4
Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit MES het op 19 Junie 2006 ‘n besoek gehad van die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Ons was bevoorreg om in samewerking met die Hoof van Hillbrow se SAPD vir hulle op ‘n toer deur dele in die stad te neem waar MES tans uitreik. Die besoek het wye reaksie in die media uitgelok. Neels Jackson van Beeld het op 21 Junie 2006 berig dat die nasionale leiers van die NG Kerk nader kennis gemaak het met “die regte agenda van die Kerk” toe hulle hul in die wêreld van prostitute, dwelmsmokkelaars, boemelaars en brandarmes begeef het. Hy haal Ds Johann Symimgton aan wat sê dat twisgesprekke oor die doop of dwaalleer in die kerk irrelevant word in die lig van die nood wat hulle gesien het. Ds Elsje Büchner, ‘n lid van die moderamen, skryf in die rubriek Godsdiens-aktueel in Beeld op 10 Julie 2006: “Ons kry boemelaarskos in die kerksaal van die ou Johannesburg-oos NG Gemeente: ‘n halwe witbrood en ‘n plastiekglasie bokswyn, laasgenoemde ‘n treat vir die kerklike gaste. Dit voel soos Nagmaal en ek wonder waar Jesus in Suid Afrika “gekerk” het. Nie in ons multi-miljoen kerkgeboue nie, ek is seker Hy sou in die strate van Hillbrow bedien het. Brood, wyn en die Ewige Lewe gegee het.” Jean Oosthuizen berig in die Kerkbode van 28 Julie 2006 die volgende: “Dit is nie meer die Hillbrow waarvan Kerkorrel gesing het nie. Ou mans sit nie meer by straatkafees nie, maar swart mans staan om konkavure. Boemelaars neem die wyk, want daar is niemand meer om by te bedel nie. Fontana is nog oop tot laat, maar in Quartzstraat klink ’n ander roep. Baie vra nog of jy vir Jesus ken, maar min is bereid om die barmhartige Samaritaan te wees. In die Chelsea-hotel is geen ligte meer wat brand nie en in Hillbrow se strate slenter al hoe meer mense rond met ’n toekoms vol gate. Terwyl sowat twintig NG gemeentes in en om Johannesburg se middestad die afgelope twintig jaar hulle deure gesluit het, is daar gelukkig nog ’n handvol mense wat gee, gee en nogmaals gee. Hul rande, hul sente, maar veral hulle drome.” Sewende Laan sterre kuier by MES Nico en Christi Panagiotopoulos (George en Karien van 7e Laan) is twee MES vriende wat gereeld by ons kom oë wys. Die kinders by die Ekuthuleni dagsentrum word gereeld deur hulle bederf met pragtige geskenkies en liefde. 20 - Jarige Feesuitgawe September 2006 MES Bankbesonderhede Bank: ABSA, Parktown Rekening: Tjek Rekeningnaam: MES Algemeen Rekeningnommer: 3240140208 Takkode: 514205

Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit kuier …ander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘n toekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief was vir die Here en op Hom

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit kuier …ander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘n toekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief was vir die Here en op Hom

1

Besoek van kerkleiers aan MESlok reaksie uit

MES het op 19 Junie 2006 ‘n besoek gehad van die Moderamenvan die Algemene Sinode van die NG Kerk. Ons was bevoorregom in samewerking met die Hoof van Hillbrow se SAPD vir hulleop ‘n toer deur dele in die stad te neem waar MES tans uitreik.Die besoek het wye reaksie in die media uitgelok.

Neels Jackson van Beeld het op 21 Junie 2006 berig dat dienasionale leiers van die NG Kerk nader kennis gemaak het met“die regte agenda van die Kerk” toe hulle hul in die wêreld vanprostitute, dwelmsmokkelaars, boemelaars en brandarmesbegeef het. Hy haal Ds Johann Symimgton aan wat sê dattwisgesprekke oor die doop of dwaalleer in die kerk irrelevantword in die lig van die nood wat hulle gesien het.

Ds Elsje Büchner, ‘n lid van die moderamen, skryf in die rubriekGodsdiens-aktueel in Beeld op 10 Julie 2006: “Ons kryboemelaarskos in die kerksaal van die ou Johannesburg-oos NGGemeente: ‘n halwe witbrood en ‘n plastiekglasie bokswyn,laasgenoemde ‘n treat vir die kerklike gaste. Dit voel soos Nagmaalen ek wonder waar Jesus in Suid Afrika “gekerk” het. Nie in onsmulti-miljoen kerkgeboue nie, ek is seker Hy sou in die strate vanHillbrow bedien het. Brood, wyn en die Ewige Lewe gegee het.”

Jean Oosthuizen berig in die Kerkbode van 28 Julie 2006die volgende:“Dit is nie meer die Hillbrow waarvan Kerkorrel gesing het nie.Ou mans sit nie meer by straatkafees nie, maar swart mans staanom konkavure. Boemelaars neem die wyk, want daar is niemandmeer om by te bedel nie.

Fontana is nog oop tot laat, maar in Quartzstraat klink ’n anderroep. Baie vra nog of jy vir Jesus ken, maar min is bereid om diebarmhartige Samaritaan te wees. In die Chelsea-hotel is geenligte meer wat brand nie en in Hillbrow se strate slenter al hoemeer mense rond met ’n toekoms vol gate.

Terwyl sowat twintig NG gemeentes in en om Johannesburg semiddestad die afgelope twintig jaar hulle deure gesluit het, isdaar gelukkig nog ’n handvol mense wat gee, gee en nogmaalsgee. Hul rande, hul sente, maar veral hulle drome.”

Sewende Laan sterrekuier by MES

Nico en Christi Panagiotopoulos (George enKarien van 7e Laan) is twee MES vriendewat gereeld by ons kom oë wys. Die kindersby die Ekuthuleni dagsentrum word gereelddeur hulle bederf met pragtige geskenkiesen liefde.

20 - Jarige Feesuitgawe

September 2006

MES Bankbesonderhede

Bank: ABSA, ParktownRekening: TjekRekeningnaam: MES AlgemeenRekeningnommer: 3240140208Takkode: 514205

Page 2: Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit kuier …ander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘n toekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief was vir die Here en op Hom

2 M E S N u u s b r i e f S e p t e m b e r 2 0 0 6

Redaksioneel

MES het gedurende Junie ‘n opwindende twintigsteverjaarsdag gehad. Hierdie uitgawe word onder anderedaaraan gewy om aan ons lesers terugvoer daaroor tegee.

Ons het op 19 Junie 2006 ‘n besoek gehad van dieModeramen van die Algemene Sinode van die NGKerk en gee graag terugvoer oor die wye reaksie op diebesoek.

Sewende Laan se George en Karien het weer by onskom kuier. Ons het ‘n aparte beriggie daaroor.

Trudie Sanabria het die tuigneergelê as ons redaktrise van onsnuusbrief. Ons wil graag aan haarbaie dankie sê vir 6 jaar se hardewerk, inisiatief en ywer waarmeesy die nuusbrief vertroetel het. Syhet ‘n uitstekende standaardgestel. Sy gaan steeds behulpsaamwees met sekere aspekte van dieblad.

Johan Robyn is vanaf 1 Junie 2006aangestel as die HoofbestuurderMenslike Hulpbronne enAdministrasie by MES. Omdatdaar soveel groei was by MES dieafgelope paar jaar, was onsgenoodsaak om dié pos te skep enso die las van die ander UK lede teverminder. Johan het opgegroei in

Stellenbosch, in Wellington ‘n diploma in Jeugwerkverwerf, en het in 2001 na MES gekom om met dieOthandweni straatkinders te werk. Hy is deeltyds besigmet teologiese studies in die Metodiste Kerk. Hy het ‘nbesondere passie vir die personeel en ons glo dat hyveral op die vlak besondere insette sal lewer.

Leona Pienaar hanteer vanaf1 Junie die pos bemarkings-bestuurder saam met diebestuurspos vir Impilo, dieg e s o n d h e i d s p r o g r a m . H a a ruitstekende organisasie- enbestuursvaardighede, wat ons alleer ken het vandat sy byOthandweni in 1994 begin het,

maak haar die beste kandidaat om nuwe rigting te geeaan die bemarking.

Daar is toenemend navraag na ‘n engelse nuusbrief,maar die onkoste daaraan verbonde sal te hoog wees.Daarom het MES Direksie toestemming gegee dat onsin die toekoms ook Engelse artikels in die nuusbriefsal publiseer. Ons glo u sal begrip hê vir dieomstandighede.

Ons treur oor Steven

Dit is met groot hartseer dat MES vir StevenGumbi aan die dood afgestaan het op 16 Julie2006. Steven was besig met die aflaai vankospakkies toe hy tragies in ‘n motorongelukbetrokke was. Te midde van die groot seënwat MES beleef het die afgelope 20 jaar isdit weereens ‘n bewys dat ons in ‘n gebrokewêreld leef en menigmale slegs op God segenade aangewese is. By die begrafnis diensis die volgende oor Steven gesê:

“Ek het vir Gumbi leer ken in 1996 toe ek ‘n diensjaar byMES gedoen het en Steven in daardie jaar in die kamerlangs my ingetrek het. Hy was van Natal en het soos baieander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘ntoekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief wasvir die Here en op Hom vertrou het.

Aanvanklik het Gumbi vrywillig saam met dieEvangelisasie span uitgereik met die goeie boodskap.Weens finansiële druk kon MES hom egter nie perma-nent aanstel nie en was hy gevra om moontlik ‘n anderheenkome te soek. Ek sê altyd ons wit mense weet niehoe om te bid nie, na 10 minute raak ons moeg. Daardieaand kan ek nog goed onthou Steven het in sy kamergegaan en begin bid. Nie klip hard nie, maar met tye hetdie erns van sy stryd met die Here my kamer bereik. Dithet voortgedeur tot 5 uur die volgende oggend en dit salmy bybly tot ek eendag sterf. Ek weet nie of dit diegebed was nie en of dit bloot toeval was nie - daar het indie volgende paar dae ‘n pos oopgegaan by ons ontvangsin die ou Esselen straat gebou en Gumbi is aangestel.

Steven was waarskynlik nie die beste sekuriteit nie –maar was hy ‘n soldaat vir Christus! Altyd besig met syAK47, soos hy sy Bybel genoem het, en het hy assekuriteitswag meer mense na Christus gelei as wat ekwaarskynlik ooit sal kan. Tot ‘n mate voel ekverantwoordelik want dit was op my aanmoediging enaansporing dat Steven in 2004 sy bestuurslisensie bekomhet en bevorder is as opleidingskoördineerder. Dit is virmy besonders sleg om MES in te dink sonder Gumbi.Steven het altyd mooi aangetrek, dit is selde wat ‘n mensGumbi teëgekom het sonder das en baadjie. Gumbi wasook altyd mooi aangetrek van binne – altyd geglimlag,niks was moeite nie, nederig en bereidwillig om te dien.

Sy dood is vir my en MES ‘n groot tragedie. Dat die Here‘n man vir sy vrou, ‘n Pa vir sy kinders en ‘n vriend vanbaie so van ons kan wegneem sal ons nie nou kan verstaannie. Soos ‘n vriend my bemoedig het – dit sou waarskynlik‘n groter tragedie gewees het as iemand met die talente,gesindheid en geaardheid soos Steven vir die res van sylewe ‘n sekuriteitswag sou gewees het.

Steven ek is jammer - ons sal jou mis my vriendFrancois Pienaar

(Steven laat sy vrou, vier kinders en talle vriende engeliefdes agter.)

Page 3: Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit kuier …ander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘n toekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief was vir die Here en op Hom

3

Gemeenskapskarnaval

Van oral het mense kom help om ons karnaval vir die gemeenskap ‘ngroot sukses te maak. Dit was ‘n kermis soos enige gemeente sekermis. Daar was net een groot verskil. Arm en hawelose mense uitHillbrow kon kom koop en eet sonder geld. Dankie aan gemeentessoos Sonhoogte en ook die Pietersburgers, selgroepe en hope vriendewat die dag vir baie mense onvergeetlik gemaak het.

Ander hoogtepunte

1 Junie: Die jaarlikse terugvoerfunksie by Mediapark was ‘nheerlik geleentheid. Die korporatiewe sektor,regeringsdepartemente, kerkleiers en ander donateurswas almal teenwoordig.

18 Junie: ‘n Dankseggingsdiens waarin daar in verskillende talegesing is en waar ook nagmaal bedien is, is in die Irenekerk gehou. Dit is hier waar MES-Aksie 20 jaar geledebegin is.

18 Junie: Die fees is afgesluit met ‘n gospelkonsert in die Linderouditorium, waarby verskeie vooraanstaande kunstenaarsuit alle kultuurgroepe opgetree het. Die gemeenskapwaarbinne MES werk, het in groot getalle opgedaag.

Sal ons ou vriende ooit vergeet!

As deel van MES se 20ste verjaarsdag en deel van die vrolikefeesvieringe was natuurlik die MES Reunie. Gewapen met ou leêrsin die een hand en die telefoon in die ander hand, en met die hulpvan die Joshua span, het Leona Pienaar en Elmari Swart die taakaangedurf om oud-MES personeellede op te spoor. Namate die tydvan die reunie nader gekom het, het die opgewondenheid grotergeword om mekaar weer van aangesig tot aangesig te sien. Oudpersoneellede van sover as Zambië en Kaapstad het die rit onderneemom net weer ‘n bietjie by MES te kuier. Vorige leiers soos dr. PhillipCoetzer, ds Elise Klut en ds Gert Olivier het ook kom inloer.

Die dag self was aangenaam. Die weer was mooi en vroeg, vroeg hetons vriende opgedaag en geregistreer. ‘n Pragtige uitstalling, veralvan foto’s het hulle aandag gevange gehou. Daar het ‘n mens kort-kort weer die frase “onthou-jy-nog” gehoor. Ou vriende het mekaaromhels en stories uitgedeel oor gedeelde herinneringe. Daarna hetalmal op ‘n toer na die MES programme gegaan. Die dag is afgesluitmet ‘n heerlike ete onder die bome en lekker samesyn en kuier.

Een van die doelwitte van die reunie, was om te bepaal of oud-personeellede sou belangstel om aan ‘n MES-Alumni klub te behoort.Die reaksie was oorweldigend positief gewees. Inligting oor hierdieproses sal in ‘n verdere uitgawe beskikbaar wees. Baie dankie aanelkeen wat gekom het en hierdie dag onvergeetlik gemaak het. Asons jou dalk gemis het in die proses, laat weet ons joukontakbesonderhede en ons sluit jou in by die toekomstigekorrespondensie!

‘n Heerlike verjaarsdagkoek by ons

terugvoerfunksie aan die publiek

Page 4: Besoek van kerkleiers aan MES lok reaksie uit kuier …ander na die stad gekom opsoek na ‘n heenkome, ‘n toekoms. Hy het by MES aangeklop omdat hy lief was vir die Here en op Hom

4 M E S N u u s b r i e f S e p t e m b e r 2 0 0 6

MES Joshua wants you!

“Do not ask what the Lord can do for you,but what you can do for the Lord.”

Are you a born again Christian, matriculated or are you about tomatriculate this year? Do you feel you want to give one year of yourlife to the Lord? Then MES Joshua is for you.

The Joshua Youth Service programme is 1 year of Christian commu-nity service and leadership development. During this year you willgrow in your faith, serve God and the community, receive trainingand make friends for life.

This programme is part of the National Policy on Youth Service andunder the direction of MES. You will have one day set aside forformal training development; subjects differ depending on whichteam you belong too. You will also assist on a standby basis whendisasters, like fire strikes the city, to give out blankets food and basicmedical aid.

Our mission is to develop leadership and excellence in young peoplethrough the vehicle of community service and youth development.

Contact Esther van Niekerk if you want to apply!e-mail: [email protected]: (011) 725-6531Fax: (011) 725 -6572

MES Toere

• Donderdag 14 September 2006 om 09:30• Donderdag 19 Oktober 2006 om 09:30• Donderdag 23 November 2006 om 09:30

Skakel asb vir Elmari Swart by (011) 725-6531vir meer besonderhede.

WebtuisteOns was die afgelope tyd besig om ons webtuiste op te gradeer.Ons hoop dat dit op 1 September gereed gaan wees.Gaan maak gerus ‘n draai op die internet by www.mes.org.za

Belangrike Datums:

MES Impilo Spinnathon - 7 Oktober 2006

Kom neem deel aan die MES Impilo Spinnathonby die Melville Spin Studio op Saterdag 7 Oktober

van 06:00 tot 18:00.Die kostes beloop R50.00 per fiets vir ‘n uur.

Bring u gesin, vriende, gemeentelede en bure na die dag!Dit beloof om ‘n dag gevul met pret te wees.

Vir meer inligting kontak Leona Pienaar / Elmari Swart(011)725-6531