24
GRATIS Namakwaland Groen Ekonomiese Demonstrasie AGTIEN Ikosis boere en CSA het op die 19de Augustus bewaringskontrakte geteken en is nou vir die volgende 3 jaar kontraktueel verbind om biodiversiteitsbewaring en volhoubare veeboerdery- ontwikkeling in die Ikosis Rooiberg prioriteitsarea te bevorder. Die opsitkers het lank gebrand en daar was hande gehou en gevry na mekaar om die grondslag vir die verhouding van meent af, reg af te skop. Vir CSA is dit ‘n groot hoogtepunt omdat dit beteken dat die Meat Natural Inisiatief (MNI) wat al meer as vier jaar in die Kamiesberge implementeer word, uitgebrei is om ook Ikosis,Steinkopf boere in te sluit. “Alhoewel die ooreenkomste oor ‘n drie jaar periode strek is dit nie in rots gegiet nie en as ons na ‘n jaar sien goed werk nie moet ons dit kan aanpas. Dit dien slegs as ‘n heoom om goed aan die gang te kry,” sê Malinda Gardiner, Volhoubare Landbou Koordineerder CSA. Ikosis boere se bestaan is geskoei rondom grond en vee. Die boere ken waterskaarste as gevolg van droogtes by die hart. As jy met die boere praat, word frustrasies rondom swak infrastruktuur, wat watervoorsiening daagliks belemmer, uitgespreek. Dit help waterskaarste aan en sit ‘n ekstra druk op die volhoubaarheid van hul boerdery. Natuurlike waterbronne soos die vleilande noord van Ikosis skooltjie en Pypklippoort het as gevolg van swak bestuur oor die jare begin opdroog. Die proses was aangehelp deur die lae reënval en die yl plantbedekking en erosieslote was ‘n “stark reminder” van die oorbeweiding wat oor die jare in die gebied plaasgevind het. En dat ons nou die vrugte daarvan pluk wyl armoede and klimaatsverandering ons in die gesig staar. In moderne tye is die afwesigheid van plek- spesifieke weidingstrategieë om volhoubaarheid van grondgebruik te stimuleer, egter die groot euwel. In die taal van klimaatsveranderingskundiges is aanpasbaarheidsplanne nodig vir mense wat ‘n bestaan maak uit natuurlike hulpbronne. As droogtes en waterskaarstes toeslaan is dit grondgebruikers wat die hardste getref sal word deur toenemende klimaatsverandering. Die planne is uiters belangrik in plekke soos Ikosis,Rooiberg wat beskik oor ‘n ryk biodiversiteitswaarde wat mense instaat sal stel om die impak van klimaatsverandering te versag. vvlg op bl 5 WAAR BOERDERY EN BEWARING ONTMOET DECEMBER 2014 I DIE VEEPOS JOU KUS ,WAT NOU? CSA vat DeBeers Hof toe – BLADSY 3 Foto Deur CSA/K Meissenheimer Bewaaringskontrakte bring breë glimlagte op gesigte van Ikosies boere en CSA personeel IKOSIES BOERE PRYS WENNERS Rooibostee boere bekroon vir Volhoubare Grondbestuur in Afrika – BLADSY 15

December 2014 veepos front page

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Climate Smart Agriculture, Natural Resource Management, Green Economic Development, Mining, Community Development and more in the Succulent Karoo Biodiversity Hotspot - South Africa.

Citation preview

GR

AT

Is

NamakwalandGroen Ekonomiese

Demonstrasie

AGTIEN Ikosis boere en CSA het op die 19de Augustus bewaringskontrakte geteken en is nou vir die volgende 3 jaar kontraktueel verbind om biodiversiteitsbewaring en volhoubare veeboerdery-ontwikkeling in die Ikosis Rooiberg prioriteitsarea te bevorder.

Die opsitkers het lank gebrand en daar was hande gehou en gevry na mekaar om die grondslag vir die verhouding van meent af, reg af te skop. Vir CSA is dit ‘n groot hoogtepunt omdat dit beteken dat die Meat Natural Inisiatief (MNI)

wat al meer as vier jaar in die Kamiesberge implementeer word, uitgebrei is om ook Ikosis,Steinkopf boere in te sluit. “Alhoewel die ooreenkomste oor ‘n drie jaar periode strek is dit nie in rots gegiet nie en as ons na ‘n jaar sien goed werk nie moet ons dit kan aanpas. Dit dien slegs as ‘n hefboom om goed aan die gang te kry,” sê Malinda Gardiner, Volhoubare Landbou Koordineerder CSA.

Ikosis boere se bestaan is geskoei rondom grond en vee. Die boere ken waterskaarste as gevolg van droogtes by die hart. As jy met

die boere praat, word frustrasies rondom swak infrastruktuur, wat watervoorsiening daagliks belemmer, uitgespreek. Dit help waterskaarste aan en sit ‘n ekstra druk op die volhoubaarheid van hul boerdery. Natuurlike waterbronne soos die vleilande noord van Ikosis skooltjie en Pypklippoort het as gevolg van swak bestuur oor die jare begin opdroog. Die proses was aangehelp deur die lae reënval en die yl plantbedekking en erosieslote was ‘n “stark reminder” van die oorbeweiding wat oor die jare in die gebied plaasgevind het. En dat ons

nou die vrugte daarvan pluk wyl armoede and klimaatsverandering ons in die gesig staar. In moderne tye is die afwesigheid van plek-spesifieke weidingstrategieë om volhoubaarheid van grondgebruik te stimuleer, egter die groot euwel. In die taal van klimaatsveranderingskundiges is aanpasbaarheidsplanne nodig vir mense wat ‘n bestaan maak uit natuurlike hulpbronne. As droogtes en waterskaarstes toeslaan is dit grondgebruikers wat die hardste getref sal word deur toenemende klimaatsverandering. Die planne

is uiters belangrik in plekke soos Ikosis,Rooiberg wat beskik oor ‘n ryk biodiversiteitswaarde wat mense instaat sal stel om die impak van klimaatsverandering te versag.

vvlg op bl 5

WAAr boErdEry EN bEWAriNG oNtMoEt

DECEMBER 2014 I DIE VEEPos

JoU KUS ,WAt NoU?

CSA vat DeBeers Hof toe– BLADSY 3

Foto Deur CSA/K Meissenheimer Bewaaringskontrakte bring breë glimlagte op gesigte van Ikosies boere en CSA personeel

iKoSiES boErE

PryS WENNErSRooibostee boere

bekroon vir Volhoubare

Grondbestuur in Afrika – BLADSY 15

Lily is ‘n weesdonkievul wat aangeneem is deur Katrina Schwartz van Leliefontein. Om te verhoed dat Lily, soos soveel ander donkies net nutteloos rondloop en veld opvreet, is sy geleer om ‘n nuttige taak te verrig.

Donkies kan geleer word om vee op te pas en help om roofdiere en vreemde mense van troppe weg te hou – Lily groei mooi en pas nou vee op!

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

2 NAMAKWALANdNUUS

DIE BOERE van Steinkopf en Leliefontein het die afgelope ses maande as deel van ‘n een jaar pro-eftydperk die geleentheid gehad om deel te neem aan ‘n proeflopie om nuwe markte vir rooivleis te toets.As deel van die globale volhoubare Rooivleisproduksie in Suid-Afrika -program, het CSA die Natuurlike Vleis Inisiatief (Meat Naturally Initiative / MNI) in Namakwaland van stapel gestuur. Deur hierdie inisiatief het CSA formeel be-trokke geraak deur Rentmeester-skap-ooreenkomste wat gesluit is met die boere as ‘n vereiste om deelname aan die MNI program te verseker. Die doel van hierdie ooreenkomste is om die grondge-bruiker te betrek by die ontwik-keling en implementering van ‘n holistiese bestuursplan, asook om

insette te lewer in die ontwikkeling en implementering van die Nasio-nale “Veld-Boerdery” Rooivleis-produksie Standaard. Met die ooreenkomste in die hand het CSA die Indwe Trust genad-er om saam te werk aan die Veld Vleis Toets Projek om nuwe mark-te vir rooivleis vir die Steinkopf en Leliefontein Meentboere te kry. Die eerste stap was om Bewarings-ooreenkomste met deelnemede boere te sluit om deel te neem aan die VeldVleis Toets Projek. Agt Namakwalandse veeboere wat bewarings-ooreenkomste geteken het waarvan 5 van Steinkopf is en 3 van Leliefontein het aan die toet-slopie deelgeneem. John Arnolds, James De Klerk, Gert Cloete, Ja-kobus Thomas Cloete, Pieter Ter-tius Jantjies van Steinkopf en Jan-nie Smith, George Smith en Nico

Schwartz van Leliefontein het deel-geneem aan die toetslopie.Die veeverkope het in drie fases af-gespeel en in November 2013 het die eerste groepie skape die n7 tot in Kaapstad aangepak. In Desember was daar weer ‘n verkope en die laaste besending het in Januarie 2014 die pad aan-gevat.In November is 45 skape wat deur die boere van Leliefontein en Steinkopf verskaf is verkoop in Desember is 20 skape verkoop en in Januarie is 15 skape verkoop.Tans produseer Suid-Afrika 21,4% van die totale vleis wat in Afrika geproduseer word en dra hulle1% by van die globale vleisproduksie. Met die lewendehawe-bedryf wat 34,1% bydra tot die totale plaas-like landbouproduksie en 36% van die bevolking se proteïen be-

hoeftes verskaf, is dit logies dat die rooivleisbedryf ‘n stadium bereik het waar nie net kwantitatiewe as-pekte van produksie belangrik is nie, maar waar meer klem op die biologiese en tegniese aspekte van vleiskwaliteit geplaas moet word. Dit is noodsaaklik om kennis te neem van veranderende verbrui-kers smaak en voorkeure in dina-miese plaaslike en internasionale markte, dus is bemarking en ver-bruikers navorsing van uiterste belang.)Die onafwendbare waarheid is dat die vraag na vleis hoog is en wei-ding word benodig. Volhoubare grondbestuur riglyne moet in die produksie stelsel opgeneem word om te verseker dat daar altyd ‘n land wat geskik is vir boerdery met vee sal wees. CSA wil graag al die veeboere be-

dank vir hulle geduld en bereidwil-ligheid om saam met ons te werk ten einde ‘n beter en volhoubare VeldVleis program te begin in Na-makwaland.

VELdVLEiS ProJEK toEtSLoPiE AfGEhANdEL

Foto Deur CSA/K Meissenheimer Boere van steinkopf wat deelgeneem het aan die veldvleis proeflopie saam met rufus (csa) en mpumi (indwe trust).

Foto Deur CSA/K Meissenheimer NFM bedien sop aan die gemeenskap tydens die koue winter

ONS AS mense is geseën met ‘n hart vol liefde, ‘n hart wat omgee en ‘n hart wat graag wil help. Dan het ons nog die gesonde verstand om te kan sien waar daar ‘n behoefte is en wat ons kan doen om ander se laste ligter te maak.Ons is geseën met ons plaaslike radiostasie waar ons mense met ons deur die radio kan praat, maar wat die radio meer spe-siaal maak is dat hulle tyd

maak om terug te ploeg in ons gemeenskappe in en hul deel doen om Na-makwaland ‘n beter plek te maak.Radio NFM het hierdie winter ‘n “soup-drive” veldtog geloods en suk-sesvol afgehandel en daardeur die mense in Namakwaland se winter bietjie warmer gemaak.Tydens die veldtog het radio NFM vanaf Alex-anderbaai tot in Garies gereis en aan sopkom-

buise die nodige bestand-ele verskaf om ‘n heerlike pot warm sop te maak en gaan help om dit aan die gemeenskappe uit te deel. Die projek is met dank van verskeie borge in ons streek gedoen en so het NFM en die borge gehelp om ons mense bietjie warm te maak tydens die koue tyd.Die hoofborg van hier-die Winter projek sluit entiteite soos die Alexcor RMC JV (ook bekend as

die Richtersveld Mining Company) en ook ander instansies uit die verskeie Munisipale Areas. Die soup-drive het in die maand van Junie plaas-gevind en het tot in Julie gehardloop. Dit is die tyd wanneer die winter op sy koudste is en baie mense in ons gemeenskappe het nie die geld om vir hulself ‘n warm pot sop te kook nie. Vanaf Alexanderbaai tot Garies en orals tussenin

kon die gemeenskappe saam met NFM kom kuier vir ‘n paar uur ter-wyl NFM direk uitgesaai het vanaf die plaaslike sopkombuis of gemeens-kapsaal. Kim Meissenheimer, CSA, het as deel van die program Ekologika saam met NFM aan ‘n paar van die dorpe besoek afgelê en hand bygesit waar no-dig.

Lily leer om vee op te pas

Radio NFM reik uit na die gemeenskappe tydens winter projek

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

3NAMAKWALANdNUUS

Slanghantering vir nuwe projekwerkers“DAARDIE STORIES wat ons oupas en oumas en mamma en pappa vir ons ingeprent het om-trent slange, was omdat hulle ons veiligheid wou verseker, maar dit was nie waar nie.” So het Marius Burger, ‘n bekende herpetoloog (reptielkundige) Maandag, op lentedag, ‘n groep nuwe proje-kwerkers, wat as deel van CSA se Natural Resource Management projek in Leliefontein, vir Slang Bewustheidopleiding daar was, meegedeel.Omdat die nuwe werkers, asook die Ekoherders van die Wildlife Friendly Studie (sien artikel hi-eroor elders in die Veepos), daa-gliks in die veld beweeg, moes hulle opleiding kry om te verseker dat hulle veilig en reg optree sou hulle slange in die veld teëkom. Natuurlik moet hulle ook weet wat hulle te doen staan as ‘n slang ie-mand sou pik, maar die belangrik-ste deel van die opleiding was om die span egte Namakwalanders te leer hoe om op te tree om juis so ‘n ekstreme situasie te vermy.Marius Burger het saam met Mar-cel Witberg en Kobus, twee ander slangkenners en –hanteerders, ‘n daglange kursus by Suid Afrikaanse Nasionale Parke (SANPARKE) se gebou in Kamieskroon aangebied. Terwyl hulle die teorie met die kursusgangers behandel het, was die groot, swart plastiekhouers wat agter in die vertrek gestaan het met etikette soos “Puffy”, “Kobra” en

“Rinkhals” in almal se agterkoppe! Marius het eers agtergrond gegee oor reptiele, en spesifiek slange en die mens. In sy aanbieding het hy gepoog om die wanpersepsies en bygelowe oor slange wat by baie mense, en ek moet sê, veral by Namakwalanders, voorkom, uit die weg te ruim. Om te illustreer hoe onredelik en uit proporsie die vrese is, het hy die kursusgangers meegedeel dat dit algemene kennis is dat veel, veel meer mense jaarliks in motorongelukke sterf of beseer word, as wat sterf of beseer word as gevolg van slangbyte. Tog dink die meeste van ons nie twee maal voordat ons in ‘n voertuig klim nie, maar hardloop ons ‘n myl of maak slange dood as ons hulle teëkom.Marcel en Kobus het gewys op die verskillende kenmerke van verskil-lende slange en hoedat dit belan-grik is om te let hierop as iemand of jyself deur ‘n slang gepik word. Elke bietjie inligting wat jy aan die mediese personeel wat jou moet behandel kan verskaf, kan hulle help om die slang te identifiseer en jou die korrekte behandeling te gee – verkeerde teëgif kan net so gevaarlik as slangbyt self wees! Een van die interessante feite was dat slange se kleur die mees onbetrou-baarste aanduiding is van watter soort slang dit is. Daar is byvoor-beeld net een spesie Kaapse Kobra, maar as gevolg van die groot kleur-variasies, is die slang onder andere bekend as koperkapel, bruinkapel, geelslang of spikkelkapel – dit is egter almal dieselfde soort slang. Molslange, wat die meeste van ons

dink net in swart of baie donker-bruin voorkom, kan ook helder-geel wees! ‘n Entjie in die opleiding in, toe Marcel verduidelik wat die waar skuwingsmeganismes van slange is as hulle bedreigd voel, was daar be-noude kyke daar na die groot swart houers agter in die vertrek toe, toe ‘n onnutsige Marius die houer met

“Puffy” die pofadder, so ‘n bietjie rondgeskuif het en ta woes aan die blaas gegaan het!Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld toe almal wat wou, kans gekry het om die slange van nader te bekyk en selfs aan hulle te vat. Slange se koppe word ver-sigtig in ‘n deurskynende plas-tiekbuis geplaas en hulle word

mooi vasgehou en almal kon op ‘n veilige manier die growwe skubbe van die pofadder en die ongeloof-like gladde, koel vel van die kobra voel. Die rinkhals is uit sy boks gehaal en het tog te lekker na die opleier se stewelsool gespoeg en die boomslang het mooi “gepose” in die kokerboom. En glo dit of nie – amper almal op die kursus het uiteindelik die molslang, wat natuurlik glad nie giftig is nie, om hulle nekke gehad!Wat my die meeste getref het van die kursus, wat ek vir enige iemand hartlik aanbeveel, is dat mens let-terlik kon sien hoe die senuagtige Namakwalanders, wat dikwels baie bang is vir slange, soveel van hulle vrees verloor het, hoe meer inligting hulle gekry het omtrent slange. Soos ons meer verstaan, verloor ons ons vrees en al die opleiers het beklemtoon dat ons onsself en ander behoorlik moet inlig omtrent slange, dat ons die ware feite moet kry.Die prentjie wat ek saam met my sal dra is van Johannes Owies wat baie saggies, maar met vertroue, sy hand oor die pofadder se growwe lyfie streel en die intense belang-stelling op sy gesig. Dit het my hoop gegee dat ons tog kan leer om in harmonie en respek met mekaar saam te leef, ons en die ongeloof-like mooi reptiele in hulle goud, bruin, skitterende swart en hel-dergeel baadjies, sodat ons spesie en hulle spesie albei kan leef, soos wat ons almal maar uiteindelik wil doen.

Malinda Gardiner

Foto deur CSA: Ebrenneth Klaase voel die slang soos ‘n tou om die nek.

Op die 2 NOVEMBER 2014 het die Wes-Kaapse Hooggeregshof beveel dat De Beers Consolidat-ed Mines Limited antwoordende stukke binne 5 dae moet indien in 'n aansoek gebring deur NGO

Conservation Suid-Afrika (CSA), of dat sy teenkanting teen die bek-endmaking van rekords oor Na-makwaland Myne van die rol gesk-raap sal word. In April 2013,het CSA met behulp

van die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) , toegang tot rekords van die Departement van Minerale Hulpbronne (DMH) oor die verkoop van Namakwaland Myne deur De Beers aan Trans Hex Beperk filial Emerald Panther Investments 78 Pty Ltd gesoek . Onder andere wou CSA toegang tot:

• die finansiële voorsiening vir omgewingsrehabilitasie by Namakwaland Myne;

• die rekord van besluit waarin die Minister van Minerale Bronne instem om die be-trokke myn en prospekteer-regte aan Emerald Panther oor te dra; en

• al die gesondheid en veiligheid nakoming van die Omgewing

en Inspeksie verslae en voor-skrifte wat deur die DMH, in-sluitend dié op grond van die dood van artisinale mynwerk-ers by sy myne in Junie 2012.

Die DMH het CSA se versoeke onder PAIA geweier in Junie 2013 op die basis dat die dokumente inligting bevat wat skade aan die finansiële of kommersiële belange van 'n derde party kon veroorsaak. Die Minister van Minerale Hulp-bronne het misluk om op CSA se daaropvolgende interne beroepe teen elk van die weiering deur die DMH te besluit. In Maart 2014, verteenwoordig deur die Sentrum vir Omgewing-sregte (CER), het CSA met verwys-ing na De Beers, Trans Hex en Em-erald Panther verrigtinge ingestel

by die Hooggeregshof teen DMH, vir hul belangstelling in die saak. In reaksie op die bekendstelling van hierdie Hooggeregshof aansoek, het DMH aanvanklik ooreengekom dat die inligting wat verlang word,was "nie bevoorreg" nie en het onderneem om die rekords bekend te maak. Toe De Beers die vrystelling van die inligting teen-staan, het DMH sy onderneming om die inligting te verskaf onttrek, maar het ingestem om nie CSA se aansoek teen te staan. Sedert die hofdokumente uitgereik is, het De Beers by drie geleen-thede deur middel van sy proku-reurs, verskeie dokumente aan CSA voorsien, waarvan die meeste nie die PAIA versoeke beantwoord nie. Nietenspyte het vvlg bl.11

dE bEErS Myn hofsaak

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

4 hALcyoNE SE hoEKiE

HIERDIE plant is ‘n bolplant wat tot die genus Heamanthus behoort en is inheems tot Suider Afrika. Die botaniese naam Haemanthus het sy oorsprong uit die Griekse woorde haima wat bloed beteken en anthos wat blom beteken terwyl die woord coccineus latyns vir rooi beteken.

Die Skeerkwas is wyd verspreid oor die winterreënval streke van Suider Afrika van die suidelike dele van Namibië tot in die Kaap en strek tot in die Oos-Kaap. Dit word meestal in Renosterveld en Fynbos gevind, maar ook soms in die Sukkulente Karoo.

Hierdie plant is ‘n baie aanpasbare spesie en kan oorleef in grondtipes afkomstig van sandsteen, kwartsiet, graniet, skalie en kalksteen. Dit kom voor in areas met ‘n gemiddelde reënval wat wissel van 100 tot 1100 mm per jaar. Die plant pas ook oor ‘n wye reeks hoogtes bo seespieël aan, van duine langs die kus tot berge van 1200 meter bo seespieël.

Dikwels word hierdie plante in groot groepe van tot honderde plante gevind van waar hul beskerm is onder ander groter bosse op vlaktes tot in skadu-agtige rivierlope en in krake van rotse.

Blomme van die Skeerkwas

verskyn tussen Februarie en April en lyk soos bloedrooi skeerkwaste. Suikerbekkies, motte en bye is waarskynlik die bestuiwers van die blomme. Kort na die verskyning van die blomme word vlesige bessies geproduseer. Alhoewel die bessies vlesig is word dit nie gevreet deur diere nie. Elke plant het gewoonlik twee groot blare per bol, soms drie, wat eers verskyn na die plant geblom het. Die plant “rus” gedurende die warm droë seisoene van die jaar onder die grond in die vorm van die bol. Alle bo-grondse dele droog tydens die periode uit en verhoed sodoende waterverlies deur transpirasie.

Die blare van die plant was gebruik om septiese sere en swere mee te verbind as ook die blasies van miltsiekte. ‘n Urine-afskeidende middel kan ook gemaak word deur skyfies van die bol te kook in asyn en dit dan te meng met heuning. Asma kan ook met hierdie mengsel behandel word.

 

 

hAEMANthUS cocciNEUS April Fool, Skeerkwas, Bloedblom(AMARYLLIDACEAE)

DIE MAARTBLOM is ‘n bolplant wat gewoonlik in groepe groei meestal in die winterreënval streke van Suider Afrika en kan gevind word op oop vlaktes, kus areas, rotsagtige plekke, leem-, graniet-, en kleigronde in Namakwaland, die westelike Karoo, die Bokkeveld en in die Roggeveldberge.Die spesie produseer vyf tot agt gladde breë, tongvormige bladwisselende blare wat donkergroen is met ‘n rooierige rand wat plat op die grond groei. Blare word geproduseer na die plant geblom het. Blomme kom voor in groot koppe wat bestaan uit 20 – 40 blomme in die somer en herfs. Die blomme is effens buisagtig. Elke blomkop word gedra op ‘n lang blomsteel.Die pragtige blomme, wat

welriekend is veral snags, lok maklik bestuiwers. Navorsing toon dat die trompetvormige pienk blomme veral snags deur motte bestuif word. Droë blomme is baie goed aangepas om die saad te versprei. Vrugkapsules wat baie lig en sferies is, breek van die bol af as dit droog

is en die blomkoppe word dan maklik deur die wind rondgewaai. Soos wat hierdie blomkoppe rond rol, breek die kapsules oop en die saad word versprei.‘n Aftreksel wat van die bolle gemaak word was gebruik as ‘n hallusigeniese middel. Die plante bevat egter ‘n chemiese middel wat sekere spesies uiters giftig kan maak.maklik deur die wind rondgewaai. Soos wat hierdie blomkoppe rond rol, breek die kapsules oop en die saad word versprei.

Dit is interessant dat die sade soms ontkiem terwyl dit nog in diedroë blomkop is.

brUNSViGiA boSMANiAEMaartblom, Kandelaar (AMARYLLIDACEAE)

HIERDIE alom bekende boom, is droogte en windbestand en kan voorkom as ‘n veelstammige stuik of ‘n klein boom. Dit is ‘n immergroen plant en kan tot 5 meter hoog raak. Die bas van die plant is liggrys en het ‘n fyntjies gekraakte voorkokms.

Die hangende blare is blink en liggroen bo-op en vaalgroen aan die onderkant. Die blommetjies van die Sandolien is klein, geel-groen en word geproduseer in April tot Augustus waarna papieragtige vruggies gevorm word wat hoofsaaklik deur die wind versprei word.

Ysterhout kom ook voor in ‘n verskeidenheid van habitatte van ariede, semi-ariede tot hoë reënval areas en is boonop rypbestand. Dit word in ‘n breë strook vanaf die kus van Namakwaland deur die Wes-

Kaap, Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal gevind sowel as verder noord in Mosambiek en Zambia.

‘n Aftreksel van die nuwe groei van die Ysterhout was gebruik deur vroeë Kaapsesetlaars vir verkoue, griep, maagaandoenings en masels. Vir ‘n seer keel en mondsproei kan die mengsel ook gegorrel word. Die Khoi-Khoi het weer ‘n aftreksel van die wortels gemaak en gebruik vir verkoue en

griep, maar ook om ‘n persoon te laat sweet. Vir die behandeling van ‘n jeukerige vel of uitslag kan die blare uitwendig gebruik word. ‘n Ekstrak van die blare kan ook as ‘n purgeermiddel gebruik word of as rumatiek, ‘n seer keel en aambeie.

dodoNAEA ViScoSA Sandolien, Ysterhout, t’oubee (SAPINDACEAE)

StinkmuishondFEITLIK ALLE Namakwalanders is bekend met die klein gestreepte stinkmuishond – veral as jou hond ‘n konfrontasie met een gehad het – die stank kan op geen manier ontslae van geraak word nie en almal gooi ‘n wye draai om die arme hond. Muishonde is eintlik familie van ‘n ander spesie, die Afrika wesel, maar hulle is groter. Die muishond het drie kenmerkende wit kolletjies op die kop, een in die middel van die kop en een bokant elke oog. Die muishond is nie noodwendig almal se gunsteling diertjie nie, maar Ou Stinkie is eintlik ‘n baie nuttige dier. Die grootste gedeelte van hul dieёt bestaan uit knaagdiere en hulle help dus om knaagdier

getalle in beheer te hou. Die muishond vreet ook ander prooi soos slange, akkedisse, skerpioene, spinnekoppe en insekte. Hulle soek insekte deur met hul snoet die grond en hopies droë blare rond te stoot en so insekte uit te snuffel.Muishonde kry hulle kleintjies gedurende lente en vroeë somer, en elke werpsel is ongeveer drie. Die muishondwyfie is maar ‘n skrale 36 dae dragtig. Teen 20 weke is die kleintjies volgroeid. Behalwe vir paartyd loop muishonde gewoonlik alleen. Muishonde kom in alle tipes habitat voor, behalwe in digte woude en is volop dwarsdeur Suid Afrika en ons buurlande, en selfs so ver as Sentrale Afrika.

Foto deur Google: stank vir dank

Wyfies weeg ongeveer 596 – 880 gram en mannetjies 681g tot 1.460 kg. Individue is ongeveer 63 cm. Terug na die karaktertrek waarvoor die muishond die bekendste is – die aaklige reuk wat hulle vrystel. Die aroma is die muishond se verdedigingsmeganisme en is so sterk dat daar al gesien is hoedat leeus hul lippe optrek en wegstaan as hulle ‘n muishond gewaar!

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

5cSANUUS

Dit is met ongeloof dat ek die Kersboodskap aan u moet skryf want dit beteken dat 2014 in ‘n oogknip verby is. Of dit is hoe dit vir my voel, want dit voel soos gis-ter wat 2014 met al sy uitdagings voor ons was. Maar terselftertyd bring die skryf van die boodskap nie net nostalgie nie, maar ook ‘n oneindige dankbaarheid mee vir nog ‘n jaar wat verby is. Dit is mos waaroor die feesseisoen gaan. ‘n Tyd vir dankbaarheid en refleksie wat gepaardgaan met kersliedere, uitruil van geskenke, kersliggies en moenie vergeet van die par-tytjies nie! Al hierdie dinge bring blydskap aan almal wat in hierdie gees deelneem en ons onthou die een groot rede naamlik dat dit die geboorte van die Heiland is.Ons in CSA het soveel redes om voor dankbaar te wees. Ge-durende die afgelope jaar kon ons saam met julle almal soveel nuwe projekte implementeer wat daarop gemik was om beterskap te bring in ons gemeenskappe. Daar was soveel uitdagings maar ons kan met trots sê die resultate was net moontlik met elkeen van u bydrae. Hoe nederig of groot

ook al.Ons is ook dankbaar vir die ver-troue van al ons bestaande en nuwe vennote in ons navors-ings, klein besigheids, sosiale en omgewingsontwikkeling priorit-eite. Die resultate van al hierdie aktiwiteite het gelei to beter be-planning in terme van ons werk-saamhede en meetbare suksesse waarvan u meer kan lees in die Veepos uitgawe en iets waarna ons uitsien om voort te bou in 2015.

Ons in CSA sien uit na 2015 met inspirerende passie en verseker ons gemeenskappe, rolspelers en vennote om net die beste te lewer. Ons sien uit na goeie samewerk-ing en deursettingsvermoë om van 2015 nog n beter en meer suk-sevolle jaar te maak.

Ons wens almal n geseёnde Kers-fees en voorspoed toe vir 2015! Laat ons saamspan en die bul by die horings pak!

Ronald Newman

GESEËNdE KErSfEES

AS DEEL van die Natural Resource Management Projek wat in Lelief-ontein en Steinkopf deur Conser-vation South Africa, was as die implementeringsagent vir die pro-jek, wat deur die Departement van Omgewingsake befonds word, op-tree, is ‘n Vee- en Veldverbetering-program. 42 mense is in Leliefon-tein aangestel, en hulle werk is om vee te werk en ook restourasiewerk te doen, ten einde beide veld en die grond wat die veld nodig het om te kan floreer, te verbeter.Omdat die Departement van Omgewingsake vereis dat veral vroue en jeugdiges voordeel trek

uit die projek, is heelwat mense uit beide groepe aangestel om in die projekte te werk. In Leliefontein, waar die projek eerste begin het, het ‘n onlangse opname oor die rolle van mans en vroue, getoon dat vroue hul rol in hul gemeenskap beskou as die van kinders grootmaak en huishoud-ings behartig. Nou skielik, met die projek, moet vrouens nie alleen met pik en graaf restourasiewerk doen nie, maar moet ook hul man in die veekraal staan. Groot ooie en ramme moet gevang word om gedoseer te word teen inwendige parasiete en dis harde “manswerk”.

In Katrina Schwartz, toesighouer van die NRM spanne, se woorde, “Baie van hierdie vroue het nog nooit eens aan ‘n skaap of bok ge-vat voordat hulle in die projek be-gin werk het nie.” Vandag sal mens dit nooit sê nie – die vroue is net so behendig soos die manne en vang groot skaap en bokke soos ou hande. Die skaap word fluks sitgemaak en met die rugsakspuit vinnig gedoseer. Op die manier, met hierdie vroue se nuwe talent vir skaapwerk en die manne wat hul touwys gemaak het, het die spanne binne 15 werksdae 1856 stuks vee gedoseer!

VroUE StAAN hUL MAN iN diE VEEKrAALNatural Resource Management spanne rol Vee- en Veldverbetering Program uit

LELiEfoNtEiNMoNitEEdErS WEN toEKENNiNG!

Pitso Mojapelo Adjunk Direkteur van Dept Omgewing-sake se Nasionale Programme het die volgende gese om-trent die Moniteringspan wat deel was van die Kamoso Toekenning wat gewen is: “Baie geluk. Ons behoort trots te wees in die bydrae wat ons lewer tot die verandering van die lewens van ons mense terwyl ons terselfdertyd ons natuurlike hulpbronne bewaar. Harde werk betaal en harde werk het nog nooit iemand doodgemaak nie.”

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

6 VELdNUUS

WERK VIR Vleilande is besig om hul fokus te verbreed van die eenmalige restorasie poging van vleilande tot die monitering van restorasie impakte om sodoende vol-houbare restorasie programme te identifi-seer. Die projek is besig om spoed op te tel en dis goed om te sien hoe verskeie vennote saamwerk om gemeenskaplike doele te bereik. ‘n Vars en gretige span is aangestel as die eerste Werk vir Vleilande moniter-ingspan in Namakwaland. Tans bestaan die span uit Darrel Links(kontrakteur),Jean Smit, Jade Brandt, Katy Cloete, Jerobeam Stewe(gesondheid en veiligheidsbeampte), Katy Willems (noodhulpbeampte) en Kev-in Cloete(kontrakwerker). Die werk sal

strek oor ‘n twee jaar periode.Vroeg Desember verlede jaar het die span opleiding ontvang wat hul in staat stel om die werk doeltreffend te verrig. Die moniteringswerk is belangrik omdat vleilande veral tydens droogtes ‘n kosbare bron van water,weiding,medisinale plante asook ander natuurlike hulpbronne soos bv riet is vir Leliefontein gemeenskap.Hulle het reeds in Desember aan die werk gespring en het afgeskop met die opstel van strukture rondom en binne die vleilande om die monitoring effektiewer te maak. Die monitering vind plaas op agt vleilande by name Xharas, Natpad, Skaaprivier, Horinggat, Baileysvlak, Blokdrift, Ram-

kamp en Langvlei Vleilande . Die werk sluit in erosieslootprofiele en erosie penne wat kwartaaliks gemeet word om te sien of daar grondsediment neergelê of wegge-spoel het. Die lesings word dan vergelyk met reënvaldata om te bepaal of daar ‘n ooreenkoms is tussen erosie en reёnval. Elke tweede week word die diepte van die

grond watertafel gemeet deur “Dipwells“. Om die plantegroei in die vleiland se ve-randering te moniteer word daar seisoe-naal fotos geneem vanuit ‘n vaste punt in al vier die hoof rigtings; noord, oos, wes en suid. vvlg bl ..10

VVlg van bl 6

Foto deur CSA: Moniteerders span die donkies in om tot by die vleilande te kom

Eerste vleiland moniteringspan in Leliefontein losgelaat

SOOS VOORHEEN berig in “Die Veepos”, is daar gewoonlik uitdagings waar landbouers met vee boer en roofdiere in dieselfde gebied voorkom. Vir verskeie jare toets Conservation South Africa al alternatiewe metodes op ‘n informele wyse om te sien hoe die uitdagings oorkom kan word. Die toetsing het tot dusver behels dat metodes soos staalhalsbande, klokkiehalsbande en radiohalsbande, asook Ekoherders, oftewel Ecorangers, met instemming van boere, op hulle grond en weidingsareas getoets is. Dit is juis die toetse wat duidelik gewys het dat ‘n formele studie nodig is om te bepaal hoe effektief die metodes werklik is. So ‘n studie, bekend as die Wildlife Friendly studie, is onlangs van stapel gestuur deur Conservation South Africa wat in vennootskap met ‘n bekende kettingwinkelgroep en die Cape Leopard Trust, twee van die metodes, naamlik Anatoliese Waghonde en Ekoherders wil toets. Plaaslike boere neem deel aan die studie deurdat die twee metodes op werkende skaapplase in Namakwaland getoets word. Nege plase vorm drie groepe in die studie. Op een groep plase word slegs Anatoliese honde getoets, op die tweede groep Anatoliese honde en Ekoherders en die derde groep plase is ‘n kontrole groep. Die doel van die studie is om te sien of die metodes wat getoets word effektief

sal wees vir beter bestuur van roofdiere op ‘n privaatplaas opset waar diere nie snags gekraal word nie.Twaalf Ekoherders werk in roterende spanne van twee per area en sommige plase het meer as een area waar die metodes getoets word. Elke span Ekoherders het ‘n Anatoliese hond wat hulle vanaf ongeveer 8 weke oplei. Tot en met Desember word die tyd in beslag geneem deur die opleiding van die hond asook die opleiding van die Ekoherders. Vanaf Januarie 2015 begin die studie in alle

erns, wanneer alle konvensionele roofdierbestuurmetodes in die kampe waar die alternatiewe metodes getoets word, gestaak word. Elke span Ekoherders sal verskeie observasies maak aangaande veebewegings, die optrede van die hond, roofdiertekens en –bewegings, veeverliese en die oorsaak daarvan indien dit voorkom en selfs wat die vee vreet. Aanvullende data word ingesamel deur 90 kamera-strikke wat oral op die studieplase uitgeplaas is, asook van radiohalsbande wat geheg is aan rooikatte, luiperds en jakkalse

wat vir die studiedoeleindes gevang is, halsbande aangesit is en toe weer vrygelaat is.Kristine Teichman en Bogdan Cristescu is die navorsers van Cape Leopard Trust wat saam met verskeie vrywilligers van dwarsoor die wêreld werk om soveel moontlik inligting in te samel. Elanza van Lente en Mark Edwards, van Namaqua Nasionale Park, lei die honde op, gee opleiding aan die Ekoherders oor die hantering van die honde en sien ook na die gesondheid van die honde om. Die belangrikste persone in

die studie is natuurlik die grondeienaars, sonder wie se samewerking die studie glad nie moontlik sou wees nie. Teen die einde van 2015 kom die studie tot ‘n einde en dan sal al die data analiseer word en ‘n verslag wat die resultate bekend maak, uitgebring word.

boErE NEEM dEEL AAN ALtErNAtiEWE roofdiErbEStUUr StUdiE

Foto deur CSA/A Cloete: Phillip Crous saam met die nuutgeteelde anatoliese honde.

Die monitering van restorasie impakte goed onderweg

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

7ENErGiENUUS

’N HALFEEU of wat gelede al was hulle glad nie iets ongewoons in Suid-Afrika nie, die sogenaamde windlaaiers waarmee party mense die wind ingespan het om “pap” batterye te laai.Mense op afgeleë plekke, byvoorbeeld boere op plase, het toe reeds bedags hul batterye gekoppel aan tollende spane wat soos ’n windpompwiel se lemme deur die wind aangedryf is. Saans is die gelaaide batterye weer gebruik om die mense se huise te verlig. Dit is ook ingespan om die destydse primitiewe buislamp-radio’s te laat werk.Sedertdien is nog meer sulke windlaaiers op verskillende plekke op die Suid-Afrikaanse platteland gebruik, ook in die agtergeblewe gemeenskappe. Dog dit was meestal maar eintlik op heel ’n beperkte skaal. Nou lyk dit egter of hierdie soort kragopwekking sy tweede wind gekry het. En hierdie slag is dit nie sommer net huishoudelike stofskoppertjies wat ter sprake is nie, maar stewige knewels van windkragopwekkers wat selfs stede van elektrisiteit kan voorsien.Anders gestel: Suid-Afrika het pas die era van grootskaalse “windgemaakte” elektrisiteit begin betree. Maar wat beteken dit alles?Die gebruik van wind vir kragopwekking wen om goeie redes vandag vinnig veld in ’n besoedelde wêreld waarin “skoon” energie al hoe noodsaakliker word. Met “skoon” energie word bedoel elektrisiteit wat opgewek word met natuurlike middele wat glad nie die omgewing besoedel nie.Kragsentrales wat fossielbrandstowwe;—steenkool en olie—verbruik, pomp enorme hoeveelhede besoedelende stowwe in die lug in. Maar windkrag en waterkrag (wat by hidro-elektriese sentrales opgewek word) is silwerskoon. Elektrisiteit kan te alle tye sonder enige besoedelende afvalprodukte gegenereer word solank daar maar net genoeg vloeiende water is, of winde wat nie te ongereeld waai nie.Meer as 90% van Suid-Afrika se elektrisiteit word opgewek deur die verbranding van steenkool wat sowat 1,2% swawel en tot 45% as

bevat. Die nadele wat steenkool vir ons inhou, is veral op die gebied van besoedeling te bespeur. Steenkool, meestal bitumineuse steenkool met ’n hoë as-inhoud, is die primêre brandstof wat in Suid-Afrika geproduseer en verbruik word. Die produksie en verbruik het egter ernstige gevolge vir die omgewing, Dit lei tot lug- en waterbesoedeling en dra ook by tot toenemende konsentrasies van sogenaamde kweekhuisgasse in die atmosfeer. Daarteenoor is daar genoeg winderige streke op die uitgestrekte vlaktes van Suid-Afrika wat skoon windkrag hier uiteindelik baie lonend kan maak. Plekke soos Mariendahl, Darling en Welgevallen is al reeds as proefplase begin om te bepaal hoe effektief dit sal wees om energie met wind in ons land te produseer.Deur dus groepe reusagtige “windlaaiers” saam op sogenaamde windplase staan te maak, kan ’n waardevolle bydrae gelewer word om nie net aan ons land se toenemende elektrisiteitsbehoeftes te help voldoen nie, maar ook ’n netjiese slag te slaan in die stryd teen omgewingsbesoedeling.Die mense van ouds het goed geweet hoe om hierdie wind , met die seilskepe en windmeule te benut.Vroeër was windmeulens ’n algemene gesig op baie plekke in Europa, waar hulle onontbeerlik was om graan te maal, maar selfs die Nederlandse windmeulens is nie meer so volop nie. Die enkele ou windmeulens in die Kaap (Mostert se meule en die een by die Alexandra-sentrum in Maitland) is deesdae nog net toeriste-attraksies.Vandag woed die meeste winde hulle dus ongelukkig uit sonder dat eens meer probeer word om hul waardevolle energie nuttig elders heen te kanaliseer. Daar is darem nog die windpompe op baie plase in Suid-Afrika, wat op hul beskeie manier help om in ons dorre land uit ondergrondse waterare water te voorsien. ’n Mens kan nie anders as om ten gunste van die ontwikkeling van hernubare energiebronne te wees nie. Die eenvoudige rede is dat dit die enigste manier is waarop die planeet Aarde van n katastrofiese

ekologiese ramp gered sal kan word. Bewaringsbewustes waarsku lankal dat, as ons voortgaan om nie-hernubare energiebronne (steenkool, olie en aardgas) in die huidige tempo te verbrand, ons spoedig gaan sit met ’n verskrompelde wêreld wat weens aardverwarming en besoedeling in ’n nagmerrie-planeet verander het.Gelukkig is verantwoordelike mense besig om iets aan die saak te doen, soos blyk onder meer uit ’n verslag van die internasionale liggaam vir die bevordering van hernubare energie REN21 (Renewable Energy Policy Network for the 21st Century). Daarvolgens het die grootste internasionale maatskappye ook ingespring, en in 2007 is meer as honderdduisend miljoen Amerikaanse dollar (“$100 billion”) belê in produksiebates, vervaardiging, navorsing en ontwikkeling rakende hernubare energie. Volgens REN21 is dit ’n mylpaal en ’n mens moet saamstem,“maar hef aan lê natuurlik nog voor en baie meer sal baie vinnig gedoen moet word.. Maar nou sorg die moontlikheid van uitgebreide elektrisiteitsopwekking vir ’n nuwe belangstelling in windkrag in Suid Afrika. Tans is

Duitsland en Denemarke hiermee op die voorpunt in Europa, terwyl Amerika ook ’n leier op hierdie gebied is en van die grootste windplase in die wêreld het.En hier op ons drumpel naby Koekenaap is Eskom besig om ‘n windplaas op te stel om te help om die druk op ons kragsentrale te verminder. Die windplaas sal help om die kragonderbrekings in die land te verminder. Die projek wat bekend staan as die Sere-projek, wat “koue briesie” in die Nama-taal beteken, word gefinansiёr deur onder meer die Ontwikkelingsbank van Suid Afrika, die Afrika Ontwikkelingsbank, die Skoon Tegnologiefonds en Agence Francaise de Developpement.Die projek het ’n verwagte gebruiksduur van 20 jaar, met die jaarlikse kragproduksie wat op 233 000 MWh geskat word. Dit is genoeg energie om sowat 97 000 huishoudings van krag te voorsien. Die Sere-windplaas sal ook sowat 170 werksgeleenthede tydens die konstruksiefase skep.Ons lewe tans lekker luuks en kan baie doen om energie te bespaar aan die verbruik-, sowel as die bronkant. Wat verbruik betref, sal ons moet afskaal aan ons standaard

en minder krag mors. Aan die bronkant sal ons hernubare energie in die stelsel moet inbring om die steenkoolbesoedeling te verminder.Ons moes ook al jare gelede een of meer groot hernubarekragstasies in Suid-Afrika opgerig het om onder meer die oorgang van minder steenkool na meer sonenergie moontlik te maak.Wat hernubare energie betref, is ander lande Suid-Afrika ver voor. Ons het ‘n bietjie stoom verloor met die wag op besluite en regulasies oor windplase. Die sukses van hernubare energie-ontwikkeling gaan afhanklik wees van die regering se ondersteuning, want dis baie duur. Maar watter bron ook al gebruik word, ons sal ons lewenstandaard móét afskaal en baie meer energiedoeltreffend lewe, want in die toekoms gaan energie baie duur wees.Die winde van verandering is besig om oor Suid Afrika te waai en met sulke inisiatiewe kan ons net vorentoe beweeg.

Wind is die hoop vir die energie van die toekoms

‘n windplaas in die Wes-Kaap.

So WAAi diE WiNd

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

8 VELdNUUS

hEt Jy GEWEEt ...

DIERE EN plante word deur die eeue deur die mens bedreig. so ver soos die jaar 1500 tot nou is meer as 320 gewerwelde spesies wat op land woon (voёls,soogdiere,reptiele,amfibie) al uitgewis en het daar in die eeu slegs 25% van die spesies oorgebly.

HET U geweet dat herwinning ook help om energie en water bespaar en dit help met die vermindering van lug en water besoedeling. Byvoorbeeld die produksie van herwinde papier gebruik 80% minder water en 65% minder energie en produseer 95% minder lug besoedeling teenoor die produksie van nuwe papier. As elke Suid Afrikaner slegs een dag per week sy eie koerantpapier herwin sal daar 30 miljoene bome bewaar word.Vir elke 1m pak papier wat jy herwin bly ‘n boom behoue. Die gemiddelde SuidAfrikaner produseer ongeveer 6000kg koolstofdioksied jaarliks deur persoonlike reis,huishoudelike energie gebruik en insluitend al die energie wat nodig is om produkte en dienste wat ons gebruik te maak. Die omgewingsimpak van herwinning is ook meetbaar.Jaarliks kan genoeg energie

gespaar word deur herwinning en met die besparing kan 1.4 miljoen huise voorsien word van krag. Dit verminder ook water besoedeling met 27047 ton. Verder kan herwinning tot 14 miljoen bome elke jaar red en dit verminder lugbesoedeling met 165 142 ton. Ton vir ton verminder herwinning besoedeling,bespaar dit meer energie en word groen gas uitlatings/emmisies verminder teenoor enige ander vaste afval bestuursmetodes.Suid Afrikaners gooi miljoene herwinbare materiaal weg en70% van afval in ashope is herwinbare materiaal. Herwinning bespaar ook plek in bestaande ashope wat help dat dit nie so vinnig vol word en so nuwe ashope begin moet word nie. Herwinning teenoor vaste afval bestuur is dus die antwoorde om die effekte van globale aardsverwarming te verminder.

ONTHOU U die kleintyd kringspeletjie,”Perdeby hoekom steek jy my.” Of die bygeloof dat bye wat jou na twaalf besoek, die draer van slegte nuus is. Al die goed moet u opsy skuif want wetenskaplikes het in die perdebygif ‘n moontlike antwoord vir borskanker opgespoor. Die ontdekking van teenmiddels in die natuur is nie ‘n nuutjie nie, want die eerste moderne antibiotika, penisillien kom van swamme. “Moeder Natuur doen vir meer as 3 biljoen jaar haar wetenskap, “ sê David Newman, hoof van die Natuurlike Produkte Afdeling van die Nasionale Instituut, VSA. Opnames in 2012 wys dat slegs 20.2% van nuwe teenmiddels wat vir kanker goedgekeur is tussen 1981 en 2010 sinteties of in ‘n laboratorium gemaak was. Met ander woorde die res kom van die natuur. Kanker was in vroeë tye, die agter-die-hand-praat-siekte in Namakwaland. Hier sou mense nooit direk sê jy het kanker nie, maar daar was eerder gepraat van die persoon het die groot K. Met ‘n wêreldwye toename in kankersterftes en bewusmakingsveldtogte het mense ‘n kopskuif begin maak en praat ons nou anders oor kanker. Vandag is die stigma oorgedra na VIGS. Maar die vrees vir diagnose is altyd daar, omdat mense kanker met die dood vereenselwig. Ten spyte van chemiese-, radioterapie en operasies bly kankersterfte getalle styg, wat blyk dat wetenskap die stryd teen die meёdoenlose

siekte verloor. Mense sterf twee keer meer aan kanker as wat daar mense van VIGS, malaria en tering gekombineerd sterf, volgens die Wêreld Gesondheids Organisasie (WHO). Kanker sal in lande met lae en middelklasgroepe met 80% toeneem teen 2030 volgens WHO. Statistieke van International Agency for Research on Cancer (IARC) het in 2012 1.7 miljoen vrouens aangeteken wat met borskanker gediagnoseer was. Kanker laat mens nie altyd met ‘n mooi prentjie nie. Hiervoor is die newe effekte van kanker teenmiddels op pasiënte wat dit langtermyn gebruik te hartverskeurend. Vele vrouens is al getraumatiseer deur die verlies van borste, hare en die wanopvatting dat sy haar “vroulikheid” inboet as gevolg van borskanker Brakings en uitgroeisels wat oor tyd weerstand opbou ondermyn chemiese behandeling van kanker. Laasgenoemde is kommerwekkend omdat jy dan volgens volksmond buite hoop lê. Wetenskaplikes soek nog onverpoos na antwoorde op die mees ondenkbare plekke. Wetenskaplikes aan die Instituut vir Biomediese N a v o r s i n g , B a r c e l o n a ( I R B Barcelona) in Spanje, het ‘n nuwe teenmiddel ontwerp deur wat bekend staan as peptiede of dan nou die binding van verskeie aminosure van perdebygif as potensiële behandeling teen borskanker aan te wend. Die wetenskaplikes het suksesvolle vitro toetse op

kankerselle met perdebygif gedoen en ontdek dat die selle doodgaan met die toediening van die gif. “Die peptiede het die vermoë om openinkies in die kankersel te vorm, dit in te dring en stadig te dood” sê Miguel Moreno, hoofnavorser by IRB Barcelona. Op sy eie blyk die gifvlakke van die perdeby te gevaarlik te wees en instede van kankerselle afsonderlik teiken, val dit goeie selle ook aan. Om die behandeling te beheer en sistematies te maak is ‘n middel ontwerp wat deur die kankersel aangetrek word. Met die vitro toetse is bewys dat die middel slegs die kankerselle binnedring en doodmaak wyl die rooibloedselle onaangeraak gelaat word. Daar is hoop in die perdebywas, maar verdere toetse met muise sal die deurslaggewende rol speel in die vervaardiging van die middel. Dit sal ook nie bestaande behandelings onttroon nie, maar sal dien as ‘n bykomende terapie tot die tradisionele middele in die mark. Is die nuwe ontdekking dan nie meer rede vir die beskerming van perdespesies nie? Iemand skryf op sosiale media, Facebook dat die verlies van biodiversiteit een van die verwagte impakte is van klimaatsverandering. Maar wat as dit daarmee die een molekuul wat nodig is om die perfekte kuur vir leukemia of borskanker of die chemiese middel wat VIGS in die lug laat verskiet?

massa uitwissing

Herwinning

Perdeby

Perdeby gif die nuwe hoop vir behandeling van borskanker

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

9VELdNUUS

diErE EN hUL diNGE

JA NEE u het reggehoor. Miljoene jare gelede is die Pigmee Sprinkaanspesie in die Dominikeinse bos aangetref. Ons sou vandag nie daarvan geweet het as dit nie vir herontdekking van ‘n Amber(barnsteen) versameling was, wat tydens ‘ n opname, nadat dit vir meer as 52, jaar in die staalbakke van die Illinois Natuurlike Geskiedenis Museum versteek was, gevind was nie. Die fonds van 73 kg rou amber is deur die entomoloog Milton Sanderson in 1959 in die Dominikeinse Republiek, ontdek. En weer in 2011 na die naarstigtelike soeke in alle ondenkbare plekke deur Sam Heads, ‘n insekpaleontoloog, in die staalkaste van die museum gekry. “Hierdie is ‘n ongelooflike belangrike bron en is miskien die enigste ongetemperde amber versameling in die wêreld” sê Heads. Volgens hom het die versameling amper vergete geword

omdat Sanderson se werk as hoof staatsentomoloog weinig tyd gelaat het vir ‘n indiepte navorsing van die versameling. Hy het wel ‘n skrywe van die amber in die 1960 in die Wetenskap Joernaal geplaas, wat in daardie tyd gelei het tot ‘n “amber rush “ na die Dominikeinse Republiek. En sekerlik Heads se belangstelling en soeke aangewakker het, en so deur hom is die wêreld se blik uiteindelik weer op die pigmiee sprinkaan gerig. Amber mag klink soos die halfedelsteen, maar dit het ‘n heel ander oorsprong. Amber (barnsteen)is die versteening van boomgom. Dit gebeur as die bome gom vanuit sy stam of uit die takke drupsgewys afskei op die lewende insekte wat op die bosvloer niksvermoedend rondloop. So word goggas soos Egiptiese koninklikes vir meer as miljoene jare gemummifiseer. Wat die Dominikeinse amber

so spesiaal maak, is dat dit aan die wetenskaplike ‘n kykie in die lewe van die bosvloer, soos dit miljoene jare gelede gelyk het, gee. Dit was die geval met die pigmee sprinkaanspesie wat versteen is in amber na sy dood. Die klein insek is maar slegs 20 mm lank en het gelewe van korsmos, oftewel ligene, en alge. Die sprinkaan is met miere, twee vlieё, kewers, perdebye en muggies versteen, wat ‘n ryk oorsig gee van 20 miljoen jaar oue bosekosisteme. Veral gee ‘n insek versteende versameling soos dié ene waardevolle inligting met betrekking tot oeroue klimaat en klimaatsverandering. Die spesie is deur Heads vernoem as die Electrotettix Attenboroughi, ter ere van sy kinderheld, die Britse Natuurliefhebber en filmmaker Sir David Attenborough. Sanderson het in 1975 sy werk by die museum bedank en sterf in 2012 op die ouderdom ‘n rype 102.

Pigmee Sprinkaan

Pigmee sprinkaan in Amber vir miljoene jare vasgehou

Voëlssuid Afrika het 858 voël spesies, soos opnames toon. Dit sluit in 31 endemiese spesies en 9 spesies wat deur mense in die land ingebring is.

Jakkalsvoël

Bloukraanvoël

Flaminke

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

10 ProJEKNUUS

roofdiErVriENdELiKE MEtodES Word oP diE ProEf GEStELCape Leopard trust studie in Namakwaland goed

KONFLIK TUSSEN die mens en wilde diere is so oud soos die berge. In Namakwaland verloor skaap- en bokboere jaarliks ongeveer R1.4 biljoen deur veeverliese wat veroorsaak word deur jakkals, rooikat en luiperd. Vir jare probeer boere om die verliese te verminder deur te gryp na enige moontlike manier van roofdierbeheer.Uit desperaatheid is dodelike roofdier bestuursmetodes vandag die norm op baie plase.. Die bestuur van roofdiere kan die balans van die plaaslike ekosisteem omver gooi en die taktieke wat die boere gebruik kan veroorsaak dat baie ‘onskuldige’ (nie-teiken) diertjies

in die proses hul lewens verloor. CSA werk met die boere om te bewys dat dit nie nodig is om die roofdiere dood te maak nie deur maniere te identifiseer om die roofdiere te beheer en weg van die vee te hou. Tans is daar twee metodes van roofdiervriendelike beheer wat in samewerking met ‘n bekende voedselwinkel, Suid Afrikaanse Nasionale Parke en Cape Leopard Trust getoets word: die Anatoliese honde en eko-veewagters. Hulle probeer bewys dat, met die teenwoordigheid van Anatoliese honde en/of veewagters, die impak van roofdiere op die vee in so ‘n mate kan verminder dat dit nie vir die

boere nodig is om die roofdiere dood te maak nie.Sedert verlede jaar is Kristine Teichman student aan die Universiteit van Victoria in Kanada, en Bogdan Cristescu student aan Universiteit van Kaapstad, hard besig om verskeie roofdiervriendelike metodes in die area rondom die Namakwa Nasionale Park in plek te sit. Hulle hoop om met die studie bewyse te lewer dat nie-dodelike roofdierbestuursmetodes net soveel sukses, en minder kostes, sal hê as die huidige bestuursmetodes. Hulle eerste doel is om bewyse te vind wat hulle aan die boere kan lewer. Hulle beoog om dit te doen deur data te versamel oor die impakte van die eko-veewagter en Anatoliese hond op die aantal veeverliese as gevolg van roofdiere. Die data sal dan ontleed word en die wetenskaplike inligting sal toegepas word op roofdier gewoontes en sal kyk hoe effektief die bestuurspraktyke is in terme van die omgewing en winsgewende boerdery. Die doelwit van die navorsing is om in samewerking met veeboere ‘n roofdier beskermingsmetode/program saam te stel wat voordelig is vir beide boer en roofdiere. Die navorsing het ‘n direkte bewarings-

oogmerk wat terselftertyd ook werkskeppingsgeleenthede vir die plaaslike gemeenskappe mee te bring. ‘n Voordeel van die studie is die direkte bewaringsaksie wat saam met die studie gepaard gaan en werkskepping onder die plaaslike mense. Sou die studie wys dat die metodes wat getoets word, effektief is, en as boere die metode aanneem kan dit moontlik werksgeleenthede mee bring. Die navorsingsprojek sal strek tot Desember 2015 en word gedoen op drie groepe privaatplase wat aan die Namakwa Nasionale Park grens. n Totaal van nege plase aan die suide, die ooste en noorde van die Park gaan in die studie gebruik word. Ten einde die navorsings doelwit/probleem vraagstuk aan te spreek, sal daar onderskeie “scenarios” implementeer word op verskillende plase. Die studiemetodiek sal die plasing van 5 Anatoliese honde op die plase in die ooste teenoor die suidelike plase wat beide honde en ekoveewagters as roofdier beheermetodes sal gebruik, insluit. Die plase in die noorde sal dien as kontrole en geen roofdier beheermetodes sal dus geïmplementeer word nie. Die data van laasgenoemde plase oor

roofdier impakte sal dan vergelyk word met van die plase waar daar eko-veewagters en honde is. Die studie is nog in sy beginfase en het verlede jaar afgeskop met ‘n vergadering met boere rondom die park om hul samewerking tot die studie te kry. Die volgende stap is om die roofdiere te vang sodat hulle met GPS halsbande gemerk kan word, wat die monitering van die diere en hulle gedrag moontlik sal maak. Die halsbande sal dit moontlik maak om inligting oor hul bewegings, areas waar hulle woon en ook hul dieët te bepaal. Daar is ook kamera’s op areas waar die roofdiere voorkom geplaas word om te bepaal hoeveel roofdiere in die area voorkom en watter alternatiewe kosbronne daar vir die roofdiere is. Laastens gaan daar lokvalle vir klein soogdiere soos dassies gestel word om te bepaal of die diere genoeg is om aan die voedingsbehoeftes van die roofdiere te voorsien.

vvlg bl 12

Moniteringspan in die Leliefontein-area losgelaatDIE INLIGTING kan toon wat die impak van veeweiding op die vleilande is. Die vee van al die boere wat ‘n kontrak met die Bio-diversiteit en Rooivleis Inisiatief in die Leliefonteinarea word ook maandeliks deur hierdie moniter-ingspan getel.Die span gaan elke dag uit na die vleilande en teken hulle bevin-dinge aan en rapporteur dit aan Heidi Nieuwoudt, die provin-siale koördineerder van Werk vir Vleilande, vir die analisering daarvan.Volgens Darrel Links, het hy die implementeringsfase wat die oprigting van die strukture be-hels die meeste geniet.“Die nuwe aktiwiteite is baie op-windend. Dit is opwindend om die implementering te doen en jy leer baie nuwe dinge. Ons sien ook hoe van die plante wat uit-gesterf het terugkeer” sê hy.In sy opinie werk die hele proses

baie goed en kan hy nie wag om te sien wat die volgende paar jaar se werksaamhede gaan opbring nie.Soos enige werk is daar maar ‘n paar struikelblokke, maar die span het maklik die klippe uit die pad gerol. “Ons werk in alle weersomstan-dighede en dit kan in die winter ‘n struikelblok wees” ;sê hy. “Die paaie is baie sleg en kan ‘n invloed op die bakkie hê en maak dit moeilik om na al die vleilande te gaan . Die pad na een van die vleilande is van so ‘n swak gehalte dat die span al op ‘n keer met ‘n donkiekar die pad moes aandurf. “Dit wys dat die span inisiatief aan die dag kan lê en dit is ‘n teken dat die span hul bes sal lewer om hul werk na die beste van hul ver-moë sal doen.

Foto deur CSA:

Moniteerders hard aan

die werk in die vleiland.

BOEKE MAAK wêrelde oop, so glo ons. Hiervan kan CSA Wildlife Friendly ekowagters, nou sonder skroom getuig. Die ekowagters is die voetsoldate van wetenskaplikes wat inligting bymekaar maak vir die Cape Leopard Wildlife Trust (CLT) studie soos elders in die Veepos vermeld. CSA het onlangs die ekowagters met 6 veldgidse oor onder andere plante, voёls, slange, soogdiere, insekte, skerpioene, spore en spoorsny toegerus. Die veldgidse is ter aanvulling van die “Global Posi-tioning Systems” (GPS) of dan nou Trimbles, waar-mee die ekowagters hul daaglikse waarnemings in die veld aanteken. Die natuur praat met spore as jou oog op die grond bly en kan die verskil tussen lewe en dood beteken as jy nie waaksaam genoeg is nie. Dit is egter so dat 90% van kennis van spoorsny as ‘n vaardigheid oor ‘n tydperk van meer as 40 jaar al bykans uitgesterf het, volgens Suid Afrikaanse Spoorsny opleidingsinstansies. Vele faktore het natu-urlik hiertoe bygedra,maar met die ekowagter pro-gram word jong mense in die Kamiesberge weereens

met die “maklik” oordraagbare vaardigheid toegerus. “Ek het nooit voorheen belanggestel in die veld om my nie,maar nou met die Trimble kan ek fotos neem van spore, plante en kan dan kom oplees wat-ter dier maak die spore, “ so spog Brenda Snyman, oud-ekowagter van CSA. Vir die interim teken die CLT ekowagters al hul waarnemings aan op vorms en sal eersdaags ook soos ware dataversamelaars met Trimbles in die veld rondloop. As primêre dataversamelaars is dit belangrik dat die ekowagters die regte inligting invoer om so geloof-waardigheid aan die CLT studie te gee. Met die boeke kan die ekowagters nou byvoorbeeld spore of plante identifiseer, verifieer en reg opteken. Die data word dan ingevoer in ‘n sentrale Cybertracker sisteem wat dan deel uitmaak van die maandelikse verslae wat aan die privaat boere gegee word om so hul boerdery metodes aan te pas. Gepantser met boeke en GPS is die ekowagters ‘n onskatbare skakel in toekomstige bewaringspogings in die streek en trotse eienaars van kennis wat niemand ooit van hulle kan wegneem nie.

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

11ProJEKNUUS

KENNiS iS MAG

Roofdierstudie

DEBEERS MYN vvlg van bl 5

vvlg van bl 11.

IN DIE tweede jaar van die studie gaan die eko-veewagters en die Anatoliese honde in die prentjie gebring word. Nadat die metodes op die plase aangebring word sal dit die kontrolering van die roofdiere se bewegings en dieet steeds voortgaan. Die voorkoms van klein soogdiere sal bepaal word om te sien wat die impak van die roofdier vriendelike metodes op hul voorkoms sal wees. In ‘n loodsprojek met eko-veewagters op gemeenskaplike grond, deur CSA is daar getoon dat die teenwoordigheid van eko-veewagters, wat tradisionele

veewagtermetodes toepas, die verlies van vee met 100% verminder.Dit is ook bewys dat die teenwoordigheid van Anatoliese honde effektief is om die roofdiere af te skrik en dus die vee sal beskerm sonder dat daar enige vee verliese aan van beide kante is.Die projek is geloods in samewerking met die Universiteit van Kaapstad, Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van Victoria, Kanada, SAN Parke (Namakwa Nasionale Park),Conservation South Africa, Cape Leopard Trust, Woolworths, ABAX Foundation, Claude Leon Foundation en K-Way.

Foto deur CSA A Cloete: Oom Johannes en Rowan heel spoggerig met hul solar lig

De Beers tot op datum nie 'n beantwoordende beëdigde verklaring in-gedien om te verduidelik waarom enige van die versoekdokumente nie deur die DMH aan CSA vrygestel word nie. Op 2 NOVEMBER 2014 verkry CSA 'n bevel van die Hoërhof, waa-rin De Beers gelas word om sy beantwoordende beëdigde verklaring in te dien by 9 NOVEM-BER 2014. By gebreke, sal De Beers uitges-luit word van die lewer-

ing van antwoordende stukke en sy teenkanting teen die vrystelling van die rekords sal geskraap word . In 'n beëdigde verklar-ing by die hof het CER prokureur Catherine Hors Field gesê: "De Beers wil duidelik die be-paling van die hoof aan-soek vertraag, waarskyn-lik om te verseker dat die oordrag van Namakwa-land Myne te Emerald Panther gefinaliseer word voor die bekendmaking van die versoek rekords.

In ieder geval, die ver-traging is obstruktief en hinderlik , en CSA word aansienlik benadeel as gevolg daarvan. "" As regsverpligtinge om hierdie inligting te open-baar ter syde gestel word, vereis 'n goeie omgewing-sbestuur en korporatiewe aanspreeklikheid dat die publiek in staat sal wees om toegang tot inligting oor die regulering en voldoening van myn-maatskappye bekom. Dit is belangrik om daarop te let dat die DMH was uit-

eindelik bereid om aan die publiek hierdie be-langrike inligting beskik-baar te stel, maar het sy goeie bedoelings deur De Beers laat fnuik, "sê Melissa Fourie, CER uit-voerende direkteur. Sarah Frazee, uitvoer-ende hoof van CSA, sê dat "gegewe De Beers se verklaarde Korporatiewe Maatskaplike Verant-woordel ikheidsverp-ligtinge, was sy optrede met betrekking tot Na-makwaland Myne uiters teleurstellend."

ELDERS IN die Veepos is daar berig oor die Holistiese Veebestuur-skursus wat deur Jozua Lambrecths, ‘n Holistiese Bestuurskundige aangebied is. Jozua het weer na Leliefontein gekom, die keer vergesel van een van die land se beste veekundiges, Dr Gerhard Steenkamp, van Zoetis, en het ‘n tweedag kursus aangebied oor Gesondheid, Veiligheid en Produktiwiteit van Vee.Die kursus het ‘n teoretiese en praktiese gedeelte gehad. Tydens die teorie is daar ‘n volle dag spandeer aan al die baie siektes wat vee kan opdoen, hoe om inwendige en uitwendige parasiete, asook bakteriese en virussiektes te identifiseer en watter veemedisynes om te gebruik om vee gesond te hou.Daar is ook tyd spandeer om ‘n teelprogram uit te werk, asook watter aanvullings tydens verskeie tye gegee moet word, soos vitamiene A, om produktiwiteit in terme van lampersentasie te verseker.Die tweede oggend is in die kraal spandeer op die praktiese sy van die kursus en Dr Steenkamp het gewys hoe om probleme by diere te iden-tifiseer en ook hoe veemedisynes korrek toegedien moet word.

BRC Boere leer hoe om vee gesond, veilig en produktief te hou

Foto deur CSA: Shaun Basson & Kevin Cloete spog met veldgidse

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

12 NGEdNUUS

‘N LAMMETJIE word gebore, grootgemaak, verkoop, geslag en dan beland dit in ons potte in die tog na ons mae, dis die lewensloop van vee, veral hier in Namakwaland waar die meeste van ons maar die vleistand geerf het. Vir baie boere is vee hul brood en botter en is dit belangrik om te verseker dat skape in ‘n goeie kondisie is sodat dit vir ‘n goeie prys kan loop.Hier by CSA werk ons met talle veeboere wat hul vee aan spekuleerders, slagpale en mede-boere of selfs familie en vriende vekoop. Dus was dit noodsaaklik om ‘n opleidingsessie te reël waar die boere kon meer leer oor die klassifisering van lewende hawe.CSA het die plaaslike slagpale, NamMeat genader om die boere van Leliefontein en Steinkopf opleiding te gee ten opsigte van die gradering van vleis. By die opleiding is die boere ingelig hoe die South African Meat Industry Company (SAMIC) klassifisering stelsel in die praktyk werk. SAMIC is deur die Rooivleis Industrie van Suid Afrika geskep om te verseker dat daar standaardriglyne is om die kwaliteit en veiligheid van rooivleis te reguleer. As dit kom by die verkope van vee aan slagpale is SAMIC die waghond om verseker dat die nasionale standaarde onderhou word. Die opleiding wat deur die boere ontvang was kon hul kennis in terme van die gradering van vleis verbeter en hulle instaat stel om die vet en graderingskwaliteit wat nodig is vir die vleismark te identifiseer. Die opleiding was prakties en die boere het die geleentheid gekry om self die gradering van die lewende hawe te doen om hulle in staat te stel om die proses 100% te verstaan.Die boere het almal genoem dat dit vir hulle ‘n baie leersame proses was en het bemagtig gevoel met die nuutgevonde kennis. SAMIC het ‘n lys graderingsvereistes en ‘n klassifiseringsproses bekend gestel wat deur alle slagpale in die land gebruik moet word. Die klassifiseringsproses begin wanneer die skaap by die slagpale aankom. Hulle word volgens liggaamsbou en vetheid geklassifiseer en ‘n kleurtou word aan hulle toegestaan volgens die klas waarin hulle val. ‘n Ander belangrike aspek in die klassifiseringsproses is die klassifikasie volgens ouderdom.Het u geweet ‘n skaap se ouderdom word bepaal aan sy

tande. Skape wat nog nie tande gewissel het nie en steeds hul melktande in hul bekke het word as ‘n Klas A skaap beskou. Dit is steeds ‘n A klas as die skaap al gewissel het, maar daar is geen emalje van die volwasse tande sigbaar in hul mond nie. Die AB-klas is die wat al 1 of 2 volwasse tande in hul bekke het. Dan is die B-klas die met 3-6 tande en laastens is die C-klas die skape met meer as 6 volwasse tande.As u in die winkels u vleis gaan koop kyk uit vir die kleur van die seёls waarmee dit gemerk is. Die sagste vleis kry ‘n pers A merk wat spesifiseer dat dit A-klas vleis is wat jou tande sal laat water van die lekkerkry. Dan is daar die groen merk, wat nie so sag soos die A klas is nie, maar as AB-klas sal dit nie die hele dag vat om sag te kook nie. Die B-klas wat bietjie taaier as die AB is word met bruin ink gemerk. En laastens word die C-klas, wat ten einde die taaiste vleis is wat die slagpale sal verkoop, met rooi ink gemerk.

Na die tandklassifisering word die vee ook volgens vetheidsgraad geklas. ‘n Klas 0 skaap sal geen vet in sy liggaam het nie, waar ‘n klas 1 skaap as baie maer beskou word en klas 2 as maer. So vir al die Cholestrol lyers sal ek aanraai om klas 0-2 vleis te koop. ‘n Klas 3 identifikasie dui aan dat die skaap medium vet het en dus sal daardie ribbetjie lekker suis oor die kole sonder dat dit jou cholesterol vlakke die hoogte sal opskiet. Klas 4 word as vet aanskou, 5 word matig oorvet beskou en 6 is uitermatig oorvet. Die markpryse wissel elke week en die prys van rooivleis word per kilogram volgens die klas waarin die lewende hawe val bepaal.Tydens die opleidingsessie is die proses van klassifisering aan die boere verduidelik en daarna het hulle geleentheid gekry om die lewende hawe te klassifiseer. Die boere het die vee in die kraal geklas waarna dit verder deur die graderingsbeamptes van NAMMEAT in die afwesigheid van die boere geklassifiseer. Die klassifisering wat die boere gedoen het was identies aan die wat die slagpale self gedoen het, dus kon ons sien dat die boere na die sessie ingelig genoeg was om self hul vee te klassifiseer voor hulle dit verkoop.Vir Oom Stevie Cloete, ‘n gesoute boer van Ikosis,Steinkopf, moet ‘n vee nie te maer te wees nie,dan is dit reg.Oom Bokka het onder groot gekorswel gesê dat die boere die !xhabbasietjie

(vet) van die vleis voel om bepaal of dit reg is vir gebruik al dan nie. Die opleidingsessie het dus sonder twyfel net voortgebou op die inheemse kennis wat die boere al oor die jare heen toepas op hul boerdery. Die klassifisering van die diere bepaal die prys wat die boere by die slagpale gaan kry vir hulle vee en deur hulle van die inligting te voorsien is hulle bemagtig om nie net te moet aanvaar wat hulle gesê word nie, maar om self te bepaal wat hul vee werd is. Dié is maar die eerste treё afgelê op die pad na volhoubare veeboerdery vir Namakwalandse boere.

GrAdEriNGSoPLEidiNG hELP boErE oM bEtEr PrySE tE bEdiNG!

Foto deur: CSA /RHein: Oom Bokka, Gert en Stevie van Ikosis boere word gewys hoe om diere te gradeer deur Albie (NAMMeat).

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

13NGEdNUUS

ELKEEN VAN ons bring sy eie verstaan oor die betekenis van woorde na die ontwikkelingstafel. In Namakwaland waar boerdery op kommunale stelsels geskoei is, het die veetaal sy eie woordeskat oor die eeue heen opgebou. Hier is veetaal erfgoed wat van geslag tot geslag oorgedra word. Maar hoe gemaak as woorde soos ho-listiese landboubestuur aan die deure van veeboere kom klop? Met die onlangse bywoning van ‘n Holistiese Landbou Bestuurso-pleidingswerkswinkel, befonds deur CSA onderleiding van Jozua Lambrechts, ‘n Holistiese Bestu-urskonsultant, in Leliefontein het die wetenskap van ontwik-kelingstaal van gemeenskappe en navorsers onderskeidelik my laat kopstaan. Leliefontein en Steinkopf veeboere moes met ver-skeie begrippe in Holistiese Land-bou bestuur stoei en ‘n kopskuif maak oor die impak van veebo-edery op die volhoubaarheid van grondbestuur. Lambrecht dwing respek af met sy onuitputbare en-ergie om sy kennis en persoonlike ervaring van boerdery. Soos Gert Cloete van Ikosis sê, “Ek soek nie ‘n boer op papier nie, wys my die grond wat jy geloop en gewerk het met jou eie hande.” Ten einde een veetaal onder die deelnemers te vestig het Lam-brecht die begrip, Holistiese Bestuur oopgevlek tot op die been. Hier was aan hand van praktiese voorbeelde gepraat oor gronderosie, bosindringing, oor-beweiding, vertrapping,drakrag en vele meer aspekte wat die

boere se daaglikse lewe beïnv-loed. Eers was daar lig gewerp op die verstaan van boerdery as ‘n besigheid binne ‘n kommunale konteks. Boere moet weet dat as kosprodusente hul besighede bedryf, sê Lambrecht en tot 5% bydrae tot die land se ekonomie. Boere bestuur ‘n produksieket-ting deur natuurlike hulpbronne (veld,grond) om te skakel in vleis of graan en dan weer in geld. So dit was die eerste kopskuif, kom-munale boerdery is ‘n besigheid. Beplanning is egter belangrik vir volhoubare boerdery. Volgens Lambrecht gebeur Ho-listiese Landbou Bestuur as die boer ekologie, sosiaal en finansies kan trou. Die woord holisties is dus wanneer die beskerming van die ekologie, sosiale en finansiёle vooruitgang bewerkstellig. Die een moet nie ten koste van die ander bevorder word nie. Boere moet die eenheid bewerkstellig en ook die biologiese jaar van hul vee inagneem tydens beslui-tneming. Koppel byvoorbeeld die natuurlike plantegroei met die siklus van die vee. So jy leer uit ervaring, of die natuur wanneer om ram in te sit sodat die lam-mers gebore kan word wanneer daar veld beskikbaar is. Woorde soos oorbeweiding het vir my nuwe betekenis gekry. Volgens Lambrecht word die veld oorbewei nie, maar wel indivi-duele plante. Hy verduidelik aan die hand van ‘n voorbeeld dat een donkie wat heeljaar in die kamp is, meer skadelik vir die veld as die 365 donkies wat een dag gelyk

in die kamp wei. Omdat die veld in die kamp met die een donkie nie ‘n rusperiode kry nie, terwyl die veld in die kamp met die 365 donkies vir 364 dae van die jaar rus. ’n Redelike herstelperiode vir weiding is tussen 90 tot 120 dae veral vir meerjarige grasse sodat die wortels ook kan herstel. Boere kan nie reёn beheer nie, sê Lambrecht, maar kan dit wel meer effektief maak deur die aardkors te breek en bedek met plantmaterial,mis en urine vir beter filtrasie. Instede van teg-nologie gebruik, moet die boer na die natuur kyk vir antwoorde. Met die interaksie van roofdiere en hul prooi beweeg wild byvoor-beeld in digte troppe as hulle bed-reig word om vangste verminder. Daardie beweging breek die aard-kors en sade word weer ingetrap en weiding so herstel, die diere mis en urineer en sit humus terug in die grond. Veedigtheid vir die korrekte periodes, met ‘n genoeg herstelperiode tussenin, kan dus die boer help met die breek van die harde kors en herverspreiding van natuurlike plantegroei. Veed-igtheid is die teenoorgestelde van veelading, oftewel drakrag en berus op hoeveel diere jy op jou plaas aanhou. Altwee die prosesse kan egter deur die boer self be-heer word. Na afloop van twee dae is boere toegerus met metodes wat hul bestuursprosesse kan beïnvloed. Hoe meer boere blootgestel word aan die begrippe kan daar dalk in ‘n paar jaar ‘n nuwe veetaal in Na-makwaland uit een mond gepraat

In die begin was die woord Holi..sties(heel)

Foto deur AB Cloete CSA , Jozua Lambrecht gee buite klas aan Leliefontein en Steinkopf boere

AS DEEL van die Wildlife Friendly Lamb Project (sien berig elders in Veepos) word roofdiere in vanghokke gevang en met GPS halsbande toegerus, sodat hul bewegings gevolg kan word. Onlangs het die stu-dente wat die studie lei, Kristine Teichman en Bogdan Cristescu, die geleentheid gekry om ‘n rooikat wat deur een van die plaaslike boere gevang, ook met ‘n halsband toe te rus. Die rooikat was ‘n yslike groot mannetjie wat die skaal by 16 kg kon laat trek.

Die rooikat is maar een van die roofdiere wat gevang is en met hals-bande toegerus is, as deel van die Wildlife Friendly Studie, wat gaan toets hoe effektief en koste-effektief alternatiewe roofdierbestuursme-todes is in vergelyking met huidige, dodelike metodes. Om alles goed te verstaan, moet ons ook meer inligting hê oor roofdiere se gedrag en dit is waarvoor die halsbande is.

Op soek na iets met ‘n “ andersgeit “ vir kersfees. Kom loer gerus in by Lydia Handmade Crafts in Bergsig vir pragtige herwinbare kunswerke. Lydia kan gekontak word by 073 000 3818.

KNEWEL VAN ‘N rooiKAt Word MEt GPS hALSbANd toEGErUS

Vleispryse soos op 25 November 2014:Skaapvleis A2/A3 R53-84Skaapvleis AB2/AB3 R48-06Skaapvleis B2/B3 R40-85Skaapvleis C2/C3 R39-96

Die pryse is per kilogram uitgeslagte gewig en sluit die 5de kwart (afval) in

Prys vir Dorpervelle (groen) is R85-14.

November vleis pryse

Kersgeskenke met ‘n geit

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

14 NGEdNUUS

boErE LEEr by riEMVASMAAK EN KUboES

Nuwe projekte sluit aan by die Skeppies familie

SEDERT VERLEDE jaar Oktober maand het die Skeppies familie 13 nuwe besighede onder hul sambreel verwelkom. Dit bring nou die aantal Skeppies projekte op 27. Die Skeppies fonds is begin onder die vaandel van CSA om entrepreneurs te help om natuurlike hulpbronne in die prioriteitsareas ekonomies en volhoubaar te gebruik. Net soos die ledetal gegroei het, het die Fonds self deur groeipyne gegaan. Nietenspyte die naam Skeppies

Fonds het die program se klem verskuif oor die jare vanaf ‘n befondser na uitsluitlik die van ‘n raadgewende en ondersteunende rol. Tesame hiermee is daar ook nou ‘n sterk fokus op besigheidsopleiding en die daarstelling van ‘n Klimaats Weerstandige Besigheidsnetwerk vir Skeppies projekte. Wat deelname aan die Skeppies program uniek en waardevol maak vir die entrepreneur is dat die besigheid

vanselfsprekend deel vorm van die Namakwalandse Klimaats Weerstandige Besigheidsnetwerk. Klimaatsverandering gaan toeneem en dit is belangrik dat entrepeneurs die impak daarvan op hul besighede verstaan. Met toenemende aardsverwarming is oorstromings en spesifiek in Namakwaland is droogtes en brande ‘n werklikheid waarteen besighede hulself moet beskerm. Besighede het ook ‘n verantwoordelikheid om hul

“carbon footprint” te verminder deur klein veranderinge soos die gebruik van groen/eko vriendelike produkte en dienste in te stel. Om in stede van rou materiaal beweeg na herwinbare material om produkte te maak en ook water en energie spaarsamig te gebruik. Skeppies poog om met die Klimaats Weerstandige Besigheidsnetwerk die tipe denkwense onder besighede te stimuleer om hulself aan te pas by die onvermydelike sodat die effek daarvan nie so dramaties is vir die besigheid nie. Skeppies projekte word toegerus met groen tegnologie soos solar krag opwekkers,ligte,water tenke wat hul elekriese koste verminder en ook indirek lei tot ‘n verminderde gebruik van natuurlike hulpbronne. Byvoorbeeld is die Kammas Fontein Oornag geriewe op die 4x4 roete teen die Pella- Oranjerivier ‘n oornag staan plek vir 4 x4 toeriste wat Skeppies met solar energie produkte gaan toerus. Die netwerk het ten doel om meer gevestigde besighede betrek om die ondersteuning aan nuwe ontwikkelende projekte onder die Skeppies vaandel te gee.

Die nuwe besighede wat tans by Skeppies aangesluit het fokus op herwinning van papier, staal, glas,inheemse plante, die maak van essensiёle olies en toerisme projekte. Die projekte is so ver geleё soos Vioolsdrift,Onseepkans,Pella en Kharkams. Hulle het al twee werkswinkels deelgeneem en die Skeppies span het al ten minste een keer besoek by die meeste besighede gaan aflê om dit te moniteer en evalueer.Die besighede het al baie ondersteuning van die Skeppies span ontvang en het opleiding ontvang rondom etiket, behoefte analises en klimaatsverandering. Tydens die werkswinkels was daar sprekers van ondermeer DTI, Standard Bank en Open Afrika wat gepraat het oor befondsings en bemarkings geleenthede vir die besighede.Na die laaste Skeppies werkswinkel het daar reeds vier mense by DTI gaan aanklop vir finansiële hulp.Die is maar net die begin van ‘n lang pad wat Skeppies saam met die besighede gaan stap en almal by Skeppies is baie opgewonde om die besighede te help en te kweek om tot hul volle potensiaal te groei.

BOERE VAN Steinkopf en Leliefontein het onlangs gaan kers opsteek by die inwoners van die Richtersveld asook Riemvasmaak. Die uitreik was nie om die pragtige landskappe te sien nie (alhoewel dit ‘n bonus was), maar wel ‘n leerervaring waartydens die boere se kapasiteit gebou is sodat hulle hul ekosisteme volhoubaar kan bewaar. Die twee plekke het elkeen hul eie storie om te vertel rakende kommunale gronde wat as Nasionale Parke geproklameer is, om die ekosisteme te bewaar. Die boere moes leer om saam met die

Parke te leef en hul lewens rondom die parke te bou. Die doel van nasionale parke is gewoonlik om die diere, plante en landskap wat daar voorkom te beskerm en vir die nageslag te bewaar. En is dit nie ook wat ons almal wil hê aan die einde van die dag nie? Dit is egter nie vir almal dieselfde ervaring nie. Elkeen het sy eie voor en nadele, maar in elke lewenservaring is daar ‘n les te leer.Riemvasmaak het ‘n storie van swaarkry en sukkel om bestaan as boer te maak as gevolg van hul kleurvolle geskiedenis en die nadraai van hul uitsetting tydens

die apartheid era, maar tog druk die boere deur. In die hitte van Apartheid was die Riemvasmakers van hul grond afgesit om plek te maak vir die Suid Afrikaanse weermag. Aan die einde van apartheid is die grond terug besorg aan hul regmatige eienaars en kon die genesing begin.Nadat die grond terug aan die Riemvasmakers besorg was, het hulle hul grootste uitdaging gehad: hul huise was verbrand, hul skool is verniel en hul grond was besoedel met ammunisie wat die weermag daar gelos het. Die inwoners moes van voor af begin om hul dorp

weer in ere te herstel.Die pad na herstel was lank, en vandag nog is daar rowe wat nie heeltemal gesond is nie, maar die gemeenskap werk hard om hul lewensomstandighede te verbeter. Riemvasmaak is ryk aan biodiversiteit en die landskappe is pragtig, die witkruisarend broei daar, jy sal ‘n vis arend raaksien, kameeldoringbome, die kokerbome en die veewagtersboom word daar gevind. Behalwe bogenoemde is daar elke jaar ‘n see van blomme wat kom gesig wys en die vlaktes in ‘n see van kleur verander.Nadat Melkbosrand die kommunale

grond buite Riemvasmaak, geproklameer is, word geen veeboerdery aktiwiteit maar hier toegelaat nie.. Melkbosrand is as Nasionale Park geproklameer en dit is in ‘n hof beslis dat hierdie gronde ‘n natuurreservaat moet bly. Die enigste manier vir die inwoners om die gronde te gebruik om ‘n inkomste te verdien is deur middel van toerisme.Na tien jaar is daar nog geen werkbare bestuursplan vir die mense van Riemvasmaak ontwerp nie en dus moet hulle steeds op hul eie aanploeter om ‘n bestaan te maak.

SKEPPiES fAMiLiE GroEi

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

15NGEdNUUS

N WYSE mens het lankgelede geskryf dat die enigste plek waar sukses voor die woord werk staan, in die woordeboek is . Vir Maria Kotze en Pieter Koopman was die waarheid volbring vanjaar in Nairobi, Kenia toe die Heiveld Kooperasie as een van 10 wenners, die gesogte Equator Prys vir Volhoubare Grondbestuur in Sub- Sahara Afrika ontvang het. Die United Nations Development Program(UNDP) prys kom met ‘n Sertifikaat vir Prestasie en kontantprys. Verder sal die Heiveld Kooperasie nou deel uit maak van ‘n internasionale netwerk van 152 plaaslike beste praktyke in bewaring en ontwikkeling. Om die merkwaardigheid van die prys in te sien, moet die nederige begin van die koöperasie vertel word.

Heiveld Kooperasie is geleё in Nieuwoudtville, ‘n harde, droё wêreld met uiterste temperature van droogtes en koue. In die bergagtige wêreld groei ‘n seldsame plantejuweel, Rooibostee (Aspalathus Linearis) wat endemies is tot die fynbosbioom van die omgewing. Die storie agter die tee is geweldig interessant. Dit begin by die Khoimense wat dit vir medisinale redes en tee gebruik het. En soos die geskiedenis dit wil hê, het ‘n Russiesie immigrant Benjamin Ginsberg in 1904 dit vir die eerste keer kommersieёl verkoop in Europa. In 1930 het hy die eerste teeplaas, Klein Kliphuis begin met saad wat hy van ‘n Khoivrou ontvang het. Vandag is die tee die ekonomiese ruggraat van die Nieuwoudtville streek. Die kommersiёle boere in

die Sederberg streek produseer tot 12 000 ton rooibostee met ‘n markwaarde van R4.5 miljoen, jaarliks aan die mark. Die sektor verskaf werk aan 4500 mense in die gebied. Die eerste eienaars van rooibos was sistematies uitgeskryf uit die ekonomie van die rooibostee industrie in Suid Afrika. “Ons voorouers het die plant gebruik vir behandeling teen maag en velprobleme. Ek het dit ingekry in pleks van moedersmelk. Dit is in my bloed;” sê Barend Salomo van Wupperthal. Hier werk mense op plase of is bestaansvee en -rooibosteeboere of is afhanklik van regeringstoelae. Die paar mense wat wel grond besit het, het rooibos aangeplant maar markte was ‘n probleem. Armoede en hul afhanklikheid van die natuur het die Bokkevelders se weerloosheid teen natuurrampe soos klimaatsverandering aansienlik verhoog. Die rooibosteeboere produseer aangeplante (mak) en wilde rooibostee wat natuurlik in die veld voorkom. Oor die jare heen het die kommersiёle verbouing van die maktee veroorsaak dat die wildetee amper uitgeroei is in die streek. Doodeenvoudig omdat die wildetee endemies is van die fynbosbioom waarvan al 55% uitgewis is vir die aanplanting van maktee, aartappelboerdery, oordadige brande en oorbeweiding. Vir die bogenome redes het leiers uit die gemeenskap in samewerking met Environmental Monitoring Group (EMG), ‘n plaaslike nie-regeringsorganisasie, begin soek na antwoorde om hul lewensomstandighede te verbeter. Hul soeke het hul Ricthersveld, toerisme projekte en Wupperthal toe geneem waar

organiese rooibosteeboerdery onderskeidelik ondersoek was. In 2001 vertel Koos Koopman, stigterlid van Heiveld Koöperasie, is die ideё van die koöperasie in ‘n taxi op Vanrhynsdorp gebore. Boere het besluit om saam te staan om toegang tot markte en hoёr pryse vir hul rooibostee te verseker. Maar soms gooi die lewe so ‘n ekstra kinkel in die kabel wat dan vereis dat mens buite die boks moet dink om jou probleem op te los. Die droogte van 2003 en 2006 het kleinboere op die knieё gebring met 40 – 100% produksieverliese. In die naspel van die droogte moes kleinboere herbesin oor die weerstandelikheid van die variëteit rooibos wat aangeplant word. Hulle moes erosiebestuur en biodiversiteitsbewaring ernstiger opneem in hulle boerderymetodes. Die verbouing van wilderooibostee is weer ingebring omdat dit beter bestand is teen peste, droogtes en ‘n langer leeftyd het teenoor maktee. Verder is 4 plase toegerus met reёnmeters en klimaatsdagboeke om klimaatsverandering te moniteer. Boere het geleer dat die mikroklimaat verskil van plaas tot plaas.

Nou dra die Heiveld boere by tot biodiversiteitsbewaring deur stroke natuurlike plantegroei tussen die aangeplante tee te los wat terselftertyd ook dien as buffer teen erosie en verwoestynning. Volgens Koos Koopman van Langkloof plant hy nou sy tee aan op 30 m middelstroke en los 10m natuurlike stroke. “Die vorige boere het nie met biodiversiteit geboer nie en is kosbare grond gemors” sê Koopman. Gegewe al die strategieё is hulle nou beter instaat te wees om tydens droogtes produksie verliese te hanteer.

Terselftertyd is die lewenstandaarde van die lede verbeter en spog kleinboere met ‘n 400% inkomste verhoging. Die Koöperatief was deur 11 stigterlede begin en vandag het die ledetal gegroei tot 64 rooibosteeboere. As gesertifiseerde organiese verbouer verkoop Heiveld tussen 50 en 80 ton tee jaarliks aan Fairtrade wat 9 internasionale lande insluit soos Duitsland, Verenigde Koninkryk, Switzerland, Italiё, Frankryk, Belgiё, VSA, Kanada, Japan, Nieu Zealand en Australiё. Dit het gemaak dat die kooperasie tans die hoogs betaalde uitvoerder van organiese rooibostee in Nieuwoudtville is. In ‘n streek waar werkloosheid die botoon voer gee Heiveld, afhangende van die seisoen, tot 17 mense werk. Infrastruktuur was ontwikkel en is ondermeer ‘n teebaan, kantore en stoorfasiliteite opgerig en daar word ook studiebeurse gegee aan plaaslike studente. Die suksesse van die koöperasie laat mens sprakeloos omdat die begin daarvan so oneindig nederig was. Ons het net bokke, grondjie en dan die tee het die mense vir Indigo meegedeel in die heel eerste rondtes van ontmoetings. Min het hulle toe geweet dat die tee van die voorvaders die eenvoudige inheemse mense van die Bokkeveld ‘n groot naam in volhoubare grondbestuur sou maak nie. Met die prys in die sak is hulle nou ‘n wêreld erkende gevallestudie vir die volhoubare verbouing van rooibostee. Maar nietenspyte van al die suksesse is dieselfde nederigheid nog te bespeur onder die mense. “Die pad was nie altyd maklik nie, alhoewel dit vir mense so mag klink, maar ons leer nog elke dag” sê die Heivelders.

Riemvasmaak en Kuboes vvlg van bl 14

rooiboStEE boErE bEKrooN Vir VoLhoUbArE GroNdbEStUUr

vvlg bl 15NADAT BAIE van hul gronde as bewaringsareas verklaar is kan hulle nie goeie boerdery toepas nie want die grond wat beskikbaar is, is te min vir hulle om ordentlik te boer. Dus is die mense gedwing om na alternatiewe metodes van inkomste te kyk. Riemvasmaak is geleë naby die Augrabies watervalle asook hulle eie warmwaterbronne wat hulle kon inspan om as toeriste attraksies te dien sodat daar inkomste in die dorp kan wees. Die inwoners het ook verskeie 4X4 en stap roetes aangebring om toeriste na hul dorpie te lok.Alhoewel ontwikkeling bietjie stadig was in die Riemvasmaak Gemeenskap Bewaringsgebied, het die gemeenskap nie ontmoedig geraak nie. Wingerde was anngeplant op ‘n groot deel van hul

grond om rosyntjies te produseer as sekondêre produk van drywe. Die boere moes leer om hul bronne wat hulle het sover moontlik uit te rek om ‘n ordentlike lewensbestaan te kan voer en dit is lesse wat hulle saam met ander kan deel. Na die kuier in Riemvasmaak het die lang tog na die Richtersveld begin, waar die boere ‘n interessante en goeie verhouding met die mense van die Nasionale Park het. Dit is interessant om twee verskillende perspektiewe te sien, want hier het ons te make met mense wat probleme ervaar het nadat ‘n Nasionale Park in hul area gestig is en dan aan die anderkant van die spektrum het ons weer te doen met mense wat goed saam werk met die park. Dit is interessante verhoudings om te sien, maar aan die einde het ons almal tog een

doel en dit is om ons natuurlike hulpbronne te bewaar. Die AisAis Oorgrenspark in die Richtersveld is in 1991 geproklameer en sedertien kon die boere wat reeds op daardie gronde gevestig was daar voortboer. Die park is egter ‘n bewaringsterrein en die boere moet dus verseker dat hulle by die weidingsregulasies en reëls van die park hou. Waar daar by Riemvasmaak geen van die ingrypings is nie.Alhoewel dit vir die boere ‘n voordeel is om in die park te kan wei met hul vee, is daar egter ook struikelblokke. Die park is in die droë Richtersveld geleë en dit word van tyd tot tyd so droog dat die weiplek vir vee te min is. Die boere wat op kommunale grond boer weier die ‘parkboere’ toegang tot gronde buite die park in droogte

tye,omrede hulle nie die park kan betree nie. Die boere is van mening dat die parkboere die brood aan albei kante gebotter wil hê. Tydens die uitruilbesoek het die boere geleentheid gehad om met een van die boere in die park te gesels oor hul uitdagings en voordele en van die lesse wat hulle geleer het. Soos orals het die reёling met die park sy voor en nadele maar tans werk hulle goed saam en help hulle mekaar om die lewe gemakliker te maak vir hulself. Die uitruilspan was baie gelukkig en was geïnspireer deur die boer in Kuboes nie net oor alles wat sy doen nie, maar ook oor die feit dat sy ‘n vrou is wat so vasvat in die boerdery. Die trippie na Kuboes het hulle ook laat voel dat hulle nog baie het om te leer soos een van die deelnemers genoem het:

“Richtersveld is 10 jaar voor ons.”Behalwe om net te gaan leer leer leer kon die span ook die kwekery te besigtig waar die beroemde halfmens en kokerbome gekweek word. Hulle kon sien hoe die saailinge gereed staan en geduldig wag om te groei sodat hulle in die veld herplant kan word.Na die besoek was die boere gewapen met kennis wat hulle nie voorheen gehad het nie. Dit is veilig om te sê dat die besoek van die boere hul oë oopgemaak het om hul seëninge te tel en dankbaar te wees vir dit wat hulle besit, maar dit het ook hul oë oopgemaak vir nuwe dinge wat hulle kan aanpak. Dit is belangrik vir ons almal om ons hulpbronne op te pas en bewaar, maar soveel meer vir boere wie se inkomste uit die natuur kom.

Oom Barry Koopman stap deur sy rooibosteelande.

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

16 NUUS

G E W O O N L I K WANNEER jy by ie-mand gaan kuier wys hulle jou foto’s van hul kinders en klein-kinders, maar nie in Rio Piedras nie. Nee. Hier wys die boere handevol kriewelrige erdwurms met trots.Maar die boere het rede om trots te wees op hul wurms want die wurms help hulle met hul “klimaat slim” landbou prak-tyke.Boere van Rio Piedra gebruik die wurms om kompos te maak wat hulle in hul tuine gebruik. Vir mense aan die voortou van klimaatsverandering help sulke inisiatiewe om voedselskuriteit ‘n hupstoot te gee en om die aanpassing-skapasiteit van die boere te verbeter.Die meeste boere in die streek maak sta-at op groente tuine en klein plotte met boontjies en aar-tappels om in hul basiese behoeftes te voorsien. Daarom is dit vir hulle ‘n groot aanwins om die wur-ms te gebruik om

sulke goeie kwaliteit kompos te maak,wat die gebruik van duur chemiese bemest-ingstowwe onnodig maak.“Die beste kompos kom van die bio-fabrieke,” se een van die boere, terwyl hy ‘n handvol ryk swart grond uit een van die kratte wurms skep.” Ek het opgehou om chemiese bemest-ingstowwe en pes-doders te gebruik want ek het ‘n meer ekonomiese en ekol-ogiese alternatief.”Dit is baie maklik om ‘n biofabriek te maak. Al wat jy no-dig het is twee of drie groot houtkratte wat duisende Kaliforn-iese wurms kan huis-ves. Die wurms kan beesmis, oesreste en huishoudelike afval in goeie kwaliteit kompos verander.Dit is bewys dat die kompos wat die wurms maak die grondstruktuur ver-beter, die deursy-feringstempo van water verhoog, die pH-vlak van grond verbeter en gronder-

osie voorkom.Wat nog meer is, is die feit dat boere die kompos as ‘n bron van ekstra inkom-ste kan gebruik deur die oorblywende kompos te verkoop. ‘n Informele mark het alreeds tus-sen die boere op-gespring waar hulle ekstra kompos en mis onder mekaar verkoop.Daar is ‘n inisiatief ook begin om ‘n weeklikse organiese mark in die nabygel-eë stad Popayan te vestig, en vervaardi-gers van die kompos het hulself georgani-seer om die orga-niese produkte aan te bied om groter win-ste te kry.Behalwe die ekstra inkomste en beter grondtoestande help die biofabrieke ook met mitigasie van klimaatsverander-ing op sekere vlakke. Deur die mis en kro-preste in kompos te verander voor dit in die grond bewerk word, stel dit minder metaangas vry wat direkte mitigasie is.

Hul lewer ook ‘n in-direkte bydrae deur die vermindering van kweekhuisgasse tydens die maak en vervoer van die che-miese bemestings-towwe en pesdod-ers wat hulle vroeёr gebruik het en die verbranding van huishoudelike afval asook die vrystell-ings wat geasosieёr word met onkruid en kropreste.‘n Paar jaar gelede is die inisiatief danksy die hulp van Fundacian Rio Pie-dras, ‘n plaaslike NGO begin deur op ‘n paar gekose plase volhoubare land-boumetodes probeer bevorder.Elke silwer randjie moet ‘n wolkie ook byhê, die kompos mengsel verg nogal harde werk, veral as jy die mengsel moet roer en soms is dit baie moeilik om genoeg wurms te kry om die proses glad en vinnig te laat ver-loop. Om die bees-mis na die kratte te dra is ook tydrowend en nie die mees aan-

genaamste ding om te doen nie en dan is daar die lang wag vir drie of vier maande voor jy ‘n bruikbare produk het. Maar ten spyte van die paar uitdagings is boere vol lof oor die tegniek.Hierdie produk is defnitief ‘n wen-wen saak, want jy kry or-ganiese bemestingstof en sommer ‘n pesdoder op dieselfde slag. Nie net kos dit jou baie min om die produk te maak, dit bespaar jou ook die geld wat jy normaalweg op kunsmatige bemes-tingstowwe en onk-ruidoders sou span-deer.In die verlede was die hoё koste van klimaatslim praktyke altyd ‘n doring in die boere se vlees wat ge-maak het dat boere dit na ‘n paar jaar los, maar hierdie goed-koop en eenvoudige praktyk is dalk die een wat vir baie jare gaan vashaak.

Leerders spring in om endemiese plant te red ESELoor oNdEr bEWAriNG iN StEiNKoPf

GoGGAS iS NiE bANGMAAKGoEd NiE

“JONGMENSE, SIT wakker,” lei die spreekwoord hier in Namakwaland. As deel van die Eko-skole program het Ferdinand Brecher Primêr se leerlinge ingespring om die Eseloor(Cheiridopsis peculiaris)

populasie van uitwissing te red. Die kolonie kom voor so 3 km noord in die klipkoppies van Steinkopf en is al sedert 2013 onder die bewaringsoog van die leerders, Departement Omgewingsake en Natuurbewaring (DENC)

en die Meentkomitee van Steinkopf. By monde van die botanis, Annelise Le Roux, is die spesie uniek omdat dit die enigste bekende kolonie in Suid Afrika is waar die plantegroei so dig groei. Die plant is internasionaal ge-oormerk as ‘n kritiese bedreigde spesie in die groter Sukkelente Karoo bioom. Die Sukkulente Karoo bioom het ‘n ryk plantspesie van 4750 spesies waarvan 35% endemies is. Saam met DENC, het die jongspan ‘n sensusopname van die kolonie gedoen om die digtheid en verspreiding van die spesie bepaal. Die opname het gewys dat die kolonie dig is in terme van plantgetalle,maar beperk is volgens grootte. ‘n Sliknet is opgerig oor die erosie beskadigde areas om verdere afloop tydens die reёnseisoen te verhoed en om die mineraalryke bogrond te stabiliseer. Die sliknet help ook om sade op te vang en kan lei tot ontkieming en so die nuwe plantegroei op die kaalgestroopde areas teweegbring.

Maar alles het ‘n begin, so laat ek terug kom na die ontstaan van die bewaringsaksie. Met die Port Nolloth padinstandhoudingsprojek het die kontrakteur onwettiglik die area betree en klippe gebruik sonder toestemming. Waaroor die bohaai oor ‘n

paar klippies sou mens reken. Die klippe help dat die vee en donkies nie die plante vertrap nie. Dit help dat vetplante hul water langer behou en dus bestand is teen droogtes. Met die weggevat van die klippe is die plante weerloos teen die natuur en diere. As die klippe verwyder word, is die kanse op erosie soveel groter. Die reёn kan slote spoel en die weidingsgrond verminder wat tot nadeel is vir veeboere. Verdere ondersoek het gevind dat die eienaars dood is en het die Departement Ferdinand Brecher Eko-skool program betrek en het hulle ‘n ongelooflike bydrae tot die bewaring van die eseloorkolonie gelewer,sê Farmer. Die span en botaniste sal sensusopnames twee keer in die jaar doen om die kolonie effektief te monitor. Die munisipaliteit en meentkomitee onderneem om oorbeweiding, vertrapping, prospektering en die onwettige versameling en handel van die plant die hok te slaan.

Met die klein projek is omgewingsbewustheid en verantwoordelikheid ingeprent in môre se grootmense. Met ingeligte jongmense aan die spit, wag daar net dalkies ‘n blinker toekoms vir bewaring in die streek.

Deel van volhoubare boerdery is om gereeld vee te verkoop, nie alleen om vee van die veld af te kry nie, maar ook om ‘n inkomste te verdien. Hierdie jaar het die Biodiversiteit en Rooivleis Kooperasie se lede 110 eenhede kleinvee verkoop aan Nammeat, wat hulle vragmotor opgestuur het na Leliefontein om die vee te laai.

VEE VAN diE VELd Af GELd iN diE SAK

Morne Farmer

Foto deur Morne Farmer

Foto deur Google

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

17NUUS

Namakwalander in die nasionale top 18 in ‘SAB Kickstart’ program

Omgewingsbewuste jeug vier Wêreld- omgewingsdag

biodiESEL VLiEG hooG

DIE SUID AFRIKAANSE Brouery(SAB) jeug entrepreneurskap ontwikkelingsprogram- ‘SAB Kickstart’, het al sedert 1995 meer as 22 700 bestaande en ontluikende besighede bereik. Hiervan is meer as 3200 besighede deur Kickstart deelnemers begin. Die program ondersteun voorheen benadeelde groepe of individue met potensiële lewensvatbare besighede deur kontantpryse en mentorskap programme. Namakwaland spog met trots met een sodanige sukses storie. Earl Muller van Concordia het sy besigheid NAMPetroleum,waar hy Bio-diesel vervaardig en aan sy gemeenskap verkoop, ingeskryf vir die nasionale kompetisie en is onlangs as deel van die top 18 in die land aangewys. Alhoewel NAMPetroleum ‘n mikrobesigheid is, met slegs een

voltydse werknemer, produseer dit jaarlikse ongeveer 120 000 liter biodiesel. Earl versamel gebruikte kookolie wat hy verwerk om twee tipes biodiesel te vervaardig. Die eerste produk is 100% biodiesel en die ander is ‘n B50-reeks, wat ‘n mengsel van biodiesel met gewone diesel is. Beide die diesel tipes is geskik vir enige onveranderde diesel enjin.Muller het hoë aspirasies vir sy besigheid en een hiervan is die kweek van sy eie hulpbronne, soos die Jatropha plant. Die plant groei op onbewerkte grond wat uitlegkoste aansienlik verminder. Die plant het verskeie gebruike, een van hulle is om die olies wat uit die plant getrek word, gebruik kan word om bio-diesel te vervaardig. As hy die plant kan kweek en gebruik sal dit hom instaat stel om suiwer biodiesel te vervaardig en sal dit dus nie vir

hom nodig wees om so ver te ry om genoeg olie bymekaar te maak nie.Muller het as kontantprys R170 000 ontvang wat hy weer kan belê in die ontwikkeling van sy besigheid. Behalwe die kontantprys gaan Muller ook ondersteuning in die vorm van besigheidsontwikkeling vir ‘n tydperk van 12 maande vanaf bestaande suksesvolle entrepreneurs onder die SAB vaandel ontvang. Die kompetisie is egter nog nie klaar nie. Later vanjaar gaan die volgende fase van die kompetisie aanbreek waar daar weer toekennings aan die drie top besighede wat die beste kans staan om sukses te bereik toegeken gaan word.Ons hou duim vas vir Muller en kan nie wag om te sien hoe sy besigheid verder floreer nie.

ALLE PAAIE vir vanjaar se Wê re l d om g e w i n g s d a g t e m a , Raise your voice and not the sea level (Verhef u stem en nie die seevlak) lei na Port Nolloth. Namakwalandse Weskus spog met ‘n kusstrook van 300 km lank wat die gebied sentrale rolspelers maak van Wêreldsomgewingsdag, 2014. Vir die rede het Departement Omgewing en Natuurbewaring,(DENC) Noord Kaap, op 10 Junie, die dag in Port Nolloth gevier. “Vir DENC is dit belangrik dat gemeenskappe verantwoordelikheid neem vir die omgewing en dat hulle toegerus is met die regte inligting om regte besluite te neem,” so sê Valda Cloete. CSA en so ook ‘n verteenwoordiger van Suid Afrikaanse Nasionale Parke het die vieringe bygewoon om ons stem tot die beweging te gee. Die verrigtinge het afgeskop met ‘n 2,5 km opmars van jongmense vanaf die poskantoor tot by die Dropin Sentrum in Diamond City. Alhoewel slegs 40 gemeenskapslede van onderskeidelik die Werk vir Kus program, Voёlpark Vleiland Projek en die Yes program aan die opmars deel geneem het die rimpel effek daarvan my diep getref. Uitbundige jongmense met slagspreuke en plakkate het vele nuuskieriges op winkelstoepe laat stil staan en in die gemeenskap is gordyne weggetrek en hopenlik is daar vrae gevra.

Seevlakstyggings word al vir meer as 50 jaar gemeet en monitor in Port Nolloth. Die weskus toon ‘n jaarlikse styging van 1.87 mm wyl Port Nolloth oor ‘n tydperk van drie kades met 12.3mm per dekade gestyg het. Wat in Port Nolloth se guns tel is dat die weskus ‘n steil en rotsagtige profiel

het wat die skade van hoё deinings versag. Met onderontwikkelende kusgebiede is dit slegs die diamant, toerisme en visbedrywe infrastruktuur wat verliese sal lei in Namakwaland. Die wenkbroue moet egter gelig word wanneer dit kom by Namakwalandse waterbronne. Sou seewater in die Oranjeriviermond beland kan die sout inhoud van die water so verhoog dat dit ongeskik word vir menslike gebruik, ekosisteem en ondergrondse waterbronne aan die kus.” “Ons het al die werklikheid ervaar vroeg in Februarie toe die mond in vloed was het die babers by mond uitgespoel en oor die kus verstooi gelê” sê Morne Farmer. As ‘n kusdorpie dra kommersiёle en bestaansvisserye by tot die ekonomie en voedselsekuriteit in Port Nolloth. Storms verhoed dat visvlote kan uitgaan. Dink jou in wat dit beteken vir die voedselsekuriteit in arm vissergemeenskappe. Sonder visvangste sal sommige huishoudings doodeenvoudig nie kos het om te eet nie.

Maar hoe berei Port Nolloth hul self voor om die impak van stormduinings verminder? Hoёr hawemure kan beskerming bied teen stormduinings en ‘n waarskuwingsisteem kan booteienaars vroegtydig waarsku sodat hulle eiendomme na veilige plekke verskuif kan word sê Farmer. By monde van Farmer is die inligting dalk vreesaanjaend, maar DENC wil nie mense bang maak nie,maar wil gemeenskappe help om in samewerking met venootskappe, die impak van klimaatsverandering volhoubaar aan te spreek.

Foto deur SAB: Earl Muller trotse ontvanger van SABKickstart Entrepreneur prys.

Foto Deur CSA/K Meissenheimer - Die gemeenskap vat die strate van Port

Nolloth aan tydens Wêreld Omgewingsdag.

Morne Farmer

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

18 NUUS

Baie voordele, of ekosisteem dienste, wat die natuur bied is noodsaaklik vir menslike gesondheid en welstand. Maar om hierdie dienste te bied moet die ekosisteem in ‘n goeie kondisie wees. As die gesondheid van ‘n ekosisteem, afneem word hierdie dienste grootliks verminder.Menslike tegnologie sal nooit die massiewe, komplekse prosesse van ‘n ekosisteem kan vervang nie. Dus hang die gesondheid en welstand van mense af van die behoud van gesonde ekosisteme. Vleilande is een van die ekosisteme en tans is heelwat van Suid-Afrika se vleilande totaal gedreineer of verander om plek te maak vir infrastruktuur,verstedeliking, landbou-ontwikkeling en damme.

Die oplossing vir die probleem is om die vleilande te rehabiliteer en dit weer tot sy ou glorie te herstel veral omdat vleilande baie sterk verbind is met watersekuriteit, armoedevermindering en die absorbering van kweekhuisgas vrystellings.Met die voorspelling dat klimaats-verandering die reënval patrone sal verander, sal vleilande ‘n belan-grike rol speel om die invloed van vloede en droogte te verminder, water te suiwer en om in die reën-seisoen water te absorbeer, vas te hou en in die droë somermaande vry te stel, wanneer daar soveel minder water in die omgewing is.Gesonde vleilande verskaf ‘n groot aantal dienste aan die mensdom. Die dienste, soos water, weiding,

vis in sommige vleilande, riete en medisinale plante, kan mense help om ‘n inkomste te verdien. In baie vleilande in die wêreld kan mense visvang en óf as voedsel gebruik óf dit verkoop om ‘n inkomste te verdien. Riete kan gebruik word vir tradisionele huise, soos hutte, waarvan ons die matjieshut baie goed ken. Mense kan in die hutte woon of hulle kan die hutte oprig as toerisme akkommodasie en so geld daardeur verdien. Ander produkte, soos mandjies, kan ook vir eie gebruik of vir verkoop, vervaardig word van die riete. In die somer kan mens altyd vleilande vinnig uitken in ‘n landskap, want dit is in die droë dele van ons land, dikwels die enigste kolletjie groen in ‘n landskap. Veeboere

kan hulle vee hier laat wei tydens die droogste maande van die jaar, wanneer weiding in die res van die veld begin skaarser raak en so kan hulle diere in goeie kondisie bly, weereens om as voedsel vir hulleself te dien of om te bemark vir ‘n inkomste. Medisinale plante kan ‘n bron van gesondheid wees vir werklose persone wat geen of baie basiese toegang tot gesondheidsdienste het en hulle so geld bespaar wat op dokters en apteke spandeer sou moes word. .30% van die wêreld se vleilande bevat turf, of veen, ‘n kenmerkende donker, kleierige tipe grond. Die veen-vleilande is baie effektief vir die stoor van koolstof, wat natuurlik een van die gasse is wat deur menslike aktiwiteite, soos die verbranding van brandstowwe vrygestel word en wat aardverwarming veroorsaak. Die koolstof sak die beste af in veen-vleilande en dan kan die vleilande dit stoor tot solank as ‘n duisend jaar, wat beteken die koolstof gaan nie in die atmosfeer in nie en veroorsaak nie aardverwarming nie. Die vleiland moet natuurlik in ‘n ongerepte toestand wees, want sodra die grond geploeg of kaal gewei word, stel die vleiland die skadelike kweekhuisgas vry. Vleilande word hopeloos te veel versteur en wêreldwyd veroorsaak dreinering, brande, omploeg en oorbenutting van vleilande dat 3 biljoen ton koolstof, wat 10% uitmaak van die hele wêreld se koolstofvrystellings, in die atmosfeer vrygestel word. Restorasie van vleilande is een van die goedkoopste maniere om die

vrystelling van kweekhuisgasse te verminder. Natuurlik is dit baie beter as die vleiland in die eerste plek nie versteur word nie.Suid Afrika se Werk vir Vleilande program is daar vir die uitsluitlike doel om beskadigde en versteurde vleilande te herstel. Sedert 2004 het hulle alreeds meer as 800 vleilande herstel, teen ‘n koste van R500 miljoen.‘n Groot gedeelte van die bedrag gaan aan lone aan plaaslike mense wat in die program werk om die vleilande te herstel, soos by Leliefontein. Studies wys dat tussen 35% en 60% van Suid Afrika se vleilande alreeds verlore is of erg afgetakel is. 10% van Suid Afrika se vleilande is veen-vleilande. Werk vir vleilande het meer as 15 000 werksgeleenthede geskep sedert 2004 vir die mees kwesbare groep mense, diegene wat werkloos is.Vleilande is werklik ‘n skat van nasionale belang. Stil-stil werk vleilande om vir ons ‘n magdom voordele te gee, wat ons kan help om ‘n beter lewe te maak, wat vir ons water en kos kan help voorsien en wat ons meer bestand kan maak teen die impakte van verwagte klimaatsverandering wat die lewe andersins vir ons gaan moeiliker maak. Vleilande se dienste is gratis en dit is tot ons voordeel – al wat ons moet doen is om ons vleilande met respek te behandel en in stand te hou. Gesien in die lig van al die voordele wat vleilande aan ons verskaf, is dit nie te veel gevra nie, is dit?

Vleilande, voordelig vir mense en die omgewing

VLEiLANdE GEE LEWE

Foto deur CSA: Kamiesberg se vleilande spog weer met water waar bokke hul dors kan les.

VANAF SPRINGBOK tot in Kathmandu, Nepal, is gemeenskapsgebaseerdeaanpassing en klimaatsverandering op mense se lippe. Ronald Newman en Amanda Bourne het die geleentheid gehad om Conservation South Africa by die 8ste jaarlikse konferensie vir gemeenskapsgebaseerde aanpassing in Nepal te verteenwoordig.Volgens die twee leergieriges was dit nie net leersaam nie , maar onvergeetlik. Een van die voorbokke in die stryd is die Internasionale Instituut vir Omgewing en Ontwikkeling wat jaarliks ‘n konferensie hou om die opsies vir aanpassing te bespreek. Die konferensie het vir ‘n week geduur en hulle het die reis gewapen met voorleggings, pamflette en al die kennis van hul ondervindings aangepak.

Die eerste paar dae van die konferensie was uitstappies in Nepal om te sien wat daar gedoen word om gemeenskapsgebaseerde aanpassing vir klimaatsverandering op die been te bring. Baie van die projekte is soortgelyk aan dit wat CSA reeds in Namakwaland doen en was dus geskik om ons lesse met hulle te deel en om weer te hoor watter uitdagings hulle in die gesig staar. Beide Amanda en Ronald het die geleentheid gehad om te gesels oor die werk wat hulle doen en te netwerk met die verskeie persone wat hulle ook weer iets kon leer rondom aanpassing vir klimaatsverandering.Tydens die konferensie het deelnemers die geleentheid gekry om hul voorleggings in die vorm van plakate en kort films aan ander deelnemers deur te gee.

Amanda en Ronnie het ‘n plakkaat van die Namakwaland klimaatsverandering kwesbaarheid assesering uitgestal asook video’s van CNBC kortfilms oor die Skeppies projekte gewys.Die plakkaat was ‘n opsomming van die resultate van die kwesbaarheids assesering wat in die Namakwa distrik gedoen is en bevat ook voorstelle vir hoe die munisipaliteite die kwessie kan aanpak. Die plakkaat beklemtoon die behoefte om klimaatsverandering aanpassing ‘n prioriteit te maak in plaaslike regering en nie-regeringsorganisasies om te verhoed dat klimaatsverandering nie ‘n krisis uitlok en baie mense se lewens heeltemal omver gooi nie.

vvlg op bl 19

cSA iN NEPALGEMEENSKAPSGEBASEERDE AANPASSING IN NEPAL BESPREEK

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

19NUUS

Die Oos Kaap en suide van Natal se bergriviervalleie en opvangsgebiede kry groen ekonomiese erkenning deur Europese Unie befondsing. Uiteindelik bring die fonds Suid Afrikaanse waterbronne na die internasionale bewaringsverhoog. En kan die werksaamhede van Endangered Wildlife Trust (EWT), Wildlife & Environment Society of South Africa (WESSA), en Conservation South Africa (CSA) wat die dryfveer agter die befondsing is onverstoords voortgaan. Inderdaad ‘n heuglike dag vir die gemeenskappe rondom die Amathole,Umzimvubu en uMzinkulu opvangsgebiede. Die gemeenskappe gebruik die opvangsgebiede vir vee,drinkwater en landbou doeleindes. In die groter prentjie is die gebiede vir Suid Afrika met sy skaars waterbronne van

onskatbare waarde. Die nie-regerings organisasies is alreeds druk besig in die areas met vleilandmonitering en biodiversiteitsbewaringsprojekte. Met die befondsing is ‘n verdere 4 jaar lewensduur toegevoeg tot die projekte. Bewaring met ‘n kinkel is besig om in die Ooskaap losgelaat te word. Mense kry werk wyl hulle kliphard besig is met die bewaring van hul natuurlike hulpbronne. Dit is hier waar groen ekonomie betekenis kry.

Deur die projek is die mikpunt dat mense gelyke toegang tot waterbronne het en dat die plaaslike gemeenskappe se lewensomstandighede verander terwyl die omgewingsrisikos verminder. ‘n Mondvol, maar die beweging rondom groen ekonomie het sy oorsprong te danke aan die 2008 “Wall

Street crash”. Uiteindelik is daar internasionaal deur die Global Green New Deal (GGND) van die UNEP 2011 besef dat ekonomiese groei nie sonder die mens, natuur en sosiale gelykheid bevorder kan word nie. As die ene ten koste van die ander ontwikkel word, dan val wêreldmarkte plat soos met bogenoemde krisis die geval was. Die beweging het ook posgevat in Suid Afrika en kan die landelike gemeenskappe Amathole,Umzimvubu en uMzinkulu opvangsgebiede die vrugte hiervan smaak.

In die gemeenskappe is daar heersende armoede en agteruitgang van die waterbronne wat langtermyn watersekuriteit bedreig. Bridget Corrigan bestuurder van EWT; Source to Sea Programme sê “Ons is vreeslik opgewonde oor die

vennootskap en die projek want dit is ‘n gefokusde aksie tot die toenemende kommerwekkende watersituasie in die Amathole, uMzimvubu and uMzimkulu opvangsareas. Die benadering is holisties en ons is seker dat die verandering in terme van habitat rehabilitasie, spesiebewaring en gemeenskapontwikkeling sal plaasvind”

Om die sukses van die projek te verseker is Bewaring en Boerdery ooreenkomste met die gemeenskappe aangegaan om hul rol as primêre bewaarders van die natuurlike hulpbronne te benadruk. Die projek behels die biodiversiteitsbewaring van • 6000 hektaar kritiesevleilande en oewersones• b e s t u u r s p r o g r a mvir 20 000 hektaar verswakte weidingsgronde en oewerwalsones• instandhouding van2400 hektaar waarvan indringer plante verwyder is

Die werkskeppingsgeleenthede blyk al klaar in te rol vir die gemeenskappe deur die byeboereprojek, aanstelling van ekowagters en verwydering van indringer plantspesies. Die byeboerprojek is die lewensaar vir 8 families. Terselftertyd kry 4 huisgesinne ‘n inkomste deur die ekowagterprogram. En 80 huisgesinne kry voordeel uit die Indringer Plante Uitwissing en Rehabilitasie Werkskeppingsprojek.

Volgens Corrigan het die nie-regeringsorganisasies ‘n in-diepte kennis en begrip van die uitdagings in die streek en dit sal die sukses van die projek verseker.

CSA werk met tradisionele leiers en munisipaliteite in die uMzimvubu opvangsarea om gemeenskappe in staat te stel om duisende hektare van die Nasionale Varswater Ekosisteem Prioriteitsarea (NFEPA) vleilande, wat water voorsien aan meer as twee miljoen mense verder af in die stroom, beter te bestuur.

“Gemeenskappe toon groot belangstelling om rentmeesters van die vleilande te word omdat konkrete voordele soos werkskepping deur die verwydering van indringer plantegroei deel is van die ooreenkomste,” sê Sinegugu Zukulu, bestuurder van CSA’s Umzimvubu Program, onderskeie opleidingsessies en intredes soos Eko-skool programme, geakkrediteerde kursusse en bewusmakingsprogramme sal deur Wildlife & Environment Society of South Africa (WESSA) geloods word om die kapasiteit van die gemeenskappe te ontwikkel sodat dit beter opvangsbestuur en rentmeesterskap sal bevorder.

“Die inisiatiewe sal interaktief wees en jongmense, gemeenskappe en plaaslike regerings insluit in opvoedingsgeleenthede en projekte wat help met die aanspreek van omgewingsuitdagings in die drie opvangsareas. ” volgens Laura Conde-Aller, WESSA se programbestuurder.

In Afrika self is daar meer as 345 miljoen mense wat nie toegang tot skoon en bruikbare water het nie en met die projek wil CSA en vennote verhoed dat die gemeenskappe ook deel van die statistieke word.

VLEiLANdE GEE LEWECSA in Vennootskap vir WATER en groen ekonomie ontwikkelingWater Venootskap

Foto deur CSA: Die blink waters van die uMzimvubu opvangsgebied in die Oos Kaap.

vvlg van bl 18.

Behalwe die lesse wat geleer kan word deel ons verskeie probleme wat deur klimaatsverandering vererger word met Nepal. Nes Suid-Afrika staar hulle ook waterskaarste in die gesig en daar is verskeie organisasies wat werk aan die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne om te verseker dat dit so gebruik word dat dit nie in ‘n krisis ontaard nie. Een van die organisasies die ‘Plaaslike Inisiatief vir Biodiversiteit, Navorsing en Ontwikkeling’ het gasheer gespeel en inligting gedeel oor hul organisasie. Die organisasie is ‘n pionier in die bevordering van deelnemende metodes vir navorsing en ontwikkeling in landbou, biodiversiteit bewaring en natuurlike hulpbron bestuur.

Daar is ook besoek afgelê by ‘n koöperasie, Jaibik Shrot , wat as sambreel dien vir 18 ander boere groepe, kleiner organisasies en kleiner kooperasies. Die netwerk bestuur ‘ n verskeidenheid bewarings, restorasie en lewensvatbaarheid aktiwiteite in hul omgewing.

Van die groepe bewaar en bemark gewasse en kruie medisynes. Ander is weer in beheer van Visserye in die omgewing en deel die winste met gemeenskappe in die omgewing. Ander aktiwiteite van die groepe sluit in opleiding oor bokboerdery, byboerdey, organiese boerdery en die verskaffing van materiale vir byboere en medisinale plante aan boere.Na die uitstappies was dit tyd vir die konferensie en

het die 400 deelnemers van 60 lande byeengekom om deel te wees van die leerervaring. ‘n Verskeidenheid klimaatveranderingsverwante onderwerpe was bespreek en deelnemers kon kies waaraan hulle wou deelneem. .Newman sê:” Die sessie wat vir my die meeste insig gegee het,relevant en belangrik was, was die besprekings oor gemeenskapsgebaseerde Biodiversiteitsfonds ; Plaaslike Klimaatsverandering Trust en die Laekoste opsies vir gemeenskapsgebaseerde aanpassing.”

Die gemeenskapsgebaseerde Biodiversiteitbestuursfonds is ‘n gemeenskapsgedrewe deelnemende proses waar die boere bemagtig word en waar die

gemeenskappe hulself organiseer om strategieё en planne te ontwikkel wat die bestuur van landbou biodiversiteit op plase ondersteun. Die fokus van die fonds is om die plattelandse mense te bemagtiging en motivering vir die verskeie bewaringspoging te gee asook om die gemeenskapsgebaseerde prosesse in stand te hou. Deur die mense toegang tot fondse te gee word hulle die geleentheid gegee om hulself te bemagtig en plaaslike kapasiteit te bou.

Die uitstappie was om te leer en ander te leer, en dit maak nie saak hoeveel kennis jy het nie, solank jy die kennis kan deel is dit magtig.

Foto bộ: Ronald Newman en Amanda Bourne

verteenwoordig CsA in Nepal.

Forto links: ‘n Ligte oomblik, ‘n Namakwalander met verf

gedoop tot Indiër in Nepal.

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

20 NUUS

Dit was nou al telkens bewys dat mens nooit verder as jou spreekwoorde-like agterplaas hoef gaan soek vir oplossings om voedselsekuriteit en klimaatsverandering die hoof te bied nie. En die ironie is dat dit die armes se daaglikse brood is, wat ongemerk van die hand na die mond geskuif word wat in tye van nood tot sy volle reg kom. Hoekom? Omdat van die voedingsbronne ongeskonde van chemiese verwerkingsprosesse “natu-urlik” en onaangeraak gebly het oor eeue heen.Waar dit die toets van tyd deurstaan het,word dit soms die “ter-ugvalkos” wanneer ander goed faal. Dit is die kosse wat die antwoord op voedselsekuriteit is vir die massas. Dit is die geval vir die Jackvrug ( Artocar-pus heterophyllus ) wat in die suide en suid ooste Asiё voorkom. Die vrug het deur die krake van toen-

emende droogte,voedseltekorte en klimaatsverandering geglip tot op die navorsingsverhoog van wetenskaplikes en regeringsamptenare van Indiё. Net soos die res van die wêreld is Indiё opsoek na alternatiewe oplossings om toekomstige voedselsekuriteit aan te spreek.

Die mite van die lelike eendjie verand-ering in die mooiste swaan hou groot waarheid in vir die jackvrug.Dit word beskryf as ‘n onaantreklike,groot vrug met ‘n verrote reuk en klewerige bin-nekant. Maar dit is dieselfde vrug wat al vir meer as 50 jaar totale honger-snood van die deure van die massas af weg te hou. Jy kan gevul word met slegs 12 bolle van die vrug volgens, Shyamala Reddy , ‘n biotegnoloog aan die Universiteit van Landbou Wetens-kap in Bangalore, vvlg bl 21

Ekoloog Halcyone Muller en Ikosis boere is hard besig in die Ikosis Area met eksperimente op ou saailande deur die oprigting van uitsluitings-kampe om goedkoop maniere te toets vir saailand restorasie. Eersdaags sal die uitsluitingskampe weer spog met endemiese bosse, vygies en grasse wat smaaklike weiding vir vee in die area kan bied.Die uitsluitingskampe is opgestel om te verhoed dat diere die areas bewei, sodat daar vasgestel kan word wat die herstelperiode van plantegroei op onbeweide gronde is. Die drie behandelinge wat toegepas was sluit in areas wat met saad geplant en met ‘n laag dooie bosse bedek is, ander weer

is met mis en saad behandeling en op party areas was net saad gesaai. Voortspruitend uit die behan-delinge/toetse is verskillende resultate na verloop van 3 maande opgemerk.

Muller en Nompendulo Mgwali (CSA, OOS KAAP) het onlangs die monitering gaan doen in die uitsluitkampe, waar hulle opnames gedoen het van die plantegroei wat reeds daar aangetref word na ‘n drie maande proeftydperk. Die opname is gedoen sodat dit aan die einde van die studie met die eindresultate vergelyk kan word om die effek wat weiding op die area het, te bepaal.

Afhangende van die sukses van die saailand stud-ie in die Rooiberg Priority Area sal dit moontlik die grondverbruikers help met kennis en tegnieke om die drakrag en biodiversiteit in hul weiveld te verbeter deur die ou saailande te herstel.Die ou saailande het die potensiaal om weer tot gesonde grond met bloemende bosse en plante te verander en hierdie is maar die eerste stap in die pad om die einddoel te bereik.

JAcKVrUG diE ANtWoord oP VoEdSELSEKUritEit iN iNdiË

StEiNKoPf SAAiLANd

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

21NUUS

Conservation South Af-rica, Springbok gaan deur groeipyne. Nie net het ons kantore verskuif vanuit die Industriёle gebou na Spring-bok toe nie,sien die kaart elders in Veepos,maar ook het van ons personeel lede, Elmarisa Smith ons verlaat vir groener weivelde. Corra Williams,Skeppies Koor-dineerder gaan binne kort in haar voetspore volg. Verder hou die nuwe jaar ook aan-gename vooruitsigte in want Merle Raman gaan op kraam-

verlof en ons sien uit na die sagte bondeltjie mens wat vroeg in die nuwe jaar die lewenslig gaan aanskou. Ons verwelkom Elzaan Farmer in haar plek as finansiёle beampte vir die tydperk wyl Merle gaan popspeel. Conservation Suid Afrika, wens hierdie mense net alles van die beste toe met hul toekomsplanne en hulle sal sekerlik gemis word.

Foto regs tot links: Merle van Wyk, Corra Williams, Elmarise Smith

Jackvrug - vvlg van bl 20.

Indiё. Selfs die sade van die vrug is eetbaar. Die vrug weeg tussen 7- 45 kg. Vol-gens wetenskaplikes is die vrug die plaasvervanger vir koring, meel en ander stapel gewasse wat swaar getref word deur klimaatsverand-ering.

Die land se soeke na alterna-tiewe klimaatsweerstandige gewasse is nie sonder mer-iete nie. Die Internasionale Paneel vir Klimaatsveran-dering waarsku dat hit-tegolwe, droogtes en on-voorspelbare reёnval patrone alreeds die produksie van

koring en mielies verminder. In ontwikkelende lande is voedselsekuriteit al so benard dat voedseltekorte in die volgende 5 na 10 jaar kan lei tot oorloё volgens Dr Jim Yong Kim van die Wêreldbank. Alvorens dit in Indiё gebeur is wetenskap-likes in samewerking met die regering proaktief besig om jackvrug as die oplossing vir voedselsekuriteit te bemark.

In vergeleke met Indiё is die jackvrug industriё goed ontwikkel in Sri Lanka en Viёtnam. Die lande ver-werk en produseer verskil-lende produkte soos meel, noedels,papad en roomys.

Jackvrug word ook in die lande geblik en uitgevoer as ‘n groente.

Indiё het hier teenoor slegs twee operasionele jackvrug plantasies, omdat die eko-nomiese ontgunning van die produk nog nie voorheen ondersoek was nie. Dit is omdat die vrug gesien word as die armmansvrug, sê Shree Padre , ‘n jacvrugboer van Karnataka. As die veel-doeligheid van die vrug,met dreigende voedseltekorte in oёnskou geneem word kan ‘n mens verstaan hoekom die “wetenskapsoeklig” daarop skyn.

Die navorsing is in lyn met die internasionale druk vir die uitbreiding van voedsel-produksie in ontwikkelende lande en poog om toekom-stige uitdagings rakende voedselsekuriteit aan te spreek. Volgens Reddy, ‘is die vrug maklik om te kweek. Dit oorleef peste,siektes en hoё temperature. Dit is weerstan-dig teen droogte en voors-ien in voedselproduksie vir boere wat gebukkend gaan onder klimaatsverandering. Vir die navorsers en regering is dit belangrik dat die vrug ‘n groter rol in die bevolk-ing se dieёt speel en dat dit terselftertyd dien as ‘n sta-

pelvoedsel. Om die doelwit te bereik het die regering ‘n veldtog geloods waarin die gewas as ingelegde groente en verwerkte voedsel be-mark word. Gegewe die kompleksiteit van voedsekuriteit sal jack-vrug nie op sy eie kan dien as oplossing nie. Maar die identifisering van gewasse buite die stapelvoedsel-raamwerk is ‘n groot stap in die regte rigting. Alle lande moet besef dat die skrif is teen die muur en dat geen land meer ‘n keuse het as om alternatiewe gewasse onder-soek om die skares te voed.

Steinkopf saailand

cSA SÊ totSiENS AAN PErSoNEEL

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

22 NUUS

Foto deur: Google - Nguni bees, die lewensaar van Kwambonambi gemeenskap.

DIE KWAMBONAMBI gemeenskap in noord Kwa Zulu Natal is in ‘n Dawid en Goliat stryd gewikkel met IButho Coal wat ‘n steenkoolmyn wil open op die westelike grense van die Hluhluwe IMfolozi Park. Die beoogde myn strek oor 14,615 hektaar grond en sal die verskuiwing van 120 mense meebring. Die gemeenskap skop handeviervoet vas. Die gemeenskap lê die blaam vir gekraakte mure ,onverklaarbare veevrektes en besoedeling van die Umfoloza rivier op die aangrensende steenkool myne in Somkhele gemeenskap. Maar die doodsteek vir die tradisionele veeboerdery gemeenskap is dat die beoogde myn reg op die weidingsgronde geleë sal wees. ’n Mens sou reken dat die Hluhluwe iMfolozi Park vanselfsprekend “‘n hande af regerings beleid“ beteken,maar daar is nie heilige koeie as dit kom by die ontwikkeling van minerale in Suid Afrika nie. Die tameletjie is dat steenkoolontwikkeling in die groter ekonomiese en politieke raamwerk gemeenskappe soos Kwambonambi weerloos laat. Tans word 77% van Suid Afrika se energiebehoeft es soos elektrisiteitsopwekking, sintetiese brandstof, industrieё

en huishoudelike gebruik deur steenkool voorsien. Suid Afrika is die 4de grootste uitvoerder van steenkool. Gegewe die ryk steenkool neerslae in Kwa Zulu Natal is die gebied die “hotspot” vir steenkoolontwikkeling in Suid Afrika. Maar as mens die omgewingsimpakte van steenkoolmyne wêreldwyd ondersoek is die skade onherroeplik. Steenkoolmynbou is verantwoordelik vir die verlies van 2.4. miljoen hektaar natuurlike habitat in die VSA. In Suid Afrika beland 80 miljoen ton steenkool jaarliks in afvalhope. Met ‘n 7 miljoen ton koolstofdioksied vrystelling jaarliks is dit dus geen wonder dat die land sesde gerangeer word vir asemhalingsverwante sterft es onder kinders. Netso is gronde wat onder steenkoolverbranding deurloop onbruikbaar vir toekomstige gebruike. Met die omgewings“trade-off s” vir ekonomiese ontwikkeling is dit die gemeenskappe wat die onderspit delf. Of toekomstige gemeenskapskonsultasie prosesse soos deur minerale wetgewing voorgeskryf, die griewe van die Kwambonambi gemeenskap teen die IBhuto Coal sal respekteer sal

net die toekoms leer. Mynhuise het maar ‘n power rekord van rehabilitasie gegewe die meer as 6000 verlate myne in Suid Afrika. Die Delagoabaai steenkoolmyn buite Witbank is ‘n sprekende voorbeeld van die gevare wat verlate myne inhou vir gemeenskappe. Die myn het gedeeltelik ingeval en het groot sinkings in nabyegeleё informele nedersettings tot gevolg gehad, om maar net een voorbeeld te noem.Dit is dus belangrik dat gemeenskappe weet hoe om hulself beskerm teen mynhuise. Gemeenskappe moet verseker dat biodiversiteitsbewaring deel is van voorafgaande omgewingsimpakstudies en bestuursplanne.verseker dat daar voldoende ondersteuning en fondse is om die skade te rehabiliteer. Stel ondersoek in of die gesondheids- en sosiale impakte van steenkoolmynbou erken en voor begroot is. Verder is dit belangrik dat gemeenskappe as georganiseerde eenhede die impak van mynbou aanspreek en so volhoubare mynboubestuur in Suid Afrika begin afdwing. Hopenlik sal die Kwambonambi gemeenskap ‘n voorloper in die beweging word.

StEENKooLMyN hEt KWAMboNAMbi

GEMEENSKAP iN oProEr

Varswater is die mees waardevolle bron. Van alle water op aarde is slegs 2.5% varswater wat beteken dat die oorgrote meerderheid van water kan nie deur ons as mense gebruik word vir ons basiese behoeft es nie want van die varswater is slegs 1% bruikbaar vir ons ekosisteme en menslike gebruik. Die nuus van ‘n waterbron onder die seë kom dus as ‘n welkome verligting.

‘n Onlangse studie maak bekend dat ‘n beraamde halwe miljoen kubieke kilometer lae-soutgehalte waterbron ‘n entjie van die kuste van Australië, China, Noord Amerika en Suid Afrika gevind is. “Die volume van die waterbronne is ‘n honderd keer groter as die hoeveelheid wat uit die aarde se sub-oppervlak getrek is in die laaste eeu sedert die 1900’s” sê hoofskrywer Dr. Vincent Post van die Natsionale Sentrum vir grondwaternavorsing en opleiding verbonde aan die Flinders Universiteit in Australië.

Daar is twee maniere om dit te doen. Die eerste opsie is om ‘n platform in die seë te bou en die water uit te boor, of om van die landelike gebied naaste aan die bron te boor.Alhoewel dit baie geld kan kos om die water te ontgin, is daar ander faktore wat dit die moeite werd kan

maak. Die waterbron moet eers nagevors word en die koste van so ‘n projek, die volhoubaarheid en die omgewingsimpak moet opgeweeg word teen ander bronne soos die ontsouting van seëwater of die bou van damme.

“Varswater onder seëvlak bevat baie minder sout as seëwater,” sê Dr Post.”Dit beteken dit kan in drinkwater omskep word met minder energie as die ontsouting van seëwater.”Die ontdekking van die waterbron is baie opwindend veral as jy in gedagte hou dat die druk op varswater op ons planeet geweldig swaar is. Dit gee nog ‘n opsie om te oorweeg om die impakte van watertekort en droogtes te verminder.

“Waar water met lae soutinhoud onder die seë voorkom moet ons moeite doen om dit nie te besoedel nie,” waarsku hy.Daar word nog baie navorsing benodig voor die nie-herwinbare bronne as ‘n bron van varswater gebruik kan word. Alhoewel daar baie bewyse is wat meld dat die vars en brakkerige grondwater globaal voorkom, moet die bronne met uiterse sorg hanteer word.

Lily is ‘n weesdonkievul wat aangeneem is deur Katrina Schwartz van Leliefontein. Om te verhoed dat Lily, soos soveel ander donkies net nutteloos rondloop en veld opvreet, is sy geleer om ‘n nuttige taak te verrig. Donkies kan geleer word om vee op te pas en help om roofdiere en vreemde mense van troppe weg te hou – Lily groei mooi en pas nou vee op!

Nuwe hoop vir ons water dors wêreld

Conservation South Africa, SpringbokApie Visser St

CSA Nuwe Ligging

CSA VERSKUIF SPRINGBOK TOE: Apie Visser straat,reg agter NWK Makelaars

DEsEMBER 2014 I DI E VE EP o s

23NUUS

As kennis mag is, sit die kruiedokters van Afrika op ‘n rykdom van mag oor die helende aspekte van plante wat dateer uit Antieke Afrika Kulture. Die enigste struikelblok in hul pad is die feit dat die plante wat hulle gebruik besig is om vinnig deur die swart gat van verwoestyning ingesluk word. Hopenlik sal mense begin om pogings aan te wend om die waardevolle plante en hul habitatte te beskerm as hulle besef wat die waarde van die plante is.

Van die plante wat van onskatbare waarde is:

Pylwortel poeier: die plant wat langer as twee jaar leef en word meestal in Oos Afrika gevind. Dit bevat maklik verteerbare multivitamiene wat maak dat dit veilig is vir pasgebore baba’s en vir ouer pasiёnte wat siektes het wat hul derms aftakel.

Kasterolie: Die olie van die bos kan gebruik word om seer spiere, artrituspynne en senuweeskade se pyn te verlig. Dit is ook goed vir die verligting van kroniese pyn en swelling.

Geranium: Die olie van die plant word al baie lank deur Suid Afrikaners gebruik om koorsblare weg te vat, seer kele te streel en infeksies teen te bestry.

Gotu Kola is ‘n baie gewilde krui wat oorspronklik in die Fillipyne, dele van Asia en Australia is, is ‘n baie gewilde krui onder die alternatiewe en holistiese helers van

Afrika. Dit is nie net goed vir die ligaam nie, maar dit help ook met die brein. kliniese studies het bewys dat die plant die geheue verfris en die liggaamsweefsel weer herstel.Mirre dateer terug sover as wat die menslike kennis strek en was ‘n groot deel van die Egiptiese rituele. Vandag kan dit gebruik om swamme teen te werk, as antiseptiese middel en vir sy stelpende waardes.

Rooibos wat een van Suid Afrika se gunsteling teetyd verversing is, kom van ‘n bos in Suid Afrika. Dit word meestal in tee gebruik en is die beroemdste alternatief vir kaffiene. Die krui bevat baie antioksidante en ‘n lae tannin inhoud vergeleke met die meeste tee.

Die duiwelsklou krui wat inheems aan Suid Afrika is kan gewrigspyne wat deur osteoartritus en rumatiek veroorsaak word verlig. Dit help ook om die beweeglikheid van leiers aan bogenoemde siektes te verhoog.

Boegoe wat in Suid Afrika gekry

word se blare en blomme is gevul met helende waardes. Die blare kan gekook word en die aftreksel kan gedrink word om sekere infeksies soos blaasinfeksie en infeksies van die uriene buis sowel as prostaat infeksies.

Acacia of soos sommige persone daarna verwys: die Egiptiese doring, is ‘n bos wat in baie dele van Afrika en Asia gevind word. Sy olies is perfek vir aromaterapie, daarom sal jy dit in vlugtigeolies vind. Dit is ook een van die bestandele van lekkergoed en koeldrank danksy sy gomrige eienskappe. Baie organiese vervaardigers maak gebruik van dit omdat dit ‘n beter opsie en gesonder opsie is as chemiese bindmiddels.

Caraluma is weer goed vir baie siektes en kan die simptome van gewrigspyne, migraines,diabetes, rumatiek, verlamming,koors, malaria en inflamasie behandel. Dit word regoor Afrika gevind en mense eet dit soos kos.

Waar ons bly, gebruik die meeste mense veldmedisyne.Tot die kinders weet daarvan. Kinders en ou mense,alhoewel baie jongmense dit nie gebruik nie.Hulle is nie gewoond daaraan nie en gaan kliniek of dokter toe as hulle siek is.Ek self gebruik dit vir myself en my familie. Daar is baie rate vir verkoues en griep.Wildeals,wynruit,kanferbos,bloublomsalie en hotnotskooigoed kan jy gebruik-so ‘n bietjie van elkeen,maar nie veel nie,in ‘n tee gemaak.Dan kan jy ook ‘n bietjie naroe-boegoe bysit en dit warm drink,saans voor jy gaan slap. Jy drink ‘n bietjie,dan sweet jy die koors uit.Maar een ding van kanferbos jy moet nie te veel vat nie,net so ‘n paar blare.Kanferbos is ‘n bos waarvan jy nie baie kan gebruik nie.As jy te veel vat is dit baie gevaarlik.Dit kan jou hartkleppe laat toeslaan. Dieselfde met wildeals as jy ‘n pyn het in jou blad.Jy stamp die wildeals fyn en maak dit aan saam met asyn.Maar dit moet nie op die pyn kom nie,maar hier so in die middel van jou rug. Anders word jy te benoud. Vir die vroue wat nou gekraam het,gebruik ons dassiepis,belbos en pennebos.Dit kook jy nou saam.Maar net nie te veel nie.Dit is ook nie iets wat jy ‘n swangervrou kan gee nie.Dit laat die babatjie

afkom. Maar vir die vroue wat gekraam het, help dit met die nageboortepyne.Dan is daar ook agtdaegeneesbossie. Dit is nou meestal pitsere en swere.Jy meng van die gestampte bossie met salf en smeer dit aan die sere en al die vogtigheid trek uit.Ook kan ‘n mens die bossie gebruik en kook soos tee.Dan gebruik jy die helfte om jou hare te was en met die ander spoel jy weer af. Dit is baie goed vir kopsere.Een van my kinders het vreeslik aan sere op sy kop gely.Ek was kliniek toe en dokter toe in Loeriesfontein en hulle het die kind se hare geskeer.Toe gaan ek mos huis toe. Toe vanaand,toe maak my ouma salf van agtdaegeneesbossie en hardevet en ons smeer dit so aan die kind se kop. Dit was in daai week dat sy sere weg is. Ook is daar die koorsbos.Dit word op dieselfde manier afgetrek.Sê nou maar iets het jou gebyt en jy’s koorsig, dan drink jy ‘n tee hiervan en sweet jy dit maar uit.Maar vir ‘n kopseer is daar nie ‘n bossie nie.Ons gebruik maar ‘n disprintjie.Jy kan di took bysit by die medisyne vir griep en verkoue.

Geneem uit Stemme van Nieuwoudtville

Het jy ooit daaraan gedink dat die insek se “misrige” bestaan van onskatbare ekologiese en ekonomiese waarde is. Die insek eet,rol,begrawe en laat broei selfs sy eiers uit in mis. Meer as 20 000 miskruier spesies kom voor onder die Scarabaeoidae familie. Die insek is te kry in woestyne, woude, landbou- en graslande. Uiterste koue plekke soos die Antartika is die enigste onbewoonbare plek vir die miskruier. As die miskruier klaar aan die mis van herbivore gesmul het, hoef hy nooit eens water te drink nie. Soms vul hy sy dieёt aan met sampioene, blare en

ontbindende materiaal. Die insek is ‘n vlakveёr van formaat, want as daar genoegsame miskruier populasie van verskillende spesies is, kan hulle ‘n mishoop in 24 uur verwyder. Mis is ‘n stikstofhoudende bron wat belangrik is vir die ekosisteem. As die miskruier nie sy werk doen nie, gaan 80% stikstof van die mis verlore vir die grondsisteme. So help die miskruier om die voedingswaarde van grondsisteme aan te vul. Elke stap in die insek se omgang met mis voeg waarde toe tot die ekosisteem. Miskruiers word opgedeel in rollers en tonnelgrawers. Soos die rollers mis opbreek en op die grond langs rol, bemes hy die aarde. Dit lei tot toename in plantegroei en graanproduksie. Verder versprei hulle ook sade wat in mis te vinde is en dit lei tot die vermeerdering van plantspesies. Sommige spesies van miskruiers is belangrike verspreiders van sade. Die rollers is die boer se grootste pesbeheer vennoot. Peste en vlieё verdwyn soos mis voor

die son as die miskruier die hope opbreek. So word die verspreiding van peste en siektes onder vee beheer. Diere verpes dit om in mis te wei en soos die mis ophoop word weidingsgrond al kleiner en vertrap. Dus help die miskruier met die instandhouding van weidingsgronde vir veeboerdery. Die ekonome gee te kenne dat die miskruier gegewe sy pes en weidingsbeheer dienste, $380m bydra tot veeproduksie in die VSA. Miskruiers dra ook by tot die omskakeling van stikstof van ‘n organiese tot nie-organiese vorm wat deur plante gebruik kan word en so word dit deel van die voedselketting. Die proses staan bekend as stikstof mineralisering. Sy funksie is soortgelyk aan die van die erdwurm wat grond omdol en so bevogtiging en belugtigting bevorder. Die tonnelgrawers help die proses aan. So kom ons gun die miskruier sy “mishoop”.

Helende plante uit antieke Afrika kulture

Vertel deur Lena Scheepers en Maria Syster

Veldmedisyne

MiSKrUiEr

Foto deur: Google - Die miskruier op sy troon

Foto Deur Google: Medisinale plante uit Afrika word steeds wyd gebruik in verskeie

gemeenskappe dwarsoor Afrika

DECEMBER 2014 I DI E VE EP o s

24 GEMEENSKAPSNUUS

Kerknuus:As deel van ‘n fondsinsameling poging het die kerk eerste week in NoVEMBER, ‘n ontbytmaal, te Leliefontein, kerksaal met die Leliefontein,Nourivier en Paulshoek gemeentes.

Die doop en die voorstelling van nuwe lidmate sal plaasvind in November tydens die Wesley Fees.

Die twee oudste dames in Leliefontein,ouma Trooi en Tiedie Rosie verteenwoordig Leliefontein Metodiste Kerk by die debutantebal van die omtrek se Vrouevereniging .

Die Metodiste Biskop het 29 Augustus besoek in Leliefontein afgelê.

Restorasie werk aan die historiese kerkgebou en pastorie is goed onderweg.Die plafon is al ingesit en verfwerk is goed onderweg.

Sterftes:Vir die jaar van 2014 is ‘n paar geliefdes aan die dood afgestaan. Mag hulle in vrede rus.

• Jan Links het op 25 April 2014 sy pad saam met ons geeindig.

• Joey van Wyk het op 8 Februarie afgesterf

• Elsie Cardinal het op 3 NoVEMBER 2014 ons verlaat.

Ander Nuus:Die winter het die jaar met mening afgeskop in Leliefontein. Na die eerste winterreën het die vlokkies begin val en was Leliefontein onder ‘n koue kombers van sneeu.

Die vrou en reënbulpoet die reёn maak die jongvrou die hof terwyl sy in die hut lêdie reёn ruik haar en kom na haar en die hele plek raak mistigwant hy kom na die jongvrou vanweё haar geurhy kom as’t ware aangedraf terwyl die jongvrou in die hut lê

sy lê en ruik die reёnalles word geurigasof die reёn se asem alles afsluit asof alles in die mistigheid gebeur

die jongvrou raak bewus van die reёntoe hy teen haar aankom en sy stert laat sak sien die vrou hom en vrawie is die man by mywat eers hurk en nou regop staan

en sy neem boegoe en druk dit op sy voorkopsy neem haar karos en bind dit om haar skouers

sy bestyg die reёn en die reen neem haar wegsy wieg saam en kyk na die bomesit my neer tussen die bome want kyk ek kry seerdie reёn draf-draf tussen die bome in en sit die vrou langs ‘n stam neerdie vrou vryf boegoe aan die reёn se voorkopsy vryf en vryf en die reёn raak aan die slap

toe die reёn slaap,klim sy saggies in die boom in op en wegver daarvandaan klim sy weer af en gaan stilletjies terug huis toeagter haar rug word die reёn wakker,want haar hitte is weg

toe hy by die spruit kom voel hy haar weer op sy rugen sy smeer haarself met boegoe totdat sy groen isSy smeer en smeer haarself met boegoe totdat sy geurig is

(terwyl vrouens kos soek en horings brandSodat die reen die reuk van die horings kan ruikEn nie vir die ou vrouens kwaad word nie)/Han=kass’oGeneem uit die sterre se “tsau”/Xam-gedigte,versorg deur Antjie Krog

Boerseep 7 kg harde vet 2 lt vars water1 kg seep soda2 eetlepels terpentyn Metode:

• Braai die 7kg vet uit Los 1 kg soda op in 2 lt water

• Gooi gesmelte vet deur die sif met’n doek in skottel

• Roer vet apart• Roer soda en water apart tot

sterk lou• As vet en soda sterk lou is gooi

2 eetlepels terpentyn by• Roer goed deur • Pak koerant op tafel en plaas

1-18 bakkies op koerant• Gooi bakkie vol,sit deksels op

en sit koerant op.Gooi kombers oor

• Laat staan vir 3 tot 5dae

Uit toeka se daeToe winkel seep nog ‘n luukse was en die winkels ook te ver geleё vir gou ry was boerseep die in ding vir huishoudelike gebruik. Dit is nog so vir Wilgershoutrivier se baas; Oomie. Die boer gee my ‘n blokseep en die resep wat hieronder volg.

Digkuns

Skaap en Netvet lewertjies Bestandele 1 Skaaplewer1 heel netvetSout en Peper(Sous van 2 eetlepels blatjang,tamatiesous,2 eetlepels olie,1 ½ suiker – opsioneel)

Metode:1. Sny lewer in 8 cm stukke,geur met

sout en peper2. Sny netvet in stukke groot genoeg

om die lewer toe te draai 3. Ajy die sous wil bysit,meng

blatjang,tamatiesous,olie en suiker en smeer oral oor die lewerstukkies

4. Draai lewer in netvet toe , steek vas met tandestokkies en braai et tot gaar oor matige kole.

Foto deur: CSA - Die strate van Leliefontein was die jaar spierwit na die kouefront sneeu op die berge gebring het.“Leliefontein se mense het die koue winter oorleef en ons is reg vir die hitte.” Joyce Saayman

VERANDERING VAN TYDSGLEUFSkakel in elke dinsdag middag tussen twee en drie op die program ekologika, saam met kim meissenheimer en esther engelbrecht.

Die program wat jou op hoogte hou van omgewingsverwante sake.

Moet dit nie misloop nie.

Antie Lena spog met die seep wat sy en Oomie met hul eie hande hande gemaak. Sien resep.