Upload
others
View
73
Download
1
Embed Size (px)
Citation preview
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 10
Hersieningsoefeninge
Taalstrukture en -konvensies
2020
Bronne: Provinsiale en DBE Eksamenvraestelle en Nasienriglyne
Erkenning word hiermee verleen aan die volgende samestellers van die
Graad 12 Afrikaans Tweede Addisionele Taal Vraestelle en Nasienriglyne:
Mpumalanga Departement van Onderwys
Noord-Wes Departement van Onderwys
2
OEFENING 1 AFDELING C: TAAL VRAAG 3: PRENT TEKS D Kyk na die foto hieronder en beantwoord die vrae
Skryf net die vraagnommer en die korrekteantwoordneer Al dieantwoorde in hierdievraagmoetkorrekgespel word.
3.1. Gee die INTENSIEWE vorm van die woord tussen hakies. Braaiboy is (moeg) nadat hy die langste gebraai het. (1) 3.2 Gee die korrekte SPELLING van die woord tussen hakies. Hy is die braaikoning van (Suid-Afrika/ Suid Afrika / Suid-Africa) (1) 3.3 Gee die MANLIKE vorm van die woord tussen hakies. `n (Vrou) het die braaikompetisie gewen. (1) 3.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Braaiboy is vandag (vriendelik) as gister. (1) 3.5 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit die woorde tussen hakies . Die braaikoning het (sy/ hom / haar) trofee in die lug gehou. (1) 3.6 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussenhakies.
Braaiboy kan `n (sag) stukkie vleis gaarmaak. (1). 3.7 Kies die korrekte LIDWOORD tussen hakies.
Gebraaide tjop en pap is vir (die/`n) meeste mans baie lekker. (1) 3.8 Gee die korrekte SINONIEM (woorde met dieselfde betekenis) van die woord tussen hakies. Die mense wat Gareth Daniel dopgehou het, gaan (heerlik) eet. (1) 3.9 Wat is Braaiboy se logo? (1)
3.10 Kies die korrekte VOORSETSEL uit die word tussen hakies.
Die man hou die sertifikaat (op / in) die lug. (1)
[10]
3 VRAAG 4 TEKS E: SPOTPRENT Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
4.1 Skryf die sin oor in die TEENWOORDIGE TYD. Die seun het na die ongeluk gekyk. Begin só: Môre … (1) 4.2 Verbind die sin met die VOEGWOORD tussen hakies.
Die motorbestuurder lê op die draagbaar. Hy is beseer. (want) (1) 4.3 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Die vrou sê: “Ek is baie gelukkig, dat ek nie beseer is nie!.” Begin só: Die vrou sê dat (2) 4.4 Watter SPREEKWOORD (idioom) pas die beste by die prentjie?
Skryf net die vraagnommer ( 4.4) en die KORREKTE letter neer. Die bestuurder … , daarom het hy in die boom vasgery. A se kop is vol muisneste B het lang vingers C is hoog in die takke D is maljan onder die hoenders (1)
4.5 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM. Die ambulansman het die beseerde in die ambulans gelaai. Begin só: Die beseerde … (1) 4.6 Beantwoord die vraag in die ONTKENNENDE VORM. Staan die ambulans se deur oop? Begin só: Nee, … (1) 4.7 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Die beseerde word ingelaai. Hulle gaan hospitaal toe. (daarna) (1) 4.8 Skryf die sin in die VERLEDE TYD
Die polisie praat met die vrou. (1) Begin só: Gister … 4.9 Skryf die GETAL uit. Daar is (7) mense oppad hospitaal toe. (1)
4 [10] VRAAG 5 5.1 TEKS F: LEESTEKS Gebruik die teks om die vrae te beantwoord.
5.1.1 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord “belangrik”. (1) 5.1.2 Kies die regte LIDWOORD en skryf dit neer. (1) 5.1.3 Gee die INTENSIEWE VORM van “goedkoop”. (1) 5.1.4 Skryf die sin in ’n VRAAGSIN. Die onderstreepte woord moet die antwoord wees.
Groente is ook belangrik. (1) 5.1.5 Skryf die sin in die TEENWOORDIGE TYD. Baie kinders het groente geëet. Begin so: Baie kinders ... (1) 5.1.6 Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.
Wortels bevat baie vitamine C. Begin so: Wortels ... (1) 5.1.7 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE.
Juffrou sê: “Pampoen het baie suiker.” Begin só: Juffrou sê dat … (2)
5.1.8 Gee die VERKLEININGSVORM van “lekkers”. (1) 5.1.9 Gee die MEERVOUD van “appel”. (1) 5.1.10 Gee die OORTREFFENDE TRAP van “soet”. (1) 5.1.11 Rangskik die woorde tussen hakies in die REGTE VOLGORDE. Skryf die sin oor.
Die tiener drink koeldrank (vinnig, by die Spaza, vandag). (1) 5.1.12 Kies die regte SPELLING van die woord perskes/perskies. (1)
Gesonde eetgoed Ontbyt is die (5.1.1) belangrik ete van die dag. (5.1.2) ’n/Die beste pap om te eet is oats of mieliepap. Moenie te veel suiker op die pap eet nie. Eet pap en melk. Dit is (5.1.3) goedkoop en gesond. Groente is ook belangrik. Eet baie groen groente soos spinasie en boontjies. Beet is ook gesond omdat dit baie yster het. Wortels gee vir tieners baie vitamine C. Pampoen het baie suiker. As mens genoeg pampoen eet, is dit nie nodig om lekkers te eet nie. Vrugte is gesond vir tieners. Dit is so dat een appel ’n dag ’n tiener gesond hou. Lemoene en nartjies sorg dat tieners nie verkoue kry nie. (5.1.12) Perskes/perskies is ook lekker soet en dit keer dat jy baie lekkers eet. Drink water en nie gaskoeldrank nie. Water is (5.1.13) ’n/die goedkoopste koeldrank wat daar is.
5 5.1.13 Kies die regte LIDWOORD en skryf dit neer. (1) 5.2 TEKS G: PRENT Kyk na die prent en beantwoord die vrae.
[Bron: Internet]
5.2.1 Kies die korrekte antwoord. Meneer hou by die (laer skool / laarskool/ laerskool) skool. (1) 5.2.2 Kies die korrekte antwoord. Dit is teen die skoolreëls om met ’n … in die klas te speel. A tuin slang B tuinslang C waterpyp D water pyp (1) 5.2.3 Skryf die Afrikaanse woord van die vetgedrukte woord neer. Een kind het met sy pet skool toe gekom. (1) 5.2.4 Kies die korrekte antwoord uit die raampie. Aan die einde van elke kwartaal maak die kinders goot lawaai in die
Klas en hulle neem die klas op …
harnas horings plesier (1) 5.2.5 Meneer sit (op / langs) sy stoel (voor / agter) sy lessenaar. (2) 5.2.6 Een kind skiet met sy (pistol / pistool) ‘n skoot in die lug. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
6
OEFENING 2 VRAAG 3: ADVERTENSIE Lees en bestudeer die teks (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae.
[Goolge images]
3.1 Waaroor gaan die advertensie?
(1)
3.2 Hoeveel uur per dag is die kanaal te sien?
(1)
3.3 Wat kos dit om die stories te kyk?
(1)
3.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.4) en die letter (A-D) neer. Watter skryfteken word na die woord “internet!” gebruik?
A. Koppelteken B. Kappie C. Deelteken D. Uitroepteken
(1)
3.5 In watter taal word die kanaal aangebied?
(1)
3.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die letter (A-D) neer. Die Kanaal is gemik op …
A. ou mense B. alle mense C. baba’s D. kinders
(1)
3.7 Waarom lyk die meisie vriendelik in die advertensie?
(1)
3.8
Hoekom gebruik die adverteerder verskillende lettertipes?
(1)
3.9 Skryf die vergrotende trap van die woord tussen hakies Die onderste skrif is (lig) as die res van die skrif.
(1)
3.10 Waarvoor staan die afkorting TV? (1) [10]
7
VRAAG 4: VISUELE TEKS Lees en bestudeer die visuele teks (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae.
[Goolge images]
4.1 Voltooi die VRAAGSIN
Die seun eet springmielies. Begin so: Wat …
(1)
4.2 Gee die antoniem (teenoorgestelde) van die woord in hakies. Die mamma se oë is (klein).
(1)
4.3 Skryf die sin oor in INDIREKTE REDE. Pa sê: “Ek hou van die program.”
(1)
4.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Die baba, op mamma se skoot, (slaap/is wakker).
(1)
4.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.5) en die letter (A-D) neer. Watter skryfteken word in die woord “lê” gebruik? A. Koppelteken B. Kappie C. Deelteken D. Uitroepteken
(1)
4.6 Kies die korrekte VOORSETSEL. Die familie sit (op/onder) die bank.
(1)
4.7 Gee die korrekte SAMESTELLING van rus + bank Die gesin sit gemaklik op die (rus + bank).
(1)
4.8 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM. Die mamma sit ‘n gesigmasker op.
8
Begin so: ‘n Gesigmasker …
(1)
4.9 Voltooi die volgende VERGELYKING. Die mamma is nie oorgewig nie, sy is so maer soos ‘n …
(1)
4.10 Waarom, sou jy sê, is die dogter ongelukkig?
(1)
[10]
VRAAG 5 5.1 Lees die leesteks (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS F
1 2 3
Die groot vraag bly: Is hamburgers gesonde kos of nie? Morgan Spurlock was (5.1.1) (geinteresseerd/ geïnteresseerd) in ’n TV-program waarin hierdie vraag bespreek is.
4 5
Tydens ‘n hofsaak het die maatskappy gesê: (5.1.2) “Ons kos is goed.” Morgan wou dit nie (5.1.3) (glo/ beloof) nie.
6 7 8 9
(5.1.4) Morgan het ’n dokumentêre fliek gemaak. Hy het vir ‘n maand by kitskosplekke geëet! Hy het na ’n maand ’n hele (5.1.5) 11 kilogram swaarder geweeg as voor sy kitskosdieet. (5.1.6) Dr. Daryl Isaacs het sy gesondheid gemonitor.
10 11 12 13
Morgan se beste (5.1.7) vriend wou niks met (5.1.8) (hom/ haar) te doen hê nie. Sy het gesê hy (5.1.9) (reuk/ruik) snaaks. Dit het hom twee maande geneem om te herstel van sy hamburgerfees. (5.1.10) Sy fliek Supersize Me was baie gewild.
14 15
Morgan is daarteen dat ’n kitskosplek gratis (5.1.11) speelding of gratis lekkernye gee wanneer (5.1.12) (jy, bestel, ’n hamburger en skyfies).
16 17 18
’n Koepon herhaal die woorde (5.1.13) (op/ in) die advertensie. Die (5.1.14) woord word herhaal, want jy moet die advertensie kan onthou. Nie alleen kry jy ’n gratis roomys nie, maar ook sjokoladesous.
5.1.1 Kies die KORREKTE spelling van die woord tussen hakies. (Reël 2) Morgan Spurlock was (geinteresseerd/ geïnteresseerd) in ...
(1)
5.1.2 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. Die maatskappy het gesê: “Ons kos is goed.”
(1)
5.1.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 5) Morgan wou dit nie (glo/ beloof) nie.
(1)
5.1.4 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM. Morgan het ’n dokumentêre fliek gemaak
9
Begin só: ‘n Dokumentêre fliek …
(1)
5.1.5 Skryf die getal, 11, in woorde. (Reël 7) ... hele 11 kilogram swaarder geweeg...
(1)
5.1.6 Skryf die AFKORTING in woorde. (Reël 8) Dr. Daryl
(1)
5.1.7 Gee die VROULIKE vorm van “vriend”. (Reël 10) Morgan se beste vriend wou niks ...
(1)
5.1.8 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD. (Reël 10) ... met (hom/ haar) te doen hê nie.
(1)
5.1.9 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. (Reël 11) Sy het gesê hy (reuk/ruik) snaaks
(1)
5.1.10 Skryf die sin in die ONTKENNING. Sy fliek Supersize Me was baie gewild.
(1)
5.1.11 Gee die MEERVOUD van “speelding”. (Reël 14) ... gratis speelding of gratis lekkernye ...
(1)
5.1.12
Gee die korrekte WOORDORDE. (Reël 15) ... gee wanneer (jy, bestel, ’n hamburger en skyfies).
(1)
5.1.13 Kies die korrekte VOORSETSEL. (Reël 16) ’n Koepon herhaal die woorde (op/ in) die advertensie.
(1)
5.1.14 Gee die VERKLEININGSVORM van “woord”. (Reël 17) Die woord word herhaal, ...
(1)
10
5.2 Bestudeer die prent (TEKS G) hieronder en beantwoord die vrae. TEKS G
Kies telkens die korrekte antwoord tussen hakies. 5.2.1 Die twee meisies is (jonk/oud).
(1)
5.2.2 Die tante dra ‘n (pet/hoed).
(1)
5.2.3 As jy ‘n baadjie dra maak dit jou lyf (warm/koud).
(1)
5.2.4 Die twee meisies (huil/lag).
(1)
5.2.5 Die meisie, met die swart romp, hou haar hande (voor/agter) haar rug.
(1)
5.2.6 Die meisies het (swart/wit) hare. (1) [20]
TOTAAL AFDELING C: 40
11
OEFENING 3 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3:
TEKS D: LEESTEKS
1 Nelson Mandela, of Madiba, was een van die heel 3.1. 2 (bekend/bekender/ bekendste) mense in die 3.2. (wereld), maar hy 3 het ʼn lang pad na uiteindelike vryheid vir almal in Suid-Afrika geloop. 4 Sy 3.3. (naam) was eers Rolihlahla, maar toe hy begin skoolgaan, het 5 hy ook die naam Nelson gekry. Hy was ʼn 3.4. (slim) leerder en 3.5. 6 (student) en het altyd sy standpunt en oortuiging sterk gestel. Terwyl 7 hy 3.6. (op/bo/langs/in) Johannesburg gewerk het, het Walter Sisulu, 8 een van die stigters van die ANC, hom gehelp om by ʼn regsfirma 3.7. 9 (werk/job) te kry en het hy by die ANC aangesluit. Swart, bruin en 10 Indiërmense het daardie tyd aparte skole, kerke en woonbuurte gehad 11 en Nelson het ʼn 3.8. (lyer/leier) in die stryd teen apartheid geword. Hy 11 3.9. is (as gevolg van) die stryd, en na ʼn hofsaak, op 3.10. (46) jarige 12 ouderdom tronk toe gestuur. 13 Hy is in 1994 3.11. ( frygelaat/vrygelaat/vreigelaat) en 3.12. (gou) 14 hierna het apartheid opgehou. Na 3.13.(die/ ʼn) verkiesing is hy 15 verkies tot die president van Suid-Afrika. Hy het bewys dat 3.14. 16 aanhouer (wen/verloor) altyd.
[Verwerk uit: Afrikaans Sonder Grense]
3.1.
Kies die korrekte TRAP VAN VERGELYKING van die woord in Reël 2.
(1)
3.2. Skryf die woord in Reël 2 oor en verbeter die spelling. (1)
3.3. Skryf die MEERVOUD van die woord neer. (Reël 4) (1)
3.4. Kies die korrekte ANTONIEM (TEENOORGESTELDE) vir die onderstreepte woord en skryf dit neer. (Reël 5)
(oud/ dom/jonk) (1)
3.5. Skryf die VERKLEINWOORD van die woord neer. (Reël 6) (1)
3.6. Kies die korrekte VOORSETSEL en skryf slegs die woord neer. (Reël 7) (1)
3.7. Kies die korrekte WERKWOORD en skryf slegs die woord neer. (Reël 9) (1)
3.8. Kies die korrekte SELFSTANDIGE NAAMWOORD en skryf slegs die woord neer. (Reël 11) (1)
12
3.9. Kies die korrekte AFKORTING en skryf die afkorting korrek neer. (Reël 11)
(a.g.v./ a.v./ g.v./ agv.) (1)
3.10. Skryf die GETAL uit. (Reël 11) (1)
3.11. Kies die korrekte SPELLING van die woord. (Reël 13) (1)
3.12. Kies ʼn woord uit wat DIESELFDE beteken as “gou”. (Reël 13)
(stadig/vinnig) (1)
3.13. Kies die korrekte LIDWOORD en skryf dit neer. (Reël 14) (1)
3.14. Voltooi die UITDRUKKING deur die korrekte woord te kies. (Reël 16) (1)
TEKS E: PRENT Jannie hoekom was jy nie
gister by die skool nie
Ek was baie siek, juffrou. Ek kon
nie skool toe kom nie.
Bing images
3.15.
Skryf die sin in die TEENWOORDIGE TYD.
Ek kon nie skool toe kom nie. (1)
3.16. Skryf die VERKLEINWOORD van die woord (skool) neer. (1)
3.17. Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.
Ek was baie siek.
Begin só: Nee, ek......... (1)
3.18. Skryf die MANLIKE VORM van “juffrou”. (1)
3.19. Skryf die sin oor en vul die LEESTEKENS in wat uitgelaat is.
Jannie hoekom was jy nie gister by die skool nie (1)
3.20. Skryf die sin in die INDIREKTE REDE.
Jannie sê: “Ek was by my skool.” (1)
3.21. Gee EEN WOORD vir skool+ klere. (1)
3.22. Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD.
Jannie praat met sy onderwyser. (1)
3.23. Verander die sin in ʼn VRAAGSIN deur die vraagwoorde te gebruik wat
gegee is.
Jannie was gister by die skool.
Begin só: Wanneer...... (1)
3.24. Skryf die INTENSIEWE VORM van “siek”. (1)
TEKS F: STROKIESPRENT
VRAAG 4
[Verwerk uit Beeld 9/3/12]
4.1. Watter SKRYFTEKEN is gebruik in die sin:
Doen mense dit nog?
Skryf die vraagnommer (4.1) en die letter (A-D) neer.
A. Punt B. Vraagteken C. Uitroepteken D. Komma (1)
4.2. Kies die korrekte antwoord en skryf die nommer 4.2. en die letter A-C neer.
Wat is die betekenis van die woord “a a ns k af?
A. Om iets te koop. B. Om iets weg te gooi. C. Om iets te verloor. (1)
4.3. Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM oor.
Die seun koop ʼn boek.
Begin só: ʼn Boek word...... (1)
4.4. Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.
Die seun koop ʼn boek vir skool. (1)
4.5. Verbind die sinne met die VOEGWOORD.
Die ma koop ʼn boek. Die seun koop ʼn boek.
..................... en ...................... (1)
4.6. Vervang die onderstreepte woorde met die korrekte PERSOONLIKE VOORNAAMWOORD.
Kies die regte woord en skryf slegs die woord neer.
4.6.1. Ek koop ʼn boek saam (sy/haar/my/hom) ma.
4.6.2. My ma haal (sy/haar/hom) geld uit haar handsak. (2)
4.7. Rangskik die groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
Die ma (die seun) (waar die boeke is) (wys). (1)
4.8. Watter TUSSENWERPSEL, dink jy sal die beste pas by sin:
Die boeke is baie duur!.
(Sies, Foeitog, Hoera, Sjoe) (1)
4.9. Kies die korrekte WOORD tussen hakies en skryf net die woord neer.
Jeremy koop boeke by die (boekwinkel/boekstoor). (1)
4.10. Kies die korrekte WOORD tussen hakies en skryf net die woord neer.
Jeremy se ma trek hom aan sy (hemp/broek) by die deur in. (1)
4.11. Kies die korrekte WOORD tussen hakies en skryf net die woord neer.
Jeremy is ʼn (seun/dogter). (1)
VRAAG 5:
TEKS G: ADVERTENSIE
Weg: November 2015
5.1. KwaZulu-Natal word met HOOFLETTERS geskryf. Waarom?
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die vraagnommer (5.1) en die letter
(A-C) neer.
A. Om dit te laat uitstaan.
B. Dis die naam van ʼn provinsie.
C. Dit is ʼn uitroep. (1)
5.2. Kies die korrekte WOORD tussen hakies en skryf net die woord neer. (1)
Die (olifante/leeus/renosters) swem in die rivier.
5.3. “Vaar in styl” word in groot hoofletters geskryf. Waarom?
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die vraagnommer (5.3) en die letter
(A-C) neer. (1)
A. Om dit te laat uitstaan.
B. Sodat jy dit beter kan lees.
C. Dit is ʼn uitroep.
5.4. Kies die korrekte WERKWOORD tussen hakies en skryf net die woord neer.
Die mense (ry/vaar/loop) op die boot op die rivier. (1)
5.5. Wat is die VROULIKE VORM van “olifantbul”? (1) TOTAAL AFDELING C: 40
OEFENING 4 Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies
Vraag 3: Advertensie
Teks D
Lees en bestudeer die advertensie (Teks D) hieronder en beantwoord die vrae.
www.google
3.1 Wat word hier geadverteer? (1) 3.2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer.
Vir elke storie wat vertel word, skenk Bio-oil …
A. R 5. B. R 20. C. R 10. D. R100. (1)
3.3. Die vrou in die advertensie lag.
Gee die VERKLEININGSVORM van vrou. (1) 3.4. Die woord gedeel bestaan uit die lettergrepe ge-deel Verdeel die woord aanvaar in LETTERGREPE. (1) 3.5. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer, byvoorbeeld 3.5 E.
Bio-oil word vir die behandeling van … gebruik.
A. hande B. littekens C. voete D. oë (1)
3.6. WEN Bio-olie-geskenkpakke of 1 van 2 Apple iPads. Skryf die getal 2 as ‘n woord. (1)
3.7. Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies, byvoorbeeld koud – yskoud.
My vel was (hard). (1)
3.8. Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD, byvoorbeeld: Ek loop – Ek het geloop.
My tannie leer my. (1)
3.9. Bio-Oil skenk R10 vir elke storie wat gedeel word. Vir wie word die R10-skenkings gebruik? (1)
3.10 Waarom, dink, jy gebruik mense Bio-oil? (1) (10) Vraag 4: TEKS E Spotprent
Lees en bestudeer die spotprent (Teks E) hieronder en beantwoord die vrae.
(www.google images)
4.1 Kies die regte woord tussen hakies. Die pasiënt lyk (gelukkig/ongelukkig). (1) 4.2 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD. Die pasiënt kla by die dokter. (1) 4.3 Skryf die volgende sin in die VERLEDE TYD. Die pasiënt lyk siek. (1) 4.4 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord wat onderstreep
(underlined) is. Die kliniek waar die pasiënt is, is baie goedkoop. (1) 4.5 Kies die regte woord tussen hakies. Die pasiënt sit (op/langs) die bed. (1) 4.6 Vul die ontbrekende (missing) woord in. Die dokter dra ‘n _____ om beter te kan sien. (1) 4.7 Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM. Die pasiënt kan die diagnose bekostig. (1) 4.8 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
(A–D) neer, byvoorbeeld 4.8 E.
Die KORREKTE VORM (form) van die woord daai is, …
A. daarom. B. daarvan. C. daardie. D. daarmee. (1)
4.9 Gee die AFKORTING (abbreviation) van die woord wat onderstreep is. Die dokter is kwaad vir die pasiënt. (1) 4.10 Verbind die sin met die VOEGWOORD tussen hakies. Die dokter is ryk. Die pasiënt is arm. (en) (1) (10)
VRAAG 5 5.1 Lees die teks (Teks F) hieronder en beantwoord die vrae. Teks F: Leesteks
Let op wat jy eet
Jy moet altyd 5.1(goed/goeie) gesondheid geniet. Jy moet let op die hoeveelheid sout, vet en 5.2 (suiker/soeker) wat jy eet. Eet 5.3 (appels, piesangs, lemoene) en 5.4 (aartappels, pampoen, boontjies) om jouself gesond te hou. Baie sout kan veroorsaak dat jou 5.5 (bloed+druk) verhoog. Gebruik speserye eerder as sout om 5.6 (jy / jou) kos te geur. Mense word elke jaar 5.7(siek) in die herfs. 5.8 (Wat kan jy doen om voedselvergiftiging te keer). Om hierdie risiko 5.9 (…) verminder moet jy jou kos deeglik gaarmaak. 5.10 (‘n/Die) kos wat ons eet moet altyd van die beste kwaliteit wees. Oefen ten minste vir 5.11 (30) minute per dag. Probeer altyd oefeninge doen 5.12 (geniet wat jy). Moenie aanhou eet wanneer jy nie meer 5.13 (…) is nie. Onthou altyd om jou 5.14 (hand) te was wanneer jy met kos werk.
www.google.Let op wat jy eet
5.1. Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies Jy moet altyd (goed/goeie) gesondheid geniet. (1) 5.2. Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Jy moet let op die hoeveelheid (suiker/soeker) wat jy eet. (1) 5.3. Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Eet (appels, piesangs, lemoene) om jouself gesond te hou. (1) 5.4. Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Eet (aartappels, pampoen, boontjies) om jouself gesond te hou. (1)
5.5. Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies. Baie sout kan veroorsaak dat jou (bloed+druk) verhoog. (1) 5.6. Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies Gebruik speserye eerder as sout om (jy/jou) kos te geur. (1) 5.7. Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies. Mense word elke jaar (siek) in die herfs. (1) 5.8. Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte LEESTEKEN in. Wat kan jy doen om voedselvergiftiging te keer (1) 5.9. Vul die ontbrekende INFINITIEF in. Om hierdie risiko … verminder moet jy jou kos deeglik gaarmaak. (1) 5.10. Kies die korrekte LIDWOORD tussen hakies. (‘n/Die) kos wat ons eet moet altyd van die beste kwaliteit wees. (1) 5.11. Skryf die GETAL wat tussen hakies is in woorde. Oefen ten minste vir (30) minute per dag. (1) 5.12. Skryf die sin voluit en gee die korrekte VOLGORDE van die woorde
in hakies. Probeer altyd oefeninge doen (geniet wat jy). (1) 5.13. Vul die ONTBREKENDE (missing) woord in. Moenie aanhou eet wanneer jy nie meer (…) is nie. (1) 5.14. Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Onthou altyd om jou (hand) te was wanneer jy met kos werk. (1) (14)
5.2 Teks G: Leesteks Kyk na die prente hieronder en beantwoord die vrae.
www.google
Kies elke keer die korrekte woord tussen hakies. 5.2.1. Die hartoorplanting was ‘n groot (sukses/mislukking). (1) 5.2.2. Die gebeure by Life Esidimeni was ‘n (gelukkige/hartseer) storie. (1) 5.2.3. Die dokter se gesig wys dat hy (ongelukkig/tevrede) is met sy werk. (1) 5.2.4. Die (trane/spoeg) is ‘n teken van hartseer. (1) 5.2.5. Die (kleure/klere) wat die dokter aan het, is mooi skoon. (1) 5.2.6. ‘n (Rooi/swart) hart is altyd ‘n simbool van liefde. (1) Totaal Afdeling C: 40
OEFENING 5 Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies Vraag 3: Advertensie
Teks D
Lees en bestudeer die advertensie (Teks D) hieronder en beantwoord die vrae.
[OBE/UGO PLUS Leerdergids]
3.1. Wat word hier geadverteer? (1) 3.2. Waar word dit gehou? (1) 3.3. Noem twee dinge wat daar te koop is. (2) 3.4. Wanneer vind die vertoning plaas? (1) 3.5. Hoekom is “Sien jou daar!” in groot letters geskryf? (1) 3.6. Sal jy so `n vertoning bywoon? Motiveer jou antwoord. (1) 3.7. Wat is, volgens jou, ‘n superster? (1) 3.8. Die toegangsgeld is R5. Waarvoor staan die R? (Skryf dit volledig uit) (1) 3.9. Wie is die teikengroep van die advertensie (target group)? (1) (10)
Vraag 4: Stokiesprent Teks: E Lees en bestudeer die strokiesprent (Teks E) hieronder en beantwoord die vrae.
[Koelkop Leerdergids]
4.1 Gee die antonieme/teenoorgestelde betekenis van die onderstreepte woorde. 4.1.1 Die meisie se pen is lank. (1) 4.1.2 Die seun het lelik gelyk. (1) 4.2 Kies die korrekte voorsetsel en vul dit in
op / met / aan
4.2.1 Die kind skryf … ‘n pen (1) 4.2.2 Kaelin sit … die bed. (1) 4.3 Skryf die volgende sin in die verlede tyd. Hy slaan die kind met die kussing. (1) 4.4 Gee die meervoud van die onderstreepte woord.
Daar was vier kussing op die bed. (1) 4.5 Kies die regte woord tussen hakies
Sy het in (haar/sy) dagboek geskryf. (1)
4.6 Die woord “vandag” bestaan uit die volgende lettergrepe: van-dag.
Verdeel nou die woord “kussing” in lettergrepe. (1) 4.7 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Gary is met die (grootste/groter) kussing geslaan. (1) 4.8 Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Die kinders was (nie gelukkig nie) toe Gary met die kussing geslaan word. (1)
Vraag 5 5.1 Lees die teks (Teks F) hieronder en beantwoord die vrae. Teks F: Leesteks
Beste Thabo Ek is 5.1(vandag/gister) raadop. Ek het 5.2 (jou/sy) mos al vertel van Thabiso, die ou 5.3 (wat /wie) my so boelie. Net na pouse 5.4 ( __ ) ons Wiskunde gehad. Toe ek my sak oopmaak om my 5.5 (boeke/books) uit te haal, voel ek `n taai gemors. 5.6 (Ek is so kwaad) dat ek sommer voor die hele klas gehuil het. 5.7 (Ek het onmiddellik geweet dit was Thabiso). “Vandag sal Juffrou se 5.8 (wit+broodjie ) nie so belangrik voel nie” Al wat ek weet, is dat Thabiso 5.9 (die/’n) les geleer moet word! As jy nie 5.10 (raat/raad) of `n plan het nie, 5.11 (jou maats vra) of hulle nie 5.12 (weet/ken) hoe hy `n les geleer kan word nie. Ek is nou besig om aan die 5.13 (goeie) plan te werk. 5.14(Groete./Groet.) Tumi
5.1 Kies die korrekte woord.
Ek is (vandag/gister) raadop. (1)
5.2 Kies die korrekte woord. Ek het (jou/jy) mos al vertel van Thabiso. (1)
5.3 Kies die korrekte woord. Die ou (wat/wie) my so boelie. (1) 5.4 Vul die ontbrekende hulpwerkwoord. Net na pouse ____ ons Wiskunde gehad. (1) 5.5 Kies die korrekte woord. Toe ek my sak oopmaak om my (boeke/books) uit te haal. (1) 5.6 Skryf in die verlede tyd. Ek is so kwaad. (1) 5.7 Skryf in die ontkennende vorm. Ek het onmiddellik geweet dit was Thabiso. (1) 5.8 Gee een woord vir die woorde tussen hakies. “Vandag sal Juffrou se (wit+broodjie) nie so belangrik voel nie” (1) 5.9 Kies die korrekte lidwoord.
Al wat ek weet, is dat Thabiso (die/’n) les geleer moet word. (1) 5.10 Kies die regte woord. As jy nie (raat/raad) of ‘n plan het nie (1) 5.11 Verbeter die woordorde.
As jy nie ‘n plan het nie, (maats vra jou) of hulle het. (1) 5.12 Kies die korrekte woord. Hulle moet (weet/ken) hoe hy `n les geleer kan word. (1) 5.13 Gee die korrekte trappe van vergelyking. Ek is besig om aan die (goeie) plan te werk. (1) 5.14 Kies die korrekte woord om die brief mee af te sluit.
Aan die einde van ‘n vriendskaplike brief skryf ons gewoonlik die woord (Groete./Groet.) (1)
5.2 Teks G: Leesteks Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
[OBE/UGO PLUS – Leerdergids] Kies elke keer die korrekte woord tussen hakies. 5.2.1 Die rower is besig om (in/af) te breek. (1) 5.2.2 Die mans het (dieselfde/verskillende) broeke aan. (1) 5.2.3 Die winkel verkoop baie (dier/duur) juwele. (1) 5.2.4 Die rower het `n (doek/hoed) op sy kop. (1) 5.2.5 Die rower (hardloop/stap) weg toe hy die twee mans sien. (1) 5.2.6 Dit is (verkeerd/reg) om te steel. (1) Totaal Afdeling C: 40
NASIENRIGLYNE OEFENING 1 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3 TEKS D: LEESTEKS VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT 3.1 Doodmoeg 1 3.2 Suid-Afrika 1 3.3 Man 1 3.4 Vriendeliker 1 3.5 Sy 1 3.6 Sagte 1 3.7 Die 1 3.8 Lekker 1 3.9 Ԁb 1 3.10 In 1 SUBTOTAAL [10]
VRAAG 4 TEKS E: SPOTPRENT 4.1 Die seun kyk na die ongeluk. 1 4.2 Die motorbestuurder lê op die draagbaar, want hy is beseer. 1 4.3 Die vrou sê dat sy baie ongelukkig is (1), dat sy nie beseer is
nie. (1) 2
4.4 C – was hoog in die takke 1 4.5 Die beseerde is deur die ambulansman in die ambulans
gelaai. 1
4.6 Nee, die ambulans se duur staan nie oop nie. 1 4.7 Die beseerdes word ingelaai, daarna gaan hulle hospitaal
toe. 1
4.8 Gister het die polisie met die vrou gepraat. 1 4.9 sewe 1 SUBTOTAAL [10]
VRAAG 5 TEKS F: TEKS 5.1 VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT 5.1.1 belangrikste 1 5.1.2 Die 1 5.1.3 spotgoedkoop 1
5.1.4 Wat is ook belangrik? 1 5.1.5 Baie kinders eet groente. 1 5.1.6 Wortels sal baie vitamine C bevat. 1 5.1.7 Juffrou sê dat pampoem baie suiker het. 2 5.1.8 lekkertjies 1 5.1.9 appels 1 5.1.10 soetste 1 5.1.11 Die tiener drink vandag vinnig by die Spaza
koeldrank. 1
5.1.12 perskes 1 5.1.13 die 1 SUBTOTAAL [14]
5.2 TEKS G: PRENT VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT 5.2.1 laerskool 1 5.2.2 B tuinslang 1 5.2.3 troeteldier 1 5.2.4 horings 1 5.2.5 op
agter 1 1
SUBTOTAAL [6] TOTAAL AFDELING C 40
OEFENING 2 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN – KONVENSIES
VRAAG 3 PUNT DVLAK 3.1. Oor ‘n nuwe TV kanaal vir kinders.
(Of soortgelyk) 1 3
3.2. 24 uur 1 1 3.3. Gratis of niks
(Enige een) 1 1
3.4. D 1 2 3.5. Afrikaans 1 1 3.6. D 1 2 3.7. Sy hou van die kaneel.
Sy is bly. (enige een of soortgelyk) 1
3
3.8. Om aandag te trek. (of soortgelyk) 1
3
3.9. ligte 1 1 3.10 televisie 1 3
SUBTOTAAL (10) 4.1 Wat eet die seun? 1 1 4.2 groot 1 1 4.3 Pa sê dat hy van die program hou. 1 2 4.4 is wakker 1 2 4.5 B/ kappie 1 2 4.6 op 1 2 4.7 rusbank 1 1 4.8 ‘n Gesigmasker word deur die mamma opgesit 1 3 4.9 kraai 1 2 4.10 Sy wil nie haar springmielies deel nie.
Sy wil nie vir iemand anders haar eetgoed gee nie. (Of soortgelyk) 1
3
SUBTOTAAL: (10)
VRAAG
5.1: LEESSTUK
5.1.1 geïnteresseerd 1 2 5.1.2 Die maatskappy het gesê dat hul kos lekker was. 1 2 5.1.3 glo 1 2 5.1.4 ‘n Dokumentêre fliek is deur Morgan gemaak. 1 3 5.1.5 elf 1 1 5.1.6 dokter 1 2 5.1.7 vriendin 1 1 5.1.8 hom 1 1
5.1.9 ruik 1 2
5.1.10 Sy fliek Super Me was nie baie gewild nie. 1 1 5.1.11 speelgoed 1 2 5.1.12 … gee wanneer jy ‘n burger en skyfies bestel. 1 2
5.1.13 in 1 2 5.1.14 woordjie 1 1
SUBTOTAAL: (14) 5.2.1 jonk 1 2 5.2.2 hoed 1 2 5.2.3 warm 1 2 5.2.4 lag 1 2 5.2.5 agter 1 2 5.2.6 swart 1 2
SUBTOTAL: 6 TOTAAL AFDELING C: [40]
OEFENING 3 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: LEESTEKS
VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT VLAK 3.1 Bekendste 1 2 3.2 Wêreld 1 2 3.3 Name 1 2 3.4 Dom 1 3 3.5 Studentjie 1 2 3.6 In 1 2 3.7 Werk 1 2 3.8 Leier 1 2 3.9 a.g.v. 1 2 3.10 Ses-en-veertig 1 2 3.11 Vrygelaat 1 3 3.12 Vinnig 1 2 3.13 Die 1 2 3.14 Wen 1 3
TEKS E: PRENT
3.15 Ek kan nie skool toe kom nie. 1 2 3.16 Skooltjie 1 2 3.17 Nee, ek was nie baie siek nie. 1 2 3.18. Meneer 1 2 3.19 Jannie, hoekom was jy nie gister by die skool nie? 1 3 3.20 Jannie sê hy was by sy skool.
Of Jannie sê dat hy by die skool was.
1 3
3.21 Skoolklere 1 2 3.22 Jannie sal met sy onderwyser praat. 1 3 3.23 Wanneer was Jannie by die skool? 1 3 3.24 Doodsiek 1 2
TEKS F: STROKIESPRENT
VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT VLAK 4.1 B (vraagteken) 1 2 4.2 A (om iets te koop) 1 2 4.3 ʼn Boek word deur die seun gekoop. 1 2 4.4 Die seun het ʼn boek vir skool gekoop. 1 2 4.5 Die ma en die seun koop ʼn boek. 1 2 4.6.1 My 1 2 4.6.2. Haar 1 2 4.7 Die ma wys die seun waar die boeke is. 1 2 4.8 Sjoe 1 2 4.9 Boekwinkel 1 2 4.10 Hemp 1 2 4.11 Seun 1 2
TEKS G: ADVERTENSIE
VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT VLAK 5.1 B (naam van ʼn provinsie) 1 2 5.2 Olifante 1 2 5.3 A (om dit te laat uitstaan) 1 2 5.4 Vaar 1 2 5.5 Olifantkoei 1 2
OEFENING 4 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES Vraag Moontlke antwoord/e Punt Denkvlak 3.1 Bio-oil 1 1 3.2 C
C R10 R 10 (Enige EEN)
1
2
3.3 vroutjie 1 1 3.4 aan-vaar 1 3 3.5 B
B littekens Littekens (Enige EEN)
1
2
3.6 twee 1 1 3.7 kliphard 1 2 3.8 My tannie het my geleer. 1 2 3.9 Liefdadigheidsorganisasies 1 1 3.10 Om ontslae te raak van littekens
Om hulle mooi te maak. Omdat hulle dit kan bekostig
1
3
Totaal 10 Vraag Moontlike antwoord/e Punt Denkvlak 4.1 ongelukkig 1 2 4.2 Die pasiënt sal by die dokter kla. 1 2 4.3 Die pasiënt het siek gelyk. 1 2 4.4 duur 1 1 4.5 op 1 1 4.6 bril 1 1 4.7 Die pasiënt kan nie die diagnose bekostig nie. 1 1 4.8 C
C daardie daardie (Enige EEN)
1
2
4.9 dr. 1 2 4.10 Die dokter is ryk en die pasiënt is arm. 1 2 Totaal 10
Vraag Moontlike antwoord/e Punt Denkvlak 5.1 goeie 1 1 5.2 suiker 1 1 5.3 vrugte 1 2
5.4 groente 1 2 5.5 bloeddruk 1 3 5.6 jou 1 1 5.7 gesond 1 1 5.8 Wat kan jy doen om voedselvergiftiging te keer? 1 2 5.9 te 1 2 5.10 Die 1 1 5.11 dertig 1 2 5.12 Probeer altyd oefeninge doen wat jy geniet. 1 3 5.13 honger 1 1 5.14 hande 1 1 5.2.1 sukses 1 1 5.2.2 hartseer 1 1 5.2.3 tevrede 1 1 5.2.4 trane 1 2 5.2.5 klere 1 1 5.2.6 rooi 1 2 Totaal 20
Totaal AFDELING C: 40
OEFENING 5 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES Vraag Moontlke antwoord/e Punt Denkvlak 3.1 Poppespelvertoning 1 2
3.2 Durban-Noord Primêr skoolsaal 1 1 3.3 Springmielies
koeldrank
2 1
3.4 Saterdagmiddag 1 1
3.5 Om aandag te trek Om seker te maak dat jy die vertoning moet
bywoon. (Enige een of soortgelyk)
1
2
3.6 Ja, vertonings is altyd interessant. Nee, dit is vir laerskool kinders en sal ‘n mens
verveel. (Enige een of soortgelyk)
1
3
3.7 Dit iemand wat bekend/beroemd is. Dit is ‘n held/ heldin.
1
2
3.8 Rand 1 1
3.9 Kinders in die laerskool/primêre skool 1 2
Totaal 10
Vraag Moontlke antwoord/e Punt Denkvlak 4.1.1 kort 1 1
4.1.2 mooi 1 1
4.2.1 met 1 1
4.2.2 op 1 1
4.3 Hy het die kind met ‘n kussing geslaan. 1 2
4.4 kussings 1 1
4.5 haar 1 1 4.6 kus – sing 1 3
4.7 grootste 1 1
4.8 ongelukkig 1 2
Totaal 10
Vraag Moontlke antwoord/e Punt Denkvlak 5.1 vandag 1 1
5.2 jou 1 1
5.3 wat 1 1
5.4 het 1 2
5.5 boeke 1 1
5.6 Ek was so kwaad. 1 2
5.7 Ek het onmiddellik geweet dit was nie Thabo nie.
1 1
5.8 witbroodjie 1 1
5.9 ‘n 1 1
5.10 raad 1 1 5.11 vra jou maats 1 3
5.12 weet 1 1
5.13 beste 1 1
5.14 Groete 1 2
5.2.1 in 1 1
5.2.2 verskillende 1 2
5.2.3 duur 1 1
5.2.4 hoed 1 1
5.2.5 hardloop 1 1 5.2.6 verkeerd 1 1
Totaal 20
Totaal AFDELING C: 40