29
LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTE Sport- en kultuurbeleid Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02 LAERSKOOL SAAMTREK SPORT- EN KULTUURBELEID Inhoud 1. Inleiding 2. Samestelling van die Sportkomitee (SK) 3. Beheerliggaam en die skool se beginsels en oortuigings rakende sport 4. Opdrag aan die Sportkomitee 5. Interhuis (Gr.RR tot Gr.7) 5.1. Spanindeling 5.2. Opbou na die geleentheid 5.3. Presensie by die geleentheid 5.4. Toesig tydens die interhuis 5.5. Verloop van die byeenkoms 5.6. Spanpunte vir deelname 5.7. Gr. RR - R Byeenkoms 6. Atletiek 6.1. Spansamestelling 6.2. Afrigting 6.3. Byeenkomste 6.4. Atletiekdrag 7. Spansporte 7.1. Afrigters 7.2. Spanne 7.2.1. Aanvanklike bekendstelling 7.2.2. Afrigting 7.2.3. Spansamestelling 7.2.4. Spangees 7.3. Oefentye 7.4. Spandrag 7.5. Sporttoere 7.6. Welpie-rugby 7.6.1. Afrigters 7.6.2. Spanne 1

Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

LAERSKOOL SAAMTREK

SPORT- EN KULTUURBELEID

Inhoud1. Inleiding

2. Samestelling van die Sportkomitee (SK)

3. Beheerliggaam en die skool se beginsels en oortuigings rakende sport

4. Opdrag aan die Sportkomitee

5. Interhuis (Gr.RR tot Gr.7)

5.1. Spanindeling 5.2. Opbou na die geleentheid 5.3. Presensie by die geleentheid 5.4. Toesig tydens die interhuis 5.5. Verloop van die byeenkoms 5.6. Spanpunte vir deelname 5.7. Gr. RR - R Byeenkoms

6. Atletiek

6.1. Spansamestelling6.2. Afrigting 6.3. Byeenkomste 6.4. Atletiekdrag

7. Spansporte

7.1. Afrigters 7.2. Spanne

7.2.1. Aanvanklike bekendstelling 7.2.2. Afrigting 7.2.3. Spansamestelling 7.2.4. Spangees

7.3. Oefentye 7.4. Spandrag 7.5. Sporttoere 7.6. Welpie-rugby

7.6.1. Afrigters 7.6.2. Spanne 7.6.3. Oefentye 7.6.4. Spandrag

7.7. Versie-netbal

7.7.1. Afrigters 7.7.2. Spanne 7.7.3. Oefentye 7.7.4. Spandrag

1

Page 2: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

7.8. Welpie-krieket

7.8.1. Afrigters 7.8.2. Spanne 7.8.3. Oefentye 7.8.4. Spandrag

8. Individuele Sporte

8.1. Afrigters 8.2. Individueel

8.2.1. Afrigting

8.3. Oefentye 8.4. Sportdrag

9. Noodhulp

2

Page 3: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

1. Inleiding

Hierdie dokument is die sportbeleid van Laerskool Saamtrek soos afgeteken en goedgekeur deur die skoolbeheerliggaam. Die sportbeleid is opgestel in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Internasionale Konvensie met betrekking tot die Regte van Kinders en die “African Charter on ‘the Rights and Welfare of Children’. Dit is ook belyn met sportwetgewing soos bepaal op Nasionale en Provinsiale vlak.

As deel van die visie van Laerskool Saamtrek word die ontwikkeling van die leerder op alle vlakke nagestreef. Dit sluit in, fisiese ontwikkeling wat deur sport geskied. Diebeleidsdokument stel die riglyne vas waarbinne sport beoefen, afgerig en bedryf word binne skoolverband.

2. Samestelling van die Sportkomitee (SK)

Die voorsitter van die SK, soos deur die beheerliggaam aangewys, stel jaarliks die SK saam.Benewens die voorsitter, bestaan die SK uit die volgende lede:

'n Lid van die beheerliggaam, soos deur die beheerliggaam aangewys; Verteenwoordigers vir die verskillende sportdissiplines (Mag ook die organiseerder van die

sportsoort wees):

Spansport:

Atletiek : 1 onderwyser en/of 1 ouer Rugby : 1 onderwyser en/of 1 ouer Netbal : 1 onderwyser en/of 1 ouer Krieket : 1 onderwyser en/of 1 ouer Vlinder-netbal : 1 onderwyser en/of 1 ouer Welpie-krieket : 1 onderwyser en/of 1 ouer Welpie-rugby : 1 onderwyser en/of 1 ouer Tennis : 1 onderwyseren/of 1 ouer

Individuele Sport:

Landloop: 1 onderwyser en/of 1 ouer

Ander Sport: (Kan uitgebrei word na meer as 1 verteenwoordiger op die kommitee)

Gholf : 1 onderwyser en/of 1 ouer Skaak : 1 onderwyser en/of 1 ouer

Buite-Sport en Akademies:

Hokkie : 1 onderwyser en/of 1 ouer Krieket : 1 onderwyser en/of 1 ouer Netbal : 1 onderwyser en/of 1 ouer

3

Page 4: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

3. Beheerliggaam en die skool se beginsels en oortuigings rakende sport

Hierdie beginsels moet ten alle tye gevolg en nagestreef word:

Laerskool Saamtrek is daartoe verbind om elke leerder op alle vlakke te ontwikkel, ook op fisiese vlak wat sport insluit. Die doelwit: Dat elke leerder aan ten minste een somersport en een wintersport

moet deelneem. Elke leerder moet die geleentheid gegun word om aan sport deel te neem. Geen

leerder mag deelname ontsê word deur keuring, uitsluiting, onregverdige seleksie, nepotisme of ‘n gebrek aan afrigters nie.

Binne die raamwerk van die gedragskode kan ‘n leerder van sportdeelname weerhou word as gevolg van:o Dissiplinêre aksie in akademiese skoolverband.o Dissiplinêre aksie weens wangedrag op die sportveld, of in die skool se daaglikse gebeurlikhede.

Alle leerders wat aan ‘n sport wil deelneem, ongeag hul individuele vermoëns, moet aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelykegeleenthede ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Deelname van alle belanghebbende partye (leerders, ouers, onderwysers) word sover moontlik aangemoedig in fasette van afrigting, organiseerders, beamptes en koördineerders.

‘n Wye verskeidenheid sporte word aangebied en aangemoedig om deelname te verseker.

Om skoolsport op so ‘n wyse te bedryf dat speler, afrigter, ondersteuner en ouers graag met ‘n betrokke sportsoort wil assosieer.

By deelname in spansporte moet elke leerder verkieslik deelneem saam met die leerders van sy/haar eie jaargroep. Dit is in die beste belang van die leerder. ‘n Uitsondering hierop is op die toetreevlak van ‘n sport waar ‘n beperkte getal jonger leerders toegelaat sal word tot deelname om ‘n kerngroep vir die daaropvolgende jaar op te bou. Sou ‘n leerling, op die ouers se versoek, in ‘n hoër ouderdomsgroepdeelneem, móét die skool van ‘n skriftelike vrywaringsbrief deur die ouers voorsien word, die finale besluit berus egter steeds by die beheerliggaam om die leerder toe te laat om in 'n hoër ouderdomsgroep toe te laat. Die leerder moet dan, indien toegelaat deur die beheerliggaam, in die betrokke ouderdomsgroep deelneem vir die hele seisoen, en mag nie weer na ‘n jonger ouderdomsgroep in die betrokke seisoen skuif nie.

Erkenning sal vir prestasie in elke sport gegee word of dit deel is van die formele skoolsporte of nie.

4. Opdrag aan die Sportkomitee

Die deurlopende skep van geleenthede vir deelname aan sport vir elke leerder in die skool. Dus, om aan elke leerder die geleentheid te gee om aan sport deel te neem. Daar moet spesifiek toegesien word dat geen leerder ‘n geleentheid ontsê word nie.

Die daarstel van strukture waarbinne afrigting en deelname kan geskied Die insluiting van onderwysers en ouers as organiseerders, verteenwoordigers en

afrigters om deelname te verseker. Die bevordering van sportmanskap op en langs die veld. ‘n Wye verskeidenheid van sporte aan te bied. Die bevordering van massadeelname.

4

Page 5: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Kompeterende deelname. Toesig oor regverdigheid binne die konteks van sportdeelname Binne die magte wat deur die BL. aan die komitee verskaf word, seker te maak dat

die beleid toegepas word in alle opsigte. Ontwikkeling van opvoedkundige en agtenswaardige kwaliteite nl.

o Deursettingsvermoë, moed, selfbeheer, teenwoordigheid van gees,kameraadskap, spangees,konsentrasie en integriteit

Doelbewus te werk om die hoogste prestasie te behaal sonder om die “wengedagte” of “wen ten alle koste” na te streef.

Om te verseker dat ‘n sportsoort op die hoogste vlak kan meeding sonder om ons doelwit van breë leerder deelname in skoolsport te vergeet.

Om alle sportaktiwiteite te monitor, te koördineer, organisasie en kommunikasie te verfyn en te verseker dat alle aktiwiteite op persoon ’n professionele vlakfunksioneer.

Verseker dat alle spanne voldoende afrigters het en voorbereid is vir hulle taak. Toesien dat die mees kundige afrigters op strategiese plekke afrigting doen soos byA-spanne.

Waar kundigheid ontbreek, word gebruik gemaak van kundige ouers of buite afrigters.

Kommunikeer betyds met alle rolspelers, bemark die sportsoorte en maak seker dat voldoende leerders deelneem aan elke sportsoort wat die skool aanbied.

Kontroleer dat elke sportsoort binne die finansiële begroting bly. Die daarstel van ‘n gedragskode vir:

o Afrigterso Ouerso Deelnemers (leerders) insluitende dissiplinêre aksies

5. Interhuis (Gr.RR tot Gr.7)

Die interhuis atletiek is die eerste atletiekbyeenkoms van die seisoen, waartydens uitdunne gehou sal word. Interhuis word gehou gedurende die eerste kwartaal van die jaar. Gr.RR tot Gr.7 neem deel. Dit is die een geleentheid in die jaar waar elke leerder in Laerskool Saamtrek kan deelneem. Leerders wat nie kan deelneem nie is verplig om aan spangeesaktiwiteite deel te neem. Alle leerders word aangemoedig om aan soveel moontlik aktiwiteite deel te neem om sodoende punte te versamel vir die span vir wie hulle deelneem. Massadeelname word aangemoedig.

Die volgende prestasies word nagejaag:

Die span wat die meeste leerders het wat deelgeneem het. Die span wat die meeste punte gekry het. Die span wat die beste spangees aan die dag gelê het. Die beoordeling geskied deur die

onderwysers. Uit die prestasies op die geleentheid word ook die Victor Ludorum en Victrix

Ludorum in alle ouderdomsgroepe aangewys, vanaf O\7 tot O\13. Ook word die Beste veldatleet, baanatleet, middelafstand atleet aangewys. Alle beoordeling hiervoor geskied op grond van die ASA tabel beoordeel.

5.1 Spanindeling

Daar word 3 spanne gekies en indeling geskied volgens die vanne van die leerders. Dit word bepaal deur die atletiekorganiseerder.

5.2 Opbou na die geleentheid

5

Page 6: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Al die graad 7 leerders van elke span is verantwoordelik vir die gees van elke span. Uit die graad 7’s word ook ses dirigente (drie seuns en drie dogters) gekies wat elke span se gees poging gaan lei.

Die graag 7 leerders is ook verantwoordelik vir die opmaak van die pawiljoen waar hulle sit sowel as algemene organisasie tydens die geleentheid.

‘n Paar oefensessies moet gehou word vir geesvang (atletiek + liedjies oefen)

5.3 Presensie by die geleentheid

Aangesien die interhuis tydens skooltyd aangebied word, moet alle leerders eers die oggend vroeg by hulle registerklasse aanmeld vir presensie. Daarna sal al die leerders beweeg na die atletiekbaan vir die interhuis. Geen leerder mag die skoolgrond verlaat sonder toestemming nie. Leerders mag ook nie op die skoolgronde ronddwaal nie, maar moet by hulle span bly. Leerders ontvang elkeen drie kleurkaarte, deur die loop van die dag word die kleurkaarte ingeneem om kontrole te hê van die hoeveelheid leerders op die terrein. Leerders wat nie deelneem nie moet die dag gekleë wees in volle skooldrag. Die span met die meeste verteenwoordiging vir die dag sal beloon word.

5.4 Toesig tydens die interhuis

Algemene toesig en hulp met die organisasie van die geleentheid is die verantwoordelikheid van die:

Onderwysers Leerlingraad Ouers

5.5 Verloop van die byeenkoms

Presensie by registerklasse Al leerders beweeg na die sportterrein Dirigente beweeg op die veld en doen openingstoneel Opening met skriflesing en gebed Die sportbelofte word voorgelees. Atletiek Prysuitdeling Geleentheid eindig op gewone tyd met die Samiesraad wat help om op te

ruim.

5.6 Spanpunte vir deelname

Elke leerder ontvang 1 bonuspunt vir elke item waarin hulle deelneem, soos van tyd tot tyd deur die sportkomitee bepaal.

Hierdie bonuspunte kan ook in berekening gebring word vir die wenners van die dag.

5.7 Gr. RR - Gr.1 Byeenkoms

Aan die begin van die eerste kwartaal vind daar ‘n uitdunne plaas gedurende skooltyd vir alle Gr. 1 leerders onder toesig van die onderwysers. Die eerste vier deelnemers neem saam met die res van die skool deel aan die huissport. Maar om massadeelname te bevorder sal die res van die Gr. RR -

6

Page 7: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

gR. 1 leerders deelneem aan 'n byeenkoms met geselekteerde items op die aand voor die huissport plaas.

6. Atletiek

6.1 Spansamestelling

Na gelang van die uitslag van die interhuis word ‘n aanvanklike atletiekspan saamgestel.

Die span moet so saamgestel word dat elke leerder van die begin af beperk word tot deelname aan slegs 3 items + aflos soos bepaal deur die meeste interskole byeenkomste. Met ander woorde, soms sal 4de en 5de plekke van die interhuis ingespan moet word om tydens interskole byeenkomste die span vol te maak en sodoende deelname in elke item te verseker. Dieleerders sal ook saam met die atletiekspan moet oefen. Meer deelname sal verseker dat Laerskool Saamtrek beter presteer tydens interskool byeenkomste.

Leerders kan egter versoek om aan addisionele uitdunne deel te neem indien hulle nie ingesluit is in die span vir ‘n spesifieke item nie. Die uitdunne kan egter nie adhoc gebeur nie en moet amptelik geskied of by die skool of by ‘n sportbyeenkoms. Die ouers moet vroegtydig rondom dit ingelig word.

Sover prakties moontlik moet soveel moontlik leerders die geleentheidgegee word om deel te neem.

6.2 Afrigting

Laerskool Saamtrek sal atletiekafrigting aanbied.Omdat atletiek egter meer van ‘n individuele aard het,kan ouers hier ook deelneem aan afrigting met die insae en versoek van die skool.

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport,ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

6.3 Byeenkomste

Die amptelike atletiekseisoen is baie kort. Daar word gepoog om soveel moontlik tuisbyeenkomste aan te bied. Dit is

egter nie altyd moontlik nie. Die skool beskik nie oor die nodige geriewe om 'n volwaardige byeenkoms

aan te bied nie., daarom probeer die skool om byeenkomste op Vrydae en geskikte weeksdae aan te bied. Ander byeenkomste by skole wat wel oor

die geskikte geriewe beskik se uitnodigings word wel aanvaar indien dit in die skool se program pas.

Daar word gepoog om nie wegbyeenkomste oor te lang afstande te aanvaar nie, ag.v. die hoë koste implikasie aan deelnemers.

6.4 Atletiekdrag

7

Page 8: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Laerskool Saamtrek beskik oor 'n voorgeskrewe atletiekdrag Atletiekdrag sal vir ouers beskikbaar wees om te koop by die relevante

verskaffers. Vir uitsonderlike gevalle sal daar klere by die skool aan deelnemers verhuur word met 'n deposito bedrag wat weer op terughandiging uitbetaal word. Klere sal ook gratis aan behoeftige leerders beskikbaar gestel word.

7 Spansporte

Die afdeling is van toepassing op: TennisRugbyNetbalKrieket Welpie-RugbyVlinder-NetbalWelpie-Krieket

7.1 Afrigters

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld:

Waar daar vir ‘n gegewe sport onderwysers is wat afrigting kan gee, bly dit die eerste keuse dat die onderwysers die hoofafrigters sal wees in ag genome kapasiteit en beskikbaarheid.

By gebrek aan kapasiteit moet die tekort aangevul word deur van ouers of buite-afrigters gebruik te maak. Die skool sal nie dat ‘n gebrek aan afrigters (omdat ons net van onderwysers gebruik wil maak) kinders ‘n geleentheid ontsê word nie.

Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik gedoen word. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet word.

Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur die sport. ‘n Ouer (insluitende onderwysers), wat die rol van afrigter of hulpafrigter

vervul, mag nie sy/haar eie kind afrig nie. Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer afrig of nie ‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig bevoordeel of

benadeel word nie7.2 Spanne

7.2.1 Aanvanklike bekendstelling

Die doelwit van die aksie is om belangstelling by leerders te stimuleer. Van tyd tot tyd gebeur dit dat ‘n kind aan ‘n sport deelneem sonder dat hy/sy besef wat die sport behels.

Die bekendstelling (fisiese oefening) moet binne skooltyd in aktiwiteitsperiodes geskied om soveel moontlik leerders daaraan bloot te stel.

8

Page 9: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Elke leerder wat belangstelling toon sal dan ‘n brief ontvang wat aan die ouers oorhandig moet word ter inligting en toestemming tot deelname.

7.2.2 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport,ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerdersgelyke geleenthede kan ontvang om hulle talente te ontwikkel.

Sover prakties moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

7.2.3 Spansamestelling

Alle spanne word van nuuts af elke seisoen saamgestel. Geen leerder kan ry op enige prestasie van die vorige seisoen nie. As ‘n speler gekies word moet hy volhard in oefening en bywoning.

Waar daar aan vriendskaplike toernooie/wedstryde deelgeneem word, word afrigters sterk aangemoedig om elke leerder in sy groep ‘n kans te gee om deel te neem.

Waar liga wedstryde gespeel word, word die beste span gekies op meriete. In die geval word die volgende met meriete bedoel (in volgorde van belangrikheid): ‘n Leerder wat GEEN dissiplinêre aksie teen hom/haar het

nie. ‘n Leerder wat gereeld en volhoubaar aan oefeninge

deelneem. ‘n Positiewe gesindheid het teenoor die afrigter en

spanmaats. ‘n Leerder wat oor die vermoë beskik om in die span te

wees. Binne die konteks van die beginsels soos vervat in punte 3

en 6.1 en die meriete uiteensetting soos hierbo, besluit die afrigtingspan oor die samestelling van die span.

Genoegsaam spanne moet geskep word om alle spelers te akkommodeer.

7.2.4 Spangees

Afrigters word aangemoedig om spangees in die span te bou deur:o Positiewe aanmoedigingo Spelers te leer om mekaar te ondersteun en aan te moedig,

onafhanklik van prestasie Ouers en ondersteuners word aangemoedig om elke span se

spangees te beskerm en daaraan momentum te gee deur positiewe terugvoering en aanmoediging.

7.3 Oefentye

Oefentye word deur die Organiseerder, sportkoördineerder en afrigter van ‘n betrokke groep bepaal.

9

Page 10: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

7.4 Spandrag

Vir al die sporte in die afdeling, sal die sportdrag, die van Laerskool Saamtrek wees.Alle spelers word egter versoek om die skoolsweetpak / provinsiale klere te dra na wedstryde en toernooie.

Veiligheidstoerusting sal sover moontlik deur Laerskool Saamtrek verskaf word, maar spelers word aangemoedig om hul eie aan te skaf.

7.5 Sporttoere

Alle sporttoere sal geskied binne die voorskrifte soos vervat in die Laerskool Saamtrek se Veiligheids- en Sekuriteitsbeleid.

7.6 Welpie-Rugby

7.6.1 Afrigters

Hier word uitsluitlik van ouers gebruik gemaak vir afrigting. Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik deur Laerskool Saamtrek se sportkommitee gedoen word. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet

word. (Sien aanhangsel A) Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur

die sport. Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer

afrig of nie ‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig

bevoordeel / benadeel word nie Sover prakties moontlik sal ‘n ouer nie sy/haar eie kind afrig nie.

7.6.2 Spanne7.6.2.1 Ouderdomme en dissiplines

Ouderdomskategorie Beskrywing Dissipline

o O/6 Leerders (seuns) wat binne ‘n betrokke jaar 5 of ses jaar oud word RIP/Tag Rugby.

o O/7 Leerders (seuns) wat binne ‘n betrokke jaar 7 jaar oud word RIP/Tag Rugby.o O/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby.

7.6.2.2 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport, ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

10

Page 11: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

7.6.2.3 Spansamestelling

Alle spanne word van nuuts af elke seisoen saamgestel. Geen leerder kan ry op enige prestasie van die vorige seisoen nie.

Die afrigters word sterk aangemoedig om elke leerder in sy groep ‘n kans te gee tot deelname.

Genoegsaam spanne moet geskep word om alle spelers te akkommodeer.

7.6.2.4 Spangees

Afrigters word aangemoedig om spangees in die span te bou deur:o Positiewe aanmoedigingo Spelers te leer om mekaar te ondersteun en aan te moedig, onafhanklik van prestasie

Ouers en ondersteuners word aangemoedig om elke span se spangees te beskerm en daaraan momentum te gee deur positiewe terugvoering en aanmoediging.

7.6.3 Oefentye

Oefentye word deur die afrigtingspan van ‘n betrokke groep bepaal.

7.6.4 Spandrag

Spandrag word deur ouers/borge voorsien volgens die voorskrifte van die skool.

7.7 Versie-Netbal

7.7.1 Afrigters

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld: Waar daar vir ‘n gegewe sportonderwysers is wat afrigting kan gee, bly dit

die eerste keuse dat die onderwysers die hoofafrigters sal wees in ag genome kapasiteit en beskikbaarheid.

By gebrek aan kapasiteit moet die tekort aangevul word deur van ouers of buite mense gebruik te maak.Die skool sal nie dat ‘n gebrek aan afrigters (omdat ons net van onderwysers gebruik wil maak) kinders ‘n geleentheid ontsê word nie.

Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik gedoen word deur Laerskool Saamtrek sportkommitee. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet word.

Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur die sport. Sover prakties moontlik mag ‘n ouer (insluitende onderwysers), wat die rol

van afrigter of hulpafrigter vervul, nie sy/haar eie kind afrig nie.

11

Page 12: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer afrig of nie ‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig bevoordeel /

benadeel word nie

7.7.2 Spanne

7.7.2.1 Ouderdomme en dissiplines

Ouderdomskategorie Beskrywing Dissipline O/6 Leerders (dogters) wat binne ‘n betrokke jaar 5 of ses jaar oud

word O/7 Leerders (dogters) wat binne ‘n betrokke jaar 7 jaar oud word O/8 Dogters wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word

7.7.2.2 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport, ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

7.7.2.3 Spansamestelling

Alle spanne word van nuuts af elke seisoen saamgestel. Geen leerder kan ry op enige prestasie van die vorige seisoen nie.

‘n Span word ook nie gekies vir ‘n seisoen nie, maar word saamgestel vir elke geleentheid van deelname.

Die afrigters word sterk aangemoedig om elke leerder in sy groep ‘n kans te gee om deelname.

Genoegsaam spanne moet geskep word om alle spelers te akkommodeer.

7.7.2.4 Spangees

Afrigters word aangemoedig om spangees in die span te bou deur:o Positiewe aanmoediging.o Spelers te leer om mekaar te ondersteun en aan te moedig,

onafhanklik van prestasie. Ouers en ondersteuners word aangemoedig om elke span se

spangees te beskerm en daaraan momentum te gee deur positiewe terugvoering en aanmoediging.

7.7.3 Oefentye

Oefentye word deur die afrigtingspan van ‘n betrokke groep bepaal.

7.7.4 Spandrag

Spandrag word deur ouers/borge voorsien volgens die voorskrifte van die skool..

12

Page 13: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

7.8 Welpie-Krieket

7.8.1 Afrigters

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld:

Waar daar vir ‘n gegewe sport onderwysers is wat afrigting kan gee, bly dit die eerste keuse dat die onderwysers die hoofafrigters sal wees in ag genome kapasiteit en beskikbaarheid.

By gebrek aan kapasiteit moet die tekort aangevul word deur van ouers of buite mense gebruik te maak.Die skool sal nie dat ‘n gebrek aan afrigters (omdat ons net van onderwysers gebruik wil maak) kinders ‘n geleentheid ontsê word nie.

Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik gedoen word deur Laerskool Saamtrek sportkomitee. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet word.

Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur die sport. Sover prakties moontlik mag ‘n ouer (insluitende onderwysers), wat die rol

van afrigter of hulpafrigter vervul, nie sy/haar eie kind afrig nie. Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer afrig of nie ‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig bevoordeel /

benadeel word nie

7.8.2 Spanne

7.8.2.1 Ouderdomme en dissiplinesOuderdomskategorie Beskrywing Dissipline O/6 Leerders (dogters en seuns) wat binne ‘n betrokke jaar 5 of ses jaar

oud word O/7 Leerders (dogters en seuns) wat binne ‘n betrokke jaar 7 jaar oud

word O/8 Dogters en Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word

7.8.2.2 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport, ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

7.8.2.3 Spansamestelling

Alle spanne word van nuuts af elke seisoen saamgestel. Geen leerder kan ry op enige prestasie van die vorige seisoen nie.

13

Page 14: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Die afrigters word sterk aangemoedig om elke leerder in sy groep ‘n kans te gee om deelname

Genoegsaam spanne moet geskep word om alle spelers teakkommodeer.

7.8.2.4 Spangees

Afrigters word aangemoedig om spangees in die span te bou deur:o Positiewe aanmoedigingo Spelers te leer om mekaar te ondersteun en aan te moedig,

onafhanklik van prestasie Ouers en ondersteuners word aangemoedig om elke span se

spangees te beskerm en daaraan momentum te gee deur positiewe terugvoering en aanmoediging.

7.8.3 Oefentye

Oefentye word deur die afrigter van ‘n betrokke groep bepaal.

7.8.4 Spandrag

Spandrag word deur ouers/borge voorsien soos deur die skool voorgeskryf.

7.9 Tennis

7.9.1 Afrigters

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld:

Waar daar vir ‘n gegewe sport onderwysers is wat afrigting kan gee, bly dit die eerste keuse dat die onderwysers die hoofafrigters sal wees in ag genome kapasiteit en beskikbaarheid.

By gebrek aan kapasiteit moet die tekort aangevul word deur van ouers of buite mense gebruik te maak.Die skool sal nie dat ‘n gebrek aan afrigters (omdat ons net van onderwysers gebruik wil maak) kinders ‘n geleentheid ontsê word nie.

Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik gedoen word deur Laerskool Saamtrek sportkomitee. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet word.

Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur die sport. Sover prakties moontlik mag ‘n ouer (insluitende onderwysers), wat die rol

van afrigter of hulpafrigter vervul, nie sy/haar eie kind afrig nie. Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer afrig of nie ‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig bevoordeel /

benadeel word nie

7.9.2 Spanne

14

Page 15: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

7.9.2.1 Ouderdomme en dissiplines

Ouderdomskategorie

Junior seuns enkelligaJunior dogters enkelligaSenior seuns enkelligaSenior dogters enkelliga

Junior gemengde ligaSenior gemengde liga

7.9.2.2 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport, ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

7.9.2.3 Spansamestelling

Alle spanne word van nuuts af elke seisoen saamgestel. Geen leerder kan ry op enige prestasie van die vorige seisoen nie.

Die afrigters word sterk aangemoedig om elke leerder in sy groep ‘n kans te gee om deelname

Genoegsaam spanne moet geskep word om alle spelers teakkommodeer.

Alle voornemende spelers kry die kwartaal voor die aanvang van enige liga die geleentheid om te daag vir 'n samestelling van die span en die rangorde vir die seisoen. (Sien Daagreëls)

Alle leerders word met die aanvang van die daagtydperk voorsien van die daagreëls.

Aan die einde van die daagtydperk is die rangorde finaal en vasgestel vir die komende seisoen.

Alle leerders wat weer wil daag kan so doen met die oog op die daaropvolgende seisoen. Nuwe daag midde 'n seisoen sal geen impak op die huidige seisoen hê nie.

Indien 'n speler beseer is of so siek is dat hulle vir 'n tydperk nie kan speel nie, sal die rangorde aangepas word deur die speler een posisie op te skuif in die rangorde om die leemte op te maak. Geen nuwe daag vind plaas om die rangorde weer te bepaal nie. Indien die beseerde of siek speler terugkeer na die spel met 'n gedldige verskoning sal die rangorde weer een aangepas word om die speler sy regverdige plek te gee in die rangorde.

Indien 'n nuwe leerder inskryf gedurende 'n seisoen, het die nuwe speler een vry daag, wat wel die rangorde vir die huidige seisoen mag beïnvloed.

7.9.2.4 Spangees

15

Page 16: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Afrigters word aangemoedig om spangees in die span te bou deur:o Positiewe aanmoedigingo Spelers te leer om mekaar te ondersteun en aan te moedig,

onafhanklik van prestasie Ouers en ondersteuners word aangemoedig om elke span se

spangees te beskerm en daaraan momentum te gee deur positiewe terugvoering en aanmoediging.

7.9.3 Oefentye

Oefentye word deur die afrigter van ‘n betrokke groep bepaal.

7.9.4 Spandrag

Spandrag word deur ouers/borge voorsien soos deur die skool voorgeskryf.

7.9.5 Daagreëls

Sien asb. die aangehegte daagreêls aan die beleid.

8 Individuele Sporte

Die afdeling is van toepassing op:

Landloop Skaak Gholf

8.1 Afrigters

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld:

Onderwysers en ouers mag skoolsport afrig. Die volgende sal egter geld: Waar daar vir ‘n gegewe sport onderwysers is wat afrigting kan gee, bly dit

die eerste keuse dat die onderwysers die hoofafrigters sal wees in ag genome kapasiteit en beskikbaarheid.

By gebrek aan kapasiteit moet die tekort aangevul word deur van ouers of buite mense gebruik te maak.Die skool sal nie dat ‘n gebrek aan afrigters (omdat ons net van onderwysers gebruik wil maak) kinders ‘n geleentheid ontsê word nie.

Waar ‘n ouer/onderwyser aangestel word as afrigter of hulpafrigter, sal die aanstelling skriftelik gedoen word deur Laerskool Saamtrek sportkomitee. Binne die skriftelike aanstelling sal die strukture waarbinne die afrigting gaan plaasvind uiteengesit word met ‘n pligstaat sowel as die gedragskode. By aanvaarding van die aanstelling, verbind die ouer/onderwyser hom/haar aan die gedragskode en verantwoordelikhede wat stiptelik nagekom moet word.

Waar nodig moet alle afrigters gaan vir opleiding soos vereis deur die sport. Sover prakties moontlik mag ‘n ouer (insluitende onderwysers), wat die rol

van afrigter of hulpafrigter vervul, nie sy/haar eie kind afrig nie. Spanne word op meriete gekies onafhanklik daarvan of die ouer afrig of nie

16

Page 17: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

‘n Afrigter se kind (onderwyser of ouer) mag nie onregverdig bevoordeel / benadeel word nie

8.2 Individueel

8.2.1 Afrigting

Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders wat wil deelneem aan ‘n sport, ongeag van hul individuele vermoëns, aan gelyke vlakke van afrigting blootgestel word, sodat die leerders gelyke geleenthede kan ontvang om hulle talent te ontwikkel.

Sover praktiese moontlik moet alle leerders ‘n kans gegun word om kompeterend deel te neem.

8.3 Oefentye

Oefentye word deur die afrigter van ‘n betrokke groep bepaal.

8.4 Sportdrag

Vir al die sporte in die afdeling,sal die sportdrag die van Laerskool Saamtrek wees. Verwys na 6.4.Alle spelers word egter versoek om die skool sweetpak/provinsiale klere te dra na wedlope en byeenkomste.Veiligheidstoerusting sal sover moontlik deur Laerskool Saamtrek verskaf word, maar spelers word aangemoedig om hul eie aan te skaf.

9 Noodhulp

Noodhulpdienste word beskikbaar gestel by tuiswedstryde (en oefeninge indien moontlik) na gelang van diebehoeftes van die spesifieke sportsoorte en sportbyeenkomste. Vir hierdie doel wys Laerskool Saamtrek sportkomitee personeellede aan wat noodhulpdienste koördineer (soos vervat in die Veiligheids en Sekuriteitsbeleid). Hierdie persone moet verseker dat:

Elke sporthoof die noodhulp behoeftes vir die spesifieke sport deurgee aan die noodhulpkoördineerders.

Afrigters basiese opleiding in noodhulp ontvang en toegang hê tot die skool se noodhulptoerusting.

Toepaslike dienste by wedstryde/byeenkomste beskikbaar is. Hierdie dienste word vooraf vir die seisoen geskeduleer in samewerking met die sportadministrateur.

Oop/bloeiende wonde moet ten alle tye met mediese handskoene aan hanteer word. Geen speler/speelster mag aan enige kontaksport deelneem met ‘n oop-/nat- of

bloeiende wond/besering nie.

17

Page 18: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Aanhangsel A

AFRIGTERS/HULPAFRIGTER AANSTELLINGSBRIEF

Hiermee word ______________________________, ID no___________________________

aangestel as afrigter/hulpafrigter vir ________________________(sport) se O/____________span

Die sportorganiseerder is _______________________________. Binne die konteks van die brief, onderneem ek, die ondergetekende, om my ten alle tye te onderwerp aan die gedragskode vir afrigters en hulpafrigters soos hieronder:

Die sportbeleid moet te alle tye toegepas word Aanvaar die gesag van die Skoolhoof, Beheerliggaam en die Sportkomitee sowel as die

aangewese sportorganiseerder. Die opvoedkundige waarde van afrigtingsessies moet nooit uit die oog verloor word nie. Die aanleer en ontwikkeling van individuele vaardighede moet altyd in aggeneem word tydens

afrigtingsessies Stel ‘n goeie voorbeeld vir spelers Moedig deelname aan

18

Page 19: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Gee positiewe terugvoering en raad deurlopend Modeleer goeie sportmanskap Moedig eerlike pogings, goeie vaardighede en spanlojaliteit aan Bly op hoogte van die ontwikkeling van die spel en afrigtingtendense Daag betyds op vir alle oefeninge en wedstryde Wees korrek geklee tydens wedstryde en afrigtingsessies Tree beleefd op teenoor besoekende spanne, beamptes en administrateurs Gebruik nooit vuil of afbrekende taal tydens afrigtingsessies of byeenkomste nie. Hanteer en bespreek beamptes se beslissings op ‘n beleefde en respek volle manier Moenie betrokke raak in argumente met ondersteuners van die opponerendeskool nie Die regte kanale moet gevolg word vir die reël van ekstra wedstryde en kontak met ander

skole Laat nuwe ouers by alle geleenthede welkom voel

Ek, die ondergetekende, aanvaar ook die volgende verantwoordelikhede:

Oordrag van vaardighede (soos ten doel gestel vir die spesifieke groep) Hanteer oefeninge en tref reëlings indien afwesig Toesig by oefeninge en wedstryde (totdat die laaste kind versorg is) Verantwoordelik vir apparaat wat tydens oefeninge gebruik word Spankeuse in lyn met beleid Skeidsregter by wedstryde Betrek van ouers of ander kundiges om met afrigting te help, in oorleg met die beleid Versorging van beseerde spelers – besonderhede aan sporthoof Die stel van ’n goeie voorbeeld in gedrag en kleredrag

_________________ ___/___/___ ____________ ___/___/___ _____________ ___/___/___ Afrigter /Hulpafrigter Datum Organiseerder Datum Sportkoördineerder Datum

Aanhangsel B

Gedragskode Spelers

As spelers:

Gee ons altyd ons beste Ons moedig altyd mekaar en ons spanmaats aan Ons luister na ons afrigters Ons neem deel as met goeie sportmangees Ons wen en verloor altyd met ‘n positiewe gesindheid

Gedragskode Oortreding Dissiplinêre Aksie

Streef te alle tye na goeie sportmanskap

Swak sportmanskap Praat terug met afrigters. Aanvaar skeidsregters se beslissings onvoorwaardelik en spreek geen kritiek teenoor

enige skeidsregter word toegelaat nie.

19

Page 20: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Indien 'n speler stry met skeidsregter tydens wedstryd/toernooi/wedloop Verwyder speler van wedstryd/toernooi/wedloop en roep ouers in

Negatiewe opmerkings of ‘n negatiewe houding deur spelers is onaanvaarbaar en ontoelaatbaar.

Luister nie na opdragte nie. ‘n Verwaande houding, bv. die wys van tekens en die skree van afbrekende

kommentaar na die aantekening van punte, is onaanvaarbaar en ontoelaatbaar. Wees betyds vir alle oefensessies en wedstryde Wees korrek geklee tydens wedstryde en afrigtingsessies Maak persoonlik verskoning vir afwesigheid tydens oefensessies by die betrokke

afrigter Maak vroegtydig verskoning vir afwesigheid tydens wedstryde Afwesigheid sonder ‘n geldige verskoning by oefensessies of wedstryde is

ontoelaatbaar Eerste oortreding: afrigter spreek speler aan en onderrig oor korrekte gedrag Herhaaldelike oortreding:

Roep ouers in. Skors vir 2 weke van die sportsoort. Aanhoudende oortreding: Skors van sport vir die seisoen.

Spelers wat hulle verbind het tot ‘n sport, moet daarmee volhou tot aan die eindevan ‘n seisoenAanvaar en respekteer die gesag van die afrigters by oefeninge en spankeuses.

Aanhangsel C

Gedragskode Afrigters Die sportbeleid moet te alle tye toegepas word Aanvaar die gesag van die skoolhoof, beheerliggaam en die sportkomitee sowel as die

aangewese sportorganiseerder. Die opvoedkundige waarde van afrigtingsessies moet nooit uit die oog verloorword nie. Die aanleer en ontwikkeling van individuele vaardighede moet altyd in aggeneem word

tydens afrigtingsessies Stel ‘n goeie voorbeeld vir spelers Moedig deelname aan Gee positiewe terugvoering en raad deurlopend Modeleer goeie sportmanskap Moedig eerlike pogings, goeie vaardighede en spanlojaliteit aan Bly op hoogte van die ontwikkeling van die spel en afrigting tendense Daag betyds op vir alle oefeninge en wedstryde Wees korrek geklee tydens wedstryde en afrigtingsessies Tree beleefd op teenoor besoekende spanne, beamptes en administrateurs Gebruik nooit vuil of afbrekende taal tydens afrigtingsessies of byeenkomste nie.

20

Page 21: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Hanteer en bespreek beamptes se beslissings op ‘n beleefde en respekvollemanier Moenie betrokke raak in argumente met ondersteuners van die opponerendeskool nie Die regte kanale moet gevolg word vir die reël van ekstra wedstryde en kontakmet ander

skole Laat nuwe ouers by alle geleenthede welkom voel

Afrigters wat nie die bostaande gedragskode eerbiedig nie sal aangespreek word en waar van toepassing gevra word om uit te tree. Vir onderwysers/ouers kan dit lei tot ‘n dissiplinêre verhoor deur die skoolbestuur.

Aanhangsel D

Gedragskode ouers Aanvaar die gesag van die afrigter, skoolhoof, beheerliggaam, sportorganiseerder en afrigter Toeskouers en ouers is welkom om kommentaar, voorstelle of algemene terugvoer deur die

gebruiklike kanale deur te gee Moedig deelname aan Modeleer goeie sportmanskap en sosiale gedrag Moedig eerlike pogings, goeie vaardighede en spanlojaliteit aan Aanvaar die beamptes se beslissings in goeie gees en weerhou van die openlike

bevraagtekening daarvan Tree beleefd teenoor besoekende spanne, beamptes en administrateurs op Moenie betrokke raak in argumente met ondersteuners van die opponerende skool nie Negatiewe opmerkings van watter aard ookal deur toeskouers is onaanvaarbaar. Dit word

nie beskou as goeie sportmanskap nie en word ontmoedig Laat nuwe ouers by alle geleenthede welkom voel Geen ouer sal half tyd en direk na ‘n wedstryd by die span toegelaat word nie. Dit is waar die

afrigter alleen met die span praat. Wen of verloor.

21

Page 22: Beleide/Sport...  · Web viewO/8 Seuns wat binne ‘n betrokke jaar 8 jaar oud word Kontak Rugby. 7.6.2.2 . Afrigting Binne die konteks van punt 3 van die dokument moet al die leerders

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTESport- en kultuurbeleid

Datum: 16 November 2012 Weergawe: 1.02

Ouers wat hulleself skuldig maak aan die oortreding van die gedragskode kan by sportbyeenkomste verbied word. Vir onderwysers/ouers kan dit lei tot ‘n dissiplinêre verhoor deur die skoolbestuur.

22