa by die kombuistafel? Sy pa lees die Sondag-koerante.

6. Wie is genooi vir middagete? Nicholas Miller7. Wie is Nicholas Miller? Die argitek wat die restourasie aan

Thomas-hulle se huis behartig het. Hy is ’n kenner van Victo-riaanse huise in Kaapstad.

8. Wat was Thomas se planne vir die middag? Hy wou die rekenaarspeletjie verder gespeel het.

9. Met wie sou Thomas liewer wou gesels? Hy wens sy pa kon rekenaarkenners, of polisiemanne wat grillerige stories kan vertel, oornooi.

Page 19: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

19

10. Wat eet Thomas op sy plaatkoekies? ’n Dik laag botter en stroop.

11. Hoe lank speel Thomas voordat sy oë moeg word en hy be-sluit om op te staan? Hy speel twee uur lank.

12. Wat doen Thomas nadat hy opgestaan het? Hy loop na sy buitedeur, sluit dit oop en gaan staan buite.

13. Wie woon langs Thomas? Thabo14. Waar sit die buurseun terwyl hy met Thomas gesels? Hy sit

op die dun balkonreling.15. Hoekom het Thabo en Thomas nog nie ontmoet nie? Thomas -

hulle was nie tuis toe die bure die vorige dag wou kom kuier nie.

16. In watter skool is Thabo? Cape Boys College17. In watter graad is Thabo? Graad 818. In watter skool is Thomas? Hoërskool Leeukop19. In watter graad is Thomas? Graad 820. Waar het Thabo se pa die nuwe Night of the Chills III speletjie

gekoop? Thabo se pa het vir hom die speletjie van Amerika af saamgebring.

21. Wat moet Thomas doen nadat hy en Thabo klaar gesels het? Thomas moet stort en aantrek met die oog op die argitek se besoek.

Hoofstuk 4Die argitek, Nicholas Miller, kom kuier by die Steyns en vertel ’n interessante storie oor die huis. Baie jare gelede is ’n sestienjarige meisie, Sarabeth Robinson, in die solderkamer vermoor. Haar pa, Stanley Robinson, was ’n ryk magnaat uit Engeland wat goud-mynbelange in die Transvaal gehad het. Sy dogter se moorde-naar is nooit aangekeer nie. Hoe meer Miller vir die Steyns vertel, hoe opgewonder raak Thomas en hoe cooler is dit vir hom om in hierdie huis te bly. Maar dan hoor hy dit is vanaand die honderd-ste herdenking van die moord …

1. Hoe lyk Nicholas Miller? Hy is lank en groot gebou met grys hare.

2. Watter posisie, dink Thomas, het Nicholas in die rugbyspan gehad? Thomas dink die man het slot gespeel.

Page 20: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

20

3. Wat bring Thomas se pa vir almal om te drink? Lemoensap vir Thomas en Louisa, en rooiwyn vir homself en meneer Miller.

4. Wat is Thomas se pa se naam? Johan5. Watter wyn drink die mans? ’n 1983-Pinotage uit die Stellen-

bosch-vallei.6. Hoekom het die huis waarin Thomas-hulle nou woon leeg-

gestaan? En vir hoe lank? Die huis het dertig jaar lank leeg-gestaan nadat ’n moord daarin gepleeg is.

7. Wie is in die huis vermoor? Sarabeth Robinson, Stanley Robinso n se dogter.

8. Hoekom wou niemand die huis van die Robinsons koop nie? Die nuus van die moord is in al die koerante gepubliseer en ’n gerug het die rondte gedoen dat dit in die huis spook.

9. In watter vertrek is die moord gepleeg? Die moord is in die solderkamer gepleeg.

10. Wie was Stanley Robinson? Stanley Robinson was die pa van die vermoorde Sarabeth. Hy was ’n ryk magnaat uit Engeland.

11. Wanneer het Robinson Kaap toe gekom en hoeveel mense het hom vergesel? Robinson het in die vroeë 1890’s Kaap toe gekom saam met sy drie dogters, ’n oppasster en ’n but-ler. Daar was dus vyf mense saam met hom.

12. Hoekom het die mense dadelik oor hom begin skinder? Die mense het geskinder omdat hy sonder ’n vrou na die Kaap gekom het. Daar is wyd en syd bespiegel wat van haar ge-word het …

13. Wat het moontlik met Robinson se vrou gebeur? Een van die stories is dat sy vrou in Engeland vermoor is en dat hy Kaap toe gevlug het.

14. Vir wie het hy gevlug: die polisie of die moordenaar? Nie-mand weet nie.

15. Van waar is die materiale vir Robinson se Kaapse huis inge-voer? Die materiale is vanaf Europa ingevoer.

16. Hoe lank het dit geneem om die huis te bou? Werkers het vyf jaar lank dag en nag aan die huis gebou.

17. Hoekom was Robinson so min by die huis? Hy het baie tyd in die Transvaal deurgebring om na sy belange by die goud-myne om te sien.

Page 21: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

21

18. Hoe oud was Sarabeth toe sy vermoor is? Sarabeth was sestien jaar oud.

19. Hoe is sy vermoor? Sy is verwurg en haar regterhand is af-gesny.

20. Waar was haar hand en wat was daarin? Haar hand was op ’n geborduurde kussing langs haar liggaam en daar was ’n goue muntstuk in haar hand.

21. Watter uitwerking het die moord op meneer Robinson gehad? Hy het ’n ineenstorting gehad en is in ’n gestig opgeneem.

22. Watter twee teorieë bestaan om die moord te verklaar? Die eerste teorie is dat die Britse regering Sarabeth laat vermoor het, omdat hulle vermoed het haar pa het geld aan die Boere geskenk. Die tweede is dat die moordenaar iemand is wat Sarabeth geken het, moontlik ’n vriend van die familie.

23. Wat het met Sarabeth se ma gebeur? Haar ma is op presies dieselfde manier vermoor in Engeland. Haar hand is ook af-gekap langs haar lyk gevind, met ’n goue muntstuk in die palm.

24. Wat het met die oorlogsnavorser se manuskrip gebeur? Dit is aanvaar vir publikasie deur ’n vooraanstaande Amerikaanse uitgewer. Kort nadat ’n uittreksel daaruit in die New York Times verskyn het, is die navorser in ’n skietongeluk dood en het sy manuskrip geheimsinnig verdwyn.

25. Watter herdenking vind vanaand plaas? Dit is die honderdste herdenking van die moord op Sarabeth.

BonusblokraaiDaar is ’n bonusblokraai wat die werk dek wat ons tot nou gedoen het. Kyk asseblief heel agter in die gids.

Hoofstuk 5Dit is die nag van die honderdste herdenking van die moord op Sarabeth. Kwart voor een in die oggend ruk Thomas wakker van ’n grrrrrrr-grrrrrrr geluid in sy kamer – sy drukker het spontaan begin druk en die vloer lê al besaai met papiere. Die rekenaar is beslis af, maar steeds druk die een boodskap ná die ander. Die eerste boodskap is YOU ARE NOT SAFE en later verander die boodskap na HE WILL COME AGAIN. Thomas vlug sy kamer

Page 22: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

22

uit, maar wil nie sy pa en Louisa vertel wat aan die gang is nie. Hy gaan sit liewer in die TV-kamer en hoop dat die nag gou om-gaan.

1. Hoe laat ruk Thomas wakker? Dit is kwart voor een in die oggend.

2. Watter snaakse geluid het Thomas wakker gemaak? Sy drukker is besig om te druk.

3. Is sy rekenaar aangeskakel? Nee, die skerm is swart.4. Wat staan op die bladsy wat hy van die vloer af optel? YOU

ARE NOT SAFE.5. Hoe probeer Thomas weirdos uit sy kamer uithou? Hy het ’n

dun stukkie tou styf van die een kant van die kosyn na die ander gespan.

6. Wat is die volgende boodskap wat die drukker uitspoeg? HE WILL COME AGAIN.

7. Wat doen Thomas nadat hy die skok van die tweede bood-skap oorkom het? Hy tel drie papiere van die vloer af op, gryp sy duvet en storm by die trap af.

8. Hoekom klop hy nie aan sy pa en Louisa se kamerdeur nie? Hy is oortuig dat hulle hom nie sal glo nie en sal dink hy verbeel hom net omdat meneer Miller vir hulle Sarabeth se storie vertel het. Verder is die gedrukte boodskappe nie ’n klinkklare bewys nie, omdat dit baie maklik sou wees om dit op die rekenaar te tik en te druk.

9. Waar besluit Thomas om te slaap? Hy besluit om liewer op die bank in die TV-kamer te gaan slaap as om terug te gaan na sy solderkamer.

10. Wat doen Thomas voor hy op die bank gaan sit? Hy skakel al die ligte in die huis aan.

11. Hoekom dink Thomas hy kan vir niemand vertel wat aangaan nie? Hy glo hy sal absoluut pateties lyk en dat almal vir hom sal lag.

12. Wat hoor Thomas voor hy die TV aanskakel? Hy hoor voet-stappe in sy kamer.

13. Wat doen die voetstappe in sy kamer? Dit beweeg van die verste kant af oor na die ander kant. Iemand loop van die deur af na sy bed toe.

Page 23: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

23

14. Wat dink Thomas soek die persoon in sy kamer? Thomas dink die persoon soek hom.

15. Watter posisie speel Thomas in die rugbyspan? Hy is die losskakel en kaptein.

16. Hoekom sal sy rugby hom nou help? Sy spoed sal hom help om vinnig by die kommerknoppie (panic button) te kom.

17. Hoekom skakel Thomas nie die TV aan nie? Terwyl die TV aan is, sal hy sal nie kan hoor as iets gebeur nie.

18. Wat was Thomas se hond se naam? Vlooi19. Hoekom wil Louisa nie ’n hond hê nie? Sy dink honde is

ongesofistikeerd.20. Watter soort hond sou Thomas graag nou by hom wou hê?

Hy sou graag ’n Rottweiler of ’n Pittbull by hom wou hê.21. Hoe lank is Thomas en Hannes al beste vriende? Hulle is al

ses jaar lank, van graad twee af, beste vriende.22. Hoekom dink Thomas hy kan vir Hannes vertel wat aangaan?

Hulle is al ses jaar beste vriende en vertel mekaar alles. Tho-mas weet ook Hannes sal weet wat om te doen omdat hy altyd die een is wat ’n plan kan maak.

23. Waar is Thomas se papier-bewyse nadat hy die voordeur gaan sluit het? Die papiere is weg. Iemand moes dit gevat het.

Hoofstuk 6Thomas se pa maak hom wakker waar hy op die bank voor die TV lê en slaap. Hy skrik groot, maar selfs toe sy pa vra wat fout is, ge-bruik hy nie die geleentheid om met die hele sak patats vorendag te kom nie. Hy maak vinnig reg en hardloop skool toe, maar onge-lukkig loop hy hom in Flip Marais, die skoolboelie, vas. Terwyl die ou besig is om baie rof te wees met Thomas, kom die skoolhoof op die petalje af. Thomas se week begin glad nie goed nie – hy moet die hoof eerste pouse in sy kantoor gaan sien. Dan kom hy laat vir die register-periode en tussendeur die registernemery kry hy darem met Hannes afgespreek om iets ná skool in die Cyber Tiger vir hom te vertel.

1. Wie maak vir Thomas wakker? Sy pa maak hom wakker.2. Wat wil Thomas vir sy pa sê? Hy wil vir sy pa sê hy het amper

’n spook gesien en beslis een gevoel. Hy wil sê hulle huis

Page 24: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

24

wemel van die spoke en dat Sarabeth teepartytjies hou saam met haar spookvriende.

3. Wat sê hy vir sy pa? Hy sê vir sy pa hy het die vorige aand kom TV kyk en op die bank aan die slaap geraak. Hy gebruik sy pa se koue hand as verskoning dat hy so geskrik het.

4. Wat maak Louisa dié oggend vir ontbyt? Louisa maak ome-lette vir ontbyt.

5. Hoekom wil Thomas nie vir sy pa-hulle sê hy wil nie meer in die solder slaap nie? Hy het tekere gegaan om die kamer te kry en voel dat dit nou te laat is om kop uit te trek.

6. Hoe doen Thomas sy hare? Hy trek ’n hand vol jel deur sy kuif.

7. Wat het Louisa met sy skoolhemp gedoen? Louisa het sy hemp in sy deurmekaar kamer gekry en dit vir hom gestryk.

8. Wat wil Thomas doen omdat Louisa dit gedoen het? Hy wil vir haar dankie sê.

9. Van watter huiswerk het Thomas vergeet? Hy het vergeet om sy Engelse opstel te skryf.

10. Hoe lank is dit voor die agtuur-klok lui wanneer Thomas op sy horlosie kyk? Dit is twintig minute voor die klok lui.

11. Hoe weet Thomas daar was iemand in sy kamer die vorige aand? Die stukkie tou wat hy tussen die kosyne van die buite-deur gespan het, hang slap teen die een kosyn.

12. Hoekom kies Thomas weer ’n keer om nie sy pa van die situ-asie te vertel nie? Hy glo sy pa sal vir hom lag en dink hy’s simpel.

13. Wat dink Thomas is dalk aan die gang? Hy wonder of hy besig is om mal te word. Hy dink al die flieks en speletjies lol met sy kop.

14. Hoe ver is Thomas-hulle se nuwe huis van die skool af? Thoma s woon nou om die hoek van die skool.

15. In wie hardloop Thomas vas op pad klas toe? Flip Marais, die boelie van die skool.

16. Wat doen die boelie met Thomas? Hy skel op hom en pluk aan sy das.

17. Wie is Flip se broer? Japie.18. Wat beteken “saam net-net genoeg breinselle vir ’n halwe

mens”? Hulle is baie dom.

Page 25: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

25

19. Hoekom lol Thomas nie met hulle nie? Hulle is so sterk soos beeste.

20. Wie verskyn op die toneel terwyl Japie en Flip vir Thomas boelie? Die skoolhoof, meneer Volschenk, ook bekend as Oros-man.

21. Waarheen moet Thomas eerste pouse gaan? Thomas moet saam met Flip na meneer Volschenk se kantoor toe gaan.

22. Waarvan beskuldig meneer Volschenk vir Thomas? Hy noem hom ’n moeilikheidmaker en ’n jeugmisdadiger.

23. Wie is Thomas se register-onderwyser? Miss Stewart24. Wie is Thomas se wiskunde-onderwyser? Meneer Koekemoer25. Watter straf het Hannes vir die rekenaarvirusoortreding ge-

kry? Sy pa het sy rekenaar vir ’n maand afgevat.26. Watter wegneemkos-kettingrestaurant is naby Hannes-hulle

se huis? ’n McDonalds27. Wat is Hannes se van? Le Roux28. Waar spreek Thomas en Hannes af om mekaar ná skool te

ontmoet? Hulle spreek af om by die Cyber Tiger te ontmoet.

Hoofstuk 7Thomas en Hannes ontmoet mekaar by die Cyber Tiger-internet-kafee. Hannes luister terwyl Thomas huiwerig die hele storie ver-tel van wat die naweek in sy kamer gebeur het. Hy vertel ook vir Hannes van die moord. Hy het gehoop Hannes sal, soos altyd, ’n goeie plan hê, maar hierdie keer het hy nie ’n benul wat om te doen nie. Dan kom Alex, die slimste meisie in die skool, daar aan. Teen Thomas se sin, vertel Hannes haar wat aangaan. Haar ma is ’n dosent in Geskiedenis aan die universiteit en Alex belowe om haar te gaan vra wat sy van die huis weet. Thomas nooi Hannes en Alex om die aand by hom te kom eet sodat hulle self kan sien wat in sy kamer gebeur.

1. Wat is die Cyber Tiger? Die Cyber Tiger is ’n internetkafee.2. Watter kleure is die Cyber Tiger geverf? Die Cyber Tiger is

helderblou en geel geverf.3. Hoeveel rekenaars is daar? Daar is omtrent tien rekenaars.4. Hoe dikwels gaan Thomas en Hannes Cyber Tiger toe? Hulle

gaan omtrent elke middag na die internetkafee toe.

Page 26: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

26

5. Wat drink hulle by die kafee? Hulle drink Transgalactic Blaster s.

6. Wat is in dié drankie? Die drankie bestaan uit ’n vrugtesap-mengsel.

7. Wie is die bestuurder van die Cyber Tiger? Harry bestuur die Cyber Tiger.

8. Watter straf het die skoolhoof hulle gegee? Hulle mag vir twee weke nie aan rugbywedstryde deelneem nie en moet vir die volgende maand detensie sit.

9. Op watter dag moet hulle detensie sit? Vrydag10. Wie is die rugby-afrigter? Meneer Du Toit11. Hoe som Hannes al sy strawwe op? Geen rekenaars, geen

rugby en meer tyd by die skool.12. Watter wet stel Hannes voor? Hannes stel ’n wet voor wat

bepaal dat nie onderwysers of kinders op ’n Maandag skool hoef by te woon nie.

13. Wat dink Thomas sal Hannes se reaksie wees as hy hom ver-tel wat by die huis gebeur het? Thomas is bang dat Hanne s vir hom sal lag en dink dat hy simpel is.

14. Wat dink Thomas sal gebeur as Hannes hom nie glo nie? Dan is daar niemand vir wie hy kan vertel nie, en dan gaan hy mal word.

15. Hoekom vertel Thomas dan vir Hannes? Hannes is sy beste vriend en hulle weet alles van mekaar. Thomas weet hy kan vir Hannes enigiets vertel. Hy glo ook hy sal koekoes word as hy nie vir iemand kan vertel van die vreemde dinge wat elke aand gebeur nie. En dan sal niemand natuurlik weet hoekom hy koekoes geword het nie.

16. Wat is Hannes se reaksie? Hy frons en vra dan wat gebeur het.

17. Wat sê Hannes nadat hy gehoor het wat alles in die kamer gebeur het? Hy vra vir Thomas of hy al sy pa vertel het.

18. Hoe voel Thomas nadat hy alles vertel het? Hy voel bly dat hy vir Hannes vertel het en verlig dat Hannes hom glo.

19. Wat beteken “uit die veld geslaan”? Verbaas, onkant betrap.20. Hoekom sak Thomas se moed in sy skoene? Wanneer

Hanne s hom vra wat hy gaan doen, besef hy Hannes het nie, soos altyd, ’n plan nie.

Page 27: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

27

21. Wat stel Hannes dan voor? Hannes stel voor Thomas hang knoffel aan die deurkosyn en ’n groot kruis oor sy bed.

22. Hoekom sal dit nie werk nie? Dié raad geld teen vampiere, nie teen spoke nie.

23. Wie is die meisie wat opdaag by die Cyber Tiger? Alexandra Louw, ’n klasmaat van hulle. Sy is die slimste meisie in die skool en het langs Thomas gebly voor hulle getrek het.

24. Wat noem Hannes en Thomas haar? Alex25. Wat doen die meisie se ma? Sy is ’n dosent in Geskiedenis

aan die universiteit.26. Hoe lyk die skoolhoof vir Alex? Sy dink hy lyk soos ’n marsh-

mallow (malvalekker) wat te lank in die mikrogolfoond was.27. Wat is Hannes se tweede plan? Hy stel voor hulle vertel vir

Alex wat aangaan omdat sy hulle moontlik sal kan help.28. Wat is Alex se reaksie? Sy dink die storie is fassinerend.29. Wat doen sy om te begin help? Sy ondervra Thomas en

neem notas wat sy later vir haar ma sal wys. Sy sal dan by haar ma hoor of sy iets van die huis weet.

30. Waarvoor is Thomas bang nadat hy vir Hannes en Alex oor-genooi het? Hy is bang niks sal gebeur nie en dat alles tog sy verbeelding was.

Hoofstuk 8Thomas, Alex en Hannes sit styf langs mekaar in die donker in sy kamer en wag dat iets moet gebeur. Toe daar na ’n ruk nog geen onverklaarbare gebeure was nie, is Thomas ontsteld. Die drie gaan lê dan weg aan die heerlike aandete wat Louisa gemaak het en Alex gesels met Thomas se pa oor die huis. Die huis het voor-heen aan ’n prokureursfirma behoort wat dit bloot as stoorplek gebruik het. Een van die firma se bodes het hier gewerk. Thomas besluit om die bode die volgende middag te probeer opspoor. Ná ete vertrek Thomas se vriende. Thomas onthou op die nippertjie van sy Engelse opstel: “The Story of …”. Hy besluit om Sarabeth se storie te vertel.

1. Hoekom sit die drie in die donker in Thomas se kamer? Dit was Hannes se slim plan dat hulle in die donker sit en wag tot iets gebeur.

Page 28: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

28

2. Hoekom is Thomas so kwaad? Hy sê Hannes en Alex skree so hard ’n mens kan hulle tien kilometer ver hoor. Hy dink niks sal gebeur terwyl daar so ’n lawaai in die kamer is nie en hy dink sy maats het alles opgemors. Hy is moontlik ook skaam omdat niks gebeur nie en hulle dalk dink hy het gejok/stories opgemaak/is ’n bangbroek.

3. Hoekom is Thomas se hande klam? Sy handpalms sweet omdat hy gespanne en bang is.

4. Hoekom wil hy nie hê sy maats moet sien sy hande is klam nie? Hy is bang hulle dink hy’s ’n sissie of so iets.

5. Wat stel Alex vir Thomas voor as iets weer gebeur? Alex sê vir Thomas hy moet iemand bel as iets weer gebeur.

6. Wat in Thomas se kamer vertrou Alex nie? Alex vertrou nie die rekenaar nie.

7. Wat het Louisa vir aandete gemaak? Louisa het lasagne, knoffelbrood en slaai gemaak.

8. Wat vra Louisa moet hulle voor ete doen? Louisa vra hulle moet die tafel dek.

9. Hoekom moet Thomas keer om nie weg te ruk as Louisa aan sy skouer vat nie? Louisa is sy stiefma en hy is nog nie heeltemal gewoond aan en gemaklik in sy interaksie/omgang met haar nie.

10. Wat sê sy pa elke aand as hy by die huis kom? “Dagsê, dagsê, dagsê.”

11. Watter werk doen Thomas se pa? Hy is ’n advokaat.12. Op watter vlak het Thomas se pa voorheen rugby gespeel?

Sy pa het provinsiale rugby gespeel.13. Met wie vergelyk sy pa hom en sy vriende? Sy pa vergelyk

hulle met die Power Rangers.14. Wat bedoel Thomas as hy sê: “Die Power Rangers is so

laerskool.” Hy bedoel dat hy en sy maats te groot is om te dink die Power Rangers is cool. Hulle kyk lankal nie meer daarna nie.

15. Wie is Alex se ouers? Theodore en Elsabé16. Waar sit Alex en Hannes aan tafel? Hulle sit weerskante van

Thomas.17. Hoekom is dit vir Louisa ongemaklik om op te staan? Sy is

baie ver swanger.

Page 29: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

29

18. Hoekom eet Louisa nie lasagne nie? Sy is ’n vegetariër.19. Wat beteken dit om die seën te vra? Dit is om die tafelgebed

te doen. Dit is ’n gebed wat godsdienstiges doen voor hulle eet.

20. Waarvan hou Thomas se pa van die nuwe huis? Hy hou van die gevoel dat die mure al dinge gesien en die huis geléwe het.

21. Wat drink Thomas se pa saam met die kos? Hy drink wyn.22. Wat drink Thomas en sy vriende? Hulle drink koeldrank.23. Met watter briljante vraag kom Alex tydens die aandete

vorendag? Sy vra aan wie die huis behoort het voor sy pa-hulle dit gekoop het.

24. Hoekom is Thomas so dankbaar dat sy die vraag gevra het? Hy is seker die vorige inwoners sou ook “goeters” gehoor het en hy kan hulle daaroor gaan pols.

25. Wat is die teleurstellende antwoord op die vraag? Die huis was nie weer ’n woonhuis vandat die Robinsons daar weg is nie. ’n Prokureursfirma, Miller, Malan en Cloete, het die huis gekoop en as ’n tipe stoorkamer gebruik.

26. Wat is Thabo se van? Mnyani27. Hoekom trap Thomas op Hannes se voet? Hy trap op Han-

nes se voet omdat Hannes sê daar is baie knoffel in die brood om die spoke weg te hou . Knoffel is immers vir vampiere en verder wil Thomas nie hê sy pa en Louisa moet weet wat aangaan nie.

28. Hoekom is Thomas nou meer as tevore oortuig dat sy pa hom nie sal glo nie? Thomas se pa lag oor Hannes se opmerking en sê daar bestaan nie regtig spoke nie.

29. Hoekom glo Louisa in spoke? Sy verwys na studies wat be-vind het dat paranormale verskynsels wel opgemerk word en dat daar geen ander verklaring vir hulle teenwoordigheid is nie.

30. Wat het Louisa vir nagereg gereed? Sjokolademousse31. Wat gee Louisa vir Hannes? Sy gee vir hom oorskiet-lasagne

in ’n bakkie om saam huis toe te neem.32. Hoekom voel Thomas goed toe sy vriende vertrek? Hy voel

goed omdat sy maag vol is, Alex hulle gaan help, Louisa in spoke glo en omdat hy nou gaan televisie kyk.

Page 30: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

30

33. Hoekom gaan kyk hy nie dadelik televisie nie? Hy het skielik van die Engelse opstel, wat reeds ’n dag laat is, onthou.

34. Hoekom neem sy pa die afstandbeheerder (remote)? Sy pa sê dat iemand wat huiswerk doen, dit nie nodig het nie.

35. Hoekom skryf Thomas nie sy opstel oor Graeme Smith nie? Hy het al ’n mondeling en ’n Afrikaanse opstel oor hom ge-doen.

36. Hoekom skryf hy nie oor Bill Gates nie? Thomas dink Miss Stewart weet niks van rekenaars nie en daarom sal sy dink sy opstel is vervelig en hom ’n swak punt gee.

37. Waaroor skryf hy uiteindelik sy storie? Hy skryf die storie van Sarabeth.

Hoofstuk 9Dit is ’n koue winteroggend, maar Thomas moet vroeg opstaan vir ’n stelskop-oefensessie saam met meneer Du Toit. Terwyl hy nog sy skoene aantrek, hoor hy ’n meisie se stem sy naam roep. Dan hoor hy voetstappe op die ystertrappe buite sy kamer. Hy maak dat hy baie vinnig uit die huis kom en hardloop al die pad skool toe. Hy vertel vir Alex en Hannes wat gebeur het en al drie sukkel daarna om te konsentreer in die klas. Tydens pouse sit hulle kop-pe bymekaar en beraam ’n plan van aksie.

1. Hoekom laat Thomas die wekker so lank lui? Hy wil nie op-staan nie omdat dit koud en nog vroeg is.

2. Hoekom moet hy opstaan? Hy oefen elke Dinsdagoggend voor skool sy stelskoppe onder die wakende oog van meneer Du Toit.

3. Wat is in Thomas se sportsak? Hy druk sy toks, skoolklere en handdoek daarin en sien daar is nog stortjel en sjampoe.

4. Wat hoor Thomas dié oggend in sy kamer? ’n Meisie se stem wat na hom roep.

5. Hoe weet Thomas sy roep na hom? Sy roep hom twee keer op die naam en daarna roep sy sy naam en van. Daarna sê sy “Thomas, heeellp …”.

6. Roep sy hard? Nee, sy fluister.7. Wat hoor hy nadat die stem weggesterf het? Hy hoor voet-

stappe op die ystertrappe buite sy kamer.

Page 31: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

31

8. Hoekom is Thomas bang toe hy die voetstappe hoor? Hy dink die persoon wat voorheen in sy kamer was, het teruggekom.

9. Hoekom wil Thomas nie hê die persoon moet weet hy is wakker nie? Thomas dink die persoon wil hom in sy slaap verwurg en as die persoon weet hy is wakker, sal hy Thomas moontlik aanval.

10. Hoekom wil hy nie sy pa-hulle wakker maak nie? Hy wil self hierdie ding oplos. Hy weet net dat hy dit self moet doen, al weet hy nie hoe nie.

11. Wat beteken “die lug is grys en hang swaar van die donker koue”? Dit is nog donker en die lug is bewolk. Dit is winter en baie koud.

12. Wat sien Thomas naby die hekkie? Hy sien ’n vars voetspoor. Hy vermoed dit is die voetspoor van die persoon wie se voet-stappe hy op die ystertrappe gehoor het.

13. Hoekom hardloop Thomas al die pad skool toe? Hy is bang vir die persoon wat op hulle werf is en wil so gou as moontlik wegkom. Hy weet dat hy by meneer Du Toit veilig sal wees en dat meneer Du Toit reeds by die skool sal wees.

14. Wat is die Comrades? Die Comrades is ’n ultra-marathon wat elke jaar in Suid-Afrika plaasvind, waartydens atlete die 90km lange pad tussen Durban en Pietermaritzburg aandurf.

15. Is meneer Du Toit kwaad omdat Thomas nie in Saterdag se wedstryd mag speel nie? Meneer Du Toit is wel ’n bietjie vies, maar hy dink dit is dalk beter omdat hulle dan meer tyd het om aan die fynere tegnieke te werk voor Thomas weer in ’n wedstryd speel.

16. Met wie gesels Thomas in die aantree-vierkant? Hy gesels met Alex en Hannes.

17. Hoe probeer Hannes die stem by Thomas se kamer verduide-lik? Hy wonder of dit nie dalk ’n bergie of ’n straatkind was nie.

18. Wat stel Alex as die eerste plan van aksie voor? Sy stel voor dat Thomas by Hannes moet gaan oorslaap en nie langer in die kamer moet bly nie.

19. Wat dink Hannes? Hannes dink Alex is reg en het reeds sy ma gevra of Thomas vir ’n rukkie by hulle kan kom bly.

20. In watter klas is Alex, Thomas en Hannes? In Graad 8A.21. Wat gebeur dié dag met die drie vriende omdat hulle nie kan

Page 32: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

32

konsentreer in die skool nie? Thomas word in die wiskunde-klas uitgevang dat hy by die venster uitstaar en nie die nuwe werk inneem nie. Hy kry dan ekstra wiskunde-huiswerk. Hanne s kan skaars ’n woord uitkry in sy Afrikaanse monde-ling en in die geskiedenisklas kry Alex amper die datum van die Franse Rewolusie verkeerd.

22. Wie is die geskiedenis-onderwyser? Juffrou Alberts23. Hoekom kom die onderwysers en prefekte nie eintlik by die

tennisbane nie? Hulle bly weg van die tennisbane, omdat van die ouens pouses daar staan en rook. Hulle vermy dus liewer die kwessie as om die ouens te straf.

24. Hoekom gaan Thomas saam met sy vriende na die tennis-bane toe as die boelies Flip en Japie daar uithang? Dit is waar hy en Hannes altyd sit. Hy wil met Alex en Thomas ge sels oor wat aangaan op ’n plek waar onderwysers en prefekte nie kom nie. In hierdie stadium is Thomas beslis veel banger vir wat in sy kamer aangaan as wat hy vir die boelies is.

25. Hoe lank is dit nou vandat die vreemde goed in Thomas se kamer begin gebeur het? Drie dae

26. Wat beteken “Tafelberg het sy wit kombersie aangetrek”? Daar hang ’n groot wit wolk oor Tafelberg.

27. Wat wil Alex se ma met die inligting oor Sarabeth, haar pa en die huis doen? Sy wil ’n lesing daaroor in New York gaan gee.

28. Hoekom maak Alex die storie op dat Sarabeth ’n akrobaat van die Boswell Wilkie-sirkus was en deur ’n mal nar vermoor is? Sy spot met Hannes omdat hy nie geluister het na wat sy te vertelle gehad het nie. Hy was veel meer geïnteresseerd in sy pastei wat hy by die snoepie gekoop het.

29. Wat is Hannes se beste vak op skool? Wiskunde30. Wat het die vorige jaar met Hannes en sy pa gebeur? Die

motor waarin hulle gery het, is amper gekaap. Sy pa is ge-skiet en is nou verlam. Hannes het langs sy pa gesit toe dit gebeur het.

31. Wat is hulle volgende plan van aksie? Alex en haar ma se navorsingsassistent by die universiteit gaan meer probeer uitvind oor Sarabeth. Hannes gaan inligting soek oor spoke en geeste en Thomas gaan probeer om meer oor die huis te wete te kom.

Page 33: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

33

Hoofstuk 10Thomas kry die argiteksfirma Miller, Bosman en Vennote in die telefoongids en is seker dit is waar Nicholas Miller werk. Hy maak ’n lys met vrae oor die huis waarmee hy die argitek wil peper. Die oproep verloop egter nie heeltemal volgens plan nie. Wanneer hy, Hannes en Alex vorderingsverslae lewer, kom Alex met ’n klomp interessante nuwe inligting vorendag wat haar ma se navorsings-assistent in die argief in Roelandstraat ontdek het. Alex gaan die volgende dag saam met Anneke verder snuffel. Hannes herinner vir Thomas om die bode, Matthys, wat jare lank alleen in die huis gewerk het, te probeer opspoor.

1. Hoekom wil Thomas met Nicholas Miller praat? Thomas wil meer uitvind oor die huis en Nicholas Miller is die argitek wat die restourasie van die huis behartig het. Hy is ’n kenner van Victoriaanse huise in die Kaap.

2. Watter plan maak Thomas om seker te maak hy haak nie vas as hy met die argitek praat nie? Hy besluit om vooraf die vrae uit te dink wat hy wil vra en dit dan neer te skryf.

3. Watter ses vrae skryf Thomas neer?I. Waar kan ek meer uitvind oor die geskiedenis van die ou

huise in die Oranjezicht-omgewing?II. Is daar spesifieke inligting oor Parklaan beskikbaar?III. Was die huis baie verwaarloos toe die restourasie ’n aan-

vang geneem het?IV. Watter dele van die huis het die meeste aandag nodig

gehad?V. Het meeste van die ou goed in die huis behoue gebly of

moes dit vervang word?VI. Was daar baie werk aan die solderkamer verbonde?

4. Watter vraag besluit hy om nie te gebruik nie? Vraag drie. Hy besluit om nie te vra of die huis baie verwaarloos was toe hulle begin werk het nie, omdat die vraag ’n ja- of nee-antwoord kan kry en hy inligting soek.

5. Hoekom sê Nicholas Miller dat Thomas hom nie pla nie? Dinsdagmiddae sien Nicholas Miller nie kliënte nie.Sy oë is al moeg van planne optrek en hy is bly vir ’n bietjie afleiding.

6. Waar stel Miller voor kan Thomas meer uitvind oor die huise

Page 34: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

34

in die omgewing? Hy sê Old Colonial Houses of the Cape of Good Hope deur Alys Fane Trotter is een van die beste bronne oor Victoriaanse huise aan die Kaap. Daar is ook baie ander boeke oor die onderwerp.

7. Hoekom neem dit lank om ’n Victoriaanse huis te restoureer? Die huis moet struktureel opgeknap word terwyl die Victori-aanse interieur behou moet word.

8. Wat beteken “Ek trek jou been”? Dit beteken dat jy nie ernstig is nie. As jy iemand se been trek, maak jy ’n grappie met hom/haar.

9. Van wie vertel Hannes tydens die vorderingsverslagtyd in sy kamer? Hy praat van Anne Boleyn, een van die vrouens van koning Hendrik VIII van Engeland.

10. Op watter soekenjins het Hannes na spookinligting gaan soek? Hy noem google.com, altavista.com, ananzi.co.za en yahoo.com.

11. Watter webwerf dink hy gaan hulle kan help? www.ghosthunter.org

12. Hoe weet hulle nou dat die moord op Sarabeth beslis die waar heid is? Alex se ma se navorsingsassistent het ou koe-rant artikels in die argief in Roelandstraat opgespoor wat die moord bevestig het.

13. Vertaal die opskrif Mine Magnate in Murder Mayhem – Daughter Brutally Murdered. Mynmagnaat in Moordchaos – Dogter Wreed Vermoor.

14. Watter detail wat die argitek vir Thomas en sy pa-hulle vertel het, verskyn nie in die koerantberig nie? In die koerantberig staan niks van die goue muntstuk wat in Sarabeth se hand gevind is nie.

15. Hoekom is die brokkie uitgelaat? Dit is moontlik uitgelaat om nie goudsoekers te lok nie.

16. Wat het Sarabeth gedoen voor sy vermoor is? Sy was alleen by die huis en het voor haar dood die voorletter N.M.M. in die solder uitgekrap.

17. Watter gevolgtrekking maak Alex oor wat Sarabeth gedoen het? Sy reken Sarabeth het die moordenaar geken en dat sy sy voorletter met haar naels uitgekrap het terwyl hy besig was om haar te verwurg.

Page 35: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

35

18. Wie is Alex se ma se assistent? Anneke19. Wat is Scotland Yard? Scotland Yard is die Britse speurdiens.20. Hoekom was daar ’n Scotland Yard-span in Suid-Afrika? Hulle

het Stanley Robinson kort ná sy aankoms in Suid-Afrika kom ondervra omdat sy vrou in Engeland vermoor is.

21. Hoe het Robinson sy miljoene in Suid-Afrika gemaak? Hy het sy geld uit die goudmyne gemaak.

22. Hoekom het hy tydens die Anglo-Boereoorlog vir lang tye ver-dwyn? Niemand het regtig geweet waarmee hy besig was nie. Die Britte in die Kaap het gedink hy spioeneer vir hulle en die Boere in Transvaal het gedink hy is besig om húlle te help.

23. Wanneer is Stanley Robinson se rekords van sy sake gevind? Dit is ná sy dood ontdek.

24. Watter inligting is in die rekords ontdek? Hy het geld vir die Boeremagte tydens die oorlog gegee.

25. Hoekom het Stanley Robinson so deeglik boek gehou van sy sake? Hy het dalk geweet dit sou later nodig wees vir bewyse.

26. Wat kon die polisie regkry met hierdie dokumente? Hulle kon iemand in hegtenis neem vir die moord op Sarabeth.

27. Hoekom gaan Alex nie die volgende dag skool toe nie? Sy gaan vir Anneke help met navorsing in die argief. Haar ma dink dit sal ’n uitstekende les wees oor hoe om navorsing te doen, en dat sy meer daaruit sal leer as ’n dag by die skool.

28. Hoekom is Thomas se knie seer? Hy het steeds las van ’n kniebesering wat hy tydens die vorige rugbyseisoen opge-doen het.

29. Van watter inligtingsbron het Thomas vergeet? Hy het vergeet van Matthys, die prokureursfirma se bode, wat lank alleen in die huis gewerk het.

30. Hoekom moet Alex vinnig by die huis kom? Sy en haar pa het ’n Italiaanse klas.

Hoofstuk 11By die huis aangekom ná skool, wil Thomas nog huiswerk doen voor hy na Alex toe gaan. Dan skiet dit hom te binne dat dat hy nog met Matthys, die prokureursfirma se bode, moet praat. Hy bel dadelik die kantoor, maar Matthys is baie kortaf met hom. Matthys waarsku Thomas om uit die huis pad te gee as hy weet wat goed

Page 36: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

36

is vir hom. Kort ná dié gesprek lui die voordeurklokkie. Thabo se ouma kom ook om Thomas te waarsku oor die huis. Sy gee vir hom ’n gelukbringer om hom te beskerm en kruie om die geeste in sy kamer te laat rus. Thomas is so ontsteld oor al die waarsku-wings dat hy onmiddellik sy goed bymekaar skraap en stad toe laat spat.

1. In watter rugbyspan speel Thomas? Thomas is kaptein van die o.14 A-rugbyspan.

2. Van watter land kom die besoekende span? Die besoekende span is van Engeland.

3. Hoekom speel Thomas nie in die wedstryd nie? Hy en Hanne s mag vir twee weke nie rugbywedstryde speel nie omdat hulle ’n rekenaar-speletjie wat ’n virus bevat het op die skool se rekenaarstelsel afgelaai het. Hulle was alleen en sonder toesig in die rekenaarkamer terwyl hulle eintlik in ’n Lewensvaardighede-klas moes wees.

4. Wie speel in Thomas se plek? Francois Schoeman van die B-span speel in Thomas se plek.

5. Wat moet Thomas klaarmaak voor hy na Alex toe gaan? Hy moet sy MSW-huiswerk doen.

6. Wat wil Thomas doen voor hy na Alex toe gaan? Hy wil Night of the Chills II by sy eie, of Night of the Chills III by Thabo se huis, speel.

7. Wat besluit hy om te doen voor hy sy huiswerk aanpak? Hy moet eers met Matthys, die prokureursfirma se bode, praat.

8. Wat is die naam van die prokureursfirma? Miller, Malan en Cloete Prokureurs.

9. Wat is Thomas se adres? Thomas se adres is Parklaan 13, Oranjezicht, Kaapstad.

10. Wat sê Matthys vir Thomas? Matthys waarsku Thomas dat hy uit die huis moet wegkom en vlug as hy weet wat goed is vir hom. Matthys voeg dan by dat Thomas nie ’n idee het wat daar nog is nie.

11. Wie het die voordeurklokkie gelui? Thabo se ouma, Posizwe.12. Wat is in die palm van haar hand? Daar lê ’n leerriempie met

’n snaaksie dingetjie aan, en ’n klein bruin toerygsakkie in haar hand.

Page 37: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

37

13. Waarom besoek die vrou Thomas? Sy kom om Thomas te waarsku. Sy sê dat die huis lewe, dat sy bloed in Thomas se kamer sien en ’n jong meisie se gille hoor. Sy gee vir Thomas die gelukbringer om om sy nek te dra vir beskerming. Die kruie wat sy bring, moet hy in die kamer sprinkel om die dooies te laat rus.

14. Waar los Thomas die boodskap vir Louisa? Hy plak die bood-skap op die spieël bo die telefoon.

15. Wat is Thomas se planne vir die middag voor hy na Alex toe gaan? Hy gaan in die stad rondloop en met ’n bus van die stasie af na Alex se huis ry. Hy wil demo’s op die internet gaan speel by die nuwe internetkafee in St. Georges-wandel straat.

Hoofstuk 12Thomas kom by die nuwe internetkafee aan en moet ’n rukkie wag voor hy kan gaan soek vir Night of the Chills III. Hy moet egter met die tweede weergawe tevrede wees. Net toe hy dink hy gaan begin speel, daag Thabo daar op. Hulle praat oor Thabo se ouma se waarskuwing aan Thomas. Thabo glo sy ouma praat die waarheid en is van mening dat Thomas moet luister. Saam soek hulle dan op die internet inligting oor Stanley Robinson en kry heelwat koerantberigte oor die magnaat. Teen halfvier moet Thabo huis toe gaan en Thomas kies koers McDonalds toe. ’n Donker figuur sien Thomas by die kafee uitloop. ’n Vinnige blik na die foto in sy sak bevestig dat dié seun beslis Thomas Steyn is.

1. Na watter foto’s kyk Thomas teen die koerantgebou? Hy kyk na sportmanne in aksie (sportfoto’s), die staatspresident wat ’n toespraak lewer (politieke foto’s), ’n splinternuwe sport-motor wat draai (motorfoto’s), en ’n dogtertjie wat laggend in ’n man se arms sit (human interest-foto’s).

2. Hoekom lyk die man wat skielik by die gebou uitgehardloop kom vir Thomas soos ’n joernalis? Die man hardloop by ’n koerantkantoor uit. Hy het ’n sak oor sy skouer, ’n notaboek en pen en hy praat op sy selfoon. Dit lyk dus of hy besig is om ’n storie te “jaag”.

3. Wat laat ’n joernalis se werk so lekker klink vir Thomas? Thoma s dink dit moet lekker wees om ’n joernalis te wees

Page 38: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

38

omdat jy die hele dag besig is om stories te soek, dinge uit te vind en met mense te werk. As jy klaar is met hierdie dinge, sit en tik jy jou storie op jou rekenaar.

4. Wie dink Thomas sal ’n goeie joernalis wees en hoekom? Thomas dink Alex sal nogal goed wees as ’n joernalis omdat sy altyd stories uitsnuffel en goed kan skryf. Sy het al heelwat skryfkompetisies en opstelwedstryde gewen.

5. Waarvoor betaal Thomas by die internetkafee? Hy betaal vir ’n uur se internet-gebruik en ’n koeldrank.

6. Op watter webblad gaan soek Thomas vir speletjies? www.yahoo.com/games

7. Watter speletjie wil hy speel en hoekom? Hy wil Night of the Chills III speel sodat hy nie dom voel as hy teen Thabo speel nie.

8. Wie kom by die internetkafee aan? Thabo9. Hoekom sê hy Thomas is nou in ’n bangmaak-deel van die

speletjie? Thabo sê jy is alleen in die spookdorpie en jou Tip Master sê die heeltyd vir jou om op die uitkyk te wees vir die Master of the Demons, maar jy sien niks nie.

10. Watse werk doen Thabo se ma? Sy is ’n joernalis by The Cape Town Herald.

11. Wat doen Thabo se ouma? Thabo se ouma is ’n sangoma.12. Hoe voel Thabo se gesin oor sy ouma? Sy ouers hou nie

daarvan as sy praat oor wat sy sien en haar kruie en dinge uithaal nie. Sy suster dink sy is mal en niemand luister na haar nie.

13. Hoekom voel sy ouers so? Thabo sê hulle het as uitgewekenes in Engeland gewoon en voeling met hulle wortels en kultuur verloor. Hulle dink die ouma kom van ’n ander wêreld as waarin hulle leef.

14. Hoe voel Thabo oor sy ouma? Thabo glo haar en dink sy praat die waarheid as sy vertel van goed wat sy sien.

15. Hoekom glo Thabo haar? Drie jaar gelede het hulle familie in die Transkei gaan besoek en sy het geweier om in die gastekamer te slaap. Sy het so ’n bohaai gemaak dat sy pa die polisie gebel het. Hulle het ’n geraamte onder die vloe r gekry en die kopbeen het ’n groot gat in gehad. Dit was duidelik dat die persoon vermoor is.

Page 39: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

39

16. Wat het Thabo se ouma vir hom van Thomas se kamer gesê? Thabo se ouma het gesê dit spook in die kamer en dat sy die aktiwiteit kan aanvoel.

17. Wat is Thabo se reaksie toe Thomas vir hom vertel wat in sy kamer gebeur het die afgelope paar dae? Thabo fluit deur sy tande en sê dit klink soos ’n fliek.

18. Watter hulp bied Thabo aan? Hy sê hulle kan die Cape Town Herald se argief deursoek. Hy ken sy ma se wagwoord.

19. Hoeveel artikels kry hulle met hulle soektog na “Stanley + Robinson”? Hulle kry veertien artikels.

20. Waar wil Thomas nog soek vir inligting? Thomas dink hulle moet na die Londense koerante se argiewe gaan wat moont-lik inligting oor die moord op Sarabeth se ma sal bevat.

21. Watter soekenjin kies hulle vir hierdie soektog? Hulle gebruik Google.

22. Hoekom dink Thomas hulle sal inligting kry in The London Daily Times? Hy het in sy pa se advokaatkamers ’n geraamde uitknipsel van The London Daily Times gesien en die datum was iets soos 1905. Hy reken dus die koerant het bestaan toe die moord op Sarabeth se ma gepleeg is.

23. Hoeveel artikels kry hulle op The London Daily Times se webwerf oor Stanley + Robinson en hoeveel kan hulle ge-bruik? Hulle kry vyftig artikels en kan twee-en-twintig daarvan gebruik.

24. Hoekom is Thomas so honger? Die skoolboelie, Flip Marais, het pouse die pastei wat Thomas by die snoepie gekoop het, uit sy hand geklap.

25. Waar bly Alex-hulle? In Groenpunt26. Waarheen wil Thomas gaan vir middagete? Hy wil na die

McDonalds in Adderleystraat gaan.

Hoofstuk 13Thomas stap McDonalds toe om vir hom middagete te koop. Ter-wyl hy wag vir die groen mannetjie by ’n kruising, haal hy die koerantartikels uit sy sak en lees van die verdagte wat in verband met die moord op Sarabeth in hegtenis geneem is. Net toe die lig sê hy mag oorsteek, gryp ’n donker figuur sy skooltas en hardloop daarmee weg. Thomas kies dan koers stasie toe om ’n bus na

Page 40: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

40

Hannes se huis te haal. Die gebeure raak nou heeltemal te erg vir hom! Voor hy op die bus klim, moet hy eers by ’n toilet uitkom. In die manstoilette word hy deur ’n man met sterk arms oorrompel. Dit is Nicholas Miller.

1. Wat gaan Thomas vir middagete koop? Hy gaan ’n reuse kaasburger, skyfies en ’n ekstra-groot Coke koop.

2. Hoekom dink Thomas hy gaan flou word as hy nie nou eet nie? Dit is al halfvier en hy het nog nie middagete geëet nie. Sy bloedsuiker kan nou al laag wees.

3. Wie is in verband met die moord op Sarabeth in hegtenis geneem? Die 37-jarige Nick Miller McCay is aangekeer in verband met die moord.

4. Wat gebeur voor Thomas die straat kan oorsteek? ’n Donker figuur ruk sy skooltas uit sy hand en hardloop in ’n systraatjie weg.

5. Hoekom staan Thomas in die middel van die straat? Hy is geskok oor wat nou net gebeur het. Hy is in die middel van die stad beroof en dit het alles baie vinnig gebeur. Hy het nie tyd gehad om te reageer voor hy ’n paar tree verder was nie.

6. Wat doen Thomas toe hy tot verhaal kom? Hy hardloop na die oorkantste sypaadjie en skree dan dat iemand sy tas ge-steel het.

7. Hoekom dink Thomas die dief was dom? Die dief het sy skool-tas gegryp terwyl hy sy sportsak, wat dalk meer waardevol kan wees vir iemand wat gesteelde goedere verkoop, ook by hom gehad het. Dit was ook so duidelik ’n skooltas dat die dief dit nie vir iets anders kon aansien nie.

8. Hoekom hardloop hy nie agter die dief aan nie? Hy is nie te veel gepla om sy skooltas terug te kry. Ná wat verlede jaar met Hannes en sy pa gebeur het, wil Thomas nie probeer om ’n held te wees nie. Hy dink ook nie hy’s sterk genoeg om die ou aan te vat nie. Hy dink nie hy is Sylvester Stallone of Arnold Schwarzenegger nie.

9. Waarvoor is Sylvester Stallone en Arnold Schwarzenegger bekend? Albei is aksiehelde in Hollywood-flieks. Sylvester Stallone het veral bekendheid verwerf met sy rol in die Rocky-

Page 41: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

41

flieks. Arnold Schwarzenegger was ’n liggaamsbouer/spier-paleis wat ’n paar keer die Mnr. Wêreld-kompetisie gewen het voordat hy akteur geword het. Hy is veral bekend vir sy rol as die Terminator. As die huidige goewerneur van Kalifornië in Amerika staan hy bekend as die Governator.

10. Wat bedoel Thomas met “almal het hulle messe in vir hom”? Almal het iets teen hom, almal maak die lewe vir hom moei-lik.

11. Wie het al vandag Thomas se lewe omgekrap? Die skool-boelies, die skoolhoof, die sangoma (Thabo se ouma) en die grypdief.

12. Waarheen besluit Thomas om ná die diefstal te gaan? Hy besluit om stasie toe te gaan om ’n bus te neem na Hannes se huis. Voor hy die bus haal, besluit hy om eers toilet toe te gaan.

13. Wat gebeur in die manstoilette? Thomas word aangeval deur Nicholas Miller. Miller ruk Thomas se kop gewelddadig agter-toe en druk dan ’n sakdoek oor sy mond en neus. Thomas probeer homself teësit, maar die man is te sterk vir hom. Daar is een of ander middel op die sakdoek wat Thomas be-wusteloos maak.

14. Wie is Jan van Riebeeck? Jan van Riebeeck is die Neder-landse V.O.C.-amptenaar wat in 1652 gestuur is om ’n halfwegstasie vir Nederlandse skepe aan die Kaap te kom vestig.

Hoofstuk 14Thomas word wakker terwyl iemand hom hard deur die gesig klap. Terwyl hy sukkel om by sy positiewe te kom, merk hy dat hy in sy kamer is, met Nicholas Miller en sy broer, Michael, wat oor hom troon. Louisa lê op die grond met ’n tou om haar nek en haar regterhand is op ’n geborduurde kussing langs haar. Miller vertel vir Thomas hoekom hy daar is – hy soek die honderdduisend goue muntstukke wat Stanley Robinson in die solder weggesteek het. Hy weet dit is daar, want Sarabeth het die geheim aan sy oupa meegedeel voor hy haar vermoor het. Thomas probeer om Louisa gemaklik te maak en Miller aan die praat te hou sodat hy haar sal uitlos.

Page 42: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

42

1. Wat is die branderige steekgevoel op Thomas se wang? Nichola s Miller klap hom wakker.

2. Watter kleur is Nicholas Miller se oë? Blou3. Waar is hulle? Hulle is in Thomas se kamer.4. Wie is nog in die kamer? Louisa en Miller se broer Michael

is ook daar.5. Wat het met Louisa gebeur? Sy is ook aangeval. Sy lê op

die grond met ’n tou om haar nek en haar regterhand lê op ’n geborduurde kussing.

6. Wat doen Michael? Hy sit langs Louisa op ’n stoel en hou ’n mes vas.

7. Wat is die simptome van die aanval wat Thomas nou al voel? Hy verkeer in skok, want hy begin liggies bewe. Hy het ’n erge hoofpyn en sy keel is droog en seer.

8. Wat wou Miller gehad het? Hy wou gehad het Thomas moet vir sy pa-hulle vertel van die vreemde goed wat in sy kamer gebeur. Miller het gereken Louisa sal dan histeries raak en dat hulle uiteindelik uit die huis sou trek.

9. Wie was verantwoordelik vir die vreemde verskynsels in Thoma s se kamer? Nicholas en Michael Miller het alles laat gebeur.

10. Wat dink Miller sal ’n mens ook aan glo as jy in spoke glo? Hy dink jy sal ook aan die tandemuis en die paashaas glo.

11. Hoekom wou die Miller-broers die huis vir hulself hê? Hulle oupa, Nick Miller McCay, was Stanley Robinson se vennoot en hulle dink Robinson het hom verkul. Hy wou die myn in Suid-Afrika bekom en nie die wins met Nick deel nie. Toe laat McCay Stanley se vrou vermoor sodat Stanley in Engeland moet bly. Dié plan het nie gewerk nie. Hy het Suid-Afrika toe gekom en die wins van die myn vir die Boere gegee en nie met sy vennoot gedeel nie. Hy het glo honderdduisend goue muntstukke in die huis versteek.

12. Hoekom dink Thomas die Miller broers het hom die hele mid-dag lank dopgehou? Miller het die drukstukke wat Thoma s in die internetkafee gemaak en wat in sy skooltas was, gehad. Thomas weet nou dat dit Michael was wat die tas gesteel het. Miller het hom in die toilette aangeval. Dieselfde man kon nie op al twee plekke gewees het nie.

Page 43: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

43

13. Wat was mevrou Robinson se naam? Elizabeth14. Hoe het Robinson van Engeland af in die Kaap gekom? Hy

het per boot daarheen gereis.15. Waar kom Thomas aan die motto Show No Fear? Dit is wat

hy en Hannes altyd sê voor ’n woeste rugbywedstryd.16. Hoekom sê Nicholas Thomas is ongeskik? Terwyl Miller met

die storie besig is, buk hy af en vryf met sy vinger oor Louisa se keel. Thomas val hom in die rede deur te gil en vir hom te sê om haar uit te los.

17. Aan watter universiteite het Robinson studeer? Cambridge en Oxford

18. In watter land is hierdie universiteite? Albei universiteite is in Engeland.

19. Hoeveel grade het Robinson verwerf? Robinson het drie grade verwerf.

20. Wie het Robinson vertrou met sy “donkerste geheime”? Hy het sy dogter, Sarabeth, in sy vertroue geneem.

21. Waar is die goue muntstukke versteek? Die muntstukke is in Thomas se kamer versteek.

22. Hoekom het Miller-hulle nie daarna gesoek terwyl hulle die huis gerestoureer het nie? Hulle het nie genoeg kans gehad om behoorlik te soek met al die werksmense in die huis nie.

23. Hoe weet Miller waar die muntstukke is? Voordat Miller se oupa Sarabeth vermoor het, het sy aan hom gesê dat die muntstukke in die solder is.

24. Hoekom wil Thomas vir Miller vra hoekom hulle nie jare gelede al iets gedoen het om die muntstukke te bekom nie? Hy wil vir Miller aan die praat hou sodat hy vir Louisa sal uitlos.

25. Hoekom gee Thomas vir Louisa ’n kussing en duvet? Hy is bekommerd oor haar omdat sy baie seer gekry het en onge-maklik lyk. In hierdie situasie begin hy vir haar omgee. Sy is immers swanger met sy boetie of sussie.

26. Hoekom tik Miller met ’n hamer teen die mure? Hy sal kan hoor aan die klank of daar ’n holte in die muur is. Dan sal hy weet waar die goue munte versteek is.

27. Wat beteken “die wieletjie draai, maar die hamster is dood”? Dit beteken die man is nie baie slim nie.

28. Skryf ’n paar ander uitdrukkings neer wat dieselfde betekenis

Page 44: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

44

het. Die ligte is aan, maar niemand is tuis nie. Die hysbak gaan nie na die boonste verdieping nie.

Hoofstuk 15Die bekommerde ouers van Hannes en Alex wag in Hannes-hulle se sitkamer op Thomas se pa wat op pad is van Johannesburg. Terwyl hulle sit en praat, sluip Hannes en Alex saam met sy suste r, Carla, uit die huis. Hannes wil in Thomas se kamer gaan kyk of hy nie dalk leidrade gelos het nie. By Thomas se huis bewapen Hannes homself met twee koorde en ’n botteltjie water en glip dan deur Thomas se kamervenster. Alex hardloop weg om die polisie te bel met die selfoon wat Carla vir hulle geleen het.

1. Waar was Thomas se pa? Hy was in Johannesburg.2. Wat wil Hannes doen? Hy wil gaan kyk wat in Thomas se

kamer aangaan.3. Wie is in Hannes-hulle se sitkamer? Sy ouers en Alex se

ouers sit en praat en wag op Thomas se pa.4. Wat wil Carla hê omdat sy hulle gaan aflaai? Sy sê hulle skuld

haar sakke vol goud en pragtige mans vir die res van haar lewe.5. Hoekom het Hannes so baie goed in sy rugsak? Hy reken ’n

mens weet nooit wat jy in ’n noodsituasie mag nodig kry nie.6. Hoekom wil Hannes na Thomas se kamer toe gaan? Thomas

het nie opgedaag vir die drie se afspraak nie en niemand weet waar hy is nie. Niemand het nog daaraan gedink om in sy kamer te gaan kyk nie en Hannes dink Thomas het dalk leidrade daar gelos.

7. Hoekom kyk Hannes grootoog na Alex toe hulle om die huis na Thomas se buitetrap stap? Die huis lyk doodstil en ver-late, maar hulle sien die kamerlig is aan en hoor gedempte stemme. Hy weet dadelik daar is iets verdags aan die gang.

8. Wat sien Alex toe sy deur die venstertjie loer? Sy sien ’n man wat woedend op en af loop en praat. Sy kan vir Louisa sien waar sy op die vloer lê. Langs Louisa sien sy ’n vieslike man met ’n mes in sy hand. Sy sien nie dadelik vir Thomas nie, maar sien hom dan op sy bed sit.

9. Wat haal Hannes alles uit sy rugsak? Hy haal twee kabels, ’n botteltjie water en ’n bandopnemer uit.

Page 45: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

45

10. Wat doen Hannes met die bandopnemer? Hy gee dit vir Alex.11. Wat doen sy daarmee? Sy druk die opneemknoppie en hou

dit teen die deur om die gesprek wat in die kamer aangaan op te neem as bewysmateriaal vir later.

12. Hoe kom Hannes in die kamer in? Hy seil deur die klein ven-stertjie na binne.

13. Hoekom is Alex bang toe Hannes die kamer ingaan? Sy dink hy is mal omdat die boewe hom gaan sien en hom dalk ook aanval.

14. Hoekom hardloop Alex weg? Sy wil die polisie bel, maar as sy van buite die kamerdeur bel, sal hulle haar in die kamer kan hoor en dan sal sy ook in gevaar wees.

Hoofstuk 16Dis al halfelf in die aand en Thomas weet hy moet vir Miller tot die volgende oggend aan die praat hou om te oorleef. Terwyl Miller nog aangaan oor sy oupa en die geld, sien Thomas vir Hanne s deur die venster wriemel. Hannes maak snaakse gebare en Thoma s kom agter dis die seine wat hulle in rugby gebruik. Hy verstaan dan wat Hannes se plan van aksie is. Wanneer die kat op Miller se gesig spring, is dit die seuns se kans om tot aksie oor te gaan.

1. Hoekom wil Thomas vir Miller tot die volgende oggend aan die praat hou? Sy pa sal bekommerd raak as Louisa nie die foon antwoord nie en hulle sal hom dalk by die skool mis. Iemand mag dan moontlik na die huis toe kom om te kyk of alles in orde is en hulle help.

2. Hoekom is Miller trots op sy oupa? Hy sê sy oupa het baie opofferings gemaak sodat sy kinders en kleinkinders die bes-te kon hê vir die res van hul lewens.

3. Wat beteken “speel met vuur”? Om met vuur te speel beteken om iets gevaarliks te doen.

4. Is dit gevaarlik vir Thomas om vir Miller uit te tart? Ja, want die ou mag kwaad word en ’n mens weet nie wat so iemand sal doen as hy kwaad word nie.

5. Wat was Nick Miller McCay se verhouding met Sarabeth? Hy was haar peetpa.

Page 46: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

46

6. Hoekom het McCay die aand van die moord na die Robin-sons se huis gegaan? Hy wou met Sarabeth praat en haar oorreed om vir hom te sê waar die geld is.

7. Hoekom het hy haar vermoor? Sy wou nie sê waar die geld is nie en het gedreig om die polisie te ontbied. Sy het histeries geraak en McCay het geweet sy sou vir Robinson vertel en dan sou hy alles verloor.

8. Wat het in McCay se guns getel toe die polisie hom vir die moord in hegtenis geneem het? Robinson is kort ná die moord in ’n gestig opgeneem en sy broer was een van die beste prokureurs in die land.

9. Hoekom is die saak teen McCay laat vaar? Die polisie het nie genoeg bewyse teen hom gehad om die saak te laat voort-gaan nie.

10. Hoe is McCay en sy broer dood? Hulle het albei in ’n bergklim-ongeluk gesterf.

11. Watter seine gee Hannes vir Thomas? Hannes gee dieselfde seine as wat hulle in rugby gebruik. Hy vat aan sy oor, vee oor sy mou en maak dan ’n vuis teen sy bors.

12. Wat wil Hannes hiermee vir Thomas sê? Hannes wil hê Thomas moet vir Michael duik.

13. Hoekom het dit die Millers so lank geneem om die geld te kom soek? Hulle pa wou niks met hulle oupa en sy oom se sake te doene hê nie. Die inligting oor hulle sake was in kar-tondose in hulle huis gebêre waar Miller dit 30 jaar gelede ontdek het en dit het hom so lank geneem om die geheim te ontrafel.

14. Hoekom gil Miller? Cleo die kat het op sy gesig gespring.15. Wat doen Hannes terwyl Miller met die kat stoei? Hy skree vir

Thomas “Nou, Tom!” en spring dan op, gryp die krieketkolf en slaan vir Miller oor die kop daarmee.

16. Wat doen Thomas? Thomas duik vorentoe en storm op Michael af. Hy gryp hom om die lyf en stamp hom grond toe.

Hoofstuk 17Hannes en Alex kuier by Thomas wat ná die aanval in die bed lê met harsingskudding. Hulle vertel vir hom wat gebeur het en Thoma s en Alex is beïndruk met Hannes se vindingrykheid.

Page 47: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

47

Thoma s se pa kom sê dat hy ’n sussie ryker geword het. Lara is ses weke te vroeg gebore, maar sy en Louisa is albei piekfyn. Hy is baie trots op sy seun en sy maats wat met hulle dapper optrede ’n baie lelike einde aan die storie gefnuik het. Wanneer almal weg is, raak Thomas aan die slaap net om wakker gemaak te word deur die drukker wat spontaan ’n boodskap druk. Hierdie keer is dit nie weer ’n waarskuwing nie, maar ’n dankie.

1. Watter beserings het Thomas opgedoen? Hy het harsing-skudding van die val teen die kas.

2. Met wie vergelyk Alex vir Hannes? James Bond3. Hoekom is Thomas verward? Met die duikslag het hy sy kop

baie hard teen die kas gestamp en harsingskudding opge-doen. Moontlik ly hy ’n bietjie aan geheueverlies ook. Dit voel vir hom of hy een oomblik nog bang was vir wat Miller beplan en die volgende oomblik in sy bed wakker geword het.

4. Hoekom het Hannes die middag vir Thomas probeer bel? Hy het agtergekom dat Nicholas Miller, die argitek, en Nick Miller McCay familie is. Hy het in koerantartikels en hofverslae op die internet van Nick en Henry Miller McCay gelees.

5. Hoekom het Alex en Hannes onraad vermoed? Die drie sou mekaar teen vyfuur by Alex ontmoet. Toe Hannes vir Tho-mas gebel het, het Louisa gesê dat Thomas ’n briefie gelos het waarin hy sê dat hy by Hannes gaan oorslaap. Omdat Thomas nog nie by sy huis aangekom het nie, het Hannes aanvaar dat Thomas dalk reguit na Alex toe is. Toe hy teen sewe-uur nog nie by Alex aangekom het nie, het hulle besef iets is fout.

6. Wie het vir Thomas se pa laat weet daar’s moeilikheid? Matthy s, die bode van die prokureursfirma, het hom gebel om te sê die gesin is in gevaar. Hy is voorheen ook deur Miller getreiter om hom uit die huis te probeer kry.

7. Waar het Hannes die raad gekry om die goed wat hy in sy rugsak gehad het, saam te neem? Hy het die raad op die ghosthunter-webwerf gekry.

8. Wat stel ghosthunter voor moet ’n mens in ’n soortgelyke situasi e doen? Jy moet nie alleen gaan nie, en ’n flits, ’n bandopnemer, identifikasie, ’n kamera en sulke tipe goed saamneem.

Page 48: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

48

9. Wat wou Hannes met die kabels en die skoene doen? Hy wou vir Miller skok. Hy het die een kant van die kabel in die muurprop gedruk en die ander kant onder sy skoene ingekry. Gelukkig het Miller se skoene nie rubbersole gehad nie.

10. Wat het met Michael en Nicholas gebeur? Die polisie het hulle in hegtenis geneem.

11. Waar het Hannes aan die ander planne gekom wat hy gebruik het? Hy het dit op sabotasie-webwerwe gekry.

12. Watter nuus kom gee Thomas se pa vir hom? Sy babasussie is gebore.

13. Hoeveel te vroeg is sy gebore? Sy is ’n maand en ’n half te vroeg gebore.

14. Wat dink Thomas se pa van hom en sy vriende? Hy dink hulle is helde. Hy sê as dit nie vir hulle was nie, kon dinge baie sleg afgeloop het. Hy is bly dat Thomas met hulle vriende is.

15. Wat neem Thomas homself voor wanneer sy pa hom ’n druk-kie kom gee? Hy neem homself voor om nooit weer iets vir sy pa weg te steek nie al laat dit hom ook hoe simpel lyk.

16. Watter verskynsel het Miller nie verklaar nie? Die rekenaar se spontane drukkery is nie verklaar nie.

17. Hoekom word Thomas wakker in die nag? Die drukker is besig om iets te druk.

18. Watter boodskap druk die drukker hierdie keer? THANK YOU, THOMAS.

II. Algemene vrae1. Skryf ’n kort opstel oor Thomas. Verwys onder andere na hoe

hy lyk en waarvan hy hou en nie hou nie.2. Skryf ’n kort opstel oor Hannes en verwys na hoe hy lyk, en

wat sy stokperdjies en aanlegte is.3. Skryf ’n kort opstel oor Alex. Verwys na haar gesin en haar

talente.4. Skryf ’n kort opstel oor Thabo en sy ouma.5. Verduidelik hoekom jy dink Thomas nie vir die grootmense

wou vertel wat in sy kamer gebeur nie.6. Thomas was bang om vir Hannes te vertel wat aangaan,

maar het nie gehuiwer om vir Thabo te vertel nie. Hoekom dink jy was dit vir Thomas makliker?

Page 49: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

49

7. Sou jy anders as Thomas opgetree het? Wat sou jy gedoen het?

8. As jy die staatsaanklaer is, waarvan sou jy die Miller-broers aankla?

9. As jou beste vriend deur twee mans in sy kamer aangehou word, wat sal jy doen? Sal jy soos Hannes optree, of soos Alex? Skryf ’n paragraaf hieroor.

10. Dink jy Thomas en Louisa sal van nou af beter of slegter oor die weg kom?

11. Gaan soek op die internet of in die biblioteek na die betekenis van die volgende name: Thomas, Hannes, Alex en Thabo. Skryf ’n kort paragraaf oor die betekenis van elke naam en besluit of die naam gepas is vir die karakter.

III. Mondeling Opdragte1. Verdeel in pare en kies ’n toneel uit die boek. Skryf eers die

dialoog in dialoogvorm en voer die toneel dan in die klas op.2. Verdeel in groepies van drie of vier en kies ’n toneel uit die

boek waar daar drie of vier karakters by betrokke is. Skryf eers die dialoog in dialoogvorm en voer dan die toneel in die klas op.

3. Verdeel in pare en voer een van die volgende moontlike ge-sprekke op:i. Die gesprek tussen Thomas en Louisa ná die aanval.ii. Die gesprek tussen Thomas en Hannes ná die aanval.iii. Die gesprek tussen Thomas en sy pa ná die aanval.iv. Die gesprek tussen Thabo en sy ouma nadat Thomas vir

Thabo vertel het wat in sy kamer aan die gebeur is.v. Die gesprek tussen Thomas en die skoolberader.vi. Die gesprek tussen Alex en haar ma oor die ou huis en

die vreemde gebeure.vii. Die gesprek tussen die boelies Japie en Flip onmiddellik

voor hulle vir Thomas begin boelie.

Page 50: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

50

Intrige, Karakters, Verteller, Tyd en PlekDie volgende vrae is op ’n effens hoër vlak, en jy kan self besluit watter van hierdie vrae relevant is vir jou.

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde wat ons hier gaan aanraak:

Leerarea

Afrikaans Huistaal

Leer-uitkomste

LU 2

LU 3

Assesseringstandaarde

Pas interaksievaardighede en -strategieë in groepsituasies toe:• Volg konvensies vir gepaste

interaksie tydens groepwerk;• Gee gebalanseerde en op-

bouende terugvoering;• Toon sensitiwiteit vir kultuur- en

sosiale verskille (soos: bevestig en inkorporeer diverse taal, ervaringe, voorbeelde);

• Gebruik diplomatiese taal in potensiële konfliksituasies.

Lees ’n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, ge-digte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke):• Lees hardop en stil en pas

leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan;

• Gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, konteks-tuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.).

Toon begrip van die teks, die verband daarvan met hul eie lewe, die doel daarvan en hoe dit funksioneer:

Deel 3: ’n

Nad

er kykie na so

mm

ige asp

ekte van T

HO

MA

S@

MO

OR

D.N

ET

Page 51: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

51

• Verduidelik temas, intrige, ruimte, atmosfeer en karakterisering;

• Bespreek die skrywer se houding en perspektief, hoe betekenis geskep word en maniere waarop die leser geposisioneer word (soos: Vertel die skrywer die storie as ’n waarnemer of ’n karakter? Hoe voel jy oor die hoofkarakter(s)? Is jy simpatiek of krities? Hoe kry die skrywer dit reg om jou so te laat voel?).

Verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:• Som hoof- en ondersteunende

ge dagtes op;• Kies en teken relevante inligting op ’n

gepaste manier op;• Volg redelik komplekse instruksies en

aanwysings sonder enige hulp.

Toon begrip van die teks, die verband daarvan met hul eie lewe, die doel daarvan en hoe dit funksioneer:• Verduidelik temas, intrige, ruimte,

atmosfeer en karakterisering;• Bespreek die skrywer se houding en

perspektief, hoe betekenis geskep word en maniere waarop die leser geposisioneer word. (Soos: Vertel die skrywer die storie as ’n waarnemer of ’n karakter? Hoe voel jy oor die hoofkarakter(s)? Is jy simpatiek of krities? Hoe kry die skrywer dit reg om jou so te laat voel?)

Identifiseer en bespreek kulturele en sosiale waardes in tekste krities:• Interpreteer die skrywer se bedoelde

en onbedoelde verskuilde boodskappe;

Page 52: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

52

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LU 1

LU 2

LU 3

• Identifiseer verskillende perspektiewe binne ’n ingewikkelder teks en gee eie perspektief gebaseer op bewyse uit die teks;

• Ontleed die uitwerking van stereotipe-ring, partydigheid en vooroordeel en bespreek hoe dit bevraagteken en verander kan word en gee eie gemoti-veerde mening.

Verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):• Beantwoord letterlike vrae;• Teken relevante inligting op (soos om

’n tabel in te vul);• Reageer persoonlik;• Bring die storie in verband met haar/sy

eie lewe;• Bespreek etiese, sosiale en kritieke

kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig);

• Stel ’n alternatiewe slot vir die storie voor (wissel kodes, indien nodig);

• Vertel ’n storie oor;• Som ’n storie op.

Voer interaksie in sy/haar addisionele taal:• Stel en beantwoord vrae;• Voer ’n gesprek oor ’n bekende

onderwerp;• Lug mening en gee redes daarvoor;• Druk gevoelens uit.

Toon, op ’n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:• Titel, ruimte/agtergrond en intrige

Page 53: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

53

LU 4

(soos: vertel waarom sekere gebeure op daardie manier in ’n storie gebeur);

Begryp karakters (soos: beskryf hoe ’n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede);• Identifiseer en bespreek sosiale en

etiese vraagstukke in ’n storie (soos: Is die storie regverdig?);

• Let op hoe karakters en intrige aange-bied word om ’n spesifieke wêreld-beskouing uit te beeld. (Soos: Word mense van verskillende rasse en/of kulture stereotipies uitgebeeld, of word hul diversiteit realisties oorgedra?);

• Stel alternatiewe maniere voor om karakters en hul optrede uit te beeld.

Gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:• Pas kennis van taalstrukture toe (soos

grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer;

• Gebruik taalhulpmiddele (soos ’n woordeboek).

Verstaan die skryfproses:• Skryf konsepweergawes (kladwerk),

lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit;

• Verstaan die verskil tussen:– herskryf (verander inhoud en

struktuur), en– redigering (maak foute reg);

• Redigeer eie skryfwerk.

Page 54: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

54

I. Karakters (makliker vrae)Baie van die volgende vrae is reeds aangespreek in die vorige afdeling. In dié geval word daar egter met die hele boek gewerk en nie bloot met hoofstukke in die teks nie.

Let wel: Ons antwoorde hieronder is breë raamwerke. Die leer-ders moet toegelaat word om hul eie idees te verskaf.

Moontlike vrae aan die leerders oor die karakters1. Wie is die hoofkarakter in [email protected]? Thomas2. Watter karakters is goeie vriende met die hoofkarakter?

Hanne s, Alex en Thabo3. Watter karakters wil die hoofkarakter seer maak? Miller, die

argitek4. Is daar karakters wat lyk of hulle saam met Thomas en sy

vriende werk, maar dan later teen hulle draai? Verduidelik. Miller is waarskynlik in dié kategorie.

5. Is daar karakters wat lyk of hulle teen Thomas en sy vriende werk, maar hulle dan later help? Verduidelik. Wat van die bode, Matthys? Hy klink woes, maar help uiteindelik deur te waarsku dat Miller die skurk is.

6. Hoe lyk Thomas? Beskryf hom in soveel as moontlik detail. Hy het blou oë en kort swart hare.

7. Wat weet ons van Thomas se persoonlikheid? Hy’s mal oor sport en mal oor rekenaars. Hy’s nie dom nie, maar hy’s soms nie lus vir huiswerk nie. Hy kan ook nie nee sê vir enige lekker kos nie! (En hy’s bang vir meisies!)

II. Karakters (moeiliker vrae)

Iets om met die klas te deelProtagonisDie hoofkarakter in ’n verhaal of drama. Die verhaal wentel om haar/hom. Daar kan ook meer as een karakter wees wat dié rol vervul.

AntagonisDie teenspeler wat die hoofkarakter of hoofspeler teenstaan.

Page 55: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

55

KonflikDie botsing tussen karakters.

Stereotipe’n Oorvereenvoudigde idee van ’n persoon of groep mense.

GeloofwaardigheidNie alle karakters hoef geloofwaardig te wees nie, tog verkies mense dat karakters geloofwaardig moet optree. Iemand sal byvoorbeeld kyk na die fliek Babe en dan beweer dat dit nie geloofwaardig is dat die varkie skape kan aanjaag nie. Tog vergeet hulle dat die varkie praat!

Hoe ook al. Lesers voel dikwels dat sommige karakters baie soos “gewone mense” voorkom, maar dat ander se aksies of dialoog glad nie pas by dit wat in die “ware lewe” sal gebeur nie. Geloofwaardigheid het dus te doen met mense se persep-sies oor karakters en die situasies waarin hulle hulself bevind.

1. Is daar ’n duidelike protagonis in [email protected]? Ja, dis Thomas.

2. Is daar ’n duidelike antagonis in [email protected]? Ja, dit sou Miller, die argitek, wees.

3. Dink julle Thomas en sy maats is geloofwaardig? Eie ant-woorde. Die leerders moet regtig self besluit!

4. Is daar karakters in [email protected] wat ongeloof-waardig voorkom? Verduidelik. Weer eens moet die leerders self sê.

5. Is daar karakters in [email protected] wat die verhaal swakker maak? Hoe so? Eie antwoorde.

6. Is daar enige karakters in [email protected] wat geen rol vervul nie en dus liewer uitgelaat kon gewees het? Die leer-ders kan sê, maar die verhaal is nogal heg inmekaar verweef. In hoofstuk 12 storm iemand by ’n koerantkantoor uit en ver dwyn. Hy het skynbaar geen funksie nie, anders as om die belangrike rol van joernaliste te onderstreep. (In daardie hoofstuk speel koe-ranttekste ’n belangrike rol.) Die boelies by die skool speel ’n rol,

Page 56: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

56

so ook Hannes se sussie. Hulle is nie net daar vir die “volmaak” van bladsye nie. Tog sou die storie sonder hulle kon klaarkom?

7. Is daar karakters in [email protected] wat julle as ste reo tipes sou wou afmaak? Hoe so? Eie idees. Selfs ou Matthy s had ’n goeie hart, nie waar nie? En Nicholas Miller? Hy lyk so cool en dan ... Maar wat van Nicolas se broer? Of die boelies?

III. ’n Moontlike essay (Slegs vir gevorderde leerders)

Verduidelik die konflik tussen die protagonis en die antagonis in die verhaal.

AssesseringU kan die leerders volgens hierdie kriteria assesseer:

Hoe duidelik is dit wie die leerder as die protagonis beskou?

Hoe duidelik is dit wie die leerder as antagonis beskou?

Hoe goed is die konflik verduidelik tussen die protagonis en die antagonis?

Hoe goed het die leerder gespel?

Hoe goed is die leerder se grammatika?

Hoe netjies is die leerder se werk?

7 6 5 4 3 2 1

Page 57: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

57

IV. Die ruimteDie ruimte is meer as ’n fisiese plek, dit berei ons ook voor op ’n emosionele omgewing.

Let ook op hoe die wêreld van die rekenaarspeletjies vir Thoma s en sy vriende ’n werklikheid word. Op bladsye 11, 17 en 76 word die virtuele wêreld van spoke en monsters aan ons voorgehou. Op bladsy 46 maak Thomas se pa dit baie duidelik dat hy dink Thomas-hulle speel te veel rekenaarspeletjies. Hy dink dis die rede waarom hulle in spoke glo.

Die “fisiese” omgewing van die spookagtige huis en die “vir-tuele” wêreld binne in die rekenaar word dus elke nou en dan een.

Moontlike vrae oor die ruimte1. Dit is ook belangrik om op te let hoe die karakters voel oor die

verskillende ruimtes, want die ruimte kan ook ’n “emosionele plek” wees. Dink julle die skool is ’n emosionele ruimte vir Thoma s? Verduidelik. Eie antwoorde. Thomas is klaarblyklik nie ongelukkig nie, maar wel ook nie heeltemal gelukkig met die skoolhoof en ’n paar van sy maats nie. Die rugby geniet hy wel.

2. Sou die verhaal anders gewees het as Thomas by ’n baie duur privaatskool sou skoolgaan? Eie antwoorde. Sou dit ’n verskil gemaak het as hy saam met Thabo in die skool was?

3. Watter uitwerking het Thomas-hulle se huis op sy karakter? Wat dink die leerders? Die spookstories en ander vreemde

Kode Skaal Punte (%)

7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100

6 Lofwaardige prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Redelike prestasie 50 – 59

3 Bevredigende prestasie 40 – 49

2 Elementêre prestasie 30 – 39

1 Nie behaal nie 0 – 29

Page 58: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

58

goed maak dat dit vir Thomas nogal ’n erge plek is by tye, maar hy hou van sy kamer. Aanvanklik is hy nogal vies oor hy nie meer naby sy maats bly nie, maar dis cool dat Thabo nou naby is.

4. Sou die verhaal anders wees as Thomas in ’n baie moderne huis gebly het? Ja, dit sou, want die spookagtigheid sou minde r senutergend gewees het.

5. Watter uitwerking het die internetkafees op die verhaal? Dis ruimtes waar Thomas en sy vriende ontmoet, navorsing doen en speel. Dit is dus ’n positiewe ruimte in hierdie geval, hoewel dit ook die plek is waar Miller hom kan dophou.

V. Die tydDie Thomas-boeke is lekker alledaags en vars, maar die tegnologi e verander so vinnig dat heelwat van Thomas-hulle se elektro niese speelgoed taamlik gou gaan verouder. Gaan dit ’n probleem wees vir die reeks? Ons dink so nie!

Let byvoorbeeld op die rekenaar (p10): Dis ’n “AMD Thunder-bird 1.5 gigahertz met een gig RAM.” Teen 2007 het die eenvou-digste AMD al teen 2 gigahertz gehardloop en die cool rekenaars teen 3.4. Min ouens wat ernstig is oor hulle speletjies se grafika sou enige iets minder as 2 gig RAM aanvaar, en hulle sal beslis ook allerlei ekstra grafikakaarte laat inbou.

Dis ook interessant dat Carla, Hannes se veel ouer sussie, ’n selfoon het, maar nie een van die vriendekring het een nie. Later in die reeks het hulle almal fone.

Page 59: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

59

VI. Die intrige

Iets om met die klas te deelIntrigeDie plot, of intrige, van die verhaal is daardie reeks gebeure waaruit ’n verhaal opgebou is. Die klassieke plot lyk soos volg:

KLIMAKS

Geleidelike opbouvan spanning

Bekendstelling

Moontlike vrae oor die intrige1. Dink julle dat [email protected] se intrige soos hierdie

kurwe lyk, of nie? Hoekom sê julle so? Eie antwoorde. Ons dink so. Ons leer die karakters ken, dinge raak interessant en dan, uiteindelik, gryp die Miller-broers vir Thomas-hulle.

2. Waar dink julle was die klimaks in die verhaal? Ons dink dis daar waar Miller vir Thomas en Louisa vang. Hier is dit rof! Wat dink die leerders?

VII. Die vertellerDie vertellerDie verteller is ’n alomteenwoordige derdepersoonverteller. Ons weet min van die ander karakter se gedagtes, maar ons weet alles van Thomas se gedagtes. Soms, soos in hoofstuk 15 en die einde van hoofstuk 12, sien ons ander karakters se gedagtes ook. (Sien fokaliseerder hieronder.)

Ontknoping

Page 60: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

60

Die fokaliseerderThomas is die outjie deur wie se oë ons feitlik alles beleef. Dan, op bladsy 81, sien ons die wêreld vir ’n kort rukkie deur Nicolas Miller se oë. En in hoofstuk 15 is dit Hannes en Alex wat aan die beurt kom.

Die outeur vs die vertellerDit is nogal belangrik dat Carina Diedericks-Hugo die outeur is, maar nie die verteller nie! Die verteller is ’n fiktiewe skepping van Carina se gedagtes.

Iets om met die klas te deelVertellerDie persoon of stem wat ’n storie vertel. Onthou dat die ver teller en die outeur nie dieselfde persoon is nie.• ’n Eerstepersoonsverteller is deel van die verhaal en

verwys na haar-/homself as “ek”.• Die alomteenwoordige derdepersoonsverteller word ge-

bruik as iemand, wat nie deel van die storie is nie, dit vir ons vertel. Wanneer die storie deur so ’n verteller vertel word, kan die fokus verskuif van een karakter na ’n ander. Ons kan dus om die beurt die verhaal uit verskillende mense se oogpunte beleef.

• Die beperkte derdepersoonsverteller is ook ’n waarneme r. Al die inligting word deur die gedagtes van een karakter weer-gegee.

FokaliseerderDie karakter deur wie se oë die gebeure geskets word. As die fokaliseerder vooroordele koester teenoor ander, mag dit die vertelling beïnvloed. Die leser moet dus bewustelik die fokali-seerder se oordeel bevraagteken.

GesigspuntDie hoek of perspektief waaruit ’n storie vertel word.

VIII. TaalgebruikDie Thomas-reeks is in lekker loslitafrikaans geskryf. Werk dit? Laat die leerders gerus hieroor gesels.

Page 61: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

61

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde wat ons hier gaan aanraak:

Iets om met die klas te deelJargonDie tegniese woordeskat van ’n stelsel, bedryf of saak, byvoor-beeld rekenaarterme en mediese verwysings.

RegisterDit gaan oor die wyse waarop ’n mens praat of skryf. Die re gister hang dikwels af van die konteks, iemand sal dus op ’n sekere manier praat in die skoolhoof se kantoor, maar op ’n ander manier in ’n vriend se kamer.

Vrae oor die taalgebruik1. Kyk na Thomas en sy vriende se taalgebruik. Dink julle dis hoe

tieners praat, of nie? Eie antwoorde.2. Dink julle dis reg om Engelse woorde in Afrikaanse sinne te

gebruik, of nie? Eie antwoorde.3. Is daar enige aanduiding dat jargon gebruik word in

[email protected]? Verduidelik. Die taal van rekenaars, speletjies en die internet sou moontlik as jargon beskou kan word.

Leerarea

Afrikaans Huistaal

Leer-uitkomste

LU 6

Assesseringstandaarde

Identifiseer en evalueer die soort en gepastheid van ’n teks se taal en register vir die bedoelde teikengroep;

Page 62: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

62

Blokkiesraaisel

Dwars:1. Wie is in Thomas hulle se huis vermoor? Sarabeth2. Die hoeveelste herdenking van haar dood vind die aand van

Nicholas se besoek plaas? Honderdste3. Wat is in Sarabeth se afgekapte hand gevind? Muntstuk4. Waar in die huis is sy vermoor? Solder5. Wat was Stanley Robinson se beroep? Magnaat6. Hoe is Sarabeth vermoor? Verwurg

Af:1. Wat het met die oorlogsnavorser se manuskrip gebeur?

Verdwyn2. Wat is Thomas se pa se naam? Johan3. Watter posisie dink Thomas het Nicholas Miller in die

rugbyspan beklee? Slot4. Vanwaar is die materiale om die huis te bou ingevoer?

Europa5. Hoeveel dekades lank het die huis leeggestaan? Drie6. Hoe is Sarabeth se ma dood? Vermoor

BONUSVRAAGSkommel die letters in die donkerblokkies om die volgende vraag te beantwoord: Hoe oud was Sarabeth toe sy vermoor is? Sestien

2. 1. 6.

2. 3.

4.

3.

4. 5.

5.

1.

Deel 4: S

peletjies o

or T

HO

MA

S@

MO

OR

D.N

ET

Page 63: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

63

Soek die nameBeantwoord die volgende vrae en soek dan die name in die letterdoolhof. 1. Wat is die hoofkarakter se naam? Thomas 2. Wat is sy van? Steyn 3. Wat is sy pa se naam? Johan 4. Wat is sy stiefma se naam? Louisa 5. Wie is sy buurman? Thabo 6. Wat is sy van? Mnyani 7. Wie is die hoofkarakter se beste vriend? Hannes 8. Wat is sy van? Le Roux 9. Wat is die skoolhoof se van? Volschenk10. Wat is die skoolhoof se bynaam? Oros-man11. Wie is die skoolboelie? Flip12. Wat is sy van? Marais13. Wat is sy broer se naam? Japie14. Wat is die argitek se naam? Nicholas15. Wat is sy van? Miller16. Wie is in die huis vermoor? Sarabeth17. Wat was haar van? Robinson18. Wat was haar pa se naam? Stanley19. Wat is die register-onderwyser se van? Stewart20. Wat is die wiskunde-onderwyser se van? Koekemoer21. Wat is die kat se naam? Cleo22. Wat is die hoofkarakter se oorlede hond se naam? Vlooi23. Wat is Hannes se hond se naam? Nikodemus24. Wat is hoofkarakter se skool se naam? Leeukop25. Wat is Alex se pa se naam? Theodore26. Wat is Alex se ma se naam? Elsabé27. Wat is Alex se van? Louw28. Wat is Alex se volle naam? Alexandra29. Wat is die argitek se broer se naam? Michael30. Wat was hulle oupa se van? McCay31. Wie is Alex se ma se navorsingsassistent? Anneke32. Wat is Thabo se ouma se naam? Posizwe33. Wie is die prokureursfirma se bode? Matthys

Page 64: © Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk...Inhoud Deel 1: Inleiding 5 I. ’n Opsomming van die boek 6 II. Voor die leerders die boek lees 6 III. Ná die eerste lees 8 Deel 2 ’n

64

C A X F T A N A L V F Z L E R O U X B S S V L E F D E K

L B J G S H O B M W G Y O E P G H A C T T O M D G C F H

E C O H T B E C T X H X U O B F I Z D E V L O O I B G D

O D H I M C P O N H I W I N Q A J Y E W U S N N Y E T S

E O A J C D Q E D Y O V S M P E S X F A V C O C H A H C

F P N K C E R D O O J M A L O D K L G R W H P B I Z I B

G Q Y L A F S F P Z R U A K S C N W E T X E Q A J Y J A

L O U W Y G T G Q A K E A S I B I R O B I N S O N X K Z

S T A N L E Y H R B L T B J Z A C V H R Y K R Z K W L Y

H R Z M U H U S E N N A H I W Z H U M Q Z K M I L L E R

J A P I E I V H S C M S D H E Y O T A P A L E E U K O P

I S A N V J T I M I C H A E L X L S T O F J S Y L V M X

J T B O W E W J T D N R C G R W A R T N L I M X M U N W

K U C P B K N I K O D E D E M U S Q H M I H N O N T O V

L V D A X L X O R O S M A N S V L P Y L P G Y W B S P U

M W R Q Y A N N E K E Q E F T U M O S K B F A V O A Q S

N A E R Z M Y J U E O P A R D N A X E L A E N U P R H R

S I A R A M Z K K O E K E M O E R N I J C D I T Q T T T

Die antwoorde

C A X F T A N A L V F Z L E R O U X B S S V L E F D E K

L B J G S H O B M W G Y O E P G H A C T T O M D G C F H

E C O H T B E C T X H X U O B F I Z D E V L O O I B G D

O D H I M C P O N H I W I N Q A J Y E W U S N N Y E T S

E O A J C D Q E D Y O V S M P E S X F A V C O C H A H C

F P N K C E R D O O J M A L O D K L G R W H P B I Z I B

G Q Y L A F S F P Z R U A K S C N W E T X E Q A J Y J A

L O U W Y G T G Q A K E A S I B I R O B I N S O N X K Z

S T A N L E Y H R B L T B J Z A C V H R Y K R Z K W L Y

H R Z M U H U S E N N A H I W Z H U M Q Z K M I L L E R

J A P I E I V H S C M S D H E Y O T A P A L E E U K O P

I S A N V J T I M I C H A E L X L S T O F J S Y L V M X

J T B O W E W J T D N R C G R W A R T N L I M X M U N W

K U C P B K N I K O D E D E M U S Q H M I H N O N T O V

L V D A X L X O R O S M A N S V L P Y L P G Y W B S P U

M W R Q Y A N N E K E Q E F T U M O S K B F A V O A Q S

N A E R Z M Y J U E O P A R D N A X E L A E N U P R H R

S I A R A M Z K K O E K E M O E R N I J C D I T Q T T T