56
Jan 2007 en Theuns is weer in Nigeria Druk F5 my lief ;-)

Aan My Engel Simone

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Aan My Engel Simone

Jan 2007 en Theuns is weer in Nigeria

Druk F5 my lief ;-)Druk F5 my lief ;-)

Page 2: Aan My Engel Simone

Theuns is weer terug in Nigeria vir nog ‘n stretch of eerder halwe stretch die keer. So alles is weer dieselfde en terug na normaal? Nope ... Hierdiekeer is alles anders ... Hoe kan dit wees ... Wel ... Die storie is soortvan ironies, gevul met die wonderlikste oomblikke en dan ook steek hartseer sy kop uit. Die storie begin by ‘n ontmoeting ...

Die storie het soos enige sprokiesverhaal ‘n prinses ... En dan is daar ook die commoner nl. Theuns – ‘n simple oak wat sy hart verloor op niemand anders nie as die beeldskone prinses ... En dit is DIE ontmoeting wat sy hele lewe omkeer...

Naam? Ja ... Die prinses het soos alle prinsesse ‘n pragtige naam wat engele laat vasteek en omkyk elke keer as die melodie van haar naam op hul hemelsore val. Want jy sien mens kan nie haar naam sê nie ... Jy kan dit net sing ....

Verder het haar naam ook ‘n unieke uitwerking op die lat Theuns ... As hy dit hardop uitspreek dan druk die note van haar naam automaties ‘n glimlag op die hoeke van sy mond. Want jy sien, sy is ‘n elf-prinses. So sy het die feetjies bevel gegee om altyd Theuns se mondhoeke te kielie met hulle vlerkies wanneer hy ookal haar naam sou uiter. Die uitwerking is iets wat strek van oor-tot-oor en tande laat skitter.

Haar naam is ... Simone ...

Page 3: Aan My Engel Simone

‘n Mens stap hierdie lewe half binne, jy weet dit net nie altyd nie. Jy het ‘n ingebore soeke na ‘n persoonlike verhouding met God en jy sal nooit volkome gelukkig wees sonder so verhouding nie. Maar God het dit ook nie bedoel vir die man om eensaam en alleen op die aarde te wandel nie. En die dag dat jy jou Simone ontmoet dan besef jy eers hoe eensaam jy werklik was.

In een week met Simone het Theuns meer kompleet as mens gevoel as wat hy in enige van sy 26x52 weke gevoel het saam met enige ander mens op die aarde. Oomblikke so kosbaar dat woorde dit nooit sal kan vashou nie het voor Theuns se oë afgespeel en hy dank Jesus elke dag vir elkeen van daardie lewensskouspelle.

Alles bly nie altyd vrolik nie. Daar is natuurlik ‘n villain ook in die storie. Sy naam is Nigirie. Jy sien, Nigirie het die wonderlike band tussen Theuns en Simone gebreek deur hulle van mekaar te skei. Die vraag wat dus rondhang is ... Wat gaan nou gebeur tussen Theuns en Simone ...

Die antwoord is ... Ek weet nie ... Slegs tyd sal leer ... En die Een wat wel weet soek net die beste vir elkeen van sy kinders en daarop kan ons vertrou. U wil geskied ...

Hoe voel Theuns? There is only one word “Broken” – broken down to the skeleton of the soul. Maar Theuns weet een ding en dit is dat hy nooit weer in sy hele lewe kompleet sal kan voel sonder prinses Simone nie. Dit is slegs sy wat die sy gebreekte siel sal kan genees. So hy sien hierdie Nigirie kalant as ‘n uitdaging ... En hy sal oorwin want Theuns hou vas aan die herinneringe wat werklikheid was ....

Page 4: Aan My Engel Simone

Theuns hou vas aan:Theuns hou vas aan:

Page 5: Aan My Engel Simone

Ok voor ek te mushy raak ... Hierdie is gemaak vir jou Simone. Die doel is om jou so biejtie meer te vertel oor waar ek bly, wat ek doen en saam met wie ek werk.

Ek wil al die goed met jou deel want ek wil jou deel van my lewe he op elke front wat ek kan en waar jy my sal toelaat.

Dankie vir wie jy is vir my.

So laat ons begin by die begin ... Die aand na die vlug vanuit Suid Afrika. Pragtige brief vanaf my Simone aan my gesit en lees en lekker neute sjokolade geeet ... jummy ....So laat ons begin by die begin ... Die aand na die vlug vanuit Suid Afrika. Pragtige brief vanaf my Simone aan my gesit en lees en lekker neute sjokolade geeet ... jummy ....

Page 6: Aan My Engel Simone

Hierdie is dit hotelkamer wat ek die eerste aand in geslaap het (of probeer slaap het maar daar was muise besig om rowwe nesse in my kop te bou ... ;-)

Vlug het eers na 20h00 geland so ons moes toe in Lagos oornag. Hierdie is die Karuma iets hotel (deel vd Protea Hotel groep) – so dit was baie nice.

Page 7: Aan My Engel Simone

Hotel is geleë op een van die Lagos eilande so wat jy hier sien is die lagoon en dan die see daar ver agter. Baie deinserig nou hier in Nigeria agv die Harmattan (winde wat stof bring vanaf die Sahara woestyn)

Hierdie is uit die een venster uit geneem van my hotelkamer.

Page 8: Aan My Engel Simone

By die venster

Page 9: Aan My Engel Simone

So bietjie ingezoom nou na die regterkant toe ... Jy kan sien die mensies se ou klein plakker huisies. Atlantiese oseaan is daar agter.

Page 10: Aan My Engel Simone

Selfde venster ... Net so bietjie na die linkerkant toe nou.

Page 11: Aan My Engel Simone

Baie sulke prentjies ... Hulle begin aan ‘n gebou te werk en dan stop hulle net skielik. Baie snaaks maar 10-teen-1 agv al die korrupsie – ek dink dit veroorsaak dat baie besigheidstransaksies en projekte skeef loop.

Page 12: Aan My Engel Simone

Nou is dit die lughawe in Abuja. Het toe die oggend ‘n vliegtuig kaartje gekoop in Lagos vir 11000 naira (so R550) en toe na ‘n uur se vlug is ek by Abuja lughawe. Daar kan jy die Virgin Nigeria vliegtuig sien waarmee ek gevlieg het tot in Abuja. Staan nou by die kar waar die een drywer (Musa Mohammed) vir ons kom optel het.

Page 13: Aan My Engel Simone

Die internationale lughawe van Abuja, Nigeria. Virgin Nigeria se vliegtuie land hier ... Ha ... Jy willi weet hoe lyk dit by die domestic airport nie .... Aaarcch ..... Net chaos ... So ons probeer maar nie die domestic airlines gebruik nie.

Page 14: Aan My Engel Simone

Nog ‘n kiekie meer na regs.

Page 15: Aan My Engel Simone

En dit is toe na so rukkie by die werk. Dit is die view wat ek het in ons kantoor. Die kantore is eintlik huise wat omskep is in kantore en Image hulle stoor sommer klomp ander nonsens ook daar. Daar kan jy sien chat ek met een of ander dame in Skype. Voor my sit Gerhard en Tunji.

GerhardTunji

Page 16: Aan My Engel Simone

Om vinnig te verduidelik:Ek werk vir Exarotech. Exarotech is ‘n affiliate company met Image Technologies. So hulle is soos partners. Exarotech is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy en Image Technologies ‘n Nigiriese een. Image (en Giel beer) sorg basies vir die werk en kontrakte hier en Exaro doen die werk saam met nog ander mense wat Image verskaf.

Exarotech bestaan uit 3 direkteure:- Giel (hoofaandeel houer)- Gerhard- Frik

Hulle kry dan mense op kontrakbasis in om hulle met werk uit te help en op die oomblik is dit net ek wat hier so ‘n rol vul.

Giel is die grootkop wat alle kontrakte en logistieke en ander woes goed moet doen. Die ou het ‘n elektroniese ingenieurswese graad en MBA en nog een of ander graad om mee te spog, so hy ken sy storie. Baie intelligent en ek leer baie by hom.

Gerhard is baie rustig en moer nice. Soos in ... Hy moer jou as jy nie nice is met hom nie ... Ha ha .. Nee ek joke .. Baie koel en kalm en stil ou. Hy is die databasis administrateur en het self ook elektroniese ingenieurswese gestudeer. Die databasisse wat ons hier hardloop hanteer miljoene mense se inligting (Nigirie het 140miljoen mense waarvan die databasisse so 70 miljoen se inligting het). Bull is die maatskappy in die wereld wat te same met IBM en Sun baie groot servers maak (dit is nou mean mother PC’s waarop jy sulke groot databassise kan hardloop). Die Bull servers wat hier staan kos vanaf $1miljoen en op. So dit is rowwe stuff en dit is Gerhard se job.

Dan om al die sagteware te skryf en te programmeer om met al die goed te kan interface en die frontends om dit te kan beheer is daar Frik. Programmeerder vir al meer as 15 jaar is hy flippen goed en ek werk dus meestal saam met hom.

Tunji is ‘n Image Tech outjie wat ook databasis werk saam met Gerhard doen.

Patra en Vijah is twee Indiers hierso wat die sateliet dinge uitsort. Ons gebruik VSAT netwerke vir kommunikasie met ander government takke ens deur Nigerie. So Exaro en Image verskaf nog die dienste ook.

Dan is daar nog klomp ander Nigiriers wat vir Image werk maar die behoort jou no so vinnig te verduidelik wat aangaan waar.

Page 17: Aan My Engel Simone

Die foto is nou van my tafel af as ek vorentoe kyk. Daaaar agter steek Patra se kop uit. Soos jy kan sien is ons omring met rekenaars en UPS en drade etc.

Page 18: Aan My Engel Simone

En as ek links kyk dan lyk dit so. Daardie is ‘n klomp blades wat gebruik word om AFIS op te hardloop. Blades is sulke elektroniese kaarte wat basies hele rekenaars is maar wat saam kan werk aan een taak. Een so plat kassie daar stoor 24 blades. AFIS word gebruik vir vingerafdrukke.. Duplicates check etc. AFIS=Automated Fingerprint Identification System. So die blades hardloop die AFIS sagteware en doen dan die vingerafdruk bewerkings.

Frik sit hier 24 blades in een so kassie

Page 19: Aan My Engel Simone

Abuja Sheraton kamer 407. Dit was my kamer vir die eerste aand. Ek het geskuif intussen want ek bly hier basies bokant die Elephant bar en die car pickup is net buite die venster. En die mense kan behoorlik raas Woensdae en Vrydae aande in daardie bar so ek het toe dieper in afgeskuif en is nou in kamer 471. Daar hoor ek hoe fluit en skreeu die vlermuise in die bome en alles is sommer dan rustiger vir my. Kamer is ok basies dieselfde as die een maar het matte.

Page 20: Aan My Engel Simone

Deur se kant toe. Badkamer is agter daardie muur.

Page 21: Aan My Engel Simone

Badkamer en wasbak.

Page 22: Aan My Engel Simone

Die pickup van voor by die Sheraton se hek. Dit is nou by die venster uit en dit kan nogal lawaai hier in die oggend want Nigiriers ry mos op sonar. Hulle toet omtrent die heeltyd terwyl hulle ry. Maak my mal soms. Toe ek in Lagos land en by die lughawe uitstap het ek in 1 minuut meer getoet gehoor as wat ek die hele vakansie in ZA gehoor het.

Page 23: Aan My Engel Simone

Ek wat vir jou waai. Dit is nounet nadat ek soos belowe elke oggend vir jou in die spieel glimlag en ‘n soentjie wegblaas na die Suide en jou dan voor ons Koning se troon opdra vir die dag.

Page 24: Aan My Engel Simone

Prentjie meer na links. Daar kan jy Abuja stad ook nou sien so deur die stof wat darem nie te erg op die oggend is nie. Erg stof oggend sal mens niks van daardie gebou daaragter kan sien nie.

Page 25: Aan My Engel Simone

Usuma road. Dit straat waarin ek werk. Ek staan nou aan die buitekant van die hek en neem foto. Nogal baie mooi straat die. Met palms en ander groenigheid. Weird maar jy kan hier ‘n besemstok by die ruit uitgooi en dan sal hy volgende week lote stoot. Die hele wereld hier is ook vol akkedisse. Maar nie soos ons sin nie. Meer sulke skubberige klein likewaantjie gedroggies wat gekruis is met een of ander extinct freakin ugly komodo dragon. Ha .. Darem nie so erg nie. Paar het nogals mooi kleure. So pers en oranje een wat ek nogal like.

Page 26: Aan My Engel Simone

Straat na ander kant toe. Outjie daar by sy okada (daardie motorfietsie) is Lucky. Is ‘n tuinjong hier. Suid Afrikaanse ambassade is daar in die straat af op die punt. Jy sien gebou se stukkie wit daaragter uitsteek.

Nie die stukkie wit nie

Ook nie die wit stukkie nie

Daarshy!

Mmmh...Ok dalk is dit dieZA Miere ambassade!

Page 27: Aan My Engel Simone

Die hek wat die entrance na die kantoor wys.

Page 28: Aan My Engel Simone

Eerste gebou. Daar is ook een van die bussies wat ons rond karits waar ons wil heengaan. Dit is die gebou waar ek in werk. Fotos wat jy vroeer gesien het is van onderste vloer. Boonste vloer is vir NHIS (National Health Insurance Scheme) projek en ander van Image Tech se mense werk daar.

Page 29: Aan My Engel Simone

Nou die ander gebou aan die regterkant. Hier sit Giel en die ander groot kokkedore. Geboutjie daaragter is vir die ander werkers en drywers.

Page 30: Aan My Engel Simone

Van die ingang van die eerste gebou af terug hek toe. Baie similar geboue rondom ons. Word ook alles as kantore gebruik of ambassades.

Page 31: Aan My Engel Simone

Van die ingang van die eerste gebou af terug hek toe. Baie similar geboue rondom ons. Word ook alles as kantore gebruik of ambassades.

Page 32: Aan My Engel Simone

View as jy instap by die deur. Daar sit Patra voor sy VSAT equipment.

Page 33: Aan My Engel Simone

Bietjie na links. Daar kan jy nou sien waar die ouens netnou gesit het en die AFIS rak.

Tunji

Ek

Frik

Gerhard is nou hier agter

die muur

Patra & Vijaih

Page 34: Aan My Engel Simone

Meer duidelik nou vanaf Patra hulle se kant af.

Page 35: Aan My Engel Simone

Daardie 2 groot swart kaste is die Bull servers. Net die 2 outjies is meer as $2miljoen.

Page 36: Aan My Engel Simone

Weer ‘n view van my tafel af. Nou behoort jy ‘n beter prenjtie te he.

Page 37: Aan My Engel Simone

Hier neem Patra my af terwyl ek met jou chat. Datum is 19 Jan 2007. Hy en Tunji vergaap hulle aan die foto van my en jou. Hulle sê ek is die gelukkigste ou in die wereld. Ek dink ook so. Wens daar was ‘n manier hoe ek dit vir jou kon bewys.

Page 38: Aan My Engel Simone

Die af en op van chat met jou. Soms happy en dan sommer skielik weer sad. Hulle geniet hulleself natuurlik en neem net fotos van my in my lovesick toestand ... wetters!

Page 39: Aan My Engel Simone

Ag wat ... Hulle laat my darem lag ook. Ek moet darem wys ek is nie net sad die heeldag nie.

Page 40: Aan My Engel Simone

Kom ons kyk bietjie na die mense. Hier is Vijaih en Patra.

I am Vijaih! And I love hot curry!

Me Patra!

Page 41: Aan My Engel Simone

Kom ons kyk bietjie na die mense. Hier is Vijaih en Patra.

Page 42: Aan My Engel Simone

Die wat ek ken en mee saamwerk ID ek. Die ander ouens is al weg soos die Russe hier aan die regterkant. Die grootkoppe van Image Tech soos die direkteurs is nou nie in die prentjie nie. Hulle sal ook seker nie vir so prentjie pose nie. Status is alles hierso jong.

UcheFrik

Michael

FelixGiel

Gerhard

Dedgi

Tunji

Page 43: Aan My Engel Simone

Abuja het nogals mooi geboue. Hier is ‘n groot bank.

Page 44: Aan My Engel Simone

Hier is een van ‘n Christelike kerk. Mag dalk Rooms Katoliek wees ek dink. Die bose kerk het ook groot setels hier.

Page 45: Aan My Engel Simone

Huge mother van ‘n moskee! Kyk hoe mooi oop is die lug in die reënseisoen.

Page 46: Aan My Engel Simone

En te danke aan die Harmattan is dit hoe dit nou (in Des tot Mei) hier lyk.

Page 47: Aan My Engel Simone

Klip berg in Abuja ... Net agter ons kantore. Foto is geneem vanaf die een boonste vloer. Yip .. Kan mooi wees in die somer hier.

Page 48: Aan My Engel Simone

O ja .. En dit is die view wat ek nou uit my kamer uit het ... Baie beter ne ...

Page 49: Aan My Engel Simone

Hoe ry die okada sit sit so ... Sit sit so.

Page 50: Aan My Engel Simone

Hoe lê die okada man ... lê lê sooo ... Darem nie onderstebooo ... Op die sy .... Darem ni aan die ry .....

Page 51: Aan My Engel Simone

Kos .. Ha .. Ek kan rillers vertel maar hier is ‘n paar nice fotos van die kos by die Fish Gardens. Ek en Frik love die kos en die vibe maar Gerhard en Giel join ons nooit nie. Hierdie keer het ons so paar Malaysiers ook saamgenooi vir ‘n feesmaal soos wat die Gauls dit doen. Net jammer daar is geen boars soos wat Obelix dit verkies nie en ons kon nie vir Cocofanix teen ‘n paal mute nie (die Nigiriers het partykeer, nee meestal, heavy vals musiek by die gardens jong). Rooi stuff is peper ... Dit is hot hoor! Ek vra altyd dat hul dit afkrap.

Page 52: Aan My Engel Simone

My bord kos dan.

Page 53: Aan My Engel Simone

En die Malays enjoy hulleself ook.

Page 54: Aan My Engel Simone
Page 55: Aan My Engel Simone

Theuns besig met iets vir Simone.

Wel lief ... Ek het nog baie fotos maar die punt van die was maar om jou net so bietjie meer te vertel van waar ek myself elke dag bevind en saam met wie. Wat ek presies doen gaan meer as fotos verg om te verduidelik ;-) maar ek dink jy het al ‘n idee.

Page 56: Aan My Engel Simone