27
GRAAD 11 NOVEMBER Opsteller: L Kroukamp FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE) TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae op A4-lyntjiespapier. 2. Nommer alle antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 3. Laat EEN lyn oop tussen sub-vrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 4. Jy mag slegs ’n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik. 6. Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLADSYE te gebruik. 7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 8. Rond jou finale numeriese antwoorde af tot TWEE desimale. Gebruik die afgeronde numeriese antwoord in daaropvolgende subvrae. 9. Gee kort motiverings, besprekings ens waar nodig. 10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Gebruik grafiekpapier vir Vraag 4.2 Bladsy 1 van 27

  · Web viewBestudeer die volgende molekule en identifiseer die korrekte VESPA vorms vir elkeen: BF. 3, PCl 5, CH 4. BF. 3. PCl. 5. CH. 4. A. Trigonaal pirimidaal. Trigonaal bipirimidaal

  • Upload
    hadiep

  • View
    217

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

GRAAD 11 NOVEMBEROpsteller: L Kroukamp

FISIESE WETENSKAPPEVRAESTEL 2 (CHEMIE)

TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae op A4-lyntjiespapier.

2. Nommer alle antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel

gebruik word.

3. Laat EEN lyn oop tussen sub-vrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

4. Jy mag slegs ’n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5. Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.

6. Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLADSYE te gebruik.

7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

8. Rond jou finale numeriese antwoorde af tot TWEE desimale. Gebruik die

afgeronde numeriese antwoord in daaropvolgende subvrae.

9. Gee kort motiverings, besprekings ens waar nodig.

10. Skryf netjies en leesbaar.

11. Gebruik grafiekpapier vir Vraag 4.2

Bladsy 1 van 16

VRAAG 1: VEELKEUSE VRAE

Vier opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A-D) van die korrekte antwoord langs die vraagnommer (1.1-1.10) neer, byvoorbeeld 1.11 C.

1.1. Watter molekuul het die kortste bindingslengte?A HFB HCℓC HBrD HI (2)

1.2. Die onderstaande grafiek toon die potensiële energie van twee waterstofatome

soos hulle mekaar nader om ’n binding te vorm.

Wat word deur P en Q verteenwoordig?

(2)

1.3. Bestudeer die volgende molekule en identifiseer die korrekte VESPA vorms vir elkeen: BF3, PCl5, CH4

(2)1.4.’n We’n

Weerballon wat met helium gevul is, het ’n volume van 7,5 dm3 op die grond. Die

Bladsy 2 van 16

P

Q

P QA Afstand tussen die atome Potensiële energieB Potensiële energie Afstand tussen die atomeC Bindingsenergie BindingslengteD Bindingslengte Bindingsenergie

BF3 PCl5 CH4

A Trigonaal pirimidaal Trigonaal bipirimidaal Trigonaal pirimidaalB Trigonaal planêr Oktaëdries TetraëdriesC Trigonaal pirimidaal Oktaëdries Trigonaal pirimidaalD Trigonaal planêr Trigonaal bipirimidaal Tetraëdries

ballon word vrygelaat en styg na ’n hoogte waar die lugdruk presies die helfte is van wat dit by grondvlak is. Indien die temperatuur konstant bly, wat sal die finale volume van die ballon by die nuwe hoogte wees?

A 3,75 dm3

B 7,5 dm3

C 15 dm3

D 30 dm3 (2)

1.5. Onder watter omstandighede sal ’n ware gas van ideale gasgedrag afwyk?A By STDB By hoë temperature en lae drukC By hoë temperature en hoë drukD By lae temperature en hoë druk (2)

1.6. Identifiseer die stof wat nie deur die Arrhenius-definisie as ’n basis geklassifiseer kan word nie. A KOHB LiOHC NH3

D H2O (2)

1.7. Watter van die volgende stowwe is ’n amfoliet? A H3PO4

B OH-

C H2SO4

D HSO4- (2)

1.8. Watter stof is die reduseermiddel in die volgende reaksie?H2(g) + F2(g) ⟶ 2HF(g)A H2

B F2

C HFD 2HF (2)

Bladsy 3 van 16

1.9. Wat is die oksidasiegetal van die element wat onderstreep is?NH4OHA -3B 3C 15 D -1 (2)

1.10. Watter een van die volgende reaksies is ’n redoksreaksie?A PCℓ5 + 4H2O ⟶ H3PO4 + 5HCℓB NaOH + HNO3 ⟶ NaNO3 +H2OC 3Cu + 8HNO3 ⟶ 3Cu(NO3)2 + 2NO + 4H2O D Na2SO4 + CaCℓ2 ⟶ 2NaCℓ + CaSO4 (2)

[20]VRAAG 2CO2 en OF2 bestaan beide uit drie atome wat bymekaar gehou word deur chemiese bindings.

2.1 Gee ‘n definisie vir die term chemiese binding. (2)

2.2 Die verskil tussen die twee molekule is onder getabuleer. Skryf slegs die nommer van die vraag en die korrekte antwoord op jou antwoordstel neer.

Faktore CO2 OF2Lewisstrukture [2.2.1]

Aantal bindingspare [2.2.2] 2Molekulêre vorm Liniêr [2.2.3]Polariteit van die bindings [2.2.4] polêrPolariteit van die molekule nie-polêr [2.2.5]Fase teen kamertemperatuur

[2.2.6] vloeistof

(7)

2.3 ’n Onbekende element vorm ’n binding met waterstof om ’n molekuul H2X te vorm. Wenk: Neem aan die molekuul gehoorsaam die oktetreël ten opsigte van element X.

2.3.1 Hoeveel valenselektrone het die onbekende element, X? (1)

2.3.2 Voorspel die vorm van hierdie molekuul. (1)

2.3.3 Die verskil in elektronegatiwiteit van die elemente is presies 0,3. Identifiseer die element X. Toon jou berekeninge. (3)

[14]Bladsy 4 van 16

VRAAG 3

Water is ’n baie unieke stof. Die teenwoordigheid van water op aarde is een van die redes hoekom lewe op aarde moontlik is.

Water is bekend as ’n goeie oplosmiddel. Tydens ‘n ondersoek word water by 4 verskillende stowwe gevoeg:

(i) CCℓ4

(ii) NaOH

(iii) S

(iv) NH3

3.1 Identifiseer die tipe intermolekulêre kragte wat gevind word tussen…

3.1.1 water en (i). (1)

3.1.2 water en (ii). (1)

3.1.3 water en (iii). (1)

3.1.4 water en (iv). (1)

3.1.5 Watter stof/wwe sal ’n oplossing met water vorm? (2)

3.1.6 Verduidelik jou antwoord/e in 3.1.5. (2)

3.2 Die kookpunt van water (H2O) word in ’n aparte ondersoek met drie ander stowwe – die hidriede van Groep 16 elemente - vergelyk naamlik H2Te, H2Se en H2S.

3.2.1 Watter van die drie nuwe stowwe (H2Te, H2Se of H2S) gaan die hoogste kookpunt hê? (1)

3.2.2 Verduidelik jou antwoord in 3.2.1. (2)

3.2.3 Rangskik nou al vier stowwe in volgorde van laagste kookpunt tot die hoogste kookpunt. (2)

Bladsy 5 van 16

3.3 Die digtheid van water word in ‘n derde ondersoek bestudeer. Bestudeer die grafiek onder en beantwoord die vrae wat volg.

3.3.1 By watter temperatuur is die digtheid van water die hoogste? (1)

3.3.2 Wat gebeur met die digtheid van water as die temperatuur daarvan vanaf 4˚C toeneem? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)

3.3.3 Verduidelik jou antwoord in 3.3.2 deur te verwys na die kinetiese model van materie. (2)

3.3.4 Wat gebeur met die digtheid van water as die temperatuur daarvan vanaf - 8˚C tot 0˚C toeneem? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)

3.3.5 Verduidelik die skielike verskil in digtheid op die grafiek by 0˚C. (2)

[20]

Bladsy 6 van 16

0,9170

Digtheid (g/cm3)

Temperatuur (˚C)

Digtheid van water vs. temperatuur

VRAAG 4

In ‘n eksperiment om die effek van temperatuur op die volume van ‘n ingeslote gas te ondersoek, word die volgende resultate verkry:

Temperatuur van gas (°C)

0 20 60 100

Volume (cm3) 40 42,9 48,8 54,2

4.1 Stel ‘n gepaste hipotese vir die eksperiment. (2)

4.2 Gebruik ‘n potlood om ‘n grafiek van volume in cm3 (op die y-as) teenoor temperatuur in °C (op die x-as) op GRAFIEKPAPIER te teken. Kies ‘n gepaste skaal vir die asse.

(5)

4.3 Maak gebruik van jou grafiek om die temperatuur waarby die gas ‘n volume van 50 cm3 sal beslaan, te bepaal. Toon die punt aan waar die temperatuur op die grafiek afgemeet is. (1)

[8]

VRAAG 5 5.1 ‘n Ballon word met 56 g van ’n gas wat bestaan uit diatomiese molekule gevul

totdat dit ‘n volume van 20 dm3 by ‘n temperatuur van 22ºC het. Die druk binne die ballon word as 245 kPa gemeet.

5.1.1 Definieer die konsep molekule. (2)

5.1.2 Bereken die hoeveelheid mol gas in die ballon. (5)

5.1.3 Identifiseer die gas. (3)

5.2 Iewers na aan die “Great Barrier Reef” neem ‘n duiker waar hoe ‘n 0,4 dm3 borrel van die seebodem opbeweeg na die oppervlakte van die water. Op die seebodem is die watertemperatuur 4˚C en die druk 2,4×102kPa is. By die oppervlakte, net voor die borrel deurbreek is die druk gelyk aan standaard lugdruk en die water temperatuur is 23˚C.

5.2.1 Wat sal die volume van die borrel wees net voordat dit deur die oppervlakte breek? (5)

Wanneer jy duik neem die druk met 1 bar toe vir elke 10 meter wat jy afduik.

(1 bar = 100 kPa)

5.2.2 Hoe diep was die duiker onder die oppervlakte van die water? (3)

[18]

Bladsy 7 van 16

VRAAG 6

Klank, soos jy geleer het in Gr 10, is ‘n longitudinale golf bestaande uit deeltjies wat teen mekaar bots om klankenergie oor te dra. Die spoed van klank in lug word bepaal deur die volgende vergelyking:

vklank=√ γRTMWaar:

vklank : spoed van klank in lug

γ: adiabatiese konstante

R: gas konstante

T : temperatuur

M : molekulêre massa van die gas

Gebruik die inligting bo gegee om die volgende vrae te beantwoord:

6.1 As die temperatuur van die gas toeneem, wat sal met die spoed van klank deur die gas gebeur? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE. (1)

6.2 In watter gas, HCℓ of CCℓ4 sal die spoed van klank hoër wees by dieselfde konstante temperatuur. Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

6.3 Die gas in 6.2 word nou vervang met heliumgas (’n gas wat idealegasgedrag toon). Wat sal die effek hiervan wees op die spoed van klank in lug? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

[5]

VRAAG 7

Oopgroefmynbou word gebruik om ystererts, wat naby die oppervlak is, te ontgin. Die erts ondergaan ‘n reeks fynmaakprosesse om die deeltjiegrootte te verklein. Nadat dit gewas, gesorteer en geskei is, gaan die ystererts, wat 70 % yster bevat, in ‘n hoogoond met kooks (C), kalksteen (CaCO3) en warm lug. Die volgende reaksies vind in die hoogoond plaas:

(1) kooks reageer met suurstof om koolstofmonoksied te vorm.(2) 3CO + Fe2O3 → 2Fe +3CO2

(3) CaCO3 → CaO + CO2 EN CaO + SiO2 → CaSiO3

7.1 Skryf ‘n gebalanseerde reaksievergelyking (deur chemiese formules te gebruik) vir reaksie (1). (2)

7.2 Gee die chemiese naam vir kalksteen. (1)

7.3 Reaksie (2) word op ‘n klein skaal in ‘n laboratorium getoets. 14 g CO word by 68 g Fe2O3 gevoeg.

Bladsy 8 van 16

7.3.1 Identifiseer die beperkende reaktant. Toon jou berekeninge. (4)

7.3.2 Wat is die massa suiwer yster wat met hierdie reaktante produseer kan word? (5)

7.3.3 Bereken die hoeveelheid mol van die oormaat reaktant wat oorbly nadat die reaksie voltooid is. (2)

[14]

VRAAG 8

Die Miller-Urey eksperiment is ‘n bekende eksperiment waaruit die chemiese oorsprong van

lewe afgelei is. Tydens die eksperiment word ‘n elektriese vonk deur ‘n mengsel van gasse –

water (H2O), metaan (CH4), ammoniak (NH3) en swaweldioksied (SO2) gestuur. Merkwaardig

is aminosure, soos glisien, tydens die eksperiment gevorm en dit het bewys dat organiese

molekules soos aminosure uit ‘n nie-lewende omgewing kon ontstaan het.

8.1 Glisien is die kleinste aminosuur en ‘n monster daarvan het die volgende persentasiesamestelling:

Element C H N O

Persentasiesamestelling by massa

(%)31,97

6,6

718,65

42,63

Gebruik die bostaande inligting om die empiriese formule van glisien te bepaal.(6)

8.2 Een van die reaksies wat tydens die eksperiment plaasvind kan soos volg voorgestel word:

CH4(g) + NH3(g) HCN(g) + 3H2(g)

Aanvaar dat die reaksie by STD plaasvind en dat 2,12 g CH4(g) volledig met ‘n oormaat NH3 reageer.

8.2.1 Bereken die volume CH4(g) wat teenwoordig is aan die begin van die reaksie. (5)

8.2.2 Bereken die volume H2(g) wat tydens die reaksie gevorm word. (3)

[14]

Bladsy 9 van 16

VRAAG 9

Stappers en jagters gebruik warmpakke in die winter om hulle hande warm te hou. ‘n Warmpak bevat verskeie chemikalieë wat in ‘n poreuse sak gevoeg word en dan in ‘n politeen sak verseël word. ‘n Sekere warmpak bevat die volgende chemikalieë:

- fyn ysterpoeier- water en natriumchloried in ‘n onreaktiewe poeier- koolstofkatalisator

Sodra die politeensak oopgemaak word, word lug in die sak toegelaat en die yster begin oksideer wat yster(III)oksied (Fe2O3) vorm. Hierdie reaksie produseer genoeg hitte om temperature tussen 55°C en 70°C vir ‘n gespesifiseerde tyd te handhaaf.

9.1 Is die reaksie in die sak endotermies of eksotermies? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

9.2 Definieer die term aktiveringsenergie. (2)

9.3.1 Teken ‘n grafiek van POTENSIËLE ENERGIE teenoor REAKSIEVERLOOP vir die bogenoemde reaksie. Dui die volgende op jou grafiek aan:

Aktiveringsenergie Geaktiveerde kompleks Entalpieverandering Energie van die reaktante Energie van die produkte (5)

9.3.2 Dui op die grafiek in 9.3.1 met ‘n stippellyn, die potensiële energiekurwe sonder die koolstofkatalisator. (1)

9.4 ‘n Vervaardiger van buitelugprodukte wil graag die oplossing van ammoniumchloried in ‘n nuwe warmpak gebruik. Die volgende inligting word verskaf:

NH4Cℓ(s) → NH 4

+

(aq) + Cℓ-(aq) Δ

H > 0

9.4.1 Sal hierdie reaksie ‘n effektiewe warmpak maak? Verduidelik. (2)

9.4.2 Gee ‘n toepassing vir die bostaande reaksie. (1)

[13]

Bladsy 10 van 16

VRAAG 10

‘n Gekonsentreerde vorm van die sterk suur HCℓ (kommersiële soutsuur) word gebruik om bakstene skoon te maak teen ‘n konsentrasie van 11,7 mol•dm-3. Dieselfde suur kan egter sement afbreek deur met die kalsiumhidroksied in die sement te reageer.

10.1 Gee die Lowry-Brønsted definisie van ‘n suur. (2)

10.2 Skryf ‘n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie van soutsuur en kalsiumhidroksied. (3)

Dit is baie moeilik om hierdie sterk suur veilig te stoor omdat dit maklik verdamp en reageer dan met die ysterspykers en -hakkies wat stoorkamerrakke in plek hou.

10.3 Skryf ‘n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie van soutsuur en yster(II). (3)

10.4 Daar word 2ℓ van die gekonsentreerde soutsuur op die vloer gemors. Jy moet dit presies neutraliseer met suiwer kaliumhidroksied poeier (KOH) wat reageer soos die gebalanseerde vergelyking wat volg:

HCℓ(aq) + KOH(s) → KCℓ(aq) + H2O(ℓ)

Watter massa KOH sal jy oor die soutsuur giet? (5)

Soutsuur word gewoonlik in water verdun sodat dit minder gevaarlik is. Soutsuur ioniseer volgens die volgende vergelyking:

HCℓ(aq) + H2O(ℓ) → H3O+(aq) + Cℓ-(aq)

10.5 Skryf die bogenoemde reaksie oor en dui die gekonjugeerde suur-basis pare in die reaksie aan. Identifiseer elke spesie. (2)

[15]

VRAAG 11

Nikkel(II)sulfaat (NiSO4) word in ‘n aluminium houer (Aℓ) geberg. Na ‘n rukkie word daar waargeneem dat die aluminium houer weggevreet word. Die laboratoriumassistent vermoed dat ‘n redoksreaksie vir hierdie verskynsel verantwoordelik is en sy skryf die volgende ongebalanseerde reaksie op die bord:

NiSO4 + Aℓ → Ni + Aℓ2(SO4)3

11.1 Wat is ‘n redoksreaksie? (2)

11.2 Skryf die reduksiereaksie (half-reaksie) vir die bogenoemde reaksie neer. (2)

11.3 Skryf die oksidasiereaksie (half-reaksie) vir die bogenoemde reaksie neer. (2)

Bladsy 11 van 16

Suid-Afrikaanse goud word in diepvlak-ondergrondse myne gemyn. Die grootte van die erts word in 'n reeks fynmaak- en maalstappe verminder vir verdere verwerking. Verdunde natriumsianied word dan bygevoeg om die goudkompleksioon te vorm.

4Au + 8NaCN + O2 + 2H2O → 4NaAu(CN)2 + 4NaOH

11.4 Gebruik oksidasiegetalle om die volgende te identifiseer:

Reduseermiddel Oksideermiddel

WENK: sianied is ‘n poliatomiese ioon: CN-1

Toon die oksidasiegetalle wat jy toeken. (3)

[9]

TOTAAL 150

EINDE VAN VRAESTEL

Bladsy 12 van 16

DATA VIR FISIESE WETENSKAPPEVRAESTEL 2 (CHEMIE)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDEAvogadro's constantAvogadro-konstante NA 6,02 x 1023 mol-1

Molar gas constantMolêre gaskonstante R 8,31 J∙K-1∙mol-1

Standard pressureStandaarddruk pθ 1,013 x 105 Pa

Molar gas volume at STPMolêre gasvolume by STD Vm 22,4 dm3∙mol-1

Standard temperatureStandaardtemperatuur T θ 273 K

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

p1V 1T1

=p2V 2T 2

pV = nRT

n = mM

n = NN A

n = VVm

c = nV OR/OF

c = mMV

Bladsy 13 van 16

TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALSTABEL 4A: STANDAARDREDUKSIEPOTENSIALE

Bladsy 14 van 16

Half-reactions θE (V)F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77

MnO4−

+ 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51

Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36

Cr2O72−

+ 14H++ 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33

O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23MnO2+ 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07

NO3−

+ 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96

Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80

NO3−

+ 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80

Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,452H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34

SO42−

+ 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17

Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,142H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,06Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,762H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,91Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36Na+ + e ⇌ Na 2,71Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92K+ + e ⇌ K 2,93Li+ + e ⇌ Li 3,05

Incr

easi

ng o

xidi

sing

abi

lity/

Toen

emen

de o

ksid

eren

de v

erm

Incr

easi

ng re

duci

ng a

bilit

y/To

enem

ende

redu

sere

nde

verm

TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALSTABEL 4B: STANDAARDREDUKSIEPOTENSIALE

Bladsy 15 van 16

Increasing

oxidising ability/Toenemende oksiderende

vermoë

Increasing reducing ability/Toenemende re

Half-reactions θE (V)Li+ + e ⇌ Li 3,05K+ + e ⇌ K 2,93Cs+ + e ⇌ Cs 2,92Ba2+ + 2e ⇌ Ba 2,90Sr2+ + 2e ⇌ Sr 2,89Ca2+ + 2e ⇌ Ca 2,87Na+ + e ⇌ Na 2,71Mg2+ + 2e ⇌ Mg 2,36Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ 1,66Mn2+ + 2e ⇌ Mn 1,18Cr2+ + 2e ⇌ Cr 0,912H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83Zn2+ + 2e ⇌ Zn 0,76Cr3+ + 3e ⇌ Cr 0,74Fe2+ + 2e ⇌ Fe 0,44Cr3+ + e ⇌ Cr2+ 0,41Cd2+ + 2e ⇌ Cd 0,40Co2+ + 2e ⇌ Co 0,28Ni2+ + 2e ⇌ Ni 0,27Sn2+ + 2e ⇌ Sn 0,14Pb2+ + 2e ⇌ Pb 0,13Fe3+ + 3e ⇌ Fe 0,062H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15Cu2+ + e ⇌ Cu+ + 0,16

SO42−

+ 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17

Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,342H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77

NO3−

+ 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80

Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85

NO3−

+ 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96

Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07Pt2+ + 2 e ⇌ Pt + 1,20MnO2+ 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23

Cr2O72−

+ 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33

Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36

MnO4−

+ 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51

H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77Co3+ + e ⇌ Co2+ + 1,81F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87

TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE1(I)

2(II)

3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13(III)

14(IV)

15(V)

16(VI)

17(VII)

18(VIII)

2,1

1H1

2He

4

1,0

3Li7

1,5

4Be

9

2,0

5B11

2,5

6C12

3,0

7N14

3,5

8O16

4,0

9F19

10Ne20

0,9

11Na23

1,2

12Mg24

1,5

13Aℓ27

1,8

14Si28

2,1

15P31

2,5

16S32

3,0

17Cℓ35,5

18Ar40

0,8

19K39

1,0

20Ca40

1,3

21Sc45

1,5

22Ti48

1,6

23V51

1,6

24Cr52

1,5

25Mn55

1,8

26Fe56

1,8

27Co59

1,8

28Ni59

1,9

29Cu63,5

1,6

30Zn65

1,6

31Ga70

1,8

32Ge73

2,0

33As75

2,4

34Se79

2,8

35Br80

36Kr84

0,8

37Rb86

1,0

38Sr88

1,2

39Y89

1,4

40Zr91

41Nb92

1,8

42Mo961,

943Tc 2,

2

44Ru101

2,2

45Rh103

2,2

46Pd106

1,9

47Ag108

1,7

48Cd112

1,7

49In115

1,8

50Sn119

1,9

51Sb122

2,1

52Te128

2,5

53I

127

54Xe131

0,7

55Cs133

0,9

56Ba137

57La139

1,6

72Hf179

73Ta181

74W184

75Re186

76Os190

77Ir

192

78Pt195

79Au197

80Hg201

1,8

81Tℓ204

1,8

82Pb207

1,9

83Bi209

2,0

84Po 2,

5

85At

86Rn

0,7

87Fr 0,

9

88Ra226

89Ac 58

Ce140

59Pr141

60Nd144

61Pm

62Sm150

63Eu152

64Gd157

65Tb159

66Dy163

67Ho165

68Er167

69Tm169

70Yb173

71Lu175

90Th232

91Pa

92U

238

93Np

94Pu

95Am

96Cm

97Bk

98Cf

99Es

100Fm

101Md

102No

103Lr

Atomic numberAtoomgetal

29 Cu 63,5

1,9 Symbol

SimboolElectronegativity

Elektronegatiwiteit

Approximate relative atomic massBenaderde relatiewe atoommassa

KEY/SLEUTEL