8
Hart & Hand Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Jesus ons Rooisee Fanie van der Schyff Ons bely in die Nederlandse Geloofsbelydenis: artikel 34 dat Jesus ons 'Rooisee' is. Hierdie uitdrukking verwys terug na God se wonderverlossing van Israel uit Egipte toe hulle op droë grond deur die Rooisee getrek het, maar die farao en al sy soldate daarin verdrink het. Wat beteken dit vir ons as ons bely dat Jesus ons 'Rooisee' is? Aanddiens (Ruildiens) Jesus Christus het gesterf om alles met homself te versoen Ds. Johannes Aucamp Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-4; NGB: artikel 34 Sang: Ps 134a:4 Sk 11-2:1 Ps 105a:13, 14 Ps 105b: 8, 9 Ps 105a:5 Sk 18-6:1, 2, 4 (Flamlied 21) Duxbury: 18:30 Ds. Johannes Aucamp Skriflesing: Kolossense 1:15-23 (20) Sang: Ps 150b:1, 2 Sb 3-2:1-3 Sb 3-2:4-6 Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Ds. Fanus Heystek Skriflesing: Matteus 27:3-5; Johannes 12:1-8 Voorsang: Lb 514 Ps 29 Sk 18-1 Lb 389 Onder die diens: Ps 89 SK 11-4 Lb 258 Gereformeerde Kerk Pretoria- Brooklyn 19 Julie 2015 Lees binne: Datums vir 2016 Vetkoek-Vrydag Biltongfees: gashere en gasvroue Residentia-sunnyside Judas se einde (selfmoord) Ds. Fanus Heystek Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af vergelyk die sogenaamde “evangelies” van Judas Iskariot en Barnabas. Sal Judas se berou/spyt (Matteus 27:3) tog uiteindelik genade vir hom bring? Watter boodskap is daar vir ons oor sy einde/selfmoord?

Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

Hart & Hand

Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Jesus ons Rooisee Fanie van der Schyff Ons bely in die Nederlandse Geloofsbelydenis: artikel 34 dat Jesus ons 'Rooisee' is. Hierdie uitdrukking verwys terug na God se wonderverlossing van Israel uit Egipte toe hulle op droë grond deur die Rooisee getrek het, maar die farao en al sy soldate daarin verdrink het. Wat beteken dit vir ons as ons bely dat Jesus ons 'Rooisee' is?

Aanddiens (Ruildiens)

Jesus Christus het

gesterf om alles met

homself te versoen Ds. Johannes Aucamp

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-4; NGB: artikel 34 Sang: Ps 134a:4 Sk 11-2:1 Ps 105a:13, 14 Ps 105b: 8, 9 Ps 105a:5 Sk 18-6:1, 2, 4 (Flamlied 21)

Duxbury: 18:30 Ds. Johannes Aucamp Skriflesing: Kolossense 1:15-23 (20) Sang: Ps 150b:1, 2 Sb 3-2:1-3 Sb 3-2:4-6

Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Ds. Fanus Heystek Skriflesing: Matteus 27:3-5; Johannes 12:1-8 Voorsang: Lb 514 Ps 29 Sk 18-1 Lb 389 Onder die diens: Ps 89 SK 11-4 Lb 258

Gereformeerde

Kerk Pretoria-

Brooklyn 19 Julie 2015

Lees binne:

Datums vir 2016

Vetkoek-Vrydag

Biltongfees: gashere en gasvroue

Residentia-sunnyside

Judas se einde

(selfmoord) Ds. Fanus Heystek

Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af – vergelyk die sogenaamde “evangelies” van Judas Iskariot en Barnabas. Sal Judas se berou/spyt (Matteus 27:3) tog uiteindelik genade vir hom bring? Watter boodskap is daar vir ons oor sy einde/selfmoord?

Page 2: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

Gelukwense Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?

(Romeine 8:31)

19/7 Chris de Beer 082 758 3550

19/7 Sarina Greyling 082 924 4141

19/7 Jorita Nienaber 083 514 8264

20/7 Alet Murray 083 311 1228

21/7 Beaulah du Preez 082 957 2470

21/7 Iwan Schalekamp 072 406 9092

21/7 Kees van Dijkhorst 012 329 3105

21/7 Jan Wolmerans 083 663 9431

23/7 Philip Fourie 012 342 7994

23/7 Erla v.d. Walt 076 840 3731

25/7 Rie Kroes 012 991 1003

25/7 Ryno Kruger 078 878 4282

DAGBOEK

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Stel ons in kennis stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Siekte. Petri van der Merwe is baie ernstig siek in die Steve Biko-hospitaal. Ons bid vir krag en seën. Ansie Theunissen ontvang tans kankerbehandeling. Gelukkig het sy baie vriende en geloofsgenote by Residentia wat haar bystaan. Ons bid vir krag en sterkte.

Eljadahuis Baie dankie aan almal wat weer die afgelope kwartaal so gereeld bygedra het tot die kosprojek van Eljadahuis. Elke blikkie kos is gebruik en het in iemand se nood voorsien. Baie dankie!

Gelukwense Baie geluk aan Jan en Leandie Dekker met die doop van hul babaseuntjie, Jan. Mag hy julle net vreugde gee.

Woensdag: 18:00 Diakonie 19:00 Kerkraad 19:00 Beginpunt

Bybelstudie Residentia-Sunnyside Woensdag 22 Julie: Bybelstudie om 09:30. Dr. Fanie van der Schyff – tema: Jona

Tuin van Duxbury-kerk Daar gaan veranderings aan die Duxbury-tuin aangebring word. Van die klippe moet verwyder word. Indien enige lidmate belang stel om van die klippe te gebruik, kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220.

Voorbidding – Bhoetan In 1999 is alle institusionele kerke soos die Katolieke Kerk, Assemblies of God en Pinksterkerke deur die regering gesluit. Gelowiges kan dus slegs in huise byeenkom. Bid vir geseënde tye van samesyn en dat die kerk in Bhoetan sal voortgaan om te groei ten spyte van hierdie beperkings.

Maandag: Skole heropen UP: Derde kwartaal begin 19:00 Dissipelskapkafee

Dinsdag: 8:30 Predikante-toerusting

Jaarprogram 2016 Al die diensgroepleiers word gevra om die datums van aktiwiteite vir 2016 voor of op 1 September aan Rentia deur te gee.

Page 3: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

Tema opsomming

Is Jesus regtig Koning?

Daniël 7 (:13 en 14) en Heidelbergse Kategismus: Sondag 48

Die moorde op Christene deur ISIS in veral Irak en Sirië en Boko Haram in Nigerië laat ’n gevoel van magteloosheid by talle van ons. Die vraag kom by mens op: ons bely dat Jesus Koning is oor alles en almal en dat Hy die werke van die duiwel en ons vyande sal stop, waarom laat Hy dan al hierdie wrede sinnelose geweld op Christene toe? Is Jesus werklik Koning soos wat die Skrif ons leer en ons saam bely?

Die boek Daniël bied besondere perspektief daarop. Die hele boek roep as ’t ware uit: God bly altyd in beheer en Hy is te midde van die chaos van wêreldgebeure steeds met sy kinders op pad na die ewige heerlikheid.

Daniël 7 is ’n visioen wat aan Daniël geopenbaar word en dit word in drie dele verdeel. As jy die eerste deel lees (vers 1-8), klink dit amper soos ’n nagmerrie. Daniël sien vier monsteragtige gediertes wat uit die onstuimige see uit kom. Die een wil wreder wees as die ander, maar dit is veral die laaste dier wat vrees inboesem. Hierdie vier gediertes stel verskillende wêreldryke voor wat mekaar met geweld sal opvolg, God belaster en sy kinders vervolg.

Van die chaos op aarde verskuif die visioen in die tweede deel na die hemel en Daniël sien God se troon en Iemand aan wie God alle mag gee (vers 9-14). Hierdie is ’n direkte verwysing na Jesus aan wie die Koningskap in die hemel en op aarde gegee word.

Jesus regeer vir ewig as Koning: “Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie” (Geloofsbelydenis van Nicéa). In die laaste

gedeelte van die visioen (vers 15-28) word die uitleg van al hierdie gebeure aan Daniël bekend gemaak

Daniël sien hoedat die diere Christene vervolg en dit ontstel hom geweldig. Hy sien dan hoedat elkeen van hierdie wêreldmagte deur God gestuit word, hoe God as Regter die lastering teen sy Naam wreek en hoe Hy beheer oorneem en alles nuut maak.

Die wêreldmagte en die onheilsmagte in ons lewe kom soms almagtig voor. Ons word dikwels bang soos ’n Daniël van ouds. Die boek Daniël trek egter die gordyne voor die ewigheid oop sodat gelowiges kan sien dat die wêreld ten spyte van alles wat op die teendeel dui aan God behoort, in God se hande is en voor God se troon sal eindig. Niks kan ons van die liefde van God in Christus skei nie. Hou aan hierdie waarheid vas!

Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand wil armoede voorkom, verlig en verbreek. Ons het reeds baie hulp verskaf aan gemeenskappe - veral onder kinders en senior burgers. Helpende Hand Noord-Gauteng het reeds 14 vrywillig gedrewe takke en beoog om ’n tak in u omgewing te stig. Vrywilligers wat by takke betrokke is, is eerstens verantwoordelik vir ondersteuning in hul eie omgewing en daarna ondersteuning in ander omgewings. Ons wil dus ook met die kerke saamwerk. Al u lidmate word na ons takstigtingsvergadering uitgenooi. Indien u met iemand direk wil gesels, kan u ’n afspraak reël met Mariana by 084 952 5837 of e-pos [email protected]. Kyk op ons webtuiste wat ons by Solidariteit Helpende Hand doen.

Page 4: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

BILTONGFEES 2015

Dis weer biltongfeestyd

Op 28 Augustus.

Nou rig ons weer ’n vriendelike

en dringende versoek aan alle

jagters en ook mense met

familie of vriende wat jag om

wildsbokke te skenk. Ons het vriesgeriewe indien enigeen reeds nou al ’n skenking sou wou maak! Enige finansiële skenking is natuurlik ook welkom. Kontak Fanie (083 446 6096), Wina (082 859 5216), Jaco (082 491 6204), Elfrieda (072 179 5847), Annalie (082 879 6654), Danie (083 952 4764), Harm (082 376 0527), Bets (082 320 9133), Frikkie (073 733 0799), of Henk (082 926 0708). Baie dankie by voorbaat!

The Faculty of Theology at NWU (Potchefstroom) presents:

An international panel of reformed theologians from five

continents (Brazil, France, UK, US, Korea, Indonesia and South Africa)

in a conference on:

A Covenantal Vision for

Global Mission

When: 30 July 2015 (15:00) - 31 July 2015 (16:00) Where: Room 204, Faculty of Theology, NWU, Potchefstroom Cost: R350 (Including book with conference papers, formal dinner and lunch) For more information (fullprogramme/registration/payment details) please follow this link: https://goo.gl/dkUQX8 Naas Ferreira 018 299 1848 [email protected] Byeenkoms vir nuwe lidmate

Eenmaal ’n kwartaal hou ons ’n verwelkomingsgeleentheid vir ons nuwe lidmate. Woensdagaand 29 Julie is weer tyd vir so geleentheid en ons nooi hiermee alle nuwe lidmate uit om die geleentheid te kom bywoon. Kom maak kennis en kom drink ’n koppie tee en koffie saam met ons en vind uit hoe lyk Brooklyn-Gemeente. Indien ’n diaken u nog nie geskakel het nie, laat weet asb. vir Fanus by 084 764 6068 of Elfrieda by 072 1795 847 as u wil kom kennis maak.

Page 5: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

WEEK TEMA

VRUG VAN DIE GEES: GETROUHEID

TEKS

GAL 5:22 & HEB. 11:1-40

LEES AS GROEP OF GESIN SAAM DEUR

Gal 5:22 & Gal 5:22 & Heb. 11:1-4

WAT IN DIE GEDEELTE STAAN VIR JOU UIT? Dit kan gedagtes,

woorde of ‘n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar,

maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar.

WATTER VRAE KOM VIR JOU NA VORE UIT DIE TEKS?

Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra.

Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy.

Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte:

Wat is die sentrale gedagte van Gal 5:22 & Heb. 11:1-4?

Hoe sou jy getrouheid verduidelik aan iemand wat dit nie ken nie?

Hoe sou jy getrouheid kan wys in elke dag se lewe?

Hoe kan ons getrouheid ontwikkel as deel van ons geloofsgroei?

Hoe kan ek getrouheid beter uitleef in tye van swaarkry?

Wat in die afgelope week het my laat twyfel in God se getrouheid?

Hoe kan jy in die week iets meer leer van God se getrouheid teenoor ons?

NADAT JULLE DIE GEDEELTE

KLAAR GELEES EN BESPREEK

HET, WAT KAN JULLE PRAKTIES

GAAN DOEN?

Vra mekaar twee vrae:

1. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

2. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

BID AS GESIN OF GROEP

SAAM VIR DIE VOLGENDE:

Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer.

Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus.

Bid vir mense in die gemeenskap En oor diewêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het.

TOERUSTING

VIR GROEPE

EN GESINNE

PROBEER MEKAAR DIE GELEENTHEID GEE OM SAAM TE BID.GEE AAN ELKEEN DIE

KANS OM VIR NET EEN VAN DIE BOGENOEMDES TE BID

Page 6: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

Jou geleentheid Op 28 Augustus 2015 vind die jaarlikse biltongfees van ons gemeente plaas. Hierdie fees bied die geleentheid aan die hele gemeente, hul vriende en familie om gemoedelik saam te kom kuier en die fees te geniet. Die organiseerders nooi elkeen uit om as gasheer en gasvrou tafels vir groot groepe, klein groepe, enkelinge, vreemdelinge, vriende van ver en naby te bespreek en die fees te kom bywoon. Kaartjies is beskikbaar teen R120 vir volwassenes en studente, R60 vir skoliere terwyl voorskoolse kinders gratis toegang het. Om as gasheer en gasvrou op te tree, tafels te bespreek en kaarjies te koop, kan jy gerus skakel met Fanie (083 446 6096), Wina (082 859 5216), Jaco (082 491 6204), Elfrieda (072 179 5847), Annalie (082 879 6654), Danie (083 952 4764), Harm (082 376 0527), Bets (082 320 9133), Frikkie (073 733 0799), of Henk (082 926 0708).

Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid … (Galasiërs 5:22).

Dink mooi na wat die woordjie getrouheid regtig beteken: getrou, betroubaar ... presies dít wat die mens nie is nie! God is egter betroubaar: “God is getrou; Hy doen wat Hy beloof het” (Hebreërs 10:23). Dink net aan al sy beloftes! Die grootste daarvan is sekerlik dat Hy Hom van sy kant af aan ons verbind het sodat ons in die sekerheid mag leef dat niks ons ooit van Hom kan skei nie.

Die Heer wat van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie; al sy beloftes bly van krag tot in die duisendste geslag (Psalm 105:5).

Streef daarna om in navolging van ons Here, self ook betroubaar te wees teenoor Hom, jou naaste en jouself.

Damesoggend Saterdag, 22 Aug 2015

Tema:Straatkafee / Café

08:30 vir 09:00

Plek:

St Mary’s DSG Skool

Duxburyweg, Lynnwood

Gasspreker

Liesel Krause-Wiid

Gaskunstenaars

Burgerd & Zita

Toegang: R150.00 pp

Gesamentlike uitreik-aksie van Pretoria-gemeentes (georganiseer deur die Gereformeerde Kerk Kameeldrift)

ten bate van die kinderhuise van die Gereformeerde Kerk

Bring ’n geldjie saam – daar is uitstallers!

Kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413

om jou plek te bespreek.

SESTIGPLUSSERS Die volgende byeenkoms vind op 23 Julie om 10:00 in die moederskamer plaas. Hierdie sessie sal interaktief wees. Ons wil graag hê dat elkeen iets sal saambring wat vir hulle interessant was, bv: ’n tydskrifartikel, ’n gedig of selfs ’n samevatting van ’n boek wat gelees is. As jy nie iets bring nie, moet dit jou geensins verhinder om die tee by te woon nie, want die gesprek oor die temas wat bespreek sal word, is net so belangrik as die artikels self. Groete, Niek

Laaste Vetkoek-Vrydag 31 Julie 2015 17:00 - 18:30

Bestel solank vetkoeke by enige Agapé-lid of by die kerkkantoor.

Page 7: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

WOONSTEL TE HUUR IN LYNNWOOD Moderne twee-slaapkamerwoonstel te huur in sekuriteitsbuurt. Kompleks het ook uitstekende sekuriteit. Een badkamer met stort, toesluitmotorhuis plus afdak. Baie parkering vir besoekers. Naby WNNR en maklike toegang tot N1. Sowat 4km vanaf UP. R8 900 per maand. Beskikbaar 1 Augustus. Kontak Louis van Niekerk by 081 250 6508.

KLAVIER TE KOOP Pianola te koop waarvan die pianola-deel toe-gemaak is. Dit is nou net ’n gewone klavier. Baie goed opgepas. Kontak Marina Jordaan by 073 143 1628. R5 500 o.n.a.

HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreletapark). Ons sien uit om u te ontmoet.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

VUURMAAKHOUT Droë sekelbos-braaihout: 50 sakkies of meer @ R13 per sak afgelewer. Skakel Peet Langley by 079 640 8855 of e-pos na [email protected]

MOTOR GESOEK Indien iemand ’n goeie tweedehandse motor het om te verkoop, kontak asseblief vir Talent Chimuti by 078 068 0056.

WISKUNDE EN DUITSE TUTOR BEd-eerstejaarstudent in Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur tutor u kind tuis in die Lynnwood-, Menlopark- en Groenkloof-omgewing. Vakke: Wiskunde en Duits vir kinders tot graad 10. Koste: R100 per uur. Kontak Joanné Cunze by 073 125 2876.

ADVERTENSIES

HUISWERKER BESKIKBAAR Kontak Talent Chimuti by 078 068 0056 as u op soek is na ’n betroubare huiswerker.

ONDERHOUD MET REDAKTEUR VAN

DIE KERKBLAD Die maandelikse onderhoud met die

redakteur van Die Kerkblad op Radio

Pretoria word DV op Sondag 19 Julie tussen

08:15 en 08:45 uitgesaai.

GKSA BEROEPENUUS VIR SONDAG 19

JULIE 2015

BEROEPE ONTVANG Ds MJ Erasmus [Thys] van Nelspruit na Pretoria-Alkantrant. Ds MJJ Erasmus [Boeta] van Wolmaransstad na Outjo/Biermanskool-kombinasie. Ds R Jansen van Vuuren [Riaan] van Hendrina/Carolina-kombinasie na Vryburg. Ds AB van der Walt [Braam] van Lichtenburg na Eden.

KRAGOPWEKKER by Residentia-Sunnyside

Enige bydraes vir die kragopwekker by Residentia-Sunnyside kan by hul ABSA-tjekrekening, nommer 117 372 0650 inbetaal word of plaas ’n verseëlde koevert in die kollektesakkies, baie duidelik gemerk “Kragopwekker Residentia”. Baie dankie vir enige bydrae.

Page 8: Datums vir 2016 Hart Hand - Brooklyn-gemeente · Judas se einde (selfmoord) Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af –vergelyk die ... Die boek Daniël bied besondere

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gkbrooklyn.org.za

Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

19 Jul Duxbury Ouderling Colin Cameron Diaken Wessel Herbst

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstoom Teologiese Studentekas

Janneke

19 Jul Troyestr Hierdie dienste word deur die Hervomde Kerk gereël.

26 Jul

Duxbury Ouderling Diaken Willem Daling

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatsfonds

Juventus: Leoné

26 Jul Troyestr

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).