24
METRO EAST EDUCATION DISTRICT GESKIEDENIS VRAESTEL 2 GRAAD 12 JUNIE EKSAMENS 2015 MEMORANDUM

 · Web view• Daag die oplegging van Bantoe-onderwys uit deur die boikot van eksamens oor die Swart Pelgrim • Dit het hulle beïnvloed om selfstandig te wees • Enige ander relevante

Embed Size (px)

Citation preview

METRO EAST EDUCATION DISTRICT

GESKIEDENIS VRAESTEL 2

GRAAD 12

JUNIE EKSAMENS 2015

MEMORANDUM

Memorandum

Junie 2015

VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN DIE SOWETO-OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 4A – V1 – LU1 (AS3)] • Swart Bewussyn (enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Verduideliking van historiese begrippe uit Bron 4A – V1 – LU2(AS1)] • Swart mense moet trots op hulleself wees • Swart mense moet dinge doen sonder die hulp van wit mense • Was bedoel om veral swart Suid-Afrikaners bewus te maak oor hulle politieke, ekonomiese en kulturele regte • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 4A – V2 – LU1 (AS3) • Dit het nie vir die regte van swart Suid-Afrikaners geveg nie • Dit was 'n wit gedomineerde organisasie • Swart studente was nie tevrede met aparte akkommodasiefasiliteite vir wit en swart studente • Wit Suid-Afrikaners kon nie veg vir die saak van swart Suid-Afrikaners • Dit was nie radikaal genoeg nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 4A – V1 – LU1 (AS3)] • SASM • BPC • SASO (2 x 1) (2) 1.1.5 [Interpretasie van Bron 4A – V2 – LU1 (AS3)]

• Hulle raak bewus van die filosofie van Swart Bewussyn • Hulle staan op vir hulle regte en vereis gelyke onderwys • Swart Bewussyn het hulle gehelp om minderwaardige onderwys te teiken • Daag die oplegging van Bantoe-onderwys uit deur die boikot van eksamens oor die Swart Pelgrim • Dit het hulle beïnvloed om selfstandig te wees • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [ Analise, interpretasie en evaluering van Bron 4B – V3 – LU1 (AS3)] • Die fakkel verteenwoordig die sukses van Afrikaner-kultuur ten opsigte van taal • Leerlinge in Soweto het geweier om in Afrikaans onderrig te word • Verwys na die Soweto-opstande teen die gebruik van Afrikaans • Die doodtrek van die woord skool simboliseer die verwerping van formele onderrig • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2.2 [Analisering van bewyse uit Bron 4B – V2 – LU1 (AS4); LU2 (AS2)] • Die vlam/fakkel simboliseer die viering van Afrikaans in 1975 • Die vlam/fakkel simboliseer die opstand wat in Soweto voorgekom het die saak van Afrikaans en minderwaardige onderwys • Die vlam/fakkel simboliseer die brand van skole, geboue, motors ens. • Die vlam/fakkel simboliseer die woede wat die leerlinge gevoel het oor Bantoe Onderwys en die apartheid regering • Die vlam/fakkel simboliseer die verwerping van Bantoe-onderwys en die oplegging van die Afrikaanse taal op swart Suid-Afrikaanse leerlinge • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 4.3 [Vergelyking van Bronne 2A en 2B om te verduidelik hoe hulle mekaar ondersteun V3 – LU1 (AS4); LU2 (AS3)] Kandidate moet na beide Bronne 4A en 4B in hulle antwoord verwys. • Bron 4A verwys na die brand van boeke en Bron 4B wys die rook/vlam

• Bron 4A verwys na die boikot van die Afrikaans-eksamen en Bron 4B simboliseer die verwerping van Afrikaans as 'n taal • Bronne 4A en 4B lig albei die nodigheid om Afrikaans as 'n medium van onderrig teen te staan uit asook die verwerping van Bantoe Onderwys • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Regverdiging van bewyse uit Bron4C – V3 – LU1 (AS3 en 4); LU2 (AS2); LU3 (AS2 en 3)] Kandidate moet aandui of Kleingeld se getuienis om geweld teen ongewapende leerlinge te gebruik GEREGVERDIG was of NIE GEREGVERDIG was. Kandidate moet die volgende gebruik om hulle standpunt te ondersteun. GEREGVERDIG omdat: • Leerlinge het klippe gegooi • Leerlinge was aggressief • Leerlinge het die lewens van polisiemanne in die gevaar gestel • Polisiemanne moes die eiendom van die regering beskerm • Leerlinge was gewelddadig en het onpatriotiese tendense getoon • Enige ander relevante antwoord NIE GEREGVERDIG omdat: • Dit was 'n skending van menseregte • Leerlinge was geregverdig om te protesteer teen die gedwonge gebruik van Afrikaans as taal regdeur die kurrikulum • Hulle was maar net skoolkinders • Dit is oneties om lewendige ammunisie op ongewapende kinders te gebruik • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 4C – V2 – LU1 (AS3)] • Leerlinge marsjeer om vreedsaam te protesteer teen die gebruik van Afrikaans regdeur die kurrikulum en om Bantoe Onderwys te verwerp• Polisie gebruik traangas om leerlinge uitmekaar te jaag • Leerlinge in Soweto reageer deur met klippe na die polisie te gooi

• Polisie begin skiet sonder waarskuwing op ongewapende leerlinge en die eerste slagoffer was Hector Pieterson • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.4.3 [Vergelyking van twee sienings in Bron 2C om die bruikbaarheid daarvan te verduidelik V3 – LU1 (AS4); LU2 (AS3)] Kandidate moet verwys na albei KLEINGELD SE GETUIENIS en JON-JON MKHONZA se VERSLAG en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. KLEINGELD SE GETUIENIS • Kleingeld was 'n gerespekteerde polisieman • Kleingeld het probeer om reg en orde te handhaaf • Kleingeld was 'n ooggetuie • Enige ander relevante antwoord JON-JON MKHONZA SE VERSLAG • Mkhonza was 'n ooggetuie • Hy was die slagoffer van die beleid van apartheid • Die sing van 'Morena Boloka' wys die vreedsaamheid van die optog • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2)(4) 1.5 1.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron4D – V2 – LU1 (AS3)] • Inwerkingstelling van Afrikaans as medium van onderrig • Die beleid van Bantoe Onderwys • Die filosofie van Swart Bewussyn • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2)(2) 1.5.2 [Interpretasie of Bron 4D – V2 – LU1 (AS3)] • Bang dat die regering hulle mag oor die land verloor het • Bang vir al die geweld en moorde • Toekoms het onseker gelyk • Swart Suid-Afrikaners staan die beleid van apartheid teen deur hulle te wend tot geweld

• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2)(2) 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle Bronne - V3- LU1 (AS3 en 4), LU2 (AS1, 2 en 3) LU3 (AS 1, 2, 3 en 4)] Kandidate kan die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord: • Swart Suid-Afrikaanse leerlinge is gedwing om Afrikaans te leer • Die staat skryf boeke soos die Swart Pelgrim voor • Die staat intimideer anti-apartheid aktiviste deur die gebruik van geweld, traangas, koeëls, honde en knuppels • Anti-apartheid aktiviste is mishandel, opgesluit en doodgemaak • Steve Biko en ander aktiviste is gearresteer, mishandel en doodgemaak • Die apartheidsregering het politieke organisasies verban • Tuislandleiers het medewerkers geword om die beleid van apartheid in stand te hou • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: VLAK 1 • Gebruik bewyse op elementêre wyse d.w.s. toon min of geen begrip van die verskillende maatreëls wat die apartheidsregering in plek gestel het om die invloed van Swart Bewussyn te verminder. • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ʼn onderwerp te skryf of kan nie oor die onderwerp skryf nie PUNTE: 0–2 VLAK 2 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die verskillende maatreëls wat die apartheidsregering in plek gestel het om die invloed van Swart Bewussyn te verminder. • Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier PUNTE: 3–5 VLAK 3 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die verskillende maatreëls wat die apartheidsregering in plek gestel het om die invloed van Swart Bewussyn te verminder.

• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp PUNTE: 6–8

[50]

VRAAG 2: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) GESPEEL OM SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE TE GENEES?

2.1 2.1.1 [Verduideliking van konsep uit Bron 4A – V1 – LU2 (AS1)] • Amptelike of algemene kwytskelding/ vergifnis op die voorwaarde dat volle onthullings gemaak is voor die WVK van polities gemotiveerde menseregteskendings • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 4A – V2- LU1 (AS3)] • Die daad waarvoor amnestie verlang is, moes tussen 1960 en 1994 plaasgevind het • Die daad moes polities gemotiveerd gewees het • Aansoekers moes volle onthullings gemaak het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)2.1.3 [Interpretasie en evaluasie van die betroubaarheid van Bron 4A – V3 –LU1(AS3 en 4)] Kandidate kan of JA of NEE kies en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun JA: • Indien hulle aan die vereistes voldoen het is amnestie aan hulle gewaarborg • Hulle sou vervolging vermy oor gruweldade wat gepleeg is • Enige ander relevante antwoord NEE: • Hulle dade was geheime en onbekend en hulle sou nie uitkom en openlik erken nie

• Publieke erkennings kon 'n verleentheid vir hulle wees en die apartheid Staat/ bevrydingsbewegings ondermyn Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 3) (3) 2.2 2.2.1 [Analise en interpretasie van bewyse uit Bron 4B – V2 –LU1 (AS3 en 4); LU3 (AS2)] • Daar was geen nasionale konsensus nie/ afwesigheid van nasionale konsensus • Dit is nie deur alle Suid-Afrikaners aanvaar nie/ groot gapings in ons gemeenskap • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 4B – V2 – LU1 (AS3); LU3 (AS2)] • Haat en vyandigheid van die verlede sou weggaan/ genees die wonde van die verlede • Dit sou die respek (selfagting) van die Suid-Afrikaanse nasie herstel • Dit sou 'n skulderkenning wees dat iets verkeerd gedoen is • Om versoening/eenheid teweeg te bring • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 4C – V1- LU1 (AS3)] • Die gelykstelling van die stryd teen apartheid met diegene wat dit afgedwing het ten spyte van die feit dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom deur die VN verklaar is • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Evalueer die bewyse in perspektief 1 uit Bron 4C om vooroordeel te bespeur – V3 – LU1 (AS3); LU3 (AS2)] • Geskryf uit die ANC se standpunt • Mathew Phosa was 'n lid van die ANC en ʼn ANC premier • Daar is geen standpunte van ander politieke partye ingesluit nie

• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 3) (3) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 4C – V2 –LU1 (AS3 en 4);LU3 (AS2)] Kandidate moet aandui of Hartzenberg se siening REGVERDIG of ONREGVERDIG is en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. In die beantwoording van hierdie vraag moet kandidate toon dat die bron relevant is tot die ondersoek en betroubaar is deur die oorsprong en vlak van vooroordeel te ondersoek. REGVERDIG: • Twee regsgesinde politieke gevangenes J du Plessis en J v Wyk is nie amnestie toegestaan nie al het hulle gekwalifiseer • Hartzenberg beskou die WVK as 'n heksejag teen Afrikaners • Hartzenberg beskou die WVK as bevooroordeeld teenoor Afrikaners • Enige ander relevante antwoord ONREGVERDIG: • Hy was bevooroordeeld teenoor die WVK • Aansoeke vir amnestie was nie 'n waarborg dat dit sou toegestaan word nie • Sommige Afrikaners was amnestie toegestaan • Die WVK het na alle politieke organisasies gekyk wat vir amnestie aansoek gedoen het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.4 [Vergelyk uittreksels 1 en 2 uit Bron 4C om die ooreenkomste te evalueer – V3 – LU2 (AS3)] • Albei Uittreksels 1 & 2 blameer die WVK, alhoewel oor verskillende redes • Albei Uittreksels 1 & 2 lig die idee toe dat die WVK kontroversieel was • Albei Uittreksels 1 & 2 is vir verskillende redes bevooroordeeld teenoor die WVK • Enige ander relevante antwoord (enige 2 X 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 4D – V2 –LU1 (AS3 en 4);LU3 (AS2)]

• Mandela was nie tevrede met die WVK verslag nie omdat dit nie sy voorgenome doelwitte bereik het nie (WVK was kontroversieel)/ onvoltooide werk van die WVK • Tutu lyk verras omdat Mandela nie gelukkig lyk met die WVK verslag nie • Tutu het van Mandela verwag om die verslag onvoorwaardelik te aanvaar • Mandela was geskok met die aaklige waarheid deur die vis voorgestel • Beide Tutu en Mandela het versoening verwag gepaardgaande met die waarheid • Enige ander relevante antwoord (enige 2 X 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 4D – V2 –LU1 (AS3 en 4);LU3 (AS2)] • Die WVK het nie sy voorgenome doelwitte bereik nie • Die waarheid wat onthul is was lelik, pynlik sonder versoening • Die WVK verslag het nie getoon dat versoening bereik is nie • Die WVK was 'n mislukking en het nie noodwendig sy mandaat vervul nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)

2.4.3 [Interpretasie en evaluering van vooroordeel in die spotprent (Bron 4D) – V3 –LU1 (AS3 en 4); LU3 (AS2)] Kandidate moet of BEVOOROORDEELD tot ʼn groot mate of NIE BEVOOROORDEELD in ʼn mindere mate kies en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun. In die beantwoording van hierdie vraag moet kandidate toon dat die bron relevant is tot die ondersoek en betroubaar is deur die oorsprong en vlak van vooroordeel te ondersoek. BEVOOROORDEELD TOT ʼn GROOT MATE : • Beeld die WVK uit as 'n mislukking • Die WVK het lelike en pynlike waarheid opgediep en het nie versoening en nasiebou verwesenlik nie • Mandela is nie gelukkig met die finale verslag van die WVK nie • Enige ander relevante antwoord NIE BEVOOROORDEELD IN ʼn MINDERE MATE: • Die WVK het baie uitdagings in die gesig gestaar

• Die WVK het nie versoening bereik nie • Die WVK het nie genesing en nasiebou teweeggebring nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle Bronne- V3 – LU1 (AS3 en 4); LU2 (AS1, 2 en 3); LU3 (AS1, 2, 3 en 4)] • Een van die doelwitte van die WVK was om amnestie toe te staan aan diegene wat skuldig was aan menseregte-oortredings – ter wille van versoening • Voorwaardes vir die toestaan van amnestie: Aansoeke vir dade gepleeg in die bepaalde tydperk (1960 en 1994); Oortredings begaan moes polities gemotiveerd wees; Aansoekers moes volle onthullings maak • Dit het nie soos 'n geregshof gefunksioneer nie • Fokus was om die waarheid uit te bring deur openbare erkentenis en nie deur regspraak nie • Voorsien 'n platform vir oortreders om gruweldade te onthul sodat hulle vry kon wees van skuldgedagtes • Die Komitee moes oortreders van die vryheidstryd bewegings en die apartheidsregering dieselfde behandel • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: VLAK 1 • Gebruik bewyse op elementêre wyse d.w.s. toon min of geen begrip van die rol van die amnestie komitee gedurende die WVK proses. • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor ʼn onderwerp te skryf of kan nie oor die onderwerp skryf nie PUNTE: 0–2 VLAK 2 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die rol van die amnestie komitee gedurende die WVK proses.• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier PUNTE: 3–5

VLAK 3 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die rol van die amnestie komitee gedurende die WVK proses. • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp PUNTE: 6–8 [50]

VRAAG 3: HOE HET GEWONE MENSE NA DIE 1990's OP GLOBALISERING GEREAGEER?

3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3A – V2] • Dit is 'n globale netwerk van ekonomie, kommunikasie en handel wat die • Wêrelddorpie ('global village') monopoliseer. • Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 3.1.2 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3A – V1] • Toename in internasionale handel • 'n Maatskappy kan in meer as een land bedrywig wees • Groter afhanklikheid van die globale ekonomie • Om kapitaal, goedere en dienste vrylik te beweeg • Erkenning van maatskappye soos McDonald's en Starbucks (enige 2 x 1) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] (a) • Om werk in ekonomies minder ontwikkelde lande te verskaf • Goedkoper produkte • Om inkomste aan plaaslike gemeenskappe te verskaf

• Toegang tot nuwe produkte • Toegang tot nuwe tegnologie • Belegging in ekonomies minder ontwikkelde lande • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) • Kitskos is nie 'n gesonde opsie nie • Om natuurlike hulpbronne in ekonomies minder ontwikkelde lande uit te buit • Om arbeid uit te buit • Besoedeling van die omgewing • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)

3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] JA • McDonald's is 'n multinasionale maatskappy wat sy ekonomiese mag en beheer toon • McDonald's het 30 000 restaurante in 119 lande. Dit bewys hoe hulle domineer. • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Indien kandidate nie saamstem nie moet hulle ander relevante bewyse gee. 3.1.5 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3A – V1] • Om goedkoop arbeid te verskaf • Om grondstowwe te voorsien • Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2) 3.2.1 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3B – V1] • China/Sjina • Indië • Bermuda (enige 2 x 1) (2) 3.2.2 [Analiseer en Interpretering van bewyse uit Bron 3B – V3] • Hulle was ontsteld omdat hulle in die nabye toekoms sonder werk sou wees (Fabrieke na China/Sjina )

• Uitbesteding/Uitkontraktering van ekonomiese aktiwiteite het wrok veroorsaak (Werk na Indië) • Wrewel teenoor die kapitalistiese base wat nie wins in die ontwikkelde lande wou belê nie • Wrewel teenoor Kerry omdat hy Amerika vir Kanada verlaat het omdat hy een van die rykste politici geword het wat deur die globale ekonomie bevoordeel is. • Gewone patriotiese mense kan hierdie spotprent beskou as 'n belediging vir hulle regering en kan dus kwaad of bevooroordeeld wees • Enige ander relevante antwoord. (enige 2 x 2) (4) 3.2.3 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 3B – V2] • Hy wou die indruk skep dat hy nie saamstem met die manier waarop die kapitaliste besigheid in Amerika doen nie. • Sy optrede word bevraagteken omdat hy na 'n ander ekonomies meer ontwikkelde land gaan • John Kerry is een van die rykste politici in Amerika en is baie bevoordeel deur globalisering • Die omgewing, soos in die spotprent gesien kan word, word deur die uitlatings van die drie skepe besoedel – Kerry is 'n politikus wat 'n veldtog vir skoon lug in Amerika bekend gestel het (Clean Air Act). • Enige ander relevante antwoord. (enige 1 x 2) (2) 3.3 [Vergelyking van Bron 3A met Bron 3B – V3] • Beide bronne verwys na die globalisering van die ekonomie • Beide bronne verwys na die instelling van MNM'e en TNM'e in ontwikkelende lande • Beide bronne verwys na die werkskeppingsgeleenthede in ontwikkelende lande • Beide bronne verwys na die besoedeling van die omgewing deur MNM'e en TNM'e • Beide bronne verwys na die rykdom wat deur MNM'e en TNM'e, waarby die plaaslike gemeenskappe nie sal baat vind nie, gegenereer word. • Enige ander relevante antwoord. (enige 2 x 2) (4) 3.4.1 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3C – V1]

• Wêreldhandelsorganisasie (1 x 1) (1) 3.4.2 [Interpreteer bewyse uit Bron 3C – V2] • Die Wêreldhandelsorganisasie het nie die regte van die werkers beskerm nie • Werkers is uitgebuit • Hulle het geen werksekuriteit gehad nie • Hulle is nie toegelaat om aan unies te behoort nie • Enige ander relevante antwoord. (enige 2 x 2) (4) 3.4.3 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3C – V1] • Hulle was geleerd • Hulle was ingelig oor die dinge wat hulle lewens beïnvloed het • Hulle was goed ingelig oor kwessies rakende die aktiwiteite van die Wêreldhandelsorganisasie • Hulle het hul huiswerk gedoen • Hulle het werkswinkels en seminare bygewoon (enige 2 x 1) (2) 3.4.4 [Uittreksel van bewyse uit Bron 3C – V1] • Geneties gemanipuleerde voedsel • Hongerloonfabrieke • Die stroop van woude • Wette om diere te beskerm • Beeshormone • Vergiftiging van lug, water, grond • Amerikaners het hulle werk verloor ten koste van oorsese markte (3 x 1) (3) 3.5 [Onttrek bewyse uit 'n visuele bron – Bron 3D – V1 ] • Gewone mense was gekant teen die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) • Die Wêreldhandelsorganisasie het die mens en natuur uitgebuit • Die Wêreldhandelsorganisasie se handelsooreenkomste het die MDK's bevoordeel

• Mense wou 'n stem hê in die Wêreldhandelsorganisasie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2) 3.6 [Vergelyk Bron 3D met Bron 3C om tot 'n gevolgtrekking te kom – V3] • Beide bronne toon dat die protes teen die WHO gefokus het op die uitbuiting van mense en die natuur • Beide bronne toon dat die betogers ongelukkig was oor die wyse waarop handelsooreenkomste van die WHO die rykes bevoordeel het • In beide bronne is die protes gemik teen die globalisering van die ekonomie • Beide bronne verwys na die aktiwiteite van die Wêreldhandelsorganisasie, o.a. besoedeling van lug, water en land • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.7 [Interpretasie en evaluering van bewyse van al die bronne – L3] Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Glabalisering het die gaping tussen ryk en gewone mense laat groter word (Bron 3A) • Gewone mense verskaf goedkoop arbeid vir MNM'e en TNM'e (Bron 3A) • Winste het nie die gewone mense bevoordeel nie (Bron 3A) • Werkloosheid was endemies a.g.v. geglobaliseerde ekonomie (Bron 3A) • TNM'e en MNM'e het plaaslike besighede gesluit (Bron 3B) • Swak werksomstandighede en lae lone • Weerstand teen 'n geglobaliseerde ekonomie het gelei tot protes(Bron 3C en 3D) • Gewone mense het globalisering as uitbuiting gesien(Bron 3C en 3D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: VLAK 1 • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse bv. toon geen of min begrip van hoe die globalisering van ekonomiese beleide gewone mense beïnvloed het. • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp te skryf of kan nie oor die onderwerp skryf nie. Punte 0–2

VLAK 2 • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe die globalisering van ekonomiese beleide gewone mense beïnvloed het • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier Punte 3–5 VLAK 3 • Gebruik relevante bewyse, bv. gebruik relevante bewyse om 'n deeglike begrip te toon van hoe die globalisering van ekonomiese beleide gewone mense beïnvloed het • Gebruik bewyse effektief in 'n georganiseerde paragraaf wat 'n deeglike begrip van die onderwerp toon Punte 6–8 (8) [50]

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970s TOT 1980’s: SUID AFRIKA

[Beplan, konstrueer en bespreek 'n argument wat gebaseer is op bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie bekwaamhede] SINOPSIS Kandidate moet krities ondersoek of Botha se beleid van verdeling en oorheers 'politieke selfmoord' was. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstel insluit • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem ten opsigte van Botha se beleid van verdeling en oorheers van die onderdrukte massas Suid-Afrikaners. UITBREIDING

• Botha se beleid van 'verdeel en heers' (hervorm) • Pogings om apartheid te hervorm • Die Driekamerparlement en die reaksie van swart Suid-Afrikaanse politieke organisasies • Reaksie op Botha se hervormings, die vorming van die UDF, bv. die UDF se 'miljoen handtekeninge'-veldtog' • Verskerpte binnelandse verset, bv. gewelddadige protes in die Vaal Driehoek • Verbanning van politieke organisasies (AZAPO, UDF) • Aanhouding van politieke aktiviste, bv. Thloki Mofokeng en S'celo Dlomo • Verbanne organisasies soos die ANC het 'n beroep gedoen dat die land onregeerbaar gemaak moes word • Instelling van die noodtoestand 1985–1986 • Onderwysstryde – Education Crisis Committee, COSAS, ens. • Ontstaan en impak van die MDM • Apartheid by 'n kruispad – land onregeerbaar • Enige ander relevante antwoord • Samevatting: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID AFRIKA EN DIE

AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE

OOREENKOMS EN DIE RNE

[Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van analitiese en interpretasievaardighede - V1 – LU1 (AS 3 en 4); LU2 (AS1, 2 en 3); LU3 (AS1, 2, 3 en 4)] SINOPSIS Kandidate kan verduidelik tot watter mate die onderhandelingsproses tussen die verskillende politieke organisasies die weg gebaan het vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:

• Inleiding: Kandidate moet op die belangrikheid van Suid-Afrika se onderhandelingsproses in die daarstelling van 'n demokratiese staat in 1994 fokus. UITBREIDING • Betekenisvolheid van De Klerk se toespraak • Vrylating van Mandela • Onderhandelingsproses en verandering • Samesprekings tussen hoof rolspelers begin in 1990 • Groote Schuur Minuut • Pretoria Minuut • Geweld in Boipatong, Natal en die Vaal Driehoek • Cosag Groep en Vryheids alliansie • Die rol en betekenis van KODESA 1 • Referendum • Die rol en betekenis van KODESA 2 • Boikot deur PAC , AZAPO ens • Bhisho slagting – impak op onderhandelings • Sluipmoord op Chris Hani – impak op onderhandelings • AWB storm die Wêreld handelsentrum - gevolge • Bophuthatswana staatsgreep - gevolge • Rol van Rekord van Verstandhouding • Sonsondergangsklousule en die Veelpartyonderhandelingsforum • 1994 verkiesing • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ‘N NUWE WêRELDORDE:

DIE GEBEURE VAN 1989

[Beplan en konstrueer 'n argument gebaseer op bewyse deur die gebruik van analitiese en interpretasievaardighede - V1 – LU1 (AS 3 en 4); LU2 (AS1, 2 en 3); LU3 (AS1, 2, 3 en 4)] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe die val van kommunisme Suid-Afrika beïnvloed het om politieke veranderinge in die 1990's te onderneem. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet verduidelik hoe die val van kommunisme die politieke toekoms van Suid-Afrika beïnvloed het en hoe dit die weg gebaan het vir onderhandelings. UITBREIDING • Gorbachev se hervormings: Glasnost en Perestroika en sy rol in die beëindiging van kommunisme • Die demokratisering van die Sowjetblok lande en die val van die Berlynse Muur • Die impak van politieke transformasie in Sowjetblok lande op die apartheid regering en die ANC • De Klerk het die val van kommunisme gebruik as 'n geleentheid gebruik om hervormings te inisieer • De Klerk is gedwing om met voorheen verbanne politieke organisasies te onderhandel • De Klerk het 'n hervormingsproses onderneem• Hef politieke partye ens. op • Sy gewilligheid om samesprekings te voer is deur die ANC verwelkom ooreenkomstig sy beginsels • Die ANC moes afstand doen van die gewapende stryd om die onderhandelingsproses te begin • Het die weg geopen vir onderhandelings met die ANC wat gelei het tot die vrylating van politieke gevangenes en die opheffing van politieke partye • Die USSR se ekonomiese stilstand beïnvloed politieke veranderings in Suid-Afrika tussen die NP en die ANC • Die VSA se afstanddoening van ondersteuning aan die NP – affekteer Suid-Afrika se politieke toekoms • Enige ander relevante antwoord

• Slot: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat [50]