16
1 Maart 2015

01 mrt 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bly op hoogte van die week se gebeure

Citation preview

Page 1: 01 mrt 2015

1

Maart 2015

Page 2: 01 mrt 2015

2

01 Maart 2015 Vandag se diens….

• Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure WoWoWoWo————Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton

• Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095

So 01 Mrt. Blok AB / So 08 Mrt. Blok C Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!

Die erediens word gelei deur Ds. Wicus van der Merwe

Die Deurkollekte vandag:

Ringsbydrae

Vir voorbidding

Stem vir die voorgestelde wysiging van

Artikel 1—15 Maart

Een van ons gesinne kan moontlik hul huis

verloor a.g.v. afdanking. Voorbidding word

gevra. Enigiemand wat finansieel kan help

kan die kantoor kontak.

Wêreldbiddag vir vroue—vandag

Wêreldbiddag vir mans—Saterdag

Lief en leed Wyk

Blok Diensbeurte

Blok Diensbeurte

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Kontakno:

Page 3: 01 mrt 2015

3

Byeenkomste die week

Sondag 01 Maart

MITS — 08:00 Voorsang en diensliedere word in plek

gekry vir volgende Sondag se diens.

Kategese— direk na die erediens. Ouers word versoek

om toe te sien dat hul kinders ook eredienste bywoon.

Blokraadsvergadering—direk na die erediens in die

KERK

Maandag 02 Maart

Belydenisklas — 18:00 aan huis van Willie Vermaak—

Sam Hewittstr 18, Riversdale. Skakel indien onseker waar dit is 016 364 0635.

Donderdag 05 Maart

Toekomsgesprek — 18:30 by Moedergemeente. Die

werksgroep wat tydens Sondag se spesiale Kerkraadsvergadering verkies is, moet asseblief hierdie gesprek bywoon. Enige ander lidmaat wat dit wil bywoon, is baie welkom.

Saterdag 07 Maart

Wêreldbiddag vir mans

Sondag 08 Maart

Ringsitting— 14:00 NG De Deur

Vrydag 13 Maart

FK — 09:00 in die kerkkantoor. Enige lidmaat met

veral finansiele agtergrond, is welkom om te kom inskakel.

Page 4: 01 mrt 2015

4

Ada Conradie E2

Geluk elke verjarende!! Di 03– Sa 07 Mrt

Di 03

Hanna Nel B5 082 681 4471

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2015 nms Kerkraad &

Admin Bestuur.

Gerrie Bezuidenhout C7 083 255 3520

Tim Sibthorpe B6 082 338 3300

Zander Marais C7 082 890 3673

Do 05

Corrie Venter C3 083 557 5139

Do 05

Wo 04

Vier jou doop verjaarsdag só:

∗ Gesinslede gee geskenke met geestelike inslag;

∗ Blaai deur foto album en vra jou ouers uit oor jou doop

geleentheid, wie daar was, wat jou naam beteken, wat spesi-aal was die dag.

∗ Doop jou vingers in ‘n bietjie water. Druk jou nat vingers teen

jou voorkop. Onthou daarmee dat God jou eerste gekies het en liefhet.

∗ Het jy al die Here in jou lewe toegelaat? Het jy Hom al genooi

om jou Verlosser te wees? Lees gerus Joh.3:16 en 1:12.

Kaylin Vermeulen E4 083 617 8723

Doopverjaarsdae

Ma 02

Zander Marais C7 082 890 3673

Do 05

Tanja Jv Rensburg E4 082 775 2142

Zanique Harding C7 084 593 4925

Di 03

Viaan du Plooy E4 083 617 8723

Wo 04

Nico v Eyssen D8 083 568 8943

Page 5: 01 mrt 2015

5

Wêreldbiddag vir vroue—vandag

Wêreldbiddag vir Vroue (WBvV) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christen vroue, -mans en -kinders wat elke eerste Vrydag in Maart saam ‘n gebedsketting in meer as 170 lande vorm. Die Wêreldbiddag strek oor grense en bind mense uit verskillende rasse, kulture en kerke tot groter onderlinge begrip en toewyding. Dit bied aan vroue wêreldwyd die geleentheid om:

* opnuut hulle geloof in Jesus Christus te bevestig, * versterk te word deur die geloofservaringe van Christene uit ander lande en kulture, * ander se laste te help dra deur saam met hulle, en vir hulle, te bid. "Talita Koem !" Talita Koem !" Talita Koem !" Talita Koem !" ---- Jong vrou, Staan op !Jong vrou, Staan op !Jong vrou, Staan op !Jong vrou, Staan op ! Staan op, Vroue van alle ouderdomme, en dink eerlik na oor julle: gebedslewe en sondebelydenis geloofsekerheid en getuienis prioriteite en betrokkenheid menslike verhoudinge (binne gesinsverband en wyer) blydskap en dankbaarheid GESKIEDKUNDIGE HOOGTEPUNTEGESKIEDKUNDIGE HOOGTEPUNTEGESKIEDKUNDIGE HOOGTEPUNTEGESKIEDKUNDIGE HOOGTEPUNTE Die Wêreldbiddag vir Vroue het in 1887 begin toe vroue van die Presbiteriaanse Kerk in die Verenigde State van Amerika aangegryp was deur die nood van immigrante en die nagevolge van die vrystelling van slawe in hulle land. Hulle het 'n oproep gedoen vir 'n nasionale dag van gebed. Vroue van ander kerke het ook begin deelneem, en die beweging het vinnig na ander lande versprei. Waar vroue ookal kennis gemaak het met die Biddag, het dit hulle geïnspireer om in hul eie lande ook daarmee te begin. Die gevolg was dat die Dag gou bekend gestaan het as die WÊRELDBIDDAG VIR VROUE. In SUID-AFRIKA is die eerste Wêreldbiddag-byeenkoms in Maart 1930 in die Seepunt se Congregational Kerk gehou. In 1946 is 'n NASIONALE KOMITEE vir Suidelike Afrika in die lewe geroep. Die lede van hierdie Komitee word deur die beherende liggame van verskeie kerke genomineer. PROGRAMME word in 10 tale gedruk en ALLE vroue kan dus met gemak inskakel. Die Wêreldbiddag word elke jaar op meer as 1 200 plekke in Suidelike Afrika waargeneem, en die reëling van BYEENKOMSTE op plaaslike vlak is ten volle in die hande van vroue in hul onderskeie gemeenskappe. KOLLEKTES word slegs interkerklik aangewend ter ondersteuning van projekte van die Bybelgenootskap van SA, Radio kansel en Wêreld visie. Verteenwoordigers van Nasionale Komitees vergader elke vier jaar tydens 'n INTERNASIONALE KONFER-ENSIE wat in verskillende dele van die wêreld gehou word om hul onderskeie biddag ervarings met me-kaar te deel onderwerpe te kies en reëlings te tref vir die opstelling van programme, 'n uitvoerende

Page 6: 01 mrt 2015

6

Komitee te verkies, die begroting op te stel, ens. Maniere te oorweeg om groei van die beweging te bevorder.Maniere te oorweeg om groei van die beweging te bevorder.Maniere te oorweeg om groei van die beweging te bevorder.Maniere te oorweeg om groei van die beweging te bevorder. Deelname in Suid Afrika is van die beste in die wêreld. Ons loof en dank die Here vir die geloof, be-hoefte aan gebed en die toegewyde belangstelling in die Wêreldbiddag, wat deur so baie Christene in ons land getoon word. Wanneer ons terugkyk oor die jare wat die Wêreldbiddag reeds in Suid Afrika gevier word, loop ons harte oor van dankbaarheid.

Aan God al die eer !"

Is jy al deel van hierdie gebed golf wat jaarliks oor ons land spoel - van Noord na Suid, en van Oos na Wes ?

Wêreldbiddag vir vroue—verv.

SorgAksie terugvoering

Sowat twee weke gelede het ons vertel van die jongman wat so honger was, dat hy die enigste blikkie bully beef wat in die koskas was, net daar oopgemaak en sommer met sy vingers geëet het. Hier is die verhaal van ‘n ander geval wat by Ria-hulle kom aanklop het vir kos:

‘n Jongman van Nelsonia het kom vra vir ‘n kospakkie. Wat beskikbaar was, was toe reeds aan ander persone gegee. Ria het aan hom ‘n pakkie tee, suiker en macaroni gegee. Sy woorde was: “Baie dankie, tannie, dit kan darem help tot die einde van die maand toe.”

Ria het hom begin uitvra na sy omstandighede en agtergekom dat die jongman daagliks Meyerton toe stap omwerk te soek. Hy glo: waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg! Hy moet net aanhou probeer!

Wat ‘n lieflike lewensuitkyk! Mag elkeen van ons wat daagliks genoeg kos het, kaste vol klere het, dermate so dat jy nie kan besluit wat om aan te trek nie, in ‘n knus, sagte bed slaap, geld links en regs vir skoolprojekte en ontspan-ning uitdeel, gereeld uiteet of wegneem etes kry, hierdie jongman se lewensuitkyk onthou EN toepas wanneer die lewe ONS begin insluk!!

Page 7: 01 mrt 2015

7

Voorwaarts voedselskema

Iets te ete (toebroodjies,

geroosterde broodjies, warm-

brakke, pasteie, ens) vir on-

geveer 50 kinders moet

Woensdae oggende 10h00 by

die skoolkantoor afgegee

word.

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my

asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

. Moenie stilbly en nie iets neem nie,

want dan moet ek binne minute sorg

vir iets te ete wanneer die skool

laat weet daar is niks afgegee nie.

Dankie vir u bydrae,

dit word werklik waardeer.

As die kerk van Christus

nie omgee nie,

wie sal dan omgee?

SorgAksie

SorgAksie is ons barmhar-

tigheidsdiens aan ons gemeentelede

en gemeenskap.

Die voorsitter van SorgAksie, Johan

Groenewald, wil elkeen innig bedank

vir die skenkings wat gedurende 2014

ontvang is. Dit was ‘n geweldig aantal

gesinne wat met hierdie skenkings

gehelp kon word. Ten spyte van ‘n

klomp kruideniersware wat gedurende

verlede week by die kantoor afgelaai

is, is die behoefte steeds baie groot.

Indien moontlik, word elke gesin ver-

soek om elke Sondag net een geblikte

produk / persoonlike higiëniese

produk / skoonmaakmiddel te bring.

Dit kan in die mandjie in die voor-

portaal geplaas word.

Elke Donderdag vanaf

11:00—12:30 word kospakkies uitgegee en klere verkoop (indien

meer as drie stelle benodig word).

Johan & Ria Groenewald is in beheer

van die kospakkies, terwyl Michelle

Harding die klere stoor beman.

Maandeliks word sowat 20-plus

gesinne met kos gehelp.

Annetjie de Beer 4 Maart

Annetjie van Zyl 11 Maart

Daniella Kilian 18 Maart

Chrissie Webb 25 Maart

Marlene van Antwerpen 15-Apr

Page 8: 01 mrt 2015

8

Jeug uitstappie—Maropeng

Hierdie uitstappie is gereël na aanleiding van die kinders se Byb-else Tydlyn plakkerboekie. Die eerste paar Sondae is die skep-pingsdae hanteer. Ons het dit goedgedink om die kinders hierdie wonder self te laat beleef.

◊ Koste— R100 per kind wat ’n ete, vervoer en die toegang insluit. Lidmate wat NIE hierdie koste kan dra nie, moet asseblief met die kategese hoof, Julanda Pretorius, skakel: 082 798 0938. Daar SAL borge beskikbaar wees! Moet dus nie jou kind hierdie besonderse uitstappie laat misloop as gevolg van finansies nie!!

◊ Wanneer: 18 April 2015

◊ Waar: Maropeng (Cradle of Humankind—Sterkfontein)

Wêreldbiddag vir mans—Sa 7 Maart Dit is vandag moeilik om staande te bly in ‘n lewe wat ongelooflik baie van ‘n man vereis. Dit veroorsaak onnodige spanning wat maak dat ons manne sukkel om die balans van die lewe te behou.

Daarom het ons spesiaal vir ons manne ‘n boekie gedruk wat op verskeie terreine krag deur gebed kan verseker.

Hierdie terreine is:

1. Geloofsekerheid 2. Wandel met God 3. Huwelik 4. Kinders

5. Geldsake 6. Ontspanning 7. Beroep 8. Toekoms 9. Stres 10. As swaar tye kom. Neem dus gerus jou boekie om jou as man toe te rus vir ‘n lewe wat God behaag!

Page 9: 01 mrt 2015

9

Golfdag—25 Maart

Ω Enigiemand wat met die inskrywings kan help en pryse kan bekom gee asseblief jul name by die I-toonbank

of kontak Flip Nel by 082 560 6022 of Hennie van Loggerenberg by 083 561 7813.

Ω Koste beloop R250/speler.

Ω Om ‘n putjie te borg sal R3 000 kos. Die persoon/instansie wat die putjie borg, kan dan vier spelers nooi om te kom speel—gratis!

Op die Kerkraadsvergadering gehou op Sondag 25 Januarie 2015 is verkies tot die kerkraad:

As Blokleiers: Lucky & Chrissie Webb

Bevestiging van hierdie lede vind DV plaas op 01 Februarie 2015

Die Woord se vereistes:

1Timoteus 3:2-12 & Tit 1:6-11

Elke lidmaat IS betrokke in die

verkiesing van kerkraadslede:

Die rede waarom die name aan die ge-meente deurgegee word, is sodat hierdie verkose lede se leer en lew-enswandel geweeg en deurbid kan word deur die lidmate van die ge-meente. Hierdie verkose lede is dikwels bekend buite om die kerklike lewe.

Daarom moet gelowiges saam voor die Here gaan stil word, om te hoor

of die kerkraad die regte keuse gemaak het.

HOE is lidmate betrokke?

Kyk na die verkose persone se lewenswandel —lééf hul werklik en opreg hul geloof in Jesus uit?

Lucky

Verkiesing van Kerkraadslede

Chrissie

Page 10: 01 mrt 2015

10

Nuwe lidmate

Baie welkom aan:

Morné, Liesel, Micaela en Car-men Oosthuizen (Plaas Schoongesicht, WA3) vanaf Heidel-berg.

Hoop julle sal gou inskakel by die bediening waar julle die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het!

Morné Liesel

Carmen Micaela

Toekoms van die gemeente

Verlede week het dr. Stefan Stassen genome dat die drie gemeentes,

ons, Olyfdal en Moedergemeente, gaan een word. Dit het onder ons

aandag gekom dat verskeie lidmate nou heeltemal verwar is. Daa-

rom het ons dit goedgedink om die volgende inligngstuk deur te

gee:

Samewerkingsooreenkoms tussen N.G. Kerk

Meyerton, Olyfdal en Meyerton-Oos

Agtergrond Gedurende 2014 het die ringsgesprek gelei tot die gedagte om die ge-

Page 11: 01 mrt 2015

11

meentes in twee groot hubs te groepeer sodat gemeentes mekaar kan versterk en mekaar help om in hulle bedieninge beter te funksioneer. In ‘n Spontane groepering van gemeentes wat natuurlikerwys nader na mekaar beweeg het, het ‘n gesprek vir nouer samewerking tussen Moeder, Olyfdal en Meyerton-Oos ontstaan as ‘n hub binne die ring. Tydens hierdie gesprekke het ons bewus geraak van gemeentekrisisse, onnodige dupliserings van areas, versplintering van families en die ge-meenskap tussen gemeentes, gemeenskaplike bedieningsbehoeftes, en-sovoorts. Verder het ons besef dat die pastorale versorging in mekaar se areas sterk oorvleuel wat die effektiese aanwending van mannekrag beïnvloed.

Die twee gemeentes, Olyfdal en Meyerton-Oos, se dilemma om nie voltydse leraarsposisies te kry nie, het gevra vir ‘n gesamentlike aksie om op die langtermyn ‘n volhoubare en dinamiese bediening van die NG Kerk op die been te sit, wat weer ‘n sneller vir verdere groei van ons kerk kan dien.

Daar het altesaam vier gesprekke tussen die drie gemeentes plaasgevind, en tydens die laaste gesprek het ons drie opsies oorweeg:

1.1 Eenwording Is waar ‘n gemeente ontbind en inskakel by ‘n ander gemeente.

1.2 Samesmelting van gemeentes Is waar al die gemeentes ontbind en saam een nuwe gemeente vorm.

1.3 Kombinasie van gemeentes Is ‘n kontraktuele ooreenkoms tussen gemeentes ter wille van meer effektiewe bediening.

Page 12: 01 mrt 2015

12

Vir goedkeuring Die oorgrote gevoel was dat die derde opsie (1.3 hierbo) in die kortter-myn die beste opsie is. Derhalwe versoek ons die kerkrade om in be-ginsel toestemming te verleen dat ‘n kontraktuele ooreenkoms tussen die drie gemeentes opgestel kan word vir samewerking, met finale voorleg-ging van die gefinaliseerde ooreenkoms vir goedkeuring deur die onderskeie kerkrade.

Die gedagte is dat samewerking in verskillende en ontwikkelende fases geïmplimenteer kan word.

Fase 1: ‘n Kerkraadsbesluit in beginsel vir samewerking tussen die drie gemeentes.

Fase 2: Goedkeuring van onmiddelike bedieningsterreine vir samewerk-ing in 2015.

Fase 3: Die identifisering en ontwikkeling van verdere gemeenskaplike areas van samewerking.

2.1 Die kerkraad besluit om in beginsel toestem-ming te verleen dat ‘n kontraktuele ooreenkoms tussen die drie gemeentes opgestel kan word vir samewerking, met finale voorlegging van die gefi-naliseerde ooreenkoms vir goedkeuring deur die onderskeie kerkrade. [Fase 1]

2.2 Die kerkraad besluit in beginsel dat daar op die volgende terreine reeds samewerking kan plaasvind, naamlik [Fase 2]:

⇒ Pinkster, ⇒ Opleidingsgeleenthede, ⇒ Leraarsposisies,

Page 13: 01 mrt 2015

13

⇒ Week van gebed, ⇒ Fondsinsameling, ⇒ Paaswandeltuin, ⇒ Kersliggiefees, ⇒ Jeug, ⇒ Uitreiking, ⇒ Gesamentlike databasis, ⇒ Gesamentlike sorgaksie (onder Helplift), ⇒ Vrouebemagtiging, ⇒ Bybelskool. 2.3 Die kerkraad stel ‘n werkgroep saam tesame met die ander twee gemeentes om aandag te gee aan die finalisering van die kontraktuele ooreenkoms en die implimentering van Fase 2 en 3, met insluiting van alle werksterreine wat die be-diening meer effektief kan maak. Dit behels alle punte in 2.2 hierbo, asook alle moontlike terreine wat in die proses geïdentifiseer word. [Fase 2 & 3]

2.4 Die werkgroep moet ook die volgende in ag neem met die oog op samewerking [Fase 3]:

⇒ Finansiële bestuur, ⇒ Oorkoepelende bedieningsbeplanning,

Page 14: 01 mrt 2015

14

Nie genoeg afkondigings nie?

Was daar te min afkondigings en jy sou graag die inligting wou huis toe neem? ‘n Maklike oplossing is om die “app” ISSUU op jou slimfoon / tablet af te laai. Registreer met die nodige inligting. Soek dan na NG Meyerton Oos by die “publishers” en klik

“follow”. Jy sal elke week ‘n kennisgewing ontvang van enige

inligting wat ons d.m.v. ISSUU op die webwerf plaas.

Worsbroodjies

Baie dankie aan elkeen wat verlede Sondag iets in ons donasie-broodjie gegooi het. Net om seker te maak die projek gaan suksesvol wees, wil ons terugvoering vra: wie sal belangstel om een keer per maand worsbroodjies vir hul gesin te koop indien dit beskikbaar gaan wees? Gee asseblief jou terugvoering op die bankbriefie en plaas dit

in die kollektesakkie.

⇒ Aanwending en bestuur van personeel en vaartbelyning van ad-ministrasie,

⇒ Kerkraad, ⇒ Vrouebediening, ⇒ Pastorale versorg-

ingsnetwerk. Die volgende gesprek vind DV plaas op Donderdag 5 Maart om 18:30 by Moedergemeente. Enigiemand is welkom om dit by te woon.

Page 15: 01 mrt 2015

15

Ek het iets op die hart

Terugvoering / Oplossing vir probleemsituasies:

Ek is:

Ek het:

Help ons om ons bedieninge / gemeente beter te laat funksioneer

‘n Lidmaat

Besoeker

Nuwe intrekker

Voorbidding nodig

Afspraak met ds. nodig

Besoek van blokraad nodig

Ek wil graag inskakel by:

Ek is:

Kategese

Jeugwerk

Vroue bediening

Opgewonde oor .........................................................

Teleurgesteld in ..........................................................

Wil graag iets anders noem/vra: .................................

Naam

Adres:

Kontakno:

Sang & Musiek (MITS)

SorgAksie

Datum:

Ouderdom:

10—17

26—34

47—80

18—25

35—46

80+

Bates, Eiendom & Terrein (BET)

Ander ........................................................

Page 16: 01 mrt 2015

16