3
3. KHOIKHOI: Herder-jagters Inleiding Die Khoikhoi was 'n volk wat eintlik bestaan het uit verskillende stamme. So was byvoorbeeld die Strandlopers van wie ons al geleer het, 'n groep binne die Khoikhoi volk. Die Khoikhoi was langer en groter as die San en ook nie so lig van velkleur me. Hul leefwyse was ook heel anders as die San en dit het baie keer tot botsings gelei. Die woord Hottentot was die Blankes se naam vir die Khoikhoi en dit is afgelei van hul taal wat vir die Europeërs maar hortend in die oor geklink het, soos hot-en-tot. Khoikhoi is die naam wat hulle hulself genoem het, en in hul taal beteken dit "manne van die manne". Dit was hulle manier om aan te dui dat hulle hulself beter geag het as die jagtersvolk die San. Voedsel Die Khoikhoi was veeboere. Die beeste en bokke wat die Khoikhoi aangehou het was nie eintlik bedoel vir vleis nie, maar vir melk. Net wanneer 'n bees of bok seergekry het of oud en siek geword het, is dit geslag en die vleis geëet. Hulle het melk laat suur word voordat hulle dit gedrink het. Die vrouens het ook 'n soort wyn gemaak van heuning, en dit is meestal om die kampvuur saans gedrink. Die mans se werk was om te jag. Hulle het meestal wild gevang met valstrikke en het ook honde aangehou wat dan gehelp het met die jag. Behuising Omdat die Khoikhoi vee aangehou het was hulle daarom baie meer aan `n plek gebonde. Wanneer hulle wel getrek het, was dit uit noodsaak omdat die weiding en water vir hul vee opgeraak het. 'n Mens kan sien aan die soort hutte wat die Khoikhoi gebou het, dat hulle nie so nomadies as die San was nie. Die hutte het bestaan uit 'n raamwerk van hout (latte) wat bedek is met matjies (dun riete wat aanmekaar gevleg en vasgebind is). Hierdie hutte kon maklik opgeslaan word, maar was definitief stewiger as die skerms van die San. Die hutte is in 'n kring opgeslaan met 'n kraal van takke in die middel, dit het die vee beskerm teen wilde diere en ook teen diefstal. Die vleg van die matjies was die vrouens se werk. Daarmee saam het hulle ook die hutte gebou, veldkosse versamel en water gaan haal. Hulle het ook kalbasse gesoek waarin die melk gebêre kon word.

3. KHOIKHOI: Herder-jagters - christelikemedia.org · gemaak, wat in die winter met die wollerige kant na binne gedra is, en in die somer met die gladde kant binnetoe. Die kaptein

Embed Size (px)

Citation preview

3. KHOIKHOI: Herder-jagters Inleiding Die Khoikhoi was 'n volk wat eintlik bestaan het uit verskillende stamme. So was byvoorbeeld die Strandlopers van wie ons al geleer het, 'n groep binne die Khoikhoi volk. Die Khoikhoi was langer en groter as die San en ook nie so lig van velkleur me. Hul leefwyse was ook heel anders as die San en dit het baie keer tot botsings gelei. Die woord Hottentot was die Blankes se naam vir die Khoikhoi en dit is afgelei van hul taal wat vir die Europeërs maar hortend in die oor geklink het, soos hot-en-tot. Khoikhoi is die naam wat hulle hulself genoem het, en in hul taal beteken dit "manne van die manne". Dit was hulle manier om aan te dui dat hulle hulself beter geag het as die jagtersvolk die San. Voedsel Die Khoikhoi was veeboere. Die beeste en bokke wat die Khoikhoi aangehou het was nie eintlik bedoel vir vleis nie, maar vir melk. Net wanneer 'n bees of bok seergekry het of oud en siek geword het, is dit geslag en die vleis geëet. Hulle het melk laat suur word voordat hulle dit gedrink het. Die vrouens het ook 'n soort wyn gemaak van heuning, en dit is meestal om die kampvuur saans gedrink. Die mans se werk was om te jag. Hulle het meestal wild gevang met valstrikke en het ook honde aangehou wat dan gehelp het met die jag. Behuising

Omdat die Khoikhoi vee aangehou het was hulle daarom baie meer aan `n plek gebonde. Wanneer hulle wel getrek het, was dit uit noodsaak omdat die weiding en water vir hul vee opgeraak het. 'n Mens kan sien aan die soort hutte wat die Khoikhoi gebou het, dat hulle nie so nomadies as die San was nie. Die hutte het bestaan uit 'n raamwerk van hout

(latte) wat bedek is met matjies (dun riete wat aanmekaar gevleg en vasgebind is). Hierdie hutte kon maklik opgeslaan word, maar was definitief stewiger as die skerms van die San. Die hutte is in 'n kring opgeslaan met 'n kraal van takke in die middel, dit het die vee beskerm teen wilde diere en ook teen diefstal. Die vleg van die matjies was die vrouens se werk. Daarmee saam het hulle ook die hutte gebou, veldkosse versamel en water gaan haal. Hulle het ook kalbasse gesoek waarin die melk gebêre kon word.

Besittings Die Khoikhoi se belangrikste besittings was hul wapens. Hulle het nie die wapens gebruik vir oorlog soos ons vandag wapens sou gebruik nie - maar om hul vee en weivelde te beskerm. Dit is ook hoekom hulle die San met geweld verjaag het, wanneer een van die jagters dalk 'n Khoikhoi se bees of bok aangesien het as wild en dit geskiet het. Die Khoikhoi se wapens het bestaan uit knopkieries, strydbyle en assegaaie wat hulle alles baie goed kon gooi. Hiermee is ook gejag en doodgemaak. Hulle het ook soms pyle en boë gemaak, maar het verkies om met valstrikke en wippe hul prooi te vang. Die Khoikhoi het vir hulself klere van skaapvelle gemaak, wat in die winter met die wollerige kant na binne gedra is, en in die somer met die gladde kant binnetoe. Die kaptein van die stam se klere was meestal van leeu- of tiervel. Hulle het ook daarvan gehou om ivoorringe om die arms en velringe om die enkels te dra as versierings. Die vrouens het hul vel klere met krale en ander voorwerpe versier. Kuns en Dans

Die Khoikhoi was lief vir feesvier en sing en dans. Hulle het hulself met plantsappe in verskillende kleure geverf en dan is allerhande danse om die kampvuur uitgevoer. Hulle het vir hulself musiekinstrumente gemaak soos fluite en ramkies. Dan is die hele nag gebaljaar en die volgende dag geslaap.

Godsdiens Net soos die San was die Khoikhoi ook baie bygelowig. Hulle het veral in bose geeste geglo, en het in alles wat onbekend of onverstaanbaar was, 'n gees gesien (soos dan byvoorbeeld in donderweer). Wanneer iemand gesterf het, is hy in sy velkaros begrawe en dan is daar gehuil en geweeklaag vir 'n hele dag. Daarna het die stam weggetrek aangesien 'n mens mos nie die kans kan waag dat die gestorwe man se gees gaan kom ronddwaal en almal bang maak nie. Die maan is aanbid en elke volmaan is 'n groot fees gehou sodat die maan nie moet kwaad word nie. Water was ook heilig en dit was definitief nie bedoel om mee te was nie! Die Khoikhoi het toordokters gehad wat veral siekes gesond moes maak en probleme moes oplos. Die toordokters het geglo dat as hulle hulself was, sou hulle hul toorkrag verloor. Kontak met die Europeërs Die Europeërs het van die eerste dag wat Jan van Riebeeck en sy mense hier aangekom het, met die Khoikhoi in aanraking gekom. Hulle het gou agtergekom hoe bygelowig die volk was, en het baie hard probeer om aan hulle die evangelie van die Here te verkondig. Die taal was wel `n probleem, maar vandag nog kan ons byvoorbeeld in Genadendal en Bethel die sendingstasies gaan besoek. Die Here gebruik mense en menslike planne in sy raadsplan om by sy uiteindelike doel uit te kom: dat almal tot elke uithoek van die wêreld sy Naam sal ken en bely.

Vandag is daar nie meer opregte Khoikhoi in ons bevolking nie. Daar is veral twee oorsake: Van die Khoikhoi is met mense uit ander volke soos die San, swartmense en blankes getroud. Ander volke soos die Griekwas het hieruit ontstaan. Ongeveer 300 jaar gelede het daar 'n groot pokkeepidemie in die Kaap uitgebreek. Hoewel blankes ook aan die siekte gely en gesterf het, het hulle meer kennis van medisyne en Europese siektetoestande gehad. Die Khoikhoi wat baie in kontak was met die blankes, het egter die siekte opgetel, versprei en groot getalle van die Khoikhoi-bevolking het gesterf

Die Khoikhoi-kultuur

1. Bou

2. Hottentot en Khoikhoi 3. Voedsel

3.1 Veeboere 3.2 Voedsel 3.3 Werk van vroue en kinders

4. Behuising

4.1 Hoe lyk dit ? 4.2 Hoekom is dit so ?

5. Besittings 5.1 Wapens 5.2 Klere 5.3 Versierings

6. Kuns en dans 6.1 Dans 6.2 Musiekinstrumente

7. Godsdiens 7.1 Wat aanbid 7.2 Begrafnis 7.3 Toordokters

8. Kontak met Europeërs 8.1 Sending 8.2 Redes waarom geen opregte Khoikhoi meer.