14
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING LEWENSORIËNTERING EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9 Bladsye: 8 PUNTE: 70 TYD: 1½ UUR

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSORIËNTERING

EKSAMEN

NOVEMBER 2015

GRAAD 9

Bladsye: 8

PUNTE: 70

TYD: 1½ UUR

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 2 November 2015

Instruksies aan leerlinge:

x Lees elke vraag noukeurig.

x Beantwoord al die vrae in Afdeling A en Afdeling B.

x Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in Afdeling C.

x Nommer vrae korrek.

x Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 3 November 2015

AFDELING A

VRAAG 1

Bepaal of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs die nommer en

korrekte antwoord neer bv. 1.11 Waar.

1.1. Die Nasionale Beroepsertifikaat (NBS) is ʼn akademiese sertifikaat. (1)

1.2. Jy moet jouself verander om deel van ʼn groep te wees. (1)

1.3. Om effektief te werk beteken dat jy jou werk moet afjaag. (1)

1.4. Tienerswangerskap is baie algemeen in Suid-Afrika. (1)

1.5 Jy moet altyd glo wat jy in tydskrifte lees en sien. (1)

(5)

VRAAG 2

Pas die konsepte in KOLOM A by die korrekte verduidelikings in KOLOM B. Skryf

slegs die nommer en korrekte letter neer bv. 2.8 T

KOLOM A KOLOM B 2.1. Wêreldvlugtelingsdag A Vrees of haat vir mense van ander lande. (1)

2.2. Etiek B Gee 67 minute van jou tyd om iets goed te

doen om ander mense te help.

(1)

2.3 Rekonsiliasie/Versoening C ʼn Gedragskode wat korrekte en verkeerde

gedrag beskryf.

(1)

2.4 Xenofobie D Ondersteun mense wat van hulle eie lande

moes vlug.

(1)

2.5. Nelson Mandela Dag E Om ʼn manier te vind om twee

teenoorgestelde idees te versoen sodat

mense weer vriende kan wees na ʼn

argument.

(1)

F ʼn Persoon wat die lewens van ander

mense probeer verbeter.

(5)

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 4 November 2015

VRAAG 3

Kies die korrekte antwoord uit die gegewe opsies. Skryf slegs die nommer en die

korrekte letter neer bv. 3.11 T

3.1. ʼn Positiewe rolmodel is iemend wat …

A. ander blameer vir sy/haar eie foute.

B. geld belangriker ag as meeste ander dinge.

C. eie foute en tekortkominge erken.

D. optree sonder om hom/haar te bekommer oor die gevolge.

(1)

3.2. Hepatitis B is ʼn seksueel oordraagbare infeksie wat…

A. klein blasies op die geslagsdele veroorsaak.

B. kranksinnigheid en selfs dood kan veroorsaak.

C. versprei kan word sonder dat jy dit besef.

D. ʼn brandende sensasie kan veroorsaak wanneer jy die toilet

gebruik.

(1)

3.3. Beurse…

A. moet terugbetaal word wanneer jy nog studeer.

B. moet terugbetaal word wanneer jy jou studies voltooi het.

C. hoef jy nie terug te betaal nie.

D. moet met rente terugbetaal word.

(1)

3.4. Watter van die volgende is NIE ʼn goeie riglyn om op die beste moontlike

manier te werk nie?

A. Om tyd in te ruim vir ontspanning.

B. Prioritiseer jou werk.

C. Werk dwarsdeur die nag totdat jy alles klaar het.

D. Moet nie uitstel nie.

(1)

3.5. Sportetiek beteken dat…

A. jy alles moontlik moet doen om te wen.

B. die mees belangrikste ding is om te wen.

C. om te wen slegs die moeite werd is wanneer dit regverdig

gedoen word.

D. jy nooit ʼn nederlaag moet aanvaar nie.

(1)

(5)

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 5 November 2015

VRAAG 4

Gebruik die woorde in die woordbank om die onderstaande sinne te voltooi. Skryf

slegs die nommer en korrekte antwoord neer.

Materiële, ignoreer, beurse, emosies, studentelening, admireer, studiebeurs, kwalik

neem, omgee, finansiële hulp,

4.1.

word gewoonlik toegestaan aan finansiële behoeftige

studente wat bevredigende akademiese prestasie behaal het.

(1)

4.2. word aan studente toegeken op grond van buitengewone

prestasie in die akademie, sport of enige ander sfeer vereis deur die

instelling.

(1)

4.3. Jy kan aansoek doen vir ʼn by die meeste banke in Suid-

Afrika .

(1)

4.4. Mense hul rolmodelle, en kyk na hulle vir advies oor hoe om

op te tree, wat om te dra, hoe om te praat en selfs wat om te glo.

(1)

4.5 Baiekeer kies mense rolmodelle op grond van dinge soos

groot huise, geld en duur karre.

(1)

(5) VRAAG 5

Kies die korrekte antwoord uit die antwoorde tussen hakkies. Skryf slegs die

nommer en korrekte antwoord bv. 5.7 Selfversekerd.

5.1. ʼn VBOO (Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding) vlak 4 sertifikaat is

gelyk aan (NKR vlak 1,NKR vlak 4).

(1)

5.2. ʼn Swanger vrou kry 4 maande (vaderskap, moederskap) verlof. (1)

5.3. (Vrywilligerdiens, Empatie) beteken om ander te help sonder om

vergoeding of betaling te verwag.

(1)

5.4. Die vernaamste godsdienste in Suid-Afrika lewer ʼn bydrae om

(vrede,haat) te bevorder.

(1)

5.5. Nelson Mandela Dag word op (18 Julie, 09 Augustus) herdenk. (1)

(5) TOTAAL AFDELING A: 25

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 6 November 2015

AFDELING B

VRAAG 6

6.1. Verduidelik die verskil tussen ʼn loopbaan en ʼn werk. (4)

6.2. Noem VIER(4) verpligte vakke vir Grade 10,11 en 12. (4)

6.3. Noem die TWEE(2) hoof opsies vir studie na voltooing van Graad 9 en

verduidelik die verskil tussen die twee.

(4)

6.4. Vir wie is die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) geskik? Vir wie is die

Nasionale Beroepsertifikaat( NBS) geskik? Verduidelik.

(2)

6.5. Noem EEN(1) aspek wat oorweeg moet word wanneer jy jou loopbaan

kies.

(1)

(15)

VRAAG 7

Lees die volgende uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae.

Dit is nooit te laat om terug te gaan skool toe nie. Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie.

Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre skool ingeskryf en saam met

ander Graad 1 leerlinge waar hy geleer het om te lees en skryf. Hy het gesukkel om

toegelaat te word by die skool, aangesien die plaaslike ouers en amptenare gevoel

het dat die plek eerder aan ʼn kind gegee moes word. Kimani het egter volhard en

nadat hy passievolle pleidooie aan die hoof gemaak het, het hy haar oortuig en is hy

uiteidelik toegelaat om in te skryf vir Graad 1. Sy storie is uiteindelik omskep in ʼn

rolprent met die naam Die Graad Eentjie (The First Grader) en hy is uitgenooi deur

die Verenigde Nasies om te praat oor die belangrikheid van lees en skryf. (Geneem uit Shuters TOP CLASS, Lewensorëntering Graade 9: Onderwyser Gids)

7.1. Wat dink jy was die rede waarom Maruge nooit op ʼn jonger ouderdom

geleer het om te lees nie?

(2)

7.2. Was die inskrywing in ʼn Graad een klas ʼn goeie manier vir hom om te

leer skryf? Gee redes vir jou antwoord.

(2)

7.3. Noem TWEE (2) besware wat die ouers en amptenare kon hê teen sy

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 7 November 2015

toetrede tot ʼn Graad 1 klas. (4)

7.4. Watter advies sal jy aan ʼn volwassene gee wat sy/haar opleiding wil

verbeter?

(2)

(10)

TOTAAL AFDELING B: 25

AFDELING C

Beantwoord TWEE (2) vrae van die Afdeling.

VRAAG 8

Rolmodelle kan ʼn groot invloed hê op die optredes en gedagtes van die wat hulle

navolg en opkyk na hulle. Sommige rolmodelle tree onverantwoordelik op en stel nie

ʼn goeie voorbeeld aan ander nie. Sulke persone is onbehulpsame of negatiewe

rolmodelle.

Bespreek die karaktereienskappe van positiewe rolmodelle, insluitend hoe hierdie

rolmodelle optree en hul houding teenoor ander. (10)

OF

VRAAG 9

Lees die volgende Scenario oor Cindy en skryf dan aan haar ʼn brief waarin jy aan

haar sekere riglyne gee oor hoe sy haar tyd beter kan bestuur.

Cindy het by die skool agtergeraak met haar werk. Sy beoefen baie sport na skool

en as sy nie op die sportveld is nie, verkeer sy saam met haar vriende waar hulle

kaart speel of televisie kyk. Cindy vergeet altyd dat sy projekte moet inhandig en is

geneig om haar projekte die aand voor die tyd te doen of dit laat in te handig. Cindy

sukkel ook baie om tydens die klasse te konsentreer. Sy maak nooit enige

aantekeninge tydens die klasse nie en dus spandeer sy ure om deur die werk in

haar handboeke te gaan as sy vir toetse moet leer, omdat sy nie onthou nie of die

werk nie verstaan nie. Sy het nie ʼn kalender of tydrooster om haar te herinner aan

haar lesse vir die dag nie, en dus drentel sy dikwels in die skool rond en probeer

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Lewensoriëntering Graad 9 Eksamen 8 November 2015

uitvind waar sy moet wees. Sy is gewoonlik laat vir al haar klasse. Cindy is geneig

om al die aantekeninge en werkkaarte te verloor wat sy in die klasse ontvang het . Geneem uit Shuters Top Class Lewensoriëntering Graad 9: Onderwyser Gids

(10)

OF

VRAAG 10

Skryf ʼn paragraaf met die opskrif “Om seksueel gesond te wees” Beantwoord die

volgende vrae in jou paragraaf.

(NB: Daar word van jou verwag om ʼn paragraaf te skrywe waarin jy die antwoorde

op die vrae gebruik in jou paragraaf. Moet nie slegs die antwoorde vir die vrae

neerskryf nie)

10.1 Wat beteken dit om “seksueel gesond“ te wees? (2)

10.2 Noem sommige van die dinge wat jou seksuele gedrag mag beïnvloed. (2)

10.3 Noem sommige van die risikofaktore wat geassosieer word met ongesonde seksuele gedrag.

(2)

10.4 Hoe moet jy optree om seksueel gesond te bly? (4)

(10)

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOT TOTAAL 70

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LEWENSORIËNTERING

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

GRAAD 9

Bladsye: 5

PUNTE: 70

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Life Orientation Grade 9 Memorandum 2 November 2015

MEMORANDUM GRAAD 9

AFDELING A

VRAAG 1

1.1. Vals√

1.2. Vals√

1.3. Vals√

1.4. Waar√

1.5. Waar√ (5)

VRAAG 2

2.1. D√

2.2. C√

2.3. E√

2.4 A √ (5)

2.5 B √

VRAAG 3

3.1. C√

3.2. C√

3.3. C√

3.4. C√

3.5C√ (5)

VRAAG 4

4.1. Beurse√

4.2. Studiebeurs√

4.3. Studentelening√

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Life Orientation Grade 9 Memorandum 3 November 2015

4.4. admireer√

4.5.materiële√ (5)

VRAAG 5

5.1. NKR vlak 1√

5.2. Moederskap√

5.3. Vrywilligerdiens√

5.4. Vrede√

5.5.18 Julie√ (5)

TOTAAL AFDELING A: 25

AFDELING B

VRAAG 6

6.1. ʼn Werk is die werk wat ʼn persoon doen, gewoonlik vir finansiële belonging/betaling. ʼn Werk bied gewoonlik nie geleenthede vir verandering nie.√√ ʼn Loopbaan is ʼn werksrigting waarvoor ʼn persoon gekwalifiseer is deur ondervinding of opleiding of beide, en wat ʼn persoon volg vir die meeste of totale werkslewe.√√ (4)

6.2. Huistaal,√ Eerste Addisionele taal√, Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid√, en Lewensoriëntering√ (4)

6.3. Die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) wat toegeken word na die voltooing en slaag van Graad 12 op skool. Jy studeer vir jou NSS gedurende Grade 10, 11 en 12.√√ (2)

Die Nasionale Beroepsertifikaat (NBS) word by VOO (Verdere Onderwys en Opleiding) kolleges aangebied. Die NBS laat jou toe om vir die ekwivalent van die NSS te studeer, maar die vakke het meer te doen met praktiese loopbane. ʼn Sertifikaat op Vlak 1,2 of 3 sal toegeken word wat die ekwivalent is van Grade 10,11 en 12.√√ (2)

6.4. Die NSS is geskik vir hulle wat verkies om ʼn meer akademiese loopbaan te volg en by ʼn universiteit te studeer.√ Die NBS bied ʼn wye reeks praktiese aktiwiteite wat in veband staan met die werk. Dit is geskik vir iemand wat prakties is en goed met hul hande is.√ (2)

6.5. Belangstellings en vermoëns.√ (1)

(15)

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Life Orientation Grade 9 Memorandum 4 November 2015

VRAAG 7

7.1. Hy het moontlik nooit die geleentheid gehad nie; of hy moes vir sy familie in die lande gewerk het; of hy moes beeste oppas toe hy jonk was. √√(Enige relevante antwoord). (2)

7.2. Dit was goed omdat die basiese opleiding vir lees en skryf geleer sou word; dit was nie goed nie omdat dit nie vir sy volwasse belangstellings voorsiening sou maak nie.√√ (Enige relevante antwoord) (2)

7.3. Die ouers en amptenare kon bekommerd gewees het dat dit ʼn ongesonde sosiale situasie sou wees;√√ die jong kinders kon hom nie gerespekteer het nie en dit sou ʼn invloed hê op hulle gedrag teenoor die onderwyser√√ (4)

7.4. Ek sou hom aanmoedig in sy begeerte vir lewenslange leer, ek sou hom aanmoedig om aan te sluit by ʼn volwasse opleidingsklas .√√ (2)

(10)

TOTAAL AFDELING B: 25

AFDELING C

VRAAG 8

x Positiewe rolmodelle respekteer die regte van ander√√

x Hulle staan op vir hul eie regte√√

x Hulle oefen hul regte verantwoordelik uit.√√

x Hulle behandel alle mense as gelyk insluitend mans en vrouens, en mense van verskillende taalgroepe en kulturele groepe.√√

x Hulle gehoorsaam wette wat regverdig en billik is√√

x Hulle staan op teen wette wat onregverdig en onbillik is.

x Hulle stem in verkiesings.

x Hulle respekteer die reg van alle politieke partye on verkiesings te organiseer en daarin deel te neem.

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Life Orientation Grade 9 Memorandum 5 November 2015

x Hulle gebruik hul leierskap posisie om ander se lewens te verbeter.

x Hulle maak seker dat politieke leiers hul werk behoorlik doen.

x Hulle respekteer die howe en hofbeamptes. (Enige vyf relevante antwoorde) (10)

VRAAG 9

Liewe Cindy

Ek dink dat jy te veel tyd in die middae aan sport spandeer en jou skoolwerk lei daaronder.√√ Ek weet dat jy lief is vir sport en stel nie voor dat jy dit moet opgee nie, maar kies een sport om op te konsentreer en dan sal jy sekere vry middae hê om op jy studies te spandeer, eerder as ander aktiwiteite met jou vriende.√√

Jy sal vind dat jy baie meer tyd het as jy dit beter organiseer.√√ Hou ʼn dagboek waarin jy alle datums wat take ingehandig moet word aandui. Trek ʼn tydrooster op sodat jy die werk wat jy moet doen kan skeduleer.√√ Jy kan ook jou klasse op die rooster aandui sodat jy betyds daar kan wees en nie werk verloor nie√√

Terwyl jy in die klas is, moet jy probeer luister, notas neem en vrae vra. Dit sal jou help om jou werk op datum te hou en dit sal nie nodig wees om so baie tyd te spandeer om in die handbook te lees nie. Hou ʼn lêer by jou, verdeel in jou verskillende vakke, sodat jy jou daaglikse notas en aantekeninge kan liaseer en dit dan in jou vaklêers kan plaas wanneer jy tuis kom.

(Enige vyf relevante antwoorde) (10)

VRAAG 10

Voorgestelde paragraaf:

Seksuele gesondheid beteken dat jy jou liggaamlike, sosiale en emosionele welsyn in stand moet hou. √ Dit beteken dat jy jou seksuele oriëntasie moet verstaan en verantwoordelikheid moet neem vir jou seksuele gedrag. √ Middelmisbruik of die drink van alkohol kan ʼn persoon se besluite oor seks beïnvloed. ʼn Lae selfbeeld kan daartoe lei dat ʼn persoon seks gebruik om beter te voel. √ Die media romantiseer seksuele aktiwiteite en laat dit voorkom of ‘almal dit doen’. √ Tienerswangerskap √en seksueel-oorgedraagde infeksies, insluitend MIV/VIGS, √kan die gevolg wees van onverantwoordelike seksuele gedrag. Weerhouding van seks totdat jy seker is dat dit die regte ding is om te doen, √beslis tot die ouderdom van 16, die wettige ouderdom vir toestemming√, is die beste manier om seksueel gesond te bly. Om selfgeldende op te tree √en jou man te staan omtrent jou persoonlike waardes, dra by tot seksuele

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Kimani Maruge was ʼn 84 jarige Keniaanse man wat nooit geleer het om te lees nie. Op 84 jarige ouderdom het hy by ʼn plaaslike primêre

Life Orientation Grade 9 Memorandum 6 November 2015

gesondheid. √

(10)

TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL 70