6
Bergsig Boodskap 2 September 2018 1- 2 Sept: TGIF Mannekamp 2 Sept: Doop, Dankdag vir reën & Biddag vir Dowes 8 Sept: Leiersberaad 9 Sept: Oupa- en Oumadag Glow Kidz 11 Sept: Doopkategese 15 Sept: Betesda- mark 16 Sept: Uitstuursondag 18 Sept: Damesaand 25 Sept: Nuwe lidmaatfunksie 27 Sept: Seniors uitstappie 28 Sept: Skole sluit Dit is uiters belangrik vir Christene om geestelike ondersteuning van n geestelike familie te ontvang. Tog is dit ons roeping om in die wêreld te funksio- neer om God se lig en sout te wees. Ons is die lig deur doel- gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus glo nie of kerklos geraak het (of wat in die kerk sit, maar lou is). Dink jy dit is belangrik om verhoudings en vriend- skappe met ongelowiges en kerklos mense te bou? Wat dink jy is die vernaamste rede hoekom mense kerklos word? Navorsing toon aan dat negatiewe ervarings van kerke en Christene wat veroordelend was die grootste rede is. Wat sou die vernaamste struikelblokke wees wat Christene keer om doel- gerig te dissipel? Vrees om deur wêreld besoedel te word. Seer, oorvol programme, selfsug, taal, kultuur, ge- mak. VRAE OM DIE WEEK TE OORDINK EN TE BESPREEK: Wie is geroep om God se liefde uit te dra? Na wie moet ons uitreik en verhoudings bou? Waar is ons geroep? Wat is jou konteks geo- grafies en sosiaal? Hoe moet ons dit doen? Lees 1 Kor 9: 20 & 22, Matt 9:9-13 en Luk 10:1-12 Raak prakties en deel jul stories met ons. Ons wil graag hiervan getuig op 16 Sept in die Bergsig Boodskap. Deel Jesus OMGEE-uitdaging 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: CAD 2 September 2018, DOOP VELDTOG: DEEL JESUS, BIDDAG VIR DOWES Lukas 5 : 12-16 Leef die liefde van Jesus deur verhoudings Deel van ons OMGEE UITREIKuitdaging is dat lidmate, gesinne, klein- groepe of individue tydens die Deel Jesus Preekreeks hulle betrokkenheid by ʼn Bergsig-Projek of gemeen- skapsprojek bevestig en tydens die vierde kwartaal ons OMHELSING-tema uitleef deur spesifiek die projekleiers en projek- spanne te ondersteun en in deernis te omhels, veral met die aanloop na Kers- fees en behoeftes wat pro- jekte mag hê in die tyd. Inligting oor die verskillen- de projekte en hulle be- hoeftes verskyn in die GGO brosjure, op die plakkate soos opgeplak in die kerksentrum asook op die webblad. Kleingroepe gaan ingedeel word by Bergsig se uitreikprojekte as deel van die kleingroep-uitreik se gebedstrategie. Stuur asseblief vir ons fotos en getuienisse van julle betrokkenheid by die projekte na kommu- [email protected] Teen 16 September wil ons graag ʼn lys in die eredienste aan die ge- meente wys van indi- vidue, gesinne en kleingroepe wat die uitdaging aanvaar het en bevestig het dat hulle tydens die vierde kwartaal Jesus se liefdevolle omhelsing aan projekleiers of pro- jekspanne gaan uitleef. Deuroffer is vir Christelike Afhanklikheidsdienste. Help ondersteun met rehabilitasie- programme. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Oupa- & Oumadag Glow Kidz diens (Saal) Ds. Mizelle Prinsloo 18:00 @6 Aanddiens Bea Pretorius Deuroffer: Instituut vir Blindes 9 September 2018, VELDTOG: DEEL JESUS, MELAATSESONDAG, TOERUSTINGSONDAG

2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

Bergsig Boodskap 2 September 2018

1-2 Sept: TGIF Mannekamp

2 Sept: Doop, Dankdag vir reën

& Biddag vir Dowes

8 Sept: Leiersberaad

9 Sept: Oupa- en Oumadag

Glow Kidz

11 Sept: Doopkategese

15 Sept: Betesda-mark

16 Sept: Uitstuursondag

18 Sept: Damesaand

25 Sept: Nuwe lidmaatfunksie

27 Sept: Seniors uitstappie

28 Sept: Skole sluit

Dit is uiters belangrik vir

Christene om geestelike

ondersteuning van ’n

geestelike familie te

ontvang.

Tog is dit ons roeping om

in die wêreld te funksio-

neer om God se lig en

sout te wees.

Ons is die lig deur doel-

gerig vriendskappe en

verhoudings met mense

te bou wat nie in Jesus

glo nie of kerklos geraak

het (of wat in die kerk sit,

maar lou is).

Dink jy dit is belangrik om

verhoudings en vriend-

skappe met ongelowiges

en kerklos mense te

bou?

Wat dink jy is die

vernaamste rede hoekom

mense kerklos word?

Navorsing toon aan dat

negatiewe ervarings van

kerke en Christene wat

veroordelend was die

grootste rede is.

Wat sou die vernaamste

struikelblokke wees wat

Christene keer om doel-

gerig te dissipel?

Vrees om deur wêreld

besoedel te word. Seer,

oorvol programme,

selfsug, taal, kultuur, ge-

mak.

VRAE OM DIE WEEK TE

OORDINK EN TE BESPREEK:

Wie is geroep om God

se liefde uit te dra?

Na wie moet ons uitreik

en verhoudings bou?

Waar is ons geroep?

Wat is jou konteks geo-

grafies en sosiaal?

Hoe moet ons dit

doen? Lees 1 Kor 9: 20 & 22, Matt 9:9-13 en Luk 10:1-12

Raak prakties en deel

jul stories met ons. Ons

wil graag hiervan

getuig op 16 Sept in die

Bergsig Boodskap.

Deel Jesus OMGEE-uitdaging

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: CAD

2 September 2018, DOOP VELDTOG: DEEL JESUS, BIDDAG VIR DOWES

Lukas 5 : 12-16 Leef die liefde van Jesus deur verhoudings

Deel van ons OMGEE UITREIKuitdaging is dat lidmate, gesinne, klein-groepe of individue tydens die Deel Jesus Preekreeks hulle betrokkenheid by ʼn Bergsig-Projek of gemeen-skapsprojek bevestig en tydens die vierde kwartaal ons OMHELSING-tema uitleef deur spesifiek die projekleiers en projek-spanne te ondersteun en in deernis te omhels, veral met die aanloop na Kers-fees en behoeftes wat pro-jekte mag hê in die tyd.

Inligting oor die verskillen-

de projekte en hulle be-hoeftes verskyn in die GGO brosjure, op die plakkate soos opgeplak in die kerksentrum asook op die webblad.

Kleingroepe gaan ingedeel word by Bergsig se uitreikprojekte as deel van die kleingroep-uitreik se gebedstrategie.

Stuur asseblief vir ons foto’s en getuienisse van julle betrokkenheid by die projekte na [email protected]

Teen 16 September wil

ons graag ʼn lys in die eredienste aan die ge-meente wys van indi-vidue, gesinne en kleingroepe wat die uitdaging aanvaar het en bevestig het dat hulle tydens die vierde kwartaal Jesus se liefdevolle omhelsing aan projekleiers of pro-jekspanne gaan uitleef.

Deuroffer is vir Christelike

Afhanklikheidsdienste. Help

ondersteun met rehabilitasie-

programme.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Oupa- & Oumadag

Glow Kidz diens (Saal)

Ds. Mizelle Prinsloo

18:00 @6 Aanddiens Bea Pretorius

Deuroffer: Instituut vir Blindes

9 September 2018, VELDTOG: DEEL JESUS, MELAATSESONDAG, TOERUSTINGSONDAG

Page 2: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

ATTIE VAN WYK SKOOL

Twee van die Attie van Wyk spanlede se saailand het verskuif en ons benodig dus 3 vrouens wat vir ons elke Woensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-

like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 1, 4 en Graad 6 klasse by die skool.

Wanneer die Here hierdie taak op jou hart lê is jy wel-kom om vir Nelda Rousseau te kontak by [email protected] of per Whatsapp of skakel by 083 235 1400

ECHO HUIS UITREIKGELEENTHEID 23 AUGUSTUS Sien foto’s op die agterblad van die Bergsig Boodskap.

Bywoners van die geleentheid was aangenaam verras met die atmosfeer: Te midde van armoede was daar steeds blydskap en vreugde te bespeur tussen die men-se.

Durbanville Kinderhuis Golfdag

Dis weer daardie tyd van die jaar om met u gholf-talente ’n goeie daad of twee te doen vir die kinders by die Dur-banville Kinderhuis deur ’n vierbal te bespreek, ’n bof of setperk te borg of ’n finansiële donasie te maak. Ons nooi u graag uit om ons Jaarlikse Gholfdag te ondersteun op Vrydag 2 November 2018 by die Durban-ville Gholfbaan. Borg asb. 'n vierbal teen R4,000-00 of 'n nat gat teen R 2,000-00. 'n Pryswennersete, asook geskenkpakkie maak deel uit van die vierbal. Kontak asseblief vir Angelina Snyman by [email protected] of 021 975 6822 om u vierbal te bespreek.

Lesotho besoek 28 Sept - 6 Okt

Bergsig ondersteun die Semonkong Children’s Centre in Lesotho sedert Nov 2017. Fondse van Bergsig af het gehelp om geboue op te knap, ’n groentetuin aan te lê ens. Lees meer hieroor in die GGO brosjure.

Lidmate is welkom om saam te gaan. Lees meer op die webblad of kry ’n inligtingsblad by die sydeure en voor-portaal of bel Jaco by 073 017 6662

’n Groot behoefte is: ‘n voertuig en bestuurder.

Die Magdalenahuis kort dringend skenkings van nie-bederfbare kos.

Gee asb. by die kerkkantoor af en merk vir Magdalenahuis.

Om meer uit te vind oor die projek lees gerus in die GGO brosjure daaroor.

VERSIERDE PLAATKOEKE Ons is op soek na drie dames wat kan help plaat-

koeke bak/borg vir kinders in die

kinderhuis se verjaarsdae.

Die verwagting is tussen 3-6 versierde

plaatkoeke per jaar. (Bedieningsgeleentheid)

As jy hiermee kan help bel Christa Kemp by:

021-976 6210 / 082 3911615

RUYTERWACHT GEMEENTE

Daar is ‘n groot behoefte in Ruyterwacht NG Gemeente vir kos en warm klere en komberse. Indien u spesifiek hier wil help, laai dit by die kerk af of betaal in en merk baie duidelik “Ruyterwacht.”

Sopprojek

Projek kort dringend leë 2 liter-roomyshouers of

1 liter-jogurt houers. Lewer skoon af by kerkkan-

toor asseblief.

Hoe dien ons?

Vandag praat ons oor verhoudings - die ruimte

waar ons primêr ons geloof kan deel. Op die voor-

blad van die BB is daar ’n stel vrae waaroor ons

die week besin. By die hoe haak ons soms vas ...

Oral opgeplak in die kerk sien jul plakkate van ons

uitreikprojekte naby en ver sowel as ons vennote.

Langsaan is ons projekleiers se kontakbesonder-

hede om dit maklik te maak vir die wat nog nie ’n

bedieningsveld het nie. So kan jy deel raak van

DIEN en VERHOUDINGS BOU en so help om die

Evangelie te verkondig.

Page 3: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Bergsig Vennote

NR VENNOOT KONTAK SEL. NR. E-POS ADRES

1 Durbanville Kinderhuis Johanna Strauss 021 975 6822 [email protected]

2 Fisantekraal Centre for

Development Jane Gelderman 083 805 042 [email protected]

3 Hulp en Hoop Louise Kotze 071 157 7601 [email protected]

4 Mission Aviation

Fellowship Gert Uys 082 807 4455 [email protected]

5 INcontext International Eric Swanepoel 082 319 5153 [email protected]

6 High Way Ministries Pieter Zandberg 073 165 4690 [email protected]

7 Timothy Bible College in

Pakistan Schalk van Wyk 081 423 9418 [email protected]

8 Geopende Deure 011 888 9341 [email protected]

Uitreikprojekte op ons voorstoep

NR UITREIK-PROJEK PROJEKLEIER SEL. NR. E-POS-ADRES

1 Attie van Wyk Laerskool Nelda Rousseau 083 235 1400 [email protected]

2 Love Unveiled Andre van der

Westhuizen 074 330 4431

[email protected]

3 Betesda-projek Hans Human 082 549 0518 [email protected]

4 Fisantekraal-buitedienste Wes van der Walt 084 657 1664 [email protected]

5 GGO Magdalena Knoet-

ze 083 557 6075 [email protected]

6 Golden Games Rahlene Uys 072 103 8852 [email protected]

7 House of Grace Leonette Burger 082 4405 662 [email protected]

8 Magdalena-huis Anneke Scholtz 083 462 1055 [email protected]

9 New Beginnings Jackie Thiart 074 151 0622 [email protected]

10 SAPD Anniel de Lange 083 963 2427 [email protected]

11 Vinkel- en Koljandermark Edna van Tonder 083 302 4838 [email protected]

12 Spes Bona-buitedienste Nelda Rossouw 083 235 1400 [email protected]

13 Welgegund-buitedienste Peter Montgomery 084 299 6697 [email protected]

Die Koffieman Oswald Opperman 079 108 9697 [email protected]

Uitreikprojekte oor grense heen

NR UITREIK-PROJEK PROJEKLEIER SEL. NR. E-POS-ADRES

1 Thailand: Frontida Johann van Tonder 083 463 5050 [email protected]

2

Mosambiek:

Evangelisasie

Makwe-sending: Thiarts

Jaco van Vuuren 021 979 2225 [email protected]

3 Duitsland: Menges-gesin Christelle Bouwer 083 309 0625 [email protected]

4 Thailand:

Klasie en Ida van Heerden Gert Uys 082 807 4455 [email protected]

5 Istar Gateways Marquerite Mouton 083 631 4609 [email protected]

6 Lesotho:

Matlafatsa - llze Boersma Jaco van Vuuren 021 979 2225 [email protected]

7 Lesotho:

Semokong-kinderhuis. Jaco van Vuuren 021 979 2225 [email protected]

8 Oekraïne:

Tokarchuk-gesin Pieter Anker 076 469 6079 [email protected]

DURBANVILLE-BERGSIG UITREIKBEDIENING PROJEKTELYS

Page 4: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Durbanville-Bergsig se leiersberaad vind op 8 Septem-

ber 2018 plaas by die kerksentrum en dis die groot be-

planningsgeleentheid in die jaar wanneer mense bid,

dink, gesels oor wat die volgende tydperk vir Bergsig

inhou.

Bergsig verheerlik Jesus Christus as ons Verlosser en

wil dit graag bly doen. Ons gebed is dat die beplanning

Hom sal eer.

Bid asb. saam vir dié geleentheid.

Die vreugde wat reën bring staan geskryf op my ge-moed.

Dit is dadelik te sien in elke plant wat die druppels opslurp.

Alles is ligter, skoner, groener en minder grys. Dis asof alles net weer asemhaal en moed skep.

Ons dank God die Vader vir die reën en uitkoms wat Hy gestuur het. Dank aan Hom dat hy ons gebede verhoor.

Verspei die Evangelie

en gebruik soms woorde - St Francis van Assisi

Moet ons, ons distansieer van die wêreld om Goddelik

te leef? Nee, ons hoor in 1 Kor 9 : 20 & 22 dat ons in die

wêreld moet bly beweeg en met ons voorbeeld dié ron-

dom ons bereik. Ons word nie SOOS die wêreld wan-

neer ons skouers skuur met kerklos mense of onge-

lowiges nie, maar ons beweeg in die wêreld om met ons

LIG dit te verlig deur ons voorbeeld en leefwyse.

Kerkraadnuus: Baie geluk en voorspoed vir die termyn

Voorsitter: Peter Montgommery Ondervoorsitter: Jouke Bekket

Lede nuut verkies:

Abrie Coetzee Junita de Swardt

Ruben Fick Stella Malan

Coenie Pretorius Murray Steenkamp Johan Swanepoel

Navrae: Pieter Henning, Gemeentebestuurder

Johan Prins Hugenoot 28, 082 807 0843 Vader oorlede Troos en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Bemoediging

Louis Genis Via Nazionale 60, 083 984 4360 Vrou oorlede Troos en bemoediging

Wallace en Lené Albertyn Vue Des Monds Baba mediese Herstel en bemoediging

Eduard Hattingh Primulalaan 43, 074 822 5217 Motorfietsongeluk Herstel en bemoediging

JC Smith Richterstraat 8, 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Page 5: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

ISRAEL-TOER 2019 Ons is baie opgewonde om jou te nooi na Bergsig se

Israeltoer van 16 – 25 Maart 2019 gelei deur Ds Johan Els en Pastoor Rykie Steyn van Menorah Toere.

Ons gaan dit aanpak as ’n Geestelike Pelgrimstog en jy kry ‘n geleentheid om die plekke te sien waarvan ons

elke dag in die Bybel lees.

Die koste is R 33 100 (bereken op S1 = R 14) en ’n deposito van R 3 000 is betaalbaar om jou plek te verseker. Opskud, uit die 30 plekke is daar nog net 10 oor. Kontak gerus vir Ds Johan Els by 084 672

0626 of Esther Goosen by 076 183 4568 of [email protected] vir toerinligting.

DIT IS TYD OM TE SING Ons beleef ʼn tydperk

van knellende droog-

tes en vrese oor die

ekonomie, geweld,

burgerlike onrus en

politieke onsekerheid.

As gelowiges glo ons

God is daar; Hy is be-

trokke by ons lewe en

geskiedenis, en Hy

roep ons om self ʼn

verskil te gaan maak.

Uiteindelik kom sy

Koninkryk deur al

hierdie donkerte en onsekerhede heen en breek in men-

se se lewe aan.

Om hierdie belydenis uit te leef, bied die NG Kerk van

Wes-Kaapland en Bybel-Media op Saterdag 8 Sep-

tember 2018 ʼn massa-saamsinggeleentheid in die

Kaapstadse stadsaal aan. Ons sal saam sing om aan

God die eer te bring, om ons nood voor God neer te

lê en om ons hoop op God te plaas.

ʼn Massakoor van ongeveer 500 koorlede, saamgestel uit

20 gemeentes se kore, en die volle Kaapstadse Filhar-

moniese Orkes, sal die samesang begelei. Daar is plek

vir slegs 1 000 mense en kaartjies is beskikbaar teen

R200 elk. Geen wins

word gemaak nie. Alle

inkomste sal gebruik

word om uitgawes te dek

en soortgelyke “Dis Tyd

om te Sing”-geleenthede

in ander stede aan te

bied.

Tydens die

saamsinggeleent-heid

sal 24 van die bekendste

geloofsliedere van die

kerk saamgesing word.

Dié liedere is deur eeue

heen aan gelowiges bekend. Dit het ons geloof gevorm

en mense deur moeilike tye in hulle lewe gedra.

Dis Tyd Om Te Sing se massa-saamsinggeleentheid is ʼn

openbare getuienis van gelowiges wat sê: “Here, hoor

ons,” maar ook: “Here, hier is ons. Stuur ons.”

Die byeenkoms is die eerste van sy soort in ons land.

Soortgelyke byeenkomste word in ander sentra van die

land beplan. Ons droom is om dit ʼn jaarlikse gebeurtenis

te maak en só deur samesang ons getuienis uit te leef.

Navrae oor kaartjies: by Alida

[email protected]

Page 6: 2 September 2018 - bergsigdv.co.za · neer om God se lig en sout te wees. MELAATSESONDAG, Ons is die lig deur doel-gerig vriendskappe en verhoudings met mense te bou wat nie in Jesus

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00

Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

ECHO HUIS UITREIK NA YSTERPLAAT

SENIORBASAAR kuier in saal