12
VRYDAG 25 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS HENRIëTTE LOUBSER, redakteur van Huisgenoot, se wortels lê diep in Bloemfon- tein begrawe. Sy is hier gebore, het in Besselsenstraat in Universitas grootgeword, gematrikuleer aan die Hoër- skool Jim Fouché en toe kommunikasiekunde aan Kovsies geswot voordat sy by Volksblad ingeval het. JENS FRIIS het met haar gesels. Kom jy nog soms in Bloemfon- tein? Ek was lanklaas daar. My pa, At Anderson, is in 1989 oorlede en sowat tien jaar gelede het ek my ma, Elise, oortuig om Kaap toe te trek. Sy en albei my broers woon nou om die draai van my en my gesin. En wanneer jy hier kom, wat maak jou nostalgies? Dit is reuke en smake waarna ek verlang. Ek mis die reën in die somer, die reuk van nat grond. In my kinderdae was daar ’n kafee in die middestad, ek dink die naam was Penny Whistle, wat die lekkerste kaaspasteie gemaak het. En natuurlik is daar vele herinnerings aan die mense wat my pad gekruis en my help vorm het. Waarvan hou jy nie in Bloem- fontein? Stofstorms. Het jy ooit as kind/student gedroom jy sou eendag aan die stuur van die grootste Afri- kaanse tydskrif staan? Ek het al op 15 jaar geweet ek wil ’n joernalis word en op my eerste dag by Volksblad het ek en joernalistiek mekaar gevind. Maar ek het nie noodwendig gedink dit gaan tot die groot voorreg lei nie. Weekliks word sowat 7 600 Huisgenote in Bloemfontein verkoop en 18 700 in die Vry- staat. Dit is 7% van die tydskrif se hele sirkulasie; dus is die Vrystaat vir ons ’n belangrike gebied. Dit moet bevredigend wees om in Kaapstad te sit en wanneer jy in die Vrystaat kom, Huisgenoot op die rak te sien en te weet duisende mense lees dit . . . Net so bevredigend soos dit is, laat dit jou ook besef watter reuse-verantwoordelikheid die redaksie het om ons lesers se behoeftes te verstaan en waaroor hulle elke week wil lees. Ons skryf in gewone taal en probeer mense help om sin van die wêreld om hulle te maak. Ek ken nie nog ’n publikasie waar so baie navorsing oor so baie onderwerpe gedoen word soos by Huisgenoot nie. Die joernaliste moet die onderwerpe waaroor hulle skryf so goed verstaan dat hulle dit in lekker geselstaal vir enigiemand kan verduidelik. Jy kan nie agter akademiese terminologie of vaaghede wegkruip nie. As jy nie verstaan waaroor jy skryf nie, gaan die leser ook nie verstaan nie. Jy kan ook nie bekostig om ’n feitefout te maak nie, want ons het meer as twee miljoen lesers landwyd en daar gaan altyd ’n hele paar wees wat die fout raaksien en dit vir jou uitwys. Elke artikel in die tydskrif gaan deur ’n string hekwagters se hande om seker te maak die kopie lees vloeiend en boeiend en dat dit al die leser se vrae beantwoord en feitlik korrek is. Hoe voorsien jy gaan ’n tydskrif soos Huisgenoot oor tien jaar daar uitsien? Huisge- noot is die gunsteling-bestem- ming vir Afrikaanssprekendes op Facebook en dit is die grootste Afrikaanse tydskrif op Twitter. Ons webtuiste, huisgenoot.com, het meer as 500 000 besonderse gebruikers per maand. Ons het ook ’n digitale uitgawe van die tydskrif wat mense op hul rekenaar of tablet kan lees. Ons leef ons handelsmerk uit met geleenthede soos Skouspel en die Days of the Dinosaur-uitstal- ling wat ons nou Suid-Afrika toe bring. Ons grootste inkomste is egter nog verreweg uit ons gedrukte tydskrif en dit gaan nog vir lank so bly. Ons het dekades al ’n wenresep met ons inhoud en die basiese bestanddele sal dieselfde bly, al kom daar klemverskuiwings soos wat die tydsgees verander. Huisgenoot word in 2016 ’n eeu oud. Ons staan steeds aan die voorpunt van skepping en vernuwing; dus is ons reg vir wat die toekoms mag bring. S Lees meer oor Henriëtte op bl. 3. Henriëtte Loubser, redakteur van Huisgenoot, is in Bloemfontein ge- bore en getoë. Huisgenoot se redakteur in Bfn getoë

Bloemnuusbl 20140725

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140725

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20140725

VRYDAG 25 JULIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

HENRIëTTE LOUBSER,redakteur van Huisgenoot, sewortels lê diep in Bloemfon-tein begrawe. Sy is hiergebore, het in Besselsenstraatin Universitas grootgeword,gematrikuleer aan die Hoër-skool Jim Fouché en toekommunikasiekunde aanKovsies geswot voordat sy byVolksblad ingeval het. JENSFRIIS het met haar gesels.

Kom jy nog soms in Bloemfon-tein? Ek was lanklaas daar. Mypa, At Anderson, is in 1989oorlede en sowat tien jaar geledehet ek my ma, Elise, oortuig omKaap toe te trek. Sy en albei mybroers woon nou om die draaivan my en my gesin.

En wanneer jy hier kom, watmaak jou nostalgies? Dit isreuke en smake waarna ekverlang. Ek mis die reën in diesomer, die reuk van nat grond.In my kinderdae was daar ’nkafee in die middestad, ek dinkdie naam was Penny Whistle,wat die lekkerste kaaspasteiegemaak het.En natuurlik is daar vele

herinnerings aan die mense watmy pad gekruis en my help vormhet.

Waarvan hou jy nie in Bloem-fontein? Stofstorms.

Het jy ooit as kind/studentgedroom jy sou eendag aan diestuur van die grootste Afri-kaanse tydskrif staan? Ek hetal op 15 jaar geweet ek wil ’njoernalis word en op my eerstedag by Volksblad het ek enjoernalistiek mekaar gevind.Maar ek het nie noodwendig

gedink dit gaan tot die grootvoorreg lei nie.Weekliks word sowat 7 600

Huisgenote in Bloemfonteinverkoop en 18 700 in die Vry-staat. Dit is 7% van die tydskrifse hele sirkulasie; dus is dieVrystaat vir ons ’n belangrikegebied.

Dit moet bevredigend wees omin Kaapstad te sit en wanneerjy in die Vrystaat kom,Huisgenoot op die rak te sienen te weet duisende mense leesdit . . . Net so bevredigend soosdit is, laat dit jou ook besefwatter reuse-verantwoordelikheiddie redaksie het om ons lesers sebehoeftes te verstaan en waaroorhulle elke week wil lees.Ons skryf in gewone taal en

probeer mense help om sin vandie wêreld om hulle te maak.Ek ken nie nog ’n publikasie

waar so baie navorsing oor sobaie onderwerpe gedoen wordsoos by Huisgenoot nie.Die joernaliste moet die

onderwerpe waaroor hulle skryfso goed verstaan dat hulle dit in

lekker geselstaal vir enigiemandkan verduidelik.Jy kan nie agter akademiese

terminologie of vaaghedewegkruip nie.As jy nie verstaan waaroor jy

skryf nie, gaan die leser ook nieverstaan nie.Jy kan ook nie bekostig om ’n

feitefout te maak nie, want onshet meer as twee miljoen leserslandwyd en daar gaan altyd ’nhele paar wees wat die foutraaksien en dit vir jou uitwys.Elke artikel in die tydskrif

gaan deur ’n string hekwagtersse hande om seker te maak diekopie lees vloeiend en boeiend endat dit al die leser se vraebeantwoord en feitlik korrek is.

Hoe voorsien jy gaan ’ntydskrif soos Huisgenoot oortien jaar daar uitsien? Huisge-noot is die gunsteling-bestem-ming vir Afrikaanssprekendes opFacebook en dit is die grootsteAfrikaanse tydskrif op Twitter.Ons webtuiste, huisgenoot.com,het meer as 500 000 besondersegebruikers per maand.Ons het ook ’n digitale uitgawe

van die tydskrif wat mense ophul rekenaar of tablet kan lees.Ons leef ons handelsmerk uit

met geleenthede soos Skouspel endie Days of the Dinosaur-uitstal-ling wat ons nou Suid-Afrika toebring.Ons grootste inkomste is egter

nog verreweg uit ons gedruktetydskrif en dit gaan nog vir lankso bly.Ons het dekades al ’n wenresep

met ons inhoud en die basiesebestanddele sal dieselfde bly,al kom daar klemverskuiwingssoos wat die tydsgees verander.

Huisgenoot word in 2016 ’n eeuoud. Ons staan steeds aan dievoorpunt van skepping envernuwing; dus is ons reg virwat die toekoms mag bring.

S Lees meer oor Henriëtte opbl. 3.

Henriëtte Loubser, redakteur van Huisgenoot, is in Bloemfontein ge­bore en getoë.

Huisgenootse redakteurin Bfn getoë

Page 2: Bloemnuusbl 20140725

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014

Page 3: Bloemnuusbl 20140725

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 3

Só sê HenriëtteHENRIËTTE LOUBSER,redakteur van Huisgenoot, is ’noud-Bloemfonteiner. Sy het opJENS FRIIS se vrae geant-woord.

Wat behels aardse geluk? Omheeltyd te bly groei en ervaar ennuwe insigte te kry.

Wat is jou grootste tekortkomin-ge? Ek is krities en stel soms tehoë standaarde aan myself enander mense.

Wie en wat kan jy nie verduurnie? Leuens en luiheid.

Wat is jou kenmerkendsteeienskap? Ek praat sag.

Wat sou jy anders gedoen het asjy jou lewe kon oorhê? Absoluutniks nie, alles het my gemaak wieek is en ek kan uit al my ervarings– goed en sleg – put. Ek was nogaltyd ’n effense buitestander, maardit het my gehelp om ’n fynwaarnemingsvermoë te ontwikkel.

Indien jy nou ’n reis na enigeplek op aarde kon wen – waar-heen sou dit wees? Op dieoomblik wil ek graag New York ofBerlyn toe gaan.

Waarom? Ek wil teruggaan NewYork toe om weer die stad sepolsslag te beleef en ek hoor Berlynhet nou ’n besonderse energie.

Watter CD is in jou motor?Skouspel-CD’s van verskillende jare,want ons is druk aan die beplanvir vanjaar se Skouspel.

Lees jy op die oomblik enigeboek(e)? Ek is pas klaar met GoneGirl van Gillian Flynn, Meltdownvan Ben Elton en Enkelreis – ’nmemoir deur Zarine Roodt (sy is ’nBloemfonteiner en een van myouddosente).Normaalweg lees ek nie-fiksie –

biografieë of boeke wat my help ommense, samelewings en die werk-plek beter te verstaan.

Laaste fliek gesien? 12 years aslave.

Was dit goed? Ek sou dit 8 uit 10gee.

Wat is die diepste punt vanellende? Om siek te wees en nie instaat te wees om jou ten volle uitte leef nie.

Wanneer en waar was jy op jougelukkigste? Geluk kom en gaan,dit is nie iets wat jy kan vaspennie. Dit kom ook in vele skake-rings; daar is baie soorte geluk. Inelke fase van my lewe was daargeluk én ongeluk. Maar op dieoomblik is ek baie gelukkig.

Wat verveel jou? Ek weet nie hoeom net rond te lê en niks te doennie, dit verveel my eindeloos. Ekmoet verkieslik op die een of andermissie wees.

Oor watter gawe sou jy woubeskik? Ek sou ’n beter gespreks-genoot wou wees; ek is beter metskryf as met praat.

SKyk na nog foto’s op Bloem-nuus se Facebook-blad.

Henriëtte Loubser en kollega JanMorgenrood op ’n geselligheid aanhuis van Hennie van Deventer, destyds redakteur van Volksblad.

Henriëtte Loubser (middel) saam met Anneli van Rooyen en Snotkop op verlede jaar se Skouspel in Sun CitywaarHuisgenootAnneli vereer het vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaansemusiek. Snotkop tree opSaterdag2 Augustus in Bloemfontein in Bobbiespark se saal op. Kaartjies is by Computicket te kry.

Page 4: Bloemnuusbl 20140725

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014

Dit gebeur dan daarVRYDAG 25 JULIESKuns, kerslig en kuier inkleinteater@rolalbklub. Danie vanHuyssteen, 082-337-0785.S Die Hoër Landbouskool Landbou-dal se 1994-matrieks hou dienaweek reünie. Skryf aan [email protected] Kaleidoskoop in Innie Skuurom 19:00. Kaartjies teen R100(studente) en R120 (volwassenes) iste kry by Kiki Corner.

SATERDAG 26 JULIESKunsklasse vir kinders deurLindi van Rensburg by GroenvleiCountry Market langs FransKleinhansweg net buite Heuwelsig.Hannes van Rensburg, 076-339-1851.S Volksblad se Kos-en-kunsmarkin die Nasionale Botaniese Tuin.Vir meer inligting skryf [email protected] met Zak Steynen Louwrens Conradie. Kuieraandteen R200 per persoon. Veiling enander jagaktiwiteite. Geen mensejonger as 18 toegelaat. Chantéle(082-944-7088), Sharlien (084-459-7260)of Mariëtte (072-570-3172).S Photography Pricing For Profit –How To Give Value To Your ClientsAnd Still Make A Living, is a freeevent for all photographers(amateur, hobbyist, professional) inBloemfontein. It is being held atthe St Michael’s School on 26 Julyfrom 12:00. Jackie Blackford –[email protected].

SONDAG 27 JULIES Live music elke Sondag inKerdoni’s Restaurant, Bayswater,van 13:00 af.S Die NG gemeente Waterbronhou ’n restaurant-ete. Nora Conra-die, 082-443-1283.

TUESDAY 29 JULYS Oproep tot gebed van 10:00 tot11:00 in kamer 21 van die Klipkerkse sentrum. Vanessa, 072-375-3652.S Pensioners day’s every Tuesdayat Makro. Eileen, 051-101-1000.SWill you? Won’t you? Will youjoin the dance? by Wilma Cruise(Main Building – Oliewenhuis ArtMuseum). Wilma Cruise uses thehuman body as the vehicle for theexploration of meaning.S Binnelanders: 2 000ste aflewe-ring.

WOENSDAG 30 JULIESManie Jackson: Bobbiespark.Erika, 072-283-1484.S Enjoy a Fine Dine & Wineevening with Nitida wines at DeOude Kraal Country EState & Spa.Bookings: 051-564-0636.

THURSDAY 31 JULYS Fear and Loss – IndustrialKaroo curated by Katie Barnarddu Toit (Reservoir – OliewenhuisArt Museum). This exhibitionrepresents a contribution ofartworks by artists from all overSouth Africa who are concernedabout the Karoo ecology.S Binnelanders: Morné attemptsto manipulate Okkie and Ilse, andGustav is unwillingly being ropedinto the limelight again. A questionabout an ex could stop the lovesong and Margot tries her verybest to get what she wants – is sheall there? A message to Quintonisn’t exactly what it seems to be.

FRIDAY 1 AUGUSTS FNB Free State Wine Show atLeopards and Lace, SterlingAvenue, Spitskop, Langenhoven-park, from 17:00 to 21:00.

S Prime Circle om 20:00 in dieSand. Pacofs, 051-447-7772.

SATERDAG 2 AUGUSTUSS Sop, sjerrie en poeding om 10:00in die Hugenoot-kerksaal, Picardy-straat, Bayswater. Kaartjies teenR30 by kerkkantoor (051-436-2659).S Family Fun day at Makro.Eileen Ndewere, 051-101-1000.

VRYDAG 8 AUGUSTUSS Flintstones, die toneelstuk, is inNovember in die Stadskouburg opdie planke. Oudisies vir akteursword vandag gehou. Elna van derWalt, 082-462-5507.

S Stuur dagboekinskrywings [email protected] voorMaandag om 09:00. Dit is gratis.

Shéri Brynard is een van die tallesprekers, sangers, kunstenaars enuitstallers op Bultfontein se Boer­tjiefees van 4 tot 6 September. Kykby www.vollaboertjiefees.co.za virmeer besonderhede.

Page 5: Bloemnuusbl 20140725

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 5

Alte dierbaar vir hul baseBYNA 450 foto’s is in die troeteldierkompetisie ontvang waarin R1 000 se geskenkbewyse vanMakro op die spel is. Daarom verskyn die beste foto’s in groepe in Bloemnuus met die oogdaarop om die finaliste te bepaal. Stem vir jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad.

Ronel Greeff: “Hier is ons bulhond Troysaam met ons seun Marcel – twee stout­terds.”

MenanteduPlessis seBaileywilweet: “Moetons regtig bad?”

André Kluyts: “Tommie blaas die kerse vandie koek op sy tiende verjaardag uit.”

Stoffel is ’n driejarige African Grey­pape­gaaiwat saammet Sylvia du Toitwerk toegaan.

Jeandré Oosthuizen se Bella is dol op Co­ca­Cola.

Eileen Barnard se Frikkie en Reeva.

In die dog box: Wyland Harmse se (piep)kleinding pas in ’n soutkoekieboks.

Sylvia du Toit: “Dit was te koud vir swem.” Christa Coetzee het Heidi innig lief. Liza de Wet se Piering.

Makro skenk R1 000 se geskenkbewyse virdie wenner van Bloemnuus se troeteldier­kompetisie. Moenie dié winkel se gesins­dag en pensioentrekkerdag misloop nie.Sien die Dagboek op bl. 4 vir meer beson­derhede.

Page 6: Bloemnuusbl 20140725

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014

Page 7: Bloemnuusbl 20140725

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 7

Page 8: Bloemnuusbl 20140725

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014

Stuur ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloem-nuus na [email protected]. Die kleurfoto moetminstens 1 MB groot wees. Meld asseblief watter foto-graaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwat meertroufoto’ is op www.bloemnuus.co.za te sien.Getroud

Karel de Klerk en Christelle Bouwer. Foto: Genesis Images Hennie en Bianca Steyn. Foto: Michelle Fourie

Jason en Lizelle Erasmus. Foto: Mandie Niemann Photography Renier en Chane Liddle.

Jacques en Nickie de Bruycker. Foto: Charles Whitehead Melissa en Donovan Bonthuys. Foto: Eloise en Des van Rensburg Lindie en Antonie Pool. Foto: Mandie Niemann Photography

Page 9: Bloemnuusbl 20140725

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 9

Hier’s nouiets ‘nice’JENS FRIIS het by Iewers Nice se nuwetak in Langenhovenpark gaan aansit.

Waar? Winkels 27 tot 29 van die PrettyGardens-sentrum (tel. 082-770-7584).

Wanneer besoek? Vir ’n laat middagete op’n Saterdag.

Atmosfeer? Vir ’n Saterdag om 15:00 was dieeetplek verbasend vol en die gaste hetduidelik lekker saam gekuier.

Interieur? Nes Iewers Nice se tak inWestdene is dit kleurig en boheems – nes dierolbosse wat van die dak af hang.

Geëet? Pap en kaiings met sous (R48) engerooktehoender-quiche (R59).

Gedrink? Een water (R12) en drie CokeZero’s (R45).

Totaal: R164 + R36 (fooitjie) = R200.

Kos? Die pap, kaiings en sous is in driebordjies bedien wat ’n mens dan in een grootboord kan meng of dit met ’n mes en vurkuit die drie bakkies kan eet, maar ’n paplepelwat voorsien word, werk baie beter.

Die gereg was iets anders as wat ’n menselders kan kry en ek het vooraf gewonderwat gaan kom. Die klein blokkies vet-en-vleis(kleiner gesny as vir ’n fondue) was andersas wat ek kaiings uit my ouma-hulle se tydken. Dit was goed gebraai, maar nie droognie. Met ’n bietjie ekstra sout het ditvorentoe gesmaak met die tamatiesmoorsousen die pap.

Dit is beslis ’n gereg waaraan ’n mensbuitelanders kan bekend stel wanneer hulleby jou kom kuier. En teen R48 is dit baiegoeie waarde vir geld.

Die gerooktehoender-quiche was geurig ennie droog nie – soos dit hoort.

Diens? Die kelner Ruan het flinke diensgelewer en was die heeltyd in die omgewing.

Bedieningstyd? ’n Aanvaarbare 10 minute.

Sal ek teruggaan? Beslis, buiten dat myspyskaart gehawend was van baie lees (hieris al baie honger mae gevoed), was dit ’naangename eet-ervaring.

Iewers Nice se nuwe tak langs die binnehofvan die Pretty Gardens­sentrum in Langen­hovenpark. Foto: Lientjie Mentz

SDonnalee Roberts gaan die rol vanCarina in die fliekweergawe van Ballade vir’n Enkeling vertolk. Dit is destyds deur KarinRetief vertolk. Armand Aucamp is Jacques(destyds gespeel deur Gavin van der Berg),Rolanda Marais (toe Selma van der Vyver)is Lena en Jacques Bessenger (toe Alwynvan der Merwe) is Jan-Paul Otto. Dit wordvolgende jaar in Maart uitgereik en die boekmet dieselfde titel in Augustus.

SBakkies Botha (34) sal graag sy loopbaanin 2015 se Wêreldbekertoernooi wil afsluit.Hy beplan om volgende jaar sy stewels op tehang.

S Theuns Jordaan, David Kramer enakteur Louis van Niekerk is die driekunstenaars wat vanjaar Diamantstad-Sterreweg-eerbewyse op die Gariep Kunste-fees gaan ontvang.

SBreyten Breytenbach ontvang vanjaar ’neredoktorsgraad van die Universiteit vanGent in België. Dit word aan hom toegekenvir sy eiesinnige kunstenaarskap en symaatskaplik-kritiese werk.

Het jy gehoor?

Page 10: Bloemnuusbl 20140725

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

FINANSIEEL

1420

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

OP SOEK NA

1485

I am looking for knitting machines.Empisals and Passaps in any condi-tion. Will pay cash. ContactCecilia 082 482 4686.

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls'. Asook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

MALE EXTRAERECTION PILLS:

Stronger, harder erection.Lasts up to 5 times longer.Safe for high blood and

sugar levels.100% safe and 100%discrete, delivery.

R150 for 10,R300 for 30.073 894 5273.

PVT-REMEDIES, BFN.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

2007 Ford Bantam 1.3Rocam: Soos nuut, sonder'n merk. Nuwe bande,100% puik toestand. R60000 o.n.a. Skakel 071 0000363/073 166 5187.

EIENDOMME

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

TWEE-slk-meenthuis in LHPte huur. R5 000 p.m.Skakel 082 336 2346.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

Dringende betrekking virpersoon met televerkope endebiteure ondervinding.Faks CV na 051 430 2504

Pos vir ontvangsdame enaanmaak van medikasiebeskikbaar by dr. GretheJonker. Middae vanaf 12:00 -17:00. Verkieslik bo 45 jaaroud, sonder afhanklikes. E-posCV na [email protected]

TEGNIKUS* Ondervinding in installering,programmering en diens vanhuisalarms.DIESEL WERKTUIGKUN-DIGE*Vorige onvervinding [email protected]: 051 436 5641

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 MP MOKHELE

In die boedel van wyle Mofe-refere Paulus Mokhele, identi-teitsnommer 560714 5300080, in lewe woonagtig by Erf725, Botshabelo, boedelnom-mer 001209/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, vir 'n tydperkvan 21 dae gereken vanaf Vry-dag 25 Julie 2014.Naam en adres van Eksekuteurof Gemagtigde:

L.B. SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks: 051 403 6714.

Page 11: Bloemnuusbl 20140725

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 JULIE 2014 11

S DIE volgende mense in Bloemnuus selesersgebied is oorlede:* Ertina Barendina Steyn (1918)* Stephney Pretorius (1929)* Magdalena van der Merwe (1929)* Marie Roets (1933)* Hester Smith (1940)* Gerhard van der Sandt (1941)* Jacoba Johanna Magdalena Batt (1956)* Cornél van der Berg (1965)* Lientjie Bester (1968)* Bonita Booyens (1971)* Charlene Nepgen (1975)

SAo. Riaan (Lucky) Bester (41) is doodnadat hy deur ’n motor omgery is. Hy hetoor Nelson Mandelastraat na sy voertuiggestap toe ’n motor hom noodlottig getrefhet. Lucky was jare verbonde aan dieParkweg-polisiekantoor voordat hy onlangsna die Bayswater-polisiekantoor oorgeplaasis. Hy word deur sy dogter, Deu-Line (16),suster Lezel, en sy ouers, Beulah en Fanie,van Queenstown oorleef.

StesBarnard (82), oudskriba (1948 tot 2000)van die NG kerk op Philippolis, is in Gans­baai oorlede. Haar man, Paul, is in 1999 op73­jarige ouderdom oorlede. Hulle worddeur ’n dogter, Elize Uys, en ’n seun, JanBarnard oorleef. Saterdag om 14:00 word’n troosdiens vir Stes in Philippolis gehou.

Oorlede

S Belicia Kordom(25) is Saterdag inBloemhof ter rustegelê. Sedert ’nongeluk op 1 Juliehet sy nie haarbewussyn herwinnie. Belicia, wat ’nrekenaarwinkel opdie kampus van dieUV bestuur het,was met haarbromponie by ’nverkeerslig in ’nongeluk.

SMaak só:Bloemnuus neemweekliks met spytkennis van dieafsterwe vaninwoners in sylesersgebied. Dieoorledenes worddan ook in diekoerant vermeld.Maar meestal wordekstra inligting vandie oorledenesbenodig.

As jy ’n onlangsoorlede familielidwil huldig in diegewilde Wel &Wee-kolom (dit isgratis) moet jy dievolgende inligtingstuur na [email protected]:* volle name,* noemnaam,* van (en nooiens-van),* geboortejaar,* datum waarop diepersoon oorlede is,* ’n bondigebeskrywing van diepersoon se beroeps-lewe,* deur wie worddie oorledeneoorleef, en* waar en wanneeris sy/haar begraf-nis-/gedenkdiensgehou.

’n Goeie gesigfotovan goeie gehalte iswelkom.

Stuur dit voorMaandag om 09:00.

SPONTAAN 2014: Estie deWet het Bloem-nuus op Spontaan 2014 op die Vryfees ver­teenwoordig. Dié talentkompetisie is deurDamaris Godoy van Vrystaat gewen.

Page 12: Bloemnuusbl 20140725

DIE o.13A­netbal­span van die LaerMeisieskool Oran­je het ’n skitteren­de netbalseisoenbeleef. Die spanhet die tweedeagtereenvolgendejaar na die Suid­Afrikaanse kampi­oenskapsbyeen­koms deurge­dring. Die byeen­koms vind môreby die HoërskoolDr. E.G. Jansen inBoksburg plaas.Van links isBiancavan der Vyfer,MinkeKruger, LiseBezuidenhoudt,Kharma Cilliers,Charlene Greve­link, Jane Britz, Ti­ane Theunissenen Megan Her­bert.

Foto: Mlungisi Louw

Sport in kortSRynardt van Rensburg, ’nKovsie-atleet, het sy Europeseseisoen in Italië op ’n hoogte-punt afgesluit. Van Rensburg(22) het die 800 m op diebyeenkoms in Donnas in 1:48,72gewen. Nog ’n Kovsie-atleet,Hannes Naudé, was vierde in1:53,37.

S Cornal Hendricks, ’nSpringbok-vleuel, het ondanksbelangstelling van die WestelikeProvinsie en Blou Bulle besluitom sy rugby nog ’n jaar hier indie Rosestad te speel. Dit is ’nreuse-slag wat die Cheetahsgeslaan het, aangesien Hen-dricks (26) waarskynlik vanjaardie beste vleuel in die land was.Cornal het sy kontrak, wat toteinde Oktober strek, verleng ensal steeds saam met die heelag-ter, Willie le Roux, en vleuelRaymond Rhule opwindendehardlooprugby speel.

SRory Duncan het as nuwehoofafrigter vir die Vrystaat-rugbyspan met die oog op dieCurriebekerreeks ingeval.

SKobus Verwey, ’n Bloemfon-teinse prokureur, het ’n kolhouop ’n baan sowat 10 km van St.Andrews se Old Course inSkotland, Elmwood, behaal. St.Andrews word as die tuiste vangholf beskou. Kobus was saammet nog drie Bloemfonteiners,Etienne van Styl, MichaelCoomans en Dawie Jacobs, op ’ngholfvakansie in Skotland.

SDr. Phia Steyn, ’n oud-Bloemfonteiner, het oor dieEngelse Kanaal van 40 kmtussen Engeland en Frankrykgeswem. Sy was tussen 1997 en2003 ’n dosent in geskiedenisaan die Universiteit van dieVrystaat (UV) en woon nou inEngeland.

S Die Suid-Afrikaanse Skolenet-balvereniging (SASNV) gaan inOktober ’n nasionale o.17-spanna Portugal stuur. Die laasteproewe is Saterdag gehou en diespan word later bekend gemaak.Esti Truter van die HoërskoolFichardtpark is in dié groepingesluit.