12
EKURHULENI NORTH September 2016 Graad 05 Afrikaans EAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAK SEPTEMBER 2016 GRAAD 5 Naam: _______________________________________________ Graad : 5____ INSTRUKSIES EN INSTRUKSIE Die vraestel bestaan uit twee afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30) AFDELING B: TAALLEER (20) TYD: 1 UUR Lees die vrae mooi en aandagtig deur. Dink voordat jy die vraestel beantwoord. Skryf netjies en leesbaar. 1

  · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

  • Upload
    dodang

  • View
    224

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAKSEPTEMBER 2016

GRAAD 5

Naam: _______________________________________________ Graad : 5____

INSTRUKSIES EN INSTRUKSIE

Die vraestel bestaan uit twee afdelings.

AFDELING A: LEESBEGRIP (30)

AFDELING B: TAALLEER (20)

TYD: 1 UUR

Lees die vrae mooi en aandagtig deur.

Dink voordat jy die vraestel beantwoord.

Skryf netjies en leesbaar.

Sterkte!

1

Page 2:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

AFDELING A: LEESBEGRIP

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg:

1. “Jan!” roep sy ma. “Jy moet vir Hen-Pen gaan soek. Sy is al lank weg!” Jan is sommer smoorkwaad vir Hen-Pen. Hen-Pen is net spoorloos weg! Jan is nie lus om vir Hen-Pen te gaan soek nie. Hy loop en brom en kla, maar hy gaan trek sy bruin broek en stewels aan. Hy sit sy bril op en begin vir Hen-Pen soek.

2. Buks, die hond, loop saam met Jan. Hy soek ook vir Hen-Pen. Jan soek agter die skuur. Hy gaan soek onder die groot boom in die tuin, maar hy kry vir Hen-Pen nêrens nie.

3. Hy loop oor die brug wat pappa oor die stroompie gebou het. Jan soek en soek. Buks soek en snuffel agter elke bos. Buks begin skielik opgewonde blaf. “Jippie!” skree Jan. “Buks, jy is baie oulik! Jy het vir Hen-Pen gekry!” prys Jan vir Buks.

2

Page 3:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

4. Buks waai sy stert en is baie bly. Jan probeer vir Hen-Pen optel om haar huis toe te neem, maar Hen-Pen raas en kloek benoud. Sy klap haar vlerke en maak ‘n verskriklike lawaai. Jan staan weg en wonder wat vandag met Hen-Pen aan die gang is. Toe sien Jan die klein kuikentjies, in ‘n nes, onder die bos. Hy tel een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt klein kuikentjies.

5. Hen-Pen is baie trots op haar kleingoed!

Storie geeskryf deur Anna Emm.Verwerk uit Lekkerbekkie e-tydskrif.

Woorde: 220

smoorkwaad = very angry spoorloos = disappear without a trace

1.1 Sinonieme is woorde wat dieselfde betekenis het byvoorbeeld:benoud (in paragraaf 4) beteken bang.

Gee ‘n sinoniem vir die woorde:

1.1.1 weg (paragraaf 1) ______________________________________ [1]

1.1.2 snuffel (paragraaf 3) _____________________________________ [1]

3

Page 4:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

1.2 Dink jy Jan wou vir Hen-Pen gaan soek het? (paragraaf 1) Hoekom dink jy so?

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [2]

1.3 Watter woorde in die storie vertel ons hoe Jan gevoel het omdat hy vir Hen-Pen moes gaan soek? (paragraaf 1)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [3]

1.4 Hoeveel kuikentjies was daar in die nes? (paragraaf 4)

_______________________________________________________________ [1]

1.5 Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [3]

1.6 Wie het saamgegaan om Hen-Pen te soek? (paragraaf 2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [2]

1.7 Waar het Jan orals vir Hen-Pen gaan soek? (paragraaf 2 en 3)

______________________________________________________________

______________________________________________________________

4

Page 5:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

______________________________________________________________ [3]

1.8 Is die volgende sinne waar of onwaar?

1.8.1 Buks het Hen-Pen op die ou end gekry. (paragraaf 3)

_________________________________________________________ [1]

1.8.2 Daar was ses klein kuikentjies gewees. (paragraaf 4)

_________________________________________________________ [1]

1.8.3 Hen-Pen was onder ‘n bos gewees. (paragraaf 4)

_________________________________________________________ [1]

1.9 Skryf ‘n nommer langs elke sin sodat die sinne in die regte volgorde is:- [6]

1.9.1 Buks kry vir Hen-Pen onder ‘n bos.

1.9.2 Hen-Pen is weg.

1.9.3 Jan sien dat Hen-Pen kuikens het.

1.9.4 Jan se ma sê dat Jan vir Hen-Pen moet gaan soek.

1.9.5 Jan en Buks soek orals na Hen-Pen.

1.9.6 Jan gaan vertel vir sy ma die goeie nuus van Hen-Pen se kuikentjies.

1.10 Wat, dink jy, het Jan gedoen nadat hy die klein kuikentjies getel het?(paragraaf 4)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________[2]

5

Page 6:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

1.11 Die titel van die storie is Hen-Pen raak weg. Kyk na die prentjie hieronder en dink aan ‘n ander titel vir die storie.

_______________________________________________________________ [1]

1.12 Dink jy ‘n hen kan werklik agt kuikentjies op een slag hê?

_______________________________________________________________ [1]

1.13 Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3)

_______________________________________________________________ [1]

AFDELING B: TAALLEER

Beantwoord die volgende vrae.

2.1 Gebruik die woorde in die blok om die volgende sinne te voltooi:

kekkel kraai skrop werf piep

2.1.1 Die hoenders ________________oral op die _______________ vir kos. [2]

2.1.2 ‘n Haan ___________________ en ‘n hen ___________________. [2]

2.1.3 Kuikens ________________________. [1]

2.2 Die vroulike vorm van ‘n hoender is ‘n hen.Hoenders, eende, kalkoene en ganse word pluimvee genoem.

2.2.1 Gee die manlike vorm van ‘n hoender. __________________________ [1]

2.2.2 Wat noem ons die kleintjies van ‘n hoender? ___________________ [1]

6

Page 7:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

2.3 Jan het ‘n hond gehad. Die meervoud van hond is honde en die verkleinwoordvan hond is hondjie.

2.3.1 Wat is die meervoud van die volgende woorde:-

2.3.1.1 hoender: ___________________________ [1]

2.3.1.2 kuiken: ___________________________ [1]

2.3.2 Wat is die verkleining van die volgende woorde:

2.3.2.1 hoender: ___________________________ [1]

2.3.2.2 kuiken: ___________________________ [1]

2.4 ‘n Sin begin altyd met ‘n hoofletter.Ons eindig ‘n stelsin met ‘n punt.‘n Vraagsin (vra ‘n vraag) eindig met ‘n vraagteken.Alle name word ook met ‘n hoofletter geskryf.Skryf die volgende sinne korrek oor met die nodige hoofletters en leestekens.

2.4.1 jan het sy hond saamgeneem

__________________________________________________________[2]

2.4.2 het hulle vir hen-pen gevind

__________________________________________________________[3]

2.5 Jan is nie lus om vir Hen-Pen te gaan soek nie. Ons noem dit ontkenning.Hy kry vir Hen-Pen nêrens nie. Skryf die volgende sin oor in die ontkenning:

2.5.1 Jy het vir Hen-Pen gekry.

[2]

7

Page 8:   · Web view1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1) ... 1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3) ... word ook met

EKURHULENI NORTHSeptember 2016

Graad 05Afrikaans EAT

2.6 As ons wil sê dis verby, gebruik ons verlede tyd. Buks het vir Hen-Pen gekry.Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd:

2.6.1 Jan loop oor die brug.

[2]

TOTAAL AFDELING B : 20GROOT TOTAAL : 50

Lekker vakansie hou!!!

8