26
Dan 5:1-6:1 Fokus: vers 1-30 God maak ‘n einde aan Babilon ... deur sy oordeel heen. Oktober 2012

Dan 5:1-6:1 5.pdf · 2014-01-08 · vers 1 vertel van koning Belsasar ... 1 Vgl Dan 1,1-2&21.docx; Dan 2,1-30.docx; dan 2,31-49.docx; ... Daar word egter die Hebreeuse woord ילּכ

Embed Size (px)

Citation preview

  • Dan 5:1-6:1Fokus: vers 1-30

    God maak n einde aan Babilon ... deur sy oordeel heen.

    Oktober 2012

  • Ps-vooraf Ps 18: 1, 3Ontmoetingsdiens.Votum.Ons slaan my o op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen

    SengroetGemeente van ons Here Jesus:Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Helige GeesAmen.

    Lofprysing Ps 89: 1, 3, 4

    Geloofsbelydenis

    Verootmoediging en Versoeningsdiens.Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.Psalm na die wet Ps 50: 8, 10, 11

    1

  • Gebed om skuldbelydenis en verligting.

    Psalm na gebed Ps 135: 1, 8, 112

  • Woorddiens.Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Dan 4:1-37.

    Psalm as antwoord op die Woord na verklaring daarvan Ps 48: 1, 4, 5

    Skrifverklaring.

    InleidingGeliefdes ... vers 1 vertel van koning Belsasar wat n groot maaltyd berei het vir sy duisend maghebbers ...

    OpmerkingEn dadelik trekit mens se aandag.Koning Nebukadneser is nie hier nie.

    In vers 2 hoor ons wel dat Nebukadneser die vader is van Belsasar. Maar Nebukadneser self ... is nie meer nie.

    VerduidelikIn elk geval nie soos in Dan 1-4, waar Nebukadneser die belangrike koning van die Babiloniese wreld-ryk was nie.1

    Nee, nou hoor ons alleen maar van Belsasar. En aan die einde van Dan 5 is hy ook nie meer nie.

    BewysWant vers 30 s: In dieselfde nag is Blsasar ... (geweldadig2) gedood.

    1 Vgl Dan 1,1-2&21.docx; Dan 2,1-30.docx; dan 2,31-49.docx; Dan 3,1-15.docx; Dan 3.7-30.docx; Dan 4.docx

    3

  • Maar meer nog: Die dae van die Babilon-wreld-ryk was ook getel.

    BewysWant vers 28 vertel dat die Babilon-wreld-ryk vernietig3 sou word deur die Meders-en-Perse.

    En in Dan 6:1 is dit reeds n werklikheid met Darius die Meder op die troon in Babel.4

    En net hier ... geliefdes ... staan ons voor die waarheid ... dat ons God n einde maak aan Babilon

    En dit het alles gebeur in daardie nag van Belsasar se partytjie vir sy 1000 maghebbers.

    ****************Maar voor ons hieroor leer ... kom ons staan vooraf eers stil by twee dinge. Die eerste is ... Belsasar. En die tweede is ... sy tyd.

    A. Nou ... koning Belsasar ... vertel vers 2 ... se vader was Nebukadneser.

    En dadelik wonder mens hoe dit werk.Want 2Kon 25:27 bv vertel

    30 ( 2 a) het die betekenis van hy is dood gemaak/ vermoor. Die geweldadigheid van doodmaak staan hier voor-op (Holladay bl 419; TWOT vol 2 bl 1067; NIDOTTE vol 3 bl 910).

    as ww, wat dan die betekenis het van hy is gebreek in Danil werk weereens met die woord 3twee/ verdeel in twee (Holladay bl 418; TWOT vol 2 bl 1059).Hierdie verdeling of verbreking sien dan in die eerste plek op die vernietiging van die Babiloniese wreld-ryk (K&D se Dan komm bl 190).

    4 Vgl Reformation study Bible bl 1223 se bespreking hieroor.

    4

  • dat Evil-Merodag na Nebukadneser se dood koning geword het.5

    So ... was Evil-Merodag en Belsasar die selfde ouwat net verskillende name gehad het?

    VerduidelikWel ... dis seker moontlik.

    Nog n moontlikheid is dat Evil-Merodag Belsasar se pa was. Maar dan was Nebukadneser Belsasar se oupa.

    OpmerkingWat natuurlik vers 2 wat s dat Nebukadneser Belsasar se vader was glad nie verkeerd maak nie. Want in die Aramese-taal het vader ook die betekenis van oupa.6

    **************Maar daars nog n derde moontlikheid ook. En dit is dat Nebukadneser net op een of ander manier ... sonder dat ons presies hoef te weet hoe ... n voorgeslag van Belsasar was.

    Want nes in Afrikaans ... het vader in Aramees ook die betekenis van voorgeslag.7

    En ek dink dis hoe ons vers 2 moet vertaan Asit s dat Nebukadneser die vader was van Belsasar.

    5 Vgl Young se Dan komm bl 119; Harman se Dan komm bl 110

    6 In 2b leer ek dat Nebukadneser die 3 + ( de pers ev suf ) genoem word van Belsasar. Wat is die betekenis hiervan? Die woord het in die eerste plek die betekenis van die vader/ pa van hom (TWOT vol 2 bl 989). kan egter ook verwys na oupa of voorgeslag (NIDOTTE vol 1 bl 219).

    7 Let op voetnoot 6

    5

  • Verduidelik8

    Want argeologiese opgrawings en ou Babiloniese-geskrifte leer ... nes 2Kon 25:27 ... dat Evil-Mereodag die opvolger van Nebukadneser was. Maar Evil-Merodag het nie te lank regeer nie. Toes hy vermoor.

    Nergal-Sareser ... n skoonseun van Nebukadneser het toe in Evil-Merodag se plek koning geword. En na Nergal-Sareser het sy seun Labashi-Marduk koning geword.

    Labashi-Marduk het egter net n paar weke geregeer voordat hy ook in n sameswering vermoor is.

    Nabonidus het toe koning gewoord. Maar Nabonidus was n snaakse ou. Hy was n aanhanger van die maangodin, Sin.

    Heel anders as die res van die Babilonirs wat gewoonlik vir Marduk aanbid het.

    Nou ... dit alles veroorsaak toe dat Nabonidus uit Babilon vertrek na Tema om daar tempel-bouwerk vir Sin te onderneem.

    En nou was dit gedurende hierdie tyd ... dat Nabonidus weg van Babilon was ... dat sy seun Belsasar koning in sy plek was.

    ***************Maar op al hierdie detail gaan Danil nie in nie.

    Hoekom nie? Wel ... omdat Danil ons nie daaroor wil vertel nie. 8 Vgl Young se Dan komm bl 115-117; Harman se Dan komm bl 110; Bybelse Ensoklopedie bl 64

    6

  • Nee, Danil vertel ons in Dan 5 ... genspireer deur die Gees ... van:Ons God wat n einde maak aan Babilon

    En dit alles gebeur in daardie nag toe Belsasar n partytjie gehou het vir sy 1000 maghebbers.

    SaamvatSo ... nou weet ons meer van Belsasar. Nebukadneser was n voorgeslag ... of n voorganger van hom.

    ****************B. Maar kom ons leer nou meer oor die tyd waarin Belsasar koning was.

    En om dit te doen ... moet ons onthou dat die geskiedenis in die Danil-boek begin in die derde jaar van koning Jojakim van Juda. So vertel Dan 1:1.

    OpmerkingEn onthou Jojakim was die derde laaste koning van Judavoordat Nebukadneser Jerusalem finaal vernietig het en die hele Juda in ballingskap weggevoer het.9

    En hierdie derde regeringsjaar van Jojakim was die eerste jaar van Nebukadneser se regering.

    Dit was hier rondom 605 vC. Dit was in daardie selfde jaar ... so vertel Dan 1:1dat Nebukadneser Jerusalem vir n tyd lank beler het en toe n klomp Jode in ballingskap gevat het ... Babilon toe.10

    9 Vgl 2Kon 23-25

    10 Vgl Dan 1,1-2&21.docx

    7

  • OpmerkingDanil en sy drie vriende was deel van hierdie ballinge. Hulle was toe nog baie jonk ... nie ouer as 20 nie.11

    In tussen is Nebukadneser toe oorlede. Die geskiedenis boeke vertel dat Nebukadneser dood is hier rondom 562 vC.12 So 43 jaar nadat hy Danil-hulle in ballingskap weggevoer het.

    Maar nou ... hier in Dan 5 ... het die einde van die Babiloniese-wreld-ryk aan gebreek.13

    Ons is dus hier in Dan 5 aan die einde van die 70 jaar van Babiloniese wreld-oorheersing waarvan Jeremia in Jer 25:11-12 en Jer 29:10 geprofeteer het.14

    OpmerkingEn Danil is al in sy 80s ... n ou-man.

    En nousit in hierdie tyd dat Belsasar koning is. Die geskiedenis boeke leer ons dat die magte van die Meders-en-Perse toe al die stad Babel beler het.15

    ****************En toe ... in hierdie tyd hou Belsasar een aand n partytjie. Die drank het gevloei.

    11 Vgl Dan 2,1-30.docx

    12 Vgl Reformation studdy Bible bl 1220; Harman se Dan komm bl 110

    13 Vers 28 vertel daarvan asit s dat die Meders-en-Perse die Babilonirs sou oorrompel.

    14 Vgl Mackey se Jer kommvol 2 bl 97

    15 Vgl Young se Dan komm bl 128

    8

  • En toe? ...Toe maak God n einde aan Babilon

    En God het dit gedoen ... terwyl Belsasar die partytjie gehou het wat God toe opgebreek het Waarna God Belsasar sy sonde bekend gemaak het. En toe sy oordeel voltrek het. n Oordeel wat sy volk bevry het.

    En dis hierop dat ons nou gaan fokus.

    1. So ... kom ons begin by God wat n einde maak aan Babilon ... terwyl Belsasar partytjie hou.

    En isit nie verstommend nie! In hierdie krisis-tyd ... hou Belsasar partytjie.

    BewysVers 1 s dit: Koning Blsasar het n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.

    ToepassingEn nou moet ons iets hieruit leer. Dit is dat Babilon in die NT n beeld is van n wreld-mensdom in opstand teen God.16

    En nou praat Jesus ... in Mat 24:37-39oor hierdie Babilon-wreld ... Hy s: En net soos die dae van Noag was,

    16 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 432

    9

  • so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    Want net soos hulle was ... voor die sondvloed toe hulle geet en gedrink het ... tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed ... almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

    VerduidelikHoor u dit? Christus kom weer om n einde te maak aan hierdie Babilon-wreld ... net soos God eens n einde gemaak het aan Belsasar-se-Babilon.

    En dan s Jesus dat Hy gaan kom terwyl die mense eet en drink en vrolik17 is.

    En nou moet hierdie werklikheid ons tog aangryp! Dit moet jou aangryp as jy daar in die kuierplek sit met die baie drank en die harde musiek ... met woorde wat geen saak het met God en sy gebod nie.

    Dink tog daaraan ... geliefdes! Want wat gaan jy maak as jy daar sit en saam-kuier en dronk is en dans.En Jesus kom ... om n einde te maak aan Babilon?

    ****************Ja ... God maak n einde aan Babilon.En God het dit eens gedoen terwyl Belsasar partytjie gehou het.

    Maar as ons nou van vers 1 na vers 2-4 toe gaanhoor ons meer van wat gebeur het op Belsasar se partytjie.

    17 Luk 12:19,45

    10

  • Want vers 2 s: By die genot van die wyn (of onder die invloed van die wyn18) het Blsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnsar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.

    Verduidelik19

    Nou ... in Eks 40:9 hoor ons dat hierdie tempel-voorwerpe ... of tempel-bekers ... heilig was. Omdat dit aan die HERE gewy was. Dit was alleen vir die heilige-erediens van die HERE.

    Maar hier op Belsasar se dronk-word-partytjiedrink hulle sommer wyn daaruit.

    Verduidelik20

    Sien u wat doen Belsasar? Hy verag God se heiligheid.

    2 ( 18 a) het die betekenis van onder die invloed van die wyn (Holladay bl 406; Young se Dan komm bl 119; Reformation study Bible bl 1220).

    2( 19 a) het die betekenis van houer (TWOT vol 2 bl 1041). In 2Kron 36:7 hoor ek ook van hierdie houers wat Nebukadneser na Babel gebring het. Daar word egter die Hebreeuse woord gebruik. Wat leer ek uit hierdie woord? Hierdie houers/voorwerpe/bekers is gebruik in die diens by die tempel en spesifiek ook by die offerdiens. Hierdie voorwerpe was aan die HERE en sy diens alleen gewy (TWOT vol 1 bl 440; Waltke, An OT theology, bl 459). Hierdie bekers is gebruik by die tafel met die toonbrode- dus vir die tempel-erediens (Eks 25:29; Waltke, An OT theology, bl 460; Currid se Eks komm vol 2 bl 158; TWOT vol 2 bl 581). Jer 52:19 wys dat hierdie bekers by die toonbrood tafel soos beskryf in Eks 25:29 ook weggeneem uit die Tempel tydens ballingskap (Currid se Eks komm vol 2 bl 158). Die bekers is gebruik om te , wat die betekenis het van uitgiet en dan van n drankoffer (NIDOTTE vol 3 bl 115). Hierdie drankoffer was vir, gewy aan die HERE en het gewys op die oorgawe van die een wat offer se lewe in n lewe van dankbaarheid aan die HERE (Num 28:7-8; TWOT vol 2 bl 582; Wenham se Lev komm bl 69-71; Vos, Biblicaltheology bl 172). Dus, die bekers wat Belsasar laat haal was gewy aan die diens van die HERE. Dis gebruik by die drankofferdiens wat vir die OT-kerk gewys het op n lewe oor gegee alleen aan die HERE nadat Hy versoening tussen Hom en sy kerk bewerk het.

    20 Vgl Wenham se Lev komm bl 19-20,22; Vos, Biblical theology bl 150, 246, 248; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 196.

    11

  • Hys presies soos die sondige wreld in opstand teen God oor wie Paulus in Rom 3:18 skryf en dan s: Daar is geen vrees van God voor hulle o nie.

    Ja ... so is Belsasar. Hy verag God se heiligheid.

    OpenbaringshistoriesEn nes Belsasar was ... so is die Antichris ook. Openb 13:6 vertel daarvan ... asit s: En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

    ToepassingEn dan s die apostel vir ons in 1Joh 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste ...

    En hoe sien ons dit nie elke dag in die wreld nie! Die veragting en lastering van God se heiligheid!

    SaamvatJa ... geliefdes ... Belsasar en die Antichris verag God se heiligeheid.Belsasar het dit eens gedoen op sy partytjie. Maar in dit alles was God besig om n einde te maak aan Babilon.

    2. Want God het hierdie partytjie opgebreek. Ons tweede punt.

    En ons hoor daarvan as vers 5 s: 12

  • Op dieselfde oomblik het daar vingers van n mens se hand te voorskyn gekom en ... op die kalk van die muur ... geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het.

    VerduidelikEn hierdie was geen spook of demoniese manifestasie nie.

    Want in vers 24 verduidelik Danil wat hier aangaan ... en dan s hy dat deur (God of vanaf God21) ... die hand gestuur (is) en hierdie skrif geskrywe (is).

    Ja ... hierdie hand was n teken dat God nou gekom het ... en Belsasar se partytjie kom gate-crash heten n einde kom maak het aan Babilon.22

    ***************En Belsasar? Wel ... vers 6 s: Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knie het teen mekaar geslaan.

    VerduidelikEn dit alles s net een ding:

    24 ( 21 a) dui op die plek van waar die hand gestuur is of op die Persoon deur Wie die hand gestuur is (BHNG bl 235,236). Die LXX vertaal met: , wat ook dui op plek van waar of op deur wie (Greek grammer beyond basics bl 371). Dit lyk nogal asof die ESV baie na aan die LXX vertaal: "Then from his presence the hand was sent ... Die OAV volg die deur wie verstaan: Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur ... Die State vertaling volg die vanaf verstaan: Toen is dat deel der hand van Hem gezonden ... As ek die betekenis van in konstruksie met deeglik in berekening bring, dan kies ek vir die verstaan van die LXX en die ESV (Holladay bl 419; Yong se Dan komm bl 125).

    22 Vgl Calvyn se dan komm bl 341; Ferguson se dan komm bl 113

    13

  • Belsasar was doodsbenoud ... lam van die skrik.23

    Openbaringshistories/ToepassingEn so salit wees as Christus weer kom om n einde te kom maak aan hierdie goddelose Babilon-wreld.

    Dit sal wees soos ons daaroor sing in Ps 48:2plots kom oor hul verbasing, verskrikking en verdwasing.

    En dan ... sal hulle vir die berge en die rotse s ... so vertel Openb 6:16-17Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van (Christus); want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

    ****************Maar kom ons gaan eers weer terug na Dan 5 toe. En onthou nou wat hier gebeur:God maak n einde aan Babilon. Terwyl Belsasar partytjie hou. En God het toe daardie partytjie opbreek.

    3. Maar nou doen God nog iets. God maak aan Belsasar sy sonde bekend ... in vers 18-23. Ons derde punt.

    GedagtestruktureelMaar kom ons kyk net eers wat tussen vers 6 en vers 17 gebeur het.

    Wel ... die eerste ding wat gebeuris dat Die koning hardop uitgeroep het

    23 Vgl Fyall se Dan komm bl 75; Harman se Dan komm bl 115

    14

  • om die besweerders, die Chalders (of die sterrevoorspellers24) en die waarsers in te bring. Om die Skrif teen die muur te lees en te verklaar. So vertel vers 7.

    Vers 8 s egter dat hulle nie in staat was om die skrif te lees en sy uitlegging ... bekend te maak nie.

    Opmerking25

    Nou ... in vers 25 lees Danil die skrif. Daar staan: Men, men, tekl ufarsn. En dit is gewone Aramese woorde.

    Met ander woorde dis woorde wat die Belsasar en sy wyse-manne moes kon lees. Maar vir een of ander rede kon hulle nie.

    ****************Nou ... toe die wyses nie die skrif kon lees nie het koning Blsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring. So vertel vers 9.

    So ... daar was behoorlik n angsbevange pandemonium in die partytjie-saal.

    24 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 732; K&D se Dan komm bl 74,78; Harman se dan komm bl 40

    25 ( 25 b) hierdie frase bestaan uit Aramese woorde (TWOT vol 2 bl 1060; Harman se Dan komm bl 116). Dus, dit is nie asof Belsasar en sy wyses een of ander vreemde skrif en taal teen die muur sien nie. Hulle probleem, so lyk dit my, is dat hulle nie verstaan wat hulle lees nie (vgl beredenering by vers 8; Fyall se Dan komm bl 80; Harman se Dan komm bl 116). Indien hulle die woorde gelees het as selfstandige naamwoorde wat verwys geldeenhede want hierdie woorde het ook so n betekenis maak dit nie sin nie. En is dit verstaanbaar dat Belsasar en sy wyses nie met begrip kon lees nie (TWOT vol 2 bl 1060; Reformation studdy Bible bl 1222). Die ander moontlikheid waarop Young se Dan komm bl 122 my wys is dat ons wel hier te doen het met Aramese woorde maar dan in letters geskryf wat nie deur Belsasar en die wyses gelees kon word nie. Hoe dit ook al sy: Belsasar en sy wyses kon die skrif nie lees nie en ook nie verklaar nie (vgl Young se Dan komm bl 126).

    15

  • Maar toe kom die koningin die partytjie-saal in.Vertel vers 10.

    Opmerking26

    Nou ... vers 2 vertel dat die koning se vrou met ander woorde die koningin ... reeds by die partytjie was.

    So vers 10 se koningin was heel waarskynlik Belsasar se ma. Of dalk selfs Nebukadneser se weduwee.

    Hoe dit ook al sy. Vers 10 se koningin vertel toe in vers 10-12 van Danil. Dat Danil die een was wat in die tyd van Nebukadneser drome kon uitl en raaisels kon oplos.

    En toe laat Belsasar vir Danil roep. Vers 13-17 vertel daarvan.

    En nousit deur Danil dat God vir Belsasar op sy sonde wys.

    ****************En Danil doenit as hy vir Belsasar in vers 18-23 ... terugneem na Dan 4 toe daar waar ons verlede week was ... en dan s: Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnsar die koningskap en grootheid ... gegee. En vanwe die grootheid ... het al die volke ... vir hom gesidder ...

    10 ( 26 a) het die betekenis van koningin. Gewoonlik is dit die vrou van die koning (TWOT vol 2 bl 1041; NIDOTTE vol 2 bl 957). Wat egter vreemd is, is dat vers 2 s dat die koning se vroue by hom was. So wie en wat is hierdie koningin wat nou hier inkom? (Young se Dan komm bl 122). Dit kon sy ma gewees het of dalk die weduwee van Nebukadneser vroue wat die titel koningin kon gehad het en wat baie gesag in daardie tyd se koninkryke gehad het (Harman se Dan komm bl 117; Young se Dan komm bl 122).

    16

  • Maar net toe sy hart hom verhef het ... om oormoedig te wees, is hy van die troon ... afgestoot ... En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos di van die diere geword ... totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.

    Maar u, Blsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet; maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink ...

    VerduidelikSien u wat God hier vir Belsasar wys? A. Die eerste ding is dat Belsasar hom glad nie gesteur het aan God se openbaring in die lewe van Nebukadneser nie. Alhoewel hy alles baie goed geken het.

    Belsasar het dus glad nie met n gelowige hart geluister na God se openbaring nie. Hy het dit geken ... maar dit nie aangeneem nie ... en hom bekeer nie.

    ToepassingEn ek ... geliefdes ... en u? Ons het ook God se openbaring. Ons het God se Woord wat ons vertel dat God in oordeel n einde gaan maak aan hierdie Babilon-wreld.

    En nousie vraag: Verag ons hierdie openbaring?

    17

  • Gaan ons maar net elke dag aan met n lewe soos Belsasar sin?

    n Lewe van partytjie en genot en doen wat ek wiltot dit dalk een nag te laat is vir bekeer ... en God se skrikwekkende oordeel my oorval.

    Of luister ek gelowig na God se openbaring?

    Luister ek na die Woord in Openb 18:4 wat s: Gaan uit (ja breek met hierdie sondige Babilon-wreld) my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag h en van haar plae ontvang nie.

    Luister ek as die apostel in 2Kor 5:20 s: Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

    En dan voortgaan ... en in 2Kor 6:2 s: Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil (nou is die tyd vir verlossing).

    Of verag ons God se bekeringstyd ... soos Belsasar? O ... geliefdes ... laat dit tog nie so met ons wees nie!

    ***************B. Maar goed ... kom ons gaan weer terug na vers 18-23waar God deur Danil vir Belsasar op sy sonde wys.

    OpmerkingDie eerste ding waarop Danil vir Belsasar gewys het is dat Belsasar God se waarskuwende openbaring verag het.

    18

  • Die tweede ding is dat Belsasar nes Nebukadneser in die sonde van hoogmoed volhard het.

    En dit het vieslik na vore gekom en uitgepeul in daardie nag toe Belsasar in sy hoogmoed God se heiligheid verag het ... en toe met God se heilige erediens-bekers sy dronk-word-partytjie gehou het.27

    OpenbaringshistoriesEn net hier sien ons dat Belsasar nes die Antichris van 2Tes 2:4 is wat hom (in hoogmoed28) verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is ...

    En soos die Antichris van Openb 13:5 wat n mond (het) ... wat groot woorde (van hoogmoed29) en godslasteringe uitspreek ...

    ToepassingEn nou moet hierdie dinge ons tog aangryp!

    Kom ons breek elke dag met n lewe van ware bekering met ons Babilon-wreld ... en sy Antichris leiers se maniere van dink en doen.

    Kom ons breek daarmee.En kom ons luister gelowig na God se Woord.Kom ons bid met die woorde van Klaagliedere 5:21Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer

    27 Vgl ook Young se Dan komm bl 125; K&D se Dan komm bl 188-189; Harman se dan komm bl 121

    28 Vgl Reformation studdy Bible bl 1746

    29 Vgl Morris se Openb kom m bl 163; Mounce se Openb komm bl 249.

    19

  • sodat ons kan begin dink en doen soos u in u Woord openbaar.

    En dis so belangrik! Want nes God eens met sy oordeel n einde gemaak het aan Belsasar en sy Babilon.

    So sal Christus dit weer ... en skrikwekkend finaal kom doen as Hy weer kom om te oordeel.

    **************4. Maar met dit alles ges

    kom ons by ons vierde punt wat gaan oor God wat toe sy oordeel oor Belsasar en sy Babilon voltrek het.

    En dit begin in vers 25-28 as Danil die Skrif teen die muur lees en verklaar.

    En daaruit God se oordeel oor Belsasar en sy Babilon bekend maak ... as hy s: En dit is die skrif wat geskrywe is: Men, men, tekl ufarsn.

    Dit is die uitleg van die woord: Men: (beteken) God het u koningskap (of koninkryk30) getel en daar n einde aan gemaak;

    tekl: (beteken) u is op die weegskaal (van God) geweeg en te lig bevind (Ja .. Belsasar het nie voldoen aan God se standaarde nie31);

    ( 30 ) in 26b en 28a het die betekenis van die koninkryk van jou. Hierdie koninkryk gaan dan oor die gebied en die heerskappy daaroor (TWOT vol 2 bl 1041; NIDOTTE vol 2 bl 957). Die koninkryk waarvan hier sprake is, is die Babiloniese wreld-ryk. Die ryk wat deur die goue kop van Dan 2 se beeld voorgestel is (vgl Fyall se Dan komm bl 73; Harman se dan komm bl 122).

    31 Job 31:6 wys my dat hierdie metafoor gaan om die vasstelling deur God van moreel-sedelike aard; of daar aan sy standaarde voldoen word vgl ook Spr 16:2; 1Sam 2:3 (vgl ook Reformation studdy Bible bl 1222; Young se Dan komm bl 127; Harmna se Dan komm bl 122).

    20

  • pers: (beteken) u koninkryk is verdeel (of vernietig32) en aan die Meders en Perse gegee.

    *****************En toe gebeurit. God het sy oordeel voltrek.

    Vers 30 vertel daarvan: In dieselfde nag is Blsasar ... (geweldadig) gedood.

    En Dan 6:1 wys dat Babilon vernietig is en die nuwe wreldryk van die Meders-en-Perse aan bewind is ... asit vertel van: Darus, die Meder ... (wat die) koningskap ontvang het.

    VerduidelikSien u dit?God het sy oordeel voltrek.

    En toe vir Belsasar en Babilon deur die magte van die Meders-en-Perse vernietig.

    5. En ... hierdie oordeel van God ... is n oordeel wat God se volk bevry het ... Ons vyfde punt.

    Want dit was die koning van die ryk van die Meders-en-Perse33 wat ... in Esra 1:3 ... na die vernietiging van die Babiloniese-wreld-ryk ... ges het:

    as ww, wat dan die betekenis het van hy is gebreek Danil werk weereens met die woord 32in twee/ verdeel in twee (Holladay bl 418; TWOT vol 2 bl 1059).Hierdie verdeling of verbreking sien dan in die eerste plek op die vernietiging van die Babiloniese wreld-ryk (K&D se Dan komm bl 190).

    33 Vanuit die geskiedenis leer ek dat Kores in 550 vC dus 11 jaar voor die valvan Babilon die Medo-Persiese-ryk gestig het. So beskou het ek dus hier te doen met een wreld-ryk (Christelijke Encyclopedie vol 2 bl 344, vol 4 bl 631; Reformation study Bible bl 1209).

    21

  • Enigeen onder julle wat aan (God se) volk behoortmag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou!

    SaamvatJa ... God maak n einde aan Babilon ... deur sy oordeel wat sy volk bevry het.

    OpenbaringshistoriesEn weet u: So sal dit ook wees met die Babilon-wreld waarin ons nou leef.

    Openb 17 vertel daarvan. God sal n einde daaraan maak.

    En hoe? Wel ... ook met ander wreldmagtesoos God ook gedoen het toe Hy Belsasar en sy Babilon vernietig het.

    Bewys34

    Openb 17:17 vertel daarvan asit s dat God dit in (die wreld-magte se) harte gegee het om (God se) bedoeling uit te voer ...

    OpmerkingEn dit sal gebeur net voor Christus die Antichris en sy magte vernietigend tot in die hel sal verslaan ... Soos Openb 19:11-21 ons vertel.35

    34 Vgl Gardner se Openb komm bl 232; Morris se Openb komm bl 206-207

    35 Vgl NIGTC se Openb komm bl 949.

    22

  • En hierdie oordeel van God sal sy ware volk finaal bevry. En ons sal daaroor jeug ... jubelend bly!

    BewysEn Openb 19:1-3 laat ons daardie jubel-koor hoor ... wat s: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

    Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer (Babilon) geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het ...

    ****************Slot en toepassingGeliefdes ... Dan 5 vertel ons van ons God wat n einde maak aan Babilon.

    En God het dit gedoen ... terwyl Belsasar die partytjie gehou het wat God toe opgebreek het Waarna God Belsasar sy sonde bekend gemaak het. En toe sy oordeel voltrek het. n Oordeel wat sy volk bevry het. Met n Bevryding

    wat ons wonderlik wys op die finale bevryding van God se volk.

    BevindingEn nous die vraag ... geliefdes: Is ons nog deel van Babilon onder God se oordeel?

    Of deel ek ... en u ... in daardie bevrydingwat kom deur Babilon se vernietiging?

    Weet u: ... Dan 5 gee ons n merkteken waarmee ons kan weet.

    23

  • VerduidelikHierdie merkteken is dat ons anders moet wees as Belsasarwat hom nie gesteur het aan God se openbaring nie ... en hom in aaklige hoogmoed verhef het teen die Here van die hemel ... soos vers 22-23 vertel.

    Ja ... ons moet anders wees.

    Daarom: Kom ons luister tog gelowig en nederig na God se Woord. Kom ons wees anders as Belsasar

    wat sy hart nie verneder het nie.

    Kom ons Verneder (ons) dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy (ons) kan verhoog op die regte tyd. Soos Petrus ons leer in 1Pet 5:6. ...

    OpmerkingJesaja s hierdie vernedering gebeur wanneer ons arm is en verslae van gees (omdat hy sy sonde besef en weet dat die HERE os enigste Verlosser is36), en bewe vir (God se) woord.

    Ja ... kom ons bid: Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer ... 37

    Want dan kan ons seker wees: Ook ek sal deel in God se bevryding ... wanneer Hy n einde kom maak aan Babilon.

    AntwoorddiensAmen.

    36 Vgl Young se Jes komm vol 3 bl 519

    37 Klaagl 5:21

    24

  • Psalm as antwoord op die Woord Ps 48: 1, 4, 5 Gebed

    Barmhartigheidsdiens

    Ps-kollekte Ps 138: 1, 3, 4Slotsang Ten slotte sing ons Ps 18: 12, 13, 14

    Wegstuursen.

    Ontvang nou die sen van die HERE en gaan in vrede.

    Die genade van die Here Jesus Christus

    en die liefde van God

    en die gemeenskap van die Heilige Gees

    sy met julle almal!

    Amen.

    25