16
Modules 1.1 Inleiding tot rekenaars 1.2 Programmatuur 1.3 Apparatuur 1.4 Lêerbestuur 1.5 IKT in perspektief 1.6 Uitgebreide konsepte van programmatuur 1.7 Uitgebreide konsepte van apparatuur 1.8 Die impak van IKT Afdeling 1 Stelseltegnologieë en implikasies 1

Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 1

Modules 1.1 Inleiding tot rekenaars

1.2 Programmatuur

1.3 Apparatuur

1.4 Lêerbestuur

1.5 IKT in perspektief

1.6 Uitgebreide konsepte van programmatuur

1.7 Uitgebreide konsepte van apparatuur

1.8 Die impak van IKT

1Afdeling 1Stelseltegnologieë en

implikasies

1

Page 2: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 12

Module

1.1Inleiding tot rekenaars

InleidingIn hierdie module leer jy net die basiese dinge wat nodig is om aan die gang te kom. Ons sal later weer na baie van hierdie konsepte terugkeer, omdat baie van hulle eers vir jou sal begin sin maak wanneer ons al ’n bietjie gewerk het.

Apparatuur teenoor programmatuur Kom ons kyk nou wat die verskil is tussen twee baie belangrike komponente van ’n rekenaarstelsel, naamlik apparatuur en programmatuur:

• Daardie dele van ’n rekenaar waaraan ’n mens kan vat en wat ’n mens kan sien, noem ons die apparatuur (hardware). Voorbeelde hiervan sluit die muis, die skerm, die sleutelbord, ’n drukker en ook die verskillende komponente binne die rekenaarkas in.

• Omdierekenaarsovertekryomietstedoen,moetonsbaiespesifiekeinstruksiesaan die rekenaar gee. Hierdie instruksies staan as programme of programmatuur (software) bekend.

’n Rekenaarkas met verskillende komponente soos ’n hardeskyf, moederbord, geheue (RAM), sentrale verwerkingseenheid (SVE) en CD/DVD-aandrywer. Monitor

Om die rekenaar te laat werk moet programmatuur op die hardeskyf geïnstalleer word.

Die CD/DVD is nie die programmatuur nie; die programme wat op die CD/DVD geskryf is, is die programmatuur.

Sleutelbord

Muis

Spesiale kabels verbind die komponente.

Die moederbord is die groot stroombaan waaraan al die ander dele van die rekenaargekoppel word. Dit is binne-in die rekenaarkas en maak dit moontlik dat al die dele van die rekenaar met mekaar kommunikeer.

Page 3: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 3

Ons gaan in hierdie module met al hierdie komponente werk – met sommige direk, en ander gaan ons gebruik sonder dat ons dit besef.

Hoe ’n rekenaar werkRekenaars neem toevoer (gewoonlik vanaf die sleutelbord of die muis), doen iets daarmee of verwerk dit en produseer dan ’n vorm van afvoer (op die skerm of deur die drukker). Die toevoer en/of die afvoer moet dikwels gestoor word sodat dit later gebruik kan word.

’n Leerder se leerlingnommer en verskillende toets- en eksamenpunte is data wat ingevoer word. Die rekenaar verwerk die data en die resultaat of afvoer is byvoorbeeld ’n gedrukte rapport (inligting).

Rekenaars verwerk data tot inligting.

• Data is onverwerkte items. Dit kan teks, getalle, prente, klank en video insluit.

• Inligtingis die resultaat van die verwerking van data en moet bruikbaar en sinvol wees.

Toevoer Verwerking van data

Afvoer

Stoor / berging

(permanent)

50

54 7

1 67 80 84 60 90 55 75 60 70 76 80 1102

Page 4: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 14

Muisaksie Beskrywing

Klik Wanneer jy die merker op ’n objek laat rus, en dan die objek selekteer deur die linkerkantste muisknoppie een keer te klik.

Dubbelklik Wanneer jy die linkerkantste muisknoppie twee keer vinnig na mekaar klik.

Regsklik Wanneer jy die regterkantste muisknoppie in plaas van die linkerkantse een klik.

Sleep (drag) Wanneer jy die muisknoppie klik en inhou terwyl jy die muis beweeg.

Op- en afrol (scroll) Die meeste muise het ’n wieletjie tussen die twee knoppies wat gebruik word om op- en af in dokumente op die skerm te skuif.

Daar word na die proses van toevoer, verwerking, afvoer en stoor as die inligtingsverwerkingsiklus verwys. Deesdae is meeste rekenaars op een of ander manier aan ander rekenaars gekoppel sodat daar kommunikasie tussen hulle kan plaasvind. Kommunikasie het dus ’n belangrike element in hierdie siklus geword.

Die proses wat toevoer, verwerking, afvoer en stoor insluit, vind ook in ander elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of definisie na toevoer, verwerking, afvoer of stoor verwys.

1. Die intik van ’n SMS-boodskap op jou selfoon.

2. Die letters wat op jou selfoon se skerm verskyn terwyl jy die SMS-boodskap intik.

3. Die name en telefoonnommers op jou selfoon.

4. Wanneer jy die TV se afstandbeheerder gebruik om die kanaal te verander.

5. Die liedjies op jou MP3-speler.

6. Die geluid van jou huisalarm wat afgaan.

7. Die film wat op die skerm vanaf jou DVD-speler speel.

8. Die geluid wat die rekenaar maak wanneer jy ’n fout maak.

9. Wanneer jy die rekenaar se beheerstok (joystick) beweeg.

10. Die fliek op ’n DVD.

Aktiwiteit 1

Die‘magtigemuis’

Die muis word baie vir interaksie met programme op ’n rekenaar gebruik. Om die muis se merker of wyser op die skerm te beweeg, moet mens die muis self beweeg.

Die volgende tabel bevat die basiese muis-aksies:

Page 5: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 5

Kennismaking met WindowsDie belangrikste programmatuur op ’n rekenaar is die program wat al die aktiwiteite wat in die rekenaar plaasvind, beheer. Dit word die bedryfstelsel genoem en Windows is seker die bekendste bedryfstelsel. In hierdie afdeling verken ons die ‘Windows-omgewing’ so ’n bietjie.

Tyd om die rekenaar aan te skakel!Die bedryfstelsel laai outomaties wanneer die rekenaar aangeskakel word. Ons noem dit die selflaaiproses (boot). Afhangende van hoe jou rekenaar opgestel is, sal jy dalk <Ctrl><Alt><Delete> moet druk om aan te teken. Jy mag dalk ook gevra word om ’n gebruikersnaam en wagwoord te verskaf.

Aanteken (logging on) verwys na die proses wat gevolg word om toegang tot die programme en data op ’n rekenaar te verkry, dikwels deur die gebruik van ’n gebruikersnaam en wagwoord.

Dit werk dikwels so as die rekenaar waarop jy werk met baie ander rekenaars in ’n netwerk gekoppel is (soos wat dit heel moontlik by jou skool werk).

Die unieke gebruikersnaam en wagwoord word ter wille van sekuriteit gebruik sodat net JY tot jou lêers toegang kan verkry. Dit is om te verseker dat ander gebruikers nie met jou lêers peuter of hulle skrap nie. Dit is ook ter wille van privaatheid want ’n mens wil nie hê dat almal toegang tot mekaar se lêers het nie.

die werkskermWanneer jy jou rekenaar aanskakel, gaan jy by die werkskerm (desktop) uitkom. Dit is die eerste basiese ‘skerm’ van die bedryfstelsel. Omdat bedryfstelsels verskil, sal dit nie op alle rekenaars dieselfde lyk nie. Boonop kan die werkskerm deur die gebruiker aangepas en verander (customise) word.

Die klein prentjies of ikone op die werkskerm verteenwoordig programme of ‘plekke’ op die rekenaar. Deur met die muis op so ’n ikoon te klik kan die gebruiker objekte selekteer – ons leer later meer hieroor.

Die werkskerm kan vergelyk word met jou lessenaar waarop jy items kan neersit, kan rondskuif, byvoeg of verwyder, soos wat jy dit nodig vind.

Sidebar en Gadgets

Notification area

Taakbalkie

Quick Launch-balkie

Start-knoppie en Start-kieslys

Page 6: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 16

Verken die werkskerm

• Skakel jou rekenaar aan, en teken aan. Verskaf ’n gebruikersnaam en wagwoord indien nodig en wag tot die werkskerm verskyn.

• Jy sal klein prentjies en ikone sien wat objekte verteenwoordig.

• Beweeg jou merker en laat dit op van die objekte ‘rus’. Vind uit watter beskrywings onder elkeen van die objekte, soos die Recycle Bin, verskyn. Ons noem hierdie beskrywings wat verskyn wanneer jy jou merker op ’n objek laat rus, ’n tooltip.

• Rangskik ’n paar van die ikone op die werkskerm deur hulle rond te sleep.

• Regsklik op die Recycle Bin. ’n Reeks opsies sal verskyn. Dit word ’n opwipkieslys (pop-up menu) genoem. Klik op ’n deel van die werkskerm wat ‘leeg’ is om van die opwipkieslys ontslae te raak.

• By sommige prentjies of ikone is daar ’n klein geboë pyltjie in die linkerkantste onderste hoek. Hulle word kortpaaie (shortcuts) genoem. Kyk of jy ‘n kortpad op jou werkskerm kan raaksien. Kortpaaie gee vinnige toegang tot dinge soos programme en drukkers.

• Klik op die Start-knoppie. Let op dat daar by sommige van die opsies (soos All Programs) ’n klein driehoekie verskyn. Dit beteken eenvoudig dat daar meer opsies is wat op ’n ander kieslys (menu) verskyn. Jy kan daarheen gaan deur die merker oor die opsie te beweeg.

• ’n Belangrike opsie wat onder Start voorkom, is die opsie om die rekenaar af te skakel – Shut down. (Wag, moenie daarop klik nie!)

• Dit is belangrik dat jy hierdie opsie gebruik om die rekenaar af te skakel. As jy die kragskakelaar gebruik, kan dit lêers wat nog op die rekenaar oop is, beskadig. Dit kan ook gebeur dat die rekenaar nie veranderinge aan dokumente en instellings by die programme wat nog besig is om te werk, sal kan stoor nie.

Algemene kenmerke van programme Programme wat vir rekenaars wat ’n Windows-bedryfstelsel het geskryf is, noem ons sommer kortweg Windows-programme. Wanneer ’n nuwe program oopgemaak of gelaai word, sal ’n area op die skerm die inhoud of terugvoer van die program vertoon. Hierdie area staan as ’n venster (window) bekend.

Jy kan soms ’n opsie kanselleer of teruggaan na waar jy was, deur die Escape-sleutel te druk (<Esc>).

Aktiwiteit 2

Start-knoppie

Recycle Bin

Kortpad

Page 7: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 7

Twee dokumente is gelyktydig oop

’n Venster neem gewoonlik die hele werkskerm in beslag, maar dit is moontlik om verskeie vensters gelyktydig oop te hê.

Tasks word verbind met die programme wat op ’n gegewe oomblik gelaai is. Wanneer ’n program gelaai is, word dit op die taakbalkie onderaan die skerm aangedui.

Page 8: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 18

Verken windows• Maak die Microsoft Word-program op jou rekenaar oop (Dit kan dalk as ’n ikoon op

jou werkskerm vertoon, of jy kan dit via die Start-knoppie tussen jou programme gaan soek).

Aktiwiteit 3

• Klik op die Word-venster se minimeer-knoppie.

• Die werkskerm is nou weer sigbaar. As jy mooi oplet, sal jy ’n taakknoppie vir Word op die taakbalkie sien. Dit beteken die program is steeds gelaai.

• Klik op hierdie taakknoppie en kyk hoe dit weer die Word-skerm oopmaak.

• Maak die program nou toe, en aktiveer Word dan weer.

• Maak nou ook die Paint-program oop. (Mens kry dit gewoonlik onder Start, All Programs, Accessories, Paint.)

Die toemaak-knoppie maak die venster toe en beëindig so die program. Die program sal jou vra of jy jou werk wil stoor indien jy dit nognie gedoen het nie.

Die maksimeer-knoppie vergroot die venster tot op die grootste moontlike omvang, gewoonlik die grootte van die skerm.

Die herstel-knoppie herstel die venster tot die vorige posisie en grootte waarop dit gestel was.

Die minimeer-knoppie reduseer die venster tot ’n ikoon wat op die taakbalkie onderaan die skerm vertoon word.

Elke venster of window het ’n stel knoppies wat bo in die regterkantste hoek geplaas is. Hierdie is die knoppies wat ons in staat stel om die algemene funksies met vensters uit te voer, soos toemaak, herstel (restore), minimeer en maksimeer.

• As jy op die Word-taakknoppie klik, word Word aktief kan jy daarin werk. Wanneer jy op die Paint-taakknoppie klik, word Paint aktief en kan jy in Paint werk.

• Maak beide die Word- en Paint-programme toe.

Ons hoor soms dat die Windows bedryfstelsels ’n multitaak-bedryfstelsel genoem word, omdat dit verskeie take gelyktydig gelaai kan hê.

Elke program wat gelaai is, sal as ’n taak (gewoonlik onderaan die skerm) verskyn. Ons sê die een waaraan ons op die oomblik werk is in die ‘voorgrond’ en die res is op die ‘agtergrond’. Ons kan, met ander woorde, verskillende programme aktief hou, alhoewel ons slegs met een op ’n slag besig is.

Page 9: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 9

Windows-programme het dieselfde soort kenmerke en hulpbronne. Kyk na die voorbeeld van ’n skerm wat verskyn as ’n dokument in WordPad (’n program wat by die Windows-bedryfstelsel ingesluit is) oopgemaak word:

Tipiese komponente van ’n venster word in die bostaande diagram aangedui:

Alle Windows-programme bevat opdragte wat op een of ander manier in groepe gerangskik is. Die meeste programme bevat kieslyste (menus) en balkies (toolbars) met knoppies (buttons) vir die onderskeie opdragte.

Office2007enOffice2010,asookander nuwe programme, het kieslyste en balkies gekombineer om ’n nuwe soort komponent, die Ribbon, te vorm. Die Ribbon bevat al die opdragte in logiese groepe op tabs georganiseer (soos die Pages-, Tables- en Illustrations-groepe op die Insert-tab in die diagram). Dit word ook die Fluent User Interface genoem.

Komponent Funksie

1 Titelbalkie Dit vertoon die naam van die lêer en die program waarin jy werk.

2 Minimeer-, maksimeer- en toemaak-knoppies

Knoppies om die venster te minimeer, te maksimeer en toe te maak.

3 Kieslysbalkie ’n Balkie met ’n stel opdragte wat as teks vertoon word.

4 Balkie (Toolbar) ’n Stel knoppies en ikone wat ’n stel verwante take verteenwoordig.

5 Rolbalkie(Scrollbars)

Stel jou in staat om op en af op die venster te rol sodat jy inligting wat as gevolg van die grootte van die skerm onsigbaar is, kan sien.

13

2

4

5

Page 10: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 110

Kolom A: Beskrywing Kolom B: Term1 Die muis-aksie wat gebruik word om ’n objek te selekteer

voordat jy enigiets daarmee kan ‘doen’. A Selflaai

(booting)2 ’n Wenk of inligting wat vertoon word as jy die merker op ’n

ikoon of objek rus.B Werkskerm

3 Wanneer jy ’n muis gebruik om in ’n dokument op en af te beweeg.

C Drag and drop

4 Iets wat jy met die muis doen om objekte rond te skuif. D Esc5 Die belangrikste programmatuur op jou rekenaar. E Ikone6 ’n Voorbeeld van ’n bedryfstelsel. F Linksklik7 Die proses wanneer jy ’n rekenaar aansit, en die

bedryfstelsel laai.G Maksimeer

(maximise)8 Die klein prentjies op die werkskerm wat programme of

‘plekke’ op die rekenaar voorstel.H Windows 7

9 Die eerste basiese skerm wat verskyn wanneer Windows gelaai is.

I Kieslysbalkie (menu bar)

10 ’n Kombinasie van die kieslysbalkie en ander balkies wat onderskeidelik in Office 2007 en Office 2010 gebruik word.

J Minimeer (minimise)

11 ’n Horisontale balkie aan die onderkant van die werkskerm. K Bedryfstelsel12 Prentjies of ikone wat ’n klein geboë pyltjie in die

linkerkantste, onderste hoek het. L Ribbon

13 ’n Sleutel op die sleutelbord wat jy kan gebruik om ’n opsie te kanselleer of om terug te gaan na waar jy was.

M Rol (scroll)

14 ’n Reghoekige area op die skerm wat die inhoud of afvoer van ’n program vertoon.

N Rolbalkie

15 ’n Aksie wat ’n venster tot ’n knoppie op die taakbalkie sal reduseer.

O Kortpaaie (shortcuts)

16 ’n Aksie wat die venster so groot as moontlik maak. P Taakbalkie17 ’n Reghoekige balkie aan die bokant van ’n programvenster

wat die naam van die dokument, en die program waarin jy werk, aandui.

Q Titelbalkie

18 Hierdie balkie is aan die bokant van ’n programvenster en dit bevat teks-items of moontlike keuses wat jy kan selekteer om keuses in die program te maak.

R Toolbar

19 ’n Balkie met ’n versameling knoppies of ikone wat take wat jy in ’n program kan verrig, voorstel.

S Tooltip

20 Komponente wat jou in staat stel om op en af in ’n venster te beweeg, sodat jy enige inligting kan sien wat as gevolg van die venster se grootte onsigbaar is.

T Venster (window)

Pas elkeen van die beskrywings in Kolom A by ‘n term in Kolom B.

Aktiwiteit 4

Page 11: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 11

Wat gebeur wanneer werk gestoor wordWanneer ons die rekenaar gebruik om dokumente, prente, ens. te skep, wil ons ons werk kan stoor. Alles word op ’n rekenaar as lêers gestoor. Dit word gewoonlik op ’n rekenaarsehardeskyfin’nspesifiekelêergids(folder) gestoor.

In die volgende aktiwiteit gaan ons ’n prentjie skep en stoor.

• Maak die program Paint oop.

• Wat jy nou het, is basies ’n skoon teken-area.

• Laat die merker op elkeen van die ikone rus om die tooltips wat die funksies van die ikone beskryf, te laat vertoon.

• Beweeg die merker na die regterkantste, onderste hoek van die diagram, en jy sal sien dat die merker in ‘n tweerigting-pyltjie verander. (Dit is moontlik dat die teken-area aanvanklik baie klein is.)

• Sleep die merker af en regs om jou teken-area groter te maak.

• Eksperimenteer ’n bietjie. Verken die opsies, teken iets en kyk of jy by ’n maat iets kan leer!

• Goed, nou is dit tyd om jou meesterstuk te stoor! Die File-opsie is gewoonlik bo links. Selekteer dit deur daarop te klik.

• Selekteer die Save-opsie om jou werk te stoor (alles waaraan ons werk word as lêers gestoor).

• Tik ’n lêernaam vir jou prent in, en klik op die Save-knoppie. (Jou onderwyser gaan jou dalk verdere instruksies gee oor waar jy jou dokument presies moet stoor, afhangende van hoe julle ‘stelsel’ opgestel is).

• Jy kan nou hierdie venster toemaak (in hierdie geval, die program) deur op die X in die boonste regterkantste hoek van die venster te klik.

• Probeer nou om die lêer weer oop te maak deur die Paint-program weer te laai, en die Open-opsie in die File-kieslys te selekteer.

• Maak ’n paar veranderinge aan die tekening en stoor dit as ’n ander lêer deur die Save As-opsie op die File-kieslys te selekteer.

Aktiwiteit 5

’n Lêer is ’n versameling data of inligting wat deur ’n rekenaar onder ’n enkele naam gestoor word.

Page 12: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 112

Kom ons probeer nou om dit wat ons gedoen het in ‘rekenaarterme’ te beskryf.

Rekenaars ontvang lang lyste instruksies (programme) wat hulle moet uitvoer. Hulle ontvang ook groot hoeveelhede data waarmee hulle moet werk. Hulle benodig dus ’n plek waar die instruksies sowel as die data bewaar kan word.

• Stoor of berging (storage) word gebruik om programme (soos die Paint-program), en data (soos die prentjie wat jy geskep het) permanent te stoor.

• Wanneeronsmet’nprogramwilwerk,moetonsditeers(vanafberging)indiegeheue (memory) laai. Ons laai ook data-lêers in die geheue. Hierdie geheue is nie permanent nie, en as die krag afgaan, is alles in die rekenaar se geheue verlore. Dit is waarom jy jou werk moet stoor (save).

oefen jou sleutelbordvaardigheid Die sleutelbord is steeds vandag die algemeenste toevoertoestel en word gebruik om inligting in die program wat ons gebruik, in te tik. Dit is daarom baie belangrik dat jy leer om goed met ’n sleutelbord te kan werk.

die sleutelbord (toevoer)Die sleutelbord staan ook as ’n ‘QWERTY’-sleutelbord bekend – ’n verwysing na die eerste ses letters op die eerste ry sleutels. (Deesdae word die term QWERTY ook gebruik om na ’n ‘volledige’ sleutelbord, wat ’n aparte sleutel vir elke letter het, te verwys – nie soos sommige selfone waar dieselfde sleutel vir 3 of 4 letters gebruik word nie.)

SleutelbordvaardighedeOm vaardig te raak met die gebruik van ’n sleutelbord, moet jy die regte vingers op die regte sleutels gebruik. As jy met die regte vingers op die regte sleutels tik, sal jy op die ou end kan tik sonder om na die sleutelbord te kyk. Dit word touch typing genoem. Jy kan dit met oefening en die gebruik van ’n Typing Tutor-program aanleer. Dit sal jou in staat stel om vinnig en akkuraat te tik. Daar is ’n hele klomp goeie Typing Tutor-programme (verniet!) beskikbaar om te gebruik.

Sleutelbordvaardigheid is belangrik. Om egter ’n vaardige rekenaargebruiker te wees, beteken nie dat jy bloot vinnig moet kan tik nie, maar eerder dat jy sal weet hoe om die muis en die sleutelbord effektief saam met die programmatuur te gebruik.

Page 13: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 13

Die volgende vingerkaart dui aan watter sleutels met watter vingers getik behoort te word.

Die linkerhand se ankersleutels (asdf) en die regterhand se ankersleutels (jkl;) vorm saam die tuisry (home row).

Die sleutels ASDF is die linkerhand se anker-sleutels.

Die sleutels JKL; is die regterhand se anker-sleutels.

Die vier vingers (uitgesluit die duime) van elke hand rus heeltyd op hierdie sleutels. Die twee duime rus op die spasiebalk. Die linkerwysvinger rus op die F en die regterwysvinger rus op die J – daarom het die sleutelbord twee strepies op hierdie sleutels wat mens kan voel sonder dat jy daarna hoef te soek. Alle ander sleutels word vanaf die vingers se posisie op die tuisry bereik.

Wanneer jy hierdie kuns bemeester het, sal gereelde oefening jou spoed en akkuraatheid verhoog.

QAZ

WSX

EDC

R TF GV B P

;/

OL.

IK,

Y UH JN M

Spasiebalk

Die linkerhand se Home Row Keys is: ASDF Die regterhand se Home Row Keys is: JKL;

Page 14: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 114

Toets en verbeter jou kennisoorsig van module

Apparatuur teenoor programmatuur

• Apparatuurisdaardiedelevan’nrekenaarwaaraan’nmenskanvatenwatmenskansien, bv. die muis, skerm, sleutelbord, drukker.

• Programmatuurverwysnaspesifiekeinstruksiesofprogrammewat’nrekenaarbenodig om iets te kan doen.

Dataeninligting

• Dataisonverwerkteitems.Ditkanteks,getalle,prente,klankenvideoinsluit.• Inligtingisdieresultaatvandieverwerkingvandataenmoetbruikbaarensinvolwees.

Inligtingsverwerkingssiklus

• Toevoer,verwerking,afvoerenstoor.• Ookkommunikasiemetanderrekenaars.

Windows-bedryfstelsel

• Belangriksteprogramwatalleaktiwiteiteindierekenaarbeheer.• Magdalkwagwoord/gebruikersnaambenodigombyWindowsaanteteken.• Werkskermisdieeerstebasiese‘skerm’vandiebedryfstelsel.• Taakbalkie,Start-knoppie,kortpaaie,ikone,Gadgets,NotificationareaenQuick

Launch-balkie is almal op die werkskerm.

Algemene kenmerke van windows en programme

• Maksimeer-,minimeer-,toemaak-enherstel-knoppies.• Titelbalkie,kieslysbalkie,kieslyste,balkiesenrolbalkie.• Ribbon(kombinasievankieslysbalkieenanderbalkies).

Diemuis

• Linksklikgewoonlikomietsteselekteer.• Regskliklaatgewoonlik’nopwipkieslysverskynmetopsieswataanhuidigeaktiwiteit

verwant is. • Sleep:houdiemuisknoppieinterwyldiemuisbeweegword-om’nobjekteskuifof

die grootte te verander.• Scrolling: gebruik muis se wieletjie om deur dokument te ‘rol’.

Stoor jou werk

• Skep’nlêer,stoorditenmaakdittoe.Dielêerkandanweeropgespoorenoopgemaak word.

• Stoorofberging:Programmeendatawordpermanentgestoor.• Geheue:Programmeendatawordvanafbergingnageheuegelaaiwanneer’nmens

daarmee wil werk.

Diesleutelbord

• QWERTYverwysnadiestandaard,volledigesleutelbord.• Esc-sleutel:omhuidigeaksietekanselleer.• Oefenmet’ntikprogramomsleutelbordvaardigheidteverbeter.

Page 15: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Module 1.1: Inleiding tot rekenaars 15

Aanteken (logging on)

Die proses om toegang tot die programme en data op ’n rekenaar te verkry, dikwels deur die gebruik van ’n gebruikersnaam en wagwoord.

Afvoer (output) Afvoer is die resultate van ’n rekenaar se verwerking wat aan ons verskaf word.

Apparatuur (hardware)

Diefisiesedelevan’nrekenaarwaaraanonskanraak,enwatonskansien.

Balkie (Toolbar) ’n Balkie wat ’n versameling knoppies of ikone bevat wat take wat jy in ’n program kan verrig, voorstel.

Bedryfstelsel (operating system)

Belangrikste program wat alle aktiwiteite in die rekenaar beheer.

Data Onverwerkte items.

Esc ’n Sleutel op die sleutelbord wat jy kan gebruik om ’n opsie te kanselleer, of om terug te gaan na waar jy was.

Geheue ’n Nie-permanente stoorarea vir programme en data wat deur die rekenaar verwerk word.

Ikoon op werkskerm

’n Klein prentjie wat ’n program of ’n ‘plek’ op die rekenaar voorstel.

Inligting Die resultaat van die verwerking van data en moet bruikbaar en sinvol wees.

Kieslysbalkie (Menu bar)

’n Balkie met ’n stel opdragte wat as teks vertoon word.

Kortpad (shortcut) op die werkskerm

’n Prentjie of ikoon wat ’n klein geboë pyltjie in die linkerkantste onderste hoek het, wat ’n skakel na dinge soos programme en drukkers bevat en wat dus vinnige toegang daarna verleen.

Programmatuur (software)

Stelle instruksies wat op die rekenaar gestoor word, en wat dit in staat stelomsekerespesifieketaketeverrig.

Ribbon ’nKombinasievan’nkieslysbalkieenanderbalkieswatinOffice2007,Office2010enandernuweprogrammegebruikword.

Rol (scroll) Wanneer jy ’n muis gebruik om op en af in ’n dokument te beweeg.

Rolbalkie (scroll bar)

Komponent wat jou in staat stel om op en af in ’n venster (window) te beweeg, sodat jy enige inligting kan sien wat as gevolg van die venster (window) se grootte onsigbaar is.

Selflaaiproses (Booting)

Die proses wat op ’n rekenaar plaasvind wanneer dit die bedryfstelsel laai. Dit word deur die gebruiker aan die gang gesit.

Sentrale ver -werkings eenheid (SVE)

Apparatuurkomponent wat alle berekeninge doen en instruksies uitvoer. In Engels: Central Processing Unit (CPU)

Stoor of berging Apparatuur wat gebruik word om programme en data (permanent) te stoor.

Taakbalkie ’n Horisontale balkie onder aan die werkskerm.

Titelbalkie ’n Reghoekige balkie aan die bokant van ’n program se venster (window) wat die naam van die dokument, en die program waarin jy werk, aandui.

Belangrike terme en konsepte

Page 16: Afdeling 1 - compmat.wcape.school.za T RTT1... · elektroniese toestelle plaas. Dui in elkeen van die volgende gevalle aan of die frase of Dui in elkeen van die volgende gevalle aan

Afdeling 116

Toevoer (Input) Proses om instruksies en data aan die rekenaar te voorsien. Word ook gebruik om die data en instruksies self te beskryf.

Tooltip ’n Wenk of inligting wat vertoon word as jy die merker op ’n ikoon of objek rus.

Tuisry (Home row) Die ankersleutels van die linkerhand (ASDF) en die regterhand (JKL;) op die sleutelbord.

Venster (Window) ’n Reghoekige area op die skerm wat die inhoud of afvoer van ’n program vertoon.

Maksimeer ’n Aksie wat ’n venster so groot as moontlik maak.

Minimeer ’n Aksie wat ’n venster sal reduseer tot ’n knoppie op die taakbalkie.

Werkskerm (desktop)

Die eerste, basiese skerm wat verskyn wanneer Windows klaar gelaai is.

Windows Vista, Windows 7

Voorbeelde van bedryfstelsels.

1. Jou pa wil ’n nuwe rekenaar koop. Hy verstaan nie hoekom hy programmatuur nodig het nie – hy het dan net ’n ‘rekenaar’ nodig. Help hom om te verstaan hoekom hy ook programmatuur nodig het, deur aan hom die verskil tussen apparatuur en programmatuur te verduidelik.

2. Maak gebruik van ’n praktiese voorbeeld om die verskil tussen data en inligting te verduidelik.

3. Hoekom het mens ’n bedryfstelsel nodig?

4. ’n Toestel soos ’n wasmasjien het baie elektroniese komponente. Hoekom kan ’n rekenaar baie verskillende take verrig, terwyl ’n wasmasjien net die een taak waarvoor dit ontwerp was, kan verrig?

5. Verduidelik die verskil tussen toevoer en afvoer.

6. Lys die twee toevoer-toestelle en die twee afvoer-toestelle wat die algemeenste gebruik word.

7. Elke keer as jou vriendin iets in Windows probeer selekteer, kry sy ’n kieslys wat opwip. Verduidelik aan haar wat sy verkeerd doen, en hoekom sy nie die objek kan selekteer nie.

8. Met party ikone kan mens maklik van die prentjie aflei wat hulle voorstel. Gee een ander manier hoe ’n mens kan uitvind wat ’n ikoon doen, as die prentjie self nie genoeg leidrade gee nie.

9. Waar kan jy nog soek as jy nie ’n program waarmee jy wil werk op die werkskerm kan kry nie?

10. Hoe kan mens ’n venster wat minimeer is, weer opspoor en daarin werk?

11. ’n Selfoonadvertensie dui aan dat dit ’n QWERTY-sleutelbord het. Verduidelik wat dit beteken.

Skriftelike module-aktiwiteit