14
1

ALGEMENE INLIGTING EN AGTERGROND AANGAANDE WILLEM … · ontwikkeling van elkeen se Godgegewe potensiaal op akademiese, kulturele, sport – en leierskapgebied. Ons doel is om toegeruste,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

2

INHOUDSOPGAWE

1. SKOOLKARAKTER ................................................................................................ 4

2. PERSONEELBESONDERHEDE ............................................................................ 5

3. ALGEMENE INLIGTING

3.1 Skoolkalender .......................................................................................................... 6

3.2 Skooltye ................................................................................................................... 6

3.3 Skoolgelde ............................................................................................................... 6

3.4 Didaktiese ondersteuning ........................................................................................ 7

4. OUERBETROKKENHEID

4.1 Skoolbestuur, Beheerliggaam en Direksie ................................................................ 7

4.2 Ouerkomitees ........................................................................................................... 7

4.3 Ma’s Wat Omgee ...................................................................................................... 7

5. KLEREDRAG

5.1 Skoolklere ................................................................................................................ 8

5.2 Voorkoms ................................................................................................................. 9

6. AKADEMIE

6.1 Assessering ............................................................................................................. 10

6.2 Afwesighede ............................................................................................................. 10

7. SPORT

7.1 Sportsoorte aangebied ............................................................................................. 10

7.2 Regulasies en voorskrifte by Sport

7.2.1 Leerders ..................................................................................................... 10

7.2.2 Ouerbetrokkenheid ..................................................................................... 11

7.3 Toere en uitstappies

.................................................................................................

12

8. KANTOOR

8.1 Spreekure ................................................................................................................ 12

8.2 Kommunikasie

8.2.1 Poskoevert ................................................................................................. 12

8.2.2 Nuusbrief .................................................................................................... 12

8.2.3 SMS-stelsel ................................................................................................ 12

8.2.4 Webwerf en Facebook ............................................................................... 12

9. SKOOLLEIERS

3

9.1 Diensgroep .............................................................................................................. 12

10. SLOT ....................................................................................................................... 13

4

AGTERGROND AANGAANDE FUTURUM AKADEMIE

Adres N 18 Posbus 656

TADCASTER Jan Kempdorp

8550

Web-adres www.futurumakademie.co.za E-pos [email protected]

Telefoon 0784531245

VISIE

Christelik verantwoordbare onderrig en opvoeding aan ons leerders te bied vir optimale ontwikkeling van elkeen se Godgegewe potensiaal op akademiese, kulturele, sport – en leierskapgebied. Ons doel is om toegeruste, gebalanseerde jongmense, wat produktiewe en funksionele burgers kan wees, aan die samelewing te lewer. MISSIE Daar word gestrewe na hierdie visie deur:

‘n spanpoging van onderwysers, ouers en die gemeenskap;

uitnemendheid en ‘n hoogstaande akademiese standaard te handhaaf en uit te bou;

‘n toegeruste en gemotiveerde onderwyskorps te verseker;

handhawing van praktyk-relevante en toekomsgerigte onderwys;

die vestiging en handhawing van ‘n gelukkige (veilige) omgewing, wat vir elke leerder die beste geleentheid skep om ten volle as mens te ontwikkel;

die eie karakter en tradisie van die skool te koester en uit te bou en skooltrots aan te wakker;

te fokus op balans en ‘n hoër strewe met sinvolle betekenis;

die handhawing van Afrikaans as medium van onderrig;

leerders op te voed volgens Bybelse beginsels en ‘n Christelike waardestelsel en -

lewenswyse.

5

1. SKOOLKARAKTER

Ons streef daarna om ons leerders aan soveel as moontlik ontwikkelingsgeleenthede

bloot te stel en só gebalanseerde, gelukkige kinders te kweek. Wat dissipline en

menswees betref, val die primêre fokus op die vestiging van ‘n sterk karakter. In die

vorming van ‘n kind se karakter, fokus ons op die doelgerigte ontwikkeling van die

volgende sewe waardes:

Omgee Vir ons as kinders van die God van Liefde, is dit logies dat liefde die dryfveer

van ons aksies en karakter is. Met “omgee” word ten doel gestel die herstel van die

verhouding in gesinne, tussen kollegas en rasse deur meelewing, empatie,

bedagsaamheid, dankbaarheid en vergifnis toe te pas.

Betroubaarheid is ‘n noodsaaklike waarde wat onderrig en vasgelê moet word, omdat

ons ‘n land nodig het met mense van integriteit, eerlikheid en lojaliteit en te sorg dat

hierdie waardes kan voortbestaan – so ook die teenwerking van oneerlikheid, diefstal

en leuens.

Respek is die kernwaarde oor hoe ons mense behandel: Erken ons verskille? Luister

ons na mekaar? Los ons konflik op sonder geweld en toon ons goeie maniere?

Verantwoordelikheid is die kern van persoonlike waarde – om nie ‘n slagoffer van jou

omstandighede te wees nie, selfbeheersing, positiewe houding, strewe na

uitnemendheid en om ‘n goeie voorbeeld te stel.

Regverdigheid vereis dat die individu ander moet behandel soos wat hy of sy

behandel wil word – mededeelsaamheid, geen voorkeur behandeling nie,

onpartydigheid en veroordeel nooit.

Goeie Burgerskap behels al bogenoemde waardes wat ‘n Suid-Afrikaner kweek wat

met trots sal bydra tot die gemeenskap – deur wette te gehoorsaam, die omgewing en

natuur te respekteer en goeie buurmanskap.

Geloof is die essensie van ons bestaan. Geloof in Jesus Christus, Sy volmaakte

karakter en Sy voltooide werk, is die eienskap wat ons van die wêreld onderskei. In

hierdie geloof lê ons krag, hoop, verwagting en die vermoë om tot ons beste self te

ontwikkel.

6

2. PERSONEELBESONDERHEDE

Skoolhoof Johan Pienaar 0731845649 Sekretaresse Marlene du Plessis 0845889462 Grondslagfase Sanja Schalekamp 0823278494 Grondslagfase Ronel-Mari Pienaar 0832851151 Grondslagfase Jolani Pienaar 0724272191 Grondslagfase Christelle Van Heerden 0828392661 Seniorfase Gus Gericke 0733226848 Seniorfase Werner Meyer 0834452316 Seniorfase Elana Combrinck 0836379364 Seniorfase Rindie Swanepoel 0845836943 Seniorfase Monique Otto 0724604476 Seniorfase Alet Tolmay 0724022760

GRONDSLAGFASE

Graad R Sanja Schalekamp 0823278494 Graad 1 Ronel-Mari Pienaar 0832851151 Graad 2 Jolani Pienaar 0724272191 Graad 3 Christelle Van Heerden 0828392661

GRAAD 4

Afrikaans Rindie Swanepoel 0845836943 Engels Monique Otto 0724604476 Wiskunde Werner Meyer 0834452316 Natuurwetenskap Gus Gericke 0733226848 Tegnologie Gus Gericke 0733226848 Sosialewetenskappe Alet Tolmay 0724022760 Lewensvaardigheid Monique Otto 0724604476 Kuns-en-Kultuur Elana Combrinck 0836379364

GRAAD 5

Afrikaans Rindie Swanepoel 0845836943 Engels Monique Otto 0724604476 Wiskunde Werner Meyer 0834452316 Natuurwetenskap Gus Gericke 0733226848 Tegnologie Gus Gericke 0733226848 Sosialewetenskappe Alet Tolmay 0724022760 Lewensvaardigheid Monique Otto 0724604476 Kuns-en-Kultuur Elana Combrinck 0836379364

GRAAD 6

Afrikaans Rindie Swanepoel 0845836943 Engels Monique Otto 0724604476 Wiskunde Werner Meyer 0834452316 Natuurwetenskap Johan Pienaar 0731845649 Tegnologie Gus Gericke 0733226848 Sosialewetenskappe Alet Tolmay 0724022760 Lewensvaardigheid Alet Tolmay 0724022760 Kuns-en-Kultuur Elana Combrinck 0836379364

7

GRAAD 7

Afrikaans Rindie Swanepoel 0845836943 Engels Monique Otto 0724604476 Wiskunde Werner Meyer 0834452316 Natuurwetenskap Johan Pienaar 0731845649 Tegnologie Gus Gericke 0733226848 Sosialewetenskappe Alet Tolmay 0724022760 Ekonomiese-en Bestuurswetenskap

Gus Gericke 0733226848

Lewensvaardigheid Alet Tolmay 0724022760 Kuns-en-Kultuur Elana Combrinck 0836379364

3. ALGEMENE INLIGTING

3.1 SKOOLKALENDER VIR 2017

Eerste kwartaal Tweede kwartaal

Skole heropen 11 Januarie Skole heropen 18 April

Skole sluit 31 Maart Skole sluit 30 Junie

Derde kwartaal Vierde kwartaal

Skole heropen 24 Julie Skole heropen 9 Oktober

Skole sluit 29 September Skole sluit 6 Desember

3.2 SKOOLTYE

Gr. R – 2 07:30 – 12:30

Gr. 3 07:30 – 13:00

Gr. 4 – 7 07:30 – 13:30

3.3 SKOOLGELDE

Bedrag R1500.00 per maand vir 12 maande.

Korting Wanneer volle skoolgeld voor die einde van Februarie betaal word, word ʼn

korting van 5% toegestaan.

Betaling Betaalbaar voor die sewende van die maand.

Tjeks kan uitgemaak word aan FUTURUM AKADEMIE

Geen vooruitgedateerde tjeks word aanvaar nie.

Skoolgeld is ook betaalbaar d.m.v. ‘n debietorder. Die bedrag van

skoolgeld word jaarliks op debietorder aangepas.

Met alle direkte inbetalings, asook enige korrespondensie, moet die

rekeningnommer as verwysing gebruik.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam Futurum Akademie

Standard Bank Tjekrekening

Rekeningnommer 282881999

Takkode 632-005

8

State Die eerste state word Januarie uitgestuur en die laaste state einde

November. Rekeninge word ook per e-pos gestuur.

Alle e-pos adresse wat verander moet asseblief dringend aan die

skool deurgegee word.

3.4 DIDAKTIESE ONDERSTEUNING

Didaktiese ondersteunig word op Maandae tot Donderdae, na afloop van die skooldag

deur die personeel aangebied. Direk na afloop van die skooldag sal daar ‘n etensbreek

vir leerders wees, waarna die didaktiese klasse ‘n aanvang sal neem. U is welkom om

‘n ete in te pak of by die skool etes te bestel. Skakel Elna Strauss (0824929140) vir

bestellings.

Tye vir die didaktiese klasse, is soos volg:

Gr.1 – 2: 13:00 – 14:00

Gr. 3: 13:30 – 14:30

Gr. 4 – 7: 14:00 – 15:00

Hierdie klasse is nie verpligtend nie en word gratis deur die skool aangebied.

4. OUERBETROKKENHEID

4.1 SKOOLBESTUUR, BEHEERLIGGAAM EN DIREKSIE

Die algemene en dag-tot-dag bestuur van die skool word behartig deur die skoolhoof

en bestuurspan bestaande uit personeel.

Die Beheerliggaam bestaande uit ouers, personeel en 'n verteenwoordiger van die

Direksie word elke drie jaar tydens die Nasionale Beheerliggaamsverkiesing verkies.

Die Beheerliggaam is gemoeid met die beheer van die skool wat o.a. insluit die beleide,

finansies, keuse van buitemuurs en kurrikulum.

Die Direksie verteenwoordig die aandeelhouers wat die vaste eiendom besit. 'n

Verteenwoordiger van die Beheerliggaam sal ook Direksievergaderings bywoon om

noue skakeling te verseker.

In 2017 sal 'n interim-komitee, bestaande uit lede van die Direksie en

ouerverteenwoordiging, dien. 'n Beheerliggaam sal in 2018 tydens die Nasionale

Beheerliggaamsverkiesing verkies word.

4.2 OUERKOMITEES

Ons nooi u uit om saam eienaarskap van die skool te neem en te dien op die

onderskeie ouer- en graadkomitees.

4.3 MA’S WAT OMGEE

Ons ma’s kom weekliks bymekaar om saam te bid. Die groep vergader elke

Donderdag om 8:00 by die skool. Alle ouers en grootouers is welkom om by hierdie

groep in te skakel. Die groep bid anoniem vir die skool se kinders, ouers, onderwysers,

ons omgewing en land.

9

5. KLEREDRAG

Skool- en sportklere word by die skool te koop aangebied. Wit skoolhemde, skoene en

dogterssokkies kan by enige klerewinkel aangekoop word.

5.1 SKOOLKLERE

Somersdrag

Seuns Futurum kortbroek met wit kortmouhemp. Seuns mag sonder skoene in

die eerste en vierde kwartaal skool toe kom. As skoene gedra word, moet

dit donkerbruin (bv. Toughees) skoolskoene met Futurum kouse wees.

Dogters Futurum rompie met wit kortmouhemp. ’n Navy broekie kan onder die

skoolrok gedra word – geen ander kortbroek word toegelaat nie. Dogters

kan ook sonder skoene skool toe kom in die eerste en vierde kwartaal.

As skoene gedra word, moet dit swart skoolskoene (met 'n gespe – nie

veters nie) wees met kort wit sokkies.

Beide seuns en dogters mag slegs ʼn navy Futurum trui (lang- of kortmou)

of die skoolbaadjie as warmdrag by hul somersdrag dra.

Wintersdrag

Seuns Futurum langbroek met wit hemp. Bruin skoene en skoolkouse. Navy

Futurum trui (lang- of kortmou) en/of skoolbaadjie. Skooldas.

Dogters Futurum rompie met wit hemp. Swart skoene en dik navy sykouse

(“tights”). Navy Futurum trui (lang- of kortmou) en/of skoolbaadjie.

Dogtersdas.

Skoolbaadjie

Die skoolbaadjie kan saam met somers- en wintersdrag gedra word. Wanneer

leerderds die skoolbaadjie dra, word daar van hulle verwag om skoolskoene daarmee

saam te dra.

Formele uitgaandrag

Daar bestaan ook ʼn formele uitgaandrag wat (soos nodig) gedra moet word.

Hierdie drag is verpligtend vir saalopeninge (elke Maandag) en eerste skooldag

van ʼn kwartaal, amptelike skooluitstappies en soos deur die kantoor

aangekondig.

Seuns Skoolbaadjie. Futurum lang- of kortbroek. Wit hemp. Skooldas. Grys

kouse en skoene.

Dogters Somer, dieselfde as somersdrag met dogtersdas,skoene en skoolbaadjie.

Winter, dieselfde as wintersdrag met skoolbaadjie.

10

5.2 VOORKOMS

Leerders moet asseblief voldoen aan die volgende reëls met betrekking tot fisiese

voorkoms:

Dogters

- Dogters se hare moet vasgemaak word, sodra dit oor die kraag hang. Hare mag nie

gekleur word nie.

- Dogters se kuiwe moet vasgemaak word wanneer dit lank word en in die gesig of

voor die oë hang.

- Oorkrabbetjies vir dogters word tot die goue/silwer knoppie-tipe of klein

oorringetjies sonder hangende variasies daarvan beperk. Slegs een krabbetjie per

oor word toegelaat.

- Dogters se rokke moet die voorgestelde lengte wees, tussen 10 cm en 13 cm van

die grond af, as die dogter op haar knieë staan.

- Dogters word nie toegelaat om juwele te dra nie, behalwe horlosies en die

voorgeskrewe oorkrabbetjies.

- Slegs wit en navy linte, haarbolletjies en plastiese- of materiaalbande word

toegelaat.

- Dogters mag geen grimering skool toe dra nie - dit sluit naelpolitoer en vals of “gel”

naels in.

Seuns

- Seuns se hare moet kort en netjies gedra word. Geen gel word toegelaat nie. Hare

mag nie gekleur word nie.

- Die gedeelte om die ore moet skoon geknip wees. Hare mag nie aan die ore raak

wanneer die hare regaf gekam word nie.

- Wanneer die hare afgekam word, mag dit nie die wenkbroue raak nie.

- Wangbaard (“sideburns”) kan tot by die middel van die oor strek.

- Hare moet agter reëlmatig opgesny word.

- Geen vreemde haarstyle word toegelaat nie.

- Haarstyle wat onder uitgeskeer of –geknip word, oftewel “undercuts”, is verbode.

- Geen juwele, behalwe horlosies, mag gedra word nie.

11

- Leerders moet te alle tye, wanneer dit redelikerwyse moontlik is, ʼn netjiese en

skoon voorkoms handhaaf.

NS: Geen afwyking van hierdie reëls sal toegelaat word nie, tensy dit in

ooreenstemming is met ʼn bepaling van die Beheerliggaam of die skriftelike

toestemming van die skoolhoof, wat slegs in uitsonderlike omstandighede verleen

sal word.

6. AKADEMIE

ʼn Hoë premie word op akademiese werk geplaas. Daar word na elke leerder, na

gelang van sy/haar vermoëns, omgesien en individuele aandag sal so veel moontlik

gegee word. Hoewel formele assessering in die vorm van toetse en eksamens

plaasvind, moet ouers en leerders daarop let dat leerders se werk deurlopend

geassesseer word.

6.1 ASSESSERING

Assessering word deur die jaar afgehandel volgens CAPS voorskrifte. Een formele

assesseringsweek word per kwartaal uitgehou om oorvleueling te voorkom. Ouers

moet asseblief die toetse onderteken. By vakke wat nie in die assesseringsrooster

verskyn nie, word deurlopende evaluering deur die kwartaal toegepas. Eksamens word

kwartaalliks geskryf.

Sien kwartaalkalenders vir 2017 se assesserings- en eksamendatums.

6.2 AFWESIGHEDE

Indien leerders ʼn geldige rede het om nie eksamen/assessering te skryf nie, word ʼn

kwartaalpunt bereken. Alle beskikbare deurlopende punte word hiervoor gebruik.

* Ouers moet afwesighede vanaf eksamen met groot erns bejeën.

7. SPORT

7.1 Sportsoort

Eerste

kwartaal

Tweede

kwartaal

Derde

kwartaal

Vierde

Kwartaal

Atletiek X X

Hokkie X

Krieket X X

Landloop X X X

Mini-krieket X

Mini-tennis X X X

Netbal X X

Rugby X X

Skaak X X

Swem X X

Tennis X X X

7.2 REGULASIES EN VOORSKRIFTE BY SPORT

7.2.1 LEERDERS

12

Hou by die reëls (vuilspel, swak gedrag en oneerlikheid sal nie geduld word nie).

Afwesigheid van oefeninge sonder toestemming is onaanvaarbaar. Wanneer met ʼn

sportsoort begin word, moet daarmee volhard word. ʼn Volledige buitemuurse rooster

word aan die begin van elke kwartaal uitgegee. Ander bedrywighede moet so gereël

word, dat dit nie bots met skoolaktiwiteite nie.

Daar moet vroegtydig met die betrokke afrigter gereël word, in die geval van botsings.

Onthou ons speel om te wen, maar ook om as wenners van ʼn verloorveld af te stap.

Deelnemers in sport :

- Leerders wat die skool verteenwoordig as deelnemers in enige sportaktiwiteit, moet

geklee wees in die skool se amptelike sportdrag.

- Leerders wat deelneem aan gemelde sportaktiwiteite, moet lojaal wees teenoor die

skool en mede-deelnemers. In die besonder moet deelnemers betyds en stiptelik

aanmeld by die plek waar die aktiwiteit plaasvind of vanwaar die deelnemers

vertrek na die betrokke plek van deelname. Daar word van leerders, wat gekies is

om die skool te verteenwoordig, verwag om die betrokke aktiwiteite te alle tye by te

woon. In die geval van afwesighede, moet ʼn skriftelike verskoning aan die afrigter

oorhandig word.

- Deelnemers aan gemelde sportaktiwiteite moet te alle tye hoflik optree en voldoen

aan die beslissings, voorskrifte en opdragte van :

- die sporthoof en die opvoeder betrokke by die spesifieke sport;

- die skeidsregter of beoordelaar van die betrokke aktiwiteit;

- die spankaptein.

- Leerders wat aan sportaktiwiteite deelneem, moet dit met oorgawe en met volle

inspanning doen, maar met die nodige selfbeheersing en dissipline. In die

besonder mag leerders nie op ʼn onsportiewe wyse optree, vuil- of beledigende taal

gebruik, betrokke raak by insidente of hulle skuldig maak aan onbehoorlike spel van

enige aard nie.

- Alle leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners bywoon, sal

hulle weerhou van ontwrigtende, opruiende of onbetaamlike gedrag. In die

besonder mag leerders nie negatief reageer op die beslissings van beoordelaars of

skeidsregters nie. Sodanige leerders moet geklee wees in skool- of amptelike

sportdrag.

7.2.2 OUERBETROKKENHEID

Ouerbetrokkenheid is ‘n belangrike deel van die sukses van die skool en word baie

waardeer. Ouers word vriendelik versoek om nie betrokke te raak by ander skole se

beamptes (skeidsregters) nie. Indien daar ʼn ongelukkigheid ontstaan, kan u die

skoolhoof kontak.

Ons vra vriendelik dat ouers die leerders betyds sal afhaal na aktiwiteite. Ons maak

staat op u ondersteuning langs die velde en hoop om u in groot getalle daar te sien.

13

Ons vra ook dat ouers die leerders sal aanmoedig om aan die verskeie buitemuurse

aktiwiteite deel te neem.

Ouers wat graag betrokke wil raak met afrigting en/of hulp by spanne, kan ook

gerus die skoolhoof kontak. Hulp word altyd verwelkom.

7.3 TOERE EN UITSTAPPIES

Daar word gepoog om soveel as moontlik uitstappies en toere met die leerders te

onderneem. Ouers moet asseblief daarop let dat hulle altyd die toestemmingsbriefie

volledig moet voltooi en onderteken, voordat u kind op ʼn uitstappie vertrek.

8. KANTOOR

8.1 SPREEKURE

U is welkom om die skool te skakel, indien daar enige onsekerheid of besorgdheid by u

as ouer ontstaan.

Ons nooi u hartlik uit om van die geleentheid gebruik te maak.

8.2 KOMMUNIKASIE

8.2.1 POSKOEVERT

Die “Poskoevert” wat elke leerder aan die begin van ʼn jaar ontvang, vorm ʼn baie

belangrike skakel tussen die skool en die ouerhuis. Alle omsendskrywes en ander

skriftelike inligting waarvan die ouers moet kennis dra, word hierin geplaas. Gaan

asseblief u kind se “Poskoevert” daagliks na om te verseker dat alle inligtingstukke u

wel bereik.

8.2.2 NUUSBRIEF

‘n Nuusbrief word elke Vrydag uitgegee. Belangrike nuus van die afgelope week en

inligting van die komende week word hierin deurgegee. Die nuusbrief is ook

beskikbaar op die skool se webwerf.

8.2.3 SMS-STELSEL

Ons hou u graag op hoogte van gebeure en aktiwiteite d.m.v. ‘n SMS-stelsel. Skielike

kennisgewing bv. verandering in buitemuurs, asook nuus vanaf skooltoere, word

hiermee uitgestuur.

8.2.4 WEBWERF EN FACEBOOK

U kan gerus die skool se webwerf besoek (www.futurumakademie.co.za) vir enige

inligting rakende skoolaangeleenthede en ons op Facebook volg om deel te bly van al

die gebeure.

9. SKOOLLEIERS

9.1 DIENSGROEP

Die skool fokus in leerders se Gr. 7 jaar op formele leierskapontwikkeling. Dit bring mee

dat Gr. 7’s in diensgroepe verdeel word, wat sal optree as leiers. Elke Gr. 7 leerder

word onderwerp aan ‘n leierskapskursus.

14

10. SLOT

LEERDERS

Baie welkom aan ons baanbrekers! Ons personeel kan nie wag om die skool se

geskiedenis saam met julle te begin skryf nie. Gebruik asseblief die geleenthede wat

die skool jou bied om te ontwikkel. Mag 2017 ‘n hoogtepunt vir jou wees en mag jy

hierdie jaar onvergeetlike herinneringe bymekaarmaak en met trots ons skool se naam

uitdra.

OUERS

Ons nooi u elkeen uit om betrokke te raak by die skool. Onthou, die sukses van ons

skool hang in ’n groot mate af van u ondersteuning en vrymoedigheid. Ons sien daarna

uit om die jaar saam met u te geniet.