56
1 ORANJE QUILTERS`GUILD ORANJE KWILTERSGILDE 1989 - 2011 NEWSLETTER AUGUST/AUGUSTUS 2011 NUUSBRIEF “Fiery Opal” – Anne Strauss Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

August 2011 newsletter

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Quarterly newsletter to members of the Oranje Quilters' Guild, Free State, South Africa

Citation preview

Page 1: August 2011 newsletter

1

ORANJE QUILTERS`GUILD ORANJE KWILTERSGILDE

1989 - 2011

NEWSLETTER AUGUST/AUGUSTUS 2011 NUUSBRIEF

“Fiery Opal” – Anne Strauss

Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie

winsgewende publikasie. Ons bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.

Page 2: August 2011 newsletter

2

...nog foto`s van die Nasionale Kwiltfees 2011.

Page 3: August 2011 newsletter

3

Liewe Kwiltvriendin,

Met groot opgewondenheid en ander oë is ons na Stellenbosch vir die 16de Nasionale Kwiltfees. Die pragtige berge en lieflike historiese geboue het ons omhels by ons aankoms. Die kwiltuitstalling was asemrowend. Daar is wonderlike talent in ons land en dit was so inspirerend om ander se werk te kon besigtig. Die detail van die kwilte was te veel om op een slag in te neem en daarom het ons meer as een keer die uitstalling besoek. Dit was so lekker om ook van ons eie lede se kwilte daar te sien!! Baie geluk aan Anne Strauss met haar prys wat sy verower het. Ons is baie trots op tannie!! Ek was bevoorreg om twee baie kreatiewe klasse te kon bywoon. By ‘n plaaslike sowel as ‘n internasionale fasiliteerder. Die atmosfeer by die fees was baie spontaan en gemoedelik. Interessante mense om te leer ken (plaaslik sowel as buitelanders), wonderlike nuwe produkte en die heerlikste groot appels uit die Koue Bokkeveld het van die fees ‘n onvergeetlike ervaring gemaak. In die koshuiskamer was daar ‘n lieflike kwilt op die bed, wat ons so welkom laat voel het. Saam kuier, idees uitruil, laat aand Tunisiese hekellesse in die koshuis en die “shopping” was heerlik. Hierdie keer was ons aan die ontvang kant, maar ek weet ons kan dit net so spesiaal maak vir die wat ons kom besoek in 2013. Dankie vir almal se entoesiasme en samewerking. Die bal is nou in ons hande. Iessie jy kan op ons reken!! Geniet jou kwiltwerk en mag die wintersiektes en pyne jou verby gaan! Groete Marianne

Page 4: August 2011 newsletter

4

FOKUS OP DIE KWILTER:-

MAGRIET BESTER

Tannie Magriet Bester se amperse “Rytjieskwilt” is gekies as die wen kwilt, met die laaste Alg. Vergadering. Dit is „n patroon van Iessie en hulle as groep het elkeen „n kwilt gemaak. Wat die kwilt besonders maak, is die pragtige driedimensionele blommetjies op die kwilt. Dit gee diepte en dimensie wat dit regtig laat uitstaan. Die kwilt is met die masjien gekwilt en is „n dubbelbedkwilt

wat op tannie Magriet se eie bed lê.

Meer oor Magriet: Tannie Magriet was haar lewe lank predikantsvrou en hulle het 19 jaar gelede na Bloemfontein verhuis. Sy is deel van die Friendshipkwilters en was daar van die ontstaan van hierdie groep. Sy het nog altyd baie van naaldwerk, veral handwerk soos hekel gehou en so het die kwiltgogga haar toe nie verby gegaan nie. Buiten vir al die naaldwerk is sy „n ywerige voëlkyk - liefhebber en spandeer baie tyd in die natuur met die stokperdjie. Sy is nou weer oppad Swaziland en Mosambiek toe en gaan haar liefde vir die natuur en voëls uitleef. “n Tent is haar akkomodasie en ek dink dis wonderlik om op haar ouderdom nog vir soveel kans te sien. Tannie Magriet werk ook deeltyds as maatskaplikewerker in Botshabelo vir die NGK in Afrika. Sy het vier kinders, waarvan drie seuns is en een `n dogter. As ons opkyk na tannie Magriet vir kwiltwerk, sal haar opvoeding van kinders defnitief vir verdere bewondering sorg. Haar kinders is onderskeidelik „n dokter,‟n predikant en „n argitek. Daar is 14 kleinkinders, vir wie die ouma die mooiste naaldwerk doen. Tannie Magriet se leuse is dat hoe groter jou kring van belangstellings wanneer jy jonger is hoe meer sal daar vir jou wees om te doen as jy ouer is. Dis voorwaar iets om in gedagte te hou en dan weet jy jou betrokkenheid sal altyd belangrik wees waar jy jou ookal bevind. Tannie Magriet ons staan in verwondering voor jou kwilt en jou LEWE!

Page 5: August 2011 newsletter

5

LIEF EN LEED

Friendshipgroep: Martie Botha se ma is oorlede. Maureen Griesel se seun was in die hospitaal. Hanli se eerste kleindogter is gebore. Lappoppe: Shirley Barnard se dogterjie, Franzelle, was bietjie siek, maar gelukkig was sy net allergies vir beesmelk. Charlene Nel se skoonpa was in ‘n baie ernstige motorongeluk en is nog in hospitaal. Esti Pretorius se dogtertjie, Elrie was in die hospitaal. Sharlene Marais se Ricus word hierdie week gebore . (laaste week van Julie) Gouedrade: Karin se skoonseun is oorlede. Needles & Pins: Lorene wil maar net nie gesond word die winter nie. Sy het al 3 keer by die hospitaal gedraai. Roeleen het ‘n skoueroperasie gehad. Rosebuddies: Lief – Janine het `n kwiltwinkel oopgemaak. Leed: - Elsa Lotz se seun het `n beroerte gehad. Gershia Rothman - nog steeds siek en was in die hospitaal. Gewese lid: - Charlotte du Preez is oorlede. Vingerhoede: Sanet het ook intussen nog 2 kleinkinders ryker geword. Augusta spog ook met nog `n kleinseun. Corné se seun was ook intussen by die wiskunde lipmpiade in Hong Kong en dit was vir hom en sy Pa `n wonderlike ondervinding! LHparkies: Ninor se skoonsuster is oorlede, asook haar “aangenome dogter”. Dit gaan nie goed met Anita nie. Goedharte: Geluk aan Anne Strauss met haar eerste prys op die Nasionale Kwiltfees. Ons dink aan Mariëtte met haar ma wat baie siek is. Lief en Leed van die Goue Drade: Connie Wilke gaan September vir ‘n rugoperasie.

Page 6: August 2011 newsletter

6

UITREIK – 28 MEI 2011

Saterdagoggend 28 Mei, met `n ysige windjie uit die suide, het ‘n paar vroue, uit verskillende groepe, onder leiding van Elsie van der Bijl, ‘n groepie dogters van ons plaaslike kinderhuise, getrakteer. Ons het hulle gehelp om ‘n kussing, wat vooraf gemaak is deur lede van ons Gilde, te versier met knope, krale, vilt, ens. Vaardigheid het soms ontbreek, maar daar was hope entoesiasme! Gou-gou was dit tyd vir `n teepouse, maar lus vir ophou versier aan die kussings was daar nie eintlik nie, en heerlike “cupcakes” , melktert en `n ”boksie” vrugtesap is sommer so tussen die naald en gare deur geniet! Teen etenstyd was die kussings byna almal klaar en is daar weggelê aan heerlike lasagne,’n mengelslaai en `n glasie koeldrank. Die kussings is afgerond en daar is toe gedemonstreer hoe om `n polistereenballetjie te versier. Dit het die dogters baie geniet. Die werkskamer is opgeruim en teen half twee was almal weer oppad terug huistoe – die kinders baie in hul skik met hul kussings, versierde balletjies en `n geskenkpakkie, en ons tannies met warm harte! Wat is dan nou lekkerder as om `n gelukkige gesiggie te sien! Die dogters het almal hul dank en waardering uitgespreek teenoor almal wat betrokke was. Baie dankie aan Iessie vir die gebruik van haar werkskamer. Sommer `n groot dankie aan Elsie vir al haar reëlings asook die vroue wat die oggend gehelp het. Aan almal wat iets bygedra het – hetsy koeldrank, eetgoed, lap, geskenkies of wat ook al – BAIE DANKIE – daarsonder sou ons nie die oggend kon aanbied nie!

Die groep dogters

met hul kussings.

Page 7: August 2011 newsletter

7

PFAFF ambition 1.5

Just look at all these amazing features:

Get your PFAFF ambition 1.5

for only R9 999!!! (valued at R12 375)

(Special valid until 17 September 2011 or while stock

last)

PFAFF Bloemfontein

8 Bergstedt Street

Fichardtpark, Bfn

Tel: 051 5224554

Cell: 083 448692

IDT (Integrated Dual Feed)

Large sewing space

195 stitches

Alphabets - 4 styles

PFAFF design makes sewing easy

Large, high-resolution screen

Bobbin thread sensor

Start/Stop button

Speed slider

Three LED light sources

Free-motion sewing

External feed dog drop

Needle up-down

Extra presser foot lift

Presser foot pressure

Adjustable thread tension

Immediate tie-off

29 Needle positions

Twin needle program

Stitch width safety

Stitch elongation

Mirror image

Sequencing

Save personal stitch

Integrated needle threader

Snap-on/Snap-off presser feet

Top loading bobbin

Electronic needle piercing power

Hard cover to protect your machine

Two spool pins

Accessory tray

Six feet included

Page 8: August 2011 newsletter

8

Furoshiki -A magical cloth can be used in a multitude of ways -

A 'furoshiki' is an oversized square piece of material, dyed in any number of colors, hues and patterns, used for carrying and storing

things, for wrapping gifts, spreading on the floor, or even decorating a room. Non-Japanese are amazed by the multitude of

usages of this 'magical' cloth. For most visitors it's another hitherto unknown aspect of Japanese ways and culture.

Origin of 'Furoshiki'

Dating back to the mid-Edo Period (1603-1868), 'furoshiki' literally translated means'bath spread'.

First used in public bath houses,then a social center for the common people,'furoshiki' served as a wrap to hold the bather'sclothes. Gradually, it came to be used as a convenient means for carrying a

change of clothes and toiletries. The convenience of'furoshiki' to carry things spread quickly as commerce grew and people and goods moved around more for business and pleasure. Before

becoming associated with public bath,'furoshiki' was known as 'hirazutsumi',meaning a flat, folded bundle. Eventually, the'furoshiki's' manifold usages extended to serveas a means for merchants to

easily transport their wares or in other cases to protect and decorate a gift.

In Japan, it is considered impolite to offer a gift directly by hand. To avoid a social gaffe, the 'furoshiki' serves a useful purpose in an attractive manner. However, etiquette is aserious thing in

Japan, and currently there's adebate on whether a gift wrapped in a 'furoshiki'might not be interpreted that the receiving partyis then expected to reciprocate the favour with areturn gift

wrapped in the original 'furoshiki'.'Furoshiki'were used forweddings from the mid-Edo Period until the mid-Showa Period (1926-1989), parents of the bride would prepare'furoshiki' with patterns such as cranes and other birds, fans, pine trees and waves, all symbols believed to usher in happiness and

fortune.Today, most guests attend the wedding ceremony with the gift carried in a 'furoshiki' but taken back home to avoid any possible misunderstanding. Still, there are those who suggest the 'furoshiki' should be considered as gift wrapping and therefore included with the gift. Nothing is

simple in Japan!

INSTANT BAGS

1. Fold a 'furoshiki'.

2. Shorten by tying up the two edges

created by the folding.

3. Tie the other side of edges, which are

not folded, and create a carrying.

Page 9: August 2011 newsletter

9

NIHON-ZUTSUMI(TWO BOTTLE WRAP)

1. Place two bottles on the diagonal line

formed between two opposite corners of the 'furoshiki'. Be

sure the bottles do

not touch each other.

2. Cover them

with the corner of the cloth nearest you.

3. Roll them so that they are

covered with the cloth.

4. Stand them up.

5. Tie the left and

right ends together.

FUROSHIKI TISSUE BOX WRAP: -

http://www.tinyshiny.com/HowToProjects/FuroshikiTissuBoxWrap.php

Page 10: August 2011 newsletter

10

Environmental Facts!

According to the result of Eco Event conducted by Japan's Environment

Ministry in October 2005, one plastic bag, weighing 8 to ten grams requires from 16 to 18 ml of crude oil to produce. Furthermore, it emits

30 g carbon dioxide during the process of manufacture and a further 31g of carbon dioxide during incineration. Imagine, by NOT using one plastic bag about 61 grams of polluting carbon dioxide is prevented from further degrading our breathing air! As well, the Ministry determined that 30 billion plastic bags are annually used in Japan requiring 0.6 million km liters for its manufacture resulting in a mountainous 0.6 million tons of garbage sent to overburdened landfills. Foregoing the use

of plastic bags for daily shopping is vital to our planet's environmental

health. Instead, by using a traditional 'furoshiki', (a square of cloth) definitely lowers carbon dioxide emissions thus becoming a positive contribution to the prevention of global warming.

THE STORYBOOK QUILT. "Hey grandma, what cha doin'?" I asked in my little girl voice. Grandma looked up and a broad smile spread across her face. "Oh, just quilting, Chrissy. Come sit on your Grandma's lap while I work." After hugging her a bit too tightly and placing a kiss firmly on her cheek, I cuddled in her arms to watch. After what seemed like an hour to me, but was actually only minutes in reality, Grandma firmly said, "Now Chrissy, sit still you're hurting my legs with all that squirming around!" "Oh! I'm sorry Grammy," I said as I wrinkled up my nose, giggling as I slid to the floor. I looked up at her to see if she was angry. I could see that she was amused at my "cute" actions. I decided not to push my luck. I sat quietly cross-legged on the floor watching as she sorted and stacked the small squares. I was never, and doubtfully ever will be, someone content to just sit and watch. I reached my tiny hand deep into the worn pillowcase, pulling out many squares of beautiful colored material.

Page 11: August 2011 newsletter

11

"Sweetheart, go slow. Why don't you tell me, one by one, the colors you see? Do you know all your colors?" "GRANDMA! Of course I do! I am five you know," I said matter of factly with my hands on my hips. I could see how she had to bite her lip to keep from laughing. "All right then, my big girl, let's get busy and sort by color." "Sure thing, Grammy; red, blue, green," I mumbled as I slowly stacked each color into perfect little piles. "OH! Stars and Moons! " I squealed with excitement. She always seemed amazed at how the smallest things would delight me. Once again, she grinned from ear to ear. I noticed that from time to time she would stop and look at one of the squares. Tenderly she would hold them in her half-crippled hands, touching and smoothing the cloth and smiling to herself. To me they were just pieces of scraps, but to her they seemed to be something more, something very special. I stared at her wondering why she looked so strange. Very quietly I touched her hand and asked, "Grandmother, please tell me the story." "What story is that Chrissy?" she said looking a bit confused. "I know magic when I see it Grandma, and I see magic in your eyes." "My, my, Chrissy, you ARE a smart little girl after all. You see, those tiny squares are bits and pieces from my past. The red velvet ones are from your first Christmas dress. The blue ones are from your mother's wedding dress and the other colors are from different moments that I will remember all of my life. I can take my past into the future. I can work on this now, with you, and pass it along. This quilt is my masterpiece." "Why did you forget to tell me about the moon and the stars?" I said pouting. I could barely hear as she whispered, "Well, my Angel, those are to represent YOUR hopes and dreams. Promise me that you will never forget them! Dreams are the wishes the heart makes." I wondered, were those tears that formed in the corner of her eyes as she told me the story, and why did she cry? Many years have come and gone since I woke up one winter's morning and found that beautiful quilt covering me. Grandma had been making it for me! Then I understood the tears that had been in her eyes. I had forgotten about the quilt until today when I was talking to a friend. He is also an aspiring writer and I found that we have a lot in common, even though he is more experienced and I consider him my teacher and my mentor. We shared how we both have note pads where we gather bits and pieces of ourselves and parts of our lives. Our pages are full of moons and stars. Like Grandma's quilt, we save and collect scraps of hopes and dreams. I believe that great writers collect bits and pieces, hopes and dreams, for years, saving them, and then one day they "quilt" them into masterpieces called stories.

© 2000 By Christine McClimans aka Corky Ferguson Inserted from <http://homepages.tesco.net/~derek.berger/quilt.html

Page 12: August 2011 newsletter

12

NUUS VAN “SAGQ”… Baie dankie aan Jeanette Botha wat die leisels stewig vasgevat het vir die laaste drie jaar. Jy het jou goed van jou taak gekwyt en baie geluk aan Elsa Brits wat gekies is as nuwe President van SAQG. Ons weet jy kan hierdie werk baie goed doen. Sterkte vir jou termyn. Die Uitvoerende komitee bestaan tans uit die president, GRG, Natal en Good Hope gildes. Webwerf: Elke gilde MOET toesien dat nuwe inligting gereeld op SAQG se webwerf geplaas word. Datums en plekke van vergaderings, die groepe waar en wanneer hulle vergader en natuurlik foto‟s. Winkels in jou area kan opgesit word en ook klasse wat aangebied word. Daar is baie kwilters van elders wat dalk jul vergadering wil bywoon. Elke gilde moet sorg dat nuwe inligting gereeld na die webmeester gestuur word. Foto`s asseblief in Jpeg formaat. Foto‟s asseblief van kwilte, en nie van mense wat gesels nie. Soms sal foto van kwilt en maker geplaas word, maar mense wat die web besoek wil graag na die kwilte kyk en nie na mense nie. Vollengte foto van kwilt met maker se naam asseblief. Youthblock: Die kinders neem graag deel en elke kind wat deelneem moet „n mentor hê om hom/haar touwys te maak. Dit is elke gilde se plig om die kinders te betrek sodat ons die belangstelling by hulle kan kweek. So, Oranje Gilde ons moet hieraan „n bietjie meer aandag gee. SAQG het R5 000.00 geborg vir die jeugblok om kinders aan te spoor en op te lei. Affiliasiegelde: Aangesien SAQG en kwiltgildes nie winsgewende organisasies is nie, gaan daar nou van die gelde gebruik word om uitreik werk te doen. Dit sal op meriete aangebied word en enige iemand wat dink hy/sy het „n goeie projek, mag aansoek by SAQG doen om geldelike bystand. Sodanige persoon sal moet verslag doen van hoe die geld spandeer is. Dit is ook nie noodwendig dat jy elke jaar die geld sal kry nie. Elke aansoek sal deur die uitvoerende komitee nagegaan word. Affiliasiegelde is nou weer R10p/p en moet jaarliks teen die einde van April by SAQG inbetaal wees tesame met „n volledige ledelys. Stuur ledelys na Denise by [email protected] Plattelandse lede: Om hierdie mense te probeer inkorporeer by gildes, kan ons hulle name, adresse en telefoonnommers aan Jeanette Botha stuur by [email protected]. Sy sal haar bes prober om hulle by SAQG te inkorporeer. SAQG het 2 400 geaffilieerde lede, maar daar is baie ander kwilters deur die land. Daar was baie sulke mense by die fees. Kyk of julle name vir Jeanette kan stuur. Kategorië: Kategorieë vir feeste het nou verander na: - Contemporary – traditionally no raw edges Freestyle – 25% of quilt must have 3 layers Masterclass – only in Contemporary and Freestyle 2 Person quilt – no longer a group quilt which will be in category of it‟s own Youth Quilts – only to 16 years of age, not 18 anymore. Group Quilts – as before Ander kategorieë soos miniatuur, uitreik, challenge, klein en tema kwilte sal nog daar wees. Sodra dit heeltemal duidelik is, gee ek dit deur. By „n fees moet kwilte van die plafon gehang word.

Page 13: August 2011 newsletter

13

Reisende Uitstalling: Die reisende uitstalling gaan voortaan nie meer aan „n tema gekoppel word nie. By elke fees sal daar mense wees wat paar kwilte kies om op reis te gaan. Die maker se toestemming sal gevra word; so as julle iets vir reisende uitstalling wil maak, sorg dat julle werk by die fees is. Die verteenwoordiger van elke area moet sorg dra dat daar „n uitstalling in die betrokke area gereel word en moet die datums aan die organiseerder deurgee. Gildes kan ook die Reisende uitstalling na kleiner dorpe in hul gebied laat gaan. VLU: Bouquet tydskrif gaan nou elke keer „n bladsy kosteloos aan SAQG afstaan. So kry kwiltwerk ook meer blootstelling. Teachers Forum: Teachers forum is gestig waarvan Bettie van Zyl nou aan die hoof is en ons sal weldra nuwe inligting hieroor ontvang. SAQG wil net poog dat alle klasse wat aangebied word van hoë standaard is en dat mense nie ander mense se klasse aanbied nie. Hoop ek het nou alles deurgegee. As ek iets oorgeslaan het, sal dit in volgende nuusbrief verskyn. Gaan kyk bietjie by www.in2crafts.co.za en www.quilts4london.org.uk en as jy belangstel, kan jy „n kwilt voor Desember maak. Lekker kwilt Mariëtte Venter

The more excited you are about accomplishing

something important to you, the more excited others

will be about helping out. Enthusiastic emotions are

contagious.

Many great women committed to worthy causes are full of enthusiasm. Their

infectious excitement naturally attracts the help and support of others.

The more passion you have for your life and activities, the more charisma and

enthusiasm you will communicate. These two traits draw people to you like

magnets.

Use the power of your enthusiasm and watch how effortlessly you attract the

support of others into your life.

©Jane Powell – Meditations for Women

Page 14: August 2011 newsletter

14

Dit is tyd om almal te beloon vir hul lojaliteit en

ondersteuning.

Bring jou nuusbriefboekie

saam,

wys hierdie bladsy

EN

Verdien vir jouself ‘n volle

10% AFSLAG

op jou aankope.

Ons lewer jou pakkie GRATIS af in

Bloemfontein!

Dankie Oranje Kwilters! Julle verdien

dit!

Page 15: August 2011 newsletter

15

Gouedrade en Vingerhoede se

patroon vir die kwartaal.

Page 16: August 2011 newsletter

16

Naaldwerk-, Kwilt-, Borduur- & Omkapmasjiene “Beste kwaliteit en diens gewaarborg!” • Kwiltlap vanaf R120 p/m • Freezer Paper @ R10 pm • Groot verskeidenheid kwilt benodighede • Gütermann 100% katoen kwiltgare • En vele meer… Marie‟s Sewing Creations Bergstedt straat 8 Fichardtpark Bfn Tel: 051 5224554 Sel: 083 4486921 Besoek ons by: www.mariessewingcreations.co.za

Page 17: August 2011 newsletter

17

The Quilters` Hall of Fame

In July 2002, RUBY SHORT MCKIM, was inducted into The Quilter`s Hall of Fame. In

an article published in the newsletter of the Quilter`s Hall of Fame, ruby`s

granddaughter, Chris Jones remembers her grandmother:

“Ruby was a wife, a mother, an artist and business woman – and a charming

person to know. She loved life and was determined to exact every minute out of it

for herself and her fmily. She had two personal mottoes that I will always

remember: “If you don`t feel good, put on your company face and keep going” and

“You only fail when you don`t try.” What an image for u7s to look up to an

emulate!”

Indeed, a role model to aspire to and a quilt designer extraordinaire.

Ruby Short Mckim has been an icon in the quilting world for most of the 20th century with her creative designs for

pieced, appliquéd and embroidered quilt blocks, as well as her innovative decorating ideas. Ruby`s word was

published regularly in newspapers and magazines during the 1920s and 1930s, including Better Homes and

Gardens, the Kansas City Star.

In 1931 she printed her own book, 101 PACTHWORD PATTERNS, as a compilation of

these syndicated patters.

The book was one of the earliest quilt pattern anthologies and is still considered a

classic today. It has also been reprinted several times.

As a young girl growing up in Independence, Missouri, Ruby was always drawing,

and after graduating from high school she attended the famous Parsons School of

Design in New York City. However, she did not attain a degree from the prestigious

institution, instead returning to her hometown to begin a career as an art teacher.

In 1916, the year she turned 25 and the year before she married Arthur Mckm. Ruby published her first embroidery

quilt patter series in the Kansas City Star newspaper.

Named the Bedtime quilt, but also known as Quaddie Quiltie, Ruby designed 20 animal motifs based on the

characters in Burgess`s Bedtime Stories that was initially published as a calendar. To introduce the quilt series

in the newspaper, Ruby included a picture of the complete quilt with the following explanation:

Page 18: August 2011 newsletter

18

“Bedtime is quilt time, and here is the bedtime quilt! Twenty little Qauddies from the Green Meadows and Forest

and Smiling Pool are coming in funny square shapes, to make a picture cover for the tiny white bed. These have

been made just the size to trace on a white muslin block, about 8 inchers square, and the big sister or someone

can take some blue of pink or green thread and embroider them in a simple outline stitch. Next Sunday the first

little quiltie will be here on this page, and another the next and so on till finished, you will sure be glad they are

coming, and will want to keep them. This sketch today is to show how the quilt will look when it is finished. You had

better save this picture so you will know how to make you own quilt.”

Ruby`s association with the Kansan City Star newspaper is legendary. From September 1928 until May 1961, The

Kansas City Star ran a weekly quilt pattern column and it was none other the Ruby Short Mckim who started this

phenomenon with her Pine Tree pieced block on September 19, 1928. She continued to design patterns for the

newspaper until 1931 an it was during this time the Ruby`s patterns reached beyond the United States and became

internationally syndicated in Canada and Australia.

“Pine Tree Pieced block” wat verskyn het in

die “ The Kansas City Star”van 19

September 1928.

*Uitreksel van `n artikel wat verkyn het in die Patchwork &Quilting Vol10 no.10

Page 19: August 2011 newsletter

19

Brokkies…

Frances van Schalkwyk het tydens die Nasionale

Kwiltfees in Stellenbosch haar laaste opleiding

deurloop as `n beoordeelaar.

Sy het tydens

`n funksie van

die Fees haar sertifikaat ontvang. Baie geluk!

Die Oranje Kwiltgilde spog nou met sy eie

beoordeelaar.

Nog `n wenner…

ANNE STRAUSS…

Sy het `n eerste plek behaal by die Nas. Fees 2011 in

Stellenbosch.

Veels geluk!!!

Afdeling: Tradisioneel – Groot

“Fiery Opal”

Page 20: August 2011 newsletter

20

Tipes Kwilte…Iessie Steenberg

Ons het so baie nuwe kwilters in ons gilde en baie van hulle vra my dikwels: Iessie, ek het by iemand gehoor van „n Tradisionele kwilt, maar wat presies is dit? Of ek het gelees van „n” African American” - kwilt, maar ek het geen idée wat dit is nie. Daar is „n ongelooflike verskeidenheid van tipes kwilte wat oor die jare ontwikkel het. Soms het die ontwikkeling deur „n behoefte ontstaan, soms vir „n spesifieke doel en soms net om aan kreatiwiteit uiting te gee. Pam van Pam‟s Quilted Memories sê, as „n mens weet waarvandaan dit kom, dan het jy waardering daarvoor en kry jy ook „n idée van jou verlede. Daarom het ek gedink om vandag verskillende tipes kwilte vir julle te wys – ten minste die wat ek ken. Ek gaan dit alfabeties doen.

African American – sommige mense noem dit”Afro American”. Dit is kwilte wat op tradisionele patrone gebaseer is, maar „n innoverende inslag het. Hulle sê die slawe het dit afgekyk by hulle werkgewers en dit so min of meer nagemaak. Album kwilte – dit word ook Signature kwilte genoem . Dit bestaan uit verskillende blokke en word gewoonlik deur verskillende persone vir iemand spesiaal gemaak. Ons ken dit as „n Memory kwilt (is dikwels gemaak van klere van die persoon) of as „n Friendship kwilt. Die blokkies word meestal onderteken met die persoon, wat dit gemaak het, se naam. Nog bekende voorbeelde hiervan is die Baltimore kwilte (1800 Maryland). Foto-kwilte en “Scrapbook”- kwilte val ook in hierdie groep. Amish kwilte – Hierdie kwilte word gemaak op die bekende styl van die Amish kwilters wat in Amerika woon. Hulle diep en ryk kleure op lap, wat onbedruk is, is baie bekend, veral die swart wat hulle baie gebruik. Bargello kwilte – Se stroke word eers horisontaal gestik, weer gesny in stroke en dan weer in vertikale trappies gerangskik in interessante geometriese patrone, voordat dit weer gestik word. Trip-around-the-world is „n baie bekende patroon wat in die groep val. Biscuit (Puff) kwilte – Hierdie kwilte bestaan uit opgestopte individuele blokkies. Hulle is al vroeg in die 19de eeu gemaak, maar in die 1970‟s het hulle weer herleef saam met die herwinnings idees. Charm kwilt –

Page 21: August 2011 newsletter

21

Word gemaak van baie verskillende blokkies (tradisioneel 2”) waarvan nie twee dieselfde is nie. Die patroon is dan ook gewoonlik „n een templaat- patroon. Cheater kwilt – Vooraf gedrukte panele verwerk tot „n kwilt. Al die blokkies wat gemaak is vir voorbeelde (orphan blocks) is saamgevoeg in een kwilt. Crazy kwilte – Die blokke bestaan gewoonlik uit oneweredige patroondele. Fluweel, satyn en sy kan gebruik word en dit word dan na die tyd baie borduur. Hierdie kwilte was baie populêr in die Victoriaanse tydperk. Groepskwilte Soos Friendshipkwilte , dit is kwilte wat deur „n groep kwilters saam gemaak word. Innoverende kwilte - Die patroon is gebaseer op „n tradisionele patroon, maar die blok eindig nie as „n tradisionele blok op nie. Kinderkwilte – Word met min versierings gemaak om weerstand teen hantering en gereelde was te kan bied. Hulle is kleiner as gewone bedkwilte en het dikwels „n leersame inslag vir die kind. Kontemprorêre Kwilte – Val saam met Kunskwilte in „n groep kwilte wat gemaak is met die doel om dit soos „n skildery te gebruik. Hierdie kwilte se fokus is dan ook gewoonlik gerig op die kyker. Medaljon kwilte – Is „n kwilt met „n baie dominante sentrale motief wat dan omring word deur verskeie randstroke. Wanneer dit ry vir ry deur verskillende lede van „n groep gemaak word, word dit „n Round Robin kwilt genoem. Miniatuur kwilte – Is „n piepklein weergawe van „n groot kwilt – baie tradisioneel. Hierdie moet nie verwar word met „n klein kwiltjie nie. “Mystery “ - kwilte – Die patroon van hierdie kwilte word in verskillende stappe opgedeel en net stap vir stap onthul. Naive /Primitive kwilte - lyk soos wat „n kind dit sou doen. Soms word dit ook Storiekwilte genoem. Patriotic quilts – Vertoon gewoonlik elemente van die Amerikaanse vlag. Quillow – Is „n kruising tussen „n slaapsak, „n kwilt en „n kussing. Die kwilt vou op en pas in „n drasak.

Page 22: August 2011 newsletter

22

Rytjies kwilt – Dieselfde blokke word in rye herhaal. “Scrap”- kwilt – Is maar gewoonlik „n kwilt met laswerk wat gemaak is uit die oorskiet materiaal van „n ander projek. Seminole kwilt – Bestaan uit die panele wat gemaak is met die patrone van die Seminole Indiane wat woon in Florida. (Eintlik meer „n tegniek). Tradisionele kwilte – Die blokke waaruit hierdie kwilte saamgestel is, is gebasseer op historiese gedokumenteerde patrone. Voorbeeld (Sampler) kwilt – Hierdie kwilte bestaan uit „n versameling blokke in verskillende patrone. “Whole Cloth “-Kwilt – Net een groot stuk materiaal is gebruik vir hierdie kwilt. Tradisioneel dan ook „n soliede kleur. Die kwiltpatroon is dan die fokus en lyk meestal baie ingewikkeld. “White Work” val ook in hierdie groep. “Watercolour “ Kwilte - Is die gebruik van klein blokkies gedrukte materiaal om „n ontwerp mee op te bou wat jou laat dink aan waterverf skildery. Soms word dit ook Colourwash genoem. 27 kwilte – hoop dit is vir jou „n inspirasie om in te spring en te werk! CROSSROADS

SOMETIMES WE COME TO LIFE'S CROSSROADS AND VIEW WHAT WE THINK IS THE END... BUT GOD HAS A MUCH WIDER VISION AND HE KNOWS IT'S ONLY A BEND. THE ROAD WILL GO ON AND GET SMOOTHER, AND AFTER WE'VE STOPPED FOR A REST, THE PATH THAT LIES HIDDEN BEYOND US, IS OFTEN THE PART THAT IS BEST...!!! SO REST AND RELAX AND GROW STRONGER...LET GO AND LET GOD SHARE YOUR LOAD!

Page 23: August 2011 newsletter

23

Stel bekend Blok Lotto

Hoe werk dit?

- Elke kwartaal in die nuusbrief word instruksies gegee om ‘n spesifieke blok in ‘n sekere grootte te maak

- Daar gaan gepoog word om verskillende tegnieke toe te pas met die maak van die blokke

- Oranje Kwilters gilde lede en PFAFF masjieneienaars (kwilters) het dan tyd om die blok te maak en by PFAFF in te handig.

- Die sluitingsdatum vir ‘n kwartaal se blokke is die dag VOOR die volgende kwartaalvergadering. GEEN blokke word nog op die dag van die vergadering aanvaar nie.

- Vir elke voltooide blok, wat voldoen aan die vereistes, wat jy inhandig, word jou naam in ‘n houer geplaas. Geen beperking word op die hoeveelheid blokke wat jy wil maak, geplaas nie

- Tydens die vergadering word ‘n naam uit die houer getrek en hierdie persoon is dan die wenner van AL die blokke.

- ‘n Inskrywingsfooi ten bedrae van R5,00 per blok word gehef en ‘n deel daarvan gaan ter stuiwing van ons FEES in 2013.

- Hierdie kwartaal is daar NIE ‘n patroon nie, jy maak die blokkie self, maar betaal nogsteeds vir elke blok wat jy indien by PFAFF.

- Daar MOET ten minste een PFAFF lappie in elk van jou blokke voorkom.

Aug 2011 Blok aanwysings – Sluitingsdatum: 9 November 2011 Blok grootte (met inhandiging dus onvoltooide mate) = 10½” Gebruik al jou rooi en pers afvallappies.(onthou om ‘n PFAFF lappie in te hê.) en maak ‘n “crazy patch” blok. Die borduurwerk op die blok kan met die hand OF masjien OF albei gedoen word en in enige kleur van jou keuse.

Page 24: August 2011 newsletter

24

RECIPE…

…take along a tray of Quilter's Slice

to go with the coffee.

You will need: 1 packet of Arnotts Lattice Biscuits (If you can't get these, try a sweet biscuit/cookie for the base and top) OR Tennis Biscuits 1 tin of Sweetened Condensed Milk Juice and zest of 1 lemon 250g Cream Cheese For the Backing: Spread out half of the Lattice biscuits, right side down in a lined shallow tray Wadding: (sorry, Filling) Soften the Cream Cheese, combine with the Condensed Milk until smooth, then add the lemon juice and zest. Spread this over the layer of biscuits in the tray. The quilt top (top layer) is simply made by adding the other half of Lattice/Tennis biscuits right side up, pressing them gently onto the filling. Place the tray in the fridge until the filling is set, then cut between each biscuit and then in half to make fingers of this yummy "cheesecakey" slice.

****

Page 25: August 2011 newsletter

25

OORSKIET

LAPPIES: - Hier is raad,

soos dit verskyn het in `n uitgawe van die Austrialian Patchwork & Quilting Magazine.

A. There could be volumes written about scrap management — and there are a number of theories on how best to store the leftovers. First, ask yourself the following - If there‘s one thing that keeps quilters inspired, It‘s fabric! There are so many colors, styles and ranges, and thankfully, they just keep getting better. Then, on other end of their ‗life cycle ‗is when they become leftovers from completed projects — or ‗scraps‘. We‘ve received o few queries about what to do with these unwonted by-products, so we are taking a look at good scrap management.

There’s nothing like a good sort! If I can give you one good tip. It‘s to keep your scrap pieces sorted. Whither it‘s by colour, size or theme. When they‘re well organized you‘ll find them easier so use up. Having scraps of Novelty prints set aside, for a future ‗I spy‘ quilt, or

Page 26: August 2011 newsletter

26

Reproduction fabrics all together for a quilt wish a vintage look, preparation is the key to success here. • Is most of your work pieced air- appliquéd‘? • what sizes are yourLeftovers‘ andwhat would you like to make with it? If you‘re a fan of appliqué, those tiny pieces could be sorted by color, pressed and stored in zip.Iock bags. On the other hand, if you prefer pieced quilts, now is the time to think about what you could make with them. If you wouldn‘t make block with squares less than say, 2inhces finished size, there‘s not much into keeping anything smaller than 2½square. Check with any fellow quilters who you know love appliqu é and they might be happy to accommodate them. Leftover borders and bindings can be very handy in a future project. In fact, it‘s a good idea, when starting a new quilt, to look through your scraps for materials first. If a pattern requires a certain amount of a green print, for example. You could combine a few greens from your scrap bag and ―make do‖from other protect leftovers. Leftover bindings can be valuable too — if you save up your plus binding strips, they can make very affect rye scrappy binding on another quilt. The secret here is to keep them together — and well pressed.

Order or chaos? By cutting leftover fragments into strips of values widths, you‘re well on your way to a string-pieced projetcs. Or by cutting them all the, same width, you‘re reefer any rotary-cut design. Be it a scrappy nine-patch, four-patch or braid quilt. If you enjoy the results of making a project with a scrappy look, sorting your pieces to light, medium and dark values is probably all you need to do. The more fabrics you can use in a scrap quilt, the better — in fact, it often comes down to what prints should be left out. However, if you prefer more order in your creations, it‘s a

Page 27: August 2011 newsletter

27

good idea to separate them further — by colour and by small and large scale prints for instance, and folding larger pieces so they don‘t overpower the smaller ones, Do take the time to press everything before you score them away, as they then take up less room, look more appealing and they‘re ready to use when called upon.

***********

Dear editors As curator of a forthcoming travelling exhibition of textile works, I invite you to share this Call for Entry information with your readers and members: Beneath the Southern Sky is a travelling exhibition of contemporary textile works to be displayed at the Australasian Quilt Convention, Craft Expo Auckland and other venues in 2012. All textile artists are invited to submit an entry exploring the theme Beneath the Southern Sky. Each work will be in a 40x100cm (W x L) vertical banner format and up to 30 works may be selected. The closing date for entries is 25 January 2012. International entries are welcome. For more information, see www.beneathsouthernsky.com or contact [email protected] your assistance, I attach a web button and a 300 dpi graphic suitable for print publications. "Cut & paste" HTML code for two size of web graphics can also be found at: http://serendipitypatchwork.com.au/blog/2011/06/27/beneath-the-southern-sky-buttons/ Thank you for helping to promote this exciting exhibition opportunity for textile artists. Sincerely Brenda Gael Smith Curator: Beneath the Southern Sky Travelling Exhibition [email protected] http:.//beneathsouthernsky.com

Page 28: August 2011 newsletter

28

RONDREISENDE

UITSTALLING …

Die 7de Rondreisende Kwiltuitstalling is gedurende Maart 2011 in George geopen.

HIER IS `N VOORSMAKIE VAN DIE KWILTE, SOOS DIT VERSKYN HET IN DIE JUNIE UITGAWE VAN ‘SITCHES’.

Page 29: August 2011 newsletter

29

DIE UITSTALLING IS AANSTAANDE JAAR IN BLOEMFONTEIN. KYK GERUS UIT DAARVOOR!

4-28 Oktober 2012 te

Oliewenhuis,

Bloemfontein.

Page 30: August 2011 newsletter

30

Page 31: August 2011 newsletter

31

KURSUS

Marilyn Pretorius

11-12 September 2011

Kontak: Marianne 0828262128

Fondsinsamelings:

Die volgende projekte word gedurende die loop van die

jaar aangebied. Ondersteun asb. So ver as moontlik!

Golfdag:

5 November 2011

De Wetsdorp

Bloemfontein – datum sal deurgegee word.

(Kommandeer al die golfspelers( manne en vroue) op, om bg. 2 dae te ondersteun!)

*********

Saterdag 1 Oktober

Werkswinkel Kwiltdag AANGEBIED DEUR NEEDLES & PINS

Inligting sal nog deurgegee word!

Page 32: August 2011 newsletter

32

KWILTER`S DAGBOEK

10 November 2011

Lappoppe/Sterkwilters

11 Feb.2012/Friendshipgroep

10 Mei 2012/ Kreatiewe Lappies/LHParkies

16 Aug. 2012/Rotary Cutters & Mat. Girls

10 Nov. 2012/Needles & Pins

Ons Alg. Vergadering vind plaas te: NGK Saal Altonasngl. FICHARDTPARK Bloemfontein.

Page 33: August 2011 newsletter

33

“Challenge” Kwilt 4de Kwartaal

My mooiste Kerskwilt

(Groot,med,klein)

Sommer Almal asb.!!!

Boeke nuus: Tydens die laaste Alg. Verg. het Marianne Le Roux meer vertel oor Furoshiki. Sy het `n paar voumetodes demonstreer en almal was “mal” oor die manier waarop jy `n geskenkie kan “toedraai”. Sy het die onderstaande boek aanbeveel, as jy meer wil weet.

Furoshiki – the art of wrapping with fabric deur Kumiko Nakayama- Geraerts

*Beskikbaar by Kalahari.net @R118.95 plus posgeld.

Page 34: August 2011 newsletter

34

INTERNETNUUS…

Page 35: August 2011 newsletter

35

N U U S V A N D I E F R I E N D S H I P G R O E P –

(Ons groepie vergader elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by Iessie se

werkskamer. Kontak Frances 0788034019)

Die jaar is verby die halfpadmerk, en wat `n heerlike ses maande van kwilt was dit nie! Seker die lekkerste, was

die Kwiltfees in Stellenbosch! Baie geluk aan die organiseerders – ons het heerlik “gefees”!!! Die “lectures” was

uitstekend, die sprekers uiters talentvol! Wonder net wanneer slaap hulle???

Ses lede van ons groepie het die oggend van die 1ste Julie, vroegoggend vertrek. (Tannie

Magriet en Iessie was alreeds daar) Vol opwinding en verwagting! Die lang ent se ry was

beslis die moeite werd. Ons het baie gelag, lekker geëet, om die kaggelvuur gekuier en

laaste, maar beslis nie die minste, gekwilt !!! En … ons groepie het `n sterretjie by gekry –

Elrine Vermaak - Carine se dogtertjie – julle sal nie glo nie - haar twee handjies hekel, brei

en kwilt `n hond uit `n bos!!! Sy het 2 klassies bygewoon, en baie trots teruggekom met

haar voltooide handewerk. Mooi Elrine!!!

Verder is almal nog besig met `n kwilt of twee wat moet klaar – almal het min of meer dieselfde probleem – tyd!

Baie welkom aan Amanda Palvie,`n ou lid van die groepie, wat weens rugprobleme `n jaar uitgesit het. Wat

Kroonstad verloor het, is vir Bloem `n aanwins – welkom aan Annette Verhoef, ons gesels darem nie net nie,

daar word soms gekwilt ook!

Noudat die Kaapse Kwiltfees verby is het die tyd aangebreek, dat ons Vrystaters hand aan die ploeg sal moet

slaan en hard werk om ook `n Fees vol van kuier en kwilt aan te bied. Sterkte aan die Feeskomitee – die

Friendshippers is gereed om te help waar ons kan.

Kwiltgroete tot volgende kwartaal.

Ons Taxi Fees

toe.

Fokus, my Kind!

Ons Sjefs!

Lappies,lappies

en nogmaals lappies…

Die berge bly maar mooi!

Page 36: August 2011 newsletter

36

Nuus van die Goedharte… Die Goedharte is deesdae selde voltallig met hul weeklikse bymekaarkomste. Dit is „n kuiery saam met kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders of hulle reis die wêreld vol of verken bergpasse.

Handwerk bly egter nooit heeltemal agterweë nie. Rina schutte sê dat elke Oranje Kwilter tog met die ontvangs van hierdie Nuusbrief moet dankie se vir ons wonderlike stokperdjie en die vriendskapsbande wat daardeur gesmee word. Ons dink ook aan Mariëtte Venter wie se ma terminaal siek is.

Anne Strauss het „n eerste prys verower in die afdeling tradisioneel groot op die afgelope

Nasionale Kwiltfees in Stellenbosch en ons is sommer baie trots op haar. Baie geluk Anne. Die Goedharte het nou 4 meesterkwilters in hul geledere. Is daar „n groepie oor die land heen wat dit kan ewenaar? Rina Bredenkamp en Mariëtte Venter het die Kwiltfees bygewoon en was oorweldig deur die hoë standaard en verskeidenheid kwilte

wat te sien was. Hulle het ook „n aantal klasse bygewoon en baie geleer.

Jolena van Rooyen beter opskud en begin lappies uitsoek. Die eerste kleinkind arriveer binnekort en dit sal darem „n skande wees as daar nie „n kwiltjie gereed lê om die kleine baba te verwelkom nie. Om alles te kroon, het die kinders, wat verlede jaar getroud is,

ook nog nie hulle troukwilt ontvang nie.

Dalene Volsteedt het „n baie mooi dollaskwilt gemaak. Du Maurier maak laslapkussingoortreksels uit luukse bekleedsel en gordynstowwe vir haar eetkamerstoele.

Hekel ook die mooiste deken vir hulle bed.

Elsa van Coller en haar kleinkinders het baie pret gehad met die nuutste modegier - maksi tolletjiebreiwerk vir musse, serpe, sakke, ens. Helene Wolvaardt is alweer besig met „n totaal nuwe goggakwilt en het vir haar dogter en seun elk „n Skotseruit kombers

gehekel. Rene Schoeman-Hodgson is besig om blomme te borduur en te appliek. Miskien word dit eendag „n kwilt.

Those who bring sunshine into the lives of others, cannot keep it from themselves.

JM Barrie

Page 37: August 2011 newsletter

37

…en die Gouedraad Kwilters

Met die winter wat steeds in volle gang is, voel dit vir my asof ons nie

heeltemal so produktief is nie. Die Gouedrade het tydens ons Julie

byeenkoms elkeen aan sy eie kwilte gewerk. Hettie het ons Julie

byeenkoms gemis, sy was by die Kwiltfees in Stellenbosch. Ek is seker sy

het baie lekker “ge-shop”. Ons wens ons kon ook daar gewees het.

Ek wil graag elke lid van die Gouedrade bedank vir hulle positiewe

gesindheid teenoor die kwiltgilde en baie dankie vir julle goeie

samewerking. Dis so lekker om iets te vra en dan soveel positiewe

terugvoering te kry. Julle is die beste.

Connie ons wil jou sterkte toewens met jou rugoperasie. Besoek ons gerus by: http://www.gouedradekwilters.blogspot.com/ Goue Draad Groete

http://stitchschool.blogspot.com/

You will find a whole list of

embroidery stitches and

detailed pictures.

Page 38: August 2011 newsletter

38

Die Kreatiewe Lappies se nuus… Warm kwiltgroete uit `n baie koue Vrystaatse platteland!

Fun Fabric Facts

Paisley was named after a Scottish town that, in the 19th century, produced copies of Indian cashmere shawls with cone motifs that we call paisley today. Chintz was used as a dress fabric in America as early as colonial days. The fabric was imported from India to England and then to the colonies. By the early 1900s, this popular fabric was often of poor quality that faded and lost much of its shine when washed. Thereafter, anything of inferior quality was referred to as "chintzy." Corduroy was a name coined during King Louis of France's reign. The king insisted everyone around him be dressed in splendor. Even his servants were instructed to have a polished look, so they traded in their plain cottons and woolens for a new cotton fabric with a more luxurious-looking nap -- dubbed "cord du roi," or, in English, "cords of the king."

LOST: Husband, dog, and sewing machine. Reward offered for sewing machine!

Page 39: August 2011 newsletter

39

Nuus van die LHparkies… Ons was baie gelukkig om vier lede by te kry. Petro van Ladybrand, Lena, Marlene en Lucy.

Dit is vir ons `n groot aanwins met al hulle kennis van kwilt, wat

hulle met ons gaan deel.

Alet de Beer het ons verlaat. Na die aanval op haar, wat vir haar

baie sleg was, het sy verhuis.

Anita het in Heilbron gekuier. Sy het `n stoetveeveiling, wat deur haar seun Lois

aangebied is, bygewwon. Dit gaan tans nie baie goed met haar nie.

Elsa het na Woodlands getrek . Sy was so gelukkig om die kleinkinders vir die vakansie

by haar te hê.

Ninor het goeie nuus oor haar gesondheid gekry en is baie verlig.

Haar skoonsuster is oorlede na `n lang stryd teen kanker.

Haar “aangenome” dogter is onlangs oorlede. Sterkte Ninor!

Die ekstra klasse by Iessie was baie aangenaam. Ons het baiegeleer en dit was so

gesellig saam met ander lede van die gilde.

Ons sien baie uit na die tweede helfte van die jaar . Ons is nog steeds besig met ons

Round Robin.

Groete van al die LHparkies

Page 40: August 2011 newsletter

40

Lappoppe se nuus… Almal is terug na ‗n heerlike wintervakansie en klaar

druk besig.

Die Lappoppe het nog ‗n kwilter bygekry naamlik

Michelle van der Westhuizen. En dan wag ons vir nog

‗n klein rakkertjie - klein Ricus wat enige oomblik verwag word.

Die Lappoppe het bietjie gaan rondloop en lekker gekwilt in Stellenbosh en

Clarens . Mari en Susan het Lappiesland in Lolla en Ebie se hande gelos en

bietjie in Stellenbosh gaan kwilt en gefees. Mari het ook klas gegee by die fees

en volgens almal het hulle dit vreeslik geniet.

Amanda, Hannelie, Neline, Lolla, Soretha, Esti, Myrtle en Ebie het lekker gaan

kuier en klas geloop in Clarens. Dit was heerlik en almal het lekker in die winkels

rondgeloop en baie nuwe kwilttegnieke gesien en geleer. Volgende jaar se plek

is reeds geboek, want dit mis ons nooit weer nie. Mari was ook saam Clarens

toe. Sy het klas gegee – aanmekaar- en almal geleer om die mooiste kwilte te

maak. Dit was definitief twee wilde weke vir haar. Nou is dit die Lappoppe se

beurt en ons lekker innoverende, skewe huisies maak volgens haar eie tegniek.

Hannelie is klaar met haar twee rytjiekwilt komberse vir die tweeling en het nog

vir haar ‗n sak ook gemaak.

Esti het ‗n kwilt gemaak vir Soretha vir haar verjaarsdag en ‗n kwiltsak.

Soretha het vir haar ‗n pragtige kwiltsak gemaak.

Shirley het die pragtigste hartekwilt gemaak, twee babakombersies en haar

rytjieskwilt is ook klaar.

Amanda is baie in haar skik want haar Pandamonium is klaar en sy het ook vir

haar ‗n kwiltsak gemaak.

Helen het ‗n koningsgrootte kwilt gemaak.

Monica het by haar ma gaan kuier en 4 verskillende soorte sakke en handsakke

gemaak.

Myrtle se beginnerskwilt is klaar.

Page 41: August 2011 newsletter

41

Ebie het vir haar twee kinders die pragtigste kwilte gemaak wat nou oor hulle

beddens hang in die koshuis.

Annerie het haar klein trekkerjie kwilt muurbehangsel klaar en is druk besig met

1000 vilt kersversierings.

Neline het begin om lappoppe te maak, sy het alreeds 6 lappoppe, ‗n Tv -

kombers vir haar skoonma en pa, ‗n muurbehangsel vir kinders, ‗n

muurbehangsel vir skoonsuster en 35 harte vir hospitaalpersoneel gemaak.

Mari kwilt weer dat dit klap. Sy is besig met 2 hekelkomberse. Sy het ook die

piepkleinste landskapkwilt gemaak., Volgende keer is die landskappe seker so

groot soos posseëls. Haar rytjiekwilt is ook klaar, die dogtertjies het tot

naelringetjies. Sy het ook 3 borduurkwilte klaar.

Verder gaan dit baie goed met almal by Lappoppe en almal kwilt lekker saam.

Lappop groete tot volgende keer.

Neline

How much like a patchwork quilt we are:

Some of us are bright and gay,

Some are quieter, more delicate and

subdued.

Yet how well we blend together,

The quieter ones set off the

colourful.

The brighter ones accentuate the

pastels.

Often, the more fragile pieces

Hold the sturdy ones together;

Blessed are we to be varied.

All of us are stitched with love and

tied to one another.

(Author unknown)

Page 42: August 2011 newsletter

42

Material Girls…

Versies om te borduur, veral op hartjies: Mending and doing without, keep the house. Mend your clothes and you may hold out this year. Patch by patch is good housewifery, but patch upon patch is plain beggary. If friends have faith in each other, life and death are of no consequence. Life without a friend, is death without a witness. Real friends do not freeze in winter. They are rich who have true friends. A friend is never known until a man have need. Friends are made in wine and proved in tears. A good friend never offends. Kwiltgroete van die “girls”

Wat jy doen, kan tot niet gaan.Wie jy is, laat jou

voortleef in die manier waarop dit ander beїnvloed. J

Maxwel

Page 43: August 2011 newsletter

43

Die Rotary Cutters…

Die Rotary Cutters het oornag van 4 lede na 10 vermeerder met die samesmelting van die ontbinde Naaldekwilters groep asook nog 4 nuwe lede. Ons is bevoorreg om ‘n kwilt beoordelaar, Frances van Schalkwyk, onder ons geledere te hê. Verder het Wilna Geel by Marietjie van Rensburg as leidster oorgeneem. Ons lede strek van beginnersvlak tot berede kwilters. Ons vergader elke eerste Dinsdag van die maand aan huis van Hettie Pringle. Tot dusver was elkeen maar soort van besig met haar eie projek van beginners, die aanleer van “free motion” tot en met projekte wat by bestaande groepe aangepak is (wat ons hoop nie in UFO’s gaan verander nie!). Ons begin as groep dv 2 Augustus met ons nuwe groepsprojek nl. Stack & Wack onder leiding van Hettie. Al die lede is tans aan die lap koop en baie opgewonde om met iets nuuts te begin. Rotary Cutter groete tot volgende keer!

COPING WITH UFOS

Many are the quilts I have begun, Far fewer those I've finished. The UFO collection just keeps growing -- It needs to be diminished! I could send them to be quilted by machine But that would take money I lack. I could let someone else quilt them for me, But would I really get them back? Not starting quilts would, of course, Be a sure UFO preventive, But not having the will power that requires, I must rely on some deadline incentive.

Jacquie Scuitto.

Page 44: August 2011 newsletter

44

Kwetter Kwilters…Ons het 'n rustige, stil tydjie agter die rug. Besig wat betref ons kwilte. Ons is steeds besig om tussen interessante kursusse deur, te werk aan ons UFO's. Dit klink net vir my of daar nooit 'n einde is aan UFO's nie.

Twee van ons groep, Marietjie en Elsie, was baie gelukkig om die Kwiltfees te kon bywoon. En dit was 'n Fees der Feeste. Dit was ons eerste en dit was heerlik van begin tot einde (al het ons amper ons vlug Kaap toe gemis) en dan nog met "loeiende" klokkie-getingel deur die veiligheidstoetse gegaan. Maar dit bly 'n geheim. Ons is goed deursoek en niks verkeerd gevind nie. Tussen die klasse deur het ons pret gehad, en as ons dan laatmiddag uit die klasse kom, hang die wolke diep oor die lieflike Kaapse berge. Brrrr. Die eerste paar dae was baie bibberig, maar alles was net heerlik. Baie dankie van ons Kwetters af vir die wonderlike bydrae wat ons ontvang het vir die Uitreik na ons Kinderhuisdogters. Elkeen van julle wat so bereid was om te gee en te help, baie dankie. Ete, nagereg, koek en tert, kraletjies, materiaal, vilt en ander versiersels vir die pragtige kussings wat deur ons gestik is en deur hulle versier is. Elkeen van hulle was trots op hul pragtige kussings. En die wonderlike geskenksakkies! Die inhoud was alles wat `n dogter maar kan wens om te hê. Baie dankie ook aan Karen wat die dogters, en sommer toe vir ons ook, geleer het om Kersballe te maak. Ons is baie besig om te tolletjiebrei en te verkoop vir fondse vir ons Fees. Dit gaan redelik. As daar enige iemand is wat weet van skole of Graad R klasse wat wil koop, ons voer die bestellings uit. Bestellings kan geplaas word by Elsie 076 966 7351. Almal - geniet die "ou" kouetjie voor die somer se hitte op ons toeslaan. FUFO = Finaly Unfinised Object

Page 45: August 2011 newsletter

45

Needles & Pins… In die eerste nuusbrief het ek gesê dit gaan „n “great” kwiltjaar

wees en sover word dit net beter. Die groeplede wat by die

kwiltfees in Stellenbosch was het hulself gate uitgeniet en amper

nie teruggekom nie. Maak julle gereed vir „n heerlik fees in 2013 in

Bloemfontein! Ek het met al die uitstallers gepraat en hulle is

baie opgewonde om na Bloem te kom. Spaar solank - die lappe en

kwilte was mooi!!! Die boeke, die wolle, die “kids”, die knope,

“gadgets” en nog wat, „n mens wil net koop en koop.

Ons groepie is hard besig met verskeie artikels, klein en groot.

Die “mystery” kwilt is nog steeds „n mystery. Ons is ook flink

besig met artikeltjies vir die “goodie bags”.

Lorene wil maar net nie gesond word die winter nie. Sy het al 3

keer by die hospitaal gedraai. Roeleen het „n skoueroperasie

gehad. Ons gebede is met hulle en ons wens hul „n spoedige

beterskap toe.

ESEGIËL 34:31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is

mense, Ek is julle God, spreek die Here, Here.

Page 46: August 2011 newsletter

46

VERSLAG OOR KALEIDOSKOOP KWILTFEES 2013

1. Op die kwiltfees in Stellenbosch is ek soos ‘n “Queen” ontvang en touwys gemaak.

Ek het regtig baie geleer en heel slim geword.

2. Ons volgende vergadering vir die kommitee is op 26 Augustus 12uur by Hettie. Ons

gaan dit ook sommer ‘n lekker spanbou maak. Indien jy kan bly na die vergadering,

bring asseblief koeldrankdoppies ( 2 gaatjies in), 6mm broekrek, batting, naald en

garing en ‘n” gluegun” en stokkies.

3. Die span besoek Eunice op 30 September om die skool te bekyk – sal tyd deurgee.

4. Daar is ‘n paar veranderinge in die portefeuljes aangebring:

Sonja neem finansies by Hettie oor – welkom Sonja.

Hettie neem die website oor by Frances om saam met die Blog te doen.

Dankie vir die groot werk wat sy vir ons hier doen.

Frances gaan alleen saam met die Friendships die registrasie aanvat.

Mari Strydom is op hierdie oomblik die enigste lid van ons gilde wat al op

‘n Nasionale fees klas gegee het en daarom moet sy ons help met die

“Teachers". Lolla gaan nog steeds hier probeer help.

5. Fondsinsameling:

Ek het ‘n tentatiewe begroting opgestel met hulp wat ek van Marié du

Toit ontvang het. Op die oomblik is ek besig om met Pfaff te onderhandel

en hier kan ons gerus vir Marie ‘n groot handeklap gee – sy het ‘n reuse

aandeel. Die res sal ek in detail bespreek op 26 Augustus.

Verder het ek so op ‘n streep met die sameroepsters klein

vergaderingtjies gehou om hulle eie begroting te kry van hulle. Ek moet

nog die “Timeline” kry by elkeen.

Karin gaan 2 gholfdae hou met die hulp van Hettie se man, Dots. Die

eerste een is op 5 November. Ons moet sorg vir genoeg spelers.

Die Werkswinkel Kwiltdag gaan dus nie meer deur Karin aangebied word

nie. Needles & Pins is lus om dit aan te bied – veral vir die wat tuis gebly

het. Ons gaan dit dan doen op Saterdag 1 Oktober, sodat ons die CUT se

klasse kan gebruik. Is daar van die ander groepe wie se mense reg is om

ook ‘n klas dan aan te bied? Indien wel, kontak vir Nelia.

6. Baie dankie aan elkeen wat so mooi saamwerk.

Iessie

Page 47: August 2011 newsletter

47

Rafels se nuus… Ons kan amper nie glo dat die helfte van die jaar al verby is, en die lys van UFO‟s kom net nie klaar nie, maar dit groei. Die Rafels was gelukkig dat sewe

van ons dames die kwiltfees bygewoon het. Hier volg hul gevoelens oor die fees: “Die Kaapse Kwiltfees was wintermedisyne. Ek het Marline Turner se “Deliciously Round Berries” probeer maak en Hazelmay Duncan se “Miniature Messages and Memories” voltooi. Al die nuwe planne, lappe, wolle en gares wat saam huistoe gekom het, sal „n leeftyd se kwiltwerk verg.” Alta du Plessis. “Was by kwiltfees “boots and all” – wat „n fees! Het „n appliekkursus by Marline Turner gedoen. Lesings bygewoon – dit was uitstekend. Het met BAIE lap huistoe gekom.” Alta Street. “Wat „n wonderlike ervaring was die kwiltfees nie!” - Beatrice Carshagen. “Ek was nou nie so gelukkig om by die fees in lewende lywe te wees nie, maar was in stille verwondering toe die ander kom vertel en wys.” - Ruby van Straaten “Die fees was een groot lekkerte. Ek het Mari Strydom se “Jigsaw Puzzle” gedoen – was wonderlik gewees en so baie geleer.” - Christa Gouws. “Ek het die hele week afgevat van my studies en die fees gaan bywoon. Ek het van die kursusse bygewoon en het met baie mooi werk teruggekom.” - Anna v d Linde. “Ek was “Alive” in Stellenbosch….. wat „n heerlike fees. Ons het in die koshuis tuisgegaan en weer lekker heimwee gehad oor die koshuislewe – nat badkamervloere, dun matrassies, klein bedjies, koue vloere! Maar alles was heerlik! Viva die kwilters!” - Riana Nel. “Dit was „n wonderlike fees. Het omtrent “ge-shop till you drop”. Ek en Hettie het afgevlieg en was erg oorgewig toe ons terugkom. Het my tasse omtrent drie keer oorgepak, en in die deurmekaarspul per ongeluk my skêr in my handbagasie gepak, en sodoende het ek skêrloos teruggekom. Ek het Ineke Berlyn se “Black Magic”-klas bygewoon. Dit

Page 48: August 2011 newsletter

48

was fantasties en het soooo lekker gespeel. Het omtrent „n week gevat om te herstel na die fees.” - Karin de Villiers Die Rafels het Saterdag met ons groepie se byeenkoms begin om die 1300 Rafelvangers te maak vir ons fees se “goody bags”. Verder werk ons maar aan ons eie kwiltwerk. Groete van al die Rafels

Hierdie 2 briefies het Alta du Plessis se kinders vir haar geskryf toe sy haar 1ste kwiltfees bygewoon het…

Page 49: August 2011 newsletter

49

Rosebuddies…

Almal vorder baie fluks met die UFO`s. Na ons laaste les by Mari, is besluit om

die kwiltwerk vir haar te gee, want as ons dit moet doen – is ons amal baie dronk van die “OBS”. Ons het `n Jelly Roll-handsak gemaak en ook die Raggety Kwilt – dit was baie prettig gewees. `n Nuwe lid – Janine Human se lapwinkel is mooi, gaan maak gerus `n draai. Ons wens haar baie sterkte toe. Kwiltgroete van al die “buddies” Buttons and patches and the cold wind blowing, The days pass quickly when I am sewing. ~Author Unknown

Page 50: August 2011 newsletter

50

Sterkwilters… Ons groepie is baie opgewonde en kan nie wag om ons afspraak met mekaar na te kom nie - die derde Dinsdagoggend van elke maand. Indien jy dalk 1n wonderlike bydrae tot ons vreugde wil maak, kan Gerda geskakel word by 083 285 1220.

MET DIE KOUE WAs ONS ALMAL VAS VOOR DIE KAGGELS EN ONDER DIE KOMBERSE. NOU SNEL DIE JAAR MET N SPOED VORENTOE. MET VLYTIGE VINGERS HET DIE STERKWILTERS GEKWILT EN VERSKEIE PRAGTIGE PROJEKTE OPGELEWER. IESSIE,MAGDA, MADELEINE EN GERDA HET DIE KWILTFEES IN STELLENBOSCH BYGEWOON EN MET VELE PLANNE EN ENTOESIASME TERUGGEKOM. DIE "BOYS" SOOS MAGDA HAAR SPANNETJIE WAT SAAM MET HAAR EN DIE VINNIGE JEEP GERY , GENOEM HET, HET ONS ALMAL BAIE LUS GEMAAK VIR DIE VOLGENDE KWILTFEES IN 2013 IN BLOEM. IESSIE HET HAAR VOORLEGGING VAN DIE KWILTFEES IN BLOEMFONTEIN MET ENTOESIASME VOORGELE AAN DIE FEESGANGERS IN STELLENBOSCH, EN IS MET LUIDE TOEJUIGING ONTVANG. LULU WAS ONS ANDER STERKWILTER WAT DIE FEES NET VIR `n DAG BYGEWOON HET. NA `n HEERLIKE TOER DEUR NAMIBIë WAT SY TOE AFSLUIT MET `n DAG BY DIE KWILTFEES IN STELLENBOSCH! ONS TUISBLYERS ANNELIZE, MOIRA, MAKKIE EN KAREN HET ELKEEN MAAR DIE KWILTWERK TUIS AAN DIE GANG GEHOU. TUSSEN AL DIE "BOERVROU" WEES NA N`n WEDERHELF SE KNIEVERVANGING, SIEKTES EN KINDERS RONDRY, WAS DIT WEER LEKKER OM DIE 3DE DINSDAG BYMEKAAR TE KOM EN DIE BAND VAN LIEFDE VIR LAPPE EN KWILT MET MEKAAR TE DEEL! STERGROETE AAN ALLE KWILTERS. MAG ALMAL DIE LAASTE 6 MAANDE VAN 2011 NET NOG BETER EN MEER BEGEESTERD HUL LAPPIES KNIP EN STIK!

Sewing fills my days, not to mention the living room, bedroom, and closets. ~Author Unknown

Page 51: August 2011 newsletter

51

Die Tolbosse… Wel, wel, wel, dit was 'n fees der feeste!!!!! Baie geluk aan Wanda Carmichael en haar span wat so hard gewerk het om die wonderlike fees in Stellenbosch aan te bied. Mariëtte en Rina was bevoorreg om daar te wees en dit was eenvoudig net fantasties. Eerstens om almal weer te sien wat

mens al so oor die jare leer ken het. Dan natuurlik die ongelooflike kwilte. Sjoe, dit was goed om die Oranje Kwilters se werk daar te sien. Baie GELUK aan Anne Strauss vir haar eerste prys met haar kwilt wat 17 000 blokkies het. DIT WIL GEDOEN WEES. Rina het klas gehad by Elaine Barnard en Una Cloete en baie mooi goed gemaak. Maar daar is nog baie werk voordat die halwe kwilte klaar sal wees. Mariëtte het Odette Tolksdorf se klas bygewoon en dit was 'n fees. Baie by haar geleer , maar soos met alle klasse leer mens net so baie by die mede "studente". In die klas was dames van Finland, Swaziland, Kenia en Ghana. Dit was baie lekker. Ons het regtig met nuwe moed terug gekom. Baie geluk ook aan Frances van Schalkwyk wat nou 'n volwaardige "quilt judge" is. Ons is trots op jou en jy gaan baie werk hier in Bloem. Pikkie het niks gewerk nie, net tennis gekyk. Hantie het huis reggepak en niks gekwilt nie. Marita het twee enkelbed kwilte klaar gemaak en ons is regtig trots op haar, want daar is baie blokke in. Knap gedaan!!!! Susan Pieterse gaan vir katarak- operasie maar het ook haar Grandmother's Flowergarden kwilt al halfpad aanmekaar gewerk.

KWILT UITSTALLING: Pensplaas Bultfontein 26 Oktober 2011 Kom geniet die dag saam met ons! Veni, Vidi, Velcro. I came, I saw, I stuck around. ~Author Unknown

Page 52: August 2011 newsletter

52

Die Vingerhoede… Liewe Kwiltvriendinne,

So met die winter nog by ons, gaan dit goed met die Vingerhoede. Ons almal werk aan UFO`s en ook ons jaarprojek wat almal baie lekker aan werk. Einde Mei was Doortjie vir twee dae by ons en was dit baie lekker om die kursus te doen. Sanet het ook intussen nog 2 kleinkinders ryker geword en Augusta spog ook met nog `n kleinseun. Corné se seun was intussen by die wiskunde lipmpiade in Hong Kong en dit was vir hom en sy Pa `n wonderlike ondervinding! Vyf van ons lede het die fees in Stellenbosch bygewoon en dit was heerlik. `n Hele week van lappies, lappies, lappies! Ons het baie geleer en baie mooi kwilte gesien en sien uit na ons eie fees in 2013. Verder wens ons almal `n baie geseënde kwartaal toe en lekker kwilt. “Ons het ou vriende nodig om ons te help om oud te word en nuwe vriende om ons te help om jonk te bly” – Letty Cottin Pogrebin

Any day spent sewing, is a good day. ~Author Unknown

Page 53: August 2011 newsletter

53

Ons kom die eerste Dinsdag van die maand om 9uur by Iessie se lokaal byeen.

Die Loslappies het die koue winter oorleef. Cristelle is kwiltfees toe en ons almal hoor die wonderlike nuus by haar van die fees en al die lekker dinge! Klink vir my, mens moet met `n kar gaan om die mooi lappe saam te bring, want al die lap weeg te swaar vir die vliegtuig. So, nou kan ons almal met geesdrif begin beplan en werk vir die kwiltfees in Bloemfontein. Alta het by Marie `n Bali-handsak klas bygewoon en weereens besef dat dit die samesyn is, en die lekker van kreatief wees wat dit tog so lekker maak om klasse by te woon. Ons kom nou weer by mekaar na die lang wintervakansie en maak by Iessie die Crazy Patch tafelloper. Dit is baie kunstig en kreatief. Groete Alta Stemmet 082 576 6223 I cannot count my day complete 'Til needle, thread and fabric meet. ~Author Unknown

Page 54: August 2011 newsletter

54

`n Laaste woord…

Page 55: August 2011 newsletter

55

Alg. Verg. Mei 2 011 …

Page 56: August 2011 newsletter

56