1
Beeld | 5 Maart 2016 LEEFSTYL 31 ’N Hele paar lesers wou na aanleiding van verlede week se rubriek weet wat skynwerklikheid (oftewel virtue- le werklikheid, virtual reality of VR) nou eintlik is. Wel, jy kan heeltemal ver- dwaal raak in al die moontlike definisies en voorbeelde, maar kortweg is dit ’n digitale, reke- naargedrewe, driedimensionele voorstelling wat so oortuigend is dat jy jou sonder moeite daar- in kan inleef en waarmee jy in interaksie kan tree. Met die regte toerusting kan jy so ’n skynwerklikheid betree en daarin rondbeweeg terwyl jy nagebootste voorwerpe kan rondskuif of andersins kan manipuleer. Die vlugnabootsers wat al lank gebruik word om vlieë- niers op te lei is eintlik maar ’n soort skynwerklikheidsmasjien, al is hulle ver verwyderd van wat deesdae moontlik is. Waar dinge tans vinnig aan die gebeur is, is met die ontwik- keling van produkte gemik op gewone verbruikers. Dit wil sê, produkte wat nie net gebruik word deur mense wat op die skaal van die Amerikaanse weermag se begroting dink nie. ’n Paar vervaardigers ding verwoed mee om ons beursies, en dit sluit groot name soos Google, Facebook en Samsung in. Kleiner spelers soos HTC, wie se Vive nou bestel kan word, is ook in die spel danksy uitstekende produkte. Om die Vive-pakket te bestel gaan jou in Amerika $799 kos (teen druk- tyd sowat R13 000) plus minstens nog soveel as jy nie reeds ’n ge- skikte rekenaar het wat die bes- te daaruit kan haal nie. Een van die Vive se groot voordele bo die meeste van sy mededingers is die bykomende sensors wat jou beweging oor ’n hele vertrek heen kan naspoor, asook begeleidingstegnologie om te keer dat jy jou so inleef in die skynwerklikheid dat jy jou met baie duur toerusting en al teen die werklike werklikheid te plet- ter loop. Die ander stuk van dié soort toerusting waarvan ons spoedig meer in Suid-Afrika sal sien, is Samsung se Gear VR. Waar die Vive ’n afsonderlike kopstuk ge- bruik, gebruik die Gear VR ’n eksterne slimfoon wat in die kop- stuk pas as skerm. En Samsung gee nou ’n Gear VR saam as jy gou speel om een van sy nuwe S7- of S7 Edge-slimfone te koop. Hou in elk geval ook ’n paar rand opsy vir die ervarings wat jy gewoonlik afsonderlik moet koop. Kyk byvoorbeeld uit vir Fall of the Titanic, waar jy in die donker uit ’n virtuele twee- deklaskompartement jou pad be- tyds na die reddingsboot moet vind terwyl die water oral om jou instroom . . . Samsung gee nou ’n Gear VR saam as jy gou speel en een van sy nuwe S7- of S7 Edge-slimfone koop. Foto: SAMSUNG Staal jou vir die nuwe werklikheid wat skyn Willem Kempen @willemkempen INGEPROP MET  WILLEM ‘F ibre” is deesdae op by- kans almal se lippe, maar wat behels dit nou eintlik? Waarvan word die kabels gemaak? Optieseveselkabels word van plastiek of glasveselkabels ge- maak. Een van hierdie kabels is omtrent so dik soos een van jou hare. Wat die kabels uitsonderlik maak, is hul vermoë om lig te kan dra. As jy ’n laser aan die een punt van die kabel inskyn, skyn die lig aan die anderkant uit, ongeag of die kabel reguit lê of nie. Die lae beskerming waarin die kabels toegemaak word, isoleer die vesel en versterk sy vermoë om lig te dra. Die meeste ander internetkop- pelings geskied deur koperkabels van telefoonnetwerke. Hoe werk dit? Wanneer jy met ’n webblaaier soos Google Chrome of Internet Explorer iets op die internet soek, word die data vertaal sodat dit met die tegnologie waarmee jy aan die internet verbind is, ge- stuur kan word. As jy ADSL gebruik, word jou versoek vertaal sodat dit deur ’n telefoonlyn gestuur kan word. Wanneer dit by optiesevesel- kabels kom, word jou versoek in ligseine omskep sodat dit met hierdie lyn gedra kan word. Jou versoek word in ’n binêre kode omskep wat byvoorbeeld só kan lyk: 101 0011. Dit werk op dieselfde beginsel as Morsekode: Die lig of klank kan net aan of af (0 of 1) wees, maar as jy die lig of klank ge- noeg aan- en afskakel, kan jy in- gewikkelde boodskappe oor groot afstande stuur. Jou versoek – wat in ’n binêre kode verander is – word in die vorm van lig in die optiesevesel- kabels gestuur soos wat ’n vuur- toring Morsekode sal gebruik om met bote op die water oor ’n lang afstand te kommunikeer. Jou versoek word aan die an- derkant van die kabel opgetel waar die binêre kode terugver- werk word na rekenaartaal en jou versoek aangestuur word. Hierdie kabels kan duisende versoeke hanteer, want die lig van verskillende versoeke wat verby mekaar trek, vertraag nie mekaar en jou internetspoed nie. Koperkabels dra die inligting al hoe stadiger oor hoe langer die kabel is. Optieseveselkabels het inge- boude stoppunte wat jou bood- skap ontvang, ’n kopie daarvan maak en ’n duplikaat met ’n ver- sterkte lig aanstuur. Dus kan hierdie versoeke vin- nig oor groot afstand gestuur word. Die spoed van inligting wat met hierdie kabels gestuur word, is so vinnig dat jy ’n liedjie binne sekondes kan aflaai en flieks oor die internet kan kyk sonder om te wag vir die beeldmateriaal om op te vang. Van hierdie optieseveselverbin- dings is tien keer vinniger as ADSL-lyne. Ondersese kabels ’n Mens sal verwag dat wanneer jy ’n webwerf van Amerika laai, die inligting met ’n satelliet van Amerika na jou rekenaar gestuur word. Dit is selde die geval. So- wat 300 ondersese kabels op die seebodem verbind vastelande. Die eerste van hierdie kabels, die TAT-8 (Transatlantic telecom- munications cable), is op 14 De- sember 1988 van Tuckerton, New Jersey, VSA, na Widemouth, Engeland, en Penmarch, Frank- ryk, gelê en was sowat 5 050 km lank. Die lyn kon 40 000 telefoon- oproepe gelyktydig hanteer en was slegs 21 mm breed. Die eerste Transatlantiese tele- gramme is op 16 Augustus 1858 gestuur. Dit het gemiddeld twee minute en vyf sekondes geneem om ’n enkele karakter te stuur en die eerste boodskap het 17 uur en 40 minute gevat om deur te gaan. Optieseveselskabels in Suid-Afrika? Een van die struikelblokke van optieseveselkabels is dat selfs al het jy die vinnigste internetlyne wat vastelande met mekaar ver- bind, het jy nog steeds die infra- struktuur tot by jou huis nodig vir ’n optimale internetspoed. Maar dit is duur om die kabels te installeer en nog op min plek- ke in Suid-Afrika beskikbaar. Plaaslike internetdiensverskaf- fers begin stelselmatig lyne aan- lê, maar dit sal duur wees totdat meer mense dit gebruik. In dié stadium is dit nie ’n praktiese opsie vir die meeste huishoudings nie. Diegene wat dit nou kry sal dié wees wat ekstra woema soek, soos mense wat rekenaarspele- tjies oor die internet speel of mense wat op dienste soos Show- Max of Netflix inteken om flieks en TV-reekse te kyk. Vesel gee jou internet soos spoed van lig NICO GOUS @nico_gous Optieseveselkabels sorg vir blitsvinnige internetverbindings. Foto: iSTOCK Tegnorubriek

20160305 Beeld Tegno-rubriek - Optieseveselkabels

Embed Size (px)

DESCRIPTION

My sesde tegno-rubriek vir Beeld. Dit het 5 Maart 2016 verskyn. Dit verduidelik hoe optieseveselkabels werk wat vermoedelik die volgende generasie van die internetspoed gaan wees.

Citation preview

Page 1: 20160305 Beeld Tegno-rubriek - Optieseveselkabels

Beeld  |  5  Maart  2016 LEEFSTYL 31

’NHele paar leserswou na aanleidingvan verlede week serubriek weet wat

skynwerklikheid (oftewel virtue-le werklikheid, virtual reality of VR) nou eintlik is.

Wel, jy kan heeltemal ver-dwaal raak in al die moontlike definisies en voorbeelde, maar kortweg is dit ’n digitale, reke-naargedrewe, driedimensionele voorstelling wat so oortuigend is dat jy jou sonder moeite daar-in kan inleef en waarmee jy in interaksie kan tree.

Met die regte toerusting kan jy so ’n skynwerklikheid betree en daarin rondbeweeg terwyl jy nagebootste voorwerpe kan rondskuif of andersins kan manipuleer.

Die vlugnabootsers wat al lank gebruik word om vlieë-niers op te lei is eintlik maar ’n soort skynwerklikheidsmasjien, al is hulle ver verwyderd van wat deesdae moontlik is.

Waar dinge tans vinnig aan die gebeur is, is met die ontwik-

keling van produkte gemik op gewone verbruikers. Dit wil sê, produkte wat nie net gebruik word deur mense wat op die skaal van die Amerikaanse weermag se begroting dink nie.

’n Paar vervaardigers ding verwoed mee om ons beursies, en dit sluit groot name soos Google, Facebook en Samsung in. Kleiner spelers soos HTC,

wie se Vive nou bestel kan word, is ook in die spel danksy uitstekende produkte. Om die Vive-pakket te bestel gaan jou in Amerika $799 kos (teen druk-tyd sowat R13 000) plus minstens nog soveel as jy nie reeds ’n ge-skikte rekenaar het wat die bes-te daaruit kan haal nie.

Een van die Vive se groot voordele bo die meeste van sy

mededingers is die bykomende sensors wat jou beweging oor ’n hele vertrek heen kan naspoor, asook begeleidingstegnologie om te keer dat jy jou so inleef in die skynwerklikheid dat jy jou met baie duur toerusting en al teen die werklike werklikheid te plet-ter loop.

Die ander stuk van dié soort toerusting waarvan ons spoedig meer in Suid-Afrika sal sien, is Samsung se Gear VR. Waar die Vive ’n afsonderlike kopstuk ge-bruik, gebruik die Gear VR ’n eksterne slimfoon wat in die kop-stuk pas as skerm. En Samsung gee nou ’n Gear VR saam as jy gou speel om een van sy nuwe S7- of S7 Edge-slimfone te koop.

Hou in elk geval ook ’n paar rand opsy vir die ervarings wat jy gewoonlik afsonderlik moet koop. Kyk byvoorbeeld uit vir Fall of the Titanic, waar jy in die donker uit ’n virtuele twee-deklaskompartement jou pad be-tyds na die reddingsboot moet vind terwyl die water oral om jou instroom . . .

Samsung  gee  nou  ’n  Gear  VR  saam  as  jy  gou  speel  en  een  van  sy  nuwe S7­  of  S7  Edge­slimfone  koop. Foto:  SAMSUNG

Staal jou vir die nuwe werklikheid wat skyn

Willem  Kempen@willemkempen

INGEPROP MET   WILLEM

‘Fibre” is deesdae op by-kans almal se lippe,maar wat behels ditnou eintlik?

Waarvan  word  die  kabels  gemaak?Optieseveselkabels word van plastiek of glasveselkabels ge-maak. Een van hierdie kabels is omtrent so dik soos een van jou hare.

Wat die kabels uitsonderlik maak, is hul vermoë om lig te kan dra.

As jy ’n laser aan die een puntvan die kabel inskyn, skyn die lig aan die anderkant uit, ongeag of die kabel reguit lê of nie.

Die lae beskerming waarin diekabels toegemaak word, isoleer die vesel en versterk sy vermoë om lig te dra.

Die meeste ander internetkop-pelings geskied deur koperkabels van telefoonnetwerke.

Hoe  werk  dit?Wanneer jy met ’n webblaaier soos Google Chrome of Internet Explorer iets op die internet soek, word die data vertaal sodat dit met die tegnologie waarmee jy aan die internet verbind is, ge-stuur kan word.

As jy ADSL gebruik, word jouversoek vertaal sodat dit deur ’n telefoonlyn gestuur kan word.

Wanneer dit by optiesevesel-kabels kom, word jou versoek in ligseine omskep sodat dit met hierdie lyn gedra kan word.

Jou versoek word in ’n binêrekode omskep wat byvoorbeeld só kan lyk: 101 0011.

Dit werk op dieselfde beginselas Morsekode: Die lig of klank kan net aan of af (0 of 1) wees, maar as jy die lig of klank ge-noeg aan- en afskakel, kan jy in-gewikkelde boodskappe oor groot afstande stuur.

Jou versoek – wat in ’n binêrekode verander is – word in die vorm van lig in die optiesevesel-kabels gestuur soos wat ’n vuur-toring Morsekode sal gebruik om met bote op die water oor ’n lang afstand te kommunikeer.

Jou versoek word aan die an-derkant van die kabel opgetel waar die binêre kode terugver-werk word na rekenaartaal en jou versoek aangestuur word.

Hierdie kabels kan duisende

versoeke hanteer, want die lig van verskillende versoeke wat verby mekaar trek, vertraag nie mekaar en jou internetspoed nie.

Koperkabels dra die inligting al hoe stadiger oor hoe langer die kabel is.

Optieseveselkabels het inge-boude stoppunte wat jou bood-skap ontvang, ’n kopie daarvan maak en ’n duplikaat met ’n ver-sterkte lig aanstuur.

Dus kan hierdie versoeke vin-nig oor groot afstand gestuur word.

Die spoed van inligting wat met hierdie kabels gestuur word, is so vinnig dat jy ’n liedjie binne sekondes kan aflaai en flieks oor die internet kan kyk sonder om te wag vir die beeldmateriaal om op te vang.

Van hierdie optieseveselverbin-dings is tien keer vinniger as ADSL-lyne.

Ondersese  kabels’n Mens sal verwag dat wanneer jy ’n webwerf van Amerika laai, die inligting met ’n satelliet van Amerika na jou rekenaar gestuur word. Dit is selde die geval. So-wat 300 ondersese kabels op die seebodem verbind vastelande.

Die eerste van hierdie kabels,die TAT-8 (Transatlantic telecom-munications cable), is op 14 De-sember 1988 van Tuckerton, New Jersey, VSA, na Widemouth, Engeland, en Penmarch, Frank-ryk, gelê en was sowat 5 050 km lank. Die lyn kon 40 000 telefoon-oproepe gelyktydig hanteer en was slegs 21 mm breed.

Die eerste Transatlantiese tele-gramme is op 16 Augustus 1858 gestuur. Dit het gemiddeld twee minute en vyf sekondes geneem om ’n enkele karakter te stuur en die eerste boodskap het 17 uur en 40 minute gevat om deur te gaan.

Optieseveselskabels  in  Suid­Afrika?Een van die struikelblokke van optieseveselkabels is dat selfs al het jy die vinnigste internetlyne wat vastelande met mekaar ver-bind, het jy nog steeds die infra-struktuur tot by jou huis nodig vir ’n optimale internetspoed.

Maar dit is duur om die kabelste installeer en nog op min plek-ke in Suid-Afrika beskikbaar.

Plaaslike internetdiensverskaf-fers begin stelselmatig lyne aan-lê, maar dit sal duur wees totdat meer mense dit gebruik.

In dié stadium is dit nie ’n praktiese opsie vir die meeste huishoudings nie.

Diegene wat dit nou kry sal diéwees wat ekstra woema soek, soos mense wat rekenaarspele-tjies oor die internet speel of mense wat op dienste soos Show-Max of Netflix inteken om flieks en TV-reekse te kyk.

Vesel gee jou internet soos spoed van lig

NICO  GOUS@nico_gous Optieseveselkabels  sorg  vir  blitsvinnige  internetverbindings. Foto:  iSTOCK

Tegnorubriek