8
12 Februarie 2017 VANDAG SE EREDIENSTE: OGGENDDIENS 09:00 Ds. Louis Buys Skriflesing: Spreuke 1:1-9 Teksvers: Spreuke 1: 5&6 Tema: Volg jy die wyses in jou soeke na ware wysheid? __________________________ LOF- & AANBIDDINGSDIENS 17:00 Dr. Braam Krüger Skriflesing: Openbaring 3:14-22 Teksvers: Openbaring 3:15-16 Tema: Warm? Koud? Lou? Hoe lyk jou gebedslewe? ___________________________ AANDDIENS 18:30 Ds. Louis Buys Skriflesing: Eksodus 7:20-25 & Johannes 2:1-12 Teksvers: Eksodus 2:20-21 & Johannes 2:7-8 Tema: 1ste plaag: Water in bloed - lewensverderf 2de plaag: Water in wyn - lewensvernuwing Wat is ‘n nuwe lewe? HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS! KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE- DIENS IN DIE SAAL Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose. PREDIKANTE: Dr. Braam Krüger 082 459 5636 Ds Louis Buys 082 927 2034 BERIGTE: [email protected] WEBBLAD: www.gkbenoni.co.za FACEBOOK: https://www.facebook.com/ GKBenoni/ ADMINKANTOOR: Ma-Vr 08:00-14:00 Ina Bolt 011 849 2054 084 339 1136 [email protected] KOÖRDINEERDER Ronel Ritchie 011 849 6817 081 218 3048 [email protected] KNIELTYD - Ons gee om vir mekaar ONS BID VIR: Bevryding van verslawing wat gesinne uitmekaar dryf. Lidmate in die hospitaal: Bertie vd Merwe 084 210 3160 - beroerte. Maryn Janse van Vuuren (nuwe lidmaat) - rugoperasie Jenny Steyn 082 688 3925 - maagvirus Liza Marchand 082 805 3119 - depressie Lidmate wat kankerbehandeling ontvang: Hermien Venter 083 226 6916 Hanlie Buys 072 200 1155 Manie van Niekerk 083 771 8761 Ann MacKay 011 747 7265 Fanie Potgieter 082 412 9632 Pieter Kotzé 083 306 4651 GELUKWENSINGS: Cara Duvenhage 073 357 7711- Top student in Ekurhuleni vir Verbruikersstudies. 2016 Anita van Rooyen 073 172 7356 - Beste onderwyser in Ekurhuleni vir Rekenaarstudies 2016 BRIEF VAN DANK Aan almal wat die pa-& seun kamp bygewoon het. Ek wil dankie sê vir almal wat bygedra het om die kamp ‘n sukses te maak. Ek vertrou almal het dit baie geniet. Moedig asb. mede broeders aan om n volgende keer ook by te woon. Dink aan voorstelle om die pa en seun naweek te verbeter. Dink ook asb aan voorstelle om ’n pa en dogter dag of naweek te hou. Voorstelle sal baie waardeer word. Stefan Coetzee 083 785 2713

12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

12 Februarie 2017

VANDAG SE EREDIENSTE:

OGGENDDIENS 09:00

Ds. Louis Buys

Skriflesing: Spreuke 1:1-9

Teksvers: Spreuke 1: 5&6

Tema: Volg jy die wyses in jou soeke na ware

wysheid?

__________________________

LOF- & AANBIDDINGSDIENS 17:00

Dr. Braam Krüger

Skriflesing: Openbaring 3:14-22

Teksvers: Openbaring 3:15-16

Tema: Warm? Koud? Lou?

Hoe lyk jou gebedslewe?

___________________________

AANDDIENS 18:30

Ds. Louis Buys

Skriflesing: Eksodus 7:20-25 & Johannes 2:1-12

Teksvers: Eksodus 2:20-21 & Johannes 2:7-8

Tema: 1ste plaag: Water in bloed - lewensverderf

2de plaag: Water in wyn - lewensvernuwing

Wat is ‘n nuwe lewe?

HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN

BESOEKERS!

KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE-

DIENS IN DIE SAAL

Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose.

PREDIKANTE: Dr. Braam Krüger ☎ 082 459 5636

Ds Louis Buys ☎ 082 927 2034

BERIGTE: [email protected] WEBBLAD: www.gkbenoni.co.za FACEBOOK: https://www.facebook.com/GKBenoni/

ADMINKANTOOR: Ma-Vr 08:00-14:00 Ina Bolt ☎ 011 849 2054

☎ 084 339 1136

[email protected] KOÖRDINEERDER Ronel Ritchie ☎ 011 849 6817

☎ 081 218 3048

[email protected]

KNIELTYD - Ons gee om vir mekaar

ONS BID VIR:

Bevryding van verslawing wat gesinne uitmekaar dryf.

Lidmate in die hospitaal:

Bertie vd Merwe ☎ 084 210 3160 - beroerte.

Maryn Janse van Vuuren (nuwe lidmaat) - rugoperasie

Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 - maagvirus

Liza Marchand ☎ 082 805 3119 - depressie

Lidmate wat kankerbehandeling ontvang:

Hermien Venter ☎ 083 226 6916

Hanlie Buys ☎ 072 200 1155

Manie van Niekerk ☎ 083 771 8761

Ann MacKay ☎ 011 747 7265

Fanie Potgieter ☎ 082 412 9632

Pieter Kotzé ☎ 083 306 4651

GELUKWENSINGS:

Cara Duvenhage ☎ 073 357 7711- Top student in

Ekurhuleni vir Verbruikersstudies. 2016

Anita van Rooyen ☎ 073 172 7356 - Beste

onderwyser in Ekurhuleni vir Rekenaarstudies 2016

BRIEF VAN DANK

Aan almal wat die pa-& seun kamp bygewoon het. Ek wil dankie sê vir almal wat bygedra het om die kamp ‘n sukses te maak. Ek vertrou almal het dit baie geniet. Moedig asb. mede broeders aan om n volgende keer ook by te woon. Dink aan voorstelle om die pa en seun naweek te verbeter. Dink ook asb aan voorstelle om ’n pa en dogter dag of naweek te hou. Voorstelle sal baie waardeer word. Stefan Coetzee 083 785 2713

Page 2: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

2

2

VERJAARSDAE

12 - 18 Februarie 2017

Baie geluk en mag ons Vader julle ryklik seën in die

nuwe lewensjaar!

DAG NAAM KONTAK NO.

13/02 André Human # Jacob van Wyk Melani van Wyk

073 403 9691 072 592 8866

1402 Pieter Kotzé 083 306 4651

15/02 Christelle Cotton 076 090 7582

16/02 Marius du Plessis Zeenat Hector Amanda Jansen Poppie Nel Kristen Shaw Tant Jaco Sparius

082 923 2732 082 462 9116 083 548 6186 011 425 4488

17/02 Melissa Bonsma Roné Coetzer Elsie Snyman Zoë van der Westhuizen #

079 434 4374 082 467 4849

18/02 Bronwyn Salomons Henco Smit

083 965 2659 082 336 1552

(# doop-l) (* 70 ≤ 79) (** 80 ≤ 89) (*** 90≤ )

KOLLEKTES 5 Feb 2017

Diens van Barmhartigheid : R9038 Jeugfonds : R188 Bybelverspreiding : R2956 Vandag: Onder die diens: DVB By die deure: Dankbaarheidsfonds Volgende week: Emeritaatsvesorgingstrust

DAGBOEK VIR VIR DIE WEEK

DAG AKTIWITEIT KONTAK PERSOON LOKAAL

So. 12/02 08:00 - 09:00

09:00

Na oggenddiens

18:00

Gebedsuur Donsie Krüger

Peutersorg (2-4 jariges) Anneke Salomons

Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder

Katkisasie ( gr 9-11) Adri van Tonder

Ou Moederskamer

Kerkhuis - kleuterkamer

Onderskeie lokale

Onderskeie lokale

Ma. 13/02 09:30 Bybelstudie Rynpark 5 Adrie Goede Rynpark 5

Di. 14/02 09:00 Koördineringsvergadering Ronel Ritchie Konsistorie

Vr. 17/02 09:00

18:00

Bybelstudie Braam Krüger

Jeugaksie Otto Coetzer

Konsistorie

Saal & Konsistorie

Wo. 15/02 10:00

19:00

Palms - senior lidmaat byeenkoms Una Steyn

DUST—hoërskool bybelstudie Waldo Niemandt

Saal

Konsistorie

DIENSBEURTE VOORUITSIGTE

19 Feb

26 Feb

2 Maart

Nagmaal & nagmaalsete

Massa Lof-en aanbiddingsdiens

Nuwe lidmaat funksie

TEESKINK:

Vandag: Wyk A3 olv Ronel Ritchie

19 Februarie : Wyk F31 & Hannes + Riana

OUDERLING AAN DIENS:

Vandag: Hennie Coetzer

19 Februarie : Piet Bateman

GEMEENTENUUS

Lidmate wat met attestaat by ons aansluit:

Maryn Jansen van Vuuren vanaf GK Mosselbaai

Roelof, Gerda en Armand Bezuidenhout vanaf GK

Kemptonpark

Karin Kruger en dooplidmaat Danielle Kruger vanaf

NGK Benoni-Noord.

Vertrek sonder attestaat:

Braam van Reenen

Page 3: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

3

3

GEMEENTEKAMP 2017.

31 MAART – 2 APRIL

Kom kamp weer lekker saam van 31 Maart tot 2 April

2017 by Malonjeni Game Farm tussen Heidelberg en

Meyerton, waar jy jou battery kan herlaai en jou vreugde

kan terugvind.

Daar is 180 karavaan-staanplekke en ‘n verskeindenheid

chaletsbeskikbaar. Daar is ook ‘n swembad, tafeltennis,

‘n plaaswerf en stap- & fietsry paadjies.

Ons gaan Sondag ‘n erediens in die kerkie hou.

Besprekings kan direk by Malonjeni ☎ 082 309 8075 ,

of ☎ 016 424 5932 gemaak word,

Of per epos [email protected] .

Verwysing: Naam en GK Benoni

Vir meer inligting oor Malonjeni Lodge gaan kyk gerus

op hulle webwerf.

Navrae: Derik van Niekerk ☎ 063 354 9731

LEEF JOU GAWES UIT IN DIE GEMEENTE

Is jy musikaal en wil jou gawes in die gemeente uitoefen?

Die SLAK diensgroep is dringend opsoek na musikante

en/of voorsangers. Oefeninge vind elke Donderdagaand

19:00 tot 21:00 plaas as voorbereiding vir die komende

Sondag se diens. Die diensgroep beoog om twee verskil-

lende groepe te vorm, sou hulle genoeg belangstellende

vind, wat sal beteken dat die groepe kan beurte maak

met die Lof-en aanbiddingsdienste.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou musiektalent

te ontwikkel en selfvertroue te bou.

As jy belangstel om te dien in die diensgroep, of navrae

het kontak asb. Melani van Wyk ☎ 072 592 8866.

.

NUWE LIDMAAT/E

2 MAART 2017

@ 18:00

Elke termyn word daar ‘n “nuwe lidmaat funksie” gehou

waar nuwe lidmate uitgenooi word na ‘n aand van

koinonia en om inligting te bekom oor die struktuur &

bedieninge van ons gemeente.

Kontak gerus Ina Bolt ☎ 084 339 1136 vir meer inligting.

JEUGAKSIE VIR ALLE KINDERS DATUM: VRYDAG - 17 FEB. 2017

TYD: 18:00 TOT ±21:00 PLEK: GK BENONI, 24 MILES SHARP STRAAT, BENONI

TEMA: “BIG BANG???” … MET BURGERS! ‘n Christelike perspektief op God se skepping.

Ons braai burgerpatties en julle “bou” julle eie burgers. Daar sal ook ‘n springkasteel wees en ons gaan volleybal speel.

Kom deel in die pret en leer julle maats beter ken. Navrae: Otto Coetzer ☎ 083 324 1459

NAGMAALSETE

19 FEBRUARIE 2017

@11:30

Alle lidmate word vriendelik uitgenooi om Sondag, 19

Februarie ‘n heerlike middagete saam te kom geniet.

Bring asb julle eie eetgerei, glase en drinkgoed saam.

Smullekker geroosterde bees, rys, pampoenkoekies,

boereboontjies en tamatieslaai is hierdie keer op die

spyskaart. Vir nagereg sal jellie en vla bedien word.

Let asb daarop dat die ete reeds om 11:30 voorgesit sal

word.

Daar is geen vaste onkoste aan verbonde nie, maar ‘n

donasie sal waardeer word om die onkostes te help dek.

Vriendelike groete: GK Benoni susters.

Page 4: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

4

4

WERK GESOEK:

Vir enige administratiewe werk, bv. Liassering, tikwerk

ens. wat ek van die huis af kan doen, kontak my asseblief.

Ek het ook internet fasiliteite, sou dit nodig wees om per e-

pos te kommunikeer.

My kontakbesonderhede is ☎ 076 890 7430. E-pos

adres: [email protected].

Baie dankie, en geseënde week, Nerine Oosthuizen

ADVERTENSIES

BESTUURDER – RESIDENTIA WATERBERG

MODIMOLLE

Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos.

Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.

Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres: [email protected], en dui in u aansoek aan vir watter pos u aansoek doen. Die sluitingsdatum is 28 Februarie 2017. (Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Residentia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling in die pos, soos geadverteer, te maak nie.

Volledige posbeskrywing is op die kennisgewingsbord .

Page 5: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

5

5

2 VAKATURES BY PKK REDDERSBURG: UITVOERENDE HOOF en HOOF: VERSORGINGSDIENSTE (Egpaar)

President Kruger Kinderhuis Reddersburg is ‘n kinderhuis wat residensiële versorging en behandeling aan kinders verskaf deur te

voorsien in fisiese, maatskaplike, emosionele en psigologiese behoeftes en funksioneer onder toesig van die Gereformeerde Kerke van

SA.

Meelewende lidmate van Gereformeerde Kerke word genooi om aansoek te doen.

UITVOERENDE HOOF HOOF: VERSORGINGSDIENSTE

Verantwoordelikhede Beplanning en bestuur van die aktiwiteite van die

kinderhuis. Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes. Dissipline en gedragsbestuur. Skakeling met Sinodale Deputate vir Diakonale Sake

(SDDS) en Gemeentes. Skakel met skole, Staatsdepartemente en ander rolspelers. Personeelbestuur. Stel begrotings op en pas beheer toe. Finansiële beplanning. Toesig oor alle bates, voorraad en instandhouding.

Verantwoordelikhede Koördineer versorging en ondersteuning aan kinders Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes Mediese versorging: Afsprake, kontrole oor toediening en

rekordhouding van medikasie, reël gesondheidsvoorligting programme. Koördineer skoolvoorbereiding en studieroosters. Gee leiding en ondersteun versorgingspersoneel Kontrole: voedselvoorsiening , aankope en verbruikbare

voorraad. Ontvang besoekers en reël funksies.

Vereistes:

Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk

Akademies: Gegradueer.

Ervaring: Onderwys, jeugbediening of teologiese ervaring.

Vereistes:

Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk

Akademies: Gegradueer

Ervaring: Onderwys, verpleeg of maatskaplike ervaring.

Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Moet ‘n multi-disiplinêre span kan lei Goeie skakelvermoë Finansiële bestuur Goeie organisasievermoë Vaardighede in probleemoplossing / Konflikhantering Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.

Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Goeie skakelvermoë Goeie organisasievermoë Kennis van voedseldiens bestuur Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.

NAVRAE: Mnr Izak Fourie

SLUITINGSDATUM: 15 Februarie 2017

DIENSAANVAARDING: 1 Julie 2017

VOORDELE: Ruim behuising op kinderhuisterrein & Gesubsideerde Pensioenskema

OM AANSOEK TE DOEN: Faks ‘n volledige CV na 051 553 0083 of e-pos: [email protected]

Page 6: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

6

6

Vir ‘n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op vrywillige finansiële skenkings/ Donasies/ Dankoffers/ Liefdegawes/ Bydraes.

GK BENONI BANKBESONDERHEDE: BANK : ABSA TJEK REK : 220 340 333 VERWYSING : Volle Naam, Van & Doel Of SNAPSCAN:

Barmhartigheid Deur kollekte

BID SAAM MET ONS VIR ‘N JEUGWERKER

Die kerkraad het einde laasjaar ‘n besluit geneem dat ons weer ‘n voltydse jeugwerker in ons gemeente wil aanstel. Die

besluit is geneem op grond van die beginsel in die Bybel om die kinders van kleins af op te onderrig en te laat onderrig in

die Woord van God. Dit moet egter op so manier gedoen word, dat dit tred hou met die hedendaagse post-modernistiese

tyd en styl waarin ons en ons kinders leef. Jeugbediening is ‘n integrale deel van elke gemeente se

kernwerk. Dit is nie iets wat net somtyds langs die kantlyn aandag moet kry nie. Die jeug is reeds vandag se kerk.

Daarom het ons ‘n voltydse jong persoon met die nodige gawes nodig!

Die Here roep ons as hele gemeente hiermee op om:

- Eienaarskap te neem vir ons eie kinders en jongmense. Of u ‘n ouer is of nie. Hierdie is ons kernsaak en moet ons

alles in ons vermoë doen dat ons die Here se oproep aan ons hieroor kan nakom.

- Tot voortdurende langtermyn gebedstrategie dat die Here die persoon wat Hy wil, na ons toe sal stuur om ons in

hierdie roeping voorspoedig te maak.

- Dat elkeen met die nodige gawes, wat reeds in ons

gemeente is, hul gawes gewillig en met vreugde sal aanwend,sodat ons in praktyk kan oorgaan tot die spoedige

aanstelling van ‘n gepasde person vir hierdie pos.

BYBELVRAAG VIR DIE WEEK

Verlede keer 5 Februarie 2017 se antwoord:2 Kor 12:7

“ Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou weesnie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan

om my met vuiste te slaan”

Die volgende bybellesers het korrekte antwoorde ingestuur

Giel de Bruyn ; Jan Lubbe; Jan Bakker ; Una Steyn; Chrissie Pretorius; Klein de Kock; Judy Geyling

Hierdie week: Soek die Bybelvers

“ Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee,

dit wil sê “ ????? ??? ??? ??????.”

Vraag: Wat beteken die naam Boanerges?

Lees gerus Markus en noem wat beteken die bynaam Boanerges wat Jesus aan die twee dissipels gegee het en waar

bostaande vers staan en SMS dit met jou Naam en Van na 082 873 3173.

Page 7: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

7

7

DEEL 3

OP DIE DRUMPEL VAN DIE GROOT HERGEBOORTE

Met die eerste tree op ons reis terug na ons gereformeerde verlede bevind ons ons op die

drumpel van die wereld van die Renaissance. Dit beteken hergeboorte, en is gebruik om

die herlewing van die waardes van die klassieke Griekse en Romeinse beskawing aan te

dui.

Die groot hergeboorte het aan die begin van die 15e eeu in Italie begin en gedurende die

15e en 16e eeue oor die grootste dele van Wes-Europa vesprei.

Dit het plaasgevind in ‘n wereld waarin die mensdom twee groot bedreigings beleef het -

die pes wat ook bekend gestaan het as die Swart dood en die Turke. Beide het teen die

middel van die 14e eeu op die toneel verskyn.

Builepes het Europa teen ongeveer 1347 getref en binne drie jaar ‘n derde van Wes-

Europa se bevolking uitgewis. In 1354 het die Moslem-Turke ‘n wesenlike bedreiging ge-

word toe hulle Gallipoli ingeneem het en hulle opmars na Europa begin het. Hierdie

bedreiginge het die mensdom na ‘n nuwe era laat smag.

Die Renaissance het die kerk ook direk geraak en sou die teelaarde word van die reforma-

sie. Volgens oorlewering is die kerk op die drumpel van die Renaissance gekenmerk deur

nalatigheid, gebrekkige opleiding, pligversaking en losse sedes onder die geestelikes.

Hierdie toestand is deur die meeste lidmate as vanselfsprekend aanvaar.

Wat sake vererger het, is die hoe mate van amptelike goedkeuring wat hierdie

wanpraktyke geniet het. Machiavelli, ‘n bekende politieke kommentator uit die 15e eeu,

skryf byvoorbeeld dat korrupsie al meer toeneem hoe nader hy aan Rome beweeg het. In

1510, sewe jaar voor sy openbare protes, lees ons dat Luther ook diep geskok was na ‘n

besoek aan Rome.

Die donker omstandighede in Europa op die drumpel van die Renaissance het nie net die

samelewing nie, maar ook die kerk voorberei op ‘n nuwe era wat sou aanbreek.

Lees volgende week wie die eerste tree gegee het op die pad wat Luther geloop het….

Page 8: 12 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende … · 2019-11-11 · Jenny Steyn ☎ 082 688 3925 ... Katkisasie (gr 1-8) Adri van Tonder Katkisasie ( gr 9-11) Adri van

8

8

INKLEURBLAD