26
het nie so opgelet nie, dit is of hoede, of lappe, maar die is beslis wit van kleur. En soos wat hierdie groep van u af wegbeweeg mevrou, hoor u vensters breek? -- Ja, in die wegbeweeg van hierdie groep kon * ek hoor hoe vensters stukkend geslaan word. En u staan heeltyd by die venster? -- Ek staan heeltyd by die venster. t En die volgende wat u sien terwyl u daar by die venster staan is twee voertuie wat gewoonlik deur die polisie gebruik word? -- Dit is so. (1Q, Mevrou en die rede hoekom u nou daar by die venster staan, u oor nou word die goed nou verder in die dorpsgebied afge- breek? TOLK: U hoor nou? MNR SWART: Hoe word die - soos wat die groep verder beweeg - hoe word daar ruite gebreek? -- Ja. En terwyl u hoor daar in die verte word daar ruite ge- breek, kom die polisievoertuie daar aan? U edele, ek skat so 15 minute later eers kom die voertuie. Dit is nou 15 minute nadat hulle hier voor die huis ver- (20) bybeweeg het? -- Dit is so ja u edele. Hoe lank staan u nou nog daar en u luister hoe word die ruite verder af gebreek in die dorpsgebied? -- Ek het lank daar gestaan u edele. En heeltyd hoor u nog hoe word die ruite gebreek? -- Ja. En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie daar aan, die polisievoer- tuie? -- Hoe se u nou? Mevrou, die rede hoekom u by die venster staan is omdat (30) u/... K/C 59.2062 CC 123/93 1114 M N MALOKA

CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

het nie so opgelet nie, dit is of hoede, of lappe, maar die is beslis wit van kleur.

En soos wat hierdie groep van u af wegbeweeg mevrou, hoor u vensters breek? - - Ja, in die wegbeweeg van hierdie groep kon*ek hoor hoe vensters stukkend geslaan word.

En u staan heeltyd by die venster? -- Ek staan heeltyd by die venster. t

En die volgende wat u sien terwyl u daar by die venster staan is twee voertuie wat gewoonlik deur die polisie gebruik word? -- Dit is so. (1Q,

Mevrou en die rede hoekom u nou daar by die venster staan, u oor nou word die goed nou verder in die dorpsgebied afge- breek?TOLK: U hoor nou?MNR SWART: Hoe word die - soos wat die groep verder beweeg - hoe word daar ruite gebreek? -- Ja.

En terwyl u hoor daar in die verte word daar ruite ge­breek, kom die polisievoertuie daar aan? U edele, ek skat so 15 minute later eers kom die voertuie.

Dit is nou 15 minute nadat hulle hier voor die huis ver- (20) bybeweeg het? -- Dit is so ja u edele.

Hoe lank staan u nou nog daar en u luister hoe word die ruite verder af gebreek in die dorpsgebied? - - Ek het lank daar gestaan u edele.

En heeltyd hoor u nog hoe word die ruite gebreek? -- Ja.En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite

daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie daar aan, die polisievoer­tuie? - - Hoe se u nou?

Mevrou, die rede hoekom u by die venster staan is omdat (30)u/. . .

K/C 59.2062

CC 123/93 1114 M N MALOKA

Page 2: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

u staan en luister hoe word daar nog gebreek, is dit korrek?-- Ja dit is so.

En as ek u reg verstaan, het u vir 'n hele ruk daar ge-staan en luister hoe word dit verder af in die dorpsgebied, dieruite, gebreek? -- Ja, dit is hoe ek geluister het.

Nou as u se u het bale lank daar gestaan nog en luisterhoe word die ruite gebreek, hoeveel minute sou u omtrent se istdaardie "baie lank"? -- U edele, ek kan nie onthou nie, maar dit is taamlik lank.

rHoe lank omtrent mevrou, 15 minute, 20 minute? --So 30, (10)

35 minute.

Nou mevrou, is dit korrek dat 15 minute omtrent nadat die groep hier voor u verby verdwyn het, het die polisie opgedaag,' voertuie? -- Ja, dit is so.

En iets vreemds wat u opgemerk het is dat hulle ligte al- mal af was? -- Hulle het gery sonder ligte.

En hulle ry in dieselfde rigting as wat hierdie groep 15 minute gelede voor u huis verby was? -- Dit is so.

Wat is u broer se naam mevrou? -- Hy is Daniel.En sy van, dieselfde as u s'n? -- Dieselfde ja. (20)Dankie u edele, ek het geen verdere vrae nie.

KRUISQNDERVRAGING DEUR MNR VAN EC K -. Mevrou, hierdie groepie mense wat u aanvanklik gesien het wat u beskryf het as die mannetjies", wat daar in die stege ingehardloop het, is dit deel van die "comrades" daardie? -- Ek weet nie of hulle comrades" is al dan nie, want hulle was mos besig om weg te

hardloop.

Dra u kennis van die sogenaamde "self-defence units" wat in die plek daar is, in Boipatong? -- Nee, nog nie gehoor nie.

In soverre u kon waarneem die aand mevrou, het u gesien (30)of/...

KJC 59.2207

CC 123/93 1115 M N MALOKA

Page 3: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

of enigiemand hierdie groep mannetjies gejaag het? -- U edele,'n mens kon so aflei, want hier hardloop hulle weg en pas daar- na kom die groep wat dinge breek.

Kon u sien of enigeen van hierdie groep mense wat agterna gekom het, of hulle ook daar in die steeg in is, die gangetjie in is? -- Wat besig was om dinge ta breek?

Ja, die groep? -- U edele hulle is nie die stegie in nie, hulle is op in Sekhukhunestraat.

En waar u gestaan het in die huis kon u ook hierdie steeg die heeltyd sien? -- Ek kon. do;

Behalwe die ruite wat gebreek was, het u enige ander la- waai gehoor die aand daar? -- U edele, ek het skote gehoor klap.

Wanneer het u dit gehoor? -- U edele, dit is na die tyd, dit is na die groep by my huis verby is en ook nadat daar by my gebreek is. U edele, maar dit het vir my geklink of die skote daar in Slovopark klap, want kyk, jy kry ons straat en agter ons kry jy Slovopark.

Die skote wat u gehoor het, was dit nou nadat die voertuie ook daar by u verbybeweeg het, of was dit voor dit mevrou? -- (20) Dit is nadat die voertuie verbybeweeg het.

Is dit moontlik vir u om 'n aanduiding te gee van hoe lank na die voertuie by u verbybeweeg het wat u gesien het, die voer­tuie wat u beskryf as polisievoertuie, dat die skote daarna ge- klap het in Slovopark? -- Se maar 20, 25 minute later.

Hoeveel groepe, behalwe hierdie eerste het jy - laat ek so vir u vra: behalwe hierdie eerste groep wat u gesien het wat vensters breek, het u daarna nog groepe mense in die straat sien beweeg, soortgelyk as hierdie een wat vensters gebreek het? - - Ek het nie so opgelet nie. (30)

Het/...

K1C 59.2429cc 123/93 1116 M N MALOKA

Page 4: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

Het die voertuie wat daar beweeg het, kan u net beskryf aan die hof, of hulle vinnig gery het of stadig gery het, as 'n mens stap, sal jy saam met hulle kan stap? -- Wei hulle het stadig gery.

Kon u enige insittendes in die voertuie waarneem mevrou?-- Die voertuig se venster is bietjie hoog gelee, ek kon niedie insittendes sien nie.

Kon u moontlik sien of die bewoording "T2" op een vanhierdie voertuie aangebring was op die kant? -- Dit het ek nie

i

na gelet nie. 0)Dankie u edele, _ek het nie verdere vrae nie.

HERONDERVRAGING DEUR MNR VAN PER MERWE: Geen vrae.GEEN VERDERE VRAE

MNR VAN PER MERWE: U edele die staat roep John Nete. Dit is getuie nr. 124. Hy getuig ten opsigte van aanklag 153.JOHN MAHLOMOLA NETE. v.o.e. (deur tolk)(nota: VAN PER MERWE SE STEM STEEPS NET VAAGWEG HOORBAAR) ONPERVRAGING PEUR MNR VAN PER MERWE: Mnr Nete, u woon te 152 Sekhukhunestraat in 3oipatong, is dit korrek? -- Pit is so.

Sal u asseblief op BEWYSSTUK 1, die kaart, aantoon waar (20) u huis gelee is? Pit is reeds gemerk met 'n blou pen. -- Moet ek nou wys waar die huis is?

Asseblief.MNR SWART; U edele, ons sal nie beswaar he as die tolk elke keer die huis uitwys nie, ons sal nie... (onvoltooid). -- Ek wys so u edele. Pit is waar ek wys.MNR—VAN PER_MERWE: Goed dankie, u kan teruggaan asseblief.Op die aand van 17 Junie 1992 was u en u vrou by u huis gewees, is dit korrek? -- Pit is so.

U was die aand aan die slaap gewees en u het wakker geword (30)van/...

K/C 59.2658CC 123/93 1 1 1 7 M N M A L Q K A

Page 5: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

van 'n geraas wat u gehoor het, is dit korrek? -- Dit is so.Hoe laat was dit toe u wakker geword het? -- Ek kan nie

se nie, maar stene het sommer in die huis in getrek.Hoe laat het u gaan slaap die aand? -- U edele, destyds

was ek pas uit die hospitaal uit, net na sewe-uur is ek bed toe.

IGoed, wat het u gedoen toe u. wakker word en u sien die

vensters word beskadig? -- Wei ek kon niks doen nie, maar na ek opgestaan het, het ek agterg^kom ek is alleen in die huis.

Wat het u toe gedoen? -- U edele, die klippe het nog so (10) in die huis in getrek, ek gaan skuil toe so langs, teen die muur.

Het u daar geskuil totdat die geraas opgehou het? -- Tot alles oor was, alles was stil.

Terwyl die vensters besig was om gebreek te word, het u op enige stadium na buite gekyk? - - Ek het nie.

Hoeveel vensters, ruite, is van die huis beskadig? -- Die groot twee vensters aan die voorkant, die is beskadig en die dak is van sement gemaak, die een klip het daardeur getrek.

Mnr Nete, die voertuig van u seun wat 'n BMW voertuig was, (20) was ook die aand op die perseel gewees? -- BMW, ja.

En het u vasgestel of die voertuig beskadig is? -- Ja, die groot windskerm agter, die is beskadig.

Is dit al aan die voertuig wat beskadig was? -- Net daardie venster.

Dankie u edele, nie verdere vrae nie.KRUISONDERVRAGING DEUR MNR BOTHA: Mnr Nete, die, wie was die ander persone wat saam met u in die huis gewoon het? -- Myself, my ou vroutj ie en kinders.

Waar was hulle die aand van die 17de? - - Ook in die huis (30)

KJC 59.2873CC 123/93 1118 . J M NETE

hulle/...

Page 6: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

hulle was ook bed toe.Toe u wakker word, toe was u alleen in die huis? -- Ja,

waar ek gestaan het was ek alleen, maar ek het hulle later opgemerk in die gang.

U se u het wakker geword van 'n geraas, watse geraas? -- Mense wat geraas het u edele en wat dinge gebreek het.

IKen u die geluid wat die Hippo-voertuig maak as jy in die straat ry verby u huis? -- Nee, ek is nie daarvoor gewoond nie.

Dankie dit is al.i

KRUISONDERVRAGING DEUR MNR STRYDOM: Geen vrae. (10)HERONDERVRAGING DEUR MNR VAN PER MERWE: Geen vrae.

GEEN VERDERE VRAE MNR VAN PER MERWE; U edele die volgende getuie is Maria Kotseli, getuie nr. 2 en sy getuig ten opsigte van aanklag 97.HOF: Wat is haar van?MNR VAN PER MERWE: Kotseli.HOF: Klagte?MNR VAN PER MERWE: 97. .MARIA KOTSELI. v.o.e. (deur Tolk)ONPERVRAGING PEUR MNR VAN PER MERWE: Mevrou, u woon te 164 (20) Sekhukhunestraat in Boipatong, is dit korrek? -- Ja.

U edele mag ek vra dat die tolk maar net die adres toon en dan spaar dit tyd dat die getuie dit doen?HOF: (Geen hoorbare antwoord).MNR VAN PER MERWE: Is dit u huis daar waar die tolk vir u toon? -- Pit is, ek bevestig u edele.

Pie aand van 17 Junie 1992 was u by u huis gewees, is dit korrek? -- Ek was tuis ja.

Wie was almal daar? -- Twee kindertjies, ouderdomme 12 en 10 jaar respektiewelik u edele. (30)

U/. . .

K/C 59.3119CC 123/93 1119 J M N E T E

Page 7: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

U het die aand gaan slaap en u het later die aand wakker geword as gevolg van 'n geraas, is dit korrek? -- Ja, ek het wakker geword as gevolg van die geraas.

Weet u hoe laat dit was toe u wakker geword het?TOLK: Waar?MNR VAN PER MERWE: Hoe laat dit was? -- 0 u edele nee, ek weet nie, maar gewoonlik slaap ek baie vroeg. Hier by agtuur is ek alreeds in die bed.

Hoe laat het u die aand gaan slaap? -- U edele, so na se- we-uur is ek bed toe. (10;

En watse geraas het u gehoor, wat was die aard van die ge­raas? -- Van ruite wat breek.

Ja, wat doen u toe? -- Ek het wakker geword, staan op, maar ek sit toe op die bed.

Ja? -- U edele, ek het gewonder wat is nou aan die gang.En toe? -- U edele, klippe het so geval, ek was bang om

op te staan, ek dog dalk sal 'n klip vir my tref. •En toe? -- Ek het bly sit op die bed tot die volgende og-

gend.

Watse skade was daar aan die huis gewees? -- U edele, die (20) huis self is daar nie aan hom geraak nie, maar die buitekamer, die Zozo, die "umkuku" se deur is beskadig en die se vensters is ook beskadig.

Is daar van u huis se vensters beskadig? - - A1 die ven- sterruite was gebreek, behalwe die venster van die, ek noem dit strykkamer.

Pankie u edele, ek het nie verdere vrae nie.KRUISONPERVRAGING PEUR MNR SWART: Geen vrae.KRUISONPERVRAGING PEUR MNR STRYPOM: Geen vrae.

GEEN VERPERE VRAE (30)

K7C 60.0077cc 123/93 1120 M KOTSELI

MNR VAN PER MERWE: /...

Page 8: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

MNR VAN PER MERWE: Soos die hof behaag u edele, die volgende getuie Samuel Latha en mnr Taute sal die getuienis lei van die volgende getuies.MNR TAUTE: U edele die getuienommer van die getuie is getuie nr. 337. Die getuienis hou verband met die volgende aanklagte- nommers: 13, 16, 34, 58 en 142.

ISAMUEL LATHA. v.o.e. (deur Tolk)ONDERVRAGING DEUR MNR TAUTE: Mnr Latha, u het verlede jaar op 17 Junie 1992, gewoon in 46 Slovopark, is dit korrek? -- Dit is so. (10)

Watse tipe huis is dit hierdie, is dit 'n permanente huis, hoe kan u die huis beskryf? -- Dit is 'n "umkuku" u edele, op- slaanhuisie.

Kan u vir die hof se wie almal die aand saam met u in die huis was? -- U edele, saam met my was my jonger broertjie, Samuel, Maria was daar, Julia was ook daar, Jemina ook, Happy was ook daar en ene Mzwandile.

U het gepraat van Jemina, wat is haar van? -- Sy is Latha.Is dit dieselfde as Lindiwe Julia Latha, haar voile naam?

-- (Tussenbei) (20)Jammer ek het u mislei. Net 'n oomblik. Is dit, jammer,

dit is Nomvula Jemina Latha, ek het dieselfde persoon... (on- voltooid)? -- Ja Jemina is net die voornaam.

En die Julia Latha na wie u verwys, is dit dieselfde as Lindiwe Julia Latha? -- Dit is so.

Die Samuel Ncokoto (uitgespreek Nkoto) na wie u verwys, is dit dieselfde as Toli Samuel Ncokoto? -- Dit is reg.

Die aand was u besig om te slaap, is dit reg? -- Dit is so ja u edele.

Kan u vir die hof se wie saam met u op dieselfde bed (30)

K/C 60.0203CC 123/93 1121 . S LATHA

geslaap/...

Page 9: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 60.0350CC 123/93 1 1 00

±1/Ljd S LATH A

geslaap het? -- Samuel Ncokoto en Julia en myself.Kan u aan die hof verduidelik wat verder gebeur het die

U edele, ek het net gehoor daar is gestamp aan die

eur, daar is geskop aan die deur en iemand skree toe, "vula, v u l a " .

K- U edele, as ek die hof mag help, die woorde beteken,

"maak oop, maak oop". • '

~ T A U T g : Ja? - - u edele, daarna is die vensterruite van

hierdie opslaanhuisie van my, stukkend geslaan. Daar is gelig

binne in die vertrek. Ek weet net nie waarmee nie. U edele, (10)

na die beligting binne die vertrek geval het, is daar toe ge-

Wel, ek is geskiet in die arm. Ek kruip toe weg onderdie bed.

Kan u presies wys waar u geskiet is? -- Hierdie twee lin-

handse vingers, die pinkie en die ringvinger, is getref.

Die persone wat saam met u op die bed was, wat het van

hulle geword? -- u edele, Samuel en Julia, beide, is getref in

die rug, want ons drie was mos saam op die een bed.

Wat het van Samuel en Julia geword? -- Hulle is op slagdood.

(20)

an u vir die hof vertel wat van Jemina geword het? -- U

edele, wel sy is nou na buite en ek hoor daar buite skree sy,

"moet vir my net nie skiet nie". Sy hardloop weg, in die rig-

ting van m y seun, haar ouer broer, se opslaanhuisie en die seun

se Zozo is gelee net agter myne. U edele en in hierdie tydper-

kie het daar nog 'n skoot geklap.

Het u haar weer gesien die aand? -- u edele, wel, oomblik-

ke later kom hierdie seun van my a a n g e h a r d l o o p . Hy het versoek

ek moet vir Jemina kom sien. u edele wel, ek is toe na haar

k kry toe sy is getref in die rug en hier by haar (30)

r e g t e r b o r s / . ..

Page 10: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

regterbors, soos ek wys, het die voorwerp uitgekom.Is sy toe hospitaal toe? -- U edele wel, ons het toe tele-

fonies die ambulans ontbied. Sy is wel daar verwyder, maar dit was vir my duidelik sy sal dit nie maak nie. Sy is hospitaal toe, maar met aankoms daar was sy reeds klaar.

Kan u vir my se vandat u nou onder die bed weggekruip het totdat u seun later by die huis gekom het, was u die* heeltyd#onder die bed, of wat het u gedoen in daardie tydsbestek? -- Nee, ek het onder die bed uitgekom en ek en ander was toe besig om daardie twee af te haal van die bed af, want... (10

TOLK: Soos ek moet aanhaal... -- ...hulle was alreeds klaar.MNR TAUTE: Het u op enige stadium tydens die aanval buite kon sien wie of wat besig was met die aanval op julle? -- Nee.

Kan u enige aanduiding gee van hoeveel skote daar op die huis gevuur is deur iemand of... (onhoorbaar verder)? -- U ede­le nee, ek kanvnie se nie, maar dit het herhaaldelik geklap, dit was baie skote. Blykbaar kon ek nie tel nie want ek was al deurmekaar gewees.

Kan u net vir die hof verduidelik, het u op enige stadium enige vuurwapen gesien? -- Nee. (20)

Die besering wat jy opgedoen het aan u pinkie en ringvin- ger, het u enige behandeling daarvoor gekry? -- Ja.

Kan jy ons vertel? -- Wel ek is by die hospitaal opgeneem. Hierdie pinkie van my het hulle eers skoongemaak, so ook die ringvinger. Daar is salf op gesmeer. Daarna dit is toe ver- bind.

Hoe lank was u by die hospitaal opgeneem in verband met hierdie pinkie en ringvinger? -- Vir vyf dae is ek daar aan- gehou.

Het u die voile gebruik van hierdie twee vingers? -- Net (30)die/...

KJC 60.0592CC 123/93 1123 S LATHA

Page 11: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

die drie vingers van hierdie hand kan beweeg, nie hierdie twee nie.

Hoeveel vensterruite was gebreek aan u woning? - - Twee u edfele.

Enige ander skade? -- Nee.Geen verdere vrae op hierdie stadium aan die getuie nie

Iu edele.KRUISONDERVRAGING DEUR MNR BOTHA: Mnr Latha, is daar elektri- siteit in die huisie aangele?,-- Daar is geen.

Het u op daardie stadium gewerk? -- Ek het nie gewerk nie. Dra jy 'n horlosie? -- Nee.Hoe laat sou u skat het u gaan slaap daardie aand, die

aand van 17 Junie 1992? -- u edele nee, ek kan nie se nie, ek het mos nie 'n horlosie nie.

Nou die opslaanhuisie van u, die "umkuku" is dit 'n enkel- vertrek-huisie? -- Wei hy bestaan uit twee vertrekke, die kom- buis en die slaapkamer.

Het u wakker geword toe daar gestamp is teen die deur? -- Ja met die stamp aan die deur en die stem skree toe, "vula!", of "maak oop!".

Toe die vensterruit gebreek word, het u gekyk na die ven- sterruit in die kamer waarin u was? -- U edele, daar is gestamp aan die deur en min of meer op dieselfde tyd is die venster ge­breek.

En daarna is daar met 'n flitslig gelig binne-in die ver- trek waarin u was? -- Dit is so en toe het die persoon blykbaar die bed gesien in die vertrek, toe is daar geskiet.

Weet u die verskil is as ' n vuurwapen outomaties vuur en as ' n vuurwapen enkelskote skiet?TOLK: U edele, ek sal die hof bietjie help hier. Om vir die

getuie/...

K/C 60.0785cc 123/93 1124 S LATHA

Page 12: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

getuie om te verstaan wat outomaties is ons se, hy word deur die voorvaders geopereer, dan verstaan hy baie gou. Dan vir iets wat nie outomaties is nie, hy word deur die vinger ge- bruik. Nou se hy, hy is nie deur die voorvaders gebruik nie, geopereer nie, hy is met die vinger geopereer. So hy is nie outomatiese nie.

*Sou u kon se of die skote ,wat afgevuur is binne-in die

vertrek afgevuur is? -- Ja.HOF: Ek is nie seker dat ek c ie vraag verstaan nie mnr Botha. Bedoel u dat die persoon wat gevuur het binne-in gestaan het (10) of dat dit van buite af na binne toe geskiet is?MNR. BOTHA: Wat ek eintlik probeer uitkom is of die vuurwapen waarmee geskiet is deur die venster binne-in die vertrek was, met ander woorde dat die skote afgetrek is binne-in die ver- trek. -- Ja hy het by die venster uitgesteek en hy kyk na binne.

Wat ek probeer vasstel mnr Latha, is u in staat om te se of die persoon wat geskiet het die vuurwapen deur die venster binne-in die vertrek ingesteek het? -- U edele, kyk, dit is hierdie skietding wat lyk soos 'n arm. Hy het so binne-in die (20) vertrek gekyk in rigting van die bed. Onthou, die venster daar hy staan nie so hoog nie. By die deur kon hulle nie inkom nie, so hy moes deur die venster skiet.

Verstaan ek u reg mnr Latha - laat ek u so vra, ken u die verskil tussen 'n handwapen en wat bekend staan as 'n lang ge- weer? - - Ek ken nie die verskil nie.

Hoe lank na hierdie voorval, hierdie skietvoorval, het die son opgekom mnr Latha? -- Ek weet nie na hoe lank nie.HOF: Sal dit 'n gelee stadium wees om die verdaging te neem?MNR BOTHA: Soos die hof behaag. (30)

KIC 60.0970CC 123/93 1125 S LATHA

HOF: /...

Page 13: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 60.1137CC 123/93 I I o c S LATHA

HOF: Die hof sal verdaag tot om twee-uur.HOF VERDAAG - HOF HERVATSAMUEL LATHA, s.o.e. (deur Tolk)KRUISONDERVRAGING DEUR MNR BOTHA (VERV.): Mnr Latha, dra u kennis wanneer die polisie opgedaag het by u huis, na dievoorval van 17 Junie 1992? -- Met sonop kom hulle daar by diehuis. *t

Was u teenwoordig toe die polisie opgedaag het? -- Ek was nog daar, ja.

i

Het die polisie in u teenwoordig u huis deursoek en gekyk, (io)gesoek na getuienis? -- Hulle het die huis binnegekom.

Weet u of die polisie enigiets in die vorm van byvoorbeelddoppies wat van die vuurwapen geskiet is gekry het? -- Ek wasalreeds weg gewees toe die goed blykbaar opgespoor is.

So u het gehoor dat die goed gevind is deur die polisiedaar by u huis? -- Ek het gehoor daar is drie gevind binne die huis.

By wie- het u dit gehoor? - - Die kinders deel my mee na ek van die hospitaal terugge'kom het.

Ek verstaan dat u nou nie kan se hoe lank voor sonsopkoms (20) hierdie voorval plaasgevind het nie, maar sou u kon se of dit kort voor sonsopkoms plaasgevind het of lank voor sonsopkoms?- - U meen die vind van die goed?

Nee, ek bedoel die skietvoorval? -- u edele die skieteryhet mos in die nag plaasgevind en hier by sonop is die ambulans ontbied.

Dankie u edele, ekhet nie verdere vrae nie.KRUISONDERVRAGING DEUR MNR STRYDOM? Na die skote wat in u huis afgevuur is, nadat dit weer stil geword het, het u ander skote gehoor wat moontlik by ander huise afgevuur was? -- Ja, verder (30)

dieper/ ...

Page 14: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

dieper in die woonbuurt het daar nog skote geklap.Waar het u vir Jemina aangetref? -- By hierdie seuntjie

van my.U se die polisie het met sonop opgedaag, is dit reg? --

Dit is reg ja.Nou het u self rondgekyk of u enige bewysstukke daar uself

kan kry, voor die polisie daar opgedaag het? -- Nee kyk, ek wasself deurmekaar gewees, daar was alreeds baie mense. Ek hetnie eers geweet of ek kom of gaan nie.

t

Het die kinders vir u gese dat hulle gesien het dat die (10) polisie doppies optel.? -- Nee, die doppies is deur die inwoners wat daar opgedaag het opgespoor en pas hierna het die polisie ook daar aangedoen.

Het die kinders vir u gese welke inwoner die doppies opge- tel het? -- Hulle het gese dit is die "comrades".

Ek het nie verdere vrae nie.HERONDERVRAGING DEUR MNR TATTTE: Geen vrae.

GEEN VERDERE VRAE MNR TAUTE: U edele, met verlof van die hof sal mnr Van der Merwe voortgaan. (20)MNR VAN DER MERWE: Dankie u edele. U edele, die staat roep Joseph Mathi. Dit het betrekking op aanklag 89 en dit is getuie nr. 55 op die lys van getuies.JOSEPH MATHI. v.o.e. (deur Tolk)ONDERVRAGING DEUR MNR VAN DER MERWE: Mnr Mathi, u woon te Boi- patong, 706 Bafokengstraat, is dit korrek? -- Dit is reg so.

Dit is die huis daar op die kaart wat die tolk vir u uit- wys? Is dit korrek? -- Dit is ja.

Die aand van 17 Junie 1992 was u by die huis gewees, is dit korrek? -- Ja. (30)

U/. . .

K/C 60.1333CC 123/93 1127 S L A T H A

Page 15: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

CC 123/93 112ft T w,,™,,.- J MATHI

U was aan.die slaap gewees en u is wakker gemaak as gevolg van 'n geraas wat u gehoor het, korrek? -- Dit is so.

Hoe laat het u wakker geword, weet u? -- So 9.30 u edele, dit is 'n skatting.

En wat was die aard van die geraas wat u gehoor het? -- Toe vensterruite van my eie huis gebreek het. I

Wat het u toe gedoen? -- (Tussenbei)MNR BOTHA: Verskoon, daar is 'n versoek van die beskuldigdes dat die getuie harder moet pr*at, hulle kan hom nie hoor nie. HOF: Sal hy bietjie harder praat asseblief.MNR VAN DER MERWE: Ja, wat doen u toe? U hoor die venster­ruite word gebreek, wat doen u? -- Ek is toe na die deur.

M m? -- Wei daar buite het mense geraas.Ja? -- u edele dit is al wat gebeur het. Later het mense,

die inwoners daar by ons straat, mekaar kom sien. . . (tussenbei) Terwyl u hoor die mense raas buite, het u in daardie

stadium na buite gekyk, of uit die huis uit gekyk? - - Na die vensterruite gebreek is, is ek eers toe na buite.

Hoeveel van u vensters is gebreek? -- Drie.Ek het nie verdere vrae nie, dankie u edele.

KRUISONDERVRAGING DEUR MNR BOTHA; Geen vrae KRUISONDERVRAGING DEUR MNR STRYDOM• Geen vrae

GEEN VERDERE VRAR MNR VAN DER MERWE: Soos u behaag, die volgende getuie is Them- ba Haried Mokgasi. U edele, sy getuig nie ten opsigte van 'n spesifieke aanklag nie, haar getuienis sal onder die openbare gewe1d-aanklag aangebied word. Dit is getuie nr. 118.THEMBA HARIED MOKGASI. v.o.e. (deur tolk)OND ERVRAGING— DEUR MNR VAN DER MKRWR• u woon te 159 Bakoenastraat in Boipatong,.is dit korrek? _ Ja.

KIC 60.1521

Kyk/...

Page 16: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

Kyk net op die kaart waar die tolk wys, dit is gemerk met 'n blou kruisie. Is dit waar u woon? Dit is heel regs. TOLK: 154?MNR VAN PER MERWE: 159. -- Ek wys so.

Pankie, jy kan maar teruggaan. Pie aand van 17 Junie 1992 was u saam met u familie by die huis gewee3 , is dit korrek? -- Ja. 4

»

Vertel vir die hof asseblief mevrou wat het gebeur die aand? -- Op die 17de, in die^ omgewing van kwart oor agt die aand het ek die vensterruite gehoor breek. Pit het vir 'n lang tyd geduur en ek het toe opgestaan. Ek het by die gordyne deur die venster geloer. Paar by die "umkuku's" het ek persone ge­sien breek en daar was ook skote gevuur. Terselfdertyd het ek sigbaar geword, want die gordyn het effens beweeg. Een persoon het toe die perseel binnegekom. Ons het toe vir die persoon gehoor praat en se, "klim julle op". Ons het toe gaan wegkruip en die persoon het toe die perseel binnegekom en van buite het hy al die vensterruite stukkend gebreek. Pie oggend het die polisie daar opgedaag en hulle het toe vir ons begin vra oor wat daar gebeur het.

U het gese u het gesien die mense begin by die "umkuku's" breek, waar is dit? -- Reg voor, oorkant die plek waar ek woon.

Is dit in Slovopark? -- Ja.Hoeveel mense het u daar gesien? - - Omtrent 15 mense het

ek daar gesien.

Kon u sien hoe die mense daarin slaag om die "umkuku's" breek? -- ja, ek het gesien, want hulle het assegaaie gehad waarmee hulle gebreek het.

Het die mense enigiets anders by hulle gehad, behalwe assegaaie wat u gesien het? -- Ja, ek het gesien, wat 'n

vuurwapen/...

CC 123/93 1 3 - 2 9 T H M O K G A S T

Page 17: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

CC 1130 , T H MOKBAST

vuurwapen betref die ken ek, ek het gesien van hulle het vuur- wapens gehad.

Enigiets anders wat u gesien het by hulle? -- Nee, niks anders nie.

Hoe was die mense aangetrek wat u gesien het? -- Hulle hetdonker klere aangehad en hulle het rooi kopdoeke gehad en ek

iwys vir u.

Mevrou u het gese u het gehoor 'n persoon praat daar by u huis, watter taal het die persoon gepraat, watter'taal is daar gepraat? -- Hulle het Zoeloe gepraat.TOLK: En die getuie fluister. -- Het hy gese, "klim bo-op". MNR VAN DER MET?WE: Die persoon wat u gesien het wat die per- seel binnekom, behalwe om die vensters te breek, weet u of hy enigiets anders in die perseel gedoen het? -- Nee, hy het net vensterruite gebreek.

Mevrou, weet u, toe u nou die geraas hoor, van watter kant af het dit gekom, kan u vir die hof se, watter rigting het dit af gekom? -- Vanaf Slovopark se rigting.

Dankie u edele, ek het op die stadium nie verdere vraenie.

KRUISONDERVRAGING DEUR MNR BOTHA: MevMokgasi, werk u? -- Nee, ek werk nie.

K/C 60.1910

(10)

(20)

Dra u 'n horlosie? -- Nee, ek dra nie 'n horlosie nie.Het u elektrisiteit in die huis? -- ja.Is daar 'n TV in u huis? -- Nee, ons het nie een nie.Het u 'n radio in u huis? -- Die "portable"?Ja. -- Ja, ons het een.

Wie woon saam met u in die huis? -- My man, my skoonsuster en haar twee kinders.

Was hulle daar die aand van die 17 Junie, laas jaar? -- (30)

My/...

Page 18: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K JC 60.2097CC 123/93 1 1 1 11131 T H MOKGAST

My man was werk toe, die kinders was tuis gewees.En u skoonsuster? -- Sy was ook tuis.Het sy dieselfde gesien as wat u gesien het? -- Sy het dit

nie gesien nie, want sy het gaan wegkruip, van die begin af.En die kinders, het hulle dieselfde gesien as wat u gesien

het? -- Nee, die kinders het geslaap.I

Het u 'n verklaring aan die polisie gemaak? -- Ja, hulle het gekom, ons is daarvoor gevra, ons het 'n verklaring afgele.

Het u vir die polisie ge^e dat daar 'n persoon by u erf by die huis ingekom het en u woning se vensters gebreek het? (io)

Ja, ek het dit aan hulle genoem.U was sekerlik ongelukkig daaroor, so dit was pertinent

wat u onder die polisie se aandag gebring het? -- Ja dit is so.En het die polisie neergeskryf wat u vir hulle gese het?

-- Ja, hulle het neergeskryf.Dankie u edele, dit is al.

KRUISONPERVRAGING DEUR MNR VAN ECK: Mevrou, hierdie persone wat u daar waargeneem het met die rooi goed om hulle koppe, het u gesien waarheen het hulle beweeg toe hulle weg is? -- Toe hulle daar uitgaan?

Ja, u sien nou, u het vir die hof gese dat u sien ongeveer 15 mense daar wat besig is om ruite te breek. Wat het van die mense geword, waar is hulle heen? -- Die mense wat ek daar by die "umkuku's" gesien het, ek kan net nie se wat van hulle ge­word het nie, want ek het die een persoon gesien die perseelbinnekom en onmiddellik het ek gaan wegkruip, ek het nie verder gesien nie.

Hoe lank het u hierdie persone dopgehou mevrou? - - Omtrent twee minute.

Sal u se almal van hulle het vuurwapens gehad? -- Nee, ek (30)

sal/...

Page 19: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K7C 60.2313CC 123/93 1 n o1132 T H MOKGASTsal dit nie se nie.

Hoeveel sal u se het vuurwapens gehad? -- Twee.Kan u n beskrywing gee van die vuurwapens? -- Die klein

vuurwapen.Soos ' n handwapen? -- Ja.

Hulle het niks met hierdie vuurwapens gedoen wat u gesienhet me? -- Die geluid van 'n vuyrwapen wat afgaan het ek ge- hoor.

Het u enige polisievoertuie daardie aand tydens hierdie voorval gesien en/of gehoor? --Nee, ek het dit nie gesien nie. (10)

Nadat u nou opgehou het om hierdie groep te sien en u weg- gekruip het, het u nog daarna enige skote gehoor, of was dit toe stil? -- Die skote het wel afgegaan na vorentoe, maar op daardie stadium het ons al weggekruip.

Dankie u edele, ek het nie verdere vrae nie.HERONDERVRAGING DEUR MNR van DER M ERW E!r Geen vrae.

GEEN VERDERE VRAEME DE JAGER: U edele, mag dit die hof behaag. U edele, diestaat is in 'n mate in 'n verleentheid en op hierdie stadiumra ek vir n verdaging tot more. Die rede daarvoor is u edele (20)

ons het versoek dat 'n hele aantal getuies vir vandag kom, maarsonder ons kennis blyk dit vandag pensioen-uitbetalingsdag tewees. Daar het toe ander getuies opgeaaag as wat op die lysaangedui was. Hier is persone by die hof, maar dit is 'n ge-tuie wat die staat nie op hierdie stadium wil roep nie. Daaris eers aspekte wat moet opgeklaar word wat in konsultasie ge-blyk het. Ek wil dus vra vir 'n verdaging tot more.HOF: As ons op die manier aangaan, gaan u en ek ook pensioen kry in die saak.

ME DE JAGER. u edele, ek sal poog om die soort van vert raging (30)

uit/...

Page 20: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

CC 123/93 1133 . UITSTET.uit te stelHOF: Enige beswaar mnr Botha?M-R BOTHA: Nee u edele, ek sal nie op hierdie stadium beswaar maak nie.HOF: Mnr Strydom?MNR STRYDOM: Ek het geen beswaar nie u edele.

IHOF: Die hof sal verdaag tot tienuur more-oggend. 'HOF VERDAAG - HOF HERVAT OP 5 AUGUSTUS 1993M R VAN DER MERWK: Mag dit u *>ehaag u edele. Die eerste ge- tuie vandag is Elizabeth Mofokeng. Sy is getuie nr. 7 en sy (i0) getuig ten opsigte van klagtes 37, 53 en 54.ELIZABETH MOFOKENG. v.o.e. (deur Tolk)QNDERVRAGING DEUR MNR VAN DER MERWE: Mevrou, u staan ook bekend as Elizabeth Malindi, is dit korrek? -- Ja.

U woon te 21 (23 volgens lys van getuies) Slovopark, Boi- patong, is dit korrek? -- Ja.

Die huis is gelee in Slovopark waar Majolastraat doodloop teen Slovopark, is die huis gelee, is dit korrek? -- Ja.

Kyk net op BEWYSSTUK 1, die kaart, asseblief. Die huis is gemerk met 'n blou kolletjie. Is dit waar u huis gelee is (20) in Slovopark? -- Ek. wys so.

Dankie, u kan maar teruggaan. Mevrou, die aand van 17 Ju- m e 1992 was u saam met u gesin u gesin by die huis gewees, is dit korrek? -- Ja.

Wie was almal in die huis gewees die aand? -- Myself, my man en drie kinders.

U man se naam is Solomon Malindi, is dit korrek? -- Ja.En die twee kinders wat saam met u in die huis was is

ondcrskeidelik Agnes Malindi en Francinah Malindi, is dit korrek? -- Ja.

KJC 60.2466

(30)Hoe/...

Page 21: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 61.0158CC 123/93 11*4■L1J4 E MOFOKFINf:

Hoe oud was Agnes gewees op 17 Junie 1992? - - 5% u edele.En hoe oud was Francinah gewees? -- 10 U edele Sal u asseblief die hof vertel wat het toe die aand daar

by die huis gebeur? -- Dit was op 17 Junie gewees om halfelf die aand. Mense het daar aangekom, hulle het toe geklop.

Mevrou, net voor u verder gaan. Wat was u besig om te doen toe die mense daar aankom, was u besig om te slaap, of wat was u besig om te doen? -- Ons was alreeds bed toe.

Ja? -- Toe hulle so geklop het, se hulle "comrade, com­rade, vula", wat meen "comrade, comrade, maak ook". Dan se (io) hulle, (tolk haal Zoeloewoorde aan), u edele, dit meen, kom onsgaan na buite om wagdienste te gaan doen. Inkatha is daar by die garage.

Ja? -- Solomon se toe wel, "ek staan op, ek is besig om aan te trek". U edele, terwyl hy besig was om aan te trek, kon ek hoor daar by die agterplaas by die opslaanhuisie, daar is baie mense. Ek se vir hom, hy moet eers luister. U edele skie- lik is die kombuisvenster stukkend geslaan, so ook die eetkamer se venster. Daar is ook geskop aan die venster. Toe kom hulle in. Dit is baie mense wat toe ingekom het. (20)

Hoeveel mense? -- U edele, hulle was baie. Kyk, die een groep is na 'n kamer, die kamer van die kinders en die ander groep kom toe in ons kamer... (tussenbei)

Mevrou, net voordat u voortgaan, die mense wat in u kamer gekom het, hoe was hulle aangetrek? -- u edele, hulle het don- ker klere gedra, maar by die hoof het hulle wit lappies gedra.So ook hier aan beide arms en by hulle kniee.

Nou toe die mense in die kamer inkom, het hulle gepraat?-- Ja, die woorde was gewees...

TOLK: Ek haal aan. (Tolk haal Zoeloewoorde aan) wat meen, (30)

"ons/...

Page 22: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 61.0290

"ons is nou hierso, Gatsha se mense".MNR VAN PER MERWE: Wat ter taal het hulle gepraat, mevrou, weet u? -- Die Zoeloetaal.

En was die mense gewapen gewees? -- Ja, hulle het lang spiese gehad. Ek wys die hoogte van die vloer af. Die spies se kleur was silwer.

IHet hulle enigiets ander by hi^He gehad, behalwe die spie­se? -- Nee, dit is al wat ek gesien het.

En toe hulle nou die vertrek binnekom, was Solomon- toe nog in daardie stadium in die kamer of was hy toe reeds uit gewees? (10)- - Hy was nog in-die kamer, maar hy het daar by die hangkaste gestaan.

Ja, wat gebeur toe? -- Wei ek en Agnes kruip toe weg onder die bed. So ook Francinah. U edele, toe steek hulle vir Solomon die een keer, dit is nou binne die vertrek. U edele hierna is hulle toe uit saam met hom.

As u bedoel hulle is uit saam met Solomon wat, hoe het hulle uitgegaan saam met Solomon? -- U edele wel daar het 'n worsteling ontstaan. Die groep is saam met hom na buite.

Het u gesien waar Solomon gesteek is, waar op sy lyf hy (20) gesteek is? -- U edele altesame is hy agt keer gesteek. Ek wys. Hy is gesteek in die linkerbors en sewe keer agterop sy rug. Hulle kom toe terug, weer in die huis. Toe se een van hulle, (tolk haal Zoeloewoorde aan) wat meen, "lig op die bed, daar is mense in die huis". Wel, hulle het toe vir my, Agnes en Francinah onder die bed. U edele, ek is gesteek op my lin- kerboarm, twee keer. U edele ek het so omgerol en toe is ek gesteek, twee keer agterop die linkerblad. Agnes is hier net agter op die rug, net bokant die heup, vier keer gesteek en verder is haar maag oopgeskeur. U edele ek wys, die middel (30)

van/...

CC 123/93 1135 E MOFOKENC?

Page 23: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

van die maag, so vertikaal. Die maag moes uitpeul. Francinahis gesteek, die een keer, op haar linkerbobeen en twee keer bydie regterbobeen. U edele, na hulle klaar is, die een hethierdie geluid gemaak "phewwwww-xho-xho-xho" en toe is hulle weg.

Toe die mense in die kamer kom en u en die twee dogters aanval, was daar lig in die kame,r? -- Nee.

Ja, wat gebeur toe? -- Wei hulle is toe weg.Ja. - u edele wel hier tussen twaalf- en eenuur die og-

gend het die ambulans daar opgedaag. Ons is toe vervoer hospi- taal toe. Ek sal net noem, Solomon was toe nie daar nie.

Het u by u huis gewag totdat die ambulans opgedaag het, of wat het u gedoen? -- Wel die inwoners het vir ons daar kom haal en hulle neem ons toe na Majolastraat 82 en daarvandaan het die ambulans vir ons kom vervoer.

Goed mevrou, behalwe die vensters in die huis wat gebreek is, is daar enige ander skade aan die huis aangerig? -- U edele ja, die rak se ruite, glas ruite, die is ook beskadig. En ver- der is geneem 'n pot met sop in en 'n pot met pap in.

Goed, u is toe saam met u twee dogters hospitaal toe ge­neem. Wanneer het u weer vir Solomon gesien? -- Wel op die I8de die oggend het ek by die verpleegsters toestemming gevra om te gaan kyk vir Solomon en kinders.

Het u toe op die I8de vir Solomon by die hospitaal gekry?-- Ja, in saal 13.

Hoe lank was Solomon in die hospitaal gewees? -- Vir drieweke.

Is uself en Francinah ook opgeneem in die hospitaal? -- Ja, ek is opgeneem by saal 18. Francinah en Agnes by saal 8.

Hoe lank was u in die hospitaal gewees? -- Twee weke lank.

Wel/...

CC 123/93 1136 . E MOFOKRWr,

Page 24: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 61.0619CC 123/93 1137 E MOFOKENQ

Wel u edele ek het toe weer toestemming gevra dat ek my kindjie m°et gaan begrawe.

IS dit vir Agnes wat u moes begrawe? -- Ja, sy is oorlede.Goed, wanneer Is sy oorlede? -- Vroeg die.oggend om nege-

uur op die 18de.

En hoe lank was Francinah nou in die hospitaal gewees? -- Sy is ook vir drie weke daar aangehou.

Het Francinah vandag nog enige probleme as gevolg van diebeserings wat sy opgedoen het;, enige nagevolge? - - Sy is noureg, maar ek is nog nie heeltemal genees nie. op 17 April (10)hierdie jaar is ek Baragwanath hospitaal toe, ek het daar 'n operasie ondergaan.

Dankie u edele, ek het nie verdere vrae aan die getuieme.

KRUISOHDERVRAGINS dritb mnr BOTH3 : Mevrou, die aand van die 17de was daar n aanval en daarna ten opsigte van Slovopark het mense sekere bewerings gemaak. Het u enigiets gehoor wat die bewerings was daar in die woongebied na die aand van die 17de?-- Nee.

ten opsigte van Slovopark was die bewerings gemaak (20) dat daar blankes betrokke was by die aanval en dat die mense ook Afrikaans gepraat het. -- u edele wel ja, daar was sulke bewerings gemaak, maar ek persoonlik het nie blankes gesienm e .

Daar was ook bewerings gemaak dat van die mense Zoeloe gepraat het en dit met -n Afrikaanse aksent gepraat het. -- u edele daar by my huis het hulle egte Zoeloe daar gepraat.

Kan u se of -n skatting waag hoeveel mense min of meer in u huis ingekom het? -- Ek het net gesien hier kom bale mense in die huis in. Onthou, ek het onder vrees verkeer. (30)

Kan/...

Page 25: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

K/C 61.0784cc 123/93 113 8 _ E MOFOKENft

Kan ek vir u vra of u kan se of die mense almal soortgelyk aangetrek was? U het gese hulle het almal donker klere aange- had. Bedoel u hulle het almal dieselfde tipe klere aangehad?-- U edele, hulle kleredrag was eenders.

So dit was asof hulle 'n uniform aangehad het? -- Ja.Het almal van hulle lang spiese by hulle gehad? -- Die was

lank gewees. *»

En u het die spiese beskryf as silwer van kleur? -- Ja.Het almal se spiese dieselfde gelyk? -- Die was dieselfde,

j

^a * do;Kan ek net 'n oomblik kry u edele?

BESPREKING WEG VAN MIKRQFOONMNR—BOTHA: Wanneer het u met die polisie gepraat in verband met hierdie aangeleentheid? -- Dit is nie so lank terug nie.

Kan u enige van die aanvallers wat in die huis was se gesigte sien? -- Nee.

Was Solomon 'n "comrade"? -- Nee.Het dit al voorheen gebeur dat hy geroep is om wagdiens

te gaan doen? -- Nee.Ek merk op u dra 'n horlosie. Het u daardie tyd ook 'n (20)

horlosie gedra? -- U meen met die voorval?Ja. -- Ek het gehad, ja.Dankie u edele, dit is al.

KRUISONDERVRAGING deur MNR VAN ECK: Mevrou, toe die aanvank- like kloppery daar was wat u gehoor het en daar nou gese is,"maak oop dit is die 'comrades'", in watter taal was dit ge­wees? -- Die Zoeloetaal u edele.

En die verwysing na "Inkatha is by die garage", sal dit die Trek garage gewees het op die hoek van Frikkie Meyer Boule­vard en Frikkie Meyer Boulevard? -- U edele, hy is net (30)

buitekant/...

Page 26: CC 123/93 1114 M N MALOKA...En terwyl u nou nog staan en luister hoe word die ruite daar verder af gebreek deur hierdie groep wat nou voor u huis verbybeweeg het, toe kom die polisie

Collection Number: AK2672 Goldstone Commission BOIPATONG ENQUIRY Records 1990-1999 PUBLISHER: Publisher:- Historical Papers, University of the Witwatersrand Location:- Johannesburg ©2012

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of the collection records and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document is part of a private collection deposited with Historical Papers at The University of the Witwatersrand.