Upload
belindaniemand
View
364
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
1/239
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
2/239
© 2015 Universiteit van Suid-Afrika
Alle regte voorbehou
Gedruk en gepubliseer deur dieUniversiteit van Suid-Afrika
Muckleneuk, Pretoria
IOP2601/MO051/4/2016
Shutterstock.com images used
BELANGRIKE INLIGTING:
Aktiveer asseblief jou myUnisa en myLife e-posadresse en maak seker dat jy gereelde
toegang het tot die myUnisa-modulewerf IOP2601/16/S1 of IOP2601/16/S2;
afhangende vir watter semester jy geregistreer is, sowel as jou groepblad (group
site).
Nota: Dit is ’n aanlynmodule; die studiemateriaal is daarom op myUnisa
beskikbaar. Jy sal egter ook sekere gedrukte studiemateriaal ontvang om jou in jou
studie te ondersteun.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
3/239
IOP2601/MO051/4/2016
3
Geagte student
Hierdie dokument bevat besonderhede oor die inligting wat op myUnisa, die amptelike
leerbestuurstelsel (“learning management system”) van die universiteit, aangebied word.
Indien hoegenaamd moontlik, wil ons jou aanmoedig om ’n myLife-rekening by
https://my.unisa.ac.za/portal op te stel en aan te sluit by die aanlynleeromgewing.
FIGUUR 1: myUnisa-portaal
Hierdie dokument sluit ook die volgende inligt ing in:
Die “Getting started letter” 4
Die verwelkomingsboodskap op die tuisblad 10
Oorsig, uitkomste en assesseringskriteria 12
Die hoëfrekwensievrae (FAQs) 16
Die besprekingsforums en besprekingsonderwerpe 22
Leereenhede 23
myLife
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
4/239
IOP2601/MO051/4/2016
4
Die “ Getting started letter ”
Hartlik welkom by die module oor Organisatoriese Navorsingsmetodes (IOP2601).
Ons vertrou dat jy hierdie module interessant en informatief sal vind; en dat dit ook vir jouvan praktiese waarde sal wees in jou werksituasie.
Hierdie brief bevat belangrike inligting om jou te help om weg te spring.
HOE OM AANLYN TE GAAN
GEBRUIK VAN DIE NAVIGASIEBALK EN myUnisa OPSIES
BEPLANNING EN TYDSBESTUUR
DEELNAME AAN DIE AANLYNLEERGEMEENSKAP
SLOTOPMERKINGS
Hoe om aanlyn te gaan
As ’n geregistreerde Unisa-student sal jy toegang hê tot die myUnisa elektroniese portaal.
VOORBEELD 1: Tuisblad van die myUnisa elektroniese portaal
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
5/239
IOP2601/MO051/4/2016
5
Van hier kan jy toegang kry tot verskeie aanlynhulpbronne om jou in jou studie te help. Maak
asseblief seker dat jy jou myLife e-pos-adres geaktiveer het en raak vertroud met die my
Studies @ Unisa brosjure en ander riglyne.
Jy kan dit ook nuttig vind om toegang te verkry tot die volgende skakels wat betrekking hetop aanlynstudie:
my Studies @ Unisa (1)
http://www.youtube.com/watch?v=j6QZrRF2iVU&feature=related
my Studies @ Unisa (2): What does it mean to be an ODL student at Unisa?
http://www.youtube.com/watch?v=fgO_NcxduGg&feature=related
Get connected before you start to register on myUnisa
http://www.youtube.com/watch?v=MAGvmgdSkEk&feature=related
Sodra jy geregistreer het en jou myUnisa aanteken-besonderhede het, sal jy toegang hê tot
die module-webwerwe van al die modules waarvoor jy geregistreer het.
Gebruik van die navigasiebalk en myUnisa opsies
Jy kan verskeie navigasie-opsies gebruik om by die modules waarvoor jy geregistreer is, uit
te kom. Hierdie opsies word op al die webblaaie aan die linkerkant van die skerm vertoon.
Klik op die spesifieke navigasie-opsie en die bladsy met die inligting waarna jy soek, sal
oopmaak. Die eerste skerm wat jy sal sien wanneer jy enige webblad oopmaak, is die
tuisblad.
VOORBEELD 2: Tuisblad of module-webwerf
Onthou, van die IOP2601 tuisblad (“home page”) af is jou dosente net ’n klik ver! Ons sal ’n
weeklikse skedule volg [soortgelyk aan die modulespesifieke studieplan soos getabuleer in
studiebrief 101/3/2016], wat aandui wat vir ’n spesifieke week gedoen moet word, en dietuisblad sal gereeld opgedateer word om die fokus van die week aan te gee.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
6/239
IOP2601/MO051/4/2016
6
Die volgende is ’n alfabetiese lys en gepaardgaande verduideliking van ander myUnisa
opsies wat ons vir hierdie module sal gebruik:
myUnisa opsies Verduideliking
Addi tional Resou rces(Bykomende hulpbronne) Hierdie opsie stel jou in staat om toegang te kry tot dieverskillende tipes hulpbronne wat relevant is vir jou studies.
Die ‘Additional Resources’ opsie bevat ’n aantal vouers met
lêers, soos ‘Assignment answer sheet’, ‘List of formulas on
Word’, ‘Workbook with additional activities’, ens. Hierdie
bykomende hulpbronne sal jou studie ondersteun, en nuwe
hulpbronne kan gedurende die semester opgelaai word.
Announcements (Aankondig ings) Van tyd tot tyd sal ’n aankondiging jou waarsku dat belangrike
inligting geplaas is. Jy sal soms ook ’n e-pos-kennisgewing in
hierdie verband kry. Daarbenewens sal die jongste
aankondigings op die tuisblad vertoon word.
Assignments (Werkopdragte) Hierdie opsie stel jou in staat om werkopdragte in te dien en
jou assesseringsresultate te monitor. Ons sal duidelike riglyne
gee oor die indiening van werkopdragte.
Discussions/Discussion Forums
(Besprekings/Besprekingsforums)
Hierdie opsie word hoofsaaklik gebruik vir interaktiewe
besprekings en aktiwiteite wat verband hou met die
verskillende onderwerpe en temas van die module. Die forums
en leeraktiwiteite word geskep om jou te help en te
ondersteun in die bemeestering van die leeruitkomste.
Deelname aan die besprekings sal jou ook help om beter
voorbereid te wees vir die werkopdragte en eksamen.
Die module-webwerf bevat ’n verskeidenheid besprekings-
forums. Daar is forums waar jy jou medestudente kan ontmoet
en met hulle gesels (Forum 1: Student Lounge) en vrae aan
jou dosente kan vra (Forum 6: Questions to my lecturer ).
In Forum 1: Student Lounge sal jy jou eie besprekings kan
skep indien jy dit wil doen. Om meer uit te vind oor hoe om jou
eie besprekings te skep, raadpleeg die kategorie “Technical
issues” onder die opsie FAQs (hoëfrekwensievrae).
FAQs (hoëfrekwensievrae) Die FAQs opsie bied vrae en antwoorde wat verband hou metdie module. Dit is in verskillende kategorieë gegroepeer wat
wissel van assesseringskwessies tot tegniese aangeleent-
hede. As jy enige navrae het oor die module, begin deur die
FAQs te raadpleeg. Indien jy nie ’n antwoord op jou vraag vind
nie, is jy welkom om ons te kontak.
Learning Units (Leereenhede) Hierdie opsie is die een wat jy die meeste sal gebruik. Hier sal
jy inhoud vind wat die leeruitkomste ondersteun. Die ‘Learning
Units’ opsie bevat inligting oor leeraktiwiteite, assesserings en
skakels na ander waardevolle hulpbronne. Let asseblief
daarop dat die ‘Learning Units’ opsie saam met jou
voorgeskrewe boek gebruik sal word.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
7/239
IOP2601/MO051/4/2016
7
myUnisa opsies Verduideliking
Official Study Material (Amptelike
studiemateriaal)
Hierdie opsie stel jou in staat om toegang te kry tot die
amptelike studiemateriaal soos die studiebriewe en dit af te
laai.
Prescribed books (Voorgeskreweboeke)
Hierdie opsie word in al die modules gebruik om dievoorgeskrewe boeke vir die module te vertoon.
Schedule (Skedule) Hierdie opsie vertoon die datums van die verpligte
werkopdragte en eksamens. Die kalender op die tuisblad
vertoon ook al die datums van die verskillende leeraktiwiteite
in die skedule. Om toegang te verkry tot die inligting oor
geskeduleerde gebeure, klik op die datum in die kalender (wat
verlig en onderstreep sal wees indien die aktiwiteite vir
daardie dag geskeduleer is), of klik op die ‘schedule’ opsie in
die navigasiebalk, wat jou die opsie gee om die kalender
volgens week, maand of jaar te raadpleeg. Jy kan ook die
‘schedule’ opsie gebruik om jou te help om jou tyd so tebeplan en te bestuur dat jy kan byhou by die verskillende
leeraktiwiteite vir hierdie module. Ongelukkig sal jy nie
skedule-inskrywings kan byvoeg of verander nie.
Beplanning en tydsbestuur
Almal kry 24 uur in ’n dag – die uitdaging is om die toenemende eise wat om jou aandag
meeding, te bestuur. Ten einde studie, werk, gesinslewe en buitemuurse aktiwiteite te
balanseer moet jy ’n toepaslike skedule beplan wat sal pas by jou individuele behoeftes enomstandighede. Afgesien van die voorgestelde studierooster (wat jy kan bereik deur die
‘learning units’ opsie – ‘Overview’ te kies), en die doeldatums vir werkopdragte (wat jy kan
bereik deur op die ‘schedule’ opsie te klik), skryf ons nie ’n studierooster voor nie. Hier is
egter ’n paar aanbevelings. In die lig van die tydsbeperkings sal jy dalk sommige van hierdie
aanbevelings wil volg.
Verken die
module-webwerf
Neem tyd om die module-webwerf te verken en raak vertroud met die
vereistes van die module. Dit sal jou in staat stel om die “groter prentjie” van
die hele module te sien. Die ‘FAQs’ opsie (op die navigasiebalk van die
module-webwerf) is ’n waardevolle hulpmiddel en kan ’n nuttige beginpuntwees. Evalueer die eise, geleenthede en uitdagings van jou persoonlike
omstandighede en bepaal hoe dit verband hou met die werkopdrag-
doeldatums en die ander relevante leeraktiwiteite waaraan jy aandag moet
gee. Dit kan ’n goeie idee wees om hierdie datums onmiddellik in jou
persoonlike dagboek aan te teken.
Stel ’n persoonlike
studierooster op
Besluit oor strategieë vir vooruitbeplanning en stel jou persoonlike
studierooster op. Ons beveel aan dat jy gedissiplineerd by jou skedule
hou. Jy kan moontlik begin met voorbereidende lees van studiebrief 101 en
’n verkenning van die module-webwerf om vertroud te raak met die
verskillende opsies. Die hoeveelheid inligting wat op die module-webwerf
aangebied word en die aantal werkopdragte wat voltooi moet word, kanaanvanklik oorweldigend lyk, maar moenie moed verloor nie!
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
8/239
IOP2601/MO051/4/2016
8
Benader jou studie
sistematies
Werk sistematies deur die verskillende leeraktiwiteite, besinningsvrae en
werkopdragte wat daarop gebaseer is. Maak seker dat jy voldoen aan al die
vereistes vir die leeraktiwiteite. Gebruik die leeruitkomste en
assesseringskriteria, asook die ondersteunende materiaal en leeraktiwiteite
(gestipuleer in die ‘learning units’ opsie) om jou ’n grondslag te gee vir die
kennis en vaardighede wat jy moet ontwikkel. Om jou te help om jou studiemet vertroue te benader, kan jy dit nuttig vind om te begin deur die module-
webwerf te verken en vertroud te raak met die leeruitkomste en
assesseringskriteria, die bykomende hulpbronne en leereenhede. Die
leereenhede is ontwerp en ontwikkel in die vorm van hanteerbare “brokke”
om jou te help om die leeruitkomste op logiese en sistematiese wyse te
bereik.
Kontak jou
dosente
Moenie huiwer om ons, jou dosente, te kontak indien jy probleme ondervind
met enige aspekte van die module nie. Jy kan ons óf per e-pos, óf per
telefoon óf via die ‘discussions’ opsie kontak. Ons kontakbesonderhede is
beskikbaar op die tuisblad of die module-webwerf. Onthou, hulp is net ’n klik
ver.
Kontak jou
medestudente
Maak asseblief gereeld kontak met jou medestudente (via die ‘student
lounge’ en ander forums wat toeganklik is deur middel van die ‘discussions’
opsie). Skakel in by jou medestudente om jou begrip van moeilike konsepte
en temas te verhelder en te verbreed. Jy sal vind dat deur deel te neem aan
besprekings en voortdurend na te dink oor jou leerproses jy jou kennisbasis
sal uitbrei en nuwe vaardighede sal ontwikkel wat jy in die werkplek sal kan
toepas. Die meeste studente vind hierdie besprekings met hul dosente of
medestudente uiters nuttig in die voorbereiding van hul werkopdragte.
Deelname aan die aanlyn leergemeenskap
As jy voorheen aanlynkursusse gevolg het, sal jy waarskynlik vertroud wees met die manier
waarop ’n mens deelneem aanaanlyn omgewings. Indien dit egter die eerste keer is wat jy ’n
aanlynkursus neem, sal jy dalk wil weet hoe om te werk te gaan om in die kuberruim te
kommunikeer. ’n Belangrike kwessie in aanlyngemeenskappe is hoe mense met mekaar
omgaan. Soos jy waarskynlik weet, het die internet – die kuberruim – sy eie kultuur en
gepaardgaande konvensies vir e-pos, sosiale netwerke en meer formele aanlynomgewings
soos myUnisa, ons opvoedkundige leerbestuurstelsel.
Wanneer mense elektronies kommunikeer, vergeet hulle dikwels dat die persoon aan die
ontvangkant iemand is met gevoelens, gesigsuitdrukkings, gebare en ’n unieke stemtoon. As
’n mens nie hierdie kommunikasieleidrade kan waarneem nie, is dit heeltemal moontlik dat
die deelnemers se bedoelings misverstaan kan word – in die geval van aanlyn-
kommunikasie word betekenis gewoonlik slegs deur die geskrewe woord oorgedra. Omdat
aanlynkommunikasie neig om minder persoonlik te wees, is dit ’n goeie idee om vertroud te
raak met die riglyne vir sosiale kodes of etiket op die internet (guidelines on netiquette –beskikbaar by http://www.albion.com/netiquette/corerules.html). Hierdie riglyne bied nuttige
inligting oor deelname aan aanlynbesprekings, soos hoe om mekaar aan te spreek, en om
seker te maak dat jy “weet waarvan jy praat en dat jy sin maak” (sien reël 5).
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
9/239
IOP2601/MO051/4/2016
9
Let asseblief daarop dat wanneer jy deelneem aan die aanlynbesprekings, ons sterk
aanbeveel dat jy jou response aan jou dosente en medestudente rig deur hulle aan te
spreek aan die begin van jou respons. Wanneer jy jou bydrae afsluit, teken af met jou
naam (of titel en van). Dit sal dien as ’n aanduiding van hoe jy wil hê jou dosente en
medestudente jou moet aanspreek.
Ons wil by jou aandring om hierdie riglyne te volg om seker te maak dat jou aanlyn-
kommunikasie en aksies hoflik en respekvol is.
Nou: om weg te spring, gaan asseblief na Forum 1: Student Lounge en stel jou voor aan
jou medestudente (Bespreking 1).
Slotopmerkings
Raak vertroud met die aanlynomgewing voor die aanvang van die module in Januarie/Julie
2016.
Ons sien uit daarna om jou vordering op ’n persoonlike en professionele vlak gedurende die
semester dop te hou.
Dit is werklik ’n plesier om jou as ’n student te hê, en ons wens jou alle sukses met jou
studie toe.
Jou dosent
Me Nomfusi Bekwa
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
10/239
IOP2601/MO051/4/2016
10
‘Welcome message’ op die tuisblad
Welkom by die module Organisatoriese Navorsingsmetodes (IOP2601). Ons hoop jy vind
hierdie module interessant, sinvol en verrykend.
Tyd wag vir niemand nie ...
IOP2601 neem jou deur die basiese toepassings van navorsingsontledingstegnieke,
-berekenings en interpretasie van navorsingsinligting.
Ons vind dikwels dat studente skrikkerig is vir enigiets met syfers – die module is so
opgestel dat dit ’n stap-vir-stap-prosedure bied vir die reis wat voorlê.
Hierdie webbladsy het ten doel om jou te ondersteun in jou studie van hierdie module. As jy
’n gewoonte daarvan maak om gereeld jou Module-webblaaie na te gaan, kan jy volle
voordeel trek uit hierdie eienskappe:
1. Gaan na ‘Official Study Material’ en jy sal daar PDF-lêers vind vir jou studiebriewe en
MO001 Brief. Daar is ook ’n aantal vorige eksamenvraestelle opgelaai om jou ’n ideete gee van hoe die finale assessering uitgevoer word. Enige ander dokumente wat
voorsien word, is beskikbaar in die ‘Additional Resources’ opsie.
2. Gaan na ‘Prescribed Textbooks’ om die voorgeskrewe boek vir hierdie module te sien.
3. Gaan na die ‘Discussion Forum’ – dit is ’n ruimte waar jy met jou medestudente en jou
dosente oor hierdie module kan gesels. Ons sal moontlik ander ‘Topics’ en ‘Forums’
insluit namate die semester vorder.
4. Gaan na die ‘Schedule’ en gaan jou werkopdrag-doeldatums na.
Ons sal hierdie MO001 gebruik om jou deur die inhoud van hierdie module te lei. Afgesien
van die hardekopie is daar ook ’n elektroniese weergawe beskikbaar onder die ‘Additional
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
11/239
IOP2601/MO051/4/2016
11
Resources’ opsie in myUnisa. Raak asseblief vertroud met ons module-webwerf – ons
beveel aan dat jy die Getting started letter eerste raadpleeg.
Besoek asseblief die module-webwerf gereeld om op hoogte te bly van al die leeraktiwiteite.
Jy sal dit moontlik ook nuttig vind om toegang te verkry tot die volgende skakels wat
betrekking het op aanlynstudie:
myStudies @Unisa (1)
http://www.youtube.com/watch?v=j6QZrRF2iVU&feature=related
myStudies @ Unisa (2): What does it mean to be an ODL student at Unisa?
http://www.youtube.com/watch?v=fgO_NcxduGg&feature=related
Get connected before you start to register on myUnisa
http://www.youtube.com/watch?v=MAGvmgdSkEk&feature=related
Moenie huiwer om ons te kontak deur middel van ‘Discussion Forum 6: Questions to mylecturer’, via e-pos, of deur ons by ons kantore op die Muckleneuk-kampus in Pretoria te
besoek nie. Indien u beplan om ons op die kampus te besoek, onthou asseblief om vooraf ’n
afspraak te maak (kantoorure: 08:30–16:00)
Die kontakbesonderhede is soos volg:
Me Nomfusi Bekwa
Kantoor: AJH van der Walt Gebou 3-91
Telefoon:+27(0)12 429 8054 of 8033
E-pos-adres: [email protected]
Dui asseblief aan of dit ’n AKADEMIESE NAVRAAG OF ’N ADMINISTRATIEWE
NAVRAAG IS
Die volgende stap
Kies die ‘Discussion Forums’ opsie (in die kieslys aan die linkerkant), gaan na Forum 1:
Student Lounge en stel jou bekend aan jou medestudente onder Discussion 1.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
12/239
IOP2601/MO051/4/2016
12
Oorsig, uitkomste en assesseringskriteria
Die IOP2601-module word aangebied deur die Departement Bedryfs- en
Organisasiesielkunde en is bedoel vir studente wat ’n loopbaan wil volg in die veld van
bedryfs- en organisasiesielkunde, insluitende praktisyns op die gebied van
mensehulpbronne. Dit is ’n semestermodule wat 12 krediete bydra tot jou kwalifikasie.
Die fokus van hierdie module is hoofsaaklik op die data-ontleding-stap van die
navorsingsproses waarin jy meer sal leer oor die tegnieke wat gebruik kan word om sin te
maak uit kwantitatiewe data wat versamel word en hoe om afleidings en betekenisvolle
gevolgtrekkings te maak. Die doel van studie in hierdie module is om studente in staat te stel
om ’n soliede kennisbasis en deeglike begrip te ontwikkel van hoe om basiese beskrywende
en inferensiële statistiek te bereken en te interpreteer as deel van ’n navorsingsprojek in ’n
organisasiekonteks. Jy moet ook in staat wees om toepaslike beskrywende en inferensiële
statistiese tegnieke wat algemeen in die bedryfs- en organisasiesielkunde gebruik word,
effektief te selekteer en toe te pas. Daar word van jou verwag om jou kennisbasis toe te pasin die hantering van onbekende maar goed gedefinieerde kwantitatiewe navorsingsprobleme
in die werkplek, deur korrekte prosedures te volg en toepaslike bewyse te lewer. Daar word
ook van jou verwag om inligting met betrekking tot die spesifieke leeruitkomste duidelik en
betroubaar aan te bied en oor te dra. Verder moet jy jouself akkuraat assesseer en jou eie
leerbehoeftes, wat spruit uit die leer wat in hierdie module bereik is, identifiseer en werk
maak daarvan.
Die module word in vier dele aangebied:
Toepassing
16. Data-analise: 'n fiktiewe organisasie
Agtergrond
1. Inleiding tot navorsing en statistiek
2. Die taal van statistiek
3. Basiese wiskundige berekenings wat instatistiek gebruik word
Dataverwerking:Beskrywend
4. Voorstelling van data
5. Maatstawwe van sentraleneiging
6. Maatstawwe vanvarieerbaarheid
7. Korrelasie
8. Regressie
Dataverwerking: Inferensieel
9. Basiese konsepte van waarskynlikheid
10. Die normaalverspreiding
11. Steekproefdistribusies en hipotesetoetsing
12. Hipotesetoetse vir gemiddeldes: t-toetse
13 Hipotesetoetse vir gemiddeldes: eenrigting-variansieontleding
14. Die chi-kwadraattoets
15. Onderskeidingsvermoë
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
13/239
IOP2601/MO051/4/2016
13
Uitkomste Assesseringskriteria
Verduidelik die basiese
beginsels en konsepte van
wetenskaplike navorsing
van ’n kwantitatiewe aard,asook die
navorsingsproses
Die kenmerke van die wetenskaplike benadering tot navorsing word
verduidelik.
Die kwantitatiewe navorsingsproses wat in ’n navorsingsprojek gevolg
word, word beskryf.
’n Veranderlike word gedefinieer, ’n onderskeid word gemaak tussen
diskrete en kontinue veranderlikes, asook tussen onafhanklike en
afhanklike veranderlikes, en voorbeelde van elk in ’n kwantitatiewe
studie word voorsien.
Nominale, ordinale, interval- en ratioskale word onderskei en
voorbeelde van elk word gegee.
Verskillende konsepte van kwantitatiewe data soos beskrywende
versus inferensiële statistiek, populasie versus steekproef,
parameters versus statistiek en metingsdata versus kategoriese dataword gedefinieer en onderskei en voorbeelde van elk word gegee.
Beskryf ’n datastel deur
gebruik te maak van
beskrywende statistiek.
’n Frekwensietabel word saamgestel, ’n frekwensieveelhoek en ’n
histogram word getrek en beskryf in terme van die eienskappe van
skeefheid en kurtose. Die grafiese voorstelling in terme van tipe en
eienskappe op rekenaardrukstukke word ook geïdentifiseer.
Omvangstelling: Die samestelling van ’n frekwensietabel en die optrek
van ’n frekwensieveelhoek en ’n histogram sluit gegroepeerde en
ongegroepeerde data in. Skeefheid sluit simmetriese, bimodale,
unimodale, negatief skewe en positief skewe verspreidings in. Kurtose
sluit platikurtiese, leptokurtiese en mesokurtiese verspreidings in.
Die maatstawwe van sentrale neiging (modus, mediaan en
gemiddelde) word beskryf en bereken, melding word gemaak van die
voordele en nadele van elk van die drie maatstawwe van sentrale
neiging, en elke maatstaf vir die verskillende tipes verspreidings
(normale, bimodale, positiewe en negatiewe verspreidings) word
geïdentifiseer. Die gemiddelde waarde word op rekenaardrukstukke
geïdentifiseer en geïnterpreteer.
Varieerbaarheid word beskryf, die drie maatstawwe van varieer-
baarheid (omvang, variansie en standaardafwyking) word gedefinieer,
bereken en geïnterpreteer, en variansie en standaardafwyking word
op ’n rekenaardrukstuk geïdentifiseer en geïnterpreteer.
Die konsep ‘korrelasie’ en die faktore wat korrelasie beïnvloed, word
beskryf.
Omvangstelling: Pearson se produk-moment- korrelasiekoëffisiënt
word bereken en geïnterpreteer in terme van sterkte (deur die
korrelasie-interpretasieskaal te gebruik), aard (deur die korrelasie-
interpretasieskaal te gebruik), die afleidings wat gemaak kan word en
die proporsie en persentasie van gemeenskaplike variansie asook
effekgrootte. Die korrelasie tussen twee spesifieke veranderlikes word
korrek geïdentifiseer vanaf ’n korrelasiematriks en geïnterpreteer
vanaf ’n rekenaardrukstuk. Die veranderlikes se datastel word op ’nstrooidiagram gestip en die verhouding wat op die grafiek vertoon
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
14/239
IOP2601/MO051/4/2016
14
word, word geïnterpreteer in terme van die korrelasie tussen die
veranderlikes.
Regressie word beskryf en daar word verduidelik hoe voorspel-
lingsakkuraatheid met korrelasie gekoppel is.
Omvangstelling: Die algemene regressievergelyking word geïdenti-fiseer, die b-waarde (helling) en die a-waarde (afsnit) word bereken,
Y-waardes word voorspel deur a, b en gegewe X-waardes te
substitueer in die vergelyking en ’n grafiese voorstelling van hierdie
regressielyn word gegee. Die helling (b), afsnit (a) en regressie-
koëffisiënt word korrek geïdentifiseer en geïnterpreteer op ’n
rekenaardrukstuk.
Verduidelik basiese
konsepte van inferensiële
statistiek
Omvangstelling: Die basiese konsepte van inferensiële statistiek sluit
in die standaard normale verspreiding, waarskynlikheid en
steekproefdistribusies.
Die normale verspreiding asook die standaard normale verspreidingword beskryf. Die belangrikheid van die standaard normale
verspreiding word verduidelik en grafies geïllustreer.
Die lineêre transformasie van die berekening van z-waardes word
uitgevoer, proporsies word vanaf die relevante tabel geïdentifiseer en
in terme van persentasies en aantal gevalle geïnterpreteer.
Betroubaarheidsgrense vir waarnemings word bereken en geïnter-
preteer.
Die terme en wette van waarskynlikheid word verduidelik.
Omvangstelling: Terme van waarskynlikheid sluit in ’n gebeurtenis,
onafhanklike gebeurtenis, onderlinge uitsluitendheid en volledigheid.
Wette van waarskynlikheid sluit in die optellings- en vermenig-
vuldigingswette.
Die konsepte gesamentlike, voorwaardelike en onvoorwaardelike
waarskynlikheid word beskryf en onderskei en waarskynlikheid word
bereken.
Ewekansige steekproefneming, steekproefdistribusie en steekproef-
fout word beskryf en ’n steekproefdistribusie word met ’n diagram
geïllustreer.
Doen hipotesetoetsingdeur die toepassing van
inferensiële statistiek
Omvangstelling: Die stappe in hipotesetoetsing sluit in, maar is niebeperk nie tot, die formulering van ’n nulhipotese, formulering van die
alternatiewe hipotese, bepaling of die toets eenkantig of tweekantig is,
bepaling van die beduidendheidspeil, berekening van die
toetsstatistiek, bepaling van die grade van vryheid, bepaling van die
kritieke waarde, verwerping of nieverwerping van die nulhipotese en
interpretasie van die bevindings.
Die konsep ‘hipotese’ word beskryf, daar word verduidelik waar
hipotese in die navorsingsproses inpas, en die stappe van die proses
van hipotesetoetsing word in detail bespreek.
Die korrekte toetsstatistiek word geïdentifiseer vir die beantwoordingvan ’n spesifieke navorsingsvraag gebaseer op kwantitatiewe data.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
15/239
IOP2601/MO051/4/2016
15
Omvangstelling: Die tipe navorsingsvrae is beperk tot die insluiting
van twee verwante steekproewe, twee onafhanklike steekproewe, drie
of meer onafhanklike steekproewe en kategoriese data.
Die stappe in statistiese hipotesetoetsing word toegepas vir ’n t-toets
vir twee verwante steekproewe, ’n t-toets vir twee onafhanklikesteekproewe en ’n eenrigting-ANOVA.
Omvangstelling: Die toepassing van toetsstatistiek (twee verwante
steekproewe, twee onafhanklike steekproewe en drie of meer
onafhanklike steekproewe) is beperk tot normaal verspreide metings-
(kwantitatiewe) data. Die toetsstatistiek vir drie of meer onafhanklike
steekproewe is beperk tot dié met een onafhanklike veranderlike
(eenrigting-ANOVA).
Die toepaslike nieparametriese ekwivalente van ’n t-toets vir twee
verwante steekproewe, ’n t-toets vir twee onafhanklike steekproewe
en ’n eenrigting-ANOVA word gelys.
’n Rekenaardrukstuk van die resultate van ’n t-toets vir twee verwante
steekproewe, ’n t-toets vir twee onafhanklike steekproewe en ’n
eenrigting-ANOVA word geïnterpreteer.
Die korrekte toetsstatistiek vir kategoriese (frekwensie-) data
(pasgehalte-toets en tweerigting-tabel) word geïdentifiseer uit ’n
probleemstelling.
Die chi-kwadraattoetsstatistiek word toegepas binne die proses van
hipotesetoetsing en geïnterpreteer vanaf ’n rekenaardrukstuk.
Omvangstelling: Die chi-kwadraattoetsstatistiek is beperk tot normaal
verspreide kategoriese (frekwensie-) data en sluit die pasgehalte-toets vir een klassifikasieveranderlike en ’n tweerigting-tabel vir twee
klassifikasieveranderlikes in.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
16/239
IOP2601/MO051/4/2016
16
Hoëfrekwensievrae (FAQs)
KATEGORIE VRAE EN ANTWOORDE
Studiebriewe Vraag 1: Watter inli gting bevat die studiebriewe?
Antwoord:
Die studiebriewe bevat belangrike inligting oor die werkskema, hulpbronne en
werkopdragte vir hierdie module. Lees dit asseblief noukeurig en hou dit
byderhand wanneer jy deur die studiemateriaal werk, die werkopdragte
voorberei, vir die eksamen voorberei en vrae aan jou dosente rig.
Meer spesifiek, in Studiebrief IOP2601/101/3/2016 vind jy die werkopdragte en
assesseringskriteria asook instruksies oor die voorbereiding en indiening van
die werkopdragte. Hierdie studiebrief bied ook al die inligting wat jy nodig het
met betrekking tot die studiemateriaal, ander hulpbronne en hoe om dit te
verkry.
Studiebrief IOP2601 201/1/2016 of IOP2601 201/2/2016 bevat terugvoeringoor Werkopdrag 01, 02 en 03; terwyl Studiebrief IOPALLA/301/2016
belangrike inligting bevat wat van toepassing is op alle studente wat in die
Departement Bedryfs- en Organisasiesielkunde geregistreer is.
Ons wil uit die staanspoor daarop wys dat jy al die studiebriewe wat jy
gedurende die semester ontvang het, moet lees aangesien dit altyd belangrike
en soms dringende inligting bevat.
Maak asseblief seker dat jy deur die studiebriewe werk voordat jy enige werk
in die module aanpak.
Vraag 2: Sal ek al my studiemateriaal ontvang wanneer ek registreer?
Antwoord :
Let asseblief daarop dat nie al jou studiemateriaal beskikbaar mag wees
wanneer jy registreer nie.
Studiemateriaal wat nie beskikbaar is wanneer jy registreer nie, sal so gou
moontlik aan jou gepos word.
Let wel: Dit is nie moontlik om uitstaande studiebriewe aan studente te faks
nie. Dit is egter moontlik om dit van die module-webwerf af te laai onder dieopsies Official Study material en ‘Additional Resources’.
Dit is dus tot jou voordeel om as ’n aanlynstudent te registreer sodat jy
onmiddellik toegang het tot jou studiemateriaal.
Studente-
steundienste
Vraag 1: Wie moet ek kontak betreffende administratiewe navrae?
Antwoord :
Alle administratiewe navrae in die Departement Bedryfs- en Organisasie-
sielkunde moet aan die departementele hulplessenaar gerig word:
E-pos-adres: [email protected]
Tel: +27 (0)12 4298033 of +27 (0)12 4298054
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
17/239
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
18/239
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
19/239
IOP2601/MO051/4/2016
19
KATEGORIE VRAE EN ANTWOORDE
Vraag 2: Wat is die voordele van aanlynleer?
Antwoord :
In die aanlynwêreld kan jy enige tyd op enige plek studeer, teen ’n pas wat
geskik is vir jou individuele leerstyl. Onthou eegter dat jy steeds sal moet houby die vereiste doeldatums vir die indiening van werkopdragte.
Vraag 3: Watter internetvaardighede is nutt ig vi r aanlynleer?
Antwoord:
Die suksesvolste studente het die volgende vaardighede:
Vertroudheid met hul webblaaier
Vertroudheid met ’n e-pos-program (insluitende die aanheg van
dokumente en en die lees van aanhegsels) ’n Mate van vertroudheid met webgebaseerde interaksies – e-pos, sosiale
netwerke, leerbestuurstelsels
Vertroudheid met woordverwerking (MS Word)
Ervaring van suksesvolle internet-soektogte deur die gebruik van ’n
verskeidenheid blaaiers en soekenjins
Vraag 4: Hoe belangrik is gesindheid om sukses te behaal in my studies
en in ’n aanlynleeromgewing?
Antwoord :
Jou gesindheid is baie belangrik om sukses te verseker.
Ons weet dat jy belangstel in hierdie onderwerp, anders sou jy nie vir hierdie
module ingeskryf het nie. Ons wil jou aanmoedig om ’n positiewe gesindheid
jeens jou studie en die aanlynleeromgewing te ontwikkel. Om dit te bereik is
daar ’n aantal dinge wat in gedagte gehou moet word.
TYD is belangrik vir ’n afstandleer-student. Jy moet in beheer wees van jou tyd
en dit doeltreffend bestuur. Stel ’n studieprogram aan die begin van die
semester op en hou daarby. Dit verg dissipline, maar verseker dat jy:
genoeg tyd het om deur al die relevante studiemateriaal te werk
in staat is om die relevante take en werkopdragte op die doeldatums in tedien
genoeg tyd het vir hersiening en voorbereiding vir die werkopdragte en
eksamen
Ons wil jou aanmoedig om die riglyne hieronder te volg:
MOENIE agter raak in jou beplanning nie.
Werk gereeld en konsekwent.
Maak seker dat jy die werk verstaan namate jy vorder.
MOENIE moed verloor met moeilike werk nie; kry eerder dadelik hulp.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
20/239
IOP2601/MO051/4/2016
20
KATEGORIE VRAE EN ANTWOORDE
Ons hoop hierdie inligting vergemaklik jou studie en help jou om sukses te
behaal.
Vraag 5: Hoe moet ek my aanlynleer benader?
Antwoord :Ons het almal verskillende leerstyle en voorkeure. Neem egter die volgende
riglyne in ag:
Laat tyd toe om deur elke leereenheid te werk en doen die aktiwiteite.
Laat ekstra tyd toe vir moeilike werk of werk waarmee jy problemeondervind.
Wanneer jy ’n studieplan opstel, ruim tyd in vir persoonlikeverantwoordelikhede (bv gesinsverantwoordelikhede, werksverpligtinge,
sosiale verpligtinge, verlof).
Gebruik jou mees produktiewe tyd vir studie (bv. laataand wanneer die
kinders bed toe is of vroegoggend voordat die res van die gesin wakkerword)
Dit is meer doeltreffend om gereeld te studeer (bv. ’n uur op ’n dag) assporadies (bv. een keer ʼn maand vir tien ure aaneen). Besluit nou
hoeveel uur per week jy gaan gebruik om te studeer. Ons stel voor dat jy
een of twee uur per dag daarvoor opsysit.
Hou rekord van jou vordering. Dit sal jou goed doen om te sien wat jy albereik het en dit sal jou inspireer indien jy agter raak. Wees daarop
voorbereid dat jou studieprogram onderbreek kan word as gevolg van
onvoorsiene omstandighede. Jy behoort jou vordering te monitor sodat jy
onmiddellik kan inhaal as jy agter raak. Onthou dat dit makliker is om een
week se verlore studietyd in te haal as ’n hele maand s’n.
Tegniese
kwessies met
betrekking tot
myUnisa
Vraag 1: Hoe skep ek ’n nuwe onderwerp met gebruik van die
‘Discussion Forum’ opsie?
Antwoord :
Om ’n nuwe onderwerp in ’n forum te skep moet jy die volgende doen:
Kies die Student Lounge forum uit die lys forums in die ‘Discussion Forums’
opsie.
Kies nou bo aan die bladsy die opsie Add a new Top ic.
Gee jou onderwerp ’n beskrywende naam in die Topic Title raampie.
Skryf in die Message raam die instruksies vir die bespreking.Klik op die Submit knoppie om jou onderwerp vir bespreking in te dien.
Vraag 2: Wat word van my verwag wanneer ek deelneem aan
besprekingsforums?
Antwoord :
Onthou, aanlynbesprekingsforums is nie dieselfde as e-pos-boodskappe, of ’n
brief aan die dosent of ’n kletskamer nie. Die myUnisa besprekingsforums
moet dus nie gebruik word vir persoonlike boodskappe aan jou dosente of aan
mekaar nie. Jy is egter welkom om gebruik te maak van die forum gemerk
Student Lounge om jou aan jou medestudente bekend te stel, om
studiegroepe te vorm en om jou eie onderwerpe te skep.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
21/239
IOP2601/MO051/4/2016
21
KATEGORIE VRAE EN ANTWOORDE
In hierdie module gebruik ons die aanlynbesprekingsforum vir akademiese
doeleindes. Om hierdie rede sal die besprekings gebaseer wees op
onderwerpe verwant aan die module-uitkomste, die assesserings en die
ondersteunende inhoud.
Aanlynbesprekingsforums is meer soos klasbesprekings in ’n gewone
klaskamer waar die dosente besprekingspunte opper en vrae vra. Al die
studente kan dan reageer op die dosent se vrae asook op mekaar se
response. Die dosent kan dan onsekerhede opklaar en moontlik ’n opsomming
gee aan die einde van ’n bespreking.
Deelname aan besprekingsforums bied jou geleenthede om:
onderwerpe in die vakgebied te bespreek en op te klaar
ervarings en idees met medestudente en dosente te deel
probleme in samewerking met ander op te los
oor belangrike kwessies te debatteer
vrae te vra oor die onderwerp onder bespreking
die jongste ontwikkelings in die vakgebied bekend te stel
onmiddellik terugvoering oor werkopdragte te kry
toegang te kry tot bykomende hulpbronne met betrekking tot relevante
onderwerpe in hierdie vak/dissipline
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
22/239
IOP2601/MO051/4/2016
22
Die besprekingsforums en besprekingsonderwerpe
Forums Onderwerpe
Forum 1: Student Lounge
Gebruik hierdie forum om
algemene sake onder
mekaar te bespreek
Bespreking 1: Introduce yourself
Gebruik hierdie ruimte om jou medestudente te leer ken.
Vertel jou medestudente van jou huidige werksituasie, professionele
agtergrond en enigiets anders wat jy wil meedeel (± 250 woorde).
Bespreking 2: Fellow student contact details
Gebruik hierdie ruimte om jou kontakbesonderhede met jou
medestudente te deel en studiegroepe te vorm.
Forum 2: Algemene
vakverwante besprekings
Gebruik hierdie forum om
algemene navrae oor die
inhoud van die module te
rig
Bespreking 1: General discussion
Gebruik hierdie ruimte vir algemene besprekings oor die vak.
Forum 3: Aanlyn-
aktiwiteit met betrekking
tot die inhoud
Gebruik hierdie forum om
studente te betrek in
aanlynaktiwiteite
betreffende die module-
inhoud
Bespreking 1: Online activities
Gebruik hierdie ruimte vir die bespreking van aanlynaktiwiteite.
Forum 4: Werkopdrag
Navrae
Gebruik hierdie forum om
Werkopdrag 01 en 02 te
bespreek
Bespreking 1: Assignment 01 queries
Gebruik hierdie ruimte vir verheldering en algemene vrae oor
Werkopdrag 01.
Bespreking 2: Assignment 02 queries
Gebruik hierdie ruimte vir verheldering en algemene vrae oor
Werkopdrag 02.
Forum 5:
Eksameninligting
Gebruik hierdie forum om
eksamenkwessies te
bespreek
Bespreking 1: Exam information
Hierdie ruimte sal gebruik word vir die bespreking van die
eksamenraamwerk en belangrike sake betreffende die eksamen.
Forum 6: Vrae aan jou
dosente
Gebruik hierdie forum om
vrae aan jou dosente te rig
Bespreking 1: Queries to your lecturers
Gebruik hierdie ruimte om enige vrae of probleme aan jou dosente te rig
oor die onderwerpe wat in hierdie forum of die relevante studiemateriaal
behandel is.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
23/239
IOP2601/MO051/4/2016
23
Leereenhede
Bedryfsielkunde
IOP2601
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
24/239
IOP2601/MO051/4/2016
24
Ikone en hul betekenis
Bekendstelling van ons navorsingsprojek
Leereenheid
AGTERGROND1 Inleiding tot navorsing en statistiek
2 Die taal van statistiek
3 Basiese wiskundige berekenings wat in statistiek gebruik word
DATA-VERWERKING: BESKRYWEND
4 Aanbieding van data
5 Maatstawwe van sentrale neiging
6 Maatstawwe van varieerbaarheid
7 Korrelasie
8 Regressie
DATA-VERWERKING: INFERENSIEEL
9 Basiese konsepte van waarskynlikheid
10 Die normaalverspreiding
11 Steekproefdistribusies en hipotesetoetsing
12 Hipotesetoetse vir gemiddeldes: t-toetse
13 Hipotesetoetse vir gemiddeldes: eenrigting-variansieontleding
14 Die chi-kwadraattoets
15 Onderskeidingsvermoë
TOEPASSING
16 Data-analise: 'n fiktiewe organisasie
VERWYSINGS
BYLAE: Lys van formules
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
25/239
IOP2601/MO051/4/2016
25
Ikone en hul betekenis
As jy deur die studiemateriaal blaai, sal jy sien daar is verskillende ikone wat verskillende
tipes teks identifiseer. Hieronder is voorbeelde van hierdie ikone en ’n kort verduideliking
van wat elkeen beteken.
AKTIWITEIT: Hierdie ikoon dui aan dat jy iets moet
doen, byvoorbeeld ’n definisie moet herformuleer, vrae
moet beantwoord of berekenings moet doen. ’n
Aktiwiteit sluit terugvoering van ons in om jou te help
om die werk te verstaan. Doen asseblief die aktiwiteite
– ons het dit spesiaal om die volgende redes vir jou
geskep:
Eerstens kan jy bepaal of jy die werk wat bespreek is,ken en verstaan.
Tweedens kan jy dit beskou as mikro-ervarings van
werkopdragte of eksamenvrae.
WENK: ’n wenk bevat waardevolle inligting wat jou sal
help met sekere feite en berekenings. Neem noukeurig
kennis van alle wenke.
TIPIESE REKENAARDRUKSTUK: Dit verwys na ’n
afdeling in die voorgeskrewe boek deur Tredoux enDurrheim (2013) of ons eie voorbeeld van ’n tipiese
rekenaaruitset van ’n statistiese pakket.
WAT BEHOORT EK NOU TE KAN DOEN?: Teen die
einde van elke leereenheid voorsien ons ’n kontrolelys.
Evalueer jouself om seker te maak dat jy die doelwitte
bereik het wat ons vir jou in daardie leereenheid gestel
het.
Statistiese formules
Goeie nuus: Jy hoef nie enige statistiese formules te memoriseer nie! Jy moet slegs
weet wanneer om hierdie formules te gebruik en hoe om di t korrek toe te pas.
In die eksamen sal jy ’n lys ontvang van al die formules waaroor jy geleer het – soos die een
in die aanhangsel aan die einde van hierdie MO001. Ons gee die hele formule, insluitende
die simbool links van die ‘‘=’’. Al wat jy moet weet is wat die simbole links van die ‘‘=’’ in al
die formules beteken.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
26/239
IOP2601/MO051/4/2016
26
Navorsingsmetodologie en rekenaars
Rekenaars is onontbeerlik vir statistiese dataverwerking. Ons bespreek hierdie
onderwerp onder die volgende twee opskri fte:
tipiese rekenaardrukstukke
die Internet/Wêreldwye Web
Tipiese rekenaardrukstukke
Ons het besluit om tipiese rekenaardrukstukke by die studiemateriaal te voeg ten einde jou
’n idee te gee van die rol wat sagteware vir statistiese-data-ontledingspakkette in
dataverwerking op ’n persoonlike rekenaar speel.
Wanneer jy nuwe inligting in die vorm van ’n datastel ontvang, moet jy weet watter
statistiese berekenings jy moet uitvoer – dit wil sê watter statistiek om te bereken en hoe om
dit te doen, en hoe om inligting uit die datastel te verkry ten einde dit te verstaan. Die
oefeninge en werkopdragte gee jou oefening in hierdie verband (wat en hoe), deur klein
datastelle en eenvoudige statistiek aan te bied. In ’n werksituasie sal jy gewoonlik egter te
doen kry met groot datastelle en meer ingewikkelde statistiek. Dan is dit nie meer haalbaar
om die berekenings self met behulp van ’n sakrekenaar te doen nie – jy sal BESLIS ’n
rekenaar nodig hê. Een doel van hierdie module is om jou oefening te gee in die lees van
uitset vanaf ’n sagtewareprogram (selfs al het jy nie toegang tot ’n rekenaar nie).
Die voorgeskrewe handboek bied materiaal wat jou wys hoe om SPSS te gebruik vir
spesifieke statistiese ontleding, maar jy kan ook gebruik maak van sagteware soos
STATISTICA met uitgebreide steunmateriaal op die gepaardgaande CD. Jy sal ook
Microsoft Excel voorbeelde in die voorgeskrewe handboek vind. Onthou dat die doel van die
rekenaardrukstukke is om jou die geleentheid te gee om die uitsette te lees en om die
verskillende statistiese konsepte wat hulle bevat te identifiseer en te interpreteer. Diegene
van julle wat nie toegang het tot rekenaars nie, sal voorbeelde hê van die belangrikste
rekenaardrukstukke – wat jy sal moet kan identifiseer – in die verskillende leereenhede.
As jy wil sien hoe die uitset van ’n rekenaarprogram lyk, kan jy deur die voorgeskrewe
handboek blaai vir voorbeelde. Uitsette van rekenaarprogramme verskyn byvoorbeeld op
bladsy 175 tot 179 in Tredoux en Durrheim (2013). Op hierdie stadium sal jy moontlik nie die
uitsette verstaan nie, omdat die konsepte nog nie verduidelik is nie. Ons wil slegs hê jy moet
sien hoe die uitset van ’n program aangebied word.
Die Internet/Wêreldwye Web (www)
Lees die laaste vier reëls van die voorwoord in Tredoux en Durrheim (2013) oor die gebruik
van die internet.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
27/239
IOP2601/MO051/4/2016
27
Indien jy toegang het tot die internet, gebruik dit om jou studie van navorsingsmetodes te
verryk. Besoek webtuistes wat statistiese konsepte en tegnieke op ’n interaktiewe manier
demonstreer. Ons kan dit werklik aanbeveel!
Indien jy deur die Web kan blaai, werk deur die bykomende hoofstuk op die CD oor internet-hulpbronne en gebruike.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
28/239
IOP2601/MO051/4/2016
28
Bekendstelling van ons navorsingsprojek
NUWE STERRE
Verbeel jou dat jy deel is van ’n eksklusiewe navorsingspan om deel te neem aan ’nrevolusionêre en opwindende navorsingsprojek. Hierdie navorsingsprojek beloof om
nuuswaardig en die grootste te wees wat die vermaaklikheidswêreld vanjaar gaan beleef! Jy
het Big Brother gesien, jy het Idols gesien en jy het The Apprentice gesien. Maar jy het nog
nooit ’n werklikheidsprogram gesien wat hierdie drie kombineer nie! Jy word uitgenooi om
deel van ’n navorsingspan te wees wat hierdie nuwe en opwindende werklikheidsprogram
wat vanjaar bekendgestel word, te monitor, te ondersoek en te evalueer. Kom ons vertel jou
meer van Nuwe Sterre: Die volgende advertensie is in al die groot koerante geplaas:
NUWE STERRE
Is dit jou droom om ’n ster te word? Ons stel bekend die grootste geleentheid in die
opwindendste werklikheidsprogram wat jy nog ooit gesien het! Nuwe Sterre is op soek na
sterre in wording wat die eienskappe het wat nodig is om die hitte van die kollig te verduur
en naam te maak in die vermaaklikheidswêreld!
Die reëls van ‘‘Nuwe Sterre’’ is soos volg:
Voordat iemand aan die Nuwe Sterre-sangkompetisie kan deelneem, moet hulle ’n
moordende leerlingskapprogram van drie weke deurloop.
Die hele leerlingskapprogram van drie weke sal 24 uur per dag verfilm word ... en ...
wat meer is, alles sal regstreeks op televisie gebeeldsend word asook op die internet
vertoon word. Die Nuwe Sterre-webtuiste sal regstreekse film van die deelnemers
uitsaai soos hulle deur die leerlingskapprogram gaan.
Die leerlingskapprogram sal vereis dat deelnemers saam in ’n luukse gastehuis
tuisgaan terwyl hulle vir die lewe van ’n glanspersoon voorberei.
Voorbereidingsaktiwiteite sluit in
– ’n algehele verandering van voorkoms
– sielkundige evaluerings
– dramaklasse – stemopleidingsessies
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
29/239
IOP2601/MO051/4/2016
29
– bywoning van kursusse wat aangebied word oor hoe om op te tree tydens
onderhoudvoering
– opleiding oor hoe om die aandag van aanhangers en die media te hanteer.
Tien deelnemers sal gekies word om aan die Nuwe Sterre-leerlingskapprogram deel
te neem, maar slegs vyf sal deurdring na die finale Nuwe Sterre-sangkompetisie. Die wenner van Nuwe Sterre sal die volgende wen:
– ’n Internasionale opnamekontrak
– ’n Kontantprys ter waarde van R1 000 000.00
– ’n Drie-maande-kontrak as die hoofsanger van die verhoogstuk ‘‘Grease’’ op
Broadway in New York.
Gedurende die leerlingskapprogram van drie weke sal kykers vir hulle gunsteling
‘‘ster-in-wording’’ kan stem en hulle sal ook met hulle kan kommunikeer deur middel
van die sosialenetwerk-fasiliteit wat op die Nuwe Sterre-webtuiste beskikbaar is. Allekommunikasie en deelname aan hierdie sosialenetwerk-fasiliteit sal noukeurig deur
administrateurs, Nuwe Sterre-beoordelaars en lede van die paneel van die etiese
komitee gemonitor word.
En kykers word selfs meer aangebied – hulle sal ’n paar van die beoordelaars ook
kan uitstem!
Hoe sal die stemmery werk?
Kykers kan vir deelnemers stem en punte gee op grond van hulle
kommunikasievaardighede en interaksie met ander deelnemers, deelname aan dieproses, sterkwaliteit, uitvoeringtalent asook hulle kanse om die kompetisie te wen.
Die stemming en gee van punte sal twee maal per week, op Maandae en Vrydae,
plaasvind.
Deelnemers en beoordelaars wat uitgestem word, sal op Dinsdae en Saterdae in
kennis gestel word. Om dubbelstemming uit te skakel, sal die finale stemming vir die
Nuwe Sterre-sangkompetisie slegs gedoen word deur die gehoor wat by die
regstreekse televisie-uitsending van die program teenwoordig is.
Deelnemers word uitgenooi om aansoek te doen deur ’n persoonlike aanbieding van
hul CV’s deur middel van ’n video-opname in te dien. Die aanbieding moet verwysing
insluit na hul ouderdom, geslag, ras, opleiding, beroep, huidige inkomste enuitgawes, loopbaanaspirasies, vorige optree- en sangondervinding asook ’n
motivering waarom hulle glo hulle in staat is om die eerste Nuwe Sterre-ster te wees.
Ontmoet die 10 Nuwe Sterre-kandidate wat gekies is om aan die 24/7 Nuwe Sterre-
leerlingskapprogram van drie weke deel te neem:
Vuyo K
– Swart vrou
– 20 jaar oud – Enkellopend
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
30/239
IOP2601/MO051/4/2016
30
– Derdejaar drama- en kunsstudent
– Sien haarself as die ‘‘volgende beste ding’’ in die musiekbedryf
– Baie ambisieus, spontaan, en glo sy is gereed vir glorie en rykdom
Lebo
– Swart man
– 20 jaar oud
– Enkellopend maar onbeskikbaar, soos hy daarvan hou om homself bekend te stel
– IT-administrateur
– Glo hy het talent en sien hierdie kompetisie as iets nuuts om op die proef te stel,
aangesien hy dink dit sal hom uitdaag om afstand van sy bleeksielmentaliteit te
doen
Sasha
– Wit vrou
– 19 jaar oud
– Tweedejaar BCom-student in Bedryfsielkunde aan Unisa
– Sy beskryf haarself as ’n ‘‘klein bom’’ as gevolg van haar fyn liggaamsbou en groot
stem
– Sy sien daarna uit om die ‘‘helder stadsligte’’ te ervaar wat met ’n loopbaan in
vermaaklikheid geassossieer word
Susan
– Swart vrou – Enkellopend
– 27 jaar oud
– Baie ambisieus en wil meer wees as bloot ’n kunstenaar (‘‘ster’’)
– Sien haarself as ’n entrepreneur wat eendag haar eie groot opname-ateljee wil
bestuur
– Ietwat berekenend in haar interpersoonlike vaardighede – is geneig om te werk aan
verhoudings met diegene wat haar kan help of vir haar op die lange duur tot
voordeel kan wees
– Baie ongeduldig met persone wat enige persoonlike tekortkoming of weerloosheid
het – Baie gefokus en veeleisend wanneer sy met ander werk – kan moeilik in ’n groep
wees
David
– Wit man
– 25 jaar oud
– Enkellopend
– Jong IT-kundige wat ’n klein besigheid tydelik saam met vriende van die huis af
bestuur terwyl hy droom om ’n kunstenaar te word
– Leefstyl en pret is vir hom baie belangrik – nie baie ambisieus nie – dink die dielewe van ’n kunstenaar is een waar die geld net sal instroom!
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
31/239
IOP2601/MO051/4/2016
31
– Is op soek na die groot geleentheid wat sy sangloopbaan met mening sal inlui – sy
motivering waarom hy in die eerste plek aansoek gedoen het!
Tshepo
– Swart man – 26 jaar oud
– Enkellopend
– Tegniese agtergrond – klankingenieur
– Wil ’n loopbaan in die opnamebedryf volg – maar reken om eers naam as
kunstenaar te maak is die wyse waarop hy die veld kan betree
– Hy het kontakte in die musiekbedryf en glo dat hulle name hom sal help om vinniger
opgang in sy loopbaan te maak
Indresan
– Indiërman
– 25 jaar oud
– Verloof aan sy meisie van vyf jaar
– Hy is sedert hy ’n klein seuntjie was deur Bollywood geïnspireer
– Hy het ’n passie en toewyding om ’n Suid-Afrikaanse Bollywood-
produksiemaatskappy van sy eie die lig te laat sien.
– Hy is bekend daarvoor dat hy alle perke oorskry en advies van ander ignoreer
– Hy kan die beste as dramaties en selfbevorderlik beskryf word
Shelly
– Kleurlingvrou
– 28 jaar oud
– Sy is vier jaar gelede as Mejuffrou Langebaan gekroon
– Sy het haar modelloopbaan onderbreek om haar graad in Kommunikasie en
Bemarking aan die Universiteit van die Wes-Kaap te voltooi
– Sy wil nou haar lewe in die openbare oog voortsit en glo sy het baie om te bied
– Haar voorkoms en houding sal vergoed vir enige gebreke in haar sangtalent
Cameron
– Kleurlingman
– 23 jaar oud
– Studeer Politieke en Sosiale Wetenskappe voltyds aan Wits
– Hy wil graag eendag ’n ‘‘ernstige’’ loopbaan hê, maar sien geen kwaad daarin om
pret te hê terwyl hy nog jonk is nie
– Hy heg groot waarde aan openbare erkenning van sy dade en prestasies
Kerry
– Indiërvrou
– 21 jaar oud
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
32/239
IOP2601/MO051/4/2016
32
– Op aanmoediging van haar pa is sy tans ingeskryf vir ʼn graad in Rekeningkunde
aan die Universiteit van KwaZulu-Natal
– Sy is sedert kleuterskooldae lief vir dans, sing en drama en is tans een van die
Sharks-meisies wat op die veld dans terwyl rugbywedstryde gespeel word
– Sy is ’n ekstrovert en floreer op sosiale interaksie
– Sy is op soek na ’n leefstyl van vermaak en opwinding
En die beoordelaars is:
Stella Debark
– Wit vrou
– 53 jaar oud
– Kinderster wat nie so goed in haar volwasse lewe gevaar het nie
– Nou sing sy in jazz-nagklubs en het nie enige albums in amper twee dekades
vervaardig nie – Twee kinders wat ook in die musiekbedryf is
– Dink die program sal haar die kans gee om weer roem te ervaar
– Alhoewel sy jong talent aanmoedig, kan sy baie onsensitief wees in haar kritiek as
sy dink jy het nie die nodige talent nie
Ricco Milan
– 37-jarige enkellopende man
– Mode-ontwerper en platejoggie
– Is lief vir musiek en passievol oor modes, glo albei bepaal sukses in die
vermaaklikheidsbedryf – Sien hierdie as ’n geleentheid om homself te bevorder
– Baie energiek, vriendelik en aanmoedigend, sien altyd die positiewe in mense
Zolisa Mafupha aka Zee M
– 31-jarige suksesvolle swart musikant
– Het verskeie bekroonde treffers agter sy naam
– Enkellopend
– Baie beskeie en gretig om jong en vars talent te ontdek
– Opgewonde om as beoordelaar gekies te word aangesien sy dit sien as ’ngeleentheid om jong talent te ontwikkel
Angie Motseneka
– Swart vrou
– 35 jaar oud
– MBA-student wat tans ’n bestuursposisie in ’n groothandelsmaatskappy beklee
– Getroud – twee tienerkinders
– Ietwat hooggespanne – kan emosioneel reageer onder spanning
– Persoonlike ontwikkeling baie belangrik vir haar
– Taamlik krities teenoor mense wat nie verantwoordelikheid vir die gevolge van hulle
besluite wil neem nie – sal dit ook teenoor die deelnemers openbaar
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
33/239
IOP2601/MO051/4/2016
33
Brian Mahlangu
– Praktiserende prokureur
– 29 jaar oud
– Enkellopend en toon sterk belangstelling in enkellopende jong vroue – kan hullemoontlik bevoordeel?
– Het vir sewe jaar lank in die regsveld gewerk
– Goeie interpersoonlike vaardighede
– kan goed onder druk presteer
En nou vir die navorsingsprojek:
Aangesien dit die eerste keer is dat ’n werklikheidsprogram van hierdie aard aangebied gaan
word, is jy, as deel van ’n groep navorsers, uitgenooi om ’n aantal aspekte van die
aansoekers, deelnemers asook kykers dwarsdeur die bekendstelling en die eerste sessievan hierdie werklikheidsprogram te ondersoek.
Sommige van die navorsingsvrae wat jy gevra word om te ondersoek en oor verslag
te doen, is die volgende:
Hoeveel deelnemers uit die verskillende rassegroepe het vir die kompetisie
ingeskryf?
Wat is die inkomsteverspreiding van al die aansoekers?
Wat is die biografiese eienskappe van die aansoekers, deelnemers, televisiekykers
en internetdeelnemers onderskeidelik? Wat is die verhouding tussen die puntetellings van die internet-interaksie op die
sosiale netwerkwebtuiste en die stemming vir die 10 deelnemers?
Is daar ’n verband tussen die hoeveelheid tyd wat kykers bestee om na die program
te kyk en die frekwensie waarmee hulle vir deelnemers stem?
Kan die kykers se jare van onderrig die aantal ure voorspel wat hulle na die program
kyk of die webtuiste besoek?
Wat is die verhouding, persentasie en aantal kykers wat aan die sosiale
netwerkwebtuiste deelneem?
Is daar ’n verskil in die vlakke van gelukkigheid van deelnemers voor en na die
leerlingskapprogram? Is daar ’n verskil tussen die manlike en vroulike deelnemers en hul vermoë om die
aandag van die media te hanteer?
Gee manlike stemmers hoër punte vir oulike jong, vroulike deelnemers as vir manlike
deelnemers?
Is daar ’n verskil in die emosionele intelligensie van aansoekers, deelnemers aan die
leerlingskapprogram en deelnemers wat aan die finale Nuwe Sterre-sangkompetisie
deelneem?
Is daar ’n verskil tussen kykers se puntetelling vir deelnemers op grond van hulle
haarkleur (blond, rooi of bruin hare)?
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
34/239
IOP2601/MO051/4/2016
34
0 1
Kan jy dink aan ander vrae wat jy uit hierdie projek beantwoord wil hê? Lys dit hier:
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
Hierdie navorsingsprojek sal as grondslag gebruik word vir ons praktiese illustrasies in die
res van hierdie studiegids.
Ons nooi jou nou uit om ons op hierdie opwindende reis te vergesel om meer oor navorsing
en spesifiek statistiek in die navorsingsproses te leer.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
35/239
IOP2601/MO051/4/2016
35
Toepassing
16. Data-analise: 'n fiktiewe organisasie
Agtergrond
1. Inleiding tot navorsing en statistiek
2. Die taal van statistiek
3. Basiese wiskundige berekenings wat instatistiek gebruik word
Dataverwerking:Beskrywend
4. Voorstelling van data
5. Maatstawwe van sentraleneiging
6. Maatstawwe vanvarieerbaarheid
7. Korrelasie
8. Regressie
Dataverwerking: Inferensieel
9. Basiese konsepte van waarskynlikheid
10. Die normaalverspreiding
11. Steekproefdistribusies en hipotesetoetsing
12. Hipotesetoetse vir gemiddeldes: t-toetse
13 Hipotesetoetse vir gemiddeldes: eenrigting-variansieontleding
14. Die chi-kwadraattoets
15. Onderskeidin svermoë
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
36/239
IOP2601/MO051/4/2016
36
Agtergrond
1. Inleiding tot navorsing en statistiek
2. Die taal van statistiek
3. Basiese wiskundige berekenings wat instatistiek gebruik word
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
37/239
IOP2601/MO051/4/2016
37
LEEREENHEID 1: Inleiding tot navorsing en statistiek
Studente wonder dikwels waarom die opleiding van voornemende bedryfsielkundiges ’nkursus in navorsing insluit. Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons eerstens weet wat
navorsing behels. Hierdie leereenheid stel jou bekend aan navorsing, hoe
bedryfsielkundiges navorsing gebruik en die basiese navorsingsproses. Ons sal ook die
spesifieke fokus van hierdie module ten opsigte van die breër navorsingsproses verduidelik.
Wat is navorsing?
Die woord navorsing word dikwels in alledaagse taal en met verskeie betekenisse op
verskillende tye gebruik. Gevolglik bestaan daar dikwels heelwat wanopvattings daaroor. ’n
Voorbeeld hiervan is dat navorsing ’n aktiwiteit is wat ietwat eksklusief en verwyder van diealledaagse lewe is, of dat navorsers afsydige individue in wit jasse is wat hulle in
laboratoriums met rotte afsonder (Leedy & Omrod, 2010)!
Maar in werklikheid is navorsing slegs ’n proses waardeur ons vrae kan beantwoord. Dit is ’n
sistematiese proses van die insameling, ontleding en interpretering van inligting (of data
soos dit in navorsingsterme genoem word) om ons begrip te verbeter van ’n aspek waarin
ons belangstel of waaroor ons besorg is (Leedy & Ormrod, 2010).
’n Verdere definisie van navorsing is dat dit ’n sistematiese studie of ondersoek van
verskynsels volgens wetenskaplike beginsels is. Wat beteken dit om ’n sistematiese studievolgens wetenskaplike beginsels te doen? Dit klink ingewikkeld. Wat dit in werklikheid
beteken, is dat jy inligting op so ’n wyse insamel dat jy bewyse sal hê om te toon dat jou
bewerings die waarheid is. Met ander woorde, jy gebruik spesifieke strategieë en metodes
om inligting op so ’n wyse in te samel dat dit betroubaar en geldig sal wees. Hierdie proses
sal jou daarom in staat stel om aan te toon of die inligting wat in die navorsingsveldtog wat
hierbo aangedui is in werklikheid ’n akkurate weerspieëling is. Navorsing help ons daarom
om inligting op so ’n wyse in te samel dat ons die waarheid of selfs nuwe kennis kan ontdek.
Maar selfs al weet jy van hierdie inligting kan jy dalk steeds wonder waar navorsing in die
veld van Bedryfsielkunde inpas.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
38/239
IOP2601/MO051/4/2016
38
Navorsing in Bedryfsielkunde
Soos ons genoem het, behels navorsing die beantwoording van vrae of die oplos van
probleme. Oorweeg die volgende vrae:
Hoe voel generasie Y oor unies in organisasies?
Wat is die geskikste tyd om haarsorgprodukte vir vroue op televisie te adverteer?
Is dit billik om persoonlikheidseienskappe te gebruik om werksprestasie te voorspel?
Wat is die optimale aantal mense om in ’n virtuele wêreldspan te werk?
Wat doen universiteite om studente vir die beroepswêreld voor te berei?
Watter etiek is betrokke in die gebruik van gerekenariseerde toetsing?
Al hierdie vrae val in die raamwerk van Bedryfsielkunde. Figuur 1 illustreer hoe elk van
hierdie vrae op ’n aantal gebiede van Bedryfsielkunde van toepassing is.
1.1
Kan jy dink aan ’n paar vrae in jou werkomgewing of in sommige ander modules waarvan jy
graag die antwoord sal wil weet?
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................
Die waarde van navorsing lê daarom eerstens in die feit dat kennis van navorsing help om
vrae binne jou spesifieke studieveld of werkomgewing te beantwoord.
Kennis van navorsing is ook nuttig om die werk van ander wetenskaplik te interpreteer en te
evalueer. Dink na oor die volgende scenario: Jou organisasie is op die punt om R3 miljoenvir die ingebruikneming van ’n nuwe prestasie-evalueringstelsel te bestee. Die persone wat
die stelsel ontwikkel, maak ’n aantal aannames oor die nut en voordele van hul stelsel. Met
jou kennis van navorsing sal jy in staat wees om te bepaal of hierdie aannames werklik
geldig is voordat jou organisasie in hierdie stelsel investeer.
Kennis van navorsing sal jou daarom toerus met vaardighede wat jou sal help om probleme
te kan oplos en vrae te kan beantwoord op ’n wyse wat wetenskaplik en betekenisvol is en
wat die wins van die organisasie sal verhoog. Jy sal jou kennis van navorsing in jou
werkomgewing sowel as in jou alledaagse lewe kan toepas om vrae te vra of probleme in
jou gemeenskap of gesin op te los. Is dit genoeg motivering vir jou om meer oor navorsingte wete te kom?
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
39/239
IOP2601/MO051/4/2016
39
FIGUUR 1: Navorsingsvrae in Bedryfsielkunde
Ons het gesien navorsing begin met ’n vraag wat beantwoord moet word of ’n probleem wat
opgelos moet word. Dit sal die doelwit van die meeste navorsingsprojekte wees. Navorsing
word dan die proses waardeur nuwe kennis ontdek word of geïdentifiseerde probleme
opgelos word. Kom ons kyk nou na die onderskeie stappe wat in die navorsingsproses
betrokke is.
Die navorsingsproses
Alhoewel sekere variasies mag voorkom, volg die meeste navorsingsprojekte wat uitgevoer
word ’n basiese proses. Figuur 2 toon die tipiese stappe wat navorsers volg om navorsing te
doen. Die navorsingsproses is basies ’n vyfstap-prosedure.
1. Eerstens begin die navorsingsproses met die identifisering van die probleem: Wat is
die vraag wat beantwoord moet word, of wat is die probleem wat opgelos moet word?
2. Tweedens, hoe ontwerp jy ’n studie om die vraag te beantwoord? (Wie gaan by die
studie betrokke wees en wanneer en hoe gaan hulle betrokke wees?)
3. Derdens, hoe verkry jy die inligting wat jy nodig het en hoe samel jy die nodige data in
om die navorsingsvraag te beantwoord?
Watter etiekbetrokke bygebruik
Wanneer is die stetyd om
virop televisie
Wat is die
male aantalom in ’n
Bedryfsielkunde
Is dit billik
eienskappe teom
te
Hoe voel Yoor
in
Watuniversiteitestudente vir
beroepswê voor teberei?
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
40/239
IOP2601/MO051/4/2016
40
4. Vierdens, hoe ontleed jy die data? (Met ander woorde, hoe maak jy sin uit al die
inligting wat ingesamel is?)
5. Laastens, hoe maak jy gevolgtrekkings uit die data wat ontleed is om die
navorsingsvraag te beantwoord?
FIGUUR 2: Die Navorsingsproses
Jy sal dwarsdeur hierdie module die geleentheid hê om te sien hoe hierdie
navorsingsproses prakties toegepas word. Ons sal kyk na ’n aantal verskillende
navorsingsvrae, kortliks bespreek hoe so ’n navorsingsvraag ondersoek kan word
(ontwerp); die wyse noem waarop data ingesamel word, bespreek hoe die data ontleed
word en laastens illustreer hoe om gevolgtrekkings te maak oor die navorsingsvraag op
grond van die data-ontleding. Hierdie module fokus egter meer op die vierde stap van die
navorsingsproses, naamlik data-ontleding. Dit is daarop gemik om inligting te verskaf oor
sekere tegnieke wat jy moet leer wat gebruik kan word om sin te maak uit die data watingesamel is en jou te leer om betekenisvolle gevolgtrekkings hieruit te maak. Hierdie
tegnieke word gesamentlik Statistiek genoem.
Statistiek
Die woord statistiek ontlok dikwels ’n sterk emosionele reaksie van studente. Sommige
studente is opgewonde om meer oor statistiek te leer, ander mag ’n bietjie versigtig wees,
terwyl sekere studente selfs die onderwerp met vrees en ’n voorgevoel benader!
In hierdie stadium is dit moontlik dat jy nie baie vertroud met die studieveld van statistiek isnie. Statistiek, soos enige ander spesialisveld, het sekere unieke terminologie en amper ’n
taal van sy eie. Leereenheid 2 sal daarom jou eerstens vertroud maak met die basiese
terme en belangrike konsepte wat in hierdie veld gebruik word.
Navorsing het bewys (byvoorbeeld Onwuegbuzie, 2000; Schau, 2003) dat studente se
houding teenoor statistiek dikwels deur verskeie faktore beïnvloed word. Die eerste is die
mate waarin studente hulle as vaardig in wiskunde beskou. Interessant genoeg is dit nie die
aantal vorige wiskundekursusse wat studente voltooi het of hoe goed hulle in hierdie
kursusse gevaar het nie, maar eerder ’n baie subjektiewe siening van hoe vaardig hulle
hulself in wiskunde ag wat hulle houding teenoor statistiek bepaal.
Navorsingsvraag Navorsings-ontwerp Data-insameling
Data-
analiseGevolgtrekkings
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
41/239
IOP2601/MO051/4/2016
41
Laat ons jou onmiddellik hieroor gerusstel: alhoewel jy sekere basiese algebraïese beginsels
moet ken, is dit nie ’n kursus in wiskunde nie. Om berekenings te doen is slegs ’n klein deel
van die werklike inhoud van die onderwerp. Selfs vir studente wat nooit blootstelling aan
wiskunde gehad het nie hoef dit nie ’n onoorkomelike probleem te wees om hierdie module
te slaag nie. Leereenheid 3 sal al die basiese algebraberekenings hersien wat in hierdie
module gebruik word. Nadat jy deeglik deur hierdie leereenheid gewerk het, sal jy in staatwees om die res van hierdie module met vertroue te benader.
Wat ook belangrik is om te weet, is dat statistiek die beste geleer word deur dit te doen. Jy
sal daarom deur die loop van die studiegids aktief moet deelneem om die tegnieke te
bemeester wat jy sal leer. Daar is ook pas genoem dat jy die geleentheid sal hê om te sien
hoe die navorsingsproses prakties in hierdie module toegepas word. Ons sal daarom die
Nuwe Sterre-projek as praktiese illustrasie dwarsdeur die MO001 gebruik.
Noudat jy leereenheid 1voltooi het, behoort jy:
navorsing in jou eie woorde te kan definieer
die basiese navorsingsproses te kan beskryf
’n navorsingsvraag te kan identifiseer
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
42/239
IOP2601/MO051/4/2016
42
LEEREENHEID 2: Die taal van statis tiek
Noudat jy ’n goeie idee het van waarom ’n studie van navorsingsmetodiek vir jou belangrikis, en hoe bedryfsielkundige navorsing verloop, wil ons jou bekendstel aan die taal van
statistiek.
In hierdie leereenheid stel ons die volgende bekend:
kwantitatiewe metodes en waarom dit gebruik word
die klassifikasie van statistiese tegnieke
belangrike konsepte wat onderliggend is aan enige statistiese ontleding van data
Kwantitatiewe metodes
Soos jy tot dusver uit die bespreking kon aflei, sal jy met syfers in hierdie kursus werk.
Wanneer ’n mens enige vorm van inligting of data neem, is dit moontlik om dit in die vorm
van syfers te beskryf. ’n Eenvoudige voorbeeld hiervan kan wees: Indien ons al die
aansoekers van Nuwe Sterre gevra het om ons te vertel hoeveel vertroue hulle het dat hulle
as een van die 10 finaliste gekies sal word, kon ons hulle gevra het om hulle gevoel op ’n
skaal van 1 tot 10 te evalueer, waar 1 sal sê: ‘‘Ek voel ek het geen kans nie’’, 5 sal sê: ‘‘Ek
voel ek het ’n 50/50-kans’’, en 10 sal sê: ‘‘Ek voel ek sal definitief gekies word’’.
Wanneer ’n mens data in syfers omskakel, soos ons in bostaande voorbeeld gedoen het,kwantifiseer ’n mens die inligting. Kwantitatiewe metodes is daarop gemik om data in die
vorm van syfers uit te druk. Wat is die waarde hiervan? Waarom is dit nuttig om data in
syfers om te skakel? Eerstens, syfers is deel van ons alledaagse lewe.
Dink net aan die tarief wat jy vir die gebruik van jou selfoon betaal en hoeveel geld jy nodig
het om in die maand uit te kom. Wanneer jy weer inkopies gaan doen, dink aan hoe
gekwantifiseer die bedrywighede in ’n winkel is. Dink aan die bedrag wat jy vir ’n artikel
betaal, die wins wat daarop gemaak word, belastings wat gehef word, die huur vir die
perseel en salarisse, om maar enkele voorbeelde te noem. Kwantifisering en kwantitatiewe
denke is dus ewe onvermydelik in die daaglikse lewe.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
43/239
IOP2601/MO051/4/2016
43
Afgesien hiervan het kwantitatiewe metodes ook spesifieke voordele. Kwantitatiewe
metodes is besonder nuttig omdat dit
inligting doeltreffend oordra
voorsiening maak vir die hermodellering van lewenswerklike verskynsels
deel uitmaak van ’n goed ontwerpte en kragtige dissiplinêre taal
2.1
Gee op grond van die inligting oor die voordele van kwantitatiewe metodes jou eie
voorbeeld om elk van die drie voordele van kwantitatiewe metodes te verduidelik.
1. ..............................................................................................................................
2. ..............................................................................................................................
3. ..............................................................................................................................
In hierdie leereenheid skop ons af met die eerste hoofstuk van Tredoux en Durrheim (2013).
Vergelyk jou voorbeelde met die drie voorbeelde wat volledig van bladsy 3 tot 7 in die
afdeling ‘‘The advantages of quantitative methods’’ in Tredoux en Durrheim (2013) beskryf
word.
1. Doeltreffendheid: Om syfers bekend te maak, byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse
nasionale sensusopname.
2. Benadering/modellering: Om verskynsels in die wêreld te bestudeer, byvoorbeeld ’n
ruimtelike model vir die verklaring van die beoordeling van mensegesigte vir
eenvormigheid.
3. ’n Kragtige taal: Byvoorbeeld, die weerkaart.
Kwantifisering dien as steunpilaar vir twee algemene soorte funksies. Dit kan enersyds ’n
infrastrukturele of administratiewe funksie verrig en andersyds steun dit argumentasie enredevoering. In die sosiale wetenskappe stel ons veral belang in die gebruik van die
gegewens wat deur kwantitatiewe metodes beskikbaar gestel word om ons argumente te
staaf. Ons is geneig om probabilistiese metodes toe te pas, eerder as die deterministiese
model wat in sommige wetenskapsvorme gevolg word.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
44/239
IOP2601/MO051/4/2016
44
2.2
Lees die bespreking van die funksies van kwantifisering van bladsy 3 tot 7 in Tredoux enDurrheim (2013). Gee jou eie voorbeeld van ’n bewering of stelling wat deterministies is en
een wat probabilisties is.
1. ..............................................................................................................................
2. ..............................................................................................................................
Vergelyk jou voorbeelde met die volgende:
1. ’n Deterministiese bewering: besonder streng opvoedingspatrone in die kleinkinderjare
gee aanleiding tot ’n outoritêre persoonlikheid.
Sorg dat jy die deterministiese bewering vir ’n noodwendigheids- of
voldoendheidsvoorwaarde toets. Dit wil sê dat die teenwoordigheid van A noodwendig
tot B lei.
2. ’n Probabilistiese bewering, daarenteen, moet voorsiening maak vir die moontlikheid
dat die teenwoordigheid van A nie noodwendig tot B gaan lei nie, en of dit tot B
aanleiding gee of nie, kan op grond van kansverwagting verklaar word. Gevolglikbeteken die bewering dat blootstelling aan die karsinogene in sigaretrook kanker
veroorsaak nie dat daardie blootstelling beslis tot kanker aanleiding gaan gee nie,
maar dat dit kanker sal veroorsaak in meer gevalle as wat ons met nieblootstelling te
wagte kan wees.
Klassifisering van statistiese tegnieke vir hierdie kursus
Statistiese metodes en tegnieke kan in die volgende breë kategorieë ingedeel word:
Beskrywende statistiek: ’n Tegniek wat gebruik word om data te organiseer, op te som en
te beskryf. Dit is die beskrywende navorsingsbenadering.
Inferensiële statistiek: ’n Tegniek wat op steekproewe toegepas word om afleidings oor
populasies te maak. Dit staan ook bekend as die eksperimentele navorsingsbenadering.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
45/239
IOP2601/MO051/4/2016
45
Basiese begrippe
Voordat jy in alle erns met jou studie van beskrywende en inferensiële statistiek begin, moet
jy enkele belangrike begrippe onderliggend aan statistiese data-analise deeglik onder die
knie kry. Dit sluit terme soos die volgende in:
veranderlikes en konstantes
metingskale
steekproewe, populasies, statistieke en parameters
Veranderlikes
Hiermee gee jy jou eerste tree in die gebruik van ’n kwantitatiewe taal, naamlik om
voorwerpe of entiteite in simbole en konsepte van daardie taal om te sit. Die eenvoudigste
konsep is dié van ’n veranderlike. Die aspekte wat ons bestudeer, word veranderlikesgenoem. Wanneer ons byvoorbeeld lengte meet, praat ons van lengte as ’n veranderlike en
die simbool daarvoor is X. Temperatuur en massa is ook voorbeelde van veranderlikes.
Kom ons kyk na ’n voorbeeld van ons Nuwe Sterre-program om te bepaal wat ’n
veranderlike is. Die program is amptelik bekend gestel deur ’n wydverspreide mediaveldtog,
waar die publiek uitgenooi is om in te skryf. Duisende inskrywings is ontvang. Is jy ook
nuuskierig om te weet wie ingeskryf het? Sou jy graag self wou inskryf? Ons kan aanneem
dat nie almal van die kalklig hou nie, of van ’n lewe in die vermaaklikheidsbedryf sal hou nie.
Dit kan interessant wees om te weet wat die vernaamste persoonlikheidseienskappe is van
die persone wat ingeskryf het. Die persoonlikheidseienskappe is dus ’n voorbeeld van ’n
veranderlike wat ’n mens kan ondersoek.
Taylor en Meyer (2009) het bevind dat sommige persoonlikheidseienskappe wat aansoekers
van realiteitsprogramme openbaar, die volgende is:
Hulle is geneig om ekstrovert te wees en floreer op sosiale interaksie.
Hulle kan beskryf word as buigsaam en oop vir verandering, maar ook impulsief –
hulle dink nie na oor die gevolge van hulle dade nie.
Hulle het ’n sterk behoefte aan pret en opwinding.
Hulle kan dramaties, selfbevorderend en aandagsoekerig wees.
Hulle is dikwels op soek na ’n leefstyl wat om goeie kos, goeie drank en vermaak
gesentreer is.
Die studie van Taylor en Meyer (2009) is insiggewend en ons kan later weer na meer van
hulle resultate kyk. Maar vir eers gaan ons terug na die bespreking van
veranderlikes.
Veranderlikes word gewoonlik deur die letters X en Y
geïdentifiseer. Soms gaan jy met twee of meer veranderlikes
soos X en Y werk.
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
46/239
IOP2601/MO051/4/2016
46
2.3
1. Bestudeer die afdeling ‘‘Variables and constants’’ van bladsy 9 tot 13 van Tredoux en
Durrheim (2013). Lees die omskrywings hieronder en pas telkens die korrekte begrip
uit die gegewe lys by die omskrywing:
Begrippe
veranderlikes
diskrete veranderlike
kontinue veranderlike
onafhanklike veranderlike
afhanklike veranderlike
Omskrywings
1.1 Die veranderlike wat deur die eksperimenteerder/navorser beheer word, is die
..................
1.2 Eienskappe van waarnemings wat verskillende waardes kan aanneem, word
.................. genoem.
1.3 ’n Veranderlike wat enige waarde kan aanneem, is ’n ..................
1.4 Die veranderlike wat gemeet word (die data of tellings) is die ..................
1.5 ’n Veranderlike wat ’n beperkte aantal waardes kan aanneem, is ’n ...............
1.6 ’n Hoeveelheid wat nie verander nie maar altyd dieselfde waarde behou, is ’n
................
2 Voltooi aktiwiteit 1.5 op bladsy 10 van Tredoux en Durrheim (2013).
1. Wat belangrik is om te onthou, is dat veranderlikes verskillende waardes kan
aanneem, afhangende van die eksperiment wat die navorser uitvoer.
1.1 onafhanklike veranderlike
1.2 veranderlikes1.3 kontinue veranderlike
1.4 afhanklike veranderlike
1.5 diskrete veranderlike
1.6 konstante
2. Jy behoort (a), (c) en (d) nie moeilik te vind nie – die antwoorde is onderskeidelik ’n
diskrete veranderlike, ’n konstante en ’n diskrete veranderlike. In die geval van (b)
moet ons toegee dat ’n akkurate maatstaf sal toon dat die gewig van die maan
voortdurend sal wissel. In die geval van (e) sal die getal regters ’n diskrete konstante
vir ’n bepaalde tydperk wees (totdat ’n ander een aangestel word, bedank, sterf, ens).
8/19/2019 051 2016 4 Afikaanse Hulp Studie Gids
47/239
IOP2601/MO051/4/2016
47
Metingskale
Die data wat jy as bedryfsielkundige in die organisasie sal insamel, hetsy prestasie-
beoordelingsresultate, afwesigheidstellings of enige ander data, kan in een van vier soorte
metingskale geklassifiseer word. Dit word spesifiek op bladsy 11 en 12 van Tredoux en
Durrheim (2013) bespreek, en jy moet dit goed onder die knie kry. Ons onderskei tussen vier
metingskale, naamlik die nominale, ordinale, interval- en ratio-skale.
Eienskappe om tussen metingskale te onderskei
Ons bespreek hieronder meer volledig die eienskappe op grond waarvan jy tussen
metingskale kan onderskei. Saam met die afdeling op bladsy 11 tot 12 in Tredoux en
Durrheim (2013) behoort dit vir jou ’n nuttige raamwerk te bied om tussen die vier
metingskale te kan onderskei.
Grootte
Grootte is die eienskap van ‘‘meerheid’’. ’n Skaal het ’n eienskap van grootte indien een
attribuut meer is as, minder is as of gelyk is aan ’n ander attribuut (McCall, 1986).
Lengte, wat ’n voorbeeld van die ratio-skaal is, het wel die eienskap van grootte. Ons kan sê
dat een persoon langer of korter is as ’n ander persoon, maar ons kan nie sê dat ’n rugby- of
sokkerspeler met ’n groter nommer op sy rug belangriker is of meer werk doen as ’n speler
met ’n kleiner nommer nie. Die nommers op spelers se sportklere is ’n voorbeeld van dienominale skaal, wat die enigste skaal is wat nie die eienskap van grootte het nie.
Gelyke intervalle
’n Skaal het die eienskap van gelyke intervalle indien die verskil tussen alle punte op die
skaal eenvormig is.
As ons die voorbeeld van lengte neem, beteken dit dat die verskil tussen 6 en 8 sentimeter
op ’n liniaal dieselfde is as die verskil tussen 10 en 12 sentimeter. In albei gevalle is die
verskil presies 2 sentimeter. ’n Sielkundige metingskaal wat ’n voorbeeld van die interval-
skaal is, het ook gelyke intervalle. Kyk byvoorbeeld na die volgende skaal:
Stem glad nie
saam nie
Stem nie saam
nie
Onseker Stem saam Stem volkome
saam
1 2 3 4 5
Die intervalle tussen die verskillende telli