8
Pretoria- Oos Voetslaanklub e-pos: [email protected] sel: 082 457 5824 2017.09.05 Stapklub Nuusbrief: September 2017 Goeiedag liewe vriende Dis heerlike lente in Gauteng, Namakwaland blom, nou nie so volop soos in die verlede nie maar dit blom! So ook in die Kaap, afgesien van die knellende droogte, bot die bome en weet jy dis lente! Iemand vertel eendag dat mens aan die jaarringe van ‘n boom kan bepaal watter jare daar erge droogtes of veldbrande was. As die boom se wortels egter goed in die grond gevestig is sal hy teen die volgende seisoen weer begin bot en bloei en vrug dra, ten spyte van die letsels. Jesus sê in Joh 15:5 – ‘Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ Dit maak nie saak watter storms of ongeluk jou tref nie, as jy in die Here bly sal jy steeds vrug dra! Kyk nie angstig rond nie (Jes 41:10); wees stil en erken dat Hy God is (Ps 46:11) want Hy is in beheer!. Dankie, Here! Stapprogram: 1.Terugvoer 1.1 Sosiale Uitstappie - 5 Aug: Besoek Garden World & Chelsea blomme- uitstalling Hierdie besoek het mens weereens laat besef hoe bevoorreg ons is om in hierdie land te bly, met sy mooie natuurskoon, fantastiese inheemse plantegroei en blomme! Lees ook die verslag hierby ingesluit. 1.2 Basiskamp - 25-27 Aug: Makwekwe Hiking Trails (Nylstroom)

  · Web viewJaar- en finansiele verslag voorlê, sal dit waardeer word as soveel as moontlik die funksie kan. ... Buite het Jaco gesorg vir ‘n gesellige kampvuurtjie by die lapa

Embed Size (px)

Citation preview

Pretoria-Oos Voetslaanklub

e-pos: [email protected]: 082 457 5824

2017.09.05

Stapklub Nuusbrief: September 2017

Goeiedag liewe vriende

Dis heerlike lente in Gauteng, Namakwaland blom, nou nie so volop soos in die verlede nie maar dit blom!So ook in die Kaap, afgesien van die knellende droogte, bot die bome en weet jy dis lente!Iemand vertel eendag dat mens aan die jaarringe van ‘n boom kan bepaal watter jare daar erge droogtes of veldbrande was. As die boom se wortels egter goed in die grond gevestig is sal hy teen die volgende seisoen weer begin bot en bloei en vrug dra, ten spyte van die letsels.

Jesus sê in Joh 15:5 – ‘Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’

Dit maak nie saak watter storms of ongeluk jou tref nie, as jy in die Here bly sal jy steeds vrug dra!

Kyk nie angstig rond nie (Jes 41:10); wees stil en erken dat Hy God is (Ps 46:11) want Hy is in beheer!. Dankie, Here!

Stapprogram:

1.Terugvoer

1.1 Sosiale Uitstappie - 5 Aug: Besoek Garden World & Chelsea blomme-uitstalling

Hierdie besoek het mens weereens laat besef hoe bevoorreg ons is om in hierdie land te bly, met sy mooie natuurskoon, fantastiese inheemse plantegroei en blomme! Lees ook die verslag hierby ingesluit. 1.2 Basiskamp - 25-27 Aug: Makwekwe Hiking Trails (Nylstroom)

Daleen se verslag oor die naweek is ook hierby ingesluit – dankie Daleen. Sjoe, ons is dankbaar dat nie een van julle ernstig beseer is nie! Tawwe Tienies, of hoe??

2.Volgende op die program

2.1 Dagstap – 9 Sep: Riverside Paradise, Cullinan Die stapgroep gaan hierdie komende Saterdag hierdie staproete aandurf. Sterkte julle. Ons vertrou dat die weer gaan saamspeel en dat dit ‘n genotvolle dag gaan wees!

2.2 Vakansie + dagstappe – 30 Sep-8 Okt: Nature’s Valley Ongelukkig is hierdie geleentheid gekanselleer as gevolg van ‘n gebrek aan belangstelling. Jammer!

2.3 Sosiale Uitstappie – 28 Okt: Besoek ‘n Aarbeiplaas

Dit klink asof ons hier baie pret gaan hê! Ons gaan ‘n aarbeiplaas besoek waar ons soveel organiese

aarbeie gaan pluk en eet! Jy kry ook ‘n emmertjie wat jy kan vol maak om huistoe te neem. Dit word geweeg en dan teen die tarief van die dag aan jou verkoop.

Wanneer: 28 Oktober Waar: Tarangoa Aarbeiplaas (verby van Gaalen’s Kaasmakerij, by Skeerpoort) Toegangsfooi: R70 per persoon, R50 kinders onder 10 Vervoer: Ons kom weer almal om 08:15 by Gubby bymekaar sodat ons van die karre daar kan parker en in groepe van 4 kan saam ry. Elkeen kan R40.00 vir die bestuurder van die voertuig gee om te help met die brandstof- en tolgelde Straatadres: 228 Christoffelstr, Pta Wes. Bespreek: Aangesien ons as groep gaan moet ons vooraf bespreek. Laat weet dus vir my voor 20 Oktober by sel: 072 276 1261 of e-pos: [email protected], of WhatsApp. Dit kan ook maar modderig tussen die beddings wees, veral as dit nog gereën het ook, dus beveel hulle aan dat mens liefs met jou tuinskoene of “wellies” aarbeie gaan pluk. Dink net hoe feestelik dit kan lyk as elkeen van ons met ons geblomde “wellies” daar gaan rondloop! Daar is ‘n restaurant wat heeldag oop is en ontbyt bedien vanaf 08:30-10:30. Aarbeiplantjies word ook te koop aangebied. 2.4 Eindjaarfunksie – 25 Nov. Teken solank die datum in jou dagboek aan. Aangesien die voorsitter ook tydens hierdie geleentheid die Jaar- en finansiele verslag voorlê, sal dit waardeer word as soveel as moontlik die funksie kan bywoon. Meer besonderhede volg later.

Verjaarsdae

Ek kan dit nie glo nie! Help my as ek verkeerd is asb – ek het geen staplid op rekord wat gedurende September verjaar nie! Kan dit waar wees??

Mag die Here julle ryklik seën in hierdie maand en laat ons met dankbare harte, elke dag, ons seëninge tel!

Tot volgende maand,

Lorraine le Roux (nms Bestuurskomitee)

Garden World & Chelsea Blommeskou: 5 Aug 2017

Eers het ‘n paar van ons die pad bietjie byster geraak, nou nie so dat ‘n mens dit sou agterkom nie! Saam met Ronel wat haar sus, broer en skoonsuster saamgebring het was ons 19 wat vir ontbyt aangesit het, lekker en ontspanne saamgesels en uitgesien na alles wat in hierdie dag voorlê.

Klaar geeet, begin ons aanstap na die uitstalling. Maar eers bewonder mens die tuin, die plante-, blomme- en kleureprag al langs die paadjies. Daar is mense wat net ‘n gawe het om tuine uit te lê (sug…)

Die mooiste ruiker staan voor die vertrek waardeur ons moes loop en geel voetspore dui die pad aan waar jy moet stap om by die verskillende tuinuitlegte te kom en eers daarna die Chelsea uitstalling…die ‘cherry’ op die koek!

Lettie sien iets moois raak Pragtige ruiker! Neels op die hang-dubbelbed! Uitgeput?!!!

‘n Lus vir die oog … Mooi … Mooier … Mooiste…

Hou hierdie 3 maar dop! Sien jy daar! …en dié hoed? O..blommie / blarie

Baby Flycatcher

Gubby sien die fynste, kleinste ‘baby flycatcher’ raak en Deon vra of ons ook die ‘Hydroponics’ gesien het? Nee, sê ek maar by die huis gaan vra ek gou vir Google daaroor uit – nou weet ek ook ‘n bietjie meer!!

En op die einde van die dag: – die bittereinders!

Wie sê nou nee dankie vir ‘n ietsie te drinke en/of te ete vir oulaas?

Baie dankie aan almal, julle het die dag spesiaal gemaak!

LleR

Makwekwe roete : 25-27 Aug 2017

Die Makwekwe roete is 36 km buite Modimolle(Nylstroom) op die plaas van Annelise en Barnie geleë. Die

roete loop deur klowe, vat jou teen baie steil bergkontoere uit en weer steil af tussen die klippe en rotse

deur. Daar is baie mooi panoramiese uitkykpunte van waar mens ver kan sien in die rigting van

Naboomspruit. Daar kronkel wel ‘n spruit, maar die winter en die droogte het die spruit en al die watervalle

en swempoele leeg gelaat. Dit behoort in die somer prentjiemooi te wees wanneer al die stroompies blink

kronkel en die water oor die rotswande val om lekker koel swempoele te skep waar moeë, natgeswete

stappers kan afkoel. Huidiglik is dit ‘n tipiese vaal winter gesig van droeë gras en blare en droeë bome,

maar die somerreëns sal sekerlik al die vaal na groen tower!

Die akkomodasie van die Boskamp was ‘n aangename verrassing en bederf vir stappers; met ‘n tenvolle

toegeruste kombuis met ‘n groot stoof, mikrogolf oond, yskas, konveksieplaat vir die ketel en al die eetgerei

en breekware wat mens benodig. Die chalet se drie kamers is ook gerieflik met elke chalet se eie

badkamer. Daar was net ‘n slegte “klankie” by die een badkamer agv ‘n verstopte dreineringstelsel. Buite

het Jaco gesorg vir ‘n gesellige kampvuurtjie by die lapa.

Ons was net 8 stappers (Neels, Alma, Jaco, Mariet, Engela, Lizelle, Sam en ek) wat Saterdagoggend met

groot ywer die 6km “geel” roete aangepak het en volgens Barnie se voorstel die roete “agterstevoor om”

begin het by die eindpunt sodat ons vroeg die moeilike steil opdraendes kon aandurf en met die maklike

laaste kilometer of so kon eindig. Baie goeie raad, want indien ons met die maklike deel begin het, sou ons

moed gebreek gewees het om later die moeilike deel te moes baasraak! Met die

wegspring is daar darem ‘n lang leer om die eerste bult uit te kom!

Die roete is in so ‘n pragtige omgewing uitgelê, maar word ongelukkig nie instand

gehou nie, dus is die paadjie oorgroei met droë gras sodat ons nie die klippe en

gate daaronder kon sien nie. Die steil kontoere en steil afraendes het dinge nogal

bemoeilik en ons moes briek-briek, boudskuur, gly-gly en val-val teen die

afdraendes af en weer klouter en rek om oor die groot rotse te kom met die

opdraendes. Meeste van ons het ‘n paar keer stukke van die plaas gekoop met ‘n

“bang”! Dan was daar ook geniepsige verrassings van fyn dorinkies aan bome waaraan ons wou gryp vir

balans of om aan op te trek. Doringtakkies het ook ‘n hele paar

bloeddrupples laat stort. Sam het gesorg vir ‘n klein rotsstorting toe sy

‘n groterige klip los geval of getrap het en dié my teen die been getref

het!

Op die aangrensende plaas het ons by ‘n lieflike “tent kamp” verby gestap wat teen die kranse gebou is en

‘n fantastiese uitsig oor ‘n waterval en swempoel het. Ons almal wil nog daar gaan oornag!

Agv die feit dat ons met sulke “babysteps” moes stap, het ons 6 ure aan 6 km gestap! Saam met die

ontberinge het ons darem ook lekker saam gelag en mekaar opgehelp en weer aangegaan en die skepping

waardeer! Genadiglik het niemand erg seergekry nie, maar daar was baie stemme wat gekla het oor seer

tone van al die vastrap teen die hellings, seer boude van die val en seer spiere van al die klim en klouter!

Sterk stappers soos Neels en Sam het selfs gesê dat hierdie roete moeiliker is as die Otter agv die feit dat

die roete so oorgroei is!

Terug by die kamp het ons lekker skoon gestort en Jaco het

die kampvuur weer aan die gang gekry nadat hy homself eers

uitgestrek het op die plaveisel.

Die dames het gesorg vir ‘n smullekker groentepotjie en heerlike vars vrugteslaai terwyl die manne die vleis

gebraai het. Barnie en Annelise het op Sam se uitnodiging saam gebraai en om die kampvuur gekuier.

Almal het maar vroeg die moeë lywe en seer spiere gaan laat rus. Sondag het niemand kans gesien om

weer te klim en klouter op een van die oorgroeide roetes nie en het ons net tussen die perskeboorde

gestap om bietjie oefening te kry voordat ons die pad terug Pretoria toe sou vat.

Lastige bobbejane vreet graag die perskes en hul word op ‘n unieke manier ontmoedig deur die harde

slaan van ‘n dik plastiek pyp op die grond wat tussen die berge weergalm soos ’n geweerskoot! Twee swart

mans verrig daagliks hierdie belangrike taak.

Almal behalwe Engela en Daleen het die naweek afgesluit op Nylstroom by die Wimpy.

Gedurende die stiltetye was boodskappe gebring oor wat God se taak vir elkeen van ons is en dat ons

moet seker maak wat Sy taak en plek vir elkeen is en daarvolgens lewe. Daar was ook ‘n boodskap oor

God se kosbare natuurskepping wat Hy aan ons toevertrou om verantwoordelik te bestuur . Saterdagaand

se boodskap het gehandel oor Jesus wat die Woord is en gebore is, gekruisig is vir ons sondes, maar weer

werklik opgestaan het. Sondagoggend is gekyk na hoe Moses gebid het en hoe ons dit in ons lewe ook kan

toepas.

Ons ou klein groepie het lekker saam geswoeg en gesweet en dit het ons lekker laat “gel”! Mariet en Jaco,

dit was baie lekker om met jul te stap en jul te leer ken! Ons is dankbaar dat ons weer ‘n naweek in God se

kosbare skepping kon deurbring en ons maak DV weer so!

Daleen