8
29 Maart 2013 Die Blaker nuusblad blaker gemeentenuus uit aan enigeen wat belangstel in die doen en late van die NG Studentegemeente PUK-Kandelaar op die Potch-kampus van die NWU __________________________________________________________________________________ Sukses met Eerstejaarskampe 2013 8 Januarie breek aan en die NG Kerk Eerstevesting wemel van die eerstejaars. Vandag is die begin van Kandelaar se eerstejaarskamp. Vir die eerste keer ooit hou ons hierdie jaar twee kampe, Ruach en Lagayim. Na ‘n hartlike verwelkoming deur die dominees vertrek ons ywerig na ons onderskeie kampe. Op die kamp vorm ons hegte vriendskapsbande met mekaar en met die kerk deur selgroep sessies, praise & worship en lesings deur die verskeie leraars. Maar dit was nie “all word and no play” nie. Tussen deur het ons fun & games sessies ook gehad waar ons mekaar beter leer ken het met speletjies. Die laaste aand het ons op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n kruistog. Die oggend van die 11de Januarie het almal met nuwe wil en woema op die bus geklim terug Potch toe met die wete dat dit baie makliker gaan wees omdat ons nou net klaar is met die awesome kampe!!B v Schalkwyk Tegniese Versorging van Eredienste Goeie klankversorging in die kerk speel 'n groot bydraende rol tot n positiewe ervaring van die erediens. Dit is die plig van die Tegniese portefeulje en komitee om te sorg dat die klank in die eredienste van so aard is dat dit bydra tot die boodskap wat oorgedra word in die diens. Verder is die Tegniese komitee ook verantwoordelik vir die versorging van al die klank toerusting en ander klank benodigdhede van die kerk. Kandelaar hou drie dienste op 'n Sondag aand en Praise and Worship geleenthede elke Woensdag, waar 'n orkes die sang lei. Die tegniese span is dan betrokke by al hierdie geleenthede asook wanneer die orkes oefen vir die kere wat hulle die sang moet lei. Nuwe studente word deurlopend opgelei om te help met die taak en om die verantwoordelikhede van die studente wat reeds op die komitee dien oor te neem wanneer hulle afstudeer.TvRooyen

Die Blaker 01

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die nuusbrief van Kandelaar Studentegemeente

Citation preview

Page 1: Die Blaker 01

29 Maart 2013

Die Blaker nuusblad blaker gemeentenuus uit aan enigeen wat belangstel in die doen en late

van die NG Studentegemeente PUK-Kandelaar op die Potch-kampus van die NWU

__________________________________________________________________________________

Sukses met Eerstejaarskampe 2013

8 Januarie breek aan en die NG Kerk Eerstevesting wemel van die eerstejaars. Vandag is die begin

van Kandelaar se eerstejaarskamp. Vir die eerste keer ooit hou ons hierdie jaar twee kampe,

Ruach en Lagayim. Na ‘n hartlike verwelkoming deur die dominees vertrek ons ywerig na ons

onderskeie kampe. Op die kamp vorm ons hegte vriendskapsbande met mekaar en met die kerk

deur selgroep sessies, praise & worship en lesings deur die verskeie leraars. Maar dit was nie “all

word and no play” nie. Tussen deur het ons fun & games sessies ook gehad waar ons mekaar

beter leer ken het met speletjies. Die laaste aand het ons op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n

kruistog. Die oggend van die 11de Januarie het almal met nuwe wil en woema op die bus geklim

terug Potch toe met die wete dat dit baie makliker gaan wees omdat ons nou net klaar is met die

awesome kampe!!B v Schalkwyk

Tegniese Versorging van Eredienste

Goeie klankversorging in die kerk speel

'n groot bydraende rol tot n positiewe

ervaring van die erediens. Dit is die

plig van die Tegniese portefeulje en

komitee om te sorg dat die klank in

die eredienste van so aard is dat dit

bydra tot die boodskap wat oorgedra

word in die diens. Verder is die

Tegniese komitee ook verantwoordelik

vir die versorging van al die klank

toerusting en ander klank

benodigdhede van die kerk. Kandelaar

hou drie dienste op 'n Sondag aand en

Praise and Worship geleenthede elke

Woensdag, waar 'n orkes die sang lei.

Die tegniese span is dan betrokke by al

hierdie geleenthede asook wanneer

die orkes oefen vir die kere wat hulle

die sang moet lei. Nuwe studente

word deurlopend opgelei om te help

met die taak en om die

verantwoordelikhede van die studente

wat reeds op die komitee dien oor te

neem wanneer hulle afstudeer.TvRooyen

Page 2: Die Blaker 01

WinC

WinC is die dames bediening wat ons verlede jaar begin het. Ds. Sanré Benadé het dit goed

gedink om ʼn bediening spesiaal vir die dames op kampus te begin, en nie ten NG dames nie, maar al die dames op

kampus!! WinC staan vir Women in

Christ en dit is ons droom dat elke dame op die PUK werklik sal weet wat dit beteken om 'vrou

van God' te wees. Ons hoop om 'n nuwe kultuur te skep vir student

wees op die PUK! WinC is daar sodat daar vir elke

jong dame op die PUK ʼn kans gegee kan word om saam met

vriendinne God weer opnuut te ondek en ʼn lewende verhouding

met Hom te hê. Ons as komitee is baie opgewonde oor die pad

vorentoe want ons weet dat God groot planne vir hierdie bediening

het. Aksies wat ons reeds hierdie jaar

gehou het was die groot bekendstelling wat ons in die Amfi

gehou het waar elke meisie ʼn “starlight” aangesteek het om die effek te skep hoe dit die wêreld sal ophelder as alle dames saam hulle liggies sal laat skyn! Dit het ʼn ongelooflike atmosfeer geskep en dit was werklik ʼn oomblik om te onthou. Ons het ook “praise and worship”aande. Ons bid dat God ons reiklik sal seën in die tye

wat voorlê!

Ouderlinge en Diakens

Ouderlinge en Diakens

Die portefeulje is onder leiding

van ds. Sanre Benade. Jano

Ungerer is ons hoof ouderling.

Ons poog om ouderlinge en

diakens in elke koshuis te vestig

sodat ons oral ‘n positiewe

invloed mag handhaaf.

Ons is verantwoordelik vir die

kollekte opneem, bedienning

van nagmaal en pannekoek

verkoop by amfi dienste. As

dienende lidmate van Kandelaar

streef ons ‘n daadwerklike

christelike aktiewe gemeenskap!

Ons vergader een maal per

maand vir ‘n algemene

vergadering, en die ander drie

weke het ons ‘n sel waar ons

wandel in God se Woord!

Ons het ook ‘n kamp waar ons

saam werk, kuier en beplanning

doen vir die jaar.

Wees wat God së jy kan wees!

Ons as gemeente en Kerkraad

streef die lese na.

Page 3: Die Blaker 01

Uitreike 2013

Page 4: Die Blaker 01

BYBELSKOOL

2013

Kandelaar het ons eie

splinternuwe Bybelskool

wat elke Dinsdag aand in

twee sessies aangebied

word.

Ons ervaar ‘n wonderlike

honger onder die studente

vir kennis oor die Woord.

Die studente geniet die

Bybelskool aanbieding en

kan vrylik vrae stel oor

kwessies waaroor hul

twyfel en antwoorde op

soek.

Om saam te verkeer om

die Woord van God in n

ontspanne “buite die

Kerk” verband gee die

studente vrymoedigheid

om kwessies te ondersoek

wathul moeilik op hul eie

sou antwoorde op kry.

Di. Benade en Burger

wissel die aanbiedinge af

met ongelooflike

interessante materiaal en

onderwerpe

FINANSIES

Die Sinode van Wes Transvaal sny

aan die subsidie wat aan

Kandelaar gemeente betaal word.

Ons moet self die verskil opmaak.

Ons sal dit baie waardeer in die U

wil betrokke raak ook op so ‘n

manier.

Elke debietorder van R50 of R100

maak ‘n reuse verskil in ons

begroting.

Baie dankie vir die hulp wat U gee

aan u kind se gemeente.

Page 5: Die Blaker 01

G E S E L L I G H E I D / “SOCIAL”

KANT VAN KANDELAAR

Nuwe koffiekroeg by kerkkantoor

Kandelaar het begin van die jaar die

dienste vermeerder na drie - vyf-

uur, ses-uur en kwartoor-sewe –

wat dit bemoeilik om koffie en tee

by die kerkgebou te bedien na elke

diens, aangesien dit steurend is vir

die dienste wat aan die gang is. Daar

is toe goed gedink om eerder ’n

koffiekroeg by die kerkkantoor te

skep. Sodoende bly die gees van

samehorigheid en kan studente net

heerlik kom ontspan na die diens en

saam gesels – voor die dolle gejaag

van die week weer begin.

Geselige sosiaal

Op die sosiale front beoog

Kandelaar om ’n inryteater te hou –

met die voordeel dat die klank deur

middel van ’n fm-sender oor die kar

se radio speel. Sodoende kan

studente heerlik saam met vriende,

vriendinne of daai iemand spesiaal

verkeer en net lekker uitspan om so

bietjie af te skakel in die dolheid van

studentwees. Daar sal ook tussen

deur ander aksies gereël word, met

in agneming van die studente se

besige skedules.Yolindi Grobbelaar

KOfFiE kOpPiE

Page 6: Die Blaker 01

DEBIETORDER MAGTIGING

NG PUK KANDELAAR STUDENTEGEMEENTE

NAAM & VAN (OUER) ______________________________________________________

POSADRES ________________________________________________________________

TEL/SEL __________________________________ _______________ (baie belangrik asb)

NAAM VAN STUDENT ___________________________________________________

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geagte Kerkraad, PUK-Kandelaar:

Ontvang hiermee my ooreenkoms vir maandelikse bydraes aan NG Puk Kandelaar

Studentegemeente. Ek aanvaar dat die fondse beskikbaar gestel sal word die werk van die

Here

ie besonderhede van my bankrekening is soos volg:

BANK ______________________________TAK ______________________

REKENINGNR ____________________________(TJEK / SPAAR / KREDIETREK)

NAAM VAN REKENINGHOUER______________________________________________

Debietorderinstruksie aan Bank:

Die bedrag wat as vrywillige bydrae aan NG PUK Kandelaar Studentegemeente uit my

rekening soos hierbo aangedui gedebiteer sal word, beloop maandeliks

R _________________________. Aktiveer asb die aftrekorder vanaf datum

______________. Hierdie debietorder sal slegs deur my gekanselleer word op voorwaarde

dat ek 30 dae skriftelik kennis sal gee aan bogenoemde kerk. Ek verstaan dat ek op geen

terugbetaling van enige bedrag geregtig sal wees nie.

___________________________ _________________

Handtekening van rekeninghouer Datum van magtiging

DONATEURE BYDRAES

Rek Naam NG PUK Kandelaar

Bank ABSA Tjekrekening

Rek nr 670590542

Takkode 335128

Administratiewe Verwysing:

Page 7: Die Blaker 01

KONTAK ONS GERUS ENIGE TYD

Leraar Frans Burger

Frans Burger is gekoppel aan NG Bult gemeente as dominee, maar saam met

Sanré bedien hy voltyds studente in Kandelaar.

Hy is getroud met Riana en hulle het vier seuns. As gesin geniet hulle

ook die buitelewe: kamp, stap, braaivleis, rugby, alles wat lekker is én

vier woelige seuns besig hou!

Kontakbesonderhede:

[email protected]

018 299 2593 / 018 293 2145 / 079 524 3864

Ursula Wijnberg is Kandelaar se bekwame en vriendelike

kantoorbestuurder uitvoerende administratiewe beampte. Sy is

getroud met Harmen en hulle het twee kinders. Ursula is op haar pos

in die gemeentekantoor op kampus (Gebou E10, naby die hoofingang

van die PUK) vanaf 8h00 tot 14h00.

Kontakbesonderhede:

[email protected]

018 299 2592 Uitvoerende Sekretaresse

www.ngpukkandelaar.co.za

Sanré Benadé is in 2011 beroep as een van die leraars by

Kandelaar. Sanré word reeds hooggeag onder die studente en

haar bydrae tot Kandelaar se groei is ongelooflik.

Sy het die WinC (Women in Christ) groep begin wat aktief en

suksesvol is. Sanré is ook betrokke by Finansies en die

Bybelskool

Kontakbesonderhede:

[email protected]

018 299 2593 / 082 555 3024

Izelle Claassen is Kandelaar se uiters bekwame musiek

aangeleentheid bestuurder.Izelle is Kandelaar se hart se

punt en sy sorg vir alle musiek en opleiding by ons.

[email protected]

0825571456

Page 8: Die Blaker 01