32
MAART 2015 ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Verander…’ ROMEINE 12:1,2

‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

1

M A A R T 2 0 1 5

‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Verander…’

ROMEINE 12:1,2

Page 2: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

2

IN HIERDIE UITGAWEvanaf die lessenaar van die president

‘Kom, laat skyn jou lig! Jesus Christus kom weer! bl 3

Besiel ons opnuut! bl 3

oordenking

In die gees van herlewing - Toewyding bl 4

Toewyding en Vertroue in die Here bl 5

geestelike perspektief

‘n Nuwe lewe in Christus – Romeine 12 bl 6

sau nuusbrokkies en beskouings

SAU Beradingsopleiding aan Leraars – Emosionele Welsyn

en Geestesgesondheid bl 7

Pastorale Ordening – Kaap Konferensie en Namibië

Konferensie bl 8

Vista Kliniek se Pretrit vir Speelgoed – Kersfees vir

die kinders van Parys bl 10

SAU Rentmeesterskapbediening en Trustdienste Adviesraad bl 12

SAU Sabbatskool Departement – Splinternuwe en Kragtige

Bybelstudiegidse vir Nuwe Lidmate bl 17

herleef deur sy woord

Bybelleesplan 2015 (Jan.-Jul.) bl 14

kinderhoekie

Met liefde leer ons die Bybel ken bl 17

BYBELSTUDIEGIDSE 2015 – Bestellings vir 2015 bl 13

TEKENS VAN DIE TYE – ‘n Uitnodiging om in te skryf bl 19

kaleidoskoop van herlewing in die konferensies

Strooi dit soos Herfsblare bl 20

Die Sierade van Wynberg-gemeente bl 20

Tygerberg Dienssentrum en Mobiele Etes – Viering van

45 jaar se diens bl 21

Uitreikprojekte tot Sy eer - Langkloof Distrik bl 21

Tot bediening van die SDA-skole in die Wes-Kaap bl 22

gesondheidsforum

Stoei jy met stress? bl 24

Emosionele Uitputting bl 26

lifestyle

‘Herdenk die Sabbat’ – Sonsondergangtye 2015 bl 28

aankondings

GELUKWENSE! 60ste Huweliksherdenking gevier bl 30

GEES VAN PROFESIE-LEESSTOF – Versoek om

Afrikaanse Boeke bl 31

VERJAARSDAGBEDE en Paasnaweekseëninge bl 31

SPERDATUMS – Inskrywings vir MARANATHA 2015

SEVENTH-DAY ADVENTIST CHURCH

Kwartaalliks uitgegee deur die

SAU Departement Kommunikasie

Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301

Tel: (051) 447-8271, Faks: (051) 448-8059

www.adventist.org.za

Redakteur S.G. du Preez

Mede-Redakteurs T. L. Letseli, T. M. Kunene

Uitleg en ontwerp Firefl i Design Studio

+27 (0)83 459 7459

Gids vir die Suider-Afrika Uniekonferensie

SAU ADMINISTRATEURS

President T.L. Letseli

Sekretaris T. M. Kunene

Hoof Finansiële Beampte E.A. Odendaal

Finansiële Beampte M. Mweemba

Assistent Finansiële Beampte H.A. Langford

Assistent Finansiële Beampte H. Munez

DEPARTEMENTELE DIREKTEURE

ADRA J.E. Netshifulani

Aftrede/Pensioen M. Viljoen

Fasiliteite V. Malunga

Gesondheid/Gesinsbediening J.U. Negre

Inligtingstegnologie B. Stepanek

Jeugbediening P.R. Maligudu

Kommunikasie/PARL S.G. du Preez

Korrespondensie Bybelskool J.J. Julies

Ministerieel/PAKIA/Predikantsvrou-Leidsters G.T. du Preez

Rentmeesterskap D.P. Shongwe

MOWCS H.M.M. Engelbrecht

Opvoedkunde G.T. du Preez

PersBediening/VolwasseSS/Adventiste

Sending/GeesvanProfesie G. Reyneke

SEDCOM & Trustdienste A. du Preez

Uitgewery G. Mweemba

Vroue-/Kinderbediening/KinderSS N.Z. Kunene

WK Ouditeursdiens C.J. Haupt

PLAASLIKE KONFERENSIES

Kaap Konferensie – P. R. Gelderbloem, President

Posbus 5961, Walmer, 6065, Tel: (041) 581-0100/1

Kwazulu-Natal Vrystaat Konferensie – M. C. Nhlapo, President

Posbus 740, Pinetown, 3600, Tel: (031) 700-5301

Lesotho Konferensie – P. M. Chobokwane, President

Posbus 714, Maseru, Lesotho, Tel: (00266) 31-2664

Namibië Konferensie – M. S. Mukubonda, President

Posbus 2144, Windhoek, 9000, Namibië, Tel: (00264) 61 22-8140

Swaziland Konferensie – J. Mahlangu, President

Posbus 562, Manzini, Swaziland, Tel: (00268) 505-2617

Trans-Oranje Konferensie – J.M. Mongwe , President

Posbus 46061, Orange Grove, 2119, Tel: (011) 640-3084

Noordelike Konferensie – D. C. Spencer, President

Posbus 751423, Garden View, 2047, Tel: (011) 616-6800

ISSN 019-5092

JAARGANG 24 NOMMER 1 MAART 2015

Page 3: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

3

vanaf die lessenaar van die president

‘KOM, LAAT SKYN JOU LIG!

JESUS CHRISTUS KOM WEER!

BESIEL ONS OPNUUT!

Hierdie nuwejaar, 2015, het ons nader aan die wederkoms van Jesus

Christus gebring. Die Here het ons twee belangrike afsprake gebied om

ons te help om voor te berei vir Sy spoedige terugkeer. Die eerste een is

die weeklikse Sabbat (Open. 1:10); die tweede een is in die toekoms –

die glorieryke wederkoms van ons Heer en Heiland, Jesus Christus (Open.

1:7). Ons tema vir hierdie jaar is: “Kom, laat jou lig skyn! Jesus Christus

Kom Weer!” (Dit is ook die tema van ons Wêreldkonferensie se Sakesitting

2015 wat DV gehou gaan word in Julie, te St. Antonio, Texas).

Beide hierdie twee afsprake, die weeklikse Sabbat, en die Wederkoms van

Jesus Christus, het sommige aspekte in gemeen of is dieselfde, naamlik:

1. Voorbereiding om Jesus Christus te ontmoet (ons tref voorbereidings

deur onsself en ander voor te berei om Hom te ontmoet);

2. Jesus Christus is die middelpunt, in beide afsprake;

3. Hy kom weer om te tabernakel (‘woon’) saam met Sy Kinders;

4. Hy kom weer om Sy kinders te beloon en te seën;

5. Afspraaktyd wat deur die Here bepaal is, nie ons nie;

6. Sy aankoms of verskyning bied ‘n afpsraaktyd – heerlik en heilig

Ons, as ‘n Kerk, dra ons titel of naam wat wys na beide afsprake. Ons is

die Sewendedag-Adventiste. Ons onderhou die weeklikse Sabbat, terwyl

ons die tweede koms van Jesus Christus afwag. Dieselfde Jesus Christus

wat ons op die weeklikse Sabbat besoek – wie se Teenwoordigheid ‘n dag

heilig maak, is dieselfde Jesus Christus wat weer sal kom op ‘n tyd wat

bepaal word deur God die Vader. Die diensmaagd van die Here vermaan

ons dus:

“Laat die voorbereiding vir die Sabbat afgehandel wees. Dra sorg dat

al klere gereed is en al die kookwerk klaar is..... Die Sabbat is nie daar

om kledingstukke te herstel nie, of om kos te kook nie, of vir ons eie

sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge te beklee nie.

Laat alle sekulêre werk gestaak word en alle wêreldse leesstof gebêre

word, voordat die son sak. Ouers, verduidelik die voorbereidingswerk

en die doel daarvan aan u kinders, en laat hulle u help daarmee ter

voorbereiding van die onderhouding van Sabbat, volgens die gebooie

van die Here. Daar is nog ‘n werk wat aandag moet geniet op die

voorbereidingsdag. Op hierdie dag moet alle geskille tussen broers,

in die gesin of in die kerk, bygelê word. Laat alle bitterheid, wraak

en kwaadspraak verban word uit die hart. “Bely aan mekaar julle

sondes, met ‘n nederige gees en bid vir mekaar. Laat die gesinslede

bymekaarkom, voordat die son sak, om uit die Here se woord te

lees, om saam te sing en te bid. Ons behoort die tydgrense van die

Sabbat nougeset te bewaar. Wees gedagtig daaraan dat elke oomblik

gewyde, heilige tyd is.” E G White, Our Father Cares, 1991, bl. 64.

[Kursiewe druk voorsien]

Die diensmaagd van die Here noem dat daar (1) ‘n fi siese voorbereiding

is; (2) die Sabbat-onderhouding gepaard moet gaan met ouers se

stel van ‘n voorbeeld en die onderrig daarvan aan hulle kinders; (3) ‘n

hartsvoorbereiding behoort te wees (vrede moet gemaak of geïnisieer

word met ons broers en susters en met die Here self), en (4) aanbidding

van God deur gebed, sang en die lees van Sy Woord behoort te wees.

Let ook vriendelik op dat die selfde weeklikse

Sabbatsvoorbereiding relevant is tot die

voorbereiding van die Wederkoms. Ons berei

onsself voor (inreik/geestelike voeding) en andere

(uitreik/evangelisasie) om Hom tegemoet te

gaan wanneer Hy weer kom! “Kom, laat

jou lig skyn! Jesus Christus Kom Weer!”

Dr TL Letseli

SAU President

Ons loof U, o God, vir die Seun van U hart – vir Jesus, gekruisig, gepynig in smart.

REFREIN: Halleluja! U die ere, halleluja! amen; Halleluja! U die ere, Besiel ons nou weer!

Ons loof U, o God, vir U Gees met Sy lig, Wat ons Jesus getoon het en duister laat swig.

REFREIN: Halleluja! U die ere, halleluja! amen; Halleluja! U die ere, Besiel ons nou weer!

Gee lof aan die Lam wat ons sondes moes dra, en in ons plek moes sterf deur Sy grote gena.

REFREIN: Halleluja! U die ere, halleluja! amen; Halleluja! U die ere, Besiel ons nou weer!

Verkwik ons opnuut; laat U liefl ike Gees ons besiel met ‘n ywer wat ewig sal wees.

REFREIN: Halleluja! U die ere, halleluja! amen; Halleluja! U die ere, Besiel ons nou weer!

ADVENTLOFLIEDERE Liednr. 157 Ons Loof U, o God: 1960, SDA Kerk van die SAU-Konferensie

Page 4: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

4

oordenking

IN DIE GEES VAN HERLEWING - TOEWYDING

God se belofte is: “Julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.” Jeremia 29:13

“Die hele hart moet aan God oorgegee word, of ons sal nooit in Sy ewebeeld herskep kan word nie. Van nature is ons vervreemd van God. Die Heilige Gees beskryf ons toestand in die volgende woorde: “Dood deur die misdade en die sondes ...” Efesiërs 2:1. “Die hele hoof is siek en die hele hart is krank,” “Daar is geen heel plek aan nie.” Jesaja 1:5,6. Ons is in die strikke van Satan gevang waarin ons gehou is “om sy wil te doen.” 2 Timoteus 2:26. God wil ons genees en vrymaak. Maar aangesien dit beteken dat ons heeltemal verander moet word, dat ons geheel en al herskep moet word, moet ons onsself heeltemal aan Hom oorgee.

Die stryd teen self is die felste stryd wat nog ooit gestry is. Die oorgawe van self, die oorgawe van die wil aan God, is ‘n stryd, maar die siel moet aan God oorgegee word voordat dit in heiligheid herskep kan word.

Die regering van God, soos Satan ons wil wysmaak, berus nie op blinde onderwerping nie, en ook nie in onredelike oorheersing nie. Dit doen ‘n beroep op ons verstand en gewete. “Kom nou en laat ons die saak uitmaak,” is die uitnodiging van die Skepper aan ons. Jesaja 1:18. God dwing nie die wil van Sy skepsels nie. Hy kan nie aanbidding aanvaar wat nie bereidwillig en op eie intelligente wyse geskied nie. Gedwonge onderwerping sal die ware ontwikkeling van hart en karakter verhinder; dit sal van die mens ‘n blote outomaat maak, en dis nie die doel van die Skepper nie. Hy verlang dat die mens, die pronkstuk van die skepping, die hoogs moontlike ontwikkeling sal bereik. Hy stel ons voor die hoë doel wat Hy ons deur Sy genade vir ons wil bereik. Hy versoek ons om onsself aan Hom oor te gee sodat Hy Sy wil in ons kan volbring. Ons moet self besluit of ons van die sonde vrygestel wil wees om die heerlike vryheid van die seuns van God deelagtig te word.

In ons oorgawe aan God moet ons noodwendig alles prysgee wat ons van Hom kan skei. Daarom sê die Heiland: “So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, My dissipel wees nie.” Lukas 14:33. Alles wat ons toewyding aan God kan verhinder moet afgelê word. Mammon is die afgod van baie mense. Liefde vir geld, die hunkering na rykdom, is die goue ketting wat hulle aan Satan bind. Reputasie en wêreldse eer word weer deur ‘n ander klas aanbid. ‘n Lewe van selfsugtige gemak sonder verantwoordelikheid is die afgod van ander. Maar al hierdie slaafse bande moet verbreek word. Ons kan nie aan God en ook aan die wêreld behoort nie. As ons nie aan God behoort nie, is ons nie Sy kinders nie.

Daar is diegene wat voorgee om God te dien, terwyl hulle op hulle eie krag staatmaak om Sy wet te gehoorsaam, onselfsugtige karakters te vorm en die saligheid deelagtig te word. Hulle harte is nie verander deur die liefde van Christus nie, maar hulle probeer om die pligte van die Christelike lewe na te kom as iets wat God deur Sy genade van hulle verwag om die hemel te verdien. Sulke godsdiens beteken niks. As Christus in die hart woon sal die siel so vol van Sy liefde, en so vol van die vreugde van gemeenskap met Hom wees, dat hy aan Hom sal vaskleef. Deur Hom te aanskou, sal self vergeet word. Liefde vir Christus sal die dryfveer wees van alle dade. Diegene wat die dringende liefde van God ondervind, vra nie hoe min hulle moet gee om aan die eise van God te voldoen nie; hulle vra nie wat is die laagste peil nie, maar streef daarna om volkome volgens die wil van hulle Verlosser te lewe. Met die grootste bereidwilligheid gee hulle alles oor, en hulle belangstellling is volgens die waarde van die doel wat hulle

nastreef. ‘n Belydenis van Christus, sonder hierdie groot liefde, is sommer net woorde, nuttelose vormdiens en slawerny.

Voel u dat dit ‘n te groot opoffering is om alles aan Christus oor te gee? Stel uself die vraag: “Wat het Christus vir my gegee?” Die Seun van God het alles gegee; en Hy het gely, Sy lewe en liefde gegee, vir ons verlossing. En kan dit wees dat ons, onwaardige voorwerpe van so ‘n groot liefde, ons harte aan Hom sal weier? Elke oomblik van ons lewe deel ons in die seëninge van Sy genade; en dis juis om hierdie rede dat ons nie die dieptes van ons onkunde en ellende kan besef waarvan ons verlos is nie. Kan ons Hom aanskou wat as gevolg van ons sondes deurboor is, en nogtans Sy liefde en opoffering versmaai? As ons dink aan die groot vernedering wat die Here van die heerlikheid moes ondergaan, sal ons dan nog kla omdat ons die ewige lewe moet ingaan deur stryd en selfvernedering?

Menige trotse hart vra: “Waarom moet ek my verootmoedig en verneder voorrdat ek die versekering kan hê dat God my aangeneem het?” Ek wys u op Christus. Hy was sondeloos, en nog meer; Hy was die Vors van die hemel; maar nogtans het Hy die sonde van die mensdom op Hom geneem. “Hy was saam met die oortreders getel, terwyl Hy die sonde van baie gedra het en vir die oortreders gebid het.” Jesaja 53:12. Maar wat gee ons op as ons alles gee? Net ‘n sonde-besoedelde hart vir Jesus om deur Sy eie bloed te reinig en deur Sy grenslose liefde te red. En nogtans dink die mens dat dit swaar is om alles prys te gee! Ek skaam my om dit te hoor en ek is skaam om dit neer te skryf.

God verwag nie dat ons enigiets sal prysgee wat vir ons goed is nie. In al Sy handelinge dra Hy ons belange op die hart. Ek wens dat almal wat Christus nog nie aangeneem het nie, kon besef dat Hy iets oneindig beter het om te gee as wat hulle vir hulself soek. Wanneer die mens teenstrydig met die wil van God dink en optree, berokken hy homself onberekenbare skade. Geen vreugde kan gevind word op die weg wat verbied is deur die Een wat beter weet as ons en wat gedurig die beste vir Sy skepsels soek nie. Die weg van die oortreder is die weg van ellende en die dood.

Ons begaan ‘n fout as ons dink dat God daarin behae skep om Sy kinders te sien ly. Die ganse hemel stel belang in die geluk van die mens. Ons hemelse Vader versper nie die weg van vreugde vir Sy skepsels nie. God wil slegs hê dat ons die dinge sal vermy wat lyding en teleurstelling veroorsaak en wat die deur van geluk en die hemel vir ons sal sluit. Die Verlosser van die wêreld neem sondaars aan soos hulle is, met al hulle behoeftes, gebreke en swakhede; en Hy is nie slegs gewillig om van sonde te reinig en verlossing deur Sy bloed te skenk nie, maar Hy sal voldoen aan die begeerte van almal wat bereid is om in Sy juk te trek en Sy las te dra. Dit is Sy doel om rus en vrede te skenk aan almal wat na Hom kom vir die brood van die lewe. Hy verwag dat ons net daardie dinge sal doen wat ons groter geluk sal verseker – iets wat ongehoorsaamheid nooit aan ons sal kan gee nie. Die ware vreugde van die siel is om Christus gestalte te laat kry in die hart – Christus die hoop op die heerlikheid. Baie vra: “Hoe moet ek myself aan God oorgee?” U sal begeer om uself aan Hom oor te gee , maar u is swak, ‘n slaaf van onsekerheid, en sondige gewoontes wat die oorhand kry. U beloftes en voornemens is waardeloos. U kan u gedagtes en drifte nie beheers nie. Die gedagte aan u gebroke beloftes en geloftes wat u nie nagekom het nie, verswak u geloof in u eie opregtheid, en laat u voel dat God u nie sal aanneem nie, maar u hoef nie moedeloos te word nie.

Wat u nodig het, is om die ware krag van die wil te besef. Dit is die heersende krag in die hart van die mens; dit laat hom besluit en kies. Alles hang af van die regte gebruik van die

Page 5: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

5

oordenking

wil. God het aan alle mense die vermoë gegee om te kies; hulle moet daardie krag beoefen. U kan u hart nie verander nie; u kan God nie uit u eie liefhê nie; maar u kan kies om Hom te dien. U kan u wil aan Hom onderwerp; Hy sal dan in u werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae. Op hierdie manier sal u hele natuur onder die beheer van die Gees van Christus kom; u liefde sal in Hom die middelpunt vind en u gedagtes sal in ooreenstemming met Hom wees.

Om te verlang om goed en heilig te wees, is goed in ‘n sekere mate; maar as u daar ophou, sal dit niks baat nie. Baie wat maar net verlang en gehoop het om Christene te word, sal verlore gaan. Hulle het nooit by die plek gekom waar hulle hulself oorgee aan die wil van God nie. Hulle kies nie om Christene te wees nie.

Deur die regte beoefening van u wil kan u hele lewe verander word. Deur u wil aan Christus oor te gee, verbind u uself met ‘n mag wat sterker is as al die owerhede en magte. U sal krag van omhoog ontvang om u standvastig te maak, en dus al u, deur ‘n gedurige oorgawe aan God, in staat gestel word om die nuwe lewe te leef, ja die lewe van geloof.”

Uit: EG White; Skrede na Christus, ble. 41-47

TOEWYDING EN VERTROUE IN DIE HERE“Wanneer ons nedering en boetvaardig is, is ons op die plek waar God

Hom aan ons sal openbaar. Dit behaag Hom wanneer ons seëninge van die verlede aanvoer as rede waarom Hy ons nog groter seëninge moet skenk. Hy sal die verwagting van diegene wat ten volle op Hom vertrou, meer as vervul. Die Here Jesus weet presies wat Sy kinders nodig het, hoeveel Goddelike krag ons tot seën van die mensdom sal aanwend, en Hy gee aan ons alles wat ons sal gebruik om ander te seën en ons eie siele te veredel.

Ons moet minder vertroue hê in wat ons self kan doen en meer vertroue in wat die Here vir en deur ons kan doen. U doen nie u eie werk nie; u doen die werk van God. Gee u wil en u weg aan Hom oor. U moet geen enkele ding terughou en geen kompromis met die self aangaan nie. U moet weet wat dit beteken om in Christus heeltemal vry te wees.

Om bloot Sabbat na Sabbat preke aan te hoor, om die Bybel keer op keer deur te lees of om dit vers vir vers uit te lê, sal ons en ons hoorders niks baat tensy ons die waarhede van die Bybel self uitleef nie. Die verstand, die wil, die liefde moet oorgegee word om deur die Woord van God beheer te word. Dan sal die voorskrifte van die Woord deur die werk van die Heilige Gees beginsels van die lewe word. Wanneer u die Here vra om u te help, moet u u Heiland eer deur te glo dat u Sy seën ontvang. Alle krag, alle wysheid, is tot ons beskikking. Ons moet net vra.

Wandel gedurig in die lig van God. Bepeins Sy karakter dag en nag. Dan sal u Sy skoonheid sien en u in Sy goedheid verbly. U hart sal brand met die besef van Sy liefde. U sal verhef word asof u deur die ewige arms gedra word. Met die krag en die lig wat God gee, sal u meer verstaan en meer kan uitrig as wat u ooit alleen voorheen moontlik geag het.”

UIT: EG White, Die Helende Hand, ble. 499-500

Page 6: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

6

geestelike perspektief

‘n NUWE LEWE IN CHRISTUS ROMEINE 12

“En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely.

As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As on sander help, dan met blymoedigheid.

RIGLYNE VIR DIE CHRISTELIKE LEWEDie liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

Betoon hartlike liefde aan mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesddriftig, dien die Here.

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.

Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.

Moenie eiewys wees nie.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.

As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is My reg om te straf; Ek sal vergeld,” sê die Here.

As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.”Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

UIT: DIE BYBEL IN PRAKTYK: 1993; Christelike Uitgewersmaatskappy

Page 7: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

7

SAU BERADINGSOPLEIDING AAN LERAARS EMOSIONELE WELSYN EN GEESTESGESONDHEID

sau nuusbrokkies en beskouings

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie gaan sielkundige en emosionele probleme teen 2020 die tweede grootste siekte in die wêreld wees. Dit laat ’n mens wonder: Gaan die kerk dit kan vryspring? Is ons gereed vir die vloedgolf depressie as dit ons kant toe kom? In ’n poging om dié uitdaging die hoof te bied, het twee van die Suider-Afrika Uniekonferensie se afdelings, die Ministeriële (onder leiding van dr. Gerald du Preez) en die Gesondheidsbedieninge-departemente koppe bymekaar gesit om ’n spesiale opleidingseminaar vir leraars aan te bied.

Meer as 100 predikante het van 3 tot 6 September 2014 by die SAU se hoofkantoor byeengekom vir die tweede kursus in Beradingsopleiding oor Geestesgesondheid en Emosionele Welstand. Drie dae lank het afgevaardigdes met groot belangstelling gesit en luister na aanbiedings deur professor Julian Melgosa van Walla-Walla Universiteit (in die VSA), dr. Colin Funicane van die Vista Kliniek in Pretoria, en dr. Mabel Rapitsi van die Trans-Oranje Konferensie.

Dr Rapitsi het die spyker behoorlik op die kop geslaan met haar lesing oor depressie onder predikantsvroue. Leraars is altyd besig om ander te help, ten koste van hul vroue se emosionele welstand. In haar hoedanigheid as predikantsvrou het sy klem gelê op die feit dat sulke vroue dikwels vreeslik buierig is wanneer hul mans tuis kom, en dat predikante dan nie besef dat hul vroue inderwaarheid op die rantjie van ’n ernstige depressie is nie. Leraars is geneig om dit verkeerdelik aan ’n gebrekkige geestelikheid toe te skryf. Hulle kan nie verstaan hoekom hul vroue stoei met slapeloosheid, te veel of te min eet, of te futloos vir die bediening is nie. Die predikantsvrou ly dikwels in stilte omdat sy smag na die begrip van haar man. Haar stille noodkreet is: “Ek weet dat jy die Here en sy werk liefhet. Al wat ek vra is: Moet my nie afskeep nie!”

Vir die hantering van emosionele pyn het dr. Funicane kursusgangers gewys op sy moeilike kinderjare en die uitdagings waarmee hy in daardie tyd te kampe gehad het. “Skoolgaan was suiwer hel,” het hy gesê. Sy getuienis, van hoe hy daardie emosionele swaarkry oorkom het, was hartroerend.

As ’n ervare pastorale berader by die Vista Kliniek, het hy al die predikante teenwoordig touwys gemaak oor die verskillende beradingsmodelle wat gevolg kan word om depressiewe gemeentelede te help. Dr. Funicane het die onderskeie benaderings tot gelowiges met emosionele probleme – benaderings wat Bybels is én ’n daadwerklike verskil kan maak – stapsgewys behandel. Hy volg ’n leraar-vriendelike benadering tot berading, een waar die berader hom of haar deur die Gees laat lei – en soos hy dit stel – “met hope gebed, wat onontbeerlik in berading is.” Hy het ook die etiese kwessies behandel waarmee leraars soms te doen het wanneer hulle berading moet gee. Dr. Funicane het die leraars ook gewaarsku teen die gebruik van onvanpaste en onsensitiewe woorde en uitdrukkings tydens die beradingsproses. Boonop het hy kursusgangers daarop gewys dat selfs lyftaal ’n impak op depressiewe persone het.

Die teenwoordigheid van professor Julian Melgosa het veral stukrag aan die beradingskomponent van die kursus verleen. Prof. Melgosa is tans ’n hoogleraar aan die Sielkundedepartement van Walla-Walla Universiteit. Die feit dat hy voorheen ’n sendeling en ook ’n voormalige rektor van die AIIAS (die Adventiste Internasionale Instituut vir Gevorderde Studies) in die Filippyne was, het hom ’n voorsprong in die verdere opleiding van leraars gegee. As die skrywer van etlike boeke oor Christelike sielkunde spreek hy tot die wêreld van die predikant, met die gevolg dat kursusgangers

die omvattende visie in al sy lesings kon raaksien. Sy voorbeelde uit die alledaagse lewe het keer op keer sy boodskap tuisgebring. Sy video-insetsels was prakties en gebruikersvriendelik sodat leraars dit maklik in gebruik kan neem en hul depressiewe gemeentelede kan bedien. Dr Melgosa beywer hom vir ’n Christelike benadering tot meditasie, as ’n ontspanningstegniek, en speel hoorbare opnames uit Die Koning van die Eeue in die agtergrond.

Nadat bywonende leraars die basiese vaardighede vir die berading van lidmate met sielkundige en emosionele probleme ontvang het, is die verrigtinge afgesluit met ’n spesiale plegtigheid waartydens sertifikate aan kursusgangers toegeken is.

Dr. Jun Negre SAU Direkteur: SAU Gesondheids- en Gesinsbedieninge

Page 8: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

8

PASTORALE ORDENINGSPLEGTIGHEIDKAAP KONFERENSIE EN NAMIBIË KONFERENSIE

sau nuusbrokkies en beskouings

ERKENNING DEUR DIE SDA KERK van jou roeping tot voltydse evangelie-bediening

Wanneer jy jou foon hoor lui, sal ‘n logiese reaksie wees dat jy dit sal wil antwoord. Jy is nuuskierig om te weet wie skakel. Dit moet sekerlik belangrik wees as ‘n ander persoon JOU skakel, nie waar nie?

ANTWOORD wanneer die Here jou roep. Dit is een oproep wat jy nie kan, en nie behoort te vermy nie. Ordening is van die Heilige Gees, nie die mens nie.

Gedurende 2015 sal DV 40 kandidate uit ses konferensies georden word. In Januarie was leraars van die Namibië Konferensie en die Kaap Konferensie (Oostelike en Westelike Streke) georden. Gedurende die res van die jaar sal leraars van die KwaZulu-Natal-Vrystaat Konferensie, Lesotho Konferensie, Trans-Oranje Konferensie, Noordelike Konferensie (SA) ook georden word.

Mag elke bedienaar se hart verheug wees met die woorde van die ou lied:

“Here, wil U self ons seën; Voordat ons U huis verlaat; Stort U liefde, soos ‘n reën, Mildelik in elke hart. O verkwik ons, o verkwik ons, Op ons dorre pelgrimsreis.Ons is dankbaar, liewe Here, Vir die evangeliewoord. Skenk ons vrugte U ter ere - lofsang wat U toebehoort. Gee ons ywer, gee ons ywer In verspreiding van u Woord.”

‘MAG GODS SEËN OP U DAAL – SY GUNS UIT SION U BESTRAAL; DIE GANSE SKEPPING MOET HOM EER; LOOF, LOOF HOM KONING, GOD EN HEER!’

Dit is my gebed vir elke leraar dat ons Sy bediening en sending sal voortsit onder die leiding van die Heilige Gees,

DR GT DU PREEZ

SAU Direkteur: Ministerieel / [PAKIA] / Predikantsvrou-Leidsters

Ordeningsdiens - Kaap Konferensie (Oostelike Streek).

Handopleggingseremonie - Kaap Konferensie (Oostelike Streek).

Handopleggingseremonie - Kaap Konferensie (Westelike Streek).

SAU- en Konferensie Ampsdraerhoofde saam sommige leraars en hulle eggenote - Kaap Konferensie (Westelike Streek).

Geordende leraars en hulle eggenotes - Namibie Konferensie.

SAU- en Konferensie Ampsdraerhoofde saam sommige leraars en hul eggenotes - Kaap Konferensie (Oostelike Streek).

Page 9: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

9

Page 10: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

10

Vista Kliniek het in samewerking met ’n liefdadigheids-organisasie van Parys, ’n pretrit vir die insameling van speelgoed gehou. Die speelgoed is op Sondag, 7 Desember 2014, deur meer as 50 motorfi etsryers by die SDA-gemeente van Parys, afgelewer. Mev. Annetjie Raubenheimer het ’n kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders gereël, vir wie die speelgoed geskenk is.

Kandus Thorp, die hoof-uitvoerende beampte van die internasionale TV-kanaal Hope Channel, het by die Vista-motorfi etsryers aangesluit vir ’n kort fotosessie. Die ryers het vroeg daardie Sondagoggend vanaf die Vista Kliniek vertrek om die speelgoed te gaan afl ewer.

Ukweza (die kliniek se voedselverskaffer) het worsrolletjies vir 250 kinders geskenk. Vista se personeel, geneeskundiges en verskaffers het speelgoed bygedra en kontantskenkings gemaak. Besigtig gerus die foto’s op Vista Kliniek se Facebook-blad, by:https://www.facebook.com/media/set/?set=a.604621942999463.1073741922.206707516124243&type=1.

Ai, wat ’n aanskoulike toneel – die kinders, geskenk in die hand, en stralend van vreugde! Om ander te help is deel van Vista se Happiness HELPS-veldtog.

Verdere inligting oor Happiness HELPS is beskikbaar by die volgende aanlynskakel: http://www.vistaclinic.co.za/index.php/links/happiness-helps.

NICOLENE CRONJÉBemarkingsbeampte: VISTA KLINIEK

VISTA KLINIEK SE PRETRIT VIR SPEELGOEDKERSFEES VIR DIE KINDERS VAN PARYS

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 11: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

11

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 12: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

12

SAU RENTMEESTERSKAPBEDIENING EN TRUSTDIENSTE ADVIESRAAD

sau nuusbrokkies en beskouings

Page 13: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

13

sau news and viewsrevived by his word

the teachings of

jesus

the book of

james

ADULT

SABBATH SCHOOL

BIBLE STUDY GUIDE

Bible Study Guide Bible Study Guide

ww

God’s Grace Builds Community

BIB

LE STUDY GUIDE FOR JUNIORS & EARLITEENS

The official children’s Sabbath School curriculum of the

QTR

3

QU

AR

TER 3

YEA

R C

YEARC

ness, so that they may rule

livestock and all the wild animals,

ound.’ So God created mankind in his

d them; male and female he created them”

had finished the work he had been doing; so on the seventh day

k Then God blessed the seventh day and made it holy, because

work of creating that he had done” (Genesis 2:2, 3).

od, and renew a steadfast spirit within me” (Psalm 51:10).

be accepted? But if you do not do what is right, sin is

have you, but you must rule over it” (Genesis 4:7).

the family of believers, fear God, honor the em-

witness tells lies” (Proverbs 12:17).

s: “Hear, O Israel: The Lord our God, the

heart and with all your soul and with all

is this: “Love your neighbor as yourself.”

k 12:29-31).e of adversity” (Proverbs 17:17).

other, just as in Christ God called you. I said, ‘You are

41:9).

o loved us” (Romans st”

you go I will my God ’ ”

power poınts ®

power points

®

BYBELLES-STUDIEGIDSE vir Sabbatskool – Bestellings

Vanaf 2015 sal

Bybelles-Studiegidse

bestel kan word vir

‘n hele jaar.

Amptelike Bybelles-Studiegidse

is beskikbaar vanaf die SAU Konferensie te

[email protected]

U bestellings kan geplaas word by u gemeente se “bestelklerk”

Page 14: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

14

2015 BYBELLEESPLAN

Januarie ‘15

1 - Lukas 16

2 - Lukas 17

3 - Lukas 18

4 - Lukas 19

5 - Lukas 20

6 - Lukas 21

7 - Lukas 22

8 - Lukas 23

9 - Lukas. 24

10 - Joh. 1

11 - Joh. 2

12 - Joh. 3

13 - Joh. 4

14 - Joh. 5

15 - Joh, 6

16 - Joh. 7

17 - Joh. 8

18 - Joh. 9

19 - Joh. 10

20 - Joh. 11

21 - Joh. 12

22 - Joh. 13

23 - Joh. 14

24 - Joh. 15

25- Joh. 16

26 - Joh. 17

27 - Joh. 18

28 - Joh. 19

29 - .Joh. 20

30 - Joh. 21

31 - Hand. 1

Februarie ‘15

1 - Hand. 2

2 - Hand. 3

3 - Hand. 4

4 - Hand. 5

5 - Hand. 6

6 - Hand. 7

7 - Hand. 8

8 - Hand. 9

9 - Hand. 10

10 - Hand. 11

11 - Hand. 12

12 - Hand. 13

13 - Hand. 14

14 - Hand. 15

15 - Hand. 16

16 - Hand. 17

17 - Hand. 18

18 - Hand. 19

19 - Hand. 20

20 - Hand. 21

21 - Hand. 22

22 - Hand. 23

23 - Hand. 24

24 - Hand. 25

25 - Hand. 26

26 - Hand. 27

27 - Hand. 28

28 - Rom. 1

April ‘15

1 - 2 Kor. 1

2 - 2 Kor. 2

3 - 2 Kor. 3

4 - 2 Kor. 4

5 - 2 Kor. 5

6 - 2 Kor. 6

7 - 2 Kor. 7

8 - 2 Kor. 8

9 - 2 Kor. 9

10 - 2 Kor. 10

11 - 2 Kor. 11

12 - 2 kor. 12

13 - 2 Kor. 13

14 - Gal. 1

15 - Gal. 2

16 - Gal. 3

17 - Gal. 4

18 - Gal. 5

19 - Gal. 6

20 - Efes. 1

21 - Efes. 2

22 - Efes. 3

23 - Efes. 4

24 - Efes. 5

25 - Efes. 6

26 - Fil. 1

27 - Fil. 2

28 - Fil. 3

29 - Fil. 4

30 - Kol. 1

Maart ‘15

1 - Rom. 2

2 - Rom. 3

3 - Rom. 4

4 - Rom. 5

5 - Rom. 6

6 - Rom. 7

7 - Rom. 8

8 - Rom. 9

9 - Rom. 10

10 - Rom.11

11 - Rom.12

12 - Rom.13

13 - Rom.14

14 - Rom.15

15 - Rom.16

16 - 1 Kor. 1

17 - 1 Kor. 2

18 - 1 Kor. 3

19 - 1 Kor. 4

20 - 1 Kor. 5

21 - 1 Kor. 6

22 - 1 Kor. 7

23 - 1 Kor. 8

24 - 1 Kor. 9

25 - 1 Kor. 10

26 - 1 Kor. 11

27 - 1 Kor. 12

28 - 1 Kor. 13

29 - 1 Kor. 14

30 - 1 Kor. 15

31 - 1 Kor. 16

Mei ‘15

1 - Kol. 1

2 - Kol. 2

3 - Kol. 3

4 - Kol. 4

5 - 1 Tess. 1

6 - 1 Tess. 2

7 - 1 Tess. 3

8 - 1 Tess. 4

9 - 1 Tess. 5

10 - 2 Tess. 1

11 - 2 Tess. 2

12 - 2 Tess. 3

13 - 1 Tim. 1

14 - 1 Tim. 2

15 - 1 Tim. 3

16 - 2 Tim. 1

17 - 2 Tim. 2

18 - 2 Tim. 3

19 - 2 Tim. 4

20 - Filemon 1

21 - Filemon 2

22 - Heb. 1

23 - Heb. 2

24 - Heb. 3

25 - Heb. 4

26 - Heb. 5

27 - Heb. 6

28 - Heb. 7

29 - Heb. 8

30 - Heb. 9

31 - Heb. 10

Junie ‘15

1 - Heb. 11

2 - Heb. 12

3 - Heb. 13

4 - Jak. 1

5 - Jak. 2

6 - Jak. 3

7 - Jak. 4

8 - Jak. 5

9 - 1 Pet. 1

11- 1 Pet. 2

12 - 1 Pet. 3

13 - 1 Pet. 4

14 - 1 Pet. 5

15 - 2 Pet. 1

16 - 2 Pet. 2

17 - 2 Pet. 3

18 - 1 Joh. 1

19 - 1 Joh 2

20 - 1 Joh 3

21 - 1 Joh 4

22 - 1 Joh 5

23 - 2 Jon 1

24 - 3 Jon 1

25 - Judas 1

26 - Op. 1

27 - Op. 2

28 - Op. 3

29 - Op. 4

30 - Op. 5

Julie ‘15

1 - Op. 6

2 - Op. 7

3 - Op. 8

4 - Op. 9

5 - Op. 10

6 - Op. 11

7 - Op. 12

8 - Op. 13

9 - Op. 14

10 - Op. 15

11 - Op. 16

12 - Op. 17

13 - Op. 18

14 - Op. 19

15 - Op. 20

16 - Op. 21

17 - Op. 22

18 - Gen. 1

19 - Gen. 2

20 - Gen. 3

21 - Gen. 4

22 - Gen. 5

23 - Gen. 6

24 - Gen. 7

25 - Gen. 8

26 - Gen. 9

27 - Gen. 10

28 - Gen. 11

29 - Gen. 12

30 - Gen. 13

herleef deur sy woord

Page 15: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

15

kinderhoekie

MET LIEFDE LEER ONS DIE BYBEL KEN

SIMSON EN DELILARIGTERS 16:4-21

“Daarna het hy ‘n vrou in die dal van Sorek liefgekry, wie se naam Delila was.”

RIGTERS 16:4

Page 16: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

16

Die lesse is spesifi ek ontwerp vir diegene wat saam met Adventiste-vriende studeer of wat onlangs lidmate van die Sewendedag-Adventiste Kerk geword het en die kerk hulle wil versorg en vestig. Die lesse sal ook van nut wees vir ‘terugkerende’ lidmate, diegene wat vir ‘n ruk weg was uit die kerk, of lidmate wat graag ‘n dieper verhouding met Jesus wil hê. ‘n Aparte Dissipelskap Klas kan gereël word waar mense hierdie lesse bespreek tydens die tyd wat ander klasse die gewone les studier.

Soos ons die reis saam met Jesus begin, is ons op die pad om meer en meer soos Hy te word. Op hierdie pad kom jy die ware betekenis van die lewe teë: vreugde, herstel, groei. Ons sal ook uitgedaag word deur moeilikhede soos versoeking, hartseer, gebroke verhoudings en opoffering, omdat ons die Een volg wat beskryf word as “’n Man van smarte en bekend met ons krankheid” (Jesaja 53:3 OAB). Sy kruisdood was die uiterste opoffering. Ons kan ook, as Sy dissipels, ‘n bitter-soet reis verwag. Hierdie Bybelstudiegids vir Nuwe Lidmate sal dien as ‘n rigtingwyser op die pad. Hierdie splinternuwe reeks Bybelstudiegidse is ontwerp om oor vier kwartale van ‘n jaar te dien (wat geen datum bevat nie) dus kry ‘n gemeente die volgende wanneer hulle dit bestel:

Teacher’s Guid

Gary B. Swanson, E

ditor

326105

cher

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edito

Splinternuwe en Kragtige Bybelstudiegidse vir Nuwe LidmateRegdeur die jaar word toergidse in

Israel, Jordanië en Sirië besig gehou

deur Christene vanoor die hele wêreld,

wat in Jesus se voetspore wil wandel.

Hierdie Christene kom om plekke te

sien waar Hy mense gesond gemaak

en hulle geleer het, en om hulself

voor te stel hoe dit sou wees om in

die teenwoordigheid van die Seun

van God te wees. Maar soos die lied

“I Walked Today Where Jesus Walked,”

lui, kan ons in Jesus se voetspore volg

deur te leef soos wat Hy geleef het.

Die brandpunt van hierdie kwartaal

se lesse is hoe om hierdie lewensreis

te begin.

NUUT!

Page 17: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

17

Teacher’

Gary B. S

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, E

ditor

29

ide

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edit

Guide1. Vier enkel Bybelstudiegidse

– een per kwartaal

2. Vier enkel Onderwysersgidse

– een per kwartaal

EN…Die eerste kwartaal se boeke is reeds beskikbaar in die volgende

tale (die ander kwartale se uitgawes sal binnekort beskikbaar wees):

1. Afrikaans

2. Engels

3. IsiZulu

4. IsiXhosa

5. SeSotho

6. SiSwati

Behalwe die basiese vraag-en-antwoordformaat van die Bybelstudie, het elke les bykomstige kenmerke:

Wandel met Jesus in die Werklike Lewe: ‘n Persoonlike verhaal, sal in Sondag se les gevind word. Alhoewel skuilname gebruik word, kom die gebeurtenisse almal uit ware ondervindings. Elke verhaal hou, sover moontlik, verband met die titel van die les.

Kyk Nader is ‘n kort stukkie wat op ‘n Bybelse item sal fokus wat bykomstige inligting of kommentaar kan gebruik. Die fokus sal kort wees omdat spasie beperk is.

Adventisme (“Adventese”) is ‘n kort onderafdeling om nuwe lidmate die Adventistekultuur te laat verstaan. Dit sal woorde defi nieer wat spesiale betekenis vir Adventiste het. Dit sal somtyds kort geskiedkundige verslae van die Adventiste Kerk gee en aktuele inligting meedeel wat tans van spesiale belang is.

Kontrole en Delf Dieper kom voor onder die afdeling van Vrydae, na ‘n week se studie van ‘n sekere onderwerp. Hierdie bladsy gaan voort met die studie in die vorm van ‘n vasvrae, ’n vraag, of ‘n aktiwiteit wat verband hou met die student se persoonlike ondervinding, en ‘n aktiwiteit om kennis uit te brei.

Dink Hieroor Na is ‘n volbladrubriek wat deel is van Vrydag se les. Gewoonlik sal elke week se “Dink Hieroor Na” nie-bybelse inligting weergee wat verband hou met die week se onderwerp. Dit behels bykomende inligting uit sosiale wetenskappe, geskiedenis, ens.

Hierdie reeks sal op die kwartaallikse Bybelstudiegids Bestelvorm bestel kan word, maar indien u die eerste boek en Onderwysersgids wil bestel voordat u u volgende gereelde Bybelstudiegidse bestel, kan u dit by [email protected] doen.

Ons gebed is dat hierdie gereedskapstuk ‘n kragtige een in u hande sal wees om mense so naby aan Jesus te trek dat daar geen plek vir die duiwel tussen hulle en Jesus sal wees nie!

‘n Spesiale woord van waardering aan die Sabbatskooldepartement van die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste, wat hierdie reeks ontwerp en tot stand gebring het.

Lr. Gideon Reyneke

SAU Direkteur: Sabbatskool / Persoonlike Bedieninge / Evangelisasie

Page 18: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

18

kinderhoekie

GEHEUETEKSVERS:“Daar het nooit ‘n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is ‘n nasireër van God van my moeder

se skoot af.” RIGTERS 16:17

VUL DIE REGTE WOORDE IN:1. Simson “het ‘n vrou in die dal van Sorek liefgekry, wie se naam ________________ was.”

RIGTERS 16:4

WAAR OF VALS:2. Toe kom die vorste van die Fillistyne na haar op en sê vir haar: “Haal hom oor en vind uit

waardeur sy krag so groot is, en waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te

bedwing.” RIGTERS 16:5

WAAR OF VALS3. Hulle het vir haar gesê: “Ons sal jou elkeen elfhonderd sikkels silwer gee.” RIGTERS 16:5

WAAR OF VALS4. Maar Delila het hulle geantwoord: “Ek sal dit nie vir julle doen nie.” RIGTERS 16:6

WAAR OF VALS

OMKRING DIE REGTE WOORDE:5. “En Simson sê vir haar: “As hulle my bind met sewe vars (KLAVIERSNARE, BOOGSNARE) wat

nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos ‘n ander mens.’ “ RIGTERS 16:7

6. “Toe verbreek hy die (KLAVIERSNARE, BOOGSNARE) soos ‘n vlasdraad breek as dit vuur ruik’

maar sy krag het nie bekend geword nie.” RIGTERS 16:9

7. En hy antwoord haar: “As hulle my stewig vasbind met (KLIPPE, TOUE) waarmee geen werk

gedoen is nie, dan sal ek swak word en wees soos ‘n ander mens.” RIGTERS 16:11

8. Maar Simson het dit soos ‘n (DRAAD, HEMP) van sy arms af verbreek.” RIGTERS 16:12

9. Toe antwoord Simson haar: “As jy die sewe haarvlegsels van my (HOOF, BAARD) met die weefsel

saam invleg.” Sy druk toe die vas met die pen en sê vir hom: “Die Filistyne is op jou, Simson!” En

hy het wakker geword uit sy slaap en die weefpen met die weefsel uitgeruk.” RIGTERS 16:13-14

10. En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak en aan haar gesê: “Daar het nooit ‘n (HOED, SKEERMES) oor my hoof gekom nie,want ek is ‘n nasireër van God van my moeder se skoot af:

as ek geskeer sou word, sou my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die mense.”

RIGTERS 16:17

WAAR OF VALS:13. Toe het die Filistyne Simson laat gaan en groot belonings aan hom gegee. RIGTERS 16:21

WAAR OF VALS

Page 19: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

19

Ek wil graag inskryf (of my inskrywing hernu) vir die TEKENS VAN DIE TYE1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, in Suid Afrika. Landposversending ingesluit = Totaal R84

1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, plus land- of seeposversending buite Suid Afrika = Totaal R190

1 jaar subskripsie vir ses uitgawes, plus lugposversending buite Suid Afrika = Totaal R262

Pos die tydskrif aan:

Naam:

Adres:

Poskode:

Aangevra deur:

Naam:

Adres:

Poskode:

Elektroniese Fondsoorplasings:ABSA Bank – Tjekrekening

Rekeninghouer – Signs of the Times/Tekens van die Tye SAUCRekeningnommer – 4081078802

Takkode – 632005Faks bewys van betaling asook inligting oor bestelling na:

+27 (0) 51 403 6919 (Vir aandag: Anthea)

Maak tjeks uit aan: Tekens van die Tye, Posbus 468, Bloemfontein, 9300. Kontak die redakteur vir enige navrae oor grootmaatbestellings.

Page 20: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

20

DIE SIERADE VAN WYNBERG-GEMEENTEDie Wynberg-gemeente het ’n lang geskiedenis en is die geestelike geboorteplek vir bekende Adventiste-gesinne en families, waarvan party selfs roem en rykdom oorsee gevind het. Ander het verkies om “tuis” te bly. Die oorspronklike kerkgebou was in Carr Hill-weg en die gemeente is gestig ná ’n poging deur die evangeliste, Moffet en Clifford, in 1924. In 1944 (sowat twee dekades later) het die eertydse predikant, leraar Kohen, ’n uiters suksesvolle reeks lesings in die Vrymesselaars-saal in Piers-weg aangebied. Dit het tot die toevoeging van ’n aantal nuwe lidmate in die kerkie te Carl Hill gelei – mense wat die gemeente jare lank getrou gedien het.

Tydens leraar Kohen se poging het ’n mnr. Sedgewick een aand uit nuuskierigheid gaan sit en luister na ’n lesing. Sonder sy gesin se medewete het hy dit aanvanklik alleen begin bywoon, maar later het sy vrou en kinders ook by hom aangesluit. Die Sedgewick-paartjie en hul kinders het dieselfde jaar nog gedoopte lede van die gemeente in Carr Hill-weg geword.

Hul een dogter, Patricia (oftewel Patsy) was 14 jaar oud toe sy in 1944 deur leraar A.C. Le Butt (wat toe nog ’n ouderling was), in die Soutrivier-gemeente gedoop is. Lr. Le Butt het later die president van die destydse Kaapse Veld geword. Patsy was jare lank betrokke by die Adventistekerk se onderwysstelsel, by veelvoudige-klaskamer-skole (laerskole wat Sub A tot Standerd 4 aanbied). Lr. Le Butt het ook vir haar en Isaac Japtha (’n man van Uitenhage) getrou. Die bruilof was op 29 Junie 1952 – 62 jaar gelede. Patsy en Isaac was aktiewe lede totdat Isaac begin agteruitgaan het, hoewel hulle steeds gereeld kerk toe gaan. Op 86 het Patsy vier kandidate voorberei wat op Sabbat 25 Oktober 2014 in Wynberg-gemeente gedoop is. Isaac het op 7 November 2014 sy 90ste verjaardag gevier. Hulle het vier kinders, wat elkeen ’n professionele beroep het, asook ses kleinkinders en een agterkleinkind.

’n Ander jong paartjie, Andrew en Sheila Siljeur, het ook leraar Kohen se lesings in die Vrymesselaars-saal bygewoon en het ook gedoopte lede van die gemeente in Carr Hill geword. Die Siljeurs is twee jaar tevore in die NG Kerk getrou, op 11 April 1942 – 72 jaar gelede. Br. Siljeur is op 19 Junie 2014 oorlede, ná ’n lang siekbed. Hy was 92 jaar oud. Die 93-jarige suster Siljeur gaan steeds kerk toe saam met haar dogter Rina, haar kleinkind Noel, en dié se gesin.

Gladys Misrole is gebore in ’n Adventistehuis. Sy het by Riverside skool gegaan en het daar in die koshuis gebly toe dit nog ’n hout-en-yster-geboutjie was. Gladys het op 21 Mei 1954 met Cecil Misrole in die huwelik getree. Dit was 60 jaar gelede. Sy het die Wynberg-gemeente getrou gedien tot haar onlangse agteruitgang. Gladys het haar 84ste verjaardag in September 2014 gevier, en Cecil sy 86ste in Maart verlede jaar. Hulle het vier kinders: Lynne, wat SID se Vrouebedieninge-koördineerder is en met leraar Howard Rossouw getroud is; Gloria wat skoolgee by Hillcrest; en Cecily en Wensley, wat albei suksesvolle loopbane het.

Marie Samson, Kommunikasie-sekretaresse

WYNBERG-GEMEENTE

kaleidoskoop van herlewing in die konferensies

Goedgekeur as advertensie deur die Redaksionele Raad.

Page 21: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

21

TYGERBERG DIENSSENTRUM EN MOBIELE ETES – VIERING VAN 45 JAAR SE DIENS

UITREIKPROJEKTE TOT SY EERLANGKLOOF-DISTRIK

Vanjaar se kerspartytjie vir die bejaardes was baie spesiaal omdat dit die 45ste bestaansjaar van die Tygerberg Dienssentrum is – ’n ware mylpaal vir enige nie-winsgewende organisasie! Spesiale gaste het daardie dag die feestelike verrigtinge bygewoon. ’n Aantal hoogwaardigheidsbekleërs was daar en sluit onder andere plaaslike raadslede, amptenare van die Departement van Maatskaplike Dienste, direksielede, vrywilligers, amptenare van MOWCS Wes-Kaap, skenkers en ook personeellede in. Almal tesame het dit ’n onvergeetlike dag gemaak!

Mev. Linda Louw is die dienssentrum se bestuurder. Sy het onlangs by MOWCS Suid-Afrika erkenning vir haar 25 jaar van getroue diens ontvang. VIRINIA OOSTHUIZEN

Kommunikasiebeampte:

TYGERBERG DIENSSENTRUM

“WANT U IS ‘N TOEVLUG VIR DIE ARMES, ‘N TOEVLUG VIR DIE BEHOEFTIGES IN HULLE NOOD, ‘N SKUILPLEK TEEN DIE STORTBUIE, ‘N SKADUWEE TEEN DIE HITTE.” Jesaja 25:4, NAV

WillowmoreDaar is ‘n dringende behoefte ten opsigte van behuising vir een van ons gemeentelede in Willowmore. ‘n Bedrag van R20 000.00 word onmiddellik benodig.

SteytlervilleU is moontlik al bewus daarvan dat ons tans besig is om ‘n sopkombuis, ‘n kleuterskool en ‘n huis vir ‘n bybelwerker in Steytlerville te bou. Die sopkombuis se geboude mure is al dakhoogte. Ons benodig nog bykans R80 000.00 om hierdie projek te voltooi.

JansenvilleOns het pas begin om ons voete te vind in Jansenville, en die beplanning is om hier ook ‘n kleuterskool en ‘n sopkombuis op te rig. Ons het reeds ‘n Bybelwerker opgelei vir JansenvilleIn Jansenville het ons nou begin werk, en die beplanning is ook om daar ‘n kleuterskool en ‘n sop kombuis op te sit.

kaleidoskoop van herlewing in die konferensies

Page 22: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

22

kaleidoskoop van herlewing in die konferensies

Ons het reeds ‘n bybelwerker opleiding laat deurloop om tuisverpleging en –versorging te bied aan bejaardes wat verswak is.

AberdeenAberdeen se behoefte setel ook daarin dat ‘n kleuterskool en ‘n sopkombuis benodig word. Daar word beplan om soveel kinders moontlik te bereik in 2015. Die jeug word genooi om ons by te staan met bouwerk en uitreikveldtogte – ‘n sendingprojek wat alle vrywilligers verwelkom hier in die pragtige Kaap! Ons leef in ‘n tyd waar die goeie nuus-boodskap uitgeleef en uitgedra moet word aan die hele wêreld. Indien enige van die lesers se harte aangeraak voel om moontlik te ondersteun op welke wyse, of om hierdie spesiale laste te verlig op enige manier, kan u gerus navrae rig per e-pos te: [email protected] of telefonies in verbinding tree: 082 856 6845.

Ons bankbesonderhede is soos volg:

Naam van bank: NedbankNaam van Rekening: PLC Rekeningnommer: 1063785618Takkode: 10911400

Laat ons uitreik na ‘n verloregaande planeet; Jesus kom binnekort!

LERAAR SERVAAS VILJOEN

LANGKLOOF-DSTRIK

TOT BEDIENING VAN DIE SDA-SKOLE IN DIE WES-KAAP

Soos die nuwe jaar ontluik, word ons aandag noodwendig gevestig op die plakkate wat bevestig dat dit tyd geword het vir “Terug skool toe”. Maar wat beteken dit vir kinders wat ons kerkskole bywoon? As ‘n nuut-aangestelde kapelaan vir ons ses skole in die Wes-Kaap, is dit die vraag waarmee ek geworstel het soos ek nagedink het oor die jaar vorentoe. As ‘n nuwe leraar in ‘n nuwe pos, moes ek my weg letterlik deur ongevaarde waters vind – en ‘n weg vind wat die behoeftes van my “gemeentes” aanspreek – die personeel en leerders van elke skool of opvoedkundige sentrum. My prioriteit was om die skole toe te laat om my aan te wys hoe ek my taak, wat aan my opgedra was, moes hanteer, maar dat die Here sou vooruitgaan op die weg wat ek moes inslaan..

Oral waar ek aangedoen het by die skole, was die opvoeders en leerders nie slegs gewillig nie, maar ook ywerig om die geestelike aspekte van ons bediening aan te durf. By Helderbergse Primêre Skool moes ek die skoolopening waarneem. Dit was ‘n opheffende ervaring vir my en die skool. Die entoesiasme en ontvanklikheid van die kinders by Helderberg Priêre Skool was baie positief en bemoedigend.

Dit was ook my voorreg om te kon deelneem aan die skoolbyeenkoms te Good Hope Hoërskool. Ek en my eggenoot was bevoorreg om betrokke te wees en deel te neem aan ‘n goed-georganiseerde matriekkamp in die Sederberge-omgewing. Die doel van my aanbieding hier was om die Graad 12-leerders aan te spoor en te help ontdek wat hulle geestelike gawes was, en hoe om dit te benut. Riverside Primêre Skoolary het my

‘n geleentheid gegun om met hulle leerders by hulle skoolbyeenkoms te gesels; ook om die leerders opnuut toe te wy aan die Here vir die nuwe jaar. Ons het ook die tema van die jaar aan hulle bekend gemaak: “Die Vrug van die Gees.”

Aangekom te Hillcrest, het ek die voorreg gehad om na elke klas te gaan en myself aan die leerders voor te stel asook die doel waarom ek een keer per week sou aandoen by die skool. Daar het ek ook leiding geneem met die aanbidding tydens oggendgodsdiens by die Graad 6-klasse en het hulle aangemoedig om hulle beste te lewer. Gedurende die byeenkoms van Helderberg Hoërskool, is die Graad 8-leerders verwelkom deur die prefekte en die personeel. En ek het saam met hulle sommer tuis gevoel en deel geword van die Helderberg-gesin. Ek sien uit daarna om saam met hulle te werk terwyl ons op die geestelike brandpunte fokus van die skool.

Gedurende my besoek aan Good Hope Primêre Skool, het ek ‘n tydjie afgstaan aan die skoolhoof; sy lewenslange gade was pas begrawe gedurende Desembermaand. Dit is deel van my voorregtelike take om ook om te sien na die opvoeders en onderwysers, aangesien hulle ook bemoediging en opheffing nodig het. Dit is met afwagting en goeie vooruitsigte dat ek uitsien na die jaar se geestelike verryking en vervulling – ja, om met sulke kosbare siele om te gaan, wat aan my toevertrou is om hulle te versorg en te bedien as ouers en opvoeders. En ek is net so opgewonde oor die vooruitsigte van interaksie met die ouers op ‘n betekenisvolle wyse. Ons versoek die ernstige bede van almal wat ‘n

Page 23: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

23

kaleidoskoop van herlewing in die konferensies

Ler. Liebrandt (Kapelaan) verwelkom die Gr. 8-leerders van Hoërskool Helderberg.

Join millions of Seventh-day Adventist children

worldwide Seven days a week at Seven o’ clock

(morning or evening)

IN PRAYER FOR THE OUTPOURING OF THE HOLY SPIRIT

Pray for the Holy Spirit to give you courage to share

Jesus with your friends. Pray for friends who don’t know

Jesus. Pray for children in specific countries

who need to know Jesus. Pray with a friend at school.

Pray for teachers who do not know Jesus. Pray that the

Spirit will change us and help us to be more likeJesus.

begeerte het om van die kapelaansdienste van die kerk gebruik te maak, en om ‘n belangrike motivering te word van hulle wat siele na die Here wil bring, aangesien ons skole die poorte is tot Sy koninkryk. God se rykste seën,

LERAAR CORDELL LIEBRANDT

Kapelaan: SDA-Skole, Wes-Kaap

Sluit aan by die miljoene Sewendedag-Adventistekinders

wat wêreldwyd sewe dae per week om seweuur(soggens en saans)

BID VIR DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES

Bid dat die Heilige Gees jou krag gee om Jesus met jou vriende te deel.

Bid vir vriende wat Jesusnie ken nie. Bid vir kinder in spesifieke lande

wat ‘n behoefte het om Jesus te leer ken.. Bid saam met ‘n vriend by die skool.

Bid vir onderwysers wat Jesus nie ken nie. Bid dat

die Gees ons sal verander en ons sal help om meer soos Jesus te wees.

Page 24: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

24

gesondheidsforum

STOEI JY MET STRESS?Voel dit vir jou asof daar nie genoeg ure in die dag is nie? Spook jy verwoed om al jou verpligtinge by die huis, werk en kerk na te kom, om die nodige aandag aan jou gesin en die res van die familie te gee? Laat dit jou afgemat voel? Is jy besig om belangstelling te verloor in daardie dinge waaruit jy voorheen genot geput het? Weet jy nie meer watter kant toe nie? Kom ons kyk ’n bietjie na stres – wat dit is en hoe ’n mens moet maak om dit op ’n meer doeltreffende wyse te bestuur.

Wat is stres?Stres kan beskryf word as ’n abnormale situasie wat aanleiding gee tot fi siese, verstandelike of emosionele veranderings. Gevolglik beïnvloed dit soms ook ons sosiale welstand. ’n Mens moet egter in gedagte hou dat stres goed of sleg kan wees. Die “goeie” soort help ons om produktief te wees en ons doelwitte te bereik. Dit het dus ’n positiewe impak op ons lewens. Die stres wat deur ’n sperdatum by die werk veroorsaak word, stel ons in staat om meer doeltreffend te werk. Dit skep ’n doelgerigte strewe na ’n bepaalde teiken, en die aangename gevoel dat jy iets vermag het wanneer die werk kant en klaar is. “Slegte” spanning het net mooi die teenoorgestelde uitwerking. Soms gebeur dit dat stressors ’n onaangename fi siese en emosionele verandering teweegbring, wat ’n mens dan negatief stem en die bereiking van doelwitte in die wiele ry.

Die Veg-of-vlug-reaksieDie Here het ons sulke wonderlike liggame gegee, liggame met ’n ingeboude funksie wat outomaties in werking tree wanneer ons akute stres ervaar. Sekere hormone word in die bloedstroom vrygestel wanneer ’n buitengewoon stresvolle situasie hom voordoen, onder meer Adrenalien en Kortisol. Dit gee aanleiding tot verskeie fi siese veranderings in die liggaam, wat ’n mens in staat stel “om te veg” en helder van verstand te wees, óf “om te vlug” en so dreigende gevaar te ontkom. Wanneer ’n besonder aggressiewe hond byvoorbeeld op jou afstorm, kan jy die volgende veranderings te wagte wees:

omgewing beter kan waarneem

verbeter (sodat jy kan veg of vlug)

spiere optimaal kan funksioneer

nodig het om toilet toe te gaan wanneer gevaar dreig nie!)

Afbrekende StresWanneer ’n stresvolle situasie te moeilik is om te hanteer, of as ’n andersins-hanteerbare situasie te lank voortduur, begin dit ’n mens se gesondheid af te takel. Dan word jou liggaamlike, verstandelike en sosiale welstand nadelig beïnvloed.

o Hoë bloeddruk (hipertensie) o Pyn op die bors o Slapeloosheid o Gewigsverlies of -toename o Moegheid o Onverklaarbare pyne en skeute o Naarheid o Veranderings in stoelgange o Haar- en velprobleme

o Angs en konstante kommer o Verhoogde vatbaarheid vir woedeuitbarstings en onverwagse aggressie o Vergeetagtigheid o Swak konsentrasie o Depressie

o Verhoudings ly daaronder o Die gehalte van jou werk neem af o Onttrekking aan sosiale interaksie o Die agteruitgang van ’n mens se geestelikheid

Hoe om stres te hanteerOngelukkig is baie mense nie in staat om stres op ’n doeltreffende wyse te hanteer nie. Hulle wend hulle tot gewoontes wat dikwels skadelik van aard is. Hierdie gewoontes – soos rook, alkoholgebruik, kosvergrype en -ontneming, die gebruik van verbode dwelms, en verslawing aan waaghalsige gedrag – is nie doeltreffende hanteringstrategieë nie. Om die waarheid te sê, dit gee ’n mens se gesondheid net ’n verdere knou.

“Jy het geen beheer oor die dinge [wat van buite af kom] nie. Dit kan jou van alles ontneem, behalwe één ding – die vryheid om te kies hoe jy gaan reageer in daardie situasie. Dinge gebeur sonder dat ’n mens seggenskap daaroor het. Nietemin het jy altyd beheer – oor hoe jy voel omtrent die dinge wat met jou gebeur en wat jy daaraan gaan doen” (Victor E. Frankl).

Dikwels is dit nie noodwendig die stressor self wat jou omstandighede of welstand beïnvloed nie, maar jou sienings daaroor en reaksies daarop. Hier is enkele stappe wat ’n mens kan volg:

1) Identifi seer die oorsprong van die stresDink mooi na oor die moontlike oorsaak/oorsake van jou stres. Dit is altyd makliker gesê as gedaan, aangesien dit dikwels ons eie gedagtegange, gevoelens, houdings en gedragspatrone is wat daartoe aanleiding gee. Alvorens jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou aandeel in die skepping en volhouding van jou stres, sal daardie probleem nooit oorkom kan word nie1.

2) Jou bestaande hanteringstrategieëHoe hanteer jy op die oomblik jou stres? Is dit goed of skadelik vir jou gesondheid? Hier is ’n aantal gesonde strategieë:

o NEWSTART-beginsels: Maak seker dat jou kos voedsaam genoeg is en dat jy gereeld oefen, dat jou waterinname voldoende is en dat jy aan sonlig blootgestel word, dat jy in alle aspekte van jou lewe matigheid voor oë hou, dat jy vars lug en rus inkry, en dat jy op die Here vertrou (N vir “nutrition,” E vir “exercise,” W vir “water,” S vir “sunlight,” T vir “temperance,” A vir “air,” R vir “rest,” en T vir “trust in God”). o Kyk mooi na jouself. Soms is dit moeilik om tyd aan jouself af te staan wanneer dinge soos jou loopbaan en gesinslewe jou aandag vereis. Sit egter tyd opsy vir bepeinsing. ’n Dagboek is dalk nie ’n slegte idee nie.o Omring jouself met dinge en mense wat positief is. Doen dinge wat jou vreugde verskaf. Naastediens bring dikwels die meeste geluk mee. Ontdek jou talente en gebruik dit tot eer van die Here.

Page 25: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

25

gesondheidsforum

3) Hoe om Stres te K-L-O-P: Karring aan die stressor

Wanneer ’n stresvolle situasie nie vermy kan word nie, is dit soms handig om aan die stressor te probeer verander. Neem byvoorbeeld ’n spanningsvolle verhouding: Soms is dit beter om uitdrukkings te gee aan jou gevoelens as om dit op te krop. Indien moontlik, probeer jou bes om die krisis by te lê, sodat jy verdere krisisse kan vermy. Laat onveranderlike dinge met rus

Party stresvolle situasies is onvermydelik. Ongelukkig is die heengaan van ’n geliefde ’n onomkeerbare situasie, so ook om afgedank te word, of die tyding dat jy ’n ernstige siekte onder lede het. Baie dinge is buite ons beheer, wat aanvaarding uiters moeilik maak. Hier moet ons ons tot die Here en sy wysheid wend. Vra die Here om jou te wys waar jou swakhede is en hoe jy dit reg kan hanteer. Gee uiting aan jou gevoelens. Leer om te vergewe. Gebruik moeilike omstandighede as ’n leerskool. Moenie knak nie, wees knap!

Indien moontlik, kan jy die besonder stresvolle situasie probeer vermy. Leer om “nee” te sê wanneer jy jou perke bereik het. Probeer om mense, plekke en gesprekke wat jou vreeslik ontstel, te vermy. Wees egter versigtig. Party situasies behoort nie vermy te word nie. Die opklaar van sulke probleme kan nie aanhoudend uitgestel word nie.

As jy nie die stressor kan verander [of vermy nie], kan jy jouself probeer verander. Bepeins ’n bietjie die positiewe dinge in die lewe, in plaas

daarvan om op die negatiewe te fokus. Staan terug en aanskou die lewe as deel van ’n groter geheel. Is dit regtig die moeite werd om jou oor daardie probleem te staan en verknies?

Hoe gemaak as geeneen van hierdie dinge help nie? Partykeer blyk ’n bepaalde situasie totaal ondraaglik te wees. Wanneer jy weke aaneen met dieselfde stresverwante simptome sit, en dinge totaal hopeloos lyk, is dit dalk tyd om professionele hulp in te win. Baie mense het al vreeslike en troumatiese dinge in hul lewens deurgemaak, en ly moontlik aan akute stressteurnis of selfs post-traumatiese stressteurnis. Beraders, sielkundiges, dokters en psigiaters kan help aangesien party pasiënte psigoterapie en soms ook mediese behandeling benodig. Moenie huiwer om dadelik hulp te kry as jy emosioneel swaarkry nie. Onthou net: Die Here is ook besorgd oor jou. Geen probleem is vir Hom te groot nie. Vertrou op Hom en lê al jou kommer aan sy voete neer, sommer vandag nog. “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil. 4:6-7, NAB).

1. Smith M. & Segal R. 2014. Stress Management. Beskikbaar by: www.helpguide.

org/articles/stress/stress-management.html.

2. Frankl V. E. 2008. Man’s Search For Meaning. Rider Books.

DR. JO-ANN KAMMIES: Algemene Mediese Praktisyn

Page 26: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

26

gesondheidsforum

EMOSIONELE UITPUTTING

“Ek kan nie meer nie!”

’n Enkelma wat spook om die pot aan die kook te hou, ’n student wat ’n onmoontlike werksopdrag moet skryf, ’n sakepersoon wat ’n aantal ontevrede kliënte gelukkig moet hou – ons ken dit maar al te goed, of jy nou uit pure frustrasie genoop voel om daaraan uiting te gee of net eenkant sit en opkrop. Dit is maar hoe die lewe is. Een of ander tyd sal die nood begin druk, sal dit vir jou voel asof jy breekpunt bereik het. Om aanhoudend gespanne te wees, kan egter tot verstandelike, liggaamlike en emosionele uitputting lei. Dit staan bekend as totale ooreising, oftewel “burnout” in Engels. Die gevoel dat al jou liggaamlike en psigiese kragte opgebruik is, die onvermoë om ’n uitweg te sien, ’n diepgaande gebrek aan menslike nabyheid en kontak – is dikwels simptomaties van hierdie toestand. Ly jy dalk aan emosionele uitputting? Oorweeg gerus die volgende tien vrae:

1. Is ek gedurigdeur moeg?2. Sukkel ek om myself te motiveer en sien ek nie eers kans vir die eenvoudigste ou takies nie?3. Is ek meer sinies as voorheen, meer negatief as positief?4. Voel dit vir my asof ek nie meer reguit kan dink nie?5. Sukkel ek om produktief by die werk te wees, om my uiteengesette doelwitte te bereik?6. Lyk dit of dit ooglopend slegter met my interpersoonlike verhoudings gaan?7. Sukkel ek om myself te versorg, om gereeld te eet of bad?8. Sit en tob ek by die huis oor werksprobleme?9. Voel dit vir my asof niks meer goed genoeg is nie?10. Voel ek periodiek olik of ongesteld?

Ooreising of uitputting is soms te wyte aan onvervulde drome en verwagtings. Jy is afgemat en moeg omdat dinge nie volgens plan verloop nie, omdat die dinge waarna jy uitgesien het, nie materialiseer nie. Dit laat ’n mens letterlik en fi guurlik pap voel. Dit beroof jou van entoesiasme, soveel so dat jy soms die hele lewe en jou doel daarin miskyk. Totale ooreising kan met enigeen gebeur. Diegene wat egter met mense werk, veral diegene wie se beroepe met die versorging van ander te make het – soos verpleegpersoneel, beraders, predikante – is meer vatbaar as ander. Colin Buckland beskryf hierdie algehele ooreising soos volg: “Dit is die uitputting van [’n mens se] innerlike hulpbronne, dié wat die versorger in staat stel om gedurigdeur na ander om te sien. Dit is die opgebruik van die dinge wat jou ‘jou’ maak, soveel so dat jy in ’n ernstige toestand van disfunksie gelaat word. [Dit beteken dat jy] jou wese op so ’n wyse vir ander opgebruik dat jou innerlike bankbalans sê: ‘Onvoldoende fondse’ ”

Het jy ooit al so gevoel? Troos jouself daaraan dat talle ander dieselfde probleem het. Ná sy silwerdoek-oorwinning oor die Baälsprofete op Karmel, bevind Elia homself as ’n voortvlugtende. Terwyl hy so van die moorddadige koningin Jesebel af probeer wegvlug, sê hy vir God: “Nou is dit genoeg, Here!” (1 Kon. 19:4, NAB). Hier sien ons dat die grote geloofsheld, Elia – uit pure verontwaardiging en bitterheid, paranoia en selfbejammering – ’n punt bereik het waar hy gereed is om tou op te gooi. Hy is kwaad vir die Here. Ten spyte van die krisisse wat alom dreig, skenk die Here ons die volgende uitnodiging: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28, NAB).

Hier is die Here se kuur vir emosionele uitputting of dan, totale ooreising:1. Eerstens voorsien die Here in ons fi siese behoeftes.

Filippense 4 vers 19 sê dat die Here in al ons behoeftes sal voorsien! Toe Elia ’n laagtepunt bereik het, het die Here engele gestuur om vir hom kos en water te gee, om voeding en vertroosting te bring. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, het ons die wete: Die Here is besorg oor elke aspek van ons lewe. Ons het die versekering dat Hy beide gewillig en in staat is om ons te help.

2. Besef dat die Here steeds in beheer is, dat Hy aktief by jou lewe betrokke is.St. Augustinus het gesê: “Geloof is om te glo wat ons nie kan sien nie, en die beloning is om [die vrug van] ons geloof te sien.” Net soos die profeet Elia, hardloop ons soms weg, bevind ons onsself uitgeput, op moedverloor se vlakte. In sulke tye van beproewing lyk dit of daar geen uitweg is nie, maar dit is juis dan dat Jesus se woorde in Johannes 16 vers 33 vertroosting bring: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (NAB).

3. Praat met die Here. Deel jou gevoelens met Hom – die slegte en die goeie.Nadat hy uitgerus en die Here in sy liggaamlike behoeftes voorsien het, het Elia Sinai toe gegaan, om daar geestelike verkwik te word. As ons ons probleme vierkantig in die oë wil kyk, behoort ons na God toe te hardloop, en nie weg van Hom af nie. Psalm 37 vers 5 moedig ons juis aan om dit te doen: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg” (NAB).

4. Maak staat op jou vriende.Soos die Engelse spreekwoord tereg sê: “A burden shared is a burden halved.” As ’n mens eers fi sies en geestelik herstel het, kan ’n mens ook op betroubare vriende steun. Ná Elia se beproewing het die Here aan hom ’n vertroueling gegee, Elisa. As ’n mens alleen is, kan jou probleme te oorweldigend wees, maar met die ondersteuning van mense wat omgee, kan ooreising oorkom word. In Kelly McGonigal se TED-praatjie, wat die grense van gesondheidsielkunde versit het, lê sy klem op ’n belangrike aspek van die stres-respons – die feit dat dit sosiale wesens van ons maak. Oksitosien, ’n neurohormoon verantwoordelik vir sosiale instink, is ook ’n streshormoon. Wanneer ’n mens gespanne is, is dít die hormoon wat jou sover bring om na ondersteuning te gaan soek. Dit help ’n mens ook om raak te sien wanneer ander probleme het, sodat jy hulle kan gaan bystaan.

As ’n onvermydelike komponent van die lewe is stres iets waarmee ons almal te kampe het, maar dit hoef nie noodwendig tot totale ooreising te lei nie. As jy eers jou fi siese behoeftes uitgesorteer het, besef jy dat jou probleme jou nader aan die Here kan bring. Dan kan jy tyd opsy sit om geestelik verkwik te word, kan jy ondersteuning by boesemvriende en -vriendinne vind. Sodoende kán totale ooreising vermy word.

Bronnelys

Buckland, C. (2006). Freedom to lead. Crusade for World Revival Publishing.

McGonigal, K. (2013). “How to make stress your friend.” Beskikbaar by:

https://www.youtube.com/watch?v=RcGyVTAoXEU.

Minirth, F., Meier, P. & Hawkins, D. (1986). How to beat burnout. Moody Press.Minirth, F., Meier, P. & Hawkins, D. (1986). How to beat burnout. Moody Press.

CINDY THYSSEN, DOSENT: SIELKUNDE

Page 27: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

27

gesondheidsforum

Page 28: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

28

‘HERDENK DIE SABBAT’ SONSONDERGANGTYE 2015

leefstyl

SONSONDERGANGTYE 2015Januarie Februarie Maart

2 9 16 23 30 6 13 20 27 6 13 20 27Kaapstad 19:57 19:57 19:54 19:52 19:48 19:42 19:41 19:34 19:27 19:19 19:10 18:50 18:40

Johannesburg 19:04 19:05 19:04 19:03 19:00 18:56 18:51 18:45 18:39 18:32 18:25 18:17 18:09

Oos-Londen 19:21 19:21 19:19 19:17 19:13 19:07 19:00 18:52 18:45 18:34 18:27 18:17 18:08

Port Elizabeth 19:32 19:33 19:30 19:28 19:24 19:18 19:11 19:03 18:55 18:55 18:46 18:36 18:27

Bloemfontein 19:18 19:19 19:17 19:16 19:12 19:08 19:01 18:55 18:47 18:41 18:33 18:22 18:18

Pietermaritzburg 19:03 19:03 19:01 19:00 18:57 18:52 18:45 18:39 18:33 18:25 18:17 18:07 17:59

Durban 19: 01 19:02 19:00 18:59 18:55 18:50 18:43 18:37 18:30 18:22 18:14 18:05 17:56

Upington 19: 36 19:37 19:35 19:34 19:31 19:27 19:20 19:14 19:08 19:01 18:53 18:44 18:36

Messina 18: 49 18:50 18:49 18:49 18:47 18:44 18:39 18:34 18:29 18:23 18:17 18:09 18:03

Nelspruit 18: 51 18:52 18:51 18:50 18:48 18:44 18:38 18:33 18:27 18:20 18:13 18:05 17:58

April Mei Junie 3 10 17 24 1 8 15 22 29 5 12 19 26

Kaapstad 18:31 18:22 18:13 18:06 17:58 17:52 17:47 17:43 17:41 17:39 17:40 17:40 17:42

Johannesburg 18:02 17:55 17:48 17:42 17:37 17:32 17:28 17:26 17:24 17:23 17:24 17:25 17:27

Oos-Londen 17:59 17:50 17:42 17:34 17:27 17:21 17:16 17:12 17:10 17:09 17:08 17:10 17:12

Port Elizabeth 18:08 17:59 17:51 17:43 17:36 17:30 17:25 17:21 17:18 17:17 17:17 17:18 17:20

Bloemfontein 18:07 18:00 17:52 17:46 17:40 17:35 17:30 17:27 17:25 17:24 17:24 17:26 17:28

Pietermaritzburg 17:51 17:43 17:36 17:29 17:23 17:18 17:14 17:10 17:08 17:07 17:07 17:09 17:11

Durban 17:48 17:40 17:32 17:25 17:19 17:14 17:10 17:06 17:04 17:03 17:03 17:04 17:06

Upington 18:28 18:20 18:13 18:07 18:01 17:56 17:52 17:49 17:47 17:46 17:46 17:48 17:50

Messina 17:56 17:50 17:44 17:39 17:34 17:30 17:27 17:25 17:24 17:24 17:24 17:25 17:27

Nelspruit 17: 50 17:43 17:37 17:31 17:26 17:21 17:18 17:15 17:14 17:13 17:13 17:15 17:16

Julie Augustus September 3 10 17 24 31 7 14 21 28 4 11 18 25

Kaapstad 17:44 17:48 17:51 17:57 18:02 18:07 18:12 18:17 18:21 18:26 18:31 18:35 18:36

Johannesburg 17:28 17:31 17:34 17:38 17:41 17:45 17:48 17:51 17:54 17.57 18:00 18:02 18:05

Oos-Londen 17:14 17:17 17:20 17:26 17:31 17:35 17:39 17:45 17:49 17:54 17:58 18:03 18:07

Port Elizabeth 17:22 17:26 17:29 17:35 17:39 17:44 17:49 17:54 17:59 18:03 18:08 18:13 18:17

Bloemfontein 17:29 17:33 17:35 17:40 17:44 17:48 17:52 17:55 17:59 18:03 18:06 18:10 18:13

Pietermaritzburg 17:12 17:16 17:18 17:23 17:27 17:31 17:35 17:39 17:42 17:46 17:50 17:53 17:57

Durban 17:08 17:12 17:14 17:19 17:23 17:27 17:31 17:35 17:39 17:45 17:47 17:50 17:54

Upington 17:51 17:54 17:57 18:02 18:05 18:09 18:13 18:16 18:20 18:23 18:26 18:30 18:33

Messina 17:28 17:31 17:33 17:37 17:40 17:42 17:45 17:47 17:49 17:51 17:53 17:55 17:57

Nelspruit 17:18 17:21 17:23 17:27 17:31 17:34 17:37 17:40 17:43 17:45 17:48 17:51 17:53

Oktober November Desember 2 9 18 23 30 6 13 20 27 4 13 18 25

Kaapstad 18:46 18:51 18:57 19:02 19:09 19:15 19:22 19:29 19:35 19:41 19:47 19:51 19:54

Johannesburg 18:08 18:12 18:15 18:19 18:24 18:28 18:34 18:39 18:44 18:49 18:54 18:58 19:01

Oos-London 18:12 18:17 18:23 18:28 18:35 18:40 18:47 18:54 19:00 19:06 19:11 19:16 19:19

Port Elizabeth 18:22 18:28 18:33 18:38 18:45 18:51 18:58 19:05 19:11 19:17 19:23 19:29 19:30

Bloemfontein 18:17 18:21 18:25 18:29 18:35 18:40 18:46 18:52 18:89 19:03 19:08 19:12 19:15

Pietermaritzburg 18:01 18:05 18:09 18:13 18:19 18:46 18:31 18:36 18:42 18:48 18:52 18:57 19:00

Durban 17:58 18:03 18:07 18:11 18:17 18:22 18:29 18:35 18:41 18:46 18:51 18:55 18:58

Upington 18:37 18:41 18:45 18:48 18:53 18:58 19:05 19:11 19:16 19:21 19:26 19:32 19:33

Messina 17:59 18:02 18:04 18:07 18:10 18:14 18:20 18:24 18:29 18:34 18:38 18:42 18:45

Nelspruit 17:56 18:00 18:03 18:06 18:10 18:16 18:21 18:26 18:31 18:36 18:41 18:45 18:48

Page 29: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

29

CONNECT WITH US:

[email protected]

+27 (0)83 649 9760

www.andrews.edu/idp

Master of International Development Administration

Part time study as a full time professional Internationally recognized masters degree Interact with highly qualified professors Short annual intensives Option to accelerate time in the program Affordable financial package Expand global network Register now for the November Session!

We have a place for you..because the world is our campus.

ANDREWS UNIVERSITY

The professional market continues to demand specialized knowledge and advanced degrees. This unique graduate degree is practical and sophisticated for a wise career upgrade. Educating professionals to advance their field of interest, whether it is humanitarian work, economic development, public service, education, health, administration or other professions involved with social and community activities.

Skip Bell is professor of Church Leader-

ship and Director of the Doctor of Ministry

program of the Seventh-day Adventist Theo-

logical Seminary at Andrews University. Skip

has served the church as a pastor, director

of pastoral ministries, conference president,

and university professor. He is the editor of a

new book on biblical leadership, Servants and

Friends: A Biblical Theology of Leadership,

and the author of A Time to Serve.

Conflict Managment Workshop

(12–18 November)

Dr. Skip Bell

Page 30: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

30

GELUKWENSE! 60STE HUWELIKSHERDENKING GEVIER

Edwin en Maria (Ria) [gebore van Schalkwyk] de Kock het 60 jaar terug op 26 Desember 1954 in Suid-Afrika in die huwelik getree. Hul ouers, broers en susters, ander familielede en ’n paar vriende was teenwoordig, insluitende ’n “geleende” strooijonker, aangesien Bloemfontein nie hul tuisdorp was nie. In daardie stadium het Edwin en Maria by die Stem van Profesie Bybelskool in Kaapstad gewerk.

Die de Kocks het hul 60ste huweliksherdenking op 27 Desember 2014 by die SDA-gemeente in 602 West Wisconsinstraat, in die Amerikaanse staat Texas, gevier. Ria is die leidster van die Edinburg-gemeente se Bediening vir Bejaardes. Die feesviering het plaasgevind in ’n stampvol kerksaal. ’n Groot aantal bejaardes, insluitende hul kerkvriende en vriende uit die plaaslike gemeenskap, asook hul seun Carl en sy vrou Shelley, het die verrigtinge bygewoon. Rodney en Patti Heinrich was ook teenwoordig, twee kosbare nuwe vriende wat die de Kocks onlangs ontmoet het. Die Heinrichs, wat op ’n plaas in die staat Oklahoma woon en ’n radiostasie op die perseel bestuur, het sowat 1,288 kilometer vêr gereis om die dag saam met die paartjie te vier. Gewis ’n heuglike dag! Aangesien dit ’n tipiese gemeente-ete was, het elkeen iets bygedra om die dag spesiaal te maak, met kos in oorvloed en selfs samesang. Die de Kocks het ook ’n emmer omgestuur met geskenkies daarin, om fondse in te samel vir Edwin se nuwe boek. Daardie dag was dit nie net emmers wat oorgeloop het van geld en bruikbare geskenkies nie. Dit was bowenal ’n dag vol seëninge,

danksegging en vreugde. Nadat hulle in Suid-Afrika getroud is, het Edwin en Ria hul studies voltooi, hard gewerk, en ook twee seuns gehad: André, wat in 1955 in Kaapstad gebore is, en Carl wat in 1962 in Ladysmith, in Natal, gebore is. As onderwysers wat Sabbatte wou af hê, en ook mense wat van avontuur en sendingwerk gehou het, het die de Kocks baie rondgetrek. Tussen 1995 en 1996 het hulle Engels en Bybelkunde in Suid-Korea gegee. Voordat hulle hul uiteindelik in 1994 in die VSA gevestig het, het hulle van tyd tot tyd Europa en ook ander lande besoek. Hierdie is toe te skryf aan Edwin se reputasie as ’n wêreldberoemde Esperanto-digter. Oral oor – van Engeland tot Rusland – het hulle by ander Esperanto-entoesiaste tuisgegaan. Sodoende het hulle tonne geld gespaar, wat andersins op hotelle gespandeer sou moes word. Boonop het hulle ’n leeftyd se wonderlike vriendskappe en aangename herinneringe opgebou. Edwin en Ria loof en prys die Here vir sy jarelange sorg en beskerming, en ook dat hulle, hul twee seuns en dié se gesinne, ’n tuiste in die VSA gevind het.

MEV. MARTIE EVERT

Noordelike Konferensie

aankondigings

Page 31: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

31

NUUTVERKOSE AMPSDRAERSHOOFDE (2015-2017) BEDE EN SEËN AAN …Die Verkose Ampsdraerhoofde van die LESOTHO KONFERENSIE:President Lr. Amos Chete Bohale Uitvoerende Sekretaris Lr. Tsebang Justinus KhoeliHoofbeampte van Finansies Br. Thato Khoeli

GEES VAN PROFESIE-LEESSTOF VERSOEK OM AFRIKAANSE BOEKE

Verjaarsdagbedeaan al ons lesers wat hulle VERJAARSDAE vier

gedurende Januarie – Maart 2015 Mag die

Here vir u ‘n “lieflike deel afmeet” hierdie jaar!

Paasseëningeword u toegebid, terwyl ons die geboorte,

lewe, dood en opstanding van Christus

oordenk – en wat dit vir ons beteken…

MNR PETRUS VAN HEERDEN versoek vriendelik dat, indien u moontlik die volgende boeke in Afrikaans beskikbaar het, u so gaaf sal wees om dit aan hom per kerende pos te stuur , of om hom te kontak by die gemelde adres:

DIE HANDELINGE VAN DIE APOSTELS deur EG WHITE DIE HELENDE HAND deur EG WHITE

Adress:Mr. Petrus van HeerdenPosbus 1370KROONSTAD, 9500Selfoonnr.: +27 072 862 7072

aankondigings

HERINNERING: SPERDATUMS VIR DIE INDIENING VAN BYDRAES - MARANATHA 2015

Geagte Lesers, Vriende en Kollegas

Hiermee ‘n vriendelike dog dringende herinnering aan die SPERDATUMS vir

alle bydraes van artikels, grafiese insette of foto’s (in jpg-formaat), verhale, verslae en programme vir publikasie in die MARANATHA:

Kwartaal 1 (Maart-Uitgawe) – 15 Januarie 2015 Kwartaal 2 (Junie-Uitgawe) – 16 April 2015

Kwartaal 3 (September-Uitgawe) – 16 Julie 2015 Kwartaal 4 (Desember-Uitgawe) – 15 Oktober 2015

Neem ook vriendelik kennis van die volgende e-posadresse waarheen die genoemde artikels aangestuur kan word:

[email protected] asook ‘n elektroniese afskrif aan: [email protected]

U samewerking en bydraes hierin word opreg waardeer.

met dank, Redaksie van Maranatha

Page 32: ‘Gee julleself oor aan God … laat Hy julle Veranderadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/LR-Maranatha-AFR-1Q2015-1.pdf · sake of genot nie; of om ons wêreldse betrekkinge

Herlewing en Hervorming

Die groot herlewings van die Christelike geskiedenis is deur

gebed vermag. Tydens die Pinksterfees het die dissipels

ernstig tot God gebid. God se eindtydboodskapper aan die

oorblyfselkerk maan ons, “Herlewing kan slegs in antwoord

op gebed verwag word”.

Selected Messages, Vol 1 (1958), bl 121

In GebedSewendedag-Adventiste

bid 7 dae per week

om 7 vm en 7 nm