11
5 Loffienuus 27 Maart 2018 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 5/2018 Webblad: www.gelofte.co.za Alle godsdiens is liefde, en die meeste liefde is afgodsdiens. C.J. Langenhoven Geagte Ouer ‘n Besonder besige eerste kwartaal het tot ‘n einde gekom. Ons wil graag elke Loffie, ouer, personeellid en ondersteuner wat entoesiasties deelgeneem het bedank. Sonder jul betrokkenheid kan geen projek slaag nie. Baie geluk aan elke Loffie wat na vermoë presteer het. Julle sal beslis die vrug pluk op jul harde werk. Ons vertrou dat almal die kort vakansie en welverdiende rus sal geniet en veilig terug sal keer. 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2018. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 10 APRIL SKOOL HEROPEN VIR KWARTAAL 2 14 APRIL NETBALDANS 17 APRIL SEKONDÊRE OUERAAND 18 APRIL PRIMÊRE OUERAAND 18 APRIL KOEKVERKOPING 21 APRIL INTERSKOLE VS WERDA BY GELOFTE 25 APRIL GRAAD 1 OPEDAG 26 APRIL KASKAR AFDAG 27 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG (VRYHEIDSDAG) 30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG (WERKERSDAG) 2 MEI KASKAR WENKLAS SE AFDAG (KLAS MET MEESTE GELD) 3 MEI GRONDSLAGFASE HOP-AAND 10 MEI HEMELVAART EREDIENS BY GELOFTE (07:45) 16 MEI KOEKVERKOPING 19 MEI MINI RUGBY/NETBAL TOERNOOI BY GELOFTE 23 24 MEI KONSERT 28 MEI EKSAMENAFBAKENINGS NA OUERS 30 MEI KOEKVERKOPING

5 Loffienuus 27 Maart 2018 LLOOFFFFIIEENNUUUUSS · DANS VAN DIE REËN (EUGENE MARAIS) O die dans van ons Suster! Eers oor die bergtop loer sy skelm, en haar oge is skaam; en sy lag

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

5 Loffienuus 27 Maart 2018

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 5/2018

Webblad: www.gelofte.co.za

Alle godsdiens is liefde, en die meeste liefde is afgodsdiens.

C.J. Langenhoven

Geagte Ouer

‘n Besonder besige eerste kwartaal het tot ‘n einde gekom. Ons wil graag elke Loffie, ouer, personeellid en

ondersteuner wat entoesiasties deelgeneem het bedank. Sonder jul betrokkenheid kan geen projek slaag nie.

Baie geluk aan elke Loffie wat na vermoë presteer het. Julle sal beslis die vrug pluk op jul harde werk. Ons

vertrou dat almal die kort vakansie en welverdiende rus sal geniet en veilig terug sal keer.

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus

gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die eerste kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2018. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

10 APRIL SKOOL HEROPEN VIR KWARTAAL 2

14 APRIL NETBALDANS

17 APRIL SEKONDÊRE OUERAAND

18 APRIL PRIMÊRE OUERAAND

18 APRIL KOEKVERKOPING

21 APRIL INTERSKOLE VS WERDA BY GELOFTE

25 APRIL GRAAD 1 OPEDAG

26 APRIL KASKAR AFDAG

27 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG (VRYHEIDSDAG)

30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG

1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG (WERKERSDAG)

2 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG (KLAS MET MEESTE GELD)

3 MEI GRONDSLAGFASE HOP-AAND

10 MEI HEMELVAART EREDIENS BY GELOFTE (07:45)

16 MEI KOEKVERKOPING

19 MEI MINI RUGBY/NETBAL TOERNOOI BY GELOFTE

23 – 24 MEI KONSERT

28 MEI EKSAMENAFBAKENINGS NA OUERS

30 MEI KOEKVERKOPING

5 Loffienuus 27 Maart 2018

31 MEI SENIOR PRIMÊRE HIP EN HOP AAND

6 – 22 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN

11 – 22 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN

22 JUNIE VAKVERANDERINGS VIR GRAAD 10 LEERDERS SLUIT

22 JUNIE GRAAD 1-3 LEERDERS ONTVANG RAPPORTE

22 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE

3. DANS VAN DIE REËN (EUGENE MARAIS)

O die dans van ons Suster!

Eers oor die bergtop loer sy skelm,

en haar oge is skaam;

en sy lag saggies.

En van ver af wink sy met die een hand;

haar armbande blink en haar krale skitter;

saggies roep sy.

Sy vertel die winde van die dans

en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,

hulle dam op die bulttop,

wyd rek hulle die neusgate

en hulle sluk die wind;

en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.

Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,

en hulle kruip nader en sing saggies:

"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

En haar krale skud,

en haar koperringe blink in die wegraak van die son.

Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;

sy trap af van die hoogte;

sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;

die asem van die wind raak weg.

O, die dans van ons Suster!

5 Loffienuus 27 Maart 2018

4. KASKAR

Die kaskar was weer eens ‘n reuse sukses ten spyte daarvan die reën die toeskouers se entoesiasme

‘n bietjie gedemp het. Baie dankie aan almal wat entoesiasties deelgeneem het en betrokke was.

Baie dankie aan elke ouer wat help kar bou het of wat op een of ander wyse direk betrokke was by

die wedren. Ons waardeer die passie waarmee sommige ouers betrokke raak by die wedren

aangesien dit nogal vir ligter oomblikke sorg.

Na aanleiding van enkele ouers se bekommernis oor die reën. Dit is ongelukkig ‘n berekende risiko

wat ons moet loop aangesien ons die wedren nie na ‘n ander kwartaal wil verskuif nie om ‘n

verskeidenhied redes. In die tweede kwartaal het ons byvoorbeeld elke week wintersportwedstryde.

‘n Kaskarwedren die dag voor wedstryde gaan bloot nie werk nie. Die derde kwartaal is reeds so vol

gepak dat ons nie nog ‘n aktiwiteit daar kan inpas nie.

Let asseblief daarop dat kinders wat hul R130-00 inbetaal het vir die kaskar op Donderdag, 26 April

tuis mag bly. Ons wil dit ook onder u aandag bring dat daar sterk opgetree sal word teen leerders

wat op die betrokke dag tuisbly sonder dat die R130-00 inbetaal is. Die leerders wat wel moeite

gedoen het om die bedrag in te samel verwag dit immers van ons.

Interessantheidshalwe: “It's a common medical myth that being outside in the rain or cold makes you sick. So, it's natural to assume that, by the same logic, working out in the rain or cold -- or both -- makes you sick. Neither, of course, is true. Being in rainy or cold conditions during exercise is not a direct cause of viruses like cold or flu. You must come into contact with a virus to contract these illnesses.” (Bron: Healthy Living)

5. OP ‘N LIGTER TRANT

6. GRAAD 8 OPEDAG

Na deeglike besinning het ons besluit om nie langer ‘n graad 8 opedag te hou nie. Ondervinding het

geleer dat baie min ouers die geleentheid bywoon aangesien ons ‘n gekombineerde skool is en ons

graad 7 ouers ingelig is oor wat die skool bied. Feitlik geen ouers van ander skole woon die

geleentheid by nie. Ouers van ander skole wat wel beoog om hul kinders by ons in te skryf, maak

afsprake met die hoof of verkry inligting deur middel van ons ander kommunikasiekanale.

5 Loffienuus 27 Maart 2018

7. GRAAD 1 OPEDAG

Ons nooi al die ouers wat hierdie jaar ‘n leerder in graad R het uit om op Woensdag, 25 April 2018,

die Opedag by Gelofte by te woon. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir u meer

inligting te gee oor u kind se eerste skooljaar en oor sy/haar skoolloopbaan in die algemeen. Die

inligtingsessie is van 10:00 – 11:00 in die personeelkamer waartydens die graad R leerders besig

gehou word met aktiwiteite saam met die graad een onderwyseresse.

8. NOU GAAN ONS BRAAI

Die eerste skoolbraai het baie goed afgeloop en die Loffies het dit werklik geniet. Ons het opnuut

weer besef hoe bevoorreg ons is deur ‘n ouergemeenskap te hê wat bereid is om te ondersteun

wanneer ons hulp vra. Dankie aan almal wat so flink reageer het op ons versoeke vir braaiers en

borge. Dit het dit vir ons moontlik gemaak om te verseker dat elke Loffie heerlik kon smul aan ‘n

hamburger en ‘n yskoue koeldrank.

9. NETBALDANS

10. RAPPORTE

Leerders het vandag hul rapporte vir die eerste kwartaal ontvang. Dankie aan elke ouer wat hul

kinders getrou en toegewyd ondersteun. Dit maak ‘n groot verskil. Akademiese presteerders sal aan

die begin van die tweede kwartaal aangekondig word.

11. ROOK

Ons bevestig weer dat skole, volgens wetgewing, rookvrye gebiede is. Indien u ernstige behoefte het

om te rook tydens ‘n skoolfunksie, moet u asseblief heeltemal wegbeweeg van alle ander

toeskouers.

12. WINTERSPORT EN ONDERSTEUNERS

Die tweede kwartaal is gepak met wintersport wedstryde. Die bepalings is beskikbaar op D6

Communicator.

Ons doen opnuut ‘n beroep op al ons ouers, ondersteuners sowel as die Loffies om hul gedrag

tydens wedstryde onberispelik te hou. Dit gebeur jaarliks dat enkele ouers/ondersteuners hulself

5 Loffienuus 27 Maart 2018

wangedra langs die sportveld deur swak taalgebruik te besig of onvanpaste opmerkings te maak

teenoor die skeidsregters. Dit stel die skool in ‘n geweldige swak lig en die skade wat aangerig word

is dikwels onomkeerbaar. Ons het net een geleentheid om aan besoekers of ander skole te wys wie

ons werklik is.

13. KONSERT 2018

Neem asseblief kennis van die betrokke oefentye vir hierdie jaar se konsert.

Datum Dag Tyd Toneel Groep Lokaal

11 April Woensdag 14:30 – 16:00 1 en 2 Oordbestuurder, Liana, Ben, Die NOTE

Graad 11, Graad 9, Graad 10

Skoolsaal

18 April Woensdag 14:30 – 16:00 3 en 4 Graad 8, Graad 12 Liana, Ben, Chloe, Madelyn, Rugbyjocks, Cheerleaders

Skoolsaal

25 April Woensdag 14:30 – 16:00 5 en 6 Onderwyser 1, Onderwyser 2, Ben, Madelyn

Jaco Nel, Jaco Beetge, Liana, James,

Die Note, Seremonie meester

Skoolsaal

2 Mei Woensdag 14:30 – 16:30 1 – 6 ALMAL Skoolsaal

9 Mei Woensdag 14:30 – 16:30 1 – 6 ALMAL Skoolsaal

16 Mei Woensdag 14:30 – 16:30 1 – 6 ALMAL Skoolsaal

21 Mei – 24 Mei Konsertweek – Oefentye sal deurgegee word

14. YSTERMAN

Baie geluk aan die volgende manne wat as oorwinnaars uit die stryd getree het tydens 2018 se

Ysterman kompetisie: Ruan Potgieter (3de plek), Reece Janse van Rensburg (Beste in

Uithouvermoë), Nathan Hefer (Ysterman 2018 en Beste in Krag), Danru Bosman (2de plek). Dankie

aan al die manne wat deelgeneem het en 'n besondere woord van dank aan die VLR vir hul moeite

en uitstekende organisasie.

5 Loffienuus 27 Maart 2018

15. PRESTEERDERS

Baie geluk aan die volgende Loffies wat pragtig presteer het:

Justin Wiggill wen sy afdeling in ‘n KZN gholftoernooi.

Jané Lewis verwerf PADSSA kleure vir hokkie en Dedré Gravett word aangewys as reserwe vir die

span.

Ons is trots op julle!

5 Loffienuus 27 Maart 2018

16. PITKOS

17. PITKOS

5 Loffienuus 27 Maart 2018

18. BEHEERLIGGAAM

Baie geluk aan die volgende persone wat verkies is as lede van die beheerliggaam. Ons sien uit na

hul insette gedurende hul termyn.

Skoolhoof

Danie Strydom [email protected]

Ouers

Leonie Botha Finansies [email protected]

Marianet Breytenbach Sport [email protected]

André Britz Onder-voorsitter [email protected]

Audette Holtzhausen Terrein [email protected]

Robert Moffat Voorsitter [email protected]

Hendrik Roux Projekte en Bemarking [email protected]

Bruce Scheffermann Projekte en Bemarking [email protected]

Adelle Swarts Sport [email protected]

Renier van der Merwe Terrein [email protected]

Opvoeders

Charmain Hefer [email protected]

Hendrik Janse van Rensburg [email protected]

Misha Martin [email protected]

Nie-opvoeder

Reinette Janse van Rensburg Sekretaresse [email protected].

Leerders

Franco Baard [email protected]

Janika Dames [email protected]

Chanelle Hugo [email protected]

19. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS

Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Reinette Janse van Rensburg kontak

by [email protected] of by 031 702 7201. Kostes beloop R75 per plasing.

20. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die afgelope twee weke en in die vakansie verjaar. Ons vertrou dat

julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Gabriella Diedericks, Jordan Fourie, Ansuné Louw, ruan Potgieter, Monique Joubert, Vidal van

Heerden, Reinhardt Venter, Ian Kellermann, Chanlee Hennings, Zuanné Muller, Riaan Potgieter,

Anja Fourie, Adéle Greyling, Martin Leamy, Charl Visser, Michael Fourie, Sabelo Mbatha, Juanita

Oosthuizen, Lumilee van Emmenis, Cindy Chilvers, Kayla Sanford, Samentha Sutherland,

JeaniKayla Sanford, Samentha Sutherland, Jeaniël van der Walt, Mia Zwanepoel, Louis Avenant,

Jaco Beetge, Nathan Boshoff, André Bruwer, Ivanka Herbst, Cameron Kruger, Michaela McBride,

Ryan Fitz-Gerald, Joshua Human, Tinus van Staden, Corban Sanford, Chané Steyn, Jacques van

Zyl, Kian Zwanepoel, Renate Erasmus, Kyla Nathaniel, Hardus Scheepers, Douglas van Blerk,

Natasha Pieterse, Thinus Roodt, Justine La Trobe, Anél van der Westhuizen, Leandi Koekemoer,

Jean Rust, Bulinda Botha, Dienike Potgieter, Mikayla van Rooyen, Mignon Badenhorst, Rynhardt

Booyens, Justin Botha, Alissa Hugo, Nathan van der Walt, Andrea van Heerden, Laura van

5 Loffienuus 27 Maart 2018

Heerden, Chantély Els, Maximus McBride, Tinica Randall, Pieter-Theo Smit, leira de Wet, Lelanie

van Rensburg, Deacon Damand, Elshaska Kretschmer, Jason Botha.

21. SAAMRYGELEENTHEID

Die volgende saamrygeleentheid word benodig:

• Graad 12 leerder vanaf New Germany skool toe en terug. Ouers is bereid om by te dra tot

brandstofkostes. Kontak Samuel by 081 384 5834.

• Maria kan help met vervoer. Kontak haar by 072 835 5071 vir besonderhede.

22. HAY-HOE BP MOTORHAWE

Hay-Hoe BP motorhawe doen moeite om die skool te ondersteun. Ons versoek dus dat u hulle ook

ondersteun wanneer u brandstof ingooi.

U kan ‘n ondersteunerskaartjie by die skool se ontvangskantoor afhaal. U voltooi dan bloot die boek

by die motorhawe wanneer u brandstof ingooi. ‘n Gedeelte van die bedrag word dan aan die skool

geskenk.

Daar word maandeliks ‘n trekking gehou waarin u die kans staan om ‘n gelukspakkie of ‘n karwas

te wen.

Wenners: Gelukspakkie D Holtzhausen

Karwas W McDonald

H Van Rensburg

23. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Hierdie kopie sal die

laaste harde kopie wees wat u ontvang. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die

Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan

op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op

Communicator beskikbaar.

24. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende: ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken

te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal

maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

5 Loffienuus 27 Maart 2018

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ____________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ______________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIE

TE KOOP !!!

Loffie Klerekas en Toesluitkassies

Enige belangstellendes kan Anna-Marie kontak vir navrae by:

076 103 0780

of

[email protected]

5 Loffienuus 27 Maart 2018