36
1 ‘N VERSKEIDENHEID VAN SMULLEKKER SLAAIE. DIE MEESTE MAKLIK OM TE MAAK, EN HIER EN DAAR NET SO BIETJIE ANDERS AS DIE GEWONE.

101 Slaaie vir kersfees

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Lekker slaaie vir kersfees

Citation preview

Page 1: 101 Slaaie vir kersfees

1

‘N VERSKEIDENHEID VAN SMULLEKKER

SLAAIE. DIE MEESTE MAKLIK OM TE MAAK, EN

HIER EN DAAR NET SO BIETJIE ANDERS AS DIE GEWONE.

Page 2: 101 Slaaie vir kersfees

2

1. AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE: 1 pak gemengde slaaiblare 6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe 8 repe swoerdlose streepspek 4 snye witbrood sonder korsies 1 groot, ryp avokado 125 ml pekanneute, grof gekap 125 ml Franse slaaisous

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

2. BEETSLAAI MET JOGURT: 300-400 g rou jong beet 2 appels 250 ml dik jogurt sap van 1 suurlemoen 45 ml mayoinnaise 10 ml stingeluie, gekap.

Skil die beet en rasper, asook die appels. Meng jogurt, suurlemoensap en mayonnaise saam. Meng appel en beet met jogurtmengsel en besprinkel met stingeluie.

SLAAISOUS : 200 ml mayonnaise 1 knoffelhuisie, gekneus 100 ml roguefortkaas, gerasper 50 ml joghurt of room 10 ml gekapte stingeluie. Meng saam en skep oor slaai.

3. BILTONGSLAAI: (Dit lewer 6 porsies) Slaaisous: 60 ml balsem-asyn 125 ml olyfolie 1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml suiker of na smaak 5 ml Dijon-mosterd 1 stingel sprietui, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper Slaai: 250 g klam, baie dun gekerfde biltong 375ml gerasperde cheddarkaas 'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai 3 agurkies, gekap op te rangskik 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny 2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

Goeie maniere en ‘n sagte woord het al baie moeilike situasies opgelos.

Page 3: 101 Slaaie vir kersfees

3

4. BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI : 6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny 3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap 4 grasuie, gekap sout en suurlemoenpeper 170ml bloukaas, fyn gekrummel 50 ml mayonnaise 175 ml natuurlike jogurt 15 ml vars, gekapte pietersielie 1 grasui, grof gekap vir garnering

1. Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in 'n slaaibak. 2. Geur elke aartappel en eierlaag met 'n bietjie sout en peper. 3. Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai. 4.. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie. Wenk: Berei die slaaisous vooraf en verkoel vir 2-3 ure sodat die geure kan ontwikkel.

5. BLOMKOOLSLAAI: 1 blomkool (in blommetjies gebreek) 250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny) 24 gevulde olywe (in skyfies gesny) 1 bossie grasuie (fyn gekap) 6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS: 100 ml suurroom 100ml mayonnaise 17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak. 2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai. 3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

6. BONE EN PEPPADEW SLAAI: 250 ml wit inmaakbone, gekook 250 ml koring, gekook 1 ui, in blokkies gesny 125 ml broccoli, in klein stukkies gesny ½ komkommer, in blokkies gesny 2 rooi soetrissies, in blokkies gesny 2 selderystingels, in ringe gesny 6-8 ingemaakte peppadews, in repies gesny 125 ml heuning-en-mosterd-slaaisous

Meng al die bestanddele vir die slaai. Voeg die slaaisous by. Hou verkoel.

7. BROCCOLI SLAAI 1kg broccoli, in blommetjies gebreek 1 ui, in ringe gesny 1 rooi soetrissie, gekap

SLAAISOUS: 250ml suiker 250ml asyn 250ml slaaiolie

Blansjeer die broccoli 2 minute lank in kokende soutwater. Gooi die water af. Plaas die broccoli in ‘n bak en rangskik die ui en soetrissie bo-op. Klits die suiker, asyn, en olie saam totdat dit wit en skuimerig is. Gooi die slaaisous oor die warm broccoli, bedek en laat dit minstens 5 uur lank marineer.

Jan Alleman eet in sy lewe ongeveer 20,000 uur, meer as 800 dae en nagte.

– M.F.K. Fisher

Page 4: 101 Slaaie vir kersfees

4

– 8. BROS AARTAPPELSKIL SLAAI: 8 aartappels se skille 15ml olie 200g gekapte spekvleis blaarslaai 100ml gekapte haselneute 60g fetakaas, in blokkies gesny 2 rooi, ongeskilde appels, in blokkies Skrop aartappels onder koue, lopende water. Druk droog. Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros. Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer. Voer ‘n slaaibak uit met slaaiblare. Meng neute, kaas, appel, spekvleis en aartappelskille liggies. Plaas in slaaibak en verkoel. Lewer 4 porsies.

9. BRUINRYS EN HEELPITMIELIE SLAAI: 500ml gaar bruinrys 1 Engelse komkommer (in blokkies) 410g (1 blik) heel mieliepitte (gedreineer) 1 rooi of groen soetrissie (ontpit & gekap) 1 bossie stingeluie (gekap) GROENSLAAISOUS: 150ml gewone jogurt 1 huisie knoffel (fyn gemaak) sout en peper na smaak 3ml aangemaakte mosterd 25ml gerasperde ui 50ml gekapte pietersielie 25ml vars suurlemoensap 25 ml agurkies (fyngekap) Meng bestanddele vir slaai en plaas in opdienbord. Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n voedsel verwerker en verwerk tot glad. Giet slaaisous oor slaai net voor bediening. Meng goed om egalig te bedek, en bedien. Lewer 6 porsies.

10. KOMKOMMER SPANSPEKSLAAI: 1 spanspek 450g tamaties 1 groot komkommer 1 eetlepel gekapte pietersielie 1 hoogvol teelepel gekapte grasuie of kruisement FRANSE SLAAISOUS: 2 eetlepels wynasyn sout en peper strooisuiker 6 eetlepels, slaaiolie

Sny die spanspek middeldeur, verwyder die saad en skep die vleis uit met ‘n groentesnyer of sny dit in blokkies. Skil en sny die tamaties in kwarte, druk die pitte uit en verwyder die binneste gedeelte. As die tamaties groot is, kan die kwarte weer deurgesny word. Skil die komkommer en sny op in blokkies soos die spanspekblokkies. Sprinkel liggies met sout, bedek met ‘n bord en laat 30 minute staan. Dreineer, spoel die blokkies af met koue water.

BEREI DIE SOUS: Meng asyn, sout, peper en suiker. Klits olie by die asynmengsel. Meng vrugte en groente in ‘n mengbak, gooi slaaisous oor, bedek bak en verkoel vir 2-3 uur.

11. KORING-EN-PERSKESLAAI: 250ml stampkoring, goed gewas 1 groen soetrissie, ontpit en gekap 825g perskeskywe, gedreineer en fyn gesny 1 ui, gekap. Sous: 50ml suiker 50ml asyn 50ml blatjang 4ml matige kerriepoeier 100ml sonneblomolie 10ml sojasous.

Gooi stampkoring by kookwater waarby sout gevoeg is. Laat stadig kook sowat 45minute of tot sag. Gooi water af en laat afkoel. Voeg soetrissie, perskeskywe en uie by koring. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en voeg by koring. Bedek en plaas in die yskas. Die slaai bly sowat 3 tot 4 dae vars in die yskas en is lekker saam met braaivleis.

Page 5: 101 Slaaie vir kersfees

5

12. KRAKERIGE KAASSLAAI: ½ blaarslaaikop grof gebreek ½ brood se croutons 6 agurkies in ringetjies gesny Cheddar kaas in blokkies gesny Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak. SOUS: 397g kondensmelk 2 eetlepelsl asyn 1 eetlepel kookolie sout en swartpeper na smaak Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.

13. KRUISEMENT KOOLSLAAI: 750ml kool (in repies gesny) 1 rooi soetrissie (gekap) 3 groen salotte (gekap) 1 wortel (gekap) SOUS: 5ml suiker 2,5ml vars gemmer (gerasper) 62,5ml suurlemoensap 1 knoffelhuisie (gekneus) 12,5ml vars kruisement (gekap) Berei die sous deur al die sousbestanddele in 'n bottel te gooi en goed te skud. Meng al die slaaibestanddele in 'n groot bak en voeg slaaisous by net voor opdiening.

14. MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI: 150g macaroni 30ml laekalorie- Franse slaaisous 120g gerookte makrielfilette, vel verwyder 2 klein uie, fyngekap 6 kersietamaties, gehalveer 1 wortel, geskil en grofgerasper 45ml laevet- natuurlike jogurt 1bossie (mustard cress) sout en varsgemaalde swartpeper

Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie). Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous. Laat afkoel. Vlok die makrielfilette en verwyder grate. Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en joçurt by. Meng liggies. Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper.. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers. Sit voor as 'n slaai of ligte ete.

15. MOSTERD EN UIESLAAI: 1 kg piekeluitjies 500ml groente of hoenderaftreksel 250ml bruinasyn 30ml mielieblom 60ml bruinsuiker 2 eiers 10ml droë mosterd 5ml gegeurde sout Prut die uie in die aftreksel tot sag. Verwyder die uie met ‘n gegleufde lepel en hou eenkant terwyl die sous gemaak word. Voeg die asyn by die aftreksel. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by. Klits die suiker, eiers, mosterd en sout saam. Voeg ‘n klein bietjie van die warm mengsel by die eiermengsel en gooi alles dan terug in een kastrol. Roer voortdurend oor stadige hitte tot die sous verdik. Proe en geur. Giet oor die uie en laat afkoel.

Sny Feta kaas en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir ‘n interessante voorgereg of as slaai saam

met geroosterde visgeregte.

Page 6: 101 Slaaie vir kersfees

6

16. NOEDELSLAAI: 1 pak (500g) skroef of skulpnoedels 1 soetrissie 1 ui 250 ml tamatiesous 125 ml asyn 125 ml sonneblomolie 200ml witsuiker 25ml matige kerriepoeier paar druppels Tabascosous

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Laat dit goed dreineer. Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn. Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies. Verkoel voor opdiening. Lewer 8 porsies.

GOUE WENK: HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.

17. OOSTERSE PASTASLAAI: 500g skroefnoedels 250g wit sampioene,afgevee in dun skywe gesny 4 selderystingels, in dun skyfies gesny 6 jonguie, gekap 125ml pietersielie

SOUS: 300ml sonneblomolie 125ml suurlemoensap 60ml sojasous 10ml heuning 3 knoffelhuisies, fyngedruk 30ml medium–droë sjerrie 60ml geroosterde sesamsaad 60ml koljanderblare ‘n bietjie fyngerasperde suurlemoenskil

Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n fles met deksel en skud goed. Hou eenkant. Kook die pasta, dreineer goed. Moenie die pasta afspoel nadat dit gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.

18. PATAT EN PYNAPPELSLAAI: (Dit lewer 6 porsies) sowat 1 kg klein patats ½x 440 g blik pynappelstukke, gedreineer, maar 125ml okkerneute, grofgekap behou 60ml van die pynappelsap ½ groen soetrissie, ontpit en gekap

Slaaisous: 5 ml gerasperde suurlemoenskil 60 ml gedreineerde pynappelsap 30 ml olie varsgemaalde swartpeper

Was en skrop die patats, maar moenie skil nie. Sny die patats in 2 cm dik skywe en kook dit in soutwater tot sag, maar effens ferm, sowat 10-15 minute. Dreineer en sny die patats in eetbare porsies. Plaas die gaar patats, pynappelstukke, okkerneute en groen soetrissie in 'n glas slaaibak en meng liggies. Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Sit die slaai warm of koud voor.

19. PIESANG-EN- BOONTJIESLAAI: 2 x 410g blikkie boontjies-in-tamatiesous 15ml suurlemoensap 6 piesangs, in skyfies gesny 100ml pynappelstukkies 75ml mayonnaise bros blaarslaai.

Sprinkel suurlemoensap oor piesangskyfies om te voorkom dat dit verkleur. Voeg boontjies en pynappelstukkies by piesangs en meng liggies. Voeg mayonnaise by en meng deur. Verkoel slaai en sit voor op bros slaaiblare.

Page 7: 101 Slaaie vir kersfees

7

20. QUICK –QUICK ( GOU –GOU ) SLAAI: Dié ongewone slaai het pragtige kleurkontras en is maklik om te berei.

300 g geel of groen vlapampoentjies 30 ml vars gekapte basilie of pietersielie 60 ml heuningmosterd-slaaisous 200 g kersie tamaties gerasperde skil van 1 suurlemoen gegeurde seesout vars gemaalde swartpeper vars kruie om te garneer

HEUNING SLAAISOUS 100ml heuning 60ml suurlemoensap 50ml lemoensap 1 lemoen se skil (fyn gerasper) 45ml sonneblomolie 20ml wit wynasyn 5ml mosterdpoeier knippie sout knippie vars gemaalde swartpeper Gooi al die bestanddele in 'n glasflessie van minstens 275 ml. Verseël die flessie en skud deeglik. Bêre in 'n yskas.

Sny die vlapampoentjies in agstes. Meng die kruie met die slaaisous. Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute. Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde. Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor. Stapel vla pampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.

21. ANDERSE PIESANGSLAAI: Hierdie is 'n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot 'n braai of kerriegereg kan bedien

5 ryp, maar ferm piesangs 5 droë appelkose, gesnipper 125 ml grenadellajogurt 37,5 ml kondensmelk

Sny die piesangs in skyfies in 'n slaaibak. Voeg die gesnipperde appelkose by. Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte. Meng liggies met 'n vurk. Variasie: Voeg ook avokadoblokkies by die piesangslaai.

22. ANDERSE WORTELSLAAI: 450g geelwortels (geskil en grof gerasper) 1 groot lemoen (geskil &in skyfies) 75g radyse (gewas en in skyfies gesny) 60ml gekapte pietersielie SLAAISOUS: 90ml olie 30ml suurlemoensap 60ml lemoensap 5ml heuning 2,5ml sout

Meng alle sous bestanddele goed saam. Meng alle slaai bestanddele liggies saam, en giet slaaisous bo-oor. Verkoel in yskas voor opdiening.

23. ASPERSIESLAAI: 500g vars gekookte aspersies 150ml slaaisous 60ml fyngekapte sprietui 12.5ml gekapte grasui 250g gaar boontjies, gedreineer 1 klein kropslaai 12.5ml fyn gekapte pietersielie Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is. Was en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng slaaiblare daarmee. Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte sprietui, pietersielie en grasui.

Page 8: 101 Slaaie vir kersfees

8

24. EIERSLAAI: 1 slaaikop, fyn gekerf 8 eiers, hardgekook sout en vars gemaalde swartpeper 250ml natuurlike joghurt 50ml mayonnaise 45ml blatjang 5ml suurlemoensap 1 klein ui, in ringe gesny fyn gekapte pietersielie

Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op. Geur goed met sout en peper. Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare. Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor. Lewer 6 porsies.

25. ERTJIE EN KAASSLAAI: 500g bevrore jong ertjies ¼ koppie gekapte groen salotuie ½ koppie Cheddarkaas in blokkies ¼ koppie suurroom ¼ koppie mayonnaise 30ml gekapte pietersielie sout en peper na smaak

Kook ertjies in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer en laat afkoel. Meng res van die bestanddele liggies saam en geur na smaak met sout en peper.

26. CALAMARI EN MOSSELSLAAI 300g calamari, in ringe gesny 30ml botter 1 blik mossels in skulpe 1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk) 4 grasuie, gekap 15ml sojasous 30ml droë witwyn 20ml sesamsaad (gerooster) 60ml olyfolie 1ml suiker 15ml gekapte pietersielie Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai. Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan. Dreineer. Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek. Laat afkoel. Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

27. SPINASIE SLAAI 10 spinasieblare, afgespoel 2 jonguitjies, afgespoel ½ rooi soetrissie 60g fetakaas 1 knoffelhuisie, fyn gekap 50ml olyfolie 25ml witwyn asyn 1. Sny wit dele van spinasie en soetrissie weg en breek of sny in kleiner dele. 2. Sny jonguitjies in skyfies en sny rooi soetrissie in repe. 3. Breek fetakaas in growwe stukke. 4. Meng knoffel, olyfolie en asyn. Skud goed.

5. Sit al die slaaibestanddele in ‘n slaaibak en meng slaaisous deur.

Liefde en seerkry is soos Vinkel en Koljander - die een is soos die ander. Die twee gaan hand-aan-hand.

Page 9: 101 Slaaie vir kersfees

9

28. KRAAKLEKKER TUNASLAAI 500ml koue, gaar rys 200g gedreineerde, gevlokte tuna 250ml gerasperde, wortels 250ml gekapte seldery 25ml fyn gekapte ui 250ml mayonnaise 37.5ml blatjang 5ml kerriepoeier 10ml suurlemoensap sout en peper na smaak Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.

29. RYS EN SPINASIE SLAAI: 200 g rou rys (250 ml) 6 repe spekvleis, gekap 1 klein bossie jong spinasie, gewas, die wit 2 selderystingels, gekerf stingels verwyder en fyngekerf 3 eiers, hardgekook, gekap 6 knopiesampioene, in skywe gesny Slaaisous: 125 ml mayonnaise 30 ml asyn 5 ml peperwortel (horse-radish) 3 ml Tabasco-sous 5 ml sout varsgemaalde swartpeper

1. Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat afkoel. 2. Braai die spekvleis tot bros, dreineer op papierhanddoek en laat afkoel. 3. Meng die rys, spekvleis, spinasie, seldery, sampioene en eiers liggies saam. 4. Giet die slaaisous oor en meng goed met twee vurke. 6. Laat die slaai vir minstens 1 uur staan voor opdiening.

30. SAMPIOEN-EN-SOETRISSIESLAAI: 500g knopiesampioene, in skyfies gesny sap van een suurlemoen sout en varsgemaalde peper 1 ui, in dun skyfies gesny 6 stingeluie, in die lengte in skyfies gesny 1 bossie botterslaai 25ml olie 2 knoffelhuisies 3 snye brood in blokkies gesny 1 avokado suurlemoensap 1 groenrissie, ontpit en in skyfies gesny 1 rooi soetrissie, ontpit en in skyfies gesny 1 komkommer, uitgehol en in halfmane gesny 3 repies spekvleis, bros gebraai, gedreineer.

Slaaisous: 125ml olyfolie 125ml asyn knippie suiker 5ml gedroogde orego sout en swartpeper 50ml groen peperkorrels 10ml verkrummelde Fetakaas vars gekapte pietersielie.

Besprinkel sampioene met suurlemoensap en geur. Plaas uie en stingeluie in yswater om bros te word. Was botterslaai en plaas ook in yswater. Verhit olie en braai knoffel en broodblokkies daarin. Halveer avokado en sny in dun skyfies. Besprinkel met suurlemoensap. Verwyder uie en slaai uit water en rangskik saam met res van bestanddele in slaaibak. Strooi spek en brood blokkies bo-oor. Slaaisous: Klits al die bestanddele, behalwe pietersielie tot romerig. Giet slaaisous net voor dit voorgesit word oor en besprinkel met pietersielie.

Geluk kom nooit per tjek of bankrekening nie. Dit is onbetaalbaar.

Page 10: 101 Slaaie vir kersfees

10

31. SONSKYNSLAAI ½ knoffelhuisie geskil 1 klein botterslaai gesnipper 60ml stingelui fyngekap 500g gaar beet afgekoel,geskil & in skyfies gesny 200g gevlokte gedreineerde tuna 125ml seldery fyn gekap 2 hard gekookte eiers, afgedop & gekap 125ml mayonnaise sout peper grasuie vir garnering 1. Vryf die slaaibak met die knoffelhuisie uit. 2. Meng die botterslaai en stingelui in die slaaibak. 3. Rangskik die beet, tuna, seldery en gekapte eiers bo-op. 4. Meng die mayonnaise en geurmiddels en skep dit in die middel van die slaai. 5. Garneer dit met gekapte grasui en verkoel ongeveer ‘n uur voor opdiening. 6. Meng dit liggies voor bediening.

32. SPRINGBOK FILET SLAAI: 100g Springbok fillet 1 teelepel neutmaskaat koriander swartpeper en sout anys kaneel 1 rooibos teesakkie

LW: die bogenoemde speserye het nie almal hoeveelhede nie, die kok kan eie oordeel gebruik na aanleiding van eie smaak.

Meng die speserye in n bakkie. Sny die fillet in dun skyfies , bietjie dukker as carpachio en strooi die gemengde speserye oor. Braai die skyfies fillet in n pan met olie om die geur in te sluit en laat afkoel. Maak n groen slaai met blaarslaai, avokado, groenrissie en kersie tamaties. Plaas die springbok fillet op die slaai en garneer met vars suurlemoen.

33. SUIKERMIELIESLAAI: 410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny 4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap 25ml mayonnaise Meng alles goed saam.

34. VARS AARTAPPELSLAAI: 6 klein gekookte aartappeltjies 250g geskilde kersietamaties blaarslaai 100g sampioene, in skywe gesny 1 bossie bronkors SLAAISOUS: 100ml slaaiolie sout en swartpeper 50ml asyn 2ml knoffelvlokkies 10ml vars gekapte pietersielie

Meng die bestanddele vir die slaai. Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n fles en skud goed. Giet sous oor slaai net voor opdiening.

As ek terugkyk, dank ek God dat hy nie al my gebede beantwoord het nie.-Ingelow

Page 11: 101 Slaaie vir kersfees

11

35. VRUGTIGE MACARONI-SLAAI: Heerlik by 'n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)

250 g macaroni 15 ml olie 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny 3 piesangs, in skywe gesny 1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer 401 g-blik jong ertjies, gedreineer kruisementblare vir garnering

Slaaisous: 125 ml bier 125 ml goeie gehalte mayonnaise

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng pasta liggies met die olie. Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel. Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam. Skep in 'n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

Wenke: Die slaai kan 'n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas. Besprinkel die piesangskywe met 'n bietjie suurlemoensap.

Variasies: Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies. Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt. Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars pynappel.

36. WARM BOONTJIESLAAI: 30 ml olyfolie 1 middelslag ui, fyngekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1 klein, rooi soetrissie,in kort repe gesny 75 g groenbone, ente verwyder en 15 ml balsam-asyn in 2 cm-stukke gesny 50 g knopiesampioene, in skywe gesny 410 g-blik gemengde boontjies, afgespoel en goed gedreineer.

Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n swaarboompan. Soteer die ui vir 2 minute oor medium hitte. Voeg die knoffel, soetrissie, groenbone, sampioene en asyn by, laat 5 minute kook, roer af en toe. Meng die boontjies tesame met die oorblywende 15 ml olyfolie by die groente, verhit tot goed deurwarm. Sit warm voor met geroosterde dik skywe Italiaanse brood.

37. WARM KORINGSLAAI: 125g spekvleis 2 uie (grof gekap) 250g knopiesampioene(in skyfies gesny) sout en peper 25ml olie 750ml gaar stampkoring 125ml hoenderaftreksel 50ml rosyne (opsioneel) Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros. Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin. Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper. Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is. Dien warm op. Bedien 6 mense.

Daar is een troos omtrent die huwelik. As jy om jou kyk sal jy altyd iemand sien wat slegter gevaar het.

Page 12: 101 Slaaie vir kersfees

12

38. LEMOEN-EN-UIESLAAI: 3 lemoene 2 uie 2.5ml sout 1ml swartpeper, vars gemaal 1ml selderysout 25ml olie 12.5ml asyn 12.5ml gekapte pietersielie Skil die lemoene af sodat al die membrane verwyder is. Sny dit in skywe. Skil die uie en sny dit in dun skywe. Gooi kookwater op die ui, laat staan vir 1 minuut lank en dreineer. Meng die ui en die lemoen. Sprinkel sout, swartpeper en selderysout oor. Meng die asyn en olie goed. Gooi die slaaisous oor die slaai en meng liggies. Strooi die pietersielie oor.

39. PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD:

100 g sonneblomsaad 100 g ansjovis 50 ml melk 250 g skulpnoedels 500 ml water 2 ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak 50 ml gekapte knoffel-stingeluie 50 ml gekapte pietersielie 4 tamaties, grof gekap 30 ml suurlemoensap 5 ml Engelse mosterdpoeier 1 kop botterslaai Mikrogolf sonneblomsaad soos volg: Plaas saad in keëlvormige bakkie op hand doek papier en mikrogolf 4 minute op hoog. Roer kort-kort. Hou eenkant. Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder). Voeg water by pasta in mengbak en mikro golf 5 minute op hoog. Roer deur. Mikrogolf pasta 'n verdere 2 minute. Laat afkoel. Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies. Meng pasta en al die oor blywende bestanddele behalwe slaai liggies saam in mengbak. Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord. Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op. Sit goed verkoel voor.

40. RATATOUILLE SLAAI: 1 groot ui, gekap 2-3 knoffelhuisies, gekap 100 ml olyfolie 2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny 2 soetrissies 500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny 1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap 50 ml gekapte pietersielie 5 ml droë roosmaryn 5 ml droë tiemie 5 ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is. Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van 'n oondroosterpan en rooster tot bruin. Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant. Halveer die soetrisies. Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die soetrissies byna swart is. Verwyder die pitte en trek die vel af. Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel. Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.

41. PASTASLAAI MET BIERSOUS:

4 x 250ml gaar elmboogpasta 410g pynappelstukke, gedreineer 3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel 565g lietsjies, gedreineer,ontpit 225g blik groen ertjies, gedreineer.

Biersous

125ml mayonnaise 125ml bier. Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak. Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele. Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.

You don’t get harmony when everybody sings the same note!

Page 13: 101 Slaaie vir kersfees

13

42. WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI: 4 groot aartappels 120g Zoetvlei kaas, in blokkies gesny 2 repe spekvleis, gebraai & gekap 125ml Franse slaaisous gekapte grasuie Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak. Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor. Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.

43. EIERVRUGSLAAI: 4 eiervrugte, geskil sout 100ml olie 250ml witwyn 100ml asyn 2 knoffelhuisies 2 uie, in skywe gesny 4 tamaties, in skywe gesny 1ml vinkel, fyn gekap sout en peper na smaak 2 eiers, hard gekook gevulde of swart olywe Sny die eiervrugte in skywe, bestrooi met sout en laat dit 30 minute lank staan. Spoel dit af en druk dit goed droog met kombuispapier. Verhit die olie en braai die eiervrug liggies daarin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die eiers en olywe. Laat prut dit 30 minute lank. Laat dit afkoel en geur na smaak. Verkoel die slaai. Bedien die slaai baie koud, gegarneer met eierwiggies en olywe.

44. KOOL EN DADEL SLAAI:

½ kool, gewas en in dun repe gesny 200g Tussers kaas, in blokkies gesny ½ pakkie dadels, gekap ¼ koppie grondbone gekapte pietersielie SOUS: 125ml mayonnaise 50ml kondensmelk 25ml asyn 25ml olie Meng kool, kaas dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.

True Friendship

True friendship isn't seen with the eyes, it is felt with the heart, when there is trust, understanding, loyalty, and sharing. True friendship is a rare feeling, but when it is

found it has a profound impact on our well-being, strength, and character.

True friendship does not need elaborate gifts or spectacular events in order to be valuable or valued.

To ensure long-lasting quality and satisfaction, true friendship only needs a few key ingredients:

undying loyalty, unmatched understanding, unsurpassed trust, deep and soulful secrets, and endless sharing. These ingredients, mixed with personality and a sense of humor,

can make a friendship last a lifetime!

This is just a thank you, my friend, for all the wonderful and colorful special ingredients you've brought to my life!

Page 14: 101 Slaaie vir kersfees

14

45. SEEKOSSLAAI: 250g visfilet(kabeljou, tongvis ens) 5ml kruie 15ml olie 3 sprietuitjies (gekap) 300g vars spinasie 4 selderystingels (in repies) 150g garnale (gaar gekook of geroerbraai) 50g geroosterde sonneblomsaad SOUS: 45ml mayonnaise 15ml jogurt 15ml fyn dille 10ml suurlemoensap sout en peper Vryf visfilette met kruie en braai in warm olie tot goudbruin. Laat afkoel. Meng spinasie, sprietuitjies, seldery en garnale in slaaibak. Voeg visfilette by slaai. Strooi sonneblom saad oor die slaai. BEREI DIE SOUS: Meng mayonnaise, jogurt, dille, suurlemoensap, sout en peper en giet oor die slaai.

46. BOEREWORS AARTAPPELSLAAI: SLAAISOUS: 30ml wit wynasyn 125ml olyfolie 3ml swartpeper 1 knoffelhuisie fyngedruk 15ml Dijon mosterd 5ml suiker SLAAI: 1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer 15ml olyfolie 1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny 500g gaar boerewors, in skyfies gesny 1 groot steel seldery, gekap 10 ml vars tiemie, gekap 50ml vars kerwel (chervil) gekap Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Meng daarna die kerwel deur. Bedien terwyl nog louwarm.

47. LULU SE RYSSLAAI: 500ml rou rys 2 groen soetrissies, in ringe gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk 2 uie, in ringe gesny olie 50ml matige kerriepoeier 500ml mayonnaise 60ml blatjang 820g perskeskywe, gedreineer Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed en laat afkoel. Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Voeg die mayonnaise en blatjang by en meng goed. Meng die kerriemengsel, perskeskywe en rys saam en skep in ‘n groot slaaibak. Verkoel tot voor opdiening. Dien op saam met koue vleis of braaivleis.

48. HOENDER-, LIETSJIE- EN DILLESLAAI: mengsel van vars kropslaaiblare 500 g gaar hoender 4 murgpampoentjies in repies gesny 1 geel soetrissie, in repies gesny 1 rooi soetrissie, in repies gesny 125 g kersietamaties ½ Engelse komkommer, in skyfies gesny 1 middelslagui, in skywe gesny 250 g geskilde en ontpitte lietsjies 50 ml geroosterde sonneblomsaad

Slaaisous: 250 ml Bulgaarse jogurt 125 ml laevet-mayonnaise 25 ml droë dille varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die slaaiblare op 'n plat opdiensbord. Rangskik al die bestanddele buiten die sonneblomsaad. Meng die sousbestanddele en skep bo-oor die slaai. Garneer met sonneblomsaad. W enke: Berei die slaaisous twee dae voor gebruik en bêre in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Vervang die lietsjies met enige ander vrugte, soos perskes, pere, appels of piesangs.

Page 15: 101 Slaaie vir kersfees

15

49. TJOU-TJOU SLAAI

6 piesangs 1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g) 1 blik kondensmelk (397g) 1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g) knippie sout Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur. Bedien koud.

50. MEDITERREENSE KOESKOES-SLAAI 500 ml koeskoes 500 ml hoenderaftreksel vars gemaalde swartpeper na smaak 'n hand vol jong groenbone, in stukke gesny 250 ml kersietamaties, gehalveer 125 ml ontpitte olywe, gehalveer 2-3 wiele fetakaas, in blokkies gesny 60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn 30 ml suurlemoensap Plaas koeskoes in 'n bak en giet kokende hoenderaftreksel oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir vyf minute. Vlok met 'n vurk en mikrogolf vir 1 minuut op 100 % krag (hoog). Voeg swartpeper na smaak by. Blansjeer die groenbone in kookwater en dompel dan in koue water. Druk goed droog en voeg saam met die tamaties, olywe en fetakaas by die koeskoesmengsel. Maak 'n slaaisous van 60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn en 30 ml suurlemoensap en sprinkel oor. Meng deur en verkoel tot benodig.

51. BABA-AARTAPPELSLAAI MET JOGURT-SUURROOMSOUS: 1 kg baba-aartappels, geskrop en gehalveer 250 ml suurroom 100 ml dik mayonnaise 250 ml Griekse jogurt 15 ml heelkorrelmosterd vars gemaalde swartpeper vars pietersielie, gekap suiker na smaak Kook aartappels in soutwater tot gaar, maar ferm. Meng res van bestanddele saam en giet oor aartappels. Bedek en hou in yskas tot nodig.

52. GARNAAL-EN-AARBEIE-RYSSLAAI: 750 ml gaar rys 250 g gaar garnale, uitgedop en ruggraat verwyder 200 ml tafelseldery, in dun skyfies gesny 175 ml mayonnaise 125 ml aarbei jogurt 10 ml vars suurlemoensap 5 ml droë mosterdpoeier sout en swartpeper na smaak 375 ml vars aarbeie, gehalveer vars slaaiblare Meng die rys, garnale en seldery in ´n bak. Meng die mayonnaise, joghurt, suurlemoensap en geurmiddels saam in ´n ander bak. Voeg die mayonnaisemengsel by die rysmengsel. Meng goed. Vou die aarbeie liggies in. Voer ´n slaaibak of individuele bordjies met slaaiblare uit. Skep die rysslaai bo-op.

53. HEERLIKE KOOLSLAAI 750 ml fyngekapte, rou kopkool 1 appel, geskil en grof gerasper 1 groot wortel, geskil en grof gerasper 5 ml gedroogde basieliekruid 125 ml gekapte okkerneute 125 ml korente 125 ml vars lemoensap 30 ml dik room 5 ml strooisuiker (opsioneel) sout en swartpeper na smaak Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room. Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig. Skep in 'n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

Page 16: 101 Slaaie vir kersfees

16

54 PIKANTE KOESKOESSLAAI: 375ml koeskoes 250ml kookwater 125ml wit wyn sout en vars gemaalde swartpeper 2 rooi soetrissies, fyn gekap 2 rooi uie, fyn gekap 20g platblaarpietersielie, fyn gekap 20g vars kruisement, fyn gekap 60ml olyfolie sap van 1 groot suurlemoen Plaas koeskoes in ‘n groot bak. Verhit die kookwater en wit wyn saam tot kookpunt en giet oor die koeskoes. Laat staan tot al die vloeistof geabsorbeer is. Vlok met ‘n vurk. Mikrogolf 2 minute en vlol weer met ‘n vurk tot donsig en korrelrig. Geur met sout en peper en voeg die groente en kruie by. Klits die olyfolie en suurlemoensap saam en giet oor die slaai. Meng deur en laat staan ongeveer 1 uur sodat die geure kan ontwikkel. Lewer 6-8 porsies.

55 NEUTERIGE BRUINRYSSLAAI: 250ml rou bruinrys 600ml water 80ml olyfolie 250g bruin sampioene, in skyfies gesny 2 knoffelhuisies, gekneus 1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny 5ml roosmaryn sout en varsgemaalde swartpeper 1 bossie sprietuie, fyngekap 60ml vars pietersielie, fyngekap 30ml suurlemoensap 30ml sojasous 5ml bruinsuiker 250ml boontjiespruite 1 groot wortel, grof gerasper 60ml sonneblomsaad, gerooster 125ml pekanneute, grof gekap Kook rys tot gaar. Verhit olie intussen in ‘n groot braaipan en soteer sampioene, knoffel, soetrissie en roosmaryn totdat sampioene begin bruin word. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verwyder van hitte. Roer sprietuie, pietersielie, suurlemoensap, sojasous en suiker by en plaas eenkant om af te koel. Keer warm rys uit in mengbak en roer sampioenmengsel dadelik by. Voeg boontjiespruite, wortel,sonneblomsaad en pekanneute by. Laat afkoel en sit voor.

56. WARM BEET IN LEMOENSOUS: 800g beet, stingels afgesny & skoongewas 1 kaneelstok 30ml vars suurlemoensap 5ml gerasperde suurlemoenskil 45ml sagte bruinsuiker sout na smaak 10ml mielieblom aangemaak met ‘n bietjie water Kook de beet sag in ‘n bietjie water. Dreineer goed en trek die skille af. Hou eenkant. Meng die res van die bestanddele buiten die mielieblom en bring tot kookpunt. Prut 5 minute lank. Voeg die mielieblom by en prut tot verdik. Giet oor die beet en verhit weer. Dien warm op. Lewer 4-6 porsies.

57. SAMPIOENSLAAI: 400g knopie sampioene(gesny) 6 hardgekookte eiers(opgesny) 1 klein blikkie pynappelstukke 1 koppie mayonnaise fondor suurlemoenpeper suurlemoensap Gooi fondor, suurlemoenpeper en suurlemoensap by gesnyde sampioene. Voeg opgesnyde hard gekookte eiers en pynappelstukke by en meng saam met die mayonnaise. Bedien so gou moontlik.

Die kombuis is ‘n wêreld wat wag op ontdekkingsreise – G. De La Reyniere

Page 17: 101 Slaaie vir kersfees

17

58. NOEDEL EN SOETRISSIESLAAI: 750 ml gaar skulpienoedels 1 uie gekap 1 rooi soetrissie, ontpit en gekap 1 groen soetrissie, ontpit en gekap 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny 125 ml pitlose rosyne 410 g appelkooshelftes, gedreineer, gehalveer 250 ml mayonnaise 25 ml blatjang 5 ml fyn gemmer 5 ml kerriepoeier Meng die noedels, ui, soetrissies, pynappel, rosyne en appelkooskwarte. Meng die mayonnaise, blatjang, fyn gemmer en kerriepoeier en roer liggies by die noedelmengsel. Lewer 8-10 porsies.

59. KNOFFELAARTAPPELSLAAI MET ANSJOVIS-SLAAISOUS:

60 ml botter gesmelt 3 knoffelhuisies, gekneus 5 ml droë pietersielie 500 g jong aartappels 40 g Parmesaanse kaas, gerasper 125 g continental-slaai 60 g salami, in blokkies gesny ½ avokado, in blokkies gesny 6 kersietamaties, gehalveer Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondpan. Meng die botter, knoffel en pietersielie saam. Halveer die aartappels en plaas dit in die oondpan. Bedruip die aartappels met die knoffelbotter en bak vir 40 minute of tot gaar. Laat die knoffelaartappels effens afkoel. Plaas al die bestanddele vir die slaai in 'n slaaibak en meng liggies met twee vurke. Ansjovis-slaaisous 75 ml room 45 ml mayonnaise 4 ansjovis-filette gedreineer 1 eier, sag gekook Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad. Giet die slaaisous bo-oor en bedien slaai as 'n ligte maaltyd

60. KOPERPENNIE WORTELSLAAI: 1 kg wortels, in skyfies gesny 2 middelslag uie, in ringe gesny 1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny 1 pakkie tamatiesop 250 ml water sout en peper na smaak 200 ml wit asyn 125 ml kookolie 250 ml suiker 10 ml Worcestershire-sous 7 ml mosterd Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word. Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak. Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute. Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop. Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.

60. ERTJIESLAAI: 1 x blik ertjies 1 x blik botterbone (die wit groot bone) 1 x medium ui 1 x medium green pepper ¾ koppie mayonaise ½ koppie gedroogte sultanas 2 x piesangs geblikte perskes - fyn opgesny ¼ koppie kondensmelk 5ml mosterdpoeier opgelos in 10ml asyn sout en suurlemoen pepper na smaak Kap die ui en green pepper fyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam.

Page 18: 101 Slaaie vir kersfees

18

62. HOENDER EN VRUGTESLAAI MET GROENRISSIE EN KOLJANDER:

800g gaar oorskiet-hoender, in stukkies gesny 2 nektariens, ontpit en in wiggies, gesny 2 geelperskes, ontpit en in stukkies gesny ½ spanspek, ontpit, geskil en in blokkies gesny 1 blik mango’s gedreineer en kleiner gesny 2 groen brandrissies, fyn gekap 25g vars koljanderblare, fyn gekap SLAAISOUS: 30ml mayonnaise 60ml suurroom sout en vars gemaalde swartpeper 15ml komynsaad, gerooster (opsioneel) Meng die hoenderstukkies, vrugte, rissies en vars koljanderblare. Klits die mayonnaise en suurroom saam en klam die slaai liggies aan. Geur goed met sout en vars gemaalde peper en besprinkel met geroosterde komynsaad. Bedien 6 mense. Jy kan enige vrugte van jou keuse gebruik, bv. Vye, mango of pere.

63. UIE EN BOTTERSKORSIE SLAAI: 2 botterskorsies, geskil, in dik skywe gesny 30ml olyfolie 100g okkerneute 12 klein uitjies, geskil en middeldeur gesny sout en varsgemaalde swartpeper 50g botter 50g parmesaankaas, met ‘n groenteskiller roketblare in krulle gesny Sit die botterskorsie op ‘n groot bakplaat sonder dat dit aan mekaar raak. Sprinkel olyfolie oor en rooster aan albei kante tot gaar en goudbruin. Voeg die neute na 10 minute by en rooster tot bruin. Geur met sout en peper en hou eenkant. Sit die botter en uie in ‘n groot pan en laat dit by lae temperatuur karamelliseer. Voeg by die skorsie en neute. Skep mengsel in ‘n mooi opdienbord. Garneer met roketblare en parmesaankrulle. Vir afwisseling kan pampoen of beet gebruik word. Lewer 6 porsies.

Om Ander Lief Te Hê Beteken iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie

Om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel

Om ander mense dit wat hulle het of kry, te gun sonder om lelik te wees as jy dit nie het nie

Om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie Om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter

as ander mense is nie Om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat

ander nie ongemaklik saam met jou voel nie Om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie

Om nie sommer vir niks kwaad te word nie Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen

te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie

Page 19: 101 Slaaie vir kersfees

19

64. LEMOENSLAAI: 2 groot lemoene, gehalveer ½ groen appel, in blokkies gesny 1 seldery stingel, in ringe gesny 50 ml gekapte pekanneute ‘n paar slaaiblare, gekap SLAAISOUS: 100ml natuurlike jogurt 100ml mayonnaise 1ml gerasperde lemoenskil 5ml heuning sout en peper Skil lemoene versigtig en sny in blokkies. Meng die lemoenblokkies, appelblokkies en selderyringe, gekapte blaarslaai en pekanneute met die sous. Lewer 4 porsies.

65. VY – EN – ROKETSLAAI: ‘n Heerlike kombinasie! 8 vars vye, in kwarte gesny 125g roket 180g sagte bokmelkkaas in skyfies gesny 8 skyfies Parma-ham (moenie bekommerd wees as dit breek nie) BASILIEKRUID-VINAIGRETTE: ½ knoffelhuisie gekneus 45ml gekapte dennepitte ‘n handvol vars basiliekruidblare, geskeur 90ml olyfolie 45ml balsamiese asyn sout en varsgemaalde swartpeper na smaak Plaas vye vir 2 uur in die yskas. Dit maak dit fermer en makliker om in skyfies te sny. Plaas roket en Parmaham in ‘n mengbak. Sny vye in oorlangse skyfies. Berei slaaisous deur al die bestanddele saam te meng. Giet bo-oor die roket, Parmaham en vye in mengbak en meng liggies deur. Rangskik slaai op ‘n opdienbord. Druk skyfies bokmelkkaas tussen in en sit voor. Lewer 4 porsies. NOTA: Vervang die vye deur die soetste hanepoot-druiwekorrels ( sowat 375ml). Halveer die druiwekorrels voordat jy dit meng met die res van die slaaibestanddele.

66. WARM AARTAPPEL EN MOSSELSLAAI: 500g baba aartappeltjies, skoon gewas 400g bevrore mossels, sonder skulpe 30g jong spinasie of roketblare SLAAISOUS: 125ml olyf- of sonneblomolie 125ml room 5ml gerasperde suurlemoenskil 25ml vars suurlemoensap 5ml suiker 12.5ml vars tiemie sout en peper na smaak Kook die aartappeltjies in soutwater tot sag. Dreineer en hou warm. Kook mossels vir 4 minute in soutwater. Dreineer en druk versigtig droog met kombuispapier. Sit al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n mengbak en klop deeglik met ‘n draadklitser. Sny die baba aartappeltjies in helftes en sit saam met die mossels en spinasie in ‘n slaaibak. Gooi die slaaisous oor en meng versigtig. Sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

As jy geestelike besittings nalaat, kan niemand dit deurbring hemel toe nie.

Page 20: 101 Slaaie vir kersfees

20

67. PYNAPPEL EN SPRUITSLAAI: 200g boontjiespruite 175g gaar hoender, in blokkies, gesny 1 blik pynappelstukkies, gedreineer 1 blik mandaryn skyfies, gedreineer 2 sprietuie, gekap 50g haselneute, vir garnering SLAAISOUS: 1 knoffelhuisie, fyngedruk 15ml heuning 15ml heelkorrelmosterd 25ml suurlemoensap 60ml olyfolie Meng al die slaaibestanddele buiten die haselneute. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die slaai. Voeg die haselneute by en meng liggies deur. Lewer 4-6 porsies.

68. BEET EN KEKERERTJIESLAAI: 12 bete, gaar, afgekoel en geskil 410g blik kekerertjies ‘n sakkie baba spinasieblare ‘n sakkie gemengde slaaiblare 400g feta, in blokkies gesny 24 swart olywe 225g dun groenboontjies, skoongemaak 250g baba-tamaties, gehalveer geblansjeer SLAAISOUS: 80ml balsamiese asyn vars gemaalde swartpeper 40ml heelkorrelmosterd Sny die beet in wiggies. Meng die res van die bestanddele liggies, skep dit op ‘n groot vlak skottel en sit die beetwiggies bo-op. Klop die sousbestanddele saam en drup dit oor die slaai wanneer jy dit voorsit. ‘n Kleurryke slaai met ‘n besonderse smaak.

69. SALMSLAAI: 250g gaar salm 15 kersietamaties, gehalveer 1 bossie grasuie, gekap ½ blikkie van 410g pitmielies, gedreineer 45ml Franse slaaisous 125ml mayonnaise ½ suurlemoen se skil, fyn gerasper + sap 30ml gekapte pietersielie 12 klein aartappeltjies, gekook en gehalveer Verwyder die vel, vlok die salm en meng met die tamaties, grasuie, pitmielies en slaaisous. Laat eenkant. Geur die mayonnaise met suurlemoenskil en sap, voeg die pietersielie by en meng met die salm en aartappeltjies. NOTA: Die salm kan met ‘n blikkie salm of tuna vervang word.

‘n Etenstafel is al plek waar die eerste uur nie vervelig is nie. – Brillat- Savarin

Page 21: 101 Slaaie vir kersfees

21

70. FRIKKADELSLAAI: Frikadelle: 500 g maer maalvleis 1 sny brood, geweek in 100 ml melk 1 klein ui, fyn gekap 5 ml sout varsgemaalde swartpeper na smaak 1 ml fyn naeltjies 30 ml wynasyn 50 ml gekapte pietersielie.

Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met 'n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op 'n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.

Slaai: 1 krop botterslaai ½ Engelse komkommer, in skywe gesny 425 g-blikkie klein mielies, gedreineer 150 g swart druiwe 10 kersietamaties 30 ml gekapte pietersielie.

Pak blaarslaai op 'n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

71. GEBAKTE AARTAPPELSLAAI: 30ml botter 30ml meelblom 310ml melk sout vars gemaalde swartpeper 125ml mayonnaise 6 medium aartappels (geskil en sag gekook) Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak van 20 cm met kleefwerende kossproei. Smelt die botter in ‘n pan. Voeg die koekmeelblom by en roer tot glad. Voeg die melk geleidelik by en roer aanhoudend tot die sous kook en verdik. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder van die hitte en roer mayonnaise by. Sny die aartappels in skywe en plaas in die gesmeerde oondbak. Giet die sous oor die a

72. GEROOSTERDE GROENBOONTJIESLAAI: 500g groenboontjies, puntjies afgesny 30ml olyfolie SLAAISOUS: 80ml vars lemoensap gerasperde skil van een lemoen 15ml suurlemoensap 1 knoffelhuisie gekneus 1x2,5cm vars gemmer, geskil, fyngekap 5 ml sojasous sout en vars gemaalde swartpeper na smaak ‘n bossie sprietuie, gekap 45-60ml heel amandels, gerooster, gekap 1. Voorverhit die oond tot 220C. Rangskik boontjies in ‘n enkellaag in ‘n vuurvaste oondbak. 2. Drup olyfolie oor en rol groenboontjies in olie sodat hulle heeltemal bedek is. 3. Rooster vir 10 minute of tot brossag. Verwyder van bakplaat en plaas in ‘n mengbak. BEREI DIE SLAAISOUS: 1. Meng al die bestanddele behalwe die sprietuie en amandels en klits tot goed gemeng. 2. Giet slaaisous oor groenboontjies en meng deur. 3. Skep op ‘n opdienbord of in ‘n slaaibak en sprinkel sprietuie en amandels oor. Sit voor.

As mans 60 word, tree hulle af. Vrouens hou aan met kook. – Gail Sheehy

Page 22: 101 Slaaie vir kersfees

22

73. GESONDHEIDSSLAAI: SLAAISOUS: 125olyfolie 30ml sojasous 45ml suurlemoensap 30ml heuning vars gemaalde peper na smaak SLAAI: 250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek 250ml rou lensies in koue water vir 2 ure 60ml sultanas 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny 2 seldery stingels, in skyfies gesny ‘n bossie sprietuie, gesny 250ml pekanneute, gekap 375ml vars spinasie, fyngekap

BEREI DIE SLAAISOUS: Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en plaas eenkant. Proe en pas aan indien nodig.

BEREI DIE SLAAI:

Dreineer stampkoring en plaas in ‘n kastrol. Bedek met 750ml koue water en voeg sout by. Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag. Dreineer. Kook lensies in ‘n aparte kastrol in soutwater vir 40 minute of tot sag. Dreineer. Meng stampmielies en lensies in ‘n groot mengbak en meng met slaaisous. Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke. Laat heeltemal afkoel. Plaas in yskas tot benodig. Bedien teen kamertemperatuur.

74. GESTOLDE BEETSLAAI: 3 bete 80g braamjelliepoeier 25ml asyn sout en peper na smaak slaaiblare en mayonnaise vir garnering

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is. Dreineer dit, maar behou 375ml van die water waarin die beet gekook is. Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou dit eenkant. Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol. Vryf intussen die beetskille af en rasper die beet. Roer die beet by die jellie wanneer dit begin stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm. Verkoel dit totdat dit gestol het. Ontvorm dit op slaaiblare en garneer dit mayonnaise.

75. GROENTESLAAI: 500 g bevrore groentemengsel, bestaande uit groenbone, murgpampoentjies en broccoli, OF bevrore gemengde groente met wortels, broccoli, groenbone, ertjies en blomkool 200 g vars blomkool, in blommetjies gebreek Sous: 200 ml bruinsuiker 200 ml druiweasyn 175 ml olie 10 ml mosterdpoeier sout en swartpeper ½kop blaarslaai, in blare gebreek ½ Engelse komkommer, in skyfies gesny 1 ui, fyn gekap uieringe en soetrissierepies (opsioneel) Kook die bevrore groentemengsel in 'n klein bietjie kokende soutwater tot sag, maar nog bros en ferm. Dreineer baie goed en plaas in 'n plastiekbak met 'n deksel wat dig sluit. Meng die bruin suiker, druiwe asyn, olie en mosterdpoeier goed saam en geur goed met sout en peper. Giet oor die warm groentemengsel, bedek en laat staan tot heeltemal afgekoel, liefs 4 uur lank. Keer die bak een keer tydens die staantyd om sodat die boonste groente ook in die sous kan lê. Voer 'n mooi glasbak net voor opdiening met slaaiblare uit. Meng die komkommerskyfies en fyn gekapte ui by die groentemengsel in en skep op die blaarslaai. Genoeg vir 6 mense.

Page 23: 101 Slaaie vir kersfees

23

76. HAWAISE HAMSLAAI: 250g rys 12.5ml asyn 37.5ml kookolie halwe komkommer, gekap 125g fyn pynapppel 50ml ertjies, soetrissies of groenbone sout en peper 250g maer ham of weense worsies Kook rys soos gewoonlik. Gooi die olie, asyn, en geurmiddels in bak, voeg rys by en laat staan om heeltemal koud te word. Kap die vleis en voeg die pynappel en enige van die genoemde groente by. Indien verkies kan dit liggies in ‘n vorm gedruk word en uitgekeer word.

77. HEERLIKE SLAAI: 1 klein slaaikop goed afgewas 4-6 ekstra groot eiers 100ml dun room 30-50ml suiker 15 ml wit druiwe asyn sout peper Sny die slaaikop in dun repe. Rangskik onder in ‘n diep slaaibak. Kook die eiers hard, dop af en kap dit fyn op. Sprinkel oor die slaaiblare. Meng die room, suiker en asyn. Geur na smaak met sout en peper. Giet die slaaisous net voor opdiening oor ander word die blare pap. Lewer 4 porsies.

78. GESTOLDE WORTELSLAAI: 1 medium blik 'crushed' pynappelstukke 4 koppies gerasperde wortels 1 pakkie pynappeljellie 15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water) halwe teelepel sout kwart koppie suiker 2 teelepels suurlemoensap 1 blik nestle room, geklop Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

79. KORINGSLAAI MET ‘N VERSKIL: 3 koppies koring gekook 1½ koppies ingemakte geel perskes gekap 1½ koppie vars pynappel gekap 1 koppie fyn gekapte selery ½ koppie fyn gekapte groenrissie ¼ koppie fyn gekapte ui 3 eetlepels gekapte pietersielie ½ koppie rosyne ½ koppie sonneblomsaad Meng ("toss") alles saam sous 125ml sonneblomolie 10ml suurlemoensap 5ml kerriepoeier + ½ t borrie 5ml sojasous of 'worcester' sous 10ml heuning Meng bestanddele en gooi oor slaai

‘n Vrou se berou is soos ‘n donderstorm – Kort en geweldig.

Page 24: 101 Slaaie vir kersfees

24

80. SOMER HOENDERSLAAI Let wel: Hierdie resep lewer slegs 2 porsies. Pas dus die hoeveelhede aan. 1 avokado, in blokkies gesny 2 wortels, julienne gesny 2 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny 100 ml croutons 75 g sampioene, in skywe gesny 1 selderystingel, in skywe gesny 1/2 pak kontinentale slaai met kruie balsamiese asyn vir slaaisous Meng al die bestanddele saam in 'n slaaibak. Gooi slaaisous kort voor bediening oor.

81. BROODSLAAI (Die maklike een) sny brood in dik snye en dan in blokkies sny kaas van jou keuse in blokkies gebraaide spekvleis in stukkies gekap gelyke mates kondensmelk en mayonnaise olie vir diepbraai gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)

Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise mengsel ‘n halfuur voor opdiening by.

82. ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI: 155 g aspersies 1 eetlepel volgraanmosterd 60 ml lemoensap 1 rooi soetrissie, in repies gesny 1 eetlepel lemoenskil 2 teelepels suurlemoenskil 2 teelepels lemmetjieskil 2 huisies knoffel, gekneus 60 ml heuning 400 g knopiesampioene, gehalveer 150 g rocket-blare Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur. Plaas in 'n pot kookwater en kook vir 'n minuut of tot net sag. Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in 'n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte. Voeg sampioene by en roer vir twee minute. Ver- wyder die sampioene uit die sous. Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Prut vir sowat vyf minute of totdat die sous stroperig word. Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.

83. NOEDEL & GEROOKTE HOENDER SLAAI: 4 gerookte gaar hoenderborsies 3 koppies gaar noedels skroewe of skulpies ½ koppie pekanneute 1 stingel seldery 1 pynappel in blokkies 1 wiel feta kaas Sous 250ml mayonaise ½ koppie suur room melk of franse slaaisous om te verdun. Meng die slaaisous die vorige aand. Meng met die noedels en laat staan oornag in yskas. Meng die ander bestanddele by net voor opdiening.

Nouvelle cuisine beteken te min op jou bord, en te veel op jou rekening-

Paul Bocuse

Page 25: 101 Slaaie vir kersfees

25

84. CANNELONI-MET HAM EN SPINASIE- SLAAI: 250g CANNELONI 10ml olyfolie 500ml spinasie, stingels verwyder, blare gekap 125g gekookte ham, in skyfies gesny; 2 preie, in ringe gesny 100g feta-kaas, in blokkies gesny. Slaaisous: 1 knoffelhuisie, gekneus sout na smaak 30ml olyfolie 15ml vars suurlemoensap; 175ml natuurlike jogurt 1ml mosterdpoeier; 3ml gedroogde, gemengde kruie gemaalde swartpeper. Kook CANNELONI volgens aanwysings op pakkie. Dreineer in vergiettes en voeg 10ml olyfolie by. Meng en laat afkoel. Meng die CANNELONI, spinasie, ham en preie en plaas in opdienbak. Sprinkel fetakaas blokkies bo-oor. Sous: Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Giet oor slaai en sit dadelik voor.

85. HOENDERSLAAI MET MANGO EN GEMMER MAYONNAISE: 6 hoenderborsie filette 250ml wit wyn 250ml hoenderaftreksel 2ml swart peperkorrels 3 lourierblare bossie gemengde kruie 2 selderystingels, gekap 45ml pietersielie, gekap 3 groot mango's, geskil en gesny. Gemmer mayonnaise 200ml mayonnaise 200ml suurroom 1 suurlemoenskil, gerasper 30ml suurlemoensap; 10ml heuning 1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper sout en peper na smaak. Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel. Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourier blare. Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmer mayonnaise.

86. INDIESE RYSSLAAI: 500ml gaar rys 1 ui, geskil en fyngekap 25ml blatjang 1 klein blikkie perskes, gedreineer in blokkies 125ml kondensmelk 37.5 ml suurlemoensap 12,5ml kerriepoeier (matig) 250ml mayonnaise sout Meng kerriepoeier en suurlemoensap. Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur. Laat staan oornag in yskas en dien op.

87. ITALIAANSE PASTASLAAI: 300 g macaroni 15 ml olyfolie 6 snye pastrami, in dun repe gesny 50 g grondboontjies, gerooster 125 ml gevulde olywe 60 ml gekoopte pesto-sous 125 ml mayonnaise varsgemaalde swartpeper

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng die pasta liggies met die olie. Plaas die pastrami, grondboontjies, olywe en pasta in 'n slaaibak

Page 26: 101 Slaaie vir kersfees

26

en meng liggies deur. Meng die pesto en mayonnaise saam, giet oor die pasta slaai, geur met varsgemaalde swartpeper. Bedek met kleefplastiek, plaas vir 'n paar uur in die yskas.

88. GEMARINEERDE MURGPAMPOENTJIESLAAI: (5-6 porsies) 'n Heerlike slaai wat verbeter wanneer dit 'n rukkie in diue yskas gestaan het.

sowat 8 murgpampoentjies, in ringe gesny 2,5 ml gegeurde seesout 1 blik (400 g) botterbone, gedreineer 125 ml gesnyde, ontpitte calamata-olywe 6 sprietuie, dun gesny met groen lowwe

Slaaisous: 60 ml wit wyn of appelasyn 1 knoffelhuisie, gekneus 2,5 ml gemengde kruie 60 ml olie

Garnering: 30 ml Parmesaanse kaas, gerasper 1 botterslaai

Sout die murgpampoentjies en laat staan 'n halfuur in 'n vergiettes om oortollige water te dreineer. Meng die slaaisousbestanddele. Meng slaaibestanddele liggies met slaaisous. Marineer 'n paar uur lank bedek in die koelkas. Om voor te sit: Skep slaai op die botterslaai en sprinkel Parmesaanse kaas oor.

89. CHINESE KOMKOMMERSLAAI: ½ komkommer, geskil en in dun skywe gesny 5 ml witasyn 30 ml water 5 ml suiker 2 sprietuie, fyngekap 1 klein wortel, geskil en gerasper

1. Rangskik die komkommerskywe in 'n mooi plat opdienbak. 2. Meng die asyn, water, suiker, sprietuie en wortels en giet oor die slaai. 3. Sit die slaai voor saam met die warm speseryagtige visballetjies.

90. AVOKADO EN KIWI SAMBAL-SLAAI: (4 porsies) 2 ryp kiwivrugte, geskil en in blokkies gesny 4 sprietuie, fyn gekerf 2 ryp tamaties, in blokkies gesny 1 brandrissie, fyn gekerf 30 ml suurlemoensap 1 ryp avokado, geskil en in blokkies gesny gegeurde seesout na smaak Meng al die bestanddele liggies saam en sit voor.

91. AVOKADO EN AARTAPPELSLAAI: 600 g middelslag aartappels, gewas 60 ml Franse slaaisous 1 klein ryp avokado sap en gerasperde skil van een 3 ml sout suurlemoen varsgemaalde swartpeper 1 knoffelhuisie, gekneus en fyngekap 5 ml suiker 50 ml room of melk 25 ml gekapte grasuie 15 ml gekapte, vars pietersielie Bedek die aartappels met net genoeg water. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut totdat die aartappels net sag is. Dreineer en gooi koue water bo-oor (dit vergemaklik die aftrek van die skil). Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die Franse slaaisous terwyl die aartappels nog warm is. Halveer die avokado, verwyder die pit en skep die vleis uit. Plaas die avokado met die suurlemoensap, -skil, sout, peper, knoffel, suiker en room of melk in 'n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad (gebruik 'n vurk indien 'n voedselverwerker nie beskikbaar is nie). Voeg die grasuie en pietersielie daarby. Die sous kan met ekstra room of melk verdun word. Meng die sous liggies met die aartappel blokkies, skep in 'n mooi glasbak en bedien koud.

Page 27: 101 Slaaie vir kersfees

27

92. MAYONNAISE BEETVORM: 80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier 250ml kookwater 400g ingemaakte beet 200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk pietersielie vir garnering Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.

93. KRAAKVARS KOOL EN APPELSLAAI: NB. Resep slegs vir 2-3 porsies ½ koolkop, geweas en gesnipper 2 Granny-Smith appels, grof gerasper 1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gekap SLAAISOUS: 100ml olie 75ml koue water 75ml suurlemoensap 45ml sagte bruinsuiker 5ml sout na smaak 8ml karwysaad Meng die kool, appels en soetrissie met ‘n slaailepel en –vurk in ‘n slaaibak. Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ‘n draadklitser in ‘n glasbakkie. Giet die slaaisous oor die slaai en meng alles goed saam. Strooi die karwysaad bo-oor en meng dit.

94. MAKLIKE UIESLAAI: 500-750g skoongemaakte uitjies 100ml kondensmelk 5ml mosterdpoeier 100ml tamatiesous 100ml witasyn Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor. Lewer 4-6 porsies

95. HEERLIKE MENGELSLAAI: 4 slaaiblare 1 klein komkommer, in blokkies gesny 2 skywe pynappel, in blokkies gesny 1 appel, in blokkies gesny 125ml gaar ertjies 3 dadels, in stukkies gesny 1 ui, gekap 250ml mayonnaise

Laat week die slaaiblare 10 minute lank in soutwater. Dreineer dit. Meng die res van die bestanddele liggies. Skep die slaaimengsel op die slaaiblare.

‘n Suksesvolle huwelik beteken nie dat jy die suksesvolle huweliksmaat moet vind nie,

maar dat jy die regte huweliksmaat moet wees.

Page 28: 101 Slaaie vir kersfees

28

96. NOEDEL EN SULTANA SLAAI: 500g skulpnoedels 410g (1blik) perskeskywe 125ml mayonnaise 25ml matige kerriepoeier 250ml Cheddarkaas, in blokkies gesny 1 ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap 250ml gebleikte sultanas

Kook die noedels volgens die aanwyssings op die pakkie tot net gaar maar nie pap nie. Spoel die gaar noedels onder lopende water af en laat dit goed dreineer. Dreineer die perskeskywe en behou die stroop. Sny die perskeskywe kleiner. Meng die perskestroop, mayonnaise en kerriepoeier tot glad. Meng die noedels, perskestukkies, perskestroopmengsel, kaas, ui, soetrissie en sultanas liggies. Verkoel die slaai voor opdiening.

97. RISSIE EN BILTONG-PASTASLAAI: 250g vlinder of skroef pasta 1 bossie sprietuie, in skyfies gesny julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels 1 groot lemoen, geskil & in segmente verdeel 1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny 150g gesnyde beesbiltong 50ml vars gekapte pietersielie 5ml speserye vir slaai 100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie slaaisous Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak. Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur. Sprinkel die oorblywende sous oor. Lewer 4-6 porsies.

98. BEET EN PEKANNEUT SLAAI: 3 groot, gaar bete in blokkies gesny 1 groot ui, fyn gekap 1 groot groen appel, met skil in blokkies gesny 50g pekanneute, gekap 150ml gekoopte vinaigrette-slaaisous 1 klein blaarslaai, fyn gesny ‘n paar heel pekanneute vir garnering Meng die beet, ui, appel en neute in ‘n mengbak. Plaas die blaarslaai op ‘n opdienbord, skep die beetmengsel mooi bo-op en drup die slaaisous oor. Garneer met gekapte neute. Lewer 4-6 porsies.

99. KIWIVRUG EN DRUIWESLAAI MET KASJOENEUTE:

‘n paar slaaiblare 2 kiwivrugte, geskil en gesny 2 lemoene in segmente verdeel 125ml groen pitlose druiwe 1 klein groen soetrissie, ontpit, in blokkies gesny 4 radyse, dun gesny 100g sampioene, dun gesny ¼ Engelse komkommer, gesny gekoopte olievrye vinaigrette, na smaak 60ml kasjoeneute Rangskik die slaaiblare op ‘n slaaibord. Meng die res van die vrugte en groente liggies saam met die vinaigrette totdat die vrugte en groente na smaak bedek is met die sous. Rangskik mooi bo-op die slaaiblare en strooi neute bo-oor. Lewer 4 porsies.

Sommige mense word net nooit groot nie, hulle word net oud. Baie vrouens het ‘n

tiener man, en baie geduldige mans het ‘n kinderbruid met plooie.

Page 29: 101 Slaaie vir kersfees

29

100. SOET-SUUR BOONTJIESLAAI: 410g botterboontjies 60ml gebleikte sultanas 410g pynappelstukke in natuurlike sap 50ml sagte bruinsuiker 50ml asyn 20ml mielieblom gemeng met bietjie water Plaas ongedreineerde boontjies, pynappelstukkies, sultanas, suiker en asyn in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt. Verdik met mielieblom en kook vir 1 minuut. Laat heeltemal afkoel en bedien. Hierdie slaai kan vir tot 3 dae in die yskas gebêre word. Lewer 6-8 porsies.

101. BEET IN ROOMSOUS: 1kg rou bete 2 repe spekvleis, gesnipper 15ml kookolie 2 middelslag uie, gekap 100ml koekmeelblom 500ml vleisaftreksel knypie fyn kruienaeltjies knypie fyn kaneel sout en peper na smaak 125ml vars room sap van ½ suurlemoen 5ml suiker gekapte uiegras Kook bete in soutwater tot sag. Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is. Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte. Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker. Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut. Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor. Sit dadelik voor.

‘n Paar idees vir Kersdag. Ekstra. Net om BAIE DANKIE te sê vir jou ondersteuning!

Page 30: 101 Slaaie vir kersfees

30

VARKBOUD MET APPELS: 2-2.3kg varkboud, ontbeen 1 knoffelhuisie, in skywe gesny vars gekapte salie sout 2 rooi appels 30ml botter 30ml suiker 15ml koekmeelblom 300ml droë appelwyn (cider) 1. Voorverhit die oond tot 220C. 2. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. 3. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. 4. Plaas in die oond en rooster 10 minute lank. 5. Verlaag hitte na 190C en bak 20 minute per 450g plus nog 10 minute. 6. Ontkern die appels en sny in skywe. 7. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. 8. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. 9. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit

tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. 10. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

LAMSBOUD MET KARRINGMELK MARINADE:

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny 125 ml karringmelk 10 ml gegeurde seesout 2,5 ml gemaalde swartpeper Bedruipsous: 100 g gesmelte botter 2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk 2,5 ml suiker sap van ½ suurlemoen Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit 'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Plaas die vleis op die rooster oor matig-warm kole. Braai 15 minute lank tot mooi bruin. Draai om met 'n braaitang.

VARKBOUD MET PERSKES: 410g perskes in stroop 225ml warm water 5ml wonderpeper 2ml fyn kaneel 1ml fyn gemmer 50ml suurlemoensap 100ml sjerrie 2 kg varkboud 5ml sout 1ml vars gemaalde swartpeper 4 kruienaeltjies Voorverhit die oond tot 160C. Dreineer die perskehelftes en behou die stroop. Meng 225ml van die stroop met die warm water en voeg die wonderpeper, kaneel, gemmer, suurlemoensap en sjerrie by. Hou eenkant. Vryf die varkboud in met die sout en peper en steekdie kruienaeltjies in die vleis in. Plaas die varkboud op die roosterrakkie van die oondroosterpan en gooi die stroopmengsel bo-oor. Oondbraai dit op die oonrak net onder die middel van die oond en bedruip dit af en toe met die stroopmengsel. Laat 30 minute per 500g vleis toe, plus nog 30 minute. Die gaarmaaktyd vir ‘n varkboud van 2kg is dus 2½ uur. Skep die gaar varkboud uit op ‘n warm dienbord, bedek dit met tinfoelie en hou dit warm. Voeg die perskehelftes by die vloeistof in die pan en verhit dit 5-10 minute lank oor matige hitte. Rangskik die perskehelftes om die varkboud, bedek dit weer en hou dit warm. Voeg nog water by die vloeistof in die pan, indien nodig, sodat daar 100ml vloeistof in die pan is .Plaas die pan op ‘n stoofplaat en verhit die vloeistof oor matige hitte. Skraap alle aanpaksels van die kante en die boom van die pan los. Verhit die vloeistof tot kookpunt en gooi dit uit in ‘n souspotjie.

Page 31: 101 Slaaie vir kersfees

31

HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD: 1.5kg varkboud 60ml rosyne 30ml roosmarynblare vars gemaalde swartpeper na smaak 125ml heuning sout na smaak 410g(1 blik) heel tamaties 180ml appelwyn of ligte witwyn Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud tot in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160C. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis . Bak nog 30 minute lank. Gooi tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.

NAGEMAAKTE WILDSBOUD: 2kg skaapboud 250g varkspek 5ml kruienaeltjies 20ml koljander, gestamp 20ml bruinsuiker 20ml sout 2.5ml peper 1ml fyn neut 250ml asyn 125ml olie of vet 125ml soetwyn Vee die vleis met ‘n klam doek af en verwyder die voorbeen. Sny die spek in lang repies omtrent 6mm dik en 5-7mm lank. Meng al die ander bestanddele goed saam. Laat die spek in ‘n mengsel van kruie en asyn lê. Stop die boud daarmee deur diep snye met ‘n mes in die boud te maak. Sit die vleis in ‘n diep skottel en gooi die orige asynmengsel daaroor. Laat dit 2-3 dae lank in die mengsel lê en draai eenmaal om. Haal die boud uit die asynmengsel, droog dit effens af en braai dit vinnig bruin in die olie of vet wat intussen warm gemaak is in ‘n groot genoeg kastrol. Moet nie die deksel opsit nie. Verminder die hitte en laat dit stadig stoom – ongeveer 2-3 uur. Voeg telkens ‘n bietjies water by wanneer dit begin braai. Draai die vleis eenmaal om terwyl dit stoom en laat dit teen die end van die gaarmaakproses bruin braai. Voeg die soetwyn by 30 minute voordat dit klaar gebraai het. Sorg dat daar nog ‘n bietjie vloeistof in die braaipot is, wanneer die wyn bygevoeg word anders sal die sous bitter smaak.

SKAAPBOUD TREFFER: 1 skaapboud (ongeveer 1,6kg) 5 knoffelhuisies (in repe gesny) 12,5ml droë tiemie 500ml karringmelk 12,5ml mielieblom (aangemaak met 1 eier (geklits) bietjie water) sout en varsgemaalde swartpeper Steek gaatjies met 'n skerppuntmes in die boud en druk 'n knoffelreep in elke gaatjie. Meng die res van bestanddele buiten die sout en peper in 'n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik. Laat goed afkoel. Plaas vleis in afgekoelde mengsel en laat 12 uur lank in die yskas staan. Voorverhit oond tot 160C. Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout en swartpeper en plaas bo-op 'n draadrakkie in 'n groot oondbak. Bak 25 minute lank per 500g plus 20 minute ekstra. Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade. Sny in skywe en dien op

A friend is someone who knows the song in your heart and can sing it back to you when you have forgotten the words.

Page 32: 101 Slaaie vir kersfees

32

GRIEKSE LAMSBOUD MET JOGURTSOUS: 1.5 kg lamsboud 3 knoffelhuisies, gekerf 50ml botter 5ml roosmaryn 3ml tiemie 12.5ml suurlemoensap sout en peper na smaak

SOUS: 250ml jogurt 2 knoffelhuisies, gekneus 10ml vars kruisement, gekap 10ml sprietui, gekap

Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.

Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur na smaak. Sit voor saam met vleis.

SMULLEKKER SKAAPBOUD: 500ml water 1 vleisekstrakblokkie 5ml uievlokkies of 1 ui gekap 10ml sout 7,5ml mosterdpoeier 10ml suiker 5ml swartpeper 7,5ml fyn gemmer 2 knoffelhuisies 2kg skaapboud 25ml meelblom 25ml olie 50ml tamatiesous 25ml worcestersous 25ml blatjang 37,5ml botter of margarien, gesmelt 10ml suiker 5ml asyn 1ml Tabascosous 10ml mielieblom Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die been in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,. Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.

ROOSMARYN LAMSBOUD: 1 lamsboud, sowat 2kg 10ml gedroogde roosmaryn sout en varsgemaalde swartpeper 45ml appeljellie 15ml suurlemoensap Vee vleis af en plaas op 'n oondrakkie in 'n oondroosterpan met vetkant na bo. Meng die roosmaryn met sout en peper na smaak. Plaas appeljellie en suurlemoensap in 'n kastrolletjie, verhit tot gesmelt en roer tot glad. Verf die vleis oral goed hiermee. Druk die kruiemengsel vas op die vleis. Rooster vleis sowat 1 uur 45 minute of tot verlangde graad van gaarheid. Die orige gesmelte appeljellie kan in die helfte van die gaarmaaktyd versigtig opgeverf word. Laat die vleis 20 minute staan voordat dit gesny word. Verwyder vleis uit bakskottel.

The best way out of a problem is through it.

Page 33: 101 Slaaie vir kersfees

33

GERRY SE HEERLIKE SKAAPBOUD: 2½ - 3kg ontbeende skaapboud sout en peper na smaak braaivleis spesery (opsioneel) fyn appelkooskonfyt (verdun met bietjie asyn) ½ tot 1 koppie room Voorverhit die oond tot 180°C. Vryf sout, peper en speserye oor boud binne en buite. Smeer konfyt oor boud binne en buite. Bind vas met tou. Plaas op foelie (foelie blink kant na binne), gooi room oor en maak toe sodat room nie uitloop nie. Sit in oondpan en bak vir ongeveer 2 ure toets en sit voor.

PIEKNIEK MUFFINS: 3 gerookte Weense worsies fyn gedruk 500 ml koekmeel 15 ml bakpoeier 2,5 ml sout 2,5 ml rooipeper 125 ml gerasperde Cheddarkaas 5 ml gesnyde pietersielie 1 groot eier (of 2 gewone eiers) 250 ml melk 45 ml olie

Maak die worsies so 5 minute warm in kookwater, dreineer en druk fyn. Meng die koekmeel, bakpoeier, sout, rooipeper, kaas en pietersielie in 'n mengbak. Gooi die fyngemaakte worsies by. Klits die eier(s) melk en olie en gooi dit by die koekmeelmengsel. Roer totdat mengsel droog is en eweredig klam. (Te veel geroer sal die muffins taai maak.) Skep die deegmengsel in kollewyntjie- of muffin-pannetjies (12) wat goed gesmeer is en bak vir 20 minute by 200 C tot goudbruin. Eet dit by ontbyt of saam met 'n braaivleis.

PIESANG PEKAN MUFFINS: 250ml volkoringmeel 125ml bruismeel 5ml koeksoda 375ml semels 200ml bruinsuiker 125ml gekapte pekan of okkerneute 2 groot piesangs, fyngedruk 125g gesmelte botter 1 eier, geklits 125ml karringmelk Voorverhit die oond tot 180C. Meng meel en koeksoda. Voeg semels, suiker en neute by. Maak ‘n holte in droë bestanddele en voeg piesangs, botter en geklitste eier en karringmelk by. Meng liggies met ‘n vurk. Skep gesmeerde muffinpannetjies driekwart vol en bak sowat 20 minute lank. Lewer 12 muffins.

RYS EN KAAS MUFFINS 2 ekstra groot eiers 125ml melk 250ml gaar rys 125ml gerasperde Cheddarkaas 250ml koekmeelblom 10ml bakpoeier 5ml sout

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit die holtes van ‘n muffinpan met kleefwerende kossproei. Sif koekmeelblom in elke holte en keer die pan om,om die die oortollige meel te verwyder. Klits die eiers en melk goed saam en voeg die gaar rys en gerasperde kaas by. Meng die droë bestanddele goed en voeg die melkmengsel by. Roer goed met ‘n draadklitser sodat geen klonte vorm nie. Vul elke muffinholte halfvol met die beslag en bak 20 minute lank of tot gaar. Lewer 14 muffins.

Page 34: 101 Slaaie vir kersfees

34

DADEL SEMEL MUFFINS 475ml volkoringmeel 475ml semels 25ml bakpoeier 2.5ml gemengde speserye 5ml sout 2 eiers 425ml afgeroomde melk 15ml olie 100ml dadels, gekap

Meng meel, semels, bakpoeier, speserye en sout saam. Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg die dadels by die droë bestanddele, daarna die eiermengsel, en meng deeglik. Vul gesmeerde muffinpannetjie met deeg en bak teen 200C vir 15- 20 minute tot bruin.

JUDY SE PAMPOEN MUFFINS: 2 koppies gaar pampoen kwart koppie bruinsuiker 1 eetlepel gesmelte botter 2 eiers ½ koppie koekvrugte (opsioneel) 1 koppie Nutty Wheat-meel 1 teelepel bakpoeier ½ teelepel kaneel ½ teelepel sout ¼ teelepel koeksoda kaneelsuiker

Meng die pampoen, suiker, botter en eiers goed saam. Roer die gemengde koekvrugte by. Voeg die meel, bakpoeier, kaneel, sout en koeksoda by, meng en skep die beslag in muffinpanne. Bak 12- 15 minute by 180 ºC tot gaar. Sit voor met kaneelsuiker.

KOFFIE MUFFINS: 375ml fyngedrukte Weet-Bix blokkies 375ml volkoringmeel 20ml bakpoeier 3ml sout 25ml suiker 200ml klapper 1 eier 100ml olie 30ml kitskoffiekorrels, opgelos 100ml rosyne in 250ml kookwater

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n muffinpannetjie of spuit met kleefwerende kossproei. Meng die fyngedrukte Weet-Bix blokkies, volkoringmeel, bakpoeier, sout, suiker en klapper saam. Klits die eier, olie en koffie saam. Giet by die droë bestand dele en meng goed. Voeg die rosyne by en meng goed deur. Skep in die holtes. Bak sowat 30 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom. Bedek met aluminium indien die muffins se bokors te donker bak en die muffins nog nie gaar is nie.

VOLGRAAN VYE MUFFINS 700ml bruismeel 125ml bruinsuiker 125g margarien, geklop 150g gedroogde *vye (250ml) 2 eiers liggies geklits 200ml melk

Sif meel en suiker saam. Vryf botter by droë bestanddele in. Voeg vye by eier en melk en voeg by. Meng liggies met ‘n vurk. Die mengsel behoort grof en klonterig te wees. Skep gesmeerde muffinpannetjie twee derdes vol en bak sowat 20 minute lank in voorverhitte oond by 180°C. of tot goudbruin bo-op. *Die vye kan deur enige soort droë vrugte vervang word.

Page 35: 101 Slaaie vir kersfees

35

LEMOEN MUFFINS: 500ml koekmeelblom 10ml bakpoeier 2ml sout 60ml suiker 175ml natuurlike jogurt 30ml heuning 2 groot eiers, geklits 60ml gesmelte botter 15ml gerasperde suurlemoenskil

Stroop: 125ml lemoensap 125ml suiker 60ml water

Voorverhit die oond tot 190C. Smeer die holtes van ‘n muffinpan. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Meng die suiker, joghurt, heuning, eiers, botter en skil. Meng die droë bestanddele by die vloeistof bestanddele en roer tot gemeng. Skep in voorbereide muffinpan en bak ongeveer 20 minute tot gaar en goudbruin.

Berei intussen die stroop: Verhit die sap, suiker en water oor lae hitte tot gesmelt. Laat opkook, verlaag die hitte en laat 5 minute lank stadig prut. Prik die gaar muffins sodra dit uit die oond kom en skep die sous oor die muffins. Laat die muffins in die pannetjie om effens af te koel, keer uit en laat verder koud word. Sit net so voor. Lewer 12 muffins.

30 DAE GESONDHEIDS MUFFINS:

4 eiers 175 ml olie 500 ml bruinsuiker 1 liter karringmelk 500 ml semels OF All Bran-vlokkies 250 g pitlose rosyne 750 ml meelblom 500 ml volkoringmeel 25 ml koeksoda 5 ml sout

Klop die eiers, olie, suiker en karringmelk baie deeglik saam met 'n elektriese handklitser of houtlepel. Voeg die semels en rosyntjies by en meng deur. Voeg die droë bestanddele by die mengsel. Bak onmiddellik of hou die rou beslag in 'n lugdigte houer in die yskas tot benodig. Skep lepelsvol in gesmeerde kolwyntjiepanne (maak die leë holtes vol water as net 'n paar muffins gebak word). Bak 20 minute lank by 200C. Die gebakte muffins kan 'n dag of twee in 'n lugdigte blik gehou word.

KAAS EN WORSIE MUFFINS: 1 groot eier 200 ml melk 250ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 2 ml mosterdpoeier 2-3 Weense worsies, in dun skyfies gesny 250ml gerasperde cheddarkaas

1. Breek eier in 'n maatbeker, klits liggkies met 'n vurk en vul met melk aan (tot 250 ml). 2. Sif die meel, bakpoeier en mosterdpoeier saam. 3. Voeg die melkmengsel by en meng tot meel aangeklam is, beslag behoort klonterig te wees. 4. Skep beslag in 'n gesmeerde muffinpan sodat holtes twee derdes vol is. 5. Bak sowat 15 minute in 'n voorverhitte oond teen 200C of tot goudbruin. Sit voor met botter.

Page 36: 101 Slaaie vir kersfees

36

10 Child Commandments To Parents

1. My hands are small; please don't expect perfection whenever I make a bed, draw a picture or throw a ball. My legs are short; please slow down so that I can keep up with

you.

2. My eyes have not seen the world as yours have; please let me explore safely. Don't restrict me unnecessarily.

3. Housework will always be there. I'm only little for a short time, please take time to

explain things to me about this wonderful world and do so willingly.

4. My feelings are tender; please be sensitive to my needs. Don't nag me all day long. ( You wouldn't want to be nagged for your inquisitiveness). Treat me as you would like to

be treated.

5. I am a special gift from God; please treasure me as God intended you to do, holding me accountable for my actions, giving me guidelines to live by and disciplining me in a

loving manner.

6. I need your encouragement to grow. Please go easy on the criticism; remember, you can criticize the things I do without criticizing me.

7. Please give me the freedom to make decisions concerning myself. Permit me to fail, so that I can learn from my mistakes. Then someday I'll be prepared to make the kinds

of decisions that life requires of me.

8. Please don't do things over for me. Somehow that makes me feel that my efforts didn't quite measure up to your expectations. I know it's hard, but please don't try to

compare me to my brother or sister.

9. Please don't be afraid to leave for a weekend together. Kids need vacations from parents, just as parents need vacations from kids. Besides, it's a great way to show us

kids that your marriage is very special.

10. Please take me to Sunday School and church regularly, setting a good example for me to follow. I enjoy learning more about God.