45
ALGEMENE GEDRAGSKODE Vir groep- en multigroepsertifisering Weergawe 1.1

ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

ALGEMENE GEDRAGSKODE Vir groep- en multigroepsertifisering Weergawe 1.1

Page 2: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 1

Afskrifte en vertalings van hierdie dokument is beskikbaar in elektroniese formaat op die

UTZ-webwerf:

www.utz.org

Hierdie dokument is uit Engels vertaal. Indien daar enige twyfel bestaan oor die akkuraatheid van inligting in

hierdie dokument, verwys asseblief na die Engelse weergawe wat die amptelike en bindende weergawe is. Dit

Engelse weergawe kan gevind word by www.utz.org

Stuur asseblief enige kommentaar of voorstelle na:

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Of per gewone pos na:

UTZ

Standard and Certification Department

De Ruyterkade 6 bg

1013 AA Amsterdam

The Netherlands

© UTZ 2015 Geen gedeelte(s) van hierdie publikasie mag sonder volle erkenninggedupliseer, op ʼn stelsel gestoor of in enige vorm deurgegee word, hetsy elektronies, per fotokopie of enige ander manier .

Page 3: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 2

Inhoud

Inleiding ................................................................................................................................................................................ 3

Wat is die Gedragskode? .................................................................................................................................................... 3

Hoekom ʼn opgedateerde weergawe? ................................................................................................................................. 3

Wesenlike veranderinge in die Gedragskode weergawe 1.1 ............................................................................................... 4

Wanneer om te voldoen aan die Gedragskode weergawe 1.0 en 1.1 ................................................................................... 4

Omvang ............................................................................................................................................................................ 5

Nakoming van nasionale wetgewing en kollektiewe bedingingsooreenkomste ................................................................. 5

Riglyne vir die gebruik van die UTZ Gedragskode weergawe 1.1 ........................................................................................ 7

Struktuur ............................................................................................................................................................................ 7

Deurlopende verbetering .................................................................................................................................................... 7

Ander relevante dokumente .............................................................................................................................................. 9

Afkortings ........................................................................................................................................................................ 11

Definisies .......................................................................................................................................................................... 11

Kontrolepunte ..................................................................................................................................................................... 16

Afdeling A – Bestuur ......................................................................................................................................................... 16

Afdeling B - Boerderypraktyke ......................................................................................................................................... 26

Afdeling C – Werksomstandighede ................................................................................................................................... 34

Afdeling D - Omgewing .................................................................................................................................................. 42

Page 4: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 3

Inleiding Wat is die Gedragskode? UTZ is ’n program en etiket vir volhoubare boerdery. Die Gedragskode stipuleer die vereistes wat na aan die hart van die UTZ program lê. Hierdie vereistes dek beter boerderymetodes en werksomstandighede, sowel as metodes om beter om te sien na die omgewing vir toekomstige generasies. Dit dra by tot produsente wat beter gewasse produseer en sodoende ’n beter inkomste genereer – wat dan weer sosiale en ekonomiese omstandighede verbeter en terselfdertyd natuurlike hulpbronne vir die toekoms beskerm. Die Gedragskode is ontwikkel in noue samewerking met ’n groot verskeidenheid belanghouers en op grond van’n omvattende publieke konsultasie. Die Gedragskode is gebaseer op konvensies van die International Labour Organisation (ILO) (Internasionale Arbeidsorganisasie)1 en konvensies van die Verenigde Nasies (VN)2. Dit verseker dat die Gedragskode ’n internasionaal-erkende stel kriteria vir volhoubare boerdery is, wat die jongste ooreenkomste, navorsing en kundigheid weerspieël. Die Gedragskode is ontwikkel en hersien ooreenkomstig die vereistes van die ISEAL Alliance (International Social and Environmental Accreditation and Labelling Alliance). Indien lede van die produsentegroep die vereistes van die Gedragskode implementeer, geouditeer word deur ʼn goedgekeurde sertifiseringliggaam en die oudit slaag, kan hulle hul produkte as UTZ-gesertifiseerd verkoop en die groep kan die verkope in die UTZ-naspeurbaarheidstelsel aanteken. Hierdie stelsel voorsien aan kopers onafhanklike versekering van volhoubare vervaardiging.

Hoekom ʼn opgedateerde weergawe? Die hersiening van die Gedragskode bied die geleentheid om die Standaard te verbeter op grond van ervaring opgedoen, lesse geleer en insette verkry deur die implementasie van die vorige Gedragskode. Verder - as lid van die ISEAL Alliance - onderneem UTZ om die Gedragskode elke vyf jaar te hersien en terugvoer, verkry deur konsultasie met belanghouers, in ag te neem. Die voorbereiding vir die konsultasieproses het reeds vroeg in 2012 begin en die eerste konsultasie is amptelik geopen in Junie 2012. Die proses het die volgende ingesluit: aanlyn-opnames vir publieke terugvoer en werkswinkels en vergaderings met belanghouers belanghouers (meestal in produserende lande). Deur hierdie stappe is inligting vanaf bedryfs- en regeringsverteenwoordigers, nasionale beheerrade, navorsingsinstellings, konsultante, sertifiseringsliggame, NROs, produsente

1 ILO Konvensie 138 oor Minimum Ouderdom; ILO Konvensie 182 oor die Ergste Vorms van Kinderarbeid; ILO Konvensie 029 oor Gedwonge Arbeid en ILO Konvensie 105 oor die Afskaffing van Gedwonge Arbeid;, ILO Konvensie 087 oor Vryheid van Assosiasie en ILO Konvensie 098 oor die Reg tot Organisasie en Kollektiewe Bedinging; ILO Konvensie 001 oor Werksure; ILO Konvensie 095 oor die Beskerming van Lone; ILO Konvensie 100 oor Gelyke Vergoeding; ILO Konvensie 110 (Plantasies Konvensie); ILO Konvensie 143 oor Trekarbeiders; ILO Konvensie 155 oor Beroepsveiligheid en –gesondheid; ILO Konvensie 184 oor Veiligheid en Gesondheid in Landbou; ILO Konvensie 111 oor Diskriminasie; en ILO Aanbeveling 193 oor die Bevordering van Koöperatiewe. 2 Protocol to Prevent, Suppress and Punish Trafficking in Persons, Especially Women and Children, supplementing the United Nations Convention against Transnational Organized Crime (Protokol ter Voorkoming, Onderdrukking en Straf van Mensehandel, veral Vroue en Kinders, ter aanvulling van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad)

Page 5: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 4

en produsentegroepe en verteenwoordigers ingewin. As gevolg van hierdie hersieningsproses is die Gedragskode, weergawe 1.0, gepubliseer in Junie 2014. Na hierdie datum is die Algemene Kode in die veld getoets om die implementasie en die ouditeerbaarheid daarvan te evalueer en om terugvoer in te samel ten einde weergawe 1.0 te verbeter. Terugvoer ingesamel tussen Junie 2014 en April 2015 het gekom van proefprojekte in sleutellande, opleidingsessies en werkswinkels, en ervaring van lede wat die nuwe Kode geïmplementeer het in hierdie tydperk. Gevolglik is die Algemene Kode, weergawe 1.1, ontwikkel. Die volgende hersiening van van die Gedragskode sal in 2019 plaasvind.

Wesenlike veranderinge in die Gedragskode weergawe 1.1 Die weergawe 1.1 van die Gedragskode vir groepsertifisering is saamgestel uit die Algemene Kode, wat van toepassing is op álle UTZ-landbouprodukte, en uit Modules wat spesifieke vereistes vir elke landbouproduk uitlê. Aangesien baie van die vereistes vóór verwerkingsaktiwiteite van toepassing is op ‘n groot verskeidenheid produkte, word hierdie vereistes in die Algemene Kode ingesluit. Die produk-spesifieke Modules verseker dat vereistes pertinent tot die produksie en verwerking van spesifieke produkte aan voldoen word en gee ook buigsaamheid om nuwe produkte in die UTZ-program te integreer. Die Algemene Kode moet altyd saam met die produk-spesifieke Module toegepas word.

Wanneer om te voldoen aan die Gedragskode weergawe 1.0 en 1.1 Die Algemene Kode en die produk-spesifieke Modules vervang ʼn reeks produk-spesifieke UTZ Gedragskodes (ook na verwys as “vorige Kode”): vir Koffie (weergawe 1.2 van November 2010), vir Tee (weergawe 1.0 van Julie 2009), vir Kakao (weergawe 1.0 van April 2009) en vir Rooibos (weergawe 1.0 van Februarie 2011). Alle vereistes wat voorheen in die Fabriek Kode vir Tee en die Gedragskode vir Rooibosverwerking ingesluit was, is nou ingesluit in die Algemene Kode en die Tee Module en Rooibos Module onderskeidelik. Sertifisering deur die gebruik van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1 sal moontlik wees vanaf 1 Junie 2014. Vanaf 1 Julie 2015 kan groepe geouditeer word teen die Algemene Kode weergawe 1.0 of 1.1. Vanaf 1 Januarie 2016 kan groepe slegs geouditeer word teen die Algemene Kode 1.1. Groepe en groepslede wat reeds gesertifiseer is onder die vorige Gedragskode, kan geouditeer word teen dieselfde sertifiseringsjaar as hulle vorige sertifikaat, wanneer hulle geouditeer word teen die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Byvoorbeeld: ʼn groep of groepslid geouditeer in 2014 teen Jaar 3 van die vorige Gedragskode, kan in 2015 geouditeer word teen Jaar 3 van die Algemene Kode en die relevante Module (weergawe 1.0 of 1.1).

Page 6: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 5

Groepe en groepslede gesertifiseer onder Jaar 4 van die vorige Gedragskode (insluitende groepe en groepslede wat al in die UTZ program is vir 4 jaar of meer) kan geouditeer word teen Jaar 3 gedurende hulle eerste oudit teen die Algemene Kode en die relevante Module (weergawe 1.0 of 1.1). Groepe en groepslede reeds gesertifiseer onder die Gedragskode weergawe 1.0 moet geouditeer word teen die daaropvolgende sertifiseringsjaar vir hulle volgende oudit teen die Gedragskode 1.0 of 1.1. Byvoorbeeld: ‘n groep geouditeer in 2014 teen Jaar 3 van die Gedragskode weergawe 1.0, kan geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke UTZ Gedragskode weergawes 1.2 van November 2010 vir Koffie, 1.0 van Julie 2009 vir Tee, 1.0 van April 2009 vir Kakao, en 1.o van Februarie 2011 vir Rooibos. Sertifikate uitgereik as ‘n resultaat van oudits uitgevoer ná hierdie datum en teen een van die bogenoemde weergawes, sal nie meer aanvaar word nie. Sertifikate uitgereik as ‘n resultaat van oudits uitgevoer na 1 Januarie 2016, teen die Gedragskode 1.0 van 2014, sal nié aanvaar word nie.

Omvang Die vereistes in die Gedragskode weergawe 1.1 vir groep- en multigroepsertifisering is van toepassing op alle landbouprodusentegroepe en hul lede wat produkte verbou en verkoop as UTZ. Sertifisering moet gedoen word deur ʼn sertifiseringsliggaam wat deur UTZ goedgekeur is (sien die UTZ Sertifiseringsprotokol3). ʼn Lys van goedgekeurde sertifiseringsliggame kan op die UTZ-webwerf gevind word4. Die kontrolepunte in die Gedragskode weergawe 1.1 vir groep- en multigroepsertifisering sluit vereistes in waaraan die Interne Bestuurstelsel, die groepspersoneel, die groepslede, en/of groepslede-werkers moet voldoen. Behalwe indien anders aangedui, is die kontrolepunte in afdelings A en B slegs van toepassing op oeste wat geouditeer en gesertifiseer is. Kontrolepunte in afdelings C en D is van toepassing op die hele plaas (insluitende die huishouding) van die groepslid, en op al die aktiwiteite wat deur die groep uitgevoer word.

Nakoming van nasionale wetgewing en kollektiewe bedingingsooreenkomste UTZ strewe daarna dat sy lede modelvoorbeelde word vir die verbetering van sosiale, ekonomiese en omgewingsomstandighede binne hul bedryfsareas. In hierdie verband kom groepe en groepslede nasionale wetgewing, regulasies, bedryfsooreenkomste en kollektiewe bedingingsooreenkomste (kbo’e) na. Daar mag ʼn verskil of teenstrydigheid wees tussen dit wat ʼn kontrolepunt vereis en dit wat nasionale of streekswetgewing of ‘n kbo vereis. Indien ʼn nasionale of streekswet of ‘n kbo strenger is as die vereiste van die kontrolepunt, sal die nasionale of streekswet of kbo van toepassing wees (teensy 3 Die UTZ Sertifisering Protokol kan gevind word in die Aflaai area van die UTZ Opleidingsentrum https://utz-trainingcenter.com/home/index.php/en/ 4 Die lys van goedgekeurde Sertifisering Liggame kan gevind word in die Aflaai area van UTZ Opleidingsentrum https://utz-trainingcenter.com/home/index.php/en/

Page 7: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 6

die reël verouderd is). Indien ʼn nasionale of streekswet of kbo minder streng is as die vereiste van die kontrolepunt, sal die vereiste van die kontrolepunt van toepassing wees (teensy die kontrolepunt spesifiek toelaat dat die nasionale of streekswet of kbo toegepas word). Spesiale aandag moet gegee word aan die definisie van “ligte werk” in elke land, om nakoming van die vereiste onder G.C.77 – Kinderarbeid te verseker.

Page 8: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 7

Riglyne vir die gebruik van die UTZ Gedragskode weergawe 1.1

Struktuur

Die Algemene Kode vir groep- en multi-groepsertifisering is verdeel in vier afdelings wat die vier pilare van volhoubare landbou voorstel:

- Afdeling A: Bestuur

- Afdeling B: Boerderypraktyke

- Afdeling C: Werksomstandighede

- Afdeling D: Omgewing

Elke afdeling word bekendgestel deur een van die hoofbeginsels van die UTZ “Theory of Change” en is verdeel in afdelings (in oranje) en onderafdelings (in geel). Elke (sub-)onderwerp sluit ʼn stel kontrolepunte in. Elke kontrolepunt het agt kolomme met relevante inligting vir die implementering en assessering van nakoming:

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

- KP #: Dui die afdeling en die nommer van die kontrolepunt aan.

- Kontrolepunt: Gee die vereiste waaraan voldoen moet word.

- Van toepassing op: Dui aan waarop die kontrolepunt van toepassing is en wie geouditeer

moet word om seker te maak dat daar aan die vereiste voldoen word (G: groep; L: groep lid).

- Jaar 1, 2, 3 en 4: Dui die jaar aan waarin daar aan die kontrolepunt voldoen moet word.

- Verduideliking vir nakoming: Gee verdere verduideliking vir die implementering en die

assessering van nakoming. Nakoming met verduideliking wat in die kolom gegee word is

verpligtend.

Deurlopende verbetering

Die vier-jaar-verbeteringsproses van die Gedragskode reflekteer die belangrike filosofie van UTZ om ‘voortdurende verbetering’ in landboubesighede aan te moedig.

Page 9: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 8

In die UTZ program moet groepe en groepslede ʼn aantal kontrolepunte nakom om gesertifiseer te word. Gedurende die vier jaar van UTZ se deurlopende verbeteringsproses, neem die aantal kontrolepunte om aan te voldoen toe, om groepe en groepslede aan te moedig om hulle praktyke te verbeter. Selfs na vier jaar in die UTZ-program sal die groep en sy lede die deurlopende verbeteringsproses voortsit deur die opdatering van hul risiko-bepaling en die implementering van ʼn groepsbestuursprogram met die nodige stappe om risiko’s wat identifiseer is aan te spreek. Die Gedragskode het twee tipes kontrolepunte: 1. Verpligte kontrolepunte (geskakeer in groen) 2. Bykomende kontrolepunte (geen skakering) Bykomend tot die verpligte kontrolepunte, moet die groep voldoen aan die gedefinieerde aantal bykomende kontrolepunte per sertifiseringsjaar. Tabel 1 wys die aantal verpligte en bykomende kontrolepunte ingesluit in die Gedragskode vir groep- en multigroep-sertifisering, per sertifiseringsjaar. Tabel 2 dui die aantal kontrolepunte (verpligtend en bykomend) aan waaraan die groep moet voldoen per sertifiseringsjaar. Tabel 1: Aantal verpligtende en bykomende kontrolepunte per sertifiseringsjaar (Groepsertifisering)

Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4

Afdeling A 22 28 31 33

11 5 2 0

Afdeling B 13 29 36 39

29 13 6 3

Afdeling C 19 24 29 29

11 6 1 1

Afdeling D 4 6 8 10

9 7 5 3

Totale verpligte kontrolepunte per jaar 58 87 104 111 Totale bykomende kontrolepunte per jaar 60 31 14 7

Tabel 2: Aantal kontrolepunte (verpligtend en bykomend) om aan te voldoen (Groepsertifisering) per sertifiseringsjaar

Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4

Aantal bykomende kontrolepunte 6 3 3 1

Totale verpligte kontrolepunte 64 90 107 112

Die groep kan self kies watter bykomende kontrolepunte nagekom moet word, solank dit voldoen aan die vereiste aantal wat benodig word vir sertifisering. Ter voorbereiding vir die volgende oudit, word die groep aanbeveel om bykomende kontrolepunte te kies wat in die volgende sertifiseringsjaar verpligte kontrolepunte sal wees.

Page 10: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 9

Sommige kontrolepunte is dalk nié van toepassing op die groep nie. Voordat die groep die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1 implementeer, moet dit vasstel of elke kontrolepunt van toepassing is op hulle situasie. Byvoorbeeld, indien die groepslede uitsluitlik afhanklik is van reënval en daarom nie besproei nie, is die kontrolepunte wat verwys na besproeiing nié van toepassing op hierdie groep nie. Indien die groep geen verwerkingsaktiwiteite uitvoer nie, is geen van die kontrolepunte wat verband hou met verwerkingsaktiwiteite van toepassing op hierdie groep nie. In sulke gevalle moet die groep demonstreer hoekom hierdie kontrolepunte nié van toepassing is nie. Die eksterne ouditeur sal dan verifieer of hierdie kontrolepunte inderdaad nie van toepassing is nie. Indien ‘n bykomende kontrolepunt nie van toepassing is nie, word dit so aangedui in die aanmerkings-kolom van die Kontrolelys tydens die self-assesering en oudits. Dit mag nié afgetrek word van die totale aantal bykomende kontrolepunte om aan te voldoen nie (m.a.w ‘n groep mag slegs ‘n keuse maak uit die aantal bykomende kontrolepunte wat van toepassing is) en dit mag nié bygetel word by of afgetrek word van die aantal bykomende kontrolepunte wat aan voldoen is. Indien ‘n verpligte kontrolepunt nie van toepassing is nie, word dit so aangedui in die aanmerkings-kolom van die Kontrolelys tydens self-assesering en oudits, asook in die verduideliking-vir-nakoming-afdeling aan die einde van die Kontrolelys.

Ander relevante dokumente Bykomende dokumente wat riglyne gee vir die begrip en implementering van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1 is beskikbaar op die UTZ-webstuiste5. Hierdie dokumente sluit in:

- Die Sertifiseringsorotokol (“Certification Protocol”): Beskryf die prosedures wat gevolg

moet word om UTZ-gesertifiseer te word. Dit beskryf ook die verhouding tussen die

sertifiseringsliggaam en UTZ.

- Die Implementeringshandleiding (“Implementation Guide”): Bykomende verduideliking

oor hoe om te voldoen aan spesifieke kontrolepunte. Die dokument is in dieselfde formaat

as die Gedragskode en dui aan na watter kontrolepunt(e) elke opmerking verwys. Die

Implementeringshandleiding word van tyd tot tyd opdateer.

- Die Interne Bestuurstelselhandleiding (“Internal Management System Guide”): Gee

leiding oor hoe om ‘n interne bestuurstelsel te vestig en te voldoen aan die doelwitte van so

stelsel.

- Die Risikobepalingshandleiding (“Risk Assessment guidance document”): Verduidelik

hoe die risikobepaling gedoen moet word en gee voorbeelde van moontlike risiko’s en hoe

sulke risiko’s gevalueer en aangespreek kan word.

- Die Algemene Kode / Module kontrolelyste (“Core Code / Module checklists”):

Opsommende lyste van al die kontrolepunte en vrae wat ingesluit is vir moniterings- en

evalueringsdoeleindes, met ʼn bykomende kolom vir opmerkings. Hierdie dokumente kan

deur die groep gebruik word wanneer hulle ʼn self-inspeksie doen. Die kontrolelyste kan ook

deur ouditeure van sertifiseringliggame gebruik word om eksterne oudits te doen.

- Die Verbode Plaagdoderlys (“Banned Pesticides List”): Lys alle plaagdoders wat verban is

en nie gebruik mag word op UTZ-gesertifiseerde gewasse nie. Die dokument bevat ook die

Plaagdoderwaaklys (“Watchlist”) wat plaagdoders lys wat nié verban is nie, maar waarvan 5 www.utz.org

Page 11: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 10

die gebruik deeglik gemonitor moet word. Sulke plaagdoders mag slegs gebruik word indien

daar nie alternatiewe middels beskikbaar is nie.

Die Engelse weergawe van alle sertifiseringsdokumente (insluitende die Gedragskode) en ander dokumente opgestel deur UTZ, is die amptelike weergawe. Indien daar enige twyfel bestaan oor interpretasie van vertaalde weergawes, moet die Engelse weergawe geraadpleeg word.

Groepe moet altyd die jongste weergawes van die dokumente hierbo gelys toepas.

Page 12: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 11

Afkortings Die volgende is ʼn lys van afkortings wat in hierdie dokument gebruik word: GIP Good Inside Portal GPS Globale Posisioneringstelsel GP Geïntegreerde Pesbestuur IBS Interne Bestuurstelsel ILO International Labour Organisation (International Arbeidsorganisasie) MIV/VIGS Menslike Immuniteitsgebreksvirus / Verworwe Immuniteitsgebreksindroom MRV Maksimum Residuvlakke NRO Nie-regeringsorganisasies PBT Persoonlike Beskermende Toerusting WHO World Health Organisation (Wêreld Gesondheidsorganisasie)

Definisies

Agteruitgang Die beduidende direkte of indirekte versteuring van natuurlike ekosisteme veroorsaak deur menslike aktiwiteite soos die vestiging van gewasse of ontbossing vir boudoeleindes, energie, kos of ander redes. Agteruitgang sluit ook in die afname in digtheid, struktuur, spesiesamestelling of produktiwiteit van plantegroei in natuurlike ekosisteme.

Aktiewe bestanddeel

Die chemiese bestanddeel of komponent in ʼn plaagdoder wat die pes kan doodmaak, afweer, aantrek, die pes se effektiwiteit verswak of dit andersins beheer (in teenstelling met chemies-onaktiewe bestanddele soos water, oplosmiddels, emulsifiseerders, dryfmiddels, kleefmiddels en klei.)

Bedreigde spesies Flora en fauna spesies wat as bedreig aangedui word volgens nasionale wette of klassifikasiestelsels en/of gelys is in die Rooilys van Bedreigde Spesies van die IUCN (National Union for Conservation of Nature) (Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur). Asook spesies wat ingesluit is in die CITES (Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) (Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies).

Beskermde area ʼn Duidelik-gedefinieerde geografiese area wat erken word, toegewy is en bestuur word deur geregtelike of ander effektiewe prosesse om die langtermynbewaring van die natuur, saam met verwante ekosisteme en kulturele waardes, te verseker. Voorbeeldde sluit in nasionale parke, wildernisareas, gemeenskapsbewaringsareas en natuurreservate.

Biologiese (of groen) gang

ʼn Geografies-gedefinieerde area wat dien as skakeling tussen landskappe, ekosisteme en habitatte (natuurlik of aangepas). Deur middel van hierdie skakeling word die onderhoud van biodiversiteit en ekologiese en evolusionêre prosesse verseker.

Bywoner Iemand wat die grond van ‘n grondeienaar bewerk vir ʼn gedeelte van die gewas of ‘n gedeelte van die opbrengste van die gewas.

Eksterne oudit ʼn Oudit wat uitgevoer word deur ʼn sertifiseringsliggaam om nakoming van die UTZ-Gedragskode te evalueer.

Page 13: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 12

Geïntegreerde Pesbestuur (GPB)

ʼn Ekosisteem-benadering tot gewasverbouing en -beskerming wat verskeie bestuurstrategieë en -praktyke kombineer om gesonder gewasse te produseer en die gebruik van plaagdoders tot die minimum te beperk.

Goeie landboupraktyke

Praktyke wat omgewings-, ekonomiese- en sosiale volhoubaarheid aanspreek, met betrekking tot prosesse op die plaas en post-produksieprosesse, en veilige landbouprodukte van ʼn hoë kwaliteit tot gevolg het.

Groep ʼn Groep georganiseerde produsente wat deel is van ʼn gedeelde IBS en wat sáám gesertifiseer is onder die opsie “Groepsertifisering” of “Multi-groepsertifisering” soos beskryf in die UTZ-Sertifiseringsprotokol. Die groep georganiseerde produsente kan georganiseerd wees in ʼn vereniging of as ʼn koöperatief, of kan bestuur word deur handelskettingakteur (soos ʼn uitvoerder) of ‘n ander entiteit.

Groepslid ʼn Produsent wat as deel van ʼn groep gesertifiseer is. Dit kan die persoon wees wat die operateur van die plaas is (byvoorbeeld ‘n bywoner) en hoef nie die grondeienaar self te wees nie.

Groepslidpremie ʼn Gedeelte van die UTZ-premie wat deur ‘n groep ontvang word en dan gegee word aan ʼn individuele groepslid óf in kontant óf op ander wyses. Die groepslidpremie sluit nie uitgawes in wat verband hou met die bestuur van die groep nie ( soos die gebruik van premie vir ouditkoste en ander administratiewe doeleindes), of dienste of produkte wat aan die hele groep/ gemeenskap gelewer word ( soos fasiliteite of opleiding).

Groepslidwerker ʼn Landbouwerker in diens van ʼn UTZ-gesertifiseerde groepslid.

Groepspersoneel Werkers wat werk verrig vir ʼn UTZ-gesertifiseerde groep. Dit sluit in IBS personeel (soos interne inspekteurs en kantoorpersoneel wat vir die IBS werk), asook werkers by sentrale plekke van produksie, verwerking en onderhoud.

Interne Bestuurstelsel (IBS)

'n Gedokumenteerde stelsel van gehaltebestuur met die doel om doeltreffende organisasie en bestuur van die groep te fasiliteer en te verseker dat die groep en groepslede voldoen aan die toepaslike vereistes van die UTZ-Gedragskode.

Interne inspeksie Inspeksie van ʼn groep wat deur ʼn persoon (of groep persone), wat deur die IBS aangewys is, gedoen word ten einde vas te stel of die groepslede voldoen aan die toepaslike vereistes van die UTZ-Gedragskode.

Kollektiewe bedingingsooreenkoms

ʼn Geskrewe ooreenkoms oor werksomstandighede en diensvoorwaardes tussen: a) ʼn werkgewer, ʼn groep werkgewers of ʼn werkgewersorganisasie, en b) ʼn verteenwoordigende werkersorganisasie of die verteenwoordigers van werkers soos verkies en bemagtig deur werkers ooreenkomstig nasionale wetgewing en regulasies.

Kunsmisstowwe Enige organsiese of anorganiese materiaal van natuurlike of kunsmatige oorsprong (behalwe kalkingmateriale) wat by grond gevoel word ten einde een of meer plantvoedingstowwe, wat noodsaaklik is vir die groei van die pante, te voorsien

Anorganiese kunsmisstowwe

‘n Kunsmisstof waarvan koolstof nié ‘n noodsaaklike komponent van die basiese chemiese struktuur is nie. Dit is kunsmis waarvan die verklaarde voedingstwowwe in die vorm van anorganiese sout (verkry deur onttrekking en/of deur fisiese en /of chemiese industriële prosesse) is. Voorbeelde is ammoniumnitraat, ammoniumsulfaat en kaliumchloried.

Page 14: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 13

Organiese kunsmisstowwe

Byproduk van die verwerking van dier- of groentestowwe wat voldoende plantvoedingstowwe bevat om waardevol te kan wees as kunsmis. Voorbeelde sluit in kompos,turf en mis.

Maksimum Residuvlakke (MRV)

Wettige limiet vir die maksimum hoeveelheid chemiese residuvlakke wat toelaatbaar is op produkte. MRV dien as ʼn aanduiding vir die korrekte gebruik van plaagdoders.

Naspeurbaarheid Die versekering dat gesertifiseerde volhoubare produkte afkomstig is van ʼn gesertifiseerde bron en/of volhoubare produksie ondersteun, deur middel van ʼn identifikasiestelsel waarvan daar rekord gehou word.

Ontbossing Die direkte stappe geneem deur mense om die natuurlike omgewing skoon te maak vir die verbouing van gewasse.

Permanente werker ʼn Werker met ʼn werkskontrak van 12 maande of meer.

Plaagdoders Insekdoders, swamdoders, onkruiddoders, ontsmettingsmiddels en enige ander stowwe of mengsels van stowwe vir voorkoming, beheer of vernietiging van enige peste of siektes, insluitend ongewenste spesies plante of diere wat skade aanrig tydens, of op enige ander wyse inmeng met, produksie, verwerking, stoor, vervoer of bemarking van kos- of landbouprodukte. Die term sluit stowwe in wat gebruik word as ʼn groeireguleerder, ontblaarmiddel of droogmiddel vir plante; stowwe wat gebruik word vir die uitdun van vrugte of om voortydige vrugte-val te verhoed; en enige stowwe wat aan gewasse gewend word voor of na dit geoes is om die produkte te beskerm teen agteruitgang tydens berging en vervoer.

Plaas Alle grond en fasiliteite wat gebruik word vir landbouproduksie en verwerkingsaktiwiteite, wat deur dieselfde bestuursliggaam en met dieselfde operasionele prosedures bedryf word.

Plantmateriaal Saad, saailinge, en ander plantaardige materiale wat gebruik word om UTZ-gesertifiseerde gewasse te vestig, te vervang of te rehabiliteer, of om meer plantmateriaal te vervaardig.

Primêre woude ʼn Woud waar daar nog nooit hout gekap of uitgedun is nie en wat ontwikkel het deur natuurlike versteurings en ander natuurlike prosesse, ongeag die woud se ouderdom.

Produksie Die aktiwiteite wat onderneem word om landbouprodukte te lewer in die vorm waarin dit op die plaas voorkom. Dit sluit in plant, onderhoud en oes van gewasse.

Produksiearea Die area wat gebruik word vir die produksie van die gesertifiseerde gewas.

Produktiwiteit Die ratio van landbou insette teenoor uitsette. Produktiwiteit meet hoe effektief insette (soos grond, arbeid, bemesting, plaagdoders, masjinerie en water) gebruik word in die produksieproses.

Produsent Die persoon of organisasie wat die plaas verteenwoordig en wat verantwoordelikheid dra vir die produkte wat deur die plaas verkoop word.

Regte lone Lone wat aangepas is oorenkomstig inflasie.

Page 15: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 14

Risikobepaling ʼn Sistematiese proses om gevare te identifiseer en te evalueer. Gevare kan in ‘n eksterne omgewing identifiseer word (bv. ekonomiese tendense, klimaatsverandering, kompetisie) en ook in die interne omgewing ( bv. mense, proses, infrastruktuur). Wanneer die gevare inmeng met die doelwitte van die besigheid, of wanneer mens kan voorspel dat dit sal inmeng, dan word dit risiko’s.

Sekondêre woud ‘n Woud waar hout uitgekap is, maar wat op ‘n natuurlike of kunsmatige wyse herstel het. Dit sluit ook vervalle woud in, wat sekondêre woud is wat - deur menslike aktiwiteite - sy struktuur , funksie, spesie-samestelling of produktiwiteit (normaalweg geasosieer met natuurlike woud in daardie gebied) verloor het.

Skakelpersoon vir kinderarbeid

‘n Gemeenskapslid, aangestel deur die IBS-personeel, om leiding te neem om (moontlike) gevalle van kinderarbeid in die gemeenskap te voorkom, te monitor en te remedieer, en sulke gevalle te dokumenteer en verslag te lewer aan IBS-personeel. Die skakelpersoon kan ʼn groepslid wees of deel van die IBS-personeel, maar kan ook ‘n ander gemeenskapsgebasseerde persoon wees (bv. onderwyser of verteenwoordiger van ‘n godsdienstige gemeenskap). Dit kan een persoon wees, maar ook ‘n kommittee.

Subkontrakteur ʼn Organisasie of individu wat deur ʼn groep, groepslid of produsent gekontrakteer word om een of meer spesifieke stappe te implementeer wat gedek word deur die UTZ-Gedragskode, byvoorbeeld besproeiing, verwerking, oes, vervoer of toesig oor verwerkingsfassiliteite en ander plekke.

Tussenverbouing ʼn Verbouingstelsel waar twee of meer gewasse terselfdertyd op ʼn enkele stuk grond gegroei word. Tussenverbouing kan gebruik word om opbrengs te vermeerder, grondvrugbaarheid te verbeter en om skade van peste en siektes te verminder.

Tyd van hertoelating

Die tydstip wanneer dit veilig is om, sonder beskermende toerusting, terug te gaan na ‘n area waar plaagdoders aangewend.

Tydelike werker ʼn Werker met ʼn kontrak, of ʼn verwagte werkperiode, van minder as 12 maande.

UTZ-premie Die UTZ Premie is ‘n bykomende kontantbedrag wat betaal word bo-op die markprys vir ‘n soortgelyke konvensionele (nie-gesertifiseerde/nie-geverifieerde) produk, omdat die produk volhoubaar geproduseer is en voldoen aan die vereistes van die UTZ standaarde. Die UTZ Premie is verpligtend en moet op ooreengekom word tussen die UTZ-gesertifiseerde groep of produsent en die eerste koper. Die UTZ Premie behels geen aftrekkings vir herbetaling van vooraf-gefinansierde produkte of dienste nie, en word geregistreer in die UTZ Good Inside Portal.

Veilige drinkwater Water wat van sodanige kwaliteit is dat dit deur mense verbruik kan word sonder die risiko van onmiddellike of langtermynskade.

Verouderde plaagdoders

Plaagdoders wat nie meer gebruik kan word nie, omdat dit byvoorbeeld versleg het, verval het of nie meer gebruik mag word nie.

Verwerking Die verandering van produkte in voltooide of onvoltooide produkte, insluitend die verandering van primêre (rou) produkte op plaasvlak.

Voor-oes interval Die tyd tussen die laaste aanwending van plaagdoders en die toegelate oesdatum van die behandelde gewasse of area.

Page 16: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 15

Water areas Enige beduidende versameling (natuurlik of kunsmatig) van water, insluitend byvoorbeeld mere, strandmere, damme, reservoirs, vleilande, riviere, strome, en kanale.

Werker ʼn Persoon wat werk op ʼn plaas, of vir ʼn produsent of groep / groepslid. Die definisie sluit alle tipes werkers in, soos permanente-, tydelike-, trekarbeiders, verbygaande-, familie- en stukwerkers.

Woud Grond wat meer as o.5 hektaar dek met bome hoër as 5 meter en ʼn bosdakbedekking van meer as 1o persent, of bome wat hierdie drumpels op ‘n natuurlike wyse bereik. Dit sluit nié grond in wat oorwegend vir landbou- of stedelike doeleindes gebruik word nie.

Page 17: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 16

Kontrol epunt e

AFDELING A – BESTUUR

Beginsels:

- Plase is ekonomies lewensvatbaar en sterk.

- Plase is winsgewend in die langtermyn.

- Plase is doeltreffend en bereik optimale produktiwiteit.

- Groepe implementeer risikobestuur.

- Groepe word goed bestuur en bied goeie en betroubare dienste aan hul lede.

- Groepslede is in staat om 'n lewensinkomste te verdien en om 'n ordentlike lewenstandaard vir hulself en hul

gesinne te verseker.

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Identifikasie van produksie area

G.A.1

ʼn Opgedateerde kaart, wat ʼn oorsig gee van die produksie-area(s), is beskikbaar.

G

Die kaart sluit in: - gewas-areas met nuut-gevestigde areas en kwekerye, - beskermde areas, - water-areas, - woongebiede, en - GPS koördinate van die ligging van die IBS-administrasie (indien dit nié 'n spesifieke plek binne die produksie-area is nie, moet koördinate gegee word wat min of meer die middel van die produksie-area verteenwoordig).

G.A.2

Die totale area van die gesertifiseerde gewas word bepaal.

G

Die area word vasgestel deur erkende metode(s) te gebruik gebaseer op bv.: - GPS kartering - Grondtitels - Boom sensus en digtheid

G.A.3 Die gewas word verbou op grond wat as landbougrond geklassifiseer is en/of goedgekeur is vir landbougebruik.

G+L Daar is kennis van plaaslike klassifikasie van grond en ontwikkelingsbeplanning vir nuwe landbou-areas.

Rekordhouding

G.A.4

Alle rekords en dokumente verwant aan UTZ-sertifisering is toegangklik en word gehou vir ʼn minimum periode van drie jaar vanaf die datum wat dit ingesamel is, tensy ʼn langer tydperk wetlik vereis word.

G

Page 18: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 17

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Interne Bestuurstelsel (IBS)

Verantwoordelike persone

G.A.5

ʼn Akkurate en opdateerde oorsig van alle groep-personeel word gehou.

G

Vir permanente groep-personeel, sluit die oorsig ten minste in hulle: -volle name, -geslag, -geboortedatum of ouderdom, -datum van eerste indiensname en periode van kontrak, en -lone. Vir tydelike groep-personeel, sluit die oorsig ten minste in hulle: -volle name, -geslag, -geboortedatum of ouderdom, -aantal dae gewerk en -lone.

G.A.6

Die groep het 'n grafiek waarop alle individue in die IBS en hul onderskeie funksies aangedui word. Dit sluit ook alle verantwoordelike persone in soos aangestel in kontrolepunt G.A.7.

G

G.A.7

Verantwoordelike persone of 'n komitee word aangestel vir die volgende: Afdeling A) Bestuur Afdeling B) Boerderypraktyke Afdeling C) Werksomstandighede Afdeling D) Omgewing Skakelpersone vir kinderarbeid word aangestel en is gebaseer in gemeenskappe. Die verantwoordelike persone of komitee is bevoeg, kundig oor die onderwerpe en beskikbaar aan die groepslede en die groep-personeel.

G

Die verantwoordelike persone of komitee is verantwoordelik vir die volgende onderwerpe. Een persoon of komitee kan verantwoordelik wees vir 'n aantal onderwerpe. Afdeling A) Bestuur - IBS bestuur - Naspeurbaarheid, produkidentifikasie en -skeiding tydens produksie en verwerking - Opleiding - Hantering van vrae, idees, klagtes, sanksies en appèlle - Gelyke regte en geleenthede vir vroue. Afdeling B) Boerderypraktyke - Keuse en implementering van Goeie Landboupraktyke, insluitend oespraktyke en na-oes praktyke - Voedselveiligheid en kwaliteit van die produk Afdeling C) Werksomstandighede - Werkersregte - Kinderarbeid - Veilige en gesonde praktyke, insluitend tyd van hertoelating en die gebruik van masjinerie en plaagdoders - Noodhulp en noodprosedures Afdeling D) Omgewing - Afvalbestuur en beskerming van die omgewing Demonstrasie van bevoegdheid kan amptelike kwalifikasies insluit, en/of bywoningsertifikate vir

Page 19: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 18

opleiding, en/of ondervinding waarvan daar bewyse gelewer kan word. Die bestuur is ingelig oor die UTZ vereistes, sertifiseringsproses en ontwikkelinge.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Identifikasie van lede en kontrakte

G.A.8

'n Register van groepslede word gehou en opdateer.

G

Vir elke groepslid sluit die register die volgende in Jaar 1 in: - naam, geslag, ligging (bv. gemeenskap), en telefoonnommer - naam, geslag, ligging (bv. gemeenskap), en telefoonnommer van die operateur van die plaas (indien dit anders is as die van die groepslid; bv. ‘n bywoner) - unieke lid-identifikasie, - die plaas se regerings-ID (indien van toepassing), - produksie (vorige jaar se oes en hierdie jaar se skatting), - UTZ-status en eerste jaar van UTZ-sertifisering, -aantal permanente werkers aand die gewas - interne inspeksiedatum en - deelname aan ander sertifiseringsprogramme, indien van toepassing Vanaf Jaar 2 en daarna voeg die register die volgende by: - totale area van die plaas, - aantal plotte en totale oppervlakarea van gesertifiseerde gewasse, en - totale volume wat aan die groep gelewer is elke jaar sedert sertifisering.

G.A.9

Daar is ʼn getekende ooreenkoms in plek tussen die groep en elke groepslid, wat die regte en verantwoordelikhede van elke party uiteensit. Elke groepslid verstaan die ooreenkoms. Ooreenkomste word op 'n sentrale plek gestoor en afskrifte is beskikbaar vir elke groepslid. Bywoners het 'n ooreenkoms, geskrewe óf mondelings (met getuies), met die persoon wat erken word as die grondeienaar. Dit sluit in ten minste wedersydse regte en verpligtinge, soos byvoorbeeld hoe gereeld betaling gemaak word.

G

Ooreenkomste met groepslede sluit ten minste in: - die groepslid se verpligting om te voldoen aan die Algemene Kode, - die groepslid se verpligting om beide interne inspeksies en eksterne oudits en sanksies te aanvaar, - 'n waarborg van die groepslid dat enige produk wat as gesertifiseerd verkoop word wél vanaf hul gesertifiseerde plaas kom, - 'n groepslid se reg om 'n kopie van hul dokumente en rekords te kry op aanvraag, en - elke party se reg om die ooreenkoms te beëindig. Die IBS het ‘n prosedure om gevalle van nie-nakoming van enige verpligting in die ooreenkoms te hanteer. Sulke gevalle van nie-nakoming word aan die eksterne ouditeur gerapporteer.

G.A.10

Oesopbrengste van die groepslede word beraam deur geloofwaardige metodologie te gebruik. Dit word gedokumenteer en jaarliks opdateer.

G

ʼn Geloofwaardige metodologie neem in ag bv.: - Oeste van die vorige jaar - Boom sensus/digtheid - Ouderdom van bome - Die gebruik van insette - Peste en siektes - Plantvariëteite - Kwaliteit van die grond - Geografiese ligging - Klimaat

Page 20: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 19

Page 21: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 20

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Interne inspeksie en self- assesseringsprosedure

G.A.11

ʼn Interne inspeksiestelsel is in plek wat groepslede formeel inspekteer teen alle relevante vereistes van die Gedragskode. Die resultate van interne inspeksies word gedokumenteer in 'n verslag.

G

Interne inspeksies word uitgevoer: : - op alle lede van die groep voor die groep se eerste eksterne oudit, en - op alle nuwe aansoekers voordat hulle voorgestel word aan die bestuurder of komitee in beheer van goedkeuring en sanksies. 'n Rondte van interne inspeksies word elke jaar gehou. Interne inspeksieverslae sluit in: - die groepslid se identifikasienommer, produksieliggings, produksie (vorige jaar se oes en hierdie jaar se skatting), en handtekening of vingerafdruk van die groepslid, - datum van inspeksie, - naam van inspekteur, - bevestiging van kritieke sake wat verband hou met die gewasse, soos kinderarbeid, praktyke om opbrengste te optimaliseer, ens., - non-konformiteite geïdentifiseer en korrektiewe stappe geneem, - sertifiseringsjaar, en - sertifiseringstatus. Indien advies gegee word gedurende die interne inspeksie, word die inhoud opgeneem in die interne inspeksieverslag. Daar is 'n duidelike skeiding tussen die interne inspeksieproses en die advies wat gegee word tydens die interne inspeksie, sodat daar geen konflik is tussen die doelwitte van die twee aktiwiteite nie.

G.A.12

‘n Selfassessering word gedoen om die groep en al die sub-kontrakteurs se nakoming van die Gedragskode te bepaal. Die selfassessering word aan die eksterne ouditeur beskikbaar gestel.

G

Die selfassessering word jaarliks uitgevoer teen die toepaslike kontrolepunte van die Algemene Kode en die produk-spesifieke Module, deur die UTZ Algemene Kode en die Module Aksielys te gebruik. Die IBM moet alle subkontrakteurs se nakoming van die Gedragskode verseker.

G.A.13

'n Verklaring wat voorsiening maak vir die botsing van belange word deur al die IBS-personeel onderteken.

G

Die verklaring dui die volgende aan: - dat IBS-personeel nie enige groepslede mag inspekteer of goedkeur met wie daar 'n moontlike botsing van belange is nie, en - die verpligting om die groep of enige groepslid, met wie daar botsing van belange kan wees, in kennis te stel.

G.A.14

ʼn Stelsel vir goedkeuring en sanksies is in plek om nakoming van elke groepslid te verseker.

G

Die stelsel sluit in: - 'n bestuurder of komitee in beheer van goedkeurings en sanksies, - 'n meganisme om op te volg op die verbetering en korrektiewe stappe van groepslede, en - 'n besluit oor elke groepslid se sertifiseringstatus, wat gedokumenteer en onderteken word, en ingesluit word in die finale interne inspeksieverslag.

Page 22: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 21

G.A.15

Die groepslid het die reg om appèl aan te teken teen enige besluit wat gemaak is deur die bestuurder of komitee in beheer van goedkeurings en sanksies.

G+L

Page 23: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 22

KP # Kontrolepunt

Va

n t

oe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Risiko bestuur

G.A.16

ʼn Risikobepaling word gedoen om moontlike risiko's in produksie en verwerking in die volgende areas te identifiseer: Afdeling A) Bestuur Afdeling B) Boerderypraktyke Afdeling C) Werksomstandighede Afdeling D) Omgewing

G

Die risikobepaling word jaarliks hersien en opdateer. Die risikobepaling neem die UTZ se leiding vir risikobepalings in ag.

G.A.17

ʼn Drie-jaar groepbestuursplan word voorberei en sluit stappe in wat nodig is om alle tersaaklike kwessies, soos in die risikobepaling geïdentifiseer, aan te spreek. Stappe word geïmplementeer en gedokumenteer.

G

Die groepbestuursplan word gemonitor en jaarliks opdateer.

Opleiding en bewusmaking

G.A.18

Opleiding word voorsien aan alle groep-personeel, oor alle onderwerpe waarvoor hulle verantwoordelik is (gelys in G.A.7) in die volgende areas: Afdeling A) Bestuur Afdeling B) Boerderypraktyke Afdeling C) Werksomstandighede Afdeling D) Omgewing Groep-personeel opleiding word gedoen deur 'n bevoegde persoon/persone. ‘n Opleidingsregister word van elke opleiding gehou, en opleiding word opgevolg deur ‘n bevestiging dat die opgeleide persone die inhoud verstaan en dit kan toepas.

G

Opleiding is voldoende om aan die behoeftes van die groep-personeel te voldoen. Opleiding vind ten minste een keer per jaar plaas. Elke opleidingsregister dui die volgende aan: - datum, - onderwerp, - opsomming, - tydperk en - naam van die opleier(s). Bywoningsregisters sluit deelnemers se handtekeninge/vingerafrdukke en geslag in.

Page 24: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 23

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.A.19

Opleiding word gegee aan alle groepslede en aan operateurs van plase oor onderwerpe tersaaklik vir hulle in die volgende areas: Afdeling A) Bestuur Afdeling B) Boerderypraktyke Afdeling C) Werksomstandighede Afdeling D) Omgewing Opleiding word gedoen deur 'n bevoegde persoon/persone en sluit in toetsing of die inhoud van die opleiding verstaan is. ‘n Opleidingsregister word vir elke opleiding gehou.

G

Opleiding is voldoende in getal en termyn om in die behoeftes van die groepslede te voorsien. Opleiding is duidelik en verstaanbaar vir groepslede. Tenminste twee onderwerpe word jaarliks in ‘n opleiding(s) gedek. Teen die einde van die vierde jaar is al die volgende onderwerpe gedek deur interne of eksterne opleiers: Afdeling A) Bestuur - Naspeurbaarheid Afdeling B) Boerderypraktyke - Goeie plaasonderhoud en -produktiwiteit - GBP benadering en maatreëls - Gewasdiversifikasie - Veilige hantering en gebruik van toegelate plaagdoders, insluitende voor-oes intervalle en tyd van hertoelating - Oespraktyke en na-oespraktyke - Produkkwaliteit en voedselveiligheid - Rekordhoudingsvaardighede Afdeling C) Werksomstandighede - Beroepsgesondheid en-veiligheid Afdeling D) Omgewing - Beskerming van water areas - Beskerming van flora en fauna - Klimaatsverandering - Afvalbestuur Die bevoegdheid van die opleier(s) kan gedemonstreer word deur amptelike kwalifikasies, en/of bywoningsertifikate van opleidingskursusse, en/of ondervinding wat bewys kan word. Elke opleidingsrekord dui die volgende aan: datum, onderwerpe, opsomming, tydperk en naam van opleier(s). Bywoningsregisters sluit die handtekeninge/vingerafdrukke en geslag van deelnemers in.

G.A.20

Bewusmakingsaktiwiteite word gedoen en gedokumenteer met groepslede en groepslidwerkers en hul families om hulle in te lig oor: Afdeling C) Werksomstandighede

G

Ten minste twee onderwerpe word elke jaar gedek. Teen die einde van die vierde jaar, is al die volgende onderwerpe gedek deur interne of eksterne opleiers: Afdeling C) Werksomstandighede - Werkersregte - Kinderarbeid, insluitende gevaarlike werk en mensehandel - Die belangrikheid van opvoeding - Gelyke regte en geleenthede vir vroue - Seksuele teistering, diversiteit en diskriminasie - Veiligheid en gesondheid, insluitende MIV/VIGS, tyd van hertoelating en higiëne - Familievoeding en ander kwessies wat algemene gesondheid sal bevorder - Ander tersaaklike onderwerpe

Page 25: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 24

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.A.21

Vroue neem deel aan opleidings- en bewusmakingsessies.

G

Stappe word geneem om vroue se deelname aan opleidings- en bewusmakingsessies te fasiliteer. Stappe sluit byvoorbeeld in: - Duidelike kommunikasie aan vroue tydens sessies - Hou sessies op tye wanneer dit vir vroue moontlik is om dit by te woon

Naspeurbaarheid

G.A.22

Daar is rekords van die produkvloei vanaf gesertifiseerde produksie- eenhede tot by versamelpunte (bv. stoorareas) asook verwerking en hantering wat deur die groep gedoen word.

G+L

G.A.23

Die UTZ produk, insluitende voorraad van vorige sertifisering jare, word as sulks identifiseer en word ten alle tye streng apart gehou van nie-UTZ gesertifiseerde produkte.

G+L

Voorraad wat oorgedra word, is die fisieke voorraad van UTZ produk wat oorbly nadat die volume van die produk wat deur die groep verkoop is, afgetrek is by die totale volume wat deur die groep aangekoop is gedurende die vorige sertifisering jaar.

G.A.24

Rekords en fakture word gehou om naspeurbaarheid te verseker.

G

Hierdie rekords sluit in: - die aankoop van UTZ produk van elke groepslid, - die verkope van UTZ produk, - die verkope van ander gesertifiseerde of geverifieerde produk, - die verkope van konvensionele (nie gesertifiseerd of geverifieerd) produk en - enige voorraad van UTZ, ander gesertifiseerde of geverifieerde en konvensionele (nie gesertifiseerd of geverifieerd) produk wat vanaf die vorige jaar oorgedra is. Aankoop fakture en betaling strokies dui die UTZ sertifisering status van die groepslede aan.

G.A.25

Alle verkope en aflewering van UTZ produk, insluitend premie, word in die Good Inside Portal aangeteken. Rekords vir die aankondiging van hierdie verkope word vergesel deur die GIP transaksie ID-nommer.

G

Produk kans slegs as UTZ verkoop word indien die groep 'n geldige Gedragskode sertifikaat het.

Premie en deursigtigheid

G.A.26

Daar is 'n "Gebruik van die UTZ premie" prosedure in plek en dit word aan die groepslede kommunikeer. Dit is duidelik dat die UTZ premie groepslede op 'n geldelike en/of nie-geldelike wyse bevoordeel.

G

Die "Gebruik van die UTZ premie" prosedure en rekords sluit in: - uitgawes op groep bestuur (bv. oudit kostes), -produkte en dienste wat aan die groep gelewer is (bv. opleiding, stoor fasiliteite) en - groepslid premie: voordele in die vorm van kontant of tasbare goedere (nie-geldelik). Rekords word op datum gehou.

G.A.27

Die groepslid premie word op 'n tydige en gerieflike wyse betaal. Pryse, premies en die tydsberekening van die premie betaling word op 'n duidelike en deursigtige wyse aan groepslede kommunikeer.

G

Daar word rekord gehou van kommunikasie van pryse en premies.

Page 26: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 25

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.A.28

Daar is 'n prosedure in plek vir die indien en hantering van klagtes. Die prosedure is toeganklik vir: - groep personeel, - groepslede, - groepslidwerkers - koper en verskaffers en - enige persoon wat 'n klagte wil indien wat verband hou met sake van nakoming van die Gedragskode. Die groep personeel en groepslede word ingelig oor die klagte prosedure wanneer hulle of aangestel word of wanneer hulle lede van die groep word.

G

Die prosedure: - laat toe dat klagtes op 'n anonieme wyse ingedien word, - spreek klagtes op 'n duidelike en tydige wyse aan, - verseker dat die persoon wat die klag indien nie gestraf word vir die indien van die klag nie, - meng nie in met enige ander erkende klagte of griewe prosedures nie (bv. geregtelik, kollektiewe ooreenkomste). Daar word op 'n voldoende wyse rekord gehou van klagtes en korrektiewe stappe. Rekords van klagtes vanaf die regering in die geval van (beweerde) oortredings word aan die ouditeur beskikbaar gestel.

G.A.29

Toerusting wat gebruik word om die gewig of volume van geoeste produk vas te stel word ten minste een keer per jaar gekalibreer. Daar is maatreëls in plek om ongewenste veranderinge te voorkom.

G

Kalibrasie kan deur eksterne mense gedoen word, in lyn met nasionale praktyke en regulasie. Meer gevorderde toerusting soos elektroniese weegskale word gekalibreer deur gespesialiseerde tegnikusse. Daar word rekord gehou van die naam van die persoon of organisasie wat die kalibrasie gedoen het, asook die datum waarop dit uitgevoer is.

Optimalisering van opbrengste

G.A.30

Diensverskaffers word geraadpleeg vir tegniese advies en ondersteuning oor Goeie Landbou Praktyke. Hierdie dienste word aan die groepslede beskikbaar gestel.

G

Navrae vir raad en ondersteuning kan bewys word, selfs in die gevalle waar dienste of ondersteuning nie gegee kon word nie. Indien dit moontlik en betekenisvol is, word daar 'n formele verhouding met plaaslike voorligting agentskappe gevestig. Die groep kan ook van interne kennis gebruik maak, indien dit voorsien in die behoeftes van die groep.

G.A.31

Die IBS identifiseer die uitdagings en bekostigbare maatreëls wat groepslede kan toepas om hulle opbrengste te optimaliseer.

G

Wanneer uitvoerbare maatreëls identifiseer en prioritiseer word, die volgende word in ag geneem: - kostes, - die potensiaal vir 'n toename in opbrengste en - die beskikbaarheid van insette wat benodig word (bv. arbeid, toerusting, kennis, plaagdoders, ens.).

G.A.32

Die IBS ondersteun en koördineer die implementering van prioriteits maatreëls om die optimalisering van die opbrengste van groepslede te verseker.

G

Daar is rekords van implementering.

G.A.33

Die IBS fasiliteer toegang tot landbou insette wat benodig word in relevante tye van die produksie siklus vir alle groepslede. Dit kan teen onkoste gedoen word.

G

Die IBS kan bewys dat daar pogings aangewend is om landbou insette soos plantmateriaal (dit sluit voortplantingsmateriaal in), gereedskap, kunsmis en plaagdoders.

Page 27: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 26

AFDELING B - BOERDERYPRAKTYKE

Beginsels:

- Plase bereik optimale produktiwiteit.

- Die kwaliteit van die produk voldoen aan die vereistes van die bedryf.

- GP (geïntegreerde pesbestuur) word geïmplementeer.

- Die gebruik van HHP (hoogsgevaarlike plaagdoders) word verminder.

- Groepslede:

o verbeter of handhaaf die kwaliteit van grond op hul plase, o gebruik landbou-insette verantwoordelik en doeltreffend, en o gebruik water doeltreffend.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Plantmateriaal en die kwekery

G.B.34

Geskikte variëteite word vir nuwe aanplantings gebruik Insluitend voortplantingsmateriaal. Die groep verskaf geskikte plantmateriaal aan groepslede, of identifiseer plaaslike verskaffer(s).

G+L

Geskikte variëteite neem die volgende in ag: - Verwagte opbrengs - Weerstand teen peste, siektes en droogte - Insette wat benodig word - Produk kwaliteit - Aanpasbaarheid tot plaaslike, geografiese, ekologiese en agronomiese kondisies Die lys van plaaslike verskaffers is beskikbaar en op datum. In gevalle waar daar nie 'n plaaslike verskaffer van geskikte plantmateriaal is nie, word daar reëlings getref om ʼn kwekerye op die perseel te vestig.

G.B.35 Plantmateriaal wat vanaf kwekerye gekry word, het nie enige sigbare tekens van peste of siektes nie.

G+L Indien plante wel sigbare tekens van beskadiging van peste of siektes het, is daar 'n regverdiging of 'n verduideliking daarvoor.

G.B.36

Daar is maatreëls in plek om die gesondheid van plante in die kwekerye op die perseel te beheer. Daar word rekord gehou en dit wys die oorsprong van die voeding en plaagdoder behandeling (insluitend sterilisasie).

G+L

Maatreëls sluit die waarneming en kontrolering van peste en siektes, asook skade aan die wortelstelsel in. Rekords sluit ten minste in: - datum van aanwending, - produk naam en - hoeveelheid of volume aangewend (per hektaar, plot, plant, ens.). Dit is voldoende vir ongeletterde groepslede om die produk verbaal te noem of om die produk etiket van die produkte wat gebruik is te wys en om ook verbaal verslag te lewer oor die periode of tydstip van aanwending en die hoeveelheid wat aangewend is.

G.B.37

Daar is rekords of sertifikate vir alle plantmateriaal wat die volgende aanwys: variëteit, besendingnommer en verkoper se naam. G+L

Dit is van toepassing op alle plantmateriaal wat verkry is na aansluiting aan die UTZ sertifiserings program. Dit is voldoende vir ongeletterde groepslede om variëteit en verkoper se naam verbaal te noem en/of om op die verpakkingsmateriaal te wys met die inligting van die plantmateriaal.

G.B.38 Die gebruik van enige geneties gemanipuleerde plante as plantmateriaal

G Spesifieke genetiese manipulasie is gedokumenteer. Daar is skriftelike erkenning van die kommunikasie

Page 28: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 27

vir die gewasse (insluitende proefpersele) word aan UTZ en die koper(s) kommunikeer.

met UTZ en die koper(s) beskikbaar vir die eksterne ouditeur. Dit is slegs van toepassing op UTZ produkte.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Plaas onderhoud

G.B.39

Nuwe aanplantings word gedoen volgens 'n geskikte verbouingsmetode, dit verseker ʼn verbouingstelsel wat volhoubaar goeie vestiging tot gevolg het.

L

ʼn Geskikte verbouingspatroon neem die volgende in ag, bv.: - Die vereistes van die variëteite -Geografiese, ekologiese en agronomiese kondisies -Diversifikasie en tussenverbouing - Aanplantingsdigtheid

G.B.40

Snoei en verwydering van lote / suiers en besmette materiaal word gereeld gedoen om optimale boom struktuur en gesondheid te verseker.

L

Gereedskap word ontsmet wanneer daar 'n risiko is dat siektes oorgedra kan word.

G.B.41

Onkruidbeheer word toegepas om die opname van voedingstowwe en vog deur die gewas te optimaliseer.

L

Voorkeur word gegee aan nie-chemiese onkruidbeheer strategieë.

G.B.42

Diep snoei, in-enting en/of hervestiging word gedoen om plante met ʼn lae of geen produktiwiteit, optimale opbrengs te verseker.

L

Diversifikasie

G.B.43

Diversifikasie van landbou produksie en/of ander bronne van inkomste word aangemoedig en toegepas om dit moontlik te maak om beter by mark en/of klimaatsverandering aan te pas.

G+L

Diversifikasie oorweeg tussenverbouing, die vestiging van groente tuine met voedsame plante by mense se huise, of enige ander tipe diversifikasie.

Grond- en vrugbaarheidbestuur

G.B.44

Gronderosie word verhoed deur die gebruik van grond bewaringstegnieke. Grond word bedek (bv. deur die gebruik van bedekkings gewasse, deklaag, ens.) wanneer grond skoongemaak word of wanneer lande herplant word.

L

Vuur word nie gebruik om plantegroei te verwyder wanneer grondvoorbereiding gedoen word nie.

G.B.45 Grondvrugbaarheid en die vlakke van gewasvoeding word op 'n jaarlikse basis gemonitor.

G+L Die volgende kan gebruik word om te monitor: grondkaarte, grond- of blaar ontledings of fisieke simptome wat voedingstekorte aandui.

G.B.46

Maatreëls word getref om grondvrugbaarheid te verbeter volgens die voedingsbehoeftes van die plant, insluitend onderhoudsvoeding vir die verlies van voedingstowwe tydens oes. Enige kunsmis (organies of anorganies) word effektief gebruik om optimale opname deur die plant te verseker.

L

Maatreëls om grondvrugbaarheid te verbeter sluit in bv.: -Plant stikstofbindende spesies -Agribosbou praktyke -Kompos -Aanwending van anorganiese kunsmis Maatreëls om lae pH van die grond reg te stel word geïmplementeer wanneer moontlik. Indien die grond pH laag is, moet versurende stikstof gebaseerde kunsmis vermy word of in kombinasie met kalk gebruik word. Die effektiewe gebruik van kunsmis oorweeg die

Page 29: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 28

volgende: voorgeskrewe dosis, periode, tydstip of intervalle van aanwending en vrystelling eienskappe.

Page 30: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 29

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.B.47

Organiese kunsmis en by-produkte wat op plaasvlak beskikbaar is word eerste gebruik en dan net aangevul deur die gebruik van anorganiese kunsmis indien daar 'n tekort aan voedingstowwe is.

L

Die risiko vir die oordrag van plantsiektes deur middel van die organiese materiale en by-produkte word in ag geneem.

G.B.48 Menslike riool, slyk en rioolwater word nie vir produksie en / of verwerking aktiwiteite gebruik nie.

G+L

G.B.49

Dieremis wat as bemesting gebruik word, word ten minste 25 meter weg van enige natuurlike waterbron gestoor. Geskikte kompos tegnieke word gebruik om risiko's te minimaliseer.

L

Die kondisies waaronder dit gestoor word verhoed enige impak op die omgewing, die oordrag van siektes en besmetting deur swaar metale.

Pes en siekte bestuur

G.B.50

Maatreëls vir Geïntegreerde Pesbestuur (GPB) word geïmplementeer en gedokumenteer.

G+L

GPB maatreëls word toegepas in die volgende volgorde :

1. Voorkoming en implementering van goeie

landboupraktyke.

2. Monitering van peste en siektes (bv.,

inseklokvalle).

3. Toepassing van toleransievlakke.

4. Die gebruik van nie-chemiese alternatiewe

soos kulturele of meganiese praktyke en/of

die gebruik van biologiese kontrole (bv.

natuurlike vyande)

5. Die gebruik van natuurlike plaagdoders (bv.

neem extract).

6. Gebruik (tydens spot application) van

chemiese plaagdoders wat die laagste

moontlike giftigheid vir mense, flora en

fauna inhou.

G.B.51

Plaagdoders soos aangedui op die UTZ Lys van Verbode Plaagdoders (UTZ List of Banned Pesticides) mag nié tydens enige stadium van vervaardiging gebruik word nie, en mag nié gestoor word vir gebruik op gesertifiseerde gewasse nie. Plaagdoders soos aangedui op die UTZ Plaagdoderwaaklys (UTZ PesticideWatch List) mag gebruik word, mits: - alle GPB maatreëls toegepas is, - minder skadelike alternatiewe nié beskikbaar is nie, en - spesifieke aanbevelings gevolg word om die risiko’s verbonde aan die skadelike aard van die produk te mitigeer of te verminder.

G+L

‘n Stelsel is in plek om die gebruik van plaagdoders in die Plaagdoderwaaklys te monitor.

Page 31: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 30

G.B.52

Plaagdoders word slegs gebruik of gestoor vir gebruik op gesertifiseerde gewasse indien dit amptelik geregistreer is en toegelaat word vir gebruik op die gewas in die land waar die plaas geleë is.

G+L

Plaagdoders kan ook gebruik en gestoor word indien daar goedkeuring van 'n nasionale agronomiese navorsing instelling of nasionale raad vir die spesifieke gewas is.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Rekords vir aanwending van plaagdoders en bemestingstowwe

G.B.53

ʼn Opdateerde en volledige lys van alle plaagdoders en kunsmis wat gebruik en gestoor mag word is beskikbaar vir alle groepslede.

G

Die lys van plaagdoders sluit in: - handelsname en aktiewe bestanddele, - spesifieke beskermende klere en opleiding wat nodig is om die produkte aan te wend, - voor-oes tussenposes en - hertoelatingstye Indien die lys van plaagdoders plaagdoders bevat wat op die UTZ Plaagdoderwaaklys is, moet die lys ook insluit: - piktogramme om groepslede te waarsku van die risiko wat hierdie produkte inhou, en - bykomende oorwegings vir behoorlike gebruik.

G.B.54

Rekord van alle aanwendings van anorganiese kunsmis en plaagdoders is beskikbaar.

G+L

Rekords sluit ten minste in: - die produk handelsnaam, - datum(s) van toepassing, en - hoeveelheid aangewend. Die IBS fasiliteer rekordhouding vir groepslede (bv. voorsien kalenders waarop aanwendings aangeteken kan word). Dit is voldoende vir ongeletterde groepslede om die produk verbaal te noem of om die produk etiket van die produkte wat gebruik is te wys en om ook verbaal verslag te lewer oor die periode of tydstip van aanwending en die hoeveelheid wat aangewend is.

Aanwendingsmetodes en toerusting vir plaagdoders en bemestingstowwe

G.B.55 Slegs behoorlik opgeleide persone mag gevaarlike plaagdoders hanteer of aanwend.

G+L

G.B.56

Plaagdoders en vloeibare kunsmis word voorberei, gemeng en aangewend volgens die etiket en die instruksies op die Data Blad vir Materiaal Veiligheid. Die voorgeskrewe dosis, periode of tydstip, en intervalle vir aanwending word in ag geneem.

G+L

Die Material Safety Data Sheet kan verkry word van regeringsagentskappe of -diensverskaffers. Bykomend hiertoe kan die raad of advies van 'n nasionale agronomiese navorsing instelling of nasionale raad vir die spesifieke gewas gevolg word. Die bykomende advies of raad moet gedokumenteer word.

G.B.57

Oorblywende plaagdoders en vloeibare kunsmis mengsel of water waarmee die spuittoerusting se tenk uitgewas word, word van ontslae geraak op 'n manier wat die impak op mense en die omgewing tot die minimum beperk.

G+L

Oorblywende mengsels word aangewend oor 'n deel van die gewasse wat nog nie behandel is of oor braak land, weg van enige water liggame (respekteer spesifiek die afstande soos in G.D.107).

G.B.58

Die tyd van toelating wat vir plaagdoders aanbeveel word, word toegepas en gerespekteer.

G+L

Daar is waarskuwingstekens op die plaas of ander maatreëls wat verseker dat tyd van toelating respekteer word.

Page 32: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 31

G.B.59

Die voor-oes intervalle wat vir plaagdoders aanbeveel word, word toegepas en gerespekteer.

G+L

Daar is 'n prosedure in plek om te verseker dat die voor-oes intervalle wat aanbeveel word respekteer word.

G.B.60

Alle toerusting wat gebruik word om plaagdoders en kunsmis aan te wend word in goeie toestand gehou om te verseker dat dit op die regte manier funksioneer.

G+L

Toerusting nagegaan vir die regte funksionering en word gekalibreer indien dit nodig is. Dit word tenminste een keer per jaar deur 'n opgeleide persoon gedoen (intern of ekstern). Aanwendingspuitkoppe word aangepas om seker te maak dat dit effektief spuit. Die nagaan en kalibrasie van toerusting word gedokumenteer.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Leë plaagdoder houers en uitgediende plaagdoders

G.B.61

Leë plaagdoder houers word 3 keer met water uitgespoel. Daar word weggedoen met die uitspoel water op die regte manier, of dit word uitgegooi in die spuittoerusting se tenk vir latere gebruik as deel van die spuit mengsel. Hierna word daar gate in die houers gemaak.

G+L

Leë plaagdoder houers mag nie vir enige doel hergebruik word nie, insluitend vir kos, dierevoer of stoor van brandstof nie.

G.B.62

Leë plaagdoder houers en uitgediende plaagdoders word hanteer deur middel van 'n versameling, ingee en/of wegdoen stelsel (georganiseer deur die regering of deur die verskaffer). Houers word gestoor, gemerk, en hanteer om 'n veilige en voldoende wyse totdat dit verwyder word.

G+L

Indien daar geen versameling, ingee en/of wegdoen stelsel beskikbaar of toeganklik is nie: - word daar weggedoen met leë plaagdoder houers op so 'n wyse dat dit blootstellings van mense, die omgewing en kosprodukte tot die minimum beperk word; - uitgediende plaagdoders word op 'n veilige wyse gestoor of daar word weggedoen daarmee op so 'n wyse dat dit blootstellings van mense, die omgewing en kosprodukte tot die minimum beperk word.

Plaagdoders en kunsmis stoor, hantering en verdunning

G.B.63

Plaagdoders en anorganiese kunsmis word as volg gestoor: - in ooreenstemming met die instruksies op die etiket, - in die oorspronklike houer of verpakking, - met 'n aanduiding van die gewas waarvoor dit gebruik word, - in so manier dat storting voorkom word (bv. vloeistowwe word op laer rakke of heeltemal apart gestoor), - veilig in 'n plek waar kinders nie toegang het nie (bv. gesluit) en - weg van geoeste produk, gereedskap, pakmateriaal en kos produkte.

G+L

Wanneer dit hanteer, verdun en gestoor word, word moontlike gevaar vir mense kosprodukte, die omgewing en water liggame tot die minimum beperk. Kunsmis word apart van plaagdoders gestoor. Slegs verantwoordelike en opgeleide persone het toegang tot dit veilige stoor area.

Page 33: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 32

G.B.64

Fasiliteite vir die hantering, verdunning en stoor van anorganiese kunsmis en plaagdoders moet as volg wees: - droog en skoon, - goeie ventilasie en genoeg lig, - struktureel veilig en - toegerus met nie-absorberende materiale. Bykomend hiertoe, moet die sentrale stoor en verdunning fasiliteite die volgende hê: - 'n goeie dak en ondeurdringbare vloere, - rakke met nie-absorberende en vuurbestand materiaal, - 'n stelsel om storting te kan hanteer, - duidelike, permanente waarskuwingstekens naby die ingang, - sigbare veiligheidswaarskuwings, verduideliking van die tekens, simptome van vergiftiging en eerstehulp inligting vir elke produk wat gestoor word, - 'n sigbare nood prosedure en - 'n area waar oë gewas kan word.

G+L

Fasiliteite is ommuurd en kan 110% van die totale vloeistof wat gestoor word hou. Nie-absorberende materiale kan wees, bv. plastiek sakke, glas of metaal. Die nood prosedure sluit in: - maniere om storting te hanteer (bv. sand of saagsels) en - basiese instruksies in geval van 'n ongeluk, nood telefoonnommers en radio kontakte.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.B.65 Anorganiese kunsmis en plaagdoders word veilig vervoer om te voorkom dat dit stort.

G+L

Besproeiing

G.B.66

Besproeiingswater word effektief gebruik. G+L

Effektiewe water gebruik neem die volgende in ag: water behoeftes, tydsberekening en reënval inligting (voorspellings en rekords).

G.B.67

Besproeiingswater word ontleed om die kwaliteit te bepaal. Daar word stappe geneem om enige negatiewe resultate van die ontleding aan te spreek.

G

Onbehandelde rioolwater word nie vir besproeiing gebruik nie. Behandelde rioolwater kan slegs op die gewasse gebruik word indien die water kwaliteit voldoen aan die mees onlangse riglyne van die WHO vir die veilige gebruik van afvalwater en ontlasting in landbou en akwakultuur. (Engelse weergawe beskikbaar by: http://www.who.int/water_sanitation_health/wastewater/gsuww/en/)

G.B.68 Besproeiingswater kom vanaf volhoubare bronne.

G+L 'n Volhoubare bron van water mag wees bv. opgegaarde reënwater of herwinde/behandelde water.

G.B.69 Praktyke word implementeer om beter aan te pas by waterskaarste, soos die opvang van reënwater.

G+L

Oes en na-oes

G.B.70

Die produk word op die regte tyd geoes en daar word gebruik gemaak van die beste metodes om optimale kwaliteit en gewasgesondheid te verseker.

L

G.B.71

Toerusting wat vir gehaltebeheer gebruik word (bv. verkoelings - of vogmeter) word in 'n goeie kondisie onderhou om die regte funksionering te verseker.

G

Toerusting word op 'n jaarlikse basis gekalibreer deur 'n opgeleide persoon (intern of ekstern) en dit word gedokumenteer.

Page 34: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 33

G.B.72

Fasiliteite en toerusting is skoon en word goed onderhou om besmetting te voorkom.

G+L

Fasiliteite sluit stoorareas, hanterings- en verwerkingsareas soos pakhuise en versamelpunte in. Toerusting sluit alle oes houers/sakke, sakke vir die vervoer, voertuie wat gebruik word om die geoeste gewas te vervoer, gereedskap en masjiene in. Maatreëls om besmetting te voorkom sluit in bv.: - Genoegsame ventilasie - Gereelde skoonmaak - Peskontrole (bv. lokvalle)

G.B.73

Goeie praktyke vir stoor, hantering en verwerking is in plek en dit neem die risikobepaling in ag. Groep personeel en groepslede is ingelig oor alle praktyke wat op hulle relevant is. G+L

Goeie praktyke sluit in, bv.: -Stoor die produk in 'n skoon en aangewese areas (bv. nie op die grond nie en weg van mure af) -Aangewese areas vir rook, eet, of enige ander aktiwiteit wat 'n besmettings risiko vir die produk mag inhou -Verseker dat skoonmaakmiddels, smeermiddels, en ander stowwe wat in kontak met die produk kan kom, voedsel graad is

G.B.74

Die produk word in skoonsakke verpak wat sterk genoeg is en wat behoorlik toegewerk en geseël is. Die sakke word van nie-giftige materiale gemaak en bevat nie minerale olies nie.

G

Die spesifikasies vir die sak materiaal is beskikbaar.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.B.75

Gebaseer op die risikobepaling, meganisme is in plek om te verseker dat die Maksimum Residu Vlakke (MRV) van die land waarvoor die produk bestem is respekteer word, sover as wat die land bekend is.

G

Die meganisme sluit in bv.: - 'n Prosedure om monsters te neem sodat die residu vlakke op die produk vasgestel kan word - Stappe om te neem in die geval waar MRVs oorskry is - Kommunikasie aan die koper as MRVs oorskry is

Page 35: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 34

AFDELING C – WERKSOMSTANDIGHEDE

Beginsels:

- Groepe:

o ondersteun werkers se regte ten opsigte van vryheid van assosiasie, werksure, lone, en respekvolle

behandeling,

o gebruik nie gedwonge arbeid of kinderarbeid nie,

o bevorder skoolbywoning en geletterdheid , en

o verseker veilige en gesonde werksomstandighede vir werkers.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Werkers regte

Dwangarbeid en kinderarbeid

G.C.76

Die groep of groepslede gebruik nie gedwonge, gebonde, mensehandel of enige ander vorm van onvrywillige arbeid op enige stadium van die produksie of verwerkingsprosesse nie. Daar word nie van werkers verwag om deposito's of identiteitsdokumente in te handig nie. Salarisse, voordele of eiendom word ook nie terug gehou om werkers te dwing om op die werkperseel te bly nie. Werkers is vry om diens te verlaat nadat hulle redelike kennis gegee het. Daar word nie van eggenote en kinders van werkers verwag om te werk nie, tensy hulle apart en op 'n vrywillige wyse gekontrakteer is.

G+L

Page 36: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 35

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.C.77

Ergste vorme van kinderarbeid Kinders onder die ouderdom van 18 jaar doen geen gevaarlike werk of werk wat vir hul fisiese, geestelike, morele of welstand nadelig kan wees, vir die groep of groepslede nie. Hulle dra nie swaar vragte, werk nie op gevaarlike plekke, werk nie onder ongesonde toestande of in die nag en hulle werk nie met gevaarlike middels of toerusting nie. Hulle word nie aan enige vorm van mishandeling blootgestel nie en daar is geen bewyse van gedwonge of gebonde arbeid of mensehandel nie. Werk Kinders onder die ouderdom van 15 word nie deur die groep of groepslede in diens geneem nie. Indien nasionale wetgewing die minimum ouderdom vir werk as 14 jaar aandui, sal hierdie ouderdom van toepassing wees. Kinders tussen die ouderdomme van 13- 14 jaar kan ligte werk doen, gegewe dat die werk nie nadelig is vir hulle gesondheid en ontwikkeling nie, met skool en opleiding inmeng nie, onder die leiding van 'n volwassene gedoen word en nie 14 werksure per week oorskry nie. Indien nasionale wetgewing die minimum ouderdom vir ligte werk tussen 12-13 jaar aandui, sal hierdie ouderdom van toepassing wees. Familie boerdery Kinders wat op kleinskaalse familie plase bly mag deelneem aan plaasaktiwiteite waar hulle ligte werk gegee word wat vir hulle ouderdomme gepas is en wat hulle ook die geleentheid gee om vaardighede te ontwikkel, gegewe dat die aktiwiteite nie nadelig is vir hulle gesondheid en ontwikkeling nie, nie met hulle skool en ontspanningstyd inmeng en onder die leiding van 'n volwassene gedoen word.

G+L

G.C.78

‘n Risikobepaling word uitgevoer op die risiko’s van kinderarbeid onder die groepslede. Indien die risikobepaling wys daar is ‘n risiko vir kinderarbeid: - word skakelpersone vir kinderarbeid binne die gemeenskap aangestel, en - gedokumenteerde stappe uitgevoer om kinderarbeid te voorkom, te monitor en reg te stel.

G

Stappe word gelei deur die skakelpersone vir kinderarbeid. Stappe skakel met die bestaande openbare of private inisiatiewe oor kinderarbeid.

Onderwys

G.C.79

Stappe word geneem om die skoolbywoning van die kinders van groep personeel, groepslede en groepslid werkers aan te moedig.

G+L

Daar word rekord van sulke stappe gehou. Daar is ondersteuning aan die plaaslike gemeenskap om skole te vestig waar daar geen skole beskikbaar is nie. Daar word rekords van sulke ondersteuning gehou.

G.C.80 Stappe word geneem om die G Daar word rekord van sulke stappe gehou.

Page 37: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 36

ontwikkeling van geletterdheid en numeriese geletterdheidsvaardighede van die groep personeel, groepslede en groepslid werkers te ondersteun.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Vryheid van assosiasie en kollektiewe bedinging

G.C.81

Groep personeel kan vrylik aansluit by werkersorganisasies, beide intern (soos werker verteenwoordigers) of ekstern (soos vakunies) en deelneem aan kollektiewe bedinging oor werksomstandighede. Indien nasionale wetgewing werkersorganisasies verbied, is werkers tenminste in staat on verteenwoordigers te kies om werksomstandighede te bespreek met die plaasbestuur.

G

Daar word om geen wyse ingemeng met die effektiewe werking van sulke organisasies nie. Groep personeel word toegelaat om hul eie verteenwoordigers vrylik te verkies. Verteenwoordigers het toegang tot die werkers in die werksplek.

G.C.82

Groep personeel is nie onderhewig aan enige vergelding, diskriminasie, of ander negatiewe gevolge indien hulle 'n werkersorganisasie stig of deel word van een nie of as hulle deelneem aan kollektiewe bedinging nie.

G

G.C.83

Groep personeel word op 'n effektiewe wyse ingelig, of deur 'n individuele brief of deur 'n algemene aankondiging of kommunikasie oor die volgende: - die reg om 'n werkersorganisasie te stig of aan te sluit by een, - die reg om deel te neem aan kollektiewe bedinging en - die versekering dat hulle nie onderhewig sal wees aan enige vorm van vergelding, diskriminasie, of ander negatiewe gevolge indien hulle enige van die regte uitoefen nie.

G

Werksure

G.C.84

Die gewone werksure van groep personeel oorskry nie 48 ure per week nie. Hulle het ten minste een dag af na 6 dae van werk. Die toesighouers van die groep se normale werksure oorskry nie 56 ure per week as 'n gemiddeld vir die jaar nie.

G

Groep personeel word op 'n effektiewe wyse ingelig oor die aantal ure wat per werksdag vereis word (hoog en laag seisoen). Daar word rekord gehou van die werksure van elke werker.

G.C.85

Oortyd vir groep personeel word slegs toegelaat indien: -dit op 'n tydige wyse versoek word, -dit betaal word volgens nasionale wetgewing of kollektiewe bedingings ooreenkomste, - dit nie 12 ure per week oorskry nie, en - dit nie op 'n gereelde basis vereis word nie.

G

Page 38: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 37

Page 39: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 38

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Lone en kontrakte

G.C.86

Indien daar 'n kollektiewe bedingings ooreenkoms in plek is, verdien groep personeel en groep lid werkers ten minste die loon en/of voordele waarop daar ooreengekom is. Groep personeel en groep lid werkers moet ten alle tye ten minste die toepaslike minimum loon verdien.

G+L

Dit is tot gelyke mate van toepassing op groep personeel en groep lid werkers wat per eenheid betaal word of op grond van resultate (bv. per volume van produk hanteer). Die toepaslike minimum loon is of die nasionale of streeks minimum loon, watter een ook al die hoogste is.

G.C.87

Aftrekkings word nie van die lone van groep personeel of groep lid werkers gemaak om dissiplinêre redes nie.

G+L

G.C.88

Indien groep personeel of groep lid werkers werk van gelyke waarde verrig, kry hulle gelyke vergoeding sonder diskriminasie op grond van byvoorbeeld geslag of tipe werker.

G+L

G.C.89

Lone word aan groep personeel betaal op ten minste 'n maandelikse basis en word vergesel van 'n geskrewe betaalstrokie. Daar word rekords van betalings gehou.

G

Rekords van betaalstrokies en betaalstate sluit ten minste die volgende in: -tydsperiode, -bruto en netto lone en voordele en -verpligte aftrekkings (bv. belasting en sosiale sekuriteit soos werkloosheidsversekering).

G.C.90

Groep personeel wat vir meer as 3 maande in diens is, het geskrewe werkskontrakte. G

Werkskontrakte sluit ten minste die volgende in: - algemene werksomstandighede, - bruto en netto lone en voordele en - verpligte aftrekkings (bv. belasting en sosiale sekuriteit soos werkloosheidsversekering).

Diskriminasie en respekvolle behandeling

G.C.91

Groep personeel word nie onderwerp aan voordele of diskriminasie in aanstellings, vergoeding, toegang tot opleiding, geleenthede of terminasie op grond van geslag, ras, etnisiteit, nasionaliteit, kleur, tipe werker (permanente, tydelike of trekarbeiders), seksuele oriëntasie, vakbond lidmaatskap, huwelikstatus, gestremdheid, ouderdom, godsdiens, politieke oortuiging of ander nie.

G

G.C.92

Groep personeel word nie onderwerp aan lyfstraf, seksuele teistering, onderdrukking, dwang, of enige ander soort van die geestelike of fisiese mishandeling of intimidasie by die werkplek nie.

G

G.C.93

Groep personeel ontvang kraam regte en voordele in ooreenstemming met nasionale wetgewing en praktyk. Hulle kan na hulle posisie terugkeer na kraamverlof op dieselfde terme en kondisies sonder diskriminasie, die verlies

G

Page 40: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 39

van senioriteit of 'n vermindering in lone.

Page 41: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 40

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Veiligheid en gesondheid

Noodhulp en noodgevalle

G.C.94

Groep personeel ontvang noodhulpdienste en gesondheidssorg in noodgevalle, beide gratis, vir die behandeling van werksverwante beserings. Noodhulpkissies is beskikbaar op sentrale plekke van vervaardigings-, verwerkings- en onderhoudspersele.

G

Noodhulpdienste word deur 'n opgeleide persoon aan groep personeel verskaf. Die opleiding van die persoon het in die afgelope vyf jaar plaasgevind en daar is rekords daarvan in die vorm van 'n diploma of sertifikaat. Die materiale in die noodhulp kissies is nie verby die aangeduide vervaldatums nie.

G.C.95

Groepslede en groepslidwerkers het toegang tot noodhulp. Noodhulpkissies is beskikbaar op sentrale plekke van vervaardigings-, verwerkings- en onderhoudspersele.

G+L

Die inhoud van die noodhulpkissies is nié verby hul vervaldatum nie.

G.C.96

Duidelike en geskrewe prosedure is in plek vir ongelukke en noodgevalle. Die prosedure word visueel vertoon op sentrale plekke.

G

Die prosedure sluit ten minste in: -name van kontak persone, -stappe om te neem in die geval van 'n noodgeval, - die ligging van bronne van kommunikasie (telefoon, radio) en -'n opdateerde lys van noodnommers (brandweer, ambulans, polisie). Die prosedure gebruik simbole en prente en die taal/tale wat oorwegend deur die werkers gepraat word.

G.C.97

Daar is duidelike en permanente tekens op sentrale plekke wat potensiële gevare aandui. Masjiene het duidelike instruksies oor veilige gebruik en alle gevaarlike dele is toegemaak of omhul.

G

Waarskuwingsteken en veiligheidsinstruksies gebruik simbole en prente en die taal/tale wat oorwegend deur die werkers gepraat word. Daar is werkende vuurblustoerusting (bv. vuurblusser, emmers vol sand, komberse) by sentrale plekke van vervaardiging, onderhoud en administrasie.

Hantering van plaagdoders

G.C.98

Groep personeel, groepslede en groepslid werkers wat plaagdoders hanteer gebruik persoonlike beskermende toerusting (PBT) en beskermende klere wat voorgeskryf word vir die gebruik van die plaagdoders en die metode van aanwending. Die PBT en beskermende klere is in 'n goeie toestand. Na gebruik word die PBT en beskermende klere skoongemaak, droog gemaak en veilig gestoor, weg van plaagdoders en in 'n area met goeie ventilasie.

G+L

PBT en beskermende klere wat so erg beskadig is dat dit nie reggemaak kan word nie of wat bedoel is om slegs een keer te gebruik, word vernietig of weggegooi op 'n veilige wyse. Daar is veiligheid maatreëls in plek om menslike blootstelling en besoedeling van die omgewing te voorkom tydens die skoonmaak van PBT en beskermende klere.

G.C.99

Groep personeel, groepslede en groepslid werkers wat onder die ouderdom van 18 jaar is, wat swanger is of borsvoed, hanteer nie plaagdoders nie.

G+L

Page 42: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 41

G.C.100

Groep personeel (insluitende spuitspanne wat deur die groep aangestel word) wat op 'n gereelde basis met skadelike plaagdoders werk, gaan jaarliks vir afsprake om hul gesondheid na te gaan.

G

Daar word rekords gehou van die afsprake om gesondheid na te gaan en dit sluit cholienesterase toetse in vir die wat met organofosfaat en karbamaat plaagdoders werk.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.C.101

Groep personeel (insluitende spuitspanne wat deur die groep aangestel word) wat plaagdoders hanteer het toegang tot kleedkamers en wasgeriewe.

G

Drinkwater en higiëne

G.C.102 Groep personeel, groepslede en groepslid werkers het toegang tot veilige drinkwater.

G+L

G.C.103

Groep personeel ontvang instruksies oor basiese higiëne. Higiëne instruksies word visueel vertoon by sentrale plekke. G

Sentrale plekke sluit die volgende in: produksie-, verwerkings- en onderhoud area, handewas, toilet fasiliteite, leef en eet areas. Instruksies gebruik simbole en prente en die taal/tale wat oorwegend deur die werkers gepraat word.

G.C.104 Daar is toilette en handewas fasiliteite by verwerkings- en onderhoudsareas. G

G.C.105 Gemeenskaplike eet-areas is skoon, word goed onderhou en is, sover as wat dit moontlik is, vry van peste.

G Indien nodig, word stappe geneem om peste uit te roei en daar word rekord gehou van sulke stappe. Lokvalle word duidelik aangedui om veiligheidsredes.

Page 43: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 42

AFDELING D - OMGEWING

Beginsels:

- Groep en groepslede:

o gebruik water en energie doeltreffend,

o voorkom waterbesoedeling,

o beskerm en / of die herstel natuurlike habitatte,

o beskerm natuurlike hulpbronne,

o beskerm biodiversiteit,

o bestuur afval op die plaas behoorlik, en

o het die vermoë om aan te pas by klimaatsverandering.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Water

G.D.106

ʼn Buffersone, van natuurlike plantegroei, van ten minste 5m in breedte word langs die walle van alle seisoenale en permanente natuurlike water oppervlaktes gehou om erosie te voorkom, om besmetting deur plaagdoders en kunsmis te voorkom en om die habitat van wild te beskerm. Op plase van minder as 2 ha, word 'n buffersone van ten minste 2m in breedte gehou.

L

G.D.107

Plaagdoders en anorganiese kunsmis word nie gebruik: -Binne 5 meter van enige permanente of seisoenale natuurlike water oppervlakte wat 3 meter of minder in breedte is (of binne 2m as die plaas minder as 2 ha is), -binne 10 meter van enige permanente of seisoenale natuurlike water oppervlakte wat meer as 3m in breedte is, -binne 15 meter van enige fontein. Afloop van organiese bemestingstowwe word tot die minimum beperk.

G+L

Daar is duidelike instruksies in plek vir alle persone wat plaagdoders of kunsmis aanwend.

G.D.108

Daar is gedokumenteerde stappe in plek om die effektiewe gebruik van water in produksie en tydens verwerking te verseker.

G

Stappe vir die effektiewe gebruik van water neem die volgende in ag, bv.: - Die behoefte aan water (afhangende van bv. individuele toevoer, plaaslike/gemeenskap bronne, reënval) - Aktiwiteite waar water onttrekking, ontslag, en potensiële afloop plaasvind - Beperk water besoedeling tot die minimum - Toepaslike meganismes vir die opvang van water

Beskerming van die Natuur

G.D.109 Geen ontbossing of agteruitgang van primêre woude kom voor of het

L

Page 44: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 43

voorgekom sedert 2008 nie.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

G.D.110

Geen ontbossing of agteruitgang van sekondêre woude kom voor nie, behalwe as: -'n wettige grond titel en/of grondeienaar toestemming en/of gebruiklike grondregte beskikbaar is en -regeringspermitte beskikbaar is (indien nodig).

L

G.D.111

Geen produksie of verwerking vind plaas in of binne 2km van beskermde areas nie, tensy dit toegelaat word in die bestuursplan van die area. Die bestuursplan word geïmplementeer.

G+L

Die bestuursplan moet deur die relevant nasionale of plaaslike owerhede goedgekeur word en moet ten minste die volgende insluit: -identifikasie van die grense van areas waar produksie en verwerking toelaatbaar is en bewys van die kommunikasie hiervan aan groepslede en 'n verbod op verdere omskakeling en nuwe skoonmaak van grond buite die area, -spesifieke stappe om te vergoed vir die impak op die omgewing of om ten minste die impak op die omgewing te versag, bv.: herbebossing, aanvaarding van agribosbou praktyke, die vestiging van biologiese korridors en -duidelik gedefinieerde rolle vir toesig oor en implementering van die plan en tydsraamwerke. Indien 'n bestuursplan nog nie beskikbaar is nie, skakel die IBS met plaaslike owerhede om een te ontwikkel.

G.D.112

Bedreigde spesies wat voorkom binne die produksie-area word identifiseer, aan groepslede kommunikeer en beskerm.

G+L

Jag, handel dryf in, of kommersiële versameling van sulke spesies vind nie plaas nie.

G.D.113

Die groep bevorder ekologiese diversiteit deur die beskerming en bevordering van habitatte en ekosisteme.

G

Voorbeelde sluit in: - Aanplanting van bome en/of blomme - Die beskerming van biologiese korridors - Bewaring van semi-natuurlike areas (bv. heinings, weilande, ens.) Verbouing onder skadunette / agribosbou-stelsels voldoen aan hierdie vereiste.

Klimaatsverandering

G.D.114

Gedokumenteerde maatreëls word getref om groepslede te help om aan te pas by belangrike klimaatsverandering impakte wat in die risikobepaling geïdentifiseer is. G

Maatreëls sluit in bv.: - die doeltreffende gebruik van kunsmis en plaagdoders, - die plant van (skadu)bome, - opleidings oor aanpassingspraktyke, - vestiging van persele vir demonstrasies, - die opstel van 'n stelsel om water op te vang.

Energie

G.D.115

Maatreëls word getref om energie-doeltreffendheid in produksie en verwerking te verhoog en, waar gepas, word klimaat-slim energiebronne gebruik.

G

Page 45: ALGEMENE GEDRAGSKODE - UTZ...geouditeer word in 2015 slegs teen Jaar 4 van die Gedragskode weergawe 1.0 of 1.1. Tot en met 30 Junie 2015 kan groepe geouditeer word teen die produk-spesifieke

www.utz.org 44

Lug

G.D.116

Gedokumenteerde maatreëls word getref om lug besoedeling van die bronne wat in die risikobepaling identifiseer is, te verminder.

G

Maatreëls sluit in bv.: - die gebruik van alternatiewe energiebronne (bv. sonkrag) vir verwerkingsaktiwiteite, - die gereelde diens van landboutoerusting, - geen verbranding van organiese of anorganiese materiaal.

KP # Kontrolepunt Va

n

toe

pa

ssin

g

op

Jaa

r 1

Jaa

r 2

Jaa

r 3

Jaa

r 4

Verduideliking vir nakoming

Afval

G.D.117

Afval word slegs gestoor en weggedoen mee in aangewese gebiede. Nie-gevaarlike afval word hergebruik of herwin wanneer moontlik. Organiese afval word in bemesting gebruik.

G+L

G.D.118

Daar is 'n gevestigde versameling sentrum vir potensieel gevaarlike afval, soos batterye, medisyne na vervaldatum en elektroniese afval.

G

Die versamelde afval word van ontslae geraak op ‘n wyse wat die kleinste moontlike bedreiging inhou vir die omgewing en menslike gesondheid.

`

Jaar 1 Jaar 2 Jaar 3 Jaar 4

Totale verpligte kontrolepunte per jaar 58 87 104 111

Totale bykomende kontrolepunte per jaar 60 31 14 7

Aantal bykomende kontrolepunte wat nagekom moet word per jaar

6 3 3 1

Totale verpligte kontrolepunte wat nagekom moet word per jaar

64 90 107 112