29
Corali.indd 1 20/01/2020 11:44:13

Corali.indd 1 20/01/2020 11:44:13 - Afrikaans.com · Corali is haar sewe-en-veertigste roman en die derde, en laaste, deel van die Vywerbaai-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Corali.indd 1 20/01/2020 11:44:13

  • Ook deur Chanette PaulVywervrou-trilogie

    LiraMirre

    Jojo Richter-reeksSiende blind Raaiselspieël

    Ewebeeld Paaiboelie

    Uit die bloute

    Offer-tweeluikOfferlam (Deel 1)

    Offerande (Deel 2)Sacrificed (Engelse vertaling van Offerlam)

    Maanschijnbaai-tweeluikJo & Sue (Deel 1)

    Nan & Jeannie (Deel 2)

    Die Gys Niemand-reeksSpringgety

    FortuinBoheem

    MeetsnoerDryfhout

    Die Davel-reeks*Tamara

    *Willemien*Annabella*Deborah*Isabelle*Maryn*Fleur

    Duet*Branders van liefde

    *Onder seespieëlEendag op ’n maandag

    Verskyn by NB UitgewersLabirint

    *Slegs beskikbaar as e-boeke.

    Corali.indd 2 20/01/2020 11:44:13

  • Corali(Vywervrou #03)

    Chanette Paul

    LAPA UitgewersPretoria

    www.lapa.co.za

    Corali.indd 3 20/01/2020 11:44:13

  • © Teks: Chanette Paul 2020© Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk.

    Bosmanstraat 380, PretoriaTel: (012) 401-0700

    E-pos: [email protected]

    Geset in 10.3 op 13 pt Leawooddeur LAPA Uitgewers

    Teksredakteur: Annamarie SteenekampOmslagontwerp: Flame Design

    Gedruk en gebind deur Novus Print,’n Novus Holdings-maatskappy

    Eerste uitgawe 2020

    ISBN 978-0-7993-9867-0 (gedrukte boek)ISBN 978-0-7993-9868-7 (ePub)

    ISBN 978-0-7993-9869-4 (mobi)

    © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hier die boek mag op enige manier gereproduseer word

    sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.

    Corali.indd 4 20/01/2020 11:44:13

  • Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika.

    Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbe-hendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

    Navorsing vir Lira het haar geïnspireer om windklin-gels van bottels te maak. Mirre het ongelukkig geen ef-fek op haar gebrekkige kulinêre vermoëns gehad nie. Vir Corali het sy mosaïek beproef en daar is nou twee bont vensterbanke wat nog met voegbry afgewerk moet word in haar skryfhuis.

    Chanette het reeds in ’n verskeidenheid genres gepu-bliseer en ’n hele paar van haar boeke is bekroon.

    Corali is haar sewe-en-veertigste roman en die derde, en laaste, deel van die Vywerbaai-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie. Lira en Mirre gaan Corali vooraf.

    Besoek gerus Chanette se webwerf by www.chanette-paul.co.za om meer te wete te kom oor haar boeke. Sy gebruik ook Facebook en ander sosiale media.

    Foto: Keith Murray van Keith Imaging Photography

    Corali.indd 5 20/01/2020 11:44:13

  • Lys van karakters

    A.O. Beyers – speurder Alet Naudé (voorheen Pienaar) – Boeta se vrouAlisa – huishulp wat vir Thomas kos bringAndré Dreyer – sielkundige en huweliksberader, Mirre se

    manAnja – Katelijne se vriendinAnna Rheeder – skoolhoof

    Beatrix Witherspoon – James se ma/Corali se skoonmaBeulah Anker – Lira se char en helperBoeta Naudé – ’n bouer, Mirre se jeugliefde, Alet se man Brigit Greene – Kombuishulp van die Witherspoons

    Celeste Murray – Fynn en Fiona se dogterCie-Cie Witherspoon – Britse skilderCoert Kruger – Karen se gewese man, Tertius se pa Corali Conradie – mosaïekkunstenaar Corrie Conradie – Corali se ma

    Daaf/Dawid Naudé – Boeta se oudste seunDanielle – Thomas se meisie voor CoraliDuncan Travers – Kunshandelaar

    Erna Conradie – Corali se skoonsusterEster Dreyer – André se ma/Mirre se skoonmaEugenie Durandt – Thomas se ma

    Fiona Murray – Fynn se vrouFynn Murray – Marilyn se seun, Celeste se pa, Fiona se

    man

    Gerald Connaught – Marilyn se manGodfrey Anker – Beulah se kleinseunGrieta Alant – huishulp op Ryno se plaas

    Henri Naudé – Boeta se middelste seun

    Jaco Jacobs – Jaco Jacobs, die kinder- en jeugverhaal-skrywer

    Corali.indd 6 20/01/2020 11:44:13

  • Jakkie Naudé – Boeta se maJames/Jamie Witherspoon – Corali se oorlede manJamilla – MoslemvrouJanus Lategan – Lira se paJP Lindeman – Eugenie se baas

    Karen van Wyk, later Kruger – Mirre se maKatelijne Wouters – Thomas se vrou, Kees en Kato se

    dogterKato Wouters – Katelijne se maKees Wouters – Katelijne se pa

    Lana Lategan – Lira se maLeah de Wit – prokureur en Marilyn se vriendinLeon Rademan – doktersvriend Liana – Simon se dogterLira Benade – upcycle-kunstenaarLouisa Dreyer – André se suster/Mirre se skoonsuster

    Maaike – Thomas se kollega by KASKMargie Froneman – sielkundigeMarilyn Murray – Fynn se ma, Celeste se oumaMarli Naudé – Mirre en Boeta se dogterMichael White – James se geliefdeMirre Dreyer, voorheen Kruger – Tertius se halfsuster,

    Boeta se geliefde, voorheen André se vrou

    Nonnie Rademan – Leon se oorlede vrou

    Oumie/Engela Benade – Lira se groottante en aan-neemma

    Pieter(tjie) Naudé – Boeta se jongste seunPikkie – eiendomsagent

    Raymond Knox – branderplankryer Roelien de Klerk – Selma se maRyno Conradie – Corali se broer

    Selma de Klerk – Celeste se vriendinShirley Anker – Beulah se kleindogterSimon van de Vijver – Eugenie se vriend

    Corali.indd 7 20/01/2020 11:44:13

  • Sonja Lindeman – JP se vrouStefaan Kerkhof – Mirre se biologiese pa

    Tertius Kruger – Mirre se halfbroerThomas Durandt – Corali se eerste groot liefde/Beeld-

    houer

    Vincent Wehmeyer – Thomas se kliënt op Gozo

    William Witherspoon – James se pa/Corali se skoonpa

    Yolande Wehmeyer – Vincent se vrou

    Zane Anker – Beulah se kleinseun

    Corali.indd 8 20/01/2020 11:44:13

  • “I paint the spirit and soul of what I see.”“Perhaps all women are part faerie, for what woman

    can deny her faerie blood when the portals to her own land are open; when the full moon sings its insistent

    song; when sorrow and passion and rage pulse through her body at moon times.

    This is why women are the chosen ones of Faerie, part of the vibrant, fluid, emotional soul of the

    world . . .”

    – Brian Froud, Brian Froud’s World of Faerie

    Corali.indd 9 20/01/2020 11:44:13

  • Met diep hartseer dra ek die Vywervrou-trilogie, maar spesifiek Corali, op aan my mentor, my uitgewer, my spanmaat en vriendin, Cecilia Britz.

    Cecilia het my heel eerste boek uitgegee en Corali is die laaste boek wat sy uitgegee het. Corali was ook haar gunsteling van die drie Vywervroue – ’n drieluik wat nie daar sou gewees het nie as sy my toegelaat het om moed op te gee toe ek Lira wou laat staan en iets anders wou begin skryf.

    Wat ’n voorreg en ’n eer om saam met so ’n groot gees te kon werk.

    Ek mis jou ontsettend, Ceci.

    Corali.indd 10 20/01/2020 11:44:13

  • 2013

    Corali.indd 11 20/01/2020 11:44:13

  • Corali.indd 12 20/01/2020 11:44:13

  • Een

    Maandag 22 JulieWaltham Abbey, EngelandLady Cie-Cie Witherspoon

    Dis asof sy in gletsers pleks van oë kyk. Tog bly die toonhoogte waarin Cie-Cie in Queen’s English aangespreek word, egalig. Behoede Beatrix Witherspoon dat sy ooit haar stem sal verhef of enige emosie sal toon. Selfs nie ’n uur ná haar seun se gedenkdiens nie.

    “Jy sal jou goed onmiddellik uit julle vleuel ontruim. Van twaalfuur vannag af is jy persona non grata op die landgoed asook binne ’n radius van tien myl hiervan-daan. Alles wat aan James behoort het, is aangeteken. Moet dus nie dink jy kan enigiets wat syne was, wegdra nie.”

    Die minagtende kyk in Beatrix se oë laat Cie-Cie juis lus kry om met ’n sak vol van die familiesilwer gat skoon te maak. Jamie sou haar nog aangepor het ook met daardie stout kyk wat hy soms in sy oë gekry het. As hy nog geleef het.

    Sy kan maar net nie gewoond raak aan die gedag-

    Corali.indd 13 20/01/2020 11:44:13

  • 14 vywervrou 3: corali

    te dat haar lieflike vriend, die man met wie sy op skei gestaan het, al ’n maand lank nie meer daar is nie.

    “Jy vat daardie vulgêre skildery wat James in Parys by jou gekoop het saam, maar die res laat jy agter. Jy sal nie een van ons ooit weer kontak nie en jy sal die Wither-spoon-van nooit weer gebruik nie. Beslis ook nie die titel nie. ’n Lady was jy nog nooit in enige sin nie. Jy sal ook nooit aan enigiemand erken jy was baron James With-erspoon se vrou nie en jy sal met geen Witherspoon of enige lid van die familie ooit weer op enige manier in aanraking kom nie.”

    Asof sy enigiemand van die gespuis sou wou kontak. Dis hartseer dat sy die skilderye moet agterlaat, maar Jamie het haar immers daarvoor vergoed, al was dit ’n nominale bedrag. Laat Beatrix dit in haar deftige gat op-druk.

    “Jy sal ook nooit weer ’n verfkwas optel nie, sodat niemand jou skilderstyl kan herken nie.”

    Dit het sy nie verwag nie. Cie-Cie gaap Beatrix aan.

    Dié moes haar ongeloof raakgesien het. ’n Verbete trek om haar mond teken vertikale plooie na die dun bo-lip. “Jy sal nié geld maak uit die roem wat James vir jou opgebou het nie. Cie-Cie Witherspoon is saam met James dood.”

    “Maar . . .”“As jy nie by die reëls hou nie, sal jy nie net ge-

    dagvaar word vir elke sent wat jy uit James gewurm het nie, jy sal ook van moord aangekla word. Verstaan ons mekaar?”

    “Ek het geen aandeel aan James se dood gehad nie. En ek het geen geld van James ontvang behalwe vir ’n persentasie van die wins op my skilderye nie.” Cie-Cie se stem is skor.

    Beatrix se oë vernou. “Jy het my seun vermoor lank voor hy dood is. En jy is aandadig aan sy dood ook. Nie-

    Corali.indd 14 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 15

    mand sal my ooit van die teendeel oortuig nie. Jy kom net skotvry omdat jy die afgelope vyf jaar al genoeg van ’n klad op die Witherspoon-naam was. Ons sien nie kans vir uitgerekte hofsake en banale media-aandag nie. Dis die enigste rede waarom ek en William in die polisie se bevinding berus, al weet ons hulle is mislei. Gaan terug na daardie agterlike land van jou en vergeet dat jy ooit in Brittanje was.”

    “En my motor?” Sy is net moedswillig. Beatrix sal nooit toelaat dat sy die Morgan Roadster wat James vir haar gekoop het, hou nie.

    “Dit bly agter as deel van James se boedel. Jy kan ’n taxi neem na watter gat jy ook al wil gaan inkruip. Jor-dan sal toesig hou terwyl jy pak.” Die barones beduie in die rigting van die butler. ’n Yslike diamant skitter en blits aan haar vinger toe sy haar borduurwerk optel. Dis asof daar niemand benewens die barones meer in die boudoir is nie.

    “Volg my, asseblief.” Jordan se stem is so emosieloos soos sy oë. Die gebrek aan die aanspeekvorm “your lady-ship”, “my lady” of selfs “madam”, spreek boekdele.

    Cie-Cie kom uiteindelik uit haar stupor en gehoor-saam. Nie omdat die barones haar sprak gesprook het nie, maar omdat sy nie kan wag om hierdie pragtige hel-hool van ’n plek, oor dekades heen gevul met Wither-spoon-skatte, te verlaat nie. As die barones dink sy straf haar deur haar weg te jaag, het sy dit ver mis. Die verbod op skilder is ’n ander storie. Daaraan kan sy egter later aandag gee.

    Nou moet sy net eers hier wegkom – hoe gouer hoe beter.

    Bye-bye, lady Cie-Cie Witherspoon van Waltham Ab-bey; hallo, Corali Conradie van Vywerbaai.

    Corali.indd 15 20/01/2020 11:44:13

  • 16 vywervrou 3: corali

    Woensdag 31 JulieMontagu-distrikCorali

    “Corali, ek het vir jou gesê ek wil niks meer van jou weet as jy met daardie Katoliek trou nie. ’n Brit op die koop toe. Die Katolieke het jag gemaak op ons Protestantse voorvaders en die Britte het ons Afrikanervroue in kon-sentrasiekampe vermoor.” Haar ma klik haar tong. “Asof jou boheemse, sondige lewe in Frankryk voor dit nie erg genoeg was nie.”

    “James was nie Rooms-Katoliek nie, Ma, hy het aan die Anglikaanse Kerk behoort.” En hy was nie ’n kerk-ganger nie, maar dit sal alles net erger maak as sy dit noem. Vir Corrie Conradie is ’n Sondag nie ’n Sondag as daar nie kerk toe gegaan word nie, en mense wat nie kerk toe gaan nie, is op pad hel toe. Klaargelag.

    “Anglikaans, Katoliek. Dieselfde ding. Priesters en wierook en wat nog. En toe trou jy nog sonder my toe-stemming ook.”

    “Ek was al twee en dertig, Ma. Ek het Ma se blessing gevra, maar Ma wou dit nie gee nie.”

    “En sonder dat ek teenwoordig was by die troue,” kom dit asof sy nie gepraat het nie.

    “Ma het geweier om dit by te woon. Selfs geweier om die vliegtuigkaartjie wat ek gekoop het, te gebruik.”

    “En nou kom jy stert tussen die bene hier aan ná hoeveel jaar.” Dis asof haar ma haar waaragtig nie kan hoor nie.

    “Vyf jaar ná my troue. Amper ses vandat ek julle die laaste keer op Vywerbaai gesien het.” Hoeka om vir haar familie te kom sê sy trou binnekort met James Witherspoon en wil hulle graag by die troue hê. Die kuier het niks beter afgeloop as toe sy Thomas des-tyds met rampspoedige gevolge aan hulle kom voorstel het nie. Wat sy seker moes kon voorsien het, maar sy

    Corali.indd 16 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 17

    het nie besef presies hoe aartskonserwatief haar ma is nie.

    “En jy verwag om sommer net weer hier verwelkom te word terwyl jy weet dis nou Ryno se plaas.”

    “Ja, ek weet, maar dit was immers my ouerhuis. En is ek nie nog steeds Ma se dogter en Ryno se suster nie?” Hemel, sy mis haar pa. Hy sou haar met ope arms te-rugverwelkom het.

    “Is jy, Corali? Of is jy net ’n wegloper wat vir vyf jaar skaars van haar laat hoor het?”

    “Ek het gebel, Ma. Oproepe wat nie Ma of Ryno wou neem nie. Ek moes met Grieta praat wat my ook heel-tyd kapittel het omdat ek in Engeland sit en sogenaamd Rooms geword het. Maar sy het ten minste na my wel-syn uitgevra.” Hoofsaaklik of sy darem genoeg kry om te eet in die vreemde. Grieta is ’n versorger deur en deur. “Ek het briewe geskryf wat nooit beantwoord is nie. Kers- en verjaardaggeskenke gestuur waarvan julle nooit eens ontvangs erken het nie.”

    “Wat weet die Katolieke van Kersfees af?”“Anglikane, Ma, weet dalk meer van Kersfees af as

    die Doppers.”Haar ma snork so hard dat sy begin hoes. Corali gee

    vir haar ’n glas water aan.“Oukei, ek verstaan dat ek nie hier op die plaas wel-

    kom is nie, maar mag ek darem in die strandhuis gaan bly?”

    “Tydelik, maar dis in die mark. Tertius Kruger kon nog nie die geld wat hy by Ryno geleen het, terugbe-taal nie. Tertius en sy pa het mos by Pretorius belê en ’n klomp geld verloor. En Ryno het geld nodig vir die uit-breiding van die droogfasiliteite vir die vrugte.”

    “Ek sien.” Corali kom orent en kyk af na die vrou wat haar nege maande gedra het en vir die grootste deel van haar lewe vir haar ’n ware ma was. ’n Afsydige ma, maar darem een wat haar na die beste van haar vermoë

    Corali.indd 17 20/01/2020 11:44:13

  • 18 vywervrou 3: corali

    versorg of laat versorg het. Soos dit ’n Christin betaam. Tot haar dogter die ondenkbare gedoen het. Eers in Frankryk saam met ’n man gebly het en toe onverwags met ’n Anglikaanse Brit getrou het. “Dan groet ek maar, Ma. Groete vir Ryno-hulle. Ek sal by die hek vir die taxi wag.”

    Klaarblyklik is ’n bietjie simpatie ná die “Katoliek” se dood te veel gevra.

    Donderdag 1 AugustusVywerbaaiCorali

    Die eiendomsagent lyk aansienlik blyer om haar te sien as wat haar ma was. En hulle ken mekaar nie eens van Adam af nie. Of Eva. Sy moet nuut op die dorp wees. Wel, relatief nuut. Sy kon seker ses jaar gelede al hierheen getrek het.

    Ses jaar klink kort, maar dit voel soos ’n leeftyd.Corali ruk haar reg toe sy agterkom die vrou kyk

    haar vraend aan. “Is dit moontlik om die plek anoniem te koop? Ek wil nie hê my ma en broer moet agterkom dis ek wat die aanbod maak nie. As die aanbod eers amptelik aanvaar is en daar nie meer omdraaikans is nie, kan hulle maar uitvind.”

    “Êrens sal jy jou naam moet teken. Maar sal jou ma nie eerder instem tot die verlaagde prys wat jy wil aan-bied as sy weet dit kom van jou af nie? Eerder as van ’n vreemdeling?”

    “Familiestruwelinge.” Dis al wat sy bereid is om aan die agent te erken. Miskien kan sy ’n ooreenkoms met Boeta aangaan. Hom dalk volmag gee om die aanbod namens haar te maak. As daar een mens op die aarde is wat sy vertrou, is dit Boeta Naudé. Saam sal hulle iets uitwerk.

    Hulle ma’s was goeie vriendinne tot tannie Jakkie se

    Corali.indd 18 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 19

    dood toe. Haar ma sal eerder aan Boeta verkoop as aan haar eie dogter. Maar Naudé is ook nie ’n uitsonderlike van nie. Haar ma sal dalk nie eens daaraan dink dat dit Boeta kan wees nie.

    “Ek sê jou wat, Pikkie. Sê net vir my ma daar is be-langstelling teen daardie prys en hoor wat sê sy.”

    “Goed, ek maak so. Gee vir my jou selnommer, dan skakel ek sodra ek ’n antwoord kry.”

    Nie dat haar ma die finale besluit sal neem nie – al is die huis in haar naam. Daardie eer sal Ryno te beurt val. Ryno wat die son vir haar ma laat sak as hy gaan sit. Ryno wat getrou het met ’n vrou wat netsowel haar ma se kloon kon gewees het. Ryno wat die dag toe hulle pa se testament bekendgemaak is vir haar gesê het sy moenie dink sy kan by hulle op die plaas op sy nek kom lê nie. Al het hy benewens ’n kleinerige kontantbedrag wat aan haar bemaak is, alles geërf.

    Dinsdag 13 AugustusVywerbaaiCorali

    “Môre, Pikkie.” Corali hou haar asem op, haar hand om die foon geklem.

    “Meneer Conradie is baie ontevrede met die prys, maar hy is bereid om te onderhandel. Ek het aan hom probeer verduidelik dat die aanvraag na strandhuise tans klein is. Die afgelope jaar wat dit al in die mark is, was daar nog nie eens een aanbod nie.”

    “Wat tel teen die huis?” Sy het ’n goeie idee, maar laat sy eerder hoor wat die agent se mening is.

    “Die huis is oud en te ouderwets. Die feit dat dit ’n seefronterf is, jaag eintlik die prys onbehoorlik op vir wat die huis op enige ander erf werd sou wees. En dan is daar nie eens ’n goeie seeuitsig nie omdat die huis so ver te-rugstaan op die erf en net ’n enkelverdieping is. Ek erken

    Corali.indd 19 20/01/2020 11:44:13

  • 20 vywervrou 3: corali

    dit maar teenoor jou, net omdat ek weet julle is familie. Vir ander kopers sou ek dit nie so uitgestip het nie.”

    Overgeset synde, die prys is gewoon net te hoog vir wat die koper kry. Nes sy gedink het. “My aanbod is dus billik in die huidige klimaat?”

    “Vir die huidige eiendomsmark, ja. Daar is voorspel-lings dat dit beter gaan raak, maar daarop kan ’n mens nie staatmaak nie. Ons trek nou al ’n paar jaar lank swaar ná die vorige boom.”

    “Dan volstaan ek met my aanbod.”“Jy wil nie onderhandel nie?”“Nee.” Sy het genoeg gehad van Ryno se gulsigheid

    en rugstekery. Sy sou die verdomde strandhuis geërf het ná haar ma se dood, maar hy het hulle ma natuurlik oortuig hy het die geld nodiger as wat sy ’n strandhuis in Suid-Afrika nodig het terwyl sy in Engeland bly. Wel, se gat. Dinge het verander.

    Dis erg genoeg dat sy die plek wat hare moes geword het, moet koop. Al kan sy dubbel die prys lag-lag betaal. Maar dis die laaste ding wat hulle hoef te weet.

    “Goed,” ruk die agent haar terug uit haar mymering. “Maar ek moet jou waarsku dit sal waarskynlik beteken dat hy die aanbod nie gaan aanvaar nie.”

    “Ek sal daardie risiko loop.”“Ek sal hom laat weet.” Sy hoor die eiendomsagent

    sug. Sy het seker uitgesien na haar kommissie. Corali sit haar selfoon neer en stap vir die soveelste

    keer deur die plek waar sy van kleins af kom vakansie hou het. Dit is inderdaad oud en ouderwets. Van binne en buite. En die plek het ook nie ’n seeuitsig om van te praat nie. Nie naastenby wat dit kon gehad het nie. Uitsig was nie vir die oumense belangrik nie. Hulle wou uit die bek van die wind wees. En dit ís hierdie huis.

    As jy die see kan sien, kan die wind jou sien, het haar oupa nog vir haar gesê toe sy eendag gevra het hoekom die huis so ver agtertoe op die erf staan terwyl die

    Corali.indd 20 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 21

    Krugers se dubbelverdieping só gebou is dat dit hulle ’n lieflike uitsig oor die see gee.

    Destyds was hulle huis en die Krugers s’n die enig-stes in Vywerstraat.

    Die yslike glas-en-betonhuis langsaan moes gebou gewees het terwyl sy in Engeland was. Dis die ene hoeke en punte. Boeta het seker ’n aar gebars oor die Trans-vaalsheid. Dis sy groot pet hate. Ryk Transvalers wat huise wat nie op Vywerbaai hoort nie, hier kom bou.

    Die huis wat die Murrays agt jaar gelede gekoop het, is omtrent twintig jaar terug gebou toe sy pas in matriek was. 1994. Almal was destyds aan die skinder oor die Spaanserige huis wat so uit pas is met die dorp. Boeta se stiefpa het dit nog gebou en Boeta se eie sweet en bloed is ook daarin, al was hy maar dertien. Die ou vark het Boeta gemoor. Gelukkig het Giep Bothma sy bakkie twee jaar later afgeskryf en daarmee saam homself ook.

    Vreemd dat herinneringe wat so lank net êrens in haar agterkop rondgedryf het, nou weer so helder voor die gees is. Hopelik sal die herinneringe aan Engeland ook uiteindelik vervaag en, solank sy daar wegbly, nooit weer terugkom nie.

    Net ’n paar tonele sal haar altyd bybly asof dit in Technicolor in haar brein geëts is.

    Die dag toe Jamie by die huis gekom het met haar soesji en sy sasjimi. Die oomblikke nadat hy aan die sa-sjimi, gerangskik in die vorm van ’n krisant, begin eet het en wat daarna gevolg het.

    Die oomblik toe sy sy brief gevind het en die oomblik toe dit in die kaggel beland het.

    En natuurlik die dag drie weke gelede toe Bea trix Witherspoon haar weggejaag het van die landgoed af.

    Maar dis die verbod op haar skilderwerk wat nou die grootste impak op haar het. Sy weet Beatrix is heelte-mal bewus daarvan dat dit nie net ’n mat is wat onder

    Corali.indd 21 20/01/2020 11:44:13

  • 22 vywervrou 3: corali

    haar voete uitgetrek is nie. Dat sy Corali die swaarste moontlike straf opgelê het. Met daardie voorwaarde het sy nie net vir Cie-Cie Witherspoon vermoor nie, sy het die belangrikste deel van wie en wat Corali Conradie is, verpletter.

    Skelm skilder, gaan ook nie werk nie. As beskerm-vrou van een van die groter kunsverenigings in Brittanje het Beatrix haar vinger stewig op die pols van die kuns-wêreld, selfs Suid-Afrikaanse kuns.

    Wat Beatrix egter nooit sal verstaan nie, is dat ’n mens nie net eensklaps kan ophou skilder nie. Dis nie iets wat jy besluit om te doen of nie. Nes ’n mens nie kan besluit om asem te haal nie. Dis ’n drang wat nie onderdruk kan word nie. ’n Muse laat haar nie sommer vermoor nie.

    Sy kan egter nie waag om Beatrix se opdrag of haar dreigement te ignoreer nie. Niemand kon uitvind waar die dodelike maaltyd bestel of afgehaal is nie en dus ook nie of dit Jamie was wat dit self bestel het nie. Corali was die enigste persoon tuis toe hy dood is.

    Om enige regstappe teen ’n Witherspoon te probeer neem, kan net in ’n fiasko ontaard. ’n Peperduur een. En wat sê sy? My skoonma het my afgedreig om nooit weer te skilder nie?

    Wat was die dreigement? Dat sy my van my man se dood gaan beskuldig.Is jy skuldig?Ek weet nie. Miskien tog wel. Corali kan haar denkbeeldige gespreksgenoot sien

    frons. Hoe so?Want ek het ’n skildery gemaak wat ’n spieël voor

    hom opgehou het. En dis dalk wat Jamie se einde bete-ken het.

    Daarin lê die antwoord dalk. Hoe durf sy aanhou skilder as sy wel vir Jamie se dood verantwoordelik was, al het sy hom nie vergiftig nie?

    Corali.indd 22 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 23

    Donderdag 15 AugustusVywerbaaiCorali

    “Mevrou Conradie het geteken. Meneer Conradie was een van die getuies. Jou aanbod is aanvaar, Corali.”

    “Wonderlik!” Corali slaak ’n sug van verligting. Vir twee dae het sy gewonder of sy nie maar ’n bietjie meer moet aanbied nie. “Dankie vir al die moeite wat jy ge-doen het, Pikkie.”

    “Die moeite is deel van my werk, en jy het my darem hoër kommissie as die gewone belowe, maar ek moet sê jou broer se houding het my nie aangestaan nie. Hy het my reguit daarvan beskuldig dat ek eintlik deel het aan wat hy diefstal noem.” Aan haar vals laggie kan Corali hoor sy is glad nie geamuseer nie.

    “Hy was nog nooit ’n goeie verloorder nie. Wag tot hy hoor ek is die nuwe eienaar. Hopelik sal hy dit nie op jou uithaal nie. As hy probeer, hou net vol jy het nie geweet ek is sy suster nie.”

    Sy het skaars gegroet en afgelui toe haar foon weer begin skel.

    “Hallo, Ma.”“Corali, die strandhuis is verkoop. Jy sal teen die einde

    van die maand moet uit wees sodat ons kan skoonmaak en so.”

    “Ryno is seker bly vir die kontantinspuiting vir die boerdery?”

    “Ek het ’n baie teleurstellende prys vir die plek gekry. Ryno is woedend, maar wat kan ’n mens maak met die ekonomie soos dit is.”

    “Julle kon gewag het tot die eiendomsmark her-stel.”

    “Hy het die geld nou nodig. En wie sê dit gaan her-stel? Hy sê ook dis net ’n kwessie van tyd voor die ANC tweede huise gaan onteien.”

    Corali.indd 23 20/01/2020 11:44:13

  • 24 vywervrou 3: corali

    “Maar die plaas is mos in sy naam en die strandhuis in Ma s’n. Dis dus nie ’n tweede eiendom nie?”

    “Ja, maar met die ANC weet ’n mens nooit nie en ons kom in elk geval bitter min daar. Ryno neem eerder die kinders met opvoedkundige vakansies as Vywerbaai toe.”

    “O? Waarheen is hulle met hul laaste opvoedkundige vakansie?”

    “Kroasië toe.”“Sjoe, twee kinders en twee volwassenes sal seker

    nie met ’n goedkoop vakansie in Kroasië kan wegkom nie.”

    “Ryno werk hard vir sy geld, Corali. Moenie dink ek weet nie waarop jy sinspeel nie.”

    “Ek sinspeel nie, Ma. Ek sê sommer reguit. Ek dink dis ’n bleddie skande dat hulle op oorsese vakansies rondflenter, dat hy in ’n luukse viertrek rondry en hulle daardie moerse aanbouing aan die opstal laat doen het terwyl die plaaswerkers nie eens spoeltoilette en warm water het nie. Ek is nie blind nie. Toe ek Grieta gaan groet het, het ek gesien wat op die plaas aangaan – al is ek nie eens genooi om daar te oornag nie.”

    “Sê jy wat met ’n skatryk man getrou het, vir ses jaar nooit hier was nie en nou soos ’n dief in die nag terug sluip hierheen. Wat het jy verwag? ’n Gemeste kalf?”

    Waar is die ma wat sy geken het? Die ma wat selfs in haar afsydigheid ten minste nog objektief kon dink. Sy weet presies waarheen. Saam met haar pa in die graf in, want dis van toe af dat sy afhanklik was van Ryno vir verblyf en elke sent.

    Wiens brood men eet, diens woord men spreek. Weet sy dit nie self nie. Want Jamie was nie skatryk nie. Jamie was net so afhanklik van sy ouers se rykdom as wat haar ma nou van Ryno se genade is.

    As sy geweet het Beatrix het soveel mag oor haar seun, sou sy miskien twee keer gedink het toe hy met sy

    Corali.indd 24 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 25

    voorstel gekom het dat hulle trou. Veral as sy geweet het wat ’n bitch Beatrix onder die vernis van haar uiterste beskaafdheid is.

    “Nee, Ma. ’n Gemeste kalf is seker te veel gevra. Maar ek het darem gedink daar sal ’n bietjie begrip wees, ’n bietjie empatie selfs, vir ’n dogter wie se man onlangs dood is. En toe was daar nie. Zero. Zilch. Nada.”

    Daarop het Corrie snaaks genoeg niks te sê nie.“So by the way, Ma, dis ek wat die strandhuis gekoop

    het. Dit sou ’n ware winskoop gewees het as dit nie was dat ek veronderstel was om dit by Ma te erf nie. Bye, Ma.”

    Sy druk die foon dood sonder om te wag vir ’n ant-woord. Sy ignoreer dit toe dit weer begin lui. “Fók, julle, Ma. Fok julle almal. En fok die Witherspoons die meeste van almal. Ek sal verdomp regkom op my eie. Het nog altyd.” Sy moet dit hardop sê om dit geloofwaardiger te laat klink.

    Want dis nie heeltemal waar nie. Eintlik glad nie. Sy het immers ’n totale gemors van haar lewe gemaak vandat sy veertien jaar gelede op drie-en-twintigjarige ouderdom die eerste keer hier weg is Frankryk toe. Vol moed om die skilderwêreld te verower. Geglo die wêreld is haar oester.

    Sy het nie besef dat daar nie in alle oesters pêrels groei nie. En selfs al vind jy ’n pêrel, kan jy dit uit onkunde voor die swyne gooi uit ’n dwase sin vir regverdigheid.

    Dis daardie verlore pêrel waaroor ’n mens altyd sal treur wanneer dit te laat is.

    Thomas.Die naam wat sy vir soveel jaar uit haar geheue ge-

    ban het. ’n Naam gewroet in die hart en vlees en pees van die Corali wat sy was, en te dom was om te bly. Van die Corali wat sy agtergelaat het terwille van roem en verruil het vir ’n vrou wat Cie-Cie geheet het.

    Nou is dit die vooraand van die volgende Corali in

    Corali.indd 25 20/01/2020 11:44:13

  • 26 vywervrou 3: corali

    wording. Dié Corali wat moet wegkruip vir die wêreld en net kan rou oor wat kon gewees het. En die naam is steeds in die vesel van wie en wat sy is, ’n klipmossel wat bly vassit. Thomas.

    Thomas, die sagsinnige reus. ’n Raps oor die twee me-ter lank met ’n bolyf wat professionele spiertiere hom sal beny. Die spiere verwerf as gevolg van sy beeldhouwerk. Daar is nie ’n medium wat hy nie kan mak maak om wat daarin verskuil is, daar uit te haal nie. Meesal lewensgroot. En dit verg spierkrag benewens ongelooflike talent.

    So aanskoulik as wat die krag in daardie groot bolyf is, is dit egter sy lewenskrag as mens wat sy liefgekry het. Sy etiek. Sy emosionele sterkte. Sy humorsin en sy diep, dawerende lag. Die sagtheid in daardie liggroen oë met die goue vlekkies wat daarin flikker. Thomas wat aan jou kan vat asof jy van porselein gemaak is, of uitbundige, baldadige liefde kan maak. Dikwels al laggende, tergen-de.

    Thomas is seker lankal getroud. Het waarskynlik ook al die kinders wat hy so graag wou gehad het. Sy het hom amper sewe jaar gelede laas gesien. Die dag toe sy vir hom gesê het sy ruil haar liefde vir hom vir sukses in haar loop-baan. Nou nog sien sy die skok en ongeloof in sy oë.

    Saam met Thomas het sy vir Eugenie verloor. Thomas se ma wat enersyds ’n vriendin was en andersyds vir haar meer soos ’n ma gevoel het as haar eie. Hulle het mekaar nie dikwels gesien nie, net wanneer Eugenie in Frankryk kom kuier het. En daardie keer toe hulle Suid-Afrika toe gekom en sy Thomas se afsydige pa ook vlugtig ontmoet het. Tog het sy en Eugenie van die begin af aanklank by mekaar gevind.

    Die een keer wat sy gewaag het om Thomas te google, het sy gelees dat hy nou merendeels bekend is vir sy bronsbeeldhouwerke van meerminne. Hy noem hulle seevroue. Die pynlike verlange na hom wat daar-die artikel in haar losgemaak het, het haar laat besef sy

    Corali.indd 26 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 27

    moet liewers ou koeie in hulle slote laat as sy wil aan-hou funksioneer. Vergeet dat dit sy is wat sy belangstel-ling in seevroue aangewakker het.

    Sy sal seker vir die res van haar lewe betaal vir haar onnoselheid, en dis oukei, sy verdien dit, maar nooit ooit weer laat sy met haar mors soos Beatrix dit gedoen het nie. En as dit enigsins binne haar vermoë is, sal sy nooit ooit weer laat mors met mense vir wie sy omgee nie. Soos daar met Jamie gemors is.

    Ja, as dit selfdood was, is sy moontlik aandadig, maar sy het nooit gedink hy sal op só ’n manier ’n einde aan sy lewe maak nie. Voor haar – asof hy haar wou straf.

    Saterdag 17 AugustusGent – BelgiëThomas

    “Is jy nou seker jy doen die regte ding, Thomas?” Hy kyk af na sy ma wat sy strikdas regtrek. “Is ’n

    mens ooit?”Eugenie se hande gaan na die ruiker in sy knoopsgat,

    vroetel daar ook. “Ja. Dis nie te sê jy is reg nie, maar as jy voor ’n kansel staan, moet jy in daardie oomblik seker wees.”

    “Ek is seker genoeg.”“Is dit Corali wat ná al die jare steeds by jou

    spook?”Dis nou een ding van Eugenie Durandt, sy draai nie

    doekies om nie. Seker daarom ook dat sy so goed met Corali klaargekom het. Soms dink hy sy was nog meer geskok as hy oor Corali se besluit. Maar selfs daarin was Corali eerlik en reguit. Ook oor die redes waarom sy daardie donnerse Brit se huweliksaansoek aanvaar het.

    “Thomas?”Sy ma se stem bring hom weer terug na die hede. “Ek

    Corali.indd 27 20/01/2020 11:44:13

  • 28 vywervrou 3: corali

    dink sy sal altyd by my spook, maar ek het haar broer onlangs gebel en volgens hom is sy doodgelukkig met haar skatryk Britse eggenoot. Só gelukkig, dat sy al wie weet hoe lank nie meer met haar familie in aanraking is nie. Sy is nou te grênd vir hulle, het hy gesê.”

    “Dit klink nie soos die Corali wat ek leer ken het nie.”

    “Daardie Corali bestaan nie meer nie, Ma. Sy is nou daardie James-vent se vrou. Miskien het sy die roem gekry wat sy gesoek het. Ek weet nie. Ek het nooit weer van haar gehoor nie en fok haar ook.”

    “Thomas! En dit hier in ’n katedraal.”“Die katedraal is gekies vir die mooi, nie die gods-

    dienstige waarde nie. Katelijne en haar familie is lankal net in naam Rooms al hou hulle nog by sommige van die rituele.”

    Sy ma sug. “Katelijne is ’n pragtige meisiekind, maar ek weet darem nie, Thomas. As jy nou nog iets vir Corali voel . . .”

    “’n Bietjie laat daarvoor, Ma.” Hy kyk op sy horlosie. “Ek moet voor die kansel kom. Sy arriveer oor tien mi-nute. Het Ma nou genoeg aan my gevroetel?” Hy glimlag om sy woorde te versag.

    “Ja, ek het. Jy lyk baie aantreklik al mis ek die ponie-stert. En jy lyk so . . . netjies.”

    “En skoon,” vul hy met ’n glimlag aan. Sy werk as beeldhouer is maar ’n morsige affêre in watter medium hy ook al werk.

    “En skoon, ja. Ek wens net jou pa kon hier gewees het. Maar ek glo hy is in die gees hier. Al is dit in hierdie verre land.”

    Dit moet vreeslik wees om vir soveel jare getroud te wees en dan is daar skielik net ’n graf oor. Vir hom voel dit soos nou die dag wat hy en sy pa nog saam sit en skaak speel het. Nie dat hulle ’n baie goeie verhouding gehad het nie, maar ’n mens se pa bly jou pa. Dis egter

    Corali.indd 28 20/01/2020 11:44:13

  • chanette paul 29

    nie die soort ding waaraan hy vandag moet dink nie. Hy is hier om te trou. Hemel, op amper twee en veertig vir die eerste keer. En dit met ’n meisiekind dertien jaar sy junior. Maar tyd vir omdraai is daar nie meer nie.

    Hy het twee jaar gelede sy bande met Parys geknip toe hy by École nationale supérieure des Beaux-Arts as deeltydse dosent bedank, sy beeldhoustudio se huur opgesê en ’n pos in Gent aanvaar het by KASK oftewel die Koninklijke Academie voor Schone Kunsten. En hy het sy bande met Corali finaal geknip toe hy besef het hy kan nie langer oor haar treur nie en Katelijne aan die begin van die jaar gevra het om met hom te trou.

    Met haar ballerinalyf lyk Katelijne soos ’n prinses toe sy in die lang kerkpaadjie van die katedraal aan haar pa se arm afgestap kom. Alles aan haar spreek van styl-volle eenvoud. Die blonde hare in ’n sagte Franse rol, die halslyn nie te laag nie, die smal heupe onder die gladde snit van die rok in proporsie met haar klein, ferm borste. Haar vel die kleur en tekstuur van albas.

    So anders as Corali met haar wildewragtighare, haar bont rokke en sigeuneroorbelle. Haar gul lyf. Haar oor-weldigende, aardse vroulikheid en welluidende, dikwels luidrugtige lag. Die groenbruin oë, destyds al met son-plooitjies om die hoeke. Haar warm sonbruin vel. Haar verloklike, o so verloklike mond.

    Thomas antwoord op die regte plekke, glimlag wan-neer hy moet en hou sy gesig ernstig terwyl hy sy hu-weliksbeloftes aflê, maar die seremonie gaan hom gro-tendeels verby – asof hy van ’n afstand af toekyk.

    Die eerste woorde wat werklik weer tot hom deur-dring, is dat hy sy bruid mag soen.

    Thomas buk en laat rus sy lippe teen die sagte roos-knopmond wat na hom gelig word.

    As dit maar Corali was. Die Corali wat hy geken het voor sy hom onder die gat geskop het terwille van roem.

    Corali.indd 29 20/01/2020 11:44:13