Upload
dinhthuy
View
222
Download
1
Embed Size (px)
Citation preview
By die robot in
Marita van Aswegen(Uit: vonk@verse 2. Best Books. 2011)AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR:
LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES
Marita van Aswegen
“Ek skryf graag oor dit wat ek daagliks sien
en belewe en meng dit dan met ‘magic’.
Mense, veral kinders, fassineer my. Ek glo
aan mense se vermoëns om op te staan en
die lewe in die gesig te kyk. Ek is in ’n wêreld
waar kinders misbruik word, waar hulle min
het. Tog het hierdie kinders eienskappe wat
my aangryp… Daarom het my stories baie
keer ’n groot stuk werklikheid in.”
VOORWOORDOm blind te wees is erg, maar om blind en arm te wees moet baie sleg wees, want jy is aan ander mense se genade oorgelaat (be at the mercy of others).
Soms misbruik (abuse) mense ander se blindheid om hulleself te verryk (enrich). Hierdie gedig gee vir ons 'n kykie na 'n universele probleem:
misdadigers wat mense dwing om te bedel en dan die geld vir hulle vat.
Marita van Aswegen is 'n deeltydse maatskaplike werker(social worker) wat al baie ellende (misery) gesien enervaar het - 'n wêreld waar mense sonder gewete(conscience) kinders en mense wat hulpeloos is, misbruik. Sy skryf vanuit hierdie wêreld óór hierdie wêreld.
TYDENS LEES…Sommige mense wat by verkeersligte staan en bedel, doen dit omdathulle te lui (lazy) is om te werk.
Ander maak asof hulle 'n gebrek (disability) het en bedel geld omdathulle kamstig nie kan werk nie.
Daar is ongelukkig ook die wat regtig 'n gebrek het en deur andermense misbruik (abuse) word.
In hierdie gedig word 'n blinde ou man deur tsotsi's gedwing om tebedel. Hulle vat hom tot by die verkeerslig en sê vir hom as hy nie geld by iemand afgebedel kry nie, hulle hom nie terug na sy slaapplek gaanneem nie. Dan vat hulle al sy geld of ten minste ‘n groot deel daarvanvir hulleself.
Die blinde moet sin uit sy donker wêreld maak deur naklanke en geluide te luister (hoor sintuig).
Die digter kry dit reg om hierdie wêreld vir die leser teskilder deur middel van klanknabootsende woorde, bv:
"girts", "knars", "klingel", "sis", "klik", "brul", "trieng", "skuur", "tjier", "dreun", "koer“, "jil" en "piep".
Sy gebruik ook alliterasie (“styf en seer" in versreël 2) enassonansie ("waar hulle gaan“ in versreël 4).
Die gedig maak gebruik van paarrym wat in kwatrynesaamgevoeg word.
TITELDie titel sê presies waar die gebeureafspeel – by 'n spesifieke verkeerslig.
Dit dui ook aan dat die gedig gaan ooriets wat die spreker/skrywer/digter self gesien het.
Die naam van die straat kan ooksimbolies wees - daar is ook ‘n Tweedelaan, Derdelaan, ens. - waardieselfde lotgeval (misfortune) mensetref.
Die titel kan ook 'n figuurlike betekenishê - dat die blinde soos ‘n robot rondgelei (maneuver) word.
TEMAOorgelewer aan ander se genade
(be at the mercy of others).
STEMMINGNeerdrukkend (depressing)
UNIVERSEELDit is wanneer gebeure nie net op een persoon of situasie van toepassing is nie, maar enige plek, enige tyd en met enige persoon ter wêreld kan gebeur.
ProgressieDaar is progressie in die verloop
van tyd en gebeure.
Innerlikebou
Die inhoud van die gedig teken vir die leser 'n prent van hoe die dag verloop.
Sintuiglikewaarneming
Die blinde ervaar die wêreld deursy ander sintuie: (GEEN SIG)- dit wat hy kan hoor, ruik en voel.
Woordverklarings
bande skuur oor die teer(sound of the tires on the road)
duiwe koer (sound of a dove cooing)gedwee (submissive): gehoorsaam, onderworpeingehaak (link aims with someone): 'n arm onder
die gekromde arm van iemand deursteekkindjie jiI (child shouts or cries)klingel (jingle): 'n klinkende geluidknars (creak): knars - klanknabootsingpiep 'n dogtertjie sag (says a little girl in a tiny voice)robot: verkeerslig; 'n masjien met die voorkoms
van 'n mens en wat deur middel van afstandbeheer bevele uitvoer
tsotsi: leeglêer wat misdade pleeg, gewoonlik deel van 'n bende
Verse 1&2twee pare voete girts oor die teer
sy arm en nek is so styf en seer
sy bene so lam van gister se staan
ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan
motors se bande knars tot stilstand
in die blikkie klingel vyf sent en ’n rand
Hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
hier by die robot waar hy die dag omstaan
Verse 3&4sy arm word gepluk en geruk en hy skrik
toe sy voet dom oor ’n pyp eenkant toe swik
“ons beter geld kry, of ek los jou hier,”
sis die tsotsi en sy asem ruik na bier
sy hart klop vinnig soos dié van ’n bang kind
hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
die verkeerslig klik en die enjins brul saam
sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan
Verse 5&6trieng, trieng lui ’n fiets se klokkie
hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
sy arm en skouer is so styf en seer
’n motorruit tjier af en ver weg dreun ’n bus
as die dood hom tog net wil kom haal
dan kan hy vir ewig en altyd rus
die tsotsi skraap sy keel en spoeg ’n straal
Verse 7&8geld klingel in die blikkie en lê dan stil
die duiwe koer en ’n kindjie jil
“mammie hy’s blind,” piep ’n dogtertjie sag
hy draai sy kop skuins en hy wag
“hier is nog tien rand,” sê die vrou
“koop vir jou iets om aan te kou”
die verkeerslig klik en hy hou aan met wag
die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag.
arms linked in meek
tyres
can
twee pare voete girts oor die teer
sy arm en nek is so styf en seer
sy bene so lam van gister se staan
ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan
motors se bande knars tot stilstand
in die blikkie klingel vyf sent en ’n rand
Hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan
hier by die robot waar hy die dag omstaan
Strofe 1 & 2Daar is ook ’n persoon wat die bedelaar lei
(waarskynlik die tsotsi).
Die bedelaar is moeg. Hy het
vorige dag ook lank gestaan om
te bedel.
Klanknabootsing
Hy loop stil en gewillig en gehoorsaam
die persoon wat hom lei.
Hulle stop met knarsende bande;
hulle kom dus vinnig tot stilstand.
a
a
b
b
c
c
d
d
Paarrym
Kwatryn
“s” =
alliterasie
"twee pare voete"
dat daar twee
mense is
“k” = alliterasie
Reuksintuig:
ruik - Hy is
honger …
“aa” = assonansie
“aa” = assonansie
stumble
hiss breath
place to lie down
enjins roar
dull eyes trembling
sy arm word gepluk en geruk en hy skrik
toe sy voet dom oor ’n pyp eenkant toe swik
“ons beter geld kry, of ek los jou hier,”
sis die tsotsi en sy asem ruik na bier
sy hart klop vinnig soos dié van ’n bang kind
hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind?
die verkeerslig klik en die enjins brul saam
sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan
Strofe 3 & 4Iemand ruk en pluk aan hom en
dan val hy oor ’n pyp en swik sy
voet..
Die tsotsi dreig dat hulle geld moet
kry, anders los hy die blinde
bedelaar by die verkeerslig.
Hy is bang omdat die tsotsi dreig
om hom nie na sy slaapplek (lêplek )toe te neem nie. Hy sal
nie op sy eie by sy slaapplek kan
kom nie.
Hy hoor hoe die lig groen word en
die enjins wat brul of die motors
wat wegtrek.
Sy oë lyk dof – soos party blindes se
oë lyk. (Wasig)
Paarrym
Klanknabootsing
e
e
f
f
g
g
h
h
r.9: polisindeton en rymwoorde voor om te beklemtoon hoe die
tsotsi die blinde mishandel: "word gepluk en geruk en hy skrik"
Tsotsi SIS soos slang
aa-assonansie w-alliterasie
DIREKTE REDE
RotorieseVraag
Strofe 5 & 6
sound of the tyres on the road
shoulder
car window rumble
spit
trieng, trieng lui ’n fiets se klokkie
hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie
die verkeerslig klik en bande skuur oor teer
sy arm en skouer is so styf en seer
’n motorruit tjier af en ver weg dreun ’n bus
as die dood hom tog net wil kom haal
dan kan hy vir ewig en altyd rus
die tsotsi skraap sy keel en spoeg ’n straal
Daar ry ’n fiets verby.
Die robot slaan oor na rooi en ’n
motor se bande skuur oor die teer.
Die bestuurder van die motor rem
vinnig.
Die bedelaar is moeg.
Hy wens om dood te
gaan. Hy kan nie meer
hierdie moeilike bestaan
verduur nie.
Paarrym
Kruisrym
Klanknabootsing
i
i
j
j
k
l
k
l
s-alliterasie
Begin met INVERSIE: omdat
die woordorde omgekeer is en sodoende die
geluid wat die blinde hoor, beklemtoon.
Paarrym
doves tijrp jest
chew
Strofe 7 & 8geld klingel in die blikkie en lê dan stil
die duiwe koer en ’n kindjie jil
“mammie hy’s blind,” piep ’n dogtertjie sag
hy draai sy kop skuins en hy wag
“hier is nog tien rand,” sê die vrou
“koop vir jou iets om aan te kou”
die verkeerslig klik en hy hou aan met wag
die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag.
Geld word in die
blikkie gegooi.
Die dogtertjie praat sag en wil nie hê die
bedelaar moet haar hoor nie.
Hy draai sy kop skuins om te hoor of daar geld
in die blikkie gaan val.
Die vrou gee vir die bedelaar tien rand sodat
hy vir hom kos kan koop.
Klanknabootsing
Mense soos die bedelaar sal altyd uitgebuit
word deur ander wat lag (lekkerkry) oor die
maklike manier waarop hulle geld kan kry.
a
a
b
b
c
c
d
d
Verse 1&21. Two pairs of feet scrape over the tar
2. his arm and neck are so stiff and sore
3. his legs so lame from yesterday's standing
4. arms linked he follows obediently where they go
5. car tyres grind to a halt
6. in the tin five cents and a rand clink
7. he smells the fish and chips shop in first avenue
8. here at the robot where he stands all day
Verse 3&49. his arm gets jerked and pulled and he gets a fright
10. when awkwardly his foot stumbles one side over a pipe
11. "we better get money, otherwise I'll leave you here,"
12. hisses the tsotsi and his breath smells like beer
13. his heart beats as fast as a scared child
14. how will he find the place where he lies from here?
15. the traffic light clicks and the engines growl together
16. his dull eyes turning upwards
Verse 5&617. tring, tring rings a bicycle bell
18. he bends down and pulls at his broken sock
19. the traffic light clicks and the tyres scrape over the tar
20. his arm and shoulder are so stiff and sore
21. a car window squeals open and far away a bus groans.
22. if only death would come and take him
23. then he could rest forever and ever
24. the tsotsi clears his throat and spits out a stream
Verse 7&825. money jingles in the tin and then lies still
26. the doves coo and a child cries out with pleasure
27. "mommy he's blind" the little girl pipes softly
28. he turns his head away and waits
29. "here is another ten rand," the woman says so
30. "buy something for yourself to eat"
31. the traffic light clicks and he continues waiting
32. the tsotsi tugs his sore arm and laughs.
BRONNELYS
VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 12 VOORGESKREWE GEDIGTE(SAAMGESTEL DEUR RIENS VOSLOO)
BEST BOOKS STUDIEWERKGIDS VERSKUNS
VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12
(SAAMGESTEL DEUR BEST BOOKS)
GOOGLE IMAGES
VIR VISUELE ILLUSTRASIES
(HTTPS://WWW.GOOGLE.CO.ZA/IMGHP)