73
STUDIEMATERIAAL DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE MATTEUS TOT OPENBARING

1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

STUDIEMATERIAAL

DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKEMATTEUS TOT OPENBARING

Page 2: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

INHOUD

BLADSYOPDRAGTE 1-4

MODULE I : DIE EVANGELIESInleiding tot die Evangelies : Tussentestamentere Periode en die Volheid van die tyd 5-9Die Evangelies 10Die Evangelie volgens Matteus 11-13Die Evangelie volgens Markus en Lukas 14-16Die Evangelie volgens Johannes 17-19

MODULE II : HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BOEKE 20Oorsig 21Lesing 1: Handelinge 22Lesing 2: 1 Korintiërs 26-33Lesing 3: 2 Korintiërs 34-37

Bylae 1 38-40Lesing 4: Romeine 41-42Lesing 5: Galasiërs 43-48

Bylae 2 49-50Bylae 3 51-58

MODULE III : GEVANGENISBRIEWE EN ESKATOLOGIESE BRIEWE 59Lesing 1: Gevangenisbriewe 60-61

1. Efesiërs 612. Filippense 613. Kolossense 614. Filemon 61

Lesing 2: Eskatologiese Briewe 62. 1 Tessalonisense 63. 2 Tessalonisense 63

MODULE IV : PASTORALE BRIEWE 64Oorsig 661 Timoteus 672 Timoteus 67-69

MODULE V : HEBREЁRS 70Hebreёrs : Oorsig 71-77

MODULE VI : NAAMBRIEWE 78Lesing 1 : Jakobus, 1 Petrus 79Lesing 2 : 2 Petrus, 1 Johannes 80

MODULE VII : OPENBARING 81

Oorsig en Samevatting 82-88

Evalueringsvorm 89-90

Page 3: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

INLEIDING TOT DIE EVANGELIES

RAAMWERK VIR EVANGELIES

1. Inleiding

1.1 Algemene inleiding tot die evangelies

1.1.1 Die evangelie as literatuur vorm

1.1.2 Die benaming evangelie

1.1.3 Die uniekheid van die evangelies

1.2 Die Tussentestamentêre Periode – Maleagi tot by die geboorte van Christus

1.2.1 Israel onder die Perse (± 550 – 333 v.C.)

1.2.2 Israel onder die Grieke (333 – 301 v.C.)

1.2.3 Israel onder die Ptolemeërs (Egipte) (301 – 198 v.C) en die Seleusiede (Sirië) (198 – 166 v.C)

1.2.4 Die Makkabeërs

1.2.5 Israel onder die Romeine (vanaf 63 v.C)

1.2.6 Ontwikkeling van godsdienstige partye

1

Page 4: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

INLEIDING TOT DIE EVANGELIES: DIE TUSSENTESTAMENTÊRE PERIODE

DIE TYDPERK VAN MALEAGI TOT CHRISTUS

LEES: Habakuk 2

1. Israel onder die Persiese heerskappy ± 550 - 333 v.C.

Van die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. Dit loop oor 400 jaar en in dié tyd het daar heelwat gebeur met die volk wat uit Babel na Palestina teruggekeer het. Gedurende hierdie hele tyd was die Jode maar b aie selde onafhanklik.

Selfs in die dae van die Makkabeërs het hulle nou en dan die juk van die oorheerser afgeskud en vryheid geniet.

Van die oorheersing van die Perse het hulle maar min las gehad. In dié tyd het die teenstand gekom van die Samaritane en die omringende volke, maar die Persiese koning het hulle beskerm teen die haat en vyandskap. Die Perse het die magtigste volk gebly tot die jaar 336 v.C.

2. Israel onder die Griekse heerskappy 333 - 301 v.C.

Die Persiese mag is vervang deur die Grieks-Masedoniese ryk onder Alexander die Grote. Alexander was die Jode goedgesind. Nadat hy die Persiese leër in die jaar 333 v.C. verslaan het, en nadat hy Tirus en Gasa verower het, het Palestina ook in sy besit gekom. Hy het teen Jerusalem opgetrek, want hy was kwaad omdat die Jode nie vir hom lewensmiddele gestuur het nie. Toe hy voor die poort van Jerusalem kom, het die hoëpriester Jaddua met 'n hele skare priesters hom tegemoet gegaan. Hierdie plegtige optog het so 'n indruk op hom gemaak dat hy gehoor gegee het aan die smeking van die hoëpriesters en Jerusalem gespaar het.

3. Israel onder die Ptolemeërs (Egipte) 301 - 198 v.C. en Seleusiede (Sirië) 198- 166 v.C.

Na die dood van Alexander is sy ryk onder sy vier generaals verdeel. Van toe af was die Joodse land 'n twisappel tussen die Egiptenaars en die Siriërs. Eers was Palestina honderd jaar lank onderworpe aan die Egiptenaars of Ptolemeërs. Veral onder die oorheersing van Antiochus Epifanes moes die Jode baie ly. Hy het hulle gekrenk in hulle heiligste regte en hy het die tempel van die Here aan Jupiter gewy. Hy het die Joodse godsdiens nie geduld nie en die Jode gedwing om voor sy gode neer te kniel. Wie aan die Joodse godsdiens getrou gebly het, moes sterf. Besnydenis en Sabbatsviering is verbied, en wie dit nog onderhou het, moes eweneens die doodstraf ondergaan. Die getal afvalliges onder die lede wat hulle godsdiens vaarwel gesê het, was groot. Hulle het dan aanhangers van die Griekse godsdiens geword.

4. Die Makkabeërs

In hierdie tyd van die hoogste nood het die Here verlossing aan die Jode gebring deur middel van die Makkabeërs. Die Makkabeërs was die naam vir die vyf seuns van die priester Mattatias. Hulle het hulle in die jaar 166 v.C. teen die tirannie van Antiochus verset. Judas, die seun van Mattatias, het die bynaam Makkabeus ("Hamer") gekry, en hierdie naam het ook oorgegaan op sy vier broers.

Judas het met heldemoed vir die Joodse geloof gestry. Hy het menige neerlaag aan die Siriese bevelvoerders besorg en ook die tempel in besit geneem en dit weer gereinig. Hierdie tempelreiniging leef nog steeds in die herinnering van die Jode voort in die fees van die vernuwing van die Tempel.

Gedurende 100 jaar het die nakomelinge van Mattatias, wat ook hoëpriesterlike waardigheid gehad het, die leiding oor die Joodse volk gehad. By tye was die Jode heeltemal vry van die Siriërs, en dan weer was hulle min of meer aan hulle onderworpe.

5. Israel onder Romeinse heerskappy (Vanaf 63 v.C.)

In hulle stryd teen die Siriërs het hierdie dapper manne uiteindelik die hulp van die Romeine ingeroep. Judas het al daarmee begin, en ten laaste het daar 'n verbond tussen die Romeine en die Jode tot stand gekom. Hierdie bondgenootskap het die Jode baie kwaad aangedoen. Daardeur het die Jode uiteindelik onder die Romeinse heerskappy gekom. Die Romeine het ook aan die regering van die Makkabeërs 'n einde gemaak. Hulle het die laaste afstammeling uit die geslag van die Makkabeërs, Antigonus, se

2

Page 5: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

koningskap vervalle verklaar, en hom vervang deur die Edomiet, Herodes. Antigonus het nog probeer om die stryd vir sy koningskap voort te sit, maar na drie jaar het hy gesneuwel, en Herodes het die troon bestyg. Hy was heeltemal van die Romeine afhanklik.

Om darem 'n skyn van wettigheid aan sy regering te gee, het Herodes getrou met Marianne, 'n dogter uit die Makkabese geslag. Hy het sy bes probeer om die Jode aan sy kant te kry, veral deur die verfraaiing en vergroting van die tempel waaraan daar 46 jaar lank gearbei is. Hy het egter almal gehaat wat nog familie was van die ou heldegeslag. Daarom is eers die oupa van sy vrou, Hirkanus, daarna haar pa, en eindelik ook Marianne self en haar twee seuns vermoor. So was die hele geslag van die Makkabeërs uitgeroei. Dit was ook die einde van alles wat aan die vroeëre glorie herinner het. Hierdie Herodes het oor die Joodse land geregeer toe Jesus in Betlehem gebore is.

6. Godsdienstige toestande

Die ballingskap het die Joodse volk in geestelike opsig nie skade berokken nie. Juda is veral weens afgodery in ballingskap weggevoer, maar ná die ballingskap wou hulle nie meer weet van afgodery en beeldediens nie. Hulle wou toe die Wet nalewe, en veral toe daar nie meer profete opgetree het om God se raad bekend te maak nie, is die Wet as God se openbaring geëer. Tog het die volk nog telkens oortree, en moes daar deur hervorming telkens weer verbetering aangebring word soos blyk uit Nehemia 13.

Behalwe in die tempel is die Woord van God gereeld op die Sabbat in die sinagoges gelees.

Die sinagoges het ook in die lande buite Palestina voorgekom. Skrifgeleerdes en Wetgeleerdes het opgetree om die Woord van God en die Wet te verklaar. Die wyse waarop die Jode aan die Wet vasgehou het, het gelei tot werkheiligheid en formalisme in die uitlewing van hulle godsdiens. Eie instellings en bepalings het die Woord van God sy krag ontneem. Hulle het regverdigheid uit die werke van die Wet gesoek en nie deur die geloof nie. In daardie tyd het daar verskillende godsdienstige partye ontstaan wat afbreuk gedoen het aan die ware, voorvaderlike geloof. Die vernaamste party was die van die Fariseërs, die mees regsinnige rigting. Hulle het hulle heil gesoek deur aan die letter van die Wet vas te hou, en hulle het gemeen om daardeur die guns van God te verwerf. In Matteus 23 wys Jesus op hulle vormdiens, maar ook op hulle geveinsdheid. Naas die Fariseërs was daar ook die party van die Sadduseërs, wat meer vrysinnig was. Hulle het ontstaan onder die invloed van die Griekse wêreldbeskouing. In baie opsigte het hulle 'n teenstelling met die Fariseërs gevorm, hoewel hulle wesenlik ook ooreengestem het, want die ware godsdiens was ook nie by die Sadduseërs te vinde nie. Die Sadduseërs was vrydenkers wat nie geglo het in die opstanding van die liggaam nie. Met die dood is alles uit. Hulle het ook nie geglo in die bestaan van engele en geeste nie. Wat ons by hulle kry, is 'n blote verstandsrigting.

Verder was daar nog die sekte van die Esseners. Hoewel die Bybel geen melding van hulle maak nie, weet ons van hulle uit die tekste wat oor hulle gevind is. Hulle het hulle heil gesoek in 'n lewe van afsondering en onthouding. Die meeste van hulle het ongetroud gebly, en het hulle ook onthou van verskillende kosse en dranke. Dit was 'n mistieke rigting wat hulle oorgegee het aan meditasie en Skrifstudie.

Gelukkig het daar 'n skare van getroues oorgebly wat vasgehou het aan die beloftes van God, en wat vurig na die Messias verlang het.

3

Page 6: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

DIE VOLHEID VAN DIE TYD

OU EN NUWE TESTAMENT

LEES: Lukas 1:26-56

1. Messiasbeloftes van die Ou Testament

Die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm saam die Bybel, die Woord van God. Christus, die Messias, is die middelpunt van die Woord van God. "Christus" is die Griekse woord vir "gesalfde", en "Messias" die Hebreeuse woord wat dieselfde beteken. Die Ou Testament is in Hebreeus geskryf, en die Nuwe Testament in Grieks. Christus en Messias beteken dus dieselfde.

Die Ou Testament is vol beloftes aangaande die Messias. Aanvanklik is die belofte vaag en taamlik algemeen, maar later word dit baie meer spesifiek en al hoe duideliker. Dit begin met die moederbelofte in Genesis 3:15. Daarna sien ons die vernouing van die stroom in die profesie van Noag dat Jafet 'n woonplek sal kry in die tente van Sem (Gen 9:27). Aan Abraham is vervolgens die belofte gegee dat al die volke van die aarde in hom geseën sal wees. Die volk wat uit Abraham sou voortkom, sou die uitverkore volk word waaruit die Messias gebore sou word. Wanneer Jakob later sy kinders seën, blyk dit dat die stam van Juda die stam is waaruit die Messias sou voortkom: "Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp" (Gen 49:10). Uit die stam van Juda is Dawid eeue later gebore, en die belofte van die Messias is aan hom bevestig (2 Sam 7:12, 13, 16).

Baie van die Psalms sing ook van die Messias, en beskryf die karakter van sy regering in verhewe taal. Hy sal Koning wees (Ps 2, 72), wat sal regeer met majesteit (Ps 45:4, 5) en regverdigheid (Ps 72:3). Die Nuwe Testament dui ook aan hoe in die boeke van die profete die Messias al hoe duideliker aangewys word. Hy sal as 'n kind in die wêreld kom (Jes 9:5), en as die Immanuel uit 'n jong vrou gebore word (Jes 7:14). Die tyd van sy koms (Dan 9:24-26) en selfs die plek van sy geboorte, naamlik Betlehem, word ook aangedui (Miga 5:1). Aan sy koningsheerskappy sal daar geen einde wees nie (Jes 9:6; Dan 7:14). Hy sal met die Gees van die Here toegerus wees om die heilsboodskap aan die heidene te bring (Jes 11:2). Jesaja stel die Messias ook voor in sy diepe vernedering. As dienaar van die Here sal Hy verag wees, en selfs dood en graf sal Hom nie gespaar bly nie (Jes 53). Hy ondergaan dit alles om die straf op die sondes van sy volk te dra, en hulle van die ewige dood te verlos.

2. Voorafskaduwing en tipes

Die plegtige handelinge van die godsdiens van Israel wys ook heen op die Messias. Dit is 'n voorafskaduwing van wat later sou volg. Veral die offerdiens wys na die offer wat eenmaal deur Christus op Golgota gebring sou word. In verskillende gebeurtenisse in die Ou Testament sien ons dieselfde voorafskaduwing: die ram wat in die plek van Isak geoffer word op Moria; die manna in die woestyn, wat heenwys na die "ware brood uit die hemel", Jesus Christus (Joh 6:31-16).

Ook besondere fasette van die werk van bepaalde persone, en gebeurtenisse in hulle lewens, is in die Ou Testament 'n heenwysing na die Messias. Hulle word dan tipes van Christus genoem. Simson is in sy dood, waardeur hy die oorwinning oor die vyand behaal en sy volk verlos het, 'n tipe van Christus. So is ook Jona toe hy drie dae in die maag van die groot vis was en weer op die land uitgespoeg is, 'n tipe van Christus wat ná drie dae opgestaan het uit die graf.

So vind die beloftes, voorafskaduwings en tipes van die Ou Testament hulle vervulling in Jesus Christus in die Nuwe Testament. Hy het die slang, naamlik Satan, se kop vermorsel toe hy oor dood en graf geseëvier het. In Hom is al die volke van die aarde geseën. Hy is gebore uit 'n vrou en het in alle opsigte aan ons gelyk geword, behalwe die sonde (Fil 2:7). Hy het Homself verneder tot die dood van die kruis (Fil 2:8), en is tans met koninklike mag beklee (Fil 2:9,10), terwyl daar aan sy ryk geen einde sal wees nie.

4

Page 7: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

DIE VOLHEID VAN DIE TYD

LEES: Galasiërs 4:3-7

1. Die toestand van die wêreld, één wêreldtaal, almal soek na waarheid

Die tyd waarin ons Here Jesus Christus gebore is, word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:4 Ou Vertaling). Hierdie tyd dra besondere kenmerke, en is sorgvuldig deur God voorberei.

Die Romeinse Ryk was die heersende mag nadat dit al die ryke van die toenmalige bekende wêreld aan hom onderwerp het. Toe keiser Augustus die alleenheerskappy verkry het, het die Romeinse Ryk sy toppunt van bloei bereik. Onder die regering van Augustus was daar van oorlog geen sprake nie. Daar was 'n lewendige verkeer tussen al die dele van die ryk. Alles het daartoe bygedra om die eenheidsbesef te versterk. Hierdie algemene vredestoestand het die verbreiding van die Evangelie ten goede gekom. Van groot belang was ook die feit dat daar in die hele ryk gebruik gemaak was van één wêreldtaal, naamlik Grieks. Wie Grieks geken het, kon orals oor die weg kom. So kon die apostels, veral Paulus, hulle op hul reise van die Griekse taal bedien om die Evangelie aan alle volke te verkondig.

In hierdie wêreld was daar 'n algemene verdorwenheid te bespeur. Verskillende wysgere het probeer om hulle volk uit die diep sedelike verval op te rig. Elke wysgeer het 'n skool met volgelinge gevorm, en het gemeen om in sy stelsel die waarheid te beliggaam. Desnieteenstaande was daar geen sprake van ware geluk nie. Daar was geen enkele wysgerige stelsel wat die sug na waarheid kon bevredig nie. Elke land het sy eie gode gehad, maar hulle kon ook geen bevrediging bring vir die soekende hart nie. In Athene was daar selfs 'n altaar vir die onbekende god opgerig. Die godsdiens was onmagtig om die toenemende geestelike ontaarding en sedebederf teen te gaan, en daarom het mense begin om die godsdiens te minag. Ongeloof en bygeloof was aan die orde van die dag. Daarom het almal verlangend na 'n Verlosser uitgesien. Hierdie verlange het ook by Israel, God se verbondsvolk, geleef.

2. Die verbondsvolk: staatkundige en godsdienstige toestande

Die hele bekende wêreld van hierdie tyd het onder die heerskappy van die Romeine gestaan. Aan die hoof van die Romeinse regering het die keiser gestaan, en hy het sy setel in Rome gehad. Al die onderhorige lande en volke moes swaar belastings aan die keiser betaal. Die Romeine het hulle oppergesag gehandhaaf deur Romeinse amptenare en 'n besettingsmag in die verskillende lande aan te stel. So het die Jode ook onder die Romeinse oorheersing gestaan, en hulle het hartstogtelik verlang na iemand wat hulle hiervan sou bevry.

Die Romeine het egter ter wille van allerlei politieke en diplomatieke motiewe toegelaat dat koning Herodes nog sy koninklike waardigheid in Palestina behou, alhoewel hy net beperkte mag gehad het. Herodes was 'n Edomiet, dus 'n afstammeling van Esau. Nadat hy aan bewind gekom het as koning van Judea, was hy bang vir die Makkabeërs, 'n geslag van Joodse leiers wat in opstand gekom het teen die staatkundige en godsdienstige onderdrukking van die Jode. Herodes het al die afstammelinge uit die geslag van die Makkabeërs laat uitroei. In 'n poging om die guns van die Jode te wen, was hy ook getroud met Marianne, 'n vrou uit die geslag van die Makkabeërs, maar as gevolg van al sy politieke intriges het hy in verskillende stadiums haar grootvader, haar vader, haarself en altwee haar seuns laat vermoor. Hy was as gevolg hiervan gehaat deur die Jode. Om te probeer om in die Jode se guns te bly, het hy die tempel in Jerusalem uitermate verfraai. Dit het hom en sy regering egter nie nader aan die Jode gebring nie.

Op godsdienstige gebied het die Jode 'n politiek-nasionale verklaring aan die profesieë van die Ou Testament gegee, en hulle het 'n Verlosser verwag wat hulle van die gehate Romeinse oorheersing sou verlos. Omdat die verlossing nie gekom het soos hulle dit verwag het nie, het hulle teleurgesteld geraak. Die wysgerige stelsels van die Griekse wysgere kon ook geen bevrediging bring nie. So het die hele wêreld van daardie tyd in 'n hopelose toestand te lande gekom. Die tyd vir diepgaande verlossing het aangebreek. Dit word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:40). In hierdie tyd was daar baie goeie kommunikasie tussen die volke van die Romeinse Ryk; daar was 'n afwagting onder al die volke van die verlossing wat sou kom; en daar was 'n geestelike ontvanklikheid onder die volke vir die Evangelie wat bekend gemaak sou word.

In die voorafgaande tyd, toe die Jode deel geword het van die Romeinse Ryk, het God sy volk gelei om deel te word van die politieke bestel van daardie tyd. Die Jode se aanraking met die ander volke het ook daartoe gelei dat hierdie volke die Jode se godsdiens leer ken en waardeer het. Dit was 'n voorbereiding vir die sendingwerk wat later deur Paulus en andere gedoen sou word.

5

Page 8: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Die Joodse godsdiens was vol innerlike teenstrydighede. Naas die verlange na 'n Verlosser, die terugkeer na die Here, en die gereelde voorlesing van die wet, het die nadruk geval op die uiterlike dinge. Die wet is na die letter onderhou, en die godsdiens het opgegaan in uiterlike seremonies. Die wyse waarop die Skrifgeleerdes die wet uitgelê het en die gewone mense verplig het om swaar laste te onderhou, het hulle laat smag na ware verlossing in 'n wêreld waar hulle geen rus kon vind nie.

3. Messiasverwagtings

Uit hierdie ingewikkelde wêreld het daar verskillende Messiasverwagtings na vore gekom. Die Jode het 'n Messias, 'n Verlosser verwag wat hulle van die Romeinse oorheersing sou verlos. Die wyse manne uit die Ooste het 'n Verlosser verwag. Die Grieke het gesmag na die bekendmaking van die Waarheid. Daar was egter ook nog getroues in Israel, armes en geringes onder die Jode, wat met verlange uitgesien het na die vervulling van die beloftes van God soos Hy dit in die Ou Testament bekend gemaak het.Fariseërs: Wetties Hand 26:5; 23: Mat 23:2-3Sadduseërs Nd 23:8 Rasionalisties; vryheid van die menslike wilSelote Luk 6:15; Hand 1:13; 5:37 Sterk Joodse nasionale besefEsseners 150 v.C.- 70 n.C. Qumram Hand 19:13 ev? Askete.

6

Page 9: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

MATTEUS

Lees die volgende hoofstukke as gedagte-eenheid saam.

Lees dit met aandag en ‘n potlood.

TEMA HOOFSTUKKEGeboorte van Jesus 1 – 2

Die doop en versoeking van Jesus 3 – 4

Die bergrede – om dissipels te wees 5.- 7

Genesings en leringe 8 – 9:34

Opdrag aan die twaalf 9:35 – 10:42

Jesus se aansprake 11 – 12

Gelykenisse oor die koninkryk 13:1-52

Jesus verwerp; Johannes dood 13:53 – 14:12

Wonders in die Galilea en die Noorde 14:13 – 17:27

Lewe in gemeenskap met God 18

Op pad na Jerusalem 19 – 20

Jesus in Jerusalem 21 – 25

Finale konfrontasie: verhore en kruis 26 – 27

Die opstanding 28

7

Page 10: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 1 MATTEUS

Dag 1:Lees: Matteus 1 – 4

Vraag 1: Skryf ‘n paragraaf oor die drie versoekings wat die Satan gebruik het om Jesus mee te laat struikel.

Probeer die volgende vrae in jou paragraaf antwoord:

Waarom kies die Satan juis hierdie drie (wenk – dit het met die gebruik van mag te doen) Uit watter Ou Testamentiese gedeeltes kom Jesus se antwoorde aan Satan Kyk of jy die verband kan sien tussen die versoekings en die volgende drie “moderne” verleidings:

mag; gewildheid; rykdom – verduidelik

Dag 2:Lees: Matteus 5 – 10

Vraag 2: Skryf ‘n kort paragraaf met die volgende opskrifte om jou insig in die leringe van Jesus oor die onderwerpe te wys:

Ware geluk Beginsels in die wet op persoonlik vlak Vertoon in godsdiens

Dag 3:Lees: Matteus 11 – 17

Vraag 3: Skryf ‘n paragraaf oor die volgende gelykenisse en wat die kernbetekenis van die gelykenis bondig saamvat.

Koring en onkruid Mosterdsaad en suurdeeg Skat en pêrel Die treknet

Dag 4:Lees: Matteus 18 – 23

Vraag 4: Jesus waarsku die Skrifgeleerdes en Fariseërs teen huigelary. Noem en verduidelik 4 veroordelings wat op hulle wag.

Dag 5:Lees: Matteus 24 – 28

Vraag 5: Skryf ‘n kort paragraaf waar jy die ooreenkomste tussen die pasga en die nagmaal vergelyk.

8

Page 11: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIESLesing 1 MATTEUS

KORT VRAE

Dag 1:Lees: Matteus 1 – 4

Vraag 1: Watter een van die volgende vrouename is nie ingesluit in die stamboom van Jesus nie?

(a) Tamar (b) Rebekka (c) Orpa

Vraag 2: Watter twee persone was seuns van Sebedeus?

(a) Matteus en Simon (b) Simon en Andreas (c) Johannes en Jakobus

Dag 2:Lees: Matteus 5 – 10

Vraag 1: Die woorde “ek moet my pa eers begrawe” beteken?

(a) My pa is onlangs dood en ek moet eers sy begrafnis afhandel (b) Sy pa is nie noodwendig dood nie maar hy bedoel dat hy Jesus een of

ander tyd sal volg

Vraag 2: Die tweespalt tussen familielede is die

(a) Gevolg van Jesus se lering (b) Doel van Jesus se lering

Dag 3:Lees: Matteus 11 – 17

Vraag 1: Johannes die Doper kan beskou word as die

(a) Laaste Ou Testamentiese profeet (b) Eerste Nuwe Testamentiese profeet (c) Nie ‘n profeet nie

Vraag 2: Watter twee Ou Testamentiese persone verskyn aan Jesus op ‘n hoë berg?

(a) Moses en Eli (b) Melgisedek en Moses (c) Moses en Elia

Dag 4:Lees: Matteus 18 – 23

Vraag 1: Jakobus en Johannes se ma vra Jesus om spesiaal aan hulle ‘n eie plek in Sy koninkryk te gee, maar Jesus sê aan haar wees eers?

(a) ‘n Dienaar (b) ‘n Regeerder (c) ‘n Fariseër

9

Page 12: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Die Fariseërs het Jesus gevra op wie se gesag doen Hy die wonderwerke.Jesus se wedervraag was of die doop van Johannes van God af kom of van mense af. Was hulle antwoord:

(a) Van mense af (b) Van God af (c) Onseker

Dag 5:Lees: Matteus 24 – 28

Vraag 1: Die nagmaal verwys volgens Matteus terug na die Ou Testamentiese gebeurtenis:

(a) Besnydenis (b) Pasga (c) Deurtog deur die Rietsee

Vraag 2: Na wie stuur Jesus Sy dissipels tydens Sy laaste opdrag?

(a) Israel (b) Die heidennasies (c) Al die nasies

10

Page 13: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR MATTEUS

1. Inleiding1.1 Inleiding tot die Evangelie van Matteus

1.1.1 Besondere posisie in die vroeë kerk1.2 Kenmerke

1.2.1 Joodse en Ou Testamentiese agtergrond1.2.2 Die evangelie vir die hele wêreld1.2.3 Die kerk1.2.4 Geregtigheid / wil van God1.2.5 Koning-as-Herder Evangelie1.2.6 Onderwysende Evangelie1.2.7 Die eindtyd (Eskatologie)

1.3 Taal en Styl1.4 Skrywer

1.4.1 Die kerklike tradisie1.4.2 Die gegewens in die boek self1.4.3 Slotsom

1.5 Lesers en hulle milieu1.6 Tyd en plek van ontstaan1.7 Doel en aanleiding tot die skrywe van die Evangelie1.8 Matteus en die raakvlakke met Johannes, Paulus en Jakobus1.9 Struktuur-analise

2. Die Teologie van Matteus2.1 Inleiding2.2 Christologie

2.2.1 Vervulling2.2.2 Titels vir die Christus2.2.3 Gesigshoek

2.3 Kerk en Koninkryk2.3.1 Die koninkryk van die hemele2.3.2 Die verbond van God met sy Gods volk2.3.3 Wat van Israel?2.3.4 Die kerk2.3.5 Die kerk en die koninkryk van die hemele

2.4 Vervulling van die wet2.4.1 Die wet: nou nog geldig?2.4.2 Die vervulling van die wet2.4.3 Getrouheid aan die wet2.4.4 Matteus en Paulus – in konflik oor die wet?

2.5 Heilsgeskiedenis

11

Page 14: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 2 MARKUS EN LUKAS

Lees die volgende hoofstukke as gedagte-eenheid saam.

Lees dit met aandag en ‘n potlood.

MARKUS

TEMA HOOFSTUKKEGoeie tyding van Jesus 1:1-13

Jesus in Galilea 1:14 – 9:50

Jesus op pad na Jerusalem 10

Jesus in Jerusalem 11 – 13

Jesus se dood en opstanding 14 – 16

Dag 1:Lees: Markus 1:1-13

Vraag 1: Skryf ‘n paragraaf oor die ooreenkomste tussen Johannes die Doper en Elia.

Verwys in jou antwoord na 2 Konings en Maleagi

Dag 2:Lees: Markus 1:14 – 9

Vraag 2: Skryf ‘n paragraaf oor die twaalf dissipels wat Jesus kies en hulle agtergronde of beroepe.

Dag 3:Lees: Markus 10

Vraag 3: Skryf ‘n paragraaf oor jou verstaan van Jesus se opdrag om soos kindertjies te word.

Dag 4:Lees: Markus 11 – 13

Vraag 4: Skryf ‘n paragraaf oor die strikvraag van die Fariseërs aan Jesus en dui aan hoe Hy hulle antwoord.

Dag 5:Lees: Markus 14 – 16

Vraag 5: Skryf ‘n paragraaf wat die onbillikheid van Jesus se verhoor voor die Sanhedrin uitlig.

12

Page 15: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIESLesing 2 MARKUS

KORT VRAE

Dag 1:Lees: Markus 1:1-13

Vraag 1: Wie se moeder het ‘n huis in Jerusalem gehad en was die neef van Barnabas?

(a) Paulus (b) Johannes Markus (c) Petrus

Vraag 2: Merk die korrekte antwoord: Die Sabbat is vir die?

(a) Here gemaak sodat Hy kon rus na die skepping (b) Mens gemaak sodat mense kan rus

Dag 2:Lees: Markus 1:14 – 9

Vraag 1: Wie of wat staan bekend as die Dekapolis?

(a) ‘n Onbekende dissipel (b) Soort versekering in die Bybelse tyd (c) Tien Griekse vrystede

Vraag 2: Op watter meer of see maak Jesus die storm stil?

(a) Meer van Genesaret (b) Dooie see (c) See van Galilea

Dag 3:Lees: Markus 10

Vraag 1: Wat was die blinde se naam waarvan ons in Markus 10 lees?

(a) Eusebius (b) Bartholomeus (c) Bartimeus

Vraag 2: Watter opdrag gee Jesus aan die ryk man oor sy geld?

(a) Belê dit goed (b) Verkoop die helfte (c) Verkoop alles en volg Jesus

Dag 4:Lees: Markus 11 – 13

Vraag 1: Watter gelykenis vertel Jesus as die Joodse leiers sy gesag betwyfel?

(a) Wingerd (b) Wonderlike visvangs (c) Verlore seuns

13

Page 16: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Wat roep die skare Jesus toe met sy inry in Jerusalem?

(a) Hosanna (b) Maranatha (c) Ikabod

Dag 5:Lees: Markus 14 – 16

Vraag 1: Jesus stel sy Nagmaal tydens watter Joodse fees in?

(a) Huttefees (b) Tempelwyding (c) Paasfees

Vraag 2: Wie is die jongman in Getsemane wanneer Jesus gevange geneem word:

(a) Matteus (b) Johannes (c) Markus Johannes

14

Page 17: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR MARKUS

1. Inleiding1.1 Inleiding tot die Markusevangelie

1.1.1 Tekssoort

1.1.2 Taal en Styl

1.1.3 Tradisie

1.2 Skrywer1.2.1 Wie was Markus?

1.2.2 Die outeur-verteller

1.3 Plek, Tyd en Eerste lewers1.3.1 Plek

1.3.2 Tyd

1.3.3 Eerste lesers

1.4 Struktuuranalise1.4.1 Dramatiese vertellings

1.4.2 Begin, middel en einde

1.4.3 Waar eindig Markus?

1.4.4 Die plot

1.5 Doel van die Evangelie1.5.1 Geen eie doelwit

1.5.2 Eie poging

2. Die teologie van Markus2.1 Teologie?!2.2 Geïnterpreteerde geskiedenis2.3 Die woord “evangelie”2.4 Jesus as Rabbi / Leraar2.5 Heil vir die heidene ook2.6 Lydensgeskiedenis2.7 Opstandingsvoorspellings2.8 Gebruik van die Ou Testament2.9 Christologie2.10 Die Messiasgeheim

15

Page 18: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 2 MARKUS EN LUKAS

Lees die volgende hoofstukke as gedagte-eenheid saam.

Lees dit met aandag en ‘n potlood.

LUKAS

TEMA HOOFSTUKKEVoorwoord; Jesus en Johannes 1:1-4; 1:5 – 2:52

Johannes die Doper en Christus 3 – 4:13

Onderrig en genesings in Galilea 4:14 – 9:50

Op pad na Jerusalem 9:51 – 19:27

Jesus: Jerusalem Kruis en Opstanding 19:28 – 24

Dag 1:Lees: Lukas 1 – 2

Vraag 1: Skryf ‘n paragraaf oor Jesus se geboorte as ‘n wonder van God.

Dag 2:Lees: Lukas 3 – 4

Vraag 2: Skryf ‘n paragraaf oor die besnydenis van Jesus en verwys na die Ou Testamentiese oorsprong van die seremonie wat in 2:21-40 beskryf word.

Dag 3:Lees: Lukas 5 – 9

Vraag 3: Skryf ‘n paragraaf waarin jy aantoon waarin die belangrikheid van die wonderwerke van Jesus geleë was.

Dag 4:Lees: Lukas 10 – 19

Vraag 4: Skryf ‘n paragraaf oor die uitstuur van die 72 dissipels en hulle opdragte.

Dag 5:Lees: Lukas 20 – 24

Vraag 5: Skryf ‘n paragraaf waarin jy aantoon hoe die opstanding van Jesus uit die dood die enigste verskynsel is wat die verandering in die dissipels se gemoed en houding na Jesus se dood kan verklaar.

16

Page 19: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIESLesing 2 LUKAS

KORT VRAE

Dag 1:Lees: Lukas 1 – 2

Vraag 1: Johannes die Doper was ‘n ...?

(a) Fariseër (b) Nasireër (c) Sadduseër

Vraag 2: Wat is God se geskenk aan die mense by die geboorte van Jesus?

(a) Vergewing (b) Genade (c) Vrede

Dag 2:Lees: Lukas 3 – 4

Vraag 1: Die Messias kom uit die huis van ...?

(a) Josef (b) Dawid (c) Salomo

Vraag 2: Waar vind Jesus se aardse ouers Hom as Hy wegraak in Jerusalem?

(a) By die tempelwagte (b) By Simeon (c) In die tempel besig om te leer

Dag 3:Lees: Lukas 5 – 9

Vraag 1: Watter ander Evangelis beskryf die opwekking van die weduwee se seun?

(a) Markus (b) Johannes (c) Nie een van die ander nie

Vraag 2: Levi was ‘n ander naam vir?

(a) Petrus (b) Matteus (c) Lukas

Dag 4:Lees: Lukas 10 – 19

Vraag 1: Wie was die “manne van die donder”?

(a) Jakobus en Johannes (b) Levi en Matteus (c) Markus en Lukas

17

Page 20: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Wat was Martha en Maria se broer se naam?

(a) Johannes die Doper (b) Lasarus (c) Teofilus

Dag 5:Lees: Lukas 20 – 24

Vraag 1: Uit watter Ou Testamentiese boek kom Lukas se woorde in 19:38?

(a) Jesaja (b) Maleagi (c) Psalms

Vraag 2: Gee ‘n ander naam vir die Joodse Raad

(a) Sadduseërs (b) Sanhedrin (c) Fariseërs

18

Page 21: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR LUKAS

1. Inleiding1.1 Besondere kenmerke

1.1.1 Taal en styl

1.1.2 Historikus en teoloog

1.1.3 Belang van die Tempel en Jerusalem

1.1.4 Ander besondere punte

1.2 Skrywer1.2.1 Uitwendige getuienis

1.2.2 Inwendige getuienis

1.2.3 Van waar afkomstig?

1.3 Lesers1.3.1 Theophilus

1.3.2 Wyer gehoor?

1.4 Tyd en Plek van ontstaan1.4.1 Tyd

1.4.2 Plek

1.5 Doel1.5.1 Proloog

1.5.2 Laaste vers van die proloog

1.6 Struktuuranalise1.6.1 Teologie beïnvloed struktuur

2. Die Teologie van Lukas2.1 Teoloog en Historikus2.2 Sentrale tema2.3 Besondere ander momente

19

Page 22: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIES

Lesing 3 JOHANNES

Lees die volgende hoofstukke as gedagte-eenheid saam.

Lees dit met aandag en ‘n potlood.

JOHANNES

TEMA HOOFSTUKKEInleiding en vroeë dae 1:1-8; 1:19 – 2:12

Openbare optrede 2:13 – 6

Na Jerusalem – Huttefees e.a. 7 – 7:26

Laaste gesprekke met die twaalf 13 – 17:26

Verhoor, dood en opstanding 18 – 21

Dag 1:Lees: Johannes 1:1-8; 1:19 – 2:12

Vraag 1: Skryf ‘n kort paragraaf oor die ooreenkomste tussen Genesis 1 en Johannes 1.

Dag 2:Lees: Johannes 2:13 – 6

Vraag 2: Skryf ‘n paragraaf oor die volgende stelling: Met Jesus se koms verander die tempel se betekenis radikaal.

Dag 3:Lees: Johannes 7 – 12

Vraag 3: Skryf ‘n kort paragraaf oor die Ou Testamentiese agtergrond van die stelling van Jesus dat Hy die Lig vir die wêreld is.

Dag 4:Lees: Johannes 13 – 17

Vraag 4: Skryf ‘n paragraaf oor die gebed van Jesus vir sy dissipels waarin jy die hoofelemente van die gebed saamvat.

Dag 5:Lees: Johannes 18 – 21

Vraag 5: Skryf ‘n paragraaf waarin jy die stelling van die Jode dat Jesus se liggaam gesteel is weerlê uit die beskikbare inligting in Johannes 20.

20

Page 23: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE I: DIE EVANGELIESLesing 3 JOHANNES

KORT VRAE

Dag 1:Lees: Johannes 1:1-8; 1:19 – 2:12

Vraag 1: Wat beteken Sefas?

(a) Rots (b) Hakskeengryper (c) Verloënaar

Vraag 2: Waaroor het Natanael onder die vyeboom gesit en dink?

(a) Uittog uit Egipte (b) Moses in die mandjie (c) Jakob se droom by Pniel

Dag 2:Lees: Johannes 2:13 – 6

Vraag 1: Waar het die Samaritane aanbid?

(a) Jerusalem (b) Hebron (c) Gerisim

Vraag 2: Wie is “die seun van die mens”?

(a) Jesus (b) Johannes die Doper (c) Alle mense

Dag 3:Lees: Johannes 7 – 12

Vraag 1: Hoe sal jy Jesus se woorde dat lewe deur die dood kom en heerlikheid deur die skande van die kruis tipeer?

(a) Paradoks (b) Vergelyking (c) Gelykenis

Vraag 2: Wie in Jesus se dissipelkring het die bynaam “Didimus”?

(a) Tomas (b) Johannes (c) Judas

Dag 4:Lees: Johannes 13 – 17

Vraag 1: Watter twee elemente van die pasga gebruik Jesus om sy Nagmaal in te stel?

(a) Brood en Lamsvleis (b) Wyn en ongesuurde brood (c) Wyn en bitter kruie

21

Page 24: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Wie is die “ander trooster”?

(a) Johannes die Doper (b) Lukas die medikus (c) Die Heilige Gees

Dag 5:Lees: Johannes 18 – 21

Vraag 1: Aan wie se sorg vertrou Jesus sy ma toe by die kruis?

(a) Petrus (b) Johannes (c) Johannes die Doper

Vraag 2: Wat beteken dit dat Jesus vir Petrus sê “pas my skape op”?

(a) Petrus moet teruggaan en na Jesus se boerdery omsien (b) Petrus moet terugkeer na sy ou werk toe (c) Hy word ‘n leier in Jesus se kerk

22

Page 25: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR JOHANNES

1. Inleiding1.1 Johannes – Evangelis en Interpreteerder

2.1 Strukturele Merkers2.1.1 Die “point of view” of gesigshoek2.1.2 Die Proloog (1:1-18)2.1.3 Stof-seleksie2.1.4 Tendens-geskrif2.1.5 Sentrale motief2.1.6 Struktuur-fondament2.1.7 Samehang tussen teken en prediking2.1.8 Die “Ek is” uitsprake2.1.9 Die epiloog (slot)

2.2 Die Feeste as Indelings-beginsel2.2.1 Joodse godsdienstige feeste

2.3 Die Evangelie as Drama2.3.1 Dubbelsinnige gesigshoek2.3.2 Verhoor – motief

2.4 Struktuuranalise2.4.1 Notas

3. Die Teologie van Johannes

3.1 Lewe en verlossing in die Johannesevangelie3.2 Simboliek en sakrament3.3 Christologie3.4 Die kruis in die prediking van Johannes3.5 Verheerliking (“doksa”) in Johannes3.6 Eskatalogie of leer oor die laaste dinge

23

Page 26: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE

Lesing 1 Handelinge

Voorgeskrewe leeswerk:

Lees die hele Boek

INHOUD: Temas uit Handelinge

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1:Lees: Hand 1:1-3, 15 – 26 (gebruik beide 1953 en 1983 vertalings)

Vraag 1: Dink jy hierdie boek van Lukas gaan oor die “handelinge” van die apostels of oor die “handelinge” van Jesus. Staaf jou antwoord uit die gelese gedeelte.

Dag 2:Lees: Hand 1:8; 22:14-15

Vraag 2: Waarvoor het die Heilige Gees volgens hierdie verse gekom?

Dag 3:Lees: Hand 2:1-11

Vraag 3: Watter 3 waarneembare tekens gaan gepaard met die koms van die Heilige Gees en wat dink jy is die betekenis daarvan?

Dag 4:Lees: Hand 4:32 – 5:16

Vraag 4: Wat het jy geleer uit hierdie gelese gedeelte en hoe gaan dit jou lewe beïnvloed?

Dag 5:Lees: Hand 6:8 – 11:18

Vraag 5: Watter betekenisvolle “grense” word in hierdie gedeeltes oorgesteek wat betref die uitbreiding van die evangelie na die hele wêreld?

24

Page 27: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 1 Handelinge

KORT VRAE

Dag 1: Hand 1:1-3, 15 – 26 Lees: Die hele boek

Vraag 1: Die boek Handelinge gaan oor?

(a) Die apostels se wonderdade (b) Die eerste gemeente se bedrywighede (c) Jesus wat Sy werk op aarde voortsit deur die eerste gemeentes

Vraag 2: Die sewe diakens is gekies deur?

(a) ‘n Direkte openbaring (b) Die werp van die lot (c) Die gemeente

Dag 2:Lees: Hand 1:8; 22:14-15

Vraag 1: Die Heilige Gees het gekom om?

(a) Ons wysheid te gee (b) Wonders te doen (c) Ons krag te gee om die evangelie te verkondig

Vraag 2: Paulus is geroep om?

(a) Annanias te help in die gemeente (b) Die dwaling van die Fariseërs te ontbloot (c) ‘n Getuie van Jesus onder die heidene te wees

Dag 3:Lees: Hand 2:1-11

Vraag 1: Toe die Heilige Gees kom was daar?

(a) ‘n Aardbewing en vuur (b) ‘n Stormwind en vreemde tale (c) ‘n Rukwind, tonge van vuur en vreemde tale

Vraag 2: Die mense het in die vreemde tale?

(a) Gebid (b) Profesieë oor die eindtyd gegee (c) Oor die groot dade van God gepraat

Dag 4:Lees: Hand 4:32 – 5:16

Vraag 1: Annanias en Saffira het gesterf omrede?

(a) Hulle te ryk wou wees (b) Hulle geld van ander gemeentelede gevat het (c) Hulle vir die gemeente gelieg, en daarom vir die Heilige Gees gelieg het

25

Page 28: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Annanias en Saffira se verhaal wys ons dat God?

(a) Nie lief is vir mense nie (b) Nie hou van leuens nie (c) Steeds die Heilige Verterende vuur God is, wat sonde haat

Dag 5:Lees: Hand 6:8 – 11:18

Vraag 1: Na Stefanus se steniging het?

(a) Die gemeente in Jerusalem gegroei (b) Het die getalle begin afneem (c) Is die gelowiges deur vervolging versprei deur Judea en Samaria

Vraag 2: Die Etiopiër se bekering was betenisvol omdat hy?

(a) Die eerste swart bekeerling is (b) Van baie ver gekom het (c) As heiden en ontmande nooit onder die ou bedeling deel

sou kon word van God se mense nie

26

Page 29: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR HANDELINGE

Skrywer

Hoe moet ons Handelinge lees en verstaan?

Riglyne

Strukturele merkers in Handelinge

Spesifieke temas

Die Handelinge van Jesus (Hand 1:1-3, 15-26 {Num 27:15-18})

Blinde getuies word genees (Hand 1:8; 22:14-15)

Die ander Kneg (Hand 3:13,26; 4:24-30; 8:29-35)

Die bedeling van die Heilige Gees (Hand 2:1-11)

Vooruitskouing op omvattende herstel (Hand 3:1 – 4:12)

Minagting van die Gees in die heilige gemeenskap (Hand 4:32 – 5:16)

Nuwe insig en horisonne (Han 6:8 – 11:18)

27

Page 30: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 2 1 Korintiërs

Voorgeskrewe leeswerk:

Verpligte leeswerk: Die hele brief

INHOUD: Die hele boek 1 Korintiërs

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1:Lees: 1 Kor 1:1 – 5:13

Vraag 1: Die verdeeldheid oor leiers in die gemeente word in die naam van wysheid gedoen. Hoe antwoord Paulus hulle?

Dag 2:Lees: 1 Kor 6:1 – 7:40

Vraag 2: Watter waarheid omtrent gelowiges gebruik Paulus as argument teen seksuele sonde. Hoekom dink jy sê hy nie net: “Julle mag nie egbreuk pleeg nie”?

Dag 3:Lees: 1 Kor 8:1 – 14:40

Vraag 3: (a) Wat sou jy sê is die betekenis van die feit dat 1 Kor 13 tussen 1 Kor 12 en 1 Kor 14 gevind word.

(b) Waarom gee die Heilige Gees gawes?

Dag 4:Lees: 1 Kor 15

Vraag 4: In die lig van hierdie gedeelte, hoekom is dit so belangrik dat ons vashou aan die feit dat Jesus werklik, liggaamlik opgestaan het?

Dag 5:Lees: 1 Kor 16

Vraag 5: Wat leer ons hier omtrent die gee van geld aan behoeftiges? Is dit belangrik? Hoe moet dit gedoen word?

28

Page 31: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 2 1 Korintiërs

KORT VRAE

Lees die hele brief

Dag 1:Lees: 1 Kor 1:1 – 5:13

Vraag 1: Die stryd oor Paulus en ander leiers in die gemeente word gedoen in die naam van

(a) Liefde (b) Gehoorsaamheid aan God (c) Wysheid

Vraag 2: Paulus wil met niks anders besig wees nie, as:

(a) Liefdadigheidswerk (b) Berading (c) Christus die gekruisigde

Dag 2:Lees: 1 Kor 6:1 – 7:40

Vraag 1: In die naam van hulle reg as gelowiges (6:12) en in die lig van ‘n lae sieningvan die liggaam (6:13) het sommige

(a) Te veel geëet (b) Mekaar aangerand (c) By prostitute geslaap

Vraag 2: Paulus spreek hierdie probleem aan deur hom te beroep op

(a) Die wet van Moses (b) Die feit dat dit siektes kan veroorsaak (c) Die feit dat hulle liggame tempels van die Heilige Gees is

Dag 3:Lees: 1 Kor 8:1 – 14:40

Vraag 1: In 1 Korintiërs 13 praat Paulus oor die

(a) Gee van jou tiendes (b) Die gawes van die Gees (c) Die liefde

Vraag 2: Die doel van die gawes is

(a) Om te wys hoe geestelik jy is (b) Beter te kan getuig (c) Die liggaam van Christus op te bou

Dag 4:Lees: 1 Kor 15

Vraag 1: Dit is belangrik om vas te hou aan ons liggaamlike opstanding want daarsonder

(a) Sou ons boodskap nie goed lyk nie (b) Sou ons nie gawes kon kry nie (c) Is ons prediking sonder inhoud en ons geloof sonder inhoud en

dan het Christus ook nie opgestaan nie

29

Page 32: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Paulus verduidelik wat by gelowiges se dood en opstandinggebeur deur die beeld van ... te gebruik

(a) Die wingerdstok (b) ‘n Klinkende simbaal (c) Van koringkorrels wat gesaai word

Dag 5:Lees: 1 Kor 16

Vraag 1: Daar was finansiële nood in die gemeente van

(a) Antiogië (b) Efese (c) Jerusalem

Vraag 2: Paulus raai die gelowiges aan

(a) Om van hulle besittings te verkoop (b) ‘n Tiende van hulle inkomste te gee (c) Om elkeen na sy vermoë tuis iets opsy te sit en te spaar

30

Page 33: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR 1 KORINTIËRS

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van 1 Korintiërs

Spesiale raad by die lees van 1 Korintiërs

Diepte snitte

31

Page 34: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 3 2 Korintiërs

Voorgeskrewe leeswerk:

Verpligte leeswerk: Die hele brief

INHOUD: Die hele boek 2 Korintiërs

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1:Lees: 2 Kor 1:1 – 2:13

Vraag 1: Dit is reeds hier duidelik dat Paulus deur baie swaarkry gegaan het.(a) Hoe het hy God in hierdie tye beleef?(b) Wat was volgens hom die rede vir sy beproewinge?

Dag 2:Lees: 2 Kor 2:14 – 7:4

Vraag 2: In hoofstuk 3 praat Paulus oor homself as bedienaar van ‘n nuwe, beter verbond. In die lig van wat jy lees in 2 Kor 3, hoekom is die nuwe verbond beter as die oue?

Dag 3:Lees: 2 Kor 7:5-16

Vraag 3: Hoekom is Paulus op opgebeur deur die koms van Titus?

Dag 4:Lees: 2 Kor 8:1 – 9:15

Vraag 4: Volgens hierdie gedeelte: Hoe moet ons gee vir die armes, en wat moet ons motiveer?

Dag 5:Lees: 2 Kor 10:1 – 13:14

Vraag 5: Stem jy saam met die volgende: As Chrsiten kan ek verwag dat rykdom en voorspoed deel sal wees van my alledaagse belewing. Motiveer jou antwoord vanuit hierdie gedeelte.

32

Page 35: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 3 2 Korintiërs

KORT VRAE

Lees die hele brief

Dag 1:Lees: 2 Kor 1:1 – 2:13

Vraag 1: Paulus het in sy beproewing beleef dat

(a) God hom straf (b) Dat mense hom bemoedig het (c) Dat God hom bemoedig het

Vraag 2: Paulus reken hierdie moeilikhede het oor hom gekom:

(a) As gevolg van sy sonde in die verlede (b) Omdat God hom gehoorsaamheid wou leer (c) Sodat hy ander kan bemoedig in hulle beproewing

Dag 2:Lees: 2 Kor 1:14 – 7:4

Vraag 1: Die sukses van Paulus se bediening word gesien in

(a) Die feit dat baie na hom geluister het (b) Die apostels geskryf het hoe goed hy gepreek het (c) Die mense wat hy bedien het, wat soos briewe was wat deur almal gelees kon word

Vraag 2: Die groot verskil tussen die ou en die nuwe verbond

(a) Is geleë in die beter wette van die nuwe verbond (b) Beter predikers onder die nuwe verbond (c) Die Heilige Gees wat vryheid bring

Dag 3:Lees: 2 Kor 7:5-16

Vraag 1: Paulus is baie bemoedig deur die koms van

(a) Petrus (b) Filemon (c) Titus

Vraag 2: Die goeie nuus wat Titus bring was

(a) Die feit dat die gemeente finansieel versorg was (b) Daar baie nuwe bekeerlinge bygekom het (c) Paulus se brief ‘n hartseer veroorsaak het wat tot bekering gely het

Dag 4:Lees: 2 Kor 8:1 – 9:15

Vraag 1: Paulus hou die gemeentes van ... as voorbeeld voor

(a) Jerusalem (b) Antiogië (c) Masedonië

33

Page 36: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Paulus motiveer die gelowiges om te gee deur te verwys na

(a) Homself wat meer as wat hy kan gee (b) Na Titus wat bo vermoë bygedra het (c) Jesus Christus wat hoewel Hy ryk was, ter wille van hulle arm geword

sodat hulle deur sy armoede ryk kon word

Dag 5:Lees: 2 Kor 10:1 – 13:14

Vraag 1: As Paulus homself verdedig teen die valse apostels “roem” hy op

(a) Sy preek vermoë (b) Die baie gemeentes wat hy al geplant het (c) Al die lyding en ontberinge wat hy al deurgemaak het

Vraag 2: As Paulus bid dat die Here sy “doring in die vlees” sal wegneem, antwoord die Here

(a) “Ek sal dit dadelik doen” (b) “Ek straf jou oor jou hoogmoed” (c) “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking

wanneer jy swak is.”

34

Page 37: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR 2 KORINTIËRS

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van 2 Korintiërs

Spesiale raad by die lees van 2 Korintiërs

Dieptesnitte

35

Page 38: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 4 Romeine en Galasiërs

Voorgeskrewe leeswerk:

Verpligte leeswerk: Romeine en Galasiërs

INHOUD: Die hele Romeine en Galasiërs

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1:Lees: Galasiërs 1 – 2; Romeine 1:1-17 en 15:14 – 16:27

Vraag 1: Waarom skryf Paulus(a) die boek Galasiërs en waarom skryf hy(b) die boek Romeine?

Dag 2:Lees: Romeine 1:18 – 4:22

Vraag 2: Wat is die probleem van die mensdom en wat is die enigste oplossing daarvoor volgens Paulus?

Dag 3:Lees: Galasiërs 3 – 4

Vraag 3: Waarom wil Paulus nie hê die Galasiërs moet weer leef soos onder die wetsbedeling van Moses nie? Wat is beter aan die nuwe bedeling?

Dag 4:Lees: Romeine 5:1 – 8:39

Vraag 4: Hierdie hoofstukke stel voor ons twee groot “tydperke”; die van Adam en die van Christus, die laaste Adam. Skryf ‘n paar dinge neer wat elkeen van hierdie “tydperke” kenmerk.

Dag 5:Lees: Romeine 12

Vraag 5: In hierdie hoofstuk wys Paulus dat ons met nuwe denke moet lewe. (a) Hoe sien ons dat hierdie hoofstuk aansluit by die res van die boek.(b) In watter areas moet daar geleef word met “nuwe denke”?

36

Page 39: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE II: DIE HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWELesing 4 en 5 Romeine en Galasiërs

KORT VRAE

Lees beide briewe

Dag 1:Lees: Galasiërs 1 – 2; Romeine 1:1-17 & 15:14 – 16:27

Vraag 1: Paulus skryf Galasiërs omrede

(a) Daar onenigheid in die gemeente was (b) Hulle hulself weer begin besny het (c) Hulle die Nagmaal onteer het

Vraag 2: Paulus skryf Romeine om die gemeente:

(a) Te waarsku teen valse apostels (b) Hulle te bewaar van afgodery (c) Hulle te bemoedig en te versterk deur die evangelie

Dag 2:Lees: Romeine 1:18 – 4:22

Vraag 1: Die groot probleem van die mensdom is

(a) Die feit dat hulle nie goed genoeg lewe nie (b) Onder God se toorn (oordeel) staan a.g.v. hul sonde (c) Nie genoeg kennis het nie

Vraag 2: Die enigste hoop vir die mensdom is

(a) Meer gehoorsaamheid aan die wet (b) Beter opvoeding (c) Die lewe en sterwe van Jesus Christus in ons plek

Dag 3:Lees: Galasiërs 3 – 4

Vraag 1: Die wet van Moses is ...

(a) Steeds net so geldig vir alle Christene (b) Tydelik gegee totdat Christus sou kom (c) Vol dwaling

Vraag 2: Die nuwe bedeling is beter

(a) Want die wet strenger gehou word (b) Daar is geen wet meer nie (c) Ons kan leef deur die Gees

Dag 4:Lees: Romeine 5:1 – 8:39

Vraag 1: Paulus wys die tydperk van Adam word gekenmerk deur

(a) Oorvloed voedsel (b) Siekte en gebrek (c) Toorn, sonde, dood en die wet van Masedonië

37

Page 40: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 2: Paulus wys die tydperk van Christus word gekenmerk deur

(a) Goeie werke (b) Finansiële sekuriteit (c) Vrede (versoening met God), geregtigheid, ewige lewe

Dag 5:Lees: Romeine 12

Vraag 1: Paulus doen ‘n beroep op ‘n verandering van denke in die lig van

(a) Die eindtye (b) Die baie dwaling in die gemeente (c) Die groot barmhartigheid van God soos in die res van die brief beskryf

Vraag 2: In Romeine 12:3-13 skryf Paulus oor die

(a) Nuwe denke en die staat (b) Die nuwe denke en die wêreld (c) Die nuwe denke en die kerk

38

Page 41: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

RAAMWERK VIR LESING

Algemene opmerkings

Inhoud Outeur Ontvangers Geleentheid Klem

Oorsig van Romeine en Galasiërs

Spesiale raad by die lees van Romeine en Galasiërs

Dieptesnitte

39

Page 42: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE III: PASTORALE BRIEWE

Lesing 1

1. DIE BENAMING: PASTORALE BRIEWE

Die twee briewe van Paulus aan Timoteus en sy brief aan Titus staan bekend as die Pastorale Briewe, en is aan hierdie twee voorgangers of evangeliste gerig in hul kapasiteit as ampsdraers en herderlike versorgers van die gemeentes.

Hierdie titel is vir die eerste keer in 1753 vir die briewe aangewend, en wel deur Paul Anton in sy Verhandeling oor die Pastorale Briewe van Paulus. Sedertdien het die naam algemene erkenning en ingang gevind.

Die naam is uiters geskik aangesien dit die doel van hierdie briewe was om raad en leiding te gee insake kerklike organisasie aan hulle wat in posisies van verantwoordelikheid in die kerk gestaan het, en aan wie die herderlike sorg vir die Christelike gemeenskap toevertrou was. Inhoudelik behoort die drie briewe bymekaar, en is geestelike en gemeente-versorging die hoofonderwerp by aldrie.

2. DIE HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE BRIEWE

Die historiese situasie waarin die Pastorale Briewe ontstaan het, is die volgende: Paulus en Timoteus het vir 'n tyd lank saam in Efese gearbei. Paulus het toe afgereis na Masedonie (1 Tim 1:3), maar hoop hy om gou weer terug te keer (1 Tim 3:14). Timoteus is in Efese agtergelaat om die gemeentelike lewe daar te organiseer, om lastige dwaalleraars te weerlê, en te sorg vir die welsyn van "... die huis van God, wat die gemeente van die lewende God is, 'n pilaar en grondslag van die waarheid" (1 Tim 3:15).

Volgens die Brief aan Titus was Paulus ook in Kreta, en het hy Titus daar agtergelaat dat hy " ... verder regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel" (Titus 1:5). Later moes Titus oorkom na Nikopolis, waar Paulus sou oorwinter (Titus 3:12). Volgens 2 Timoteus was Paulus 'n gevangene te Rome (2 Tim 1:8,16; 2:9). Hy het reeds een maal voor die regbank verskyn, van al sy vriende verlaat, maar God het hom "... uit die bek van die leeu verlos" (2 Tim 4:16-17). Net Lukas was nou by hom. Titus het van Rome na Dalmasië vertrek (2 Tim 4:10-11), Tigikus is na Efese gestuur (2 Tim 4:12), en Trofimus is siek in Milete agtergelaat (2 Tim 4:20).

3. TYD EN PLEK VAN ONTSTAAN

Nie een van bogenoemde situasies pas in die prentjie van die lewe en reise van Paulus soos ons hulle ken uit Lukas se beskrywing in Handelinge, of uit die ander Pauliniese geskrifte nie. Paulus was wel saam met Timoteus in Efese, volgens Handelinge, maar hy het Timoteus vandaar na Masedonië gestuur, en het hom nie, na sy eie vertrek vandaar, in Efese agtergelaat nie (vgl. Hand 20:1 e.v.; 19:21,22). Dit kon dus nie dieselfde geleentheid wees waarna 1 Timoteus 1:3,4 verwys nie. Volgens Titus was Paulus in Kreta en Nikopolis vir uitgebreide sendingwerk, maar van so iets maak Handelinge geen melding nie. Voorts was Paulus volgens 2 Timoteus in Korinte, Troas en Milete, maar hierdie besoeke kan nie dieselfde wees as die wat in Handelinge vermeld is nie (Hand 20:2,5,15, e.v.). Volgens Handelinge 21:29 het Trofimus saam met Paulus na Jerusalem gereis, terwyl hy volgens 2 Timoteus 4:20 siek in Milete deur Paulus agtergelaat is.

Konklusie: Die Pastorale Briewe is dus hoogs waarskynlik geskryf tydens en ná ‘n ander belangrike sendingonderneming van Paulus, waarvan Handelinge geen melding maak nie, omdat dit plaasgevind het ná Paulus se vrylating uit sy gevangenskap in Rome, o.g.v. sy beroep op die keiser – ‘n verhoor wat nog aan die gang was toe Handelinge afgesluit is. Die reise en werk van Paulus wat in die Pastorale Briewe genoem word, kan nie gedateer word in die tydperk wat deur Handelinge gedek is nie, maar het later plaasgevind – tussen sy eerste en sy tweede gevangenskap, dié waarna 2 Timoteus verwys (1:8,16-17).

Dat dit die geval was, word bevestig deur die eenparige getuienis van die kerkvaders en die kerklike tradisie, o.a. Clemens Romanus, so ook die Muratoriaanse Kanon, en Eusebius: "Ná hy homself suksesvol verdedig het, is algemeen beweer dat Paulus weer uitgegaan het om die evangelie te verkondig, en later vir die tweede keer na Rome gegaan het om daar die marteldood onder Nero te sterf". Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat die Pastorale Briewe geskrywe is in die tydperk tussen 62nC (vrylating uit die eerste gevangenskap) en 66/67nC (die jaar van die apostel se marteldood).

40

Page 43: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Wat die plek van skrywe betref, kan geen stad met sekerheid as plek van ontstaan genoem word nie – ons neem maar aan dat sowel 1 Timoteus as Titus in Masedonië geskrywe is (vgl. 1 Tim 1:3), en 2 Timoteus tydens Paulus se tweede gevangenskap te Rome (66nC), kort voor sy dood (vgl. 2 Tim 4:6-8,18).

4. OUTEURSKAP EN OUTENTISITEIT

Die inwendige getuienis, waarvolgens die skrywer homself Paulus noem (1 Tim 1:1; Titus 1:1; 2 Tim 1:1), en die groot aantal persoonlike verwysings wat in die briewe voorkom, word bevestig deur die uitwendige getuienis dat Paulus die outeur was. Die getuienis van die vroeë kerk aangaande hul Pauliniese outeurskap en hul plek in die kanon van die Nuwe Testament, is net so duidelik en sonder voorbehoud as dié vir die ander briewe van Paulus. Met uitsondering van die kanon van die ketterse Marcion in die tweede eeu, word die Pauliniese outeurskap van die Pastorale Briewe onderskrywe deur die Muratoriaanse Kanon sowel as reeds vroeër Clemens van Rome, en die Brief van Barnabas, en ook later Clemens van Alexandria, Tertullianus en ander. Vir negentien eeue is die outentisiteit van die briewe nie bevraagteken of aangeveg nie.

Besware teen die Pauliniese outeurskap is eers sedert die aanvang van die negentiende eeu gelug, en was veral drieërlei:

a) Die briewe kan nie ingepas word in die geskiedenis van Paulus se reise soos dit in Handelinge te boek gestel is nie;

b) Die briewe openbaar ‘n meer gevorderde kerklike organisasie as wat ons in die res van die Nuwe Testament vind, en té gevorderd vir Paulus se dae;

c) Die taal van hierdie briewe verskil in baie opsigte van dié van die ander erkende briewe van Paulus.

Opmerking: Ons hoef nie te breedvoerig op die besware hier in te gaan nie. Die eerste beswaar is reeds beantwoord in ons siening oor die historiese situasie waarin die briewe geskrywe is, te wete ná die tydperk wat in Handelinge gedek word, en tussen sy eerste en tweede gevangenskap in Rome.

Die beswaar t.o.v. die gevordere organisatoriese opset van die kerk is gebaseer op die felt dat die briewe melding maak van opsieners (biskoppe), ouderlinge en diakens – soos dit in die later gevestigde kerklike organisasie te vind is.

Hierteenoor kan ons stel dat Paulus reeds op sy eerste sendingreis ouderlinge in elke stad aangestel het waar gemeentes gestig is (Hand 14:23); in sy brief aan die Efesiërs verwys hy na herders en leraars (Efes 4:11); in Filippi is daar opsieners (biskoppe) en diakens wat die gemeente dien (Fil 1:1); en na alles was dit tog ‘n baie eenvoudige organisasie met hierdie paar ampte, en met opsieners (biskoppe) en ouderlinge as mekaar afwisselende benaminge (Titus 1:5,7) – ‘n kerklike organisasie wat nog geensins reflekteer word in enige vorm van biskoplike hiërargie soos dit in die later eeue gestalte geneem het nie.

Die linguistiese beswaar berus op die verskil in styl en woordeskat met die gewoonlik erkende Pauliniese geskrifte. Daar sou in die Pastorale Briewe nie minder as 175 hapax Iegomena (woorde wat net éénmaal in die Nuwe Testament voorkom) te vind wees nie, waarvan 1 Timoteus alleen 96 bevat.

So ‘n statistiese metode kan egter nie as oortuigende kriterium aangewend word oor die outentisiteit van geskrifte nie. Paulus se briewe verskil veel van mekaar, volgens onderwerp en stemming by elk. Woordeskat en styl word bepaal deur ‘n groot getal persoonlike faktore, en hang ten nouste saam met die saak wat bespreek word. Die woordeskat kan ook verander met die vordering van jare, of die skrywer se amanuensis kan elke keer ‘n verskillende persoon wees.

Statisties gesproke kan soortgelyke beswaar teen enige brief van Paulus gelanseer word – elkeen het ‘n noemenswaardige aantal hapax legomena, bv. 1 Korintiërs het 100; 2 Korintiërs het 91; Romeine het 94 – altesaam 461 in die eerste tien erkende briewe van Paulus.

Al die briewe – ook die Pastorale Briewe – is getrou aan die gees en karakter van die groot sendingapostel Paulus, en daar is geen rede om hierdie briewe wat hulle in die naam van Paulus aandien, sy outeurskap te ontsê nie.

5. AANLEIDING EN DOEL

In hierdie persoonlike briewe deur die apostel gerig aan sy medewerkers Timoteus en Titus, t.o.v. hul verantwoordelike pligsvervulling in Efese en Kreta onderskeidelik, wil Paulus – noudat die apostels wegval, en hy self ook al gevorderd in jare is en aan vervolging blootstaan – vaste voorskrifte gee vir die organisasie

41

Page 44: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

en regering van die kerk, riglyne vir die gemeentelike lewe, reëls vir pastorale toesig en geestelike versorging, en aanduidings van die vereiste kwalifikasies vir ampsdraers in die kerk.

Daarby word in belang van die behoud en verkondiging van die waarheid van die Evangelie, getrouheid aan God se Woord, die noodsaaklikheid van strenge lewensdissipline, opbouende toesig oor die gemeentes, en waaksaamheid teen dreigende dwaalleer van die herders van die kudde vereis.

42

Page 45: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

1 TIMOTEUS

1. DIE GEADRESSEERDE

Timoteus, die ontvanger van hierdie brief, sowel as ‘n tweede, was die seun van ‘n heidense (Griekse) vader en ‘n vrome Joodse moeder (Hand 16:1; 2 Tim 1:5), en het blykbaar in Listre op Paulus se eerste sendingreis tot bekering gekom (vgl. Hand 14:6-23; 16:2; 1 Tim 1:2,18 - "my kind in die geloof"). Hy vergesel Paulus as medewerker op sy tweede reis (Hand 16:1-3), ná handoplegging tot die bediening (1 Tim 4:14; 2 Tim 1:6), en is hy saam met Paulus in Troas, Filippi, Berea, Atene en Korinte. Op die derde sendingreis vind ons hom weer by Paulus in Efese (Hand 19:22).

Timoteus is die mede-afsender van verskillende briewe van Paulus in dié tyd en later tydens die apostel se gevangenskap in Rome (vgl. 1 Tes 1:1; 2 Kor 1:1; Fil 1:1; Kol 1:1; Filemon 1). Waarskynlik was hy tydens Paulus se latere besoek aan Spanje besig met die saak van die evangelie en gemeente-bou in Efese (1 Tim 1:3).

2. INHOUD EN INDELING

Die sleutelwoord van die brief is ongetwyfeld 3:15 – "Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid" (OAV: " 'n pilaar en grondslag van die waarheid"). Rondom die Tema, Die gemeente van die lewende God, val die brief in drie dele uiteen:

1. INLEIDING 1 Timoteus 1:1-20 Aanhef 1:1-2 Timoteus se taak 1:3-11 Danksegging 1:12-17 Die taak word bevestig 1:18-20

2. OPDRAGTE OOR DIE GEMEENTE 1 Timoteus 2:1 – 3:16 Gesamentlike aanbidding 2:1-15 Die bedienaars 3:1-13 Hulle pligte teenoor die waarheid 3:14-16

3. OPDRAGTE OOR SY PASTORALE PLIGTE 1 Timoteus 4:1 – 6:10 Teenoor sy gemeente in geheel 4:1-16 Teenoor die verskillende groepe in die 5:1 – 6:10

gemeente

4. SLOTVERMANINGS 1 Timoteus 6:11-21 Behou die ware geloof en stry die goeie stryd 6:11-16 Bring Christus se eise by die rykes tuis 6:17-19 Waak oor die waarheid 6:20-21

43

Page 46: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

2 TIMOTEUS

1. HISTORIESE AGTERGROND

Hierdie laaste brief wat ons van Paulus besit, is weer eens uit die gevangenis te Rome geskrywe (1:8; 2:9), en as sy vaarwel-brief aan sy getroue medewerker Timoteus kan dit ook gesien word as sy Iaaste testament wat hy aan die kerk agterlaat. In die strawwe en bloedige vervolging onder keiser Nero is hy gevange geneem, en – anders as sy eerste gevangenskap waarin hy heelwat vryheid van optrede geniet het (Hand 28:30-31), en onder vrye bewaking was – is hy nou onder militêre bewaking en het hy reeds voor die gereg verskyn (2 Tim 4:16), is hy ter dood veroordeel, en leef hy in die wete van die nabye voltrekking van die doodstraf (2 Tim 4:6-8), en die geloofsverwagting dat die Here hom sal verlos om in Sy koninkryk in te gaan (4:18). Kort voor sy dood dus is die brief geskrywe, ongeveer 66nC.

Opmerking: Blykbaar het Paulus sy voorneme om Nikopolis te besoek, soos in Titus 3:12 te kenne gegee, uitgevoer. Maar hoewel dit onmoontlik is om met sekerheid die apostel se bewegings gedurende hierdie laaste tydperk aan te gee, lyk dit hoogs waarskynlik dat hy, onder bedreiging van die Nero-vervolging wat in 64nC uitgebreek het, hom ver van Rome gehou het, en deur Masedonië na Troas gegaan het, waar hy by Karpus tuis was (2 Tim 4:13). Daar is hy blykbaar gevange geneem, en in haas, sonder sy boeke en reismantel (4:13) na Rome gevoer en in die gevangenis gewerp, waar hy aan ontberinge en eensaamheid onderworpe was (4:13), en sterk na Timoteus verlang het (4:9), wat blykbaar nog in Efese was.

2. AANLEIDING EN DOEL

Die brief is meer persoonlik van aard en minder leerstellig as die ander twee herderlike briewe van Paulus, en slegs gedeeltelik pastoraal. Die apostel openbaar besorgdheid oor die bediening van Timoteus wat deur dwaalleraars gekonfronteer word en wie se gemeente deur allerlei afwykings bedreig word (1:7,8; 2:15-18; 3:1-5), en wil hom roep tot volle toewyding en bemoedig in sy Godgegewe taak (2:15; 4:2-5). Daarby was verdere aanleiding tot die skrywe ook die apostel se eensaamheid waaronder hy as gevangene, van sy vriende verlaat, verlang na sy medewerker Timoteus, en na die diens van Markus (4:9,11), en daarby sy dringende behoefte in die gevangenis aan sy mantel en boeke (4:13). Eindelik bied die brief hom ook die geleentheid om self rekenskap te gee van sy Christelike geloof in die aangesig van die dood (4:4-8,18).

3. INHOUD EN INDELING

As ons as sleutelwoord van die hele brief sou neem, Die bediening, na aanleiding van die opdrag aan Timoteus, "Vervul jou bediening", (OAV, 4:5), val die hoofgedagtes onder vier hoofde uiteen:

1. INLEIDING 2 Timoteus 1:1-5 Aanhef 1:1-2 Danksegging 1:3-5

2. GETROUHEID T.M V. SWAARKRY 2 Timoteus 1:6-14 Weens die Christelike geloofservaring 1:16 – 8 Weens die wonder van die evangelie 1:9-11 Weens Paulus se voorbeeld 1:12-14

3. GETROUHEID T.M V. AFVALLIGHEID 2 Timoteus 1:15 – 2:13 Onesiforus se goeie voorbeeld 1:15-18 Die aard van Timoteus se taak 2:1-7 Christus se verlossingswerk 2:8-13

4. GETROUHEID T.M V. DWAALLEER 2 Timoteus 2:14 – 4:8 Dwaling oor leerstellings 2:14-26 Dwaling oor praktiese Christenskap 3:1 – 4:8

5. SLOT 2 Timoteus 4:9-22 Opdragte 4:9-13 Waarskuwings 4:14-15 Verdediging 4:16-18 Persoonlike groete 4:19-21a Seëngroet 4:21b-22

44

Page 47: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

TITUS

1. DIE GEADRESSEERDE

Titus, 'n heiden-Christen – nie by naam in Handelinge genoem nie – word deur Paulus vir die eerste keer as sy begeleier genoem na die apostelvergadering in Jerusalem (Gal. 2:3), waar hy sy weiering handhaaf dat hierdie bekeerling van hom uit die heidendom (OAV, 1:3 – "my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof") besny sou word.

In Paulus se bemoeienis met die gemeente in Korinte word Titus in 2 Korintiërs meermale genoem as tussenganger en helper van die apostel (vgl. 2 Kor 2:12; 7:6,13; 8:6,16; 12:18), terwyl hy blykbaar ook 'n besondere aandeel geneem het aan die insameling wat Paulus ten behoewe van die armes in Jerusalem onderneem het (vgl. 2 Kor 8:15-24). 2 Timoteus 4:10 meld 'n latere reis van Titus vanaf Rome, waar hy by Paulus was, na Dalmasië. Volgens Titus 1:5 is hy deur Paulus as geestelike leier en organiseerder van die gemeentes op die eiland Kreta aangestel, en is hy daar werksaam as die brief aan hom gerig word. Net soos in 1 Timoteus is dit geskrywe kort vóór Paulus se tweede en laaste gevangenskap te Rome, ongeveer die jaar 64/65.

2. INHOUD EN INDELING

As tema van die brief sou goedskiks kon dien, Pastorale aanwysings vir die kerk, terwyl die inhoud in drieërlei indeling veroorloof:

1. INLEIDING Titus 1:1-5 Beskrywing van Paulus se posisie, hoop en pligte 1:1-3 Aanhef 1:4 Titus se taak 1.5

2. OPDRAGTE OOR OUDERLINGE Titus 1:6-16 Die vereiste wat gestel word 1:6-9 Die behoefte aan behoorlike bestuur 1:10-16

3. OPDRAGTE OOR DIE CHRISTELIKE LEEFWYSE Titus 2:1 – 3:7 Onder mekaar 2:1-15 Teenoor die buitewêreld 3:1-7

4. OPDRAGTE TER AFSLUITING Titus 3:8-11 Verkondig die waarheid 3:8 Vermy tweedrag 3:9-11

5. BESONDERE OPDRAGTE EN GROETE Titus 3:12-15

45

Page 48: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE III: PASTORALE BRIEWE

Lesing 1Lees al drie briewe

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: TEMA: Gewete, gewete, gewete ... skoon, geskoei, onderdruk!Lees: 1 Timoteus 1:5,19 [2X]; 2:8; 4:2; 2 Timoteus 1:3 en Titus 1:15

Vraag 1: Sewe (7) keer kom die begrip gewete voor in die Pastorale Briewe – nogal opvallend! Gaan op ‘n ekskursie deur hierdie Skrifgedeeltes en probeer vasstel wat Paulus telkens vir wie wou sê.

Dag 2: TEMA: Christus Geopenbaar! Lees: 1 Timoteus 1:1-2, 12-16; 2:5-6; 3:16; 5:21 & 6:14

Vraag 2: In hierdie eerste brief van Paulus aan Timoteus stel hy Jesus Christus op ‘n breë manier bekend – vertel hy van Christus se werking (ook in sy lewe), en heg hy betekenisvolle titels aan Hom. Kyk of jy ten minste tien [10] sulke omskrywings van Christus in die bogenoemde Skrifgedeeltes kan raak lees.

Dag 3: TEMA: Dra jou deel van die ontberings!Lees: 2 Timoteus 2:3, 5-6, 15, 20-21, 24-25

Vraag 3: Die frase “Dra jou deel van die ontberings” kom twee keer in hierdie brief voor, te wete in 1:8 en 2:3, maar is dit opmerklik dat Paulus direk nadat hy die frase in 2:3 gebruik, hy in die res van die hoofstuk ses (6) treffende beelde / metafore gebruik om Timoteus aan te moedig – identifiseer ses metafore en brei kortliks uit op die betekenis van elkeen vir jou.

Dag 4: TEMA: Geïnspireerde Woord van GodLees: 2 Timoteus 3:14-17 & 4:5. [Lees gerus ook 2 Petrus 1:20-21 & 1 Korintiërs 2:10-13]

Vraag 4: Hierdie gedeelte gebruik vier beelde / metafore / funksies van die Skrif. Identifiseer hierdie vier funksies, en stel ook die einddoel wat daarmee bereik wil word.

Dag 5: TEMA: Goeie werke, goeie werke, goeie werke!Lees: Titus 1:16; 2:7; 3:1,8,14

Vraag 5: Vyf (5) keer in hierdie brief praat Paulus oor goeie werk, en stem hy al hier saam met Jakobus (2:14-26) dat dade bewyse van die geloof is! Neem as voorbeeld 1:16 wat dade meld wat kennis van God weerspreek. Gaan op ‘n ekskursie deur hierdie vyf gedeeltes en verwoord die betekenis daarvan vir jouself. Dui ook aan wat die bedoeling is van Christus se verlossingswerk in elke gelowige se lewe – met spesifieke verwysing na Titus 2:14.

46

Page 49: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE III: PASTORALE BRIEWE

Lesing 1

KORT VRAELees: Al drie briewe

Dag 1:

Vraag 1: Hoekom – dink jy – word hierdie “bundel” van drie briewe só genoem?

(a) Die briewe gee raad en leiding insake kerklik organisasie aan hulle watin posisies van verantwoordelikheid in die kerk gestaan het, en aan wiedie herderlike sorg vir die Christelike gemeenskap toevertrou was

(b) Teenoor Paulus se ander briewe wat aan gemeentes gerig is, word hierdiebundel briewe gerig aan gemeente leiers

(c) Die briewe leer ouderlinge hoe om goeie herders vir hul skape te wees

Vraag 2: Watter van die volgende dien as eise / eienskappe vir ‘n kerklike amp? Lees: 1 Timoteus 1 – 6

(a) Onberispelik (b) Hy moenie ‘n rusiemaker wees nie (c) Hy moet gesag oor sy kinders kan uitoefen

Dag 2: Van kinders en huise

Vraag 1: Dikwels noem Paulus vir Timoteus ...?

(a) Vriend (b) Broer (c) Kind / seun

Vraag 2: 1 Timoteus 3:15 die as tema-vers van Paulus se eerste brief aan Timoteus.Watter beeld en funksie gebruik Paulus van die kerk / gemeente in hierdie vers?

(a) Liggaam van Christus (b) Huisgesin van God (c) Draer en beskermer van die waarheid

Dag 3: Van afskeid, verlange en geloof!Lees: 2 Timoteus 1 – 4

Vraag 1: Paulus onthou Timoteus se ...?

(a) Gebede (b) Afskeidstrane (c) Opregte geloof

Vraag 2: Met sy moontlike haastige arrestasie het Paulus ‘n paar persoonlike artikelsagtergelaat by Karpus waaraan hy nou behoefte het – wat was dit?

(a) Sy sandale en gordel (b) Sy reismantel (c) Sy boeke en perkamente

Dag 4: Sandwiched between saved, called and grace is His purpose ... [iemand hethierdie treffende opmerking gemaak oor hierdie vers: Getoebroodjie tussen gered- en geroep-wees en genade lê Sy bedoeling daarmee met ons lewens!]

47

Page 50: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Lees: 2 Timoteus 1 – 4

Vraag 1: Wat sou jy sê is die doel waarvoor Hy ons gered en geroep, en ons oorlaai het met Sy genade ...?

(a) Om ‘n oorvloedige lewe te hê (b) Om ons vry te maak van die wet (c) Om aan Hom toegewy te wees

Vraag 2: Van hierdie Evangelie van Genade, sê Paulus, is hy aangestel as prediker en apostel en leraar, en ly hy ook daarvoor! Tog bly hy oortuig van twee dinge – wat is daardie twee dinge?

(a) Paulus is oortuig dat hyself staande sal kan bly (b) Christus is magtig om dit wat Hy aan Paulus toevertrou het, in stand te hou (c) Paulus weet op Wie hy vertrou

Dag 5: Die Kretensers se reputasie het hulle vooruit geloop!

Lees: Titus

Vraag 1: Paulus rits ‘n paar ruwe beskrywings van die Kretensers af – merk watter van die volgende in Paulus se woordeskat voorkom. In 1:13 merk Paulus nogal op “hierdie getuienis is waar”.

(a) Skurke, bedrieërs en lummels (b) Besoedeldes en ongelowiges (c) Leuenaars, ongediertes en lui vrate

Vraag 2: Paulus gee aan Timoteus ‘n sterk opdrag aangaande die Kretensers – watwas hierdie opdrag, en met watter einddoel moet hy dit doen?

(a) Hulle aanmoedig om ook goeie werke te doen (b) Hulle wys op hulle reputasie sodat mense ‘n beter indruk van hulle kan kry (c) Hulle streng tereg wys sodat hulle gesond kan word in die geloof

48

Page 51: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE IV: GEVANGENIS EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

EFESIËRS, FILIPPENSE, KOLOSSENSE EN FILEMON

Lesing 1

Efesiërs is ‘n bemoedigende brief wat die gelowiges herinner aan hulle rykdom (5x) wat deur genade (12x) aan hulle gegee is vir Sy eer (9x) dat hulle niks benodig nie omdat Christus hulle volheid is en dat hulle deur Hom gevul (6x) is. Let op na die sleutelwoorde “in Christus (of “in Hom”) 11x.

Dag 1: Doktriene (Leerstellinge)Lees: Ef 1 – 3

Vraag 1: Ons sien dat God die Vader, die Seun en Heilige Gees die oorsprong van ons verlossing is. Dui aan watter rol elk gespeel het om ons verlossing te bewerkstellig.

Dag 2: Praktiewe toepassing van DoktrieneLees: Ef 4 – 6

Vraag 2: Skryf in jou eie woorde ‘n kort paragraaf oor die verskil tussen die ou en nuwe (heilige) lewe.

Dag 3:Lees: Filippense 1 – 4

Vraag 3: Wat verstaan jy uit hierdie brief ten opsigte van standvastigheid, eensgesindheid en nederigheid? Gee praktiese voorbeelde van elk in die lewe van ‘n Christen.

Dag 4:Lees: Kolossense 1 – 4

Vraag 4: Skryf ‘n paragraaf oor Paulus se diens in belang van die kerk. Verduidelik die geheimenis waarvan Paulus praat.

Dag 5:Lees: Filemon

Vraag 5: Gee kortliks ‘n verduideliking uit hierdie hoofstuk van die leer van “toerekening”.

49

Page 52: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE IV: GEVANGENIS EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

EFESIËRS, FILIPPENSE, KOLOSSENSE EN FILEMON

Lesing 1

KORT VRAE

Efesiërs is ‘n bemoedigende brief wat die gelowiges herinner aan hulle rykdom (5x) wat deur genade (12x) aan hulle gegee is vir Sy eer (9x) dat hulle niks benodig nie omdat Christus hulle volheid is en dat hulle deur Hom gevul (6x) is. Let op na die sleutelwoorde “in Christus (of “in Hom”) 11x.

Dag 1: Doktriene (Leerstellinge)Lees: Ef 1 – 3

Vraag 1: Wat is die resultaat in ons lewe as geloof in God die Vader en Sy Seun het?

(a) Liefde en getrouheid (b) Genade en Vrede (c) Wysheid en krag

Vraag 2: Redding is noodsaaklik omdat dit ...?

(a) Die lewe makliker maak (b) Ek geestelik dood is (c) My help om beter besluite te neem

Dag 2: Praktiese toepassing van Doktriene Lees: Ef 4 – 6

Vraag 1: Wat bepaal hoe ek my rol in die lewe gaan uitleef?

(a) My kultuur (b) Ekself (c) Die Evangelie

Vraag 2: Waarom moet kinders aan hulle ouers gehoorsaam wees?

(a) Omdat God dit van ons verwag (b) Sodat ek ‘n lang lewe kan leef (c) Sodat hulle ouers hulle met liefde kan behandel

Dag 3: Lees: Filippense 1 – 4

Vraag 1: Paulus het rede gehad om ontsteld te wees nadat hy gevange geneem is. Hoe sien hy sy gevangeneskap?

(a) Neerdrukkend en vol twyfel (b) Hy is bly en sien met verwagting daarna uit (c) ‘n Goeie rede om die Evangelie te verkondig

Vraag 2: Paulus is baie doelgerig want hy wens en streef daarna om ...?

(a) Christus te ken en Sy opstanding te ondervind (b) Aan ander die Evangelie te verkondig (c) Filemon te vermaan

50

Page 53: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Dag 4: Lees: Kolossense 1 – 4

Vraag 1: Wat was God se opdrag aan Paulus?

(a) Verkondig God se Woord aan alle nasies (b) Maak God se Woord ten volle aan almal bekend (c) Wees versigtig wat jy aan die mense van Kolosse sê

OF

Vraag 1: Die geheimenis wat geopenbaar is (Christus is in julle. Hy is julle hoop op die heerlikheid) is vir ...?

(a) Die mense wat aan Hom behoort (b) Die heidene (c) Die Kolossense

Vraag 2: Volgens Paulus moet die Kolossense se aandag gerig wees op ...?

(a) Die dinge daarbo waar Christus is (b) Verhoudings tussen gelowiges (c) Die werk wat jy doen

Dag 5: Lees: Filemon

Vraag 1: Wat moet Onesimus vir Filemon word?

(a) ‘n Broer (b) ‘n Slaaf en broer in Christus (c) ‘n Slaaf

Vraag 2: Hoe word die leer van “toerekening” in die brief aan Filemon geïllustreer?

(a) Dat Filemon die skuld van Onesimus eis (b) Die skuld afskryf (c) Dat Paulus die skuld op hom sal neem

51

Page 54: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE IV: GEVANGENIS EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

1 EN 2 TESSALONISENSE

Lesing 2

RAAMWERK VIR 1 EN 2 TESSALONISENSE

1. 1 Tessalonisense

TEMA: “Wees heilig in afwagting van die wederkoms”

SLEUTELVERS 1 Tes 5:23

Wat God vir Sy kinders gedoen het (1:2-10) Die ervaring van ‘n ware evangeliedienaar: eerlik en eerbaar gewerk, met sorg en liefde die

gemeente bearbei en teenkanting beleef (2:1-16) Sy grootste vreugde, om te weet dat dit met die gemeente goed gaan (2:17 tot 3:13)

Hoe die Christelike lewe gehandhaaf moet word: In reinheid (4:1-12); Die wederkoms en die opstanding van die dode (4:13 tot 5:11); Praktiese Riglyne (5:12-25) Slotwoord (5:26-29)

2. 2 Tessalonisense

TEMA: “Wees standvastig te midde van vyandigheid teen God”

SLEUTELVERS 2 Tes 3:3

Die wederkoms:

‘n Tyd van oordeel vir die goddelose maar blydskap vir gelowiges (1:3-12) Die wettelose mens en hoe hy die goddelose gaan mislei (2:1-12) Die verskil vir gelowiges (2:13-17) Die pligte van die kinders van God (3:1-3) Seën (3:16-18)

Dag 1:Lees: 1 Tes 1

Vraag 1: Wat beteken die wederkoms van Jesus Christus vir ons? Wat gaan Hy vir die gelowige kom doen?

Dag 2:Lees: 1 Tes 2

Vraag 2: Waarom het Paulus in gebed volhard en God gedurig gedank?

Dag 3:Lees: 1 Tes 3

Vraag 3: Volgens Paulus, hoe moet die gemeente lyk tydens die wederkoms?

52

Page 55: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Dag 4:Lees: 1 Tes 4

Vraag 4: Wat, volgens Paulus, sal met die ontslapenes, en die wat nog lewe tydens die wederkoms gebeur?

Dag 5:Lees: 2 Tes

Vraag 5: Hoe red God die uitverkorenes?

53

Page 56: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE V: NAAMBRIEWE

JAKOBUS EN 1 PETRUS

Lesing 1

Verpligte leeswerk: Die briewe Jakobus en 1 Petrus

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: Jakobus 1:1 – 2:26Lees: Jak 1:1 (Aanhef); Jak 1:2-11 (Beproewings); Jak 1:12-18 (Versoekings); Jak 1:19-27 (Luister na die Woord); Jak 2:1-13 (Regte maatstawwe) en Jak 2:14-26 (Geloofsdade).

Vraag 1 (a): Hoekom behoort gelowiges volgens Jakobus baie bly te wees wanneer allerlei beproewings oor hulle kom?

Vraag 1 (b): Wat gebeur volgens Jakobus met mense wat hulle deur hulle eie begeertes laat verlei?

Dag 2: Jakobus 3:1 – 5:20Lees: Jak 3:1-18 (Innerlike vernuwing); Jak 4:1-12 (Nederigheid voor God); Jak 4:13-17 (Erkenning van afhanklikheid); Jak 5:1-11 (Onreg); Jak 5:12 (Die waarheid); Jak 5:13-18 (Gebed) en Jak 5:19-20 (Optrede teenoor hulle wat afdwaal).

Vraag 2 (a): Waarin verskil die tong van ‘n mens van ‘n fontein en van ‘n vyeboom?

Vraag 2 (b): Hoekom is dit volgens Jakobus belangrik dat ons nooit gelowiges wat in sonde vasval, aan hulle eie lot oorlaat nie?

Dag 3: 1 Petrus 1:1 – 2:10Lees: 1 Pet 1:1-2 (Aanhef); 1 Pet 1:3-12 (Lof aan God); 1 Pet 1:13-25 (Hoop op God); 1 Pet 2:1-10 (Groei in geloof).

Vraag 3 (a): Watter drie eienskappe het die erfenis wat gelowiges deur die opstanding van Jesus Christus ontvang?

Vraag 3 (b): Watter beskrywing gee Petrus van die boodskap wat gelowiges behoort te verkondig?

Dag 4: 1 Petrus 2:11 – 3:12Lees: 1 Pet 2:11-12 (Die kern opdrag oor verhoudings); 1 Pet 2:13-17 (Verhouding met die owerheid); 1 Pet 3:1-7 (Verhouding in die huwelik); 1 Pet 3:8-12 (Verhouding met die naaste).

Vraag 4 (a): Om watter rede behoort gelowiges hulle volgens Petrus altyd goed te gedra?

Vraag 4 (b): Watter ingrypende gevolge sal daar vir ‘n gelowige man wees as hy nie in liefde met sy eggenote leef en aan haar eer bewys nie?

Dag 5: 1 Petrus 3:13 – 5:11Lees: 1 Pet 3:13 – 4:19 (Verhouding met hulle wat vyandig is); 1 Pet 5:1-4 (Opdrag aan ouderlinge); 1 Pet 5:5-7 (Opdrag aan jongeres); 1 Pet 5:8-11 (Samevattende opdrag).

Vraag 5 (a): Waarteen behoort gelowiges te waak wanneer hulle gasvryheid teenoor mekaar bewys?

Vraag 5 (b): Wat behoort gelowiges met hulle bekommernisse te doen en watter motivering gee Petrus aan sy lesers om dit met hulle bekommernisse te doen?

54

Page 57: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE V: NAAMBRIEWE

2 PETRUS, JUDAS EN 1 – 3 JOHANNES

Lesing 2

Verpligte leeswerk: Die briewe 2 Petrus, Judas En 1 – 3 Johannes

INDELING EN VOORBEREIDING

Dag 1: 2 Petrus 1:1 – 2:22Lees: 2 Pet 1:1-2 (Aanhef); 2 Pet 1:3-11 (Samevatting van die apostel se leer); 2 Pet 1:12-15 (Die doel van die skrywe en die apostel se naderende dood); 2 Pet 1:16-21 (Fundering van die apostel se gesag); 2 Pet 2:1-22 (Waarskuwing teen die vals leraars).

Vraag 1 (a): Watter belofte ontvang gelowiges as hulle aanhou om hulle geloof te verryk?

Vraag 1 (b): Hoekom kon die leraars volgens Petrus nie geglo word wanneer hulle aan die lesers vryheid beloof nie?

Dag 2: 2 Petrus 3:1-18Lees: 2 Pet 3:1-2 (Die doel van die skrywe); 2 Pet 3:3-16 (Sekerheid van die koms van die Here); 2 Pet 3:17-18a (Slot van die brief); 2 Pet 3:18b (Lofprysing).

Vraag 2 (a): Hoekom het Petrus hierdie tweede brief aan die lesers geskryf?

Vraag 2 (b): Wat is die een eienskap wat kinders van die Here se lewens ná die koms van die nuwe hemel en die nuwe aarde sal vertoon?

Dag 3: Brief van JudasLees: Judas 1 – 2 (Aanhef); Judas 3 – 4a (Doel en aanleiding van die skrywe); Judas 4b (Algemene beskrywing van mense teen wie gestry moet word); Judas 5 - 19 (Nadere omskrywing van mense teen wie gestry moet word); Judas 20 – 23 (Die wyse hoe daar gestry moet word teen die valse leraars) en Judas 24 – 25 (Slot).

Vraag 3 (a): Judas sê dat gelowiges in die liefde van God moet bly. Met watter drie ander opdragte omring hy hierdie opdrag om in God se liefde te bly?

Vraag 3 (b): Om mense wat van die waarheid van die evangelie afgedwaal het, te help, moet ons nie in alle gevalle dieselfde optree nie. Watter leiding gee Judas in die laaste deel van sy brief aan ons in hierdie verband?

Dag 4: 1 Johannes 1:1 – 4:6Lees: 1 Joh 1:1-4 (Proloog); 1 Joh 1:5 – 2:17 (God is lig – Leef in die lig); 1 Joh 2:18 – 4:6 (God is ons Vader – leef as sy kinders).

Vraag 4 (a): Waarvan kan gelowiges volgens Johannes seker wees wanneer hulle werklik hulle sondes bely?

Vraag 4 (b): Wat doen mense wat die verwagting koester dat hulle met die wederkoms soos Jesus sal wees en Hom sal sien soos Hy is?

Dag 5: 1 Johannes 4:7 – 5:21; 2 Johannes en 3 JohannesLees: 1 Joh 1:4:7 – 5:5 (God is liefde leef in sy liefde); 1 Joh 5:6-13 (God [se Gees] is die waaragtige

Getuie – leef in sekerheid) en 15:14-21 (Epiloog).2 Johannes3 Johannes

55

Page 58: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Vraag 5 (a): Wat sal u uit 1 Johannes 5 vir iemand sê wat beweer dat ons meer klem moet lê op ons liefde vir God as op ons gehoorsaamheid aan die gebooie van God?

Vraag 5 (b): Johannes verwys in sy skrywe aan sowel “die uitverkore vrou” (2 Joh) as aan “Gaius” (3 Joh) na ‘n soort lewe waaroor hy hom baie verbly. Watter soort lewe is dit?

56

Page 59: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE VI: OPENBARING

Openbaring 1 – 11

Lesing 1

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: Openbaring 1 – 11

Vraag 1: Wie is die sentrale figuur in Openbaring?

Vraag 2: Noem 4 beskrywings van Jesus Christus in hoofstuk 1 – 3 wat uniek is in Openbaring. Gee beskrywings uit elke hoofstuk met skrifverwysings.

Vraag 3: Lees Openbaring 4 en 5. Noem kenmerke van die gelowiges se gedrag in die teenwoordigheid van God.

Vraag 4: Aan elke gemeente is daar ‘n belofte gegee. Beskryf baie kortliks drie daarvan.

Vraag 5: Wat verskyn wanneer elk van die eerste vier seëls opgemaak word en watter betekenis het dit?

57

Page 60: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE VI: OPENBARING

Openbaring 12 – 22

Lesing 2

INDELING EN VOORBEREIDING

Lees: Openbaring 12 – 22

Vraag 1: Noem die drie reekse van oordeel in Openbaring.

Vraag 2: Wie is die 144 000 mense?.

Vraag 3: Waar sal die nuwe Jerusalem wees en sal daar ‘n tempel wees?

Vraag 4: Wat is die verbondsbelofte / formule van God wat in Openbaring 21 voorkom?

Vraag 5: As jy wil, skryf ‘n paar sinne / getuienis oor jou vooruitsig van die wederkoms.

58

Page 61: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

MODULE VII: KERK EN LYDING

Hebreërs

Lesing 1

INDELING EN VOORBEREIDING

Volhard in die geloof – jy is deel van ‘n uitnemender Verbond

AGTERGROND

Hierdie brief / boek is geskrywe aan ‘n groep Joodse Christene om hulle te waarsku teen ‘n geestelike verslapping en agteruitgang in hulle geloofslewe. Die geskiedenis van die Ou Testament (met klem op die plek van die Ou Verbond) dien as agtergrond vir die belangrike boodskap dat die Nuwe Verbond, wat uit die vorige voortvloei, in alle opsigte ‘n uitnemender Verbond is. Dit is die rede waarom daar geen geestelike verslapping en agteruitgang mag wees nie.

Formaat: Hierdie studie gaan tydens twee formele klasgeleenthede behandel word. Die voorbereiding vir die klasgeleenthede geskied aan die hand van 10 (tien) dae se daaglikse leeswerk, waarna ‘n vraag uit die betrokke dag se leeswerk beantwoord moet word.

STRUKTUUR VAN HEBREËRS

Jesus – die Seun van God – God se finale openbaring 1:1 – 2:4– In die laaste dae praat God deur die Seun (1:1-4) – Hy is verhewe bo die engele (1:5 – 1:14)– Eerste waarskuwing en aansporing (2:1-4)

Die Middelaar – In Sy vernedering en verhoging – rus 2:5 – 4:13– Alles is aan Hom onderwerp (2:5-18)– Hy is verhewe bo Moses (3:1-6)– Tweede waarskuwing en aansporing (3:7 – 4:13)

Jesus Christus as Hoëpriester 4:14 – 8:5– Jesus Christus as Hoëpriester (4:14 – 5:10)– Derde waarskuwing en aansporing (5:11 – 6:12)– Die sekerheid van God se belofte aan Abraham (6:13-20)– Christus is meer as Aaron en die Leviete (7:1-28)– Hy is ‘n Hoëpriester van ‘n nuwe en beter verbond (8:1-5)

Die uitnemendheid van die nuwe verbond 8:6 – 10:31– In Jesus Christus ‘n nuwe verbond (8:6-13)– Aardse heiligdom en offers (9:1-22)– Christus se volkome offer (9:23 – 10:18)– Vierde waarskuwing en aansporing (10:19-39)

Wat geloof en geloofsvolharding is 11:1 – 12:29– Wat geloof regtig is ... God se getuigskrif (11:1-10)– Vestig die oog op Jesus Christus (12:1-3)– God tug diegene wat Hy liefhet (12:4-11)– Vyfde waarskuwing en aansporing (12:12-17)– Sesde waarskuwing en aansporing (12:25-29)

Die Christelike lewenswandel 13:1-25

59

Page 62: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Leeswerk ter voorbereiding

WEEK 1:

Dag 1: Jesus Christus is die Seun van God en is God se finale openbaring aan die mensLees: Hebreërs 1:1 – 2:4

Vraag 1: Hoekom is dit vir ‘n gelowige belangrik om God se finale openbaring in Jesus Christus nie te verwaarloos nie?

Dag 2: Die Middelaar – In Sy vernedring en verhogingLees: Hebreërs 2:5 – 3

Vraag 2: Hoekom moes Jesus Christus as Mens na hierdie wêreld toe kom?

Dag 3: Die gevaar van afval deur ongeloofLees: Hebreërs 3:7 – 4:13

Vraag 3: Wat beteken dit om in God se rus in te gaan en watter negatiewe voorbeeld spreek baie ernstig tot ons uit die Ou Testament?

Dag 4: Jesus Christus as HoëpriesterLees: Hebreërs 4:14 – 6:20

Vraag 4: Wat was die eintlike taak van die hoëpriester en hoe was Jesus Christus die volmaakte Hoëpriester?

Dag 5: Hoëpriester volgens die orde van MelgisedekLees: Hebreërs 7:1 – 8:5

Vraag 5: in watter opsig was Jesus Christus se priesterskap volgens die orde van Melgisedek, ‘n meer uitnemende / beter piresterskap as die priesterskap van die Leviete (Aaron)?

Lesing 2

WEEK 2:

Dag 1: Die uitnemendheid van die nuwe verbondLees: Hebreërs 8:6 – 9:22

Vraag 1: Verduidelik die wese van die nuwe verbond. Hoe verskil dit met die oue volgens hierdie Skrifgedeelte?

Dag 2: Die uitnemendheid van die nuwe verbondLees: Hebreërs 9:23 – 10:31

Vraag 2: In watter opsig verskil die offer van Jesus Christus van al die ander offers wat vroeër gebring is in die ou bedeling?

Dag 3: Wat geloof en geloofsvolharding regtig is ...Lees: Hebreërs 11:1 – 11-40

Vraag 3: Skryf jou eie samevatting van hierdie hoofstuk deur te verduidelik wat geloof regtig is.

60

Page 63: 1¾ « {' À¦  · Web viewDERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE. MATTEUS TOT OPENBARING. INHOUD. BLADSY. OPDRAGTE. 1-4. MODULE I : DIE EVANGELIES . Inleiding tot die Evangelies

Dag 4: Moenie die genade van God verwerp nie ... Lees: Hebreërs 12:1 – 12-29

Vraag 4: In hierdie hoofstuk is daar ‘n baie ernstige motivering vir alle Christene (veral diegene wat besig is om geestelik spoed te verloor) opgeskrywe. Skryf hierdie motivering in jou eie woorde neer.

Dag 5: Die Christelike lewenswandelLees: Hebreërs 13:1-25

Vraag 5: In hierdie Skrifgedeelte word verskillende sake aangespreek. Wat het jou besonderlik geraak en op ‘n nuwe manier tot jou gespreek?

61