1
Die jaar lê amper op sy rug en daarom is dit tyd om boeke te vat. Die prestasies van die Bons- mara in die speenkalfproduksiestelsel die af- gelope jaar is baie goeie nuus vir die Bonsmara Telersgenootskap van Namibië. Ontleding van die resultate van die speen- kalfveilings wat in 2012 deur Agra aangebied is, word onder weergegee. Tabel 1 dui die totaal aan van speenkalwers wat op aanbod was, die aantal Bonsmaras of Bonsmara-kruisings en die persen- tasie van die Bonsmaras of Bonsmara-kruisings as deel van die totale aantal speenkalwers. Tabel 1: Agra speenkalfveilings vir 2012 TOTALE AANTAL KALWERS AANGEBIED 11 877 BONSMARA/BONSMARA-KRUISINGS 2 478 PERSENTASIE BONSMARA/BONSMARA-KRUISINGS 21% Bonsmaras en Bonsmara-kruisings het 21% van die totale aantal speen- kalwers uitgemaak wat aangebied is. Dit is ’n groot persentasie van die- re wat deur een ras voorsien is, veral as in aanmerking geneem word dat daar ander uitstekende beesrasse is wat ook in die mark meeding. Daar is tans 23 geregistreerde beesrasse waarmee in Namibië geboer word. Statistieke oor die laaste paar jare wys dat die aantal Bonsmaras en Bonsmara-kruisings op speenkalfveilings jaarliks styg. Dit is ’n pluim- pie vir Bonsmara-telers wat hard probeer om die Namibiese vleisbees- industrie te bevorder. Die Bonsmara Telersgenootskap sal in die toekoms moeite doen om ook die data van ander veilinghuise soos NLA, WLA, Blaauwberg en Namboer te kry om ’n beter geheelbeeld te vorm oor die rol van die Bonsmara in speenkalfproduksie in Namibië. Bogenoemde veilinghuise speel, net soos Agra, ’n groot rol in die Namibiese boerderygemeenskap. Tabel 2 wys die streekwenners in die onderskeie kategorieë. Tabel 2: Streekwenners vir 2012 NAAM WENNERS RAS Hermann en Astrid Krings Voerkraalkalwers: Noorde Ander raskruisings Frans en Ellie Lottering Voerkraalkalwers: Sen- traal Ander raskruisings Albert Voigts Voerkraalkalwers: Suide Bonsmara Mev. Willie Louw Veldkalwers: Noorde Ander raskruisings Arnold Klein Veldkalwers: Sentraal Bonsmara-kruising Boesman Davids Veldkalwers: Suide Bonsmara Mev. Willie Louw Verskalwers: Noorde Ander raskruisings Frans en Ellie Lottering Verskalwers: Sentraal Bonsmara-kruising Erich Freytag Verskalwers: Suide Bonsmara 56 Verpligte prestasietoetsing en die voorsiening van uitstaande gene- tika aan die kommersiële boer bly die hoekstene van die Bonsmara-ras. Vyf uit die nege wenners het dit gedoen met suiwer Bonsmaras of Bons- mara-kruisings. Dit is moeilik om die Bonsmara te klop as dit kom by kwaliteit en die lewering van diere wat aan die markvereistes voldoen. Agra het in 2012 altesame 17 speenkalfveilings aangebied en op elke veiling is daar onderskeidelik drie wenpakkies speenkalwers aangebied. Speenkalwers het in die volgende kategorieë meegeding: Beste voerkraalpotensiaal Beste veldafrondingpotensiaal Beste potensiële teelverse Tabel 3: Bonsmara-wenners op veilingvlak AANTAL VEILINGS 17 AANTAL MOONTLIKE WENNERS (17*3) 51 Bonsmara voerkraal-kalfwenners 4 Bonsmara veldkalfwenners 6 Bonsmara verskalfwenners 4 Bonsmara totale aantal wenners 14 Persentasie Bonsmara-wenners (14/51) 27% Tabel 3 toon dat Bonsmaras en Bonsmara-kruisings 14 uit ’n moontlike 51 keer (17 veilings x 3 wenpakkies op elke veiling) onder die pryswen- ner kompetisiepakkies was. Dit beteken dat die Bonsmara en Bonsmara- kruisings 27% van die kere onder die wenpakkies op die verskillende speenkalfveilings was. Dit wys dat goeie kwaliteit Bonsmaras dwars- oor Namibië beskikbaar is. Voortgesette prestasietoetsing gekoppel aan voldoening aan die vraag van die kommersiële boer sal die langtermyn sukses van die Bonsmara verseker. Die Bonsmara Telersgenootskap wil hiermee sy gelukwensing oordra aan die onderskeie wenners en ander rasgenootskappe met hul presta- sies. Die verskeidenheid van diere wat oral ingeskryf is, wys dat elke beesras ’n plek in die Namibiese vleisbeesindustrie het.

Bonsmara-speenkalwers is wenners · 2012. 12. 10. · Dries Venter: 081 240 6546 Christo Strydom: 081 317 8325 Etienne Jooste: 081 371 1599 Verpligte prestasietoetsing en die voorsiening

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Bonsmara-speenkalwers is wenners · 2012. 12. 10. · Dries Venter: 081 240 6546 Christo Strydom: 081 317 8325 Etienne Jooste: 081 371 1599 Verpligte prestasietoetsing en die voorsiening

December 2012 / January 201354

Die jaar lê amper op sy rug en daarom is dit tyd om boeke te vat. Die prestasies van die Bons-mara in die speenkalfproduksiestelsel die af-gelope jaar is baie goeie nuus vir die Bonsmara Telersgenootskap van Namibië.

Ontleding van die resultate van die speen-kalfveilings wat in 2012 deur Agra aangebied is, word onder weergegee. Tabel 1 dui die totaal aan van speenkalwers wat op aanbod was, die aantal Bonsmaras of Bonsmara-kruisings en die persen-tasie van die Bonsmaras of Bonsmara-kruisings as deel van die totale aantal speenkalwers.

Tabel 1: Agra speenkalfveilings vir 2012TOTALE AANTAL KALWERS AANGEBIED 11 877 BONSMARA/BONSMARA-KRUISINGS 2 478PERSENTASIE BONSMARA/BONSMARA-KRUISINGS 21%

Bonsmaras en Bonsmara-kruisings het 21% van die totale aantal speen-kalwers uitgemaak wat aangebied is. Dit is ’n groot persentasie van die-re wat deur een ras voorsien is, veral as in aanmerking geneem word dat daar ander uitstekende beesrasse is wat ook in die mark mee ding. Daar is tans 23 geregistreerde beesrasse waarmee in Namibië ge boer word. Statistieke oor die laaste paar jare wys dat die aantal Bonsmaras en Bonsmara-kruisings op speenkalfveilings jaarliks styg. Dit is ’n pluim-pie vir Bonsmara-telers wat hard probeer om die Namibiese vleisbees-industrie te bevorder.

Die Bonsmara Telersgenootskap sal in die toekoms moeite doen om ook die data van ander veilinghuise soos NLA, WLA, Blaauwberg en Namboer te kry om ’n beter geheelbeeld te vorm oor die rol van die Bonsmara in speenkalfproduksie in Namibië. Bogenoemde veilinghuise

speel, net soos Agra, ’n groot rol in die Namibiese boerderygemeenskap.Tabel 2 wys die streekwenners in die onderskeie kategorieë.

Tabel 2: Streekwenners vir 2012NAAM WENNERS RAS Hermann en Astrid Krings

Voerkraalkalwers: Noorde

Ander raskruisings

Frans en Ellie Lottering Voerkraalkalwers: Sen-traal

Ander raskruisings

Albert Voigts Voerkraalkalwers: Suide Bonsmara Mev. Willie Louw Veldkalwers: Noorde Ander raskruisingsArnold Klein Veldkalwers: Sentraal Bonsmara-kruisingBoesman Davids Veldkalwers: Suide Bonsmara Mev. Willie Louw Verskalwers: Noorde Ander raskruisingsFrans en Ellie Lottering Verskalwers: Sentraal Bonsmara-kruisingErich Freytag Verskalwers: Suide Bonsmara

Bonsmara-speenkalwers is wenners

56

December 2012 / January 201356

To all breeders andbuyers of Bonsmara bulls:

May this Christmas seasonfill your home with family & friends,your heart with love,& your life with laughter.

A Merry Christmas & a Prosperous 2013!

BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA CATTLE BREEDERS’ ASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIA

PO Box 80003 Olympia, Windhoek, NamibiaTel/Fax: 061-222 753 • International: +264 61 222 753

www.bonsmaranambia.com • [email protected]

For Enquiries about onsmara Contact:

Nico Visser: 081 124 1168Marinda Labuschagne: 061 22 2753

Rollie Heiser: 081 124 5940Dries Venter: 081 240 6546

Christo Strydom: 081 317 8325Etienne Jooste: 081 371 1599

www.bonsmaranambia.com • [email protected]

Verpligte prestasietoetsing en die voorsiening van uitstaande gene-tika aan die kommersiële boer bly die hoekstene van die Bonsmara-ras. Vyf uit die nege wenners het dit gedoen met suiwer Bonsmaras of Bons-mara-kruisings. Dit is moeilik om die Bonsmara te klop as dit kom by kwaliteit en die lewering van diere wat aan die markvereistes voldoen.

Agra het in 2012 altesame 17 speenkalfveilings aangebied en op elke veiling is daar onderskeidelik drie wenpakkies speenkalwers aangebied. Speenkalwers het in die volgende kategorieë meegeding:• Beste voerkraalpotensiaal• Beste veldafrondingpotensiaal• Beste potensiële teelverse

Tabel 3: Bonsmara-wenners op veilingvlakAANTAL VEILINGS 17AANTAL MOONTLIKE WENNERS (17*3) 51Bonsmara voerkraal-kalfwenners 4Bonsmara veldkalfwenners 6Bonsmara verskalfwenners 4Bonsmara totale aantal wenners 14Persentasie Bonsmara-wenners (14/51) 27%

Tabel 3 toon dat Bonsmaras en Bonsmara-kruisings 14 uit ’n moontlike 51 keer (17 veilings x 3 wenpakkies op elke veiling) onder die pryswen-ner kompetisiepakkies was. Dit beteken dat die Bonsmara en Bonsmara-kruisings 27% van die kere onder die wenpakkies op die verskillende speenkalfveilings was. Dit wys dat goeie kwaliteit Bonsmaras dwars-oor Namibië beskikbaar is.

Voortgesette prestasietoetsing gekoppel aan voldoening aan die vraag van die kommersiële boer sal die langtermyn sukses van die Bonsmara verseker.

Die Bonsmara Telersgenootskap wil hiermee sy gelukwensing oordra aan die onderskeie wenners en ander rasgenootskappe met hul presta-sies. Die verskeidenheid van diere wat oral ingeskryf is, wys dat elke beesras ’n plek in die Namibiese vleisbeesindustrie het.

54Bonsmaras is wenners