6
If it is not in the Heilbron Herald, it is only a rumour. WEEK 31 Deel 110 www.heilbronherald.co.za DONDERDAG - 8 AUGUSTUS 2019 R5-00 (BTW ingesluit) (Langs Telwiedrè Voere) Laerstraat • Heilbron VEILINGSDATUMS VRYDAG 9 Augustus om 11:00 SATERDAG 24 Augustus om 11:00 Vir enige navrae of uit-die-hand verkope kontak WOLTER 084 407 9394 Implemente inskrywings is ook baie welkom. BoereTreat 2019 wás groter, beter... dié beste D ie eerste span van Hoërskool Heilbron is vroegoggend in die koue Vrystaat-lug ingewag deur 'n goeie groep ondersteuners wat hulle vergesel het na Voortrekkerhoogte om te bepaal wie in die finaal van die Virseker Beker teen Lyttleton Manor gaan meeding. Na 'n klipharde eerste helfte en rotsvaste verdedi- ging het die Wildebeeste met 10 - 0 in hul guns gaan rus en het die tweede helfte behoorlik vlam gevat. Weereens het die Wildebeeste gewys wat in hulle steek en met 39 - 17 gewen. Onderskeie spelers het drieë gedruk, waar onder Mike Henn, Cezanne “Kwagga” Ellis, Rudi van Niekerk, Koos Scheepers, Francois Els en Ruan “Pula” Fox wat twee maal agter die doellyn gaan kuier het en Waldo Steyn wat twee drieë in baie winderige omstandighede kon verdoel. Die Wildebeeste se laaste uitdaging lê nou voor om die finaal van die Virseker Beker teen Lyttleton Manor aan te pak op 10 Augustus 2019, 08:25 by Hans Moore in Benoni. Wildebeeste in finaal vir Virseker Beker Op die foto bo - agterste ry: Arno Hendrikse, Jacques Herbst, Waldo Steyn, Koos Scheepers, Rudi van Niekerk (kaptein), Sarel Mouton, Wolter Bennink, Francois Els, Ryan Nel, Roberto Menesses, Mike Henn, Geo Hausleitner, Cleovan Witbooi, Kwagga Ellis, Sipha Malindi, Adriaan Pelser en Xander Visagie. Middelste ry: Jan Strydom, De Jager Jooste, Rethabile Mokoena en Gawie Pretorius. Voor: Robert Daniel, Pula Fox en Jayselyn Witbooi. D ie opgewondenheid was groot die afgelope ruk en die dae tot Boeretreat 2019 aanbreek was omtrent afgetel. Die wag vir die naweek was uit-en-uit die moeite werd. Diegene wat die naweek mis- geloop het, het beslis baie uitgemis. Van trekkers tot ou veteraan voertuie, na toutrek en sterkmankompetisies, het die dag vele pret ingehou. Die kinders het talle kinderver- maak gehad met 'n reuse speelpark en selfs ritte op miniatuur perde. Alhoewel die wind op sekere tye van die dag die dames se hare deurmekaar gewaai het, het die sonnige en heerlike wintersdag daarvoor opgemaak. Saterdag het sommer vroeg afgeskop met die Mountain Bike Challenge en die Trailrun wat om 07:30 weggespring het. Die dag het bestaan uit uitstallers wat hul landbou-ver- wante toerusting aan die gemeenskap uit- gestal het. Hulle het omtrent die Boeretreat gronde vol gestaan. Die boeremark was weereens 'n hoogtepunt op die dames se lys. Gesondheidsmiddels, vetplante, leerproduk- te, dekor, skilderye en klere is net 'n paar om van te noem wat in die boeremarktente te sien was. Orals het kinders rondgehardloop met "slush puppies", "doughnuts" en ander lekkernye, dit het sommer gou-gou die res van die feesgangers aangesteek om ook saam te smul aan eetgoed van die onder- skeie kosstalletjies. Die gholfers het om 10:00 by die eerste gaaitjie afgeslaan en kort voor lank was die gholfbaan vol gholfkarretjies. Die gees was hoog tydens die toutrekkompetisie en die spanne was goed aangemoedig. Hoogte Boerevereniging het breëbors weggestap toe hulle, hulle opponent oor die wenstreep getrek het. Vaaitjie van Toks en Tjops was by die Webertent gewees, maar het hom nie twee keer laat nooi om saam tou te trek nie. Deur die loop van die dag was daar ook 'n Fear Factor kompetisie aangebied en die braaikompetisie het natuurlik weer baie aandag getrek. Later die middag het die feesgangers in die hooftent begin inbeweeg om te verseker hulle kry 'n uitsoeksitplek om die aand se gaskunstenaars te sien. Die Campbells het eerste hulle verskyning op die verhoog gemaak wat almal opgewonde gemaak het vir die res van die aand se ver- rigtinge. Na só 'n suksesvolle Boeretreat 2019, kan jy nie waag om uit te mis in 2020 nie! Ons sien jou daar!

BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

If it is not in the Heilbron Herald, it is only a rumour.WEEK 31 Deel 110 www.heilbronherald.co.zaDONDERDAG - 8 AUGUSTUS 2019 R5-00 (BTW ingesluit)

(Langs Telwiedrè Voere)Laerstraat • HeilbronVEILINGSDATUMS

VRYDAG 9 Augustus om 11:00

SATERDAG 24 Augustus om 11:00

Vir enige navrae of uit-die-hand verkope kontak

WOLTER 084 407 9394Implemente inskrywings is

ook baie welkom.

BoereTreat 2019 wás groter, beter... dié beste

Die eerste span van Hoërskool Heilbron is vroegoggend in die koue Vrystaat-lug ingewag deur 'n goeie

groep ondersteuners wat hulle vergesel het na Voortrekkerhoogte om te bepaal wie in die finaal van die Virseker Beker teen Lyttleton Manor gaan meeding. Na 'n klipharde eerste helfte en rotsvaste verdedi-ging het die Wildebeeste met 10 - 0 in hul guns gaan rus en het die tweede helfte behoorlik vlam gevat. Weereens het die Wildebeeste gewys wat in hulle steek en met

39 - 17 gewen. Onderskeie spelers het drieë gedruk, waar onder Mike Henn, Cezanne “Kwagga” Ellis, Rudi van Niekerk, Koos Scheepers, Francois Els en Ruan “Pula” Fox wat twee maal agter die doellyn gaan kuier het en Waldo Steyn wat twee drieë in baie winderige omstandighede kon verdoel.

Die Wildebeeste se laaste uitdaging lê nou voor om die finaal van die Virseker Beker teen Lyttleton Manor aan te pak op 10 Augustus 2019, 08:25 by Hans Moore in Benoni.

Wildebeeste in finaal vir Virseker Beker

Op die foto bo - agterste ry: Arno Hendrikse, Jacques Herbst, Waldo Steyn, Koos Scheepers, Rudi van Niekerk (kaptein), Sarel Mouton, Wolter Bennink, Francois Els, Ryan Nel, Roberto Menesses, Mike Henn, Geo Hausleitner, Cleovan Witbooi, Kwagga Ellis, Sipha Malindi, Adriaan Pelser en Xander Visagie. Middelste ry: Jan Strydom, De Jager Jooste, Rethabile Mokoena en Gawie Pretorius. Voor: Robert Daniel, Pula Fox en Jayselyn Witbooi.

Die opgewondenheid was groot die afgelope ruk en die dae tot Boeretreat 2019 aanbreek was omtrent afgetel.

Die wag vir die naweek was uit-en-uit die moeite werd. Diegene wat die naweek mis-geloop het, het beslis baie uitgemis. Van trekkers tot ou veteraan voertuie, na toutrek en sterkmankompetisies, het die dag vele pret ingehou. Die kinders het talle kinderver-maak gehad met 'n reuse speelpark en selfs ritte op miniatuur perde. Alhoewel die wind op sekere tye van die dag die dames se hare deurmekaar gewaai het, het die sonnige en heerlike wintersdag daarvoor opgemaak.

Saterdag het sommer vroeg afgeskop met die Mountain Bike Challenge en die Trailrun wat om 07:30 weggespring het. Die dag het bestaan uit uitstallers wat hul landbou-ver-wante toerusting aan die gemeenskap uit-gestal het. Hulle het omtrent die Boeretreat gronde vol gestaan. Die boeremark was weereens 'n hoogtepunt op die dames se lys. Gesondheidsmiddels, vetplante, leerproduk-te, dekor, skilderye en klere is net 'n paar om van te noem wat in die boeremarktente te sien was. Orals het kinders rondgehardloop met "slush puppies", "doughnuts" en ander lekkernye, dit het sommer gou-gou die res

van die feesgangers aangesteek om ook saam te smul aan eetgoed van die onder-skeie kosstalletjies. Die gholfers het om 10:00 by die eerste gaaitjie afgeslaan en kort voor lank was die gholfbaan vol gholfkarretjies. Die gees was hoog tydens die toutrekkompetisie en die spanne was goed aangemoedig. Hoogte Boerevereniging het breëbors weggestap toe hulle, hulle opponent oor die wenstreep getrek het. Vaaitjie van Toks en Tjops was by die Webertent gewees, maar het hom nie twee keer laat nooi om saam tou te trek nie.

Deur die loop van die dag was daar ook 'n Fear Factor kompetisie aangebied en die braaikompetisie het natuurlik weer baie aandag getrek. Later die middag het die feesgangers in die hooftent begin inbeweeg om te verseker hulle kry 'n uitsoeksitplek om die aand se gaskunstenaars te sien. Die Campbells het eerste hulle verskyning op die verhoog gemaak wat almal opgewonde gemaak het vir die res van die aand se ver-rigtinge. Na só 'n suksesvolle Boeretreat 2019, kan jy nie waag om uit te mis in 2020 nie! Ons sien jou daar!

Page 2: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

3NUUSHEILBRON HERALD 8 AUGUSTUS 2019

Die reuk van boerewors en braaibroodjies kon al ver geruik word waar die mans by Heilbron Dienssentrum om die vuur gestaan en braai het. Die vrouens het gewoeker en met lekker gees kospakkies verpak wat hulle verkoop het. “Met swaarkry het ons alles met lekkerkry klaargekry”. Op die foto bo is Magdaleen van Rensburg en Susan Smit hard aan die werk.

Lede kán braai-broodjies maak

Deesdae lees jy al hoe meer van mense wat hoë ouderdomme bereik. Tannie Betsie Kühne van Huis Silwerjare in

Petrus Steyn het Maandag, 5 Augustus 2019, 100 goue jare gevier.

Tannie Betsie is oorspronkelik afkomstig van Steynsrus en woon al vir 11 jaar by Huis Silwerjare. Haar kinders het van ver af gekom om hierdie geleentheid saam met haar te kom vier. Twee seuns is afkomstig van Gauteng, die ander een het al die pad gereis van die Wes-kaap af. Haar dogter is om die draai in Lindley. Haar vierde seun kon ongelukkig nie die dag bewoon nie.

Saam met Tannie Betsie het twee ander inwoners van Huis Silwerjare ook saam met haar verjaar. Tannie Judith het 83 jaar oud geword en Oom Gert 69 jaar!

Dit is 'n eer om vir hierdie inwoners geluk te wens met hulle verjaarsdae.

100 Goue Jare

Op die foto bo links verskyn: Mev Judith Cockcroft, Tannie Betsie Kühne en Oom Gert van Eeden.

Op die foto bo regs verskyn: Chris van den Berg (skoon-seun vanaf Lindley), Pauline Kühne (skoondogter), Wendy Kühne (skoondogter) en Herman Kühne (seun). Agter: Markus Kühne (kleinseun), Marlene van den Berg (dogter), Petrus Kühne (seun) en Heindrich Kühne (seun).

Raak deel van ons lekker-lees gemeenskaps-koerant en stuur vir ons jou foto's van mylpale wat bereik is, asook ander aktiwiteite. Ons plaas dit graag. Vir enige nuus wat jy graag met die lesers wil deel, skakel kantoorure by 058 852 3033.

Sperdatum vir advertensie en bydraes vir die

Heilbron Herald is Woensdae om 10:00.

Page 3: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

KERKNUUSNG MOEDERGEMEENTE

Sondag: 09:30 Gesamentlike Erediens (Suid)

NG SUIDSondag: 09:30 Gesamentlike Erediens (Suid)

Sin Kol: Fonds vir Bediening Kerkjeug

GEREFORMEERDE KERKSondae: 09:30 ErediensDiensbeurte: Wyk 7 & 1

NEDERDUITSCH HERVORMDE KERKH.v Stoffelnel- en Nicolstrate

Sondae: 10:30 Erediens / Kategese 10:00Kontak Ds L.M Prinsloo 083 943 4561

AGS PLEINSTRAAT 72Sondae: 10:00 Erediens

Biduur Woensdae 18:30, Vrydae 19:00 - JeugKontakpersone: Past LB Deysel, Tel: 058 853 1016

CHRISTUS GEMEENTE (H/v Right- & Gilbertstraat) - Sondae: 09:30 Erediens

AP-KERK Tweedestraat, Vegkop-uitbr.

Sondag 10:00 Erediens (Heilbron)

METHODIST CHURCHSunday: Worship service 09:30 each Sunday.

Almal welkom / All welcome. Contact Pastor Chris Schutte 082 319 7820 or 071 410 6238.

GEREFORMEERDE KERK PHIRITONASondag 10:00 Erediens - Kontak MP Malindi 078 054 2862

EBENHAESER BAPTISTE GEMEENTEHou eredienste op Heilbron elke 2de en 4de Sondag van die

maand in die Methodiste Kerk op Heilbron om 12:00.

EVANG. GEREF. KERK FRANKFORT (MARKSTR. 20)Sondagoggend: 10:00 Erediens

18:00 Aanddiens / Bidure: Woensdae 18:00Navrae: Ds Pieter van Wyk Tel: 083 594 3078 of 058 813 2424

AGS PETRUS STEYNPastoor Nico Theron Sel: 082 880 6477

Sondae: 10:30 Erediens / Woensdae: 18:00 Biduur

PENTECOSTAL CENTRE (Assemblies of God, Sandersville)

Sondag: 10:00 Heiligmakingsdiens - 17:00 Evangeliediens / Maandag: 18:30 Jeug / Dinsdag: 18:00 Gemeentebiduur Woensdag: Huissel, Donderdag: 18:00 Sustersbidaand

Vrydag: 18:00 Jeugaand, Saterdag: 15:00 Worship Team oefen. Enige gebedsversoeke skakel 058 852 2190Navrae: Pastoor B. Bentosha 058 852 2190

AGS KERK SANDERSVILLESondae: Oggenddiens 10:00. Maandag Huissel 06:00,

Biduur Woensdag 06:00. Kontak P. van Staden

CANAAN APOSTOLIC FAITH MISSION SANDERSVILLEDinsdae: 17:00 Jeugdienste & Oefeninge / Woensdae: 17:00 Gemeentediens & Biduur / Sondae: Heiligmaking om 10:30.

Vir meer inligting kontak Pastoor Joey Pienaar 082 673 2321 of Evangelis Frans Lottering 078 402 2000.

AFRIKAANSE BAPTISTE KERK FRANKFORTSondagskool 09:00 / Oggenddiens: 10:00

Biduur Dinsdae om 10:00 /Bybelstudie Donderdae om 10:00 Navrae: JC Smith 063 247 4774

DIE MESSIAANSE GELOOF/MESSIANIC BELIEFSien ons webblaaie: www.isr.messianic.org en www.GNmagazine.org/

booklets / Sabbatbyeenkomste vir huisgemeentes en selgroepe.Navrae: Bel/SMS 079 833 3283

(He who believes shall obey, for by his obedience he proves that he believes).

4 KERKNUUS HEILBRON HERALD 8 AUGUSTUS 2019

Toe ek vanoggend effe aan die vinnige kant uit my motor spring, weet ek hier kom 'n ding. Ek voel dit in my derms, soos Ouma altyd gesê het. Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke begin.

Die vraag kom lê dwarsoor my oggend: hoe gaan ek dit hierdeur maak? Die antwoord kom vinnig by my op: Soos elke ander dag. Met genade. 'n Baie groot stuk genade. En 'n lang asem.

Toe ek met my mini-boekwinkel die per-soneelkamer binnestap, is daar al twee aan-wesiges. Albei het 'n beker stomende boere-troos in die hand en beduie oor alles wat gisteraand gebeur het. Ek groet vlugtig en gaan sluit solank my klas oop. Deur my klas se venster sien ek hoe die dermgevoel besig is om waar te word.

Die busse stop op die plek waar die bordjie staan: “Geen busse word hier toegelaat nie.” Kinders borrel by die deur uit. Baadjiepante wapperend in die wind, stof waar skoolskoene die nog doodgerypte grond slaan. Die groot seuns voel selfvoldaan of hulle dasse nog netjies sit. Meisies stryk oor hulle hare en skoolrokke. Die lipsalf word van een na die ander een aangegee terwyl hulle klasse toe aanstryk. Nee, wag, daardie beweging van die groot kinders is nie juis “aanstryk” nie. Hulle sweef so half. Met tasse wat nonchalant oor die skouers hang en arms wat woorde vleuels gee.

'n Laerskoolseun spring uit die bus uit, beland tussen die groep groter kinders. Net daar sak Kleintjie op die grond neer en maak sy skoenveter vas. Die groot kinders kyk hom verveeld aan. 'n Kêrel maak sy motorfiets staan, haal sy val-helm a-la-Brad Pitt (of wie ook al deesdae se held is) van sy kop af, en ek kan sweer ek hoor 'n paar meisies swymel.

Die klok lui en almal vergader in die plein. Opening, afkon-digings en pandemonium. In daardie volgorde. Hulle diffun-deer na hulle klasse. Kleintjies hardloop stamp-stamp deur die gange en die groteres sweef tot in hulle rye voor die klas waar hulle die eerste periode gaan deurbring.

In my klas is dit tyd om na al die portefeuljes te kyk. Die vormpie voor-in die boek moet ingevul word sodat iemand met die eerste oogopslag kan sien of daar darem 'n toetsie of wat geskryf is. Dit neem die helfte van 'n periode in beslag om al die inligting daarop aan te bring. Dan moet ek elkeen teken. Die portefeuljes moet netjies wees vir boekkontrole, want Skoolhoof het die potensiaal om elke onderwyser lank en innig oor die kole te haal as dit nie gedoen is nie. Wat vir die groot kinders 'n halwe periode neem, is twee keer so lank vir die kleineres. Of nog langer. Deesdae kyk ek nie eers meer na die horlosie wanneer boekkontroledag aankom nie. Al die porte-feuljes word weer netjies in my kas staangemaak. Kompleet soos soldate in 'n ry.

Skoolhoof ontbied my via die interkom na die kantoor. Hy stop nog 'n papier vir die “nothing is ever finished until the paperwork is done”-beginsel in my hand. Op pad terug klas toe, glip ek vinnig by my kantoor in en gooi dit op die al hoe groter groeiende hoop admin op my lessenaar.

Later breek pousetyd aan. Ek gryp my ontbytkos, wat al twee ure vantevore geëet moes gewees het, en gaan sit agter my rekenaar in my kantoor. Vlugtig hoop ek dat die bakkie graanvlokkies die regte hoeveelheid vesel bevat. Vinnig kyk ek na sommige van my eposse. Ek beantwoord die epos wat met 'n rooi uitroepteken gemerk is, en skryf gou vir Boeta 'n nota om te sê dat hy moet onthou van volgende naweek se familiebyeenkoms. Sluk-sluk druk ek 'n werkskaart uit en haal uitasem die fotostaatmasjien. Hierdie masjien sluk my netjiese werkskaart in en spoeg die gevraagde hoeveelheid ritmies aan die ander kant uit.

Ek gryp 'n paar boeke wat op die vloer lê en wag op boek-kontrole van my kant af. Ek maak oop en wil my handteken-ing maak. Ek kyk en kyk weer. Ek sien dat ek nie verkeerd gelees het nie. Ek klap toe boek toe en lees voor-op. Gelukkig sien ek dat dit een van my kollegas se Kuns en Kultuurwerkboeke is wat sy verkeerde pad gevind het. Ek moet bieg: die skrik het amper in my lyf kom sit toe ek die opskrif van die oefening sien: “My Rape Song”. Met nadere ondersoek kom ek agter dat daar 'n spelfout was, en dat dit “My RAP Song” moes gewees het. Sug van verligting…

In die personeelkamer hang die reuk van sigorei swaar in die lug. Asook die opgewarmde aandkos van die vorige dag. Drie Mans staan buitekant in die son(de)kol en rook. Groot seuns stap doerie kant verby en ek kan die nikotienverlange in hulle houding raaksien.

In die onderwys is meeste onderwysers net Mans as daar iets lekkers is om te doen. Soos wanneer daar met een of ander balspeletjie besig is. Ander tye is Mans baie stadig uit die blokke. Soos as daar inspeksie gedoen moet word. Maar met rugbywedstryde is Mans redelik vinnig en baie alwetend. Mans kan die hele wedstryd fluitjie vir fluitjie herspeel, tot vervelens toe, maar dieselfde span wen presies soos wat dit die vorige Saterdag op die kassie gebeur het.

Oues sit reeds in die personeelkamer. Oues probeer net om die tyd produktief om te kry totdat hulle aftreedag aanbreek. Oues se passie is omgekeerd eweredig aan die aantal plooie. En nou noem ons die Oues sommer Kir-Pirs. Hulle kir sodra die klok pir. Oues is gestasioneer in hulle groepie en skinder oor elkeen wat dit waardig is om oor geskinder te word. Hulle lag ook net vir hulle eie grappies. Sodra een Oue 'n stelling maak, word dit deur die ander Oues beaam of voltooi. Dit hang natuurlik af van watter een van die Oues die vlugste van begrip is.

Skoolhoof roep almal na die personeelkamer. Waardig maak hy afkondigings en bespreek die veranderinge op die skoolprogram. My kop is by vanmiddag se kooroefening en

ek wonder hoe lank dit my gaan neem om die koorstuk in te studeer? Gelukkig hoef ek dit nie te sing nie. Ek is net die begeleier van die groep.

So: is ek 'n musikant? Nee, net 'n wannabee pianis wat toe in die Wetenskappe en Wiskunde gaan stu-deer het. 'n Aantal musieksertifikate op vergeelde papier later, het ek agtergekom dat ek nooit 'n Liberace sou wees nie (My oom het gemeen Liberace en Libertas is een en dieselfde). En die rede was nie noodwendig 'n tekort aan diamantringe nie. Maar dit weet jy seker. Nie dat 'n slegte gewaarwording was nie. Ek was iewers diep in my bin-neste lankal bewus van my so-so musika-

liteit. Nou speel ek net klavier vir die lekker en soms omdat ek moet.

Terug in die klas swoeg ek deur reguit lyne, kwadratiese vergelykings en los-op-vir-x. Ek onthou dat Afrigter my gevra het om 'n afkondiging te laat maak aangaande die kooroefen-ing van vanmiddag. Ons is besig om stemme vir 'n kwasi kooruitvoering in te oefen. Deesdae tree kore slegs op tydens die VLU se jaarkongres, die prysuitdeling en soms in die kerk. Daar is nie eintlik meer 'n aanvoeling vir swaar musikale ora-toria nie. (Dominee het hom eendag verspreek, en toe word dit “ovaria”. Maar ek het gelukkig geweet waarvan hy praat.) Die kerk is die gepaste plek waar die ta-aa-aa-aa note sag deur die gewel daarvan vloei.

Ek nael kantoor toe om die afkondiging te gaan afhandel. My winterskoene maak werts-werts op die klipvloer. Om die hoek loop ek my tromp-op teen Teemeisie. Sy kyk my met groot oë aan wyl sy rats uit die pad uit spring. “Hauk!” is al wat ek hoor. Sy gryp verontwaardig na haar besem en skoppie om die laaste van die dooie gras op te vee.

Toe ek klaar is, gaan ek met dieselfde verbysterende snel-heid terug klas toe. Bang dat my klas net uit bakstene gaan bestaan wanneer ek terugkom. Ek kry dit sowaar reg om nog 'n aktiwiteit met die kinders te doen voordat die klok lui.

Die laaste periode breek uiteindelik aan. Ek voel hoedat my energievlakke daal toe die Graad 12’s my klas insweef. Dieselfde prosedure om die portefeuljes in orde te kry.

Ek sien deur my venster hoedat Oues hulle klasse begin skoonmaak, stoele op die tafels te sit en die venters ka-dwaa! toe te slaan. Oues is baie kere bang dat hulle te lank by die skool moet bly. Hulle wil eerder by die huis in die laat winter-son gaan dit en Ena Murray’s en Ettie Biermans lees. Ek weet dat my skooldag nou halfpad is: Hierna die beloofde koor-oefening en daarna die ekstraklas vir matrikulante. Die ein-deksamen kom nou vinnig nader.

Die laaste sekondes van hierdie periode kom roggelend nader. Die skoolklok weergalm deur die gange. Asof vooraf gechoreografeer, maak die klasdeure gelyk oop en kinders storm uit. Ek leer my klasse dat seuns wat eendag mans wil wees vir meisies wat eendag dames wil wees, eerste kans moet gee om by die deur uit te gaan. In Juffrou se klas gaan dit dus effe stadiger, maar heelwat meer georden.

Ek gaan gooi my toetsboeke en ander papiere op my lesse-naar neer. Ek kon vandag twee bome in een of ander reën-woud gered het, was dit nie vir al die papierwerk nie. My regterbrein wonder of ek hierdie admin binne die volgende week sal kan afhandel en my linkerbrein is flink besig om 'n tydrooster op te stel. Ek haas my na die sanglokaal en hoop om reeds opgewarmde stemme daar aan te tref.

Afrigter is darem al besig met ontspanningsoefeninge. Die koorlede moet hulle gesigte saamtrek sodat hulle soos aknee-belaaide suurpruime lyk. Dan moet die nekspiere saamgetrek en ontspan word. Die skouers kom aan die beurt. Trek dit op tot by jou ore en laat sak dit totdat jou hande voel asof jy die grond kan raak. Nou moet die skouers gerol gerol gerol word. Dit is met laasgenoemde oefening wat ek hortend by die sang-lokaal instroom. Ek val sommer saam met die koorlede in vir die ontspanning en voel hoedat ses ure se onthouding en in-spanning soos 'n groot las van my skouers af val. Daarmee saam voel ek so twee kilogram ligter. Alhoewel ons almal weet dat dit nie die waarheid is nie. Maar dit voel so.

Die meerderheid van die koorlede is Engelssprekend en daarom moet die oefening grotendeels in Engels geskied. Ter inligting: 'n Plattelandse boeretannie was verantwoordelik vir my fundamentele Engelse kennis. Daarom was hierdie taal nooit 'n tweede taal nie, maar wel 'n vreemde taal. En soos die ou grappie lui: Waar ek vandaan kom, praat ons net Engels uit selfverdediging. Aldus.

Nietemin. Afrigter is besig om na die longe te beweeg vir asemhalingsoefeninge. Groot asem in. Groot asem uit. Klein asempies in. Klein asempies uit. Met die laaste oefening moet 'n groot hap asem geneem word totdat Afrigter besluit dat dit stadig uitgeblaas moet word. Wat vir my na 'n baie eenvoudige instruksie in Afrikaans geklink het, kry toe 'n heel ander kleurtjie in Engels.

Dit smaak my dat ons dieselfde Boeretannie gehad het, want ek kry die idee dat Afrigter ook sukkel met die Rooi Taal. Sy kry 'n reuse kreukel op haar voorkop terwyl haar ratwerk besig is om die instruksie in Engels te vertaal.

Wat moes wees: “Jy asem uit totdat al die lug uit jou longe is”, verander radikaal.

“You… you… you…” En ek wil-wil die regte instruksie in my primitiewe Engels gee, maar besluit om haar kans te gee om haar stempel hierop af te druk.

“You… you… you…” Sy asem hard uit…“You… You… Until all the light is out of your lungs.”En daarmee gee ek toe aan die groot lagbui wat deur my

binnekant bars. Uiteindelik het ek genade en asem gekry vir die res van die dag.

LIGHTS OUT

Page 4: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

6 NUUS HEILBRON HERALD 8 AUGUSTUS 2019

Twee Heilbronners, lede van Heilbron Martial Arts, het Saterdag, 3 Augustus 2019 aan die SAKMAA Nasionale Kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem. Die leerlinge het elk uitstekende gevaar in beide items. Yonuscha Prinsloo behaal twee, eerste plekke en ontvang goue medaljes in Traditional Forms en Combat Weapon. Shandi Prinsloo behaal twee tweede plekke en ontvang silwer medaljes vir Traditional Forms asook Combat Weapon. Op die foto vl Shandi Prinsloo (9) en Yonuscha Prinsloo (8).

Heilbronners presteer tydens Martial Arts SA

Manne julle moet trek

Misdaadverslag Vier verdagtes het op 2 Augustus

2019 om 01:20 die oggend Heilbron Poskantoor in Phiritona geroof.

Daar was 'n sekuriteitswag aan diens. Die verdagtes het die man onkant gevang en vasgemaak. Hulle het toegang tot die pos-kantoor verkry en die alarm ontkoppel. Die verdagtes het die kluis met 'n slypmasjien (grynder) oopgesny en toegang tot pen-sioenarisse se SASSA geld gekry. Hulle het met R75 000 gevlug in 'n wit Toyota bakkie. Die voertuig was ongemerk. Al vier ver-dagtes is steeds op soek. Enige inligting in hierdie verband kan by Heilbron polisie aangemeld word sodat die verdagtes opge-spoor kan word.

Op 3 Augustus ongeveer 10 kilometer voor Heilbron op die Frankfortpad het 'n noodlottige ongeluk om 23:25 plaasgevind. 'n Vrou in haar 40’s was onderweg na Heilbron vanaf Frankfort toe die ongeluk

gebeur het. Sy het klaarblyklik beheer oor haar Mercedes motor verloor en die pad verlaat. Die motor het aan die brand geslaan nadat dit omgeval en gerol het. Die vrou was binne in vasgekeer. Die presiese oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek.

'n Stilstaande dubbelkakuit Toyota Hilux bakkie in die parkeerarea van Total in Heilbron Sondagaand om 19:00 deur vier mans, in 'n wit Audi A3 voertuig, gekaap. Hulle het die insittendes later op die Greenlandspad afgelaai en in die rigting van Koppies en Sasolburg teerpad weggejaag. Die Toyota Hilux bakkie wat gekaap is, is gemerk met plakkers - dit is 'n Lesotho regeringsvoertuig. Indien iemand enige inligting oor die voorval het, kan Heilbron polisie gekontak word. Inligting vanaf die gemeenskap kan moontlik help tot die arre-stasies van die skuldiges.

Na afloop van verlede jaar se suksesvolle Mountain Bike Challenge was dit hierdie jaar weer op die BoereTreat se program. Tesame met die MTB Challenge was daar vir die eerste keer 'n Trailrun aangebied. Dit was ook 'n lekker uitdaging! Die dag het nog nie eers behoorlik begin nie toe die klomp atlete al by die wegspringpunt weggetrek het. Die Trailrun het bestaan uit 'n 1km afstand vir kinders, 5km, 10km en vir die brawes 'n strawwe 21km. Die wenners is as volg vir die 10km: Eerste plek - Edward Mokena met 37 minute en 55 sekondes. Franco Bocibo het tweede gekom met 42 minute en 09 sekondes. Derde plek - Cerneels Rautenbach met 1 uur en 38 sekondes. In die 21km het Abram Dumka gewen met 1 uur 5 minute en 12 sekondes. Kobus Geldenhuys was sekondes agter en het in die tweede plek geëindig met 1 uur 5 minute en 14 sekondes. In die derde plek was Samuel Mofokeng met 1 uur 7 min-ute en 10 sekondes. Vir die Mountain Bike Challenge het ongeveer 80 fietsryers gereed gestaan om onderskeidelik die 10km, 30km en 60km roete aan te pak. Die kinders kon ook saamry op 'n 2km roete. Al langs die roete kon die pragtige winter natuur beskou word. Daar was ook lekker saamgekuier by die waterpunte langs die pad. Kontantpryse was aan die eerste drie plekke van die 30km en die 60km uitgedeel. Die wenners van die 10km roete was: Eerste plek - Tertius Brink met 'n tyd van 30 minute en 44 sekonds. Tweede plek - Herman Claasen met 37 min-ute en 12 sekondes en kort op sy hakke het Danny Claasen derde plek gekry met 37 minute en 13 sekondes. Die 30km roete wen-ners is: Eerste plek - Johan de Villiers met 1 uur 13 minute en 27 sekondes. Tweede plek - Damion Steyn ook met 1 uur 13 minute en 27 sekondes. Danie Marais het in die ouder-

dom van 50 to 59 skoonskip gemaak en die derde plek gekry met 1 uur 30 minute en 16 sekondes. Die fikstes van die fikstes het die 60km aangepak en binne drie ure voltooi, die wenners is as volg: Eerste plek - Tiaan le Roux met 3 ure 2 minute en 43 sekondes. Tweede plek - Michiel le Roux met 3 ure 7 minute en 4 sekondes. In die derde plek is Werner Relling met 3 ure 54 minute en 17 sekondes.

Op die foto is Madga Spies en dr Lood Spies wat ook aan die Mountain Bike Challenge deelgeneem het.

Uitdagende Mountain Bike Challenge en Trailrun aangebied

Hierdie jaar op die Boeretreat was daar vir die eerstse keer

weer toutrek. Boere-verenigings en besighede is genader vir inskrywings en die wenspan kon buiten vir sy instansie ook geld skenk aan 'n liefdadigheidsorganisasie.

Die Hoogte Boere-vereniging was die wenners en hulle geld is geskenk aan Huis Bron-van-Heil.

Moedersdeel Boere-vereniging (foto regs) sou die spangees beker gekry het as daar een was. Koos Engelbrecht, Moedersdeel se “drywer”, het sy bes probeer om sy manne aan die wenkant te kry.

Vaaitjie (Foto bo) van Toks en Tjops faam het besluit om saam met Vegkop Boerevereniging te span toe hulle 'n “anker gekort” het.

Page 5: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

7NUUSHEILBRON HERALD 8 AUGUSTUS 2019

Landbouverslag

• Vrystaat Landbou

“Vrystaat Landbou (VL) sal, saam met ander belangegroepe, voortgaan om enige grondwetlike wysigings teen te staan wat die deur oopmaak vir prosedures buite die prak-tyke wat reeds binne die Grondwet van Suid-Afrika bestaan.” Dit is die boodskap van Francois Wilken, President van VL, aan sy organisasie se lede en die landbousektor nadat die finale verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en land-bou vrygestel is. Volgens Wilken bly VL gekant teen onteiening sonder vergoeding (OSV) en sal kwessies daaroor ook op VL se jaarkongres, wat op 7 en 8 Augustus 2019 in Bloemfontein plaasvind, bespreek word.

“Ons deel die mening dat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet onnodig is en dat dit gepaardgaande risiko’s oor die beskerming van eiendomsreg verder sal ver-hoog,” sê Wilken.

Die langverwagte paneelverslag en 'n alternatiewe verslag, wat deur president Cyril Ramaphosa erken is, waarin die rol van die privaatsektor uitgelig word, is op 28 Julie 2019 vrygestel. “Ons meen ook dat as die regering met die beplande proses voortgaan, dit katastrofiese gevolge sal hê,” sê Wilken.

“As daar geen landbouers is wat kos pro-duseer nie, wie gaan dan kos hê om te stem vir die politici wat hierdie ondeurdagte plan

VL maak sterk standpunt ná uitreiking van paneelverslag oor eiendomsreg

bestuur? Geen landbouers is gelyk aan geen kos!” Kwessies oor die grondwetlike noodsaaklikheid vir grondhervorming, trans-formasie in die landbousektor en hoe die OSV-narratief 'n buitengewone ingewikkelde saak gemonopoliseer het, is alles op die agenda van VL se komende kongres.

Prof Danie Brand, Direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat, is 'n grondwetlike kundige en sal by die kongres gesels oor die prosesse van onteiening en hoe die proses vir OSV sal verloop indien konstitusionele veranderinge aangebring moet word. Dr Frans Cronje, Hoof Uitvoerende Beampte van die Instituut vir Rasse-verhoudinge, sal op sy beurt die feite gee oor wat kan gebeur indien OSV in verskeie vorms toegelaat word.

Verder beskou VL ook die mosie in die parlement, wat op 25 Julie 2019 bekendge-maak is, as 'n direkte aanval op eiendomsreg. Wilken meen dit wys dat die regerende party, duidelik net om politieke redes, ondanks al die katastrofiese gevolge steeds wil voort-gaan met die skadelike wysiging van die grondwet. Volgens hom bly VL verbind tot die volhoubaarheid van landbou in Suid-Afrika. “Ons wil dit onomwonde stel dat Vrystaat Landbou alles in sy vermoë sal doen om die regte van sy lede en landbouers te beskerm deur enige wysiging van die grondwet teen te staan.”

Tussen die jaar 2013 en 2017 is meer as 'n duisend renosters elke jaar in Suid-Afrika gestroop. Daar is al

baie strategieë op die proef gestel om renosters te pro-beer beskerm, wat alreeds tot 'n ef-fense afname gelei het. Steeds voel natuurbewaarders en ander rolspelers dat dit nie genoeg is om stropery tot 'n einde te bring. 'n Elektroniese in-genieur het ge-noem dat hy voel daar bestaan 'n behoefte aan teg-nologie wat na-tuurbewaarde r s moontlik kan help in die stryd teen renosterstropery. 'n Ve r ske idenhe id strategieë moet in hierdie opsig saam gevoeg word om die korrekte strategiese voorsprong te kan laat kry. Die ingenieur het dus 'n elektroniese toestel ontwikkel wat op die dier gedra word. Hierdie toestel verskaf dus inligting oor die dier se gedrag wat sodoende kan help met teenstropings-

pogings. “Om intydse ontleding moontlik te maak, moet data per radio-ooreining na 'n seinontvanger gestuur word en hierdie

oorseining benodig energie. Weens die bronbeperking van huidige bioteleme-trie-toestelle is ge-dragsstudies tipies van korte duur. Dit wissel van dae tot weke.” noem hy aan Maroela Media. Die stelsel sal die dier se lig-ging kan bepaal deur middel van 'n GPS. Sodra hierdie tegnologie aan 'n renoster gekoppel word, word daar elke 6.5 sekondes inligting verskaf oor waar die re-noster is, selfs of hy staan, lê of loop

- dit skep die geleentheid om die dier se gedrag te monitor en 'n patroon daaruit te kan skets. Op die manier kan abnormale gedrag by die dier opgemerk word, onder-soek kan ingestel word en so kan die dier gehelp word indien nodig.

Die toestel wat aan die renoster se been vasgemaak word om sy gedragsinligting te kan bekom. Hierdie toestel bied geen ongemak vir die renoster nie en is liggewig. Foto erkenning: Maroela Media

So kan tegnologie help teen stropery

Volgens syfers wat die afgelope drie jaar met mekaar vergelyk is, is daar 'n definitiewe afname

in plaasaanvalle in die Vrystaat opgemerk. In 2016 is daar 66 plaasaanvalle aange-meld, ses daarvan was moorde. In 2017 was daar 60 plaasaanvalle, waarvan sewe moorde was. Verlede jaar is daar altesaam 48 plaasaanvalle gewees en ook sewe moorde. Daar het reeds vanaf Januarie tot Junie 2019, 14 plaasaanvalle in die Vrystaat voorgekom. Hierdie afname is grootliks te danke aan die skakeling van vooraf-inligting en waarne-mings van verdagte persone en voertuie. Die inligting word gewoonlik bekom deur werkers en landbouers wat dit deurgee aan die owerhede. Volgens Vrystaat Landbou se Veiligheidsrisiko-analis dra die goeie ven-

nootskap binne die Landelike-beveiliging-strategie by tot die sukses van pro-aktiewe benadering oor plaasaanvalle. “Net drie uit 20 produsente wat lede van georganiseerde landbou is, was die afgelope finansiële jaar in die Vrystaat in plaasaanvalle die teiken,” noem sy. Beter veiligheid in die omge-wing is ook te danke aan die verhouding wat met die SAPD en die gemeenskap gebou word. Deurlopende bou van verhoudings met jou werkers, inwoners op die plaas en jou bure, beveilig ook die landelike gebiede. Die opskerping en verbetering van kommuni-kasienetwerke soos WhatsApp-groepe en radionetwerke dra geweldig by tot veilig-heid. As almal saamstaan en plaasaanvalle probeer voorkom sal hierdie syfers teen vol-gende jaar nog verder afneem.

Afname in plaasaanvalle in die Vrystaat

Die tema van 2019 se kongres wat op 7 en 8 Augustus 2019 in Bloemfontein plaasvind is “Wat is my rol as lid van

Vrystaat Landbou”. Hierdie kongres gaan by Monte Bello Estate aangebied word met 'n aandfunksie by Leopards & Lace. 'n Damesprogram sal 8 Augustus by Urth in Bloemfontein wees. Hierdie jaar se kongres gaan nie net fokus op sy lede nie, maar hulle gaan nou die geleentheid hê om vir die eerste keer hulle insette op 'n interaktiewe manier te kan lewer. Hierdeur sal kongresgangers deur die middel van tegnologie kan stem en terug-voering gee oor belangrike sake. Die bedryfs-bestuurder van Vrystaat Landbou, dr Jack Armour, moedig landbouers aan om toestel soos slimfone en rekenaars saam te bring na die kongres toe. Dit sal slim wees om ekstra batterye en laaiers ook saam te vat. Landbouers sal gratis wifi kan geniet wat beskikbaar sal wees. Van die toesprake wat tydens die kon-gres bespreek sal word sal op die Vrystaat Landbou se Facebook-blad uitgesaai word. Jy sal dan ook die geleentheid kry om die toe-sprake op 'n latere tydperk weer te kan gaan kyk.

Vroeg in die jaar het die Vrystaat Land-bou en die Rooivleisprodusente-or-ganisasie in die Vrystaat, tesame met

die Nasionale Wolkwekersvereniging in die provinsie gewerk om 'n veediefstal-hulp-lyn te begin. Die projek is vir 'n proeftyd van drie maande gedryf om te kan vasstel of daarmee voortgegaan sal word. Tydens hierdie tyd-

Kongres Veediefstal-hulplynperk is waardevolle inligting ingesamel. Dit blyk egter dat die hulplyn nie vir die werk-like doel dien as waarvoor dit oorspronklik geskep is nie. Die doel van die hulplyn was om produsente by te staan tydens 'n voorval van veediefstal. Nadat alles deeglik nagegaan is, is daar na alle oorweging besluit dat die projek nie verder sal voorgaan nie.

Page 6: BoereTreat 2019 wás groter, beter dié beste...Ek voel die vibrasies in die grond voordat ek die skoolbusse sien nader kom. En ek weet: Dit is hier. Die inval gaan binne enkele oom-blikke

HEILBRON HERALD 8 AUGUSTUS 20198 SPORT

Sportverslag

Op 3 Augustus 2019 het Kransfontein Resies-duifklub vanaf Noupoort gevlieg. Daar het 472 duiwe deelgeneem in die reis. Die duiwe is 07:45

losgelaat. Met die loslating was 'n ligte suidwestewind en met duiwe se aankoms by hokke het daar 'n sterk noordwestewind gewaai. Die wenduif is deur Wolmarans Hokke geklok 14:15. Die distansie was 503 km tot by die wenduif se hok. Die wenspoed is 1287.771 meters per

KRANSFONTEIN Resiesduifklubminuut.

Hier volg die uitslae:1ste - Wolmarans Hokke, 2de - Wolmarans Hokke,

3de - Liefde Hokke, 4de - Bosman & Seuns, 5de - Wolmarans Hokke, 6de - Spartan Pigeons, 7de - Fourie Hokke, 8ste - Wolmarans Hokke, 9de - FED Hokke, 10de - FED Hokke.

Die eerste 80 duiwe is geklok binne 16min 18sek.

Die duiwe het die eerste keer vanjaar met 'n kop-wind te doen gekry met die vlug vanaf Colesberg. Hulle het in 'n sterk noordewind meer as 6 ure

gevlieg aan die 470km.Zenith se A & B spanne het in die jaaroud wedvlug die

eerste tien posisies gevul. In die ope wedvlug het Frikkie Spangenberg gewen. Dié duif het ook die tweede plek in die Vaal Posduif Unie behaal.

Die junior lid, Wilné Els het in die junior afdeling in die VPU 'n 5de plek en nog drie ander plekke behaal. Die senior lede van die klub is baie trots op haar.

COLESBERG JAAROUD1. Zenith B, 2. Zenith B, 3. Zenith A, 4. Zenith A,

5. Zenith A, 6. Zenith B, 7. Zenith B, 8. Zenith B, 9. Zenith B, 10. Zenith B.

COLESBERG OPE1. F Spangenberg, 2. Zenith B, 3. F Viviers,

4. F Viviers, 5. Zenith A, 6. Zenith B, 7. Zenith A, 8. Zenith A, 9. F Viviers, 10. F Viviers.

HEILBRON DUIWEKLUB

Damesdag &Rydercup volgende

Met die Boeretreat naweek wat afgemerk is op die kalender, lê die Rydercup voor vir die lede van Heilbron Gholfklub. Vanjaar word dit op

Frankfort aangebied op 23 en 24 Augustus. Heilbron se span is reeds gefinaliseer en lede wat graag in die kom-petisie wil speel moet hulle name vir die reserwelys opgee by Gerrie Muller. Die dameskomitee beplan om op 31 Augustus 'n damesdag te hou en kan spanne van 4 inskryf vir die dag. Suzilda Muller reël die dag en sal die koste per span van vier R500 wees. Dit is 'n ideale geleentheid om gees te bou tussen die dames op kantoor.

Wat die Boeretreat aanbetref, was daar oor die twee dae 216 gholfers wat gespeel het, die eerste bof moes spelers vanaf ‘n Afritwa afslaan en 72 gholfkarretjies is ingehuur vir die geleentheid.

Vrydagaand se money draw is gewen deur Antonie Muller en hy kry R2 500 vir sy getroue bywoning, Vrydagaand se geld-pot staan weer op R250. Saterdag is daar gewone gholf en afslaan is vanaf 12:15.

Gholfspelers in aksie.