Upload
lecong
View
212
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
FAT Aktiwiteit/VormLeerder se
punteLeerder %
3Uitvoerende Kunste: Drama en Musiek – Opvoer-
ing
PUNTETOTAAL = 40
Let asseblief daarop dat óf Uitvoerende Kunste óf Visuele Kunste formeel in ’n kwartaal geassesseer moet word – nie albei bane nie.
GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE –
SKEPPENDE KUNSTE
KWARTAAL DRIEFORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 3
Naam: _____________________________________________________________ Klas: ________________________________ Datum: _______________________
Skool: _________________________ Onderwyser:__________________________
LEWENSVAARDIGHEDE: SKEPPENDE KUNSTEFORMELE ASSESSERINGSTAAK: UITVOERENDE KUNSTE
GRAAD 6 KWARTAAL 3NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
Die Formele Assesseringstaak is as ’n stap-vir-stap riglyn vir leerders ontwikkel. Die aktiwiteite word gedurende die derde kwartaal in die klas gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers as
bemiddelaars optree tydens die verskillende stappe van die taak om te verseker dat alle leerders aktief, kreatief en krities deelneem.
Die ekonomiese gebruik van papier word aangemoedig en ons raai aan dat slegs die aktiwiteitsblaaie van hierdie Formele Assesseringstaak vir elke leerder gekopieer word.
In hierdie assesseringstaak sal jy die volgende doen: Voer kort dialoë op waar jy konflik as ’n bron van dramatiese spanning verken.
Gebruik tuisgemaakte instrumente wat jy gemaak het om ’n instrumentale partituur uit te voer.
AKTIWITEIT 1: KOM ONS VERKEN DRAMATIESE SPANNING Dramatiese spanning is ’n baie belangrike element van drama. Dit is die krag wat drama dryf – jy
kan nie daaraan raak nie, jy kan dit slegs voel. Laat ons bronne van dramatiese spanning
identifiseer.
INSTRUKSIE:Kyk na jou gunsteling TV-drama. Dit moet ’n program met ’n storielyn en karakters wees (nie ’n
sportprogram in hierdie geval nie). Dit kan ’n sepie, fliek of episode van ’n reeks wees.
Beantwoord die vrae op die volgende bladsy om te bepaal wat hierdie drama dryf en verseker dat
die gehoor geïnteresseerd (en betower) bly en nie van kanaal sal verander nie:
WATTER BRON VAN DRAMATIESE SPANNING KAN JY IN DIE TV-
DRAMA/FILM/SEPIE, ENS. IDENTIFISEER?
JA
NEE
Was daar ’n ingewikkelde, moeilike of belangrike taak wat in die drama uitgevoer moes word (bv. om ’n oplossing vir ’n moeilike probleem te vind)?
Was daar snaakse/ humoristiese aksie (handeling) in die drama?
Was daar ’n element van verrassing in die drama?
Was daar ’n element van spanning in die drama?
Was daar misterie in die drama?
Was daar ’n misverstand tussen die karakters?
Was daar ’n seremonie (troue/prysuitdeling/begrafnis/verjaardagpartytjie) in die drama?
Was daar konflik tussen die karakters?
Het enige van die karakters ’n dilemma in die gesig gestaar?
Bespreek in die klas in groepe van 5 tot 7 julle bevindings. Jy kan duidelik sien dat dramatiese
spanning nodig is om die storie aan te dryf en die gehoor op die rand van hul sitplekke te hou.
Dramatiese spanning kan dus in die klaskamerdrama volgehou word wanneer enige van die
volgende by die skepping van ’n storie ingesluit word:
AKTIWITEIT 1: VOLTOOIING VAN DIE AKSIE
Noudat jy ’n duidelike begrip het van die bronne van dramatiese spanning, improviseer baie kort
tonele waarin jy ’n minuut of twee het om dramatiese spanning in jou toneel te demonstreer.
Daar sal 6 tot 7 sirkels (groepe van leerders) wees wat terselfdertyd improvisasie doen –
afhangende van die grootte van die klas.
Een leerder loop in die sirkel en begin ’n aktiwiteit mimeer. Maak seker dat dit op ’n bepaalde
plek betrekking het, bv. die haarkappersalon, dokter se spreekkamer, dansklas, operasietafel,
winkelsentrum, sokker-/rugbyveld, ens.
Hou aan met hierdie aktiwiteit totdat dit duidelik is WAT gedoen word en WAAR dit gedoen
word (bv. ’n persoon wat ’n huis verf).
DRAMATIESE SPANNING
MISVERSTAND
MISTERIE
SNAAKSE/ HUMORISTIESE
AKSIE
INGEWIKKELDE, MOEILIKE OF BELANGRIKE
TAAK
SEREMONIEELEMENT
VAN VERRASSING
ELEMENT VAN
SPANNING
DILEMMA
KONFLIK
’n Tweede persoon betree die ruimte en dra by tot die aktiwiteit, met of sonder woorde. Hulle
moet dit duidelik maak deur middel van gepaste gebruik van taal, lyftaal en gebare, WIE hulle
is met betrekking tot die eerste persoon (bv. sy vriend kom help om die huis te verf).
Nadat dit vasgestel is, moet die tweede persoon een of ander soort dramatiese spanning
voorstel (bv. die vriend trap in ’n emmer verf en veroorsaak ’n groot gemors, die eerste persoon
is baie kwaad vir sy vriend).
’n Derde persoon sluit by hulle aan en vind ’n manier om die komplikasie op te los. (bv. ’n
ander vriend kom help die tweede persoon om sy voet uit die emmer te kry en kalmeer die
ander karakter). Die akteurs moet vries wanneer hulle voel dat die toneel tot ’n einde gekom
het.
Bespreek of die toneel ’n duidelike begin, middel en einde gehad het. Wat was die bron van
dramatiese spanning? (In die voorbeeld hierbo – ’n moeilike taak en konflik.)
AKTIWITEIT 2: DIALOË WAT KONFLIK VERKEN
Verdeel in pare. Jou onderwyser sal vir jou ’n mandjie/koevert/houer gee. Daar is strokies
papier in die houer. Kies een. Jy sal kort dialoë op die strokie papier vind.
Lees deur hierdie dialoë en maak seker dat jy al die woorde verstaan.
Identifiseer die bron van dramatiese spanning (in hierdie geval konflik).
Besin oor die karakter wat jy sal vertolk. Dink oor die karakter se ouderdom, voorkoms,
houding teenoor die ander karakters, status en doel.
Besluit hoe jy stem en liggaam sal gebruik om die karakter te interpreteer en uit te voer.
Bespreek die storie met jou maat wat julle op grond van die dialoog kan ontwikkel.
Wat is die agtergrond (konteks) vir hierdie?
Wat is die motivering agter die woorde van die karakters?
Leer die reëls van die kort stukkie dialoog woord vir woord.
Jy sal hierdie dialoë met jou maat opvoer.
Oefen die toneel ’n paar keer met jou maat.
Dialoog 1
Karakter 1: Ons moet dit nou doen! Vinnig, voordat sy kom!
Karakter 2: Wat bedoel jy? Daar is nog baie tyd! Ontspan!
Dialoog 2
Karakter 1: Ek het nou-net na al hierdie jare besef .... jy is die liefde van my lewe!
Karakter 2: Moet asseblief nie dit sê nie! Jy weet wat laas keer gebeur het toe jy dit gesê het!
Dialoog 3
Karakter 1: Dit is dus waarom jy na die Bahamas toe gaan? (!)
Karakter 2: Ja, ek het uitgevind dat die skat daar begrawe is ... niks gaan my hierdie keer stop nie ...
Dialoog 4
Karakter 1: Dis vandag Woensdag. Jy weet wat dit beteken!
Karakter 2: Ag nee! Hier gaan ons al weer!
Dialoog 5
Karakter 1: Okei ....! Gaan, gaan, gaan!!!Karakter 2: Belowe jy sal reg agter my bly?
Dialoog 6
Karakter 1: NEE! Ek het gesê “NEE” beteken “NEE”!!!
Karakter 2: Wel, dan sal ek dit alleen moet doen ... jy gaan jammer wees ...
Dialoog 7
JY IS AFGEDANKKarakter 1: (klop aan die deur)Karakter 2: Kom binne.Karakter 1: Hallo. U wou my gesien het?Karakter 2: Ja. Weet jy waarom ek jou ingeroep het?Karakter 1: Nee.Karakter 2: Kan jy dit verduidelik? (wys ’n stuk
papier)Karakter 1: Maar ek dog u het gesê dis nie belangrik
nie.Karakter 2: Jy is afgedank.Karakter 1: Goed. Ek het hierdie simpel werk in elk
geval gehaat.Moontlike emosies en/of kontekste: Jy is senuagtig, gelukkig, hartseer, bang vir die ander; ensVerdere spekulasie kan plaasvind oor wat die pos was, wat die persoon verkeerd gedoen het, ens.
Dialoog 8
WAT IS JOU NAAM?Karakter 1: Wat is jou naam?Karakter 2: Jon Wood.Karakter 1: Waarvandaan kom jy?Karakter 2: Suid-Afrika.Karakter 1: Wat doen jy?Karakter 2: Ek is ’n Graad 6-leerder.Moontlike kontekste: Jy is by ’n partytjie; Jy is by lughawedoeane; Jy is ’n krygsgevangene.
Dialoog 9
Karakter 1: Wel, gaan jy iets sê?
Karakter 2: Wat wil jy hê ek moet sê?Karakter 1: Ek weet nie, enigiets.Karakter 2: Ek het niks om te sê nie.Karakter 1: Niks nie?Karakter 2: Dis reg.Moontlike kontekste/emosies: Jy is verlief, bang, kwaad; julle is twee misdadigers in die tronk; jy is in die hof; jy praat met jou baas oor die telefoon.
Dialoog 10
SY IS HIER
Karakter 1: Sy is hier.Karakter 2: Alreeds?Karakter 1: Ja. Wat wil jy hê ek moet doen?Karakter 2: Sê vir haar om binne te kom.Moontlike kontekste: Jy is bang/opgewonde/baie kwaad; jy is by die werk en “sy” is die hoof van die skool; jy is die President van Suid-Afrika wat wag om die Koningin van Engeland te ontmoet.Verdere spekulasie kan plaasvind oor wie “sy” is.
Maak gebruik van die karakterprofiel-werkblad (op die volgende bladsy) om jou karakter te ontwikkel.
Karakterprofiel – Wie is ek?
Naam:
Ouderdom:
Enige spesiale fisiese eienskappe:
Agtergrondinligting:
Wat is die situasie?
Wat is my verhouding met die ander karakter?
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 10
Karakterprofiel – Wie is ek?
Hoe lyk my karakter?Teken of vind ’n prent van hoe jy dink jou karakter lyk. Jy kan ook ’n collage maak om die karak-ter se belangstellings, stokperdjies, ens. aan te toon.
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 11
Karakterprofiel – Wie is ek?
Beskryf jou karakter se kostuum en grimering en enige rekwisiete wat jy kan gebruik.
Verwerk van: A Challenge for the Actor, Hagen, U 1991, Maxwell Macmillan International, New York.
AKTIWITEIT 3: MUSIEK UITVOERING3.1 Gebruik tuisgemaakte instrumente wat jy gemaak het uit herwonne materiaal wat van
die huis af gebring is. (Verwys na: Skeppende Kunste-hulpmiddels / Creative Arts
toolkit – bladsy 48 – Musiek).
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 12
3.2 Jou onderwyser sal jou lei om die instrumentale geskrewe musiek hieronder in
groepe uit te voer, soos uiteengesit op bladsy 49 (Skeppende Kunste-hulpmiddels –
Musiek / Creative Arts toolkit - Music).
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 13
Kriteria 20-16 15-11 10-6 5-1
Voer die teks op deur vertolkings- en tegniese vaardighede te gebruik.
Opvoering dui op: ’n ten volle ontwikkelde, self-
versekerde en volgehoue karakter wat gepaste verhoud-ings met ander toon.
plek en ruimte om die aksie in die toneel te ondersteun en te versterk, is bekwaam geskep.
’n geloofwaardige interpretasie van die gedeeltes dialoog met oortuigende spanning, gemo-tiveerde beweging en duidelike en goed gemoduleerde stem
aanvanklike fokus is deurgaans gehandhaaf.
Opvoering dui op: ’n gepaste karakter en som-
mige verhoudings met ander word uitgebeeld.
bewustheid van plek en ruimte om die aksie in die toneel oor die algemeen te ondersteun.
’n redelike interpretasie van die gedeeltes dialoog, oomblikke van spanning en gepaste be-weging met ’n paar gebreke in stemprojeksie en modulering van stem.
onderbrekings in aanvanklike fokus.
Opvoering dui op: gedeeltelik gevestigde karak-
ter. gebruik van plek en ruimte wat
slegs oomblikke van handeling in die toneel ondersteun.
’n duidelike interpretasie van gedeeltes van die teks en beperkte beweging met onew-eredige modulering van die stem
fokus nie konsekwent nie
Opvoering dui op: afhanklikheid van gegewe
voorstelle vir aspekte van karakter, stel of blokbeplan-ning.
gebruik van eie stem en maniertjies.
fokus nie konsekwent nie, kyk weg van ander akteurs.
Voer die instrumentale geskrewe musiek uit met lewendige musiek wat ’n sterk maatslag in 4/4-tyd het.
Voer met selfvertroue in die groep op met ’n duidelike be-grip van die ritmiese geskrewe musiek.
Speel die gegewe ritmiese patrone met lewende musiek in 4/4-tydmaat met selfvertroue in die groep.
Voer in die groep op met ’n be-grip van die gegewe ritmiese geskrewe musiek.
Speel die gegewe ritmiese pa-trone met lewende musiek in 4/4-tydmaat .
Gepoog om in die groep op te voer, met ’n mate van begrip van die gegewe ritmiese geskrewe musiek.
Gepoog om die gegewe rit-miese patrone met lewendige musiek in 4/4-tydmaat te speel.
Swak opvoering in die groep, sonder begrip van die gegewe ritmiese geskrewe musiek.
Kon nie die gegewe ritmiese patrone met lewendige musiek in 4/4-tydmaat speel nie.
Totaal __40
RUBRIEK OM KLASKAMEROPVOERING TE ASSESSEER
Verwerk van: A Challenge for the Actor, Hagen, U 1991, Maxwell Macmillan International, New York.
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 14
GEÏNTEGREERDE STRATEGIE VIR LEER EN ASSESSERINGDie leer- en assesseringsprosesse word geïntegreer. Assessering is deurlopend en
formatief, aangesien die onderwyser die leerder se vordering sal waarneem en leiding vir die
finale opvoering sal verskaf. Die finale opvoering word formeel deur middel van ’n rubriek
deur die onderwyser geassesseer.
Assesseringsvorm
Assesseringsmetode
Assesseringstegniek
Assesseringsinstrument
Informeel:
Formatief
Assessering deur
self/ portuur/
onderwyser
Waarneming:
Proses na
ontwikkeling van
drama-opvoering
Werkblad vir
karakterprofiel
Klaslys (moet net
afgemerk word)
Formeel:
Summatief
Onderwyser Finale opvoering:
Dialoë wat konflik
verken
Opvoering van
instrumentale
partituur
Rubriek
VERSPREIDING VAN KOGNITIEWE VLAKKE
ONTHOU EN VERSTAAN PAS TOE EN ONTLEED EVALUEER EN SKEP
Dans- en musiekelemente Toepassing van inhoud in
opvoering. Voortdurende
kritiese besinning en
toepassing om die opvoering
te verbeter.
Opvoering:
Dialoë wat konflik verken
Gegewe ritmiese partituur
Speel met lewende musiek
wat ’n sterk slag in 4/4-tyd-
maat het.
(Volgens Hersiene Bloom se Taksonomie, 1990)
Gr 6: FAT LV – Skeppende Kunste: Uitvoerende Kunste: Kwartaal 3 Bladsy | 15