14
34 3. Verskaf die rede: Waarom word dié woorde só gespel? Verbeelding, verwaarloos, verwaarlosing. Ons spel glo dikwels Filistyne en Salomo verkeerd. Remedie: Verdeel in lettergrepe en leer! 4. Maak goeie sinne met (verskil in betekenis moet duidelik wees): Verveel, vervelig, verveeld. 5. Skryf die korrekte vorm van die vetgedrukte woord in jou boek: a. Die slagoffer se beseer __ was noodlottig. b. Ons voorsaat __was Nederlanders, Franse en Duitsers. c. Ongehoorsaam __nders luister nie; dit is die verontagsaam __ van reëls. 6. Let op die volgende verkleinwoorde en probeer self uitvind hoe hulle gevorm word en watter agtervoegsels gebruik word: boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond – hondjie blad – blaadjie eend – eendjie boord – boordjie pad – paadjie bed – bedjie c. sooi – sooitjie tree – treetjie nael – naeltjie reël – reëltjie d. bal – balletjie kar – karretjie e. woning – woninkie piesang – piesankie ketting – kettinkie piering – pierinkie f. raam – raampie skelm – skelmpie g. vat – vaatjie gat – gaatjie h. ma – ma’tjie Hugo – Hugo’tjie Leseenheid 4 Aktiwiteit 1 Kom ons luister nuus Luister na die voorlesing - Nuusbulletin (bylaag) - en voltooi die opdrag:

Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

34

3. Verskaf die rede:Waarom word dié woorde só gespel?Verbeelding, verwaarloos, verwaarlosing.

Ons spel glo dikwels Filistyne en Salomo verkeerd.Remedie: Verdeel in lettergrepe en leer!

4. Maak goeie sinne met (verskil in betekenis moet duidelik wees):Verveel, vervelig, verveeld.

5. Skryf die korrekte vorm van die vetgedrukte woord in jou boek:a. Die slagoffer se beseer __ was noodlottig.b. Ons voorsaat __was Nederlanders, Franse en Duitsers.c. Ongehoorsaam __nders luister nie; dit is die

verontagsaam __ van reëls.

6. Let op die volgende verkleinwoorde en probeer self uitvind hoe hulle gevorm word en watter agtervoegsels gebruik word:

boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie

b. hond – hondjie blad – blaadjie eend – eendjie boord – boordjie

pad – paadjie bed – bedjiec. sooi – sooitjie tree – treetjie

nael – naeltjie reël – reëltjie d. bal – balletjie kar – karretjiee. woning – woninkie piesang – piesankie

ketting – kettinkie piering – pierinkief. raam – raampie skelm – skelmpieg. vat – vaatjie gat – gaatjieh. ma – ma’tjie Hugo – Hugo’tjie

Leseenheid 4Aktiwiteit 1 Kom ons luister nuus

Luister na die voorlesing - Nuusbulletin (bylaag) - en voltooi die opdrag:

Page 2: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

35

OpdragBeantwoord die volgende vrae binne 10 minute:1. Wat is die hoofnuus? 2. Wie lees die nuus? 3. Watter ander nuus is gelees? 4. Van watter sportsoorte is daar enige melding gemaak? Noem enige 2. 5. In watter ander lande, behalwe SA, was daar nuuswaardige gebeure?6. Indien jy enige 2 vrae oor die nuus kon stel, wat sou dit wees?

Verdeel in groepe. Elke groep stel sy eie nuusberig saam. Elkeen in die groep moet ‘n stukkie van die nuus lees. Die volgende onderwerpe moet aangeraak word:

Nuus oor ‘n ongeluk wat deur nalatigheid veroorsaak isLandbouberigteSportEkonomiese nuusWeerberigAdvertensies (tussen berigte)

Aktiwiteit 2 Kom ons lees saam

Hardoplees Een ding staan vas: as jy iets nodig het, maak jy dit self. Anders bly jy daarsonder. ‘n Horlosie kan ons nie bra self maak nie, daarom koop Pa die huishorlosie wat hy een keer per week opwen. Maar daarsonder sou ons ook kon regkom. Daar is genoeg tydsaanduidinge: sonop se koers, hoogson, staanson, hard marrag, laat agtermarrag, oumarrag, latenstyd, sononder se koers, vuil skemer, dik skemer, met ligmaak. ‘n Heel eie tydsaanduiding is die “afkom van die bees”, dit wil sê as die veldbees in die loop van die môre sidderend van die dors, met die beespaadjie teen die rand afgetou kom suiping toe. Ma sal sê: “Haai julle, daar kom die bees al af en ek het nog nie kos opgesit nie”. Word jy dan wel verplig om iets klaar te koop, moet dit durawelik wees. “Goedkoop koop is duurkoop,” is die algemene opvatting. Daar was geen manier om te ontkom aan die ban van ‘n durawelike ding nie. Dit word in der tye in stand gehou, soos wat my egte leerskooltas, later jare herstel met naairiempies, kan bewys. As dit kom by improvisasie, wentel dit in die noordweste allereers om die koel hou van water en die bewaring van kos. Die seilwatersak, wat nou nog soms op die ver paaie van ons land voor aan die groot vervoerlorries hang, is onontbeerlik. Gedurig hang dit maar iewers in ‘n skaretjie, waar die geringste luggie dit kan help afkoel. Hierdie water is lawend koel, met die kenmerkende moddersmakie wat alle ander water vir die Grootrivierboorling laf laat proe. Die twee grootste sondes en die verleidelikste is om met jou mond uit die watersak te drink en om dit leeg terug te hang. Heel vroeër was daar ‘n kokerboomkoeler, gemaak van ‘n stuk porieuse

kokerboomstam wat uitgehol word, kompleet met rakke en ‘n skarnierdeur. Hou jy hom gereeld klam, verseker hy ‘n veldvars koeligheid.

Uit: Engela van Rooyen, Met ‘n eie sikspens

Page 3: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

36

Vrae1. Waarom moes die mense waaroor geskryf word, alles self maak?2. Neem elkeen van die baie interessante beskrywings van tyd en skryf ‘n

bespreek dit om af te lei hoe die mense aan daardie terme gekom het.3. Wat is ‘n suiping?4. Wat beteken “kos opsit”?5. Vir watter ete sal Ma regmaak as dit “afkom van die bees” tyd is?6. Wat beteken die spreekwoord: Goedkoop koop is duurkoop?7. Wat is ‘n durawelike ding? Van watter woord wat ons ken is dit afgelei?8. Wat doen ‘n mens as jy ‘n ding “in der tye in stand hou”?9. As jy ‘n ding nie kan klaar koop nie, moet jy hom _______?10. Wat beteken dit om te improviseer? Gee een woord.11. Wie of wat is ‘n Grootrivierboorling?12. Waar het die skryfster opgegroei?13. Waarvoor sou jy sê is die kokerboomkoeler gebruik?

Hoe weet jy dit?15. Wat vertel hierdie stuk vir jou van die mens en hul leefwyse?16. In die stuk is ‘n hele paar woorde wat eienaardig gespel is of snaakse

uitdrukkings wat jy dalk nie ken nie. Soek hulle uit en sê in jou eie woorde wat hulle beteken. (Dit is mooi voorbeelde van streektaal.)

17. Wat is streektaal en watter landstreek se Afrikaans het ons hier mee te doen?

Page 4: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

37

Aktiwiteit 3 ‘n Snaakse stuk1. Lees die onderstaande advertensie en beantwoord dan die vrae:

a. Wat beteken dit as jy die gees gee?b. Van watter diertjie se oorlewing is in die advertensie sprake? Watter verband is

daar tussen die spookpadda en die uitdrukking die gees gee?c. Wat beteken dit as gesê word dat die spookpadda ‘n spook kan word?d. Hoe kan die berg vir ewig by ons spook?e. Wanneer sal Tafelberg ‘n lewelose geraamte wees?

Page 5: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

38

f. Pas die volgende woorde uit die stuk en hul verduidelikings bymekaar:onnatuurlike veldbrand vernielsugtigheidgronderosie geld uit reisigersvertrapping verhouding tussen organismes en omgewingvandalisme brand deur mense gestigbotaniese gebied wegspoel van waardevolle grondekosisteem stukkend traptoeriste-inkomste plek vol plante

g. Wat beteken dit as dinge soos vandalisme en veldbrande hul tol eis?

2. Beantwoord ook die volgende vrae:a. In die advertensie word die oortreffende trap drie maal gebruik. Kyk of jy die

drie voorbeelde kan kry. Gee dan ook dié woorde se stellende en vergrotende trap.

b. Gee die meervoud van .c. Gee die enkelvoud van kopieë.d. Die Tafelbergfonds is geld wat ter wille van Tafelberg ingesamel word. Maar

wat is ‘n vonds?

3. Jy het al heelwat geleer oor paragrawe. Beantwoord nou die volgende vrae:a. Hoekom, dink jy, is daar geen paragrawe in die advertensie nie?b. Waar sou jy nuwe paragrawe aangebring het?c. Waarom, dink jy, is dit dikwels nodig om ‘n stuk in paragrawe te skryf?d. Daar is vyf hoofgedagtes in die advertensie. Kyk of jy die inhoud in vyf sinne

kan opsom. e. Hoekom, dink jy, is die advertensie in hierdie snaakse vorm geskryf?

Aktiwiteit 4 Ek lees met begrip

Lees die volgende aandagtig deur en beantwoord dan die vrae:

In Hiasintweg 4 staan ‘n huisie waarin ‘n kunsskilder woon. Hy woon heeltemal alleen, kook elke Maandag kos vir die hele week, was elke tweede Dinsdag in die maand sy nek en voete, en vee een maal per jaar, op die Woensdag voor Paasfees, sy huisie uit. ‘n Mens kan natuurlik dink dat die huis in Hiasintweg 4 ‘n paradys vir spinnekoppe was. Nie minder as honderd-en-twaalf van die veelpotige gediertetjies het in die huis van die skilder gewoon nie. Een aand in Mei het die spinnekoppe in die rommelkamer onder die dak weer hul jaarlikse vergadering gehou. Hulle het gepraat oor die modernste manier om ‘n spinnerak te spin, oor die koue oorlog met die perdebyswerm in die tuin en oor die vriendelikheid van die skilder wat die spinnekoppe rustig toelaat om hul webbe in alle hoeke van die huis te spin. Die honderd-en-twaalf diertjies was oortuig daarvan dat die

Page 6: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

39

skilder uit pure goedhartigheid teenoor die spinnekoppe sy huis so laat verval het. Uit: James Krüss: Die arend en die duif.

Vrae1. Het die skilder op ‘n plaas of in ‘n dorp gewoon? Hoe weet jy?2. In watter opsigte was die skilder eienaardig?3. Wat is die Paradys? Wanneer is ‘n huis ‘n paradys?4. Hier staan: nie minder as honderd-en-twaalf. Beteken dit meer as, ongeveer of presies

honderd-en-twaalf?5. Hoe lank gelede het die skilder sy huis uitgevee: ‘n jaar gelede, ‘n maand

gelede, ‘n week gelede? Gee ‘n rede. 6. Wat is ‘n rommelkamer?7. Hoeveel keer het die spinnekoppe vergadering gehou?8. Waaroor het die spinnekoppe vergadering gehou?9. Waaroor het die spinnekoppe beraadslaag?10. Wat is ‘n koue oorlog?11. Was die skilder werklik so vriendelik as wat die spinnekoppe gedink het?12. Wanneer is ‘n huis vervalle?13. Wat word hier bedoel met pure goedhartigheid?

Aktiwiteit 5 Ons geniet gedigte

SirkusAs profeet van die tyd wil ‘n naral ons ouderwetse waardes verwarwaar tiers en leeus in die traliekringeen na die ander deur vuurhoepels spring,en die olifant op ‘n vat gehurk met oop en toe gekrul van die slurpen klein spleetogies gerig op sy baas

en hoë skoppelmaaie en drade teken verwikkelde kringe en strepe, bereken in terme van man en vrou, van vang en vlug …En bang op ‘n wit perd se rugklou ‘n apie in ‘n bont jokkiepaken ons lag en ons lag as sy pet al skuinser afsak D.J. Opperman

Page 7: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

40

Vrae1. Hoe laat hierdie gedig ‘n mens voel? (vir jou?)2. Watter diere van die sirkus beskryf die digter vir ons?3. Watter toertjies doen elke dier?4. Wat doen die man en vrou in die gedig?5. Hoe is die apie aangetrek?6. Watter gevoel wek die beeld van die apie by jou op? Is dit regtig snaaks?7. Wat sê vir ons dat die nar stoute of onnutsige dinge doen waarvan almal dalk

nie sal hou nie?

Aktiwiteit 6 Ons dramatiseer

(Die skrywer het so pas sy pa in die stad gekry nadat hy van die oorlog in die Noorde teruggekeer het. Hulle is met die trein huistoe waar die blye weersiens plaasvind.)

“Wat” sê my pa. “By die huis?” Hy gee twee trappe dat die vloer dreun. Toe skree hy: “Staan uit die water uit, Koba!” My ma-hulle storm vorentoe. My suster huil, my ouma en my ma huil. Ek het al gehoor dat ‘n telegram vinnig is, maar daardie dag het ek gesien die mond is nog vinniger. ‘n Paar minute toe is die huis vol. Dit is rondes, mankes, skewes, almal is daar en almal praat. Dit is soos ‘n meulsteen wat verkeerd maal. My arme moeder, sy is heeltemal uit die prentjie uit. Ek sê vir haar: “Pa se familie het oorgevat”. Maar sy sê: “Hoe bly is ek. Jy weet hoe lastig is jou pa as hy so deur die wind is.” Dan kom my pa se geliefste broer Dawid in. Vir hom was my pa baie lief. My pa vryf so oor sy kop. “Ou Dy, het jy darem al die tyd wat ek weg gewees het vir jou ‘n girlie gekry?” “Nee Boetie,” sê hy kortaf. “Los daardie tweebeen-bedrieërs.” Dit word al aand en die saak raak nou eers woelig. Daar is nou al so te sê die hele Goodwood. Siesie Bok oorkant ons is ook daar. Sy groet my pa met ‘n soen en die ou bring sy kant. Ek sien ‘n paar ouens by Klasie om die hoek kom. Hulle maak sommer so in die loop musiek. “Hooit ou Cousin,” roep een toe hulle inkom. “Ons hoor Uncle Hannes het gekom. Maar hier is darem vir jou mense. Gaan die ouens nie ‘n bietjie toon sleep nie?” “Ja, maar jy kan mos sien die klomp gaan nog nooit daar uitkom nie.” “Okay ons gaan eers groet.” Hulle is skaars binne of ek hoor ‘n kitaarklank. Aan die manier van speel, weet ek dis my pa. “Wa-wa-wa hiers my vriende. Nou gaan ons laat waai.” My pa was alte lief vir musiek. “Dankie tog” sê my ma. “Nou gaan die huis ‘n bietjie lug kry.” Ek vra toe waar hulle gaan speel. My suster wys na die agterplaas. “Nee man Lettie. Die goed wat ek daar geplant en gesaai het begin dan nou opkom,” sê ek. Sy kyk my so, ek kyk in daai groot bruin oë. “Moet jy net nie worry nie, my broer, hulle is onder die grond en ons dans bo.” Deur Karel Benjamin: Kwela boeke Uit: Staan uit die water uit!(Uittreksels verwerk)

Page 8: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

41

Aktiwiteit 7 Ons skryf self

1. Met die Tafelbergfonds word gepoog om R25 miljoen in te samel. Kom ons veronderstel dat dié bedrag reeds ingesamel is en dat daar nou oor die besteding van die geld besluit moet word. Werk in groepe en hou elk ‘n dinkskrum om te besluit hoe die geld bestee moet word. Doen dit soos volg:

a. Lees die advertensie weer en kyk na die voorbeelde van die mens se indringing.b. Skryf eers ál die idees wat uit die groep kom, neer. c. Skrap dan van die idees wat lyk of dit nie sal werk nie.d. Besluit hoeveel geld julle aan elke idee sal moet bestee, en skryf dit langsaan

neer.e. Elke groep lê sy aksieplan aan die klas voor en almal besluit saam watter plan

die beste is.

2. Jy en twee maats het ‘n grot gaan verken. Op ‘n stadium besef julle dat julleverdwaal het. Een maat het histeries geraak, die ander moedeloos, maar gelukkig kon jy hulle kalmeer en julle het ‘n plan beraam om uit te kom. Skryf die gesprek wat julle gevoer het in julle eie woorde (dialoog). Onthou om elkeen se naam by sy/haar woorde te skryf.

3. Skryf ‘n paragraaf van 15 reëls. Beskryf die angs en benoudheid wat julle ervaar het toe julle ‘n grot gaan verken het. Gebruik die doolhof. Skryf die spraakborrels in die direkte rede asof dit jou groepmaats se woorde is. Die spraakborrels gaan jou help om ‘n oulike paragraaf te skryf.

OFJulle is pas gered uit ‘n gevaarlike grot. ‘n Koerantman is besig om ‘n onderhoud met julle te voer. Skryf die onderhoud neer. Maak gebruik van die deelnemers se eie woorde waar nodig.

Page 9: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

42

Aktiwiteit 8 Direkte woordeTeks

GroepopdragteGebruik die strokiesverhaal.1. Skryf elke karakter se eie woorde in aanhalingstekens. Lees dit nou vir mekaar

voor.2. Gee vir elke karakter ‘n eienaam. Lees nou weer elkeen se woorde en gebruik

die eienaam deur te sê – Jan sê:/Kekkel sê: ensovoorts.3. Skryf nou die persoon se woorde eerste byvoorbeeld “_______________.” sê Jan.

Dit bly steeds die persoon se eie woorde.

Opdragte1. Lees ‘n kort drama. Onderstreep die karakters se eie woorde.

Kobie kyk na die titel van die boek wat haar pa pas klaar deurgeblaai het. “Vertel vir ons asseblief wat die piramides is, Pa,” vra sy. “Pa is mos ook geïnteresseerd daarin?” “Jong, ja dit is baie interessant,” sê haar pa en glimlag. Hy vryf oor sy gryserige hare en skuif sy bril reg. Die twee kinders skuif vinnig nader. Hulle weet as Pa eers sy bril so reg skuif, kom hier ‘n lekker lang en interessante vertelling. “Wie het die piramides gebou, Pa? En waar het hulle die piramides gebou? En hoekom …” “Wag nou,” lag Pa. “Een vraag op ‘n slag Kobus.” Pa neem die boek in sy hand. “Die piramides is deur die konings van die ou Egipte, die Farao’s gebou. Die piramides was enorme grafkelders. Wanneer ‘n Farao sterf, is sy liggaam met groot plegtigheid in ‘n boot geplaas en op die Nyl na sy piramide gebring.

Page 10: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

43

Hulle het dan ook al sy skatte, ‘n voorraad kos en water in die piramides verseël.” “Pa, maar die dooie liggaam sal mos ontbind,” kom dit ernstig van Kobie. “Nee jong, hulle het die lyk eers gebalsem. Die liggaam is eers in olie en wierook gewas en daarna het hulle dit in verband toegedraai. Die toegedraaide liggaam word ‘n mummie genoem. Daarna is die mummie in ‘n kis gesit.” “Wat ek wil weet, Pa, is hoe het hulle hierdie piramides gebou as hulle geen masjinerie tot hulle beskikking gehad het nie?” vra Kobus weer. “Wel, die piramides is van groot rotsblokke gebou. Duisende slawe het die werk gedoen. Eers het hulle ‘n pad al in die rondte om die piramide gemaak. Die pad het al hoër gegaan soos die piramide gevorder het. Die arme slawe moes dan die rotsblokke teen hierdie skuins pad uitsleep. Daar was ook bouers wat die klipblokke gemeet het en so gekap het, dat hulle presies inmekaar gepas het.” “Is die Farao alleen begrawe? Wat van die res van sy familie?” kom dit van Kobie. “Soms is piramides vir die hele koningsgesin gebou. Die Farao het natuurlik die grootste piramide gehad. Sy gesin is in kleiner piramides om hom begrawe.” “Pa, watter piramide is die grootste?” vra Kobus. “Die grootste en beroemdste piramide is die een van Cheops. Piramides het ook geheime ingange gehad, maar grafrowers het die meeste skatte uit die grafkelders gesteel.” Pa neem ‘n slukkie water en vervolg dan: “Die grafkamers is ook versier en selfs beelde van die Farao’s se afgode is ook gemaak in die piramides. Groot pilare is ook by die ingang opgerig waarop allerhande verhale in beeldskrif uitgekap en geskilder is.” “Pa, hoe het die beeldskrif gelyk?” vra Kobie. Haar pa maak die boek in die middel oop en sê: “Kyk, hier is ‘n paar voorbeelde van die beeldskrif.” “Sjoe, dit moes hulle lank geneem het om ‘n verhaal te kon opteken,” sê Kobus. “Ek dink dit is tyd dat ons nou iets te ete en te drinke moet kry,” stel Pa voor en stap uit die studeerkamer.

(Uit: Skitterlees)

Kyk na die strokies wat almal die persone se direkte woorde weergee (direkte rede).

2. Strokie 1

Voltooi:Skryfwyse 1Dokter Slimkop sê: “ ___.”

Page 11: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

44

Skryfwyse 2“Wel, ek sal nie doekies omdraai nie. Jy is net gewoon lui,” sê ___.

3. Strokie 2:

Skryf die woorde van Louis u in die eerste prentjie van Louis die laeveld-leeu op albei maniere (direkte rede).

4. en 5. Strokie 3:

Doen dieselfde met die twee grappies.

6. Gebruik die leesstuk hieronder. Skryf Susan se eerste woorde in die direkte rede neer.

OF

Gebruik enige ander teks wat direkte woorde van sy karakters weergee. Skryf een karakter se direkte woorde neer.

Teks 1Nomsa het vir Leon baie dankie gesê omdat hy hulle na die museum vergesel het sodat hulle hul take kon voltooi. Leon het vieserig geantwoord dat hy nie aangebied het om te kom nie, maar dat sy ma hom aangesê het om hulle te bring. Hy het gebrom dat sy ma dink dis glo te gevaarlik vir twee dogters om alleen met die bus te ry. Hy het hulle aangejaag en gesê dat hulle moet wikkel, want hy kan miskien

Moenie jou bekommer nie. Ek het sy registrasienommer.

Dit lyk my iets het oor Nols se lerwer geloop

Page 12: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

45

nog betyds vir sy krieketoefening wees. Hierop het Mnr. Verster hulle vriendelik gegroet en gevra waarmee hy hulle kon help.

Teks 2Nomsa: (glimlag) Baie dankie dat jy aangebied het om ons na die museum te vergesel sodat ons ons taak kan voltooi, Leon.

Leon: (vieserig) Gmfp! Ek het nie aangebied nie, my ma het my aangesê om julle te bring. Is glo te gevaarlik vir 2 dogters om alleen met die bus te ry. Kom, laat ons wikkel, miskien is ek nog betyds vir die krieketoefening.

Mnr. Verster: (baie vriendelik) Middag outjies, waarmee kan ons julle help?

Susan: Meneer, ons het ‘n taak om te voltooi wat handel oor dinosourusse. Kan u ons dalk help?

Mnr. Verster: O nee, dit is die afdeling van mnr. Koekemoer, die museum se paleontoloog. Wag, ek roep hom gou vir julle.

Leon: (nog steeds vieserig) Waarom kon julle nie ook soos die ander kinders ‘n ander onderwerp wat makliker is gekies het nie?

Susan: Ag, Leon, ons wil goeie punte hê, buitendien, ek en Nomsa is gek na dinosourusse en ons het verlede kwartaal al oor die lewe en die gewoontes van dinosourusse gepraat. Hierdie onderwerp is baie interessant en geen ander kind sal dieselfde tema as ons hê nie. Ons gaan die prys wen.

Leon: (effe vriendeliker) Nou goed, maar onthou, ek soek ‘n deel van die prysgeld as julle twee wen.

Verteller: Mnr. Koekemoer kom aangestap. Hy skuif sy bril reg en lyk vriendelik.

Mnr. Koekemoer: Middag ouens, ek hoor julle stel belang in die rekonstruksie van dinosourusse. Wel, laat ons by die begin begin. Volg my asseblief.

GroepopdragteVergelyk die twee tekste hierbo met mekaar in julle groepe. Wat het hier gebeur? Wat is die verskil tussen die twee tekste. Bespreek en voer terug in klasverband.

Opdragte (gebruik weer die strokies en teks)1. Skryf wat sê Kekkel in die eerste prent. Skryf wat Ben sê in die tweede prent by

nr. 1. Jy mag nie hulle direkte woorde net so gebruik nie.

Page 13: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

46

2. Skryf die dialoog vanaf Susan se woorde “Meneer ons het ‘n taak” in die indirekte rede neer.

3. Kies nou vier strokies, grappies of aanhalings uit ‘n tydskrif. Plak dit in jou boek en skryf die direkte woorde (rede) oor in die indirekte woorde (vorm).

Aktiwiteit 9 Kom ons spelWat kan ek doen?Elkeen kan ‘n rol speel in die versorging van die planeet waarop ons woon, want dit is die Here se eiendom. Jou klein bydrae sal ‘n groot verskil maak aan die toekoms van die wêreld.

1. Koop liewer osoon-gunstige produkte. Dit sal op die verpakking aangedui word.

2. Koop sepe wat nie diereprodukte bevat nie.3. Neem glas- of plastiekbottels terug of hersirkuleer hulle.4. Gebruik plastiek-drasakke oor en oor. CHECKERS se Omgewingsreeks-

inligtingstuk nr. 2 gee voorstelle vir die hergebruik van die sakke.5. Koop fosfaatvrye wasmiddels.6. Koop kwikvrye batterye.7. Moenie die omgewing besoedel nie. Papier, glas, plastiek of enige ander

stowwe wat sonder meer op die grond gegooi word, dra by tot die opbou van vaste afvalstowwe. Besoedeling vernietig ons riviere, woude en kuslyne. Slaan dus ag op die “geen vullis”-teken.

1. Soek die meervoude van dié woorde in die leesstuk.rol, verskil, drasak, voorstel, wasmiddel, battery, afvalstof, asdrom, suigstok.

2. Verdeel in lettergrepe:vullis, batterye, afvalstowwe.

3. Wat is die eienskappe van woorde in vokaalgroep 3?Dit is kort klanke.

ReëlOp ‘n kort vokaal volg ‘n dubbel konsonant byvoorbeeld: rit-te, bom-me, klip-pe, sak-ke.

4. Skryf die meervoude en verkleinwoorde van: klimtol, grimeersak, motorrat, kombuiskas, uitlaatgas

5. Die volgende woorde word dikwels verkeerd gespel:

Page 14: Afrikaans graad 6 - Christelike Media · D JUDDI ² JUDÀH KDDN ² KDNLH JUDI ² JUDIÀH KDN ² KDNNLH boog – bogie vlaag – vlagie skraap – skrapie vlag – vlaggie b. hond

47

Remedie: interessant – ‘n Vrou trek graag interessante klere aan: één rok (r) en twee skoene (ss).

Verdeel in lettergrepe en leer!

Voorbeeldeadresseer: a-dres-seerrebelleer: re-bel-leer

adresseer, rebelleer, ellende, juiste, onmiddellik, verrassing, aggressief, handdoek, debatteer, kanselleer, parallel, interessant.

Aktiwiteit 10 Die Groen Ghoen

Uit: P.H. Nortje - Die Groen GhoenLees hoofstuk 4 van Die Groen Ghoen en beantwoord die volgende vrae:

1. Toe die ander kinders dié oggend uit die klas stap, het Henk ongemerk agtergebly. Waarom dan ongemerk?

2. Henk was gespanne toe hy die Ruiters se planne aan meester Van Rooy oorhandig. Waaraan merk ons dit?

3. Waarom, dink jy, was meester veral bly oor die konsert? Noem twee redes.4. Gee ‘n kort beskrywing van meester Van Rooy, soos ons hom in hierdie

hoofstuk leer ken.5. Verduidelik wat ‘n bandelier is.6. Wie is ‘n Spartaan duisend? Waarom?7. Hoe weet Henk dat sy ma trots is op sy pa?8. Henk-hulle het nie veel vertroue in Likkewaan gehad nie. Verduidelik.9. Henk was vies vir homself oor sy optrede teenoor Margaret. Waarom het hy

later dié dag beter gevoel en het sy “hart” gesing?10. Henk wil Thysie se siel ‘n bietjie uittrek. Wat bedoel hy? Hoe het hy dit gedoen?11. Henk en Thysie verskil oor wie die mooiste meisie in die klas is. Waarom? Hoe

los Henk die verskil op sonder om Thysie te laat sleg voel?12. Wat wil Henk doen as hy sy pa en ouboet onder skoot wil kry? Is dit letterlike

13. Henk se hart het op loop gesit. Wat beteken dit? Was dit werklik die “busbesigheid” soos hy te kenne wou gee? Verduidelik.

14. Wat bedoel Henk as hy sê “die eerste sarsie van die Groen Ghoen is gelewer”? Hoe is dit gelewer?

15. Wat doen meester Van Rooy as hy vir Henk in die bresse tree?