12
Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 1 DAGBOEK Vandag 21 Februarie Gasvryheid: Wyke C55 en C58 Deurkollekte: Teologiese studentekas Woensdag 24 Februarie 19:00: Vergadering Kerkraad (Ouderlinge) Skinkbeurt: C34 Donderdag 25 Februarie 19:00: Vergadering Diakens Skinkbeurt: B33 Saterdag 27 Februarie 06:30 - Katkisasie uitstappie, Gr 0 en Gr 1 Kosprojek Olievenhoutbos - Wyke: A16, A17, A18, A19, A20, A21, A22 Sondag 28 Februarie - NAGMAAL 7:30 – A Wyke; 9:15 – C Wyke; 11:00 – B Wyke Deurkollekte: Skulddelging Doopbediening Die sakrament van die Heilige Doop word vanoggend, tydens die tweede diens, bedien aan Jacques-Louis, seuntjie van Braam en Petro Lowies, asook aan Albertus, seuntjie van Jan en Carli van Niekerk. Bertie Naudé en Lorraine Luus (albei van ons gemeente) het op 13 Februarie verloof geraak. Baie geluk! 'n Kleinkind (3 maande oud) van Neels en Marlene du Plooy (C72) is vir die 4e maal sedert geboorte weer in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand oor hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. Johann Theron (B53) was die afgelope week in die Pretoria-Oos hospitaal vir toetse. Petra Prinsloo se pa is baie siek met kanker en so ook Pieter Prinsloo se ma (C62). Bert Naudé (C38) se pa is die afgelope week in die ouderdom van 92 jaar oorlede. VERGADERING: OUERS MET GESTREMDE KINDERS Ouers met gestremde kinders vergader vanoggend om 10:00 in die amfiteater. Skakel Jannie by 083 457 8075. MONDI-HOUER Gemeentelede word vriendelik versoek om asb. GEEN koerante en kartonne BUITE die Mondi-houer te gooi nie. Groot kartonne moet asb. kleiner geskeur word en binne in die houer geplaas word. LET WEL: Die houer is net vir papier bedoel en geen plastiek of enige ander materiaal mag in die houer of buite die houer gegooi word nie. Baie dankie vir u samewerking. B LOKKASIE B LOK+AKSIE B -Wyke. Alle lidmate van die B -wyke en almal wat B ewustelik B aie B esonders B elangstel (al is julle in ‘n ander B lok) is welkom. Nagmaalson- dag na die laaste Nagmaalsviering van die B -wyke kan met ons kom saameet. Elkeen bring sy eie kos. Ons gaan alles op een tafel uitpak en saameet. Dit gaan B aie B esonders wees.

DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010

1

������������

DAGBOEK Vandag 21 Februarie Gasvryheid: Wyke C55 en C58 Deurkollekte: Teologiese studentekas Woensdag 24 Februarie 19:00: Vergadering Kerkraad (Ouderlinge) Skinkbeurt: C34 Donderdag 25 Februarie 19:00: Vergadering Diakens Skinkbeurt: B33 Saterdag 27 Februarie 06:30 - Katkisasie uitstappie, Gr 0 en Gr 1 Kosprojek Olievenhoutbos - Wyke: A16, A17, A18, A19, A20, A21, A22 Sondag 28 Februarie - NAGMAAL 7:30 – A Wyke; 9:15 – C Wyke; 11:00 – B Wyke Deurkollekte: Skulddelging Doopbediening Die sakrament van die Heilige Doop word vanoggend, tydens die tweede diens, bedien aan Jacques-Louis, seuntjie van Braam en Petro Lowies, asook aan Albertus, seuntjie van Jan en Carli van Niekerk. ��������������������������������������������• Bertie Naudé en Lorraine Luus (albei van

ons gemeente) het op 13 Februarie verloof geraak. Baie geluk!

������� ������� ������� ������� ����• 'n Kleinkind (3 maande oud) van Neels en

Marlene du Plooy (C72) is vir die 4e maal sedert geboorte weer in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand oor hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee.

• Johann Theron (B53) was die afgelope week in die Pretoria-Oos hospitaal vir toetse.

• Petra Prinsloo se pa is baie siek met kanker en so ook Pieter Prinsloo se ma (C62).

• Bert Naudé (C38) se pa is die afgelope week in die ouderdom van 92 jaar oorlede.

VERGADERING: OUERS MET GESTREMDE KINDERS Ouers met gestremde kinders vergader vanoggend om 10:00 in die amfiteater. Skakel Jannie by 083 457 8075. MONDI-HOUER Gemeentelede word vriendelik versoek om asb. GEEN koerante en kartonne BUITE die Mondi-houer te gooi nie. Groot kartonne moet asb. kleiner geskeur word en binne in die houer geplaas word. LET WEL: Die houer is net vir papier bedoel en geen plastiek of enige ander materiaal mag in die houer of buite die houer gegooi word nie. Baie dankie vir u samewerking.

BLOKKASIE BLOK+AKSIE – B-Wyke. Alle lidmate van die B-wyke en almal wat Bewustelik Baie Besonders Belangstel (al is julle in ‘n ander Blok) is welkom. Nagmaalson-dag na die laaste Nagmaalsviering van die B-wyke kan met ons kom saameet. Elkeen bring sy eie kos. Ons gaan alles op een tafel uitpak en saameet. Dit gaan Baie Besonders wees.

Page 2: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 2

UITSTAPPIE – Graad 0 en Graad 1 Almal het al gekamp behalwe ons kleiner kindertjies. Vir hulle het ons ‘n Saterdag - Uitstappie gereël eerskomende Saterdag by Zarivonco. Ouers is welkom om die geleentheid mee te maak. Speletjies en swem en kuier. Ons het egter getalle nodig. Het u al ‘n vorm ingevul. Ons wil die saak asb vandag finaliseer. KOM ONS BID AS GEMEENTE SAAM (Het jy registreer???) Kort en dringende gebedsversoeke tov ons gemeente kan gestuur word aan: 082 962 0542. Langer versoeke na onderstaande epos. Om sms’e vir gebed te ontvang stuur “Registreer” na 082 962 0542. Om die gebedsbrief per epos te ontvang stuur asb ‘n versoek na [email protected] SUSTERSSAAMTREK 2010 Datum: 13 Maart 2010 Tyd: 8:00 Plek: NG Gemeente Doornkloof, Leoniestraat, Doringkloof, Centurion Tema: Die vrou ... mens voor God Spreker: Dr Neels Smit (Noordbrug, Potchefstroom) Koste: R75 per persoon Skryf jou naam op die lys in die voorportaal as jy saam wil kuier. KAMP VIRENKELLOPENDES - 2010 DATUM: Gedurende die langnaweek van 24 - 27 April 2010. PLEK: Op eiland by die Vaaldam. Met die Bybel, baie ontspanning, ’n WILDSRIT, Kampvuurkonsertens.kanjy die naweek baie geniet!!! Vir meer besonderhede: Jannie&Marlize Telno: 012 997 4228 Selno: 0834578075 E-posadres: [email protected] SENIOR LIDMATE DIENSGROEP Almal wat betrokke wil raak by die diensgroep se werksaamhede word versoek

om DV Maandag 22 Februarie om 19:00 in die moederskamer bymekaar te kom. Rina Steenkamp Tee word tussen die twee eredienste aan die senior lidmate bedien. Almal is baie welkom! GASVRYHEIDSDIENSGROEP Die diensgroep vergader DV Maandag 22 Februarie 2010 om 19:00 in die konsistorie. Lidmate wat by hierdie diensgroep wil inskakel en betrokke raak is welkom. Skriba VAKANTE WYKE Broeders, die saak rakende vakante wyke is op die agenda van die kerkraadsvergadering van DV Woensdag, 24 Februarie 2010. U sal wel DV op Sondag, 28 Februarie hoor of daar wel broeders verkies is om as ouderlinge te dien. Mag dit wees dat u steeds goed nadink oor u beskikbaarheid vir dié besondere diens in die kerk van die Here. U kan nog steeds u bereidheid te kennis gee. Die Woord gee duidelike riglyne wat u kan lei in u besluit. Die bediening van GK Rietvallei is in NOOD en het u hulp nodig. Skakel die skriba (082 783 6130) voor Woensdag, 12:00, indien u beskikbaar sou wees. ��������� ��������� ��� ��

�� � � � �� � � � � ��� � � � �� � � � � ��� � � � �� � � � � ��� � � � �� � � � � �

Die tema van die Beradingspan se toerusting vir 2010 is “Verslawing”. Hulle beplan om verskeie geleenthede hierdie jaar vir die gemeente aan te bied. Tussen die twee oggenddienste sal ‘n bekende spreker die gemeente besoek en oor bogenoemde tema ‘n verslawingsaak belig. Dit beloof baie interessant en leersaam te wees. Meer inligting volgende week. Eerste geleentheid: 14 Maart - Alan Lester - Seksuele verslawing Tweede geleentheid: 6 Junie - Addo Krige - Dwelmverslawing

Page 3: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 3

�����

‘n Uitreik wat op ‘n yskoue Sondagaand in Julie 2003 met 20 liter sop en broodjies vir behoeftige kinders in Elandspoort begin het, het met die genade van die Here, nou in ‘n gemeenskapshuis met evangelisasie en opheffingswerk as vertrekpunt, gerealiseer. Baie, baie dankie aan al die lidmate wat oor al die jare op een of ander wyse betrokke was by hierdie projek (dit is waarskynlik ‘n GROOT persentasie van u!) sonder julle insette, hulp en gebede, sou dit nie vir die diensgroep moontlik gewees het om na die volgende stap te kon beweeg nie. Tydens die vergadering van 16 Febr het ons net weer onder die indruk gekom van die wonderlike groot opdrag waarmee die Here ons vertrou! Alhoewel daar ‘n baie groot deel van die koop som reeds belowe is, is daar nog geld uitstaande en is daar begin kyk na fondsinsameling projekte. Golfers, maak julle solank reg vir ‘n heerlike golfdag! Op Dinsdag 23 Febr 2010 vanaf 18:30 gaan daar ‘n ‘brainstroming’ beplanning sessie plaasvind. Almal wat kan kom help met idees, ook die wat reeds bewese ervarings het, is welkom. Bring net ‘n pizza en ‘n oopgemoed saam. Ons wil graag met ‘n aksieplan begin afskop. DV 6 Maart 2010 op 13:00 word ALMAL uitgenooi om die bekendstelling van die huis in Claremont, te kom bywoon. Die uitnodiging word gerig aan al die diakonieë van Pretoria, alle sakepersone, alle

belangstellendes oor kerkverbande, ens. Meer besonderhede sal in die volgende Eljada’s verskyn. Die gemeenskapshuis het ‘n naam nodig! Ons vra almal se insette om te help met ‘n toepaslike naam. Ons sou baie graag tydens die bekendstelling, al ‘n naam vir die huis wou hê. Die fokus van hierdie huis is in die eerste plek om as evangelisasie dienspunt te dien. Hierdie doelwit sal bereik word deur ook praktiese uitreiking deur middel van etes, werksaamhede soos groente tuine, deurgangshuis wanneer slaapplek ‘n krisis is, naskool hulp aan kinders, voorskoolse hulp aan die kinders van die ouers wat by van die aktiwiteite betrokke is ens. Ons benodig dus onder andere asb die volgende gawes: • die naskoolsentrum en voorskoolse

versorging - (onderwysers, IT kundiges; arbeidsterapeute);

• die opleiding in die voorbereiding van voedsame voedsel, (dieetkundiges, chefs, mense wat lief is vir kosmaak)

• die maak van groentetuine, (boere, tuinboukundiges, mense wat lief is om te krap in die tuin)

• enige ander werkskeppingsgeleenthede, (ekonome, projekbestuurders, interpreneurs of enige persone wat ‘n belangstelling hierin het)

• aktiwiteite om te help met selfbeeldopheffings, (skoonheidsterapeute, maatskaplike werkers, sielkundiges, ‘coaching’ of enige persoon wat ingestel is op menseverhoudinge)

• die hou van Bybelstudie ( lidmate wat wil help met gereelde Bybelstudie daar by die huis)

• lidmate met administratiewe en finaniële gawes wat kan help met die koördinering en bestuur van die projek;

Page 4: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 4

• en enige iets wat nog kan help om hierdie projek tot eer van die Here te kan laat werk

Ons het nou die fase betree waar oor vir ons naaste kan sê: ‘Kom, ons het vir julle alternatiewe versorging en geleenthede en ons gaan saam met julle daar bid en julle instaat stel om julle omstandighede te kan verbeter’. Ons het almal se gebede, insette, idees en betrokkenheid nodig om werklik hierdie projek tot die uitbreiding van die Koninkryk van die Here te kan laat funksioneer. Almal wat op enige wyse kan en wil betrokke raak kontak ds Naas Ferreira of Erika Stutterheim by ([email protected]). Enige bydrae/donansies kan gemaak word in die ABSA, Reknr 9235728935, takkode 632005, gemerk “Gee jou Hart”. SAKEPERSOON – INISIATIEF – HUIS IN DASPOORT Ons het reeds verlede week die goeie nuus met julle gedeel. Die kerkraad gaan Woensdagaand ‘n finale besluit oor die aankoop van die huis neem. Ons het die afgelope week weer mooi beloftes van eenmalige bydraes ontvang en beplan binnekort nog fondsinsamelings. Die golfspelers moet hulle swaai regkry!!! Versoek: U sien elke dag die mense wat langs die strate staan met hulle “bedelborde”. Met al die bedel is hulle nog nie geholpe nie. Hulle gaan more weer daar wees. Ek weet u voel ook skuldig dat u hulle nie elke dag help nie. Wil u nie oorweeg om ‘n enkelbedrag vir die huis in Daspoort te skenk sodat ons ‘n bediening kan begin wat regtig ‘n verskil sal maak nie? Hierdie is nie net ‘n beroep op ons sakepersone nie, maar ook ons gewone salaristrekkers. Indien elkeen van ons ‘n beduidende bydrae hiervoor kan gee, kan ons die uitstaande

bedrag sommer baie gou insamel. Kontak ds Naas vir meer inligting (012 345 2049 of 0828973966). ‘n Elektroniese bankoordrag in die “ Gee

Jou Hart “ Bankrekening Absa Menlyn 923 572 8935

---------------------------------------------------------------

� � � � � � �� ��� � � �� � �� ��� � � �� � �� ��� � � �� � �� ��

Ons dank die Here, Johannes en Lizanne se eersteling, Lourens is op 7 Desember gebore! Hy het 2,72kg geweeg, en groei baie mooi.Lizanne het ook ten volle herstel. Ons is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir die wonderwerk van klein Lourens. Baie dankie vir al die ondersteu-ning en gebede.Spesiale dank veral aan Tannie Betta Bischoff van Rietvalleigemeente, wat elke dag vir 11 jaar vir Johannes en Lizanne gebid het, en prys die Here, haar en almal se gebede is verhoor! . Kyk gerus vi rfotos op Johannes en Lizanne se Facebookprofiele. Lourens word DV 28 Februarie by GK Kameeldrift gedoop

Die verhouding/samewerking tussen TOPIA en Every Home for Christ(EHC) word ook by die dagsterker. Johannes is primêr verantwoordelik om die Nasionale fasili-teerders(verantwoordelik vir opleiding van kerkleiers by MobieleToerustingsentrums) van elke land toe terus. Hierdie samewer-king bou God se Koningkryk eksponensieël, en ons is baie opgewonde oor dit wat hier-die jaar vir ons voorlê. Wat ‘n voorreg is dit nie om God se Boodskap te kan oordra in die ongerepte Afrikanie, ons prys die Here vir die voorreg.Sien gerus ons komende nuusbrief vir statistiek van die jaar wat verby is! Hier volg‘n breë oorsig oor dit wat in die

Page 5: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 5

nabye toekoms vir ons voorlê: • Opstel van ‘nhandleidingvir die Nasio-

naleFasiliteerders, wat die bediening se visie, missie, en belangrike inligting beklemtoon.

• Maart – ons beplan‘n besoekaan die Gwembe Valley in Zambië, een van die mees suksesvolle bedieningsgebiede. Belangstellendes is baie welkom om saam te kom vir die week!

• Mei: ons berei voor vir ‘n konferensie waar ons verskillende Afrikalande se nasionale leiers in RSA gaan toerus.

• Vanaf Mei gaan TOPIA 11 Afrikalande besoek. Ons gaan met dié lande NasionaleFasiliteerders van opleiding vergader en toerus.

Baie dankievir al die wonderlike onder-steuning en gebede. Ons dank God vir al die genade, en wens al ons TOPIA vriende seën van ons Hemelse Vader toe. Aan God al die eer! Johannes, Lizanne en Lourens Aucamp

Besoek aan Indië GeagteBroeder/Suster Dit is reeds etlike jare wat ds Rajesh besig is met Woordverkondiginging in Varanasi, Indië. Voorts koester hy ook die idee om 'n teologieseskool op die been te bring sodat anderhom uiteidelik kan help in sy taak. Omdat ds Rajesh 'n predikant van Rietvallei is, het die kerkraad dit goedgedink om 'n afvaardiging Indië toe testuur ten einde vir ds Rajesh ondersteuningte gee, maar ook om eerstehands kennis op te doen van die plaaslike situasie. Die afvaardiging bestaan uit ek en ds Werner van den Heever en sr Magda van Aswegen sal ons vergesel. Ons sal DV weer 3 Maart terug wees en die plan is om 7 Maart na afloop van die aanddiens in Rietvallei verslag te doen oor alles wat ons gesien en ervaar het. Behalwe die besoek aan Varanasi, wil onsook besoek aan Gujarat aflê met die oog om 'n geskikte terrein te identifiseer vir 'n teologiese skool. Dit impliseer 'n treinrit van ongeveer 24 uu rwat ongelukkig ons reeds beperkte tyd verder sal inkort, maa rdaar is nie 'n ander keuse nie. Ons gaan die vrymoedigheid neem om groete-boodskappe van u almal aan ons broeders en susters in Indië oor te dra. Indien iemand 'nspesiale boodskap wil stuur, kan u dit per kerende pos vir my by hierdie e-posadres laat kry. Intussen vra ons u voorbidding vir hierdie besoek en is dit ons versugting dat alles net sal gaan oor die verkondiging van die won-derlike Evangelie in die uithoeke van die aarde. U broeder in Christus Titus van Aswegen

Page 6: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 6

�� ���������� �

����

����

����

����

����

����

����

����

����

����

�������������������������������������������������

Alle 18- tot 30-jariges! Ons hou weer dinee in die kerksaal - hou Vrydag 12 Maart oop vir 'n aand van heerlike dans, kuier en eet saam met medegelowiges. Meer besonderhede oor die kaartjie-verkope, prys, tyd, ens. sal volgende week volg.

� �� ��� ��� �� ��� ��� �� ��� ��� �� ��� ������� ! �� �� ����� ! �� �� ����� ! �� �� ����� ! �� �� ����

Vrydag die 26ste is daar‘n jeugaksie by die kerkgronde en kerkhuis. Indien jy onder 30 (uitgesluit ds. Werner) is en vertroud is met pluimbal, vlugbal, vingerbord, tafeltennis ens. is dit die ideale geleentheid om jouvermoëns teen ander sportiewe en minder sportiewe doppers te toets. Daar gaan ook hamburgers verkoop word by die kerkkombuis (soos altyd op ‘n Vrydagaand). Die winste daarvan gaan vir ons dwaalgroep/apologetiekbediening se fondse. Daar is egter nie‘n ouderdombeperking op ons hamburgers nie!! Die sport(s) gaan reeds van 6uuraf begin en tot laat die aand aanhou. Verdere inligting: Johan 082 491 2463

Page 7: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 7

��� �� ����

Die Instituut virChristelike Toerustingen Berading

bied weer in 2010 'n BybelseBeradingskursus in Pretoria by Rietvallei aan.Die kursus is bedoel vir elkeen wat hom/haarself wil bekwaam om andere in nood enbeproewing te help,te

bemoedig en te ondersteun.

Ontmoetingstye:

VyfSaterdaepj. vanaf 8:30 - 15:00 Die koste beloop R2450 pp pj of R300.00 per module. Eerste ontmoeting: 13 Maart 2010. Ons begin met 'n basieseBybelseBeradingskursuswaarvolgens ons die ander modules gaan behandel. Kursusinhoud: Bybelsebegronding en Skrifhantering in berading;Jeugberading; Huweliksberading en konflikhantering; Depressie; Bediening van hoop aan enkellopendes; Trauma; Rousmart; Bediening van hoop aan Vigslyers en hullenaasbestaandes; Bediening van hoop aan verslaafdes en hul naasbestaandes (alkohol, dwems, internet, ens.); Bediening van hoop aan homoseksuele persone en hul naasbestaandes; Bediening van hoop aan werklosepersone en hul naasbestaandes; Interpersoonlikestyle; Bediening van hoop aan die gesin met 'n gestremde kind. Vir verdere navrae, skakelJannie of Marlize

Telno: 012-997 4228.

Selno:083 457 8075.

Epos: [email protected]

�������������������������������� Hanno den Boer [email protected] 072 124 7175

PRETORIA-OOS HOSPITAAL – TEL: 422 2300 (Kursief gedrukte name is lidmate v. Wapadrand) Groep 1 HannieYssel: 997 1558 / 083 2598180 (S)(Di) HilleginadenBoer: 345 4551 / 082 8294 909 (Ma) Daleen Kornelius: 0822158118 (Woens) Robbie Nel: 082 922 3948 Laurika Hattingh: 0842080158 28 Februarie – 6 Maart Groep 2 Hettie v Niekerk: 997 3732 / 083 379 9043 (Ma) Martie Penning: 997 5420 / 083 409 4246 (Di) Ellen Nel: 997 5361 / 082 922 8733 (Woens) Waldo Hattingh 084 505 0792 21 Februarie – 27 Februarie KLOOF HOSPITAAL 15 Februarie - Marina Venter 083 275 9123 22 Februarie - Ria Vorster: 082 779 2406(S)

-----------------------------------------------------------

Beroepenuus

Beroepe aanvaar:

• Proponent FJ Mouton na Potchefstroom-Mooirivier.

Page 8: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 8

VROUEBERAAD Vrou diensbaar vir God

Vroue met Vlerke 2010

Aangebied deur die Gereformeerde Kerk Bloempark

Datum:30 April tot 2 Mei 2010 Plek:Bloempark Gemeente, Bloemfontein Koste:R150 per persoon Meer besonderhede by die kerkkantoor, of skakel Constanze vd Walt by 082 779 3941, [email protected] ---------------------------------------------------------------- Maartkamp - Hennopsrivier Alle kampeerders - julle word herinner aan die eerste kamp van die jaar wat die eerste week in Maart gehou word. Bespreek by Ds Peet van den Berg. Kampgroete, Wim, Peet en Johan -----------------------------------------------------------

Ad-Musicum koor Kom sluit aan by die Ad Musicum-koor! ‘n Amateur-koor wat reeds 30

jaar bestaan en op ‘n Christelike grondslag funksioneer. Ons sing geestelike liedere, sowel as ligte

opera, en ander ligte liedjies. Skakel Heléne Richter by 082 377 9385 of

Annette vd Merwe by 082 444 6136.

Gereformeerde Kerk Lyttelton Potjiekosete

Vrydag, 26 Februarie om 17:00 R30 per persoon

In die kerksaal (h/v Monument- en Stasiestraat). Bring eie drinkgoed saam.

Nagereg @ R5 en koffie en tee @ R5 is te koop.

Pitkos op die internet

Solidariteit Radio het ‘n klomp predikante se hulp ingeroep en dagstukkies begin opneem van tussen 3 en 5 minute. Solidariteit Radio wil Ds Henk Stoker graag bedank vir sy betrokkenheid by die projek. Terwyl jou e-posse soggens aflaai, besoek vir vyf minute www.solidariteitradio.co.za en raak ‘n paar minute stil. ‘n Skakel sal binnekort ook op ons webblad beskikbaar wees. Jy kan die insetsels ook gratis aflaai en op ‘n CD skryf sodat jy dit in jou motor kan luister!

Toer na Kaokoland, Namibië

27 Maart tot 11 April 2010

Kom toer saam met Ds. Lourens du Plessis, en die Doppers van Groblersdal, na die grootliks ongerepte en onvergelyklike Kaokoland in die Noorwestelike hoek van Namibië.

Hierdie is ‘n selfsorgtoer, wat as fondsin-sameling vir ons Kerkkas gereël word. Dit beteken dat elke toerganger self voorsiening moet maak vir kampeertoerus-ting, die regte voertuig, kos, brandstof, verblyfkoste, ens., en verder ‘n per persoon toerfooi van R2500.00 betaal vir die voorreg om te mag saamgaan. Ds. Lourens du Plessis en sy vrou Marilena is die gidse, en koordineer die verblyf (doen al die besprekings.)

Die minimum voertuigvereistes is : Hoë grondvryhoogte en ewenaarsper (diff. lock). Daar is reeds 4x4 voertuie in die groep, wat bereid is om 2x4 voertuie hier en daar ‘n handjie te gee.Vir meer inligting oor die roete, of alle ander navrae, skakel Ds. Lourens du Plessis by 013 262 4281, 083 259 9551 of [email protected]

Ons het nog net plek vir 3 voertuie!

Page 9: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 9

���� ������ OGGENDDIENS: 08:00 EN 10:15 Skriflesing: Genesis 3 Sang: Psalm 100: 1 en 2; Psalm 100: 3 en 4 (na geloofsbelydenis); Skrifberyming 9-1: 10 – 11 (na die Wet); Psalm 51: 1; Psalm 116: 3, 4, 5 en 10 In hierdie eerste hoofstukke van die Bybel (God se openbaring) sê die Here baie beslis nie alles wat ons as mense graag sou wou weet nie. Daar is baie beslis baie onbeantwoorde vrae in ons gemoed oor die skepping en dan veral die sondeval. Tog moet ons dit erken. Alles wat die Almagtige God wil hê ons moet wel weet – het Hy bekendgemaak. Wat is dit? Die feit van die skepping en Sy volmaakte bedoeling vir die mens binne die skepping – en dan: die werklikheid van die tragedie van die sondeval. Ons moet dit weet en ons moet dit glo – al verstaan ons nie alles daarvan nie. En pasop: die sondeval het alles te make met – om verder te gaan as wat die Here se bedoeling was. Dit is waaraan ons vandag aandag gee. Wat is die wese van die sonde? 1. Om nie te aanvaar wat God bekendgemaak het nie. God se opdrag aan Adam (voordat Eva gemaak is?) was baie duidelik en hy was veronderstel om dit ook aan haar bekend te maak. Opvallend is dat hy ietwat afwesig is as die dinge gebeur. Die Satan se taktiek is sedert die Paradystyd nogsteeds dieselfde. Hy begin deur God se duidelike Woord in twyfel te trek. Het God dit regtig gesê? Was dit regtig Sy bedoeling? Het jy reg gehoor? Het jy dit reg verstaan? Die twyfelsaad word gesaai. In Eva se reaksie word dit baie duidelik dat hierdie twyfelsaadjie wortel geskiet het. Dit moes nooit gebeur het nie. Ons moet bly by wat God gesê het – dit was tog heeltemal duidelik. Moenie fokus of soek na wat

Hy nie gesê het nie. Sy wil is duidelik bekendgemaak. 2. Om te fokus op dit wat jy nie ontvang het nie. Die saadjie groei verder wanneer die Satan Eva se aandag wegneem van wat hulle wel ontvang het (die volle tuin) tot wat hulle nie ontvang het nie (een boom). Dit is steeds sy taktiek in ons moderne tyd. Ons sien nie in dankbaarheid meer alles raak wat God wel vir ons gegee het nie, maar fokus onvergenoegd op die dinge wat ons nie het nie. Die wêreld is die hele dag besig om te herinner aan die tekorte in ons lewens. Daar was niks fout met die boom en sy vrugte nie. Die fout is dat die Satan die mens se fokus van God se genade aftrek en ‘n selfsugtige begeerte (weg van God) in die mens se hart plant. 3. Om te begeer wat jy nie nodig het nie. In die volmaakte wêreld van die Paradys was dit nie vir die mens nodig om ook die kwaad te leer ken om voluit mens te wees nie. Daar was ‘n rede waarom God dit van die mens wou weerhou. In plaas van die Satan se bedoeling te betwyfel kry hy die mens so ver om God se bedoeling verdag te maak. Die mens gryp na dit wat hy nie nodig het nie. Die gevolge is verreikend. Hulle harte sterf toe hulle hulle menswees losmaak van God se bedoeling. Hierdie geneigdheid (sien drie punte hierbo) sou hulle voortplant in elke van hulle nageslag (ook ons) se lewens en harte. Die aaklige gevolge van die sondeval duur vandag steeds voort in ons wêreld.

Page 10: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 10

���� ������ AANDDIENS: 18:30 LITURGIE JOHANNES 19

• Votum: Lees van Psalm 69: v. 1-5; 14-19; en van Ps. 124:8.

• Groetseën: Gal. 1:3-5. • Lofsang: Ps. 146: 1, 3 & 8. • 1ste gebed • Skriflesing: Ps. 69: 20-22. Johannes

19:28-30. • Samesang: SB 5-1: 4, 5 & 6. • Prediking: • Samesang: SB 5-2: 1 & 8. • 2de gebed. • Offergawes • Slotsang: SB 5-3: 1, 2 & 5. • Wegstuurseën • Amen van gemeente

OPSOMMING VAN PREDIKING 1. Die tweede laaste woord van Jesus op

die Kruis, volgens die Johannes Evangelie, is : “Ek is dors…” Die Griekse woord (dipsaô) verwys na beide fisiese en geestelike dors (vgl. Mat. 5:6: Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” Jesus, wat eendag in die openbaar gesê het (Joh. 7:37): “As iemand dors het, laat hom na my toe kom en drink”, is nou die een wat dors is… Hoe is dit moontlik? Op die Kruis word die verskriklike dors wat Jesus fisies ervaar, een met die sug na regverdigheid, na die voltooing van God se wil.

2. Johannes lê die klem op die feit dat Jesus dit gesê het “sodat die Skrif vervul sou word.” Twee Psalms kom hier ter sprake: Ps. 22:16 (die hele Psalm 22

speel eintlik ‘n beslissende rol in Jesus se kruisiging) en Ps. 69:22, wat melding maak van asyn, wat aan God se dienaar deur vyande gegee word. Jesus wag totdat sy lyding die uiterste bereik het, voordat hy sy fisiese dors probeer les: hy het voorheen ‘n mengsel van asyn en gal (wat verdowende effekte gehad het en sy pyn minder sou kon gemaak het) nie gedrink nie (Mat. 27:34), juis om die lyding nie te vermy nie.

3. Wat was mos die doel van hierdie

lyding? ‘n Mens kan eenvoudig die woorde van ons Nagmaalsformulier hier aanhaal: Hy is aan die kruis gespyker om die skuldbrief van ons sondes daaraan vas te nael. So het Hy ons vervloeking op Hom geneem om ons met sy seën te vul. Hy het helse pyn en smart en bange Godverlatenheid gely toe Hy uitgeroep het: My God, my God, waarom het U my verlaat? sodat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie. Eindelk het Hy met sy dood en bloedstorting die ewige genadeverbond bekragtig met die woorde: Dit is volbring.

---------------------------------------------------------- " � � � � � # � � � � � $" � � � � � # � � � � � $" � � � � � # � � � � � $" � � � � � # � � � � � $ Vanaand om 18:30 in die kerksaal.

“... Dit is soos reukolie wat van die kop af in die

baard afloop ... dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val ...”

Psalm 133 Die wêreld is vol konflik en soms dreig hierdie konflik om ook die kerk van Jesus Christus te verskeur. Die Here gee in Psalm 133 deur twee beelde Sy wil vir die broederskap / susterskap van Sy gemeente deur.

Page 11: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 11

� ������������

� ���� ���������� � � ������� �!!���"#�$� �

PREDIKANTE Ds. Naas Ferreira 012-345 2049) [email protected] Dr. Henk Stoker (012-347 2070) [email protected] Ds. Werner van den Heever (082 4121415) [email protected] English Service : Pastor Arthur Miskin (083 657 4980) [email protected] Ds Pieter du Plessis (012 345 3791 of 082 924 9646) Jannie Earle ( 012 997 4228 of 083 457 8075) FRANSE RADIOBEDIENING: Ds. Eric Kayayan (012 345-3495) [email protected] TOPIA (Toerusting vir predikante in Afrika): Ds. Johannes Aucamp (072 815 7375) [email protected] Ds. Rajesh Kumar (Bediening In Indië) SKRIBA Hennie Steenkamp (012-345 5381), (082 783 6130) Faks (012-345 2365) [email protected] KOSTER Pieter Hoffman (012-345 2249) (082 898 2330) ORRELIS Willem Luitingh (012 807 5952), (082 8400 644) [email protected]

KERKKANTOOR ATTESTATE EN FINANSIËLE AANGELEENTHEDE Titus Van Aswegen Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE Karen de Lange Tel: 012-347 7362 E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Posadres: GK Rietvallei, Posbus 914-1095, Wingatepark, 0153 ELJADA Afsnytyd Mariana Steyn 12:00 (012-347 6541) (082 805 8306) Donderdagmiddag [email protected]

ELJADI Deleen Kornelius (012-993 4211) Marieke Zeevaart (012-665 2971) DIERIETFLUIT Johanna Hellberg (073 295 5848) [email protected] BIBLIOTEEK Frikkie Mulder (012-347-3588) GEELBLADSYE Trina du Plessis (082 322 5343)[email protected] DIAKONIE Johan De Bruin (082 820 6669) HOPE COMMUNITY CHURCH Gerrit Kornelius 082 925 9569 PAUL JUNGNICKELHUIS Rina Steenkamp (012-345 2365) GEE JOU HART VIR DANVILLE Erika Stutterheim (083 443 0843) DOMUS JUVENTUS TRUST (REDDERSBURG) Johan Beumer (083 285 5511) KONINGSKINDERS Jacoba Kotzee (012-993 5560) BERADINGSPAN Elsie Ferreira (072 449 1982)[email protected] BANKBESONDERHEDE Gereformeerde Kerk Rietvallei Absa Menlyn (Takkode: 355 645) Lopende Rekeningnommer: 3490 144 306 DIAKONIE Lopende Rekeningnommer: 4051138620 HOPE COMMUNITY CHURCH King’s Hope Foundation Lopende Rekeningnommer: 4054747436 GEE JOU HART Lopende Rekeningnommer: 923 572 8935 Absa Tak 632005 (Merk: Gee jou Hart) DOMUS JUVENTUS TRUST Lopende Rekeningnommer: 4059 8178 66 NAVITAS JEUGKOMITEE Sameroeper: Ds. Werner vd Heever (082 4121415) [email protected] Uitreike: Cobus Truter(071608 8550) [email protected] Kampe: Wickus Malan(072808 5831) Sport: Marthunis (082 886 9797) Bemarking, publikasies en versiering: Mareli Steyn(079523 3259) [email protected]

Page 12: DAGBOEK ERGADERING Vandag 21 Februarie KINDERSopgeneem vir 'n operasie (abses). Ons bid dat die Here Sy hand door hierdie kindjie sal hou en volkome herstel sal gee. • Johann Theron

Jaargang 25, Nommer 6 21 Februarie 2010 12