25
MENERE, ONS W IL J ESUS S IEN Hemelse Vader, ons koop nou net die tyd uit tot U kom. Die groot herlewing wat ons so wonderbaarlik geniet het, wat oor die nasie en om die wêreld uitgebrei het, sodat herlewingsvure in elke nasie onder die hemel gebrand het. Om die wêreld, teen hierdie tyd, vind groot genesingsdienste heeldag lank plaas, en om die wêreld, van ’n paar jaar gelede af. Net eenvoudige mense wat uitgegaan en geglo het, en die herlewing gebring. Hemelse Vader, ons versamel nou in ons stede en oor ons nasie heen. Is daar sommige, Here, wat nog nie ingekom het nie? As dit so is, onse God, bid ons dat U hulle sal stuur. As daar enige siele in Dallas sou wees wat redbaar is, skenk, Here, dat op een of ander manier, een of ander wyse, U hulle gedurende hierdie byeenkoms sal kry. 2 Daar word nie te veel van ons gedink in die wêreld nie, en ons verwag dit. Maar toe ons Here na die aarde toe gekom het, was daar ook nie baie van Hom gedink nie. Maar daar was miljoene in die wêreld daardie tyd, en net ’n paar het Hom gehoor. Maar almal wat tot die Lewe verordineer was, het Hom gehoor. Ek bid ernstig, God, dat U vanaand en deur die byeenkoms heen, hulle almal sal gee wat in Dallas sonder die Seël van God in hul voorhoof gelaat is, skenk dat hulle sal inkom, wonderbaarlik gevul word met die Heilige Gees. 3 Bid dat U al die siekes en beproefdes hier deur die land sal genees wat geloof het. 4 Seën ons eerbare, klein, Broer Grant. O, om hom soveel sterker te sien! Daardie klein mannetjie wat sy gesondheid geheel en al verloor het, in die gebedsrye gestaan het in die diepe opregtheid, en my hart gaan na hom toe uit. Ek is so bly om te sien, Here, dat U hom so wonderbaarlik geseën het. Laat U hand van genade oor hom wees, en al diegene in hierdie land wat U liefhet en op U Koms wag. 5 Seën U Woord. En, Vader, ons bid dat Jesus Self na ons toe sal kom, in so ’n—’n werklike vorm, op so ’n werklike wyse dat daar nie een van ons anders kan as om Hom te sien nie, en mag almal wat U tot Lewe bestem het, Dit ontvang. Mag diegene wat siek is Hom ontvang, en mag hulle vir die Koninkryk van God se onthalwe genees word. In Jesus Christus se Naam vra ons dit. Amen. 6 Nou ons probeer die dienste tussen nege en nege—dertig verdaag as gevolg van die—die menigte, en sodat julle môre—aand kan terugkom. Net ’n ietsie formeels vanaand, ek wil ’n Skrifgedeelte neem wat ek al baiekeer gelees het. En het…

AFR64-0304 Menere, Ons Wil Jesus Sien VGR - Branhamdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR64-0304 Sirs We Would See Jesus VGR.pdf · het geen begin gehad nie en dit het geen einde nie. So

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN

Hemelse Vader, ons koop nou net die tyd uit tot U kom. Die groot herlewing wat ons so wonderbaarlik geniet het, wat oor die nasie en om die wêreld uitgebrei het, sodat herlewingsvure in elke nasie onder die hemel gebrand het. Om die wêreld, teen hierdie tyd, vind groot genesingsdienste heeldag lank plaas, en om die wêreld, van ’n paar jaar gelede af. Net eenvoudige mense wat uitgegaan en geglo het, en die herlewing gebring. Hemelse Vader, ons versamel nou in ons stede en oor ons nasie heen. Is daar sommige, Here, wat nog nie ingekom het nie? As dit so is, onse God, bid ons dat U hulle sal stuur. As daar enige siele in Dallas sou wees wat redbaar is, skenk, Here, dat op een of ander manier, een of ander wyse, U hulle gedurende hierdie byeenkoms sal kry.2 Daar word nie te veel van ons gedink in die wêreld nie, en ons verwag dit. Maar toe ons Here na die aarde toe gekom het, was daar ook nie baie van Hom gedink nie. Maar daar was miljoene in die wêreld daardie tyd, en net ’n paar het Hom gehoor. Maar almal wat tot die Lewe verordineer was, het Hom gehoor. Ek bid ernstig, God, dat U vanaand en deur die byeenkoms heen, hulle almal sal gee wat in Dallas sonder die Seël van God in hul voorhoof gelaat is, skenk dat hulle sal inkom, wonderbaarlik gevul word met die Heilige Gees.3 Bid dat U al die siekes en beproefdes hier deur die land sal genees wat geloof het.4 Seën ons eerbare, klein, Broer Grant. O, om hom soveel sterker te sien! Daardie klein mannetjie wat sy gesondheid geheel en al verloor het, in die gebedsrye gestaan het in die diepe opregtheid, en my hart gaan na hom toe uit. Ek is so bly om te sien, Here, dat U hom so wonderbaarlik geseën het. Laat U hand van genade oor hom wees, en al diegene in hierdie land wat U liefhet en op U Koms wag.5 Seën U Woord. En, Vader, ons bid dat Jesus Self na ons toe sal kom, in so ’n—’n werklike vorm, op so ’n werklike wyse dat daar nie een van ons anders kan as om Hom te sien nie, en mag almal wat U tot Lewe bestem het, Dit ontvang. Mag diegene wat siek is Hom ontvang, en mag hulle vir die Koninkryk van God se onthalwe genees word. In Jesus Christus se Naam vra ons dit. Amen.6 Nou ons probeer die dienste tussen nege en nege—dertig verdaag as gevolg van die—die menigte, en sodat julle môre—aand kan terugkom. Net ’n ietsie formeels vanaand, ek wil ’n Skrifgedeelte neem wat ek al baiekeer gelees het. En het…

2 DIE GESPROKE WOORD

7 Is daar mense hier wat nog nooit in een van die dienste was nie? Steek julle hande op, laat ons sien. O, goeiste, dis feitlik tagtig of negentig persent van die—van die gebou, of die mense in die gebou, was nie in ’n diens nie. Bly om julle vir hierdie eerste keer te hê.8 Nou, enigiemand weet dat daar geen mens is wat ’n ander genees nie. Daar is nie eens ’n dokter wat jou kan genees nie. Genesing is van God. “Ek is die Here Wat al jou krankhede genees.” Daar is geen dokter wat jou sal vertel dat hy die medisyne het wat jou sal genees nie. As hy dit doen, gee hy jou verkeerde inligting.9 Want, Mayo Broers, op ’n onderhoud onlangs…Toe hierdie klein Donny Morton in Kanada genees is, wat Mayo’s weggewys het, wat aan die Weskus gebeur het. Julle het dit in Reader’s Digest gesien. Hulle het my daar by ’n onderhoud gehad, en hulle het gesê: “Ons maak nie aanspraak daarop om genesers te wees nie, Broer Branham, ons maak net aanspraak daarop om die natuur aan te help.”10 Daar is een Geneser, dis God. God is die enigste Een Wat kan selle bou, lewe maak, daarom is dit nie in die mag van die mens om dit te doen nie. ’n Dokter kan ’n been spalk; of jou medisyne gee om kieme te vergiftig, waarna hy soveel daar ingesit het, en ’n teenmiddel om dit te weerhou om jou dood te maak, en die kiem doodmaak ensovoorts. Hy kan dit doen. Maar die weefsel wat afgebreek is, of die been wat gebreek is, die blindedermontsteking wat uitgehaal is, die blindederm, hy kan dit nie genees nie. Dit neem God. God genees. Die mens kan iets verwyder wat dit veroorsaak, as dit moontlik is om daardie orgaan weg te neem, hy kan dit uitsny, die bloedare afsny en dit, of daardie weefsel uittrek, wat ’n wilde sel is, soos ’n gewas, kanker, of iets. As hy dit in die hande kan kry, kan hy dit verwyder. Maar om te genees, kan hy nie, en hy sal dit vir jou sê.11 En, nou, genesing is van God alleen. God alleen het ons genesing vir ons gekoop. Dit hang van ons af om alles te doen wat ons kan, in ons lewe, en in alle opsigte wat God ons gegee het, vir ons genesing, maar dis God wat genees. As God jou roep om Huis toe te gaan, vanaand, is daar nie genoeg medisyne in die wêreld wat jou hier sal hou nie. Daar is niks wat jou hier gaan hou nie. En as Hy jou bepaal om op die aarde te bly, ongeag hoeveel dokters sê jy gaan vanaand, gaan jy nie. So, dit hang net alles van God af.12 God is Lewe, Ewige Lewe. “In die begin was God.” Hy was nie God in daardie tyd nie, want god, die Engelse woord god, beteken “voorwerp van aanbidding,” en daar was niks behalwe net Hy nie. Hy was die Ewige, net die Ewige Een. Daar was geen maan, geen sterre, geen Engele, geen niks nie.

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 3

Maar in hierdie Wese, wat ons “God ons Vader” noem, was eienskappe. In Hom was eienskap om Vader te wees, in Hom was eienskap om God te wees, in Hom was eienskap om Seun te wees, in Hom was eienskap om Verlosser te wees, in Hom was eienskap om geneser te wees, en al hierdie dinge wat ons nou sien vertoon net Sy eienskappe.13 Nou, as jy in Sy denke was, aan die begin, as jy die Ewige Lewe het, daar is net een vorm van Ewige Lewe. Ewige Lewe het geen begin gehad nie en dit het geen einde nie. So as jy die Ewige Lewe het, was jy ’n eienskap van God se denke voor daar enigiets was behalwe Hy.14 Jou vorm, jou fatsoen, en waarin jy nou is, is net ’n negatief, toe jy tot omtrent twintig, twee—en—twintig jaar oud geword het. Jy was ’n negatief, en die dood ontwikkel die prentjie tot die positiewe: “dat wanneer hierdie aardse tabernakel afgebreek word, het ons een wat alreeds wag.” Sien?15 Dit, net die vertoning, wys nou wat gedoen word. Soos God wat God geword het toe Hy Engele geskape het. Hy het Seun geword toe Hy Christus Jesus geskape het. Hy het Verlosser geword toe Jesus gesterf het. Hy word geneser toe “Hy vir ons oortredinge deurboor is, deur Sy wonde daar vir ons genesing gekom het.” Sien?16 Al hierdie dinge is eienskappe van God, net so dat aan die—die einde, het die Bybel gesê, Jesus het gesê: “Julle sal weet dat Ek in die Vader is, die Vader in My; Ek in julle, en julle in My.” Dis God wat tasbaar word. Jou eie vrou, jy en jou eggenoot, is net ’n skaduwee, ’n negatief van God en Sy Vrou, die Kerk. Sien, dis net God se eienskap wat vertoon word in skaduwees en tipes, soos die Ou Testament vir die Nuwe was. Sien? Dan aan die einde, eindig dit alles in God tasbaar. God in Christus, tasbaar, vleesgeword, het onder ons gewoon. En in daardie groot Millennium wat kom, God in die vorm van Christus wat sit op die troon van Dawid; en die Kerk, Sy Bruid, Man en Vrou tesame.17 Wel, dis die meeste, dis genoeg om die hart van ’n gelowige te laat brand; in hierdie groot ure waarin ons lewe, wanneer alle hoop en nasies, en alles anders, oor ons verbrokkel, onder ons, het ons ’n Koninkryk. Ons is in hierdie Koninkryk gedoop.18 Nou gaan ons hierdie klein formele Boodskap vanaand neem, om bekend te stel wat ek wil hê julle in die dienste moet sien. Ons lees in, verskoon my, in Johannes die 12de hoofstuk en die 20ste vers. En ons—ons tema, steeds, van die begin af, is soos dit vanaand is, en oor al ons literatuur en alles, Hebreërs 13:8: “Jesus Christus is dieselfde, gister, vandag, en vir altyd.”

Nou daar was sommige Grieke onder dié wat opgekom het om op die fees te aanbid;

4 DIE GESPROKE WOORD

hulle het na Filippus gegaan, wat van Betsáida…en hom gevra en gesê: Menere, ons wil Jesus graag sien.

19 Nou, daar is die vraag wat ons vanaand vra. As Hy dieselfde gister, vandag, en vir altyd is, en hierdie Grieke, Heidene, gevra het om Hom te sien en toegelaat is om dit te doen deur een van Sy dienaars, en as Hy nog dieselfde bly gister, vandag, en vir altyd, hoekom kan ons Hom nie vanaand sien nie? Sien? Menere, Ons Wil Jesus Sien.20 Nou, ek is seker, vir enige gelowige sou dit die mees opwindende ding van sy hart wees, ’n bevestiging van sy geloof, dat as hy in werklikheid kon sien en weet dat hy in die Teenwoordigheid van Jesus Christus staan. Ek dink dit sou die mees verstommende ding wees wat—wat enige persoon, enige gelowige, aan kon dink; om te weet, en seker te weet, dat hy reg in die Teenwoordigheid van—van die Here Jesus Christus staan, sy ernstige Regter, sy Verlosser, en sy Regter by die Oordeel sal wees.21 Nou, hierdie vraag is gevra. Hierdie Grieke het opgekom na die aanbidding, en hulle was dalk bekeerlinge tot die Joodse godsdiens. En hulle was bo by die fees, dus moes hulle bekeerlinge gewees het. En hulle het van Jesus gehoor. “Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.”22 Nou, iewers in die Skrif, het hulle sonder twyfel gehoor of gelees van hoe die Messias sou wees. Dus met die wete as hulle kon…Hierdie Man wat aanspraak maak om die Messias te wees, Hy sou die eienskappe moes hê wat die Messias moes besit.23 Nou, daar was baie, daar was baie vals messiasse wat opgestaan het, ons weet daar was selfs een genaamd Jesus wat net voor die Gesalfde opgestaan het. Messias was die gesalfde, wat “die Christus” beteken, die…’n—’n Man gesalf met die Heilige Gees, volheid van God, was Messias, God in ’n Man. Die mens en God het een geword, toe God in ’n Man ingekom het.24 Nou, hierdie Grieke was baie nuuskierig. Hulle het party groot dinge omtrent hierdie Kêrel gehoor Wat hierdie aansprake gemaak het, en ek bewonder hulle omdat hulle opreg genoeg was om dit te ondersoek. Ek dink, as ons almal meer daarvan sou doen, sou ondersoek waarvan ons hoor, en dit volgens die Woord oordeel.25 Nou, God verander nooit Sy manier om dinge te doen nie. Hy bly altyd dieselfde manier. Nou, Hy kan nie verander nie, want God se eerste besluit is Syne; moet altyd by daardie besluit bly, wanneer Hy op die toneel geroep word, soos vandag.26 God was op die toneel geroep toe sonde eerste in die tuin van Eden gepleeg is, en Hy moes ’n besluit neem hoe Hy die

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 5

mens sou verlos. En Hy het Sy besluit geneem deur hom deur die gestorte Bloed van ’n onskuldige Een te verlos, en Hy het dit nooit verander nie. Ons het probeer om hulle op te voed, ons het torings en stede gebou, en teologieë en geleerdhede, en—en kerk denominasies, en hulle ingedenomineer; en dit het nog nooit gewerk nie, en dit sal nooit werk nie. God red die mens deur die gestorte Bloed van die Onskuldige. Hy verander dit nooit nie, ongeag watter beter weg ons aan dink. Dis, dit is God se besluit.27 En Hy kan nie ’n besluit neem, een ding vandag, en ’n ander ding môre nie. Wanneer Hy een besluit neem, is Hy volmaak. Hy hoef nooit daarop terug te gaan nie. Wanneer God enigiets sê, is dit vir Ewig reg, want Hy is Ewig, en Sy Woorde is Ewig.28 God, wat die einde van die begin af geken het, daarom het Hy aan Sy—Sy wêreld ’n sekere deel van Woord toebedeel vir elke geslag soos hulle voortgekom het. Hy het profete in die Ou Testament gestuur, ons word in Hebreërs 1 geleer: “God het baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek tot die vaders deur die profete; in hierdie laaste dae deur Sy Seun, Christus Jesus.” Nou, as ons daardie Skrif regtig goed sal ondersoek!29 Toe Jesus op aarde was en gesê het Hy is die Seun van God, het hulle Hom veroordeel. Hy het gesê: “Waarom sou julle My veroordeel wanneer Ek sê Ek is die Seun van God, wanneer julle diegene na wie die Woord van God toe gekom het ‘gode’ noem?” Abraham was as ’n god beskou, Elía was ’n god, Jesaja was ’n god, want die Woord van God het tot hulle gekom. En hulle was, in gedeelte, gode. Jesus het gesê hulle was. Hy het gesê: “Julle noem hulle ‘gode.’”30 Nou, julle sien, toe die man gesalf is, soos Josef, het hy Christus uitgebeeld; toe Moses gesalf is, het hy Christus uitgebeeld; toe Dawid gesalf is, het hy Christus uitgebeeld. Lei alles op na Christus, en Hy was die volheid van die Woord. Die Woord was in Hom gemanifesteer. Hy was die volle Gesalfde. Hulle het Dit ten dele gehad; ons het Dit ten dele. Hy was die gesalfde Een. Die hele plan van God het in Hom gelê. God se plan voor die grondlegging van die wêreld, om ’n verlore wêreld te verlos, was in Hom. Hy was die Woord, en Hy is steeds die Woord: “dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” Onthou, Hy het na die vaders toe gekom, deur die profete, het Homself deur die profete bekend gemaak; en dan in hierdie laaste dag, deur Sy Seun, Christus Jesus. Hy was God gemanifesteer.31 Let op, die Woord kom altyd na die profeet. God het nooit deur ’n groep mense gewerk nie. Dis ’n indiwidu waardeur Hy werk. Hy het in die dae van Noag deur Noag gewerk. Hy het in

6 DIE GESPROKE WOORD

die dae van Moses deur Moses gewerk. Het in die dae van Elía, deur Elis-…-lía gewerk, deur Elisa en Elía. Deur Jesaja en daardie profete, soos hulle deur die eeu afgekom het.32 En toe, toe Hy hier was, was Hy ten volle gemanifesteer; nie in Fariseërs, Sadduseërs nie, maar in Jesus Christus. Hy was die Woord. Dis waarom Hy kon sê wat Hy gesê het. Dis die verklarings wat Hy kon maak. Nou, hierdie Grieke het hiervan geweet, sien.33 Deur elke tydperk heen, het God soveel Woord toegewys, en die kerke het dit alles verwar, dan stuur Hy ’n profeet onder hulle en bevestig daardie Woord. Dis net soos enige ander tyd, ons praat vandag en sê die Metodiste…34 Lutherane het gesê: “Wanneer jy glo, is dit al wat jy hoef te doen; jy word deur die geloof geregverdig, glo.” Baie het gesê hulle het geglo, en het Dit nie gehad nie. Ons weet dit.35 Wesley het aangekom met wat genoem is: “tweede werk van genade,” heiligmaking: “Almal wat uitroep en geheilig word, het Dit.” Baie het uitgeroep, en het Dit nie gehad nie.36 Die Pinkster kom aan, het gesê: “Almal wat met tale spreek, het Dit.” Baie het met tale gespreek, en het Dit nie gehad nie.37 Die Christen Wetenskap kom aan en het gesê: “Dis liefde, die vrugte van die Gees.” Baie van hulle wys vrugte van die Gees, en het Dit nie.38 Daardie Fariseërs kon tien keer die vrugte wys wat Jesus kon. Het julle dit geweet? Nou, wat as ek sou neem, sê…En God vergewe my, maar ek gaan die ander kant neem, ek gaan sê: “Daar is ’n Kêrel hier in Dallas, net ’n jong Kêrel wat van hieronder af kom, nêrens, van die…’n klein agterbuurt hieronder, wat Homself ’n Profeet noem, daar by Galiléa. Hier is Hy, gaan rond. Ek het julle mense bymekaar gebring om julle te wys wat verkeerd is. Hierdie Man gee voor om ’n Profeet te wees.”39 “Nou, ek wil julle iets vra. Wie het van kindsbeen af gestudeer, behalwe julle goddelike ou priester? Wie was dit wat by jou vader en jou moeder gestaan het, toe jy gebore is, behalwe julle goddelike ou priester? Wie was dit wat jou in hul arms geneem het, en jou besny het en jou aan die Here toegewy het, die agtste dag, behalwe julle goddelike ou priester? Wie is dit wat na jou toe kom wanneer jy siek en behoeftig is, behalwe jou goddelike ou priester? Wie is dit wat gestudeer het en opgeoffer het, hul hele jong lewe, om al die wette en dinge te leer, behalwe jou goddelike ou priester? Waar het hierdie jong Kêrel vandaan gekom, hierdie Jesus van Násaret? Na watter skool het Hy gegaan? Watter organisasie behoort Hy

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 7

aan? Watter lidmaatskapskaart dra Hy? Geen. Nou, al wat Hy doen, is om diegene te veroordeel wat dit het. Wie is hierdie Kêrel in elk geval?”40 “En julle sakemanne! Jehova het ’n lam vir ’n offerhande vereis, bloed. En julle goddelike ou priester het ’n paar hokke daarbuite gemaak. Julle kêrels is handelaars, en verkoop sy en goed, en hy het ’n plek daarbuite gemaak sodat julle handelaars dit met julle geld kan koop, ’n lam, om vir julle sondes te offer. Wat het hierdie jong Kêrel gedoen? Daarnatoe gekom en daardie goed omgeskop; met toorn na hulle gekyk, hulle uitgejaag, die geldwisselaars se tafels omgekeer. Sou julle dit die vrugte van die Gees noem? Nee, sou nie sê nie, probeer om julle selfs daarvan te hou om gered te word; julle bloed, die bloed wat Jehova vereis het. Dit kan nie van Jehova wees nie!” Sien hoe onwerklik Dit sou klink?41 Het daardie priesters nie in daardie dag, of daardie profete, toe Jósafat en Agab bymekaar gesit het, en vierhonderd goed opgeleide priesters, van die skool, daarheen gekom en vir Agab—hulle gesê het: “Daardie land behoort aan julle. Dis nie reg dat die—die Filistyne hulle mae sou vul met die koring wat aan Israel behoort nie. God Almagtig het dit vir ons gegee. En SO SPREEK DIE HERE, gaan op!”42 Maar julle weet, Jósafat was ’n geestelike man, dit het net nie presies reg geklink nie. Hy het gesê: “Het julle nie nog een wat julle kan raadpleeg nie?”43 Het gesê: “Ek het een, maar ek haat hom.” Ja. Sekerlik. Het gesê: “Hy profeteer altyd kwaad. Hy veroordeel ons mense, in alles wat hy doen. Hy wil nie met die res van hulle saamstem nie.” Het gesê: “Moenie laat die koning so sê nie, maar bring hom uit.”44 En toe klein Miga, die seun van Jimla uitkom, het hy ’n visioen gesien. Hy het sy visioen met die Woord vergelyk. En toe hy sien sy visioen en die Woord was dieselfde, het hy gesê: “Gaan op, maar ek het Israel verstrooid gesien soos ’n skaap wat geen herder het nie.” Sien julle wie reg was? Hulle het in werklikheid iets beetgehad, en daardie land het behoort, maar dit het aan hulle onder voorwaardes behoort.45 En so behoort die Seëninge van hierdie laaste dag, aan hierdie kerk, maar dis onder voorwaardes. Jy moet daardie voorwaardes nakom. As jy dit nie doen nie, kan jy allerhande genesingsdienste hê, uitroepdienste, loofdienste, vrugdienste, spreek—in—tale dienste, en dit sal jou glad nie baat nie. Jy moet by God se voorwaarde kom.46 Dis waarom hierdie Grieke gretig was om hierdie Man te sien. Hulle het in die Woord geweet wat hierdie Messias

8 DIE GESPROKE WOORD

veronderstel was om te wees, en hulle wou Hom sien. Hulle was Heidene. Hulle het van Hom gehoor, en hulle wou Hom sien.47 Nou, as hulle Hom wou sien en hulle die voorreg gegee is, dink julle nie dat hier in Dallas, vanaand, as Hy in die Skrif gesê het: “Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd,” en ons verlang om Hom te sien, dink julle nie dat Hy ons dieselfde sal gee nie? Onthou, as Hy dit nie doen nie, dan is dit nie dieselfde gister, vandag, en vir altyd nie. Ek glo Hy is dieselfde. God in hierdie laaste dag het wonderlike dinge vir die mense gedoen!48 Dit laat my baie dink aan ’n vrou, hier nie lank gelede nie, in Louisville, Kentucky. Sy het ’n seuntjie van omtrent, o, twee of drie jaar oud, gehad. En die klein kêreltjie het ’n…moes ’n—’n geestesprobleem ontwikkel het. En sy het hom na die dokter toe geneem, en die dokter het hom ’n rukkie behandel. En dit het gelyk of hy erger geword het, vir haar. Maar vir die dokter, hy het gesê: “Ek dink hy’s beter.”49 Dus het sy hom ’n teken toets gegee. Sy het hom na ’n tiensentwinkel geneem, en sy het iets kleins opgetel wat die aandag van hierdie seuntjie behoort te trek, en hy—hy wou nie daarna kyk nie. En sy het na ’n ander toonbank gegaan en sy het iets opgetel wat sy aandag behoort te trek, ’n klein speelgoed geweertjie of iets, en—en dit wou steeds nie sy aandag trek nie. En sy het alles gedoen waarvan sy geweet het, en die mense het die vrou begin sien histeries word. Toe gaan sy na ’n plek wat ’n—’n veerklokkie gehad het, en sy het dit opgetel en dit geskud, histeries, voor sy oë en het gesê: “Liefling, kyk!” En die kêreltjie het net in die ruimte gestaar. En sy het die dingetjie op die vloer laat val en begin uitroep. “O, nee! Nee,” het sy geskree.50 En sommige van die mense in die winkel het haar gaan help, en om uit te vind wat verkeerd was. Sy het gesê: “My seuntjie, die dokter sê hy is beter, maar hy is nie. Enigiets wat sy aandag behoort te trek, van so ’n seuntjie, dit trek hom nie aan nie. Hy staar net in die ruimte.”51 Ek dink dit het die toestand waarin ons kerk kom. God het elke gawe wat Hy in die Bybel belowe het voor ons geskud, en ons staar nog steeds in die ruimte, asof ons vir iets anders kyk. Dit blyk ’n geestelike toestand van die kerk te wees, dat hulle nie die uur waarin hulle lewe, kan sien nie. Hulle kyk vir een of ander sensasie of iets wat…iets ver weg in die toekoms. Die mens doen dit altyd; hy seën God altyd vir wat Hy gedoen het, kyk uit na wat Hy sal doen, en ignoreer wat Hy doen. Julle sien nie die uur waarin ons lewe nie!52 Dis wat daardie Grieke wou weet, wat die uur was en wat die Messias moes wees. Die Skrifgedeelte wat vir daardie dag bekend gemaak is, as daardie Messias dit vervul het, is dit die

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 9

bewys! Die bevestigde Woord van die uur is die bewys; nie dat Hy die vrugte van die Gees hoef te gehad het nie, Hy ’n—’n prokureur in die howe van—van die gereg moes wees nie, vir Syne, of een van die Fariseërs of Sadduseër organisasies nie. Hy was die manifestasie van God se beloofde Woord van daardie uur.53 Wil julle sien wat die vrug van die Gees is? Kyk wat die Bybel vir ’n sekere uur belowe, kyk dan wanneer dit bevestig word. Dit is die bewys. Jesus het gesê: “Ondersoek die Skrifte, want Daarin dink julle het julle die Ewige Lewe, Dit is Dié wat van My getuig. Dis wat bewys Wie Ek is.”54 Ons kyk nou, na een Skrif voordat ons na iets anders gaan. Jesus het gesê, toe Hy hier op aarde was, in Lukas se Boek, dat: “Soos dit was in die dae van Sodom, so sal dit wees by die koms van die Seun van die mens,” let nou op: “en soos dit was in die dae van Noag, voor die vloed.” Nou, Jesus het dieselfde Bybel gelees wat ek en julle lees. En al daardie dinge was skaduwees. Nou, as julle wil uitvind wat dit voor die dag van Noag was, gaan terug en lees Génesis. Hy het net gesê: “Hulle het geëet, gedrink, getrou, in die huwelik uitgegee.”55 Maar as julle oplet, gaan terug en lees Génesis 6 en vind daar uit wat plaasgevind het, ons sien daar destyds dat: “Toe die seuns van God gesien het dat die dogters van die mens mooi was, hulle vir hulle vroue geneem het,” skeihowe. Seuns van God! “Beroemde manne,” manne van groot naam.56 Kyk vandag, ons—ons offisiere, van groot manne van die wêreld, soos hierdie groot heer in Engeland net onlangs, Life tydskrif het die artikel daaroor geskryf, met hierdie ontkleedanseres gevind is, ensovoorts. Kyk na ons goewerneur van New York, en al die ander lande rondom, na die onsedelikheid. Kyk na die egskeiding. Amerika lei die nasies in egskeiding, die res van die wêreld. Kyk na vroue, hoe hulle aantrek en op straat gaan; en hoe mans, die eerste ding wat omtrent aan gedink word, vandag, is iets onsedelik. Elke vermaaklikheid, op sigarette, whiskey, wat dit ook al wil, of een of ander toneelstuk, of een of ander…dit moet een of ander onsedelike vrou daarin hê. “Soos dit was in die dae van Noag!”57 Jesus het gesê: “En soos dit was in die dae van Sodom!” Onthou, Hy het dit alleen gelaat. Laat ons vir ons Sodom voorstel. Daar was drie klasse mense in die wêreld, altyd; dis gelowiges, skyngelowiges, en ongelowiges. Hulle is in elke groep. Ons sal dalk een aand daaroor praat, deur die week. Maar gedurende daardie tyd was daar die ongelowige, die Sodomiete; daar was die skyngelowige, wat Lot en sy groep was; en daar was die uitgeroepene en uitverkorene, wat Abraham was, wat nie in Sodom was nie.58 Drie Engele het afgekom net voor die beloofde seun gekom het. Dat, Abraham vertoef het, en vir ’n beloofde seun uitgekyk

10 DIE GESPROKE WOORD

het; en Lot het die hele belofte vergeet, en uitgegaan het na Sodom; en die Sodomiete het hom in die eerste plek nie geglo nie. Maar let nou op, een warm oggend, het drie Wesens afgekom van die Hemel af. En soos hulle na Abraham gekom het, het Een van hulle by hom gebly. En twee van hulle het na Sodom toe afgegaan, om uit te roep wat in Sodom oorgebly het, Lot—hulle wat saam met hom gegaan het, en Hy het net drie gekry; agt in die dae van Noag.59 Nou, dit is ’n redelike kragtige stelling wat vir hierdie dag kom: “soos dit was,” drie en agt. Let op, daar was Een, egter, wat na Abraham toe gekom het.60 Nou, die een wat na Sodom toe gegaan het, hy…hulle het daar gepreek, daardie twee wat daar ingegaan het, hulle het gepreek en hulle gesê dat die tyd op hande was, die Heidenwêreld sou verbrand word. Kyk nou na die prentjie van Sodom tot op hierdie dag; nie Noag, die water nie; maar hierdie keer die vuur, om die Heidenwêreld te vernietig.61 En die Heidense ware gelowiges kyk uit na ’n beloofde Seun, die Seun van God, en ons het gewag. Hulle is nie in Sodom nie. Hulle is uitgeroep.62 Die Sodom was daardie louwarm kerklidmaat. En daar was soos ’n moderne Billy Graham wat na Sodom toe gegaan het, onder die denominasies, ’n Oral Roberts. En hulle is daarbinne en beur voort met die Evangelie wat hulle verblind het. Kyk na die teken wat hy daar gedoen het, hulle.63 Kyk nou na Abraham, die uitverkorene, in sy groep, Een het daar agtergebly en ’n teken vir hulle gedoen.64 Julle weet, in die hele geskiedenis van die wêreld, die hele geskiedenis van die kerk, was daar nie een keer dat enige hervormer, of enige man, wat ooit ’n—’n groot bediening vir die Heidene gehad het, wat hulle naam ooit in h-a-m geëindig het, soos A-b-r-a-h-a-m, tot nou nie. Dis G-r-a-h-a-m, ses letters. Abraham is sewe letters. Ses letters, G-r-a-h-a-m. Billy Graham, ’n groot opwekkingsprediker wat daaronder in Sodom onder daardie denominasionele kerke is, uitroep wat hy kan. Ons het Billy Sunday, Finney, Sankey, Moody, Knox, Calvyn ensovoorts gehad, maar nooit ’n G-r-a-h-a-m of enige wat met ’n h-a-m geëindig het nie, nooit vantevore nie. Daar is een daaronder na die kerk formeel, in Sodom, wat met ’n h-a-m eindig, beteken: “vader van die nasies.”65 Dan was daar Een wat daarbo by Abraham gebly het, Wat by sy tent gesit het, rug gedraai na die tent toe, en Hy het gesê: “Abraham,” nie Abram nie, wat hy ’n paar dae vantevore was nie. “Abraham, waar is jou vrou, Sara?” S-a-r…r-a, nie S-a-r-a-i nie, sien. “Waar is jou vrou, Sara?”

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 11

Hy het gesê: “Sy is in die tent, agter U.”66 Hy het gesê: “Ek gaan jou besoek. Ek gaan,” Ek, ’n persoonlike naamwoord: “gaan jou besoek volgens die belofte wat Ek jou gegee het.”67 En Sara, wat ’n honderd jaar oud was, in die tent, het by haarself gelag, in haar hart gesê: “Hoe kan ek, wat oud is, weer plesier met my heer hê, en hy oud, Abraham, soos jong, of mense van—van sekslewe wat jare gelede geëindig het?” Sy was negentig, en Abraham was honderd. Het gesê: “Plesier hê met my heer, hy wat ook oud is?”68 En die Engel, die boodskapper wat tot die geestelike kerk was, het onderskei wat sy het, wat sy in haar hart gesê het. En Hy het gesê: “Waarom het Sara dit betwyfel sien, in haar hart gesê: ‘Hierdie dinge kan nie wees nie?’”69 En Sara het dit probeer ontken. Maar omdat sy deel van Abraham was…Haar ongeloof sou haar veroordeel het, maar God kon haar nie neem nie, want sy was deel van Abraham. Die Kerk sou al lank gelede veroordeel gewees het, maar dis ’n deel van Christus.70 Let op na die teken wat Hy gedoen het, wat vertel het wat sy gedoen het, met Sy rug na haar gedraai. Jesus het gesê dat dit sou herhaal: “in die dae van die koms van die Seun van die mens.” Ons sien die Billy Graham, ons sien die vuur gereed om te val, die kerk wat vir ’n beloofde Seun uitkyk. En hier is ons, alles net presies in lyn, wag vir daardie uur, die beloofde Seun.71 En onthou die laaste teken wat Abraham gesien het. En ons wat uit die Gees van Christus gebore is, is Abraham se koninklik Saad. Jesus het belowe dat die koninklike Saad van Abraham dieselfde teken sou sien wat hulle vader Abraham gesien het, voor die beloofde Seun gekom het. Daar was nie nog ’n teken nie. Abraham; Sara het dadelik moeder geword, en Isak het gearriveer. Die laaste teken was God wat in ’n man se vlees gemanifesteer is.72 Nou iemand het vir my gesê, het gesê: “Broer Branham, jy glo tog nie dit was God nie!”73 Wel, Abraham het gesê Dit was. Hy het Hom “Elohim,” genoem. En kyk en sien of dit nie met ’n hoofletter H gespel is nie. Sien of in die oorspronklike begin, dit nie dieselfde is as wat dit was nie: “In die begin het God geskape…” Elohim: “die algenoegsame Een.”74 God wat Homself in Sy Kerk manifesteer, onder Sy mense. Jesus het gesê…Hier was God in ’n Man, Jesus Christus, gemanifesteer: “dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” Die Kerk het deur allerhande soorte tekens gekom. Wel, dan wanneer God die laaste teken voor hulle skud, staar hulle in

12 DIE GESPROKE WOORD

die ruimte. Mag God genade oor ons hê! Hoeveel meer tyd van genade het ons? Dalk later as wat ons dink. Onthou my eerste aanhaling; mense sal net aangaan met dink hulle word gered, dieselfde as Sodom.75 Wat was Hy? Wat het daardie Grieke in Hom gesien? Wat was Hy? Wat hulle ook al toe in Hom gesien het, wat hulle ook al voor gekyk het, dit moes hulle gesien het.76 Kyk nou in Deuteronómium die 18de hoofstuk, 15de tot die 20ste vers, Moses. God het Moses dit gesê. En Moses het die mense gesê: “Die Here julle God sal ’n Profeet soos ek oprig. Dit sal gebeur, dat wie nie na Hom wil luister nie, onder die mense uitgeroei sal word.” God verander nooit Sy plan nie.77 Nou, daardie Grieke het vir ’n Profeet uitgekyk. Nou, hulle het nie ’n profeet vir vierhonderd jaar gehad sedert Maleági nie. Maar daardie Grieke het geweet dat daardie beloofde Woord vir daardie dag, ’n Profeet moes wees: “Die Here julle God sal ’n Profeet soos ek oprig.”78 Want, die Woord kom net na die profeet toe, nie na niks anders behalwe die…Hoeveel verstaan dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Sien? Kyk, dis so perfek dat toe Johannes die profeet was wat in die waters gestaan en doop het, en Jesus in die water na hom toe gekom het, het die Woord na die profeet toe gekom. Hy was die Woord, en Hy het na Johannes toe in die water gekom. God verander nooit Sy stelsel nie, Hy verander nooit Sy manier nie. Hy is die onveranderlike God. Nou, die kerke het dit nie geglo nie, hoegenaamd nie, maar dit het nie die program van God stopgesit nie. Dit het net voortgegaan.79 Nou, Petrus, sy vader was ’n Fariseër. Ongetwyfeld het Andréas wat ’n volgeling van Johannes was, Hom gehoor bekend gestel word.80 Het gesê: “Daar is die Messias, ek sien ’n Lig bokant Hom, soos ’n duif wat op Hom kom,” het getuienis gedra. Het gesê: “Hy wat my in die woestyn gesê het: ‘Gaan doop met water,’ het gesê: ‘Op Wie jy die Gees sal sien, daardie Lig, soos ’n duif wat afkom.’” Was dalk dieselfde Vuurkolom wat die kinders van Israel in die woestyn gevolg het, wat op Hom gekom het, want dit was die Gesalfde, die Logos. Het op Hom gekom, en hy het gesê: “Ek dra getuienis, hierdie is die Messias!”81 So Petrus het saam met Andréas na die diens toe gekom.82 Laat ons uitvind wat Hy was. En as ons uitvind wat Hy was, dan sal ons weet wat Hy nou is. En hoe hulle dit toe herken het, behoort dit op dieselfde manier te wees om dit vandag te herken, want Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Nou met die agtergrond van Sy belofte, is dit wat Hy sou doen. Let op.83 Nou vind ons uit, dat toe Petrus opgekom het in die gehoor waar Jesus was; het Jesus, wat hom nog nooit vantevore gesien

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 13

het nie, gedraai en na hom gekyk, en gesê: “Jou naam is Simon, jy is die seun van Jona.” Nie net het Hy hom geken nie, maar Hy het sy goddelike ou vader wat hom onderrig het, geken. En Petrus, sonder genoeg geleerdheid om sy naam te teken, as ’n eenvoudige en ongeletterde man beskou, wie dit God behaag het om hom die biskop by Jerusalem te maak, en Jesus het hom die sleutels tot die Koninkryk gegee en het hom die hoof van die kerk gemaak. Hierdie man, op hierdie geopenbaarde openbaring, van te weet wat die Messias moes wees, hy het gesê, het Hom as die Messias herken, en aan Sy voete geval, omdat Hy dit gedoen het.84 Daar was een wat daar gestaan het, met die naam van Filippus. Dit hoef nie aan hom gedoen te gewees het nie. Maar hy het ’n Bybelleraar gehad wat hy goed geken het, met die naam van Natánael. As julle die plekke sou merk waar Jesus toe was, was dit vyftien myl om die berg, omtrent twee dae. En Filippus het gegaan en Natánael onder ’n boom gevind, aan die bid, en het hom teruggebring. Ongetwyfeld, as ons na hulle gesprek kon inluister, algaande, het hulle gesê: “Kyk, kom, sien Wie ons gevind het, Jesus van Násaret, seun van Josef.”85 Hy het gesê: “Nou, kon daar enigiets goeds uit Násaret kom?”86 “Kyk, onthou jy, ons het in die Skrif gelees, die Messias moet ’n profeet wees.”87 “O, sekerlik, die Bybel het so gesê, Moses. Ons is sy dissipels. Hy het gesê die Here sal ’n Profeet soos hy was, oprig.”88 “Goed, nou, Jesus van Násaret is daardie Profeet. Onthou jy daardie ou visserman, Simon, daarrond?” “Ja.” “Hy is—hy was Jona se seun.” “Ja.” “Jy het eenkeer ’n bietjie vis van hom gekoop, en hy kon nie eens die kwitansie teken nie.” “Ja.”89 “Hy het in Sy midde gekom, en Hy het gesê: ‘Jou naam is Simon. Jy is die seun van Jona.’ Dit sou my nie verbaas as Hy alles omtrent jou weet wanneer jy kom nie.”90 A, Natánael moes dit sien, dus kom hy op saam met Filippus. Ek dink nie hy het in die gebedsry gekom nie. Hy kon in die gehoor gesit het, of in die gehoor gestaan het, wat dit ook al was. Jesus het vir die siekes gebid.91 En net toe Jesus hom raakgesien het, het Hy gesê: “Aanskou ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Nou, Hy het hom nie geken oor hoe hy geklee was nie. Al die Oosterse mense is dieselfde geklee, met tulbande en sandale, en—en loshangende kledingstukke, baarde gehad. Hy het gesê: “Aanskou ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Nou, hy kon ’n Mohammedaan gewees het, hy kon ’n…hy kon ’n Turk

14 DIE GESPROKE WOORD

gewees het, hy kon enigiets anders gewees het, maar hoe het Hy geweet hy was ’n Israeliet en daar was geen bedrog in hom nie? En dit het hom net platgeslaan.

En hy het gesê: “Rabbi, hoe het U my geken?”92 Hy het gesê: “Voordat Filippus jou geroep het, toe jy onder die boom was, het Ek jou gesien.” Dit was dit. Dit was genoeg.93 Daar was dit. Daar was die Messias. Hy het gesê: “U is die Christus, die Koning van Israel.” Dalk het sy pastoor daar gestaan, maar dit het hom nie gepla nie.94 Daar was hulle wat daar gestaan het, gesê het: “Hierdie Man is Beëlsebub.” Hulle moes teenoor hul gemeente antwoord, julle weet. Het gesê: “Hierdie Man doen dit deur die krag van die Duiwel. Hy is ’n fortuinverteller of iets.”95 Jesus het gesê: “Julle noem My dit, ’n bose naam; die werke van God, ’n bose naam?” Hy het gesê: “Julle sê dit van die Seun van die mens, Ek sal julle vergewe. Maar wanneer die Heilige Gees kom,” hierdie tydperk: “om dieselfde ding te doen, sal een woord Daarteen nooit in hierdie wêreld vergewe word nie, ook nie in die wêreld wat kom nie.” Dis wat Hy gesê het. Ek glo wat Hy sê, is reg.96 Filippus het herken, daardeur. Waarom? Daar was dit, na lang jare met geen profeet nie, en hier het hierdie Man hom geken, en geweet wat verkeerd was, en wat hy gedoen het.97 Jesus. Gou nou voor ons afsluit. Eendag het hy afgegaan na Jérigo, wat onder die heuwel was. Maar Hy het nodig gehad om verby Samaria te gaan, en Hy het ’n pad rondom ’n stad genaamd Sigar gevolg.98 Nou, daar is drie rasse van mense. Glo wat julle wil, maar daar is. Dis Gam, Sem, en Jafet se mense. Let nou op, toe die Jode, hulle was aan die uitkyk vir ’n Messias. En die Samaritaan was half Joods en Heidens, hulle het uitgekyk vir ’n—’n Messias. Maar die Heiden, ons die Anglo—Saksers, ons was heidene, Filistyne en wat nog, sien.99 Maar let op, Hy kom net na diegene wat uitkyk vir Hom. Hy sal net genees, vanaand, diegene wat uitkyk vir Hom om te genees. Hy sal net diegene red wat verwag om gered te word.100 En kyk nou na Hom soos Hy die dissipels na die stadjie van Sigar stuur, om ’n paar—’n paar lewensmiddele te kry. Terwyl hulle weg was, het ’n mooi, jong vrou uitgekom, en sy was ’n ontugtige vrou. Ons sou haar vandag dalk ’n straatvrou noem. Haar ouers kon haar dalk verstoot het toe sy ’n dogtertjie was, en dis hoe sy haar lewe gemaak het, maar daar was iets in daardie dametjie se hart. Sy het omtrent elfuur gekom, omdat sy nie saam met die res van die meisies kon kom nie.

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 15

As enigiemand ooit, hier, in Indië en die Oosterse lande was, aangesien die gebruike nooit verander nie, kan hulle nie saam verkeer, die regte en verkeerde mense nie. So hulle…101 Sy het nadergekom, en Jesus het daar gesit. In ’n klein panorama soos hierdie, groei die wingerd oor die agterkant van ’n put. En die openbare stadsput was daar, en die mense het uitgekom om water te kry. En sy het omtrent byna middag gekom om haar water te kry. Wanneer, die jongmeisies het vroeg in die oggend gekom om die water te haal, en hulle het hulle wasgoed en sulke dinge daar gewas. Haar manier van ’n lewe te maak was ’n ander manier. So, sy het ongeveer middag gekom om hare te kry, wanneer die meisies nie daar was nie, want sy sou weggejaag word van die put.102 En soos sy, sonder om enigiemand op te merk wat daar sit, sy het die hakies ingehaak oor die pot en dit laat afsak deur die slinger, binne—in die put en sy het begin om dit op te trek. Sy het ’n stem gehoor wat sê: “Vrou, gee vir My iets om te drink.” En sy het daarnatoe gekyk, en daar was ’n Man wat daar gesit het, wat ’n Jood was.103 Hy moes ’n bietjie ouer gelyk het as wat Hy regtig was, want Hy was net dertig, omtrent drie—en—dertig, en die Bybel het gesê: “Hy het vyftig gelyk.” Julle weet, die Jode het gesê: “U is ’n Man van nie oor vyftig nie, en sê U het ‘Abraham gesien’?”

Hy het gesê: “Voor Abraham was, IS EK.” Sien?104 So sy baard moes seker ’n bietjie grys gewees het, of iets, soos sy gekyk het. En sy het na Hom gekyk. Sy werk moes ’n geweldige effek op Sy fisiese lewe gehad het. En sy het gesê…

Hy het gesê: “Bring vir My iets om te drink.”105 En sy het gesê: “Dit is nie gebruiklik vir julle Samarit-…of vir julle Jode om ons vroue van Samaria so ’n vraag te vra nie.”106 En Hy het gesê: “Maar as jy geweet het met Wie jy praat, sou jy My vra vir iets om te drink.”107 Nou het sy gesê: “Die put is diep.” Wat het Hy gedoen? Hy het met haar gees in aanraking gekom, sien. Die Vader…108 Hy het in Johannes 5:19 gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen nie, maar net wat Hy die Vader sien doen.” Onthou dit nou. Skryf dit in julle boeke neer, sien. Jesus het nooit een ding gedoen totdat Hy in ’n visioen gesien het wat om te doen nie. Dis reg. Nie hoor nie; “wat Ek sien.” “Die Seun kan niks doen nie, maar net wat Hy die Vader sien doen, dan doen die Seun net so.” Hy het dit in drama afgespeel. Geen mens kan enigiets doen behalwe sonder regtig wat God hom sê om te doen nie. Let nou op, en die Vader het Hom dalk gesê om na Samaria te gaan.

16 DIE GESPROKE WOORD

109 En toe het hierdie vrou met Hom gepraat. Hy het gesê, met haar gesprek gevoer het, om met haar gees in aanraking te kom. En toe Hy oor “aanbidding hier by Jerusalem,” praat, voor jy weet wat, het Hy uitgevind wat haar probleem was. Ons weet almal wat dit was. Sy het te veel mans gehad. En dus het Hy gesê: “Gaan haal jou man en kom hier.”

En sy het gesê: “Ek—ek het nie enige man nie.”110 Hy het gesê: “Jy het reg gesê, want jy het vyf gehad, en die een saam met wie jy nou lewe, is nie joune nie.”111 En kyk na hierdie vrou, let op, en sy in daardie toestand. (Bly ek te lank, te lank?) Sy in daardie toestand, sy het meer van die regte Bybel geweet as ’n groot klomp predikers vandag. En sodra Hy sien…Sy kon gedink het dat dit net ’n—’n man was wat haar toestand gesien het, en—en sy wou…by haar wou aanlê of iets, en sy het gesê: “Ek het geen man nie!”112 Hy het gesê: “U het reg gesê. Jy het vyf gehad, en die een saam met wie jy nou lewe, is nie jou man nie.”113 Gou het daardie voorbestemde saad wat in haar hart gelê het, aan die brand geraak. Sy het gedraai, sy het gesê: “Meneer, ek sien dat U ’n profeet is. Ons het nie een vir vierhonderd jaar gehad nie, weet U. Ons weet.” O, Dallas, moet dit nie mis nie! “Ons weet. Ons kyk uit vir ’n Messias, Wat die Christus genoem word. En wanneer Hy kom, is dit wat Hy sal doen. Dit sal Sy teken wees.”

Jesus het gesê: “Dit is Ek wat met jou praat.”114 Daarop het sy die waterpot laat val, en het in die stad gegaan, gesê: “Kom, sien ’n Man Wat my gesê het wat ek gedoen het. Is dit nie die einste Messias nie?” En die Bybel het gesê dat hulle Jesus geglo het oor wat die vrou gesê het.115 Nou, dis hoe Hy Homself geïdentifiseer het as die Messias; nie oor hoe hy aangetrek het, deur Sy geleerdheid, deur ’n lidmaatskapskaart, deur Sy eer onder mense nie. God was in Hom, het die Woord gemanifesteer wat Hy belowe het. Hy het in Johannes 5:39 gesê: “Ondersoek die Skrifte, want daarin dink julle dat julle die Ewige Lewe het. Dit is dié wat getuig, of, julle sê Wie Ek is.”116 “Dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” My broer, my suster, julle is ’n lieflike gehoor, julle kan heelnag lank praat. Sien julle wat Jesus toe was? Hy was gemanifesteer, dit was God gemanifesteer in ’n Man genaamd Jesus Christus, wat die Seun van God is, wat beloof: “Soos dit was in die dae van Noag,” elke ander toneel presies geplaas: “so sal dit wees by die koms van die Seun van die mens.” “Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” O, kerk, moenie staar nie, maar glo aan die Here Jesus Christus! Menere, ons wil Jesus sien.

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 17

As Hy dieselfde gister, vandag, en vir altyd is, wil julle Hom graag sien? “Menere, ons…” Hoe sou julle Hom soek? As Hy dieselfde gister, vandag, en vir altyd is, sal Hy dieselfde doen.117 Nou, ’n man kon hiernatoe kom met spykerlittekens op sy hande, bloed en rook, en olie wat uit hom loop. Dit sou dit nie maak nie. Enige huigelaar kan dit doen. Sekerlik.118 Maar wat dit is, is die manifestasie van hierdie beloofde Woord. Hy was God se gesalfde Profeet. Hy was. Hy was die God—Profeet. Hy was wat al die profete was, dit was in Hom, plus die res van wat God was. God was in Christus en het Homself met die wêreld versoen. Hy was God, Emmanuel, die volheid van God aan ons bekend gestel, in die Persoon van Sy Seun Jesus Christus, die tweede eienskap van God.119 Let op, nou, Hy lewe vandag. Hy is nie dood nie. Hy lewe. Hy het gesê: “’n Klein tydjie en die wêreld,” kosmos: “wêreldorde sal My…” sien; s—i—e—n: “My nie meer sien nie. Maar julle sal My sien, want Ek,” Ek is weer ’n persoonlike voornaamwoord: “Ek sal met julle wees, selfs in julle, tot die einde van die wêreld, of teen die einde van die wêreld wanneer hierdie Skrifte sal vervul word.” Die hele ent af, was dit God Waaraan ons geglo het in Luther se eeu, God Wat in—in Wesley se eeu uitgeroep het, God Wat met tale gespreek het in die Pinkstereeu. Hy kom reguit af voor die beloofde Seun kom, om Sy Skrif te bewys. Alle Skrif moet vervul word. Menere, ons wil Jesus sien.

Laat ons ons hoofde buig.120 Hemelse Vader, ons wil Jesus sien. Laat Hom vanaand kom, Here Jesus. Kom in die krag van U opstanding. Ek het lank gepraat, maar net ’n woord of twee van U sal meer beteken as alles wat enigeen kon sê, en laat die Kerk dan nie aan die slaap wees nie. Laat die…God se laaste manifestasie, soos Hy belowe het: “Soos dit was in die dae van Sodom, voor die vuur op die Heidene geval het, so sal dit wees by die koms van die Seun van die mens.” Die skaduwee, die negatief en die positief wat so naby aan mekaar kom, totdat na ’n ruk daar ’n verenigingstyd sal wees.121 Ons sien die nasies verenig, genaamd die V.N. Die kerke verenig, Ekumeniese Raad verenig met die Vatikaan. Alle kerke verenig saam, gelowiges en ongelowiges. Die arbeid verenig in arbeidsverenigings.122 Here, laat die Kerk wakker word en sien dis verenigingstyd, dat Jesus met Sy Kerk verenig, Man en Vrou. Binnekort sal die seremonie plaasvind en hulle sal Een word. Soos Hy die laaste teken voor ons skud, of ons Sy belofte wys, mag ons Jesus sien en Hom verheerlik, want dis in Sy Naam dat ons bid. Amen.

18 DIE GESPROKE WOORD

123 Nou, ek gaan dalk wees, ek het tien minute om betyds klaar te wees, as almal sal reageer. Nou, wie ook al ’n gebedskaart het, ek sal nie tyd hê om by almal van hulle vanaand uit te kom nie. Ons sal by hulle uitkom, mettertyd.124 Nou, Billy is hier iewers, ek is seker. Somtyds gee hulle nie eens kaarte uit nie, maar ek dink hy het my gesê hy…Julle het gebedskaarte, nie waar nie? Steek jul hande op. Ja, dis reg, gebed…[Leë kol op band. Iemand sê: “L, een.”—Red.]125 L, L, goed. Is dit daardie siek man, baie siek, daar? Goed. L, nommer een, staan hier. L, nommer twee, waar is jy? Nommer twee, waar is nommer twee? Sal jy jou hand opsteek? Goed, kom hiernatoe. Dis ’n dame.126 Die seun kom hiernatoe. Hier is wat gebeur. Hy kom hiernatoe, en voor die gehoor neem hy hierdie kaarte en maak hulle almal deurmekaar, en gee julle dan die kaart soos julle dit nodig het. Enigiemand kan ’n kaart hê, en dan roep jy volgens daardie nommer. Dit wys dat die seun nie weet waarvoor hulle geroep gaan word nie. Eenkeer het ons, baie van julle hier mag onthou, ’n man gehad wat gebedskaarte in die diens verkoop het, en dit sou waarborg dat die persoon bo—op die verhoog sou kom. En behalwe dit, somtyds sal ek met een begin en somtyds begin ek met vyftig, somtyds begin ek met veertien, twintig, sestien, kom dan agtertoe en trek ’n paar hier. Hoeveel was in die dienste en het dit gesien gedoen word? Wel, sekerlik. Sien? Daardie gebedskaart het niks daarmee te doen nie. En baie word daarbuite genees wat nie eens ’n gebedskaart het nie.127 Nommer een, twee, drie. Wie het drie? Gebedskaart nommer drie, steek jou hand op. Daaragter, die dame. Kom hiernatoe, dame. Nommer vier. As jy nie nou kan opstaan nie, sal ons jou dra. Nommer vier. As sommige…Ek sien daar is ’n bed hier en ’n paar rystoele wat rondstaan. As julle nie kan kom nie, sal ons dra. Nommer vier. Nommer vyf, gebedskaart nommer vyf. Nommer ses, sewe, agt, nege, tien. Laat hulle nou kom, net in nommers, as hulle kan. Laat ons sien. Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt, nege. Het dit hulle gekry? Dit het hulle gekry. Laat ons nou net daar stop, net ’n oomblik. Ons het net min tyd. Ek hou nooit daarvan om na nege—dertig te verdaag nie.128 Nou, hoeveel daarbuite het nie ’n gebedskaart nie, en jy wil hê Jesus moet jou genees, en jy weet Hy kan jou genees? Steek jou hand op. Ek gee nie om of jy op die balkon is, waar jy ook al is nie. Nou kyk, as jy nie…129 Daardie vrou wat die kleed aangeraak het…Terwyl hulle hulle in ’n ry plaas. Daardie vrou wat Sy kleed aangeraak het, sy het nie enige gebedskaart gehad nie, dalk, maar sy het gesê…Nou luister nou aandagtig. Sy het in haar hart gesê:

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 19

“Ek glo daardie Man. As ek Sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.” Sy het ’n bloedvloeïng gehad. Hoeveel onthou die storie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Sy het deur die menigte geglip, dalk tussen hulle deurgekruip, klein bleek sieklike vroutjie, en sy het Sy kleed aangeraak.130 En die Palestynse kleed hang los. Hy sou dit nooit voel nie. Ek sou nie voel as julle my sak sou aanraak nie, en my baadjie sit styf aan my. Maar daardie Palestynse klere, en hulle het onderklere. En sy het Sy kleed aangeraak.131 En Hy het gestop en gesê: “Wie het My aangeraak?” Sy het agtertoe in die gehoor gegaan. Hy het gesê…132 “Wel,” het Petrus gesê: “Here, dit klink nie goed nie. Almal raak U aan.”133 Hy het gesê: “Maar Ek kom agter dat Ek swak geword het. Deug, krag, het uit My uitgegaan.” Hoeveel onthou dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.]134 En Hy het reg rondom deur die gehoor gekyk tot Hy haar gevind het. Is dit reg? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] En het gesê: “Jou geloof het jou gered.” Is dit reg? [“Amen.”]135 Nou kyk, predikers, sê die Bybel dat: “Jesus Christus,” Hebreërs 3: “nou net die Hoëpriester is wat geraak kan word deur ons swakhede?” [Predikers en gemeente sê: “Amen.”—Red.] Hoeveel weet die Bybel sê dit? [“Amen.”] Wel, as Hy dieselfde gister, vandag, en vir altyd is, hoe sou Hy vandag optree? Soos Hy gister het. Sekerlik.136 Nou, julle, sien, sou nie help om my aan te raak nie. Ek sou soos julle broer, julle man, julle vader wees, wat dit ook al mag wees. Sou geen deug in my wees nie. Maar as julle, julle geloof, Hom kan aanraak, sien Hom dan omdraai. Probeer dit net. Moet dit nie probeer nie; daar’s te veel daarvan vandag, van probeer. Doen julle dit!137 Nou wees waarlik eerbiedig, wees stil. Nou sal ons binne net ’n paar oomblikke weet. Hierdie dinge wat ek gesê het, het goed geklink; maar, julle sien, is hulle waar of nie? Dis die volgende ding. Is dit al…138 Ek hoor die Mohammedane praat, Sikhs, Djainas, Boeddha, o goeiste, Mohammedane, maar hulle kan nie…Hulle kan praat oor iets wat was, maar wat van nou? Sien? As Hy nie is nie…139 As Hy die God van geskiedenis is, is Hy niks werd vir ons vandag nie, as Hy net die God van geskiedenis is. As Hy nie dieselfde gister, vandag, en vir altyd is nie, dan het die Bybel iets verkeerd gesê.140 Nou, as Hy my in Sy toelaatbare wil kan kry, Hy jou in Sy wil kan kry, dan tussen ons werk, sien, dis waar die Krag van God kom.

20 DIE GESPROKE WOORD

141 Nou, as daardie man siek is, wil ek hê hy moet sit net waar hy is. En kan julle hom nou van die gehoor af sien? Hy sit net hier.142 Bring sy stoel net hiernatoe as julle wil. Maar kan jy daarna voel om hiernatoe te loop, meneer? Goed, kom net hiernatoe en sit. Bring die stoel net hiernatoe, Broer Grant, asseblief, sodat die man net ’n oomblik hier kan sit. Goed, sit nou net daar, meneer.143 Ek het die man raakgesien vir ’n paar oomblikke, op die punt om flou te word. Hy moet ernstig siek wees. Ek weet nie. En as ek geweet het en hom kon help, en dit nie wou doen nie, dan is ek nie geskik om hier agter hierdie platvorm te staan en met julle mense te praat nie, julle Christene.144 Maar die man is waarskynlik nie so oud soos ek nie. En dit is ons…Waarskynlik is ons onbekend met mekaar. Jy ken my nie, veronderstel ek. [Die broer sê: “Ja, ek ken jou.”—Red.] Jy ken my. Maar ek ken jou nie. [“Ek was in die diens in Jonesboro.”] O, jy het my in Jonesboro gesien, omtrent vyftien jaar gelede, toe ek daar was in ’n diens. Ja, meneer. [“Ek was beslis.”] Wel, dit was ’n besondere tyd daar. Ek glo dit was Broer Richard Reed. [“Ja, meneer.”] Uh—huh.145 Nou as hierdie man hier sit en ly, as ek hom kon genees en dit nie wou doen nie, watter soort persoon sou ek wees? Maar ek kan hom nie genees nie. Maar nou, as ons Jesus kon sien, en Jesus het hier gestaan met hierdie pak klere aan wat Hy my gegee het, sou Jesus nou sê: “Kom hier en Ek sal jou genees?” Wees nou versigtig, as jy jou Bybel ken, sien. Nee, meneer. Hy het dit alreeds gedoen; Hy kon dit nie vandag doen nie. Hy het dit alreeds gedoen: “Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,” deur Sy wonde is ons gered: “deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom,” liewer. Goed. Nou, maar Jesus kon Homself bekendmaak, om aan hierdie man bekend te maak wat sy probleem is, of iets wat skeel, of iets wat hy gedoen het. Is dit reg? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] En dit sou hom laat weet dat Christus hier is.146 Want, ek ken hom nie. Hier is my hande op, ek…hy het gesê hy was in die Jonesboro diens. Dit was vyftien jaar gelede. Ek—ek het nog nooit die man in my lewe gesien, wat ek van weet nie. Hy kon agter gesit het, môre…Wel, ek ken niemand hier nie.147 Ek meen ek weet dit is Meneer Way wat net hier sit. ’n Engelsman wat net hier sit, wat ek ken, wat dood neergeval het in my kerk, nou die dag in Jeffersonville, Indiana; dood neergeval. Daar is sy vrou, hier iewers, wat ’n verpleegster is. Terwyl ek gepraat het, het die man dood neergeval, het net daar geval, dood. Het afgegaan en hande op hom gelê, hier staan hy. Sien? Sien?

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 21

148 As ek net die gemeente lank genoeg kon stil kry, tot die Heilige Gees kon afkom. Moenie opgewonde raak nie. Sit net stil, sien.149 Nou, meneer, ek wil hê jy moet hiernatoe opkyk, net vir ’n oomblik. Ek het gepraat, en ek—ek is hier om jou nou te help. En as ek jou kan help, sal ek alles doen wat ek kan.150 Nou, wat ek hier in die Skrif gesê het, God is verbonde daaraan, want ek glo dit is die laaste dae; God is verbonde daaraan om—om daardie Woord te vervul, en dis wat Hy belowe het om te doen. En as Hy my iets sou vertel wat jy gedoen het, of iets wat verkeerd is met jou, of waarvoor jy hier is, of wat dit ook al is, sou jy weet of dit waar is of nie. Jy—jy—jy sou daarvan kon getuig.151 Maar nou, as ek hiernatoe kom en hande op jou lê, sê: “Ere aan God, jy is genees! Ere aan God.” Dit sou goed wees, dis heeltemal in die haak, as jy dit geglo het.152 Maar wat as Hy jou vertel wat jy gedoen het, of een of ander oorsaak, die rede waarom jy siek is, of so iets? Dan sou jy weet, as Hy jou kan vertel wat was, sou Hy sekerlik weet wat—wat sal wees, sou reg wees. Ja, meneer.153 Glo julle dit, gehoor? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Nou, wat doen ek aan die man? Ek probeer sy gees kontak, net soos ons Here by die put gedoen het, met daardie vrou. Ek ken hom nie. Ek het hom nog nooit gesien nie. Nou, daar is baie hierbinne, siek, baie wat bid.154 En nou, Hemelse Vader, neem ons elke gees hierbinne onder…Ek beheer, tot die eer van God, dat U Skrifte vervul mag word. Die Bybel het gesê dit is waarom Jesus genees het: “Dat die Skrifte vervul mag word.” En dis waarom U genade bewys in hierdie laaste dae: “dat die Skrifte vervul mag word.” Ons het net van Hulle gepraat, vanaand. Skenk dit, Here, in Jesus se Naam. Amen.155 Nou, kyk na my, net ’n oomblik, net om te sien of die Here aan my sal openbaar wat jou probleem is. En as Hy sal, sal jy…as Hy my sê wat jou probleem is. Jy lyk asof jy baie siek is. As Hy my sou sê wat verkeerd is met jou, of iets, dan sal jy glo, jy weet dit moet Hy wees.156 Hoeveel in die gehoor sal glo? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.]157 Een ding, dit is, waaraan jy geweldig ly, is ’n breuk. Daardie breuk maak jou siek. Dis reg. Sien? Sien? Nou, is dit reg? Steek op jou hand, as dit reg is.158 Dis wat hom siek maak, sien, onder. Glo julle? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.]159 Hier is nog ’n ding. Jy het ’n vlek op die regterkant van jou gesig. Jy is bekommerd daaroor. Laat my jou iets anders

22 DIE GESPROKE WOORD

vertel. Glo jy my om Sy profeet te wees? [Die broers sê: “Ja, broer.”—Red.] Jy het ’n vlek op jou regterheup ook, onder jou klere. As dit reg is, steek jou hand op. [“Dis reg.”] Sien? Sien? Glo jy nou? [“Ek glo.”] Gaan en wees gesond. Jesus Christus maak jou gesond. Gaan, glo dit. Moet glad nie twyfel nie, meneer. Kom net hiernatoe, kom op hiernatoe, broer. Gaan net, glo nou, en alles sal regkom vir jou.160 Glo julle nou? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Hê net geloof. Goed. Dit, weet julle, dit het ek nie geweet nie.161 Hier, kom, suster. Ek ken jou nie. Ons is vreemdelinge vir mekaar, veronderstel ek. As dit reg is…sodat die gehoor kan sien dat ons vreemdelinge is, sien. As…Dit is net soos waar ons Here ’n vrou eendag ontmoet het. En hier ontmoet ons weer, ons ontmoet na tweeduisend jaar op Sy belofte, en hier is ’n man en vrou wat op dieselfde manier ontmoet. Ek het jou nog nooit in my lewe gesien nie. Ek skat ons is totale vreemdelinge, maar God ken albei van ons.162 Nou, as die Heilige Gees, Christus hier en in jou, sal openbaar waarvoor jy hier staan, of iets van jou, sou jy geesdriftig raak soos daardie vrou geraak het daardie dag? [Die suster sê: “Amen.”—Red.] Nou, waarvoor jy hier is, is gebed, en gebed is vir ’n toestand in jou bors. Dis reg. As dit waar is, steek jou hand op. Nou, glo jy God kan my sê watter bors dit is? Dis die regterbors. Dis reg.163 Mense hou aan om daar te sê, iemand kom in en sê: “Hy raai dit.” Ek raai dit nie. Moenie dit dink nie. Dit hinder, sien. Nou onthou, julle kan nie julle gedagtes nou wegsteek nie. Ja. Dis reg. Ja. Goed.164 Hier, jy behoort te glo, jy is ’n prediker, ’n vroueprediker. Dis reg, is dit nie? Goed. Gaan, glo nou, en jy sal gesond word. God seën jou. Glo net. Glo julle? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.]165 Aangename kennis. Ons is vreemdelinge vir mekaar. [Die suster sê: “Ja.”—Red.] Ek ken jou nie. [“Nee, meneer.”] God ken jou. As dit so is, steek jou hand op sodat…Jy is heelwat jonger as ek. Dalk was die vrou wat ons Here ontmoet het, baie jonger.166 Nou het ’n ander vrou hier gestaan. Iemand daarbuite wat glo. Daar sit sy, net daar. Sy het moeilikheid in haar bors. Is dit reg? Wie se kleed het jy aangeraak? Syne. Dis nou verby. Jesus Christus maak jou gesond.167 Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Nou, daardie vrou is twintig voet van my af, maar sy het my nie aangeraak nie. Sy het die Hoëpriester aangeraak. Sien julle nie, ek het my rug na haar toe gehad, dit wys dat Hy dieselfde Een is wat die belofte gemaak het, net dieselfde vandag.

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN 23

168 Jy ly aan ’n senuweeprobleem, baie senuweeagtig, veral in die aand laat, is jy, wanneer jy moeg en afgemat word. Jy is baie senuweeagtig. Dan het jy ’n vergiftiging in jou liggaam. Dis vergiftiging in jou bloed. Maar, dis reg. En dan het jy ’n ware las vir iemand om gered te word, nie waar nie? [Die suster sê: “Ja, meneer.”—Red.] Ja, meneer, dis reg. Glo jy nou? [“Ja.”] Goed, gaan. Soos jy geglo het, laat dit so wees vir jou. Hê geloof.

Moenie twyfel nie. Hê geloof in God. Glo net.169 Aangename kennis, dame. Ek is ’n vreemdeling vir jou, reken ek. As dit so is, steek ons dus ons hande op, sodat hulle kan sien. Ek het haar nog nooit in my lewe gesien nie.170 “Jesus Christus, dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] As die Here Jesus vir hierdie vrou sou sê, net hier nou, iets omtrent haar, waarvan ek niks weet nie! Wel, ons is vreemdelinge, ons, sy staan net hier, sien. Goed, sal jy glo? [“Amen.”]171 Jy het maagprobleme, dit pla jou, sit net daar met ’n swart baadjie aan. Dit pla jou op die oomblik. As dit so is, steek jou hand op. Sien? Weet jy waarom? Dis hierdie vrou se maag ook. Sien? Dis reg.172 Sien daardie swart streep wat daar tussen hulle loop? Dis ’n duiwel. Sien? Hy probeer om daarvan weg te kom, sien. Hy kan nie. Hy kan nie van God wegkruip nie. Dis een ding vir seker. Ons is in die Teenwoordigheid van Jesus Christus. Julle moet glo. Hê geloof.173 Wat het hy aangeraak? Hy het my nooit aangeraak nie. Ek ken nie die man nie. Hy is ’n vreemdeling vir my. Is ons vreemdelinge vir mekaar, meneer, ek ken jou nie? Steek op jou hand as dit so is. Sien? Wat het hy aangeraak? Jesus Christus. Moenie iets miskyk nie.174 Nou, hierdie dame hier. Ja. O, die dame is oorskadu. Dis die dood op haar. Sy ly aan kanker, en die kanker is in die maag en ook in die kolon. Sy, hulle het haar net opgegee. Sy is aan die sterf, met kanker. Dis waar, is dit nie, dame? Dis wat vir jou gesê is. Nou, kyk hiernatoe. Jy, daar is net een hoop wat jy het, dis Christus.175 Glo jy dat ek Sy dienskneg is. Iets moet dit vir my sê, nie waar nie? Iets moet. Ek—ek weet dit nie, sou dit nie self weet nie. As ek jou sê wie jy is, sou jy glo dat ek Sy profeet is? Sou dit jou help? Dit sou? Mev. Crosley. [Die suster sê: “O!”—Red.] Gaan dan terug huis toe.176 Glo julle? Hoeveel van julle glo nou met julle hele hart? Staan dan op julle voete en aanvaar dit. Staan net reguit op, en sê: “Ek glo.” Steek julle hande op, oral.

24 DIE GESPROKE WOORD

177 Hemelse Vader, in die Naam van Jesus Christus, mag die Duiwel en al sy magte bestraf word. Mag die Here Jesus Christus, Wat dit vir die laaste dag belowe het, Hy is nou hier. Laat dit gebeur, Here, teen hierdie uur, dat die mense nie sal faal nie. Mag hulle sien wat God voor hulle skud, net voor die vuur val. Mag hierdie Abraham se groep, hierdie koninklike Saad van Abraham, die uur verstaan waarin ons lewe! O Jesus, Seun van God, raak elke siek persoon hierbinne aan. Genees hulle, Here. Mag hulle geloof besef dat hulle staan in die Teenwoordigheid van die God wat hulle gered het en hulle op daardie Dag sal oordeel. Mag Sy Krag nou op hulle val, en elke persoon hier genees wat in die Goddelike Teenwoordigheid is.

MENERE, ONS WIL JESUS SIEN AFR64-0304(Sirs, We Would See Jesus)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Woensdagaand, 4 Maart 1964, by die Soul’s Harbour Temple in Dallas, Texas, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org