1
14 Rapport Beleef 4 Maart 2018 4 Maart 2018 Rapport Beleef 15 Gesondheid ) Kies voornemens wat vir jou belangrik, maar ook doenbaar is. As jy voel jy sal nie die mas kan opkom nie, kies eers ’n makliker doelwit. Pleks daarvan om byvoor- beeld heeltemal op te hou rook, verminder eers die aan- tal sigarette per dag. ) Stel doelwitte wat spesifiek, meetbaar, bereikbaar, re- alisties en aan tyd gekoppel is, sê Tony de Gouveia, ’n kli- niese sielkundige by die Akeso-kliniek in Alberton. “ ’n Doelwit sonder ’n syfer is net ’n slagspreuk.” Dit moet fo- kus op ’n iets spesifieks (byvoorbeeld gewig) en meet- baar wees (in byvoorbeeld kilogramme of sentimeters). ) Skryf jou doelwitte neer, sê hy. Dit is ’n groter motive- ring as wanneer ’n mens net daaroor dink. ) Doen die nuwe taak soggens as jy wakker word. In ’n klein studie van die vaktydskrif Health Psychology het studente die gewoonte om daagliks ’n strekroetine te doen, probeer aanleer. Dié wat soggens pas nadat hulle wakker geword het gestrek het, het die gewoonte gouer aangeleer as dié wat dit saans voor slaaptyd gedoen het. Kenners meen die streshormoon kortisol speel ’n belang- rike rol in die vorming van gesonde gewoontes, en die lig- gaam het soggens die hoogste konsentrasies daarvan. Hou só by jou voornemens Eerstens is die motor volkome stabiel tydens harde remming, waarvan daar baie op Dezi is. Dit was ook verstommend om te sien hoe die Honda tydens ’n aggressie- we indraai weier dat sy neus stuurtraag raak, iets wat baie frustrerend kan wees. Selfs as jy te vroeg uit lang draaie uit gas gee, voel dit nooit of die Type R reguit van die pad af gaan pyl nie. Waar kierieskuiwe aanvanklik ernstige konsentrasie geverg het, het dit later tweede natuur om die baan geword, ter- wyl die stuur lekker vinnig is. En dan die klank! Anders as party warm 2.0-liter-turbo’s waarvan die stoom teen 6000 o.p.m. opraak en sonder enige klankcharisma (en ja, ek praat van die Merc A45 AMG!), toer die Honda-enjin met ’n verfynde lewenslus wat te alle tye met jou praat. Op pad na die rooi lyn by 7000 o.p.m. kan jy deuntjies uit hierdie enjin toor wat Mark Knopfler se kitaarspel op “Sultans of Swing” flou laat klink. Swakpunte? Nieteenstaande drie demp- modusse (met ooreenstemmende stuur- en enjinverstellings) is vering effe te styf vir plaaslike padtoestande, iets waartoe 20”-wiele en ultra-lae-profiel-rubber in die vorm van 245/30-ZR-Continental Sport- bande natuurlik bydra. Origens is die nuwe Type R ’n merk- waardige goeie blitsbuks wat selfs teen lae snelhede met jou praat – maar met ’n 0-100 km/h-lopie in 5.8 sek. plus ’n top- spoed van 272 km/h sal dit jou dalk maan- de vat voordat jy eersgenoemde ervaar. Dit nou omdat verrigting altyd ter han- de is, terwyl die motor so ’n aura van ge- halte uitstraal dat jy veilig voel om dit te gebruik, dag ná wonderlike dag. Waarde vir geld sal jy in elke pennie vind wat op die Type R spandeer word. ) Prys: Honda Civic Type R – R628 000 (insluitend ’n 5 jaar/100 000 km-waar- borg, ’n 5 jaar/90 000 km-diensplan en padbystanddiens). Voet in die hoek keerd kry, maar dis ook die soort baan waar jy altyd sal voel dat daar meer te vin- de is – nes met die Type R self. Ek moet op hierdie punt byvoeg dat ek nog nooit ’n blitsbuks soveel op ’n baan geniet het soos ek die warm Honda op Dezi geniet het nie. Die Type R spog met ’n buitengewone rigiede bakskulp, wat nie ongewoon vir ’n Honda is nie, maar veergesofistikeerdheid is terselfdertyd verstommend. Die onderstel moet ’n volle 228 kW en 400 Nm, alles deur die voorwiele, han- teer. Baie turbo-aangejaagde blitsbukse wat deur die voorwiele dryf, ly aan ten minste ’n bietjie wringstuur. Maar die Type R het die bes-gemanierde dryfstelsel wat ek in ’n lang tyd teëgekom het. Dit verseg om wringstuur toe te laat, nieteenstaande – of dalk te danke aan – ’n beperkte-glip-ewenaar wat deur ’n wring- vektoringstelsel gehelp word, deurdat die binnewiele effe in harde draaie gerem word. Honda se naam vir hierdie stelsel is AHA (Agile Handling Assist) en dis juis deur harde draaie dat die Type R eindelo- se aha-ervarings gelewer het. D aar’s motors wat jou metter- tyd met hul sjarme oorrom- pel. En dan’s daar ander wat jou met die subtiliteit van ’n krieketkolf oor die kop slaan terwyl hulle skree: Kyk na my, hier’s ek! Die nuwe Honda Civic Type R kombi- neer hierdie twee uiterstes op ’n manier waarop jy wens dat jy nog ’n week, nog ’n maand of selfs nog ’n jaar of twee saam met die motor kan deurbring om dit veel beter te leer ken as wat in ’n enkele be- kendstellingsdag moontlik was. Die nuwe Type R-luikrug is pas met hoë verwagtinge in Suid-Afrika bekend gestel. Swaargewigte in sowel die Britse as Duitse pers het die Honda as hul Motor van die Jaar aangewys en daar’s al ’n string Blits- buks van die Jaar-bekronings agter die Type R se naam ingeskryf. Met hierdie soort verwagtinge sou dit al- te maklik gewees het om teleurgesteld te voel as jy die Type R vir die eerste keer ontmoet. Vir my was die belangrikste element van die nuweling se voorkoms egter ’n al- omvattende gevoel van gewigtigheid. Goed, daar’s die buffergedeelte se mas- siewe verkoelingsgeute vir remme, enjin- vloeistowwe en dies meer. Daar’s ultra-lae- profiel-bande. Daar’s die stertvlerk wat ab- soluut tuis sal voel op die stel van die volgende Fast and Furious-fliek. Maar eerder dat die nuweling se voor- koms jongetjies probeer behaag wat mal is oor moewies met jaagtonele, spreek sy optiese spoedaanhangsels van ’n doelge- rigtheid wat afwesig was in vorige Type R-modelle. Die kajuit val selfs nog beter op die oog. Daar’s ware renskottels wat in ’n lieflike robuuste weefstof met Alcantara-afwer- king uitgevoer is plus ’n geen-nonsens-digitale voor- paneel wat jou alles wat no- dig is in ’n oogwink vertel. Selfs nog beter was die toeretel- ler, wat in die spoedmeter geïnte- greer is, se rooi lyn by 7 000 o.p.m. En die kersie op die koek: ’n handrat- kas! Aha, uiteindelik dan ’n motor wat nie probeer om Playstation-windjakke te be- haag nie! Ware drywersbetrokkenheid le- we nog! Met die wegtrekslag klink die 2.0-liter- viersilinder heel beskaafd. Dis eers as jy die dryfstelsel se Sport-knoppie druk dat die uitlaatklank verhard, terwyl die +R-modus deur ’n swaar induksieklank ge- kenmerk word! Dit vat egter ’n tydjie om aan die 6-gang-handrat gewoond te raak, veral omdat skuiwe met ’n ligte, ratse, gewrigs- aksie beheer moet word – kliek-kliek – eer- der as ’n woeste grypaksie, iets wat jou nie ver sal bring nie. Die remme is uitstekend, soos hul- le moet wees, gegee die massiewe vier-suier-Brembo-knypers wat agter pragtig gestileerde Berli- na-swart allooivellings skuil, ’n volle 20 duim in deursnee! Die bekendstellingsrit was van KwaZulu-Natal se Koning Shaka-lughawe na die Dezi-ren- baan, net suid van Port Shepstone, wat omtrent ’n uur en ’n half geduur het. Teen 3000 o.p.m. in sesde rat is daar steeds ’n bietjie van ’n uitlaatdreun in die kajuit, selfs in die motor se gemakstelling, maar die manne wat weet, vertel my dat dit al beter as die vorige Type R s’n is. Die Dezi-renbaan bied ’n mengsel van steil heuwels, blinde hoeke en draaie met negatiewe hellings wat alles ideaal is om ’n motor soos die Type R te toets. Dis ’n moeilike baan wat kan byt as jy dinge ver- Die Type R het die bes- gemanierde dryfstelsel wat ek in ’n lang tyd teëgekom het. Eet minstens een keer ’n week vleisvry Nog nie opgewonde oor die idee dat jy minder vleis behoort te eet nie? Laat die wetenskap jou oortuig: Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se internasionale agentskap vir kankernavorsing (IARC) klassifiseer verwerkte vleis soos spek en ham as ’n beslis- te karsinogeen (kankerwekkende stof), en rooivleis as ’n waarskynlike kankerwekkende stof. Dit hou veral ver- band met kolorektale kanker. Studies toon dieselfde is darem nie waar van vis en hoender nie. Tog sê die Amerikaanse hartvereniging navorsing wys ’n hoëproteïen-dieet wat meestal uit vleis bestaan, kan wel tot hartversa- king in ouer vroue lei. Swaar vleiseters plaas nie net hul eie ge- sondheid in gedrang nie – dit is ook sleg vir die om- gewing. Vee dra die meeste van alle soorte voedselpro- duksie by tot kweekhuisgasse wat vrygestel word. “Om een keer per week geen vleis te eet nie, in die algemeen minder vleis te eet en organiese vleis te kies, help alles dat minder kweekhuisgasse vrygestel word, en bevorder die bewaring van die aarde,” sê Donna van Zyl, ’n konsul- tant-dieetkundige van die Universiteit van die Vrystaat. Eet sonder goed wat jou aandag aftrek Om op jou kos te fokus terwyl jy eet, pleks daar- van om dit outomaties voor die televisie of reke- naar in jou keel af te gooi, kan jou help gewig verloor en episodes van ooreet verminder. “Om bewustelik te eet, beteken jy eet net wanneer jy honger is, en hou op wanneer jy versadig is. Terwyl jy eet, fokus jy op die geure, tek- sture en aromas van die kos,” verduide- lik Lila Bruk, ’n dieetkundige van Johan- nesburg. “Eet stadig, vat kleiner happies, sit jou eetgerei neer terwyl jy kou en kou die kos behoorlik,” sê Donna. ’n Program in die VSA, Eat Smart, Move More, Weigh Less, het die deelnemers enigiets laat eet wat hulle wil – selfs hul gunsteling-vetmaakkos – solank hulle dit bewus- telik doen. Die deelnemers het in ’n tydperk van 15 weke gemiddeld 1,9 kg verloor, berig The Guardian. “Deur op jou kos te fokus, is jy meer bewus van hoe versadig jy voel, en dus minder geneig om jou te ooreet. Dit kan gewigverlies aanhelp en tot beter spysvertering en minder opgeblasenheid lei,” sê Lila. Eet minder suiker Suiker is ’n euwel. Punt. Dit is die enigste oor- saak van tandbederf, laat jou gewig aansit wat tot tipe 2-dia- betes, kanker en ’n horde ander gesond- heidsrisiko’s lei, en verhoog ’n mens se risiko van hartsiekte, selfs al is jy nie oorgewig nie. Die Amerikaanse hartvereniging stel voor dat vroue minder as ses teelepels suiker per dag inneem, en mans minder as nege teelepels. gewigverlies verband hou, geaktiveer word wanneer ’n mens ’n spesifieke tydperk van kos wegbly,” sê Lila. “Dit kan ook gedoen word deur byvoorbeeld vroeër aandete en later ontbyt te eet sodat daar meer tyd son- der kos verbygaan.” Die voordele is egter nie net vir jou gordelgrootte nie. In ’n studie in die tydskrif JAMA Internal Medicine het mense wat twee jaar lank heelwat minder as gewoonlik geëet het (25% minder kalorieë per dag) nie net ongeveer 10% van hul liggaamsmassa verloor nie; hul lewensgehal- te en gemoedstoestand was beter en meer gelykmatig. Daar is ook navorsing wat daarop dui dat dit moontlik ’n mens se lewe kan verleng en die risiko van chroniese siektes verminder. Maak strek deel van jou roetine ’n Gereelde strekroetine help om beserings te voorkom, en die gewrigte se beweeglikheid te behou. Dit verbeter bloedsomloop wat weer energievlakke verhoog, dit verbeter ’n mens se postuur en het ook ’n kalmerende uitwerking, sê Natalia Neophy- tou, ’n biokinetikus en dosent by die Universiteit van die Witwatersrand se sentrum vir oefeningwetenskap en sportgeneeskunde. “Dis ’n geval van use it or lose it.” Statiese strekke – wanneer jy ’n uitda- gende maar gemaklike posisie vir tussen tien en 30 sekondes hou – werk goed vir die meeste mense. Begin aanvanklik deur drie dae per week te strek, en bou dit op totdat jy mettertyd elke dag strekke doen, sê sy. “As jy min tyd het, fokus op die spie- re wat die meeste hulp nodig het. Fokus op een area op ’n slag en op spiere wat jy weet baie styf is.” Maak ook se- ker jy haal normaal asem terwyl jy strek. Ondersoek jou vel vir kankeragtige moesies Velkanker is die algemeenste soort kanker; en melanoom die dodelikste vorm daarvan. As dit egter vroegtydig opgespoor en chirurgies ver- wyder word, kan die prognose positief wees. Sowat 80% van melanome word eerste deur die pasiënte eerder as ’n dokter opgemerk, volgens dr. Dagmar Whitaker, presi- dent van die Melanoom-adviesraad van Suid-Afrika (SAMAB). Raak vertroud met die moesies op jou liggaam sodat jy gou sal opmerk as iets omtrent een van hulle verander het. Vra ’n familielid om jou rug en die bo- kant van jou kop te ondersoek. Gebruik ’n spieël en moenie vergeet om ook jou sitvlak en geslagsdele na te gaan nie. Die SAMAB stel die volgende riglyne voor: Wees op die uitkyk vir moesies wat asimmetries is, ’n onreëlmatige buitelyn het, uit meer as een kleur bestaan, groter as 5 mm is of opmerklik groei. ’n Moesie wat jeuk, seer is of bloei is ook rede tot kommer. Bykomende bronne: Harvard Health Publishing (health.harvard.edu) Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) Op pad na goeie gewoontes Kweek hierdie ses gewoontes aan – en hou daarby – om jare van nou af steeds jonk en gesond te wees, skryf Rochélle Human. 1 2 3 6 5 ’n Blikkie Coke stoot jou dus reeds op of oor die limiet. Navorsing wys net een gaskoeldrank per dag verdubbel die risiko van tipe 2-diabetes. Die eerste stap om minder suiker in te neem, is om gaskoeldrank te vervang. Drink eerder suikervrye, ge- geurde water of meng ’n bietjie vrugtesap met vonkelwa- ter. Verminder geleidelik die hoeveelheid suiker in jou koffie en tee sodat jy aan die smaak gewoond raak, sê Lila. Versoet hawermout of ontbytpap met vrugte eerder as suiker, en eet ook vrugte vir nagereg, sê Donna. Souse soos tamatiesous is dikwels propvol suiker. Kies eerder vars tamatie-salsa of mosterd. Bly langer sonder kos Periodieke vas kan baie vorms aanneem: van 16 tot 36 uur op ’n slag, elke tweede dag of volgens die 5-2-dieet: vyf dae eet jy soos gewoonlik, gevolg deur twee dae wat jy aansienlik minder kalorieë inneem. “Die teorie is dat sekere gene wat met 4 Wonderlik! Honda se nuwe Civic Type R is die beste blitsbuks wat hy tot nog toe om ’n baan bestuur het, seg die joernalis Stuart Johnston.

D Wonderlik!beperkte-glip-ewenaar wat deur ’n wring-vektoringstelsel gehelp word, deurdat die binnewiele effe in harde draaie gerem word. Honda se naam vir hierdie stelsel is AHA

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: D Wonderlik!beperkte-glip-ewenaar wat deur ’n wring-vektoringstelsel gehelp word, deurdat die binnewiele effe in harde draaie gerem word. Honda se naam vir hierdie stelsel is AHA

14 Rapport Beleef 4 Maart 2018 4 Maart 2018 Rapport Beleef 15

Gesondheid

) Kies voornemens wat vir jou belangrik, maar ook doenbaar is. As jy voel jy sal nie die mas kan opkom nie, kies eers ’n makliker doelwit. Pleks daarvan om byvoor-beeld heeltemal op te hou rook, verminder eers die aan-tal sigarette per dag. ) Stel doelwitte wat spesifiek, meetbaar, bereikbaar, re-alisties en aan tyd gekoppel is, sê Tony de Gouveia, ’n kli-niese sielkundige by die Akeso-kliniek in Alberton. “ ’n Doelwit sonder ’n syfer is net ’n slagspreuk.” Dit moet fo-kus op ’n iets spesifieks (byvoorbeeld gewig) en meet-baar wees (in byvoorbeeld kilogramme of sentimeters). ) Skryf jou doelwitte neer, sê hy. Dit is ’n groter motive-ring as wanneer ’n mens net daaroor dink. ) Doen die nuwe taak soggens as jy wakker word. In ’n klein studie van die vaktydskrif Health Psychology het studente die gewoonte om daagliks ’n strekroetine te doen, probeer aanleer. Dié wat soggens pas nadat hulle wakker geword het gestrek het, het die gewoonte gouer aangeleer as dié wat dit saans voor slaaptyd gedoen het. Kenners meen die streshormoon kortisol speel ’n belang-rike rol in die vorming van gesonde gewoontes, en die lig-gaam het soggens die hoogste konsentrasies daarvan.

Hou só by jou voornemens

Eerstens is die motor volkome stabiel tydens harde remming, waarvan daar baie op Dezi is. Dit was ook verstommend om te sien hoe die Honda tydens ’n aggressie-we indraai weier dat sy neus stuurtraag raak, iets wat baie frustrerend kan wees. Selfs as jy te vroeg uit lang draaie uit gas gee, voel dit nooit of die Type R reguit van die pad af gaan pyl nie.

Waar kierieskuiwe aanvanklik ernstige konsentrasie geverg het, het dit later tweede natuur om die baan geword, ter-wyl die stuur lekker vinnig is.

En dan die klank! Anders as party warm 2.0-liter-turbo’s waarvan die stoom teen 6000 o.p.m. opraak en sonder enige klankcharisma (en ja, ek praat van die Merc A45 AMG!), toer die Honda-enjin met ’n verfynde lewenslus wat te alle tye met jou praat. Op pad na die rooi lyn by 7000 o.p.m. kan jy deuntjies uit hierdie enjin toor wat Mark Knopfler se kitaarspel op “Sultans of Swing” flou laat klink.

Swakpunte? Nieteenstaande drie demp-modusse (met ooreenstemmende stuur- en enjinverstellings) is vering effe te styf vir plaaslike padtoestande, iets waartoe 20”-wiele en ultra-lae-profiel-rubber in die vorm van 245/30-ZR-Continental Sport-bande natuurlik bydra.

Origens is die nuwe Type R ’n merk-waardige goeie blitsbuks wat selfs teen lae snelhede met jou praat – maar met ’n 0-100 km/h-lopie in 5.8 sek. plus ’n top-spoed van 272 km/h sal dit jou dalk maan-de vat voordat jy eersgenoemde ervaar.

Dit nou omdat verrigting altyd ter han-de is, terwyl die motor so ’n aura van ge-halte uitstraal dat jy veilig voel om dit te gebruik, dag ná wonderlike dag.

Waarde vir geld sal jy in elke pennie vind wat op die Type R spandeer word.) Prys: Honda Civic Type R – R628 000 (insluitend ’n 5 jaar/100 000 km-waar-borg, ’n 5 jaar/90 000 km-diensplan en padbystanddiens).

Voet in die hoek

keerd kry, maar dis ook die soort baan waar jy altyd sal voel dat daar meer te vin-de is – nes met die Type R self.

Ek moet op hierdie punt byvoeg dat ek nog nooit ’n blitsbuks soveel op ’n baan geniet het soos ek die warm Honda op Dezi geniet het nie.

Die Type R spog met ’n buitengewone rigiede bakskulp, wat nie ongewoon vir ’n Honda is nie, maar veergesofistikeerdheid is terselfdertyd verstommend.

Die onderstel moet ’n volle 228 kW en 400 Nm, alles deur die voorwiele, han-teer. Baie turbo-aangejaagde blitsbukse wat deur die voorwiele dryf, ly aan ten minste ’n bietjie wringstuur.

Maar die Type R het die bes-gemanierde dryfstelsel wat ek in ’n lang tyd teëgekom het.

Dit verseg om wringstuur toe te laat, nieteenstaande – of dalk te danke aan – ’n beperkte-glip-ewenaar wat deur ’n wring-vektoringstelsel gehelp word, deurdat die binnewiele effe in harde draaie gerem word. Honda se naam vir hierdie stelsel is AHA (Agile Handling Assist) en dis juis deur harde draaie dat die Type R eindelo-se aha-ervarings gelewer het.

Daar’s motors wat jou metter-tyd met hul sjarme oorrom-pel. En dan’s daar ander wat jou met die subtiliteit van ’n krieketkolf oor die kop slaan

terwyl hulle skree: Kyk na my, hier’s ek!Die nuwe Honda Civic Type R kombi-

neer hierdie twee uiterstes op ’n manier waarop jy wens dat jy nog ’n week, nog ’n maand of selfs nog ’n jaar of twee saam met die motor kan deurbring om dit veel beter te leer ken as wat in ’n enkele be-kendstellingsdag moontlik was.

Die nuwe Type R-luikrug is pas met hoë verwagtinge in Suid-Afrika bekend gestel. Swaargewigte in sowel die Britse as Duitse pers het die Honda as hul Motor van die Jaar aangewys en daar’s al ’n string Blits-buks van die Jaar-bekronings agter die Type R se naam ingeskryf.

Met hierdie soort verwagtinge sou dit al-te maklik gewees het om teleurgesteld te voel as jy die Type R vir die eerste keer ontmoet.

Vir my was die belangrikste element van die nuweling se voorkoms egter ’n al-omvattende gevoel van gewigtigheid.

Goed, daar’s die buffergedeelte se mas-siewe verkoelingsgeute vir remme, enjin-vloeistowwe en dies meer. Daar’s ultra-lae-profiel-bande. Daar’s die stertvlerk wat ab-soluut tuis sal voel op die stel van die volgende Fast and Furious-fliek.

Maar eerder dat die nuweling se voor-koms jongetjies probeer behaag wat mal is oor moewies met jaagtonele, spreek sy optiese spoedaanhangsels van ’n doelge-rigtheid wat afwesig was in vorige Type R-modelle.

Die kajuit val selfs nog beter op die oog. Daar’s ware renskottels wat in ’n lieflike robuuste weefstof met Alcantara-afwer-king uitgevoer is plus ’n geen-nonsens-digitale voor-paneel wat jou alles wat no-dig is in ’n oogwink vertel. Selfs nog beter was die toeretel-ler, wat in die spoedmeter geïnte-greer is, se rooi lyn by 7 000 o.p.m.

En die kersie op die koek: ’n handrat-kas! Aha, uiteindelik dan ’n motor wat nie probeer om Playstation-windjakke te be-haag nie! Ware drywersbetrokkenheid le-we nog!

Met die wegtrekslag klink die 2.0-liter-viersilinder heel beskaafd. Dis eers as jy die dryfstelsel se Sport-knoppie druk dat die uitlaatklank verhard, terwyl die +R-modus deur ’n swaar induksieklank ge-

kenmerk word!Dit vat egter ’n tydjie om aan die

6-gang-handrat gewoond te raak, veral omdat skuiwe met ’n ligte, ratse, gewrigs-aksie beheer moet word – kliek-kliek – eer-der as ’n woeste grypaksie, iets wat jou nie ver sal bring nie.

Die remme is uitstekend, soos hul-le moet wees, gegee die massiewe

vier-suier-Brembo-knypers wat agter pragtig gestileerde Berli-na-swart allooivellings skuil, ’n volle 20 duim in deursnee!

Die bekendstellingsrit was van KwaZulu-Natal se Koning

Shaka-lughawe na die Dezi-ren-baan, net suid van Port Shepstone,

wat omtrent ’n uur en ’n half geduur het. Teen 3000 o.p.m. in sesde rat is daar steeds ’n bietjie van ’n uitlaatdreun in die kajuit, selfs in die motor se gemakstelling, maar die manne wat weet, vertel my dat dit al beter as die vorige Type R s’n is.

Die Dezi-renbaan bied ’n mengsel van steil heuwels, blinde hoeke en draaie met negatiewe hellings wat alles ideaal is om ’n motor soos die Type R te toets. Dis ’n moeilike baan wat kan byt as jy dinge ver-

Die Type R het die bes-

gemanierde dryfstelsel wat

ek in ’n lang tyd teëgekom het.

Eet minstens een keer ’n week vleisvryNog nie opgewonde oor die idee dat jy minder vleis behoort te eet nie? Laat die wetenskap jou oortuig: Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)

se internasionale agentskap vir kankernavorsing (IARC) klassifiseer verwerkte vleis soos spek en ham as ’n beslis-te karsinogeen (kankerwekkende stof ), en rooivleis as ’n waarskynlike kankerwekkende stof. Dit hou veral ver-band met kolorektale kanker.

Studies toon dieselfde is darem nie waar van vis en hoender nie. Tog sê die Amerikaanse hartvereniging navorsing wys ’n hoëproteïen-dieet wat meestal uit vleis bestaan, kan wel tot hartversa-king in ouer vroue lei.

Swaar vleiseters plaas nie net hul eie ge-sondheid in gedrang nie – dit is ook sleg vir die om-gewing. Vee dra die meeste van alle soorte voedselpro-duksie by tot kweekhuisgasse wat vrygestel word. “Om een keer per week geen vleis te eet nie, in die algemeen minder vleis te eet en organiese vleis te kies, help alles dat minder kweekhuisgasse vrygestel word, en bevorder die bewaring van die aarde,” sê Donna van Zyl, ’n konsul-tant-dieetkundige van die Universiteit van die Vrystaat.

Eet sonder goed wat jou aandag aftrekOm op jou kos te fokus terwyl jy eet, pleks daar-van om dit outomaties voor die televisie of reke-naar in jou keel af te gooi, kan jou help gewig

verloor en episodes van ooreet verminder.“Om bewustelik te eet, beteken jy eet net wanneer jy

honger is, en hou op wanneer jy versadig is. Terwyl jy eet, fokus jy op die geure, tek-sture en aromas van die kos,” verduide-lik Lila Bruk, ’n dieetkundige van Johan-nesburg.

“Eet stadig, vat kleiner happies, sit jou eetgerei neer terwyl jy kou en kou die kos behoorlik,” sê Donna.

’n Program in die VSA, Eat Smart, Move More, Weigh Less, het die deelnemers enigiets laat eet wat hulle wil – selfs hul gunsteling-vetmaakkos – solank hulle dit bewus-telik doen. Die deelnemers het in ’n tydperk van 15 weke gemiddeld 1,9 kg verloor, berig The Guardian.

“Deur op jou kos te fokus, is jy meer bewus van hoe versadig jy voel, en dus minder geneig om jou te ooreet. Dit kan gewigverlies aanhelp en tot beter spysvertering en minder opgeblasenheid lei,” sê Lila.

Eet minder suikerSuiker is ’n euwel. Punt. Dit is die enigste oor-saak van tandbederf, laat jou gewig aansit wat tot tipe 2-dia-

betes, kanker en ’n horde ander gesond-heidsrisiko’s lei, en verhoog ’n mens se risiko van hartsiekte, selfs al is jy nie oorgewig nie.

Die Amerikaanse hartvereniging stel voor dat vroue minder as ses teelepels suiker per dag inneem, en mans minder as nege teelepels.

gewigverlies verband hou, geaktiveer word wanneer ’n mens ’n spesifieke tydperk van kos wegbly,” sê Lila.

“Dit kan ook gedoen word deur byvoorbeeld vroeër aandete en later ontbyt te eet sodat daar meer tyd son-der kos verbygaan.”

Die voordele is egter nie net vir jou gordelgrootte nie. In ’n studie in die tydskrif JAMA Internal Medicine het mense wat twee jaar lank heelwat minder as gewoonlik geëet het (25% minder kalorieë per dag) nie net ongeveer 10% van hul liggaamsmassa verloor nie; hul lewensgehal-te en gemoedstoestand was beter en meer gelykmatig. Daar is ook navorsing wat daarop dui dat dit moontlik ’n mens se lewe kan verleng en die risiko van chroniese siektes verminder.

Maak strek deel van jou roetine’n Gereelde strekroetine help om beserings te voorkom, en die gewrigte se beweeglikheid te behou. Dit verbeter bloedsomloop wat weer

energievlakke verhoog, dit verbeter ’n mens se postuur en het ook ’n kalmerende uitwerking, sê Natalia Neophy-tou, ’n biokinetikus en dosent by die Universiteit van die Witwatersrand se sentrum vir oefeningwetenskap en sportgeneeskunde.

“Dis ’n geval van use it or lose it.” Statiese strekke – wanneer jy ’n uitda-

gende maar gemaklike posisie vir tussen tien en 30 sekondes hou – werk goed vir die meeste mense.

Begin aanvanklik deur drie dae per week te strek, en bou dit op totdat jy mettertyd elke dag strekke doen, sê sy. “As jy min tyd het, fokus op die spie-re wat die meeste hulp nodig het. Fokus op een area op ’n slag en op spiere wat jy weet baie styf is.” Maak ook se-ker jy haal normaal asem terwyl jy strek.

Ondersoek jou vel vir kankeragtige moesiesVelkanker is die algemeenste soort kanker; en melanoom die dodelikste vorm daarvan. As dit egter vroegtydig opgespoor en chirurgies ver-

wyder word, kan die prognose positief wees. Sowat 80% van melanome word eerste deur die pasiënte eerder as ’n dokter opgemerk, volgens dr. Dagmar Whitaker, presi-dent van die Melanoom-adviesraad van Suid-Afrika (SAMAB).

Raak vertroud met die moesies op jou liggaam sodat jy gou sal opmerk as iets omtrent een van hulle verander het. Vra ’n familielid om jou rug en die bo-kant van jou kop te ondersoek. Gebruik ’n spieël en moenie vergeet om ook jou sitvlak en geslagsdele na te gaan nie.

Die SAMAB stel die volgende riglyne voor: Wees op die uitkyk vir moesies wat asimmetries is, ’n onreëlmatige buitelyn het, uit meer as een kleur bestaan, groter as 5 mm is of opmerklik groei. ’n Moesie wat jeuk, seer is of bloei is ook rede tot kommer. Bykomende bronne:Harvard Health Publishing (health.harvard.edu)Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa)

Op pad na goeie gewoontesKweek hierdie ses gewoontes aan – en hou daarby – om jare van nou af steeds jonk en gesond te wees,

skryf Rochélle Human.1

2

3

6

5

’n Blikkie Coke stoot jou dus reeds op of oor die limiet. Navorsing wys net een gaskoeldrank per dag verdubbel die risiko van tipe 2-diabetes.

Die eerste stap om minder suiker in te neem, is om gaskoeldrank te vervang. Drink eerder suikervrye, ge-geurde water of meng ’n bietjie vrugtesap met vonkelwa-ter. Verminder geleidelik die hoeveelheid suiker in jou koffie en tee sodat jy aan die smaak gewoond raak, sê Lila.

Versoet hawermout of ontbytpap met vrugte eerder as suiker, en eet ook vrugte vir nagereg, sê Donna.

Souse soos tamatiesous is dikwels propvol suiker. Kies eerder vars tamatie-salsa of mosterd.

Bly langer sonder kosPeriodieke vas kan baie vorms aanneem: van 16 tot 36 uur op ’n slag, elke tweede dag of

volgens die 5-2-dieet: vyf dae eet jy soos gewoonlik, gevolg deur twee dae wat jy aansienlik minder kalorieë inneem.

“Die teorie is dat sekere gene wat met

4

Wonderlik!Honda se nuwe Civic Type R is die beste blitsbuks wat hy tot nog toe

om ’n baan bestuur het, seg die joernalis Stuart Johnston.