ACN StudyGuide

Embed Size (px)

DESCRIPTION

accoutning study guide

Text of ACN StudyGuide

  • 2008

  • # 1997 Universiteit van Suid-Afrika

    Hersiene uitgawe 2005, 2006, 2007

    Alle regte voorbehou

    Gedruk en uitgegee deur dieUniversiteit van Suid-AfrikaMuckleneuk, Pretoria

    ACN101M/1/2008

    98149164

    3B2

  • INHOUD

    Inleiding en oorsig van die module (v)

    Onderwerp A DIE GRONDBEGINSELS EN DIE TERREINE VAN

    REKENINGKUNDE 1

    STUDIE-EENHEID 1: DIE AARD EN FUNKSIE VAN

    REKENINGKUNDE 3

    STUDIE-EENHEID 2: DIE AARD VAN REKENINGKUNDIGE

    TEORIE 9

    STUDIE-EENHEID 3: DIE FINANSIE LE STAND 14

    STUDIE-EENHEID 4: DIE FINANSIE LE RESULTAAT 20

    STUDIE-EENHEID 5: DIE DUBBELINSKRYWINGSTELSEL

    EN DIE REKENINGKUNDIGE PROSES 24

    Onderwerp B DIE VERSAMELING EN VERWERKING VAN DIE

    REKENINGKUNDIGE DATA VAN ONDERNEMINGS 59

    STUDIE-EENHEID 6: DIE VERWERKING VAN REKENINGKUNDIGE DATA 61

    STUDIE-EENHEID 7: AANSUIWERINGS 100

    STUDIE-EENHEID 8: DIE AFSLUITINGSPROSES, WINSBE-

    PALING BY HANDELSONDERNEMINGS

    EN DIE VOORBEREIDING VAN FINANSIE LE

    STATE 119

    Onderwerp C DIE REKENINGKUNDIGE VERANTWOORDING VAN

    BEDRYFSBATES EN NIEBEDRYFSBATES 169

    STUDIE-EENHEID 9: KONTANT EN KONTANTEKWIVALENTE 171

    STUDIE-EENHEID 10: HANDELSDEBITEURE 193

    STUDIE-EENHEID 11: VOORRAAD 224

    STUDIE-EENHEID 12: EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING 235

    STUDIE-EENHEID 13: ANDER NIEBEDRYFSBATES 264

    ACN101M/1/2008 (iii)

  • Onderwerp D DIE REKENINGKUNDIGE VERANTWOORDING VAN

    BEDRYFSLASTE EN NIEBEDRYFSLASTE 273

    STUDIE-EENHEID 14: BEDRYFSLASTE 275

    STUDIE-EENHEID 15: NIEBEDRYFSLASTE 290

    Onderwerp E REKENINGKUNDIGE VERSLAGDOENING 297

    STUDIE-EENHEID 16: FINANSIE LE STATE VAN 'N EENMANSAAK 299

    STUDIE-EENHEID 17: NIE-WINSGEWENDE ONDERNEMINGS 327

    STUDIE-EENHEID 18: ONVOLLEDIGE REKORDS 355

    Moduledoelwitte

    Nadat u hierdie module bestudeer het, behoort u in staat te wees om

    . die grondbeginsels van rekeningkunde te kan toepas

    . tersaaklike inligting te versamel, te verwerk en te boekstaaf en om inkomstestate, state van

    veranderings in ekwiteit en balansstate voor te berei

    . bates behoorlik te boekstaaf en verantwoording oor bates te doen

    . laste behoorlik te boekstaaf en verantwoording oor laste te doen

    . behoorlike aantekeninge by te hou om die finansie le resultaat en finansie le stand van

    eenmansake en ondernemings sonder winsoogmerk te bepaal

    . behoorlike boeke uit onvolledige rekords saam te stel

    (iv)

  • INLEIDING EN OORSIG VANDIE MODULE

    Dit is vir ons aangenaam om u as 'n student in Module I (ACN101M) van die Rekeningkunde 1-

    kursus te verwelkom. Dit is die eerste module van 'n reeks modules wat deur die Departement

    Finansie le Rekeningkunde aan UNISA aangebied word. Hierdie module heet Rekeningkun-

    dige begrippe, beginsels en metodes.

    Die kursusse in die Departement Finansie le Rekeningkunde word tot op graadvlak aangebied

    (d.w.s. met Rekeningkunde III as hoofvak). Dt, tesame met 'n ander hoofvak en ander vakke,

    stel u in staat om die BCom- of die BCompt-graad te verwerf. U kan, nadat u die BCom- of

    BCompt-graad verwerf het, verder in Rekeningkunde studeer deur vir die BCom, BCompt

    (honneurs) graad en daarna vir die MCom-, MCompt-, DCom-, DCompt-graad te registreer. Dt

    sal wel 'n aantal jare neem en harde werk verg, maar dit is moontlik! Die uiteindelike doel van

    baie studente in rekeningkunde is om rekenmeesters te word en die BCompt-rigting te volg.

    U eerste mylpaal is egter om Rekeningkunde ACN101M te bemeester (te slaag). Die studies in

    hierdie module word as die grondslag van al u studies in rekeningkunde beskou. U moet

    daarom seker maak dat u alles in hierdie module verstaan en ken aangesien alles belangrik is.

    Dit word nie net van u verwag om dit vir die eksamen te ken nie, maar u SAL dit vir opvolgende

    modules of in u daaglikse lewe benodig (as u nie verder in rekeningkunde studeer nie).

    U kan dalk vra: Waarom is dit nodig om rekeningkunde te bestudeer? Die belangrikste rede is:

    Om rekenskap oor inkomste en uitgawes en van bates en laste te gee. U kan dalk se dat u nie

    inkomste verdien of uitgawes aangaan nie, of dat u nie geld skuld of bates besit nie. Ons

    teenvraag is: Wat van u sakgeld of vergoeding vir u werk of deeltydse werk, u studiebeurs of

    studielening (wat nie 'n inkomste is nie, maar 'n las) of wat van u klere, boeke en

    skryfbehoeftes wat u vir u studies koop? Daar moet rekenskap oor al die waardes hiervan

    gegee word. Dit geld nie net vir u eie sake nie, maar veral vir u eie besigheid of die

    onderneming waar u werk.

    Baie mense en/of ondernemings beland in geldelike nood of raak insolvent en mense beland in

    die gevangenis as gevolg van hul gebrek aan kennis van rekeningkunde. Ons wil u graag help

    om dt te voorkom.

    Noudat u weet WAAROM u rekeningkunde moet bestudeer, wat is die doelwitte van die

    Rekeningkunde ACN101M module?

    Verwys weer na die Moduledoelwitte wat hierbo gestel is.

    ACN101M/1/2008 (v)

  • Studie-aktiwiteite

    Hierdie studiegids bevat verskeie oefeninge. U moet die oefeninge self ook uitwerk en u

    antwoord(e) met die oplossings in die studiegids vergelyk. Dit bevat ook selfbeoordelingsvrae

    om u deelname aan die leerproses te bevorder. Dit is 'n samestelling van lees-, bestudeer-,

    doen- en besinaktiwiteite wat op 'n buigsame wyse aangebied word. Dit sal u in staat stel om

    die kennisinhoud van die onderwerp te onthou, u begrip te oefen en u gedagtes te rig.

    Dit is belangrik omdat u, namate u hierdie studie-aktiwiteite teekom en daadwerklik uitvoer,

    regstreeks in beheer van die omvang en gehalte van u leerervaring betrokke sal raak. Kortweg,

    hoe goed en hoeveel u leer, hang af van die mate van u vordering deur die studie-aktiwiteite

    asook van die gehalte van u poging.

    In gevalle waar oefeninge gegee word, moet u die vrae beantwoord sonder om na die

    studiemateriaal te verwys. Merk dan u antwoord teenoor die antwoord wat in die studiegids

    gegee word. Waar u antwoord van die in die studiegids gegee, verskil, vra uself af: waarom?,

    hoe?, wanneer?, waar? wat het ek verkeerd gedoen. Indien meer as 25% verkeerd is, probeer

    weer om die vraag te beantwoord sonder om na die studiegids of u vorige poging te verwys.

    Rekeningkunde is inderdaad 'n praktiese vak; hoe meer u oefen, hoe beter.

    Betekenis van woorde

    Uitkomste word oorgedra en beoordelingskriteria word bewoord volgens wat u behoort te kan

    doen. Dit behels die gebruik van aksiewoorde wat dM 1t wat u in die leerproses moet doen,

    beskryf.

    Die volgende lys woorde is voorbeelde van die aksiewoorde wat u in hierdie module sal

    teekom, tesame met die betekenisse. (U hoef dit nie te bestudeer nie.)

    Betekenis van werkwoorde

    1 Lees Vir 'n bree agtergrond, kennis of inligting, moet nie bestudeer nie.

    2 Lees met aandag Die nodige teorie moet behoorlik verstaan word. U kan oor die

    teorie in kort vrae getoets word.

    3 Bestudeer Leer met die oog daarop dat die hoogste vlak van verstaan en

    bemeestering verkry word. Dit is noodsaaklik vir eksamens,

    verdere studie en/of beroep.

    U sal nie in die eksamen gevra word om 'n begrip te omskryf

    (defineer) nie. Van u sal egter verwag word om die toerie in die regte

    rekeningkundige formaat toe te pas en die regte stappe/werks-

    wyses te volg. Byvoorbeeld, die uitleg en terme wat in die opstelling

    van finansie le state gebruik moet word, is voorgeskryf. U mag nie

    ander formate gebruik nie.

    4 Stel ... op U moet dit wat gevra word, gereed maak of voltooi op grond van dit

    wat u voorheen bestudeer het.

    (vi)

  • ONDERWERP A

    DIE GRONDBEGINSELSEN DIE TERREINE VANREKENINGKUNDE

    Leeruitkoms

    Die leerder behoort in staat te wees om die finansie le resultaat en finansie le stand van 'neenmansaak te kan beskryf, bereken en te boekstaaf, deur die basiese rekeningkundigevergelyking en die dubbelinskrywingstelsel te gebruik om die verskillende soortetransaksies te boekstaaf.

    1 ACN101M/1

  • INHOUD

    Studie-eenheid Bladsy

    VOORGESKREWE HANDBOEK

    1 DIE AARD EN FUNKSIE VAN REKENINGKUNDE 3

    2 DIE AARD VAN REKENINGKUNDIGE TEORIE 9

    3 DIE FINANSIE LE STAND 14

    4 DIE FINANSIE LE RESULTAAT 20

    5 DIE DUBBELINSKRYWINGSTELSEL EN DIE

    REKENINGKUNDIGE PROSES 24

    VOORGESKREWE HANDBOEK

    U voorgeskrewe handboek vir hierdie module is:

    About Financial Accounting Volume 1. Berry, P.R.; de Klerk, E.S.; Doussy, F, et al. Durban:

    Butterworths. 2005

    2ACN101M/1

  • Studie-eenheid

    1Die aard en funksie vanrekeningkunde

    Leeruitkoms

    Studente ken en verstaan die aard en funksie van rekeningkunde.

    INHOUDBladsy

    Sleutelbegrippe 4

    1.1 Inleiding 4

    1.2 Wat is rekeningkunde? 4

    1.2.1 Omskrywing 4

    1.2.2 Die aard van rekeningkunde 5

    1.3 Die gemeenskaplike rekeneenheid 5

    1.4 Ondernemingsvorme 6

    1.5 Gebruikers van finansie le inligting 6

    1.5.1 Beleggers 6

    1.5.2 Krediteure 6

    1.5.3 Werknemers 6

    1.5.4 Regering 6

    1.5.5 Bestuur 6

    1.6 Die terreine van rekeningkunde 6

    1.6.1 Finansie le rekeningkunde 6

    1.6.2 Bestuursrekeningkunde 7

    1.7 Oefening en oplossing 7

    Selfbeoordeling 8

    3 ACN101M/1

  • Sleutelbegrippe

    . Finansie le inligting

    . Besluitneming

    . Die aard van rekeningkunde

    . Metingseenheid

    . Ondernemingsvorme

    . Algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk (AARP)

    . Die terreine van rekeningkunde

    BES