4
Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Blokkies, of doppies om ‘n toring-bou kompetisie mee te hou Afskrifte van die tempel om aan elke kind uit te deel om in te kleur Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel. Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote) Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou. 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8

15 November 2015 Jesus bly in my hart! · 11/15/2015  · 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8 . Hy hou ons almal in S Bidtyd: Openingsgebed ... langer as jy is, kan

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 15 November 2015 Jesus bly in my hart! · 11/15/2015  · 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8 . Hy hou ons almal in S Bidtyd: Openingsgebed ... langer as jy is, kan

Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Blokkies, of doppies om ‘n toring-bou kompetisie mee te hou Afskrifte van die tempel om aan elke kind uit te deel om in te kleur

Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel.

Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote)

Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou.

15 November 2015 Jesus bly in my hart!

Mark.13:1-8

Page 2: 15 November 2015 Jesus bly in my hart! · 11/15/2015  · 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8 . Hy hou ons almal in S Bidtyd: Openingsgebed ... langer as jy is, kan

Bidtyd: Openingsgebed Vra een van die kinders om te open met gebed.

Lestyd: Kom ons speel ‘n speletjie. Ek sê iets, en julle moet dit namaak. Maak soos ‘n oupa wat met ‘n kierie loop (laat die kinders maak of hulle met ‘n kierie loop). Maak of jy ‘n piep klein muisie is (laat die kinders in ‘n hopie op die grond sit en piep). Maak nou soos ‘n reuse dinasaures (Laat hulle groot tree gee) ‘n windpomp (laat hulle hulle arms in die rondte swaai) maak soos ‘n padda wat spring,... soos ‘n olifant wat loop (noem nog enige ander voorbeelde van goed wat die kinders kan namaak. Mens kry klein diertjies, en groot diere, klein kindertjies en groot grootmense, klein huisies en groot kastele, klein koppies en groot berge. Oral in die lewe is daar goed wat baie klein is, maar daar is ook goed wat baie groot is. Wie van julle was al in ‘n baie hoë en groot gebou? (Gee kinders die geleentheid om daarvan te vertel). Wanneer mens heel bo in ‘n baie hoë gebou met baie trappies of ‘n hysbak is, dan kan jy ver afkyk en sommer baie ver voor jou uitkyk ook. Net so ook wanneer mens op ‘n baie hoë berg staan. Wanneer daar niks hoër as jy is nie, en jy kan bo-oor alles kyk, dan kan mens mooi sien alles wat rondom jou aangaan. Dis soos om op pappa se skouers te sit wanneer daar baie mense om jou loop. Tussen almal wat groter en langer as jy is, kan jy mos nie sien waar om te gaan nie, maar as pappa jou op sy skouers tel, dan kan jy ver voor jou uit sien waarheen julle oppad is. Kom ons hou eers ‘n kompetisie. Ons gaan kyk wie die hoogste toring kan bou. (Voorsien aan die kinders blokkies of blikkies of doppies of wat ook al beskikbaar is om mee te bou. As die groep te groot is, kan die kinders in groepies saamwerk, of seuns teen die meisies) Gee ‘n beloning vir die wenspan, of net ‘n lekker applous.

Singtyd: (Hierdie liedjies is slegs voorstelle, sing gerus meer bekende liedjies) Liedjie: Hy hou die hele wêreld Hy hou die hele wêreld, in Sy hand (x3) Hy hou ons almal in Sy hand Hy hou die kleinste fynste babatjie, in Sy hand (x3) Hy hou ons almal in Sy hand Hy hou die grootste dinasaures, in Sy hand (x3) Hy hou ons almal in Sy hand Hy hou vir mamma en vir pappa, in Sy hand (x3) Hy hou ons almal in Sy hand Hy hou vir boetie en vir sussie, in Sy hand (x3) Hy hou ons almal in Sy hand Liedboek: Lied 547 Alle volke, klap jul hande Alle volke, klap jul hande, juig tot eer van God Verhef jul stem en roem sy Naam in elke stad op aarde! Sing en sing en sing dan saam, loof en prys Sy grote Naam Want Hy is ewig koning in die hemel en op aarde! Sing en sing en sing dan saam, loof en prys Sy grote Naam Want die Hemel koning skenk ons sy genade!

Page 3: 15 November 2015 Jesus bly in my hart! · 11/15/2015  · 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8 . Hy hou ons almal in S Bidtyd: Openingsgebed ... langer as jy is, kan

Bybeltyd vervolg: Toe vertel Jesus hulle dat daar dae sal kom wat mense maak asof hulle die here is wat vir mense wil goed wees, maar hulle is nie die here nie. Mense gaan onder mekaar veg en baklei. Elkeen gaan doel wat hy of sy wil en mense sal vergeet wat Jesus vir hulle geleer het. Maar Jesus wil hê ons moenie bang wees nie. Ons moet onthou dat Hy vir ons baie lief is en dat Hy belowe het dat Hy ons eendag gaan kom haal om vir altyd by Hom in die hemel te wees. Jesus weet van jou. Hy ken jou naam. Hy is oral en altyd by ons. Al wat ons moet doen is om te bly glo dat Jesus ons lief het en ons moet Hom ook liefhê. Dit maak nie saak of ons in ‘n groot gebou vir Jesus aanbid, of sommer net daar ‘n gebedjie langs jou bed doen nie. Jesus ken ons hart en wil hê ons moet Hom volg.

Doentyd & Leertyd: Laat die kinders die prent van die tempel inkleur. Herinner hulle deurentyd dat groot gebou ons nie red nie, net Jesus alleen kan ons red en ons moet in Hom glo. Jesus bly nie in groot geboue nie, hy bly in ons harte. As daar nog tyd oor is, kan julle weer kompetisie hou om te kyk wie die hoogste toring kan bou. Groettyd: Jesus, dankie dat U nie in tempels bly nie, maar in my hart. Amen

Bybeltyd: Jesus en sy dissipels het oral gestap waar hulle moes wees. Eendag terwyl hulle so geloop het, het een van die dissipels vir Jesus na een van die tempels gewys wat baie groot en baie hoog was. Lees Mark.13:1. Dit was baie groot klippe waarmee hulle die tempels gebou was, maar Jesus was nie so beïndruk daarmee nie. Hy het vir sy dissipels vertel dat die groot klippe en groot geboue eendag afgebreek gaan word tot op die grond. Vir Jesus gaan dit nie oor groot geboue en hoë tempels nie. Groot geboue gaan nie maak dat mense vir Jesus gaan leer ken nie. Die belangrikste ding is om vir God lief te wees en te doen wat Hy vra. Die dissipels het dit nie lekker verstaan nie wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het dat alles afgebreek gaan word nie. Hulle het saam met Jesus gestap tot op die hoë berg en van die berg af kon mens weer mooi uitkyk oor die hele stad. Daar het hulle weer die tempel gesien. En toe wou die dissipels weet, wanneer gaan die tempel afgebreek word. Wanneer gaan die verwoesting gebeur. Hulle wou probeer verstaan waarvan Jesus praat.

Page 4: 15 November 2015 Jesus bly in my hart! · 11/15/2015  · 15 November 2015 Jesus bly in my hart! Mark.13:1-8 . Hy hou ons almal in S Bidtyd: Openingsgebed ... langer as jy is, kan