Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
TYDSKRIFVIR
LETTERKUNDEXXIV:1 FEBRUARIE1986
Ernst van Heerden 70
Verhale van Koos Prinsloo
Erika Murray
Pieter Stofberg
Elize Botha(Redaktrise)
Elsa Nolte P.H. Roodt N.J. Snyman(Redaksionele medewerkers)
Skakelredaksie; J.J. Brits W.A. de Klerk Andre DemedtsKoos Meij Eben Meiring P.J. Nienaber Henning Pieterse
Rika Cilliers Mary-Ann van Rensburg M.M. Walters
Joan Lotter
Z.J. Pretorius
REDAKSIE-ADRES EN ADMINISTRATIEWE ADRES:
(Vir bydraes, intekening en sirkulasie)
TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE, Posbus 1758, PRETORIA
INTEKENGELD:R10 per jaar. Los nommers: R2,50 per eksemplaar.
L.W.: Skole word versoek om direk by die bg. adres in te teken.
Die publikasie van hierdie tydskrif word moontlik gemaakdeur 'n jaarlikse skenking van
DIE DEPARTEMENT NASIONALE OPVOEDING
en van
DIE AFRIKAANSE PERSFONDS
aan die Afrikaanse Skrywerskring wie se amptelike orgaan dit is.
Menings wat deur medewerkers uitgespreek word, is nie noodwendig ook
menings van die redaksie of van die Afrikaanse Skrywerskring nie.
ISSN 0041 -476X
Inhoud
Ernst van HeerdenKoos Prinsloo
Erika MurrayPieter Stoffberg
Johann KappPieter Pretorius
Aletta LubbeJoan HambidgeLina SpiesMarie AgostinisGiovanni Verga(vertaling Marie Agostinis)
Lucas Malan, Jennifer Fletcher
Friedman. H.B. Kock, Marthi-
nus P. Beukes, Joan-LouiseDurr, A. Hunt, S.V. PetersenLiterêr-aktueel
Boekbesprekings
Nuwe Afrikaanse boeke; OktoberVoorgeskrewe boeke vir Matriek
Gedigte in Engelse vertaling 1
Die brief 6
Kaalvoet oor die berg 12
Bloedsweet 20
Die pyn 27
Die hoender 32
Wat gaan aan in die wêreld 34
Elegie 37
Lewe my vers? 39
Giovanni Verga (1840—1922) 57
My goed 60
Gedigte 65
Lina Spies: D.J. Opperman: Dirk-
der-duisende 76
P.C. Paardekooper: kort dagver-
haal 77
Marianne de Jong en la van Zyl:
meningswisseling 84
H.S. van Blerk word sewentig 88
Renske Bornman oorlede 91
Nuwe Skakelredaksielid 92
la van Zyl: Vir onskuldiges (Frans
Coetzee) 93; Die groot eier vanAghwibib (W.F. van Rooyen) 94;
My mense (P.J. du Toit) 95; Enoseaan (Jan Rabie) 96; Elsabe
Steenberg: Die Haasvanger (Dolf
van Niekerk) 97; Karel Kousop(Dolf van Niekerk) 98; Donkerbos-kind (Louis Kruger) 99; Die sak-
mense (Maretha Maartens) 100; Dagvan die reuse (Pieter Pieterse) 101— Desember 1985 104
108
Digitized by the Ihternet Archive
in 2017 with funding from
University of Pretoria, Library Services
https://archive.org/details/tydskrifvirlette00uns_v8c
Gedigte van Ernst van Heerden in Engelse vertaling
(Hierdie ses gedigte van Ernst van Heerden is deur dr. Jean Branford van
die Oxford Dictionary of South African English in Grahamstad vertaal. Ter
geleentheid van die digter se sewentigste verjaarsdag op 20 Maart 1986 ver-
skyn daar vanjaar by Tafelberg 'n groep van haar vertalings van Van Heer-
den-gedigte onder die titel The Runner and the Shadow.)
Re-enactment
On Brixton Hill the cutting wind sliced cold
as — cheerful — I, with bicycle and lamp,
sped by and saw a slumped heap lying there:
on the tarmac was someone clad in black,
black blood — struck down on the way to Jericho.
My heart drew rein, stopped with a jerk of brakes,
wheels crunching on the roughenedasphalt road; I bent alarmed
and in his dulled and glazing eye I
saw the far-off candle of conscious life.
Fire-sparks from his wounds spattered
my hardened palms, and I longed
for wine or herbs or healing oil
in my workman's lunch-box,
to stem that darkening glow of death.
What is your name, I whispered,
but could scarcely catch the flutter
of his voice: l'm called Samaritan —his fingers trembled, eloquent in gesture,
and he pressed two pennies in my hand.
(From Anderkant Besit, Nasionale Boekhandel 1966, Cape Town)
Poet's equipment: five tools
See through the smoke the city
that surges in cloud to the upland;
smell the grip of the winter fire-smoke
and the Ceylon rose early;
hear the far train's whistle,
the note of childish laughter;
taste fig-jam of Ouma's makingand a bleeding tooth;
feel the chillness
and the night.
(From Tyd van verhuising, Tafelberg Publishers 1975, Cape Town)
Magus
Along the back roads of our country
and in the alleys of our cities
he makes his way, brown and ragged,
with wild and tattered hair (not like ours) — lashing
us with words that sting like nettles,
picturing forth apocalyptic scenes of
reeking smoke and destruction;
with obliterated landmarks and cloven skulls
and burnt out skeletons of innumerable ruins;
so he recalls for us the Tartars with their shaggy ponies,
and the moss-grown tundra, with
violence everywhere of spear and club,
the single weeping lost and straying woman;
his words speak of doom, of panic and fear,
of hapless exiles stranded on some cold primaeval shore
where the dune-grass bends seaward
as the sooty wind blows from the land ...
2
but he doesn't say (perhaps he doesn't know)if the thistledown will lodge somewhere,if the core will thrust up moisture or a shoot,
and the tender leaf once more will
break the dried blood and the ashen crust.
(From Anderkant Besit, Nasionale Boekhandel 1966, Cape Town)
South-easter: Stellenbosch
Under the onslaught
the pepper-tree three-quarters pack downand the poplars shoot
out of the scrumto the pine that's playing half-back
a swift wind-egg
which bypasses the forwards, clumsy oaks,
and neatly whips
out to the nimble wing
of the silver tree.
(From Teenstrydige Liedere, Tafelberg Publishers 1972, Cape Town)
Dithyramb for the first man
Pristine he stands,
the first created — in
luxuriant virgin woods,by springs of purling water;
and
finds the pure world clean,
bone-marrow unsoiled,
and heartbeat firm and undisturbed.
He feels alone
a silent entity,
born of the sun with the eagle,
primal-beast, deer,
whale, peacock and dog,the lithe river's sleek lissomness,
otter and water snake.
Throughout:
are mine-deeps of mineral wonders,
excited bees in their
hexagonal industry,
a whole world which zoomsand íows and croaks.
Almost antipodal,
a non-part of himself
stirs a dawning craving and
lust to grasp —which burns
like an unseen wound in either hand.
(From Die swart skip, Tafelberg Publishers 1985, Cape Town)
Myself when young
In my childhood days
there were frogs in the water furrows,
little lizards in the bushes
and Karoo moons,grownups chatting on the stoep,
our own time for kneeling down for evening prayers,
and for one fair head, lusting after books,
for all sorts of adventures —devices of lion and sword.
Who told him of woundsdeeper than the little hurts inflicted
by roughness of his fellows,
clumsy on the playground;
who:told of Rigoletto's rounded baritone with
its ringing malediction of false courtiers,
of heroic Bader in his little aircraft,
of Toulouse-Lautrec, misshapen, but with dancing brush?
And that the one lengthy blast of Roland's horn wouldbecome something of his very own.
4
that snails never would attack the dog,
that flashes of sheet lightning
never would strike us,
that need would only touch the poor,
and even the symbolic fish and phallic eel
wriggled for other
children by the river pools.
The whole cold flattened world of the Karoo
with its enfolding mountains
held the innocence (and ignorance)
as in a conch,
a jackal's skull, or a tortoise shell.
Already early
I was filled with
fear of things I dread, like
going mad, dizzy heights, Ma's death
and the flash — heat-searing —of God's vengeance in the night.
(From Die Swart Skip, Tafelberg Publishers 1985, Cape Town)
5
Koos Prinsloo
Die brief
Rut het op die brief afgekom die dag ná haar terugkeer uit Athene. Dit wasin die kartondoos tussen die pos wat opgehoop het tydens haar vakansie
van ses weke in Europa — haar naam en adres netjies op die voorkant vandie wit koevert getik: Rut Naudé, Blenheimstraat 3, Kensington, Johannes-burg 2094.
Rut het teen tienuur die oggend wakker geword. Sy het 'n rukkie bly lê
voordat sy opgestaan en in die badkamer aan die oostekant van haar dub-
belverdiepinghuis gaan was en liggies gegrimeer het.
Deur die venster kon sy haar bediende, Katrien Mashishi, in die agterplaas
sien wasgoed ophang. Haar groot liggaam in die blou en wit uniform het
stadig heen en weer beweeg op die maat van 'n deuntjie wat sy saggies
geneurie het.
In haar kamer het Rut haar koffers uitgepak voordat sy 'n ligpers katoenrok
aangetrek het en na die voortuin is. Sy het onder die jakarandaboom gaan
sit terwyl Katrien Prince of Wales-tee en vars brosbrood op die tuintafel van
gegote yster bedien het. In die bedding agter hulle was die Samurai en die
lceberg, Rut se geliefkoosde rose, in volle blom.
Ná 'n ligte middagete het Rut die pos in die kartondoos begin deurwerk. Die
bankstate en rekeninge het sy geliasseer en die uitnodigings na kunsuitstal-
lings in haar dagboek aangeteken. Die persoonlike briewe het sy gehou vir
laaste. Sy het effens gefrons oor die koevert wat nie 'n naam en adres opdie teenkant gehad het nie en dit versigtig oopgeskeur met 'n antieke
briewemessie van ivoor wat haar ouma Johanna in die Anglo-Boereoorlog
van 'n Britse offisier persent gekry het. In die koevert was 'n koerantknipsel:
BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyle VICTOR PAULUS RAUTENBACH, gebore 16 April 1918. Iden-
titeitsnommer 180416 5034 00 6, van Blenheimstraat 3, Kensington, Johannesburg. Meester-
verwysingsnommer 14748/84. Ingevolge die bepalings van Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965
word kennis hiermee gegee dat afskrifte van die finale Likwidasie en Distribusierekening in die
bogenoemde boedel ter insae sal lê vir inspeksie van alle persone wat belang daarby mag hê vir
'n tydperk van 21 (EEN-EN-TWINTIG) dae, bereken vanaf 3 Mei 1984 by die kantore van die
Meester van die Hooggeregshof in Pretoria en by die Landdroskantoor in Johannesburg. In-
dien geen besware daarteen gemaak word by die Meester van die Hooggeregshof of by die
Landdroskantoor gedurende hierdie periode nie, sal die Eksekuteur voortgaan met uitbetalings
in ooreenstemming met die rekening.
E P Botha
Posbus 2735
JOHANNESBURG 2000.
489261 MEI3(EPBOTHA)170,78
Die knipsel was vergesel van 'n getikte notatjie.
6
Rut was agttien toe sy Victor ontmoet het. Sy het saam met 'n jong musiek-
onderwyseres, Agatha Mostert, geloseer, in 'n huis in Parktown. Agatha
was reeds aan Victor verloof.
"Ek het op Victor verlief geraak die eerste keer toe ek hom gesien het," het
Rut jare later aan haar vriendin Sari gesê. "Hy het haar die aand by die huis
kom haal. Hulle was op pad na die teater. Ek dink nog dit was As you like
it." Sy het met haar wysvinger oor die lewervlekkies op haar handrug ge-
streel.
"Sy het 'n rok aangehad van donkergroen fluweel. Ek onthou hoe hulle
teen die trap afgestap het. Sy hemp het onder sy aandpak se baadjie uit-
gehang."Sari het afgetrokke na die stadige sirkelbeweging van Rut se vinger gekyk.
"Roses of death," het sy ingedagte gesê en nog jenewer geskink. Later die
agtermiddag het hulle gaan pronk-ertjies pluk in die tuin. Dit was reeds
Oktober.
Rut het na vier wakker geword. Buite het Katrien die jakarandabloeisels in
die oprit na die huis bymekaar gevee. Rut het nie geroer nie, net bly lê methaar oë toe en geluister na die egalige geluid van die grasbesem oor die
baksteenplaveisel.
Toe die telefoon in die gang begin lui, het sy dit nie gaan antwoord nie. Syhet op haar sy gedraai en gekyk na die foto van Victor in die raam van wit
porselein voor haar bed — 'n middeljarige man met 'n pyp in die mond en
donker hare wat glad teen sy kop gekam is.
Sy het 'n rukkie later opgestaan, warm water in 'n erdeskottel ('n verjaar-
daggeskenk van Katrien) getap en Engelsesout uit 'n blou en wit pakkie in
die water gegooi. Met haar een voet het sy die oplossing omgeroer. Weerhet sy die brief en die koerantknipsel uit die koevert gehaal en deurgelees
terwyl sy albei haar voete in die water laat week het; tussen die groen, rooi
en blou roospatrone in die skottel uit Marabastad.
Victor en Agatha is getroud en Rut het 'n jong biologieonderwyser ont-
moet. Hy het 'n breë glimlag gehad en 'n Kaapse bry.
"Hy sal 'n goeie man wees vir jou," het haar ma op 'n aand in haar skakel-
huisie in Braamfontein gesê. Hulle was besig om souskluitjies te eet.
Dit was 'n eenvoudige huwelikseremonie in die Hervormde Kerk op 'n kop-
pie in Melville. Die dominee het gelees uit Hooglied: "Dra my soos 'n seël-
ring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood,
die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n
vlam van die Here."
Haar man het haar te lyf gegaan nadat sy reeds swanger was. Later het hy
haar om vergifnis gesmeek, maar Rut het van hom geskei en die kind, sy het
haar Sarah laat doop, self grootgemaak.
7
Rut het haar voete uit die skottel gehaal en aan 'n dik blou handdoekafgedroog voordat sy haar toonnaels geknip en met deursigtige naellak
geverf het. Nadat sy met 'n plastiekgieter die viooltjies in die vensterbankenatgegooi het, het sy in die waskamer met Katrien gaan gesels. Asof vir die
eerste keer het Rut die vlootblou blokkiespatroon wat die wit geteëlde
ondermuur omlys, raakgesien. Sy het haar hand stadig daaroor laat gly tot
by die teëltjie in die hoek; die woorde "Saxonia Tiles, L.C.C., Phone 2542— Jeppes" in die glasuur vasgebrand.
Met haar voete op die kussing het sy in 'n rottangstoel in die hoek gaan sit
en Katrien van haar besoek aan haar dogter vertel in Salzburg waar haar
man klavier aan die Mozarteum doseer. Later, het Rut belowe, sou sy
Katrien die foto's wys van Sarah en haar Duitse skoonseun met die bok-
baardjie en goueraambril op die Residenzplein voor die Domkerk.
"Sy's baie gelukkig," het Rut gesê.
"Dis goed so," het Katrien geantwoord. Toe sy die laaste wasgoed begin
opvou, het Rut haar gevra na die welsyn van haar kinders en het hutle
gepraat oor Katrien se man wat drie jaar vantevore in 'n rotsstorting by die
nr.4-skag van die Hartebeestfontein-goudmyn naby Stilfontein dood is.
"Die kinders wil nie meer luister nie," het Katrien gesê.
Dit was al skemer toe sy gegroet het en die straat af is na die bushalte.
By 'n Oujaarsaandparty in Greenside — dit was 1946 en pres. Harry Trumanhet dié dag amptelik die einde van die Tweede Wêreldoorlog aangekondig— het Rut vir Victor die eerste keer weer gesien sedert sy en Agatha se
huwelik. Hy het pas sy eie praktyk begin.
"Jy't gemature," het hy gesê. "Hoe gaan dit?"
"Sadder but wiser soos die wysgeer sê." Sy het aan 'n wit orgidee wat met'n stuk kleeflint aan haar kaal skouer vasgeplak was, gevat.
Net na elfuur die aand het Agatha Trockne Blumen uit Die schóne MuHerin
van Franz Schubert op uitnodiging van die gasheer in die sitkamer gesing.
'n Bleskopman van Parkhurst het haar op 'n wit baby grand begelei.
Halfpad deur die lied het Victor met 'n glas vonkelwyn in die hand uitgestap
op die gepoleerde swart stoep en met die trappe af na waar Rut langs die
visdammetjie in die tuin gestaan het. Hy het die glas geledig en dit tussen
die geel en wit waterlelies ingegooi. Toe sy omdraai, het hy haar in sy arms
geneem en op die voorkop gesoen. In die sitkamer het die gaste hande
geklap.
Middernag het almal Sal ons ou kennisse ooit vergeet ges\r\g en toe Kent gij
dat volk.
Rut het vir haarself roereiers gemaak vir aandete met roosterbrood en
daarmee saam 'n glas rooiwyn gedrink. Sy het 'n plaat op die draaitafel
gesit; 'n Trio van Brahms. In die gang het sy lank langs die telefoon gestaan
en kyk na 'n foto teen die muur voordat sy die gehoorstuk opgetel het omvir Sari te bel. Sy het haar vertel van die Persiese tapytjie wat sy in Turkye
gekoop het waarin die motief van 'n treurwilgtak geweef is. "Die handelaar
8
het gesê iemand in die tapytwewers se familie moes gesterf het. Toe koopek dit.” Onder die leeslamp langs die telefoon het sy 'n kleibord gehou uit
Griekeland — 'n replika van 'n artefak uit die Attiese tydperk, 430 v.C.
"Die mooiste? Nee, ek weet nie. Ek wonder net waarom die mensdom so
op Jesus Christus konsentreer," het sy gesê terwyl sy die bord versigtig
neersit en opkyk na die foto van Victor op 'n strandstoel met Sarah, 'n
dogter van agt, op sy skoot.
Sy het afgelui sonder om Sari iets van die brief te sê.
Ná die Nuwejaarsparty het Rut vir Victor nie gou weer gesien nie en 'n
verhouding met 'n argitektuurstudent aangeknoop wat jonger was as sy. Syhet aan hom verloof geraak, haar kind gevat en Kaapstad toe verhuis, agter
die jongeling aan. Hulle het in 'n huis in Jagersfontein in die Tuine ingetrek.
Teen April was die verlowing verby. Hy het gedreig om sy mooi blonde kop
weg te blaas.
"Doen dit asseblief net in die straat," het sy gesê. "Ek wil nie bloed op die
Khelims hê nie." Daardie nag nog het sy 'n brief aan Victor geskryf. Toe sy
ná twee weke niks van hom hoor nie, het sy sy praktyk van 'n telefoon-
hokkie op die stasie af gebel. Jammer, dr. Rautenbach is op 'n wêreldreis,
het die ontvangsdame gesê. Maar hy het teruggekeer van sy wêreldreis en
haar brief gekry. Sy het na Johannesburg teruggekeer.
'n Jaar later het Rut verwagtend geraak. Victor het Agatha verlaat, maar sy
het 'n senuwee-ineenstorting gekry en hy het weer by haar ingetrek en
gereël vir 'n aborsie.
Nadat sy gaan bad het, het Rut 'n beker kakao gemaak en is sy bed toe. Syhet begin lees aan Colette se Le Toutounier. 'n Uur later het sy haar bril
afgehaal en die lig afgeskakel, maar sy kon nie slaap nie.
Teen middernag het sy opgestaan. In die laai van haar spieëltafel het sy
onder haar onderklere 'n oefeningboek uitgehaal. Sy het teruggeklim in die
bed en weer haar bril opgesit. Voor in die boek was Victor se naam. Die
eerste inskrywing in die dagboek uit sy studentejare was gedateer 14 Julie
1940.
"Ek verstaan reeds die strukture van die wonderlike masjien wat die
menslike liggaam is. Die harmonieuse werking van die ratte en wiele
gedurende gesondheid, hulle foute in siekte, en die finale afbraak in die
dood ..."
Rut het stadig verder gelees. "12 April 1941 ... Of is dit miskien maar 'n
verbygaande toneeltjie in die panorama van die lewe; hierdie dronk gevoel,
die oë en hare van vroue — Ships passing in the night?"
Rut het die dagboek op haar skoot laat sak.
"Liefde? Owerspel? ... Wie weet?" het sy eendag vir Sari gesê. "Dit wasvier-en-dertig jaar van my lewe en hy het nooit van haar geskei nie."
"Hy het tog by jou gewoon."
9
"Die laaste ruk ja, maar miskien het ek 'n leuen geleef ..."
Rut het na die volgende inskrywing geblaai: "14 Augustus 1941. En weerstaan ons voor 'n krisis soos ons al vantevore gestaan het op 4 September1939 by Monumentkoppie te Pretoria en by die Bloemfontein-kongres, toe
een van ons leiers hom onttrek het uit die siel van 'n herenigde volk ... Ek
doen mee — slegs een van duisende — en kies Nasionaal-Sosialisme
teenoor Kommunisme. Miskien na baie louterings sal ek verander, mybesluit bitter berou en weer van voor af deur die smeltkroes moet gaan ..."
Rut was met vakansie op Keimond in Noordoos-Kaapland waar Victor hom'n week later by haar sou aansluit, toe Katrien sewe-uur een oggend bel:
"Nooie, die Ouman is dood," het sy gesê. Sy het die oggend soos
gebruiklik vir Victor tee in sy kamer gevat en sy lyk met die 6,35mm-pistool
nog in sy hand op die bebloede bed gekry.
Rut het die volgende oggend teen halfagt wakker geskrik. Victor se
dagboek het langs haar op die sybokhaarkombers oopgelê. In die
palmboom voor die venster het twee Indiese spreeus gekwetter. Sy het
skielik regop gesit in die hemelbed. Die wit koevert het langs Victor se foto
op die bedkassie gelê. Sy het net die getikte notatjie uitgehaal en dit weerdeurgelees: "Reg en Geregtigheid sal altyd seëvier". Geteken: Mev. AgathaRautenbach.
Drie maande later terwyl Katrien in die kombuis besig was om groenbonete kerf, sou sy aan Rut sê dat sy met 'n plaasarbeider gaan trou en haar
kinders op die platteland gaan grootmaak. Dit was 1985. Rut het met haar
rug teen die yskas gestaan en begin huil.
"Nooie." Katrien het opgestaan van die skottel boontjies af en sonder omhaar hande af te droog Rut in haar arms geneem en begin sing, "T'hola,
t'hola ngoaname ..." Deur haar trane en die venster agter Katrien se rug
kon Rut die persrooi bougainvillea sien. Halfpad deur die lied het Katrien se
stem gebreek.
Maar daardie oggend, die dag nadat sy die brief van Agatha ontvang het,
het Rut die velletjie papier saam met die koevert en koerantknipsel opgeskeur
en in die snippermandjie voor haar bed tussen die gebruikte oorpluisies en
sneesdoekies gegooi.
Katrien het haar in die gang gekry. "En nou, my nooie?" het sy gevra.
Rut het 'n swart rok aangehad, 'n bruidsrok met 'n lae hals van dun fluweel
en glimmende sy. Om haar arms en nek was stringe pêrels, party stringe
oneweredige varswaterpêrels, ligblou en ligroos, en handgemaakte glas-
krale uit Venesië. Haar gesig was swaar gegrimeer, soos dié van 'n ou Holly-
woodster wat na jare deur die American Film Institute vereer word met 'n
toekenning. En in haar hande het Rut 'n klein vaal kartondosie vasgehou.
10
Sonder om Katrien te antwoord, is sy met die wenteltrap af en uit na die
voortuin waar sy in die verweerde tuinhuisie 'n paar oranje rubberhand-
skoene aangetrek en 'n tuinvurkie gekry het.
Katrien het haar deur 'n venster uit die sitkamer dopgehou.
Op haar knieë by die roosbedding het Rut die kartondosie vir die eerste keer
oopgemaak. Binne-in was 'n plastieksakkie met 'n etiket waarop 'n nommergetik was en 'n naam: Victor Paulus Rautenbach. Sy het die sakkie versigtig
oopgeknoop en toe die growwe gryswit as wat soos klein stukkies verbrok-
kelde lawarots gelyk het, in die los grond onder die roosbosse begin inwerk.
11
Erika MurrayKaalvoet oor die berg
Gerrit en Wendy bring vir Emma stasie toe. Haar trein het reeds ingetrek,
maar hulle kan nie bly nie, hulle is op pad na 'n musiekkonsert. Eers klim
Gerrit tog in, sukkel met die halsstarrige knip van die blinding van haar
kompartement, dwing die skuifvenster af, kyk 'n keer na sy handpalms en
neem haar bagasie by die kruier aan.
Dan is sy binne en hulle buite. Sy kry die onmiskenbare reuk van die trein:
koolstof, ou sigaretrook, urine. Bokant die banke is foto's van die see by
Plettenbergbaai, van Tafelberg en van sebras in die Krugerwildtuin. Leer
ken jou land ... Sy kniel op die gekraakte groen leerkussing en leun uit. Die
venster se houtraam druk teen haar ribbes, sy voel reeds vuil, het reeds
behoefte aan 'n bad.
"Dankie ... dankie vir alles ..."
"Dit was te kort. Ons het nie die helfte van ons prate gepraat nie. Jy moetskryf. Skryf hoe dit gaan. En met jou ma ... Het jy genoeg leesstof?"
"Oorgenoeg. Dankie."
"Dalk is jy gelukkig, dalk het jy nie geselskap nie. Het jy gekyk?" Sy en
Wendy lees saam die wit kaartjie onder die klampie buite haar venster:
Mev. E. van WykMev. V. Vermaak & 3 kinders.
Wendy slaan haar oë boontoe. "Behoede my. Waarom het jy nie eerste klas
bespreek nie?"
Waarom nie? Sekerlik nie ter wille van die onkoste nie. As kind en student
het sy tweede klas gereis. Toe sy nou na jare weer plek op 'n trein bespreek,
het dit nie by haar opgekom om anders te doen nie.
Dit word laat, die ander twee is haastig, hulle soen haar albei. "Tot siens.
Goeie reis. En Em ... sterkte".
Sy bly daar sit, oë gesluit, maar teen haar ooglede sien sy nog steeds die lig
van hierdie laaste Kaapse dag. Wit lig, skerp skaduwees, en as jy opkyk,
donker loof. Die gekoer van duiwe ... Sy wou indrukke versamel om saamte neem. Sy het gedink aan die tabaksakkie waarin sy as kind albasters
gehou het. Elke ervaring van hierdie afgelope week het sy weggebêre omtuis weer uit te haal wanneer sy dit nodig het. 'n Beswering teen wat onver-
mydelik en seker voorlê.
Toe dit 'n paar weke gelede blyk dat haar ma al weer 'n operasie moes hê en
dat dit daarby spoedeisend was, het haar skoonsuster Monica oorgery van
haar woonstel in Sunnyside. Emma het die motortjie hoor stilhou en haar
naaldwerk neergesit, maar voordat sy by die voordeur kon kom, wasMonica al in die sitkamer.
"Slaap sy?"
Emma het omgekyk na die geslote binnedeur.
12
"Sy't gaan lê. Sy is baie ontsteld". (En ek weet jy is verlig dat jy haar nie
nou hoef te sien nie).
En toe het Monica se voorstel haar verstom: "Jy gaan nou luister na wat ek
sê, Emma. Ek het eers met Mike gepraat, dus kan jy nie eers begin argu-
menteer nie. Ek trek hier by Mike en die kinders in. Ek neem verlof en ek
sien jou ma deur die operasie en ek ry jou klompie ballet en blokfluit en wat
ook al toe aan. En jy gaan vir 'n week weg."
"Jy's van lotjie getik, Monica. Ek sal dit nooit doen nie. Mammie sal mynodig hê. Ek sal my nie vir 'n oomblik ophou bekommer nie."
"Daar is niks wat jy kan doen wat ek nie ook kan doen nie. Sy sal versorg
wees in die hospitaal. En bowendien, hierdie operasie is maar die begin van
'n lang paadjie."
'n Lang paadjie waarvan hierdie nie regtig die begin was nie, maar wateintlik ook die verlede in gestrek het byna sover as wat sy kon sien en ont-
hou.
"Jy is die laaste tyd so gespanne, 'n mens kan met jou toor," het Monicagesê. "Is dit net jou Ma wat jou omkrap? Jy en Mike het nie dalk moeilikheid
of iets nie?"
"Natuurlik nie. Ek is net dun getrek, dis al. Ek is jammer, Mon. Ek sal
daaroor dink. Ek sal weer met Mike praat."
Sy het haar laat oorreed om weg te gaan. En die Vader weet, sy het dit
nodig gehad. Sy het al weke lank die gevoel gehad dat sy besig was om uit
die laaste van haar reserwes te put. Dat sy enige oomblik kon wegsink en
dat die lewe bo-oor haar sou toemaak sonder eers 'n borreltjie om te wysdat sy ooit daar was. Sy was verswelg deur besittings en instandhouding,
deur vier kinders, ouderdomme, stadiums, emosies en verant-
woordelikheid. En haar ma wat haar alleen reeds sou kon inpalm as dit
moontlik was. ("Ek wil nie vir jou 'n las wees nie, Kindjie. Maar sal jy nie
...") En Mike ...
Emma het haar uit rybeurte gewikkel, tandartsafsprake verskuif, 'n remedië-rende klas vir haar jongste kind gekanselleer, kruideniersware gekoop,aandetes en skooltoebroodjies gevries. Toe sy vertrek, het dit vir haar
gevoel asof hande na haar reik en kinderarms haar vasklem. Ook haar mahet haar vasgehou, broos en bang. En Emma het haar kop op die ouer vrou
se skouer gelê en haar trane voel weggly in die syerige materiaal van haar
kamerjas. Wrewel en liefde en angs en verset. Ja, dit was noodsaaklik dat
sy wegkom.Behalwe dat dit nie vir lank genoeg was nie.
Die eerste dag van haar besoek het sy reeds geweet: ná vandag is daar net
ses dae oor. En daarna: vyf, vier, drie dae ... Elke aand was daar die
telefoonoproep: Hoe gaan dit met Mammie? Hoe voel sy? Wat sê die
dokter? En onvermydelik: Wat doen die kinders? Kom julle reg? Toe Helena,
haar tienjarige, een aand die telefoon antwoord, het die gehuil: "Mammaweet nie hoe dit is om Ma se stem te hoor nie". Sy kon nooit wegkom van
13
hulie stemme, van haar eie ma-stem nie, en sy het paniekerig geweet: móreis ek weer daar. Móre word Mammie ontslaan. Móre staan ek weer as buf-
fer tussen die geslagte en gaan dit weer 'n refrein word: "Kindjie ..." en
"Mamma ..." (En Mike se fluit-roep as hy tuiskom en sy "Eml")Sy het gegaan om afstand en perspektief te kry, sy het gevind die web van
liefde en verpligting vang haar al hoe stywer vas.
Dit het nooit by haar opgekom dat sy nie vanaand en vannag vir oulaas
alleen sou wees nie. Sy voel 'n groot weerstand teen die onbekende mevrouV. Vermaak en haar drie kinders, teen die openbaarheid van openbare ver-
voer. Heeltemal alleen, sonder selfs Wendy en Gerrit, die welmenendevriende wat hierdie afgelope week die hele oorvloed wat die Kaap maar aan
kuns en natuur en gesprekke kon bied op haar skoot wou uitkeer, sou sy
vannag kon dink. Sy sou soos in haar kinderjare na die klop van die trein-
wiele luister. En dalk, op die nippertjie, haar lewe sien oopgaan voor haar.
Buite hoor sy stemme, 'n gedruis, 'n gelag. Manstemme, 'n vrou se plesie-
rige gilletjie, kinderstemme, die deurdringende huil van 'n baba. Emma kyk
uit. Die groep mense het buite haar venster kom staan en is besig om die
name op die plekkaartjie te ontsyfer. V. Vermaak en haar trekkie word aan
die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens oorgegee en opgedra deur 'n
groep, 'n gevolg van vrolike vriende. Hulle moes eers iewers partytjie gehouhet, 'n paar het nog elk 'n botteltjie bier in die hand. Hulle het sweerlik meer
as bier in, dink Emma. Dit is duidelik wie die hoofpersoon is. Die jong vrou
in die middel van die groepie het 'n rooi langbroek en 'n geel hemp aan. Sydra rooi oorringe en sandale en 'n ritsie rooi en geel plastiekarmbande. Sygooi haar blonde kop agteroor as sy wyemond lag en haar stem klim bokant
dié van haar vriende uit. Een van die mans het 'n arm om haar skouers:
"Hier's jou plekkie, Veronica. Sê nou eers vir my tot siens. Niekie moetmooi na jou kyk. En as hy dit nie doen nie, kom jy terug na my toe, hoor!"
Nog iemand uit die groep neem hom speels agter aan sy kraag en sleep homweg. "Ek gaan vir Niek laat weet jy krap in sy slaai. Wie't jou bybie, ou girl?
Hier sit al 'n tannie in jou kompartement. Kom ons gee die kleintjie aan, dan
kan ek jou goed begin aanvat."
'n Baba word van hand na hand aangegee, in die lug opgehou en beland op
Emma se skoot. Sy voel dadelik dat hy nat is. Sy dink aan haar mooi linne-
romp waarop daar nou 'n donkerder groen kol gaan sit. Hy het ophou huil.
Hy is stewig, hy beur vorentoe met sy stywe ruggie, reik uit na die blink knip
van die leerhandsak wat langs haar lê. Sy handjie het oopgegaan in vyf
vingertjies, hy vat en vat met volkome konsentrasie. Byna onbewus hou sy
hom stywer vas. Sy hare is natgesweet van die huil en lê donker om die
ronde koppie.
Die man wat die kind vir haar aangegee het, is reeds in die kompartement,
maar steur hom nie verder aan haar nie. Sy verkyk haar aan hom. Hy dra
tekkies sonder kouse, 'n nousluitende swart broek, 'n heldergeel frokkie.
Om sy pols klingel armbande. Sy onnatuurlik-geelwit hare is in die punk-styl
14
gesny. Terwyl hy 'n stroom bagasie ontvang en op die bank agter homstapel, praat hy: "Niekie gaan moan as hy sien wat jy alles saampiekel,
Veronica. Waar gaan jy in die karavaan met al hierdie junk heen? Wat's alles
in hierdie bokse?"Veronica se rooi mond lag. "Wat weet jy van kind grootmaak, Frankie? Dis
die kleintjie se doek-emmers en Miltonbak en 'n gasstofie. En die ander se
speelgoed en my nuwe tafeldoeke en handdoeke en my waterlose kastrolle.
En olywe en 'n klompie blikkies gerookte oesters en van my ma se korrel-
konfyt. Ons lewe in style."
"Eppie-style," lag hy. En iemand anders: "Heppie-eppie."
"Style," herhaal sy. "Julle moet kom eet by ons."
"Pas op, ons kom nog. Ons sal 'n ossewa huur of iets. 'n Land Rover. Stuur
net die adres."
"Veronica en Niekie Vermaak, per adres Die Boendoe."
"Veronica, jy's 'n kaart."
Die trein gee 'n ruk, Veronica gil. Sy en twee dogtertjies word by die waingestoot. Voordat die witkop padgee, gryp hy na die laaste bagasie wat
met haastige hande aangegee word: 'n platgevoude stootwaentjie, 'n
doekesak, 'n rol komberse, 'n kartondoos met padkos en vrugte, 'n
grimeertassie. Wanneer die trein begin deduk ... deduk ... oor die spoor-
stawe, is sy en die kinders in die kompartement, hang sy by die venster uit,
roep opgewekte boodskappe, laat die hande van mense wat saamdraf
dralend los, wuif en wuif: "Bye ..."
Emma beskou die twee dogtertjies wat met onpeilbare wysheid terugkyk na
haar en die baba. Klein grootmensies, albei. Hulle dra goue oorringetjies,
wat haar aan haar eie Helena laat dink. lets, of dalk iemand, dalk die feit van
haar ma in die huis, het Emma nog altyd die hartstogtelike versoek vir gaat-
jies in die ore laat weier. Die oudste van hierdie twee dra blinkleerskoene
met bandjies en hoë hakke waaroor Helena seker ook ekstaties sou wees,
maar wat Emma selfs sonder gedagte aan haar ma sou uitgestem het.
Hulle het modieuse kuitlengte langbroeke aan en bostukke wat naeltjies en
die grootste gedeelte van hoekige borskassies blootstel. "Hallo," sê sy vir
hulle. "Julle boetie is pragtig." Hulle antwoord haar nie. Hulle deel nie in
hulle ma se sosiale vermoë en gulheid nie. Dalk moet hulle dit nog leer, dalk
het hulle dit al verleer. Daar is 'n sekere bedugtheid aan die twee kinders
wat haar aangryp.
Veronica draai van die venster af om. Sy sit op die bank tussen tasse, dose,
speelgoed, en kyk voor haar uit. Noudat haar gesig stil is, is dit byna
onherkenbaar. Daar is 'n pofferigheidjie onder die omlynde oë, die mond-hoeke trek 'n bietjie droewig afwaarts, sy lyk terselfdertyd ouer as wat Em-ma haar die eerste keer geskat het, en jonger, verlore, meer weerloos. Syhet 'n sigaret aangesteek en sy trek die rook diep in, blaas dit stadig en 'n
bietjie sidderend uit.
"Kan ons nie vir die kleintjie 'n doek aansit nie?" vra Emma. "Hy tap." Sy
15
voel ergerlik dat sy haar laat verlei het tot betrokkenheid by die ander vrou.
Sy het nie lus vir haar of vir haar kindertjies nie, sy wil nie oor hulle wondernie. En sy weet dat toe sy die woord "ons” gebruik het, sy haarself in 'n
mate reeds verbind het.
"Kan iv hom nog so 'n bietjie vashou dat ek hierdie goed eers bêre?" vra
Veronica. "Of gee hom vir die ander twee. Merle, vat die kind." Die oudste
dogtertjie neem die baba by haar, skud hom geoefend op die skerp heupie,
staan skeef onder sy gewig. "Sit tog," sê die ma. "Jy sal omduiwel as die
trein so skud." "Waar?" vra die kind. Sy is skaars agt, maar haar gesiggie
dra reeds 'n uitdrukking wat Emma se ma as dikmond sou beskryf het.
"Sit maar hier," bied Emma ten spyte van haarself aan en skuif nog naderaan die venster. 'n Treinbank is immers niemand se eiendom nie. Die
kinders deel dit dus met haar terwyl hulle ma nesskop. Veronica hurk en buken strek. Sy stapel en skuif en werskaf dinge op albei boonste bagasierakke
en diep onder die twee banke in en herhaal dan 'n deel van die operasie omeers weer die kinders se slaapklere by te kom. Hierna slaan sy die wasbak se
deksel op, maak die leerlippie aan sy knopie teen die muur vas, tap 'n bietjie
roet-gespikkelde water in, neem die baba by Merle en begin hom uittrek.
Selfs bo die reuk van die trein kry Emma die reuk van sy doek. Dan lê hy
kaal op 'n wit handdoek. Terwyl sy ma hom met 'n seeplappie was, probeer
hy onder haar hand omdraai. Sy blink lyfie het die spartelende helderheid
van 'n vissie. Hy is so heel, so perfek op hierdie oomblik dat Emma nie kan
wegkyk nie. "Het jy kinders?" vra Veronica terwyl sy werk. Sy smeerkwistíg boudjiesalf en skud babapoeier, trek behendig 'n frokkie oor die
baba se agterkop en dan oor die gesiggie, help met haar ken om sy doek te
vou terwyl een hand keer dat hy van die bank afrol.
"Ek het vier." Sy bied nie meer inligting aan nie. Die vrou is 'n prater, sien
sy. Sy het 'n mooi baba, maar sy is glad nie haar soort mens nie. Antwoord
jy op vrae oor kinders, word jy oor man en huis en werk uitgevra, en van jou
word dan verwag om dieselfde te doen. Emma het haar lewe lank nog self
besluit aan wie sy haarself wil meedeel.
"Ek ook," sê Veronica. "Die oudste gaan by my ma skool. Sy hou homdaar, sy sê hy is al te veel rondgesmyt. En hy kan haar help. Sy sukkel methaar hart. En haar bene. Ek is self bang vir spatare. Na vier kinders, weet jy.
Jou bene lyk nog baie goed."Emma trek haar bene onder die bank in.
"My man sê altyd hy kyk 'n vrou se bene." Sy swyg, want sy het die
verwerping aangevoel, tel die baba op, gaan sit met hom en klik 'n botteltjie
babakos oop. En Emma duik in 'n boek weg.
Deur die lees bly sy bewus van hulle. Die baba drink 'n bottel, die ma praat
koerend met hom, die dogtertjies het elk 'n speelgoedtassie oopgemaak en
sit stemmig met inkleurboeke en kryte op die skoot, kleur nog nie in nie,
maar voer 'n gesprek met mekaar in huiwerige, hoë stemmetjies. Later stry
hulle: Is nie-is. En dan sit die jongste een 'n droewige gesang in, dit is hart-
16
seer wat klim en klim: haar kombersie is nie daar nie. Emma, wat eenkeer 'n
hele naweek in die wildtuin moes oorleef sonder 'n kind se slaap-teddiebeer,
kyk op en sonder dat sy wil, deel sy 'n blik van magtelose o-hemel-wat-nou
met Veronica. "Jy kan Merle se Victoria-pop vashou," sê die ma, en Merle
sê: "Nee, sy kan nie," en die kleintjie huil.
"Hoe lyk die kombers?" vra Emma."Toiings. En vuil. Ek mag hom mos nie was nie. So 'n gele. Geel op sy
dag."
"Dalk het iemand dit iewers ingesteek toe hulle julle stasie toe gebring het."
Hulle kry die kombersie in die baba se doekesak.
Veronica het Emma die vroeëre afjak vergewe. Sy kyk oor haar skouer na
die boek wat sy lees. "Engels. Ek lees ook Engels. My ma is Engels. Dit
maak vir my nie saak watter taal ek praat nie, partykeer kom ek nie eers
agter of dit Afrikaans of Engels is nie. Maar moenie vir my 'n lang boek gee
nie. Ek sien jy lees gedigte. Dis darem korter." Sy bly weer 'n rukkie stil,
hierdie keer 'n gemoedelike stilte, dan vra sy: "Wil jy my Lonely Hearts
leen?"
"Jou wat?""Lonely Hearts."
Emma sit met 'n foto-tydskrif in haar hande. Sy voel iets soos histerie in
haar saamtrek. Sy wil lag, maar terselfdertyd is sy geïrriteerd. Sy blaai in 'n
verhaal van passie, vuurwarm, kwalik bedekte erotiek en liefde wat alle
teenstand oorwin.
"Wat dink jy van so 'n man?" vra sy vir Veronica.
"Hoe?""So 'n macho-man. Die een in die storie. Hy vryf vloere met die vroumens,maar as hy knik, spring sy en sy vergewe hom al sy foute, want sy verstaan
waarom hy soos 'n buffel opgetree het."
"'n Man sal nie met my mors nie. Nie weer nie. Maar 'n man is maar net 'n
mens. It doesn't help to call him names. En 'n vrou kan baie met hom regkry
want sy kan meer vat."
'n Man het wel eenmaal met Veronica gemors, blyk dit. Die oudste drie kin-
ders is haar eerste man s'n. Sy rook en vertel die verhaal en die dogtertjies
kleur in asof hulle daar geen belang by het nie of asof hulle dit al te veel keer
gehoor het. Hy het haar met die vuis geslaan as sy van hul huishoudinggeld
wegsteek. Hy het 'n verhouding gehad met 'n vrou wat saam met homwerk. "Hy het dit ontken, maar ek kan jou vertel wat ek agter in sy kar gekry
het." Toe trek die ander vrou saam met hulle in. En sy gebruik Veronica segrimeermiddels en lê heeldag agter toegetrekte gordyne en rook. Toe die
vrou een aand te kere gaan oor die aandete en die man haar kant kies en 'n
bak marcaroni in die asblik uitkeer, het Veronica haar drie kinders geneemen teruggegaan na haar ma toe. Haar tweede man is ses jaar jonger as sy enhy is nog besig met 'n vakleerlingskap. Hy werk by elektriese substasies oor
die hele land en hy het nou die gesin laat kom. Hy het vir hulle verblyf, sy
17
weet nie of dit 'n rondawel of 'n woonwa is nie, en hy sal hulle donker-oggend die volgende dag by 'n stasie in die Vrystaat kom haal ...
Daar word teen hulle deur getik, die beddens moet opgemaak word. Sy sal
bo slaap, sê Emma, sodat die ma by die kinders kan wees. En daar is meerruimte onder die dak, weet sy, en iets soos privaatheid. Hulle staan almal
saam in die gangetjie terwyl die beddegoedman binne kletterend rakke
afslaan en swaar blou komberse en strak-styf gestrykte lakens geoefendooprol en invou tot slaapslopies wat intensief na sigaretrook ruik.
Is haar kinders almal van een man? vra Veronica.
Van een man, ja.
Mike.
Veeleisende, besige, suksesvolle Mike wat op die mespunt loop tussen stres
en die stimulering wat die uitdagings van sy moeilike en verantwoordelike
beroep tog vir hom bied. Mike wat op hierdie stadium van sy lewe seker metreg sy hand wil uitsteek en weet dat sy daar sal wees vir hom. Behalwe dat
sy op soveel ander plekke ook moet wees.
'n Mens kan sien hy is goed vir jou, sê Veronica.
Goed vir my, maar op die oomblik ook nie dáár vir my nie, dink Emma.Wanneer die etensklok sy deuntjie galm, gaan eet sy. Sy hou van die
kelners, die gestyfde tafeldoeke, die silwer messegoed en sout-en-
peperpotjies, die spyskaarte, die reuk van selderysop, selfs die leerharde
skilletjies van die gebakte aartappels omdat sy as kind geglo het dat dit die
toppunt van lekkerte was. lewers, onder alles, is sy nog die kind Emma.Terwyl sy byna skuldig alleen sit en wyn drink, dink sy: lewers is ek nog ek.
As ek vannag in die geheim en anoniem op 'n klein dorpie sou afklim en
nooit weer teruggaan huis toe nie, sou ek nog iemand wees. Ek sou selfs
kon skoolhou ...
Sy sit doelbewus so lank as moontlik, want sy het Veronica en haar kinders
met hulle koffiefles en toebroodjies en frikkadelle in die kompartementagtergelaat. Die ma was ongeduldig, die dogtertjies stout en huilerig. Hoehet Mike eenkeer die uur voor kinders in die bed kom, beskryf? Klap-en-
skree tyd . . . Maar toe die tafel voor haar oorgedek word en sy moet opstaan
en teruggaan na die kompartement, heers daar stilte en brand net die klein
nagliggie. Die jongste dogtertjie lê met haar gesiggie in haar kombersie ge-
druk. Merle slaap met arms uitgegooi, haar gesig na haar sussie en die lig
gekeer. Daar is skaduwees om die oë en slape, sy mompel iets, draai heftig
om, trek saam, ontspan weer. Veronica lê bewegingloos, haar gesig na die
muur, die baba in die boog van haar lyf, een beskermende arm om hom.Emma sien nou dat sy eintlik 'n groot vrou is, lank en breed van rug.
Sy self trek in die halfdonker uit, sit haar opgevoude klere aan die voeten-
ent van haar slaapbank neer, swaai haarself boontoe en skakel die lig af. En
slaap nie. Dommel tog in. Word wakker. Dommel in, word weer wakker en
ontdek dat die trein skielik met rasende spoed oor die vlaktes galoppeer,
vorentoe, die donker nag in. Waarheen gaan hy met hulle almalf Sy dink
18
aan haar kort verbeeldingvlug in die eetsaal. Sy kan afklim as sy wil. Souwou afklim as sy kon . . . Wat kan 'n vrou? Moet 'n vrou? Wat mag sy wil? Sy
slaap weer en droom van haar kinders. Een huil en outomaties soos
honderde kere in haar lewe roep sy: "Hier is Mamma." Maar dit is die
dogtertjie op die bank onder haar eie wat gehuil het en Veronica wat sê:
"Toe, slaap, ek is hier."
En dan moet dit dag wees al is dit nog pikdonker in die kompartement, want
sy word wakker van beweging. Veronica het opgestaan en die nagliggie
weer aangeskakel, en Emma lê verstom en kyk wat sy doen. Eers was sy
haar hare. Terwyl die drie kinders in skaduagtige hopies slaap, tap Veronica
warm water in die wasbak. Sy buk vorentoe met haar lang liggaam, steier
om haar balans te behou en dompel haar kop in die skommelende water,
voel keer op keer blind vir die sjampoe-bottel, spoel haar hare daarna drie
maal af. Uit haar grimeertassie kom rollers. Sy draai die hare noukeurig in
en blaas dit droog met 'n klein battery-aangedrewe haardroërtjie. Daarna
grimeer sy haarself voor die smal spieëltjie bokant die wasbak. Omdat dit so
donker is, bring sy haar gesig tot byna teenaan die glas. Emma sien die
skimagtige weerkaatsing, die diepe erns waarmee die wenkbroue gelig en
die mond in 'n 0-vorm getrek word. Uit 'n tas haal sy 'n wit broekpak. Kant
bra. Reukwater. Wanneer die kondukteur aan die deur kom klop om te
waarsku dat haar stasie naby is, is Veronica besig om haar blonde hare uit te
borsel. Sy kan haar kinders wakker maak en aantrek. Syself is gereed.
Op sulke onbelangrike haltes soos hierdie een met sy enkele verligte stasie-
geboutjie, watertenk en peperbome vertoef die trein nie. Die kondukteur
het met die bagasie kom help, ook hy het iets te sê oor die hoeveelheid.
Veronica lag van buite op na hom: "Oom weet mos hoe is vroumense!" Hygee die kinders sommer deur die venster aan. Soos die vorige aand hou Em-ma die baba vas. Voor sy hom aan sy ma afstaan, buig sy haar kop tot teen
sy nek en asem sy poeierruikie in. Sy en Veronica kyk 'n oomblik in mekaarse oë. "Hier is dan niemand om jou te ontmoet nie."
"Dit word lig. Hy sal seker kom.""Ek hoop dit gaan goed," sê Emma onbeholpe."Jy ook. Dalk sien ons mekaar weer. Life is unpredictable."
Van onder die wa kom die hoë, skril gefluit van remme wat losgemaakword, die trein begin skuif en kraak.
"Bye!" skree Veronica. "Sê groete vir die Vaalpense!"
Sy bly op die verlate perron staan by haar bagasie. 'n Stasielamp skyn opdie wit broekpak en die ligte hare. Weerskante van haar druk die dogtertjies
teen haar liggaam, in haar arms hou sy die baba vas. Emma kyk na haar
terug totdat die trein om 'n draai gaan en dit onmoontlik maak. Tog bly sy
haar sien. Daar loop 'n draad vanaf die vrouens wat barvoet kans gesien het
vir die Drakensberg tot by Veronica. Tot by Veronica, dink Emma terwyl die
trein haar onstuitbaar terugneem na Pretoria. En dalk ook tot by my.
19
Pieter Stoffberg
Bloedsweet
Êrens in my is daar iets wat kan wen. Maar wat is die iets? Wat het 'n mensnodig om te wen? Dit is meer as die bedrewenheid, wat ook nodig is. Na-tuurlik. Maar om te wen, verg meer; die wil — of is dit geloof? — om te
wen. Soms is ek bang om te wen. Nee, eerder bang om nie te wen nie,
wanneer ek alles gegee het om te wen. Ek wil nie weet dat ek nie kan wennie. Miskien maak ek myself wys dat ek nie wil wen nie sodat ek weer kan
probeer as ek verloor. Crazy.
Aan die oorkant van die saal warm Moorcroft al op. Dis te vroeg. Ons sal nie
voor vieruur begin veg nie. Moorcroft trek sy judobaadjie aan. Hy het breë
skouers. Hy's soos 'n dier; meer dier as mens. As jy die eerste keer met homgesels val dit jou onmiddellik op, maar dit neem 'n tydjie om te besef wat jy
sien: Daar is niks emosie in sy leë, vlak oë nie. Ek het nog nooit so iets by 'n
ander mens opgemerk nie. Dit ontnugter jou nogal. Dis miskien hoekom ek
nooit my opponent in die gesig kyk as ek veg nie.
Billy kom groet my. Ons is klubmaats. Hy vra hoe dit met my gaan en ek sê
goed dankie, self.
"Ons gewig lyk taai." Ek kan maar net knik.
"Ek meen, net die name wat ek ken, gee my koue rillings. Dan is daar nogaltyd 'n buiteperd wat dinge omkrap." Ek glimlag trietserig. My maag draai
vol suur. Die mense skree onophoudelik. Ek is nou vir die eerste keer weerdaarvan bewus, want my gedagtes was heeltemal weg. Dis snaaks hoe
volkome die stilte is as jy ver dink. Soos slaap ... "... Ek sê, ons gaan bloed
sweet," sê Billy, miskien 'n bietjie ongeduldig omdat hy homself moetherhaal. Ons gesels 'n bietjie. Aan die oorkant van die saal staan Fanie
Reyneke, ingedagte besig om sy knieë los te maak. Ek kan altyd spanning in
'n ander mens herken. Almal probeer maar wegsteek, maar ek kan dit altyd
sien. Billy werk die binnekant van sy wang tussen sy tande. Moorcroft
gesels nooit met iemand op 'n toernooi voor hy veg nie. Dis miskien hoe-
kom hy wen. En ek? Ek dink nie ek wys juis iets op my gesig nie. lemand het
my eenkeer gevra hoe ek dit regkry om altyd so rustig te lyk. Dit het mynogal geamuseer. 'n Meisie het weer gesê ek lyk baie bekommerd voor 'n
geveg. Ek dink — in terugblik — sy was so half verlief op my. Sy kon in elk
geval deur my sien.
"Mans onder 78 kilogram, maak gereed op mat nommer vier."
Daar is min dinge wat gelyktydig kan verlig en beklem. Hierdie afkondiging
is een van hulle. By almal kan jy dit sien. Die oordrewe gelatenheid, die
byna ligsinnige opmerkings. My maag kook en ek kyk weer na Moorcroft.
Hy het toe nie te vroeg begin opwarm nie. Daar is verskillende teorieë oor
opwarm. Een wat vir my nogal sin maak, is om so 'n kilometer te gaan draf
20
voor jou eerste geveg, net sodat die lug eenmaal deur jou longe jaag. Wantdit is altyd die eerste geveg wat jou die moegste maak. Miskien het die
spanning ook iets daarmee te doen. Dit het my al opgeval dat iemand wat
nie judo doen nie, nie kan verstaan dat 'n mens in vyf minute so moeg kan
word nie. Ek kan dit self partykeer nie glo nie.
Dit lyk of Coenie van Deventer sy arm gebreek het op mat nommer twee.
Die noodhulpmense neem hom van die mat af. Ek maak my skouers los. Ek
begin altyd daar omdat ek bang is my skouer kry weer seer. Twee jaar terug
het ek my skouer in 'n finaal ontwrig. Ek kan nie beskryf hoe seer dit wasnie. Elke keer as jy seerkry, dink jy dit is seerder as die vorige keer. Die
seerste seer. Vier jaar terug het ek my arm gebreek teen een van die Morley-
broers. As jy terugdink, onthou jy dit seerder as wat dit was. Totdat jy weerseerkry — dan is dit weer die ergste. 'n Mens onthou nie. Ek maak my nek
los. Ek weet van 'n judoka wat sy nek gebreek het op die mat. Miskien is dit
hoekom ek altyd my nek goed losmaak.
Verloor is in jou kop. As dit daar is voor jy veg, kan jy omtrent nie wen nie.
Die eerste geveg moet ek wen. Soos in 'n skaakspel waar die eerste pion die
belangrikste is. Die eerste is altyd die een wat jou die meeste toets. Ek sal
nie te selfversekerd wees nie, ek sal op die mat gaan en hom doodmaak. Mymaag trek. Geen mens sal weet wat spanning is as hy dit nog nie self gevoel
het nie. Hierdie spanning is iets tussen aggressie en vrees. Jy kan dit wensolank jy die vrees onderdruk. Maar nou is die vrees bo. Ek weet dit. Moor-croft. Fanie Reyneke, Billy, die Morleys. Te veel goeie ouens. En ek. Ek kan
wen. Ek het hard geoefen. Bloedsweet. Ek het gewerk om te wen. Hoe wen'n mens vir Moorcroft? Behalwe Moorcroft dan. Ek moet hom nie te gouraakloop nie. En ek moet nie verloor teen 'n pleb nie. Billy kom warm by myop. Ek wil nie met hom praat nie, want ek wil hom wen. Ek's selfs bang vir
hom. Miskien net skuldig. Want ek gaan hom wen. Hy's 'n bliksem om te
veg. Ons ken mekaar te goed. Hy gaan my sat maak. Ek moet nie teen homverloor nie. Miskien kom ek nie teen hom nie. Ek kan hom wen. Hulle almal.
Moorcroft ... Hy sal wen. Reyneke tweede. Kevin Morley derde. Selfs Bill.
Hel, ek kan teen enige van hulle verloor. As ek twee keer verloor, is ek uit.
Een keer sal teen Moorcroft wees, so ek kan nie nog 'n geveg verloor nie.
My eerste geveg moet ek net wen. Daarna ...
"Ek en jy is in dieselfde poel," sê Billy. Ons kyk vir mekaar en 'n oombliklank voei ek onverklaarbaar naby aan hom."Wie nog?" vra ek. Dis so jammer ons is in dieselfde poel. Nou moet een
van ons die ander uitskakel. Ons het so lank saam geoefen hiervoor.
"Reyneke, Kevin, Palmer van die weermag ..."
Palmer ... Ja, ek het van hom vergeet. So baie goeie ouens.
"Dit gaan bloedsweet wees om êrens te kom," sê Billy asof hy my gedagtesken. Hy praat altyd van bloedsweet.
"Dan is Moorcroft in die ander poel?"
"Ons lucky break." Billy glimlag. My eerste lucky break. 'n Mens het dit
-21
nodig. As die poelvelle reg opgestel is, kan jy reg deurgaan. Maar ek wil nie
na die poelvelle op die tafel gaan kyk nie. Ek sal dit vat soos dit kom. Eengeveg op 'n slag. Eers die eerste ...
My eerste geveg is teen 'n bruin gordel van Transvaal. Daar is net drie bruin
gordels in ons gewig, so dit is seker 'n geluk. Maar gradering sê niks in 'n
kampioenskap nie. Ek het al teen blougordels verloor. Ek moet hom nie on-
derskat nie. Ons buig vir mekaar. Die skeidsregter se hajime. Ons begin veg.
Ek is versigtig met die vat en gryp vinnig en sekuur sy baadjie vas. Myregterhand op sy sleutelbeen, my linker op sy elmboog. Hy vat soos ek, sy
regterhand net laer op my pak. Vir 'n twee-arm skouergooi, voel ek.
Merote-seoi-naqe. Na vyftien sekondes voel ek dat ek hom sal kan gooi. Dis
my lucky break wat nou. Hy kom in vir 'n regter merote. Ek trap met myregtervoet oor sy been en gooi hom met al my krag oor my linkerbeen. Die
skeidsregter skree. Dit klink soos 'n yuko. Vyf punte. Ek pen hom in Hon-Gesa-Getame. Hy probeer uitkom, maar ek druk hom so hard dat hy oorgee
voor die dertig sekondes verby is. My eerste afrigter het altyd gesê dat daar
'n baie klein skeidslyn is tussen vuil veg en hard veg. "Onthou, bulletjies, as
julle twyfel — doen wat nodig is om te wen." Dis natuurlik nie heeltemal
waar nie. Ek en die bruingordel skud hand. Ek sê vir hom dat hy eintlik
homself gegooi het. Dis waar, in 'n sin. Hy moes homself nie so blootgestel
het aan 'n teengooi nie. Hy glimlag en skud sy kop. Daar is min swak sport-
manne in Judo.
Ek gaan kyk na die poelsisteem op die tafel. My volgende geveg is teen
Palmer van Transvaal. Hy is goed. Ek het al teen hom verloor. Ons gevegbegin omtrent twintig minute na my eerste een. Hy is baie sterk. En
ongemaklik. Dit ontaard in 'n woeste geveg. Op 'n stadium het hy 'n wurgaan. Hy lê onder en ek kniel tussen sy bene. Hy wurg my met my baadjie.
Voor druk sy kneukels teen my gorrel. My kop sing. Ek kom op my voete.
Ek moet hom optel. Die bloed stu op in my gesig. Ek sal nottendamn
oorgee. Ek gaan nie ... Moenie uitpass nie. Lig! Lig hom! Ek kan nie ... Kan
nie ... moet ...
"MattéV'
Ek val van Palmer af weg op die mat. Sy oë vang myne vir 'n oomblik. Hykvk so direk. Daar is niks toegeneentheid in sy oë nie. Nie eers triomf nie, al
weet hy eK was amper weg. Miskien teleurstelling omdat ons moes breek.
Ek voel daar's 'n skaafwond oor my oog. Ek staan duiselig op. Maar toe ons
weer vat, vergeet ek daarvan en dink aan wen. Ek is moeg. Ek val aan,
Palmer val aan. Toe ons weer breek, wys Palmer aan die skeidsregter dat sy
neus bloei. Terwyl die noodhulpmense hom help, sê Billy vir my om homweg te hou, want ek is voor. En ek is. Ek het nie besef dat ek êrens drie
punte gekry het nie. Dis snaaks dat ek dit nie opgemerk het nie. 'n Mens is
ingestel daarop. Ek is bly oor die voorsprong, en ook bang, want ek gaan
baie krag nodig hê om die voorsprong te behou. Ek's te moeg. In effek is dit
my eerste geveg. Die vorige een was nie eers 'n minuut lank nie. Ek vra vir
22
Billy, half desperaat, half te moeg om om te gee, hoeveel tyd oor is.
Halfpad, sê hy. Ek kan dit omtrent nie glo nie. Ek sal nooit so lank kan hou
nie. Ek bid vir krag. Ons begin weer veg. Hy val verwoed aan, maar ek houho.m weg en wen. Toe ek sy hand skud, sê ek nie vir hom hy moes eintlik
gewen het nie. Want hy weet dit en is kwaad omdat ek die heeltyd weg-
gehardloop het met my voorsprong van drie punte. Ja ... Wenjudo ... Ek'ste
moeg. Ek gaan lê op die kant van die mat en wonder of ek ooit my krag
gaan terugkry voor my volgende geveg.
Ek en Billy is volgende. Hy gaan my sat maak. Ons ken mekaar te goed. Jy
kan nie iemand wat jou so goed ken, vinnig wen nie. Ek is nog moeg na myvorige geveg. Ek moet net bly konsentreer en nie foute maak nie. Ek kan
met 'n beslissing wen. Dis weer hel. Aanval, aanval, aanval. Ons buig en vat
dadelik vas, omdat ons mekaar ken. Ons sirkel; klein voetgooie — vorentoe,
agtertoe, sywaarts. Ons waag nie groot gooie teen mekaar nie. Hy blok mylinkerheupgooi met sy regterhand op my elmboog wat hy laag tussen ons
lywe indruk. Dit voel vir my of my hande afgekap is. Al wat ek kan doen, is
om hom ook te blok. Dit is die probleem as jy jou opponent net wil blok — jy
kan self ook niks doen nie. Ek kom in vir 'n lae regter tai-o-toshi. Billy druk
my af grond toe met sy vuis in my rug. Hy werk my 'n bietjie van bo af omdie tyd te laat loop. Na 'n ruk laat die skeidsregter ons breek. Toe ons op-
staan, trek Billy my op en fluister naby my gesig: "Wil jy die fight hê?" Ek
kyk vinnig op. Ons beweeg van mekaar af weg na ons kante van die mat.
Die skeidsregter sê hajime en ons vat vas. Billy laat my toe om met myregterhand binne die lapel te vat, sy linker liggies op my mou."Kom in," fluister hy. Ek verstaan dit nie en wonder vir 'n oomblik of hy dit
as 'n set sal gebruik. Hy het 'n goeie teengooi. Tog kan ek dit nie van homdink nie. Hy druk op my elmboog. Hy druk liggies met sy hand op my elm-
boog. Ek draai in vir merote-seoi-nage. Sy bors lê swaar op my voorarm.
Terwyl ek hom lig, skuif my gebuigte elmboog onder sy armholte in. Die
mense rumoer. Dit is 'n mooi gooi. Ek weet dit al voordat hy die mat raak.
Ons buig en stap saam van die mat af. Ek stap om die mat waar my kouse lê
en toe ek weer by Bill gaan sit, kyk hy nie vir my nie, maar stip na die gevegop mat nommer drie.
"Thanks, Bill," sê ek en ons bly 'n lang ruk stil.
"Die mannetjies keil mekaar goed op." Die een is Shawn Morley, die
jongste van die Morley-broers. Die ander een ken ek nie, maar sien hy is
goed.
"Ja, dis 'n harde geveg," sê ek, en na nog 'n lang stilte: "Hoekom het jy dit
gedoen?"Hy kyk na my sonder die selfvoldane glimlag wat ek half verwag het van so'n weldoener. Eerder selfbewus, selfs skaam, sê hy: "Ons moet mekaar nie
moeg maak nie. Jy het 'n goeie kans vandag. Jy gaan die krag nodig hê."
Shawn Morley kom in vir tai-o-toshi en gooi 'n ippon.
"Bleddy goed, hë?" sê Billy monotoon, asof ook dit 'n blote formaliteit was.
23
My lucky break hou. Reyneke is uitgeskakel deur Piet Boshoff van die Suid-
Afrikaanse Universiteitespan. Ek is skrikkerig vir hom, maar wil hom wen.Hy's goed. Na drie minute is daar nog geen punte nie, maar ek kan voel ek
is agter. Billy hou vir my tyd langs die mat. Na vier minute is ek moeg, maarhy ook. In die laaste minuut vang ek hom met 'n voettegniek. Ek weet nie
eers mooi wat dit was nie. Hy gaan sit op sy boud en ek loop voor met drie
punte. Hy moes nie daarvoor geval het nie. Hy was net te moeg en sy
konsentrasie het gegly. Dit het met my ook al gebeur. Maar toe ek op die
mat rus na die geveg, dink ek ek het gewen, daarom is ek beter as hy. Selfs
al is dit net vir nou.
Sternberg is die wenner van die verloorders in Moorcroft se poel, maarverloor teen my met 'n beslissing. Jy moet baie gevegte wen om uit die
verloorderspoel bo uit te kom, en hy was te moeg. Om van daar af finaal toe
te gaan, moet jy baie fiks wees. Ek glo nie ek sou dit kon doen nie.
As die finaal direk na die uitdunne is, of selfs net op dieselfde dag, is dit
natuurlik die beste. Nou is dit maar net weer soos aan die begin van 'n toer-
nooi; jy is te uitgerus, broei te veel oor die geveg, te bang . . . Niemand besef
hoe alleen dit is nie. Billy is hier, hy gaan vir my tydhou en skree, hy gee myadvies hoe ek Moorcroft moet veg. Ek knik maar luister nie. My maag trek.
So suurderig. Alleen. Ek praat nie. Dis nie teoretiese tegniek wat Moorcroft
van my lyf af gaan weghou nie, maar fisieke krag. Geweld. Ek toets myboarmspier teen die sitplek van die stoel. Krag. Krag. Brutale geweld.
Konsentreer. Die ondereen-en-sewentigs is klaar. My maag krimp saam.My opwarmingsweet broei onder my judobaadjie.
Hulle roep my en Moorcroft se name uit en ek hou op met dink. Ek stap tot
op die mat en trek my wit kouse uit. Daar is baie mense en ek hoor hulle
stemme ver in die agtergrond. Noudat ek dit oplet, hoor ek weer individuele
stemme. Érens huil 'n baba selfs. Ek buig effens en stap op die mat. Mygedagtes is leeg; miskien stukkies van 'n deurmekaar gebed. Ek kyk vir die
hoekregter. Moorcroft tree op die mat. Ek kyk nie na hom nie. Die skeids-
regter kyk na die tafelbeamptes en hulle knik.
“Rei!" Ek en Moorcroft buig. Ek wil teen sy bors vaskyk, maar iets trek na
sy donker, gevoellose oë.
“HajimeV' Ons nader mekaar, hande gelig. Net voor ons vat, sluit ons oë.
Ek word ingesuig in die hol dooie oogkaste. Hy hou my blik, maar ek breek
daaruit en gryp na sy lapel. Hy stamp my hand oor sy skouer en ek kry 'n
greep aan sy baadjie op sy nek. Ons beur van mekaar af weg, my linker- en
sy regterhand los. Ek moet hom nie so veg nie. Ek moet sy skouers beheer.
Ek gryp na sy lapel. Hy gebruik my beweging en beweeg onder my in. Hysteek sy regterhand deur my bene en begin my lig op sy skouer. Hel, hy's
vinnig. Ek draai op sy rug en breek sy greep op my nek. Ons val, ek agter sy
rug.
"Yuko!" skree die skeidsregter, en ek is vyf punte agter. Ek veg vir my lewe.
Moorcroft is sterk. Ek het al teen baie mense geveg, maar het nog nooit ie-
24
mand teëgekom so hard soos hy nie. Ek beur teen sy greep. Sy spiere voel
soos klip. Ek kry hom tussen my bene en hou. Hy probeer uitkom, maar ek
trek hom met sy gordel op my vas. Naderhand sê die skeidsregter matté en
ons breek.
Ek was gelukkig. Ek moet van die grond af wegbly. Hy's te sterk. Ek weet ek
gaan verloor. Die skeidsregter sê weer hajime. Ons draai om mekaar, bangom die ander 'n goeie greep te gee. Billy skree van die kant af: "Vat vas! Kry
jou grip!" Ek gaan voluit vir my greep. Ek moet sy skouer beheer. Ons albei
vat vas, Moorcroft met altwee sy hande binne my arms. Ek hou my linker
onder sy elmboog; om hom te beheer maar ook gereed vir 'n linkerheuo-
gool. My regterarm is nutteloos vir 'n aanval. Ek hou net vas om hom te
beheer. Dis al wat ek kan doen. Hy is te sterk. Hy kom in vir 'n skouergooi,
maar ek sien dit kom en druk hom af grond toe. Ek wil nie oorgaan in grond-
werk nie, en los. Moorcroft staan op. Ons vat nou vinniger. Hoe ons vat is
nou amper 'n stilswyende ooreenkoms. Ons het ons grepe op mekaar uit-
gewerk. Ek laat hom toe om te vat soos hy wil, want ek weet hoe om homdaar te beheer. Moorcroft kom in vir 'n voetgooi. So vinnig. Voor ek val
weet ek hy het my gevang. Ek val op my regterboud.
“KokaV'
Ek staan op sonder om my greep te los. Die patroon van die geveg is nouvas. Moorcroft val aan, ek hou hom weg. Na 'n ruk stop die skeidsregter die
geveg en waarsku my om nie so verdedigend te veg nie. Ek probeer half-
hartig met 'n voetgooi. Moorcroft stap oor en kom met krag in vir 'n skouer-
wiel. Ek probeer 'n teengooi, maar sy gooi is te sterk en ons gaan grond toe.
Die skeidsregter skree iets. Ons breek van mekaar af weg en staan op.
Skielik besef ek wat hy het en ek nie — waarom hy wen: Hy wil nie net wennie; hy wil oorwin. Vir hom gaan dit nie oor punte nie; dis meer as 'n sport.
As ek voorloop, sal ek nie my voorsprong op die spel plaas vir 'n groter oor-
winning nie. Hy is anders. Ek is vir hom nie 'n opponent nie, maar 'n vyand.
Ons vat vas en ek kom weer in. Moorcroft draai met sy heup teen my in en
druk my gesig op die mat vas. Ek gryp sy broekspyp vas en wag vir die
skeidsregter om ons te laat breek. Ek is tot die dood toe moeg. Die skeids-
regter sê matté. Die geluide in die saal is ver weg. Ek staan op my knieë en
voel of ek nooit weer sal kan opstaan nie. Voor my is Billy met die
stophorlosie. Ek wys na my pols, te moeg om te praat. "Nog dertig
sekondes." Dan het ek amper die volle tyd teen Moorcroft gehou. Ek moethom nog net dertig sekondes weghou, dan verloor ek nie met 'n ippon nie.
Ek wil net hê alles moet verby wees. Al wen ek nie.
Ek moet net nie met 'n ippon verloor nie. Billy sê iets. Ek kan nie meer luister
nie. Ek staan op.
"... jy kan niks verloor nie. Gaan voluit. Een keer. Een grote. Jy het niks omte verloor nie."
Ek draai om sonder om iets vir Billy te wys. Ek's te moeg. Die tyd moet net
verby gaan. Ek kan hom nie wen nie. Ek moet hom net hou.
25
Hy lyk ook nou moeg. Ons vat mekaar vas. Ek kan nie vir 'n groot gooi gaan
nie. Hy gaan my counter. Ek ... Moorcroft voel pap. Vir een oomblik voel ek
sy regterarm ontspan op my lapel. Ek lig sy arm in my linkervuis en draai myheupe onder hom in. Hy is op my rug. My linkerhand druk in die lug op. Ek
het nie meer krag nie. Ek lig hom. Ek moet trek met my regter. Ek gee alles
wat ek het.
Dan val ek bo op hom. Die skeidsregter skree. Ek hoor sy stem bo die
geraas van die mense, maar kan nie uitmaak wat hy sê nie. Vir die eerste
keer hoor ek die mense. Dit is 'n malhuis. Moorcroft draai onder my uit. Ek
moet hom vashou maar kan nie. Tyd! Wanneer is die tyd verby? Wat ook al,
laat die tyd verby wees ... Die skeidsregter raak aan my skouer. Dan is dit
verby? Billy soen die meisie langs hom. Met ongeloof besef ek dat my gooi
'n ippon was.
Die seremoniemeester lees my naam uit. Ek weet dit is my naam, maar hoor
nie 'n woord wat hy sê nie. Moorcroft se naam hoor ek. Dit klink vir my on-
werklik, en mooi, in die tweede plek. Kevin Morley en Sternberg saamderde. Die besoekende Japannees hang die medaljes om ons nekke. Toe hy
myne omhang, buig ek my kop voor hom. Ek hou daarvan om te dink metnederigheid, maar toe ek wegstap, weet ek nederigheid is nie op hierdie
oomblik vir my beskore nie.
26
Johan KappDie pyn
Ek het 'n pyn in my kakebeen, aan die regterkant. Ek het eers gedog dis dalk
'n tand en begin wonder waar ek die geld vandaan sou kry vir 'n tandarts,
maar die pyn is te hoog om 'n tand te wees. Partykeer voel dit asof dit in myoor kan wees, maar na deeglike uitpluising besef ek elke keer dis wel in mykakebeen. Dis moeilik om te glo. Die pyn raak soms nogal kwaai, dan druk
ek met my plathand daarteen en loop so rond — dit help ietwat.
Oorkant die straat is 'n middeljarige man, hy woon blykbaar daar, want hy
sit elke dag voor die oop deur op 'n kombuisstoel in die sonnetjie. Hy het 'n
denkbeeldige hoed gelig en stip na my gestaar toe die pyn weer so kwaai
was dat ek moes buite rondstaan daarmee. Met my vry hand het ek ook
hoed gelig en dadelik weggekyk — vir 'n kennismakery was ek wragtag nie
lus nie. Ná 'n paar minute loer ek skelm, hy staar steeds soos die Sfinks van
antieke Egipte. Nou maar hoekom kom die ou donder dan nie hierheen as
hy so graag wil kennis maak nie? Ja maar, tref dit my, sê nou hy kom en
loop nooit weer nie? Sê nou net hy is glad nie haastig om weer huis toe te
gaan nie? Hoe raak ek weer van hom ontslae? Ek drentel toe oor en skud
blad met my linkerhand en, om 'n lang storie kort te knip, hy vertel my toe
van die dokdokter wat mens verniet kon gaan sien en hoe om daar te kom.
Dis ook maar goed dat ek na hom toe gegaan het, want die hoop stront wathy alles te vertelle gehad het oor sy dae as treinkondukteur op die Bloem-
fonteinse lyn het die pyn tot in die wortels van my brein laat opskiet soos
vlamtonge.Die dokter is in die winkelsentrum, tussen die slaghuis en droogskoonma-ker. Bo-op die winkelsentrum is 'n klompie woonstelle, al die vensters is
wawyd oop en sonder kantgordyne en die repe vaal gordyne wat daar welis, waai almal buitekant toe. Ek wonder of die woonstelle onder dieselfde
mense val wat die huisies verhuur — dit sal miskien lekker wees om daar te
bly. Hoog. Voor die winkelsentrum is 'n verkeersirkel en daar is 'n klompie
palmbome in die middel daarvan. Van die woonstelle af is daar seker 'n uit-
sig oor die palmbome en verkeersirkel. Daar is ook 'n viswinkel en bakhuis
in die winkelsentrum. In die viswinkel hang 'n string bokkoms en blêr 'n
radio, Radio Goeie Hoop se disco/jazz/mengelmoes-God-weet-wat en 'n
jong meisie in 'n vuil kopdoek staan haar boude en wikkel in maat daarmee.In die bakhuis se vensters is grotesk versierde koeke, motorkarre met vyftig-
sentstukke as wiele en hart-vormige pienk trou-koeke, teen veertig rand
stuk.
Ek gaan die dokter se deur binne. Dis 'n groterige vertrek, amper 'n klein
saaltjie met ses rye banke in die agterste helfte, houtbanke aan die vloer
vasgeskroef en met groot swart letters gemerk. Vreemd, die vertrek ruik na
27
niks ... miskien 'n tikkie geel ontsmetmiddel. Die lug om my is suiwer en
ruik na niks. S.V. Petersen. In die agterste muur is 'n venster-grote glasluik
en 'n vrou met sintetiese rooi hare, sy lyk omtrent vyftig, staar my van agter
die glas aan. Miskien lyk ek snaaks met my hand so teen my kakebeen. Ek
gaan nader en sy skuif die glas tot 'n skrefie oop."Kan ek help, meneer?" Vriendelik.
"U ... ek hoor hier is 'n dokter ..."
"Ja, meneer, hier is twee dokters."
"U ... en mens hoef nie te betaal nie ..." Snaaks, ek skaam my nie meer vir
my bankrotskap nie. Miskien is dit juis my probleem. Mens moet ambisie hê
om lekker te leef. Nou het ek nie gehoor wat sy sê nie. "Verskoon tog, ek
het nie mooi gehoor nie?"
"Ek sê, dit hang af van u inkomste, meneer. As u inkomste onder 'n sekere
bedrag is, hoef u nie te betaal nie. Gewoonlik betaal die mense egter nie.
Meneer was nog nie tevore hier nie?"
In daai geval sweer ek het hulle nog nooit iemand gehad wat betaal nie.
"Waar is dit nou?""Meneer het nog nie tevore die dokter hier gekom sien nie?"
"Nee. Nog nooit nie. Dis die eerste keer die, ek het 'n week of wat gelede
net hier ingetrek, ek bedoel in die buurt en —
"
"Nou maar dan moet ons net eers vir meneer 'n lêer oopmaak sodat ons vir
meneer dan ook 'n geelkaartjie kan gee en dan sal meneer die dokter kan
sien." Sy vra my volle naam en adres en inkomste en huwelikstatus en getal
afhanklikes, indien enige, en sê ek moet maar solank gaan sit, sy sal myweer roep.
Wie sou dan nou ooit hierdie banke wou steel — net twee lang planke opysterpote. Mens weet nooit. 'n Oom van my, hy het drie jaar gelede van 'n
brug af geval, het eenkeer ses lamppale gesteel. Die goed het daar langs die
pad gelê en hy het die werk se lorrie en twee handlangers gehad. Miskien
wou hy dit eendag deursaag vir wasgoedpale of so, maar hy het nooit — die
ses lamppale lê nou nog voor sy weduwee se agterdeur. Ek is al een hier, sy
roep seker na my.
"Hier het ek nou vir meneer 'n lêer oopgemaak en hier is meneer se geel-
kaartjie. Meneer moet hierdie geelkaartjie asseblief elke keer saambring as
meneer die dokter wil kom sien." Sy praat hard en met oordrewe duidelik-
heid, wat laat haar dink ek is doof? "Meneer kan nou maar weer gaan sit,
die verpleegster sal vir meneer nou-nou kom roep." Sy glimlag my agterna
totdat ek weer sit en werskaf weer verder met haar lêers en goed.
Dis wragtag nie sleg nie. Sommer chop-chop. Mens sou sê hier sal
honderde mense wees as hier 'n dokter verniet te siene is en tog, ek is die
enigste. Mense vertrou seker nie 'n dokter wat hulle verniet kan sien nie.
Hulle wil seker waarde vir geld hê. Die ontvangsdame se deur gaan oop en
ek dog eers dis die verpleegster wat my kom roep, maar dis die ontvangs-
dame self — sy stap vinnig en doelgerig by my verby en verdwyn in die
28
gang wat die vertrek in die hoek verlaat. Sy gaan seker gou handewas of
bel. Daar's 'n telefoon in haar kantoor — sy gaan seker handewas.Teen elke muur is vier plakkate. Borsel Gereeld Tande! Skoon Families Is
Gelukkige Families! Was Wasgoed Gereeld En Hang Dit In Die Son! enso-
voorts. Die meerderheid is egter gemik op drankmisbruik. Slagspreuke vir
wynvlieë. Hulle drink glo net aan die einde van die maand kwaai in hierdie
omstreke, maar dit glo ek nie — daai ou skuins oorkant my loop nou al meeras 'n week lank elke dag met 'n kan in 'n plastiese sak. Die ontvangsdamekeer terug, sy stap met dieselfde doelgerigtheid haar kantoor binne. Sy het
net 'n piesang gaan haal. Sy maak haar lessenaar netjies, stof die blad af
met haar sakdoek, sit gemaklik, haal sorgvuldig die piesang uit sy skil en eet
dit stadig. Hierdie pyn gaan my nog gek maak agter hierdie grense van vel
en been is twee, die een is gek en die ander ek. Weer S.V. Petersen. Jy kry
mense wat lang stukke uit Lear so kan opsê. As hier twee dokters is en hulle
is albei steeds besig met dieselfde persoon as toe ek hier ingekom het ...
Liewe Here, mens moet darem geduld hê as jy iets verniet wil hê. Geduld en
armoede gaan hand aan hand. Hier kom nou 'n vrou in 'n wit rok en blou
trui, dit kan 'n verpleegster wees. Sy gaan die kantoortjie binne en lag metdie ontvangsdame oor iets en kom dan na my toe gestap met 'n btou lêer in
haar hand.
"Is u meneer ..." sy raadpleeg die lêer, "meneer Piet Swart?" (nie my regte
naam nie) en voor ek haar kan antwoord sê sy ek moet haar volg.
Ek volg haar die sementgang af, sowat driehonderd meter lank, en dan om'n draai. Liewe Here! Weer 'n saaltjie, maar hierdie keer stampvol mense!Tjok-en-blok! Twee, vier, ses, agt ... twaalf rye houtbanke van punt tot
punt vol gesit! En dit brom en kekkel en raas! Hoe kan dit wees dat jy dit nie
daar bo hoor nie? Liewe donder, hier gaan ek 'n week wag.Die verpleegster praat. "Ekskuus?""Ek vra waarvoor kom meneer die dokter sien?" herhaal sy bo die geraas.
"Die afgelope twee weke het ek 'n vreeslike pyn hier, hoog bo in my kake-
been en dit voel —
"
"0," val sy in die rede, "dan het dit seker niks met meneer se blaas te doennie en hoef ek nie 'n urine-monster te neem nie," skreeu sy amper om hoor-
baar te wees. "Sit solank."
'n Breë ou vrou in 'n bontrok maak vir my plek op die naaste bank. Ek gaan
sit en kyk onmiddellik anderpad — plek gemaak of te not, ek gaan nie 'n
donder met haar gesels nie en tot my groot verbasing, kyk sy my net vir 'n
minuut of wat op en af en sê nie 'n woord nie.
Hierdie saal het wel 'n reuk — trouens, dit stink. Goedkoopste parfuum.
Lexington. Stink voete en vuil ore. Hier gaan ek lank wag. Is dit die moeite
werd? Is ek nie al klaar te diep in die ding in om nou te begin twyfel nie? Is
dit nie nog vroeg genoeg om kop uit te trek voordat ek te diep in is nie? Sal
maar nog so rukkie sit en kyk wat word van my.Die vloere hier blink en die mure is spierwit beplak met vele plakkate oor
29
handewas en dronkenskap en 'n vreemde een; drie hande met brandendekerse en 'n slagspreuk, "Opvoeding is Vordering". Die vensters is klein en
hoog met stewige diefwering — moeilik om te sê hoe die weer buite is, dis
koud hier binne en lang wit buisligte hoog teen die dak.
Hoop. Dit wil voorkom asof nie almal hier op die dokter wag nie. Daar agter
het 'n hout-luik oopgegaan en 'n vrou met kunstande rammel 'n rits name af
in falsetto. Tussen die wagtendes staan die geroeptes op en gaan nader.
Hulle kry klein plastieksakkies pille by kunstande en gaan uit — gedweesoos osse wat al heeldag wag op water. Een maer ou tante in 'n
tweedehandse jas draai en wuif na die plek waar sy gesit het — sy het
vriende gemaak. Die plek lyk nou baie yler bevolk — miskien is ek nog voor
vanaand hier uit.
Die breë ou vrou langs my vroetel in haar handsak — 'n groot swarte van
voor die oorlog — en haal 'n boksie uit. Dit lyk na tjoklits. Ek is honger. Toe
ek 'n kind was en die dokters by die buitepasiëntafdeling van die hospitaal
gaan sien het (dit was ook verniet), het my ma altyd brood en stroop ingesit.
Vreemde tjoklits, lank en dun ... nee, nou sien ek op die pakkie dit sê Stick
Meat. Droë wors. Here weet, ek hou van droë wors. Vreemd, dis baie lank
en dun vir droë wors en in 'n verseëlde pakkie soos koekies. Hoekom verpak
hulle dit so uitspattig? Skielik verskyn daar twee van die stukke droë worsvoor my oë, ek voel hoe ek bloos. Na 'n oomblik aanvaar ek dit en draai na
haar en glimlag "dankie" (steeds met rooi ore), maar sy het haar neus reeds
terug in die pakkie. Tog vreemde droë wors. Ek byt en spoeg dit amperweer uit, dis Marmite-gegeurde repies beskuit! Ek draai onwillekeurig
geskok na die ou vrou, maar sy is met versluierde oë besig om die laaste
krummels uit die pakkie in haar mond uit te skud. Sy hou daarvan. Skielik is
die pyn in my kakebeen weer erg, lang vingers pyn soos Stick Meats skiet
op en druk tot diep in my brein. Sê nou dis kanker! Ek het nooit daaraan
gedink nieí Dit sal my gesig hier aan die eenkant wegvreet soos die vrot aan
'n appel vreet. Ek sal in die bed lê, bleek en swak met my oë teen die plafon
en die besoekers en nuuskieriges sal fluister in die voorhuis. An Irish Airman
Forsees His Death. Miskien is dit verkeerd om Matriekkinders aan soveel
doods- en waansin-poësie bloot te stel. Miskien is dit nie.
Om die draai van my huisie af is 'n man eergister dood aan kanker, sy buur-
man het hom glo die laaste ruk elke dag gaan skeer. Gister was daar 'n
Kombi met Transvaalse nommerplate voor die deur.
Daar op die voorste bank is 'n argument tussen twee mans. Hulle lyk nie
oud nie en het albei gekamde hare soos ploegvore tot op hul krae. Dit lyk
ontsettend olierig en as die een in 'n swart baadjie sy kop vorentoe sak in
erns is daar 'n groot, bose, rooi karbonkel in sy haarlyn sigbaar. Hy hou sy
kop so regop moontlik. "... dit is hoekom ek itnie smaak nie," sê hy en vee
sy hare weer plat oor die karbonkel.
"Ney," sê die ander, "ek smaak it 6k nie — ek sê glad nie ek smaak itnie!
Not at all!"
30
Hulle bly stil, want die verpleegster kom binne en roep Gert Oelofsen asse-
blief. Dis 'n ou man in bruin slippers, hy sukkel wydsbeen met sy kierie
agterna. Voorlangs is 'n ou vrou met 'n lang gesig, sy gesels heeltyd oral
met almal om haar, sy maak melodramaties plek vir Gert Oelofsen om verby
te kom en kondig aan, "Haai, Here, shame dat hy nog moes dokter toe komók!" Die ander in haar geselskring skud almal kop en maak, tut-tut, tut. Die
hout-luik gaan weer oop en langgesig is een van die wat pakkies pille kry.
Sy roep haar vriende vaarwel en beterskap toe en kom verby my gestap na
die uitgang. Sy glimlag. Ek kyk anderpad.
Daar is 'n kleuter, hy het 'n tietie-bottel met tee in sy een hand en 'n stuk
witbrood in die ander. Hy probeer die stuk witbrood in die muur in vryf, sy
ma (die kop onderstebo geplooide vrou naaste aan hom) spring skielik op,
gryp hom woordeloos aan sy kraag en slinger hom teen die grond neer. Sygeskreeu jaag die pyn van my kakebeen op tot bo, in die kroon van mybrein. Is dit die moeite werd om so lank hier te bly sit? Êrens skort daar iets
in my liggaam, die iets vind uitdrukking d.m.v. 'n pyn. Hulle sê koorsigheid
is ook so 'n aanduiding, maar my voorkop is nie warm nie. Maak dit saak?
Dit alles? Alles en alles? Nee, mens kan nie filosofeer met 'n kind wat so
skreeu nie. Jou gevolgtrekking sal verwronge wees.Dis al so laat en hier kom nog 'n arme donder aan, as reg en geregtigheid
geskied, sal hy eers na my by die dokter uitkom. Vreemd, om een of anderrede lyk dit amper asof hy nie hier hoort nie ... maar dan ook weer, tog wel.
Die verpleegster spreek hom aan as "dokter" — so dan is dit waar! Een van
die eerste dinge wat ek gehoor het toe ek hier ingetrek het, was dat die buurt
glad nie te versmaai was nie, want "hier bly dan tot 'n dokter en 'n afgepen-
sionde prokereur!" Dan is dit wragtag waar — wat sou die arme donderoorgekom het? Wat doen hy nou? Deel hy mediese advies uit in ruil vir wyn?Sit hy heeldag in die kombuis? Het hy 'n vrou, dieselfde een as tevore? Watsê sy? Wat sê die mense van hom? Hy sit daar, pen-regop met sy oë stip opdie vloer, sy hare is effens te lank en daar is twee klein gaatjies in sy groen
sokkies van suiwer sy, sy bruin skoene is duidelik duur en lyk nog goed —miskien het hy dit nou kort nog uitgesoek. Maar hy is uitgeskop en almal in
sy wêreld weet dit.
'n Gesig verskyn voor myne. "Ja, dit is my naam, maar ek wil nie meer vir
dokter spreek nie — die pyn is weg." Buite het die wind gaan lê en die sonskyn briljant, ek steek my hande in my sakke en voel lus om te sing, maardan moet dit 'n hartseer Country en Western-liedjie wees.
31
Pieter Pretorius
Die hoender
Ek het verlede Vrydagmiddag ook hier teen die kerk se ringmuur kom wag.Toe het ek goed 'n uur verniet gestaan, want hy het nie verby gekom nie.
Dis nou al drie maande dat hy elke Vrydagmiddag onder van die bustermi-
nus se kant met sy hoender aan 'n tou, nes 'n hond, hier teen die bult opsukkel onder 'n groot lawaai — van die hoender wat spartel en probeer
loskom, van die kasarm kleingoed wat laggend agterna tros, en van die
buurt se honde wat soos dominoblokkies in 'n ry die een na die ander inval
in protes.
Verlede Vrydag was ek onsuksesvol; seker te laat, of dalk te vroeg. Daaromdat ek vanmiddag nou reeds 'n uur soos 'n droster hier voor die kerk dren-
tel, al kom hy gewoonlik eers heelwat later. Maar ek wou seker maak dat ek
hom vandag nie misloop nie. Sy storie wil ek kry.
Hy is 'n bruinman, so tussen 40 en 45 skat ek, en lank en skraal. Hy dra altyd
dieselfde klere: bruin langbroek, swart stewels, groen rolnektrui, en 'n
swart pet, die soort wat die spoorwegmense dra. Dan dra hy altyd 'n klein
swart tassie, en natuurlik die tou in die ander hand.
Dit was 'n nat en mistroostige agtermiddag toe ek hom die eerste maal
gewaar het. Daar was 'n samedromming op die sypaadjie net duskant die
buiteverbruik. 'Seker weer 'n oproerigheid oor die naweek se wyn' het ek
nog gewonder, toe gewaar ek hom en sy hoender aan die voorpunt, stadig
beurend deur die skare en teen die bult.
Elke Vrydag was dit dieselfde toneeltjie, soms laag en soms weer hoër teen
die bult uit. Net die skare het mettertyd effens afgeneem. Die buurt het homleer ken. Later was dit maar nog net die kinders.
Met verloop van tyd het die drang by my gegroei om van die pad te trek en
met hom te gaan gesels. Om sy storie te hoor. Want 'n storie móés hy hê.
Wie anders sal met 'n hoender aan 'n leiband deur 'n stadstraat stap op 'n
besige Vrydagmiddag? Maar ek het nooit sover gekom nie.
'Miskien het hy 'n goeie rede,' het ek gedink, 'of miskien is hy nie lekker nie,
of miskien is dit maar net sy manier van aandag trek.'
So het ek myself later dinge ingeprent oor wat hy is en wat hy nie is nie, oor
waarom hy dit doen, oor waarvandaan hy kom en oor waarheen hy gaan,
dat daar maar net een uitweg was: Ek moes hom vra. Sy storie moes ek kry.
Van waar ek op die hoek voor die kerk staan, het ek 'n goeie uitsig teen die
bult af tot waar die straat 'n kinkel na links maak reg voor die buiteverbruik,
minder as 'n kilometer ver. Net toe ek begin wonder of ek weer 'n bloutjie
gaan loop, toe sien ek hulle. Hy vooraan, en langsaan en agter 'n swetter-
joel kinders, party op fietse.
Van my af loop sy paadjie nog minstens 'n kilometer verder teen die bult op.
32
tot waar die straatligte ophou en die twee dennebome op die hoek staan,
want dis waar ek na my huis afdraai en dis waar ek hom al tevore sien stap
het. Dis hierdie kilometer wat ek saam met hom wil loop.
Dan is hulle byna by my, en ek beweeg in hulle rigting. Die kinders is
uitgedun tot net die bittereinders. Ook húlle gee een-een pad as ek by homkom.
Ons stap alleen agter die hoender die bult uit. "Andries Koerasie, van
Kalbaskraal," antwoord hy my eerste vraag. "En die hoender?" wil ek weet.
"Waarom aan 'n tou?" "Dis vir die polieste," antwoord hy. Hy sien ek
frons. Hy weet ek verstaan nie.
"My vrou werk hier bo," en hy wys teen die bult uit, "en ek pas die plot in
Kalbaskraal op," sê hy. "Naweke kom kuier ek en dan bring ek vir ons 'n
slagdingetjie vir Sondag." "Maar hoekom só?" wil ek weet, en ek wys na
die tou.
"Vir die polieste." Ek frons weer, en dan onthou hy hy het dit al gesê en ek
verstaan dit nie. "Sien," sê hy, "die eerste keer was die hoendertjie in 'n
sak, en toe vat hulle my vir diefstal. Praat het nie gehelp nie. Hulle wou mynie glo nie. Van toe af sit ek hom aan 'n tou en nou dink hulle ek is mal. Nouglo hulle my, nou pla hulle my nie meer nie. Dis nog net die kinders, maardis niks. Sondag eet ons hoender."
33
Aletta LúbbeWat gaan aan in die wêreld
Sy sit agteroor in die lêstoel.
Die vensters is toe, die veiligheidshekke en die deure is vroegoggend al
gesluit.
"Jy moet die huis verkoop en 'n woonstelletjie of 'n dorpshuis koop," raai
almal aan. "Dit is goedkoper en veiliger ..."
Julle kan maklik praat, het sy geswyg. Praat maar. Ek hoor julle weer een-
dag vorentoe wanneer julle daar kom. Dikwels kan 'n mens nie aanpas nie
en trek weer terug na 'n huis.
Die aande word koel hier voor die kassie.
Sy skik die kniekombers om haar bene. Dubbel en aan die kante ingedruk,
anders word die bene koud van die lang sit.
DIE NUUS. Belangrik. 'n Mens moet weet wat gaan aan in die wêreld daar-
buite.
Almal wat DINK wil dít weet — elke dag.
Die wêreld is groot. Groter as toe sy 'n kind was.
Daar gaan baie in hom aan.
Vat nou Afrika — daar wys hulle nou van Afrika.
"Arme Afrika, arm Afrika," sug sy hardop.
Afrika word minder. Net die mense op hom word al hoe meer.
Kyk net daar.
Sy neem die hekelwerkie op — dikkerige wol.
Die oë kan nie meer met die dun gare nie.
Om die rumatiek teë te werk, moet die bleek hande oefen.
'n Mens kan ook nie so lank ledig sit nie.
Die hande raak stil.
Die kassie se gepraat-praat-praat sus haar in 'n ligte sluimerslaap. Toe ruk
die tromgeslaan van 'n skielike tussenspel haar wakker. Sy kyk verder na die
skuiwende beeld:
Uitgeteerde kinders met boepmagies en ou oë sit rond.
Groot voete en hande aan 'n skelet.
Ouer mense lê en vergaan soos droë hout tussen die vlieë.
Suigelinge trek aan borste wat in los stukke vel van die moeder hang.
Sy hou haar hart vas en luister en kyk, laat beswaard die hekelwerkie sak.
Dan flits die hekelpen met nuwe drif in die lamplig.
'n Mens moenie té veel en té swaar die toeicoms in wil dink nie — dan sal
niemand werk nie, besluit sy. Al is dit net om alleen te sit en hekel.
'n Paar advertensies blaker die kort stilte weg.Sy sluit die oë voor die vinnige geflits van kleur en beeld en teen die hy-
gende geskree van 'n sangeres wat 'n motor aanprys. Help nie om sagter te
34
stel nie, weet sy. Dan kan jy die volgende praatprogram weer nie hoor nie.
Die beheer kon al die slim mense en al die rekenaars nog nie regkry nie.
En sy geniet die programme oor die natuur tog altyd so.
Vanaand gaan dit oor 'n voëleiland:
Derduisende kormorante sit die hele skerm vol. Byna simmetries sit hulle opdie neste — elkeen binne sy eie domein wat so ver as net buite pikafstand
strek. Op een kleinerige eiland sit hulle saamgehok in geordende blokke.
Wonderlik, die natuur, die grote skepping ...
Interessant. So mooi, die groot voëls.
Té gou is die program verby.
'n Vreemde, ver wêreld deur die kassie so naby aan haar ...
Wonderlik.
Nou moet sy opstaan: haar ore sal die volgende program nie kan verduur
nie. Nee wat, skree is darem nie sing nie.
Sy skakel die toestel af. Vroeër as ander aande.
Staan 'n rukkie voor die donker skerm.
So stil, so stil — dis dié dat sy gewoonlik op ander aande tot laat kyk.
Daar is darem nog die radio tot twaalfuur.
Dikwels goeie musiekprogramme in die laataand.
Sy stut die draradio teen die kopstuk van die dubbelbed.
Begin metodies en tydsaam regmaak vir die nag.
Sy gaan nooit vroeg lê nie — die nagte is te lank.
Kom met min slaap oor die weg — dut meestal voor die kassie totdat die
vlag waai. Gaan dan eers tydsaam kamer toe.
Pille moet uitgetel en gedrink en afgemerk word.
Kunstande deeglik geborsel word.
Rumatiekplekke ingevryf word.
Die komberse word elke aand presies reggelê: die sagte pers gehekelde een
wat soos 'n toebroodjie om haar voete gevou word. Dan die ander en heel
laaste die bokhaar een oor die onderste helfte van die bed vir ingeval die
nánag koud word.
Die telefoon is voor die bed.
Die rewolwertjie bo-op sy kissie op die onderste rakkie van die bedtafeltjie.
Agter die kleedjie waar net sy dit kan sien. Tande borsel, hare kam, klere
opvou en bêre.
Alles moet netjies wees — elke dag, elke nag.
Die einde kan soos 'n dief in die nag kom ...
Ure lank deur die nag lees en sluimer sy om die beurt.
Die boeke lê in 'n stapeltjie langs haar op die bed.
Eindelik word die lig gedoof.
'n Uur later ruk sy wakker ...
Wat kan dit wees?Waar? By die venster? Die deur?
Verby al die veiligheidshekke en slotte?
35
Sy swaai die voete van die bed af.
Liewer nie die lig aanskakel nie.
Voel die koue staal van die wapen in haar hand.
Nie in die bed bly lê nie ...
Die angs sluip koud om haar.
Die wêreld is boos ...
Sy staan regop langs die bed.
Gee 'n tree.
Struikel ... Val ... 'n Skoot galm teen die mure.
"Moenie iets aanraak nie — die speurders moet eers hulle ondersoek ...":
"Sy moes wakker geword het van dié swaar boek wat van die bed afgegly
het ... Met die opstaan daaroor gestruikel, geval en die skoot afgetrek het."
"Net so. Net so."
"A single rose can be my garden, a single friend my world," sê die
muurteks bokant die bed.
"Ou mense moenie so alleen bly nie."
Die liggaam word weggeneem.Op die ligte vloer vlek die donkerrooi kol soos 'n landkaart:
'n Kaart van Afrika.
36
Joan HambidgeElegie
In nagedagtenis van Renske Koen
2 Januarie 1948 — 2 Januarie 1986
Die kalender
is 'n kaart
tot Kersfees
en tyd onbelangrik soos ons
ouer word
my verjaarsdagwens
aan jou.
Met lag en praat
(tussendeur bekyk
ek Koen se album:
sy teddie, die hond;
op 'n ander foto
hy op jou skoot
'n komplete ewebeeld)
en besin oor moederskap."Dis goed vir my — dit bind
my aan 'n ander ..."
Spottend gis ons oor
"Capricorn"-moeders: glo
té afhanklik, versmorend — danafstandelik, beweer jy.
"Absolute bog!" roep ek, "Astrolog
en bygelowe ... onbewysbaar."
Korswel nog lank
oor voorgevoelens,
aanvoelings.
Ek is vort;
julle weg
Tot Vrydag 3 Januarie
ons gesprek terug-
bring na my:
Jy en Koen op die voorblad
— dieselfde foto, ja
met Braam alleen
onderlangs.
Nie soseer die brutale
aankondiging
die joernalistieke geweldop jou en Braamas die onbetwisbare
middeleeuse feit
gryp my aan:
'n foto steel inderdaad
die siel
van sy onderwerp.
38
Lina Spies
Lewe my vers?
Die jong digter se roep om leiding — 'n blywende behoefte
1 Emlly Dickinson en Thomas Wentworth Higginson
Niks wat 'n digter ooit oor eie werk gesê het, ontroer my meer as die
vraagsin waarmee Emily Dickinson haar eerste brief aan Thomas Went-worth Higginson, April 1862, begin nie: "Mr. Higginson, — Are you too
deeply occupied to say if my verse is alive?"^ Lewe my vers? Dit is die drin-
gende vraag waarop hierdie enigmatiese digteres 'n antwoord wou hê.
Die bekendwording van Emily Dickinson se korrespondensie met Higginson
speel klaar met een mite i.v.m. hierdie digteres, nl. dat sy volkome tevrede
was om in die afsondering waarin sy geleef het, haar poësie net vir haarself
te skryf, sonder die geringste behoefte dat vreemde oë dit ooit moet sien.
Toe Thomas Wentworth Higginson, 'n Unitariese predikant, in 1862 'n brief
van aanmoediging en raad vir jong Amerikaanse skrywers in die Atlantic
Monthly publiseer, reageer Emily Dickinson met die brief waarin sy hom vra
of haar vers lewe. Dit was die begin van wat Robert Linscott in sy inleiding
tot 'n keur uit Emily se gedigte en briewe noem "perhaps the most pro-
vocative correspondence in the history of American literature".^ Twintig
jaar na die aanvang van dié korrespondensie en vier jaar na Emily se doodhet Higginson saam met Mabel Loomis Todd haar gedigte voorberei vir
publikasie en 'n jaar later 'n artikel oor sy "eksentrieke digteres" in die
Atlantic Monthly gepubliseer. Hierdie artikel wat Linscott naas sy eie in-
leiding ook as inleiding tot sy keur uit Emily se gedigte en briewe herpu-
bliseer, belig baie aspekte van die Emily Dickinson-persoonlikheid. Hoegoed het hierdie digteres nie haar eie wese geken nie! Hoe goed het sy nie
geweet dat die poësie die antwoord op haar besondere menswees was nie:
"This is my letter to the world, / That never wrote to me ..."
Higginson se artikel het my oortuiging dat elke jong, ongevormde digter uit-
reik na 'n helpende hand opnuut bevestig. Selfs die eksentrieke Emily
Dickinson wat in haar leeftyd net sewe gedigte gepubliseer gekry het en tog
aanhou skryf het sonder 'n gehoor (en aanhoudend sodat haar uiteindelike
produksie asembenemend was), het die behoefte gehad dat iemand na haar
moes luister. Linscott sê in sy inleiding dat Emily miskien uit haar klooster-
bestaan kon weggebreek het, nuwe tegnieke van selfekspressie kon gevind
en binne haar leeftyd beroemd geword het as Higginson minder bedeesd-
konvensioneel was met 'n skerper onderskeidingsvermoë wat genialiteit in
'n oorspronklike vorm kon raaksien. Maar dit bly suiwer spekulasie. Linscott
het dan ook tereg groot waardering vir wat Higginson wel vir Emily Dickin-
son was. As voltydse skrywer en dosent (hy het afgetree as predikant) ver-
39
vul hy 'n leeftyd lank die funksie van Emily se klankbord. Hy word haar
lewenslange literêre metgesel en al kon hy haar nie as digter inspireer nie,
het ons haar verhelderende briewe wat met soveel speelse skerpsinnigheid
geskryf is aan hom te danke: die onweerlegbare bewys dat een gees 'n
ander geraak het.
Gedurende haar twintigerjare het Emily Dickinson ernstig begin poësie
skryf; presies wanneer weet ons nie, omdat haar vroegste gedigte vernietig is
of nie geïdentifiseer kan word nie, aldus Linscott^. Hy noem in sy inleiding
die verbasende wyse waarop sy haar gedigte hanteer het: sy het hulle in ink
oorgeskryf en in pakkies versamel wat sy liggies met garingdraad vasgebind
het. Miskien spreek uit hierdie vreemde handeling die respek wat sy vir die
klaargeskrewe gedig gehad het: as haar verse dan nie in tydskrifte en
bundels kon verskyn nie, sou sy hulle op haar eie eksentrieke manier as't
ware 'tipografies' versorg! Lees 'n mens Higginson se artikel met al die aan-
halings uit Emily se briefwisseling met hom, openbaar haar vrae en uit-
sprake haar selfbesef en haar insig in die moeilike kunsvorm wat die alfa en
omega van haar kluisenaarsbestaan was.
Nadat Higginson gereageer het op haar eerste brief aan hom waarin sy vra
of haar vers lewe, skryf sy haar tweede brief ook in April 1862 en gee die
volgende antwoord op sy vraag na haar ouderdom: "You asked how old I
was? I made no verse, but one or two, until this winter, sir.
"I had a terror since September, I could tell to none; and so I sing, as the
boy does by the burying ground, because I am afraid"^.
Haar antwoord is meer as 'n ontduiking van die vraag na haar historiese
leeftyd. Ek glo 'n mens kan met reg uit haar antwoord aflei dat sy geweethet dat 'n digter se letterlike ouderdom in jare nie belangrik is t.o.v. sy
digterskap nie. Sy sê dus aan Higginson dat sy, behalwe vir 'n sporadiese
vers of twee, maar "sedert die winter" werklik ernstig poësie skryf. Op 16
April 1862 ontvang Higginson Emily se eerste brief, tien dae later, op 26
April, haar tweede. Sy het die vorige September begin skryf, dus is sy as
digter sewe maande oud! Dít is die enigste ouderdom wat Higginson
behoort te interesseer; waarmee hy gemoeid is. In die antwoord oor haar
ouderdom bou sy ook die wete in dat sy vir terapie skryf: sy sing omdat sy
bang is. Maar sy weet ook onteenseglik dat ware kuns nie gebore word uit
die behoefte aan terapie nie. Sy besef dat die poësie, afgesien van sy
geheime oorspronge, 'n vak is wat die beoefenaar daarvan kan en moetleer: "I would like to learn. Could you tell me how to grow, or is it uncon-
veyed, like melody or witchcraft?"^. Die feit dat sy weet die poësie is nie
slegs "towery" nie, blyk uit 'n later brief (Julie 1862) waarin sy vra dat Hig-
ginson haar geen kritiek moet bespaar nie, maar met die oog van 'n chirurg
na haar gedigte moet kyk: "Men do not call the surgeon to commend the
bone, but to set it, sir, and fracture within is more critical. And for this,
receptor, I shall bring you obedience, the blossom from my garden, and
every gratitude I know".®.
40
Met hierdie uitspraak in gedagte kan 'n mens tereg die volgende gedig van
Emily Dickinson onder meer lees as 'n digterskapsgedig; 'n gedig waarin,
naas die voor die hand liggende betekenis, sy dit ook het oor hoe die kritici
met die poësie behoort om te gaan:
Surgeons must be very careful
When they take the knife!
Underneath their fine incisions
Stirs the culprit, — Life!
Inderdaad 'n gedig waaruit Emily se doodsobsessie blyk, maar terselfdertyd
ook 'n gedig oor die gedig en oor die chirurge van die gedig. Binne-in die
gekonstrueerde vers — al die "dele" netjies en ordelik saamgevoeg soos in
die menslike liggaam — sit die lewe. Sonder dié lewe is die liggaam 'n lyk.
Vormvermoëns, tegniese vaardigheid alleen kan nie 'n gedig maak nie; die
vonk van inspirasie moet daar wees.
Dit lê voor die hand dat 'n digter soos Emily Dickinson wat so intens bewuswas van die lewe in die gedig, haar uiteindelik nie deur reëls en tradisies
i.v.m. die poësie laat bind het nie. Higginson vertel dat hy haar probeer lei
het "in the direction of rules and traditions" — al was dit net in die geringste
mate — maar haar uiteindelik in haar "onherbore staat" verkies het.^
Spelfoute deur hom aangedui, het sy toegewyd gekorrigeer, maar geen
aandag bestee aan groter onreëlmatighede nie. Die ironie in haar antwoord
as hy haar op dié 'agterlosigheid' wys, kan mens nie ontgaan nie: spelfoute
kan sy raaksien, maar die foute waarvan haar leermeester haar beskuldig, lê
buite haar gesigsveld.® Sy het waarskynlik baie goed geweet waarom sy
sekere onreëlmatighede in haar vers toelaat en 'n mens verstaan waaromLinscott Higginson beskou as 'n kritikus wat veels te konvensioneel was omaan Emily Dickinson se oorspronklikheid en digterlike vermoëns reg te konlaat geskied.
Sou enigiemand Emily Dickinson met haar byna magiese intuVtiewe en tog
redelike begrip van die poësie iets kon leer? Uit haar verse en briewe blyk
haar sensualiteit, haar skerp sintuiglike vermoë. Sy het vanself geweet dat
poësie gedink word in 'n "marrow-bone" soos W.B. Yeats sê in sy "Aprayer for old age". Sy skryf aan Higginson hoedat net die poësie verligting
kon bring vir die verlammende ontroering wat sekere waarnemings in die
natuur by haar gaande gemaak het: "And when ... a sudden light on or-
chards, or a new fashion in the wind troubled my attention, I felt a palsy,
here, the verses just relieve"®.
Uit haar briefwisseling met Higginson blyk dat Emily Dickinson inderdaad
terughoudend was en teruggetrokke geleef het. As hy haar om 'n foto vra,
antwoord sy (Julie 1862): "Could you believe me without? I had no portrait,
now, but am small, like the wren; and my hair is bold like the chestnut bur;
and my eyes, like the sherry in the glass, that the guest leaves. Would this
do just as well?"^® In die plek van 'n foto stuur Emily Dickinson aan Higgin-
41
son 'n beskrywing van haarself en verskuil haar veilig agter die metafoor. le-
mand wat so kennelik bewus was van die mag van die metafoor om die
onsêbare te sê en die spreker só op metaforiese wyse, te verberg, kon nie
bang gewees het vir publikasie nie. Sy het geweet dat die poësie nie die
waarheid i.v.m. die persoonlike, intieme menswees van Emily Dickinson
kon verraai nie. Op 8 Junie 1862 skryf sy aan Higginson dat sy geensins
gesteld is op roem nie, maar: "If fame belonged to me, I could not escapeher Ten slotte het sy baie goed geweet dat die ek van die gedig nie
sonder meer met die digter van die gedig vereenselwig kan word nie:
"When I state myself, as the representative of the verse, it does not meanme, but a supposed person"^^. Emily Dickinson het op 'n absolute manier
haarself as digter geken. Sy is een van die weiniges wat miskien die kontro-
versiële benaming "gebore digter" verdien.
II Skryfopleiding en skryweropleiding: die dekade van die
begaafde kind
Die soveelste herlees van Higginson se artikel oor Emily Dickinson het mygedagtes vanself laat koers kry na my deelname as student aan D.J. Opper-
man se Letterkundige Laboratorium en na wat hy as leermeester vir my as
jong digter beteken het. Ek het daaroor besin binne die konteks van die
huidige gesprek oor, belangstelling in, beheptheid met kreatiwiteit — noemdit wat u wil. Feit bly dat die Afrikaanse mens 'n besondere aanvoeling het
vir die poësie vanaf die dae van Die PatriotXoe dié eerste Afrikaanse koerant
oorstroom is met bydraes van diglustiges "wat pas hulle eie taal ontdek en
daarin mondig gevoel het"*^ tot nou waar ons Afrikaanse digbundels aan
die lopende band kry — weer eens 'n oorstroming. (Moet ons nie ernstig
kyk na die kwaliteit daarvan nie? Die Afrikaanse taal is nie meer in sy kinder-
skoene nie en die 'tyd' sal nie, soos oor die Pafr/of-versies, weer so goedig-
begrypend oordeel oor enigiets wat in Afrikaans verskyn nie.) Die hoë peil
wat die Afrikaanse poësie bereik het, behoef geen betoog nie; so ook nie
die hedendaagse intense belangstelling in die kreatief-begaafde kind en
aldus in kreatiwiteit as sodanig nie. As digter en dosent kan ek nie anders as
om aan myself rekenskap te gee oor hierdie sake nie. Dit het vir die dosent
wat ook skeppende kunstenaar is, skynbaar onontkombaar geword: naas
sy eie gevoel van geroepenheid in dié verband word daar ook van alle kante
druk op hom uitgeoefen om nie net self te skryf nie, maar om ook leiding te
gee i.v.m. die ontwikkeling van kreatiewe vermoëns by kinders en jong-
mense.
By geleentheid van die viering van die vyftigste bestaansjaar van die Afri-
kaanse Skrywerskring op 7 en 8 September 1984 in Pretoria het die skrywer
Hennie Aucamp 'n lesing gelewer met die titel "'n Bloudruk vir 'n skryf-
skool"^"*. Die titel spreek vir homself: Aucamp, kortverhaal- en kabaret-
skrywer, Hertzogpryswenner en terselfdertyd ook Afrikaans-dosent in die
fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, het indrin-
42
gend gekyk na wat kreatiwiteit is en na die kwessie van skryfopleiding en
skryweropleiding. In sy bespreking het hy ook in die besonder gefokus opOpperman se 'skryfskool' aan die Universiteit van Stellenbosch, die Letter-
kundige Laboratorium wat tydens Opperman se hoogleraarskap
(1960—1980) 'n hoogbloei beleef het. Aucamp se gepubliseerde lesing wasvir my 'n belangrike stimulus tot die herlees van Higginson se Emily
Dickinson-artikel en tot die behoefte om my eie getuienis af te lê oor mý er-
varing van Opperman se leerskool en oor wat ek self glo i.v.m. kreatiwiteit
en die ontwikkeling daarvan.
Dit is 'n belangrike, essensiële onderskeid wat Aucamp tref tussen skryfop-
leiding en skryweropleiding. Hy beskou dit as veral belangrik dat die leerling
duidelikheid moet verkry oor die "ontvanger" van sy "boodskap": in watter
hoedanigheid is hy aan die woord en vir wie skryf hy?^® Die positiewe in-
vloed van die resepsie-estetika op die benadering tot skryfwerk kom uit hier-
die uitsprake van Aucamp na vore. Die leerling kan vanuit hierdie benade-
ring op verskeie maniere (d.w.s. met aanwending van verskillende
stylgrepe) oor 'n verskeidenheid van onderwerpe skryf en dus ook met 'n
verskeidenheid van taalprodukte as resultaat: 'n advertensie, 'n polemiese
brief, 'n essay, 'n gedig — noem maar op. Dit sal beteken dat daar vir die
leerling in benoudheid ruimte gemaak sal word — om dié psalmvers in
menslike verband aan te haal. Taalonderrig wat nie eng is nie maar talle
vorme van skryf insluit, sal die leerling as mens in die grootsmoontlike matelaat groei en ontwikkel. Aucamp sê tereg dat alles wat die kind op skool
leer, "saamtrek in die skryfproses"^®. As hy dit dan vervolgens het oor"kreatiewe skryfwerk" en sê dat "dit besig is om 'n kultusbegrip te wordwaarmee hy al minder raad weet"^^ kan ek nie anders as om my heelhartig
met hom te vereenselwig en volmondig saam te stem nie — ook ek wou dit
al in wanhoop uitroep. Dit is nie vir my, wat nie oor Aucamp se opvoed-kundige agtergrond en opleiding beskik, moontlik om gesaghebbend te
oordeel oor wat skryfopleiding op skool alles moet omvat nie. Hy maak in
dié verband voorstelle wat uitdagend is vir eie inisiatief, en ek glo hy het
volkome gelyk as hy besluit dat "basiese skryfopleiding voldoende behoort
te wees vir ontluikende skryftalent mits die onderwyser sy taak met insig en
verbeelding aanpak"^T
Aucamp se opvatting van skryfopleiding op skool is, soos reeds gesê,
duidelik beïnvloed deur die resepsie-estetika, maar nêrens lei dit hom tot
eksplisiete verwerping van die struktuur-analitiese benadering nie. Trouens,
dit gaan nie vir hom om poësie-onderrig nie, maar om skryfopleiding. Die
twee sake is egter nie absoluut te skei nie: 'n onderwyser wat poësie onder-
rig by wyse van die struktuur-analitiese metode sal sy skryfopdragte aanleerlinge ook in 'n sekere sin vanuit dié metode benader — 'n metode wattans oral in oneer is; 'n gewraakte metode geword het.
In die eerste aflewering van sy artikel "Creatief schrijven en poëzie-
onderwijs" verklaar Hans Manders in sy inleidingsin dat nagenoeg almal
43
wat die afgelope aantal jare nagedink en geskryf het oor poësie-onderwysvan mening is dat die afkeer wat leerlinge van poësie het in 'n groot mate te
wyte is aan die universitêre struktuur-analitiese benadering. Sy onmiddel-
like groot beswaar is dat leerlinge deur die onderwyser gekonfronteer wordmet 'n modelinterpretasie wat vantevore deur hom gemaak is en waarby die
teks sentraal staan en nie die relasie tussen gedig en leerlinge nie: "Dergelij-
ke poëzieonderwijs is tekstgericht en niet leerlinggericht. Leerlingen leren
zo bijvoorbeeld niet inzien dat ze gedichten zelf kunnen interpreteren en
beoordelen, of dat ze in contact gebracht kunnen worden met hun eigen
gevoels- en ervaringswereld^®.
Hierdie opvatting stel Manders dadelik bekend as 'n geesgenoot van Hennie
Aucamp en wel n.a.v. die volgende uitspraak van Aucamp: "Taalgroei en
persoonlikheidsgroei skakel ten nouste. Met sinvolle skryfopdragte kan die
onderwyser die gedagteprosesse en emosionele ontwikkeling van sy leer-
ling in toenemende mate stimuleer en verfyn"^®. 'n Mens moet Manders en
Aucamp in 'n groot mate gelyk gee, veral t.o.v. die aanbied van 'n
mode/interpretasie wat leerlinge passief maak en deelname ontsê. Mandershet groot gelyk as hy sê dat dit gaan om "leesplesier", "leesbereidheid" en
"leesbelangstelling"^T Dit kom daarop neer dat die onderwyser moet kies
vir 'n tekservarende aanpak en nie vir 'n teksgerigte nie^^.
Manders roep die getuienis van twee ander geesgenote in, dié van die
Amerikaner, Kenneth Koch, en die Belgiese professor, De Geest, en skryf
uitvoerig oor hulle metodes van skryfopleiding op skool. Ek gaan nie in
besonderhede daarop in nie. Uit wat Manders skryf, blyk dat die metodeswat aangewend kan word by dié soort "creatief schrijven" nie voor die
hand lê nie en dat die onderwyser inderdaad met geesdrif en verbeelding te
werk sal moet gaan. Die volgende doelstelling van Koch wat Manders uitlig,
interesseer my in die besonder: hy het nl. probeer om die idees en
gevoelens agter die gedigte in kontak te bring met die idees en gevoelens
van die leerlinge^T Dit tref my dat die gewraakte idee in die gedig meteensweer status kry. Die struktuur-analitiese metode het ons inderdaad laat glo
dat net die 'hoe' van 'n gedig belangrik is en nie die 'wat' nie. In die
vroegsestiger-jare het ek aan die universiteit dikwels by monde van
meerdere dosente in die vak Afrikaans-Nederlands gehoor dat die 'stof
onverskillig' is — 'n herhaalde frase —;dat dit nie belangrik is waaroor 'n
digter skryf nie; net hoe hy dit doen. Volgens Manders het Koch in sy
onderrig "positieve, blije, lieflijke, sprookjesachtige gedichten"^^ gekies, die
tema daarvan aan die leerlinge probeer verduidelik en dit deur assosiasie
met hul eie ervaringe in kontak probeer bring. Die opdrag was dan dat die
leerlinge gedigte moes skryf wat op een of ander manier ooreenkom met die
behandelde poësie.
By al die positiewe aspekte wat Manders ter sprake bring i.v.m. kreatiewe
skryfopleiding, kan die negatiewe 'n mens nie ontgaan nie. Ek verset myteen die absolute diskrediet waarin hy die struktuur-analitiese metode bring.
44
Hy praat dan ook inderdaad van die "verguisde structuur-analytische
benadering" as hy sê dat De Geest hierdie benadering en "creatief schrij-
ven" probeer kombineer^^ — 'n wyse van aanpak waarmee ek net akkoord
kan gaan. Manders se afkeur blyk as hy së De Geest "verraai" dat hy die ak-
sent op "tekstbestudering" lê en nie op "tekservaring" nie^®. Dit is volgens
my presies wat moet gebeur. Manders en Aucamp het my volkome daarvan
oortuig dat tekservaring ter wille van leerlinge/studente se betrokkenheid
nie geïgnoreer mag word nie, maar waar kom jy vakwetenskaplik uiteindelik
met al dié 'ervarings' en 'emosies'? By die keuse van tekste moet daar
volgens Manders "toch ook enigsins rekening gehouden wordt met de
kwaliteit"^^ — Hierdie uitspraak skok my. Dit lyk my ons is in 'n sekere sin
terug by die kreatiewe analise op linguistiese grondslag waardeur 'n gedig
beskou is as 'n "taalsituasie" soos enige ander "taalsituasie"^®. Is ons weer
eens besig om die literêre kunswerk van sy status te beroof? Ons praat nou
liefs van tekste — en nou hoef die tekste maar net "enigsins" kwaliteit te
hê. Ek dink 'n mens kan tereg vra: Waarheen is ons op pad?
My eie enigste werklik insiggewende ervaring van skryfwerk op skool het ek
bekom deur my beoordeling (in samewerking met ander beoordelaars) van
die poësie-wedstryd vir die tydskrif Poort van die Suid-Afrikaanse
Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat jaarliks vir hoërskoolleerlinge
uitgeskryf word. Oor die prosa-bydraes kan ek my nie uitspreek nie, maardie poësie-bydraes van 1983 en 1984 het my in groot mate geskok en teleur-
gestel. Dis nie my bedoeling om binne verband van hierdie artikel my ver-
slag aan die Akademie te herhaal nie. Enkele sake wil ek egter kortliks
noem.Ek was in eerste instansie geskok oor die tipografiese onversorgdheid van
die bydraes, juis waar by publikasie van gedigte in tydskrifte en bundels
toegewyd daaraan aandag bestee word. Tipografiese versorging is aller-
mins 'n bloot uiterlike aangeleentheid. Die digter dink in versreëls, en die
versreël moet op die bladsy gesien word sodat jy die gedig kan hoor en rit-
mies daarvolgens kan lees. Die afbakening van die gedig in strofes en vers-
reëls en die presiese plasing van die titel bo-aan is van essensiële belang.
Die onversorgdheid van die Poo/t-bydraes het my herhaaldelik tussen die oë
geslaan: gedigte in eie handskrif (waar eie handskrif 'n onmiddellike skans
tussen leser en teks veroorsaak); fotokopieë uit jaarblaaie, soms minuskuul,
op 'n vel papier geplak; dowwe, slordige, skaars leesbare deurslag-kopieë;
tekste waarop korreksies aangebring is (stel jou voor 'n bundel waarin 'n
gekorrigeerde teks verskyn!) en tekste waarby 'n mens ternouernood
tussen die titel en die aanvangsreël kan onderskei. So iets is onverdedig-
baar. Wat veral skok, is die totale afwesigheid van die trots van die vakman:die digter wil seerseker net soos die skilder 'n klaargemaakte, 'mooi' produkdie wêreld instuur.
Die woord is uiteindelik al wat die digter het. Poësie is woordkuns. Ek kannie 'n gedig definieer nie; net by benadering sê wat dit is en die poësie
45
verder vir homself laat spreek. As ek gedwing sou word om te sê waarin die
gawe van die digterskap ten diepste geleë is, sal ek sê in die woord. Die
digter het 'n buitengewone affiniteit vir woorde; hy is iemand wat die woordmet ongewone trefsekerheid — en dikwels ook op 'n ongewone wyse —kan hanteer. Die woordbewuste Emily Dickinson sê: "I found the phrase to
every thought / I ever had, but one." Die aanvangstrofe van Elisabeth
Eybers se gedig "Woorde" (Einder) lui:
Op vyftien maande kon ek praat,
so het my ouers vertel,
lang sinne selfs. Vir woorde laat
ek alles op die spel.
Daar is talle positiewe maniere waarop leerlinge woordbewus gemaak en
hulle woordvermoëns ontwikkel kan word — o.a. deur assosiasieoefeninge.
Vanuit my ervaring van die Poorí-poësiewedstryd moet ek egter, helaas, op
hierdie tydstip ook 'n negatiewe benadering voorstaan: leerlinge moet weetwat retoriese taalgebruik is en dit ten alle koste vermy. Die sg. 'besielde
retorika' bestaan natuurlik, maar daartoe is net die ryp digter in staat. Uit die
PooAí-bydraes het ek talle voorbeelde van die allerergste retorika neerge-
skryf — ek hoop maar net dat ek nie daaruit moet aflei dat leerlinge nogsteeds opgelei word om 'mooi' te skryf nie: "Die dag breek in sy volle glorie
rooi" (en mens wag vanself op die rymwoord "mooi"); iets "waai in
flarde"; "biggelende traantjies"; "soet nektar van my woorde"; "'n vlinder
se rykste kleur ontluik" ('n vals beeld); "snerpend koud"; "dartel";
"vensters van die siel"; "kleureprag wat God se skepping loof".
Warren en Wellek beweer tereg: "Each more recent 'movement' in poetry
has had the same design: to clear away all automatic response, to promote
a renewal of language (a 'Revolution of the Word'), and a sharpened
realization"^®. Die kind moet geleer word om die outomatiese,
gestereotiepe reaksie op die werklikheid kwyt te raak en weer volgens sy
aard oorspronklik, spontaan te reageer. Dit is ironies dat ek ná my ervaring
van die Poort-wedstryd sê hy 'moet dit geleer word'. Dit kom daarop neer
dat die skool ondanks die huidige beheptheid met begaafdheid en kreatiwi-
teit, die kind sy spontane kreatiwiteit skynbaar afleer.
Een van die genotvolste ervarings wat 'n koerant my in 'n lang tyd besorg
het, was André Letoit se artikel "Begaafde kinders kort almal 'n pak slae"
(Rapport, 16 Des. 1984). Ek is saam met hom hartgrondig dankbaar dat
soos syne my (wonderlike, verstandige) ouers my nie vir 'n begaafde kind
aangesien het nie en ek is dit hartroerend met hom eens as hy sê: "Ek voel
intens jammer vir vandag se begaafde kinders. Hulle word opgepiep,
afgesonder, ontsmet en befoefie. Hulle is almal spesimens onder 'n mikro-
skoop. Hulle sal nooit sosiaal aanpas nie, want onder hul maats word hulle
óf opgehemel óf met intense haat bejeën". Sela. Bravo. Inderdaad: "Neemweg die kunsmatige druk vir prestasie, die ultra-hoë verwagtings". 'Los
46
hulle uit', wil ek byvoeg. Laat staan hulle dat hulle gewoonweg alles wat
lewe is spontaan kan meemaak as gewone kinders saam met ander gewonekinders. Daar in die hart van die lewe waar jy betrokke is en nie afgesonder
en geëtiketteer nie, ontstaan "poësie" — in die wydste sin van die woord—
;daar word jy kreatief.
Wat myself verder in dié verband betref: ek wil nie by geleentheid begaafde
leerlinge en toppresteerders toespreek oor kreatiwiteit nie. (Die slimstes is
nie noodwendig die kreatief-begaafdes nie.) Saam met André Letoit wil ek
sê: "Daar moet nóú werk van gemaak word om begaafde kinders af te
skaf." Ek verkies om sover moontlik nie betrek te word by kort kursusse oor
kreatiewe skrywe en poësie-werkswinkels nie. Êrens moet mens jou eie
digterskap begin beskerm. Om aanhoudend oor kreatiwiteit te praat, is omuiteindelik eie kreatiwiteit dood te maak. My onmiddellike taak Íê as univer-
siteitsdosent by my studente en dan wel in besonder ook by die kreatief-
begaafdes. Kort kursusse oor kreatiewe skrywe en sporadiese kontak met'begaafdes' het buitendien geen of weinig sin. Die skryf van poësie (of pro-
sa) is 'n langtermyn-aangeleentheid en wil die volwasse kenner die talent-
volle jongmens help, moet hy sy hand vat en 'n lang pad met hom saam-
stap. Die mentor kan net sinvol help en lei as hy op die langtermyn in sy
leerling belê. Thomas Wentworth Higginson was 'n /eeftyd lanl< Emily
Dickinson se klankbord en literêre metgesel.
D.J. Opperman en sy Laboriete: die Stellenbosse "letterkun-
dige laboratorium" (1960—1980)
In sy gepubliseerde lesing "'n Bloudruk vir 'n skryfskool" erken Hennie
Aucamp Opperman se groot bydrae deur sy Letterkundige Laboratorium en
die digters wat daaruit voortgekom het. Hy haal een van die getuienisse aan
van Opperman se tiental ex-Laboriete wat 'n bundel gepubliseer en 'n eie
bydrae gelewer het, nl. dié van Leon Strydom. Tereg wys Aucamp daarop
dat Leon Strydom ("D.J. Opperman se Poësie-Laboratorium", Tydsl<rif vir
geesteswetens/oppe
,
Maart 1983) die "emosionele komponent" van Op-perman se kursus beklemtoon, waar hy sê dat d'e Laboratorium vir hom"ondenkbaar" was sonder die "emosionele kompleks daaromheen: vanwedersydse vertroue en samewerking"^°. Aucamp sou ook my getuienis
kon bygeroep het: my essay "Waardig vir die bedryf" in my essay-bundel
Ontmoetings (Tafelberg, 1978).
Opperman het my in verbinding gestel met myself as mens, omdat hy mybewus gemaak het van myself as digter, maar Aucamp het tog net in 'n
mate gelyk as hy sê dat dit “duidelil<" word dat die "Opperman-skoling in 'n
hoë mate die Opperman-persoonlil<fieid was", en vervolg: "Die groot
leermeester, so sê ons in die onderwys, ís dikwels die metode"^T Dit is waarén onwaar. Die groot Opperman-persoonlikheid was 'n gegewe, maar in sy
Laboratorium-klasse het hy nooit 'tematies' te werk gegaan in dié sin dat hydie Laboriete se idees, die temas uit hulle gedigte gelig en met hulle oor die
47
'lewe' en hulle 'emosies' gesels het nie. Nee, hy het suiwer tegnies, weten-skaplik te werk gegaan, maar dan met sy fyn humorsin, sy ruim menslik-
heid, sy onbevooroordeeldheid. Hy het vakwetenskap/ik en mens/ikerwys 'n
voorbeeld gestel wat nagevolg kan word, alhoewel niemand — uiteraard!
— weer D.J. Opperman kan wees nie.
Hennie Aucamp beklemtoon ook Opperman se skatpligtigheid aan Ernst
van Heerden t.o.v. sy Letterkundige Laboratorium. Hy sê dat die Letter-
kundige Laboratorium 'n "skip" is waarvan die "boegbeeld" "twee koppe"het: dié van Ernst van Heerden en dié van D.J. Opperman"^^. VolgensAucamp het Opperman die "bloudruk" vir sy skryfskool "oorgeneem" vanErnst van Heerden en wel uit "'n baie belangrike artikel" deur Van Heerdenwat hy pas na 'n studiereis in Amerika in Oktober 1960 in Standpuntegepubliseer het, "Creative writing as University subject"^^. Ek het erns
gemaak met hierdie beweringe van Aucamp, Van Heerden se artikel
geraadpleeg en in my geheue gedelf om duidelik aan myself rekenskap te
gee van hoe presies Opperman spesifiek in 1960 sy Laboratorium aangebied
het.
In sy artikel het Van Heerden dit oor 'n hele aantal universiteite wat hy
besoek het, waar kursusse in kreatiewe skryfwerk aangebied is. Hy bring
dan ook meer as een metode van aanbieding ter sprake. So noem hy prof.
Theodore Morrison by Harvard wat sy werk beperk tot die skryf van kort-
verhale^^; hy noem die Universiteit van North Carolina wat hom veral
beïndruk het met die hoë standaard van "student playwriting"^^ Hy stel dit
dat sommige kursusleiers verkies om privaat met studente te werk, terwyl
ander voorkeur gee aan diskussie-groepe. Tereg sê Van Heerden in dié ver-
band dat tegniese wenke net sowel in groepsverband gegee kan word as
aan individue en dat dit 'n gemeenplaas is om te beweer dat studente baie
van mekaar en deur die reaksie van 'n geïnteresseerde gehoor leer.
Opperman het sy kursus in sy eerste jaar aan die Universiteit van Stellen-
bosch, 1960, vir die hele groot derdejaarsklas van ± 80, 90 studente (waar-
van ek lid was) aangebied. Eers die volgende jaar toe studente kon kies omdie klem in hulle studie óf op letterkunde óf op taalkunde te laat val (of om'n gelyke deel taal- en letterkunde te loop) kon hy sy Letterkundige
Laboratorium in die letterkunde spesiaal-kursus in die tweede semester van
die derde jaar aanbied. Hy het dus voorkeur gegee aan diskussie-groepe in
kleiner verband. Ek het reeds in 1960 soveel geleer in sy kursus dat ek in
1961 in my Honneurs-jaar die verkleinde Letterkundige Laboratorium metnog groter vrug kon bywoon. Hy het dié Laboratorium behartig soos die
meeste leermeesters in die kursusse vir kreatiewe skryfwerk dit volgens VanHeerden in Amerika gedoen het: "Most of the courses have a basic pattern:
student work is mimeographed and circulated some days before the group
meets for discussion and is eventually very thoroughly analysed and criticis-
ed by a limited number of students, with the professor acting as chairman
and guide"^®.
48
Die basiese patroon van Opperman se kursus is inderdaad herkenbaar in
hierdie woorde van Ernst van Heerden, maar daar is ook 'n opvallende ver-
skil: Volgens Van Heerden is die werk van studente by herhaling deur die
Amerikaanse dosente ontvang, oorgedruk en onder die studente gesirku-
leer met die oog op die volgende diskussie; Opperman het een 'bloemlesing'
van studente-verse vir gebruik gedurende die hele semester wat die kursus
duur, saamgestel. Die gedigte het hy laat oortik presies soos hy dit ontvang
het (foute en all), laat fotokopieer en in 'n 'boekvorm' ingebind. Dit lyk vir
my — om die minste daarvan te sê — of Aucamp Opperman se
skatpligtigheid aan Ernst van Heerden totaal oorskat. Opperman se metodesou dan bowendien teruggaan op een lang sin (en dan net gedeeltelik) uit
Van Heerden se artikel van drie en 'n half bladsye — inderdaad 'n goeie en
insiggewende artikel maar as sodanig nie uitgebreid en indringend nie. Ter
wille van historiese juistheid sou 'n mens moet nagaan, indien moontlik, of
Opperman nie self van die Amerikaanse leermeesters geraadpleeg het nie.
Verder is Van Heerden se artikel in die OI<tober-u\tga\Ne van Standpunte
gepubliseer, terwyl Opperman sy lesing "Kolporteur en kunstenaar" waarin
hy dit gehad het oor sy toekomstige Laboratorium, reeds op Vrydag, 26Februarie 1960, voor die Afrikaanse Studiekring op Stellenbosch gelewer
het. Die datum van Opperman se optrede, 26 Februarie 1960, word perti-
nent deur J.C. Kannemeyer genoem in sy artikel oor die Afrikaanse Studie-
kring (ASK) by geleentheid van die viering van sy vyf-en-twintigste
bestaansjaar "Die jare toe Maties die voortou geneem het" (Rapport, 6
Nov. 1983): Kannemeyer vat Opperman se nou bekende lesing (in 1961
opgeneem in die bundel ASK-lesings, Aanslag, in 1974 in Opperman se
opstelbundel, Naaldekoker) as volg saam: "In sy lesing het prof. Oppermandit gehad oor dié gevalle waar skrywer en dosent in één persoon aangetref
word. In die tweede gedeelte van sy lesing, waarin die aksent verskuif het
na die skeppende werk, het hy die instelling van 'n letterkundige labora-
torium in die vooruitsig gestel ..."
Dit lyk my na 'n ongelukkige wending wat Aucamp aan sy sinvolle gesprek
oor 'n moontlike skryfskool gee waar hy so 'n groot skatpligtigheid van Op-perman aan Ernst van Heerden veronderstel. Die bydrae van Opperman se
Letterkundige Laboratorium staan vas en onskendbaar deur die digters watdit gelewer het. Ek gaan nie verder daarop in nie: dit is per slot van sake noureeds geskiedenis (vgl. in dié verband Opperman se eie getuienis: "Let-
terkundige Laboratorium — 20jaar", Tydskrif vir Letterkunde, Nuwe reeks
XVI: 3, Augustus 1978). Opperman self het in openbare redevoering en per-
soonlike gesprek herhaaldelik laat blyk dat hy sy Laboratorium beskou as
die grootste bydrae van sy hoogleraarstyd. Inderdaad probeer Aucamp ooknie hierdie bydrae bevraagteken of geringskat nie, maar dit kom my tog
voor as verdagmaking van Opperman se metode van aanbieding as hy sê:
"Alle 'instrukteurs' ná Opperman het voortgeborduur op die Opperman-stramien"^T
49
Hy noem my en Sheila Cussons as Opperman se opvolgers. Ek het tydens
Opperman se siekte in 1976 die Laboratorium behartig en dit vir een jaar na
sy aftrede (1982) van hom oorgeneem voordat ek 'n betrekking aanvaar het
aan die Universiteit van Pretoria. In my nuwe departement het ek onmid-dellik die geleentheid gekry om weer met 'n 'laboratorium' te begin. Of ek
enige sukses sal hê met my opleiding kan ek op hierdie tydstip uiteraard nie
sê nie. Tereg beweer Ernst van Heerden: "But it appears equally obvious
that this kind of 'workshop' group project ... is likely to show its effec-
tiveness only over a fairly long period of time"^®. Hoe dit ook al sy, Aucamphet gelyk: ek het "voortgeborduur" (en die pejoratiewe betekenis ontgaanmy nie) op die "Opperman-stramien". Ek pleit skuldig; ek was "his master's
voice". Ná alles wat ek die afgelope tyd oor kreatiewe skryfwerk gelees het,
0.
a. by Manders en Aucamp is ek daarvan oortuig dat ek nuut en anders
kan dink oor kreatiewe skryfopleiding; dat daar ander benaderings en
metodes is as dié van Opperman. Maar ek weier om met Hennie Aucampsaam te stem dat Opperman se sukses in so 'n oorweldigende matetoegeskryf moet word aan die persoon van D.J. Opperman vir wie niemandgroter respek kan hê as ek nie; dat die "Opperman-skoling" in so 'n hoëmate die "Opperman-persoonlikheid" was. Nee, Opperman se Letterkun-
dige Laboratorium het berus op sekere oortuigings i.v.m. poësie en die
skrywe van poësie wat oordraagbaar is. Hy het aan sy Laboriete sekere feite
1.
v.m. die skryf van poësie geleer wat hulle weer aan ander 'soekende'
digters kan leer. Dit alles kom neer op 'n 'metode' waaraan ek solank as watek digter is in essensie getrou sal bly.
In eerste instansie het dit vir Opperman gegaan om jongmense wat talent
het) wat deur wat hulle geskryf het reeds aan hom bewys van ta/ent gelewer
het. Daarom was Opperman geïnteresseerd in skryweropleiding en nie in
skryfopleiding nie. Dat dit onteenseglik so is, blyk uit die vraag waarmee hy
sy toespraak oor sy Letterkundige Laboratorium ná twintig jaar begin; sy
rekenskap in 1978 het nog gestaan in die teken van sy aanvanklike benade-
ring in 1960: "Wat word van die jong skeppende genie wat eensaam op die
kampus ronddwaal en geen raad met sy talent weet nie?"^®. Opperman het
hom teenoor sy Laboriete gestel in die posisie van 'n Thomas WentworthHigginson tot 'n Emily Dickinson — net met meer begrip en meer
gevoeligheid en meer kennis. Hy het fyn geluister om die kreet van die jong
digter op te vang: "Lewe my vers?"
Dit was vir my verrassend en opwindend om by die lees van Higginson se
artikel oor Emily Dickinson, te ontdek dat die vrae wat sy in haar briewe aan
hom oor die poësie stel en die uitsprake wat sy daaroor maak, in essensie
klop met wat Opperman sy Laboriete geleer het. Hoe ek self aanvanklik by
Emily Dickinson se poësie uitgekom het, weet ek nie meer nie. Wat ek wel
weet, is dat Opperman 'n groot bewonderaar van haar werk was, soos ook
Elisabeth Eybers wat haar as een van die groot vormende kragte vir haar eie
digterskap erken. En dan ontdek jy self ná jare nog meer verwantskappe en
50
ooreenkomste! Miskien dink alle digters ten diepste eenders oor die poësie.
As Opperman eenmaal lewe in 'n jong digter se verse vasgestel het, was dit
sy oortuiging dat dié digter sy vak verder kon en moes leer. Per slot van
sake is die poësie nie net "melody" en "witchcraft" nie. Opperman het sy
Laboriete gelei tot die oplossing van die probleme wat hulle met die skryf
van hulle verse ondervind het en hy het in die proses konkreet, reël, prakties
te werk gegaan. In die woord "Laboriet" is nie net die woord"Laboratorium" vervat nie, maar ook die Latynse woord "labor". 'n
Laboriet moes inderdaad "homo laborans" wees: 'n werkende mens, al wasdie werk ten diepste dan ook die spreekwoordelike "labour of love".
In sy "Kolporteur en kunstenaar"-lesing het Opperman in verband met die
digter as dosent gesê dat dit 'n voor- of nadeel kan inhou dat so 'n dosent
by voorkeur in tegniese sake sal belangstel: "Dit is dan een van die voor- of
nadele as ]y self skep, nl. dat jy veral in formele en tegniese sake belang
stel'"*®.
Emily Dickinson was haar skerp bewus van die lewe in die gedig. Die eerste
vraag waarmee sy haar tot Higginson wend, is: "Lewe my vers?" Opper-
man se instelling t.o.v. elke gedig wat hy in sy Laboratorium-bloemlesing
opgeneem het, was: Kom ons soek eers die "lewende kern" voordat onsmet ons kritiek kom.Hy sou trouens geen gedig opgeneem het waarin die lewende kern afwesig
was nie. So 'n lewende kern was vir hom meesal 'n metafoor of 'n meta-
foriese moment. Dit was seker die eén vooroordeel van waaruit Oppermansy Letterkundige Laboratorium-kursus gelei het: sy voorkeur vir die meta-
foor. Wat myself betref, glo ek vandag nog dat dit die allerbeste voor-
oordeel is wat 'n digter kan hê. Naas Opperman se Letterkundige
Laboratorium was my groot leerskool E.M.W. Tillyard se Poetry: direct andobHque en Simon Vestdijk se De glanzende kiemcel. Trouens, dit wasOpperman se Laboratorium en Opperman self wat my direk na hierdie tweewerke gelei het. Albei skrywers glo dat 'n digter by uitnemendheid iets by
wyse van die poësie sê deur die metafoor; dat sekere dinge — dit watbehoort tot die intiemste en subtiele grensgebiede van ons menswees —alleen deur die metafoor uitgedruk kan word. Vir Tillyard is alle poësie as
sodanig indirek en is die metafoor die sekerste middel tot "obliquity". Hysê: "Metaphor can do everything. It can be the simplest reinforcement of
directness, the sublest contributory cause of obliquity, and can pass into
the autonomous state of symbolism"'*T 'n Digter kan myns insiens nooit die
metafoor ontrou raak nie; dit lê in sy aard om metafories te praat, veral om-dat hy dit herhaaldelik het oor dié dinge wat vanself om die metafoor vra:
"We metaphorize ... what we love, what we want to linger over, and con-
template, to see from every angle and under every lightening, mirrored, in
specialized focus by all kinds of like things'"*^.
Opperman se eie metaforiese vermoë wat niks anders is as 'n magiese gawenie en die hoë waarde wat hy aan die metafoor geheg het, was aanleiding
51
tot sy voorkeur vir die sg. gestalte-vers bo die belydenisvers: hy het die
gedig verkies waarin deur 'n gestalte heen i.p.v. direk by monde van 'n
persoonlike ek bely word. Maar Opperman het 'n jong digter opgelei om uit-
eindelik volgens eie aard te ontwikkel. My eie werk is 'n getuienis daarvan.
In my debuutbundel Digby Vergenoeg oorheers die gestalte-vers ("Vir
Anne Frank van het Achterhuis", "Franz Liszt"), Winterhawe, die tweedebundel is in die geheel suiwer belydenispoësie en Oorstaanson bevat selfs
nog meer persoonlike liriek. Ek het Opperman in dié verband baie goed ver-
staan: hy het die jong digter teen homself beskerm deur hom aan te moedigom liewer 'n beeldende gedig, 'n gestalte-vers te skryf as 'n belydenisvers.
Belydenis vra groter rypheid.
Ek het onder II die kwessie ter sprake gebring van die gedagte in die gedig
wat deur die huidige tekservarende benadering i.p.v. die teksanalitiese
nuwe status verkry het. Ek verheug my daarin. Die poësie van ons jongste
hedendaagse digters laat dikwels by my 'n onbehae agter omdat ek op die
ou end nie weet presies wat hulle probeer sê nie. Die fout mag by my lê,
maar dit kan ook wees dat in die voortstromende belydenisverse van die
jongste tyd die digters werklik nie veel te sê het nie. Dink ek terug aan die
Letterkundige Laboratorium, dan onthou ek dat Opperman die belang van
die idee in die gedig nooit genegeer het nie, alhoewel die struktuur-
analitiese metode wat hy aangehang het daartoe aanleiding kon gegee het.
Hy het beklemtoon dat in die gedig die gedagtegang deurgekomponeermoes word. 'n Gedig wat goed geskryf is, kon volgens sy poësie-beskouing
nie talle dinge of sommer enigiets beteken het nie. Opperman het die
Laboriet gelei om weer eens vas te stel wat hy aanvanklik wou sê en om dan
te bepaal of die gedig dit wel sê, m.a.w. of die gedig voldoende uitdrukking
gee aan die oorsponklike 'vonk' of dit nou 'n ervaring, 'n gebeurtenis, 'n
emosie, 'n gedagte, 'n godsdienstige oortuiging of wat ook al was. In dié
verband het hy altyd beklemtoon dat die gedig self oppermagtig is; dat die
vorm dikteer en die digter dikwels dwing om sy oorspronklike bedoeling te
wysig. Ek het self so 'n absolute geloof in die oppermagtigheid van die vormdat die digter vir my in laaste instansie altyd vir die ideale leser skryf. By die
opleiding van jong digters sal ek hulle nie vermoei met uitvoerige teorie oor
alle moontlike lesers n.a.v. die resepsie-estetika nie. Die gedig móét om aan
die eise vir goeie poësie te voldoen altyd gerig wees op die leser wat al die
subtiliteite van die gekonsentreerde taalvorm van die gedig kan snap; die
leser wat gevoelig is vir alle nuanses van woorde en die indirekte segswysevan metaforiese taalgebruik.
Eliseo Vivas skryf oor T.S. Eliot se "objective correlative" waarvan Opper-
man so 'n groot aanhanger was en vat die spanningsverhouding wat vir die
digter ontstaan tussen sy oorspronklike bedoeling en die gedig, die vormwaarin dit uiteindelik verwerklik word, as volg saam: "Between interest in
form and interest in content there is always a tension which for the artist, I
take it, defines itself as a problem of sincerity or of integrity"^T Dit is vir die
52
digter as mens soms moeilik om hom te onderwerp aan die vorm wat sy
oorspronklike ervaring en ontroering ten diepste aantas: "how outrageously
do the demands of form violate it, how deeply do they transmute it!"^. In
die praktyk kom dit daarop neer dat die digter dikwels woorde en reëls moet
skrap wat hy juis so graag in sy gedig wou hê. Die Nederlandse digteres, Ida
Gerhardt, sê in haar vers "Dichterspreuken I" (Het sterreschip): "Hebt ge
zeven woorden geschreven, / gij zult er zes met de ban slaan." Goeie raad.
Opperman het dit ook aan sy Laboriete gegee.
Ek sou nog baie kon skryf oor die wyse waarop Opperman die jong digter
gelei het. Die belangrikste aspekte van sy opleiding het ek egter wel ter
sprake gebring en daaruit moet voldoende blyk dat hy jong digters nie net
deur sy groot persoonlikheid gevorm het nie, maar dit by uitnemendheid op'n reële, praktiese, konkrete manier gedoen het. Ná vier jaar het sy
afwesigheid a.g.v. 'n ernstige beroerte in 1981, voelbaar geword in ons
literêre lewe. Sy invloed was nie beperk tot sy Letterkundige Laboratorium
en Stellenbosch en omgewing nie, inteendeel, dit het landwyd gestrek. Asjarelange keurder by Human en Rousseau en later ook by Tafelberg-
uitgewers het hy sy insigte met talle digters gedeel, hulle gehelp om hulle
manuskripte in elke opsig publikasie-gereed te kry en veral die jonges
weerhou van oorhaastige publikasie. Wie gaan die huidige publikasie-
woede (wat Hennie Aucamp tereg noem) tem? Opperman se standpunt
was dat 'n digter n bundel moes publiseer wat vir hom 'n plek in die Afri-
kaanse digkuns kon verower. Daarom het hy ook van 'n jong digter ge-eis
om sy eie tradisie absoluut te ken, om belese te wees in sy eie taal en in
ander tale. Ek kom nogal dikwels in aanraking met ambisieuse 'digters' watsommer dadelik 'n manuskrip wil voorlê sonder dat hulle vertroud is met die
beste poësie wat daar in Afrikaans bestaan; sonder dat hulle hul Oppermanen Van Wyk Louw as't ware van buite ken.
En dié wat wel tans 'n eerste en tweede bundel publiseer en bydrae tot die
huidige oorproduksie? Ek vra my keer op keer af wat die sin is van 'n bundel
wat verskyn om sommer net so in die stroom van die tyd te verdwyn. Ek
onthou Opperman se woorde verbatim toe hy my die soveelste keer
weerhou het van die publikasie van 'n vroeë manuskrip van my debuut-bundel: "Onthou", het hy gesê, "ek was genadeloos krities". Ek bly homdankbaar. Ek sou nooit 'n manuskrip wou publiseer wat nie eers onderwerpis aan 'n "kil oog" en 'n "harde hand" nie, ook sy woorde. Ek is dankbaardat ná Opperman Henning Snyman en 'n keer ook André P. Brink vir myhierdie funksie kon vervul.
In hierdie verband wil ek ook net die kwessie van keurderverslae vlugtig
aanroer. Hennie Aucamp het gelyk dat dié verslae ook die funksie vanskryweropleiding vervul as hy dit 'n "spooklaboratorium" noem en die
geheimhouding daarvan bevraagteken^^ — tereg, glo ek. Een so 'n
anonieme verslag het my via 'n talentvolle jong digter bereik wat daardeur
totaal moedeloos gestem is. Hierdie keurder het goeie werk bederf deur op
53
p
'n persoonlike manier van 'n pedestaal af as volwassene jeuggebreke te
identifiseer i.p.v. om te gehou het by tegniese sake: "Ek het die manuskrip
... met heelwat belangstelling en deernis gelees ... Dit is glad nie 'n uitge-
maakte saak dat jy altyd presies soos nou sal skryf nie. Om die waarheid te
sê, die meeste jongmense wat gedigte aan my voorlê, skryf soos jy. Myeerste pogings was ook maar dieselfde (vandag wys ek huHe vir niemandnie), so anders as wat ek later sou skryf." (Ek kursiveer.) Hierdie "some-what patronizing advice" (soos wat Linscott Higginson se kritiek op Emily
Dickinson tipeer^®) het die jong digteres verleë gemaak oor haar jonkheid en
haar laat delf in haar jeugdige emosies in 'n poging om daarvan ontslae te
raak en volwasse te word in plaas daarvan dat sy haar ingestel het op die
ontdekking van tegniese oplossings vir die probleme van haar poësie.
D.J. Opperman was ingestel op die talentvolle jong digter. Hy wou as digter
binne die beperkte tydperk van 'n semester die jong digter sover moontlik lei
op die pad van die ontwikkeling van 'n sterk digterskap. Dit lyk nie vir myregverdig dat by alle waardering Leon Strydom — en Hennie Aucamp metgoedkeurende instemming — die afwesigheid van prosastukke vir behande-
ling as 'n gebrek van sy Laboratorium-kursus aanstip nie. Opperman wasdaar vir ander digters as 'n digter by die grasie Gods. Met sy kenmerkendeeerlikheid het hy in sy bekende opstel "Kuns is boos!" erken dat daar vir
hom "iets ydels" in die roman is^^. Hy was altyd uitgesproke eerlik oor die
feit dat hy nie 'n goeie romanleser was nie. Die meeste digters, glo ek, is
nie! Daarom sal hulle skaars geskik wees om voornemende prosaskrywers
sinvol te lei. Dit sou Opperman sonder meer self erken het. Natuurlik kan die
behandeling net van gedigte die poësie verkeerdelik uithef as die "hoogste
genre" en die ander genres minderwaardig laat voorkom. En natuurlik kan
die "Stellenbosse model", Opperman se Letterkundige Laboratorium,
groter gedink word. Die uiteindelike ideaal, lyk dit my, is 'n skool vir
kreatiewe skryfwerk wat skryfopleiding in 'n verskeidenheid van rigtings én
skryweropleiding insluit. Mag ook hierdie artikel van my 'n pad daarheen
oopmaak.Tereg sê Hennie Aucamp dat daar reeds voor D.J. Opperman 'n "Letter-
kundige Laboratorium" op Stellenbosch was en erken hy die waardevolle
werk van Opperman se voorgangers: "Nee, Leon Strydom is nie heeltemal
korrek as hy glo dat daar geen Poësie-Laboratorium vóór Opperman wasnie. Ernst van Heerden, dr. Con de Villiers, dr. Fransie Malherbe en Eitemal
het almal 'Laboratoriumwerk' gedoen, maar sonder betaling; en daar sal
nog baie van hulle soort wees: vrywillige werkers in die wingerd"^®. Alle eer
aan Ernst van Heerden, dr. Con, dr. Fransie en Eitemal, maar wat impliseer
die frase "maar sonder betaling"? Dat Opperman wel geld gevra het vir sy
'Laboratorium-werk'? Hy het die Letterkundige Laboratorium behartig in sy
hoedanigheid as hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch. Die
begeerte om hom vir sy Laboratorium te behou ná sy aftrede, het een og-
gend in die teekamer van die departement Afrikaans en Nederlands waar ek
54
by was, as 'n versugting van my vriendin en jarelange kollega op Stellen-
bosch, wyle Annette Snyman, gekom. Haar man, Henning Snyman, het
ook oor die moontlikheid gepraat om Opperman as spesiale hoogleraar te
behou soos destyds vir Jan F.E. Celliers. Die vonk het oorgewaai na Na-
sionale Pers en die vuurtjie het gebrand: Nasionale Pers het geld beskikbaar
gestel aan die departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit
Stellenbosch om die skeppende skryfwerk van studente te bevorder en Op-perman te behou. Ná 'n jaar, 1980, het Opperman besluit sy amptelike werk
aan die universiteit is tog ook in dié verband afgehandel. Lank voor sy
Letterkundige Laboratorium in sy Stellenbosse jare het hy digters gehelp
(Sheila Cussons, Ina Rousseau, Peter Blum). Tydens sy hoogleraarstyd het
hy dit buite die grense van Stellenbosch gedoen: daarvan kan Antjie Krog
en Annesu de Vos getuig. As daar ooit 'n vrywillige werker in die wingerd
was, dan was dit hy. Geen werker in die wingerd van wie ek weet, vra ooit
geld nie: wat hy doen, is altyd 'n "labour of love". Is dit miskien daarom dat
hierdie werk vir die hoogste gesag — universiteite, uitgewerye — so
'goedkoop' is? 'n Mens moet dit sommer maar doen so naas en by al jou
ander verpligtinge teen min of geen vergoeding. My liefde vir die poësie het
my nog altyd gevrywaar van bitterheid oor die gebrek aan respek vir
kreatiwiteit, ondanks die hedendaagse beheptheid daarmee.
Ten slotte: Ek glo ná vyf en twintig jaar nog net so veel aan die r/^-lyne wat
Opperman neergelê het vir die beoefening van die poësie; aan die dissiplines
wat hy uitgewys het. Sou 'n digter nie meer hierdie riglyne volg en hom aan
hierdie dissiplines onderwerp nie, skryf hy inderdaad nie meer gedigte nie,
maar 'tekste'. Wat myself betref: ek is 'n leeftyd lank dankbaar dat hy
geantwoord het op my vraag: Lewe my vers?""
'Deo Gratias Amen.Amen.'
"
Universiteit van Pretoria
Junie 1985
Verwysings
1. Robert N. Linscott (samesteller), Selected poems and letters of Emily Dickinson,
Ancor Books, Doubleday and Company, New York, 1959, p. 5.
2. /6/d.,p. 3.
3. Ibid., p. (vi).
4. Ibid., p. 7.
5. Ibid.
6. Ibid., p. 10.
7. Ibid., pp. 10—11.
8. /6/c/.,p. 11.
9. lbid.,p.Q.
10. Ibid., p. 9.
1 1 . Ibid.
55
12. /6/tí.,p. 10.
13. G. Dekker, Afrikaanse literatuurgeskiedenis, sesde druk, Nasionale Boekhandel Beperk,
Kaapstad, 1961, p. 24.
14. Hennie Aucamp, '"n Bloudruk vir 'n skryfskool", Tydskrif vir Letterkunde, Nuwe reeks
XXII:4, Nov. 1984, pp. 9-21.15. /6/cy.,p. 11.
16. Ibid., p. 13.
17. Ibid.
18. Ibid.
19. Hans Manders, "Creatief schrijven en poëzieonderwijs I", Levende talen, no. 397, Jan.
1985, p. 23.
20. Hennie Aucamp, op. cit., p. 10.
21. Hans Manders, op. cit., p. 23.
22. Ibid., p. 24.
23. Ibid., p. 25.
24. Ibid.
25. Ibid., p. 26.
26. Ibid.
27. Ibid., p. 24.
28. Vgl. H. van der Merwe Scholtz, Sistematiese verslag van 'n stllistiese analise, gepubli-
seerde doktorale proefskrif, HAUM/J.H. de Bussy, 1950, p. 14.
29. Warren en Wellek, Theory of literature
,
Jonathan Cape, Londen, 1961, p. 253.
30. Aucamp, op. cit., p. 15.
31. Ibid.', my kursivering.
32. Ibid.
33. Ibid.
34. Ernst van Heerden, "Creative writing as university subject", Standpunte, jg. XIV, no. 1,
Okt. 1960, p. 24.
35. Ibid., p. 26.
36. Ibid., p. 24.
37. Aucamp, op. cit., p. 14.
38. Ernst van Heerden, op. cit., p. 26.
39. D.J. Opperman, "Letterkundige Laboratorium — 20 jaar", Tydskrif vir Letterkunde,
Nuwe reeks XVI:3, Aug. 1978, p. 1.
40. D.J. Opperman, "Kolporteur en kunstenaar", Aanslag, Human en Rousseau, 1961, p.
6 .
41. E.M.W. Tillyard, Poetry: direct and obHque, Londen, 1934, p. 63.
42. Warren en Wellek, op. cit., p. 202.
43. Eliseo Vivas, "The objective correlative of T.S. Eliot" in Stallman, Critiques and essays
in criticism, New York, 1949, p. 397.
44. Ibid.
45. Aucamp, op. cit., p. 20.
46. Linscott, op. cit., p. 4.
47. D.J. Opperman, "Kuns is boosl", Wiggelstok, Kaapstad, 1959, p. 143.
48. Aucamp, op. cit., p. 19.
Marie Agostinis
Giovanni Verga (1840—1922)
In 1880 toe Verga 40 jaar oud was, het hy reeds gewildheid verwerf met sen-
timentele romans, waarin die hartstog hoogty vier. Die karakters is uit die
hoër middelklas of die aristokrasie. Omstreeks hierdie jare is die Franse
naturalisme die letterkundige rigting wat die grootste belangstelling in
Europa geniet.
Verga is reeds in die sewentigerjare van die 19e eeu op soek na 'n frisser,
direkter menslike inhoud en 'n styl wat daaraan reg sal laat geskied. Geboei
deur die naturalisme, ontwikkel Verga en sy vriend Capuana 'n eiesoortige
Italiaanse realisme, 'n skool bekend as Verismo, wat die vorm aanneem van
'n streeksrealisme. Terwyl die Franse naturaliste die verwording en korrup-
sie in die agterbuurtes in groot stede in pseudo-wetenskaplike terme
verklaar, lê die Veriste die ietwat primitiewe maar intens-menslike drange
van die armes en nederiges bloot.
Hoewel Verga een van die leidende figure van die Verismo is, laat hy homnie deur die leerstellinge van een bepaalde skool inperk nie.
Die realisme is vir Verga selfontdekking, 'n bevrydende impuls (soos Croce
dit stel) wat hom noop om 'n gesofistikeerde wêreld te verruil vir 'n egter
wêreld waarheen hy instinktief aangetrokke voel. Sicilië, sy geboorteland,
word in die vervolg die milieu van feitlik al Verga se beste werke. Nadat hy
hom tot die realisme keer, word sy styl meer persoonlik en direk. Alleen wan-neer Verga arm, gewone mense uitbeeld, bereik hy ware grootheid.
Russo skryf: "Vir die naturalistiese kuns bly 'n monster altyd 'n monster.
Die naturaliste neem die gewoontes, logika en ondeugde van die
primitiewes met onverstoorbare nuuskierigheid waar. Die arme menslike
vlees word altyd op 'n goeie afstand van die menslike oog af betrag, en aan
genadelose diagnoses onderwerp. Verga (die kunstenaar wat na onper-
soonlikheid streef) is beskore om in die letterkunde die mens opnuut te laat
herleef. Waar ander die monster sien, sien Verga die mens."Klaarblyklik bestaan Verga se "onpersoonlikheid" nie, net so min soos.
Flaubert se impassibiHté, aangesien die kunswerk die stempel van die
skrywer dra. Die strewe na hierdie onbereikbare doelwit help tog vir Verga
om die werklikheid meer direk te benader, en 'n dikwels naakte, maar altyd
liriese prosa te bereik. In die vertolking van sy Siciliaanse wêreld volg Verga
'n verhaalpatroon wat die volksmond kenmerk: hy gebruik 'n baie beperkte
woordeskat en herhaaldelik "en" as voegwoord om hoof- en bysinne te ver-
bind.
Al Verga se styleienskappe het hulle oorsprong in sy gebruik om sy karak-
ters "hulleself te laat vertel", dit wil sê, hy vertel die verhaal in sy karakters
se woorde of dié van 'n koor van dorpsbewoners, wat deurentyd aanwesig
57
is, of deurgaans deelneem aan die handeling. Verga was sy tyd vooruit. Hygeniet nie veel populariteit toe die algemene publiek nog aan 'n Victoriaanse
fiksie gewoond is nie. Eers na die Eerste Wêreldoorlog behaal Verga roem,toe lesers en kritici uiteindelik sy grootheid besef. Sedertdien oefen hy 'n
diepgaande invloed uit op die hedendaagse Italiaanse letterkunde. Dit is nie
vreemd nie, want die meeste van die tegniese middele van die verhaalkuns
van die twintigste eeu was alreeds syne.
Verga behandel die natuur as 'n integrale deel van sy karakters. Cechetti
skryf: "By die begin van 'Goed' rus ons oë nie op die lemoenbome, enormepakhuise, ontsaglike wingerde en olyfboorde, eindelose rye osse, en kud-
des wat die weivelde van Canzeria volstaan nie, maar op Mazzaró wat on-
middellik met hulle almal identifiseer. Vanaf die eerste reëls van dié werklik
simfoniese begin, weet ons dat al daardie eiendom Mazzoró is, en dat Maz-zaró niks as sy eiendom is nie." Dis wonderlik hoe, ten spyte van sy strewe
na "onsigbaarheid", Verga so vlot en diepsinnig met die leser kom-munikeer.
Die tema van besit kom baie dikwels in Verga se werke voor. Al vergaar
Verga se armes rykdom, behou hulle nog die psige van die armes met hulle
gebrek aan sekuriteit.
Soms, soos in "Goed", is daar 'n musiek in Verga se ritmiese prosa wat, in
dié verhaal, 'n klaaglied oor Mazzaró se tragiese lewe en dood sing. Dit is in
dié musiek, volgens Russo, dat Verga die naaste aan poësie kom.Verga se letterkundige credo — veral sy vernaamste leerstelling: die
onpersoonlikheid van die skrywers (vergelyk die impassibilité van Flaubert)
word in die voorwoord van Gramigna se Minnares uiteengesit in 'n brief aanFarina, (1846—1918) skrywer van romans en kortverhale:
Beste Farina, hier het jy nou, nie 'n verhaal nie, maar die skets van 'n
verhaal. Dit sal ten minste die verdienste besit van baie kort te wees, en
feitlik te wees — 'n menslike dokument, soos hulle deesdae sê — interes-
sant miskien vir jou en vir almal wat 'n studie van die groot boek van die
menslike hart maak. Ek sal dit vir jou herhaal soos ek dit langs die paaie
tussen die lande opgetel het, in amper presies dieselfde eenvoudige en
skilderagtige woorde wat kenmerkend van die volksvertelling is; en jy sal
tog sekerlik verkies om jou van aangesig tot aangesig voor die naakte en
onvervalste feit te bevind, liewers as om daarvoor tussen die reëls van 'n
boek, deur die lens van die skrywer, te moet soek.
"Die eenvoudige, menslike feit sal 'n mens altyd laat nadink, dit sal altyd die
trefkrag van wat werk/ik was, besit, van egte trane en gewaarwordinge, en
koorse wat die vlees teister. Die geheimsinnige proses waardeur hartstogte
aanmekaar vasknoop, ineenstrengel, rypword en ontwikkel op hulle onder-
aardse reis in 'n warboel wat dikwels teenstrydig lyk, sal nog vir 'n lang tyd
die magtige bekoring van die besonderse sielkundige verskynsel uitmaak
wat die onderwerp van die verhaal vorm, en wat moderne ontleding metwetenskaplike presiesheid probeer volg.
58
"Van die verhaal waarvan ek jou vandag vertel, gaan ek jou net die punte
van aankoms en vertrek aandui, en dit sal vir jou genoeg wees — en eendagmiskien genoeg vir almal.
"Ons vervang die artistieke proses waaraan ons soveel glorieryke
monumente verskuldig is, met 'n verskillende metode. Ons is meer op
besonderhede ingestel en intiemer. Ons gee gewilliglik die effek van die ont-
knoping prys vir die logiese, noodsaaklike ontwikkeling van die hartstogte
en feite wat tot die ontknoping lei, wat dus minder voorspelbaar word,
miskien ook minder dramaties, maar nie minder noodlottig nie. Ons is meerbeskeie, indien nie nederiger nie. Maar die demonstrasie van hierdie
duistere verband tussen oorsake en gevolge sal sekerlik nie minder tot nut
vir die kuns van die toekoms wees nie. Sal ons ooit so 'n mate van vol-
maaktheid in die studie van die hartstogte bereik dat dit nie langer die
moeite sal loon om in hierdie studie van die innerlike mens te volhard nie?
Sal die kennis van die menslike hart, wat die vrug van die nuwe kuns sal
wees, in so 'n mate en so in die algemeen die verbeelding se hele potensiaal
ontwikkel, dat die enigste romans wat in die toekoms geskrywe word die
nuusberigte onder Persoon/ik sal wees?"Wanneer, in die roman, die affiniteit en die samehorigheid van elkeen van
sy dele so volkome is, die opregtheid van sy realiteit so klaarblyklik, sy
bestaansrede en sy wyse van bestaan so noodsaaklik, dat die kunstenaar se
hand heeltemal onsigbaar bly, dan sal dit die stempel van 'n werklike ge-
beurtenis dra. Dit sal lyk of die kunswerk homself geskep het, spontaanrypgeword en tot stand gekom het, soos 'n natuurfeit, sonder om enige
kontakpunt met sy skrywer te behou, sonder enige smet van erfsonde."
59
Giovanni Verga
My goed
As die reisiger wat al langs die Lentinimeer' voortgaan, daar gunter uitge-
strek soos 'n stuk dooie see, en by die verdorde stoppels van die Vlakte van
Catania, en die immergroen lemoenbome van Francofonte, en die grys
kurkeike van Resecone, en die verlate weivelde van Passaneto en
Passanitello vra, om die verveling van die lang, stowwerige pad te besweer,
onder 'n lug wasig van die hitte op die uur wanneer die muilslee se klokkies
treurig klink in die ontsaglike veld, en die muile hulle koppe en sterte laat
hang, en die muilsleedrywer sy weemoedige liedjie sing sodat die
malariaslaap nie 'n oorhand oor hom moet kry nie: "Wie s'n is dit dié?" kry
hy as antwoord: "Mazzaró s'n". En terwyl hy by 'n plaas verbygaan wat so
groot soos 'n dorp is, met pakhuise wat soos kerke lyk, en hoenders wat in
klompe in die put se skaduwee skuil, en vroue wat die hand oor die oë
bakmaak om te sien wie verbygaan: "En hierso?" "Mazzaró s'n". En aan en
aan terwyl die malaria swaar op jou oë weeg, en die skielike geblaf van 'n
hond jou laat opskrik wanneer jy aanstryk deur 'n wingerd wat nie einde het
nie, en wyd uitgestrek oor heuwel en vlakte lê, roerloos, asof die stof swaar
op hom rus, en die wag wat ná aan die vallei gesig-na-onder op sy geweer lê
sy lomerige kop lig en een oog oopmaak om te sien wie dit is: "Mazzaró
s'n". Dan kom 'n olyfboord, so dig soos 'n bos, waar nimmer 'n grassprie-
tjie sy kop uitsteek nie, en die oes tot Maart duur. Dit is Mazzaró se olywe.
En teen die aand, wanneer die son rooi soos vuur ondergaan, en die veld in
droefnis versluier word, kom 'n mens die lang rye van Mazzaró se ploeë teë,
wat so suutjies van die braakland af terugkeer, en die osse wat stap vir stap
deur die drif loop, die bekke in die donker water; en op die verafgeleë
weivelde van Canziria, teen die barre hang, sien jy die ontsaglike witterige
vlekke van Mazzaró se kuddes; en jy kan die beeswagter se fluit hoor weer-
klink in die klofies, en die kuddeklok se eggo by tyd en wyle; en die eensamelied, verlore in die vallei. Alles Mazzaró se goed. Dit lyk of selfs die son wataan ondergaan is en die sonbesies wat zoem, en die voëls wat kort vlugte
vlieg om hulle agter die kluite te gaan koester, en die gehoe van die ooruil,
Mazzaró s'n is. Dit lyk of Mazzaró so groot soos die aarde uitgestrek is, en
'n mens op sy pens loop. Inteendeel is hy 'n niksbeduidende ou mannetjie,
sê die muilsleedrywer, wat jy nooit sou aansien vir iemand wat 'n stuiwer
besit nie; en al vet wat hy het, sit aan sy maag, en niemand weet hoe hy
prakseer om dit te vul nie, want hy eet niks as 'n paar oulap se brood nie, en
' Die Lentinimeer, 'n bron van malaria met sy staande water, is etlike jare gelede drooggelê. Die
Lentinimeer, sowel as die dorpe of dorpies hier genoem, is óf op óf na aan die Vlakte van
Catania geleë.
60
tog is hy so ryk soos 'n vark. Maar hy het 'n kop op sy lyf soos 'n juweel,
daardie man.
Eintlik is dit juis met daardie kop soos 'n juweel dat hy al hierdie besittings
bymekaargeskraap het, waar hy vroeër kom hark, snoei en oes het, van die
oggend tot die aand, in son, reën en wind, sonder skoene aan sy voete en
selfs sonder 'n ou flenterjas, en almal onthou nog hoe hulle hom onder sy
agterstewe geskop het, al diegene wat hom nou Eksellensie vóór en
Eksellensie ná noem, en pet in die hand met hom praat. Maar hy is nie ver-
waand as gevolg hiervan noudat al die Eksellensies in die dorp vir hom geld
skuld nie. En hy sê altyd Eksellensie beteken arm duiwel en slegte betaler,
maar hy dra nog steeds 'n pet. Die enigste verskil is dat hy een van swart sy
dra, sy enigste swier. Die laaste tyd het hy sover gegaan om 'n vilthoed^ op
te sit, want dit kos minder as die sypet.
Sy besittings strek sover as die oog kan sien en sy oë sien ver — orals, regs
en links, vorentoe en agtertoe, op die berg en op die vlakte. Meer as vyf-
duisend monde eet op sy grond, die voëls van die hemel en die diere van die
veld buite rekening gelaat en sonder om sy eie mond by te tel, wat die
minste van almal eet en genoeë neem met 'n paar oulap se brood en 'n stuk
kaas, in felle furie ingeslurp, staande, in die hoek van 'n pakhuis wat so
groot soos 'n kerk is, waar hoor en sien vergaan in die graan se stof, terwyl
die kleinboere die sakke aflaai; of sommer agter 'n strooimied, wanneer die
wind met saaityd oor die ysige veld veeg; of met sy kop in 'n mandjie in die
warm oesdae. Hy drink nie wyn nie, hy rook nie, hy snuif nie, al produseer
sy lande ook hope tabak met breë blare so lank soos 'n seun, die soort watteen 95 lire verkoop word. Dobbel is nie 'n swakheid van hom nie en vroue
ook nie. Wat vroue betref, die enigste een wat hy ooit moes onderhou, wassy ma, wat hom nogal twaalf tari gekos het toe hy haar na die begraafplaas
moes laat neem.Die waarheid is dat hy gedink het, en weer oor en oor gedink het wat besit-
tings beteken toe hy sonder skoene aan sy voete gaan werk het op die
grond wat nou sy eie is, en hy uit dure ondervinding geleer het wat dit verg
om drie tari per dag in Juliemaand te verdien, die opsigter te perd agter jou,
wat jou met 'n sweep afransel as jy probeer om vir 'n oomblik orent te kom.Dit is hieroor dat hy nie 'n minuut van sy lewe laat verbygaan sonder om dit
uit te buit ten einde besittings te vergaar nie. En nou is sy ploeë so talryk
soos die lang rye kraaie wat in November kom; en eindelose rye muile dra
die saad; jy kan nie die vroue tel wat van Oktober tot Maart gehurk sit in die
modder om sy olywe in te samel nie, net so min as wat jy die eksters kan tel
wat dit kom steel; en met parstyd is daar 'n haastige toeloop van hele dor-
pies na sy wingerde en wáár jy ook al 'n gesing in die veld hoor, kan jy maar
^Vilthoede is in Sicilië deur die rykes gedra en is beskou as 'n aanduiding van 'n hoër sosiale
stand. Pette, daarenteen, is deur die kleinboere gedra.
61
weet dit is Mazzaró wat pars. En dan met oestyd lyk Mazzaró se oesters
soos 'n leër soldate. Om vir al hierdie mense kos te gee met skeepsbe-
skuitjies in die oggend, brood en bitterlemoen vir middagete, dan hulle
vieruur, en lasagne saans, vra geld by die handvol, en dan word die lasagne
nog uitgeskep in kniebakke so groot soos wasbalies. Dus, wanneer hy nou
te perd ry, sweep in die hand, agter sy oesters, verloor hy nie 'n enkele een
uit die oog nie, en maan hy een stryk deur: "Laat ons laag buk, kêrels!" Hyhet die hele jaar sy hand in die sak, besig om geld uit te gee, en net vir eien-
domsbelasting alleen vat die koning sóveel dat Mazzaró elke keer koors kry.
Maar elke jaar is daardie pakhuise, so groot soos kerke, so oorlopensvol
graan dat hulle die dakke moet lig sodat alles kan ingaan; en elke keer as
Mazzaró sy wyn verkoop, neem dit langer as 'n dag om die geld te tel, alles
in 12-tarimuntstukke, want hy wil nie vuil papier vir sy goed hê nie; en hy
gaan koop vuil papier alleen as hy die koning moet betaal, of ander mense;en by veeverkopings dam Mazzaró se kuddes die hele terrein op; en staan
die paaie vol en versper die verkeer, sodat dit 'n halfdag neem om hulle af te
keer, en die heilige^ met die orkes soms vir hulle moet padgee en koersvat
na 'n ander straat.
Hy self het al daardie besittings bymekaar geskraap met sy hande en sy
verstand, deur snags nie te slaap nie, deur koors te kry van angs of van
malaria, deur van soggens vroeg tot saans laat te swoeg, en in son en reën
rond te gaan; deur sy stewels en sy muile kapot te maak — net hy alleen
word nooit kapot nie, deurdat hy aan sy besittings dink, wat al is wat hy in
die wêreld het, want hy het nóg kinders, nóg kleinkinders, nóg ander
bloedverwante; hy het niks as sy besittings nie.
Wanneer 'n man so gemaak is, beteken dit dat hy net vir besittings gemaakis, en besittings is ook net vir hom gemaak wat 'n magneet daarvoor skyn te
hê, want besittings wil by diegene bly wat dit kan behou en dit nie verkwis
nie, soos daardie baron wat eenkeer Mazzaró se baas was, en hom uit lief-
dadigheid, brandarm en verflenterd, op sy lande geneem het, en wat die
eienaar was van al daardie weivelde, al daardie woude, al daardie wingerde
en al daardie kuddes; en as hy te perd na al sy landerye kom, met al sy
wagte agter hom, sou jy dink dat hy koning is; en hulle sorg selfs vir
huisvesting vir hom en berei sy middagmaal voor — die ou gek — sodat 'n
ieder en 'n elk die uur en die minuut weet wanneer hy veronderstel is om te
kom, en sorg dra dat hy nie op heter daad betrap word nie. "Maar die vent
sóék mos daarna om besteel te word!" sê Mazzaró en breek hom van die lag
as die baron hom skoppe van agter gee, en vryf sy rug met sy hande terwyl
hy sê: "Gekke behoort liewers tuis te bly", en "Eiendom behoort nie aan
diegene wat dit besit nie, maar aan hulle wat weet hoe om dit in die hande
^'n Venwysing na die talryke, kenmerkende godsdienstige optogte in Siciliaanse dorpies. 'n
Orkes vorm altyd 'n integrale deel van so 'n optog.
62
te kry”. Hy, op sy beurt, nadat hy die eiendom bekom het, stuur gewis nie
'n boodskap om te laat weet dat hy 'n ogie oor die pars of die oes kom hou
nie, en wanneer en hoe nie, maar daag onverwags op, te voet of op 'n muil,
sonder wagte, met 'n stuk brood in die sak, en hy slaap naby sy gerwe, oop
oë, haelgeweer tussen die bene.
So, bietjie vir bietjie, word Mazzaró baas van al die baron se besittings; laas-
genoemde raak eers sy olyfboord kwyt, toe sy wingerde, daarna die
opstalle, en ten slotte die paleis, want daar gaan nie 'n dag verby dat hy nie
wetlike dokumente onderteken nie, waaronder Mazzaró sy flinke kruis
plaas. Al wat nog oorbly, is die Klipfamiliewapen wat altyd bokant die
voordeur was, en die enigste ding is wat hy nie wil verkoop nie, en hy sê vir
Mazzaró: ''Net dit, van al my besittings, kom jou nie toe nie.'' En dit is ookwaar. Mazzaró het nie geweet wat om daarmee te maak nie, en hy sou nie
twee sente daarvoor gegee het nie. Die baron jy-en-jou hom nog, maar hy
skop nie meer vir hom onder sy agterstewe nie.
''Hoe wonderlik as die geluk 'n mens so te beurt val soos vir Mazzaró!” sê
die mense altyd; en weet maar nie wat dit alles geverg het om daardie geluk
beet te pak nie: hoeveel bekommernisse, hoeveel moeisame werk, hoeveel
leuens, hoeveel gevaar om tronk toe te moet gaan; en hoe daardie verstand
van hom, wat net soos 'n juweel is, dae en nagte geswoeg het, beter as 'n
meulwiel, om besittings te vergaar; of as die eienaar van 'n aangrensendeland hardnekkig weier om dit aan hom af te staan, of wil hê Mazzaró moetdeur sy nek daarvoor betaal, is dit nodig om 'n slim plan te bedink wat homsal verplig om te verkoop, en hom in die lokval laat trap, ten spyte van die
wantrouigheid eie aan die kleinboer. Hy het byvoorbeeld by hom gaan spogoor die vrugbaarheid van 'n plaas waarop selfs nie eers lupine wou aard nie,
en daarin geslaag om dit in sy kop te prent dat dit 'n beloofde land is, sodat
die arme duiwel hom laat oorreed het om dit te huur met die oog om daarop
te spekuleer, en toe verloor hy die huurkontrak, die huis en die land watMazzaró vir 'n appel en ei inpalm.
En hoeveel ergernisse moet Mazzaró tog nie verduur nie! Die deelsaaiers
wat oor die swak oeste kom kla, die skuldenaars wat hulle vroue in optogstuur om die hare te trek en op die bors te slaan, en om hom te bid en te
smeek om hulle nie op straat te sit deur op die donkie of muil beslag te lê
nie, want hulle het niks om te eet nie. "Sien julle wat ek eet?” is sy ant-
woord. "Brood en uie! En tog is my pakhuise boordevol en ek is die besitter
van al hierdie goed.” En as hulle hom van al daardie goed 'n handvol boer-
boontjies vra, sê hy: "Wat, dink julle miskien dat ek dit gesteel het? Weetjulle nie hoeveel dit kos om dit te saai, te hark en te oes nie?” En as hulle
hom om 'n sent vra, sê hy dat hy nie een het nie.
En hy het ook werklik waar nie een gehad nie, want hy hou nooit meer in sysak as 12 tari nie — die bedrag wat nodig is om al daardie eiendom wins-
gewend te hou; en geld stroom by sy huis in en uit soos 'n rivier, maar hyhet mos ook nie eintlik erg aan geld nie. Hy sê geld is nie "besittings” nie.
63
en sodra hy 'n sekere bedrag bymekaar geskraap het, koop hy onmiddellik
'n stuk grond, want dit is sy strewe om net soveel grond as die koning te
besit, en selfs hoër as die koning te wees, want die koning kan dit nógverkoop nóg sê dat dit sy eie is.
Net een ding stem hom tot droefheid, en dit is dat hy begin ouer word, en
die aarde moet agterlaat daar waar dit is. Dit is 'n onreg van God dat wan-neer 'n mens jou lewenslank afgesloof het om goed te vergader, en jy dit uit-
eindelik het, en meer wil hê, jy dit moet laat staan. So kan hy ure lank op sy
mandjie sit, ken in die hande, en kyk na die wingerde wat groen uitstrek
voor sy oë en die graanlande vol are, golwend soos die see, en die olyfboord
wat die berg soos mis versluier. En as 'n halfnaakte seun voor hom verby-
loop, geboë onder 'n gewig soos 'n moeë donkie, gooi hy uit afguns sy
kierie tussen sy bene, en mompel: "Kyk bietjie wie het nog al sy dae voor
hom! So 'n skepsel, wat niks besit nie!"
Dus, toe hulle vir hom sê dit is tyd om sy goed te laat staan en aan sy siel te
dink, waggel hy uit na die werf soos 'n besetene, en loop rond terwyl hy sy
eende en kalkoene doodslaan met sy kierie, en skree: "My goedjies, komsaam met my!"
(Vertaling: Marie Agostinis)
64
Lucas MalanBesoek
Ag, rose word al eeue lank gebruik
om by te dra tot 'n gesels-konteks:
hul praat 'n metataal wat fleurig ruik
en buig hul stingels in 'n vaas konveks
as ons mekaar opweeg in die ritueel
van tee in wit en delikate porselein,
behendig met ons sleutelwoorde speel
en al hoe flinker na die sensor sein:
trek al die noodregisters oop— was dit 'n vraag of kompliment? —laat die gesprek weer vlot verloop
deur ander paradigmas aan te wend.
Die rose het al met die eerste groet
diglossie in 'n ligte graad vermoed.
Nou, wit beval my nie in meublement,maar groepies rose in 'n stil gesprek
verdien tog wel 'n komplimentoor kleur in die ontvangsvertrek.
Bedrewe in die kenmekaar-tegniek
kom hoflike diskoers al gou tot stand
met wedervraag, beaming en repliek
— die rose luister in dieselfde trant —
herken ons gou die sterftes onderling
wat aangekors het, woedend voortbestaan
in argumente oor begrip, verwydering
en sake wat ons telkens misverstaan.
Die rose sug en wissel deurentyd
hul rooi gedagtes oor verganklikheid.
65
Jennifer Fletcher Friednnan
Koppies en telefoondrade
die stilte wat sing en sing.
Daar was 'n tyd geweestoe ek geglo het:
Ek is genees; nou het ek kláár
met die ding.
Maar wyse hart!
My hunkering het net sterker geword.
Ek dag toe ek is uitgeskryf oor die Vrystaat
12 jaar op die Hoëveld is darem amper 'n leeftyd.
Maar nee,
my karos is te sag gebrei
en die reuk van soetgras en warm wol
spring steeds vars en diep uit my op!
Is dít dan nie 'n wonderwerk nie?
Die Vrystaatse vlaktes strek
soos Kanaan,
beloofde land.
Nou is daar wel minder sekretarisvoëls
oumensstyf en arendoog vir 'n slangetjie,
maar die valke huiwer nog bo die koppies en
telefoondrade
en die stilte sing en sing.
66
Ja, sien, ons het Skoonmase huis gekoop (geen voortrekkery hier nie!)
Hulle't mos ge-emigreer —nogal Australië toe, en dit
op hulle ouderdom!Dit het "guts" geneem, meen ek.
Veral vir háár. Gebore en getoë in Johannesburg.
Careerwoman of the Northern Suburbs
ryk geërf en lekker geleef.
Nou bel sy duisende myle ver
en kla: Ek het my arm op die Elnapress gebrand!
en dis nogal harde werk om die marmervloere
blink te hou!
(Maar wanneer kóm julle?
(Ons het uiteindelik die strydbyl begrawe)
Nóóit nie, Ma — ek het die land te lief:
Ek sal kwyn en minder word,
ek sal verstok en oud word in daardie nuwe wêreld —Onthou die jare in Israel? Beloofde land?
Daardie belofte was mý nie gegun nie).
Maar ons lewe lekker hier.
My Namakwalandse daisies bot en bloei,
die kappertjies is geel soos die botterson,,
die viooltjies blou soos 'n winterhorison.
Daar is nou weliswaar 'n ysterhek voor die voordeur aangebring
en hulle voer 'n stryd in Alexandra,
maar my deur staan heeldag wawyd oopen die duiwe koer soet in die bome.
67
Suburbia — gevang!
Nou moet jy weet:
Dis 'n gekarwei van 'n ander wêreld.
Ek voel eintlik skaam — "Suburbia" het mymet 'n helse hou getref!
Vir mý! Ek, wat altyd "anders" wou wees(maar ek sweer ek het nie 'n leerlangbroek nie,
en my leerbaadjie het ek vir Ma geskenk —Allan koester altyd die gedagte dat ek groter is (nie vétter nie, man)as wat ek rêrig is).
Maar ja, die ou diamantjies skitter in die oorlelle
en die hande het nou nog nie juis krom getrek van ring-rumatiek
soos so baie ander van hierdie Northern Suburbs ladies nie
(ek los maar die naellak op die vingers — ek het wraggies nie tyd
vir eike dag se staan en verf nie!
My kontaklense (vir sosiale geleenthede) het seker al opgefrommelen verdroog.
Nou ja, watter aand sal dit julle pas om te kom eet?
Nee, geen fancy goed nie (hulle moet net weet! Dis 'n wéékse swig en swoeg).
En tussen-in sokker en judo en ballet en gimnastiek,
lesings en vioollesse en dan wonder ek,
Waar is ek? Wat soek ek op hierdie mallemeule?
Die kinders sê nie dankie nie
wat sóek ek?
Die tuin is groot en groen en stil,
maar Rivoniaweg se verkeer dreun net hier anderkant
my drome.
Goed vasgevang. Verstrengel en benoud: Ek het gewordsoos 'n honderdduisend ander ma's.
Dis om van te lag! Of bedoel ek, huil?
68
Vir Adam
Ons het gaan stap,
paddavissies gesoek in
groen plassies daar onder by die vlei —Pasop, Adam! Man, die water lê so stil en doods
(bilharzia flits deur Ma se brein)
Kykl sê my seunskind, manskind
Adam, my seun. Kykl en tussen die slym
en moddermote,sowaar
dit spring en spartel en sprankel en beef,
jubel en lééf!
Seunshandjies is vir niks bang nie.
My stadskind het die veld ingestap asof hy
vanself daaruit gebore is. (Dankie daarvoor).
Tussen die donker biesies
en witgespoelde klippe,
krappies en slakkies en paddavissies
uitbundig aan die lewe. Nes jy,
my grootseun, enigste seun.
Ons bloed vloei in dieselfde aar,
in elke rotsstapel, bo elke wilgerboom.
Borrel op uit dieselfde Boesmansfontein!
69
Vir Leah
Leah
Lee
Liefie
Genoem vir jou oumas,sterk en liefdevol.
Ek is lief vir jou,
vir jou sproete op jou linkerwang,
jou groen oë, gespikkel soos 'n tinktinkie-eier.
Jy's so vol deernis teenoor my,my liefste dogtertjie; jou siel my ewebeeld.
Klouter teen die berge opwag Ma! ek sal die pad wys!
Vir niks op aarde bang,
behalwe vir 'n spinnekop — daai bene gaan myverstréngel, Ma!
Blink en teer, in 'n vuil handjie 'n padda,
sag omvou. Kyk sy goue oë, Ma, rond soos die son.
Leah, jou gesiggie is 'n lafenis vir my siel,
my hart is tot barstens toe vol,
en my arms is wárm van jou liefde.
70
H.B. Kockbergklimmer
oor kruine droom hy
klowe peins hy
top na top
op en af
en op en af
sy rugsak te klein
voorraad onvoldoende
boet hy tree vir tree
vir halfhartige pakkers
plakkers van sy bestaan
maar eendag voor homaltyd aanhoudenddie berg
die klim
die hy
71
Marthinus P. Beukessamevatting
ek leer vergeet dat ons lywe
hand in pas mekaar kon ken
kon voel dat vingers praat
en jy voluit in my mond leef
en vloeiend sê
die donker is in ons paar opgelos
lied
die horison se oor
is wyd oopbreek die hoor
sonoor
aan my klink
uit in skares
lig
vuur
oop aan breek
uitgegee in
die branding ontlont
alles in daadvlam hemelslig
in los dele
verbreid
72
Joan-Louise Durr
Suidwes
"Daar is geen land so ver of woes geleë ..."
Natuurlik praat hy oor jou, my land!
0, dis woes en leeg en warmdié land van dorre klip en sand
en dan nog vér geleë ...
So kla die klomp wat élke Juliemaand
kom jag en raserig in die kampvuuraand(in die glas die dop koud en goed beleë)
beduie; jy's woes en ver geleë ...
Nouveau Riche
Sy's: kosmetiekmooi
snykundig ferm
kosbángbenerig
diamant getooi
na buite sjarmant
tuis: neuroties en siek
sportmotorelegant
boutique chic
salonblond
hydrogesondreproduksiebeelde en Oosterse matweeldein die spoghuis teen die rant.
Maar sê my Emma/Emmeline, Susara/Sue —dink jy soms aan daardie jare lank vervloë ...
By skemerkelk en dinee — word jy soms bangdenkend aan vlieënde eende teen die muur in 'n gang,
vereelte hande op oliekleed gevou — gesigte werk verweer,
verslete bybel, kerslig en yl stemme verhef in: Prys-den-Heer ...?
73
A. HuntPortret van 'n bosbrandgebied
Newman
In 'n hoek gespinnekop
web van veld
nee, bos se ou bloekomsgebrand tot swart begraafplaas.
Swart takke strek swart
grys as in gister se rook
en 'n groenrug spinneknoppie, klein
uitloper in die son se geweldige haas ...
Monument
Net so dié kant van my pa se huis
is daar 'n koppie, eintlik 'n monument:soveel durf tussen soveel huise.
Daarom: monumentas iets of iemand self monument kan wees.
Die koppie klim ons graag
opsoek na iets wat on-afgerig, nie-geleer
deur die lewe, kan géé.
Bygesê: monumen-taal.(Eintlik wou ons ook wegkom van die honger bye
in mense)Wel, daar groei lemoendorings
en heelwat knapsak (taamlik soos mense met tye)
en bossies vol bitter jakkalsbessies
en toonkrappertjies op dié koppie.
Die voëlent het oranje albastertjies,
en daar is winterswart op die mispels se bruin.
Die rosyntjiebos is sonder sy bessiedons
en die soet en veraf geure het saam met somer gegaan.
Wag 'n bietjie daar onder die blinkblaar:
'n meerkat bid met sy pootjies in die son.
Boel kom verjaag die klein kalant.
Hulle glip agter 'n bos in:
dáár: 'n sygekeerde kruiwa.
Wie het dit hier vergeet —die alleenloper tekkie en blik sonder coca cola?
74
S.V. Petersen
Haastige besoeker
Ore in die nek
handgedruk
"'n Koppie?"
"nee-nee net kom draai
"Veels geluk
nie nog tafel dek!"
"Kits-koffie?
stukkie winkelkoek?"
"Gou-gou sluk
net 'n kitsbesoek!"
Deur klap soos 'n hek
en ... koetbaai!
75'
Literêr-aktueel
Die redaksie plaas graag die volgende huldeblyk van prof. Lina Spies
by die dood van D.J. Opperman:
D.J. Opperman: Dirk-der-duisende
Dit is vir my nie moontlik om aan die mens Dirk Opperman te dink sonder
om ook aan die digter te dink nie. Hy self was hom intens bewus van die
onlosmaaklikheid van mens en kunstenaar in een persoon; hy het besef dat
die mens eers tot volle verwesenliking kom as hy sy kunstenaarskap ten
volle ontwikkel.
My verbintenis met D.J. Opperman strek oor vyf-en-twintig jaar heen: hy
was professor, mentor en vriend. Sy betekenis vir my as individu lê eerstens
daarin dat hy my in verbinding gestel het met myself deur my bewus te
maak van my eie kunstenaarskap. Talle jong digters wat hy help vorm het,
sal dieselfde kan getuig. Om die digterlike talent van jongmense te help ont-
wikkel, was vir hom 'n besondere roeping. Hy het by verskeie geleenthede
verklaar dat hy die opleiding van jong digters in sy sg. "Letterkundige
Laboratorium"-klasse beskou het as sy belangrikste werk gedurende die
twintig jaar wat hy hoogleraar was aan die Universiteit van Stellenbosch.
Hieruit blyk dat hy in die volste sin van die woord 'n gewer was. Hy was te
alle tye bereid om sy kennis met ander te deel. Sy mededeelsaamheid het
gepaard gegaan met 'n onbedwingbare hartstog vir die lewe en 'n onuit-
putlike geesdrif vir die literatuur. Hy wou met sy studente praat oor die
letterkunde — veral oor die poësie — , hy wou raadgee, hy wou inspireer.
Ná sy herstel van 'n groot siekte in 1976 het sy drang om van homself en sy
gawes aan ander te gee byna 'n obsessie geword. Dit was 'n wonderlike
voorreg om hom in die geseënde tydperk ná daardie siekbed te geken het.
Sy lewenslus, sy dankbaarheid om die lewe was aansteeklik.
Dit is met groot erns en eerlikheid dat ek kan sê dat naas my ouers die
belangrikste vormende invloed op my lewe uitgegaan het van Dirk Opper-
man. Maar nie net van hom nie, ook van sy vrou Marié. Hulle huis en harte
het altyd vir my oopgestaan soos vir talle ander studente.
D.J. Opperman se poësie getuig deurgaans van 'n intense liefde vir die
aarde, maar hy was nie net lief vir hierdie aarde nie; hy was 'n aardse mens.Alle opgesmuktheid en pretensie was vreemd aan hom. Hy het geen mensaan uiterlikhede gemeet nie; die enigste wat vir hom getel het, was innerlike
kwaliteit. Geen wonder dat mens so ontspanne aan huis van die Oppermanskon verkeer nie.
Ek onthou Dirk Opperman as 'n vriendelike, hartlike, maar ingetoë mens.Hy het sterk oortuigings gehad en soos enige mens met 'n sterk persoon-
likheid kon hy kwaad word. Ek sou hom dus nie sonder meer sagsinnig
noem nie. Tog het hy in die lang tydperk wat ek met hom saamgewerk het.
76
eers as senior student en daarna as kollega, nooit 'n harde woord teenoor
my laat val nie. Hy het 'n weersin gehad in geweld. 'n Mens was voelbaar
bewus van sy innige liefde vir sy vrou en sy kinders; vir sy hele huisgesin. Ek
onthou hom om sy deernis vir alles wat lewe en om sy humorsin. Veral ont-
hou ek hom om sy eerlikheid. Hy het die leuen in elke vorm gehaat. Hy was'n godsdienstige worstelaar, maar as sodanig het hy, glo ek, van die groot-
ste godsdienstige poësie in Afrikaans geskryf. Sy groot liefde vir die aarde
en die lewe het ten nouste saamgehang met sy liefde vir God.
D.J. Opperman kan vir my — soos sekerlik vir al sy oud-studente — nie
dood wees nie. Daarvoor is sy nalatenskap te groot. Sy woorde oor Gideon
Scheepers in sy gedig "Gebed om die gebeente" is op homself van toe-
passing: "Hy leef in hierdie land nou ewig en altyd".
Van die beste en mooiste dinge in my lewe het ek aan D.J. Opperman te
danke. Ek kan nooit ophou om dankbaar te wees nie. Deo gratias.
Pretoria
22.9.85
Prof. P.C. Paardekooper, hoogleraar van die kampus Kortrijk vandie Universiteit van Leuven, het Suid-Afrika in die tweede helfte vanverlede jaar besoek. Hy skryf oor sy Suid-Afrikaanse ervaring soosvolg:
Kort dagverhaalBegin 1983 kreeg ik een brief uit Zuid-Afrika van een mij volkomenonbekende kollega: Prof. Hansie Botha van de Unisa. Hij zou eind van dat
jaar een rondreis door Nederland en Vlaanderen maken, en de gelegenheid
willen gebruiken om kennis met me te maken. Ik ben levenslang sterk geïn-
teresseerd geweest in het Afrikaans, en had in vroeger jaren al es bezoekgehad van Prof. Kempen uit Stellenbosch; het kontakt leek me aantrekke-lijk, en op de afgesproken dag en tijd haalde ik Prof. Botha dus van hetKortrijkse station af.
Het was niet te laat in de ochtend en we zijn bijna 12 uur aan een stuk metmekaar opgetrokken. Het was alsof ik een ver familielid terugzag na eenafwezigheid van drie eeuwen. Er viel zoveel te bepraten dat we na die enedag nog niet uitgepraat waren. Zo was het niet vreemd dat ie me kort voor
ons afscheid vroeg of ik eventueel bereid zou zijn om zelf es naar Zuid-
Afrika te komen als ik uitgenodigd zou worden. Ik zei niet bij voorbaat nee,
we namen afscheid en ik wachtte verder af wat er zou gebeuren.Op zulke ogenblikken hangt alles af van de wilskracht en het organisatie-
talent van de toekomstige gastheer: soms is zo 'n uitnodiging alleen eensoort vriendelijke potentialis die al vlug een irrealis blijkt te zijn, maar somsook wordt het een realis. Dat laatste bleek al vlug.
We wisselden een stel brieven en langzaamaan werden de plannen scherper
en scherper, en zo naderde onherroepelijk het ogenblik waarop er niks meer
77
aan te doen viel, tenzij die hoofdrolspeler onverwacht ziek zou worden of
dood zou gaan.
Geen van de twee gebeurde, en zo stapte ik op 31 juli 1985 na een bijna
65-jarig leven vrijwel enkel binnen de Beneluks, in een SAL-vliegtuig naar
Jan Smuts, indachtig de leus "Reizen vormt de jeugd".
Een paar heerlijke maaltijden maakten het lange zitten min of meer draaglijk,
maar veranderden de stoel helaas toch niet in een bed toen het nacht
werd, maar op de afgesproken tijd landden we op Jan Smuts. Achter de
rooie deur van het doeanekantoor werd ik terecht of ten onrechte brand-
schoon bevonden, en zo trof ik Hansie die als een trouwe vriend met z'n
wagen op me wachtte en me naar z'n gastvrije huis bracht.
Als je uit het dichtbevolkte en -bewolkte land van mest en mist komt, wordje overdonderd door de geweldige ruimte en de alomtegenwoordige blauwelucht met z'n heerlijke zon, die natuurlijk ook de droogte en de stofwolken
veroorzaakt die het land beheersen. Zoals bekend hebben de Mid-
deleeuwers beneden de evenaar al het bestaan vermoed van een
omgekeerde wereld met tegenvoeters. Terecht, want niet alleen staat hier
de ons onbekende noorderzon te gloeien op de heetste tijd van de dag,
maar de mensen doen daar nog es een schepje bovenop door links te
houden. Ik sta verbaasd; ieder stoplicht staat toevallig toch op de goeie
plaats, bij iedere bocht komen we als door een wonder weer op de linker
helft van de weg terecht, en — het merkwaardigste van alles — iedereen
blijkt zich aan die tegennatuurlijke afspraak te houden. Ondanks die ketterij
blijf ik een rechtsgelovige.
Wie gastprofessor is verliest meteen na aankomst op het vliegveld z'n vrije
wil: terwijl ie tuis buiten z'n werkuren z'n eigen zin doet, blijkt ie nu in een
toneelstuk beland te zijn waarin almachtige regisseurs van minuut tot
minuut precies bepalen wat ie wel en niet moet doen. Alleen bij maaltijden
mag ie nog de hoeveelheden bepalen van wat er in z'n glas en op z'n bord
komt, maar een plaatselijke lekkernij (biltong bv.) weigeren is niet
geoorloofd.
De regie heeft bepaald dat ik eerst een rustdag krijg, daarna voor dag en
dauw een voordracht over "Het Afrikaans in m'n leven" zal houden op de
Unisa, en dan ontvoerd zal worden naar de Kruger-wildtuin. Maar m'n
Europese lesgeefpak is absoluut niet geschikt voor dat bezoek, en dus moetik eerst de passende kledij voor het tweede bedrijf aanschaffen. In die ver-
momming ben ik een soort Amerikaanse hereboer die bezig is met z'n
bisons te kontroleren. Maar niemand vindt het grappig, iedereen blijft ern-
stig.
Het Afrikaanse tv-nieuws blijkt op zijn beurt de dingen eveneens op hun kop
te zetten: vanuit de Europese zomer ben ik hier in de winter beland, maardat betekent als ze het weerbericht geven, dat één plaats in de Unie morgeneen maksimum-temperatuur van 38 graden zal hebben; wel te verstaan
-1-38 en niet —38. Verder blijken ze dagelijks met een ongelooflijke
78
nauwkeurigheid elk millimetertje regen te meten, om het op de tv-kaart
maar heel precies te kunnen vertellen. Je durft hier nauwelijks iets te
drinken, uit angst voor het verwijt dat je daardoor droogte veroorzaakt!
Ik ben lichamelijk slecht toegerust voor een Wildtuin-bezoek, want daar-
voor heb je bovenal hele goeie ogen nodig. Gelukkig hebben m'n tweegidsen (ook Prof. Kas Landman is meegegaan) die wél; meer nog: ophonderden meters afstand zien ze of het trillen van een blaadje wel of niet
veroorzaakt wordt door een leeuweadem, en zoiets komt heel goed van
pas. Dat jagersinstinkt levert ons een aantal prachtige ontmoetingen op metdieren die — zoals toch overbekend — tuishoren in een dierentuin of een
cirkus, maar die hier een tegennatuurlijk bestaan leiden in het wild.
Al voor m'n vertrek ben ik voor één ding gewaarschuwd; sommigeAfrikaners gaan in hun liefde voor leeuwen en tijgers zó ver dat ze van bijna
niks anders leven als grote hoeveelheden halfrauw vlees. Ik heb voor alle
zekerheid daarom al maanden van tevoren aan Hansie geschreven dat ik
een afkeer van vlees heb, en per dag hoogstens een onsje of iets meer daar-
van eet. Maar nóg wil ie het niet geloven als de eerste brokken van het
rooster af komen.Zo komen we via een prachtige omrit over de berge en langs de Mac-Mac-watervallen uit de Wildtuin in Verwoerdburg terug. Vandaar brengt dr. Con-
radie me naar de RAU; ik word gehuisvest in een paleis dat Missakhuis
heet. De Missakstichting wil de Vlaamse en de Armeense kultuur
bevorderen, en toen ik dat voor het eerst las en me over die kombinatie
verbaasde, kon ik geen andere oplossing ervoor vinden als de hypotese dat
die twee kulturen mekaar via een huwelijk bereikt hadden. Dat blijkt te klop-
pen, maar wat ik niet had kunnen voorzien: het huis blijkt tegelijk een
biblioteek en een museum te zijn. De verzorging is die van een prins, al hebik opnieuw wat problemen met de onbruikbaarheid van Europese stekkers.
Op de vooravond van iedere voordracht duikt hen schrikbeeld op van een
stoppelbaard die ik vanwege dat stekkerverschil misschien niet zal kunnenscheren. Gelukkig hebben wijze mannen al eerder bedacht dat een
verloopstekker de kontakten tussen de Afrikaanse en de Nederlandsekultuur op hun manier kunnen bevorderen.
Op de RAU verlopen alle kontakten en voordrachten uitstekend, maar niet
bij een voordracht over "Het naoorlogse geestelijke klimaat in Nederland"
voor de Nederlands-Afrikaanse Werkgemeenschap. Achter die schuilnaam
blijkt zich een oerkonservatieve, zuiver-Nederlandse klub te verbergen.
Enkele leden ervan willen de feiten die ik noem niet eens kennen, onder-
breken m'n voordracht op een manier die je nauwelijks beleefd kunt noemenen na de pauze word ik uitgewezen, en omzoemd door een paar funda-
mentalistische horzels naar de auto van de voorzitter gebracht die me —terecht beschaamd — naar huis brengt.
Dan naar Port-Elizabeth waar Prof. Loubser m'n zorgzame gastheer is. Desfeer van badplaatsen is waarschijnlijk over de hele wereld bijna hetzelfde,
79
maar de Indische Oceaan geeft er wel een eksotisch tintje aan, zoals
trouwens ook straks in Kirstenbosch zal gebeuren. Ik word vertroeteld als
een prins en heb o.a. een gesprek met twee zwarte kollega's.
Het volgende punt is Kaapstad: een totaal andere sfeer, maar dat hadden ze
me ook al voorspeld. Prof. Pheiffer is hier m'n engelbewaarder, en hij
brengt me over het Kaapse schiereiland in de Plantentuin, naar Kommetjieen Kirstenbosch die me het gevoel geven dat ik in een soort Nederlandse
Riviëra ben. Ik ben Jan van Riebeeck op het spoor, de Tafelberg die hij ge-
zien heeft, Groot-Constantia dat z'n opvolger Simon van der Stel gehuis-
vest heeft. De dag na die prachtige tocht — een zondag — voel ik de eerste
Zuidafrikaanse regendruppels, maar ik waardeer regen niet langer als een
ellende, maar als een grote zegen. Op de Kaapstadse markt verwacht ik een
monumentale regenmeter met daaromheen een grote menigte die geest-
driftig juicht, telkens als er weer eentiende mm bij gevallen is. Maar dat valt
weer tegen; de mensen hebben blijkbaar toch weer andere zorgen.
De voordracht over "Het naoorlogse geestelijke klimaat in Nederland" in de
prachtige Suidafrikaanse Biblioteek, voor het Genootschap Nederland-
Zuid-Afrika heeft hier wel een genoeglijk verloop, inklusief een prettige
diskussie achteraf. Ik ontmoet zelfs een oudleerling uit Roermond, en besef
opnieuw tot wat voor hoge kringen een eenvoudige leraar-Nederlands via
zulke relaties door kan dringen, als ie maar oud genoeg wordt.
Dan ga ik met dr. de Stadtler naar Stellenbosch: misschien met z'n
honderden witte huizen het mooiste dorp van de wereld. Ik bezoek hier ook
het WAT, luister heel lang naar die uiteenzettingen van dr. Hauptfleisch en
heb dan een bespreking met Prof. Dekker over de mogelijke uitgave van een
Nederlands-Afrikaans Woordenboek van vrij beperkte omvang dat
studenten en middelbare scholieren goeie diensten kan bewijzen bij het
lezen van Nederlandse teksten. We spreken af dat ik een bescheiden deel
daarin zal verzorgen, als het ons lukt om een uitgever te vinden.
Ook aan dit verblijf komt helaas weer een eind; ik vervolg m'n Odyssee naar
Bloemfontein waar ik onder regie sta van Prof. Gert van Jaarsveld. Ik maakdaar een mooie tocht naar Kimberley waar je je in het Wilde Westen waant,
waar eind vorige eeuw een mengelmoes geweest moet zijn van fabelachtige
rijkdom, zuiperij, hoerderij en Luthers kerkgezang. Ik krijg ook het natuur-
reservaat Gouden Poort te zien onder leiding van m'n sympatieke gids Dirk,
pas gepromoveerd in het vak Lichamelijke Opvoeding waarmee ik levens-
lang op gespannen voet gestaan heb: ik heb er nooit een eerlijke voldoende
voor kunnen halen. Dat wreekt zich nu heel erg. Dirk zegt dat er na een
bezoek aan het hotel een bergwandeling voor me geprogrammeerd is, die
als voorbereiding een goeie kennis eist van enkele plaatselijke omstandig-
heden.
Daarom vind je in het hotel tussen de gebruikelijke handelswaar (boeken en
kuriosa) een mooie verzameling lesmateriaal; daaronder vier flessen die elk
een slang op versterkwater bevatten. Als uitstekende docent zegt Dirk dat
80
je die goed moet leren onderscheiden: eerst wijst ie op een totaal
ongevaarlijke soort die meestal meteen op de vlucht slaat. Dan blijven er
drie over, die dat niet doen. Bijt een slang je en ben je binnen drie minuten
daarna dood, dan is er geen enkele twijfel meer: dat is een mamba geweest.
Leef je na drie minuten nog, dan wordt het moeilijker; je moet nu onher-
roepelijk naar de dokter, maar daarbij mag je vooral niet vergeten om de
slang mee te nemen die je gebeten heeft. Hoe kan ie je anders het goeie
tegengif toedienen? Bij een verkeerde keus is alle moeite nog vergeefs
geweest. Omdat het gif van de kwaaiste slang binnen een half uur al werkt,
moet je binnen die tijd de dokter wel bereikt hebben; het andere gif doet er
een uur over.
Keus te over dus. Nu moet de wandeling onherroepelijk beginnen. Ik vind
het absoluut moreel verantwoord om achter Dirk te lopen en precies in zijn
voetstappen. Nog nooit heb ik van een slang gehoord die twee keer achter
mekaar beet; daarvoor zal de gifvoorraad wel te klein zijn.
Al heel gauw blijkt dat klipgeiten en springbokken in de evolutie buiten-
gewoon ver van me af staan. Ik moet nu ook nog het tempo van een
gymleraar bijhouden. Gladde rotsen bij de gebruikelijke afgronden bezorgen
me kippevel. Ook de grote hoogte speelt me parten: ik krijg hartkloppingen
zoals ik sinds de tijd van m'n verliefdheden niet meer gekend heb, ik wordkortademig maar dat is volgens Dirk heel normaal bij mensen uit de Lage
Landen die hier op 1 900 meter gewoon wat last krijgen van ijle lucht.
De allerergste beproeving is een horizontale smalle wiebelende ladder metlosse kettingen als leuning en zonder EHBO-post in de verre omtrek. Voorwe die opgaan, vraag ik aan Dirk of we nog terug kunnen, maar dat blijkt
uitgesloten zoals ik al gevreesd had. Ik dacht dat ik naar Zuid-Afrika
gekomen was om syntaktische en andere voordrachten te houden voor een
sympatiek gehoor en met een lekker etentje na afloop, maar nu blijkt de
barre werkelijkheid: ik moet een bergwandeling maken als letterlijk hoogte-
punt van m'n verblijf hier.
Vlug dus naar Potchefstroom waar Prof. Hans du Plessis voor me zorgt. Ik
maak uitgebreid kennis met de Bantoetaal-kollega's en beluister in-
teressante opnames van m'n gastheer. Door een misverstand in de afspraak
gaat de reis naar Pietersburg bijna niet door; gelukkig komt alles toch nogop z'n pootjes terecht. Prof. de Vleeschouwer doet een ekstra-inspanning.
Het kontakt met een zwarte kampus is erg interessant, maar het duurt
helaas te kort.
Ik vlieg terug naar Jan Smuts, waar Prof. Vic Webb me onder z'n hoedeneemt. Hier mag ik gelukkig hard werken. Dan ga ik terug naar m'n uitgang-
punt: de Unisa waar ik een voorlopig eindverslag uitbreng en vanwaar m'nonwaardeerlijke gastheer Hansie me voor dag en dauw op het vliegtuig naar
Zaventem zet, boordevol indrukken die dringend om enige ordening
vragen.
In de grote vertrekzaal van Jan Smuts zie ik de eerste non sinds zes weken;
81
ik hoor haar in haar platte dialekt zeggen dat ze van Diksmuide komt, en ik
besef dat er een tijdperk in m'n leven afgesloten is.
Na die opsomming van varianten van m'n grote reis lijkt het nu tijd voor
aandacht voor konstanten.
Ik heb heel erg genoten van de overtalrijke, hele rijke en vruchtbare kon-
takten met de kollega's, ik hoop dat ik hun een klein deel terug heb kunnengeven van wat ik van hun gekregen heb. Overal hebben ze me erg gastvrij
en hartelijk onthaald. Voor mijn gevoel duurde dat allemaal veel te kort,
maar ik weet uit ervaring dat een gastdocent enkel een verschietende ster
moet zijn aan de universitaire hemel, en dat het eigenlijke licht van de vaste
sterren moet komen.De gastkolleges zelf gaven kontakt met de studenten, als ik me goed in-
spande. Het was vooral in het begin wat moeilijk om dat kontakt met ze te
krijgen, maar gaandeweg werd dat beter. (Ik heb het erg op prijs gesteld dat
ik aan een paar universiteiten ook buiten de lessen om informeel met
studenten kon praten; dat gaf een heel welkom beeld van hun denk- en
leefwereld. Ik had nog wel heel veel andere soorten mensen op m'n reis
willen leren kennen.)
Maar ik mag niet klagen: door de goeie zorgen van verschillende kollega's
heb ik ook buiten de universiteiten veel kunnen beleven. Mevrouw Deudley
gaf me de gelegenheid om naar een interessante voordracht van Antjie
Krog te gaan, Prof. Pheiffer liet me kennis maken met de uitgever KoosHuman, Prof. de Stadtler nam me mee naareen voordracht van Prof. Links
van Weskaap, Prof. Réna Pretorius nam me mee naar een boeiend
toneelstuk, Ek, Anna van Wyk en naar de Gereformeerde Kerk van Pretoria-
Brooklyn. Ook het bezoek aan het Departement Afrikaans en Nederlandse
Kultuurgeskiedenis was erg interessant (Prof. Nel was daar m'n gastheer).
Vooral hier heb ik uitvoerig gepraat met studenten, en die informele kon-
takten waren erg leerzaam.
Belangrijk en verrijkend waren ook de gesprekken met mr. G. Meihuizen, de
Nederlandse konsul-generaal in Johannesburg die ik bewonder om het
voortreffelijke werk wat ie hier onder zulke moeilijke omstandigheden doet
voor de Afrikaanse én de Nederlandse kultuur.
De materiële omstandigheden waaronder de Afrikaanse kollega's werken,
maakten op mij een diepe indruk: de uitrusting van de meeste universiteiten
leek me aanzienlijk beter als wat we in de Lage Landen gewend zijn. Maar
als ik dat zei, reageerden de meeste kollega's met: "Vergis je niet, het is
helemaal niet zo mooi als het allemaal op het eerste gezicht wel lijkt."
Misschien mag ik hier een praktische opmerking maken. In de Lage Landen
is een kollege-uur 45 tot 50 minuten, in Zuid-Afrika is het helaas nog korter,
nl. 40 minuten. Als de gast-docent — zoals in mijn geval — ook nog een
levensloop blijkt te hebben en die is aperitief voor de geestelijke maaltijd die
die op zal gaan dienen, dan blijft er voor het eigenlijke eten niet veel tijd
over. Voor je goed en wel op dreef bent, moet je je verhaal alweer beëin-
82
digen, en dat is jammer. In het algemeen pleit ik trouwens — ook in Kortrijk
— voor een langer gebruik van gastdocenten: als ze toch een keer de
moeite van de lange reis gemaakt hebben, waarom zou je hunaanwezigheid dan niet zo veel mogelijk uitbuiten? Een flink werkprogrameerder een plus- als een minpunt, natuurlijk onder voorwaarde dat het toch
al (te?) kleine aantal lesuren niet verder in het gedrang komt.
Zowel in Nederland en Vlaanderen als in Zuid-Afrika zijn veel mensen bezig
met politiek te verwarren met wetenschap en kultuur. Als gevolg daarvan
zijn de laatste jaren de kanalen tussen Afrikaanse en Nederlandstalige taal-
en letterkundigen helaas op veel punten verstopt geraakt. M'n oprechte
bedoeling was om tijdens en na m'n bezoek alles te doen om die te ontstop-
pen. Ik weet niet, in hoever ik daar in Zuid-Afrika in geslaagd ben. Bij meerals één gelegenheid heb ik gezegd dat ik uit solidariteit gekomen was. Ik
denk dat we in Zuid-Afrika en in de Lage Landen hard moeten blijven
werken om de ellende van de verwaarlozing van tientallen jaren, te boven te
komen.We zijn het erover eens dat het Afrikaanse Nederlands en het Europese
Afrikaans (om het zo maar es te zeggen) twee gelijkwaardige varianten zijn
van hetzelfde ding. Afrikaners, Vlamingen en Nederlanders zijn allemaal
samen erfgenamen en beheerders van eenzelfde Nederlandse kultuur vanaf
het begin tot — zeg maar — ongeveer 1900. Dat geldt met name voor deletterkunde en voor de Nederlandse taalkunde. We moeten ons gemeen-schappelijke erfdeel samen beheren.
Daarvoor zijn hele grote uitwisselingsprogramma's van mensen en instel-
lingen nodig, en het tij is op dit ogenblik — zacht gezegd — niet erg gunstig
daarvoor. Maar we moeten doorzetten; alle beetjes helpen. Ik probeer opverschillende plaatsen nuances aan te brengen in de manier waarop vooral
Nederlanders tegenwoordig over Zuid-Afrika denken, en omgekeerd hoopik dat ook de Afrikaners politiek zullen leren scheiden van wetenschap en
kultuur, en het Nederlands geleidelijk aan in hun onderwijs de plaats zullen
geven die een grote levende erfenis verdient.
Een uitstekende passiewe kennis daarvan bij middelbare scholieren lijkt meeen haalbare kaart. Dat verstevigt uiteraard de konkurrentiepositie van het
Afrikaans tegenover het Engels: je schrikt als je het kleine hoekje van deZuidafrikaanse boekhandel ziet, waar nu es géén Engelse maar enkel Afri-
kaanse boeken staan. Op het gebied van grote naslag-werken kan het oudeMoederland heel veel leveren dat gelijkwaardig is aan het Engels, in let-
terkundig opzicht eveneens. Hier liggen onbenutte kansen, maar ik denkdat de Afrikaanse tv hier hard zal moeten helpen. Erg welkom zou een ver-
dubbeling van het aantal zenduren zijn, als een paar daarvan besteedzouden kunnen worden aan gesprekken in langzaam en duidelijk gesprokenNederlands. De praktijk aan de universiteiten heeft geleerd dat een korte
wenperiode van een kwartier bijna alle problemen van verstaanbaarheid
oplost. Omgekeerd geldt vrijwel hetzelfde, al is de vervanging van ui, uu en
83
eu door ei, ie en ee voor Nederlandse oren een belemmering voor het ver-
staan. Bij de verhouding tussen het Afrikaans en het Engels ben ik getroffen
door de grote vastberadenheid waarmee David tegen Goliat vecht. De verafri-
de grote vastberadenheid waarmee David tegen Goliat vecht. De verafri-
kaansing van talloze Engelse termen is meestal uitstekend geslaagd, maarbewonderenswaardig is vooral ook de mate waarin de mensen de
Afrikaanse woorden zijn gaan gebruiken: hyser, kroeg, rekenaar, skake/,
gestremdes enz. enz. zijn maar enkele gevallen, waar de Nederlandstaligen
een voorbeeld aan zouden kunnen nemen. Misschien zijn enkele harde
akties tegen halsstarrige onwil van Engelstalige zakenlui nodig, voor Koning
Klant ook hier overal z'n moedertaal kan gebruiken.
Een heel plezierig gezelschapsspel van Afrikaanse en Nederlandse taal-
kundigen is het zoeken naar kleine vorm- en betekenisverschillen tussen de
twee talen. De voorbeelden zijn overbekend: verstandstand/verstandskies,
pad/weg, paadjie/pad, stoot/duwen, uit die vuis praat/voor de vuist
spreken enz.
Daarmee komt een tweede favoriet taalkundig onderwerp op de proppen:
de studie van de talloze bakermatten van het Afrikaans. Gesprekken metkollega's hebben laten zien dat hier een heel ingewikkeld en uitgebreid
studieterrein ligt waar groepen Afrikaanse en Nederlandse taalkundigen
samen moeten werken. Misschien is er t.z.t. wel een tijdschrift nodig dat
enkel studies over dit hele moeilijke probleemkompleks publiceert!
Aan het eind van m'n verslag bedank ik graag alle mensen die m'n reis van
vijf en een halve week door Zuid-Afrika tot een onvergetelijk avontuur
gemaakt hebben. Allereerst de Direkteur van de Unisa die me uitgenodigd
heeft, en Hansie Botha die hem dat ingefluisterd heeft en die bovendien een
enorme hoop ondankbaar organisatiewerk verzet heeft en my verschillende
dagen gastvrij in z'n huis ondergebracht heeft. Verder alle kollega's die ik
niet met name durf te noemen, omdat ik dan het risiko loop dat ik er vergeet
(ik heb alleen in elke plaats m'n gids met name genoemd). Ik heb in die
weken meer als in de hele rest van m'n leven de verzen van Karel van de
Woestijne willen variëren: "Zuid-Afrika, o welig land waar we zijn als
genoden aan rijke taaflen". Ik heb de Afrikaanse keuken in talloze varianten
— ook in de sobere miliepap — hoger leren schatten als de vaderlandse.
M'n bezoek is een geweldige ervaring geweest: ik kwam uit een klein maardicht bevolkt taalgebied van 20 miljoen mensen in een heel groot land waarje bijna overal terecht kunt met dat Nederlands. Dat is een geweldige ervar-
ing waar zelfs een eenvoudige taalkundige nauwelijks woorden voor vindt.
Na aanleiding van la van Zyl se resensie (Tydskrif vir Letterkunde, Mei1985) het die redaksie 'n antwoord van Marianne de Jong ontvang:
In 'n resensie van Charles Malan se Letterkunde en /eser teken la van Zyl
beswaar aan teen my kritiese interpretasie van Riffaterre se semiotiese teks-
84
model in Semiotics of poetry (London 1978). Die beswaar lui dat die leser
nie as "rituele nadanser van 'n gegewe vorm" (my woorde) beskou kan
word nie in die lig van die retroaktiewe, hermeneutiese leeswyse wat deur
Riffaterre gepostuleer word as eintlike resepsie van die "significance" van
die literêre werk ná 'n aanvanklike mimetiese of "heuristiese" leeswyse. Dit,
asook my stelling, nl. dat Riffaterre se model slegs een matrix en wesenlik
slegs een interpretasie vir die teks toelaat, word as oorvereenvoudiging be-
stempel. Net na die aanhaling deur la van Zyl ter illustrasie gebruik, op p.6
staan die volgende: "The text is in effect a variation or modulation of onestructure — thematic, symbolic, or whatever — and this sustained relation
to one structure constitutes the significance. The maximal effect of retroac-
tive reading, the climax of its function as generator of significance, naturally
comes at the end of the poem; poeticalness is thus a function coextensive
with the text ..." In dieselfde hoofstuk beskryf Riffaterre self die leesproses
soos volg: "Significance is, rather, the readers praxis or transformation, a
realization that is akin to playing, to acting out the liturgy of a ritual — the
experience of a circuitous sequence, a way of speaking that keeps revolving
around a key word or matrix reduced to a marker ..." (p. 12). Riffaterre se
teks is daarop afgestem om teksgeslotenheid mbv 'n semiotiese teksbe-
skrywing te demonstreer, 'n strukturele geslotenheid wat intertekstualiteit
markeer en leseraktiwiteit streng reguleer. Die talle ontledings in Semiotics
of poetry spreek duidelik hiervan: die semiotiese proses "in the readers
mind" is teksbehoudend.
Die "oorvereenvoudiging" moet by Riffaterre lê, waar dit nie as oorvereen-
voudiging nie, maar as 'n problematiese teenstrydigheid in Semiotics aan
die hand van poststrukturalistiese literatuurteorie duidelik word. Terwyl Rif-
faterre intertekstualiteit en die disseminasie van die teks in 'n "galaxy"
(term van Barthes) van kodes skyn te beskryf en daarmee die self-
dekonstruerende tendens van die literêre teks teoreties skyn te benader,
weerspreek sy eie model hierdie implikasie. Die reduksie van die teks tot een
matrix, oënskynlik mbv die onderskeid tussen oppervlakte- endieptestruktuur beskryf, 'n matrix wat homself deur prosesse van "expan-sion" en "conversion" (ibid., p. 47 e.v.) tot teks maak terwyl dit self
versweë bly, verseker vir die model 'n outonome teks as basis. Die
hermeneutiese leesaksies bly antwoorde op spesifieke vrae in die teks en
berus op die geloof dat 'n uiteindelike "signrfié" vir die teks vindbaar is.
Resipiënte van Resepsie-estetika word soms mislei deur die skynbare
vryheid van die leser wat dié skool teoreties probeer fundeer het. Teoreties
het hierdie poging misluk omdat 'n ontwykende maar "wetenskaplik"
aanwysbare kernstruktuur die grondslag van sy lees en interpretasie bly. In
dié sin stuur Semiotics op "een interpretasie" af.
Die kritiese resepsie van (Afrikaanse) literêre teorie kan net verwelkomword, maar net so seer resensies wat debatspunte duidelik open.
85
Dr. la van Zyl reageer soos volg;
Marianne de Jongh se antwoord op my beswaar teen wat sy noem haar
"kritiese interpretasie van Riffaterre se semiotiese teksmodel in Semiotics
of poetry (London 1978) — in Charles Malan se Letterkunde en leser (But-
terworth 1983) — vra om 'n aantal regstellings.
De Jongh sê: "(Van Zyl se) beswaar lui dat die leser nie as 'rituele nadanser
van 'n gegewe vorm" (my woorde) beskou kan word nie in die lig van die
retroaktiewe, hermeneutiese leeswyse wat deur Riffaterre gepostuleer wordas eintlike resepsie van die 'significance' van 'n literêre werk ná 'n aan-
vanklik mimetiese of 'heuristiese' leeswyse."
Laat ons net eers na hierdie stelling kyk. De Jongh laat die belangrikste
woord waarteen ek in haar oorspronklike uiteensetting in Malan (red.)
(1983: 48) besware gehad het, hier buite rekening. Ek verwys hier na haar
herhaaldelike gebruik van die woord "reduseer" met 'n duidelik negatiewe
betekenis. Haar oorspronklike stelling het soos volg gelui: "Sy (Riffaterre se
— l.v.Z.) interaksiemodel reduseer egter (my kursivering — l.v.Z.) die leser
tot rituele nadanser van 'n gegewe vorm". Sy beweer verder (loc. cit.) dat
Riffaterre se model "die terrein van teksvoorskriftelikheid (demonstreer),
die enigste konstante gegewe, naamlik betekenis gereduseer tot 'n
semiotiese raamv/erk." Hierop volg De Jongh se vermoede dat "(a)s die
vaste of bepaalde betekenis van 'n teks, soos deur Riffaterre gepostuleer,
beteken dat die leser soos 'n rituele danser van homself weggevoer word,
dan kan die teks beswaarlik werklik bewussynsinhoud word" (loc. cit.)
Ek meen nie dat clie leser of die leseraktiwiteit enigsins gereduseer word as
die leser die aanwysings van die teks volg nie (hemel behoedel). Inteendeel:
as die leser die goiflengte waarop die skrywer beweeg, dermate snap dat hy
in staat is om die meesal verhulde teksaanwysings voHedig te begryp, is hy
eers werklik in staat om wat die skrywer wil oordra — die kommunikatieweboodskap — voHedig sy eie, d.w.s. voHedig tot bewussynsinhoud te maak.
As hy bepaalde teksaanwysings miskyk — nie snap nie — kan die sender-
boodskap hom nie volledig bereik nie en kan dit nie groei tot werklike
bewussynsinhoud nie. Om te metaforiseer: as 'n kerklike Nagmaalgangerdie brood en die wyn volgens die voorgeskrewe ritueel inneem, beteken dit
dan dat dié brood en wyn nie volledig tot bewussyns- dus religieuse in-
houd kan word nie? As die konsertpianis in 'n besielde vertolking hou by die
voorgeskrewe note van die komponis, het sy vertolking dan gefaal?
Vir 'n teks om volledig bewussynsinhoud te word, beteken m.i. nie dat 'n
nuwe, eie teks geskep moet word nie, bloot dat die bestaande teks so
volledig moontlik begryp moet word. So word senderervaring en ont-
vangerservaring 'n werklik gedeelde ervaring, en kan 'n kreatiewe gesprek
tussen sender en ontvanger ontwikkel op grond van hierdie gedeelde erva-
ring. In híérdie gesprek kan die leser dan na vrye behoefte die volle teuels
gee aan sy selfgekreëerde danspassies. Maar éérs moet die teks toegelaat
86
word om volledig te spreek d.m.v. die leser se bereidheid tot volledige
resepsie, of laat ons dan maar sê tot 'n so volledig moontlike resepsie, om-dat werklik volledige resepsie seker nooit werklik moontlik is nie.
De Jongh gebruik verder die volgende aanhaling uit Riffaterre ter stawing
van haar argument: "The text is in effect a variation or modulation of one
structure — thematic, symbolic, or whatever — and this sustained relation
to one structure constitutes the significance. The maximal effect of retroac-
tive reading, the climax of its function as generator of significance, naturally
comes at the end of the poem; poeticalness is thus a function coextensive
with the text ..."
Hierdie aanhaling sluit presies aan by my interpretasie dat Riffaterre die
leesproses as skeppende avontuur beskou, die leser se nadansery as deel
van die skeppende spe/ met die teks. En hierdie spel word volgehou totaan
die einde van die teks. Eers dan word die volle draagwydte ("significance")
— wat méér is as die volle betekenis — van die teks duidelik. En dan ookslegs as die leser daarin kon slaag om met die ingewikkelde voorgeskrewe
passies — wat dikwels op implikasie eerder as eksplikasie berus — by te hou
deur sy vermoë tot volledige begrip en skeppende meelewing.
Die skeppende aandeel van die leser in hierdie proses is nie duidelik uit DeJongh se foutiewe aanhaling uit Riffaterre nie. Ek kursiveer telkens die
foutief aangehaalde gedeeltes en gee die korrekte teks tussen hakies:
"Significance is, rather, the readers praxis or transformation, (the reader's
praxis of transformation), a realization that is akin (that it is akin) to playing,
to acting out the liturgy of a ritual — the experience of a circuitous se-
quence, a way of speaking that keeps revolving around a key word or
matrix reduced to a marker". Ek meen dit is duidelik dat die korrekte aanha-
ling 'n veel meer aktiewe rol aan die leser toeken as die foutiewe aanhaling.
Die woordjie "rather" aan die begin van die aanhaling verwys terug na 'n
belangrike sin wat soos volg lui: "Significance, and let me insist on this,
now appears to be more than the total meaning deducible from a com-parison between variants of the given. That would only bring us back to the
given, and it would be a reductionist procedure (Riffaterre 1978: 12; mykursivering — l.v.Z.). As die leser dus bloot sou lees wat geskryf staan, sou
'n mens kon sê dat die leser gereduseer word tot nadanser, soos De Jonghdit sien. Riffaterre maak dit egter hier m.i. baie duidelik dat die kreatiewe
leesproses geensins die leser reduseer nie, maar dat dit die aktiewe proses
van "playing" en van "acting out" behels.
De Jongh maak ook tereg melding van die feit dat ek haar stelling dat Rif-
faterre se model slegs een matriks, slegs een interpretasie vir die teks
toelaat, as 'n oorvereenvoudiging beskou.
Dit is wel so dat elke letterkundige werk herlei kan word tot een, of somsmeer, matrikssinne ('n mens moet steeds in gedagte hou dat die bron waar-
na De Jongh verwys, dit uitsluitend het oor die poësie as letterkundige
genre). Die matrikssin is egter nie 'n geëksplisiteerde gegewe in die let-
87
terkundige werk nie. Dit moet deur die skerpsinnigheid van die leser uit die
werk afgelei word. Hoewel elke leser dus hierdie herleiding doen (soos die
tema van 'n werk daaruit afgelei word), kan lesers se matrikssinne en dushul interpretasies onderlinge graduele verskille toon. Ek haal onder meerRiffaterre self in hierdie verband aan: "The structure of the given (from nowon I shall refer to it as the matrix) ... like all structures, is an abstract con-
cept never actualized per se: it becomes visible only in its variants ..." (Rif-
faterre 1978: 13). Riffaterre eindig sy boek deur daarop te wys dat die lees-
proses steeds 'n skeppende avontuur bly en dat interpretasie nooit finaal
kan wees nie: "But reading is also unstable, and interpretation is never
final, because the text cannot be corrected or amended, and the ungram-
maticalities (hou in gedagte dat R. dit het oor die poësie — l.v.Z.) howeverrevealing they may be, however hermeneutically indicative, are still an
obstacle ..." (ibid. : 1965), en: "The reader's manufacture of meaning is ... a
seesaw scanning of the text, compelled by the very duality of the signs ...
This seesawing from one sign value to the other, this alternating ap-
pearance and disappearance of significance ... is a kind of semiotic cir-
cularity characterizing the practice of signification known as poetry. In the
reader's mind it means a continua! recommencing, an indecisiveness resolv-
ed one moment and lost the next with each reliving of revealed significance,
and this it is that makes the poem endfess/y rereadab/e and fascinating"
(ibid.: 168).
Die laaste gedeelte van De Jongh se betoog waarin sy dit het oor die "pro-
blematiese teenstrydigheid" in Semiotics ... self, sou ek graag as begin van
'n nuwe gesprek wou sien indien De Jongh eers sou inwillig om wat sy in
dié paragraaf sê, effens meer gemotiveerd te stel. Sy gebruik bv. twee keer
die woord "skyn" en een keer die woord "oënskynlik" wanneer sy dit oor
hierdie innerlike weerspreking het. Miskien kan sy ook duideliker stel presies
wat sy bedoel met die volgende sin: "Die reduksie van die teks tot een
matrix ... verseker vir die model 'n outonome teks as basis." Is De Jonghverder van mening dat géén signifié vir die teks vindbaar is nie, of slegs dat
geen voHedig definieerbare signifié vindbaar is nie? Loon dit nogtans om na
'n so volledig moontlike signifié te soek? Indien nie; waarom lees? Verder:
indien 'n "ontwykende maar 'wetenskaplik' aanwysbare kernstruktuur" nie
as die grondslag van lees en interpretasie beskou kan word nie, hoe sien so
'n grondslag wél daar uit?
Die Windhoekse Onderwyskollege
H.S. van Blerk word sewentigDie bekende Afrikaanse skrywer, H.S. van Blerk het op 27 Novem-ber 70 jaar oud geword. Om dié geleentheid te herdenk, het die uit-
gewery Juventus 'n klein geselligheid vir die skrywer in 'n bekendeJohannesburgse hotel gereël waarby prof. P.D. van der Walt van die
Potchefstroomse Universiteit 'n kort oorsig en waardering gegee
88
het oor die skrywer se werk en gewys het op sy belangrike bydrae
tot ons letterkunde.
'n Leergebonde eksemplaar van die skrywer se jongste jeugroman:Die edelva/k van Donkerkruin wat by Juventus verskyn het, is deur
mnr. Gert Basson, hoofbestuurder van die uitgewershuis aan mnr.Van Blerk oorhandig. Hier volg 'n uittreksel uit prof. Van der Walt se
toespraak:
By geleentheid van hierdie baie gepaste en welverdiende viering van wat
mens 'n jubeljaar in u lewe kan noem, wil ek nie probeer om 'n literêr-
wetenskaplike waardebepaling, selfs karakteristiek of oorsig van u skryf-
werk te gee nie. Dít hoort tuis in 'n ander verband, nl. in 'n akademiesegeskrif.
Ek wil graag, in aansluiting by die gevoel en geneentheid van u baie vriende
(en daarby moet mens uitgewers insluit, want van uitgewers moet 'n menssê wat van die "hot dog" gesê is: "The noblest of all dogs is the hot dog —it feeds the hand that bites it") uit my hart praat as 'n leser van u boeke, een
van die veles, en so uitkom by die heel eerste gewaardeerde eienskap van u
verhaalkuns: die egtheid daarvan, die opregtheid waarmee u skryf. U is tot
ons groot vreugde en agting 'n egte en eerHke woordkunstenaar
,
'n totaal
onpretensieuse storieverteller, geheel ongekunsteld. En daarmee bedoel ek
nie kunsloos, onkunstig nie — inteendeel.
Want, en dit is my tweede opmerking, u skep eie ervaring, waarneming,
/ewensinsig óm tot kuns, verhaalkuns wat besonder pakkend en toeganklik
is. Met ander woorde, u opregtheid is geen onverkapte bieg of blote mede-deling, selfs outobiografie nie; u gebruik deurleefde stof en ervaring en
vorm dit om, struktureer en klee dit in tot verhaalkuns.
En dit is mos die wese van goeie woordkuns: daardie graan van die lewe
wat omgestook word tot die jenewer van poësie, in die woorde van
Marsman, die "side-lights" van die skeppende verbeelding waarvan ons eie
M.E.R. gepraat het.
Die derde opvallende aspek van u verhaalkuns, benewens hierdie integriteit
en ontwyfelbare kunstigheid daarvan, is dat u steeds 'n goeie storie vertel,
geloofwaardige mense skep teen 'n interessante agtergrond, dat u 'n eie
styl en aanslag het. Maar ek wil beklemtoon dat u ten regte 'n sterk epiese
kern gee, meestal 'n spannende storielyn. U het dus nie allerlei foefies van
struktuurtegnieke en duistere verwysings nodig om as bykomstige pro
nutro vir 'n skamele verhaaldis te vergoed nie.
En vierdens dek daardie verhaalstof 'n wye spektrum: die intrige, die storie-
mense, tydruimte, styl en genre. Naas bv. die sketsmatige humor van iets
soos Los donkies, die tragiek en spanning van Kas P/esie se hartseerdae)
daar is verhale vir volwassenes en kinders, soos die onlangse pragwerk, Die
ede/va/k van Donkerkruin — wat ek terloops sterk wil aanbeveel vir 'n
kreatiewe of dinamiese vertaling, bv. in Engels.
89
U het verhaalmatig op verkennende wyse nuwe terreine betree, as't ware
van binne uit belig, soos die lewe van die mynwerker, die ter dood ver-
oordeelde in die tronk — u "reën van erbarming", soos een van u boeke
heet, het geval op aarde wat tot op daardie stadium ongebraak gelê het in
ons verhaalkuns. U het ons laat besef wat die volle implikasie is van die
Totius-aanhaling wat u in 'n ander werk as titel gebruik: waarom "die wind-
dreun diep is" in die mynhoopstad. U het besef, dalk intuïtief, omdat u 'n
gebore verteller is (al kos dit ook hoeveel skoling en oefening om goed te
skryf), dat 'n goeie storie ook interessant en betroubare inligting moet ver-
skaf, die leser se kennis moet verryk. En ook dat 'n goeie roman meer as in-
ligting gee, dat dit 'n probleemgebied betree, bv. ekonomies, sosiaal — dat
só aan die verhaal 'n algemeen geldige ideële dimensie gegee word.
In die sesde plek wil ek u arbeidsaamheid noem: u het baie geskryf, en dis
harde werk. U het dus nie net sewentig jaar oud geword nie, maar u kan iets
daarvoor wys: u het 'n agtenswaardige oeuvre tot stand gebring. Natuurlik
is daar hier en daar 'n "bantom" — om weer na een van u boektitels te ver-
wys —,maar in hoofsaak is dit "blomme". U is 'n populêre skrywer sonder
om 'n prulskrywer te wees, en dit wil gedoen wees. En al het u dosyneboeke op u kerfstok, het u nie u eie epigoon geword nie, d.w.s. nie in
selfherhaling verval nie. U werk is vir my sinnebeeld en voorbeeld van wat
goeie populêre verhaalkuns behoort te wees: interessant, iets besonders —bevatlik vir die gemiddelde leser, maar ook goed genoeg vir die kieskeurige,
selfs nie te moeilik of oninteressant vir die gemaksugtige leser nie, vol af-
wisseling van boek tot boek. U het u deel gedoen om Afrikaans vir die
gewone man leesbaar te hou.
In die sewende plek: U het dikwels, meestal, oor die ongekunstelde, selfs
eenvoudige, Afrikaner geskryf, maar u het nooit van hom 'n karikatuur
gemaak nie. Humor, ja, egte humor het u ontlok, want u kén daardie
mense, u het hulle lief as u aanleidinge en skeppinge; u laat hulle essensiële
menslikheid met deernis en begrip blyk, soos daardie onvergeetlike SwaerHenerik wat koue vat as hy sy voete was, Oom At Slinters of Oom Joppie
Rotter wat diepsinnig na aanleiding van die oorlamse mak touleierbobbe-
jaan Doors redeneer: "'n Witmens het 'n siel; 'n Senees het 'n sjees, maar'n bobbejaan!".
Bowendien is u karakters, selfs die skelmriges, basies eerbare mense — en
daarvan hou ons as lesers: dat 'n verhaal ons, temidde van die ontsenuendeen bedreigende alledaagse werklikheid, darem verseker dat die goeie tog nie
kleingekry word nie, dat die bose in die laaste instansie nie oorwin nie. Onsdank u vir u positiewe en gelowige lewenshouding.
Ten slotte: Ek ken nie die verkoopsyfers van u boeke nie, maar ek weet dat
u werke in wye kring gewaardeer is en nog word; ek weet ook dat hulle
soms met effens ontoepaslike literêre maatstawwe beoordeel is, maar 'n
outentieke en integrale skrywer soos u skryf in die eerste plek (maar wel tog
ook) "nie vir geleerdes", soos Van Wyk Louw een van sy toneelstukke
90
genoem het. Vandag gaan daar 'n geroep op om wat genoem word “goeie
gewHde prosa"
,
en daarom wil ek dit hier as agste punt benadruk dat u in
dié opsig u tyd ver vooruit was. Deesdae se leeshongeriges moet maar 'n
skoot met u boeke gaan kennis maak. Want nie net is u boeke goed en
toeganklik nie, hulle is ook nie onherroeplik gedateer nie, al het die eerstes
ook meer as drie, vier dekades gelede ontstaan.
Mag u grootste verjaarsdaggeskenk vir hierdie nuwe lewensjaar wees dat
daar onder u eie mense en in wyer kring 'n herleefde belangstelling in H.S.
van Blerk-boeke sal wees, dat ons huidige geslag lesers, noudat hulle oë
oopgemaak is deur Dalene Matthee en ander soos Petra Múller, die
leesvreugde sal ervaar wat ons aan u werke het.
En mag u nog lank leef om dié vrug op u lewenstaak te geniet, en ek en u
vriende en lesers het alle rede om so te glo, want u is — in die taal van die
psalm wat van 70 en 80 jaar praat — "seer sterk".
Dus veels geluk, dankie vir mooi verhale, sterkte vir nóg toegewens — ont-
hou Vondel was 80 toe hy sy beste en rypste drama geskryf het. Mag ryke
seëninge uit Sion u bedou, H.S. van Blerk.
Renske Bornman oorlede
Dr. Renske Bornman, lid van ons Skakelredaksie, is op 2 Januarie 1986, op
haar verjaardag, saam met haar man, mnr. A.J. Bornman, in 'n
motorongeluk oorlede. Hul enigste kind, Koen (20 maande oud ten tye van
die ongeluk), het die ongeluk oorleef. Dr. Bornman was die jongste dogter
van dr. A.J. Koen, voormalige Direkteur van Onderwys in die Transvaal, en
mev. Koen.
Dr. Bornman was senior lektrise in die Departement Didaktiek aan die Uni-
versiteit van Suid-Afrika, waar sy ook die grade M.Ed. (1982) en D.Ed.
(1984) behaal het. Sy het egter haar studies aan die Universiteit van Pretoria
begin, waar sy as assistent en later junior dosent aan die departement
Afrikaans verbonde was, en in 1973 die graad M.A. (cum laude) behaal het
met die verhandeling "Die verteller in Etienne Leroux se 78-44 en /s/s ... /s/s
... /s/s." ('n Gedeelte daarvan is as artikel in die Tydskrif vir Letterkunde,
XIV: 2, p. 32— 40, gepubliseer.) Sy het ook 'n B.A.-Honneurs in Frans aan
die Universiteit van Natal, waar sy twee jaar lank dosent in die departement
Afrikaans-Nederlands in Durban was, behaal. Ten tye van haar dood was sy
besig met die B.A.-Honneurs in Sielkunde.
Dr. Bornman se liefde vir en belangstelling in die Afrikaanse taal en let-
terkunde en die literêre teorie het steeds in die sentrum van haar
akademiese belangstelling gebly. Haar M.Ed.-verhandeling, "'n
Pedagogiese besinning oor die keuse van Afrikaanse voorgeskrewe werkevir skoolgebruik" het indertyd opnuut 'n prinsipiële gesprek oor
voorgeskrewe werk geopen, wat wye belangstelling gewek het. Ook methaar D.Ed.-proefskrif "Eenheidskoordinate vir die onderrig van Afrikaans"
91
het sy 'n uiters belangrike bydrae gelewer — 'n vakgenoot het na dié proef-
skrif as 'n "model in sy soort" verwys.
Vir die Tydskrif-re6aWs\e was dr. Bornman 'n baie waardevolle klankbord en
raadgewer; sy het 'n skerp kritiese sin besit waarby die liefde vir 'n saak
nooit verlore gegaan het nie. Die redaksie sal dit met groot dankbaarheid
onthou.
E.B.
Nuwe Skakelredaksielid
Henning Pieterse, van wie daar al heelwat poësie e.a. bydraes in die Tyd-
skrif vir Letterkunde verskyn het, is vanaf hierdie uitgawe tot ons Skakel-
redaksie toegevoeg. Hy is tans dosent in die departement Afrikaans en
Nederlands van die Universiteit van Suid-Afrika.
92
Boekbesprekings
Prosa
Vir onskuldiges deur Frans Coetzee, Hermit-uitgewers, 1985, R7,50 -i-
AVB.
In die voorwerk van die bundel word aangedui dat dit "nie vir letterkun-
diges” is nie. Dit maak dit moeilik om 'n mening oor die boek uit te spreek,
aangesien die aard van die tekste sodanig is dat hulle beslis ook die
"gewone" leser in die duister sal laat! Op die agterblad is 'n foto van die
skrywer hangende (aan sy voete) deur 'n gat in die plafon — d.w.s.
onderstebo — terwyl 'n feitlik onsigbare vriend hom in dié ongewoneposisie stut. Die foto gee 'n aanduiding van die onderstebo, bisarre wêreld
wat hier in teks ná teks na vore kom.Steeds op die agterblad vind die skrywer dit nodig om die leser baie duidelik
aan die hand te neem met die volgende verduideliking: "Hierdie verhale
tipeer ... aspekte van die moderne mens in sy voortdurende keusemaak,waar hy, onwetend, sy emosies onderdruk, omdat hy geleer is om koud in-
tellektueel te kies. Dis dikwels 'n bisarre wêreld, 'n wêreld waarin 'n menssoms lagwekkend snaaks optree, en waar die bonatuurlike en die
onderbewuste met 'n mens klimtol speel." Hy rig ook dié versoek: "Moenieontsteld raak en my verhaalmense veroordeel nie, hulle weet nie wat hulle
doen nie; moet hulle asseblief nie navolg nie — onthou dis maar net
stories."
Die skrywer het 'n heerlike sin vir die bisarre, 'n verbeelding wat nie vir
Roald Dahl hoef terug te staan nie en 'n beheerste tong-in-die-kies styl, watgoed pas by die inhoud van die tekste. Hy maak minder toegewings aan die
leser as bv. Dahl in dié sin dat die tekste — in aansluiting by die sfeer van die
verhale — nie op maklike wyse sluit nie.
Soms maak die tekste nog 'n ietwat onbeholpe indruk. Ek noem enkele
voorbeelde: In "Die nuustreffer" wil die gebeure — selfs op die bisarre vlak
waarop hulle beweeg — nie oortuig nie. Die probleem, soos in enkele van
die ander tekste, is dat die gebeure hier ook op realistiese vlak beweeg, en
op hierdie vlak enigsins naïef aandoen. Dit geld hier veral die slot van die
verhaal. In "Geboorte" lyk die gegewe van die man wat by 'n chevron ver-
byjaag in die waan dat dit die agterkant van 'n bus is darem te veel na 'n
afgesaagde grappie. Die oorgang van die realistiese na die nie-realistiese is
hier ook enigsins lomp hanteer.
Dit is miskien deurgaans die oorsaak van 'n gevoel van effense onbehae wat'n mens by die lees van heelwat van die tekste ondervind — dat hulle
terselfdertyd op realistiese én op nie-realistiese vlak wil beweeg en dantussen twee stoele deurval. Dié beswaar geld egter nie al die tekste nie. In
93
"Kom braai saam vleis", "Skaakmat" en "Die kombuistee" word die
bisarre met finesse in die verhale geïntegreer.
"Vir' onskuldiges: Dood van 'n individualis", van waar die titel van die
bundel kom, beweeg op realistiese vlak en het min substansie.
Maar miskien moet 'n mens liewer nie verder uitwei nie. In 'n wêreld waarstories "maar net stories" is en waar letterkundiges by voorbaat uitgesluit
is, moet jy jou plek ken!
W.F. van Rooyen, Die groot eier van Aghwibib, Perskor, 1985, 97 pp. Prys
nie vermeld nie.
Wetenskaplike Robert Grusser wil 'n lewensideaal verwesenlik deur lewe uit
'n reusagtige sintetiese eier voort te bring. Die woestyndorpie Aghwibib, in
Suidwes, word gekies vir die volvoering van die projek. Uit Grusser se doku-
ment, wat vir goedkeuring aan die kabinet voorgelê word, blyk dat die
broeiproses een en twintig dae sal duur en dat spesiale veiligheidsisteme sal
verhoed dat die kuiken, wat by geboorte dertig metrieke ton sal weeg, buite
die voorafbepaalde veiligheidsone sal kan beweeg. 'n Geëlektrifiseerde
veiligheidsheining word om die aanleg opgerig om die pasgebore kuiken ná
die broeiproses te huisves. Die kom van Aghwibib lyk soos 'n reuseplak-
kersdorp wanneer mense van heinde en ver, selfs uit ander lande, kom omdie skouspel gade te slaan.
Daar is egter ook teenkanting teen die projek. Die FFAC, die Freedom for all
Creatures-organisasie, maak beswaar teen die projek en oubaas Greyling,
een van die inwoners van Aghwibib, meen die eier gaan "vrotpootjie" op
die dorp bring. Hy gaan 'n geheime ooreenkoms aan met Tjon, die idiote-
seun van Lewies Steyn.
Uit hierdie gegewe ontwikkel 'n kwasi-wetenskaplike roman wat op verhaal-
vlak betreklik boeiend verloop. Hinderlikhede is die deurlopende gebruik
van die verledetydsvorm, 'n oormatige uitstal van wetenskaplike terme en
inligting, 'n soms lomp hantering van die taal (spelfoute inkluis), 'n
oorgeëksplisiteerde poging om Grússer en Tjon te toon as teenpole
(primitiwiteit teenoor hoogs ontwikkelde produk van die wetenskap) wat
eindelik, ná die mislukking van die wetenskaplike eksperiment weensnatuurkragte, weer as skepsels teenoor mekaar te staan kom wat tot die
basiese vlak van menswees teruggesnoei is. Hierteenoor word daar m.i. te
min gemaak van die ironie van Arrie se ontdekking van die tweede kuiken
onder die stertvere van sy ontbindende broer (vgl. p. 95).
Aan die positiewe kant moet egter genoem word 'n boeiende vertelstyl met
soms dramatiese effekte waar dit beskrywings van die ontwikkelende fetus
en die dooie kuiken geld, die half-ironiese uitbeelding van die steriele ver-
houding tussen Grússer en sy dom meisie, Amorosa. Pogings tot satirise-
ring bevat te veel eggo's van Etienne Leroux om werklik tot hul reg te kom^..
94
Dit geld bv. die rol van die Damara Arrie en die kroegtonele teen die slot van
die roman.
My mense, 'n versameling Afrikaanse kortverhale uitgesoek en metaantekeninge deur P.J. du Toit, Academica, 1985, R4,95 + AVB.
Ek het onlangs in 'n bekende tydskrif gelees dat 'n meningsopname getoon
het dat Afrikaans die ongewildste vak op skool is. Dit is 'n onrusbarende
toestand wat rampspoedige gevolge kan hê vir die voortbestaan van die
Afrikaanse letterkunde. Want lesers van dié letterkunde word op skool
gemaak. Prof. Elize Botha het by geleentheid in 'n lesing daarop gewys dat
die Afrikaans-onderwyser in die hoërskool in die laaste loopgraaf veg in dié
sin dat hy die laaste geleentheid het om van leerlinge wat ná Matriek nie in
'n talerigting gaan studeer nie, lesers van die Afrikaanse boek te maak. Dit
kom daarop neer dat in die hoërskool lesers vir Afrikaans gewen of verloor
word.
Du Toit se bundel lewer in hierdie verband 'n waardevolle bydrae. Die
verhale wat hier byeengebring is, val almal binne die begrips- en erva-
ringsveld van die hoërskoolleerling — iets wat nie altyd van voorgeskreweboeke vir dié fase gesê kan word nie. En dat dit wel die geval moet wees, lyk
my van die opperste belang. Lesers kan nie gewen word met verhale (of
romans, of gedigte) wat nie aan hierdie basiese vereiste voldoen nie. Verder
is die verhale in Du Toit se bundel almal genietbaar deur hoërskoolleerlinge
— eweneens 'n myns insiens lewensbelangrike vereiste vir voorgeskrewe
werke in hierdie fase.
Du Toit verdien ook 'n kompliment vir die wyse waarop hy daarin geslaag
het om al bogenoemde kwaliteite te verenig met letterkundige kwaliteit, en
vir die feit dat hy verskillende periodes uit die letterkunde hier gelukkig
onder een dak kon huisves. Hy het selfs die moed gehad om 'n verhaal van
M.C. Botha in te sluit!
Hoewel ek nie meen dat die boek slegs, of selfs hoofsaaklik vir nie-
moedertaalleerlinge bedoel is nie, maak die voorwoord duidelik dat hierdie
leerlinge se belange by die samestelling van die bundel vooropgestel is.
Vanuit hierdie standpunt gesien, is die feit dat letterkundige terminologie in
vereenvoudigde vorm aangebied en by die bespreking van die verhale
enigsins onderbeklemtoon word, aanvaarbaar. Ook die feit dat die vrae watop elke verhaal volg hoofsaaklik op insig en begrip gemik is. Selfs die
besprekings, wat in groot mate verduidelikend van aard is, lyk my hier funk-
sioneel. Die samesteller slaag daarin om die vrae wat op die bespreking
volg, aanvullend tot e.g. te maak.Miskien 'n enkele punt van kritiek: Ek sou wou voorstel, anders as wat in die
voorwoord gesuggereer word, dat leerlinge oor die vrae besin onmiddellik
nadat hulle die verhale tuis gelees het, d.w.s. vóór die klasbespreking plaas-
95
vind. Alleen só kan tuisleeswerk doeltreffend geríg word en kan
letterkundeonderrig werklik heuristies plaasvind. Daar moet steeds gewaakword teen die lepelvoermetode, en selfvind hoef nie afbreuk te doen aan
genot nie.
Jan Rabie, En oseaan (Bolandia 5), Human en Rousseau 1985. 128 pp.
R12,95 + AVB.
In die voorwerk van die roman word aangedui dat Bolandia prosawerke
behels oor "ons geskiedenis in die Boland". Vorige romans in die reeks het
afgespeel in onderskeidelik 1658, 1730, 1800 en 1966. En oseaan speel af in
1824. Nie net omrede hierdie terugsprong in die tyd nie, maar ook uit die
aard van die romangegewe wil die roman nie lekker gemaklik in die reeks in-
pas nie. Die poging van die flapteks om die probleem op te los deur die
roman te karakteriseer as "'n blik op die vrese en verlangens van 'n jong
land se mense, vergestalt in die behoeftes van 'n klein groepie melaatses"
lyk my ietwat vergesog. M.i. sou die roman beter op eie, nie-Bolandia-voete
staan.
Die milieu is 'n instituut vir melaatses in die Hemel-en-Aarde-vallei teen
1817. Hemel en aarde is hier ook figuurlik teenwoordig in die natuurskoon
van die vallei en die intens-vergeestelikte leiding van eerwaarde Peter
Leitner, wat soos Josef van Nasaret ook skrynwerker is, aan die een kant en
die aakligheid van 'n siekte wat 'n mens naby die aarde hou aan die ander
kant. Menslike verteenwoordiger van hierdie kant is die siniese boekhouer
Lukas Wahl, wat van die godsdiens niks wil weet nie. Wanneer die mooi
jong meisie Catharina as pasiënt in Hemel-en-Aarde aankom, is sy vol
jeugdige geloof. Lukas probeer doelbewus hierdie geloof afbreek, hoewel
hy heimlik vol bewondering (later selfs liefde) vir Catharina is. Die oseaan
tree ten slotte as katalisator op in hierdie stryd tussen hemel en aarde,
tussen geloof en gebrek aan geloof. Derhalwe die gepastheid van die titel.
In En oseaan het Rabie homself nog nie heeltemal losgemaak van 'n neiging
tot oordrywing sowel wat stilering as wat die seleksie van gebeure betref
nie. Tog het 'n mens die gevoel dat die personasies in hierdie romangrotendeels toegelaat is om, sonder opsigtelike skrywersmanipulering (soos
in vorige Rabie-romans), in eie reg te ontwikkel. Dit geld veral die jong
Catharina en die boekhouer Lukas Wahl. Die verhouding tussen die tweeword oortuigend uitgebeeld, sodat die leser homself ten slotte kan
vereenselwig met sowel Catharina as Lukas se geestesgesteldheid. Die oor-
drewe klem op die fisiese aakligheid van melaatsheid, soos dit veral tot
uiting kom in die uitbeelding van Grootpiet, oorskry egter m.i. die perke vangoeie smaak. Dit geld ook die beskrywing van Grootpiet se besoek aan die
twee Khoi-vroue en die daaropvolgende genesingsritueel. Dat melaatsheid
'n aaklige siekte is, regverdig m.i. nog nie hierdie vulgêre soort uitbeelding
96
nie, wat aan sensasionalisme grens.
Rabie weerhou hom in hierdie roman van 'n oorbeklemtoning van die rasse-
motief en hy laat die romangebeure toe om self te toon hoe die siekes se
gesamentlike uitgelewerdheid aan 'n slopende siekte rassegrense onbelang-
rik maak. In hierdie opsig is En oseaan 'n vooruitgang op vorige romans,
waar 'n mens dikwels hinderlik bewus was van 'n moraliserende en
manipulerende skrywer. la van Zyl
Jeugverhale
Dolf van Niekerk: Die haasvanger. Tafelberg 1985.
Na 'n lang stilswye op die letterkundefront kom Dolf van Niekerk met 'n
verhaal vir die jeug wat só suiwer is dat dit die leser lank daarna bybly.
Dit pas by die sober voorstelling van die hoofkarakter dat 'n mens nie on-
middellik weet wat sy naam is nie: eers mettertyd word hy Lourens, en nóg
later kom sy noemnaam Kiewiet ter sprake. Hy weet immers self nie mooi
wie hy is nie; sy jeugjare het hom geen sterk bewustheid van eie identiteit
gegee nie. Hy skram weg van mense; selfs as hy vir sy skool begin
hardloop, hou hy die meeste van dié dele van die baan waar hy alleen hard-
loop. Tog, juis omdat hy steeds meer verwerp word deur sy ma, is hy
selfgesentreerd — dit vind veruiterliking in die groot aantal sinne wat metHy begin.
Die novelle gaan om verhoudings. Omdat sy pa selde huis toe kom en hy
geen warmte by sy ma vind nie, leef Kiewiet in die veld naby die dorp. En
juis sy weggekeerdheid verbitter sy ma sodat sy hom nog méér en uit-
eindelik, in die krisis, finaal verwerp. Hy het sy pa gedwing om die ver-
wydering tussen hom en sy ma te verduidelik en 'n gedeeltelike antwoorddaarin gekry dat die man nie tuis was toe hulle dogtertjie oorlede is nie. In
die klimaks dwing hy, wat gewoonlik min praat, sy ma om klaar uit te lê:
"Tussen hier en Uitkyk lê 'n plaas. Die plaas se naam is Boskop. Daar bly 'n
vrou — gaan vra háár"(81).
Die suggestie is daar dat hierdie onwettige verhouding aangeknoop is om-dat man en vrou mekaar nie kon vind nie en dat alles daardeur verder
befloers is. Kiewiet gaan Boskop toe en sien die vrou en sy pa rustig byme-kaar, wat hom laat begryp dat hier liefde en aanvaarding vir hom ook sal
wees. Pragtig is die sober slot as die seun met sy tas koers kry "na sy matoe"(88) — nie sy biologiese ma nie, maar die een by wie hy geestelik sal
tuiskom.
Soos die verhouding met sy ma versleg, word sy behoefte aan sy pa groter
en vind hy by hom belangstelling vir sy hardlopery, trouens ook aanmoe-diging. Verder kry sy lewe sin in die skaam maar intense gevoel vir Janetwat sensitief en oortuigend gebeeld word.
97
Die ontwikkeling van Kiewiet as atleet word met insig gehanteer. Dis oor-
tuigend dat sy ma se onthulling oor die ander vrou in sy pa se lewe sy ver-
moë om goed te hardloop, aantas — op dié stadium is hy ook nie gereed vir
enige fisieke oorwinning nie.
Die novelle se titel wys na die veld, die doodmaak van hase deur ysters, 'n
kuns wat Kiewiet uitstekend bemeester. Sy gevoel vir Janet lei daartoe dat
hy ten slotte nie meer sy ysters wil gebruik nie: daar is 'n eendersheid tussen
"Janet en die warmte van die haas se lêplek"(77). Op 'n dieper vlak wys sy
gooi van die ysters na die poging om sy ongelukkigheid en alleenheid as
gevolg van sy ma se verwerping te vernietig. Uiteindelik is dit ook nie meernodig nie, want daar word versoening gesuggereer tussen hom, sy pa en
'ma'.
Persoonlik sou ek 'n stiller ontwerp en 'n hardebandomslag aan hierdie
pragtige werkie gegun het.
Dolf van Niekerk: Karel Kousop. Tafelberg 1985.
Hoewel twee jong seuns in die fokus staan in dié novelle, sal jeugdiges die
werk moontlik meer waardeer as kinders. Die toon is uiters sober, die
aanbieding volkome gestroop van enige sweem van melodrama of senti-
ment. Trouens, onderbeklemtoning word soms byna te ver gevoer.
Soos die titel aandui, handel dit primêr om die Boesmantjie Karel Kousop.
Hy word nie direk gebeeld nie, wel gedurig fyn geteken deur die belewenis
van die wit seun Gerrit. Só slaag dit juis besonder goed. Karel word deur sy
ma na Gerrit se ouers gebring om by hulle te werk gedurende die TweedeWêreldoorlog, en die leser leer die klein 'skilpadeter' op verskillende vlakke
ken deur Gerrit se waarneming en emosies.
Eerstens is daar die ongetemde klein Boesman wat hom nie laat mak maakdeur sy omgewing nie. Hy eet eenkant as Gerrit se pa by is, wil aanvanklik
nie help baal trap by 'n skeerdery nie, loop weg en sorg vir homself as dit vir
hom na die regte ding lyk om te doen. 'n Motief in dié verband is sy slapery
in 'n buitekamer: eers glip hy terug daarheen as Gerrit wil hê hy moet by
hom slaap. Later móét hy in Gerrit se kamer lê na 'n besering; dan kom 'n
nag dat hy aan Gerrit se deur klop en gereed staan "met sy karos in sy
hande"(52). Om veiligheidsredes beveel Gerrit se pa die Boesmantjie met-
tertyd om by sy maat te slaap — "Dis die eerste keer dat my pa sê Karel
moet by my slaap"(64).
Daar is tweedens ook fasette van 'n doodgewone seuntjie in Karel. Hy speel
saam met Gerrit, aanvaar die uitdaging om in 'n waterpoel te duik, trek
arms, trap wol, verkoop groente vir 'n geldjie.
Maar in die kern gaan dit om Karel se verbondenheid aan sy eie mense — by
name sy ouers. Hy verlang na sy ma wat hom by die blankes los om daar te
werk; as hy vir die eerste keer geld in sy hand kry, wil hy dadelik vir haar 'n
98
present koop. As die vertraagde Roelfie hom en Gerrit spoeg en Gerrit homkeer om op Roelfie wraak te neem, "slaan en stoei (hy) soos 'n besetene",
want volgens sy interpretasie het Roelfie "my ma gevloek"(48).
Aan sy pa is Karel redeloos geheg. Om hom te soek, loop hy 'n eerste keer
weg: met sy pa se woede omdat hy al in 'n vorige geslag van 'n kapteinskap
beroof is, vind hy nie fout nie. Sy finale wegloop nadat sy pa as moordenaargevang is, wys op sy magtelose lojaliteit.
Gerrit wat as ek-verteller optree, word in eie reg 'n oortuigende karakter. Hykan vir Karel lag of ru teenoor hom optree, maar hy is steeds ook gevoelig
bewus van sy Boesman-maat en kwel hom as Karel wegraak. Sy liefde vir
sy ma en trots op sy pa, en hulle sterk gevoel teenoor hom, vorm 'n
skrynende kontras met Karel se verbrokkelde gesinsbande. Die 'ek' ontwik-
kel ook begrip vir sy maat se behoefte om aan homself en sy eie mense te
behoort, en vir die noodsaaklikheid dat hy finaal sy eie koers moet inslaan.
Hy vra Karel pertinent om die laaste nag in sy eie kamer te gaan slaap en
groet hom: "Ek gaan nie die buitedeur sluit nie, Karel"(74).
Hoewel die verhaal self nie verwikkeld is nie, bevat dit ryk suggestie van die
Afrikaner se betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog, van die plat-
telander se armoede as gevolg van die oorlog, en van simpatieke mense-verhoudings. Dis 'n verrykende werkie dié. By die herlees daarvan sal
steeds nuwe vlakke vir die leser kenbaar word.
Louis Kruger: Donkerboskind. Tafelberg, 1985.
In die titel van dié jeugboek lê die kern van die verhaal opgesluit: die vyftien-
jarige Rupert sing nie net 'n liedjie van 'n donkerboskind nie, maar is self so
'n seun wat in 'n donkerbos lewe. 'n Keer droom hy ook van "'n donker,
onbekende bos" waardeur hy stap en waar hy huil (p. 35). Sygedepriveerde bestaan wat hom noop om sy dronklap-pa te vermy, sy
sussie Maja self te versorg en hom by 'n straatorkes te voeg ten einde 'n
geldjie te verdien, maak 'n somber indruk.
As hoofkarakter maak Rupert 'n stropingsproses deur: hy verloor sy sussie
aan wie hy baie geheg is omdat hy haar van baba af grootgemaak het, 'n
tyd lank kan hy net nie meer in die straatorkes sing nie, maar tree dan 'n
laaste keer, juis ter wille van Majas vóór sy sterf, triomfantelik op. As hy
Grootskool toe gaan, moet hy van sy vriende Parrie, Stan en Oupie — lede
van die straatorkes — afskeid neem. Selfs as hy later weer sou terugkom,
sou niks meer dieselfde wees nie: "Die Grootskool sal hom verander, hy sal
nie meer dieselfde wees as hy terugkom nie"(71).
Tog wen hy deur ontwikkeling ook. Hy was eers opstandig omdat sy pa
hom en Maja mishandel het as hy dronk is, maar terwyl hy by Maja in die
hospitaal waak, besef hy: "... sy opstand teen hulle pa is weg. Hy is ook nie
meer bang vir hom nie"(67). En hy vind vrede in sy begrip: "as jy kos het.
99
het jy nie veel meer nodig nie''(72).
Medekarakters word vlak en vaag geteken; tog kry Maja en Oupie lewe.
Maja oortuig as sieklike negejarige meisietjie wat van Rupert afhanklik is en
ook vir hom simpatie en begrip gee. Van Oupie dink Rupert: "Hy lyk na
tagtig. Na honderd. Maar hy is nog nie eens agtien nie"(1). Êrens vandaan
het Oupie geld geërf wat hy saam met die geld wat die orkes kry, wil gebruik
om 'n bouvallige huis te koop. Hy word uit die murasie gegooi waar hy
gebly het as dié gesloop word, dus het hy kennelik geen familie nie en sorg
maar vir homself. Ten spyte van siekte wat hom plattrek sodat die ander vir
hom moet sorg, oorleef hy. Selfs meer as die ander word Oupie 'n
voorbeeld van uithou-en-aanhou, waaruit mense in die V'lei se lewens be-
staan.
Perspektief is veral dié van Rupert, hoewel die leser die indruk kry dat 'n
toeskouer altyd teenwoordig is en 'n bietjie van bo waarneem. Soms ver-
skuif fokalisasie na een van die ander karakters, en die toeskouer tree
heeltemal openlik op by Maja se dood: "Hy kom nie agter dat die monitor
verstil en dat haar hand slap en leweloos word nie"(67). As net Rupert
dwarsdeur as fokaliseerder opgetree het, sou dit 'n sterker en suiwerder im-
pak gehad het.
Taalgebruik is deurgaans korrek en baie sober, en in dié sin 'betrokke' dat 'n
leser dwarsdeur met belangstelling die verhaal volg.
As sodanig is daar min sprake van 'n gebeuregang. Episodes tydens Rupert
se laaste weke in die V'lei word gebeeld; daar is nie 'n snelle tempo of dwin-
gende intrige nie. Motiewe bind die verhaal tot eenheid: Oupie wat die
laaste geld moet bymekaarkry om 'n huis te koop; Maja wat swakker word,
later 'n hartoperasie ondergaan en sterf; Rupert wat wil Grootskool toe
gaan, daarteen besluit om liewer vir Maja te sorg en uiteindelik tóg gaan as
sy sussie dood is.
Hoewel nooit gemeld word dat die karakters Kleurlinge is nie, lei die leser dit
onvermydelik af uit hul name en veral die ontstellende omstandighede van
armoede en uiterste verwaarlosing. Indirek word die verhaal 'n seer aanklag
teen 'n landsbestel wat sulke dinge toelaat.
Die boek is aangewys as naaswenner in 1985 se Sanlamprys vir
Jeuglektuur, 'n toekenning wat hy verdien.
Maretha Maartens: Die sakmense. Tafelberg, 1986.
Hierdie verhaal, wenner van die Sanlamprys in 1985, speel in Bloemfontein
af, en in Onverwacht, 'n Swart woonbuurt buite Bloemfontein. Veral die at-
mosfeer van laasgenoemde word met insig en meelewing oorgedra. Die tyd
is somer, net voor die Desembervakansie terwyl leerlinge hul eindeksamensskryf.
Dis eintlik 'n dubbelloopverhaal, met duidelike ooreenkomste op dieper
vlak. Enersyds belewe Thea haar verlies van 'n oorgeplante nier, met
100
f
gevolglike noodwendige gebruik van 'n dialisesak; andersyds ervaar Miriam
haar gesin se armoedige omstandighede en haar ma se werk as verkoopster
van vrugte en vis onder 'n sakafskorting. Heel verskillende sakke is dus ter
sprake, met die raakpunt daarin dat elke dogter dit probeer wen: een deur
die voorneme om bo die sak-omstandighede uit te styg, die ander deur so
natuurlik moontlik met haar lewe voort te gaan.
Albei karakters leef met leuens saam: die dertienjarige Thea erken nie
teenoor haar ouers dat sy haar pilinname gestaak het en dáárom ernstig siek
word en 'n dialisesak sal moet gebruik vir die res van haar lewe nie — sy laat
toe dat haar ma haar oupa van nalatigheid beskuldig. Die veertienjarige
Miriam verkry werk onder die voorwendsel dat sy al mondig is, en 'n keer
steel sy blikkieskos omdat haar gesin honger ly. Albei erken in 'n
krisisoomblik die leuens, en uit dié belydenis kom versoening en die vooruit-
sig op verbeterde lewensomstandighede. 'n Teenstelling is dat Thea 'n
mooi verhouding met die seun Francois het, terwyl Miriam die bullebak Tauwat by haar probeer aanlê, verafsku.
Die aanbieding is oorspronklik en word met kennis en insig gehanteer. Dis
aanvaarbaar dat Miriam deurgaans voorgestel word as sou sy Afrikaans
praat — ook tuis en by haar maats — maar dat dit net so vóórgestel word en
nie wesenlik die geval is nie, kon tog aangedui gewees het. 'n Sothowoordhier en daar, 'n tipiese Sothomanier van sien en uitdruk sou die verhaal ten
goede gekom het.
Korrekte en selfs lewendige en byderwetse tienertaal word gebruik — maarvolwassenes se dialoog is hier en daar te boekerig, soos as Oupa sê: "Jyhoor mos sy stem tussen al die ander uitbundige kwettergeluide deur, die
lae, besadigde gekoer wat vir Oupa soos 'n altviool in die voëlorkes
klink"(32).
Deurgaans word óf Thea óf Miriam se perspektief aangetref. Deur herinne-
ringe word die verlede in die hede ingetrek en dit speel 'n belangrike rol by
elk se optrede. In gedagtepraat word soms van derde na eerste persoon
oorgeskakel, iets waarvoor die skryfster lief is in haar jeugwerke, en dit
slaag goed.
Thea, met wie se belewing die verhaal begin en eindig (hoewel die perspek-
tief aan die slot darem gevaarlik oorkantel na dié van Francois) is die
hoofkarakter. Miriam is egter feitlik net so belangrik. Sy en Thea beïnvloed
mekaar se handelinge en dis moontlik om met Miriam ook te identifiseer.
Van die medekarakters is Oupa die duidelikste geteken; ander is vlak en
selfs té plat, soos Thea se pa.
Deur hierdie verhaal word ons jeugliteratuur bevredigend aangevul.
Pieter Pieterse: Dag van die reuse. HAUM, 1985.
Aangesien die twee karakters wat in die fokus staan in dié boek sowat
101
twaalf is, kan sowel ouer kinders as jonger tieners verryk word daardeur.
Die verhaal herinner onwillekeurig aan De kinderkaravaan van An Rutgers
van der Loeff: in laasgenoemde handel dit om 'n uitmergelende tog wat 'n
oaar kinders in Amerika se pionierstyd deur die berge aanpak; hier moettwee kinders die oorlogsomstandighede in Mosambiek oorleef.
Die skrywer gee blyke van deeglike kennis van die oorloggetelsterde
Mosambiek van die laat sewentigerjare en skep 'n ontstellende beeld van
verwoesting, lyding en dood waarvan twee kinders die onskuldige slag-
offers word. Albei is wees gelaat deur omstandighede. Marié-Elena ontsnap
uit 'n bus wat deur 'n landmyn verwoes word en kom op 'n swerftog op
soek na kos by Jaoa uit wat in 'n huisie op sy vermoorde pa wag. Later
moet hulle verder vlug as die huisie deur soldate vernietig word; steeds
moet hulle wegkruip vir die soldate onder leiding van die Nagduiwel. Dis
Jaoa, gewoond aan ontberings, wat kos moet vind: eers oorblyfsels van
verdroogde groente, later vleis van 'n olifant wat 'n landmyn afgetrap het en
kleiner diere wat met 'n mes doodqemaak word of in Jaoa se strikke beland
het.
Die verhouding tussen die kinders word oortuigend gebeeld. Daar is ruheid
as elk veg om aan die lewe te bly, maar ook 'n groeiende gevoel van ver-
bondenheid sodat dit 'n gesamentlike worsteling en oorwinning word.
Jaoa as hoofkarakter is die seun op wie die fokus meestal gerig word,
hoewel ook Elena se handelinge soms gevolg word as hulle nie bymekaar is
nie. Werklike direkte belewer word hy nie: die leser bly bewus van 'n
volwasse alwetende verteller wat neerkyk en beskryf. Só kan 'n wyer blik op
gebeure verkry word, maar 'n meer begrensde fokalisasie sou tog 'n veel in-
tenser impak kon gehad het. Die heel laaste kort hoofstuk waar distan-
siërend deur die verteller waargeneem word, slaag egter baie goed.
Deur die verhaal ontwikkel die seun as gevolg van die verskriklike omstan-
dighede en sy verantwoordelikheid teenoor die verhongerde meisietjie. Eers
wil hy nie 'n vinkie doodmaak sodat hulle iets te ete kan hê nie; later aarsel
hy nie om uilskuikens te dood nie. Hy dring eers daarop aan om op sy
kleinkindnaam aangespreek te word — Jonjon — al lag Elena hom uit. Teen
die slot sê hy: "My naam is nie Jonjon nie. Ek is Jaoa"(85).
Die natuur speel 'n belangrike rol in die verhaal. Steeds is daar die gevaar
van slange, luiperds en leeus, en 'n bewustheid van dassies en likkewane
wat as kos gebruik kan word. Olifante is ook potensieel gevaarlik, maarJaoa voel 'n verbondenheid aan veral Nghwazi, die leier van die trop wat in
'n landmynontploffing gewond word: "Die oorlog het alles gevat. Nghwaziis al wat hy uit die verlede oorgehou het om aan vas te klou"(67). Hy help
die olifant om weer op die been te kom en weier om hom aan sy lot oor te
laat. As die olifant hom oplaas leer vertrou as voorsiener van water, kan hy
hulle oor die grens na veiligheid volg.
Dat die Nagduiwel en van sy volgelinge hierdie tog na Suid-Afrika bemerken tog uit respek nie skiet nie, maar "hulle masjiengewere in 'n formele
102
saluut voor hulle''(88) hou, is aangrypend. Dit lei na die veelseggende slot-
sin van die verhaal: "Dit is die dag van die reuse"(88): nie net die olifante is
uiteindelik reuse nie, maar ook, of veral, die kinders wat helde geword het.
Die verhaal word chronologies vertel, soms met oorskakeling na die olifante
wat deur die verteller in die fokus geplaas word. Dit bring afwisseling, maarversteur tog in 'n mate die strak, realistiese gang.
Taalgebruik het 'n dwingende gang en neig nooit na melodrama nie. 'n
Liedjie wat Jaoa eers altyd alleen sing om onsekerheid of 'n verlange na
geborgenheid uit te druk, word in die slot saggies deur hom én Elena ge-
sing: dit vorm 'n bindende klein motief deur die werk. Die taal is goed ver-
sorg; net een keer word inmekaar geskryf as een in plaas van twee woorde
(p. 61).
Die sinlose wreedheid en vernietiging van oorlog word deur hierdie jeug-
verhaal onvergeetlik onder woorde gebring.
Elsabe Steenberg
103
Nuwe Afrikaanse Boeke: Oktober — Desember 1985
Opgestel deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, Musieken Toneel (NALN), Privaatsak X20543, Bloemfontein 9300.
RomansBIERMAN, Ettie. Paul of Paula. Van der Walt. R6,50
BREYTENBACH, Breyten. Boek. Taurus.
BRIDGES, Bel. Liewe Laura. Daan Retief. R7,31
BRITS, Jac J. 'n Vreemdeling in ons midde. HEtR. R10,95
BROWN, Tinus. Die een se dood. Van der Walt. R6,50
COMBRINK, Dawie. Stil getuies. Van der Walt. R6,50
DE VILLIERS, Herna. Leon se liefde. Klub Dagbreek. R6,50
DU PISANIE, Sarah. Die rooi duiwel van Rotskloof. Van der Walt. R6,50— Die woestynplantjie. President. R6,50
DU PLESSIS, Hannah. En toe kom die lente. Van der Walt. R6,50
DU PLESSIS, Hans. Grensgeval. Sagtebanduitgawe. HEtR. R12,95
GRIESSEL, Nita. Die lang pad na Gannabosvlakte. Van der Walt. R6,50
HENDRIKS, P.G. Kringe van die draaigras. Perskor.
LAMPRECHT, I.D. Die gyselaars. HAUM. R7,95
LINDE, Engela. Talmende tuiskoms. Daan Retief. R6,95
McCALLAGHAN, Marilee. Soveeldrome. Perskor. R6,50
MALAN, Venessa. Mallemeule. Klub Saffier. R6,50
MAREE, Naomi. Die donkerman. Daan Retief. R6,95
MARITZ, Empie. Deur die oog van 'n naald. Klub Dagbreek. R6,50
MARTIN, Wille. Sjampanje-kavalier. Van der Walt. R6,50
MARX, Chris. Godin van die see. Klub Saffier. R6,50
MORGAN, Annelize. Geliefde banneling. Treffer-Boekklub. R6,50
MURRAY, Ena. Die dae van ons nietigheid. Waterkant. R10,60— En die verlange bly. Tafelberg. R12,50— Die man met die geel oë. H&R. R 11,95
PIETERSE, Annemarie J. Nag van die jakkals. Van der Walt. R6,50
PRETORIUS, André. Die man met die pampoenkleurige skoene. Klub 707. R6,50
PRINSLOO, Mara. Soos 'n lelie. Van der Walt. R6,50
SNYMAN, Adriaan. Die laaste vrees. H&R. R19,95
STEYN, J.C. Die verlore vader. Tafelberg. R18,50
STRYDOM, M. Een keer in 'n leeftyd. Klub Saffier. R6,50
VAN DER WESTHUIZEN, Vincent. Bloed van die bitterbos. Educum.— Die blou angelier. Educum.VAN NIEUWENHUIZEN, Jackie. Bloubaai. Van der Walt. R6,50
VAN WYK, Schalkie. Legende van die liefde. Van der Walt. R6,50
VAN ZIJL, Anneke. Nuutgevonden. Van der Walt. R6,50
VENTER, Paul C. Vuur in Eden. Folio. R4,95
VERMEULEN, Renette. Twee harte vir 'n dobbelspel. Klub Saffier. R6,50
VILJOEN, Rachie. Onrustig dreun die branders. President. R6,50
Kortverhale, essays, briewe, ens.
BARNARD, Chris. So onder deur die maan. Tafelberg. R11,50
BOTHA, M.C. Bome van kennis en ander verhale. H&R. R11,95
KOTZÉ, Susan. Uit die newels van die tyd. NGKB. R8,75
MITTNER, Esme. Tuin met die muurom. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R12,50
PHILLIPS, Fransi. Sewe-en-sewentig stories oor 'n clown. Sagtebanduitgawe. HAUM Literêr.
ROODT, Dan. Twee sinne. Stetboek.
104
STEYN, G. Madder. Ou alleenstaanboom. Sagtebanduitgawe. Lux Verbi. R6,50
DramasFOURIE, Corlia. Leuens. HEtR. R10,95
Poësie
EYBERS, Elisabeth. Dryfsand. H&R. R10,95
HAMBIDGE. Joan Hartskrif. Sagtebanduitgawe. H&R. R14.95
KROG, Antjie. Jerusalemgangers. H&R. R12,95
MULLER, S.F. Ritmes. S.F. Muller.
VAN HEERDEN, Ernst. Die swart skip. Tafelberg. R16,50
Letterkundige studies en kritieke
COLLEGE OF CAREERS. Aantekeninge oor Halfkrone vir die nagmaal. College
of Careers. R3,50
— Aantekeninge oor Pylvak. College of Careers. R3,50
MINNAAR. E. Vraag en antwoord. Dl 1-4. S.E. Minnaar. R3,
MULDER, H. A. Twee wêrelde: opstelle oor Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. R2,
VAN ZYL, Wium. Digters en digkuns: 'n studiegids. Sagtebanduitgawe. Perskor.
Kinder- en jeugverhale
BADENHORST, C.S. Eerste afspraak. Van der Walt. R7,
BARRIE, Stella. Die sterre voorspel. Juventus. R7,
BEKKER, Johann. Die aand van Johnnie X. Perskor. R7,
COETZEE, Frans. Rikus en die ding met die Dukse. De Jager-HAUM.DU PLESSIS, Lindsay. Seeduiker. Daan Retief. R6,
ENGELBRECHT, Theunis. Kinders van die Kierangsee. Daan Retief. R5,
GROVÉ, Henriette. Die verlore skoentjie. Daan Retief.
IMMELMAN, Doc. Die soektog. De Jager-HAUM.JANSEN, Amelia. Droomlandstories. H&R.JONKER, Anna en HONEYMAN, Keith. Somer van die stormvoël. R8,
KOCK, Johan. Die besetting van Laerskool Maroela. De Jager-HAUM.MARAIS, Annalou. Drama in die wildtuin. Sagtebanduitgawe. Fonteine.
NEETHLING, Judith. Rapula seun van die reën. HGKB. R8,
NiGHTINGALE, Berne. Dom Dienie Heks. Daan Retief. R6,
PIETERSE, Emily. Die spookboot van Omdraai Verby. De Jager-HAUM.PIETERSE, Pieter. Dag van die reuse. HAUM. R9,
PIETERSE, Rian. Die goue gans en ander verhale. MSCU. R4,
— Ses reis deur die wêreld en ander verhale. MSCU. R4,
PRINSLOO, Louise. Lizette en die tandmuis. Waterkant.
RINA. Vinkel en koljander en ander verhale. R. Repsold.
SCHULER, Rena. Miskien was dit Marnelle. H&R. R8,95
STEENBERG, Elsabe. Eendag die blou voël. HAUM. R9,95STEYN, Esta. Projek maanblom. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,95
VAN BLERK, H.S. Die edelvalk van Donkerkruin. Juventus. R8,95
VAN NIEKERK, Dolf. Die haasvanger. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,50
VENTER, De Waal. Hoeveel tone het 'n bobbejaan? H&R. R8,95
Vertaalde kinder- en jeugverhale
BELGRADE, Martin. Balthazar die wolf; vertaal deur H.J.M. Retief. Daan Retief. R6,50
BRUMFIELD, J.C. Die hand van God; vertaal deur Annalou Marais. Sagteband-
uitgawe. Fonteine.
— Kole van vuur; vertaal deur Annalou Marais. Sagtebanduitgawe. Fonteine.
— Susan se keuse; vertaal deur Annalou Marais. Sagtebanduitgawe. Fonteine.
105
g
UICnOON)
CJl
CX)COCDCDCO
uno
ooocji
o
o)-*cjicjicn
oo
BURNINGHAM, John. Mnr. Manierse motor. H&R. R13,95
CARLE, Eric. Die ruspe watso hongerwas; vertaal deur Freda Linde. H&R. R11,95
COLLINS, Joan. Die towenaar van Oz; vertaal deur Marianne Peacock. MaskewMiller Longman.
DALY, Niki. Ben se gemmerkoekmannetjie; vertaal deur Anna Kleynhans. H&R. R5,95
— Monsters maak maar so; vertaal deur Anna Kleynhans. H&R. R5,95
— Teddie se oor; vertaal deur Anna Kleynhans. H&R. R5,95
DISNEY, Walt. Walt Disney se storie van Bambi die takbok; vertaal deur Lianda
de Necker. Sagtebanduitgawe. H&R. R1,99
— Walt Disney se storie van die oerwoudboek; vertaal deur Lianda de Necker.
Sagtebanduitgawe. H&R. R1,99
— Walt Disney se storie van Pinocchio; vertaal deur Lianda de Necker. Sagteband-
uitgawe. H&R. R1,99
— Walt Disney se storie van Sneeuwitjie; vertaal deur Lianda de Necker. Sagteband-
uitgawe. H&R. R1,99
GANTSCHEV, Ivan. Vlug van die ooievaars; vertaal deur H.J.M. Retief.
HUGHES, Shirley. Badwater is warm; vertaal deur Erne Potgieter. H&R. R5,95— Eendag in die park; vertaal deur Erne Potgieter. H&R. R5,95— Geluide'; vertaal deur Erne Potgieter. H&R. R5,95
LIGUORI-REYNOLDS, Rosalie. Die heks van Berg Matjhatjhe; vertaal deur P.D. Swart.
Educum.— Mmutlanyana en die pampoen; vertaal deur P.D. Swart. Educum.
NILSSON, Ulf. Die voorbarige kraai; vertaal deur Nerina Ferreira. H&R. R13,95
PEET, Bill. Yslike Awie; Afrikaanse beryming deur Pieter W. Grobbelaar. H&R. R 13,95
SOUTHGATE, Vera. Die groot pannekoek; vertaal deur Marianne Peacock. MaskewMiller Longman.
ST'OVICEK, Vratislav. Stories vir elke aand; vertaal deur Trudie Kettley.
Centaur. R9,99
TURNER, Susan. Verdwaal op see; vertaal deur H.S. Coetsee. Daan Retief. R5,86
Studies oor afsonderlike skrywersLOTTER, Joan. Jochem van Bruggen. (Tienertake) Daan Retief. R1,25
TaalkundeGELDENHUYS, J.D.U. Finansiële woordeboek Engels-Afrikaans. Macmillan. R14,95
VAN EEDEN, Mike. Op die spoor van onstaal. Daan Retief. R4,31
Ander werke van belang
SMIT, Thariza. P.J. Nienaber: kurator van ons erfenis. Folio. R22,95
HeruitgawesBLIGNAULT, Audrey. Nogtans sal ek jubel. Sagtebanduitgawe. Tafelberg.
BOUWER, Alba. Nuwe stories van Rivierplaas. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R8,50
DU PLESSIS, Christine. Die Roulaerts van Driekloof. Grootdrukuitgawe. Makro. R15,95
DU PLESSIS, Hans. Sintaksis. 2de uitgawe. Academica. R10,95
DU PLESSIS, P.G. Plaston: DNS-kind: Fantasie rondom 'n onmoontlike
moontlikheid. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,50
DU TOIT, Tryna. Die goue gerf. Grootdrukuitgawe. Daan Retief. R13,31
GRIESSEL, Nita. Die liefde van Tallie. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
HENNING, Nan. Geliefde rabbedoe. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
HUGO, Daniel. Saad uit die septer. D. Hugo. R5,50
KIELBLOCK, Karl. Onrus op Rusdal. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R8,95— Die vreemdeling. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,95
106
LINGUA, Susanna M. Kaalbult se erfgenaam. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50— 'n Liefde soos Maryke s'n. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
MARTIN, Earl. Die skat van Lobengula. Daan Retief.
MARTIN, Wille. Baron Buksie. Sagtebanduitgawe. Perskor.
MIKRO. Kaptein Gereke. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,95
MURRAY, Ena. Heerser van die Quinta. Grootdrukuitgawe. Makro. R 16,50
NAUDÉ, Eugene. Uit die stilte. 2de uitgawe. Perskor Klubs. R6,50
NORTJE, P.H. Aan die sonkant: 12sketse. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R8,50
PEET, Bill. Die wolhaarstorie van Hubert die leeu. 2de uitgawe. H&R. R13,95
PHEIFFER, R.H., samest. Woordpaljas: bloemlesing Afrikaanse gedigte. 3de hersiene
uitgawe. Academica.
PIETERSE, Pieter. Nag van dietarentale. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R7,50— Ou Kanniedood kom huistoe. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R8,50
ROUX, Sophie. Huiwerende vlam. 2de uitgawe. Perskor Klubs. R6,50
SASSEN, Petra. Die dodelike harlekyn. Daan Retief. R6,95
SPENCE, Ela. Die nagtegaal sing. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
STEYN, Christa. Waar maroelas fluister. 2de uitgawe. Perskor Klubs. R6,50
SWART, Lize. Liefde soos klitsgras. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
VAN DEN BERGH, Kas. Nuweseun op Overvaal. Sagtebanduitgawe. Perskor. R7,95
VAN DER MESCHT, Ella. Wingerdnes. 2de uitgawe. Van der Walt. R8,50
VAN HEERDEN, Etienne. Matoli. Sagtebanduitgawe. Perskor. R7,95
VAN ROOYEN, Engela. Janie in Akkerhof. Sagtebanduitgawe. Perskor.
VAN WYK, At. Stampie. 2de uitgawe. H&R.VAN WYK, Schalkie. Vicky die speurder. Sagtebanduitgawe. Perskor.
VENTER, F.A. Gelofteland. Sagtebanduitgawe. Tafelberg. R12,50
107
Voorgeskrewe boeke vir Matriek
Inhoud
Gebed in Clarendon
(Dirk Richard)
Die wilde loot
(Elise Muller)
Die son struikel
(Dolf van Niekerk)
Hoogtepunte in die Afrikaanse ver-
haalkuns (Byeengebring deur
A.P. Grové). Bespreking van:
Leuens (C.M. van den Heever),
Oom Karel neem sy geweer saam(J. van Melle), Gee my 'n bod vir die
eseltjie (Eitemal), Kinders in die
skemer (Elise Muller), Ek het jou ge-
maak (Jan Rabie), Bos (Chris Bar-
nard).
la van Zyl
(Die Windhoekse Onderwys-kollege 109
Peet van der Merwe(Universiteit van die Noorde) 116
Martie Muller
(Pretoria) 128
M.J. Prins
(Universiteit van Fort Hare) 136
108
la van Zyl
Gebed in Clarendon (Dirk Richard)
1. Inleíding
Ek het in 'n vorige artikel daarop gewys dat die eenbedryf 'n gekonsentreerdedramavorm is waarin daar toespitsing op 'n enkele situasie is. Daar is geen
toneelwisseling nie, d.w.s. daar word ook wat plek (ruimte) betref, opdieselfde lokaliteit gekonsentreer. Ook die struktuurelement tyd word op
hierdie wyse gebruik, d.w.s. die handeling vind verkieslik plaas binne die
bestek van 'n dag, of hoogstens 'n paar dae. Personasies word nie volledig
ontgin nie, maar daar word gekonsentreer op die karaktertrek, lewenskrisis
of moment van karakterontwikkeling waarop die kollig in die bepaalde een-
bedryf val.
In hierdie eenbedryf is die hele ontwikkeling afgespits op 'n enkete situasie
wat reeds in die titel aangedui word. Die woorde "Gebed in Clarendon"
dien as matriks (of patroon) vir alles wat in hierdie eenbedryf gebeur.
Clarendon is 'n voorstad van Johannesburg waar materialisme, d.w.s. die
sug na geld en 'n weelderige leefwyse, oorheers. Daar is in hierdie ruimte
geen plek vir iets so eenvoudig en opreg soos die gebed van 'n oumens nie.
Tog word hierdie twee dinge reeds in die titel teenoor mekaar gestel. Die
titel wys dus reeds vooruit na 'n bepaalde spanning en gepaardgaande
konflik wat in die eenbedryf gaan ontwikkel. Daar is ook 'n tragikomiese
teenstrydigheid, wat op ironie dui, in die titel aanwesig.
Ek sal vervolgens probeer aandui hoe die dinge wat deur die titel in die
vooruitsig gestel word, in die handeling voltrek word.
2. Ironie
2.1 Definisie
Soos reeds aangedui, is daar reeds ironie aanwesig in die titel van die
eenbedryf. Die ironie speel 'n belangrike rol dwarsdeur die eenbedryf. Dit is
dus nodig om meer hieromtrent te sê, en allereers moet dit duidelik gestel
word presies wat met die woord bedoel word. Die woord ironie worddikwels los en vas gebruik sodat dit nie heeltemal duidelik is wat die spreker
presies daarmee bedoel nie. Die Verklarende handwoordeboek van die
Afrikaanse taa! gee die volgende definisie van ironie: "1. Woordgebruikwaardeur 'n mens die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel; ook, stylfiguur
waarin woorde op so 'n wyse gebruik word: Bittere, honende, skrynende
ironie. Die ironie spot deur te prys. As ironie in bytende spot oors/aan, worddit sarkasme. 2. Omstandighede of stand van sake wat presies die teenoor-
gestelde is van wat 'n mens kon verwag het: Die ironie van die noodlof'
(Odendal e.a. 1981: 480).
Dit sou 'n baie uitgebreide argument verg om aan te toon waarom hierdie
109
definisie as onbevredigend beskou moet word. Ek wil bloot 'n alternatiewe
definisie voorstel, wat m.i. die wese van die ironie beter uitlig en wat dit
duidelik onderskei van bv. sarkasme of blote spot. 'n Mens moet onderskei
tussen twee verskyningsvorme van die ironie wat ek respektiewelik die
primêre en die sekondêre ironie wil noem. Die primêre ironie is 'n geestes-
houding wat gedefinieer kan word as die evaluerende, enigsins skeptiese,
maar tog versoenende en aanvaardende reaksie van die gevoelige mens opdie waarneming van menslike beperktheid, en van die onoplosbare, meesal
tragikomiese lewensteenstrydighede. ^
Daar kan dus primêre ironie wees in die wyse waarop die abstrakte skrywer
(d.w.s. die skrywer wat die hele eenbedryf beplan en op skrif stel) die
gebeurtenisse waaroor hy skryf, waarneem en evalueer.
Sekondêre ironie is die vorm waarin hierdie geesteshouding van die
abstrakte skrywer op skrif gestalte kry. Dit lê m.a.w. opgesluit in die
woorde waarmee die eenbedryf geskryf is. Die ironie wil 'n mens terselfder-
tyd laat huil en lag, en dit is presies wat in hierdie eenbedryf gebeur.
2.2 Ironie in Gebed in CiarendonDie skrywer se ironiese kyk op sake kom tot uiting in die manier waarop hy
die lotgevalle van sy hoofpersonasie, Wynand Malherbe, uitbeeld. 'n Menskan terselfdertyd lag en huil oor die manier waarop Wynand sy verlede pro-
beer ontvlug en tog eindelik gedwing word om uit vrye wil daarheen terug
te keer. Die tipiese teenstrydigheid van die ironie is geleë in die feit dat die
dinge waaraan hy aanvanklik probeer ontvlug — die armoedige lewe van sy
Bolandse kinderdae waarvan o.m. droë brood en snoekmootjies vir homsimbolies geword het — eindelik die dinge is waarheen hy hom wend as dit
blyk dat sy koorsagtige soektog na wêreldse geluk tot sy ondergang gaan
lei.
Ek sal vervolgens ondersoek hoe hierdie ironiese geesteshouding in die
eenbedryf self vergestalt word.
2.2.1 Eksposisie
Reeds in die eksposisie is ironie teenwoordig. Die leser/toneelganger komagter dat Wynand se vrou, René, 'n maaltyd voorberei en gaste genooi het
om Wynand se verjaardag te vier, terwyl Wynand, wat eintlik op hierdie
besondere aand baie gelukkig behoort te wees, allermins lus voel vir
geselskap. Daar is ook ironie in die diatoog in hierdie fase. Wanneer Renéagterkom dat daar iets met Wynand skort, sê sy: "Maar wat makeer jou? Jylyk so ... of jy agtervolg word" (p. 48).^ Sy is in hierdie stadium nie bewusdaarvan dat Wynand wel agtervolg word nie, 'n agtervolging wat gaan
uitloop op sy inhegtenisneming later die aand. Hierdie ironie word voort-
gesit in die daaropvolgende stukkie dialoog:
Wynand (bars). Agtervolg! Wat laat jou dit sê?
René. Maardis sommer netgesê. Ek kon netsowel gesê hetjy lykofjyskul-
110
dig is.
Wynand (hewiger). Skuldig! Hemel, René, jy verbeter met elke probeer-
slag. Lyk ek nie miskien na iemand wat agter tralies hoort nie!” (p. 48).
Wynand se woorde, wat hier uitgespreek word asof hulle nie die waarheid is
nie — d.w.s. hy suggereer dat René belaglik is om sulke dinge te sê — blyk
ten slotte die onontkombare waarheid te wees.
2.2.2 OntwikkelingDie ironie word voortgesit in die ontwikkelingsfase, wat ingelui word deur
die motoriese moment, d.w.s. die oomblik waarop die handeling begin ont-
wikkel. Hierdie moment val in Gebed in C/arendon saam met René se besef
dat daar wel iets ernstigs met Wynand skort en met Wynand se daaropvol-
gende gebaar wat in die drama só verwoord word:
René (met afgemete woorde). Dan skort daar wel iets. lets ernstigs. (Sy
wag dat hy moet antwoord. /-/y /y/< eers onse/<er, gryp dan die /<oerant en
dru/< dit in haar hande, met 'n heftige gebaar.) (p. 48).
Ontwikkeling en eksposisie loop hier hand aan hand deurdat die leser/
toneelganger nuwe inligting ontvang (omtrent Wynand se saketransaksies),
terwyl René al duideliker begin besef wat werklik aan die gang is. Daar is
ook steeds ironie opgesluit in die wyse waarop sy, ná elke nuwe stukkie in-
ligting wat Wynand haar meedeel, tog nog bly glo dat dinge nog kan
regkom. Wanneer sy bv. hoor dat die firma Bethlehems, waarin Wynand 'n
groot bedrag geld gesteek het, onder geregtelike bestuur geplaas gaan
word, stel sy voor dat hulle hul huis verkoop om die skuld te delg. Sy is ookseker dat haar ma se geld en Rietspruit se volgende oes die res van die pro-
bleem sal oplos.
Uit René se verdere verwysing na 'n voorbladberig in die dag se koerant,
blyk nog 'n stukkie ironie. Op dieselfde blad waarop die berig oor
Bethlehems se haglike finansiële posisie verskyn, is daar terselfdertyd 'n
berig waarin die volgende eksposisionele inligting verskaf word: ''Die Af-
delingsbestuur van Johannesburg-Oos het gisteraand eenparig besluit ommeneer Wynand Malherbe, L.P.R., bekende prokureur en direkteur van
maatskappye, as sy kandidaat te benoem in die komende tussenverkiesing.
Meneer Malherbe behoort min moeite te ondervind om binnekort tot
Volksraadslid verkies te word'' (p. 50).
Dit is 'n tragikomiese situasie waaroor 'n mens terselfdertyd kan huil én lag.
Terwyl sy kiesers volle vertroue in hom laat blyk het en almal verwag dat hy
binnekort die kruin van sy loopbaan gaan bereik, weet Wynand dat hy in-
tussen besig was om mense wat hom vertrou het, te bedrieg en dat hy
moontlik binnekort in die tronk gaan beland, d.w.s. dat sy loopbaan as
openbare figuur finaal daarmee heen is. Die abstrakte skrywer dra sy
ironiese siening van hierdie situasie aan die leser/toneelganger oor.
In die daaropvolgende gedeelte van die ontwikkelingsfase word nog meereksposisionele inligting verskaf wat ook weer die ironie na vore laat kom.
111
Dit blyk dat René baie haastig was om haar eenvoudige skoonma te laat
kennis maak met haar eie geleerde en gesofistikeerde ouers. Hierdie effense
vertonerigheid is nou egter ironies ondergrawe deur die dinge wat met Wy-nand gebeur het. Terwyl René van plan was om met haar eie ouers te spog,
word sy nou verneder deur die beskamende gedrag van haar man.Die abstrakte skrywer se ironiese siening van sake blyk uit sy verdere han-
tering van hierdie fase van die eenbedryf. Uit die dialoog blyk dat Wynandsy ma probeer beskerm teen die moontlike snobisme van sy skoonouers
omdat hy heimlik meen dat sy te eenvoudig is vir hulle. 'n Mens kry die idee
dat hy hom selfs 'n bietjie vir haar skaam uit die manier waarop hy laat blyk
dat hy nie juis geesdriftig is oor die gedagte dat sy met sy skoonouers moetkennis maak nie. Hy sê: "Clarendon sal nie maklik Ma se deel van die Pêrel
begryp nie. Vanaand se ete sal nie maklik vir haar wees nie. Sy praat oor
hoe maer vanjaar se snoek is, van die korrelkonfyt wat sy moet kook.
Clarendon praat 'n ander taal" (p. 50).
Daar lê 'n ironiese teenstrydigheid opgesluit in die manier waarop Wynanden René onderskeidelik die frase "Clarendon se taal" gebruik. Wynand ver-
wys daarna as iets meerderwaardigs, terwyl René smalend daarvan praat.
Sy verwys na die koerantberig oor Bethlehems wanneer sy sê: "Clarendon
sal vanaand baie hê om oor te praat, 'n taal wat hy goed ken" (p. 51). Sysuggereer dat Clarendon se snobs na hartelus hul medemens sal kan be-
skinder.
Daar lê ook ironie opgesluit in die wyse waarop Wynand in die volgende
stukkie dialoog sy kinders wil beskerm teen kennis van dit wat eintlik die
goeie in hom as mens verteenwoordig — sy eenvoudige kinderdae — terwyl
die eintlike ding waarteen hulle beskerm behoort te word — die kennis van
hul vader se bedrog — hier onvermeld bly. So klink sy versugting dat sy
twee dogters sy eie jongdae gespaar moet bly: "My twee dogters! Nee,
hulle moet dit gespaar bly: my jongdae nooit vir hulle nie ... Armoedel Ar-
moedel (Sy gesig vertrek.) Ek haat armoede ... 'n platdakhuisie langs die
Bergrivier ... stringe rooi polonies ... varkvet en droë brood ... snoekmoot-
jies op 'n pompstofie. Oe!" (p. 51). Die slotwoord som Wynand se totale
misnoeë met hierdie soort leefwyse op.
Uit René se daaropvolgende opmerking blyk eweneens ironie. Sy wat in
Clarendon grootgeword het, is die een wat Wynand moet betig oor sy sie-
ning van sy armoedige kinderdae, waarin sy tog baie vermoed wat mooi is,
soos blyk uit haar vraag: "Kan 'n suikerbos nie eers meer vir jou mooi weesnie?" (p. 51).
Lena (Wynand se moeder) se verskyning voer die handeling in die ont-
wikkelingsfase nog 'n stap verder. Haar rok van swart "moss crêpe" metdie gekartelde kantkragie (vgl. die neweteks op p. 51) stempel haar onmid-dellik as outyds en eenvoudig. Die leser/toneelganger vermoed onmiddellik
dat daar 'n mate van konflik — al is dit dan geen uiterlike konflik nie — gaan
wees tussen die eenvoudige ou vrou en die waardes wat deur René se ouers
112
gehuldig word, en 'n mens verwag dat Lena verneder gaan word. Die
gedeelte van die dialoog waarin die abstrakte skrywer haar aan die
leser/toneelganger voorstel, versterk hierdie vermoede. Haar woorde
stempel haar as iemand met 'n effens plat uitspraak, 'n opregte, maar iet-
wat naïewe kyk op sake en iemand wat haar plesier vind in die klein, een-
voudige dingetjies van elke dag — dingetjies waarop die snobs van Claren-
don waarskynlik sal neersien. Dit blyk veral uit 'n stukkie dialoog soos die
volgende:
Lena. Jy wiet, Wynandjie, as jy nou by die huis was, het Ma vir jou lekker
waterskilpad-pastei gemaak. Oom Sankie-hulle het net voor ek Onner-
veld toe gekom het, by die Dal gaan waterskilpad-trek, en met 'n streep-
sak vol teruggekom. Dit was knewels-van-'n-goed.
Wynand. Ek onthou, ja. (Meer teenoor homself.) Maar gelukkig het ek baie
van my Bolandse smaak verloor" (p. 52).
Die feit dat Lena nie haar skoondogter se naam behoorlik kan uitspreek nie
(p. 52) versterk die spanning. Die leser/toneelganger wonder: Hoe gaan die
aand verloop?
Wanneer Carl en Helma Reynders, René se ouers, opdaag, lyk die komendebotsing van persoonlikhede en waardes onvermydelik. Die professor het 'n
fynbesnede gesig en 'n ontwikkelde voorkoms. Helma is geklee met die def-
tige eenvoud van iemand wat goeie smaak het en is sorgvuldig gegrimeer.
Die twee vorm 'n opvallende kontras met Lena. Ook die begroeting verraai
duidelik die verskille. Hulle spreek haar aan as 'Mevrou', terwyl Lena die
professor en sy vrou aanspreek as 'Swaer' en 'Suster'. Wanneer Lena vir
Helma wil soen, draai Ig. haar wang.Wanneer die gesprek hierná fokus op die Bethlehems-skandaal, kry ons 'n
voorbeeld van wat soms dramatiese ironie genoem word, d.w.s. die
leser/toneelganger beskik oor inligting waaroor van die personasies nie
beskik nie. Dit laat die hele situasie tragikomies voorkom. 'n Mens kan lag
en huil oor die manier waarop die Reynderse met smaak oor die skandaal
uitwei en selfs wonder of Clarendon ook "sy oes bedrogplegers" gaan
oplewer (p. 56), terwyl die Malherbes van die ware, tragiese feite bewus is,
maar steeds die speletjie van oënskynlike onskuld volhou.
Carl se toesprakie (p. 56) beklemtoon hierdie ironie. Hy verwys na die groot
geleenthede wat daar op sy skoonseun wag en spreek die oortuiging uit dat
hy hulle nie sal teleurstel nie. Wanneer hulle ten slotte op Wynand se
"toekoms" drink, is hulle salig onbewus van die feit dat die aand gaan uit-
loop op die begin van Wynand se toekoms agter die tralies.
Ook die professor se opmerking dat Wynand nie te groot is om oor die
skoot getrek te word as hy "oor die tou trap" nie en Lena se staaltjie om-trent Wynand se eerlikheid as kind, is voorbeelde van dramatiese ironie.
Hulle is onbewus van die feit dat Wynand wel op gruwelike wyse oor die tou
getrap het, dat hy deeglik daarvoor gestraf gaan word en dat sy gevoelige
gewete sedert sy kinderdae sodanig afgestomp het dat hy kliënte se
113
trustgeld misbruik het. Hierdie onwetendheid van die ouer mense word op
p. 57 verder afgespeel teen die kennis waaroor die leser/toneelganger reeds
beskik; dermate dat dit na oordrywing begin lyk.
Wanneer die vrugtekelkies hierná voorgesit word en Lena nie weet watter
sy eetgerei sy moet gebruik nie, moet Wynand haar ongemerk reghelp. Syverkeer steeds in die posisie van een wat moontlik in die loop van die aand
nog groter vernedering gaan beleef.
Maar dan kom die wending. Lena aanvaar dat die ete met 'n tafelgebed
begin gaan word en buig haar hoof in afwagting. Die ander, by wie so 'n
gedagte nooit opgekom het nie, kyk haar bevreemd aan. Lena se een-
voudige gebaar en haar onskuldige vraag: "Waarom kyk julle almal na my,Ouboet" (p. 58) bring die begin van die ommekeer. Die professor besef in-
eens sy minderwaardigheid teenoor die opregte eenvoud van hierdie vrou.
Wanneer hy haar weer aanspreek, is dit met agting in sy stem. Hy noemhaar nou ook 'Suster', 'n aanspreekvorm uit háár geestesmilieu, en nie
langer 'Mevrou', soos dit in die Clarendon-milieu gebruiklik is nie. Dit
suggereer 'n verskuiwing in waardes. Dié milieu (ruimte) wat vroeër die
onderste plek op die waardeleer beklee het, skuif nou tot bo, terwyl Claren-
don en sy waardes ontmasker word as oppervlakkig en onopreg. Dit is
ironies dat Lena, wat "nie een (is) vir woorde nie" (vgl. 58) se eenvoudige
tafelgebed die klimaks van die eenbedryf vorm. Dit is uiteindelik háár een-
voudige woorde, uitgespreek op versoek van die geleerde professor, watdie res van die kring so beïndruk dat dit hulle vir 'n rukkie sprakeloos laat.
Húlle wêreld en húlle woorde, hoe ontwikkeld hulle ook mag wees, is ont-
masker as leeg en sonder waarde. Wynand se volgende woorde laat ver-
moed dat daar ook by hom 'n innerlike ommekeer besig is om plaas te vind:
"Dankie, Moeder! Ek het u laas in die Boland so hoor bid" (p. 58). Dié
Boland wat hy vroeër die aand probeer vergeet het, word nou met waar-
dering vermeld.
Wanneer die speurder deur die huishulp Anna aangekondig word, bereik
die gebeure 'n tweede klimaks of hoogtepunt. Dit waarvoor die
leser/toneelganger die hele tyd gevrees het, word bewaarheid. Die feit dat
die speurder se aankoms saamval met Wynand se wending ten goede, dui
op ironie.
2.2.3 AfwikkelingDie valbyl het geval vir Wynand en René, en vir die leser/toneelganger
verslap die spanning. Hy/sy aanvaar die onvermydelike: Wynand wordgearresteer en moet boet vir sy vergryp. Ironies is selfs in hierdie fase die feit
dat die ander lede van die geselskap steeds onder die indruk verkeer dat
Wynand hom binnekort weer by hulle gaan aansluit en dat die aandjie
verder rustig gaan verloop.
Wynand se slotopmerking is 'n verdere voorbeeld van dramatiese ironie:
"Dankie, Moeder, ek sal graag weer wil proe hoe snoek smaak" (p. 59). Dit
114
is slegs René, sowel as die leser/toneelganger, wat die volle implikasie van
hierdie oënskynlik onskuldige opmerking snap. Wynand aanvaar met hier-
die woorde weer die wêreld van sy jeug wat hy vroeër verag het.
Opdragte
1. Weens die gekonsentreerdheid van die eenbedryf vind daar in hierdie
dramavorm gewoonlik geen karakterontwikkeling plaas nie. In Gebed in
Clarendon is daar egter wel sprake van karakterontwikkeling by sowel
Carl Reynders as Wynand Malherbe. Gaan dit na. Vergelyk die eenbe-
dryf ook met Goud \/an Anna M. Louw en met Vakansie in Europa van
Jac. J. Brits, waar daar ook 'n groei tot groter realisme is.
2. Bespreek ruimte as struktuurelement in hierdie eenbedryf. Let veral op
hoe die konkrete ruimte in twee dele uiteenval — die Boland en Claren-
don. Toon aan hoe die twee van mekaar verskil. Dui aan hoe hulle ook
saamval met die geestelike ruimte, wat eweneens in twee kontrasteren-
de dele uiteenval. Daar is die wêreld van 'n gejaag na uiterlike weelde
en welslae, en die wêreld van innerlike rykdom, wat gegrond is opopregtheid en 'n waardering vir die goeie dinge van die aarde.
3. Gaan die rol na van René as tritagonis, d.w.s. as personasie wat tussen
die botsende personasies staan.
4. Die eenbedryf het 'n oop einde, m.a.w. dit word aan die leser/toneel-
ganger self oorgelaat om af te lei hoe dinge verder gaan verloop. Dui
aan hoe die oop einde die trefkrag van hierdie eenbedryf verhoog. Skryf
dan nog 'n toneel waarin die personasies se reaksies op die besef dat
Wynand gearresteer is, uitgebeeld word.
Aantekeninge
1. Vir 'n uitgebreide definisie van die ironie vgl. Van Zyl 1984: 54—58.2. Bladsynommers verwys na Fryer 1985.
Bronne
FRYER, C. 1985. Kollig. Kaapstad: Tafelberg.
ODENDAL, F.F. e.a. 1981. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Johannes-
burg: Perskor.
VAN ZYL, S.E. 1984. Die ironiese visie in die letterkunde, met besondere verwysing na die
romankuns van Anna M. Louw. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.-proefskrif, Departement
Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.
115
Peet van der MerweDie wi/de /oot (Elise Muller)
Inleíding
Met die verskyning van Die wilde loot in 1962 het dit, ten spyte van
''kompetisie" van sulke formidabele stalmaats soos André P. Brink se
Lobola vir die lewe en Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins wat in
dieselfde jaar verskyn het, tog redelike aandag van die resensente ontvang:
W.E.G. Louw bespreek dit in Die Burger van 26 Oktober 1962, AudreyBlignault in Die Huisgenoot van 14 Desember 1962 en in Tydskrif vir
Geesteswetenskappe III (2), Junie 1963, Fred le Roux in Sarie Marais van 16
Januarie 1963, T.T. Cloete in Die Taalgenootvan Februarie 1963 en Rialette
Wiehahn in Kriterium I (1), April 1963. Rob. Antonissen neem sy resensie
op in Spitsberaad, (Kaapstad, 1966) en A.P. Grové syne in Oordeel en
vooroordee! (Kaapstad, 1965). Later verskyn van Marié Heese 'n blokboek
oor Die wilde loot (Pretoria, 1978) en twee verdere besprekings van D.H.
Steenberg in Klasglds XII (1), Mei 1977 en N.J. Snyman in Tydskrif vir Let-
terkunde XX (3), Augustus 1982. Daarbenewens het Die wildelootse eerste
uitgawe teen 1977 sewe drukke beleef, die tweede beleef sý sewende druk
teen 1983 en in 1984 verskyn die eerste sagtebanduitgawe daarvan; d.w.s.
altesaam 15 drukke.
Dit wil dus voorkom of dié klein werkie dikwels gelees en ook dikwels
voorgeskryf word. Waaraan het hierdie kort roman wat so verdwerg is deur
sy jaargenote sy populariteit te danke? Seker nie aan die feit dat dit 'n
werkie in die "ou trant" is nie. Daar moet dus sekere kwaliteite in wees wat
daarvan iets besonders maak.Ek het my doelbewus daarvan weerhou om na die onderskeie besprekings
van die werk te gaan kyk, want behalwe dat 'n mens in die versoeking komom iemand anders se kalwers voor jou ploeg te span, kan jy sodoende goedwat jy andersins sou raaksien, dalk mislees omdat jy met 'n ander se bril opjou neus die werk benader.
Intrige — konflikte
Met die titel, Die wilde loot (met die klem op wilde) as vertrekpunt, kan 'n
mens verwag dat die verhaal oor 'n nakomeling handel, 'n kind uit 'n gesin
wat teen die aanvaarde norme in (en ook anders as die ander lede van die
gesin of familie) optree. Lees ons die verhaal, kom ons egter gou agter dat
die titel moontlik misleidend kan wees: daar tree wel so 'n persoon — Retta— in die verhaal op, maar sy is nie die belangrikste karakter in die boek nie.
Daar is ten minste een karakter wat meer aandag as Retta geniet, trouens,
ongeveer negentig persent van die verhaal word vanuit haar gesigspunt
aangebied, en dit is Retta se oudste suster, Selina. As Retta nie die
116
hoofkarakter van die verhaal is nie, kan ons tereg vra waarom ons aandag
deur die titel op haar gevestig word. Alhoewel Retta nie die hooffiguur is
nie, is dit haar terugkeer Lokenburg toe en háár afwykende gedrag wat
elkeen in die Steen-gesin, Dawie en oom Samuel ingesluit, se lewe met die
verloop van die verhaal ingrypend gaan verander.
Alhoewel die kern van die verhaal hierbo in 'n paar woorde saamgevat is, is
die verhaal nie so enkellynig en eenvoudig as wat ons na die lees van die
eerste hoofstuk mag vermoed nie.
Die verhaal vang aan met die begin van 'n nuwe dag. Wat hier veral
opmerklik is, is die doodnugtere trant waarin die verhaal vertel word en die
rustige gang van sake in hierdie mense se lewens. En tog is hierdie ekspo-
sisionele fase, ten spyte van die rimpellose oppervlak, besonder effektief.
Die sin waarmee die verhaal aanvang: "Die Vrydag begin soos enige ander
werkdag", suggereer (bloot deur die vermelding daarvan) dat hierdie
Vrydag, alhoewel hy soos "enige ander" dag begin, nie so gaan eindig nie.
Hierdeur word die leser se verwagting op die toekoms gerig en word die
spanning, hoe gering ook al, opgewek.In hierdie hoofstuk word Selina, Dawie, Gert en die ander lede van die
Steen-gesin nie alleen aan ons bekend gestel nie, maar ons kom ook verder
agter dat oom Samuel enige dag terug verwag word, dat Dawie 'n
"aangenome" lid van die gesin is. Gert wat swaar leer, kan moontlik 'n
betrekking by oom Petrus van Oordt op die plaas kry, maar dit wat agt jaar
tevore tussen Retta en Paultjie van Oordt plaasgevind het, kan dalk sy sake
belemmer. Deur Selina se gedagtes, kom ons agter dat Retta, a.g.v. haar
misstap, Lokenburg verlaat het en as radio- en toneelpersoonlikheid in Jo-
hannesburg naam gemaak het, dat daar 'n tyd in die Steens se lewens waswat hulle swaarder gekry het as nou, en dat Martie, die jongste van die
susters, met Sakkie Vosloo, wat van 'n "hoër stand" is as hulle, uitgaan.
Ofskoon daar geen sprake van liefde tussen Selina en Dawie is nie, is dit
reeds op hierdie stadium duidelik dat daar 'n besondere verstandhouding
tussen hulle bestaan: hulle is albei besorg oor Gert se toekoms en as Dawiehaar probeer gerusstel en sy antwoorde op al haar vrae in sy oë soek, "kykhy haar met so 'n teerheid aan dat sy haar lippe voel bewe" (p. 11). Hierdie
besonderhede is van belang, want dit bevat al die bestanddele van die
konflikte wat gaan volg wanneer Retta aan die einde van hoofstuk 1 onver-
wags haar opwagting daar maak.Die omstandighede waaronder Retta agt jaar tevore daar weg is, veroorsaak
dat sy nie met soveel hartlikheid en liefde terugontvang word as wat menssou verwag nie. Vir Selina is dit "onaangenaam" (p. 24) en 'n
"ontwrigting" (p. 25). Retta het destyds met Paultjie van Oordt 'n naweekiewers alleen deurgebring. Waarheen hulle was en wat tussen hulle gebeurhet, weet niemand nie, maar die skande van dié misstap was so groot dat
die Van Oordts haar geldelik bygestaan het om in Johannesburg gevestig te
raak. (Vergelyk Selina en Martie se gesprek hieroor, pp. 64— 66). En nou.
117
met haar terugkeer na agt jaar, laat die nawerking daarvan hom nog deeglik
by elkeen van die gesinslede geld.
Die eerste persoon wat deur haar terugkeer geraak word, is Martie. Martie
wat aanvanklik opgewonde is oor Retta se tuiskoms, moet agterkom dat die
mense vreemd teenoor haar optree nadat hulle van Retta se terugkomshoor. Wat haar veral raak, is dat Sakkie Vosloo nie daarvan hou dat sy Retta
se pelsmanteltjie dra nie. Retta se terugkeer kring in Martie se geval nogverder uit wanneer Ina, Sakkie se suster, Retta saam met Martie uitnooi na
die Vosloos se vleisbraai die Dinsdagaand. Martie en Sakkie se verhouding
word vertroebel wanneer Sakkie, in opdrag van sy moeder, kom sê dat Ret-
ta nie welkom sal wees nie, wat daarop uitloop dat Martie besluit dat sy ookonwelkom is. Gert se toekomsplanne word deur Retta in die wiele gery:
oom Petrus van Oordt wat van plan was om Gert die geleentheid te gee omby hom op die plaas te kom werk, verander van voorneme wanneer hy
agterkom dat Retta weer terug is op Lokenburg. Die uitwerking van Retta
se terugkeer op die lewens van Martie en Gert staan in direkte verband metRetta se oortreding van vroeër; die omstandighede waaronder sy terugge-
k^er het en die feit dat sy teruggekeer het, raak die ander lede van die gesin,
eerder as haar misstap van vroeër. Dawie en Retta raak verlief op mekaar,
dit veroorsaak 'n breuk in die verhouding tussen Selina en Dawie. Van die
oomblik dat Retta daar aangekom het, het dinge tussen hulle verander,
Selina het nie meer die vrymoedigheid om haar probleme met Dawie te
bespreek nie en sy weerhou haar daarvan om Retta die stryd aan te sê om-dat sy nie Dawie se toegeneentheid wil verloor nie: "Weer is Selina
magteloos. Sal hy my dit vergewe? dink sy. Sal hy my dit ooit vergewe as
ek haar nou seermaak?" (p. 116). Die verhouding en Selina se ongerustheid
daaroor ontwikkel geleidelik tot dit in hoofstuk 7 kulmineer wanneer Selina
op hulle afkom waar hulle onder die blomperskeboom ontspan (pp.
129—130). Selina is self heimlik lief vir Dawie. Dit word nêrens gesê nie,
maar tog gesuggereer: wanneer sy agterkom dat daar meer as blote vriend-
skap tussen Dawie en Retta is, dink sy daaroor na:
"So het sy hom in al die jare nooit hoor praat nie. Hier was meer as die vriendelike
bedagsaamheid waarmee hy haar aanspreek, selfs meer nog as die skielike toenadering
in 'n oomblik van besorgdheid wat haar soms met ontroering vervul het. Wat dit is, kan
sy alleen maar raai: sy het geen ondervinding van hierdie spel waarby daar in elke woord'n hele gewaarwording blootgelê, 'n hele nuwe wêreld ontdek word nie.
Maar sy het wel geleentheid genoeg gehad om te leer hoe om teleurstellende omstan-
dighede in die beste voue te lê" (pp. 116—117).
Nadat sy op Retta-hulle in die tuin afgekom het, dink sy oor hulle verhou-
ding en oor haarself na:
118
"Nie dikwels in haar nege-en-twintig jaar het Selina Steen aan die liefde gedink nie:
daar was nóg tyd nog geleentheid daarvoor. As die gedagte aan 'n huwelik soms by
haar opgekom het, was dit gewoonlik in 'n uur van vermoeienis ...
Maar nou, meteens, lê die weelde op haar drumpel . Sy kan dit nie miskyk nie. (...) Maar
hierdie ander, (die liefde tussen Dawie en Retta — P.v.d.M.) hierdie nuwe wat sy ver-
staan en ook nie verstaan nie, dít laat haar nie koud nie, dit gee haar 'n gevoel van
rusteloosheid asof dit met háár te doen het. Dit verwar haar: die gevoel is so vreemd"
(pp. 130-131).
Ofskoon die verwarring In Dawie se gemoed deur Carl Francke se onge-
wenste besoek veroorsaak word, hou Retta se oortreding — in dié geval
tog — op indirekte wyse daarmee verband: as Dawie nie presies weet wattussen Retta en Paultjie van Oordt gebeur het nie, moes hy ten minste goeddaaroor nagedink het; wanneer hy dan deur Francke moet ontdek dat daar
ander dinge in haar lewe is waarvan hy niks weet nie — en dit op die
vooraand van hulle huwelik én in die lig van die verlede — is dit te verstane
dat hy erg ontsteld sou wees en as gevolg daarvan agtelosig kon optree en
sy hand verloor: "Dawie is nie net fisies vermink nie, diep in hom het daar 'n
verskriklike verminking plaasgevind" (p. 264).
Net soos wat Selina Dawie se ondersteuning en liefde moet prysgee, doenoom Samuel vrywillig — ter wille van Retta se geldelike verknorsing — af-
stand van sy seëlversameling.
Die enigste persoon wat oënskynlik nie deur Retta geraak word nie, is haar
moeder, Annie Steen, maar die asma-aanvalle na elke krisis is duidelike
voorbeelde daarvan dat die teendeel die geval is. Wanneer sy 'n asma-aanval het na Retta Gert se kans by oom Petrus van Oordt in die wiele gery
het, vra Dawie Selina daaroor uit en dan dink sy: "hy weet, soos ek weetwaarom dit vannag gebeur het. Dis oor gister, dis oor Gert, dis oor al die oudinge ..." (p. 125).
In werklikheid hou alles wat met die gesin gebeur verband met Retta se
opstandigheid en met haar oortreding van vroeër. Indien "sy haar plek
geken het" (p. 62) sou nie een van hulle nodig gehad het om iets op te offer
nie.
Retta self ondergaan heelwat kenteringe: jare se impulsiewe, opstandige
voortvarendheid word in hierdie een beslissende week op die spits gedryf;
wanneer sy Gert se geleentheid bederf om by oom Petrus van Oordt werk te
kry, het sy geen spyt daaroor nie (vgl. p. 111), daarenteë het sy diepe
wroeging wanneer sy die oorsaak is van die verwydering tussen Sakkie en
Martie (vgl. p. 153). Stadig maar seker begin haar verlede haar inhaal (p.
154). Dawie se ongeluk het — uit die aard van die saak — die grootste in-
vloed op Retta, want haar aandeel in sy ongeluk is baie groter as wat sy
aanvanklik teenoor haarself wil erken. In hierdie een oomblik word haar hele
lewe blootgelê en word sy verplig om dit in perspektief te sien (p. 245). Syword tot onderwerping gedwing as oom Samuel weier om haar toe te laat
om Dawie in die hospitaal te besoek (p. 239); sy is nie meer in staat om haar
onverskilligheid te bewaar nie, sy is verslae, verbyster en wanhopig: "so 'n
verydeling het sy nooit geken nie" (p. 240); sy ondergaan "foltering vanverwyt en onsekerheid" (p. 244); die "rebel in haar is gebind" (p. 247). Oom
119
Samuel het haar selfstandigheid aan haar teruggegee, maar "juis dié bevry-
ding dwing haar tot gehoorsaamheid". Hierdie foltering wat sy deurmaak,kulmineer in die ontnugtering wanneer sy besef wat haar aandeel in Dawiese ongeluk is: Selina dink:
"Nou weet sy, soos ek, soos oom Samuel, soos selfs Gert al agtergekom het, watter
uitwerking die onverwagte verskyning van dié man gisteraand op Dawie gehad het.
Nou weet sy, en sy kan daar niks aan doen nie! Dis nie 'n skuld soos daardie ander watvereffen en vergeet kan word nie. Want dis nie Francke dié keer nie, dis Dawie ..." (p.
247 ).
Retta lê haar trots en bitterheid (wat sy veral teenoor Selina openbaar) af,
sy het berou, raak ootmoedig (p. 251) en is baie openhartiger met Selina as
vroeër (pp. 253—255). Uiteindelik tree Retta na vore as iemand wat nie so
hardvogtig is soos wat sy aanvanklik deur Selina se bril voorkom nie.
Intrige — spanningslyneDie spanning word besonder goed volgehou. I en eerste is daar die vrae
rondom Retta se oortreding en Gert se toekoms; wanneer Retta uit die
bloute daar opdaag, verhoog die spanning: haar terugkeer voorspel niks
goed vir Gert se toekomsplanne nie en daarby wil dit voorkom of sy perma-
nent teruggekeer het. Die episode met die koerant laat die raaisel verdiep
(vgl. hoofstukke 2 en 4). Hierdie spanningslyn neem by die eerste — die
vrae omtrent Retta se verlede — oor wat aan die einde van hoofstuk 3
beantwoord word. Intussen is die pelsmantel 'n vooruitwysing na die ver-
wydering wat tussen Martie en Sakkie in hoofstuk 8 plaasvind. Die
Martie/Sakkie-verhouding neem by Gert se toekomsplanne oor wat in
hoofstuk 6 op die spits gedryf word. Ondertussen kwyn die Selina/Dawie-
verhouding soos die Retta/Dawie-verhouding besig is om te ontwikkel.
Laasgenoemde bereik sy hoogtepunt in die aankondiging dat hulle Vrydag
gaan trou (p. 191). Retta wil geen rede aan Selina vir haar skielike terugkeer
gee nie, selfs nadat Selina van die toneeltoer uitgevind het en haar met die
feite konfronteer (hoofstuk 5), selfs nie nadat Selina agtergekom het dat sy
in geldelike verknorsing verkeer nie (hoofstuk 9). Hierdie spanningslyn wordin hoofstuk 11 tot sy top gevoer wanneer Retta se probleme deur Francke
se besoek op die lappe kom. Ofskoon hierdie spanningslyn hiermee 'n
klimaks bereik, is dit nie die enigste klimaks van die boek nie: Dawie se
ongeluk en die gevolge dáárvan op Retta en Selina se lewens staan 'n trap-
pie hoër as die eerste hoogtepunt, want die één spanningslyn watdwarsdeur die boek volgehou word, die Selina/Retta-struweling, wordhierdeur opgelos: hierdeur word Retta gedwing om haar eie lewe in
perspektief te sien, om haar hoogmoed on onverskillige geniepsigheid
teenoor Selina af te lê en in ootmoed en alle nederigheid haar suster se hulp
te vra. Hierteenoor het Selina geen verweer nie, ten spyte daarvan dat wan-neer sy vir Retta by Dawie gaan voorspraak doen, sy die aflegging van
120
Dawie se liefde as ''so verskeurend" ervaar dat dit met "'n gewaarwording
van fisieke pyn" gepaardgaan (p. 259). Vir Selina gee die "beroep op haar
bystand" 'n sonderlinge bevrediging (p. 259) en self word sy gedwing omRetta in 'n ander lig te sien: "daar is 'n onontwykbare gevoel van skuld: dat
sy onbillik in haar oordeel was" (p. 258).
Dawie se ongeluk wil na 'n ingryp van die toeval lyk, en tog word dit deeglik
in die verhaal gemotiveer, word op meer as een geleentheid aangetoon dat
die rol van die toeval nie só groot is nie, dat Francke se besoek 'n baie groot
uitwerking op Dawie se gemoed gehad het en die ongeluk hoofsaaklik aan
sy emosionele toestand toegeskryf kan word. (Vgl. pp. 225, 229, 232, 233,
239, 247 en 265).
Hierna volg die ontknoping: Martie en Sakkie is versoen, Gert kry 'n betrek-
king by mnr. Watermeyer, oom Samuel skik die saak met Francke, Retta en
Selina en Retta en Dawie raak versoen en Selina wat baie verloor het, skik
haar na die onvermydelike, aanvaar wat met haar gebeur het, sonder ver-
wyt en sonder selfbejammering.
TydDie verhaal speel af in 'n week, in "een week van beslissing" (p. 142), 'n
week van "angs en ontsteltenis" (p. 257) van die tiende tot die sewentiende
September. Daar is egter twee verledes in die verhaal werksaam wat aan die
grond lê van die konflikte in hierdie gesinslede se lewens. Die eerste het agt
jaar gelede afgespeel toe Retta en Paultjie van Oordt hulle misstap begaan
het, 'n verlede waarvan die nawerking maar alte goed deur almal gevoel
word, soos hierbo reeds aangetoon is. Die tweede verlede lê 'n bietjie
verder terug in die tyd, toe hulle in die drievertrekwoning op die stukkie
huurgrond onder die dorpsdam gewoon het (p. 45), toe hulle bekend ge-
staan het as die Steens "van die paglande" (p. 57). Hierdie verdere verlede
word gekenmerk deur 'n drank verslaafde vader en "'n kringloop van ar-
moede en verwording" (p. 46). Dis oom Samuel wat sy suster en haar
kinders uit hierdie bose kringloop verlos en vir hulle 'n huis koop: 'n
ordentlike woonplek, 'n plek waarheen hyself kon terugkom wanneer hy wil
en 'n woonplek waarvandaan Dawie die wêreld kon ingaan (p. 50). Vir
Selina was dit of hulle 'n nuwe land beset het, asof hulle 'n nuwe wêreld
ontdek het:
"Dit vvas of die veranderde omstandighede meteens van hulle mense gemaak het. Die
knelling van die armoede was verby. Hulle sou voortaan veg met die geesdrif van die
bevrydes: doelgerig en sonder berekening van kragte" (p. 52).
Dawie se koms en die nuwe huis val vir Selina saam. Daardeur word Dawievir haar byna simbool van hierdie nuwe bestaan, van die "voorspoed" wathulle beleef. Retta se teenwoordigheid in Lokenburg dreig om die aansien
wat die Steens in die agt jaar van haar afwesigheid verwerf het, te knou:
121
"Wat het Retta hierheen teruggedryf om die geheue en vergewensgesindheid van die
mense op die proef te stel?"
vra Selina haarself af (p. 77).
Retta se teenwoordigheid herinner die inwoners van die dorp nie net aan
haar oortreding van agt jaar gelede nie, maar ook daaraan dat die Steens
van 'n laer stand is, dat daar 'n tyd was wat dit met hulle finansieel beroerd
gegaan het, dat hulle 'n armblankebestaan moes voer. Wanneer Retta aan
Selina vra: "Het jy gedink jy kan daardie jare langs die rivier begrawe? Dink
jy hulle het Pa vergeet en dat jy sy dogter is?" antwoord Selina: "Dink jy ek
vergeet wat die agt jaar gekos het, daar van heel onder af op tot hier waar
ons vandag is? En dink jy dat ek nie weet net één enkele misstap, net één
klad, kan ons almal laat terugtuimel nie, die ellende in?" (p. 113). Dít is dan
Selina se eintlike beswaar teen Retta se terugkeer, veral omdat Retta haar
terugkeer in 'n waas van geheimsinnigheid hul en weier om haar probleme
openlik met Selina te bespreek. Dis daarom te verstane dat Selina so hewig
teen Retta gekant is en dat sy Retta se terugkoms in so 'n negatiewe lig
sien. Dis dan ook een van die redes waarom sy teen die verhouding tussen
Retta en Dawie gekant is. Soos wat Dawie vir haar geluk en vooruitgang
verteenwoordig, is Retta vir haar die vergestalting van teenspoed en ver-
wording.
Dis van hierdie einste verlede wat Retta probeer wegkom; eers deur haar
werk as plekaanwyser by die bioskoop, toe deur haar verhouding met Paul-
tjie van Oordt en uiteindelik deur haar "vlug" Johannesburg toe. Lokenburg
verteenwoordig vir Retta al die vernedering wat sy moes ondergaan omdathulle arm was. Na Dawie se ongeluk moet sy egter teenoor Selina erken:
"Ek het aan die huis gedink — baie maal. Daar was 'n tyd toe ek gesê het: Die huis sal
my nie langer aan bande lê nie; daar het 'n tyd gekom — later — toe ek moes sê: Die
huis bind my nog altyd; dit sal my nooit met rus laat tensy ek een maal teruggaan nie.
Dit was altyd daar, agter al die dinge ..." (p. 253).
Vir die hoofspelers in hierdie "dramatjie", vir Selina en Retta, is die verlede
nie afgedaan nie, vir elkeen bly dit 'n bestendige teenwoordigheid wat altyd
iewers op die rand van die bewussyn huiwer.
Karakterisering
Soos in die roman Bart Nel se geval, laat die verhoudings tussen die karak-
ters in hierdie roman mens ook dink aan die "basiese spelers en teëspelers
van die klassieke drama". Daarvolgens kan ons Selina beskou as die pro-
tagonis, die hoofkarakter wie se krisis sentraal in die werk staan; Retta as
die antagonis of teenspeler wat die krisis by Selina veroorsaak en self ook
daardeur geraak word; en die tritagoniste, hoofsaaklik Dawie, maar ook die
ander lede van die gesin, wat deur hulle/sy optrede(s) die konfliksituasie in-
gewikkelder maak.
122
Die persone:
Selina:
In die afwesigheid van 'n vader en met 'n bedlêende moeder op die agter-
grond, is Selina die hoof van hierdie gesin. Na haar pa se dood het sy die
gesag in die huis voluit aanvaar: "Voorheen was sy een van hulle; die dag
toe haar pa begrawe was, was hulle meteens almal van haar" (p. 47). Sysien om na hulle fisiese sowel as geestelike welstand. Sy versorg haar
moeder, maak die huis aan die kant, maak kos, sien in die algemeen toe dat
dit in die huis ordelik gaan en sorg vir 'n byverdienste deur vir ander op aan-
vraag koek en beskuit te bak. Gert se leerprobleme bekommer haar en
daarom wil sy vir hom 'n werk kry waarvoor hy definitiewe aanleg het. As sy
aan hom en aan sy toekoms dink, besluit sy: "voor Gert gaan daar nie 'n
doodloopstraat wees nie, geen stukkie paggrond of armoedige erfie nie" (p.
100). Martie se toekomsplanne raak haar ook, en ofskoon 'n huwelik tussen
Martie en Sakkie onwaarskynlik lyk en Selina te bedaard van geaardheid is
om met 'n ding op loop te gaan, fantaseer sy tog oor die moontlikheid dat
hulle dalk kan trou (p. 131).Teenoor Dawieen oom Samuel — volwassenes
wat na hulle self kon omsien — is sy minder besorgd. Maar wanneer dit vir
haar voorkom of Retta Dawie wil misbruik, is sy gou om vir hom in die bres
te tree: "En ek sê jou nou ek sal nie maar staan en toekyk dat jy jou hier op
Lokenburg met Dawie vermaak net om hom opsy te smyt as hy jou begin
verveel nie!" (p. 139). Na Dawie se ongeluk besef sy dat hy met een hand 'n
nuwe bestaanstryd moet aanknoop: "En alreeds, sonder dat sy dit besef,
het sy dit vir hom aangeknoop — dis so vanselfsprekend dat sy dit sal doen.
(...) Sy dink in dade, nie in woorde nie. Hy het haar nodig" (p. 250). Selina
is iemand wat nie onnodig oor 'n ding sal tob nie, maar eerder reguit sal sê
wat haar gevoel daaroor is en dit dan vergeet, iemand wat weet hoe omteleurstellings in die "beste voue" te lê.
Selina se optrede teenoor Retta staan in skelle kontras met haar optrede
teenoor die ander familielede. Sy behandel haar soos 'n vreemdeling en ver-
wyt haar dat sy sake vir almal kom omkrap het.
Aan die grbnd van haar houding teenoor Retta lê meer as Retta se misstap
van agt jaar tevore: "die herinnering aan die jare toe sy as kaalvoetkind opdie barmhartigheid van die gemeenskap aangewys was — dít is die kern-
verset" (p. 11). Nie net kernverset nie, maar ook kernvrees: "En dink jy dat
ek nie weet net één enkele misstap, net één klad, kan ons almal laat
terugtuimel nie, die ellende in?" (p. 113). Ironies genoeg is hierdie ellende
waarteen sy in opstand is dieselfde ellende waarvan Retta probeer wegvlug.En dit bring ons by die verskil tussen die twee susters: vir Retta draai alles
om haarself, vir Selina gaan dit om die gesin en hulle voorspoed. En dit is
hier waar die konflik tussen hulle sy oorsprong het: Retta bedreig vir Selina
die "voorspoed" wat hulle tans beleef. Die Van Oordts was op die punt omGert te aanvaar toe Retta op die toneel verskyn; sy veroorsaak 'n breuk
123
tussen Martie en Sakkie, en dit wil vir Selina voorkom of Retta Dawie vir
haar eie egoïstiese doeleindes gebruik, en wanneer sy by oom Samuel wil
geld leen, verplig sy Retta om daarvan af te sien. "En hoe durf sy terugkomen alles wat ons opgebou het in gevaar kom stel?" vra Selina aan oomSamuel in verband met die geld wat Retta aan Francke skuld. Waar Retta
Selina self raak, waar sy tussen haar en Dawie inkom, daar swyg Selina, of-
skoon sy diep seergemaak voel en bewus is van haar eie onvoltooidheid. Dit
is haar persoonlike saak, sy sal dié teleurstelling in die "beste voue lê", sy
sal haar na omstandighede skik, haar eie tekortkominge aanvaar. WanneerRetta 'n beroep doen op haar bystand, help sy haar en ondervind 'n sonder-
linge bevrediging.
Selina verander van openlike vyandigheid (teenoor Retta) tot 'n besef dat sy
onbillik was in haar oordeel. Sy beweeg uit 'n ou bedeling in 'n nuwe in, sy
steek 'n grenslyn oor en laat 'n deel van haar vir goed agter; "dié deel wat
so seker was van reg en onreg ..." (p. 259).
Dis oom Samuel wat Selina daarop wys dat Retta deel van die familie, die
gesin is: "Maar Retta (...) is een van ons" (p. 216) en dis hierdie besef wat
by Selina posvat, aangehelp deur dit wat met hulle gebeur het, wat haar
gevoel teenoor Retta temper.
Retta;
Selina sien Retta as hulle "teleurstelling, onvermydelik en onontvlugbaar"
deel van hulle, ook as hulle verdriet en hulle kruis. Oom Samuel sien haar as
"die onbestendigste, die wispelturigste" van die vier kinders, "die een oor
wie mens nooit met sekerheid sal kan praat nie", die een wat daarom altyd
die grootste las sal wees (vgl. pp. 216—217). Daarby is sy impulsief en
opstandig, iemand wat nie kan wag nie: "met durf en voortvarendheid het
sy tegemoetgegaan en gegryp wat sy gemeen het kom haar toe, soms met'n fyn berekening van wat sy nodig het, soms in 'n roekelose besitlikheid"
(p. 245). Maar soos oom Samuel ook opmerk, is sy sonder twyfel die meestalentvolle van die kinders, ook die mooiste en die mees gesogte (vgl. p.
217).
Ook Retta kom tot inkeer wanneer sy moet aanskou hoe vernietigend haar
voortvarendheid, selfs na agt jaar, vir die mense om haar, en in haar eie
geval is. Teenoor Selina bely sy:
"Was jy nog nooit bang vir jouself nie? Het jy nog nooit die gevoel gehad dat jy iets in
jouself op hok moet hou nie, iets wat goed is, maar ook gevaarlik, iets wat getem moet
word as dit bruikbaar moet wees? Ek wil nie sleg wees nie, Selina ..." (p. 255).
Omdat die verhaal hoofsaaklik vanuit Selina se perspektief vertel word,
word daar nie soveel op Retta se innerlike gekonsentreer nie, met die gevolg
dat die leser nie soveel van Retta se wroeging te wete kom nie. Dat Selina
dit waarneem en dat dit haar roer, dui vir ons in elk geval die hewigheid
daarvan aan.
124
Dawie:
Onwetend verhewig Dawie die krisis by Selina wanneer hy op Retta verlief
raak.
Dawie is ongekompliseerd, bedagsaam, bedaard en hulpvaardig. Ten spyte
daarvan dat Selina op hom verlief is, sou sy hom teen Retta wou beskerm,
omdat hy (soos sy) nie teen Retta opgewasse is nie. Selina se liefde vir homkompliseer sake aansienlik vir haar. Getrou aan haar eie aard dink sy nie in
hierdie saak net aan haarself nie, hoe graag sy sy liefde vir haarself wil hê.
Sy dink nie net aan wat Retta wil hê nie, maar ook aan Dawie. Sy kan per
slot van rekening nie vir hom kies nie.
Die ander karakters;
Van die oorblywende karakters is oom Samuel seker die belangrikste en ver-
dien hy meer aandag.
Sy tuiskoms word deur almal met vreugde begroet, al gaan party s'n mettrane gepaard (vgl. pp. 171 — 173). Oom Samuel is 'n aangename mens met'n sin vir verantwoordelikheid wat teenstrydig is met sy swerwerslus wathom moeilik deur plek en tyd laat bind.
Hy beweeg stil op die agtergrond, maar wanneer dit nodig is, kan hy ferm
optree soos teenoor Francke, en teenoor Retta toe sy daarop aandring omDawie in die hospitaal te besoek.
Van almal in die verhaal spreek uit sy dade seker die hardste, en die
positiefste boodskap: dis hy wat onmiddellik na sy swaer se dood sorg dat
sy suster en haar kinders se lewensomstandighede verbeter deur vir hulle
die huis te koop; dis hy wat toesien dat Dawie, toe hy sien dat hy gaan
versleg, in 'n meer huislike omgewing teregkom vanwaar hy die wêreld kan
ingaan en dis hy wat, sonder om twee maal te dink, vir Retta die kastaiings
uit die vuur krap, eintlik sy seëls wat hy met soveel toewyding versamel het,
daarvoor opoffer. En wanneer Selina te kras raak in haar veroordeling van
Retta, is dit hy wat haar weer op die regte spoor bring en sonder verwyt of
veroordeling teregwys:
"'n Familie, my kind, is baie soos 'n mens: sy stukke het algar met mekaar te doen. Jy
kan nie maar een sommer opsysit en reken dat hy, en dié wat agterbly, ewe goedsonder mekaar sal klaarkom nie. Of daar harde woorde val of verwydering kom, ons
hoort aan mekaar. Ek weet waarvan ek praat. En as 'n deel tog afgelê moet word, dis vir
dié wat agterbly beter as dit deur die dood gebeur as deur die lewe, baie beter. Retta is
deel van ons, en sy sal dit bly, ook al sien ons haar nooit weer nie" (p. 217).
Hierdie woorde van oom Samuel en sy onbaatsugtige optrede teenoor die
gesin klop volkome. Maar oom Samuel voel meer aangetrokke tot Retta as
tot die ander lede van die gesin. Hy verklaar dat hy miskien verpligtinge
teenoor haar het waarvan Selina nie weet nie. "Retta is anders as julle" sê
hy vir Selina. "Ek is ook anders — was altyd anders gewees. Al die ounukke sit in die bloed en vroeër of later steek hulle kop uit. Miskien het sý
125
die dwarsheid waar ek myne vandaan kry ..." (p. 219).
So eenders as wat oom Samuel en Retta is, so veel verteenwoordig hulle vir
Selina teenoorgestelde pole: "die een 'n stut, die ander 'n gevaar; die een 'n
toevlug, die ander 'n bedreiging; altyd teenstellend, nooit eenders nie" (p.
219).
Sowel Martie as Gert bewonder Retta en aanvaar haar as deel van die gesin.
Vir Martie is Retta "my suster" en vir Gert is die mense se optrede in ver-
band met Retta se verlede belaglik. Nie een van hulle verwyt haar nie en
hulle aanvaar wat met hulle gebeur het sonder verwyt.
Die vertellersperspektief
Die verhaal word vertel deur 'n alomteenwoordige alwetende verteller, wat
nie alleen kennis van die verlede het nie, maar ook van die toekoms.
Hierdie alwetendheid van die verteller tref ons alreeds in die eerste sin aan:
"Die Vrydag begin soos enige ander werkdag." Hier word gesuggereer —soos reeds aangetoon is — dat die dag nie so gaan eindig nie, die verteller
het dus reeds 'n blik van die toekoms, maar hy moet ook weet wat in die
verlede gebeur het om hierdie dag met die ander te kan vergelyk. 'n Baie
beter voorbeeld hiervan kry ons in hoofstuk 8:
"Dit was vir Selina of dit so bepaal was dat daar in dié een week van beslissing aan hulle
geen middag of aand van verposing gegun sou word nie. Ingeryg aan die ure van die
sewe dae het die gebeurtenisse gelê en wag op hul beurt om hulle af te speel. Stilte wasmaar skynstilte, en rus die terugspoeling voordat die volgende golf breek" (pp.
142- 143 ).
Hierdie gedagtes word aan Selina toegedig. Die verlede tyd dui aan dat die
hele week se gebeurtenisse reeds afgehandel moet wees, dat sy daarop
terugkyk en daaroor nadink, anders sou sy nie van 'n week, van sewe dae
kon praat nie en ook nie geweet het dat daar vir hulle weinig rus sou weesnie. Trouens op hierdie punt in die verhaal bevind sy haar by Dinsdag en bly
daar nog drie dae oor voor die week vol is. Hier word dus uit 'n agterna-
perspektief vir die leser 'n vooruitskouing gegee van wat nog gaan volg.
Nog 'n voorbeeld van vooruitwysing kry ons op p. 223:
Nêrens in die raamwerk van haar voorgevoel en vrees het sy so iets vooruitgesien nie."
Die verhaal word in hoofsaak uit Selina se perspektief aangebied, vanuit
haar hoek, en die leser weet dan ook baie meer volledig hoe sy alles ervaar
en interpreteer. Die ander karakters se gevoelens bly in 'n groot mate vir onsduister, behalwe waar dit in gesprekke teenoor ander karakters uitgespreek
word of waar die perspektief vir 'n paar tellings na 'n ander karakter ver-
skuif. 'n Baie goeie voorbeeld van laasgenoemde tref ons aan waar Selina
Dawie in'die hospitaal besoek en hy aan die ongeluk dink:
126
"Hy het gereik na wat nie vir hom beskore is nie, hy het sy hand uitgesteek ... 'n Uit-
drukking van afgryse kom op sy gesig. Hy sien opeens in dié beeld die ongeluk, weer,
met 'n nuwe betekenis, asof hy in werklikheid ongeoorloof sy hand uitgesteek het na
wat hom nie toekom nie en nou ly wat daarop volg ..." (p. 265).
So verskuif die perspektief met tye ook na Annie Steen toe, na Martie, Gert
en Retta, maar altyd terug na Selina.
Heel dikwels word groot stukke dialoog direk weergegee bv. die konfron-
tasie tussen Francke en Retta en heelwat gesprekke tussen Retta en Selina,
ander word interpreterend oorgedra soos waar Selina Martie inlig oor Retta
se verlede. Sy dink of beleef alles weer in haar gedagtes, en aan ons as
lesers word hierdie "gerapporteerde” weergawe van die gebeurtenisse
oorgedra (vgl. pp. 57— 64), eerder as die baie korter opsomming waarmeeMartie tevrede moet wees: "Maar Selina het nou min woorde nodig om dit
alles te vertel. In enkele kort sinne stap sy oor die gebeure heen ..." (p. 64).
Enkele kere interpreteer die verteiler die karakter se gedagtes eerder as omdit direk weer te gee:
1 . In Selina se geval:
"Nou het iets van die betekenis van haar teenwoordigheid begin deurskemer. Daar het
sy nou die een ontoelaatbare vraag aan Gert gestel — uit onkunde, ja, maar daarom nie
minder dwaas nie. Dis maar die begin hierdie, sê Selina se voorgevoel, die eerste teken
van die ontwrigting (pp. 24—25).
2. In Gert se geval wanneer hy wonder hoekom hy nie toegelaat kan
word om te boer nie:
"Nou wáárom dan nie? Dít is verset van 'n ander aard; nuut en fel en verwarrend: die eis
om aan die beste in hom reg te laat geskied" (p. 119).
Hierdie wisseling en verwisseling van die perspektief, wat ons dwarsdeur
die verhaal aantref, verhoog die objektiwiteit van die verhaal, want so-
doende word 'n duideliker beeld van die gebeurtenisse en karakters verkry.
TemaDie tema van die verhaal word deur oom Samuel verwoord waar hy Selina
teregwys oor haar houding teenoor Retta: "'n Familie, my kind, is baie soos
'n mens: sy stukke het algar met mekaar te doen" (p. 217 en wat daarop
volg).
Hierdie verhaal toon ook sterk ooreenkomste met die verhaal van die verlore
seun uit Lukas 15 vers 1 1 e.v. Oom Samuel se gedagte van die eenheid van
die familie en die verhaal van die verlore seun vul mekaar goed aan.
Een van die verdienstes van die verhaal is dat hierdie tema op dramatiese
wyse oorgedra word, dat, sonder om een maal na die Bybelverhaal te ver-
wys, sonder enige prekerigheid, sonder 'n didaktiese les, 'n lewenswaarheid
127
so oud soos die Bybel, aan ons oorgebring word.
Uit hierdie kort bespreking behoort dit duidelik te wees dat Die wilde loot 'n
verhaal is met 'n baie hegte struktuur, met besondere kwaliteite wat daar-
van 'n besonder leesbare werkie maak.
Vrae
1. Karakterisering vind plaas deur die verteller, die sprekende daad en
dialoog, deur karakters se beskouing van ander karakters, deur self-
beskouing en deur gedagtes of gedagtespraak. Gaan na watter van
hierdie tegnieke van karakterisering ten opsigte van Selina, Retta en
Dawie onderskeidelik aangewend word om hulle te karakteriseer.
2. Retta en Selina se sienings van Lokenburg verskil aansienlik. Gaan dit
na en probeer vasstel hoe dit met hulle persoonlikhede ooreenstem of
verskil.
3. Skryf 'n opstel waarin u die verhaal van die verlore seun (Lukas 15 vers
11 e.v.) vergelyk met Die wHde loot.
4. Martie en Gert speel baie passiewe rolle waar dit die Selina-krisis
betref deurdat hulle nie willens en wetens teenoor haar optree nie.
Stel vas wat hulle funksie in die konflik is.
Martie Muller
Die son struikel (Dolf van Niekerk)
Ten tye van sy verskyning (1960), is Die son struikel as 'n opvallend 'nuwe'
roman beskou. In die ouer roman is daar hoofsaaklik horisontaal te werkgegaan, verhaalmatig, liniêr. Die tradisionele karakter het as 'volle mens'
voor ons gestaan: hy het 'n naam gedra, was in 'n familie- en sosiale
konteks geplaas en daar was logika in sy gedrag. Die jonger prosaïs verken
die vertikale, die diepte. Dus word die mens nie meer uitgebeeld soos onshom in die lewe raakloop nie, maar die skrywer probeer die diep innerlike
van die mens peil deur in sy bewussyn in te dring. In hierdie novelle herken
ons dan ook die hoofkarakter as 'n 'buitestaander' omdat die verhaal hoof-
saaklik deur sy oë en gemoed beleef word. Die bewussynslewe lyk ook nie
soos die tradisionele romanskrywers dit voorgestel het nie: Vir die moderneskrywer bestaan die daaglikse lewe uit tienduisend indrukke en verkeer die
bewussyn gedurig in 'n vloeibare en kniebare toestand. Daarom word in-
drukke vinnig afgewissel en kan dit verwarrend wees vir die leser wat nie die
metodes van die moderne skrywer verstaan nie.
As gevolg van hierdie inborende diepte-ontginning kry ons 'n kleiner hoe-
128
veelheid gebeurtenisse en karakters as in die tradisionele roman. Die tradi-
sionele roman het sy kompleksiteit verkry uit 'n menigvuldigheid van
karakters of gebeure. Die nuwe roman verkry sy kompleksiteit deur 'n
menigvuldigheid van werklikhede of betekenisvlakke.
In Die son struikel kry ons die werklikhede van die geskiedkundige agter-
grond, van die milieu waarin Diederik beweeg en die werklikheid van sy in-
nerlike belewing van die wêreld waarby die eksistensialisme van die eeu en
die sielkundige grondslag van sy geestelike samestelling 'n groot rol speel.
Vir 'n begrip van hierdie werk is 'n kennis van die 'rame' noodsaaklik. Butler
(1984; 6) gebruik 'raam' in die betekenis van 'agtergrondkennis' en 'skema'
in die betekenis van die geordende gebruik daarvan. Eers as mens 'n begrip
van die rame, nl. die eksistensiefilosofie en die Freudiaanse sielkunde het,
kan jy sien hoe die rame impliserend op die teks inwerk sodat ongestateerde
betekenisse deur interpretasie onthul kan word.
Hier wil ek sterk standpunt inneem; filosofie en psigologie sal nie in die
werke 'ingelees' word nie. As dit sou lyk "asof Van Niekerk hierdie bronne
sou verwerk het" (Du Toit 1980; 24) wil ek vra; Wie sê hy het nie? En as hy
wel het, wat maak dit saak? Die rame word nou om praktiese redes
afsonderlik ondersoek, maar in die werk is dit met mekaar geïntegreer en
bring dit 'n netwerk van simbole tot stand wat 'n hegte skema tot gevolg
het.
Eksistensialisme
Mens kan nie werklik tot 'n insig in Diederik se buitestaanderskap kom deur
bloot algemene kenmerke van die eksistensialisme wat in die moderne pro-
sa voorkom, in die roman te probeer opspoor nie, soos bv. angsbelewing,
skuldbelewing ens. Daarom wil ek kortliks kyk wat eksistensialisme basies
is. Ek voor bewustelik baie teorie oor die rame in hierdie gedeelte aan
met die spesifieke doel om 'n begrip by die student vir die werk te probeer
opwek. Die voorbeelde wat uit die roman aangehaal word, dien slegs as
aansporing vir die student om self na verdere voorbeelde te soek.
Volgens John Macquarrie (1982) word die woord 'eksistensie' op 'n spesiale
manier gebruik wat van die tradisionele manier verskil. Heidegger sê die
mens alleen 'bestaan'. 'n Klip is, maar dit bestaan nie. So ook 'n boom, 'n
perd, 'n engel. Die sin "die mens alleen bestaan" beteken nie dat slegs die
mens werklik is nie, en alle ander dinge onwerklik nie. Die mens 'eksisteer'.
Wat is hierdie 'eksisteer'?
Om te eksisteer beteken oorspronklik om "uit te staan". — Om dus uit te
staan van die agtergrond van iets wat werklik daar is. Maar dit beteken nie
'n passiwiteit nie. Hy beweeg gedurig waar hy op die gegewe tyd is, verby.
Die term 'transendensie' word hier gebruik; Hy transendeer op enige mo-ment by wat hy op daardie moment is, verby.
Is dit dieselfde as evolusie?
Nee, dit word op die volgende manier van biologiese evolusie onderskei;
129
Die mens beweeg nie by sy gegewe situasie verby in terme van wette van
die natuur wat van buite af inwerk nie, maar i.t.v. beelde van homself wat
hy bewustelik soek om te realiseer.
Hulle beskou die mens dus as iets wat nie 'n vaste essensie het wat vooraf
gegee is nie. (By Diederik kry ons voortdurend 'n deurmekaarvloei van in-
nerlike en uiterlike realiteit. Sy gedagte-inhoud is nooit logies of volledig
uitgewerk nie — sy sinne dikwels onvoltooid.)
In hierdie proses van transendering kan die mens homself herken of verloor.
Hy kan outentiek bestaan of inoutentiek.
Outentiek: Hy bestaan as unieke eksistent, hy staan uit van 'n wêreld van
objekte en gaan uit van enige gegewe stand van homself.
Inoutentiek: Hy is nie homself nie, geabsorbeer in 'n wêreld van objekte as
net nog 'n objek, hy besluit niks vir homself nie, maar alles word vir hombesluit deur eksterne faktore.
Diederik as outentieke eksistent teenoor die gemeenskap as in-
outentiek
In Die Son Struikel word Diederik aangebied as outentieke eksistent
teenoor die inoutentieke eksistente: die ander, bv. die rebelle, die stakers.
Sodoende word die aard van Diederik se vreemdelingskap duidelik.
In 'n sekere sin word die eksistensiefilosofie hier gestel teenoor die rasionele
beskouings van vorige filosofieë. Dit verklaar gedeeltes soos die volgende:
Die student op die trein sê: "Daar's sulke dinge soos oorsaak en gevolg. Jy
kan ons hele geskiedenis ontleed, jy sal altyd by oorsaak en gevolg uitkom.
Jy moet net die simbole reg lees, jy moet logika toepas en die antwoord is
helder soos daglig." Die student word hier duidelik gestel as verteenwoor-
diger van vorige filosofieë wat die mens bloot as denkende subjek beskou.
Diederik is eksistensialis wat die wêreld as volle mens beleef, intuïsie in-
gesluit, en nie bloot as rasionele denker nie. Daarom sê hy later: "Wie is
hulle om ons lewens te kom toedruk? Waarom kan mense nie staak nie? Ek
weet waarom dit so is — omdat daar altyd 'n idee agter alles is. Hulle
vergeet die mense, hulle beveg altyd 'n idee of iets."
Hierdie filosofie maak die dilemma van die buitestaander duidelik: Om te
kan eksisteer, is die mens in die wêreld, tussen ander. Tog mag hy nie deur
hulle geabsorbeer raak nie. Hulle frustreer Diederik dan ook voortdurend
deur 'n outentieke eksistent van hom te wil maak: of 'n rebel, of 'n staker.
"Die kêrels wil weet aan wie se kant jy nou eintlik staan."
"Nêrens nie."
"Waarom bly jy apart?"
"Omdat ek nêrens hoort nie."
Die simboliese kuddedier, die skaap, word gebruik om die belangegroepe
voor te stel:
130
"Die twee kuddes sif Diederik uit, hy beland eenkant teen die muur."
"By die skagtoring drom 'n menigte saam — twee menigtes. Elkeen wat aankom, soek in
die donker na sy groep, druk sy kop tussen hulle in soos 'n skaap wat inryg om 'n dam."
As Hendrik vir Diederik vra waarom hy rebel geword het, vra hy; "Weet 'n
skaap waarom hy blêr?"
Hierdie uitbeelding van die massa as kudde herinner aan wat Nietsche
gesê het: Die kudde (massa) het 'n waardesisteem saamgestel wat die lewe
van die mensdom beheer. Dit laat die individu toe om slegs as deel van die
geheel te bestaan, ten gunste van die geheel. (Macquarrie 1982: 119)
Die ‘ verantwoordelikheid' van die buitestaander is 'n ander soort verant-
woordelikheid as waarvan die massamens bewus is. Hierdie verant-
woordelikheidsgevoel gaan dikwels gepaard met angs. Heidegger verklaar
dit as volg: (Macquarrie 1982: 169) Die eksistent kan homself nie in die
wêreld vind nie en hy word teruggegooi op homself en sy unieke vryheid en
verantwoordelikheid in sy besluit om na transendensie te soek. Hy onder-
vind angs as hy so met verantwoordelikheid gekonfronteer word. Die in-
outentieke eksistent sal die konvensionele gedragspatroon volg om die angs
gespaar te bly.
Daarom sê Diederik aan Francois: "Julle manier is makliker — tussen julle is
niemand verantwoordelik nie."
'n Sentrale motief in die roman wat met hierdie 'verantwoordelikheid'
saamhang, is die oogmotief. Diederik se visie verskil van dié van die ge-
meenskap.Hy het deur Wynand se oë na die wêreld gekyk en noudat Wynand "blind in
die dowwe aarde" lê, word hy van sy eie 'blindheid' bewus en raak hy
beangs oor die verantwoordelikheid van 'n eie visie. "Kan iemand nie Wy-nand se gesig teruggee nie?"
By sy terugkeer sê Felix vir hom: "Ek het gedag jy gaan terug om gesond te
word van die ding wat in jou oë was."As Diederik naar word, val "'n ou blindheid" voor sy oë, en sy hoofpyn"maak newel voor sy oë".
Hierdie oogmotief wys teen die einde na die son as God se oog\ "Volgens
Sartre wordt de abstracte som van alle blikken van onze medemensensamengevat in het idee God. God is dan het Absolute Oog, dat ons tot zijn
dingen maakt". (A. Lindenberg 1975: 321) As Diederik in blindheid lê en
sterf, kyk die son na hom: "Die son styg, struikel — kyk en stryk aan."
'n Aanhaling op p. 17 wys vooruit na die einde: "Ek sê jou, daar was iets
heiligs in die lug. Ek sweer die son het op daardie oomblik stil gestaan." Die
son wat stil gaan staan, kan dui op goddelike ingryping, op goddelike
bemoeienis met die menslike lot.
L.K. Súkert (1974: 104) meen dat die woord 'struikel' kan dui op die menswat op een of ander wyse uit tred raak met sy medemens en met die
'wêreld' om hom heen. Dit kan dus dui op hom as eksistensialis. AlhoewelDiederik se dood nie die normale gang van die lewe verander het nie (die
131
son "kyk en stryk aan"), is God tog bewus van hom in 'n oomblik se struikel
en kyk.
Hier, en ook in talle ander opsigte, vind ek 'n ooreenkoms met Chris Bar-
nard se absurde drama Pa maak vir my 'n vHeër, Pa: Teen die einde huiwer
die bestaan van die Goddelike bo die mensdom: 'n Vlieër wat verlossend al
hoër en hoër opstyg — verlos van die aardse vasgevange situasie, kring-
loop. (Diederik se soeke na God is 'n belangrike tema wat dwarsdeur die
roman nagevors kan word.)
As ons weer eens na die eksistensialistiese filosofie se beskouing oor die
dood kyk, word die einde van die verhaal miskien vir ons duideliker: Vir
Heidegger is die oomblik-van-die-dood beslissend. Dood is nie slegs 'n
negatiewe fenomeen nie. Om dood met vasberadenheid tegemoet te gaan,
is om 'n sekere heelheid te vind. Dit plaas 'n grens op my bestaan, en maakso 'n eenheid van bestaan moontlik. — Dood maak my ook vry van die
'hulle' omdat dit net ek is wat dit kan doen. (Macquarrie 1982: 218)
"Hy pluk aan die teuels, rig die perd terug na die vlakte waar die rooigras borshoogte
staan. Hy sien hoe die perderuiters skuins jaag om hom voor te keer ... Sy hakskene kap
in die perd se lieste. Die dier skiet vorentoe."
(Later sal ons sien hoe die raam van die Freudiaanse psigologie die einde
van die verhaal help verhelder.)
Die raam van die Freudiaanse psigologie
Die gegewe gebaseer op die filoscrfiese raam staan nie los van die psigolo-
giese nie. Die psigologiese word aangebied as 'diagnose' van die eksisten-
siële situasie. Sy angswekkende geboorte-ervaring 'die lewe in' laat homvoortdurend streef na 'n bevrydende 'hergeboorte' wat teen die einde dan
ook plaasvind.
In die volgende sin word die twee rame dan ook saamgevat: "Wie is ek,
Here, hoe het ek in hierdie vreemde land gebaar gekom?"Ook: "Waar is U, God van die mens? Wanneer het U ons afgesweer? Kyk
na almal wat nog aan hul naelstringe lê."
Omdat Diederik outentieke eksistent is, kan hy nie aansluiting vind by die
objektiewe werklikheid nie. Al waarmee hy hom werklik kan identifiseer, is
met vervangings van die werklikheid, want: basies ly hy aan die
‘geboortetrauma'
.
"The (Drototype of all later anxiety is the birth trauma.
The neonate is bombarded with stimuli from the world for which he is not
prepared and to which he cannot adapt. The baby needs a sheltered en-
vironment until his ego has had a chance to develop to the point where it
can master strong stimuli from the environment." (Hall -i- Lindzey 1970:
44)
Dit verklaar gedeeltes soos die volgende: "ons geslag is te gou van die moerlosgesny ... Ons is nie klaar gebore voor ons in die lewe gelos is nie."
132
"When the ego cannot cope with anxiety by rational methods it has to fall
back upon unrealistic ones". (Hall + Lindzey p 44) Diederik val dan ook
voortdurend terug na 'n staat van 'regressie' (een van die verdedigings-
meganismes deur Freud genoem). "In this case, a person who encounters
traumatic experiences, retreats to an earlier stage of development" (Ibid p.
49).
Daarom kry ons voortdurend die baarmoeder- en naelstringmotief. In hier-
die wêreld waarmee Diederik nie werklik kan identifiseer nie, ontvlug hy
voortdurend na soortgelyke toestande wat die fetus in die baarmoeder er-
vaar: geslote, donker ruimtes.
(Dis bloot interessant om hier op te merk dat die skrywer hier van 'fiksionele
vryheid' gebruik maak in die sin dat hy sielkundig 'n Freudiaanse 'diagnose'
aanbied wat saamhang met 'n eksistensialistiese filosofie. — Eksistensiële
psigologie ontken in der waarheid dat daar iets agter verskynsels lê wat hulle
verklaar of hulle verskynings veroorsaak. "Explanations of man's existence
in terms of a self, or an unconscious, psychic or physical energy, or forces
such as instincts, brain waves, drives, and archetypes are ruled out".) (Hall
+ Lindzey 1970: 557).
Die sei is vir Diederik 'n ontvlugting van die realiteit. "Alles is tydloos van
ewig af in hom. Maar alles is los, dryf naelstringloos in die heelal." (Hierdie
'vloeibare' bestaanstoestand sluit aan by die eksistensialisme). Die tronksel
laat hom veilig voel en stel hom vry van die spanning om outentieke eksis-
tent te wees. Daarom sê hy "stuur my terug sel toe" as hulle hom wil vry-
laat. Die basies angswekkende ervaring van die geboorte word dan ookherhaal as hy vrygelaat word. "Agter klap die tronkdeur toe. Dis of die
geluid hom lossny, of hy ru in die vryheid en lig en leegheid gegooi word."
'n Ander vorm van regressie is Diederik se terugkeer na die piaas. Maar die
huis is leeg en die enigste bewoner is 'n outa.
Die myn en die buitekamer is verdere simulasies van die voorgeboortelike
toestand. "Die myn word Diederik se toevlug van die eensaamheid, die
buitekamer sy skuilplek teen die myn. As hy uit die myn uitkom, is die daglig
"soos 'n klap in sy gesig". Die volgende gedeelte is 'n voorstelling van die
fetus aan die naelstring: "Die donker vaart van die hysbak laat hom voel
soos 'n prop wat aan 'n geweldige kurktrekker gehak is. En onder is iets watdruk, wat hom wil uitskiet, en bo, weet hy, is alles leeg."
A. Lindenberg (1975: 285) noem dat Diederik deur bepaalde handelinge die
onaangename ervaring van gebore te word, weer en weer herhaal. Sy sê
keer op keer onttrek hy hom aan die buitewêreld en keer op keer volg die
noodwendige aktiewe konfrontasie met die buitewêreld. Sy wys daarop dat
die herhaling van handelinge as psigologiese verskynsel saam met die
herhaling as ou tegniek van die woordkuns aan die werk 'n besonder hegte
strukturele eenheid verleen.
Ek dink dat eenheid veral verkry word deur die onderlinge skakeling van die
verskillende motiewe:
133
Die lewe-dood motief wat skakel met die hergeboortemotief(koringkorrel) wat skakel met die aarde as Almoeder en die son as
AlvaderGeleidelik word die aarde vir Diederik die oermoeder, die Almoeder. Die
dood kan dus beskou word as 'n soort opname in die ewige baarmoeder van
die aarde in.
Met bogenoemde in gedagte kan ons na die volgende kyk:
Die aarde, die natuur, word dwarsdeur die verhaal op 'n simpatieke,
'vroulike' manier uitgebeeld. Die nagwind op die trein "baai” sy voorkop.
"Sy kop lê teen die nag se bors." "Hy lê in 'n grasbed." Die natuur bied vir
hom ontvlugting van die eksistensiële situasie. Tussen mense word hy naar,
maar nie in die natuur nie. Die natuur 'voed' ook soos 'n moeder. Telkemale
word na melk verwys; hy pluk mielies, en "mieliemelk (spat) onder sy tande
uit in sy droë keelgat af." Hy grawe aartappels uit, en "asof die aartappel
die lewe is, steek hy dit heel in sy mond, en kou dit tot sap."
Onbewustelik neem Diederik die begrip van die aarde as moeder-voeder in
hom op.
Sy seksuele verhouding met Anina bring ontnugtering as hy nie op die wyse'n antwoord kan vind op sy eksistensiële probleem nie. Onbewustelik wil hy
van sy frustrasies en angste ontslae raak deur haar met sy moeder te pro-
beer 'vervang'. "A person gives up something that he really wants but can-
not have, and accepts something second or third best that he can have."
(Hall -I- Lindzey 1970: 47) Freud noem dit 'displacement'. "Die meisie staan
na hom en kyk. — Ma!" Hy kyk na haar "met 'n ou dors en onsekerheid".
(Op verskeie plekke in die boek word 'dors' met 'moedersmelk' verbind.) Nadie tyd is hy ontnugter en sê die meisie aan hom: "Ek weet dat jy nie gevind
het waarna jy in my gesoek het nie."
"Hy laat haar praat, luister totdat sy gaandeweg die skeiding in sy bewussyn tussen die
beeld van sy ma en haar gestalte volkome maak. Alle illusies is dood. Hy is alleen soos
aan die begin."
Dit was dus 'n illusie om te dink hy kan haar met sy moeder vervang.
Tog gaan die onrus in hom lê as Anina sê "Ek voel soos die aarde ..." Die
begrip van aarde as 'moeder-voeder' wat hy reeds onbewustelik in homopgeneem het, "maak sy gedagtes stil". Waarskynlik rig dit hom dan ookonbewustelik op die 'oplossing' teen die einde van die verhaal.
In bogenoemde kan ons sien hoe impliserend die skrywer te werk gaan. Die
beelde wat die skrywer reeds aangewend het van die aarde as 'moeder-
voeder', die feit dat Anina nie as 'vervanging' van sy moeder kan dien nie,
maar dán sê: "Ek voel soos die aarde ..." bring mens by die aarde as
substituut vir die moeder.En daarom Diederik se dood teen die einde: terug na die Moeder.Maar hierdie terugkeer na die Moeder is in der waarheid 'n inskakeling by 'n
groter kosmiese orde. Hiervan is die koringkorrel simbool: "Hand wat kor-
134
rels strooi. Reëntyd. Die korrel sterf ..." “Die korrel sterf en groei. Sterf en
staan op, lewe."
Hierdie gedagtes oor die koring kry Diederik as hy besig is om brood te kou.
Hierdie kou-aksie of eethandeling is ook 'n sleutelhandeling deur die boek.
Mens vra jou af: Waarom kom dit so dikwels voor? Dit moet betekenis hê.
Die antwoord vind ons in die Freudiaanse sielkunde waar 'eet' aangebied
word as 'n vermenging van lewe- en doodinstinkte: "The life and death in-
stincts and their derivatives may fuse together, neutralize each other, or
replace one another. Eating for example, represents a fusion of hunger and
destructiveness which is satisfied by biting, chewing, and swallowing
food." (Hall -I- Lindzey 1970: 40)
Die kou van kos is dus, nes die koringkorrel en die aartappel wat 'sterf' en
weer uitloop, tegelykertyd 'n vernietigende en 'n lewegewende handeling.
Freud se beskouing van die 'doodwens' is gebaseer op Fechner se besten-
digheidsbeginsel dat alle lewensprosesse neig om na die stabiliteit van die
anorganiese wêreld terug te keer. (Ibid p. 39) Die fyn kou van die gras dui
op Diederik se begeerte om van die organiese terug te keer na die
anorganiese. A. Lindenberg (1975: 297) sê hy leef met 'n intuïtiewe aanvoe-
ling vir die heel primêrste beginsels van organiese en anorganiese bestaan.
(Die intuïtiewe aanvoeling van die eksistensialis wat met sy hele wese 'voel'
en 'dink' en nie net met die rede nie?)
Freud sê lewende materie het ontwikkel deur die aksie van kosmiese kragte
op anorganiese materie. (Hall -t- Lindzey 1970: 39) Kan hierdie 'kosmiese
kragte' nie onder andere dui op die son nie?
In Diederik se begeerte om een te word met die anorganiese, met die aarde,
die Oermoeder, ("Hy wil oor die aarde lê. Sy lyf wil oor alle dinge span,
warm en vas. Hy wil soos water deur die aarde syfer, gedrink, gegryp worddeur die wortels van alle dinge") lê sy intuïtiewe wete dat die son op hierdie
anorganiese materie sal inwerk, en ook hy sal deel word van die ewige
hergeboortesiklus.
Ons het reeds gesien dat volgens Sartre se beskouing die son as God se oogbeskou kan word. Volgens Jung se "Symbols of Transformation"
(Lindenberg 1975: 301) het die son die gestalte van die Vader. "The visible
father of the world is the sun, the heavenly fire, for which reasons father,
God, sun and fire are mythologically synonymous."Die son kan dus fungeer as substituut vir Diederik se vaderbeeld nes die
aarde substituut is van sy moederbeeld. En, kan mens voorts sê, uit die in-
teraksie tussen vader en moeder, volg lewe. Of mens kan sê, die Son as
Diederik se Vader, as sy God, werk op die anorganiese materie in om lewe
te vorm. Daarom wil Diederik een word met die anorganiese, sodat hy her-
gebore kan word.
Diederik se soeke na God dwarsdeur sy lewe, vind dus uiteindelik sin in sy
sterfmoment as die Son op daardie oomblik struikel en kyk: God neem ken-
nis van die klein eksistent.
135
Diederik tree natuurlik nie op nadat hy alles, soos hierbo, logies uitgedink
het nie. Dit is 'n intuïtiewe wete en optrede a.g.v. sy eksistensialistiese
instelling. Ons sien dus dat die twee rame absoluut met mekaar geïntegreer
is. Betekenis tree ook slegs na vore omdat die simbole, soos die van die
oog, die son, die baarmoeder, die koringkorrel, impliserend op mekaar in-
werk. Ek dink dat hierdie roman nog nie na waarde geskat is nie.
Bibliografie
Butler, Christopher. 1984. Interpretation, Deconstruction and ideoiogy. Oxford; Clarendon
Press.
Du Toit, P.A. 1980. Die son struikel. Blokboek. Kaapstad: Academica.Hall, Calvin S. -i- Lindzey, Gardner. 1970. Theories ofpersonality. Second edition. NewYork:
John Wiley -i- sons.
Lindenberg, Anita. 1975. 'n Kentering in die Afrikaanse prosa rondom 1960. Doktorale proef-
skrif.
Macquarrie, John. 1982. Existentialism. Penguin Books.
Súckert, L.K. 1974. Die buitestaander in "Die son struikel". M.A.-verhandeling.
M.J. Prins
Hoogtepunte in die Afrikaanse verhaalkuns (byeen-
gebring deur A.P. Grové)
1. Leuens — C.M. van den HeeverDie beginsituasie van die geskiedenis waarop 'n verhaal gebaseer is, behels
dikwels 'n toestand van gebrek waarin een of meer van die akteurs 'n ver-
andering wil bring. (Vgl. Mieke Bal: De theorie van vertellen en verhalen,
1980; 31). Die verloop van die geskiedenis gee dan die proses van veran-
dering te sien wat, volgens bepaalde patrone, lei tot die eindresultaat, 'n
verbetering of 'n verslegtering ten opsigte van die beginsituasie.
Reeds in die eerste paragraaf van Leuens verneem die leser wat die toe-
stand van gebrek is waarin die sentrale akteur (Naomi) haar bevind: Terwyl
die winkelvensters vol mooi rokke is, is haar eie rok "al effens afgeslyt van
die dra". Hierdie materiële gebrek het 'n psigiese gevolg: dit skep verwy-dering tussen haar en ander mense: "sy moet skaam-skaam op die straat
kom". Sy is intens bewus van die verskil tussen haarself en 'ander'. Dit is
dan die situasie waarin sy by implikasie graag 'n verandering sou wou bring,
'n verbetering sou wou bewerkstellig.
In die tweede paragraaf word sy onverwags gekonfronteer met Olga, 'n ouvriendin: "Altyd as sy haar welgestelde vriendinne ontmoet, ( ) dan is sy
136
vaag verward en wil net wegkom voordat vrae oor haar huislike lewe
begin”. Naomi se eensaamheid is dus die gevolg van sosiale omstan-
dighede. As dogter van een van die rykste Vrystaatse boere het haar
huwelik met 'n onverantwoordelike man haar in 'n grenssituasie laat beland:
Sy leef op die grens tussen twee wêrelde: Die agterbuurt waar sy woon en
die rykmanswêreld van haar vriendinne.
'n Literêre teks ontstaan altyd binne 'n bepaalde maatskap/ike milieu, en
weerspieël direk of indirek aspekte van daardie milieu. Leuens kom uit die
bundel Vuurvlieg en sterre, wat in 1934 gepubliseer is. In sy Geskiedenis van
die Afrikaanse /iteratuur Band 2 gee J.C. Kannemeyer 'n interessante beeld
van die maatskaplike toestand onder die blanke Afrikaanssprekendes van
die vroeë dertigerjare. Sedert die twintigerjare het die Afrikaner toenemendgeïndustrialiseer geraak. Hy het die geldmag leer ken en die verandering in
lewenswaardes wat dit meebring.
Die Afrikanergemeenskap van hierdie tydperk is gekenmerk deur felle teen-
stellings en innerlike spanninge, onder andere dié tussen welgestelde
burger en bywoner. Daar was wesentlike, haas onoorbrugbare verskille
tussen die verskillende lae van die bevolking.
lets van hierdie maatskaplike toestand blyk uit Leuens, veral uit die feit dat
Naomi verplig voel om die belangstelling van haar eertydse vriendinne in
haar huislike lewe af te weer. Sy probeer Olga op 'n afstand hou omdathulle nie meer dieselfde sosiale sfeer deel nie. Daarom het sy ook die vriend-
skap tussen hulle reeds beëindig.
Vanuit 'n sosio/ogiese oogpunt beskou, is hierdie verhaal vir die blanke leser
van 1985 op 'n ironiese wyse aktueel: Dit weerspieël die situasie waarin baie
swartmense hulle vandag bevind: nie alleen is die swartmens vandag pynlik
bewus van die kloof tussen hom en die welvarende blanke nie, maar ookvan die kloof tussen swartes onderling.
Dit is nie slegs met haar eertydse vriendinne wat Naomi 'n versteurde ver-
houding het nie. Ook die verhouding tussen haar en haar man is alles-
behalwe bevredigend, want hy beskou haar as 'n "snob". Haar seuntjie is
aan die begin van die verhaal die enigste mens met wie sy 'n liefdevolle
verhouding het: "Sy soen hom en druk hom teen haar vas". Die buurvrou
met haar "blikstem" en sensasionele skindernuus stoot sy van haar wegomdat sy haar weersinwekkend vind en omdat sy op pad is om haar
afspraak met haar elegante "vriendin" na te kom. (Let op die ironiese lading
wat die leidmotief "vriendin" in die loop van die verhaal verkry). Naomi en
die ander personasies vorm deel van 'n samelewing waarin daar nie plek is
vir agtelosiges en dromers nie: die moderne geïndustrialiseerde samelewingmet waardes wat Olga verteenwoordig: nugterheid, praktiese aanleg en 'n
ingesteldheid op eie voordeel. In hierdie opset het "idealisme" 'n negatiewewaarde en die "droom" pas nie: dit word as "dwepery" afgemaak. Hierdie
teenstelling maak van Naomi 'n eensame figuur. Op ironiese wyse is die
ruimte om haar telkens egter vol mense en dinge — iets waardeur haar
137
isolasie beklemtoon word.
By Olga se diensmeisie en later by Olga self vermoed Naomi simpatie, in
teenstelling met haar man se onsimpatieke houding. Hierdie simpatie laat 'n
begeerte by haar ontstaan om eerlik te wees: alles te vertel, haar nood te kla
en troos te soek. Sy kom byna tot 'n aflegging van die leuen en daarmeesaam 'n verbetering in haar situasie: 'n opheffing van haar eensaamheid.
"Maar" (veelseggend) "sy sien die weelderige klere van haar vriendin en sy
swyg, verbouereerd en asof oorweldig". Hierdie reaksie van Naomi laat myas konkrete leser wonder of iets van haar man se beskuldiging dat sy 'n
"snob" is, nie tog waar is nie. ('n Snob is iemand met 'n oordrewe verering
van rykdom en sosiale stand). (Hier is 'n lekker onderwerp vir 'n klas-
bespreking: Is Naomi 'n snob of nie?) Ter versagting moet ek dadelik erken
dat sy eksplisiet deur die outeur gekarakteriseer word as 'n trotse mens, ie-
mand met 'n sterk onafhanklikheidsgees.
Die kloof tussen Naomi en Olga is die gevolg van sosiale faktore, maar ookvan 'n verskil in lewenshouding: Naomi het "'n vae hoop dat 'n wonder in
haar lewe sal gebeur" (95); Olga, daarenteen, kry uit die lewe "presies (...)
wat sy wil hê" (98). 'n Derde verklaring vir die skeiding tussen hulle is die
tyd'. "Tussen haar en haar vriendin lê 'n lang, diep kloof wat die jare geskep
het ...".
Ons mag egter nie vergeet dat dit alles hoofsaaklik Naomi se fokalisering
van haar situasie is nie. Ons moet in gedagte hou dat sy ook die situasie
verkeerd kan beoordeel. Haar beoordeling van die situasie is baie subjektief:
"Sy kan nie omskrywe wat hulle presies skei nie, maar sy weet dit".
Op ironiese wyse vergroot haar leuens die verwydering tussen haar en
haar "Vriendin": Wanneer sy die agterdogtige blik in Olga se oë sien, weetsy "in haar hart (...) dat dit tussen hulle twee vir ewig uit is". Dit is ookironies dat die eerlike en menslike reaksie van Olga die verwydering ver-
groot.
In die slotparagrawe kulmineer Naomi se eensaamheid in die onvriendelike
kommentaar van haar man en in die wyse waarop sy deur haar seuntjie
uitgelag word. Ook die feit dat sy "geen woord" sê nie bevestig finaal haar
eensaamheid. Naomi se situasie is aan die slot dus nog slegter as aan die
begin; gedeeltelik deur haar eie toedoen, aangesien sy die enigste moontlik-
heid van 'n verbetering ('n openhartige gesprek met Olga) self gekelder het.
2. Oom Karel neem sy geweer saam — J. van Melle
Soos in Leuens, het ons aan die begin van Oom Karel neem sy geweer saamte doene met 'n toestand van gebrek.
In oom Karel se geval is dit egter eerder 'n psigologiese (die probleme vandie ouderdom) en religieuse (die Bybelse voorstelling van die Hiernamaals)
problematiek wat vir hierdie situasie verantwoordelik is.
Aan die begin van die verhaal word die leser meegedeel dat oom Karel 'n
gevoel van innerlike leegheid ervaar, "'n droefenis om dinge wat ontbreek".
Hy beleef die gevoel van leegte en eensaamheid wat dikwels die lot is van
die oumens. Van sy kinders voel hy vervreemd; sy vrou en sy ou jag- en
krygsmakkers is almal dood en weg. Soos in die vorige verhaal is dit ook die
werk van "die jare wat wond, verbreek en verouder". Maar dit is nie alleen
die voortskrydende tyd wat vir oom Karel 'n probleem is nie; ook die sikliese
dinge in die skepping maak hom moeg en bied geen oplossing vir sy be-
staanskrisis nie. Let op hoe die statiese, die doelloosheid en die leegheid
van oom Karel se bestaan deur die talle herhalings aan die begin van die
verhaal gekommunikeer word.
Sy herinneringe aan die vedede skep by oom Karel die verlange om weer die
Bosveld te sien. Hy wil nog een keer gaan ry waar hy vroeër dikwels gaan
skiet het, "alleen met sy gedagtes aan sy ou jagmaats". Oom Karel sien dus
in so 'n ruimtelike terugkeer 'n moontlikheid van verandering en verbetering
in sy situasie, 'n soort terugkeer in die tyd.
Wat die toekoms betref, is daar vir oom Karel as gelowige mens natuurlik
die vooruitsig van die hemel as 'n verbetering op sy huidige situasie. In hier-
die verband het oom Karel egter 'n religieuse probleem: Omdat hy wil hê dat
sy toekoms soos sy verlede moet wees, sal die hemel soos die Bosveld moetwees. (As lesers van 1985 weet ons natuurlik ook waarom: tyd en ruimte is
'n onlosmaaklike eenheid.) Hy wil ook dáár kan jag. Hierdie moontlikheid
word egter deur die predikant die nek ingeslaan.
Ná sy gesprek met die predikant keer oom Karel terug na die vorige
moontlikheid tot 'n verbetering in sy situasie: 'n terugkeer na die aardse
paradys wat hy eenmaal geken het. Ás hy dan nie sy geweer kan saamneemhemel toe nie, ry hy Bosveld toe en neem twee saam. (Let op die fyn humorvan hierdie gegewe.) Sy besoek aan die Bosveld bring dan ook inderdaad
aanvanklik 'n verbetering teweeg: oom Karel voel homself 'n ander mens.Maar gou blyk dit egter dat die voortskrydende tyd ook hierdie ruimte
aangetas het: Die skietveld van 'n vroeër is tog 'n teleurstelling, want wild
het uiters skaars geword.Desperaat trek oom Karel al dieper die Bosveld in "tot waar dit amper soosvroeër word". Hy slaag dus byna daarin om via die Bosveldruimte sy
paradyslike verlede te herstel. Dan begin die toekoms hom egter weer kwel:
die Hiernamaals wat vir hom voorlê. Die toekoms móét eenvoudig vir hom'n herstel van die verlede wees: Die hemel moet soos sy aardse paradys van
vroeër wees.
Vir hierdie probleem vind oom Karel uiteindelik 'n oplossing, een waartoedie mens van alle eeue nog altyd sy toevlug geneem het: die droom. Hybegin drome droom en gesigte sien van 'n seëvierende toekoms ná sy dood.
Hy skep sodoende sy eie, persoonlike mite. So raak hy versoen met sy
toekoms. Dit sal een wees waarin hy nog sal kan veg, want in die hemelwoed die stryd teen die Bose. En in sy droom transformeer hy die hemel tot
'n soort Bosveld wat honderd keer vergroot is. Al sy ander jagmaats is weerdaar. Sy geweer sal hy kan saamneem. En die Bybelse hemel kry ook 'n
139
plekkie in sy mite, nl. as loon op die stryd teen die bose.
"Dog die winter gaan verby; die warmte kom". Die veranderende ruimte
maak oom Karel weer eens bewus van die eise van die wentelende tyd. Hymoet terugkeer na sy kinders. In sy sterwensoomblikke sien hy vir oulaas 'n
visioen van sy eie 'hemel', die 'slagveld' van die Hiernamaals waarin sy
verlede volkome herstel sal wees. In sy sterwensdroom vloei sy krygsmans-
verlede en sy hemeltoekoms saam. Dit stel hom in staat om in vrede te
sterf.
Aan die slot van Oom Karel neem sy geweer saam het die sentrale per-
sonasie die aanvangsituasie volkome getransendeer.
3. Gee my 'n bod vir die eseltjie — Eitemal
'n Narratiewe teks (d.w.s. 'n teks waarin iets vertel word) bestaan basies uit
twee elemente: 'n geskiedenis (of 'storie') en 'n verhaa! (d.w.s. 'n sekere
manier waarop die storie vertel word). Die geskiedenis behels dus die
gebeurtenisse waaruit die verteliing bestaan. Gebeurtenisse veronderstel
natuurlik weer akteurs (karakters), 'n tyd en 'n plek. Die verhaal behels weerdie spesifieke manier waarop hierdie elemente georden is. Hierdie ordening
geskied weer op grond van 'n bepaalde visie. Die verteller vertel die
geskiedenis vanuit 'n bepaalde gesigspunt. Op dié wyse 'bewerk' hy die
geskiedenis en deur hierdie 'bewerking' word die leser gemanipuleer. Die
verteller wil hê sý visie moet ook die leser s'n word. Die wyse waaropgebeurtenisse, akteurs en objekte in 'n verhaal gefokaliseer word, gee vir
die leser 'n aanduiding van die bedoelde effek (of perlokusie).
Die eerste paar sinne van Gee my 'n bod vir die eseltjie laat die leser dadelik
besef dat hy hier met 'n gemoedelike teks te doen het. Die woordgemoedelik word hier geensins negatief gebruik nie, maar in die sin van"lughartig, opgeruimd, gesellig, informeel" (vgl. HAT).Vir oom Thys Vermeulen (die sentrale karakter) was die lewe nog altyd 'n
spel. Hiervan is reeds sy bynaam (aspaai is 'n wegkruipspeletjie) 'n aan-
duiding. Selfs die Engelse oorlog was vir hom 'n aspaaispeletjie met die
Engelse. Ons kan oom Thys dus 'n speelse mens (d.w.s. iemand wat lief is
vir speel) noem. Speelsheid is dan ook die basiese kenmerk van Gee my 'n
bod vir die eseltjie as verhaal.
Oom Thys se bynaam is die eerste van 'n hele reeks in die verhaal: oom JanMatjiesfontein, oom Soois Sosatie, oom Wielietjies de Waal ens. Reedsdeur hierdie byname verleen die verteller iets gemoedeliks aan sy karakters.
(Afgesien daarvan dat die sosio-kulturele konteks van die verhaal natuurlik
hierdie gebruik van byname veronderstel).
Maar ook die gebeure van die verhaal berus natuurlik op 'n soort weg-kruipspeletjie met die susters van die gemeente (en in besonder met die
dominee se vrou en die magistraat s'n, van alle mensel), met tant Mynie,
met oom Jan Matjiesfontein en die ander mans by die basaar en uiteindelik
selfs met die Ontvanger van Inkomste.
140
Speelsheid word ook deur die taalgebruik gekommunikeer. Veral oom Thys
speel met die taal: "... ek sien sommer julle monde staan soos orrelfonds",
"ek loer deesdae Imet my gedagte, my hart is nie meer in my loer soos in die
dae toe ek nog sewentig was nie", "Dis 'n stamboekvroumens daardie,
vurig en fyn geteel soos 'n reisiesperd", "Kom, storie nou op jou tjekboek",
ens.
Die eksterne fokalisator doen mee aan die spel met die taal. Die gemoede-like van sy fokalisering blyk telkens uit dié taalspel: Let byvoorbeeld op die
talle verkleinwoorde (waarvan die eerste reeds in die titel voorkom): been-
tjies, buitjie, skrikmakertjie, mielietjies, vlaggie, klok-kloklaggie, ens.
Die vergelykings wat die verteller gebruik, dra verder by tot die gemoede-likheid van die fokalisering: "... soos 'n bantam wat onverwags 'n deps gelê
het", "oom Thys se grysblou oë (is) blink en rond soos albasters", "OomJan het die woord uitgespoeg soos mens 'n pypoliepil uitspoeg", "Bieljam
het soos 'n weeshuiseseltjie ... in die halwe kring gestaan", "Koos Kekkel het
sy rympie, soos 'n hen wat hakkel, herhaal", ens. Hierdie komiese vergely-
kings satiriseer en banaliseer die persone, objekte en gebeurtenisse wat dit
spesifiseer.
Ook op ander maniere word daar met die taal gespeel: deur vreemdewoordvorme (langtanderig, voor-op-die-waerig, vervieslik); deur
klanknabootsing (gesoem, sirrr!, tip-tip-tip); deur ongerymde samevoe-gings (karkoerskyfhoedjie, stamboekvrou, stamboekeseltjie, weeshuisesel-
tjie); inkongruente kombinasies van adjektiewe en selfstandige naam-woorde (opgewipte swygsaamheid, uitbundige kraaklaggie, springbok-
spoortjie rooisel); en deur alliterasie (c/uur c/ierasie van 'n c/onkie, fíieljam
was opgetooi soos 'n /jruidegom met /jIou linte ...).
Gee my 'n bod vir die eseitjie is miskien nie juis 'n hoogstaande literêre werknie, maar in sy eie reg is dit 'n geslaagde vertelling en dit kan dien as bewysdat "gemoedelike lokale realisme" nie as sodanig uit die bose hoef te weesnie.
4. Kinders in die skemer — Elise Muller
Soos ons reeds opgemerk het, gee die verloop van 'n geskiedenis ('storie')
'n proses van verandering te sien. Hierdie proses lei dan tot 'n eindresultaat
wat 'n verbetering of 'n verslegtering t.o.v. die beginstadium kan behels.
Die geheelproses van verandering is weer opgebou uit kleiner prosesse wateweneens verbeterings- of verslegteringsprosesse kan wees. Dikwels wordfelle ironie geskep wanneer 'n tydelike verbeteringsproses byvoorbeeld in-
gebed is in 'n verhaal wat in sy geheel uit 'n verslegteringsproses bestaan,
of andersom. Die verslegteringsproses word dan in die eersgenoemde geval
slegs tydelik vertraag deur die verbeteringsproses.
Kinders in die skemer is die verhaal van 'n verslegteringsproses. Dit blyk
baie duidelik wanneer ons die slotparagraaf met die begin van die verhaal
vergelyk. Aan die begin is die dood vir Ina en vir Bets iets wat "anderkant
141
die rante van ons lewes” is. Aan die einde vlug hulle met die ''vernietigende
sekerheid dat vlug ons nie sal baat nie. Hierdie angs lê ons nooit af nie.
lewers, eenmaal, wag die skaduwee ons ook in".
Aan die begin van die verhaal is die kerkhof (die ruimte wat konvensioneel
by uitstek met die dood en verganklikheid geassosieer word,) vir die kinders
'n oase, 'n park, 'n kunsgalery en 'n plek van vermaak. Dit is vir hulle 'n
soort paradys; trouens, dit dien as plaasvervanger vir die veldparadys met
sy koekemakrankas en gousblomme. Maar reeds in hierdie eerste fase
word die komende verslegtering deur middel van antisipasies (vooruitwy-
singe) aangedui, veral gesinjaleer deur die herhaalde nogr-konstruksie:
''Want ons was gelukkige jong kinders oor wie se gesigseinder die doodnog nie sy skaduwee opgewerp het nie”. (Ek kursiveer telkens) "Diep in ons
harte het iets geroer wat nog verborge en naamloos daar geskuil het”. "Die
dood was nog anderkant die rante van ons lewes ...”. Die uiterste punt van
hierdie dreigende verslegtering word ook reeds in dié eerste verhaalfase
aangedui: Die besef van verganklikheid wat die verteller as volwassene
klaarblyklik ken en waarvan die angs wat hy as kind ervaar het, slegs 'n
voorstadium was.
Die dood van Lettie se pappie is die gebeurtenis wat hierdie proses aan die
gang sit. Dit laat hulle vir die eerste keer die betekenis van die woord'verganklikheid' verstaan. Meneer De Vries se dood beteken dat hy "nie
weer (sal) tennis speel nie, hy sal niemand weer bestraf oor papiere watrondwaai nie”.
Die kort derde afdeling van die verhaal word in sy geheel gewy aan 'n fokali-
sering van die verslegtering wat meneer De Vries se dood tot gevolg gehadhet. In die eerste sinne van die eerste twee paragrawe dui die uitdrukkings
"af en toe” en "hierdie keer” dié proses aan. Bets 'vertaal' egter haar
skielike besef van die verganklikheid van die mens as 'vrees': "Met wydoopoë hou ek wag teen die vrees. Dat Meneer nie weer sal skoolhou nie ... (...);
dat hy hierna nooit weer in sy tennisklere sonder om te klop die voordeur sal
oopdraai (...) nie (...)”.
Op tipies kinderlike wyse ervaar Bets die dood aanvanklik slegs as 'n ont-
wrigting van die normale: Daar is geen klasse nie; niemand kom laat nie;
hulle weet nie wat Lettie doen nie — sy het 'n vreemdeling geword, iemandvir wie hulle nie wil ontmoet nie. Hulle vader beveel hulle om "'n bietjie by
Lettie (te) gaan gesels”. Hierdie opdrag 'vonnis' hulle tot simpatiebetuiging.
Ook hierdie probleem is egter 'n neweproduk van hulle eerste nadere
kennismaking met die dood, 'n uitvloeisel van hulle kinderlike onvermoë omdie dood werklik te ervaar vir wat dit is.
Wanneer hulle reeds op pad is na Lettie se huis, ervaar hulle kort na mekaartwee ontstellende antisipasies wat progressief die moontlikheid van 'n kon-
frontasie met die dood-as-verganklikheid inhou: (a) dat Lettie se moeder(wat langs die dooie gelê het) hulle self sal ontvang en (b) dat die kis in die
huis sal staan. Die tweede verwagting word egter gou verdryf deur die oor-
142
tuiging dat die lyk immers in die lykshuisie behoort te wees. Hierdie troos
behels egter slegs 'n ironiese verbetering in hulle situasie, soos ook die ont-
dekking dat Lettie óók nie verdrietig is nie: "Ter elfder ure is die vonnis ver-
sag". Lettie se mededeling dat haar vader se lyk wél in die huis lê, bring die
werklikheid van die dood egter angswekkend naby. Ook wanneer hulle
agterkom dat tant Johanna besig is om Lettie se rouklere te maak, "gee die
angs (die faktor wat die finale en uiterste verslegting behels MJP) 'n klein
plukkie aan die hart".
Deur hulle gesprek oor die boek wat Lettie gaan skrywe hang die drie vrien-
dinne weer eens 'n tipies kinderlike gordyn voor die lelike gesig van die
dood. Tant Maggie se voorstel dat hulle vir oulaas na hulle "liewe meneer"
moet kom kyk, ruk egter opeens die gordyn op 'n ruwe wyse weg en lei tot
'n finale, onherroeplike verslegtering in hulle bestaan as mense: "Hierdie
angs lê ons nooit af nie". Let op die subtiele geladenheid van die gordyn- en
deursimbole in die slotparagrawe van die verhaal.
5. Ek het jou gemaak — Jan Rabie
Ons het in hierdie verhaal nog eens te doene met 'n verslegteringsproses
waarin die dood 'n rol speel. In Oom Kare/ neem sy geweer saam transen-
deer oom Karel die dood met behulp van 'n eie, persoonlike mite. In Kinders
in die skemer vlug die kinderkarakters radeloos terwyl hulle besef dat daar
vir hulle geen ontkoming is nie. En in Ek het jou gemaak word die doodgetransendeer in die koorsdroom van 'n waansinnige ingenieur wat self die
tyd, plek en aard van sy sterwe kies.
Ek het jou gemaak is 'n veel digter teks as Kinders in die skemer. Dit is nie
alleen korter nie maar (mede as gevolg daarvan) ook meer gelade, meergekonsentreerd. Ons het daarom ook nie hier die rustige ontplooiing van die
verslegteringsproses wat ons in die vorige verhaal gehad het nie. Wanneerdie verhaal begin, het die verslegtering reeds ingetree. Die vroeëre (goeie)
toestand kry die leser slegs te siene in die retroversies (terugverwysinge) in
die loop van die verhaal. Hierdie vroeëre idilliese toestand kontrasteer skerp
met die huidige situasie in die verhaal, 'n situasie wat — vanuit 'n 'normale'
perspektief gesien — nog verder versleg in die loop van die verhaal.
Die wasbeeld wat ingenieur Jacobs van sy vrou gemaak het, sit elke aand
"op haar gewone plek" aan die tafel. Hierdie ruimtelike herstel moet dien as
'n katalisator om 'n tyd-like herstel te bewerkstellig, 'n ophef van die tyd en
'n herstel van die verlede. "Soos voorheen" praat Jacobs dan ook met sy
'vrou'. Maar: die stuk breiwerk in haar hande kan "nooit meer" beweeg nie— 'n implisiete verwysing na 'n vroeëre toestand toe dit wel moontlik was.En wat meer is: "Net nou het sy nooit geantwoord nie". Voorheen het sy
dus geantwoord — dit was die situasie voor die verhaal begin het, dit is deel
van die vertelde tyd (die tyd-van-die-geskiedenis).
Jacobs self was ook vroeër in 'n beter toestand: Hy het in sy werk belang
gestel en oor energie beskik. Hy het vriende gehad en hulle besoek. Maar
143
die mees idilliese aspek van hierdie vroeëre toestand was die gesprekke met
sy vrou, "wat hom altyd laat voe! het asof blomblaartjies oopvou in sy
hart". Dit is veral in hierdie opsig dat sy situasie versleg het: sy vrou praat
nie meer met hom nie en daarom begin hy 'n robot bou om die stilte te help
verdrywe. Hy wil dus 'n verbetering in sy situasie probeer bewerkstellig.
Hierin slaag hy oënskynlik aanvanklik: Met Andries, die robot, kan hy weer
onder die ete gesels soos vroeër met sy vrou.
Al gou blyk egter dat die verkreë verbetering slegs skyn was: Die
stereotiepe 'gesprekke' met Andries laat Jacobs in woede uitbars. Trouens,
nie alleen slaag hy nie daarin om die verbetering te verkry waarna hy strewe
nie — hy word self slagoffer van 'n verslegtering: Sy eie spraak raak
aangetas. Eers boots hy die robot se monosillabiese spraak spottend na;
later verval hy "in gesprek met die robot onbewus in dieselfde stotterende
monosillabes" ... Met sy 'vrou' het hy opgehou praat — selfs die i/lusie van
'n substitusie het hy nou laat vaar. In die plek van sy vroeëre afhanklikheid
van sy vrou het nou 'n afhanklikheid van die robot gekom: "Nou kon hy nie
meer verdra om Andries lank uit gesig te verloor nie".
Jacobs se eie verslegtering vorm 'n ironiese kontras met sy pogings om die
robot te verbeter. Terwyl hy daarna strewe om die robot 'lewendig' te
maak, groei die "wilde koorsglans" in sy oë aan en raak hy maer en
uitgeput. In sy waansin het hy die aanvanklike doel van sy strewe heeltemal
vergeet en het daar nou iets anders in die plek daarvan gekom: Om "tot in
alle ewigheid" beroemd te wees. Wanneer 'n "koppige vriend" aan die
voordeur klop, ignoreer hy dit. Die leitmotief vriend gryp terug na die "ouvriende" van die vierde paragraaf en sinjaleer die feit dat Jacobs nou finaal
gebreek het met die verlede.
Aan die slot van die verhaal pleeg Jacobs selfmoord met behulp van sy
robot. Die ideale leser besef: Dit is die finale fase in die vers/egteringsproses
waaruit die fabel van die verhaal bestaan. Uit die oogpunt van die waan-sinnige Jacobs as interne fokalisator gesien, is dit egter die hoogtepunt in
sy strewe na 'n verbetering in sy situasie: Dit word aangedui deur die leit-
motief triomfantelil< in die slotparagrawe. Vir hom is die robot nou sy
oorlede vrou en 'trou' hy weer met haar. Nog meer — hy beskik nou se/foox
lewe en dood, en daarom word sy "triomfantelike glimlag" in die slotsin 'n
"hooghartige glimlag". In teenstelling met oom Karel en met Bets en Ina
transendeer ingenieur Jacobs (as verpersoonliking van die eksistensialis-
tiese lewenshouding van die Nuwe Tyd) die dood deur dit self te /r/es.
6. Bos — Chris Barnard
'n Narratiewe (verhalende) teks bestaan gewoonlik uit drie tekssoorte:
gedeeltes waarin prosesse (of gebeurtenisse) weergegee word, gedeelteswaarin objel<te (karakters en sake) beskrywe word en gedeeltes waarinalgemene uitspra/<e gemaak (betoog) word. As ons wil weet wat 'n teks sê,
moet ons al drie hierdie tekssoorte en veral hulle verhouding tot mekaar
144
analiseer. Die betogende teksgedeeltes bevat dikwels eksplisiete informasie
oor die ideologie van 'n teks. Maar hierdie eksplisiete uitsprake kan (en
word dikwelsl) in die ander teksgedeeltes geïroniseer of weerspreek.
Daarom is dit noodsaaklik dat ons die verhouding tussen die drie tekssoorte
binne 'n teks sal ontleed om vas te stel wat die 'boodskap' van 'n narratiewe
teks is.
In Bos is daar opvallend min eksplisiet betogende gedeeltes. Tog is die een
of twee wat daar wel is, besonder belangrik. So staan daar: "Vreemd, en
miskien selfs 'n bietjie komieklik, dat 'n mens om die een of ander rede
begin vlug, sy hele lewe instel op dié vlug, hom uiteindelik geheel en al
toewy aan die vlug — só toewy daaraan dat hy op die duur vergeet wat die
oorsaak was van alles". Nog so 'n algemene uitspraak is die volgende: "...
'n mens se geheue, as hy ouer word, verloor sy skerpte".
Die interne fokalisator (verteller) van hierdie verhaal is 'n ou man wat sekere
dinge goed onthou en ander dinge vergeet het. So het hy vergeet wat die
oorsaak was van sy lewenslange vlug vir Kirst. Omdat dit die geval is, wordKirst 'n simbool van dit waarvoor die mens oor die algemeen vlug. Die
verteller self word dan ook simbool van die mens oor die algemeen. In Bosword die lewe van die mens gefokaliseer as 'n toestand van vlug. Die
vlugmotief wat ons in Kinders in die skemer teengekom het, word dus in
hierdie verhaal voortgesit en tot 'n uiterste gevoer. Hierdie man vlug nie
slegs vir die dood nie, maar ook vir homself (of sy ander ek, sy alter ego),
sowel as vir God (in die persoon van Christus). Hierdie gegewe word onder-
steun deur die narratiewe en beskrywende teksgedeeltes van die verhaal.
Die interne fokalisator vlug vir homself: Daarom is Kirst se eerste woordetelkens: "Dis jy ...". Die identifikasie tussen hom en Kirst is so sterk dat hy,
wanneer hy (tydens een van Kirst se 'verskonings') sy kop skud, aanvanklik
nie kan besluit of dit hy self of Kirst is wat beweeg nie. Verder word hulle
albei as ou mans beskrywe: Kirst het 'n "verrimpelde voorkop, yl hare, hol
wange met stoppelbaard, tandelose rosyntjiemond". Die verteller op sy
beurt is iemand met verslapte borsspiere, prominente skouerknoppe, skerp
elmboë, wit dye en blou are op die hande.
Tweedens vlug die interne fokalisator vir die dood. Dit blyk uit 'n narratiewe
gegewe soos die swart Beretta wat Kirst op hom rig. (Swart is bowendien'n konvensionele simbool van die dood.) Verder kyk hy na die verteller se lyf
soos na 'n klip (d.w.s. soos na 'n dooie objek). Dat Kirst die dood sim-
boliseer, blyk ook uit beskrywende teksgedeeltes. Die stilte waarin hy kom,word byvoorbeeld gefokaliseer as "die dooie uur waarin 'n mens begin ver-
moed dat selfs die son iewers vasgesteek het". (Ek kursiveer. Let ookdaarop dat die son 'n simbool van die lewe is.) Die ontmoeting met Kirst
word as doodeenvoudig gefokaliseer, waardeur hierdie uitdrukking
verletterlik word tot "so eenvoudig soos die dood". Die verteller het gedink
hy sal “doodstil bly staan as hy (hom) sien". (Letterlik: "stil soos iemandwat dood is").
145
Dat Kirst die dood en vergankHkheid verpersoonlik, word ook deur sekere
ruimtelike gegewens gesimboliseer: Die kamer in Luanda het krake in die
mure gehad. Die stasietjie in die Karoo was koud. Die man met die vlag in sy
hand het 'n vers/ete uniform gedra. In Beira antisipeer hy Kirst tussen die
dooie vis-oë. Wanneer hy in die agterwerf staan en kyk hoe twee bantams
onder 'n verskrompelde suurlemoenboompie skrop, verskyn Kirst ineens.
Wanneer Kirst oor die werf aankom, ruik die móre na herfsgras. Terwyl die
verteller besig is om in die rivier te was, gaan die son onder.
Kirst is ten slotte 'n simbool van Christus-as-God. Dit blyk uit 'n narratiewe
gegewe soos dat hy klaarblyklik nie aan tyd of ruimte gebonde is nie: Hyverskyn op verskillende tye en op verskillende plekke "vir die eerste keer".
Verder is hy die persoon wat die straf moet uitdeel waarop die verteller wag.
Let ook op die funksioneel-dubbelsinnige gebruik van die woord God 'm die
retoriese uitroep: "God, jy het oud geword, Kirst!" In hierdie verband is ook
die gegewe van die verteller se "verbitterde gebed" van belang.
Die naam Kirst sinspeel natuurlik reeds op die naam Christus. Daar is egter
ook ander deskriptiewe elemente wat aandui dat Kirst 'n Christus-figuur is:
Die verteller fokaliseer sy uiteindelike konfrontasie met hom as 'n
"godverlate oomblik". Die adjektief godverlate word ook in verband ge-
bring met die "wit pleintjie in Zanzibar" — een van die plekke waar die
verteller hom verbeel het dat hy Kirst sien. Verder word Kirst ook gefoka-
liseer as 'n “eensame gestalte"; hy het 'n blink gesig (let op hoe angsvallig
die verteller probeer om 'n natuurlike verklaring hiervoor te gee: "En hy ver-
skyn — sy gesig nat van die sweet. Dis reg: sy gesig blink van die sweet");
hy het oë wat deur alles kyk.
Christus is natuurlik nie net Regter nie, maar ook Redder en Bron van her-
geboorte. Ook in hierdie gegewe word deur 'n aantal deskriptiewe
gedeeltes in die teks gekommunikeer. In die eerste plek is daar die adjektief
broeiend wat twee keer voorkom: Eerstens in die fokalisering van die
hotelkamer in Luanda en tweedens in die beskrywing van Kirst se reënjas.
Binne die konteks en in verband met die Christus-gegewe gelees, verkry
hierdie woord 'n funksionele dubbelsinnigheid: Dit beteken nie bloot
"benoud warm" nie maar suggereer ook die idee van iets wat "aan die
kom" of "in wording" is en van geboorte. Dit is dan ook besonder veel-
seggend dat die móre (self simbool van nuwe lewe) vir die verteller ook na
kiewieteiers ruik: Die eier is juis simbool van nuwe lewe en in die Christelike
tradisie selfs van opstanding uit die dood (vergelyk die paaseier). As bronvan nuwe lewe behoort die kiewieteiers bowendien tot dieselfde kategorie
as die mangopitte wat die swartvroue in die son droogmaak. Ten slotte
staan ook die beskrywing van die grond as klam en die nag as nat in ver-
band met die idee van vrugbaarheid en nuwe lewe.
146
Verwysings
1. Bal, Mieke, 1980. De theorie van vertellen en verhalen. Tweede, hersiene druk.
Muiderberg: Dick Coutinbo.
2. Botha, Elize en N. J. Snyman, 1979. Hoogtepunte in die Afrikaanse verhaalkuns. Reuse-
blokboeke, RB4. Pretoria — Kaapstad; Academica.
3. Brink, André P. Jan Rabie se 21. Blokboek 23. Pretoria — Kaapstad: Academica.
4. De Vries, Abraham H. 1983. Kortom. Gids by die Afrikaanse Kortverhaalboek. Tweedeuitgawe. Pretoria — Kaapstad — Johannesburg; Academica.
5. Jonckheere, W.F. 1982. Van Melle se kortverhale. Reuse-blokboeke, RB17. Pretoria —Kaapstad — Johannesburg: Academica.
6. Smuts, Ria, 1982. Duiwel-in-die-bos. Blokboek 40. Pretoria — Kaapstad — Johannes-burg: Academica.
147