Die Burger

  • View
    82

  • Download
    9

Embed Size (px)

Transcript

  • Oudgevangenes

    8||By||Saterdag 25.Mei.2013

    Met sy byderwetse pienk

    hemp en netjiese bril lykThandisizwe na n reklame-bestuurder of n metroman.Hys n welsprekende 31-ja-

    rige met n diep, sonore basstem. Hysook n gepubliseerde skrywer wat die En-gelse taal kan laat sing.

    Thandisizwe en die ander mans wat indie smorende laatherfshitte in die op-slaangebou by die Mens Wellness Centrein Guguletu buite Kaapstad sit, is egterallesbehalwe yuppies. Onder hul hemdevertel die tjappies op hul lywe n ver-haal van gewere, bloed en vrees.

    Party, soos Thandisizwe, wil nie hulvanne in die koerant h nie, want selfsbuite die tronk is hulle bang vir diewraak van die tronkbendes.

    Elke tweede Donderdag kom di groepvan tien wat op parool is bymekaar asdeel van die nie-regeringsnetwerk SonkeGender Justice se One Man Can Beyondthe Bars-program om te praat oor diehoop n verskrikking van vryheid. Huloortredings het gewissel van gewapenderoof tot moord. Nou moet party leer omvir die eerste keer n eie bankkaart te ge-bruik, huur te betaal of te bestuur.

    Ander leer nou eers die betekenis vandie woord pa. Thapelo Kolobi, wat 12jaar lank agter tralies was weens gewa-pende roof, hou sy vyf maande oue baba-seuntjie, Tshepang, styf teen sy bors.

    Ek was hier vir hierdie baba sedert sygeboorte, s hy. Terwyl ek in die tronkwas, moes my drie ander kinders napleegouers gaan. Nou is ek honger endors om alles van ouerskap te leer.

    Tshepang se ma werk en sy wou hombedags in n crche sit, maar ek het ges

    hoekom wil jy dit doen? Nou is ek sy man sy pa.

    Thandisizwe knik. Ek het altyd gedinkn man is die hoof van die huis en hy hoefnie sy hande vuil te maak met huiswerknie. Nou was ek die skottelgoed, ek kook,ek maak die huis silwerskoon en ek pasmy broer se dogter op. Ek het nie werknie, so dis die minste wat ek kan doen.

    Manskappe van bloedDie voorspel tot Thandisizwe se vorigelewe in die tronk het begin met n geweer-loop teen sy kop. Dit het geren buite enhy was 15.

    Kom ons gaan kry vir ons geld, het syvriend, wat die geweer met n vonkel indie oog vasgehou het, ges.

    Al het hy in n stabiele huishoudinggrootgeword, het hy t al skool gelos.Hy het sy verslawing aan man-drax en crack-kokaen finan-sier deur huisbrake, motor-diefstal en kapings.

    Di keer het hy en syvriende hoog gemik: nSuperette in Landsdownewaar hulle die elektrisi-teitsgeld gebuit het. Hier-na het hulle n aflewe-ringswa gekaap wat 30 kis-te brandewyn en whiskeyvervoer het.

    Hulle is vasgetrek en hy is tweejaar lank aangehou in Pollsmoor se af-deling vir verhoorafwagtende jeugmisda-digers totdat die aanklagte in 1998 terug-getrek is. Hier het hy n geharde misdadi-ger geword.

    Die pyn en die trauma begin reeds indie polisieselle. Daars bendelede wat jou

    terroriseer; wat jou skoene, selfs jou on-derbroek vat.

    In die vangwa op pad na die hof hetbendelede dwelms aan sy liggaam probeerversteek en in die tronk was gevegte enverkragting aan die orde van die dag.

    Die dag toe hy vrygelaat is, het hy weerbegin steel, ondanks sy ma se pleidooie.

    Die afdeling vir verhoorafwagtendes iswaar mense leer. Dis baie wreder as omn gevonniste misdadiger te wees.

    Kort hierna is hy weer gearresteer nn gewapende rooftog by n BP-vulstasie.Dit was sodat hy kon drink, s hy, Glen-fiddich, Chivas en Jack Daniels. En sodathy kon geld h vir Uzzi-klere en Carvela-skoene.

    Ons was aggressief di dag, maar nie-mand het erg seergekry nie. Die polisie

    het op ons geskiet en ons het terugge-skiet en met die geld wegge-

    hardloop.Hulle is spoedig weervasgetrek en di keer isdie saak nie uitgegooinie.

    Hy en vier vriendeis in 2001 gevonnis tot26 jaar gevangenisstrafop drie verskillende

    aanklagte twee vir ge-wapende roof en een vir

    die besit van n ongelisen-sieerde vuurwapen wat hulle

    gelyklopend kon uitdien oor n tyd-perk van 18 jaar.

    Om te oorleef het hy by die tronkben-de die 27s aangesluit, die manskappevan bloed wat die kodes en wette vandie nommer monitor.

    Ek was n vreeslose man, en ek het ge-

    hoor die 27s is bakleiers. Ek het gedinkja, ek is lief vir geld en ek is lief vir bak-lei. Ek s nie nee nie.

    Vir hom was dit nooit nodig om n be-ampte te steek of verkrag te word om syrang in die bende te verseker nie.

    Elke keer as my ma (n huishulp, nou57) kom kuier het, het sy vir my geld ge-gee en dan het ek die geld vir hulle gegee.Jy mt vir haar vra, want dit was al ma-nier om te oorleef.

    In di tyd is verskeie korrektiewebeamptes en gevangenes by Pollsmoor ge-steek. Thandisizwe is in 2002 saam metander probleemgevalle na die maksi-mumveiligheidstronk in Kokstad, Kwa-Zulu-Natal, gestuur, waar die ergste vandie ernstige misdadigers aangehouword.

    Ons was die eerste gevangenes daar.Toe ons daar aankom, kon ons nie bel nieen ons kon net een brief per maand skryf.Geen radio, geen TV nie, niks. Jy het eenuur per dag gehad om te oefen alleen en vir die ander 23 uur is jy in n enkelselopgesluit.

    Geen boeke nie en aanvanklik geentoegang tot n biblioteek nie. Die bewaar-ders het ons net toegelaat om Bybel telees, maar ek het nie eintlik omgegee oordie Bybel nie. Vir 23 uur per dag het ekdie tandepastabuisie in my sel gelees.

    N n week het hy tog gevra vir n By-bel en hy het di boek van voor tot agtergelees. Ek het dit nie gelees omdat ek nChristen was nie. Ek het dit soos n ro-man gelees om die tyd om te kry. Maarterwyl ek gelees het, het ek gedink aan aldie slegte dinge wat ek gedoen het.

    My groot vraag was: Waarvoor leweek nou eintlik?

    Thandisizwe, wat nie sy van genoem wil h nie omdat hy steeds bang is vir bendes, was vir 11 jaar agter tralies weens gewapende roof en die besit van n ongelisensieerde wapen. Fotos: Michael Hammond

    Die hoop enverskrikking van

    Die meeste oudgevangenes sukkel om werk te kry, maarmet die hulp van n unieke program leer hulle om tog nverskil te maak. Willemien Brmmer vertel hoe n voor-

    malige lid van die 27s-tronkbende leer huil het.

    vryheid

    Ek isniespytdatekindaai tronkwasnie,alwasditbaiepynlik,maardithetmygehelpomdiemens tewordwatek

    vandag is.

  • Oudgevangenes

    Saterdag 25.Mei.2013||By||9

    Thandisizwe praat stadig, soekend.Ek het ook besef ek wou gekn wees,

    gerespekteer; dis hoekom ek al die dingegedoen het en hoekom ek aan n bende be-hoort het. Ek wou net aandag h en ekmoes daai honger binne my voed deuraan te hou slegte dinge doen.

    Kort voor lank het die gevangenis syeie biblioteek gekry en hy het begin lees.Thandisizwe het stelselmatig die geheimebende-sleng uit sy woordeskat geban enbegin droom oor verder leer.

    Ek is nie spyt dat ek in daai tronk wasnie, al was dit baie pynlik, maar dit hetmy gehelp om die mens te word wat ekvandag is. Vier jaar en agt maande lankwas ek in n enkelsel en ek het geen be-soeke gekry nie.

    Ons mt huilToe Thandisizwe in 2007 na Pollsmoorverplaas is, het weinig in di gevangenisintussen verander. Toe hy s hy wil uit-tree as lid van die 27s, is hy n igwala(lafaard) genoem. Kort hierna is hy naDrakenstein tussen die Paarl en Fransch-hoek, die tronk waaruit Nelson Mandelaop 11 Februarie 1990 vrygelaat is.

    Hier het Thandisizwe matriek geskryfterwyl hy saam met 30 ander in n sel ge-woon het. Hy het ook saam met 14 andergevangenes n skryfkursus gedoen onderleiding van die skrywer en joernalis Mar-gie Orford. Die resultaat was n boek ge-naamd Fifteen Men, saamgestel deur Or-ford en gepubliseer deur Jonathan Ball.

    In di tyd het hy by Sonke Gender Jus-tice se One Man Can-projek betrokke ge-raak, waar hy medegevangenes opgeleihet oor onder meer MIV/vigs, tuberkulo-se en geslagsgelykheid.

    Die program het my gehelp om te sienwat ek gedink het is my sterk punte, iseintlik my achilleshiel en my swakste ei-enskappe is eintlik my krag en sterkte.

    Op 22 Maart 2011 het hy sy eerste treena vryheid gegee toe hy na Pollsmoorverplaas is en bedags op parool vrygelaatis. Weekaande moes hy in die tronk slaapen bedags het hy op n plaas gewerk.

    Dit was nie maklik nie. Jy voel asof jynie deur die samelewing aanvaar wordnie. Dis een van die grootste redes hoe-kom mense weer teruggaan na n lewevan misdaad. Die meeste gevangenes isaandagsoekers. Miskien kry hulle niebuite daardie aandag wat hulle nodig hetnie, dan doen hulle iets sodat hulle kanteruggaan tronk toe, want daar kry hullewl aandag.

    Op 16 Julie verlede jaar is hy op volleparool vrygelaat en het hy die reis beginwat hy beskryf in sy gedig A NewVision: My soul awakens from its dark,lonely slumber and begins to danceagain.

    Sy familie het hom ondersteun in dihuiwerige dans na vryheid. Toe ek ge-vonnis is, was hulle daar en toe ek uit-

    kom, was hulle daar. My ma hetnie die dinge wat ek gedoen het,goedgekeur nie, maar omdat ekhaar seun is, wou sy net die besteh vir my, al het ek alles wat sy virmy gedoen het, opgekou en in haargesig teruggespoeg.

    n Stilte. Ek kry nie werk nie enmy ma koop steeds vir my kos enklere en ek woon in haar huis. Disfrustrerend, want ander mans van my

    Waar mans kan huilDis een van die samelewing se ongeskrewegebooie: As manmoet jy voorsien.

    Vir oudgevangenes beteken hierdie gebodegter hulle word dikwels verdoem as hulle ni inhul naastes se behoefte kan voorsien nie. f hulleland weer agter die tralies.

    Daarom leer Sonke Gender Justice deur hulOne Man Can Beyond the Barsprogram viroudgevangenes daar is ander maniere om vir joufamilie te sorg as deur geld. Soos om vir die eerstekeer in jou lewe n pa te wees. Of deur n potspaghetti te maak vir jou gesin.

    Di steungroep vir oudgevangenes hetontstaan uit Sonke se One Man Canprogramwatdie kultuur agter tralies wil verander deur opvoeding en steun aan gevangenes n bewaarders.Sowat 300 gevangenes in die WesKaap wordjaarliks in agt gevangenisse opgelei om hulportuurgroep oor kwessies soos MIV