16
Bl. 6 Bl. 10 Bl. 15 aktueel sport ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 1 * Junie 2014 Bl. 4 sosiaal nuus Binne: Die Nes Tannie Charmaine “Put a lock on it” Ons eie bobaas bokser Boeke het e-boeke geword en pos het e-pos geword. Nou hoekom nie e-onderwys nie? Wie sou nou kon raai dat Adamantia so vinnig tegnologies opgegradeer sou word? Onlangs is daar interaktiewe witborde in `n paar klaskamers geȉnstalleer wat klasse makliker en interessanter maak. Daar is baie voordele aan interaktiewe witborde. Een voordeel is dat onderwysers deur die gebruik van dié borde lesse kan opneem en dit dan onmiddellik vir leerders kan e-pos. Dit beteken dat leerders minder notas hoef te maak en meer tyd het om te fokus op die les wat aangebied word. Nog `n voordeel is dat onderwysers klaar beplande lesse van die internet kan aflaai en dit so vir die leerders aanbied. Dit spaar ook tyd vir die onderwysers. Die nadeel is egter dat leerders wat nie oplet nie, waardevolle kennis gaan verloor. Die Adelaar het met mnr. Hendrikse gesels en dit is wat hy sê: Mev. Keziah Venter van die “Resilient Property Income Fund” het na ’n kort besoek aan die skool die goeie nuus met ons gedeel dat haar maatskappy, wat verskeie groot inkopiesentrums (malls) dwarsoor Suid-Afrika besit, graag vir die skool iets wil borg. Sy het op vier interaktiewe “Smart” witborde, vier dataprojektors en vier draagbare rekenaars besluit. Hierdie produkte is van die nuutste tegnologie tans op die mark beskikbaar. Die borde is alreeds deur ’n maatskappy in Kaapstad in twee Wiskundeklasse, die Fisiese Wetenskapklas en Lewenswetenskappe-klas geïnstalleer. Die leerders en opvoeders is oor hierdie nuwe en moderne tegnologie in die klasse baie dankbaar en baie opgewonde. Dit het die manier van lesse aanbied reeds drasties verander. Nog goeie nuus is dat ons later vanjaar oor nog twee van hierdie witborde gaan beskik. Ons kan maar net wonder wat 2015 vir Hoërskool Adamantia inhou. Ons het reeds betroubaar verneem dat tablette dalk nog ons swaar handboeke gaan vervang. Toekomstige onderwys by Adamantia lyk voorwaar rooskleurig. Adamantia raak “smart”! Deur: Monique Sinden

Adelaar 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Adelaar 2014

Citation preview

Page 1: Adelaar 2014

Bl. 6

Bl. 10

Bl. 15

aktueel

sport

ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 1 * Junie 2014

Bl. 4

sosiaal

nuus

Binne:

Die Nes

Tannie

Charmaine

“Put a lock

on it”

Ons eie

bobaas

bokser

Boeke het e-boeke

geword en pos het e-pos

geword. Nou hoekom nie

e-onderwys nie?

Wie sou nou kon raai dat

Adamantia so vinnig

tegnologies opgegradeer

sou word? Onlangs is daar

interaktiewe witborde in `n

paar klaskamers

geȉnstalleer wat klasse

makliker en interessanter

maak.

Daar is baie voordele aan

interaktiewe witborde. Een

voordeel is dat

onderwysers deur die

gebruik van dié borde

lesse kan opneem en dit

dan onmiddellik vir

leerders kan e-pos. Dit

beteken dat leerders

minder notas hoef te

maak en meer tyd het om

te fokus op die les wat

aangebied word. Nog `n

voordeel is dat

onderwysers klaar

beplande lesse van die

internet kan aflaai en dit

so vir die leerders

aanbied. Dit spaar ook tyd

vir die onderwysers. Die

nadeel is egter dat

leerders wat nie oplet nie,

waardevolle kennis gaan

verloor.

Die Adelaar het met mnr.

Hendrikse gesels en dit is

wat hy sê:

Mev. Keziah Venter van

die “Resilient Property

Income Fund” het na ’n

kort besoek aan die skool

die goeie nuus met ons

gedeel dat haar

maatskappy, wat verskeie

groot inkopiesentrums

(malls) dwarsoor Suid-Afrika

besit, graag vir die skool

iets wil borg. Sy het op vier

interaktiewe “Smart”

witborde, vier

dataprojektors en vier

draagbare rekenaars

besluit. Hierdie produkte is

van die nuutste

tegnologie tans op die

mark beskikbaar.

Die borde is alreeds deur

’n maatskappy in

Kaapstad in twee

Wiskundeklasse, die Fisiese

Wetenskapklas en

Lewenswetenskappe-klas

geïnstalleer. Die leerders

en opvoeders is oor

hierdie nuwe en moderne

tegnologie in die klasse

baie dankbaar en baie

opgewonde. Dit het die

manier van lesse aanbied

reeds drasties verander.

Nog goeie nuus is dat ons

later vanjaar oor nog twee

van hierdie witborde gaan

beskik.

Ons kan maar net wonder

wat 2015 vir Hoërskool

Adamantia inhou. Ons het

reeds betroubaar

verneem dat tablette dalk

nog ons swaar

handboeke gaan

vervang. Toekomstige

onderwys by Adamantia

lyk voorwaar rooskleurig.

Adamantia raak “smart”! Deur: Monique Sinden

Page 2: Adelaar 2014

2

NUUS Nuwe personeel in Addieland Deur: Simoné Stoltz

Juffrou Taylor

Daar is nie veel

waarvoor Juffrou

Taylor nie “game” is

nie, maar daar is

wel een ding wat sy nooit sal doen

nie, dit is om netbal bo hokkie te kies!

Sy is ‘n hokkiebokkie in murg en been.

Alhoewel Juffrou Taylor baie praat en

min kere stil is, is daar wel iets wat

min mense weet. Sy was al in sewe

motor- en motorfietsongelukke !

Nogtans sê sy dat niemand bekom-

merd hoef te wees nie, want sy het

net vyf van die sewe kere bestuur!

Op die vraag wat haar gunsteling kos

is, was haar antwoord : “ Tel biltong

en Coke ? Ek kan maklik omgekoop

word met Coke, KFC, McDonalds en

Pizza, maar my moeder se kookkos is

nog steeds die beste!”

Mnr. Fenwick

Wanneer mnr.

Fenwick `n aftydjie

het, verkeer hy rustig

saam met sy

vriende en vriendinne rondom `n

braaivleisvuur. Hy hou ook daarvan

om rugby te kyk en hy is mal oor jag.

“Platteland” is sy gunsteling fliek

omdat hy van die plaaslewe en die

natuur hou. Hy sê dat hy hom kan

vereenselwig daarmee.

Mnr. Fenwick het `n passie om met

leerders te werk. Hy hou daarvan om

hulle te leer en te onderrig. Hierdie

Meneer is trots op ons taal, Afrikaans,

en streef daarna dat dit moet

voortleef.

Juffrou Coetsee

Juffrou Coetsee wil

nog baie dinge doen

voor sy eendag oud

is! Sy wil Namakwa-

land in die blomtyd

besoek, Suid-Afrika asook die res van

die wêreld vol toer. (Sy gee nie ver-

niet die vak toerisme nie!)

As sy nie by die skool is nie, is sy

steeds haar borrelende self. Sy praat

baie en hou haarself besig met

lekker dinge. Cameron Diaz is haar

gunsteling aktrise, want sy vertolk haar

rolle baie goed. Juffrou Coetsee dink

die beste fliek is “My Sister’s Keeper”.

Juffrou Van Zyl

Juffrou Van Zyl hou

baie van Country

Rock musiek. Sy is

mal oor die fliek

“Country Strong” van

G. Paltrow asook die liedjie “Country

Strong”. Haar man en dogter is albei

in die sangbedryf.

Op die vraag: “ Wat was die eerste

ding wat Juffrou gedink het toe

Juffrou by Addies kom?” was haar

antwoord die volgende: “Wat ‘n

behulpsame gemeenskap! Die

onderwysers en ‘Juffrou Charmaine’

het my gou laat tuis voel.” Sy sê ook

dat die leerders graag groet en dat

sy bevoorreg is om in Addie-land te

kan wees.

Mev. Castelyn

Mev. Castelyn sê

dat sy by Addies

kom werk het omdat

dit ‘n Christelike skool

met Christelike

waardes is. Haar dogter Dané-Lee is

ook baie gelukkig in Addies.

Haar lekkerste tyd is om met haar

Vader God te praat oor al die lekker

van die dag, maar ook die

probleme. Sy hou baie van stap en

draf, want dit laat haar goed voel na

‘n dag se harde werk.

Haar perfekte dag word soos volg

beskryf : “As ek in die oggend

opstaan met ‘n lied in my hart, die

dag aanpak met die Vrug van die

Gees en ‘n verskil in ander se lewe

kan maak.”

1, 2, 3, 4, 5 Taylors

Vyf lede van een gesin by dieselfde

skool, wil gedoen wees. Tuis is juffrou

Lin-Marie sussie, maar by die skool

moet hulle haar juffrou noem, want

sy gee vir haar twee boeties en sussie

klas.

Johnrick en Johnnie speel rugby vir

die eerstespan. Jomané speel hokkie

vir die eerstespan. Dan is Jomané en

Johnrick ook op die Uitvoerende

Komitee. Gelukkig is Ma naby vir die

snoepiegeld. Net jammer Ma weet

as hulle detensiepunte kry. So, hulle

kan nie kwaad doen nie.

Hulle was in 2004 almal saam by

Laerskool Black Rock. Toe was

Johnnie in gr. 1, die tweeling in gr. 2,

Lin-Marié in gr. 7 en tannie Marietjie

was die sekretaresse van die skool.

“Ons is baie trots om te sê ons is die

Taylors van Black Rock.”

Hierdie bladsy word geborg deur:

KGOSI LODGE

Page 3: Adelaar 2014

NUUS

Junie 2014 * 3

Twee busse, vier ritte. UK en Kuikens het die

Vrydag almal met ‘n glimlag opgestaan en

besef dat die kamp aangebreek het.

Die eerste bus het gestop en al die Kuikens het

geskarrel om te help tasse aflaai voor die reën

ons vang. Hulle het dadelik daarna begin

oefen aan die Kuikenkunste. Die laaste paar

Kuikens het uiteindelik opgedaag en hulle het

ook begin oefen. Die busse was skaars weg,

toe reën dit katte en honde. Almal is haastig

na die klein saaltjie.

In die saal het hulle hul kuikenliedjies, skoollied

en kuikendans geoefen tot die reën gestop

het. Meneer Thomas het die reëls verduidelik

en hulle het weer gaan oefen. Dit het so

aangegaan. As die sirene afgaan, moes hulle

in die saal wees. Hulle het Vrydagaand konsert

gehou en afgesluit met ‘n sokkie. Hulle moes

almal halftwaalf slaap en tog was al die

Kuikens al vyfuur Saterdagogggend wakker,

sonder dat hulle wakker gemaak is! Van die

Kuikens en UK-lede is met skeerroom gesmeer.

Almal het lekker geëet en het begin met die

boeresport. Die boeresport was aangebied

deur Addies se Landsdiens. Hulle het tou-

getrek, hulle gesigte in meel gedruk, vierbeen

resies gehou, eier gegooi en nog vele meer!

Na die boeresport was daar waatlemoene om

te eet, maar daar is meer waatlemoene ge-

bruik om mekaar te gooi en te smeer. Natuurlik

moes hulle na die lekker speel skoonmaak, wat

nie altyd so lekker is nie.

So kom alle goeie dinge tot ‘n einde en die

Kuikens is moeg en vuil huis toe. Al die Kuikens

het besluit dat hulle gaan ophou lawaai en

een, twee, drie is hulle deel van die Addiegees!

Kuikentastiese Kuikenkamp Deur: Wilsca Smith

Page 4: Adelaar 2014

4

NUUS

“Humpty Dumpty sat on the wall, Humpty Dumpty had a great fall”. Hier in Addieland sit ons nie

meer op mure nie, maar wel op pragtige bankies wat deur bemiddeling van juffrou Botha aan

ons gegee is. Die bankies is gedurende die eerste kwartaal in die seunsvierkant opgerig. Dis ’n

pragtige blou geverf om by die skoolkleure te pas en is slegs vir seniors se gebruik. Die Adelaar

het ’n paar vrae aan juffrou Botha gerig om meer inligting oor die bankies te verkry.

V: Waar het die befondsing vir die bankies vandaan gekom?

A: Die fondse is die afgelope twee jaar gegenereer met die damesoggende en kronings.

V: Hoekom het Juffrou besluit om bankies in te sit?

A: Ek het gevoel alhoewel ons al uitreike gehad het, was daar ’n leemte aan sitplek vir

Adamantia se leerders tydens pouses. Ek het dit as voorstel ingedien en die skoolhoof het my

daarin ondersteun. Ek sou in elk geval niks fondse kon insamel sonder die afgelope twee jaar

se Mej. Addie-finaliste nie, so, dit was om aan hulle ook iets terug te gee.

V: Het die plekkie al ’n naam en wat is dit?

A: Mnr. Marais het met die oorspronklike voorstel gekom om

dit “Die Nes” te noem, omdat ons skoolwapen ’n arend in

het en die bankies onder die boom is.

Te danke aan juffrou Botha en al die Mej. Addie-finaliste het die

Addies ’n pragtige nessie om in te skrop.

Die Nes Deur: Ravonne Haai

Ons eie prima-ballerina

Ons luister graag na wat Terina van Shalkwyk te sê het:

My droom is nog altyd om `n prima-ballerina te word. Vanaf vierjarige ouderdom

werk ek daaraan. Op Saterdag, 17 Mei 2014, het ek nog `n stappie nader aan my

droom gegee. Ek wil volgende jaar met die graad B.Music (Dance) aan die Universi-

teit van Kaapstad begin. Die graad neem 4 jaar. Een van die voorvereistes vir die

aansoek van die graad, is die slaag van `n oudisie. Die oudisie vir die balletafdeling

behels praktiese danse vir ballet en kontemporêre danse. Jy kan geen

voorbereiding vir die oudisie doen nie en moet dus net jou kennis en ervaring wat jy

oor die jare opgedoen het, gebruik.

Die ballet en kontemporêre danssessies was elk `n uur lank en ek moes beide sessies slaag om die oudi-

sie te slag. Die balletklas het bestaan uit 16 ballerinas en die kontemporêre klas uit 70 dansers. Uit die 70

dansers is slegs nege ballerinas gekies waarvan een `n man is. Die ballerinas het van reg oor Suid-Afrika

en selfs Brasilië gekom. Die beoordelaars het ons meegedeel dat die standard van die ballerinas die

beste is wat hulle nog gehad het. Die kompetisie was straf. Elke danser het absoluut net die beste

gegee.

Ek is geseënd en is een van die nege ballerinas wat gekeur is, Dit is vir my `n voorreg om verder te werk

aan my droom en ek is dankbaar teenoor my Hemelse Vader dat Hy my die geleenthede gee. Ek gaan

terug Kaap toe!!!

Page 5: Adelaar 2014

5 Junie 2014 *

Fotoblad

Page 6: Adelaar 2014

Aktueel

Tannie Charmaine Roets, die skool se ontvangsdame en sekretaresse, het ’n veelsydige

taak.

Tannie Charmaine help almal by ontvangs: ouers, leerders, besigheidsmense, die departe-

ment, afleweraars en en en … Sy antwoord die fone, doen admin-werk en sorg dat hekke en

deure oopgemaak word. Sy sorg dat die werkers in- en uitteken. Sy stel die ouers in kennis dat

hul kind(ers) siek is of as die ouers skool toe moet kom. Sy doen die skoolhoof se dagboek en die

personeel sin. Sy doen die afkondigings. Sy reël ook vir aflospersoneel, hanteer die kleinkas en dit

alles met ’n glimlag.

Hoe vind tannie Charmaine haar werk by die skool?

Dis haar passie en dit was haar droom om by ‘n skool te werk. Sy wou nog altyd ‘n sekretaresse/

ontvangsdame wees. Sy hou daarvan om met kinders te werk en elke dag kinders te sien.

Tannie Charmain se sterk punte en swakpunte:

Sy het goeie menseverhoudings. Sy is baie positief oor die lewe, hardwerkend, baie vriendelik en

het ‘n baie goeie hart.

Sy kan nie kwaai wees nie, al probeer sy hoe hard! Sy wil somtyds hê alles moet te perfek wees.

Ietsie oor haar persoonlike lewe:

Sy het twee kinders, Charné en JP. Charné is in gr. 4 in Laerskool Eureka en JP is in gr. 11 in Hoër-

skool Diamantveld. Sy is ook getroud met ‘n wonderlike man, oom Fransie. Haar gunsteling blom

is ‘n roos, haar gunsteling kos is lasagne en haar gunsteling kleure is pienk en groen.

Tannie Charmain hou baie van diere, maar is gekant teen mense wat hulle diere mishandel. Sy

ken die meeste van die kinders se name en daar is ‘n hele paar name! Net so lief soos wat

tannie Charmain vir diere is, so lief is sy vir kinders!

Die Addie-leerders dink tannie Charmain is die beste

ontvangsdame in die land. Sy het nou ‘n helpende hand gekry,

tannie Margaret, so nou gaan sy haar nie dood werk nie en nog

baie jare hier wees!

Tannie Charmaine – ontvangsdame of wonderwerk? Deur: Elri Botes

6

Hierdie bladsy word geborg deur:

CHARLENE’S STUDIO

Page 7: Adelaar 2014

Junie 2014 * 7

Aktueel

Soveel kinders sê hulle is moeg om elke jaar dieselfde goed te hoor voor die atletiek. Dinge

soos dat dit ‘n normale skooldag is en almal daar moet wees, maar dan is dit dikwels ook

hiérdie leerders wat daaroor kla wat juis nie opdaag nie.

Op Vrydag, 24 Januarie, het die skool se atletiekdag aangebreek en weereens was daar baie

kinders wat net nie opgedaag het nie. Soveel leerders kla en sê dat die skool niks doen nie,

maar die waarheid is dat hulle net nooit opdaag vir skoolaktiwiteite wat die skool vir hulle

aanbied nie.

Dit is die een plek waar jy kan saam sing, saam deelneem vir die pret en net lekker mal gaan,

maar dit lyk of baie van ons kinders oud voor hulle tyd is. Hulle wil net nooit daardie ekstra tree

stap vir die skool nie. Ongelukkig is dit ook hierdie leerlinge wat gedurig kla hulle is moeg, maar

dit is ook so dat hoe minder jy doen, hoe gouer raak jy moeg (van niksdoen), want jy is onfiks.

Wat gaan jy eendag vir jou kinders vertel het jy gedoen toe jy op skool was? Of gaan jy eerlik

wees en sê jy het maar net by die huis of in die strate rondgelê.

Miskien, as almal net vir ‘n slag sal luister en ‘n poging aanwend om betrokke te raak, sal hulle

agterkom wat hulle mis. Dink dus tweekeer voordat jy kla dat daar niks by die skool aangaan nie

en vra jouself eers af: “Hoeveel van die skoolaktiwiteite woon ek regtig by?” Dan sal die meeste

van die kinders besef hulle het niks om oor te kla nie.

Dink weer voor jy kla ! Deur: Eroné Pretorius

Na al die harde oefening het

die groot aand uiteindelik

aangebreek. By die jaar se

Addies Got Talent, was daar

vele talente, van sing tot dans.

Die drie wenners was—Michelle

du Toit (eerste plek), Jana

Nieman (tweede plek) en

Melani Momberg (derde plek).

Al drie het sangitems

voorgedra. Die deelnemers is

deur die beoordelaars,

Juffroue Holtzhausen, Lindeque

en Ellis, beoordeel en d.m.v.

`n puntetoekenning het hierdie

drie gewen.

Christo van Zyl het weereens sy

heupe los geswaai terwyl hy

ala Theuns Jordaan gesing het.

Daar was ook `n besonderse

“gumbootdans” uitgevoer.

Sommige van die graad 8’s

wat baie braaf was, het ook

besluit om hulle talente voor

die hele skool uit te haal en te

wys.

Volgens Addie-leerders sal

hulle dit beslis nie volgende

jaar misloop nie. Addieland het

voorwaar talent!

Addieland loop oor met talent!

Deur: Leandri de Wet en Charlene Sinden

Page 8: Adelaar 2014

Redaksioneel

8

Dit hang alles af van die “bril”…

Deur: Simonè Stoltz

Daar gaan nie `n dag verby wat daar nie `n

negatiewe plakkaat op `n lamppaal is of `n

skinderstorie in een of ander tydskrif nie.

Koerante en tydskryfte se voorbladgesigte is

baie keer mense wat in iets misluk het. In die

meeste telivisieprogramme is daar mislukte

verhoudings, egskeidings en buite-egtelike

kinders. Hoeveel flieks en TV-programme word

nog gemaak waar daar geen vuil taal in is nie?

Dit het laerskoolkinders, tieners en volwassenes

se alledaagse taalgebruik geword.

Dit is die siek en nare wêreld waarin ons lewe.

Tog moet ons probeer keer dat hierdie prentjie

van die wêreld nie ons ingesteldheid oor die

lewe te veel belemmer nie. So, haal vir `n slag

die wêreld se “bril” af – sit God se “bril” op – en

jy sal sien dat die prentjie soveel anders en

mooier lyk. Die situasies sal dalk nie altyd

verander nie, maar jou ingesteldheid sal

verseker verander.

In aansluiting by die redaktrise se

brief dat ons graag in die Adelaar op

die mooi dinge wil fokus, is Oom nou

vandag bly dat hy sy “ondersoek” op

’n positiewe noot kan begin. Oom se

bors (en ek hoop elkeen in Addieland

sin) swel van trots oor die goeie

matriekuitslae van 2013. Om as die

tweede beste skool in die Noord-

Kaap en as die beste

Afrikaansmedium seuns- en

meisieskool aangewys te word, sit nie

in enige skool se broek nie. Dit kan

alleenlik gebeur deur harde werk

deur die leerders en die nog harder

werk deur die onnies!

Boonop het ons vir die sesde

agtereenvolgende jaar ’n 100%

slaagsyfer gehad. Mooi so, dit wil

gedoen wees. (Oom wonder nou net

hoekom leerders soms besluit om na

ander skole in Kimberley te gaan as

hulle reeds in ’n goeie skool is.

Onthou, jy bepaal jou eie geluk en

nie die onnies of jou maats nie.)

Oom hoop van harte dat die res van

die skool se leerders iets uit hierdie

prestasie geleer het. Slegs deur hard

te werk en jou beste te gee, kan

sukses behaal word.

’n Ander positiewe ding wat onder

Oom se aandag gekom het, is dat

ons Addies vanjaar meer deelneem

aan sport. As dit so aangaan, kan

Adamantia net beter en beter word.

’n Gesonde en aktiewe mens, is

gewoonlik ook ’n positiewe mens.

Oom wil graag die handjievol Addies

wat dit hulle “werk” maak om die

reëls so ver as moontlik te breek deur

laat by die klasse aan te kom, steeds

voor die badkamers saam te drom

as die klok reeds gelui het, die onnies

uit te tart in die klasse en dit vir die

ander leerders so onaangenaam as

moontlik probeer maak, vra om hulle

nonsens te stop. Dit is gewoonlik

hiérdie groep, wat die minste doen,

wat negatief is oor alles en hulle

monde vol het oor die skool. Gaan

gee uiting aan jou frustrasies deur vir

’n slag op die sportveld betrokke te

raak, dan hoef jy nie jou asem te

mors deur oor alles te kla nie.

So stil-stil het die nuwe groen bankies

vir die seniors onder die bome in die

seunsvierkant verrys. Dit was voorwaar

‘n aanwins, maar weereens gedra

sommige Addies hulle of hulle nie

weet wat die doel van die bankies is

nie. Daar staan ’n asblik nie verder as

tien meter van die bankies af nie,

maar ons seniors is te lui om tot daar

te stap en hulle papiere en blikke

weg te gooi. (Is hulle dalk bang hulle

word fiks?!?) Dit word eerder onder

die bankies ingedruk (soos wat in die

klasse gebeur) of langs die bankies

op die grond gelos. Los julle ook julle

rommel by julle huise op die sitkamer

se vloer? Is dit die voorbeeld wat ons

seniors aan die juniors stel?

Speurder Sherlock...

Page 9: Adelaar 2014

9 Junie 2014 *

Sosiaal Met `n klanksisteem wat soms

buite beheer was, was die

damesoggend van 2014 nog

steeds suksesvol!

Die damesoggend wat deel is van

die Adamantiaprojek, is al drie jaar

aan die gang. Soos by baie ander

funksies is daar soms ’n paar

“probleempies”, maar gelukkig

eindig dit altyd op ’n hoë noot.

Daar word elke jaar ’n ander

spreker vir die groot dag genooi

wat die mense sal lok, afhangende

van die beskikbare finansies.

Die hele idee het begin toe juffrou

Botha op skool ook self aan

soortgelyke kompetisies

deelgeneem het. Sy het baie

daaruit geleer, veral omdat sy nie

Gasvryheidstudies as `n vak

geneem het nie. Sy sien funksies

wat sy moet organiseer as `n

persoonlike uitdaging.

Dit projek leer die Mej. Adamantia-

finaliste vaardighede soos

organisering, tydsbeplanning,

stresbestuur en om gasvrou te

speel. Dit is belangrik om die tafel

volgens die korrekte kriteria te dek.

Hoe kreatiewer en meer stylvol,

hoe beter!

Die hoogtepunt van die dag was

die pragtige tafels. Vrydag, na al

die finaliste klaar gedek het, kon

juffrou Botha in elke finalis die

bewondering, tevredenheid asook

teleurstelling met hul tafel sien.

Buiten die geld wat verdien word,

leer die finaliste baie. Dit is deur en

deur die moeite werd en sal beslis

elke jaar gehou word (solank juffrou

Botha by Adamantia is!).

Damesoggend: nog ’n suksesverhaal Deur: Chanté Mans

Die Tafeldekwenners

saam met juf. Botha.

Die Mej. Adamatia-

finaliste

Die beker vir...

die beste akademiese skool gaan aan... Hoërskool Adamantia!

Hierdie bladsy word geborg deur:

DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING

Deur: Bonita Marupeng

Page 10: Adelaar 2014

10

Sosiaal

Hier volg ‘n paar wenke oor

hoe om ‘n verhouding te

laat werk. Hierdie opname

is gedoen deur Addies vir

Addies.

Seuns:

-Die “soet-seuntjie-haarstyl”

gaan dit nie doen nie.

-Ruik lekker.

-Skryf kort “love letters” met

die hand.

-Luister en wees daar vir haar

as dinge moeilik raak.

-TE veel “flirtery” sit haar af.

-Staan haar by as sy nie lek-

ker voel nie.

-Moenie dit waaroor jy weet

sy selfbewus of onseker is

teen haar gebruik as julle ‘n

meningsverskil het nie.

-Lyk ordentlik. Ons is bly as jy

trots is op jou pienk BlouBul-

trui, maar sommige pa’s

ondersteun die WP.

-Groet haar pa met ‘n

stewige handdruk (“gym-

bomme” moet dit nie

oordoen nie) en haar ma

met ‘n drukkie. Indien jy dit

nie doen nie, moet die arme

meisie later verskonings

uitdink.

Meisies:

-Ruik lekker.

-Seuns hou van lekker

drukkies en hande vashou.

-Moet asseblief nie net water

bestel op ‘n “date” nie, nie-

mand dink jy’s vet nie.

-Moenie meer grimmering as

klere dra nie.

-Moenie inmeng as die

“manne” braai nie.

-As hy nie van jou hou nie,

hou hy nie van jou nie ;

moenie jouself aan hom

afsmeer nie.

-Gaan vir ‘n slag vir iemand

wat nog op skool is.

Almal:

-Tree volgens jou ouderdom

op.

-‘n Mens leer gewoonlik eers

die persoon ken voor jy sy/

haar mangels probeer

uitsuig.

-‘n Mens kan nie net ‘n week

LIEF wees vir jou LIEFIE nie.

Hoe goed werk jou verhouding? Deur: Melissa du Plessis

`n Rukkie gelede was daar `n paar voorvalle waar leerders se skryfbehoeftes

sonder hul toestemming uit hul skooltasse “verwyder” is.

Soos gebruiklik sit leerders hul skooltasse gedurende pouses voor die

klaskamer waar hulle na pouse sal wees. Dit is egter dan wanneer daar deur ander leerders in

die tasse gekrap word en hul besittings vasgelê word. Baie leerders se prit, potlode en sakreke-

naars en selfs handboeke is gevat. Gelukkig is `n paar van die skelms vinnig deur die onnies

“ontmasker”.

Die leerders het egter nie meer veilig gevoel om hul tasse voor die klaskamers te los nie. Die

leerders het toe besluit om hul skooltasse met stewige slotte toe te sluit vir die “safe keeping” van

hul skryfbehoeftes. Die Adelaar spreek dan ook hiermee sy misnoë uit oor hierdie leerders wat

hulself help aan ander leerders se goed. Wat maak jy met `n leerder se handboek as die

leerder nie eers in dieselfde graad as jy is nie, of is dit maar net nog `n voorbeeld van

vandalisme?

“Put a lock on it” Leerders sluit hulle skooltasse toe...

Page 11: Adelaar 2014

11 Junie 2014 *

Hierdie bladsy word geborg deur:

DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING

Fotoblad

Page 12: Adelaar 2014

Kultuur

12

Die D.S. Jacobs Landsdiensklub was sommer

vroeg die jaar weer bedrywig en hard aan

die werk. Daar is immers `n naam wat hoog

gehou moet word…

Een van die eerste groot projekte was om geld

in te samel vir Kansa en daarna het die jaarlikse

Kansa-Relay natuurlik gevolg. Adamantia se

Lansdsiensklub moes al die Luminaria sakkies

met sand en kersies vul. Saam met die

Algemene Raad het die landsdiens sommer

vinnig die takie verrig. Vele hande, ligte werk!

Die groot stap het begin. “Ons moes heelnag

om die baan stap en mekaar aflos, maar dit

was hope pret,” het Tom Sinden gesê. Die

Kansa-projek is met sukses afgehandel.

Die Klubkamp was vanjaar `n reusesukses op

Christiana. Die Landsdieners het die 25ste April

vertrek. Die Saterdagoggend het hulle uitgereik

na minderbevoorregtes en het hope kos, klere

en saadjies vir agt gesinne se groentetuine

oorhandig. Daar is kano-resies gehou,

stokbrood gebraai, lekker geëet en min

geslaap. Die kamp het nie die Sondag

geëindig toe almal huis toe gegaan het nie.

Maandag, 28 April, het die Landsdiensklub die

Groot Gat besoek en die uitstappie en kamp

met roomys by Mc Donalds afgesluit.

Die Landsdieners van Hoërskool Adamantia is

beslis besig om groot dinge te laat gebeur en

laat nie gras onder hulle voete groei nie. Hulle

lewe elke keer hul vier liefdes; liefde vir die

Skepper, die medemens, die natuur en arbeid,

na die beste van hul vermoë uit. Hul

herwinningsprojek gaan volstoom voort en

enige iemand is welkom om `n bydrae te

lewer. Volgende is die streekskamp en `n toer

na die Laeveld is ook in die pyplyn!

Dit is verseker `n fees om `n Addie Landsdiener

te wees!

Van sit en staan kom niks gedaan... Deur: Charlene Sinden

Page 13: Adelaar 2014

Junie 2014 * 13

Wees die soort leier wat jy sou gevolg het… Deur: Simonè Stoltz

Aktueel

Van voorskool af speel die meeste

kinders die gewilde “follow the

leader” speletjie. Min weet kinders

dat dit die begin van volg en lei is.

Die maatjies wat nie eers volg nie,

gaan ook nie `n beurt kry om te lei

nie. Net so werk dit ook in die

gewone gang van die lewe. Die wat

nie bereid is om te volg nie, sal ook

nie daarin suksesvol wees om groot

groepe te kan lei nie.

Hoofmeisie 2014

Terina van Schalkwyk is nie net

hoofmeisie van 2014 nie. Sy doen

haar bes op akademiese gebied

asook ballet en moderne danse. Sy

hou daarvan om na musiek te luister

en geniet “scrap booking” baie. Sy

bestee graag tyd saam met familie

en vriende.

Terina se doel vir die Uitvoerende

Komitee van 2014 was om as `n

span saam te werk. Sy sê dat dit al-

reeds bereik is, maar dat daar steeds

daaraan gewerk word met elke funk-

sie en geleentheid wat daar is. Sy glo

ook dat `n mens nie kan lei, as jy nie

kan volg nie. Jy kan nie van ander

verwag om jou te volg, as jy nooit wil

volg nie. Deur te volg, kan ander sien

dat hulle op jou kan staatmaak.

As jy `n leier is, is daar baie uitda-

gings. Terina sê dat dit nie altyd mak-

lik is om ander te motiveer om iets te

doen nie. Sy is self baie besig en

moet seker maak dat sy by alles

uitkom, sonder om enige iets of ie-

mand af te skeep. Dit is nie altyd lek-

ker om in `n leiersposisie te wees nie.

Soms moet daar besluite geneem

word, wat nie almal tevrede stel nie.

Volgens Terina is tydsbestuur baie

belangrik om suksesvol te wees in

haar taak, maar

sy geniet dit

steeds om hoof-

meisie te wees.

Terina se ma is

haar rolmodel en

sy sal eendag

soos haar ma wil

wees. Sy is

onafhanklik en

het `n sterk per-

soonlikheid. Sy

doen altyd die

beste wat sy kan

in enige situasie

en het deurset-

tingsvermoë

Hoofseun 2014

Schalk Kruger sê

dat dit uiters be-

langrik is om te

kan volg voordat

jy kan lei. Deur te

volg, word erva-

ring opgedoen

en kan jy uit

ander se foute

leer. Sy droom

vir die Uitvoerende Komitee van 2014

is om `n eenheid te vorm en saam

te staan, selfs deur slegte en moeilike

tye. Al is hierdie droom reeds bereik,

moet daar steeds daarop gebou

word. Schalk sê dat hy so ver as

moontlik almal dieselfde probeer

behandel en ook geen geheime vir

enige iemand probeer hou nie.

Om hoofseun te wees, is nie altyd

aangenaam nie, want almal se oë is

permanent op jou. Waag dit tog net

om `n fout te maak, en die veroor-

deling is soveel erger as wat dit

teenoor `n ander persoon sou wees.

Shalk is ook soms lus om sommer net

laf te wees, maar as hoofseun moet

hy te alle tye onthou dat hy as voor-

beeld moet optree.

In sy vrye tyd hou hy daarvan om `n

entjie te gaan stap en na te dink oor

die dag. Hy hou ook daarvan om te

gaan draf en na musiek te luister.

Schalk sien sy pa as iemand waarna

hy kan opkyk en hy sal ook graag

eendag soos sy ma wil wees.

Ongeag wat die lewe na haar kant

toe gooi - sy bly vasgeanker in haar

geloof en sy doen haar bes in alles

wat sy kan.

Schalk sê dat as hy enige iets in sy

skoolloopbaan sou wou verander,

sou dit wees om van die begin af

hard te werk en nie eers van graad

10 af nie. Sy drome vir die toekoms is

om na matriek na `n universiteit toe

te gaan en sy graad te kry. Na sy

studies sal hy wil begin werk - `n soort

werk waarvoor hy lief is en altyd sal wil

doen.

Page 14: Adelaar 2014

14

Page 15: Adelaar 2014

Junie 2014 * 15

Sport

Sy was al oorsee vir die Wêreldkampioenskap, maar

het uitgeval in die preliminaries, maar sy het steeds

baie geleer. Sy is tans in graad twaalf en het `n

passie vir boks. Ja, jy het reggeraai, dit is Lulu Smit.

Lulu oefen hard en sy maak baie opofferings om die

beste bokser in Suid-Afrika te wees. Haar grootste mo-

tivering is die feit dat sy graag eendag Olimpiese Spele

toe wil gaan en sy wil vir almal wat nie in haar glo nie,

wys dat sy dit wel kan en sal doen.

Op 19 Mei vanjaar was Lulu Botswana toe vir die

“African games”. Lulu se raad aan ander leerders wat

wil boks, is: “Probeer dit voor jy besluit, want boks is

definitief nie vir sissies nie. Dis goeie oefening, jy leer

baie mense ken, sien die wêreld en ervaar baie goed

deur boks.” Sy sê ook boks is baie harde werk, maar dis

beslis die moeite werd. “Die wêreld is oop vir `n mens

as jy boks.”

Mag haar woorde jou inspireer indien jy oorweeg om

eendag `n bokser te word.

Ons eie bobaas bokser in Addieland Deur: Eroné Pretorius

Page 16: Adelaar 2014

Sport

Rugby– en Netbaltoer 2014