66
Volk en Verbond: ʼn historiese oorskou van die lewensbeskoulike tendense in ons volkslewe (1652-2002) Prof. A.W.G. Raath 1. Inleiding Die goue draad van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert die einde van die agtiende eeu loop, volgens W.A. de Klerk, hand aan hand met die botsing van kulture binne die konteks van enersyds die Calvinistiese etiek en andersyds die “barbarisme” van die inheemse volke. _ Die Calvinisme wat met die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het, skryf De Klerk _ , is verder verstewig deur die koms van die Franse Hugenote in 1688. Die samebindende krag wat die volksplanters uit verskillende Wes-Europese lande saamgebind het, was, sê De Klerk, die Calvinistiese etiek: “Here they were, a group of West European people, a mere fragment, which had found itself sharing not only a common landscape but also a common cause. What bound them together, in the deepest sense, was the Calvinist ethic. True enough, they had long since ceased to find a free intellectual discussion going on around them concerning this matter. Yet, rather strangely, the Calvinist tradition had remained alive.” _ Die elemente wat, volgens De Klerk, die aard van die eiesoortige Calvinisme, wat sedert die volksplanting in ons land wortel geskiet het, bepaal, is die Sinode van Dordt in 1618/19; die opkoms van die puriteinse lewenshouding en die neo-Calvinisme van Kuyper, Dooyeweerd en andere wat van Nederland na Suid-Afrika oorgewaai het. _ Dit is trouens opmerklik hoeveel klem De Klerk op die puriteinse invloede op die Calvinisme in ons land plaas. De Klerk gaan sover om sonder veel omhaal van woorde, die historiese dinamiek van die Calvinisme in Suid- Afrika nie in Frankryk, Nederland of Skotland te vind nie, maar in die Anglo-Saksiese wêreld _ : “The demands of Calvinism, from the start, had been rigorous, uncompromising and urgent. It naturally attracted the temperamentally active: being like a great fine-meshed seine, netting its most valuable haul in Anglo-Saxon waters.” _ Hy gaan voort om die Calvinisme wat in ons land ontwikkel het, van die historiese ontwikkelinge in Nederland, Frankryk en Skotland, afhanklik te maak. _ _ The Puritans in Africa, p. 3. _ Ibid., p.9 _ Ibid., 12.

Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Volk en Verbond: ʼn historiese oorskou van die lewensbeskoulike tendense in ons volkslewe (1652-

2002) Prof. A.W.G. Raath

1. InleidingDie goue draad van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert die einde van die agtiende eeu loop, volgens W.A. de Klerk, hand aan hand met die botsing van kulture binne die konteks van enersyds die Calvinistiese etiek en andersyds die “barbarisme” van die inheemse volke._ Die Calvinisme wat met die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het, skryf De Klerk_, is verder verstewig deur die koms van die Franse Hugenote in 1688. Die samebindende krag wat die volksplanters uit verskillende Wes-Europese lande saamgebind het, was, sê De Klerk, die Calvinistiese etiek: “Here they were, a group of West European people, a mere fragment, which had found itself sharing not only a common landscape but also a common cause. What bound them together, in the deepest sense, was the Calvinist ethic. True enough, they had long since ceased to find a free intellectual discussion going on around them concerning this matter. Yet, rather strangely, the Calvinist tradition had remained alive.”_

Die elemente wat, volgens De Klerk, die aard van die eiesoortige Calvinisme, wat sedert die volksplanting in ons land wortel geskiet het, bepaal, is die Sinode van Dordt in 1618/19; die opkoms van die puriteinse lewenshouding en die neo-Calvinisme van Kuyper, Dooyeweerd en andere wat van Nederland na Suid-Afrika oorgewaai het._ Dit is trouens opmerklik hoeveel klem De Klerk op die puriteinse invloede op die Calvinisme in ons land plaas. De Klerk gaan sover om sonder veel omhaal van woorde, die historiese dinamiek van die Calvinisme in Suid-Afrika nie in Frankryk, Nederland of Skotland te vind nie, maar in die Anglo-Saksiese wêreld_: “The demands of Calvinism, from the start, had been rigorous, uncompromising and urgent. It naturally attracted the temperamentally active: being like a great fine-meshed seine, netting its most valuable haul in Anglo-Saxon waters.”_ Hy gaan voort om die Calvinisme wat in ons land ontwikkel het, van die historiese ontwikkelinge in Nederland, Frankryk en Skotland, afhanklik te maak._ Onder andere verklaar De Klerk sy simpatie met die Remonstrante wat in die stryd teen die outentieke Calvinisme in Nederland lyding ervaar het._

Die koppeling van ʼn nasionalistiese gees met die Calvinisme wat in Suid-Afrika na vore getree het, vind De Klerk in die Britse puriteinse denke van die sewentiende eeu: “From the point of view of the modern Afrikaners, too, the transition from a God-fearing but also deeply patriotic group to a militant, often nationalist, radicalism, leading eventually to a new despotic rule, found its original model in the history of the English political saints of the seventeenth century.”_

Die merkwaardige in De Klerk se aanbieding is die feit dat hy selfs die verligte Engelse filosoof John Locke as verteenwoordiger van die “positiewe, skeppende en permanente

_ The Puritans in Africa, p. 3. _ Ibid., p.9_ Ibid., 12. _ Ibid., 125._ Ibid., 149. _ Ibid., 152._ Ibid., 138. _ Ibid. Hy verwys veral na die staatsman Oldenbarneveldt en die juris, Hugo Grotius, wat vanweë hul aandeel in die opstand teen die Calvinistiese owerhede verhoor en skuldig bevind is. _ Ibid., 156.

Page 2: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

elemente in die Calvinisme” beskou._ Dit is voorts ook interessant dat De Klerk die verbondsidee van die Calvinisme tot die gereformeerde denke in die jong kolonie van Amerika terugvoer_ en dit wat hy as die “true culmination of the greater Anglo-Saxon Revolution” beskryf._

De Klerk_ kom dan tot die gevolgtrekking dat die Afrikanervolk lewensbeskoulik sterk op die puriteinse gees terugval en dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling uiteindelik juis uit hierdie gees voortgekom het: “It would be far better to understand it all, not as an isolated phenomenon in a ‘very strange society’, but as essentially part of the general picture of Puritan man, willing power but at the same time seeking divine approval. The way to this is the ideal of social and political organization.”_ Ter konklusie kan gemeld word dat De Klerk die Afrikaner se sosio-politieke ideaal as ʼn “evolusie van politieke fundamentalisme uit die Puriteinse mutasie van die Calvinisme”_ beskryf. De Klerk aanvaar dus dat die puriteinse Calvinisme die agtergronde van die Afrikaner se lewensbeskouing vorm.

J.D. du Toit (Totius) beskryf die Calvinistiese agtergronde van ons volksgeskiedenis teen die agtergrond van die Nederlandse herkoms van ons volk en die aanvulling wat dit vanuit Hugenote-afstamming gehad het._ Die tipe mense wat na Suid-Afrika gekom het, was van “goeie burgerlike families afkomstig”; ʼn klas van mense onder wie die Calvinisme geaard het en wat die “beste grondstof gevorm het om nasies mee te bou.”_ Volgens Totius het die aankoms van die volksplanters aan die Kaap “nie maar net oudheidkundige belang vir ons ... nie; hulle houtskepies en snaakse monderings interesseer ons nie in die eerste plek nie. Ook het hulle aankoms nie net historiese waarde nie – asof ons hulle net moet eer as die grondleggers van ʼn blanke beskawing in hierdie wilde wêreld. Nee, ons gaan in ons gedagte terug na 6 April 1652, en ons sien die mense land en ons is bly omdat hulle ons eie, ons bloedeie geestelike familie is. Ons eer hulle nagedagtenis, omdat hulle die oorbringers was van die kostelike skat – die Calvinisme.”_ Volgens Totius het, deur die genade van God, die Calvinisme “ook in Suid-Afrika heerlike vrugte gedra vir die lewenspraktyk”._ Danksy die lees van die Heilige Skrif en die kennis van die Heidelbergse Kategismus, waarin die groot waarhede van die Skrif so duidelik gereflekteer is – ook met betrekking tot die lewenspraktyk – en die prediking van menige leraar en die vermaning van waardige voorgangers en ouers wat soos vaders en moeders in Israel kon optree, het ons voorouers op die regte pad volhard en bewys gelewer dat “hierdie leer geen goddelose en sorgelose mense maak nie.”_ Kortom, vir Totius is die Calvinisme vanuit Nederland in Suid-Afrika in die tyd van die Oos-Indiese Kompanjie oorgeplant, is dit trou bewaar deur Afrikaners wat veral in die noorde van die Kaapkolonie in afsondering geleef het, het dit met die Trekkers meegetrek en het dit in die Boererepublieke, verder van verengelsing, steeds sterk deurgewerk._

_ Ibid., 159. _ Ibid., 165._ Ibid., 167. _ Ibid., 174._ Ibid., 175. _ Ibid., 193: “the evolution of political fundamentalism out of the Puritan mutation of Calvinism ….. .”_ Die Calvinisme in Suid-Afrika as historiese verskynsel, in: Totius Versamelde Werke, dl. 6, p.34 en 35: “Nouwel, uit hierdie by uitstek Calvinistiese land het ons voorvaders gekom vir soveel hulle Nederlanders was.” Volgens Totius het die Duitse stamvaders wat na Suid-Afrika gekom het, nie “alte vreemd gestaan teenoor die Calvinistiese belydenis en lewensbeskouing nie, omdat hulle uit die aangrensende lande gekom het ….. en nog die wedersydse rasverwantskap gevoel het.”_ Ibid., p.36. _ Ibid. _ Ibid._ Ibid., 38-39._ Calvinisme, in: Totius Versamelde Werke, dl. 6, pp.60-61.

2

Page 3: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Wat die Calvinistiese houding oor die mens se verhouding tot die wêreld betref, stel Totius dit dat enersyds daar vir die Calvinis die “ganse, ryke wêreld is” wat as sy werkterrein dien, dat “hy hom nie skroomvallig” hoef af te sonder nie en dat hy dus “in (gaan) tot die lewe in sy bonte menigvuldigheid”_; andersyds leef daar by die Calvinis die puriteinse erns waardeur hy gedurig rekening hou met die mag van die sonde._ Alhoewel beide De Klerk en Totius na die puritanisme binne die konteks van die Calvinisme verwys, is die rol wat beide aan die puritanisme – binne die ontwikkeling van die Calvinisme hier te lande toeken – verskillend. Vir Totius word die Calvinistiese inslag van die Afrikaner deur sy puriteinse erns gekenmerk, terwyl De Klerk die puritanisme as sodanig as voedingsbron van die Afrikaner se ideologiese opvattings beskou. Die eerste vraag is dus wat die aard van die Calvinisme was wat hier te lande wortel geskiet het en as selfstandige lewensisteem ontwikkel het. Voorts is die vraag ook welke faktore ʼn invloed op die ontwikkeling van die Calvinisme in ons volkslewe gehad het en op welke wyse hierdie invloede tot die ontstaan en ontwikkeling van ʼn eiesoortige Calvinistiese lewenshouding bygedra het. Dit is voorts ook ʼn belangrike vraag tot welke mate die Calvinisme hier te lande binne die breër stroom van die Reformasie aansluiting by ander reformatoriese strominge gevind het.

Ten einde hierdie vrae te kan beantwoord, is dit nodig om die formatiewe historiese kontoere van die ontwikkeling van die Calvinisme as lewensisteem in ons volkslewe te ondersoek. Dít vereis ʼn analise van die belangrikste historiese gebeurtenisse wat in die verskillende fases van ons lands- en volksgeskiedenis die gang van die Calvinisme bepaal en gevorm het.

2. Die outentieke Reformasie as grondslag van die Calvinistiese lewensopvatting in ons volksleweHerman Bavinck skryf van die verskil tussen die Duitse en Switserse Reformasie dat die onderskeid tussen land en volk, waar onderskeidelik Luther en Zwingli opgetree het; die verskil in afkoms, opvoeding, karakter en lewenservaring, daartoe meegewerk het dat dié twee reformatoriese strominge uiteengegaan het._ Sedert 1529 het die verskille tussen die Lutherse en Switserse reformatoriese strominge al hoe groter geword sodat mettertyd gesê sou kon word dat daar wesenlike verskille met betrekking tot grondslag en inslag na vore getree het._ Bavinck vat die kernverskille tussen dié twee reformatoriese rigtings soos volg saam: “De Gereformeerde blijft niet in de historie staan, maar klimt op tot de idee, tot het eeuwig besluit Gods; de Luthersche neemt zijn standpunt midden in den raad Gods door te dringen. Bij de Gereformeerden is de verkiezing het cor ecclesiae, bij de Lutherschen is de rechtvaardigmaking het articulus stantis et cadentis ecclesiae.”_

Die interessante is egter dat ook binne die gereformeerde Protestantisme daar verskillende rigtings en strominge na vore getree het, wat mettertyd ook verder uiteengegaan het. Die rede daarvoor is deels te vinde in die feit dat die gereformeerde kerk nie slegs tot een land en volk beperk was nie, maar dat dit onder verskillende volkere in verskillende lande posgevat het; dit is nie in één enkele belydenis vervat nie, maar het in talle belydenisskrifte tot uitdrukking gekom._

Dít is waarskynlik die rede waarom die gereformeerde Protestantisme in die loop van die 16de eeu spoedig in verskillende tradisies – hoewel ooreenstemmend wat grondslag en uitgangspunt betref, maar verskillend in beklemtoning en fokus – uiteengegaan het. _ Ibid., 32. _ Ibid. As sodanig is die Puritanisme en die Calvinisme geen teëstellinge nie: “Puriteinse ingetoënheid het hand aan hand gegaan met die strewe om beslag te lê op die hele lewe.”_ Gereformeerde Dogmatiek, dl. I, p.172. _ Vgl. ibid., p.172. _ Ibid., p.173. _ Vgl. ibid. Hy voeg ook by : “De dogmatische ontwikkeling, bijv. In de leer der verkiezing, der rechtvaardiging, der wedergeboorte, der sacramenten enz. is in de Geref. Kerk veel rijker en veelzijdiger dan in de Luth. Geweest.”

3

Page 4: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Eerstens was daar die Switserse Reformasie, wat onder die invloed van Zwingli die ontwerp gebied het waarbinne die verskillende strominge van die Reformasie later sou tuiskom._ Na Zwingli se dood was Heinrich Bullinger die belangrikste figuur wat die Switserse Reformasie sy voortgang gegee het._ Deur middel van die eerste en tweede Switserse Konfessies het Bullinger die teologiese eenheid van die gereformeerde Protestantisme bewaar._ Wayne Baker gaan sover om te skryf dat gedurende sy vyf-en-veertigjarige leierskap van die kerk in Zurich, die statuur van Bullinger onoortreflik was, behalwe vir die aansien wat Calvyn geniet het._ Die belangrikste redes vir Bullinger se rol in die Switserse Reformasie was sy omvattende publikasies oor teologiese onderwerpe en die uitgebreide korrespondensie wat hy met talle vooraanstaande kerklike en politieke leiers in Europa gevoer het._

Die uitstaande kenmerk van Bullinger se reformatoriese denke, was sy beklemtoning van die verbond tussen God en die mens._ Waar Calvyn die klem op die uitverkiesing gelê het, het Bullinger die verbond meer op die voorgrond geplaas, as ʼn saak wat nie opsigself deur die uitverkiesing beheers moet word nie._ Die verbond is vir Bullinger die wyse waarop God met sy volk in die geskiedenis omgaan met belofte en eis, seën en gerig, sodat die verantwoordelikheid van die mens in die omgang met God meer tot sy reg kan kom. Om hierdie rede konkludeer Jonker dat Bullinger veel meer histories as Calvyn dink, en daarom die lewe van die kerk nie direk in die lig van die ewigheid plaas soos dit noodwendig vanuit die uitverkiesing moet geskied nie, maar dit, volgens Jonker, verstaan as die weg wat God met sy kerk in die geskiedenis gaan._ Daarenteen wy Calvyn veel minder aandag aan die historiese omgang van God met sy volk en die voortgang van die heilsgeskiedenis, sodat Jonker tereg konkludeer dat die “denke vanuit die ewigheid speel inderdaad by hom (Calvyn) ʼn groter rol as by Bullinger” en daarom “bring hy die verbond baie meer direk met die uitverkiesing in verband as Bullinger, soos blyk uit Inst. III, 21.”_ Die gevolg was die ontwikkeling binne die gereformeerde Protestantisme van twee visies op die verbond, wat die gereformeerde kerke deur die eeue begelei het._ J. Wayne Baker konkludeer dat Bullinger wel deur Zwingli se verbondsdenke beïnvloed is, maar dat hy tog wel sy eie weg opgegaan het, onder andere die beklemtoning by Bullinger van die bilaterale aard van die verbond en sy standpunt dat die Nuwe Testament niks anders is as die interpretasie van die Ou Testament nie._ Uit hoofde van die uitgebreide werk wat Bullinger binne die verband van die Switserse Reformasie gedoen het, is Bavinck se stelling dat eers Calvyn se “organiseerende en systematische geest” aan dié Reformasie sy “belijnde en vaste organisatie” gegee het, ʼn onmiskenbare onderskatting van die bydrae wat Bullinger in hierdie verband gelewer het.

Die werk van Calvyn het ʼn deurslaggewende bydrae tot die verloop van die verdere Reformasie gelewer. Dit was veral sy Institusie wat ʼn reusebydrae tot die verbreding en verspreiding van die gereformeerde Protestantisme gelewer het. Die dogmatiese inslag van _ Ibid., p.174. _ J. Wayne Baker, Heinrich Bullinger and the Covenant: The Other Reformed Tradition, p.xi. _ Ibid._ Ibid. _ Ibid., p.xi. _ Sien bv. Charles S. McCoy en J. Wayne Baker, Fountainhead of Federalism, pp.99-138 vir ʼn vertaling van Bullinger se grondleggende publikasie oor die verbondsteologie, gepubliseer in 1534._ Sien W.D. Jonker, Uit Vrye Guns Alleen, p.89 hieroor. _ Ibid., p.90. _ Ibid._ Sien ibid., p.91._ Heinrich Bullinger and the Covenant, pp.18-19: “Clearly Bullinger was greatly influenced by Zwingli. But he added some touches of his own – his clearer assertion of the bilateral nature of the covenant and his affirmation of hermeneutical unity, his frequent assertion that the New Testament was nothing but the interpretation of the Old. Even in the 1520’s Bullinger had made the covenant idea his own, both in terms of content and in terms of the central position that the concept held in his thought.”

4

Page 5: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Calvyn se gereformeerde denke het weldra ʼn invloed uitgeoefen op die standpunte van Beza (Tractatus theol.(1570)); Petrus Martyr Vermiglius (Loci Communes (1576)); Musculus (Loci Comm. (1560, 1567) en Aretius (Theol. Problemata (1579)). Spoedig brei Calvyn se invloed ook na Frankryk uit. Sy Institusie van 1536 dra hy aan Frans I op en word sodoende ʼn sleutelfiguur van die Franse Reformasie. Die vertaling van sy werke in Frans lei daartoe dat talle teoloë deur Calvyn se dogmatiese insigte beïnvloed word._

Reeds voor die tweede helfte van die 16de eeu vind die invloed van Calvyn ook in Nederland neerslag._ Reeds in 1560 word die Institusie van Calvyn in Nederland vertaal en verskeie Nederlandse geleerdes volg die lyn van Calvyn: Dathenus, de Brès, Modet, Marnix, Caspar Heydanus en so meer. Talle Nederlanders wend hulle in die loop van die 16de eeu na Genève en Heidelberg vir hulle opleiding, maar reeds in 1575 word ʼn akademie te Leiden opgerig en in 1585 een te Franeker._

Die leer van Calvyn vind ook in Engeland en Skotland inslag. Vanweë die vervolginge wend talle Gereformeerdes hul na die Europese vasteland en kom sodoende met die leer van Calvyn, Bullinger, Beza, Martyr en andere in aanraking. Die verflouing van die outentieke Calvinisme lei tot ʼn heftige stryd van Calvyn-gesindes om die leer van die uitverkiesing te handhaaf en teen die einde van die 16de eeu was dit veral William Perkins en William Whitaker, beide te Cambridge, wat poog om die leer van die uitverkiesing te handhaaf._ Deur die toedoen van John Knox, John Craig en andere is die inslag van Calvyn se denke in Skotland sterk gehandhaaf._

In Duitsland en die grensgebiede van Nederland en Switserland was die Protestantse kerk en gereformeerde teologie minder afhanklik van die denke van Calvyn. Die gevolg daarvan was ʼn Protestantse rigting wat merendeels ʼn eie karakter vertoon, soos blyk uit die inslag van die Heidelbergse Kategismus en die teologiese denke van Pareus, Ursinus, Oleveanus, Hyperius, Boquinus, asook dié van à Lasco._ Dit was in hierdie teelaarde waar die verbondsteologie van Heinrich Bullinger vrugbare neerslag gevind het. Ook sou hierdie teologiese invloed mettertyd die gang van die gereformeerde denke aan die Kaapse volksplanting rigtinggewend bepaal._

Beide gereformeerde strominge sou mettertyd ʼn rigtinggewende rol in die Kaapse volksplanting speel.

_ Bv. Chandieu (de verbo Dei, de Christi sacerdotio, de remissione peccatorum ens.); Marlorat (Thesaurus S. Scripturae in locos comm. Rerum et dogmatum (1574) en du Plessis Mornay (Traité de l’ Eglise (1578), Traité de la vérité de la religion chrétienne (1581)._ Sien bv. F.L. Rutgers, Calvijns invloed op de Reformatie in de Nederlanden, voorzoover die door hem zelven is uitgeoefend (Leiden, 1899). _ Feugueraeus, Danaeus, Saravia, Trelcatus, Bastingius en Junius was te Leiden, en Lubbertus, Lydius en Nerdenus te Franeker die bekendste hoogleraars van hierdie tyd. Dogmatiese werke in die lyn van Calvyn verskyn uit die hand van Gellius Snecanus (Methodica descriptio et fundamentum trium locarum communium S. Scr. (1584); van Bastingius ʼn verklaring van die catechismus (1590); van Feugueraeus (Propheticae et apostolicae, i.e. totius divina et canonicae Scripturae thesaurus (1574)); van Trelcatius (Loci Communes (1587) en van Junius (Theses Theologicae (Opera Omnia I 1592). _ Sien Bavinck, op. cit., p.176. _ Ibid. _ Bavinck, op. cit., p.177, poog om die verskille tussen Calvyn en Bullinger kleiner te maak as wat dit in werklikheid was. _ Soos reeds vroeër opgemerk, was die verskil tussen Calvyn en Bullinger se denke tiperend van die twee hoofrigtings waarin die gereformeerde denke mettertyd uiteengeloop het. Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, p.177, is dus nie korrek in sy bewering dat daar tussen die teologie van Calvyn en Bullinger “geen enkel zakelijk, maar alleen een formeel en methodologisch verschil” was nie en dat die verskil slegs neerkom op die “onderscheid tusschen het supra- en het infralapsarisme, tusschen het streng-theologisch en het foederalistisch uitgangspunt” , wat dus beteken dat die verskille tussen hierdie denkers ten onregte teenoor mekaar gestel word; twee rigtings “wat inderdaad naast elkander bestaan heeft en wat enkel door eene zeer eenzijdige antithetisch wordt.”

5

Page 6: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

3. Die Nadere Reformasie en die voortsetting van die reformatoriese beginsels3.1 Dogmatologiese ontwikkelinge binne reformatoriese kring tot die einde van die 16de eeuReeds teen die einde van die 16de eeu het talle gereformeerde teoloë na vore getree wat gepoog het om die beginsels van die outentieke Reformasie voort te sit en wetenskaplik te ontwikkel. Veral die name van Martyr, Sadeel, Junius en Zanchius moet hier vermeld word. Hulle poog om die skolastiese metodiek vir die ontwikkeling van ʼn gereformeerde dogmatiek aan te wend. In die geval van Zanchius (1516-1590) het hy, onder die invloed van Bullinger se de origine erroris en Calvyn se Institutio, die skolastiese metode in die wetenskap gevolg._

Tesame met die invloed van Petrus Martyr Vermigli (1500-1563)_ en Franciscus Junius (1545-1602)_ sou hierdie drie teoloë – op grond van hul noue kontak met sowel die denke van Bullinger as Calvyn – die twee groot reformatoriese strominge in gereformeerde kring – nouer met mekaar aaneensluit.

In die geledere van die teoloë wat binne gereformeerde kring, ter uitbouing van die reformatoriese denke gewerk het, moet veral die name van Gomarus en Voetius vermeld word. Beide van hulle het sterk op die skolastiese metodiek van die middeleeue teruggeval._ Voorts was daar ook die invloed wat van gereformeerde denkers soos Polyander, Walaeus, Thysius en Rivetus (skrywers van die Synopsis Purioris theologiae), Trigland, Hoornbeek te Leiden, Macovius, Acronius, Amesius, Schotanus, Bogerman, Cloppenburg, Arnoldus te Franeker, Ravensperger, H. Alting, Maresius te Groningen, Essenius, Mastricht, Leydecker te Utrecht en andere uitgegaan het._

Dit was veral die Synopsis Purioris theologiae wat in gereformeerde kring die grondslae van die Reformasie aan die begin van die 17de eeu ideologies versterk het. Alhoewel die opset daarvan teologies is en nie antropologies nie, het die inhoud daarvan op alle terreine van die reformatoriese denke groot invloed uitgeoefen. Die uitgangspunt van die Synopsis is die eer van God op alle terreine van die lewe._ Omdat God die prinsipe van die teologie is, is alle ander loci aan die locus de Deo ondergeskik, waarom dan ook van die teologie gepraat word._ God se doel met die skepping was dat sy skepsele sy Naam sou verheerlik_; volgens sy voorsienigheid lei God in die tyd alles na één doel, naamlik sy eer_; die doel van die leer van die voorsienigheid en sonde is die eer van God, waarmee die heil van die uitverkorenes verbonde is_; die skepping van die mens na die beeld van God beoog die mens se saligheid en die eer van God_; die prediking van die evangelie strek tot ewige lof van die goddelike barmhartigheid, wat met die geregtigheid verbonde is_; die uitverkiesing dien tot betoning van God se barmhartigheid en tot lof van sy roemvolle genade_; die oogmerk van die vleeswording van die Seun van God was die betoning van God se regverdigheid en die lof van sy barmhartigheid_. Die gereformeerde karakter van die Synopsis kom voorts na vore uit die sintetiese opbou van die disputasies: nie die saligheid van die mens en die oorsprong, middele en doel daarvan is die dryfveer tot die samestelling daarvan nie. Die eerste disputasie handel oor die teologie; daarna word die Woord van God as prinsipe en fondament van al die leerstukke genoem. Vervolgens word gehandel oor God, sy Wese, sy werke in die skepping, verlossing en weldade in Christus, waarby alles uitloop op die laaste oordeel en die voleinding van die wêreld._ Vir ʼn hele aantal geslagte studente in die gereformeerde teologie was dié leerboek die basiese bron van insig in die gereformeerde leer, totdat die Cartesiaanse filosofie die invloed van gereformeerde bronne, soos die Synopsis, verdring het_

Teen die einde van die 16de eeu het die outentieke Reformasie reeds groot dele van Europa en Engeland onder sy invloedsfeer gehad. In reformatoriese kring het daar teen die _ J.H. Landwehr, Hieronymus Zanchius, in: Christelijke Encyclopaedie, dl. V, pp.771-772._ Sien J.H. Landwehr, Petrus Martyr Vermigli, in: Christelijke Encyclopaedie, dl. IV, pp.94-95._ Sien H. Kaajan, Franciskus Junius, in: Christelijke Encyclopaedie, dl. III, pp.238-239._ Sien bv. Bavinck, Gerefomeerde Dogmatiek, p.177._ Vir die invloed van ander denkers in hierdie tyd, sien Bavinck, Gerefomeerde Dogmatiek, dl.I, p.178.

6

Page 7: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

einde van die 16de eeu ʼn breë onderskeid tussen diegene bestaan wat die volstrekte uitverkiesing van die mens gehandhaaf het, en diegene wat die verbondsverhouding tussen God en mens sterker beklemtoon het. Beide hierdie groeperinge sou hul teen die opkomende invloed van Cartesianisme en Armenianisme met die eeuwending verset.

3.2 Die divergensie in lewensoortuiging binne reformatoriese kring in die 17de eeu3.2.1 Die divergensie tussen Armenianisme en Calvinisme en die invloed van die CartesianismeTeen die begin van die 17de eeu sou een van die grootste konflikte in reformatoriese geledere voorkom, toe Jacobus Armenius, saam met die Lutherse teoloë, die standpunt van Calvyn oor die uitverkiesing verwerp het._ Armenius se standpunte oor die uitverkiesing het in Holland tot grootskaalse twis en meningsverskil aanleiding gegee. Vanuit die geledere van die Calviniste het Franciscus Gomarus homself sterk teen Armenius verset en die standpunt van Calvyn oor die uitverkiesing met oortuiging verkondig._ Die stryd wat tussen die Armeniane (Remonstrante) en die Calviniste (Kontra-Remonstrante) ontketen is, sou uiteindelik by die Sinode van Dordt tot ʼn oortuigende oorwinning vir die Calviniste lei. Daarmee is die invloed van die Armeniane in die teologie (en ander wetenskappe) egter hoegenaamd nie uitgeskakel nie.

In die geledere van die Armeniane het prominente geleerdes soos Hugo de Groot ʼn bydrae gelewer in ʼn poging om die verskillende Christelike kerke op ʼn breë Christelike basis te verenig._ De Groot was ʼn wysgeer van formaat wat gepoog het om die Aristoteliese opperheerskappy in die wysbegeerte van die tyd te verbreek._ In dieselfde dampkring as De Groot het Samuel Puffendorff en Cristianus Thomasius, as hervormers van die wysbegeerte, spoedig op die voorgrond getree._ As gevolg van die invloed wat van hierdie kringe uitgegaan het, het die Aristoteliese wysbegeerte al hoe vinniger sy invloed verloor._ Die peripatetiese wysbegeerte het aan die meeste universiteite groot invloed gehad._ As gevolg van die opkoms van die Cartesianisme en die invloed van Gassendi het die Aristoteliese invloed in die wetenskap skerp afgeneem._ As gevolg van hierdie invloede het die klem op die empirisme en scientialisme in die wetenskap ʼn bloeityd binnegegaan. Alhoewel die navolgers van Descartes meer was as dié van Gasendi, het die invloed van laasgenoemde spoedig dié van Descartes oortref. Mosheim stel dit soos volg: “Deeze nieuwe en schrandere Waarneemer der Natuure hadt niet veel Naavolgers: het getal der Leerlingen van Descartes was veel grooter. Doch ‘t

_ Sien hieroor bv. J.L. Mosheim, Oude en Hedendaagsche Kerkelyke Geschiedenissen, van de Geboorte van Christus tot den Aanvang der Tegenwoordige Eeuwe ….., dl.9, (Amsterdam: 1773), pp.150-151. _ Ibid., dl.9, p.151._ Disp. I, Thes. 12, pp.3-4._ VI,1,48-49._ X,5,83._ XI,2,88._ XI,26,94-95._ XIII,54,115._ XXII,6,203. _ XXIV,14,224._ XXV,4,239. _ Sien G.P. Van Itterson, Het Gereformeerd Leerboek der 17de Eeuw: “Synopsis Purioris Theologiae”, p.6._ Ibid., p.87: “Samevattend mag worden gezegd, dat dit Gereformeerd leerboek der 17de eeuw in de geschiedenis der Gereformeerde dogmatiek van centrale beteekenis is geweest. In de dagen, waarin het werd samengesteld en waarin nauwelijks de gemoederen na de godsdiensttwisten eenigszins tot rust waren gekomen, hebben de schrijvers ervan rustig, klaar, synthetisch werk verricht. Jaren lang behoorde het tot het voornaamste studiemateriaal, dat predikanten en studenten beide te hunner beschikking hadden, ja waarvan zelfs zeer bekwame hoogleeraren gaarne bij hun colleges gebruik hebben gemaakt. Wel geraakte het, toen het Cartesianisme de gedachten gevangen nam, bijna geheel op den achtergrond, doch om weder naar voren te worden geschoven, toen zoowel door den historicus Dr. Sepp, als door den dogmaticus Dr. Bavinck de groote theologische verdiensten van het boek werden opgemerkt.”

7

Page 8: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

geen hy te kort schoot in getal, werd ryklik vergoed door de verdiensten en agting der zodanigen, die zyn Wysgeerig Stelsel omhelsden; hy werd gevolgd door eenigen der voornaamste Mannen in Europa, door Persoonen op het voortreffelykst boven anderen uitsteekende in onvermoeide beoefening en uitgestrekte kennis, zo van de Natuurlyke Wysbegeerte als van de Wiskunde.”_ Ten spyte van onderlinge verskille tussen hierdie wysgerige rigtings, het die scientialisme uit beide invloedsfere ʼn sterk inspuiting ontvang en ook sy invloed in reformatoriese kringe laat geld._ Dit was veral die Armenianisme in reformatoriese kring wat by die scientialisme aansluiting gevind het. Uit die kringe van die Armenianisme was dit in besonder Hugo Grotius wat die scientialisme op wetenskaplike gebied bevorder en die rol van die mens se natuurlike rede sterk beklemtoon het. Aan die menslike rede ken Grotius ʼn selfstandige rol toe, wat buite die rol van die Skrif om die mens tot ware kennis en korrekte insig kan bring. Grootliks as gevolg hiervan, kan die wetenskaplike denke van Grotius getipeer word as anti-sinteties, vir sover dit die rol van die Skrif in die wetenskap wou uitsluit; subjektivisties, omdat dit die mens se persoonlike kennis tot ware bron van insig en kennis geproklameer het; rasionalisties, vanweë sy klem op die mens se rede wat buite die Skrif om die mens tot ware kennis kan bring, en scientialisties, deurdat hy die natuurwetenskaplike metodes tot algemeen geldende metodes in die geesteswetenskappe probeer verhef het._ In die loop van die 17de eeu sou die rasionalisme van die scientialisme sy invloed ook mettertyd na die Kaapse volksplanting uitbrei en die gedagtegoed van Grotius en andere binne reformatoriese kring bevorder. Aldus vind ons die spore van die rasionalisme duidelik gemanifesteer in die denke en standpunte van die Kaapse predikant Helperus Ritzema van Lier, wat in die loop van die 18de eeu ʼn belangrike rol in die intellektuele kringe aan die Kaap sou speel. Van Lier was een van die vroegste Kaapse geleerdes wat ook in die wysbegeerte geskool was en sy doktorsgraad in die wysbegeerte verwerf het._ Vanweë die invloed van die rasionalisme ontwikkel hy ʼn teleologiese wêreldbeeld, gegrond op die natuurlike orde van die skepping en waaruit die einddoel van die skepping geken kan word._ Op grond hiervan kom Hanekom tot die konklusie dat alhoewel Van Lier die determinisme afwys en “al stel hy hom – in gemoede! – teen Descartes, Spinoza, Leibniz en Hobbes …” ontkom hy nie aan die greep van die rasionalisme nie._ Hanekom kom dan voorts tot die gevolgtrekking dat “(I)n die fisiese, organiese bestaan van die mens sien hy die laere element, terwyl die redelike en sedelike wese van die mens as die hoëre aangemerk word, waarin die mens, as sosiale wese, sy eintlike hoogtepunt en hoogste goed (summum bonum) vind – hier op aarde reeds ten dele en hiernamaals ten volle. By nader ondersoek blyk dit dan ook steeds weer dat Van Lier in hierdie stadium van sy lewe nog vasgevang sit in die bekende en so kenmerkende driehoeks-gedagtesisteem van die rasionalisme: God, Deug en Onsterflikheid !”_

Teenoor die Armenianisme het die outentieke Reformasie na die Sinode van Dordt steeds aan invloed gewen. Alhoewel die Cartesianisme die voertuig was waardeur die Armenianisme sy geloofsbasis uitgebrei het, het daar spoedig vanuit die kringe van die outentieke Calvinisme ʼn sterk weerstand daarteen opgebou. In Nederland het Voetius hom veral sterk teen die Cartesianisme verset en sedert ongeveer 1639 die Cartesianisme bestry onder die vaandel dat dit ʼn “God onteerend Stelzel” was._ Die redes op grond waarvan Voetius hierdie standpunt ingeneem het, het hoofsaaklik verband gehou met die rasionalistiese grondslae van die Cartesianisme, soos hy dit self verwoord het: “Dat hy, die een rechtschaapen Wysgeer wil worden, beginnen moet met aan alles, zelf aan het Bestaan van een Opperweezen, te twyfelen. – Dat de Natuur of het Weezen van een’Geest, en zelf van God, in Denken bestaat. – Dat de Ruimte of het Ydel geen daadlyk bestaan heeft, maar enkel een schepzel der inbeeldinge, en, bygevolge, de Stoffe zonder paalen is.”_ Die sukses van Voetius se stryd teen die Cartesianisme was so groot dat selfs teoloë van die formaat van Rivet en Maastricht by hom aangesluit het._ Die invloed van die Cartesianisme is grootliks aan bande gelê deur die Plakkaat van 30 September 1656 in Nederland, oor die verhouding tussen filosofie en teologie, ingevolge waarvan onder andere bepaal is dat meerdere geloof aan die gesag van God as aan die

8

Page 9: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

menslike oordeel toegeken moet word en dat filosowe hul van sodanige sake wat teen die Heilige Skrif indruis moet weerhou. Voorts het hierdie Plakkaat – in ʼn poging om die stryd wat deur die Cartesiane op die terreine van die filosofie en teologie ontketen is teen te gaan – bepaal dat alhoewel die dinge wat God in sy Woord van Homself en van sy werke geopenbaar het, ook uit die natuur bekend word, dit nogtans veel eerder duideliker, sekerder en veiliger uit God se Woord self verstaan en begryp word as deur en uit die natuurlike rede van die mens._

Terwyl die stryd tussen Calvinisme en Cartesianisme in Nederland gewoed het en die divergensie tussen die outentieke Reformatoriese standpunte en die Armenianisme aan die begin van die 17de eeu na vore getree het, het die VOC as belangrike handelsonderneming in Nederland na vore gekom. Die eerste oktrooi is deur die Staten Generaal op 20 Maart 1602 aan die VOC verleen. Alhoewel hierdie oktrooi geen melding gemaak het van enige verpligting van die VOC om die godsdienstige belange van die koloniste en inwoners van die gebiede wat verower of bestuur sou word te bevorder nie, het die VOC van die begin van sy werksaamhede af eksplisiet die godsdienstige belange van die gebiede onder sy beheer behartig. Callenbach_

verklaar dat “zoowel de geschiedenis, als officieele stukken van de Compagnie uitgegaan, bewijzen ons, dat er niet op uit was een godsdiensloos karakter te vertoonen.” Vorster_ vermeld dat die VOC “van sy stigting in 1602 af, sonder enige versoek deur die kerk en onverplig deur die Staten generaal, hierdie taak (van die bewaring en uitbreiding van die publieke geloof) op hom geneem het. Alhoewel daar dus geen regsverpligting op die VOC gerus het om die godsdienstige versorging te behartig nie, het die VOC, volgens Hanekom_, “getrou aan die Calvinistiese tradisie van die 17de eeu, … Die eise van die Christendom erken en gehandhaaf

_ A.S. De Blécourt en N. Japikse, Klein Plakkaatboek van Nederland, 1919, pp. 287-289._ Ibid., dl.8, p. 193. _ Ibid., dl.9, p. 34. _ Ibid., pp. 34-36. _ Ook mede as gevolg van die invloed van die meer selfstandige wysgerige denke van Godfried Willem Leibnitz. Mosheim (dl.9, p.37) stel dit soos volg: “In deezen stryd, tusschen de Hervormers der Wysbegeerte en de Voorstanders van Aristoteles, verlooren de laatsgenoemden, van dag tot dag, veld, en dat Leerstelzel werd, ingevolge van de uitersten, waartoe de Hervormers doorgaans overslaan, zo wansmaaklyk en gehaat, dat men’t zelve gansch en al veroordeelde.”_ Mosheim, dl.8, p.118: “De Peripatetische Wysgeeren bekleedden, op meest alle Hooge en Laage schoolen, de gestoelten der Leeraren, en zagen allen, die het durfden waagen om de Leerstellingen van Aristoteles te verwerpen, of zelf te verbeteren, met verontwaardiging en haat aan; hun bykans zo schuldidig houdende, als waren ze verraaders en oproermaakers geweest.”_ Ibid., pp.128-129. _ Ibid., 130. _ Mosheim, dl.8, pp.131-132 vat dié verskille in scientialistiese kring soos volg saam: “De eene Aanhang mag gevoeglyk de Bovennatuurkundige, en de andere de Wiskundige geheeten worden. De Bovennatuurkundige Aanhang volgt het Stelzel van Descartes; de Wiskundige treedt in de voetstappen van Gassendi.”_ Sien bv Van der Vyver, Die regsfilosofie van Hugo de Groot, in: Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 1983, pp.151-171. _ Sien T.N. Hanekom, Helperus Ritzema van Lier, 1959, p.34._ Ibid., p.35. _ Idem._ Idem. Dit neem nie weg dat Van Lier ook ander invloede ondergaan het nie. Oor die verhouding tussen gees en liggaam by die mens stel hy hom op die standpunt van die antropologiese wisselwerkingsleer van Engelhard: “In declarando mentis corporisque commercio ….. veras potius esse actiones animae in elementa corporis sui, et vice conversa, cum Engelhardo defendimus” (thesis I) van sy Dissertatio Philosophica inauguralis, de officiis erga nosmet ipsos aliosque e causis finalibus, ob quas genus humanum creatum est, et summa nostra indegentia repetendis”, waarmee hy op 10 Mei 1783 gepromoveer het. _ Mosheim, dl.9, p.234. _ Mosheim, dl.9, p.234. _ Sien ibid., p.235.

9

Page 10: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

ook in sy handelsonderneming.” Die vroomheid waarmee die godsdienstige versorging deur die sieketroosters verrig is gee onbetwyfelbare blyke van die gereformeerde verbondserns waarmee die Kompanjie die godsdienstige versorging behartig het. Soggens voor die “vroegkost” en saans na die aandmaaltyd het die sieketrooster, of in sy afwesigheid die kaptein van die skip, ʼn paar verse van ʼn Psalm laat voorsing en in die gebed voorgegaan. Die aandgebed het soos volg gelui: “Bevrydt ons voor allerlei verderf en nadeelen die ons door onweder, stormwinden of ongezontheit van lugt zouden mogen overkoomen. Bewaar ons door uw almogende kragt voor alle gewelt en aanslagen onzer vyanden, opdat wy, met gezontheit en voorspoet, den dag van morgen mogen aanschouwen, en overmits [aangesien] gy de donkerheit des nagts geordineert hebt om te rusten, gelyk gy de klaarheid des dags hebt geschaapen om te arbeiden, zoo bidden wy: geef dat onze ligchaamen in vrede en stilheit rusten mogen.”_

Volgens Van Boetzelaer van Asperen en Dubbeldam_ het die VOC gedurende die twee eeue van sy bestaan ruim 900 predikante op eie koste na Indië uitgestuur, benewens ʼn paar duisend sieketroosters en onderwysers. Lank voordat die tweede oktrooi op 22 Desember 1622 aan die VOC toegeken is, uit hoofde waarvan die bewaring van die publieke geloof aan die Kompanjie opgedra is, is groot bedrae reeds in belang van die verbreiding en handhawing van die gereformeerde godsdiens bestee._ Ook ter see het die VOC sy godsdienstige versorging behartig vir sover elke skip ʼn sieketrooster of predikant vir die geestelike versorging moes hê._

Reeds vóór 1625, voordat dominee Daniël Johannes Koningsvelt, vroeër leraar op die eiland Tessel, na Indië vertrek het, is die Heere XVII versoek dat elke skip van die Oos-Indiese Kompanjie van ʼn sieketrooster of voorleser voorsien moes word. Vir die predikante en sieketroosters is ʼn Instructie uitgevaardig waarvan artikel 2 soos volg lui: “De predicanyen en sieckentroosters zullen goede sorge dragen ende by d’overheden van de respectieve schepen en de comptoiren, altyd helpen bevorderen, dat ‘s morgens ende des avonts de publycke gebeden met behoorlycke aendacht by hun gedaen ende by alle ‘t volck, insonderheydt by den genen die over de andere gestelt syn, sonder eenighe versuym, ‘t en ware van sieckte; oft van andere nootlycke gelegenheyt, gefrequenteert mogen werden: als oock des Sondaegs, de voor en naer-middaeghshe vermaninge, ende andere Christelycke oeffeningen ende gebeden: mitsgaders oock in de weecke, so wanneer, ende soo dickwyls als ‘t selve gevoeghlyck sal konnen geschieden.” By onstentenis van predikante en sieketroosters moes ander geskikte persone hul werk verrig: “De Assistenten sullen op de schepen onder de 140 voeten de gebeden en voorlezingen, volgens de formulieren, daarvan sijnde, moeten doen, en sal in ‘t aannemen van die (assistenten), gelet moeten worden, of de vereyste bekwaamheid daartoe hebben” (Resolutie vergadering van XVII, 31.08.1676)._

Volgens die reeds gemelde oktrooi van 22 Desember 1622 is die bewaring van die gereformeerde geloof van die gewestes onder sy beheer aan die Kompanjie opgedra. Claasen _ Instructie aangehaal in Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap. Voorspel tot vestiging, 1415-1651, 1999, pp. 110-111. _ C.W.T. Van Boetzelaar van Asperen en Dubbeldam, Die Sieketroosterskap in die Nederlandse Moederkerk, in: J.P. Claasen, Die Sieketroosters in Suid-Afrika 1652-1866, 1947, p.5._ Sien Vorster, Die Kerkregtelike Ontwikkeling ….. 1956, p.29 en Claasen, Die Sieketroosters ….. 1969, p.12. Sien ook Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap, pp. 115 en 124. _ Sien A.W.G. Raath, Federale teonomie: die impak van die federale teologie op die publieke regslewe van die vroeë Kaapse volksplanting (1652 - 1708) - Deel I, in: Tydskrif vir Regswetenskap, 1999, p.176 ev. Sien ook Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap, pp. 108-109._ Sien Van Troostenburg de Bruyn, Die Hervormde Kerk in Nederlandsch Oost-Indië onder de Oost-Indische Compagnie (1602-1795), pp.86-87._ J.R. Callenbach, Justus Heurnius: Eene bijdrage tot de Geschiedenis des Christendoms in Nederlandsch Oost-Indië, 1997, p.13._ J.D. Vorster, Die Kerkregtelike Ontwikkeling van die Kaapse Kerk onder die Kompanjie, 1652 - 1792, p.11._ T.N. Hanekom, Godsdiens aan die Kaap in Van Riebeeck se Tyd, 1952, p.131.

10

Page 11: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

vermeld dat die belangrikste bydrae van die sieketroosters op die terrein van die publieke godsdienstige lewe geleë was en dat samewerking tussen kerk en staat ook deur die werksaamhede van die sieketroosters bevorder is._ Alhoewel die sieketroosters nie toegelaat is om vry te preek nie, maar uit die voorgeskrewe werke (byvoorbeeld van Bullinger en Ursinus) moes voorlees, doen dit nie af aan die belangrike godsdienstige arbeid van die sieketroosters nie, want “langs hierdie weg is kontinuïteit verseker en kon die Skrifwoord sy weg tot menseharte vind” en “indien ons net ʼn voorstelling probeer maak van ʼn gemeenskap waarin daar geen verkondiging van die Evangelie vir tydperke van ʼn paar maande of selfs twee jaar was nie, weet ons onmiddellik dat die arbeid van die sieketroosters onontbeerlik was, en ook nie te hoog geroem kan word nie.”_ Voorts maak Claasen melding van die samewerking tussen kerk en staat wat deur middel van die onderwys bevorder is: “Hoewel die sieketroosters in sekere sin as staatsamptenare beskou kan word, kan die gewilligheid en entoesiasme wat deur hulle in verband met die onderwys aan die dag gelê is, beskou word as tekenend en rigtinggewend ten opsigte van die samewerking tussen kerk en staat ...”_ Hierdie noue verhouding tussen kerk en staat was tipies van die reformatoriese denke van die sewentiende eeu. Knuttel_ skryf byvoorbeeld: “Niet licht zal men in de republiek der Vereenigde Nederlanden der zeventiende eeuw den invloed der kerk te hoog aanslaan. Veel meer dan wij ons thans kunnen voorstellen drukte zij haar stempel op heel het maatschappelijk leven. Staat, Kerk en maatschappij waren tot een geheel vergroeid, zoo nauw saamgewassen dat het ondenkbaar scheen, dat staat en maatschappij zouden blijven voortbestaan, indien de kerk uit het verband kwam uit te treden of indien aan de bestaande eenheid een einde werd gemaakt.”

Benewens die take van die sieketroosters tot onderwysing, vermaning en vertroosting van die siekes en krankes uit God se Woord, moes die sieketrooster, volgens die Beroep- ende Instructiebrief voor de Sieckentroosteren gaende naer O(os) of W(es) I(ndië) van die Classis van Amsterdam, uitgereik in 1636, ook op gesette tye en by geskikte geleenthede, benewens die sing van die Psalms, uit Gods Woord sommige hoofstukke, of ook enige goeie preek uit die Decades van Bullinger, die Kategismus van Ursinus, of enige ander boek, opgestel deur enige leraar van die ware Christelike gereformeerde kerke, stigtelik aan die volk voorlees en sy taak met gebed begin en eindig._ Die Kompanjie het in 1638 ʼn lys van hulpmiddels wat die sieketroosters moes gebruik, opgestel. Benewens die Bybel is vereis dat die sieketrooster aan land die volgende werke moes gebruik: Heinrich Bullinger se Huys-boeck: vijf decades, dat is, vijftig sermoonen, van de voorneemste hooftstucken der Christelicker religie, in dry deelen gescheyden … waer by nu van nieus noch gevoecht zijn, namelick, van den oorspronck, afcoemst ende voortganck aller dwalingen, die oyt by den heydenen, Joden ende Christenen geweest zijn ende noch hedensdaechs ghevonden worden, ende, Van de concilien …; uut de Latijnsche in onse Nederduytsche sprake overgheset, door IG (Dordrecht 1582); Zacharias Ursinus (1534-1583) se Het schat-boeck der Christelyke leere, ofte, uitlegginge over den catechismus … vertaelt, ende met tafelen, … verlicht door Johannes Spiljardus … (Leyden 1602); Justus Bulaeus (1580-1611) se Huis-postille, ofte, predicatien, over de zondaagsche evangelien, die men in de Christelyke kerke ‘t geheele jaar door van ouds gewoon is te verklaren. Dewelke … op de toestant dezer eeuwe … geappliceert worden …; Jean Taffin (1528-1602) se Boetveerdigheydt des levens, in vier boecken t’ samen vervat … ende getrouwelijk uyt den Francoyschen in de Nederlandsche tale overgeset door Johannem Crucium … Noch is hier by-gevoeght de Merckteeckenen der kinderen Godts … mitgaeders een korte ende schoone onderwysinge inhoudende gewisse vertroostingen in allerhande beswaernissen ende angst der conscientien, genomen uyt de boecken van Jan Espine, benewens die Datheense Psalmboek; werke van Rudolphus Petri (1586-1649); Simon Goulart (1543-1628) en andere._ Die opvallende is dat geen werke van Calvyn in die lyste van verpligte werke vermeld word nie. Alhoewel die Psalmberymings van Petrus Datheen ʼn sterk Calvinistiese inslag gedra het, en juis vanweë dié rede sedert 1562 nooit hersien is nie_, het die

11

Page 12: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

ander voorgeskrewe werke, veral dié van Bullinger en Ursinus, in die tradisie van die verbondsteologie met sy infralapsariese kenmerke gestaan.

Dit was juis die sterk verbondgerigtheid van die denke van Bullinger en andere wat spontaan in die loop van die 17de eeu aan die Kaap inslag gevind het, vanweë die rol wat die VOC in hierdie verband gespeel het. Dit is egter ook waar dat die Psalmberyming van Datheen ʼn ewe belangrike rol gespeel het in die vestiging van die outentieke reformatoriese inslag van die Kaapse volksplanting. Die gebruik daarvan was nie slegs tot die erediens beperk nie, maar is ook in die skole gebruik.Die Acta Der Kerckelijcke Vergaderinge Gehouden tot Batavia, 1624, het alreeds die amp van skoolmeesters in hierdie verband omskryf: “Hij sal de jeucht onderwijsen in … singen der Psalmen …”_ Omdat die Kaapse nedersetting as deel van Batavia bestuur is, was hierdie posomskrywing ook op Kaapse skoolmeesters van toepassing. Goewerneur Maurits Pasques de Chavonnes se Ordonnantie van de School Ordening, van 21 Augustus 1714, het die skoolmeesters se taak met betrekking tot onderrig in die Psalms nog duideliker gespesifiseer, deur te bepaal dat “de kinderen van de jonge jeugt aan een ijder derselver na sijne capaciteit ende jaren … exerceerende … op seekere uren des daags … in’t singen der psalmen, ten einde zij die bequamelijk inde gemeinte mogen helpen singen.”_ Willem J. van Zijl_ kom tot die gevolgtrekking dat die “sing van Datheen se Psalms het dus nie alleen in die erediens ʼn sleutelrol vervul nie. Dit was eweneens as ʼn noodsaaklike kursus in die skoolleerplan opgeneem. Gedagtig aan die prominente plek wat dit naas die Bybel ingeneem het, volg dit dat die Datheense Psalms ʼn onmisbare element in die wyks- en huisgodsdiens was.”

Ook het die gereformeerde leer onder invloed van die kerk, die breë maatskaplike denke en gees bepaal. G.J. Schutte beskryf die implikasies van die versorgingstaak van die kerk in hierdie verband soos volg: “Natuurlijk had de kerk ook een taak ten aanzien van de publieke zaken. Van haar werd verwacht te waarschuwen tegen gedragingen en uitingen die de toorn van god over een mens en een samenleving afroepen. Ze vervulde die taak met verve [oorgawe] en waarschuwde tegen uitbrekende zonden en allerlei dartelheden die het zwakke vlees daartoe konden verleiden.”_

Die verhouding wat tussen owerheid en gereformeerde kerk in hierdie verband gelê is, was ʼn besonder hegte een: “Hun idee was dat de overheid de ware kerk moest beschermen en bevorderen, maar dat zij zich alleen met de kerk mag bemoeien voor zover het materiële zaken betreft en de plaats van de kerk in de samenleving. In beginsel gingen zij ervan uit dat de kerkleer de denkbeelden van de overheid moet bepalen, en niet omgekeerd”_

Die amptelike godsdienstige versorging van die Kaapse volksplanting deur die VOC het dus onvermydelik tot gevolg gehad dat die outentieke reformatoriese beginsels inslag gevind het, deurdat sowel die invloed van Bullinger as Calvyn sigself sterk laat geld het. Die twee uitstaande kenmerke van die geloofsingesteldheid wat hieruit na vore tree, is eerstens die sterk klem op die verbondsverhouding tussen God en die gelowige, en tweedens die persoonlike en konkrete geloofsband wat die gelowige aan God verbind.

3.2.2 Die verbondsteologiese onderbou van die reformatoriese geestesgoed aan die Kaapse volksplantingNa die Sinode van Dordt (1618-1619) het die meningsverskille tussen die infralapsariese en supralapsariese standpunte in reformatoriese geledere tot ʼn groot mate vervaag. Die verbondsteologiese beklemtoninge van die persoonlike geloofsband en die verbondsverhouding tussen God en mens het tot ʼn groot mate die inslag van die reformatoriese denke in Nederland bepaal. Hierdie inslag is ook deur die VOC met die volksplanting deur Jan van Riebeeck en sy geselskap in 1652 aan die Kaap gevestig. Nie net die persoonlike geloofslewe van die ingesetenes aan die Kaap het dit weerspieël nie, maar ook die kerklike en die staatkundige lewe van die tyd. Die verbondsmatige visie van die samelewing wat uit die invloed van Bullinger en

12

Page 13: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Ursinus se werke gespruit het, het sterk nadruk op die noue verhouding tussen kerk en staat gelê.

Die gedagtelyne van Bullinger se verbondsiening soos dit op die samelewing van toepassing is, kan soos volg saamgevat word: Die Reformasie beteken in wese die herstel van die verbond, gevolglik is die verbondsnorme vir die Christelike samelewing, soos deur God in die Ou Testament neergelê ten volle van toepassing op die praktiese inrigting van die Christelike gemenebes._ Elke persoon wat deur die doop by die verbond ingelyf is, staan onder die gelding van God se verbondseise. Vir sover die doop elkeen onder die beloftes van die verbond geplaas het, was elkeen in die Christelike gemeenskap verantwoordelik daarvoor om die voorwaardes van die verbond na te kom._ Die Christelike gemeenskap as die sigbare kerk, die koninkryk van God op aarde sluit, volgens Bullinger, sowel die getroues as die ontroues in (Matteus 13). Van die leraars van die kerk word dus verwag om die staatlike ampsdraers en die volk te vermaan om die verbondsvoorwaardes na te kom. Van die regeerders word op hulle beurt vereis om, as dienare van God, soos die rigters en konings van Israel, die verbondsvoorwaardes ten aansien van vroomheid in die Christelike gemenebes af te dwing._

Staat en kerk is dus gegee as verbondsinstellings, met die ooreenstemmende ampte van herders en regeerders, onder wie samewerking absoluut noodsaaklik is._ Die kerk se taak setel primêr daarin om deur middel van die prediking die verbondsvoorwaardes te interpreteer en teen die ondermyning van die geloof en vroomheid van die Christelike gemeenskap te waak: “In order to be effective, Bullinger added, the prophet must himself lead a pure and innocent life, his sermons should be simple and clear, and he needed perseverance and courage. Moses, the greatest prophet of God, had possessed just such virtues. He led the commonwealth of Israel not only with teaching, laws, warnings, and a holy life, but also with perseverance. Again and again he brought God’s people back to the chief points of the covenant. The modern prophet must likewise persevere in God’s work.”_ Die owerheidsampte was vir Bullinger ook dienare van God. In die Christelike gemeenskap word ʼn noue samewerking tussen owerheidsampte en kerklike ampte veronderstel. Die samewerking tussen staat en kerk in diens van God, vorm die murg van die Christelike gemeenskap in die denke van Bullinger. So nóú is die verhouding tussen kerklike en staatlike regeerders dat die Christelike gemenebes nie in die eerste plek as kerk en staat onderskeibaar is nie, maar eerder as die volk van God wat in die Christelike gemeenskap op grond van die verbond saamgesnoer word. Baker stel die inslag van Bullinger se standpunt in hierdie verband soos volg: “The church did not exist within society; it was society. Both magistrate and pastor played their roles within the same sphere, whether it was called church or commonwealth. It was the Christian community. However, even though the spheres of church and civil society were not distinguishable for Bullinger, the offices of pastor and magistrate had a clear line of demarcation, just as in the Old Testament church.”_ Dit beteken dus dat die leraar se taak geestelik van aard is; die sleutelmag (Matteus 16) was bloot die verkondiging van die evangelie, die uitleg van God se Woord, insluitend die profetiese afwysing van dwaling en boosheid. In al hierdie aangeleenthede is die owerheidsampte verplig om ag op die herders te slaan. Andersyds verkondig en bedien die owerheidsampte nie die sakramente nie en mag die herders nie die owerheidsgesag oorneem of regspreek nie. Die owerheidsamp regeer die kerk en die herder is onderworpe aan die staatlike regeergesag, met die uitsondering dat die verkondiging van God se Woord vry geskied._

Hierdie beginsels het ook die grondslag gevorm waarop die vroeë Kaapse volksplanting gebaseer was._ Die belydenis van God as die Drie-enige wat bo alle menslike ampshebbers verhewe is, die God wat volkome aanspraak op die hele lewe van die mens en alle fasette van die mens se bestaan het, kom spontaan in die openbare lewe van die vroeë volksplanting voor. Die belydenis van die soewereiniteit van God oor alle aspekte van die werksaamhede van die VOC kom reeds in die formuliergebed van Jan van Riebeeck voor: “O Barmhertige Goedertieren Godt en Hemelsche Vader Nadien het uwe Goddel. Maijt. Geliefft heefft ons te beroepen over ‘t bestier der saecken van de Generale vereenighde Nederlantse g’octroijeerde

13

Page 14: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Oost Indische Comp alhier aan Cabo de bona esperance ende wij ten dien eijnde met onsen bijhebbenden Raedt in uwen H. name vergadert sijn, omme met advijs van deselve soodanige besluiten te maecken waarmede den meesten dienst van de opgemelte Comp gevordert, de Justitie gehandhaefft, ende onder dese wilde en brutale menschen (mogelijck sijnde) uwe ware gereformeerde Christelijke Leer metter tijt mochte voortgeplant ende verbreijt worden, tot uwes H naemens loff ende Eere, ende welstant onser Hm principalen.”_

Ook die Kaapse wetgewing van hierdie tydperk gee onverbloemd blyke van die verbondsmatige visie van die Christelike gemenebes volgens die model van Bullinger. Van tyd tot tyd word die gemeenskap opgeroep tot ʼn publieke dankdag of om vir spesifieke sake te bid _; stappe word geneem om die invloed van die Roomse godsdiens teen te gaan_; besondere klem is op die bevordering van die ware gereformeerde leer gelê, vir welke doel skoolmeesters die belydenisskrifte moes aanvaar voordat hulle hul amp kon behartig, vir welke doel bepaal is dat sieketroosters en skoolmeesters en dienaars van die Woord die Nederlandse geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls moes onderteken_; volgens dieselfde Kerkorde was die skoolmeesters verplig om die jeug te onderrig “in de godvruchticheyt en goede seden, en soodrae doenelijk is, de hooftstucken der Chr. Religie, met de gemeene gebeden, leeren”_, die skoolmeesters moes hul taak onder toesig van die Kuratore “uyt de kercken en politiken ... gestelt”, uitvoer_; volgens die Kerkorde van 1643 moes die amp van skoolmeesters daarop gerig wees om kinders die vrese van die Here in te skerp, hulle in die grondslae van die Christelike geloof te onderwys, hulle te leer bid, sing, saam met die meester na die kerk te gaan, te katkiseer, hulle te leer om hul ouers, owerhede en meesters gehoorsaam te wees en so meer_ en die kinders moes ook die hoofstukke “van de Christelijke religie” opsê en hulle moes halfjaarliks in die kerk byeenkom om deur die gedeputeerdes van die “Hooge Overicheyt” en die Kerkraad geëksamineer te word_; ten einde die evangelie onder die heidene te verkondig en uit te brei, het dieselfde kerkorde uitvoerige bepalings bevat om die grondslae van die Christelike geloof in stand te hou en uit te brei_; beskikbare preke te versprei_; die waarheid van die Christelike godsdiens “tegens alderley affgodischen godsdienst uyt de natuyrlycke reden, bij forme van Catechismus, soo in de Nederlantse als Inlantse taele, geadstrueert ende bevesticht werde"_; om by die politieke owerhede aan te dring om die Sabbat onder alle nasies in hul gebied woonagtig te laat vier en die winkels gesluit te hou en ook die slawe op die Sabbat te laat rus en diegene wat onder die prediking in die herberge sit, sowel as diegene wat sterk drank verkoop deur geldboetes te straf_

Ook die politieke owerhede het die taak ontvang om die valse godsdienste uit die openbare skole te weer en die Gereformeede leer te verstewig: “Staet meede bij de Hooge Overheyt te versorgen, dat de Moorse besnijdenissen ende schoolen geweert ende de Chineesen ende andere heydenen d’openbaere oeffeninge van haere Heydense superstitiën ende duyvels-dienst, die sij bysondellijk in haere tempel, alsmeede des nachts op de straaten pleegen, mitsgaeders haer duyvelsconst van waerseggen, verbooden werde, want in geen Christelijcke Republijcque sulcken vercortinge van de eere Godts, om geenderley insichten, behoort gedoocht te werden, waerdoor veel onduytsche g’ergert werden ende vermaeck in deselven crijgen.”_

In talle plakkate is die soewereiniteit en heiligheid van God in die publieke lewe bely, aantasting van die heiligheid van God se naam verbied, die heiliging van die Sabbat beskerm, gesagsdraers teen minagting beskerm, betaamlikheid bevorder en sedelike verval streng bekamp, eiendom van ingesetenes teen aantasting beskerm, belediging van die naaste streng gestraf, publieke geregtigheid bevorder en die beginsels van die Dekaloog in die publieke regslewe statutêr bevorder._

Deur middel van die reg is daar doelbewus gestreef om publieke vroomheid en geregtigheid te bevorder en die Skrif in die regsorde as grondslag van die regsorde te aanvaar. Die gees van publieke eerbaarheid wat daardeur bevorder is, het ʼn tipiese reformatoriese inslag vertoon, wat die Kaapse regslewe in vele opsigte uniek gemaak het. Dit is egter van besondere belang om

14

Page 15: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

daarop te let dat benewens die bydrae van Calvyn, ook die verbondsinslag van Bullinger en sy navolgelinge ʼn belangrike rol gespeel het om die reformatoriese gees van die gewestes onder VOC-bewind te bepaal. Dit staan egter onomstootlik vas dat die gedagtegoed van Calvyn sterk inslag in Nederland gehad het. Die bekende Nederlandse historikus, J. Huizinga, stel die invloed van Calvyn in die Nederlandse beskawing soos volg: “In hoeverre heeft tot den bloei van Nederland’s beschawing het Calvinisme de groeikracht geschonken? – Is het nog meer geweest dan het zout en de zuurdezem van het godsdienstig leven? – Is het ook de voorwaarde geweest voor de intellectuele en sociale ontplooiing van dit jonge volk, heeft het Nederland’s geest gevormd, zijn kunst bevrucht? – Wie op die vragen een ernstig antwoord tracht te geven, moet terstond bevinden dat hij werkt met volstrekt onmeetbare grootheden. Vast staat dit: in den opbouw en in het behoud van den Staat heeft Calvinistische geloofskracht, moed, vertrouwen, standvastigheid een onschatbaar groot aandeel gehad. Het heeft de geesten gestaald, gehard, ook wel eens verhard, de handelende personen als een Jan Pietersz. Coen tot hun vruchtbare daden geschikt gemaak. Het heeft zichzelf als verplichten vorm opgelegd aan allen die den Staat dienden en door dezen met gezag bekleed werden. Wil dit zeggen dat de geest van het Calvinisme onze beschaving in al haar uitingen heeft doortrokken? – Een toets daarop biedt de geschiedenis van het hogenschool en wetenschap. In het eind van 1574 … sticht de Prins (van Oranje) … de Universiteit van Leiden. In de oprichtingsoorkonden … klinkt de toon van vrijheid en eenheid zeker even sterk als die van ‘de rechte kennisse Godts’ … Van aanvang af gaat de zorg niet enkel naar ‘de scientien der godtheyt’ , maar ook naar ‘allerley goede, eerlycke ende vrye kunsten’; de school zal dienen ‘tot een vast steunsel ende onderhout der vryheyt ende goede wettelicke regeeringe des lants niet alleen in zaecken der religie, maar oock in tgeene den gemeynen burgerlicken staedt ofte welstandt belangt.”_ Op sy beurt het die historikus G.J.Renier_ die invloed van die Calvinisme in Nederland gedurende die 17de eeu soos volg saamgevat: “De weinig ontziende en doelmatige efficiency van het Calvinisme zette zijn onuitwisbare stempel op de Republiek en op het Nederlandse volk ... Tegen het eind van de 16de eeuw en in het begin van de 17e was het effect van het Calvinisme op de Nederlandse natie aanzienlijk en onmiddellijk waar te neem.” Die effek wat die Calvinisme op die karakter van die Nederlandse volk gehad het, word soos volg deur R. Fruin_ saamgevat: “Zoals de protestanten boven de roomschen, zo muntten weder boven aale andere protestanten de gereformeerden uit in geloofsijver en zonder al te blijkbare overdrijving kan men in 1587 beweren dat de gereformeerden niet meer dan een tiende deel der bevolking van Nederland uitmaakten. Maar de vastheid van hun overtuiging, hun onwankelbaar vertrouwen in de goddelijkheid hunner zaak, hun onbedwingbare moed en volharding verzekerden aan hun Kerk den voorrang en de heerschappij.”

Die onmiddellike gevolg van hierdie reformatoriese gees het, volgens G.D.Scholtz_, veral op godsdienstige gebied ʼn groot ommekeer veroorsaak. Volgens hom het dit by die Nederlandse volk ʼn diepe lewenserns gebring wat voorheen nie daar was nie; die “twee groot beginsels van die Calvinisme, die soewereiniteit van God en die uitverkiesingsleer, het by die volk ʼn verhoogde dadedrang veroorsaak.”_ Wat ook al die mate van Calvinistiese beïnvloeding van die geestelike lewe aan die Kaap was, slaan die verbondsteologiese onderbou tog onverbloemd deur in die wyse waarop godsdiens, staat, kerk en kultuur in stand gehou en bedryf is. Dit sou die tipiese geestesnalatenskap van die Reformasie aan die Kaap wees.

Hierdie nalatenskap is op ʼn besondere wyse deur die Nederlandse Statevertaling van die Bybel en die Psalmboek van Datheen verstewig._ Voorts het die koms van die Franse Hugenote ook merkbaar bygedra tot die versterking van die reformatoriese grondslae van die volksdenke aan die einde van die 17de eeu aan die Kaap. J.A.S. Oberholster_ stel hierdie beïnvloeding soos volg: “Met die volksplanting is hierheen gebring by name die gereformeerde godsdiens wat met sy Calvinistiese karakter deur die jare heen die hartaar sou wees in die geloofslewe van die Afrikanervolk wat hier gebore sou word. Die bloedstroom in dié hartaar is heilsaam versterk deur die koms van die Franse Hugenote in 1688, mense by wie die godsdiens essensieel was

15

Page 16: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

en wat veel daartoe bygedra het om juis die plattelandse bevolking ʼn besondere godsdienstige karakter te gee.”

4. Die deurwerking van die Nadere Reformasie aan die Kaap gedurende die 18de eeu4.1 Die grondslae van die Nadere ReformasieDie 17de eeu word gewoonlik as ʼn “goue eeu” in die Nederlandse volkslewe beskryf._ Volgens C.J. Malan_ het die nasionale en kulturele lewe van die Nederlandse volk ʼn “welvaart en kragsontplooiing” beleef soos nog nooit tevore nie._ Ook op kerklike en teologiese gebied is hoogtepunte bereik, wat die geskiedenis nie weer geken het nie._ Die gereformeerde godsdiens is feitlik as godsdiens van die staat beskou en die Gereformeerde Kerk as die amptelike kerk erken, skryf Malan._ Volgens hom was dit hierdie noue band tussen kerk en owerheid wat die eiestandigheid van die kerk aangetas en uiteindelik tot sekularisering van die kerk gelei het._

Die gevolg van ʼn vinnige en skerpe insinking van die kerklike en godsdienstige lewe was, volgens Malan, die gevolge hiervan._ Na die Sinode van Dordt, waar die suiwer gereformeerde belydenis teenoor die dwalinge van die Remonstrante gehandhaaf is, het die verval van die kerk begin intree. Dronkenskap, dobbelspele en ontug het toegeneem; losheid van sedes, oordadige luuksheid en lui predikante wat hulle weinig aan die geestelike welsyn van die volk gesteur het en droë, intellektualistiese leerredes gehou het, was aan die orde van die dag._ Nauta_ verklaar van die stagnasie wat teologies in Nederland ingetree het: “Het ontbrak aan een levenskrachtige theologie, die in aansluiting bij wat de mannen der reformatie hadden geleverd, progressief wist op te bouwen en die in staat was tegenover alle afwijkende richtingen een eigen principieel geluid te doen vernemen. Men bleef steken in de philosophie van Arsitoteles, en de theologie dreigde op te gaan in het aanhouden van een schoolsch systeem, waaruit de bezielende kracht van het reformatoriesch geloof was geweken.”

Selfs aan die Kaap het die godsdienstige ywerloosheid ʼn bron van frustrasie geword. So laat as 1738 het die kerkraad van Kaapstad aan die klassis van Amsterdam geskryf: “Het zoude een heilzaeme zaak zijn, dat daardoor weird uytgewerkt, dat er niets anders als bequame en godvruchtige leerraeren overgezonden wierden; daar bij gebrek somwijlen zoodanige worden aangenomen, die door haer gedragh meer ergernisse geeven, als door haer leer stichtinge wordt aengebracht, gelijk wij hiervan de ondervindinge hebben”_ In die jaar 1765 rapporteer die kerkraad van dieselfde gemeente omtrent die gemeentes Stellenbosch en Waveren dat die “openbaaren godsdienst daarin meer en meer wierde opgewekt”, maar omtrent Swartland kla die leraar omtrent die “groote ieverloosheid van den godsdienst”, terwyl oor Kaapstad self berig word dat “Wat het wezenlijke van den godsdienst des harten aangaat, moeten wij veelvuldige laauwheid, zorgeloosheid en steunen op nietige rietstaven betreuren.”_

Dit was teen hierdie agtergrond, waar die bodem vir die opkoms van ʼn “nadere” oftewel “verdere” reformasie van die lewe voorberei is. Aldus is die klem op die praktyk van die godsaligheid, op die heiliging van die lewe, op die persoonlike verkeer met God geplaas. Die gevolg was ʼn beklemtoning van die heiliging van die lewe in die huisgesin, staat en samelewing; kortom, die “bewuste wyding van die hele lewe aan God.”_ Anders gestel: die Nadere Reformasie wou nie kontra-reformatories of neo-Calvinisties wees nie; dit het homself geheel en al aan die kant van die Reformasie gestel en in besonder die voortdurende reformasie van die lewe beklemtoon. W. van ‘t Spijker_ haal die volgende beskrywing van die inslag van die Nadere Reformasie aan: “De Nadere Reformatie is de beweging binnen de Nederduits Gereformeerde Kerk die, zich tegen algemeen verbreide wantoestanden en misvattingen kerend alsmede de verdieping en de verbreding van de doorwerking van de zestiende-eeuwse Hervorming beogend, met profetische bezieling aandringt op en ijvert voor zowel de innerlijke doorleving van de gereformeerde leer en de persoonlijke levensheiliging alsmede de radicale en totale heiliging van alle terreine des levens.”

16

Page 17: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Die begrip “Nadere Reformasie” stam uit die literatuur van die beweging self, vir sover skrywers uit hierdie kring, byvoorbeeld Hoornbeeck, daarop klem geplaas het dat hulle nie slegs “Gereformeerdes” is nie, maar wel “Reformeerendes”. Die gedagte van ecclesia reformata, semper reformanda, stam byvoorbeeld uit die kring van diegene wat in Utrecht ʼn deurlopende reformasie nagestreef het._ Skrywers soos Teellinck, Koelman, Van Lodenstein en Witsius het hierin die voortou geneem, terwyl verskillende klassisse en sinodes ʼn ernstige appèl gedoen het dat in die hele kerklike, politieke en maatskaplike lewe die eise van God se Woord moet geld._

Daar moet egter op gewys word dat die Nadere Reformasie deel van ʼn veel breër beweging vorm wat breedweg as die Europese Piëtisme bekend staan. Die Engelse Piëtisme staan gewoonlik as die Puritanisme bekend, terwyl die Duitse beweging as die Piëtisme in eintlike sin beskryf word. Die Nederlandse tak staan dan onder die benaming Nadere Reformasie bekend._

Al drie hierdie vertakkinge het ʼn gemeenskaplike uitgangspunt vir sover dit, soortgelyk as die Reformasie, van die verband tussen openbaring en geloof uitgaan. Waar die Reformasie egter die nadruk op die openbaring van God geplaas en die leer van die uitverkiesing beklemtoon het, het die Piëtisme ook van die korrelasie tussen openbaring en geloof vertrek, maar die klem op die geloof geplaas._ Van die feit dat die term “Puriteine” dikwels as ʼn skeldnaam gebruik is, het Voetius soos volg daarop gereageer: “Den naem van Puriteynen heeft men door list des Duyvels seer verkeerdelick gegeven aen alle die yverige ende Godtsalige Predicanten ende Christenen, die inde Kercke van Englant geerne hadden willen sien een reformatie, niet alleen van de Leere, maer oock van verscheyden Ceremonien, mitsgaders Kercke regeeringe sonder Bisscholicke hoven ende macht, met den aenkleven van dien; zijnde aldaer uyt het Pausdom overgebleven; gelijck dan sulcken volkomen reformatie in de Kercken van Vranckrijk, Nederlant, Switserlant, Duytslant, Polen, Bohemen, Schotlant, etc. gespeurt wert. Ende in dese laetste jaren heeft men met den naem van Puriteynen hatelick willen maken, alle die gene die Godt in goeder conscientie sochte te dienen, ende haer onbesmet te houden van de werelt, alhoewel datse soo geen scherpe onderscheyt en maken, in de verschillen over de Ceremonien ende Kercken-regeeringen aldaer.”_

Die wesenlike kenmerke van die Nadere Reformasie sou volgens Van’t Spijker met die volgende drie begrippe saamgevat kon word: subjektiviteit, individualiteit en praecisitas. “Subjektiviteit” dui op die verskuiwing wat gaandeweg plaasgevind het vanaf die wedergeboorte na die wedergebore mens en weer na die gevoel wat die mens deur hierdie vernuwing in sy gemoed ervaar. In hierdie opsig het Voetius dit as sy lewenstaak gesien om die erfenis van die Sinode van Dordt in hierdie verband te bewaar._ “Individualiteit” verwys in hierdie verband na die beklemtoning van die rol van die individu in kerklike byeenkomste, terwyl “praecisitas” verwys na die lewenserns en vroomheid wat tot uitdrukking moet kom, met besondere verwysing na die wet van God binne die vroomheidslewe van die mens._

Samevattend kan met die volgende omskrywing van die Nadere Reformasie deur W. Verboom_, oorgeneem van T Brienen en andere,_ volstaan word: “De Nadere Reformatie is de beweging binnen de Nederduits Gereformeerde Kerk, die, zich tegen algemeen verbreide wantoestanden en misvattingen kerend alsmede de verdieping en de verbreding van de doorwerking van de zestiende-eeuwse Hervorming beogend, met profetische bezieling aandringt op en ijvert voor zowel de innerlijke doorleving van de gereformeerde leer en de persoonlijke levensheiliging alsmede radicale en totale heiliging van alle terreinen des levens.”

Volgens Verboom_ het die Nadere Reformasie ook ʼn klemverskuiwing in die kategese tot gevolg gehad. Terwyl die Reformasie die klem in die kategese op die verbond, geloofskennis en die plek van die Heilige Skrif geplaas het, het die Nadere Reformasie ʼn skeiding tussen intellektuele en geloofskennis tot gevolg gehad, ʼn onderskeid tussen sigbare en onsigbare kerk getref en tussen inwendige en uitwendige verbond onderskei, terwyl die leerstellige elemente ten koste van die Skrif na vore gekom het._ Dit alles sou later ʼn effek op die aard en inhoud van die gereformeerde leer tot gevolg hê.

17

Page 18: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

4.2 Die invloed van die tweede fase van die Nadere Reformasie op die Kaapse volksplanting van die 18de eeuSelfs ʼn kursoriese studie van die bronne wat in die 18de eeu aan die Kaapse volksplanting gelees is, bring aan die lig dat die outeurs van die Nadere Reformasie wyd geraadpleeg is. Voordat die Franse Hugenote na Suid-Afrika gekom het, is die godsdienstige lewe aan die Kaap grootliks deur die invloede vanuit Nederland bepaal. Dit was hierdie geestelike invloed vanuit Nederland wat ʼn deurslaggewende invloed op die lewensbeskouing van die blanke bevolking van die 18de eeu aan die Kaap uitgeoefen het. Terwyl die invloed van die rasionalistiese Verligting in Europa deurgewerk het, en selfs die Nederlandse kerk en teologie beïnvloed het, is die Kaapse grensboere grootliks van hierdie invloede gevrywaar._ Dit beteken egter nie dat die rasionalisme geen invloed op die Kaapse bevolking gehad het nie, maar dat die Nederlandse werke van outeurs van die Nadere Reformasie ʼn oorwegende invloed op die voorposte en dieper na die binneland gehad het: “Hoe verder die veeboere die binneland ingetrek het, des te meer het hulle aan die tydsgees ontsnap en aan die oorgeërfde gereformeerde leer en lewensbeskouing vasgeklem. Vanweë gebrekkige kommunikasie met Europa; die afwesigheid van ʼn drukpers, biblioteke en boekgeleerdheid; geografiese verspreiding en afgesonderdheid van die boere in die binneland en die afwesigheid van ʼn '‘sterk immigrasiestroom vanuit die buiteland kon nuwe denkbeelde nie maklik ingang vind nie behalwe in die onmiddelike omgewing van die Kaap en dan ook eers taamlik laat in die 18de eeu."_

Die belangrikste teologiese bron waaroor die koloniste beskik het, was die Nederlandse Statebybel met sy verklarende aantekeninge, aangevul met leesstof van hoofsaaklik teologiese aard, afkomstig uit die dampkring van die Nadere Reformasie. Van hierdie leesstof het onder andere R.F.M. Immelman_ en W.J. van Zijl_ opnames gemaak en met ʼn verstommende aantal werke van outeurs uit die dampkring van die Nadere Reformasie, wat nog in die land te vinde is, na vore gekom. Van Zijl_ kom vervolgens tot die gevolgtrekking dat in die voorposgemeentes waar die preek- en oordenkingsbundels uit hierdie tydvak gelees is, die invloed van die Nadere Reformasie sterker was as in Kaapstad en omstreke._ Dit was hierdie werke wat as draers van die aksente van die Nadere Reformasie van die 17de en 18de eeu, die kerklidmate se kerklike, gesins- en persoonlike lewe beïnvloed het._ Dit was hierdie werke wat grootliks die reformatoriese inslag van die Kaapse blanke bevolking bewaar het, ten spyte van predikante wat al hoe meer die invloed van die Verligting vertoon het en hul ampswerk opgeneem het asof dit ʼn sekulêre betrekking is en hulle dikwels aan politieke prediking skuldig gemaak het._ Van Zijl stel dit soos volg: “Alhoewel die ‘oude schrijvers’ in mindere of meerdere mate van die reformatoriese model weggeskuif het in hulle beklemtonings, het hul gedrukte boodskap, ten spyte van die praktiese omstandighede van destyds, tot die gereformeerde lidmaat gespreek. Dit blyk dus dat die Nederduitse Gereformeerde preek- en oordenkingsbundels méér as die prediking en pastorale besoeke bygedra het tot ʼn omlyning van die singewing aan die gereformeerde belydenis in die lewe van die lidmate.”_

Die inslag van hierdie literatuur was deurgaans dié van ʼn beklemtoning van die verbondsteologie. Deur die klem op die persoonlike en direkte gemeenskap met God te lê, het die verbondsteologie in die lyn van Bullinger en sy navolgers die oorwegende klem in die teologiese beskouings van die voorpos-grensboere geniet en sodoende die verbondsteologiese inslag in die loop van die 18de eeu bestendig en versterk. Die gevolge daarvan was mettertyd duidelik waarneembaar, wat deur B. Spoelstra_ soos volg beskryf word: “Binne ʼn eeu ná die Hollandse volksplanting was hier ʼn Afrikaanse volk in wording. Kenmerkende Nederlandse eienskappe het verlore gegaan en nuwe eienskappe het ontwikkel. Die vermenging van Hollanders, Franse en Duitsers het nie net ʼn biologiese nie, maar ook ʼn geestelike verandering teweeggebring. Die sin vir vryheid en individualisme in persoonlike, politieke en kerklike sake is beklemtoon. Die gemeenskaplike Calvinistiese inslag van Fransman en Hollander het aan die wordende volk sy streng opvattinge op godsdienstige en sedelike gebied besorg. Dit was waarneembaar in die doodgewone dinge soos die afkeer van dans, drink, kaartspel,

18

Page 19: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

weddenskappe, ens.” Die erns waarmee die gereformeerde leer bewaar is, blyk uit die streng optrede teen diegene wat in stryd daarmee gehandel het. Die Morawiese sendeling George Schmidt is in 1742 aangekla, omdat hy sonder kerklike magtiging ʼn paar Hottentotte gedoop het; ʼn krankbesoeker wat in 1745 die kerk gekritiseer en “een afgesondert priesterdom” bepleit het, is aan die Kaap geweier; in 1751 is heftig teen die optrede van ds. H.H. van der Veen geprotesteer omdat hy volgehou het dat ʼn ware Christen van “de tijd en uure zijner weedergeboorte moet verzekerd zijn; ‘t welk in Gods Woord niet gevonden word en alleen op het seggen van die menschen word aangenomen”; in 1769 word onderwyser N.N. de Beer van Stellenbosch die land uitgestuur omdat hy “de goddeliijkheyd” van die Heilige Skrif aangetas het deur dele van die Bybel te verwerp._

Die koudheid en onverskilligheid teenoor die gereformeerde leer in die agtiende eeu, het daartoe aanleiding gegee dat diegene wat nie tevrede was met die kil en rasionalistiese prediking van die tyd nie aanklank by die meer bevindelike teologiese rigtings gevind het. In Europa, meer bepaald in Nederland, het die piëtisme in reaksie hierteen opgekom._ Ook die Kaapse volksplanting het vroeg in die agtiende eeu met die piëtisme kontak gemaak, veral deur die werksaamhede van krankbesoekers uit die piëtistiese kringe in Nederland, naamlik Louis van Dyk en Willem Raassel, asook ds. H.H. van der Veen. Hierdie persone het groot opskudding veroorsaak deur die samekomste wat hulle gehou het en wat hulle gesê het._ Die verlange na dieper geestelike voedsel as wat sommige kansels in hierdie tyd aan die Kaap kon bied, spreek ook uit die korrespondensie van Susanna de Vries (dogter van die voorleser van Drakenstein, Hermanus Bosman) aan ds. T. van der Groe van Kralingen, ʼn sterk voorstander van die piëtistiese rigting. Van die doodsheid in die kerk en die prediking en die geestelike doodsheid waarmee mense voor die aangesig van God verskyn, skryf sy: “Het is regel op regel. Gebod op gebod, werken die op zich zelf wel goed zijn, maar zonder geest en leven, en die daarom eene hongerige en dorstige ziel niet kunnen voeden of nut doen, omdat zij niet genomen zijn uit de fontein des levens, die alleen springt tot in het eeuwige leven.”_ Aan haar korrespondent noem sy dat die Here in “deze woeste gewesten ook nog zijn Kerk begint optebouwen”, want daar is verskeie persone, jonk en oud, “die sedert 5 à 6 jaren, overtuigd en werkzaam geworden zijn op een ongehoorde en ongewone wijze, zoo als wij namelijk alhier, in deze woeste landstreek voorheen nooit gehoord hadden van innige godsvrucht. Doch de werkzaamheid dier menschen komt overeen met de bevinding van Gods Woord en volk, hetgeen de toetssteen moet zijn van alle zielswerkingen, om tot geene dwalingen of eigen geestdrijverij te vervallen.”_ Teen die beswaar van geesdrywery skryf sy: “Doch de arme natuurling noemt alles geestdrijverij ….. Hierom worden alhier dezulken, die getrouw voor Jezus zaak en volk uitkomen, ook gehaat, bespot en gelasterd.”_ Ook M.C Vos, later predikent te Tulbagh, vertel dat sy moeder “niet zeer in den weg des heils en der zaligheid onderwezen (was) ….. het geen te dien tijde een algemeen gebrek” in die Kaapse nedersetting was. Volgens hom was die ergste egter dat “er niemand gevonden werd, die zich beijverd om hetzelve uit den weg te ruimen.”_

Die feit dat die tweede helfte van die 18de eeu in Nederland tot gevolg gehad het dat die Nederlandse staatskerk die gereformeerde belydenis al hoe meer losgelaat en ʼn koue verstandelike rigting opgegaan het en slegs ʼn klein groepie gereformeerde teoloë aan die ou gereformeerde opvattings vasgehou het, het ook aan die Kaap sy implikasies gehad. Die werke van die sogenaamde “oude schrijvers”, soos Comrie, à Brakel, Witsius, Hellenbroek, Smytegeld, Groenewegen en Borstius, is deur die streng gereformeerde pioniersbevolking aan die Kaap gelees_, terwyl die Kaapse burgery al hoe meer onder die invloed van die vrysinnige en liberale rigtings gekom het. Daar moet op gewys word dat die stelling dat die sogenaamde “oude schrijvers” van piëtistiese rigting was, baie versigtig benader moet word. Tereg wys J.A.S. Oberholster_ daarop dat die stelling dat die innige vroomheid wat as ʼn goue draad in die lewe van ons volk deur die jare heen aangewys word, as ʼn teken van die piëtisme van die “oude schrijvers” beskou moet word, nie korrek is nie. Hy voeg by: “Daar moet egter baie duidelik

19

Page 20: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

onderskei word tussen vroomheid en piëtisme. Dié woorde is nie sinoniem nie. Immers, vroomheid is ʼn wesenlike eienskap van die gereformeerde geloofslewe en is nie iets wat aan die piëtisme eie is nie. Trouens, die piëtisme wil dat die bekering op ʼn bepaalde wyse sal geskied, naamlik deur ʼn geweldige stryd, die ‘Busskampf’, en hierdie opvatting oor die bekering is natuurlik nie Skriftuurlik nie. Dat die gees, strekking en inhoud van die geskrifte van die piëtiste deur heilbegeriges hier verwelkom is, is nog geen bewys dat die lewensvroomheid by ons volk uit die piëtisme gebore is nie. En hierby moet nog gevoeg word dat al die skrywers van innige vroomheid nie sonder kwalifikasie as piëtiste kan bestempel word nie. Wilhelmus à Brakel byvoorbeeld het baie sterk teen die piëtisme gewaarsku.”_

Die liberale rigting het mettertyd al hoe meer aansluiting by die rasionalistiese tendense van die Europese wetenskapsbeoefening van die tyd probeer soek._ Hierdie nuwe verligtingsgees het onder andere tot ʼn nuwe benadering in die kerksang aanleiding gegee wat onder meer in die standpunt van predikante soos H.R. van Lier en M.C Vos met betrekking tot die evangelie, sending en die kerk aanleiding gegee het. Waar die Gereformeerdes die boet- en klaagpsalms verkies het, omdat dit ʼn bepaalde gereformeerde voorkeur weerspiël het, het die nuwe teologiese rigtings die Evangeliese Gesangbundel verkies._ Daarbenewens het die Kaapse burgery toegang tot ʼn groot aantal akademiese publikasies gehad, wat die tendense tot afwyking van die Gereformeerde leer, hetsy ten gunste van Lutheranisme of Cartesianisme, verder gestimuleer het. Van die werke wat in hierdie verband gelees is, was byvoorbeeld die reeks Merg der Akademische en Andere Verhandelingen wat vanaf ongeveer 1733 verskyn het._ In ʼn bydrae tot hierdie reeks skryf professor Samuel Christiaan Hollman oor die Waare Begrip der Philosophie, dat die filosofie beskryf kan word as “eene Wetenschap, leerende het geene, dat alle Menschen dienen te weten, van wat staat, Aangelegenheit, Levens-wyse, Geslacht en Religie zy ook zyn; hoedaanig, waar en wanneer zy haar geluk willen bevorderen; gelyk sulks door de Reeden wordt voorgeschreeven, en buyten welke zy, in soo verre zy Menschen zyn, tot geen bestendig Geluk konnen geraaken.”_ Die idee dat die wysbegeerte die moeder van die wetenskap is, skemer onverbloemd in sy uiteensetting deur, terwyl die dogmatiese gronde van die wetenskap deur Hollman gerelativeer word.

Ook die werke van Johann David Michaëlis (1717-1791) was in hierdie kringe besonder gewild en is wyd in die meer geleerde kring gelees. Vanuit die piëtisme het Michaëlis na die rasionalisme oorgehel. Behalwe vir sy bydrae op wetenskaplike gebied, het hy ook groot invloed in die praktyk uitgeoefen en homself in kerk- en skoolsake laat geld. Dit was veral sy vertaling van die hele Bybel, met verklarende aantekeninge, in dertien dele, wat tot ʼn uitvoerige kommentaar oor die Bybel ontwikkel het_. G.Ch. Aalders verklaar van die werk van Michaëlis dat dit juis sy halfslagtige standpunt was, waardeur hy nie die ortodokse standpunt prysgegee het nie, maar ook nie die gesag van die Skrif sonder voorbehoud wou aanvaar nie, wat die sterkste in sy dogmatiek na vore gekom het. Juis as gevolg van sy halfslagtige standpunt het Michaëlis in sy tyd aanvanklik groot aanhang geniet_.

Ook die werke van Johann Kaspar Lavater (1741-1799) is wyd in hierdie kringe aan die Kaap gelees. Alhoewel Lavater ʼn vroom verdediger van die Christelike geloof was en teen die rasionalisme en deïsme te velde getrek het, was hy uiters verlig in sommige van sy teologiese sienswyses. Hy het in talle opsigte met die ortodokse sienswyses van die Gereformeerdes gebreek. So laat hy hom by geleentheid oor die versoeningswerk van Christus uit: “Men ergert zich, men maakt er geraas over, dat ik beweer, dat Christus God niet verzoend heeft, maar ons. Het eerste leert de theologie, het laatste de Heilige Schrift.”_ Op kerklike gebied het hy ʼn baie ruim siening gehandhaaf en het selfs met Rooms Katolieke sienswyses in hierdie verband saamgegaan. Van die bekendste geskrifte van Lavater wat binne Suid-Afrikaanse verband van belang is, was sy werk Pontius Pilatus (1782)_, terwyl daar ook groot belangstelling in sy lewensbeskrywing deur George Gessner (1802) was._

Die reaksie teen die insinking op teologiese gebied het in Nederland en elders in Europa in die vorm van die piëtisme na vore gekom.

20

Page 21: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Teen die einde van die 18de eeu was die tekens dus reeds daar van ʼn onvermydelike skeiding van weë tussen die vrysinnige lewensbeskouings onder die meer akademies ontwikkelde burgery van die Kaap en die grensboere wat aan die grondslae van die Nadere Reformasie met sy sterk klem op die verbondsteologie vasgehou het.

5. Op die driesprong: modernisme, revivalisme en verbondsteologie: Die stryd tussen Metodisme, vrysinnigheid en verbondsteologie in die eerste helfte van die 19de eeu in die Kaapse gemeenskapDie begin van die 19de eeu is ingelei met die opkoms van die Metodisme as ʼn kragtige beweging wat vanuit Engelse bodem met die inbesitname van die Kaap deur Engeland oorgeplant is. Die gevolg was ʼn onvermydelike konflik tussen vrysinnigheid, Metodisme en die verbondsteologie van die Nadere Reformasie. Die geestelike vader van die metodisme was Wesley (1703-1791). Terwyl die verstandelike liberalisme die natuurlike reg vir die individu opgeëis het om die Bybel te kritiseer, die geloof in wonders te verwerp, die Drie-eenheid te loën, ensovoorts, wou die Metodisme “oorspronkelijk niets anders dan de slapende kerk wakker schudden en de rechtzinnige Christenheid bezielen met een nieuw leven.”_ Terwyl die verstandsgodsdiens die laaste woord aan die menslike rede gegee het, het die gevoelsgodsdiens die laaste woord aan die menslike ervaring gegee. Tereg stel B. Spoelstra_

dat albei strominge wesenlik van die vermoëns van die vrygemaakte mens uitgegaan het en daarom as “kinders van die liberalisme, wat die gereformeerde belydenisskrifte hulle gesag ontneem het”, beskou kan word._

Die Metodisme het hoofsaaklik vanuit Engelse bodem na die Kaap gekom. Dit het ʼn sogenaamde “ondogmatisch Christendom” bepleit, die Evangelie tot ʼn klein minimum beperk en sodoende die belydende karakter van die kerk ondergrawe._ Die ondergrawing van die gereformeerde kerkbegrip het plaasgevind vanweë die klem van die Metodisme op bekering van sondaars vanweë die vrees vir die finale oordeel; die mistieke en optimistiese aard van dié opwekkingsbeweging wat sigself rig teen die bewuste en ernstige karakter van die gereformeerde godsdiens; die verskuiwing vanaf die perspektief van die uitverkiesing na die aanvaarding dat alle mense gered kan word as hulle maar net die aanbod van genade wil aanneem, kortom, daar is “nie na ʼn kerklike nie, maar na ʼn revivalistiese Christendom gesoek en derhalwe moes die Pinksterwonder herhaal word om ‘gedoopte en ongedoopte Heidenen’ toe te bring.”_ Gevolglik is die historiese kerkdogma as oorbodig beskou en die ware gelowiges in allerlei verenigings, los van die kerk gesoek, met gevolglike verlies van die gereformeerde kerkbegrip._

Die Metodisme het talle filantropiese en sendingbewegings geïnspireer. Hierdie sendingaksies het later ook aan die Kaap sy invloed onder Britse bewind van stapel laat loop en ʼn klimaat van vrysinnige politieke bewustheid gekweek. Hierteen het die gereformeerde oortuigings van die Voortrekkers mettertyd in botsing gekom. Vir die gereformeerde leer van die Genadeverbond in die doop, is daar by die Metodisme nie ruimte nie, omdat dit hom toespits op “vondelingen in plaats van bondelingen, eenlingen in plaats van de eenheid, de menigte in plaats van de gemeente.”_ Die onvermydelike implikasie is dat die verbondsteologie deur die Metodisme met ywer bestry is. Tereg verklaar J.D. du Toit (Totius)_ van die Metodisme se aanvegting van die verbond: “Om die ewewig by sodanige spiritualistiese drywery te behou, word nie alleen die kerk gesekulariseer en die genade genaturaliseer nie maar ook die Verbond geprofaneer, deurdat onder daardie Verbond alle mense, individueel geneem, begrepe is en nie (volgens gereformeerde belydenis) alléén die gelowiges en hul nageslag nie. In Adam as die eerste verbondshoof, so lui dit, het almal geval, in Christus as die tweede verbondshoof word almal weer opgerig; daarom word alle vroeggestorwe kinders salig, terwyl die volwassenes wat van hierdie genade verval het, opnuut toegebring moet word. Vir die toebrenging van die laasgenoemdes is die Individualisme die metode.”

21

Page 22: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Die invloed wat die Metodisme aan die Kaap gehad het, is verder verstewig deur ʼn groot oplewingsbeweging wat buitengewone effek in Amerika gehad het. Hierdie sogenaamde “Great Awakening” het ewe sterk teen die verbondsteologie in verset gekom. Dennis Woods_ deel die volgende aangaande die ondermyning van die verbondperspektief deur dié herlewing mee: “The Great Awakening which peaked in the second quarter of the eighteenth century brought revival, but it also reinforced the strain of frontier individualism bred into the American pioneer. The Awakening was characterized by itenerant preachers and a message of individualistic revival. It stressed a personal, experiential decision for Christ. This was fine as it went, but it worked to divorce the believer from the sense that he was a citizen in a Christian culture. When the itenerant preacher rode into town, he often ignored the authority of the local church(es) in the area. Thus, he inadvertently undermined the established covenantal structure.” Hierdie herlewingsteologie het later in Suid-Afrika groot krag uit die werk en optrede van dr. A. Murray geput. Die godsdienstigheid wat deur hierdie beweging bevorder is, staan in vele opsigte teenoor die gereformeerde leer. Om hierdie rede kan daar nie met D’Arbez (skuilnaam van J.F. van Oordt) wat voor 1910 ʼn werkie met die titel Het Leven van Joh. Calvijn laat verskyn het saamgestem word dat dr. Andrew Murray die eer toekom dat hy die handhawer van die Calvinisme in Suid-Afrika was nie. Daarvoor staan die Skotse Metodisme van Murray te ver verwyderd van die gereformeerde grondslae. Tereg protesteer Totius in een van sy vroeë geskrifte_ teen so ʼn standpunt: “Nee, hoe ons ds. Andrew Murray ook in ander opsigte mag eer en bewonder, oor sy Calvinistiese beginsels nooit. Skotse Metodisme in plaas van Calvinisme is hier die regte woord.” Die lewensbeskoulike armoede van die Metodisme word deur Totius_

soos volg aangeteken: van die drie groot vrae (1) met betrekking tot die verhouding tussen God en mens, (2) tussen mens en mens en (3) tussen mens en kosmos, antwoord dit op die eerste vraag slegs deur te stel hoe word die mens salig. Op die terreine van die politieke lewe, die sosiale verhoudinge en wetenskaplik-literariese aktiwiteite is bykans geen antwoorde deur die Metodisme verskaf nie: “Van ʼn beoefening van die Christelike en teologiese wetenskap in stringente sin kan by die Metodisme nouliks sprake wees. … Derhalwe is ook die skatkamer van die Christelike wetenskap van Metodistiese kant met slegs enkele klein bydraes verryk.”_

Vir sover die Metodisme sy invloed onder die stedelinge en inwoners in die omstreke van die Kaapse nedersettings laat geld het, het die beklemtoning van die individualisme in die godsdienstige lewe steeds sy afsydigheid jeens die verbondsteologie laat geld, soos Totius dit by geleentheid beskryf: “Maar – is die Individualisme ook onder normale omstandighede ʼn deur God verordende beginsel? Mag daarvan onder Christene as‘t ware ʼn metode gemaak word? Niemand wat ook maar enigsins die heerlikheid van die Verbondsleer gesmaak het, kan daar ja! op antwoord nie. Ongetwyfeld mag die persoonlike element ook in die Gereformerde prediking nooit ontbreek nie; want in laaste instansie sal dit daarop aankom of elke gelowige God sy God kan noem. Maar dit is nie die Individualisme nie. Tot so ʼn persoonlike belydenis moet ʼn mens kom in die weg van die Verbond; eers ʼn suigeling, natuurlik en geestelik, maar beide telkens natuurlik en geestelik; daarna man, natuurlik en geestelik, maar beide telkens saamgebind deur die band van die Verbond. Of beter gesê, saamgebind as uitvloeisel van die Genadeverbond; want nie by die enkele persoon in die eerste plek lê God die verbond tussen natuur en genade nie, maar by die menslike geslag wat aan die kerk, d.i. aan die geestelike dinge, verbind word. So vind elke bondeling dan van agter in die wortelvlegsels van sy bestaan op volheerlike wyse deureengevleg die werk van God, die Skepper en Herskepper, die werk van natuur en genade."_

By die Metodisme is dit nie die geval nie en die mens word geïsoleer van sy historiese kontinuïteit, van sy voorafgaande progressie sowel tydelik as geestelik, met die gevolg dat die Metodisme die katastrofe van die sonde-wanhoop aan alle eenheid oorsien en hom verder slegs daartoe bepaal om vondelinge in plaas van bondelinge, eenlinge in plaas van die eenheid, die menigte in plaas van die gemeente te soek en hom daarin stip aan sy asketiese, a-kosmiese

22

Page 23: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

prinsipe (wat genade aan die individu wil uitdeel) hou en as sodanig vlak teenoor die verbondsgedagte staan, sê Totius._

Soos reeds vroeër aangedui het daar deur die invloed van dr. Andrew Murray en andere ʼn godsdienstige inslag in die volkslewe na vore gekom wat ʼn gees van revivalisme gekweek en ʼn smaak gevestig het wat in vele opsigte teenoor die gereformeerde leer gestaan het. Veral die klem op bidure, die inkleding van die Pinkstergebeure binne die kerk en die sing van allerlei opwekkingsliedere buite die Psalmbundel om, was die gevolg hiervan. Deur die inwerking van die gees van Metodisme het die Calvinisme reeds in die loop van die eerste helfte van die 19de eeu ʼn insinking in ons volkslewe beleef.

Die loslating van die gereformeerde belydenis deur die Nederlandse Staatskerk in die tweede helfte van die 18de eeu, het teologies tot ʼn meer koue verstandelike rigting gelei._ Slegs ʼn klein groepie gereformeerde teoloë, onder wie à Brakel, Witsius, Hellenbroek, Smytegeld, Groenewegen, Borstius en andere, het aan die outentieke gereformeerde opvattings vasgehou. Hierdie skrywers is met ywer deur die pioniers op die Kaapse voorposte gelees, terwyl die Kaapse burgery al hoe meer onder die invloed van die vrysinnige godsdienstige sienings gekom het._

Daar moet meteen ook op gewys word dat die liberalisme as nuwe opkomende siening ʼn wyd-vertakte geestesstroming was wat sy invloed laat voel het in staat en kerk, kultuur en samelewing._ Die grondslag en geesteskenmerk van die liberale rigting was nie te vinde in sy strewe na vryheid nie, maar in sy verwerping van gesag. In sy wese was die liberale rigting van die negentiende eeu geen vryheidsbeweging nie, maar ʼn “revolusionêre agitasie, gesagsverwerping in beginsel.”_ T.N. Hanekom sien hierin niks anders as ʼn beroep op “de God van mijn Regt”, met ander woorde die handhawing en verwerkliking van die natuurlike regte van elke mens en die verwerkliking in die vryheid van almal in alles._ Teenoor die gereformeerde standpunt wat die vryheid as ʼn genadegawe van God gesien het, wat ʼn hoë verantwoordelikheid en heilige roeping aan die mens oplê, het ons nou hier te doen met vryheid as ʼn natuurlike reg, “die onvervreembare, persoonlike besit van elke mens”._ Daarom sien Hanekom die begrip “liberalisme” as “ʼn veelomvattende benaming waarin die moderne mens van die negentiende eeu sy eie selfstandigheid, selfgenoegsaamheid en soewereiniteit tot lewensbeginsel verklaar het.”_ As leidende gedagte wat op elke lewensterrein tot openbaring kom, is die gevolg op staatkundige gebied ʼn antitese teen die absolutisme; op maatskaplike gebied die protes teen die bestaande orde en sy misstande; op kerklike gebied die verwerping van gesag, hetsy Skrifgesag, belydenisgesag, belydenisbinding of kerklike tug._

Dit was veral die deïstiese uitlopers van die rasionalistiese liberalisme wat in Engeland groot invloed uitgeoefen het. Tereg skryf Totius_: “Die Deïsme gaan voorop vanweë sy oorwegende belangrikheid, wat veral hierin gesoek moet word dat dit hom nie louter as sisteem van filosofiese denke opgewerp het nie maar as beskouing van die groot wêreldgeheel ook geprobeer het om die religieuse behoeftes van die mens te bevredig en so die heersende Credo van die eeu geword het.” Die voorlopers daarvan was die historiese supranaturalisme wat aan die begin van die negentiende eeu opgekom het._ Alhoewel mense soos Döderlein en Less in Duitsland en Clarisse, Borger, Muntinghe, Kist, Royaards, Van Hengel, Bonnet, Heringa, Bouman en Vinke in Holland gepoog het om die grondwaarhede van die Christendom te verdedig, was hul uitgangspunt verkeerd. In plaas daarvan om in die geloof stelling te neem, het hulle probeer om langs die weg van redenering die redelikheid van dié openbaring en geloof te bewys._ Hanekom wys dan ook daarop dat dit die supranaturalisme verwyt word dat dit die gronde van die gereformeerde leer aan die rasionalistiese ongeloof uitgelewer en sodoende die weg vir die liberale teologie gebaan het; tewens “die supranaturalisme in sy historiese gestalte aan die begin van die negentiende eeu, was nie maar net die wegbereider vir die latere liberalisme nie, maar in werklikheid reeds die vroegste stadium, die eerste historiese fase van die liberale teologie.”_ Ook in Suid-Afrika is die werke van skrywers soos Clarisse, Kist en andere ywerig gelees en is die rasionalistiese teologie, wat in die agtiende eeu opgekom het,

23

Page 24: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

aan die begin van die negentiende eeu deur die historiese supranaturalisme bestendig en het dit ʼn belangrike grondoorsaak van die leerstellige verval geword. Clarisse, P. Hofstede de Groot, Van Oordt, Pareau, Muurling en die predikante Amshoff en Herwerden was verteenwoordigers van die Groninger Rigting. Sy naam het hierdie beweging aan die teologiese vriendekring ontleen wat sedert 1837 hul invloed vanuit Groninger laat geld het. Van hul teologiese ingesteldheid het J.J. van Oosterzee_ verklaar dat die Godsbegrip daarvan “was unitarisch, hare Hamartologie schier semi-pelagiaansch, hare Christologie Ariaansch-Apollinaristisch, hare geheele Evangeliebeschouwing meer paedagogisch dan soteriologisch gekleurd, terwyl de Daemonologie gemist, en de Eschatologie door de leer van de herstelling aller dingen besloten werd.”_

Die rasionalistiese liberalisme het teen die einde van die 18de eeu ʼn sterk verband tussen die teologiese uitwasse daarvan en die grondgedagtes van die rigting op staatkundige gebied gehandhaaf: beide kom op uit die geestelike omwenteling van die Aufklärung; beide kom in verset teen gesag en openbaar ʼn ondogmatiese gees; beide vind hul hoogste strewe in vryheid en die voorstanders van hierdie geestesrigting wat op staatkundige en maatskaplike gebied as segsmanne van die liberale rigting optree, lewer konsekwent bewys daarvan dat hulle weinig waardering vir die waarhede van die gereformeerde leer oorhou._ Ook aan die Kaap het hierdie liberale rigting sy merk gelaat. Van die onrus wat teen die einde van die agtiende eeu aan die Kaap geheers het, verklaar S.F.N. Gie_ dat geestesinvloede vanuit Europa ook hier hul invloed laat geld het: “Nuwe idees, in Europa en Amerika gebore, vind ook hier hul opname, en die ou maatskaplike, konstitusionele, ekonomiese en godsdienstige begrippe is eindelik weer aangetas. Woeling en stryd heers op allerhande gebiede.” Die aard en omvang van die nuwe geestesinvloede van die liberalisme blyk duidelik uit die optrede van die Kaapse patriotte en die verskyning van die anonieme geskrif De Magt en de Vryheeden eener Burgerlyke Maatschappy verdedigt door de Gevoelens der Voornaamste Regtsgeleerden, Opgedraagen aa ‘t Oordeel der Caapsche Burgerye, wat in 1778 aan die Kaap versprei is. Reg, Geregtigheid en Vryheid word die vaandel waaronder die gees van ontevredenheid homself aan die Kaap laat geld._ Die opstand wat te Graaff-Reinet plaasvind vind plaas met die standpunt dat “ook hebben wij den Kerkenraad suportrineerd van alle wareld regeering, en voortaan geene die de Kerke waardigheyd (draagt), zal wareldlijke Regeering mogen bekleeden”; die nuwe republiek staan onder gesag van ʼn “Nationale vergadering” met sy “volksrepresentanten”, gekies deur die “Volkstem”, en ons verneem van Marthinus Prinsloo, “protector of the voice of the people”._ Gie_

gaan sover om van ʼn gees van “oordrewe rewolusionêre, teenkanting teen alle gesag” te praat. Uit die dokumentasie wat op hierdie opstandige gebeure betrekking het, maak Hanekom die afleiding dat dit alte duidelik blyk dat “ons land in daardie jare ook iets opgevang het van die geestelike omwentelinge in Europa en Amerika.”_ Alhoewel daar reeds ruim sewentig jaar tevore vrysinnige invloede, deur middel van die leesstof van vrysinnige outeurs aan die Kaap gesirkuleer het, was dit die politieke woelinge in Europa en Amerika teen die einde van die 18de eeu wat diep spore in die denke van die Kaapse bevolking getrap het. So het byvoorbeeld reeds Adam Tas geskryf dat hy in 1705 die predikasieboek van die skrywer Belthasar Bekker “gezegender geheugenis”_ uit Holland ontvang het.

Die inslag van rasionalistiese liberalisme aan die Kaap het verdere stukrag ontvang deur die invloed wat J.A. de Mist onder Bataafse bewind aan die Kaap ingedra het._ Hanekom kom tot die konklusie dat in die tydperk vanaf 1803 tot 1806 die revolusionêre denkbeelde waarvan ons die spore in die agtiende eeu gesien het, sowel as van die rasionalistiese tendense op godsdienstige gebied, aansluiting by die “Bataafse gees” gevind het en dat die persoon en invloed van De Mist in hierdie verband besondere betekenis, ook vir die kerklike godsdienstige lewe, gehad het._ Lank nadat die Bataafse bewind van die Kaap beëindig is, het die denkbeelde van De Mist steeds deurgewerk en sodoende as ʼn “suurdeeg van revolusionêre en rasionalistiese gedagtes in die Kaapse samelewing” gedien._ Onder Engelse bewind na 1806 sou hierdie gees van rasionalisme en liberalisme verder gevoed word. Die ou ideale van die

24

Page 25: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Kaapse Patriotte-beweging het weer in die vorm van ʼn aandrang na “volkstem”, “volksvertegenwoordiging” en “menschelijke regten”, ter ondersteuning van ʼn nuut-ontwakende nasionalisme van liberale aard na vore tree._ Die stryd vir konstitusionele vryheid is onder die leuse van vryheid, verligting en vooruitgang aangeknoop en die oorwinning is aan die “liberalen” toegeskryf. Sodoende het die konstitusionele liberalisme sy houvas op die Kaapse bevolking gekry en het die woord “liberalisme” ʼn “aangename klank geword in die samelewing”._

Anders as die Metodisme en rasionalisme wat in die volkslewe deurgewerk het, het die Nadere Reformasie aan die begin van die 19de eeu steeds die denke en oortuigings van die grensbewoners dieper in die Kaapse binneland beheers._ Aangesien hierdie mense ver van die kerk gewoon het, het hulle ʼn buitengewone afgesonderde bestaan gevoer. As gevolg daarvan was hulle aangewys op die Statebybel met sy kanttekeninge en die gereformeerde preekbundels en geskrifte van die 17de en 18de eeue vir hul geestelike versorging. Dit het weer ʼn sterk invloed op hul benadering tot geestelike sake uitgeoefen._ In verband met die gebruik van hierdie preekbundels verklaar H.D.A. du Toit_ dat in Kaapland met sy uitgestrekte gebiede en weinige gemeentes moes die grensboere hulle maar van sodanige preekbundels bedien en was dit, naas die Bybel, van die magtigste hefbome om hulle teen ontaarding te bewaar. Die skrywers wat veral op die voorposte wyd gelees is, was onder andere Coenraad Mel, ʼn Duitser van geboorte, wat in Nederland ʼn gesogte skrywer was. Hy was veral geroem vanweë sy “skrander oordeel, nougesette godsaligheid en onvermoeide vlyt”._ Daarbenewens was die Voetsiaan Bernardus Smytegeld ʼn ander geliefde skrywer wat deur die grensbewoners baie gelees is. In talle wonings was sy Het gekrookte riet of 145 predicatiën over Matth. 12:20, 21 en sy verklaring van die Heidelbergse Kategismus standaard leestof._ Die skrywer wat egter by verre die meeste gelees is, was die bekende en geliefde Wilhelmus à Brakel, die Rotterdamse predikant, wat deur sy aanhangers vereer is._ Sy bekendste werk was Redelijke Godsdienst, wat in 1700 die eerste keer verskyn het en in die loop van die 18de eeu minstens 21 drukke beleef het._ Die geestelike atmosfeer wat deur hierdie werke in die pionierswonings op die voorposte geskep is, was dié van die Gereformeerde Nederland van die 17de en 18de eeu._ Die mate waartoe die pioniers hulself met hierdie geskrifte tuis gevoel het, blyk uit die mate waartoe hulle hulself paraat ter vergadering met ʼn beroep op die skrywers à Brakel, Justus Vermeer, Smytegeld en Comrie oor die Heidelbergse Kategismus kon verantwoord._

Die handhawing van die gereformeerde lewensingesteldheid onder die Kaapse voorpos-pioniers blyk onder andere uit die verslae van reisigers wat dieper die Kaapse binneland ingetrek en by van hierdie pioniers vertoef het. Lichtenstein wat gedurende die jaar 1803 en daarna ʼn reis deur die land onderneem het, gee ʼn beskrywing van die godsdienstige lewe op die platteland: “Het dagwerk begon iederen morgen, na den opgang der zon, met het zingen van een psalm en het lezen van een hoofstuk uit den Bijbel. Niet alleen de kinderen, maar al de slaven en Hottentotten moesten daarbij tegenwoordig zijn.” In die aand is ook weer godsdiens gehou, “en de Vader las eene godsdienstige overdenking uit een zijner oude preekboeken voor, waarop weder het zingen van eenen psalm, en eindelijk de avondzegen volgde. Bovendien werd er des Zondags morgens nog eene plegtige godsdienstoefening gehouden, en telkens eene zeer langdurige preek voorgelezen.”_ Hierdie gebruike was, volgens Oberholster,_ vrywel algemeen en op dié wyse is die godsdienstige karakter van die volk nie net gevorm nie, maar het dit ook bewaar gebly. Selfs toe die Voortrekkers die vreemde ingetrek het, het dit hul lewenswyse gebly: “Verwonderenswaardig is het hoe, bij alle worstelingen, waarbij de uitgewekenen volslagen gemis en gebrek aan alles leden, de zeden nog zoo goed zijn bewaard gebeleven ... In elk huis wordt bij het middag- en avondmaal hardop gebeden en gedankt.”_

Hieruit blyk die onskatbare waarde van die verbondsliteratuur, in die vorm van preekbundels en gebedeboeke, in die lewe van ons volk. Daarby kan die waarde en betekenis van die Psalm- en Gesangeboek in die vorming en behoud van die godsdienstige lewe nie oorskat word nie. By geleentheid verdedig ds. Borcherds sy volksgenote teen die lasterlike aantygings deur sommige reisigers: “Het is onloochenbaar waar dat met al het gebrek aan godsdienstige onderwijs, men

25

Page 26: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

onder de Zuid-Afrikanen, en vooral onder de buitelieden (caeteris paribus) meer godsvrucht, meer godsdienstige kennis en reiner zeden aantreft dan onder vele dorpelingen in Holland en Engeland.”_

Die feit dat hierdie pioniers in die afgeleë dele van die land woonagtig was, het tot gevolg gehad dat hulle mettertyd ook eiesoortige karaktereienskappe begin vertoon het. Dit was veral die mense van Rhenosterberg (die huidige Middelburg), Seekoeirivier (die huidige Philipstown), Towerberg (die huidige Colesberg) en die Suurberge (die huidige Steynsburg en Burgersdorp) wat aan die beginjare van die 19de eeu, langsamerhand besondere eienskappe in hul lewensiening geopenbaar het._ In besonder is hul lewenswyse deur ʼn besondere konserwatisme gekenmerk; ʼn uitgesproke afkeur jeens die Britse owerheid; ʼn verset teen die evangeliese gesange; ʼn besonder nougesette sedelike lewe en ʼn versigtigheid in hul daaglikse handel en wandel._

Dit was ook nou juis uit die gebiede hierbo genoem dat die trekkers van die dertigerjare van die 19de eeu gekom het. Benewens die wisselvalligheid van die Britse beleid jeens die swart grensbewoners en die gepaardgaande onveiligheid van die blanke grensboere, die wyse waarop die slawe vrygestel is en die drang na vryheid en onafhanklikheid, moet ook die grensboere se ontevredenheid oor liberale en vrysinnige invloede in die Kaapse Kerk vermeld word._ Van hierdie ontevredenheid verklaar Jooste dat dit “later ernstig aan die lig getree het toe die Sinode van die Kerk in 1837 so ʼn onsimpatieke besluit geneem het in verband met die hele beweging en toe die Ring van Graaff-Reinet feitlik ʼn sydelingse mosie van sensuur op die Trekkers aangeneem het, deur te besluit dat die Woord wel aan hulle verkondig mag word maar geen sakramentsbediening mag plaasvind nie.”_

In die afwesigheid van geordende leraars om die Woord en sakramente te bedien, het die Trekkers by uitstek van die Kategismusboeke en die preekbundels van die outeurs van die Nadere Reformasie gebruik gemaak met die oog op die kategetiese onderrig van hul kinders, vir huisgodsdiens en vir die hou van kerklike samekomste. Dit was steeds die geliefde “oude schrijvers” wat in die Trekkers se behoefte aan gereformeerde lektuur voorsien het._ Die goue draad wat deur die literatuur van die Nadere Reformasie loop, is die gereformeerde verbondsteologie. Dit was hierdie teologiese perspektiewe wat die Trekkers na die binneland met hulle saamgeneem het. Veral die vraag na die aard en oorsprong van die Voortrekkergelofte van 1838 kan slegs sinvol beantwoord word indien dit met die verbondsteologiese agtergronde van die Voortrekkers se teologiese standpunte rekening hou. Dit is juis sy bekende en geliefde werk onder die Voortrekkers, Redelyke Godtsdienst, In welke de Goddelyke Waerheden des Genaden-Verbondts worden verklaert, tegen allerleye partyen beschermt, ende tot de practyke aengedrongen, _ wat die verband tussen verbond en gelofte na vore bring: “Als yemant in het verbondt der genade ingaet / dan verbindt hy die dog verbonden was / met goedtkeuringe / genoegen / ende gewilligheyt / hem selven om eeuwig des Heeren te zijn / en om door den Geest Godts na zynen wille bestiert te worden; hy geeft hem de handt / en hy hehaelt al dikwijls de verbintenisse met al zijn herte.”_ Die gelofte is ʼn normale onderdeel van die godsdienstige lewe van die gelowige mens wat, op grond van die verbond, ʼn verbintenis met God skep en ʼn verpligting oplê. Daar sou ook geargumenteer kon word dat die verbond alleen ʼn gelofte wat vir God aanneemlik is konstitueer._ Daarom speel die verbond ʼn deurslaggewende rol by die aflê van ʼn gelofte._

Binne die raamwerk van die verbond lê à Brakel dan besondere klem op die feit dat geloftes teenoor God nagekom moet word: “Dit moet plaets hebben / als het geen quade sake was / ofte als het uytvoeren ons niet tot sonde soude worden: maer al is het / dat het volbrengen van onse belofte ons moeyelijk ofte schadelijk soude vallen / en wy wel wilden dat wy de belofte niet gedaen en hadden / ende wy de sake sonder sonde / ende sonder krenkinge van ons / ofte de onse / ofte andere / konnen uytvoeren / soo moet men se evenwel volbrengen.”_

Tereg verklaar A.D. Pont_ dat à Brakel se argument is dat die gelofte wat eenmaal afgelê is, ʼn verpligting oplê wat nie meer ontduik kan word nie. À Brakel waarsku dus dat ʼn gelowige baie

26

Page 27: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

sorgvuldig die inhoud van so ʼn gelofte moet oorweeg voordat hy dit aflê, omdat die gelofte die gelowige onder ʼn verpligting teenoor God plaas._ A.D. Pont_, met verwysing na Andries Pretorius se rol in die totstandkoming van die Gelofte, maak die volgende waarneming in hierdie verband: “Dit lyk waarskynlik dat die gedagte aan ʼn gelofte ook vanuit sy (Pretorius se ) kennis van À Brakel se uiteensetting kan kom. Dit is opvallend dat Sarel Cilliers se aanvanklike besware téén die aflê van ʼn gelofte, in lyn lê met die opmerkings van À Brakel dat ʼn gelofte nie ligtelik afgelê moet word nie.” In die lig van al die getuienis oor die rol van die literatuur van die Nadere Reformasie in die lewe van die Voortrekkers, kan met veiligheid die afleiding gemaak word dat die denke van die Voortrekkers grondleggend deur die gereformeerde inslag van dié literatuur bepaal is. Dit is dus te verstane dat die verbondsbeskouing van die Vootrekkers hulle met sowel die rasionalistiese liberalisme as die Metodisme in stryd sou bring en dat veral hul teologiese beskouings vanuit hierdie kringe soms as belaglik voorgestel is._ Die Nadere Reformasie se verbondsbeskouing was dus die gereformeerde steunpilaar wat die gereformeerde leer teen die aanvegtinge van die Metodisme en die rasionalisme in stand gehou het._ Claasen, 1969, Die Sieketroosters ….. p.144._ Ibid. _ Ibid., p.p.152-153. _ W.P.C. Knuttel, Kerk en Burgerlijk Overheid, 1909, p.192._ Sien Claasen, Die Sieketroosters, 1969, p.168. _ Paneel se vertalings was oor die algemeen in die rigting van die piëtisme. Sien Van Zijl, Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak, 1991, p.180 en vne 53-55 vir die bronne daar vermeld. _ Dié beryming was eintlik ʼn verwerkte vertaling van die Geneefse Psalmboek getiteld: Les Pseaumes mis en rime francoise par Clement Marot, et Theodore de Beze (Geneve, Antoine Dauodeau et Lucas de Mortiere, pour Antoine Vincent, 1562). E. Routley, Christian Hymns observed when in our music God is glorified, Princeton, 1982, p.20, sê: “It means a monument to all that was best in Calvin’s conception of religion …. They have in hymnology the place that the sonnets of Shakespeare have in literature.”_ Sien C. Spoelstra, Bouwstoffen voor de Geschiedenis der nederduitsch – Gereformeerde Kerken in Zuid-Afrika, dl.II, 1907, p.572. _ Sien J.I.M. Franken, Huis onderwys aan die Kaap 1692-1732, in: Annale van die Universiteit van Stellenbosch, _ Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak, 1991, p.124._ Nederland : een calvinistische natie? In: Bijdragen en Mededelingen betrefende de Geschiedenis der Nederlanden, no. 107, 4, 1992._ C.A. van Swigchem e.a., Een huis voor het Woord; het Protestantsche Kerkinterieur in Nederland tot 1900, 1994, p.37. Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap, p.211 skryf egter dat nie net het die “publieke” kerk in Nederland in feite ʼn ondergeskikte rol teenoor die staat beklee nie, maar ook sy voorregte het dikwels eerder in teorie as in werklikheid bestaan. Die owerheid het, volgens Schoeman, oënskynlik gehoor gegee aan die wense van die kerk en wette gemaak in Calvinistiese sin, maar in die praktyk het hy dit na goeddunke toegepas. _ Sien J.Wayne Baker, Heinrich Bullinger and the Covenant: The Other Reformed Tradition, 1980, p.107. _ Ibid._ Ibid._ Decades, IV:vii en V:i. Uit hoofde waarvan die samelewing, volgens Bullinger, ʼn verbondsgemeenskap is. _ Baker, Heinrich Bullinger and the Covenant, p.110._ Ibid. _ Decades, II:vii; V:i._ Sien vir meer besonderhede hieroor A.W.G. Raath, Federale teonomie: Die impak van die federale teologie op die publieke regslewe van die vroeë Kaapse volksplanting (1652-1708), 1999, p.35. _ H.C.V Leibbrandt, Resolutiën van Den Commandeur en Raden van Het Fort De Goede Hoop, 1652-1662 , 1898, voorwoord. _ Sien Kaapse Argiefstukke: Kaapse Plakkaatboek, dl.I, 1652-1707, p.108 ivm vas- en dankdae wat van tyd tot tyd in die volksplanting gehou is en Raath, Federale teonomie …. , p.37. _ Sien Kaapse Argiefstukke: Kaapse Plakkaatboek, dl.I, 1652-1707, p.59._ Art 21 van die Kerkorde van 1624. _ Onder die hoof “Het ampt der Schoolmeesters”, art 1 (Spoelstra, Bouwstoffen ….., dl.II, 1907, p.572).

27

Page 28: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

6. Die opkoms van die Réveil-beweging en die voortbestaan van die gereformeerde lewensbeskouing in die tweede helfte van die 19de eeu.Die liberale beweging in Suid-Afrika in die eerste helfte van die 19de eeu was in sy diepste wese ʼn revolusionêre beweging. Dit het die verwerping van gesag in beginsel gedryf en daarom het dit in Suid-Afrika opgekom om die stryd teen die bestaande orde en teen gesag op elke terrein van die lewe aan te knoop._ Die effek wat hierdie geestesstroming op die Protestantse Christendom gehad het, word deur S.D. van Veen_ soos volg beskryf: “Het Protestantisme schijnt vaak zoo zwak. Het is niet, gelijk Rome, een aaneengesloten geheel, dat door de kracht zijner organisatie een geweldigen indruk naar buiten maakt en zich staande kan houden tegen zijne vijanden. Het is in zijne tegenwoordige historische verschijning eerder een conglomeraat

_ bid., p.572 ev. Sien ook “Het ampt des Opperregents”, art 5. _ “Van de Schoolmeesters”, art 79, Kerkorde van 1643 (Spoelstra, Bouwstoffen ….., dl.II, 1907, p.595. _ Ibid., arts. 80 en 81. _ “Middelen om de bekeeringe der heydenen te vorderen”, art 1._ Ibid., art 3. _ Ibid., art 5._ Ibid., art 7. _ Ibid., art 8. _ Sien hieroor Raath, Federale teonomie ….. _ J. Huisinga, Nederland’s Beschaving in de Zeventiende Eeuw, 1956, pp.80-81. _ De Noord-Nederlandse Natie, 1948, p.30._ De Tachtigjarige Oorlog, 1899, p.247. _ Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner, dl.I, 1652-1806, p.34._ Ibid._ Sien A.W.G. Raath, Uit My Boekrak: Die Psalmboek van Petrus Datheen, ongepubliseerde manuskrip, 1999. Sien ook Willem J. van Zijl, Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak._ Die Kerk en die Binnekamer, in: Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. Gedenkboek by Ons Derde Eeufees 1952, p.201._ Sien C.J. Malan, Die Nadere Reformasie, 1981, p.9._ Ibid._ Ibid._ Ibid._ Ibid., pp.9-10._ Hy haal H.J. Meijerink, Reformatie en mystiek, 1956, p.21, aan , wat verklaar dat ʼn lewensvoorwaarde van die kerk is haar “isolement”. Wanneer die kerk ʼn posisie van begunstigde afhanklikheid van die staat verwerf, skryf hy, hou dit vir die kerk groot gevaar in._ Ibid., p.10._ Ibid._ D. Nauta, De gereformeerde kerken in het na-reformatorische tijdperk, in: Geschiedenis der Kerk, dl 2, s.j., 368._ J.A.S. Oberholster, Die Kerk en die Binnekamer, p.204. _ Ibid., p.204. _ Malan, op. cit., p.12. _ De Nadere Reformatie, in: De Nadere Reformatie, 1986, p.5._ Ibid., 5._ Ibid._ Ibid., p.6. _ Ibid., pp.6-7._ L. Bayly, De Practijcke, ofte oeffeninge der Godsaligheyt ….., red. G.Voetius, 1678, p.126._ Van ‘t Spijker, De Nadere Reformatie ….., p.13. _ Ibid., p.14. _ De Catechese van de Reformatie en de Nadere Reformatie, 1986, p.245. _ T. Brienen, L.F. Groenendijk, W.J. op’t Hof, C.J. Meuse in Documentatieblad Nadere Reformatie, 1982, 109. _ Op. cit.,pp.329 ev.

28

Page 29: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

van allerlei heterogene bestanddeelen …..” Hy vervolg: “Het Rasionalisme had zijn killen adem laten gaan over de verschillende Protestantsche kerken, die tengevolge daarvan bij het begin der eeuw neerlagen in verstijving en schijndood.”_

Die Réveil moet primêr as die geestelike weerstand teen die kille rasionalisme van die vroeë 19de eeu gesien word._ Sedert 1815 het die geestelike opwekking wat van die Metodisme oorgespoel het, die begin van die Réveil-beweging ingelei. Vanaf Engeland het hierdie opwekkingsgees weldra na Europa en Amerika oorgewaai._ Oral kom die behoefte na vore om teen die ongeloof van die saligmakende krag van die geloof in Jesus Christus te getuig. Spoedig tree ʼn hele aantal belangwekkende figure na vore wat, deur die Heilige Gees verlig, weer ʼn terugkeer na die ou gereformeerde paaie bepleit. In Skotland het Robert Haldane (1764-1842) vanaf 1816 tot 1818 met besondere vrug gewerk. Ander persone wat met dieselfde gees

_ Ibid._ Malan, Die Nadere Reformasie, p.37. _ Ibid., pp.37-38. _ Kaapse Bibliofiele en hulle boeke in die 18de eeu, in: Boeke en lesers in Suid-Afrika 1652-1952, 1952; “ʼn Ou Boekversameling en sy Kultuurhistoriese Betekenis” in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, 1957; The Ballot-Kircherer Collection in UCT Libraries: The Cape’s Second-oldest Book Collection, 1982._ Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak, 1991. _ Ibid._ Ibid., p.200. _ Ibid._ Ibid._ Ibid., pp.201-202. _ Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899, 1963, p.1._ Ibid.,p.2._ J.A.S. Oberholster, Ons Kerk en die Binnekamer, p.207. _ Ibid., p. 208. _ Idem._ Ibid., p.209._ Idem. _ Ibid., p.210._ J.A.S. Oberholster, Die Kerk en die Binnekamer, p. 210, skryf: “Van groot belang is dit om te let op die geestelike lektuur wat gedurende dié tyd, sowel as baie jare later, gelees is en wat meegehelp het om die godsdienstige karakter van die Afrikanervolk te help vorm. Ons noem net ʼn paar: à Brakel se Redelijke Godsdienst; Smijtegelt se Keurstoffen; Coenraad Mel: De Heraut der Ewigheid; D.F.W. Krummacher: Leerredenen; Hellenbroek: Bijbelsche Keurstoffen en ook nog sy Catechismus. Die betekenis van dié godsdienstige lektuur, die preekbundel en die gebedeboek, kan vir die geestelike vorming van ons volk nouliks oorskat word. En ons kan dit maar hier dadelik sê dat dit ook weer hieruit blyk dat dit die roeping van die kerk is om hom vandag meer as ooit daarop toe te spits om sy lidmate van gesonde geestelike lektuur te voorsien.”_ Ibid., p.210._ Idem._ Sien bv Spoelstra, ibid., pp.5-6._ Ibid.,pp.7-8._ Die subtitel van hierdie werk het gelui: Inhoudende Veele Aanmerkingswaardige zaken, zo over verscheidene plaatzen der H. Schrift, als Taalkunde, Historien, Philosophie, enz. Opgesteld door verscheidene Geleerde Mannen, Professoren, Predikanten enz. Vernamel. In Duitschland en Nederland. Waar in ook verscheidene agtereenvolgende stoffen van den Bybel, Nooit voor dezen in ‘t ligt gegeven, gevonden worden. Uitgegee te Amsterdam, deur Hendrik Vieroot, Boekverkoper op den Dam, 1733._ Ibid., dl II, 1736, p.720._ Hierdie werk was juis bedoel vir “ongeleerden” en is uitgegee te Dordrecht, deur A.Blussé & Zoon, teen die einde van die 18de eeu._ Sien G.Ch. Aalders oor Michaëlis in Christelijke Encylopaedie voor het Nederlandsche Volk, red. F.W. Grosheide, J.H. Landwehr, C. Lindeboom, J.C. Rullmann, dl IV, p.191. _ Aangehaal deur J.H.Landwehr in Christelijke Encyclopaedie, dl.III, p.596.

29

Page 30: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

besiel was, sluit in Merle D’Aubigé (1794-1872), wat later te Hamburg en Brussel die evangelie verkondig en in 1831 na Genève teruggekeer het en as geskiedskrywer van die Reformasie ʼn liefde vir die beginsels van die gereformeerde leer gewek het; César Malan (1787-1864) wat aan die Latynse skool te Genève werksaam was; Willem Bilderdijk (1756-1831), wat as geniale digter en veelsydige geleerde groot invloed op sy leerling Da Costa (1798-1860) uitgeoefen het. Waarskynlik die mees invloedryke figuur in hierdie kringe in Nederland was Groen van Prinsterer (1801-1876)._ Van Veen bestempel hom as “een der eminentste mannen, die Nederland ooit gekend heeft.”_

Veral die Réveil-beweging in Nederland het, onder invloed van Van Prinsterer, die klem op die soewereiniteit van God, teenoor die revolusie; die evangelie en die anti-revolusionêre beginsels teenoor die ongeloof geplaas._ Op talle wyses het Afrikaners wat na Nederland

_ Die subtitel daarvan is De Bijbel in ‘t Klein, en de Menschen in ‘t Groot, uitgegee te Hoorn deur J. Breebaart, 1804. _ Het Leven van Jan Kasper Lavater, dle I-III, 1802, uitgegee te Amsterdam deur Johannes Allart. _ H. Bavinck, Gereformeerde Dogmatiek, dl. III, p.613. _ Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899,1963, p.6._ Ibid., p.6. _ Ibid., pp.6-7._ Ibid., p.7._ Ibid., p.7_ J.D. du Toit (Totius) aangehaal deur Spoelstra, ibid., p.7._ Die Metodisme, in: Totius Versamelde Werke, dl. VI, 1977, p.200._ Disciplining the Nations. The Government upon His Shoulders, 1996, pp.67-68._ Ds. T Hamersma en J.D. du Toit, Johannes Calvijn. Vader der Gereformeerde Kerken. Zijn leven en beginselen, 1909, p.4._ Die Metodisme, in: Totius Versamelde Werke, dl.VI, 1977, pp.191 tot 192. _ Ibid., p.192. _ Ibid., p.199. Kragtens hierdie Verbond is die kinders erfgename van die ryk van God. _ Ibid., p.200._ Spoelstra, Die Doppers in Suid-Afrika, 1760-1899, p.5._ Ibid., p.6._ T.N. Hanekom, Die Liberale Rigting in Suid-Afrika - ʼn Kerkhistoriese Studie, 1951, p.ix._ Ibid., p.x._ Ibid., p.xi._ Ibid., p.xi._ Ibid.,p.xiii._ Sien ibid., p.xii._ Versamelde Werke, dl.6, p.134._ Hanekom, Die Liberale Rigting ….., p.12._ Sien ibid., p.13._ Ibid., p.14._ Christelyke Dogmatiek, dl. I, p.86._ Hanekom, Die Liberale Rigting …., pp.19-20._ Sien ibid., p.32._ Geskiedenis van Suid-Afrika of Ons Verlede, dl.I, 1928, p.193._ Sien Hanekom, Die Liberale Rigting ….., p..82._ Sien Ibid., p.83._ Geskiedenis van Suid-Afrika, dl.II, p.71. _ Die Liberale Rigting ….., p.84._ Sien ibid., p.97. _ Sien ibid., p.116._ Ibid., p.116. _ Ibid., p.117._ Ibid., p.122.

30

Page 31: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

gegaan het, met die leiersfigure van die Réveil, byvoorbeeld Willem de Clercq, Da Costa en Capadose, in aanraking gekom. Selfs Andrew Murray lê besoek by Beets af en slaan sy prediking hoog aan._ Mettertyd werk die invloed van die Réveil aan die Kaap deur sodat gelowiges saam eet, godsdiensoefeninge hou, dieselfde boeke lees, gesamentlike Bybelstudie hou en as groepe dikwels saam uitgaan. Maar ook andersins sou die gees van die Réveil homself in ʼn aandrang tot evangelisasiewerk, filantropiese bedrywighede, onderwys, sending en armesorg openbaar: “Al hierdie dinge het klaarblyklik ingewerk op die groepie Kapenaars, soos ook blyk uit hul groepvorming, hul voorliefde vir vereniginge, hul warme geloofslewe en ook uit hul metodiese dagprogram.”_ Die grootste verdienste van hierdie beweging was egter die feit dat dit behoudende ankers teen die mag van ongeloof en rasionalisme gebied het._ Selfs prominente figure soos ds. Van der Lingen het onder die invloed van die Réveil gekom.

Terselfdertyd dat die Réveil-gees ook na die Kaap oorwaai, ontluik die rasionalistiese liberalisme in verskeie gestaltes met hernude krag in Europa._ Van Veen skryf daarvan: “Met de geestelijke opwekking en de wederopleving van het kerkelijk bewustzijn in bijna alle lande van Europa, was echter het rationalisme nog niet geheel ten ondergebracht. Het verloor langzamerhand wel de heerschappij, die het een tijdlang bezeten had. Het gold niet meer voor wetenschappelijk. Theologen van beteekenis wilden er niets meer mee te maken hebben en bij niet-theologen van ontwikkeling en philosophischen aanleg vond het vaak weinig anders dan bespotting. Maar onder de predikanten en in de breede kringen der burgerij telde het nog tal van aanhangers. Het was nog niet dood en liet zich in gewijzigde vormen herhaaldelijk weer

_ Ibid., p.124._ J.P. Jooste, Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859-1959, 1958, p.28._ Ibid., p.28. _ Predikers en hul Prediking van die N.G. Kerk van Suid-Afrika, p.512._ Jooste, Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk ….., p.28._ Ibid., p.28._ Ibid., pp.28-29. _ Sien Willem J. van Zijl, Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak, 1991, pp.181 ev._ Sien Jooste, Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk ….., p.29. _ Sien ibid., p.29. _ J.A.S. Oberholster, Die Kerk en die Binnekamer, p.214. _ Idem. _ Idem., met ʼn aanhaling van Spoelstra. _ Idem. _ Ibid., p.29. _ Ibid., pp.29-33._ Ibid., p.33._ Ibid., P.33._ Sien bv. E.A.Venter, Ons Geskiedenisalbum, 1982, pp.181 ev._ Waarvan die veertiende druk te Rotterdam by die weduwee Hendrik van den Aak, Boekverkoper op het Steyger, by die Koornbeurs, in 1739 verskyn het._ Ibid., dl.II, fol.508. _ ʼn Perspektief ontleen aan ds. E. Erlank se mededelings aan die outeur (AWGR) na aanleiding van ʼn gesprek oor die teologiese wortels van die Gelofte van 1838. _ Ibid._ Ibid.,fol.510. _ Die Gelofte van 1838, 1988, p.47._ Ibid., p.47. _ Ibid., p.51._ Sien hier veral J.P. Jooste, Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk, p.32, se opmerkings dat “(h)oewel hulle (die konserwatiewe grensboere) ʼn uitgesproke houding in burgerlike sake daarop nagehou het, was hulle tog as groep teruggetrokke, moontlik omdat hulle dikwels bespot is as gevolg van hulle konserwatiewe houding in godsdienstige sake.”

31

Page 32: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

gelden.”_ Die meer radikale vorme van hierdie rasionalisme, soos dié van W.F. Sintenis (1794-1859), het selfs sover gegaan om die aanbidding van Christus as godslasterlike bygeloof te bestempel._

Die mate waartoe hierdie liberale tendense van die tyd na die Kaap oorgewaai het, blyk uit die nodigheid van die Kaapse Sinode in 1857 om in ʼn Herderlike Brief die gemeentes teen die gevare van die tyd te waarsku: “Wij denken aan het min of meer bedektelijk voortsluipen der dwaling; aan een steeds meer heerschenden zucht naar nieuwigheden – eene zucht om al wat oud is als verouderd te minachten.”_ Ook die agitasie ten gunste van die beroep van sommige predikante wat vanweë hul liberale sienswyses bekendheid verwerf het, word deur liberale groepe van stapel gestuur. So byvoorbeeld word te Burgersdorp en Aberdeen stemming geskep om ds. S.P. Naudé te laat beroep; te Prins Albert kon prop. J.J. Kotzé met ʼn minderheid van vier stemme, ten spyte van propaganda deur liberale ondersteuners, nie die pyp teen ds. W.A. Krige rook nie, terwyl in Murraysburg ʼn korrespondent ʼn sterk aanbeveling ten gunste van J.J. Kotzé en T.F. Burgers, latere president van die ZAR, doen ten einde gerugte dat hulle liberaal is, te weerlê._

Die indruk wat T.F. Burgers, S.P. Naudé en andere in kerkgeledere gemaak het, getuig van ʼn onvermoë van die kerkvolk in die Kaap in die loop van die tweede helfte van die 19de eeu om die gevaartekens van liberalisme en rasionalisme in die teologie en in breë lewensbeskoulike konteks korrek te kon beoordeel. Hanekom_ stel die redes hiervoor soos volg: “In hierdie so ondogmatiese tydperk in die geskiedenis van die Kerk oor die hele wêreld, is dit ook allesins verklaarbaar, veral in Suid-Afrika. Vandaar ook die byvalsbetuiginge wat die jong, liberale predikers allerweë ontvang, en die onvermoë van baie lidmate van die Kaapse Kerk om die houding en optrede van hul Kerk teen hierdie nuwe rigting te begryp.” So, byvoorbeeld skryf iemand in 1860 uit Victoria-Wes: “Hoe is het mogelijk dat Hoogeschoolen in Holland alhier beschuldigd worden godloochenende denkbeelden te koesteren en in te prenten, of den verdienste van Christus te kort te doen als eenige Zaligmaker, daar dezelve zulke echte Evangelische, rechtzinnige, welgeoefende, steeds onderzoekende leeraren oplevert, wier eenigen leus het is den Heiland, als den eenigen weg tot zaligheid te prediken?”_ Die latere optrede van byvoorbeeld T.F. Burgers en sy lotgevalle in die ZAR getuig van die gebrek aan insig in die aard en oortuiging van die geestelike liberalisme by talle Christen-gelowiges in hierdie tyd. Selfs uit die afgeleë platteland het stemme ter ondersteuning van die liberale rigting opgeklink, soos dié van ene “Jantjie Eenvoudig” wat in 1864 uit die “Onderveld” skrywe dat die liberalisme sterk toeneem omdat die bestryders daarvan nie “bevoeg of bekwaam is om dat teuge te gaan.”_ Uit soortgelyke voorbeelde maak Hanekom die afleiding dat hierdie “pleidooi uit die onderveld ten gunste van die liberalisme is maar een uit honderde dergelike voorbeelde wat aantoon dat die liberalisme nie maar die strydleuse van ʼn paar vrysinnige predikante was nie; ook nie die beskouing van die intellektueel-ontwikkelde kringe alleen nie – dit het sedert die begin van die negentiende eeu langsamerhand deurgewerk en ook die gemeentes aangetas. Deurwerking van die liberalisme in alle lae van die volkslewe, het aan die liberale rigting besorg daardie houvas op ʼn minderheidsgroep in byna elke gemeente van die Ned. Geref. Kerk in die vorige eeu.”__

Die stryd teen die rasionalistiese liberalisme het vanuit die ortodokse gereformeerde kringe in Nederland ʼn aantal kragfigure na vore laat tree. Een van die uitstaande persone in hierdie verband was die bekende A. Kuyper. Vanuit die kringe van die liberalisme het hy na die gereformeerde kringe oorgegaan en een van die felste bestryders van die moderne teologie en die “Groninger School” geword. Van hom is by geleentheid verklaar dat hy “een Reformator op aestetisch, litterarisch, wetenschappelijk, staatkundig en kerkelijk terrein”_ was, terwyl Van Veen_ van hom skryf: “Ook de felste tegenstander van Dr. Kuyper moet erkennen, dat hij een der meest beteekenende mannen is van onzen tijd. Als prediker weet hij te boeien gelijk weinigen; als geleerde heeft hij een onvergankelijken naam gevestigd; als journalist is hij ontegenzeggelijk de eerste onder de mannen van de pers; als staatsman heeft hij het kleine

32

Page 33: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

kuddeke van Groens volgelingen tot eene invloedrijke partij gemaakt. Men moge vele zijner middelen, die hij gebruikte in den strijd, afkeuren; men moge sommige zijner karaktertrekken, die in al hun scherpte soms uitkwamen, betreuren; men moge bezwaar hebben tegen de richting, door hem voorgestaan in kerk en staat; den machtigen invloed zijner persoonlijkheid kan men niet loochenen. Zijn reusachtige encyclopaedische kennis, zijn meesterschap over de taal, zijn scherpe blik, zijn diepe gedachten, zijn organiseerend talent, zijn tact om vooral de ‘kleine luiden’ aan zich te binden, dat alles springt terstond ieder in het oog, die zijne geschriften leest en zijne daden ziet.”

Die opkoms van hierdie neo-Calvinisme het tot gevolg gehad dat in die stryd met die gevestigde rasionalisme en liberalisme dit uiters fel daaraan toegegaan het. Die belangrike is egter dat die gereformeerde inslag in die Nederlandse volkslewe deur die werksaamhede van Kuyper en sy medestanders rondom die Antirewolusionêre of Christelik-historiese Party dramaties verbreed het. Die invloed van die Antirewolusionêre rigting het egter spoedig na Suid-Afrika oorgespoel. Dit was veral binne die eerste taalbeweging en die invloedsfeer van Di Patriot waar die invloed van Kuyper vinnig deurgebreek het._ Op 11 Februarie 1882 skryf S.J. du Toit aan Di Patriot oor sy Politieke Program soos volg: “Wat ons voorstaan is slegs ʼn voorstel vir bespreking. En daarvoor het ons die program van die Antirewolusionêre of Christelik-historiese Party in Nederland oorgeneem. Ons het dit volgens ons omstandighede gewysig omdat dit op so ʼn bekwame wyse opgestel is. Ook die grondtoon van ons volkskarakter het groot ooreenkoms met dié van die Nederlandse volk."_

Die invloed van Kuyper op Du Toit staan volgens d’ Assonville_ bo enige twyfel in die lig van die feit dat Du Toit, sover as wat vasgestel kon word, alles wat Kuyper op skrif gestel en gepubliseer het, gelees het, asook die feit dat Du Toit in sy privaatkorrespondensie met Kuyper ʼn “groot verbondenheid “ geopenbaar het._ Dit is voorts belangrik om daarop te let dat die dryfvere wat S.J. du Toit tot toewyding aan die gereformeerde saak beweeg het, spruit uit die invloed wat die sogenaamde Opwekking van 1860 (mede as gevolg van Réveil-invloed) aan die Kaap gehad het en op hom uitgeoefen het. Dié geestelike oplewing het in verskeie gemeentes soos Robertson, Calvinia, Worcester, Montagu, Ceres en Wellington plaasgevind. Ook in die Paarl het daar in die tyd van ds. G.W.A. van der Lingen en onder sy leiding ʼn groter godsdienstige oplewing posgevat nadat hyself ʼn “verrukking van sinne” beleef het._ Tog het mense soos S.J. du Toit en andere die opwekking meegemaak en steeds die gereformeerde leer behou. So byvoorbeeld het Du Toit in 1874 hom in konflik met ds. Andrew Murray in Wellington bevind toe hy as hulpprediker daar opgetree het en teen die opvatting van ʼn nuwe uitstorting van die Heilige Gees beswaar gemaak het. By sy terugkoms het ds. Murray verklaar dat Du Toit nog jonk is, “ʼn onervare koetsier, wat vir ʼn klip aan die een kant van die pad wil pad gee, maar gevaar loop om te vér uit te draai en in ʼn sloot aan die ander kant tereg kom.”_

Die gees van neo-Calvinisme wat vanuit Nederland oorgewaai en in Suid-Afrika tereggekom het, het die gereformeerde sout voorsien wat teen die verderf van die skeeftrekking van die godsdienstige opwekking hier te lande moes beskerm. Die belangrike is egter dat die gees van Calvinisme wat hier te lande ontwikkel het dikwels ʼn interessante kombinasie van gereformeerde inslag en Metodistiese individualisme geopenbaar het. Hierdie Metodistiese inslag is verder gestimuleer deur die invloed wat aanvanklik van geestelike werke soos die Sacred Songs & Solos with Standard Hymns, saamgestel deur Ira D. Sankey en De Kinderharp, met op die skutblad “Halleluja ! Zingt den Heer een Nieuw Lied”, uitgegaan en ʼn onmiskenbare gees van piëtisme gekweek het.

Teen die middel van die tweede helfte van die 19de eeu het die lewensbeskoulike inslag van die blanke bevolking in die Kaapprovinsie ʼn interessante mengsel van liberale vrysinnigheid, neo-Calvinistiese gereformeerdheid, Réveil-herlewing en uitgesproke Metodisme vertoon. Benewens die invloed van die verbondsteologie van die Nadere Reformasie wat in sommige Dopperkringe in die Oranje-Vrystaat gevestig was, het die Metodisme onder Murray-invloed ook spoedig neerslag in die Vrystaatse Kerk gehad. In die Transvaal het die

33

Page 34: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

geestesinvloed van die Nadere Reformasie oorheers, terwyl daar egter ook vanuit Hervormde Kerksfeer liberale gedagterigtings na vore getree het. Die Dopperinvloed van persoonlikhede van die statuur van Paul Kruger en andere het egter steeds die ortodokse invloede van die gereformeerde leer teen hierdie liberale invloede bly handhaaf. Teen hierdie agtergrond is die hernuwing van die Voortrekkergelofte van 1838 op die vooraand van die Eerste Vryheidsoorlog in Desember 1880 dus deels verklaarbaar.

S.J. Botha_ wys daarop dat die vrug van die byeenkoms te Paardekraal in Desember 1880 eerder as ʼn “belofte-eed” beskou moet word. Hierdie eed vertoon egter ook die onbetwisbare tekens van die verbondsteologie en ʼn beroep op die verbond. Die bewoording van dié belofte-eed lui soos volg: In de tegenwoordigheid van den Almagtigen God, den kenner aller harten, onder biddend opzien om Zijn genadige hulp en ontferming zijn wij, Burgers van der Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeengekomen, gelijk wij bij dezen overeenkom, om voor ons en onze kinderen een heilig verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezweeren. Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vaderen de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhankelijk volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemalen heeft de Engelsche Regeering onze vrijheid vertrapt. En onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, van den grond neergehaald. Als door een dief in den nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat niet dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven, als mannen, broeders, plegtig belovende, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God zamen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zo waarlijk helpe ons God Almagtig!”_

Botha_ wys daarop dat so ʼn “belofte-eed” voor God aan mekaar van net soveel belang as ʼn gelofte voor God aan God is. Dit beteken aan die een kant dat niks wat onwettig of onmoontlik is, beloof mag word nie (vergelyk Johannes 14:7-9 en Handelinge 23:12); aan die ander kant beteken dit dat ʼn wettige belofte-eed nie gebreek mag word nie, want dit sou beteken dat God Getuie van ʼn leuen gemaak word. In beide gevalle sou dit lastering teen God se heilige Naam en dus sonde wees._ Die gelofte-inslag van die gebeure te Paardekraal in Desember 1880 word ook deur die meegaande voordragte van die volksfigure wat daar opgetree het, bevestig. Paul Kruger, wat ʼn deurslaggewende rol tydens die verrigtinge gespeel het, het in sy herdenkingstoespraak te Paardekraal op 16 Desember 1881 soos volg oor die inslag van die gelofte-eed van 1880 opgemerk: “Wij zijn hier gekomen om feest te vieren en gij weet het. Ons en u doel is niets anders dan om meer en meer te doen verstaan den wil des Heeren en om ons te wijzen op Zijne leiding, opdat de ouders aan hunne kinderen en kindskinderen tot in het verste nageslacht kunnen verhalen wat God aan ons gedaan heeft.”_

Ongetwyfeld het die ortodoks-gereformeerde leiding van Kruger die inslag van die gebeure te Paardekraal help bepaal. Die gereformeerde inslag van Kruger se denke het sterk op die verbond teruggeval. By geleentheid van ʼn toespraak by die fees te Paardekraal op 16 Desember 1891 verwys die ou president uitvoerig na die Trekgeskiedenis en die gelding van die verbond in die volkslewe: “Laat ons nou teruggaan en op die werk van die Here soos dit in die Ou Verbond was let, om u die teendeel te bewys van wat die bose natuur, die wêreld en die ongelowiges wat roekeloos en met godsdiens spot ons wil leer dat God nie meer dieselfde aan sy volk wil doen as in die Ou Verbond nie. Laat ons daarvoor ons geskiedenis nagaan en daaruit sal ons sien dat God onveranderlik is. Hy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal ingesluit is, gaan Kruger voort: “En wie is uitgesluit? U sal sê die roekeloses en moordenaars en diewe. Nee, hulle is almal in dieselfde verbond ingesluit. Daar word ook vir u, moordenaars en diewe, ʼn vrystad in Christus gestel indien u u bekeer.”_

Uit Kruger se toesprake spreek ʼn onmiskenbare verbondsiening van die samelewing, die volkslewe en die staatkundige en maatskaplike bestaan van die mens. Dit moet aan die sterk

34

Page 35: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

Dopperse inslag van Kruger se godsdienstige sienswyses toegeskryf word, alhoewel hy ook waarskynlik die invloed van Kuyper , soos in sy Ons Program vervat, ondergaan het. Hy verklaar byvoorbeeld, soos in Kuyper se Program, artikel 3 vermeld, dat ook “op staatkundige terrein belijdt zij de eeuwige beginselen van Godts Woord.”_ Kruger se opmerkings is in 1882 gemaak, terwyl die Program reeds in 1879 die lig gesien het. Hiermee vertolk Kruger bepaalde teokratiese uitgangspunte soos dit algemeen in die verbondsteologiese sienswyses van die gereformeerde oortuiging na vore gekom het. Met soortgelyke mededelings het Kruger die gereformeerde sentimente van ʼn beduidende deel van die Transvaalse bevolking vertolk. Soos uit die uitlander-kwessie en die toenemende teenstand teen Kruger blyk, het daar met die verloop van tyd ook ʼn duidelike lewensbeskoulike divergensie in die ZAR na vore getree.

7. Die intrede van die sekularisme sedert die begin van die 20ste eeu en die behoud van die gereformeerde erfenis in die volksleweAlhoewel daar van ʼn diep sin van godsdienstigheid by die burgers sprake was, was die Metodistiese invloede met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog beduidend groter as met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog. Dit is byvoorbeeld opvallend in ʼn advertensie van boeke by die firma Barlow in Bloemfontein in 1889 dat onder andere ʼn beduidende deel literatuur uit die Metodistiese kringe genoem word, byvoorbeeld van Andrew Murray Blijf in Jezus, De School des Gebeds, Gelijk Jezus, Het Nieuwe Leven, Waarom gelooft gij niet en Wast op in den Genade, terwyl van D.L. Moody geadverteer word Roepstemmen ten leven en Kracht uit de hoogte, saam met literatuur soos Coenrad Mel se De Lust der heiligen in jehovah en C. van Niel se De Donderslag der Godloozen._ Voorts het daar nou ʼn beduidende getal onverskillige elemente voorgekom, wat nie veel gevoel vir godsdiens of vir die toegewyde godsdienstige lewe van die gereformeerde segment van die burgery gehad het nie. Hierdie afvalligheid was van so ʼn beduidende omvang dat daar in van die krygsgevangenekampe duidelike onderskeid tussen die godsdienstig toegewyde burgers en die onverskilliges was wat dikwels tot konflik tussen hulle aanleiding gegee het._ Die instroming van vreemdelinge in Transvaal en die meegaande invloed van wêreldtendense het ongetwyfeld sy merk op die Boerebevolking van die gebied gelaat. In die Oranje-Vrystaat was dit hoofsaaklik die invloed van die Vrymesselaarsgroepe en die oorspoel van Metodisme uit die Kaapkolonie wat ʼn meer vrysinnige gees onder daardie burgers geskep het wat in en om die stede gevestig was en diegene wat deurlopend onder die wydverspreide invloed van die Metodisme van Andrew Murray en andere gekom het. Die invloede van die Kaapse Nederduitse Gereformeerde Kerk was in hierdie opsig meer as net beduidend.

Die twintigste eeu sal nie so volledig in behandeling geneem word as die vorige eeue nie, omdat ons meer bekend is met die onlangse geskiedenis en dit daarom slegs nodig is om op enkele hooftendense te fokus om ook hierdie eeu in kaart te bring vir die doeleindes van ʼn genoegsame historiese perspektief op die lewensbeskoulike tendense in die volkslewe.

Die twintigste eeu word, wat die oorheersende tendense in die volkslewe betref, die beste getipeer deur dit as die era van versnellende sekularisme te beskryf. Ten einde hierdie verskynsel die beste te verstaan, moet dit egter teen die agtergrond van die breër verskynsel in die wêreld geplaas word. Die grondoorsaak vir die opkoms van die sekulêre humanisme as die oorheersende lewens- en wêreldbeskouing in die westerse wêreld sedert die Renaissance moet gesoek word in ʼn veranderende werklikheidsbeeld wat nie versoenbaar is met die gedagte van God as Skepper en Onderhouer van die heelal nie. Die sogenaamde moderne werklikheidsbeeld het as uitgangspunt die beklemtoning van die menslike moontlikhede binne ʼn volgehoue veranderde werklikheid wat by uitstek die resultaat is van die mens self vanweë sy wetenskaplike en tegnologiese vernuf. Die moderne wetenskap en tegnologie het die mens in staat gestel om ʼn wetenskaplik-tegnologiese, globalistiese beskawingstruktuur daar te stel. Deur die eensydige beklemtoning van verandering en die verafgoding van die mens se rasionele vermoëns, is die mens se bowe-rasionele oriëntasieraamwerk versteur en het die

35

Page 36: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

mens as't ware God onttroon en homself verafgod. Die wetenskaplike denke van die moderne era het ʼn geëmansipeerde, outonome en geslote karakter aangeneem waarin voorveronderstellinge van ʼn religieuse aard nie in berekening gebring is nie. Een tipiese voorbeeld van die invloed van die moderne wetenskap en werklikheidsbeeld op denkers in Suid-Afrika, is by generaal J.C. Smuts se holistiese denke te vinde. Die invloed van die evolusionisme is byvoorbeeld duidelik uit sy denke na te speur. Ook aan Suid-Afrikaanse universiteite is die Afrikanerjeug hoofsaaklik binne die kader van ʼn humanistiese wetenskapsbeskouing opgelei. Die invloed van daardie universiteite waarin ʼn Christelike benadering op ʼn beperkte skaal gevolg is, was nie groot genoeg om die gety te keer nie. Die kumulatiewe effek van hierdie faktor kan nie onderskat word nie, veral sedert die tweede helfte van die twintigste eeu toe Afrikaners in groter getalle universitêre opleiding ondergaan het.

Die appèl wat die outonome wetenskapsbeoefening en die universitêre onderrig daarvan op die Afrikanerjeug gehad het teen veral die tweede helfte van die eeu, moet teen die agtergrond van die Afrikaner se groter selfvertroue binne die industriële beskawingstruktuur gesien word namate die Afrikaner deel van die stedelike kultuur geword het. Ons omstandighede het verander en in die proses van aanpassing is sommige ontvoog van die geloof van die voorgeslag en ingelyf in die nuwe omstandighede na die voorbeeld van die reeds gesekulariseerde ikone van die nuwe leefwyse. Ook Afrikaners het gevolglik die invloed van die sekulêre humanisme ondergaan deurdat hulle van die Verbondsgod vervreemd geraak het en meer as ooit in die verlede vanuit hulself geleef het as gevolg van oormatige vertroue op die eie rasionele vermoëns. Van ʼn verbondsbenadering tot Calvinistiese kultuurvorming oor die ganse linie van die lewe het weinig tereggekom. Dit is vir baie Afrikaners nie meer God en sy gebod wat bepaal hoe die lewe geleef moet word nie. Voorts is die tendens ook in die afname van die invloed van die gereformeerde kerke sigbaar. Die kerk het miskien vir sommige op Sondae nog ʼn rol te speel, maar die boodskap van die kerk geld vir vele hoegenaamd nie meer gedurende die week nie. So ʼn dualistiese Christendom is kragteloos en beslis op die afdraande pad.

Die sekulêre tendens in die beoefening van die wetenskap sou selfs in die teologie nie uitbly nie. Vandag is ons goed bekend daarmee dat liberale teoloë ʼn neiging tot Skrifkritiek openbaar, maar selfs vroeër het hierdie neiging na vore gekom. Die teologie van teoloë soos Barth het meer as net ʼn beduidende rol in die versekularisering van veral die teologiese denke van die twintigste eeu gespeel._ Gordon H. Clark_ vat die invloed wat Barth ter uitbreiding van die irrasionalisme laat geld het, soos volg saam: "The school to which Barth belongs, or at least the movement which Barth initiated, has a heritage of irrationalism. Barth himself is probably the least irrational of them all. Yet even Barth, in his great enthusiasm to proclaim the good news that the word became flesh, tends to forget that what became flesh and spoke in human language was the Word, the Logos, the infallible Reason of God". Die invloed wat Barth teologies in ons volkslewe gehad het, was een van die faktore wat die verbondsdenke verder laat verwater en ondermyn het. Dit was veral Barth se siening van openbaring wat in hierdie verband die weg van die sekularisme verder verstewig het. Tereg verklaar Clark: "Of course, a man of the Enlightenment, denying that God spoke the Bible, might construct a religion of human invention; but the Bible claims that its words are God's true words so that no theologian can be both Biblical and rational if he rejects verbal inspiration"_, soos wat Barth inderdaad gedoen het.

Reeds voor die middel van die eeu sou die tendens tot sekularisasie en rasionalisme tot ʼn skerp teologiese krisis in die geledere van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aanleiding gee. Prof J. du Plessis het hom naamlik daarvoor beywer dat die kansel moes rekening hou met die intellektuele behoeftes van die lidmaat en die inlig van die jeug oor die nuutste resultate van die wetenskap. Die prediking moes in besonder ingerig word "naar de behoefte des tyds"._ Onder die invloed van die Bybelkritiek, wat in dié tyd heelwat geeste bekoor het, skryf Du Plessis reeds in sy Engelse klaspreek, met as teks 2 Korintiërs. 5:7: "But is it true, that in rejecting the absolute authority of the Bible we reject the sole ground we have for our faith to rest on? In

36

Page 37: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

other words: Is the Bible the ground of our faith? We answer definitely: No! Our faith rests on no external authority: it rests upon neither errorless Bible nor infallible Church."_ Tussen die jare 1926 en 1932 ontbrand ʼn hewige stryd rondom die standpunte van Du Plessis. Dit was veral die kenososleer, die dualistiese inspirasieleer en die hoër kritiek wat die basis van die stryd rondom Du Plessis gevorm het. Die Sinode van 1930 het besluit om die beskouings van Du Plessis af te wys en hom vir ʼn onbepaalde tyd te skors. Nadat die hooggeregshof Du Plessis op bepaalde punte gelyk gegee het, het die Sinode in 1930 die vonnis vernietig, maar sy dienste aan die Kweekskool beëindig, omdat dit ook duidelik was dat die meerderheid van die kerk nie die teologiese weg van Du Plessis wou volg nie.

Dit was onder andere hierdie dispuut rondom die teologiese standpunt van Du Plessis wat Gereformeerd-gesindes van die toenemende sekularisme in ons volkslewe oortuig het en na weë en middele laat soek het om die gereformeerde inslag van kerk en volk te verstewig. Mede as gevolg hiervan, het die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys in 1948/1949 tot stand gekom._ Die uitgesproke doel met die stigting was om die onderwys, opvoeding en wetenskap te begrond op die Skrif, in sy geheel en al sy dele.

Die algemene gevolgtrekking wat hieruit na vore kom, is dat die gereformeerde teologie reeds ʼn geruime tyd in sekere teologiese kringe verwater word en selfs onder aanvegting staan. Dit het in die algemeen ʼn louheid by predikers en in gemeentes tot gevolg, want die egte reformatoriese ingesteldheid word verloën. Daar waar die gereformeerde beskouing inslag vind, sal die Gees met krag werk en geen neiging tot louheid voorkom of ontvlugting in allerlei charismatiese beleweniservaringe nodig wees nie. Vandag moet ongelukkig gekonstateer word dat dit nodig geword het dat sogenaamde gereformeerde kerke wat deur Afrikaners bygewoon word, hulself sal moet afvra in welke mate hulle van die ware gereformeerde belydenis afgedwaal het, en reformasie gevolglik noodsaaklik is.

Een van die sake waaraan gereformeerde kerke aandag sal moet gee is of hulle nie self die sekulariseringstendens gestimuleer het deurdat die verbondsteologie in sy volle opgaaf deur die kerk losgelaat is nie. Dit geld insonderheid daardie kerke wat in gebreke gebly het om die verbond in die prediking, pastorale arbeid en kategetiese onderrig tuis te bring. J.A. Heyns_

skryf soos volg oor die sentrale betekenis van die verbond in die kerklike lewe: "As algemene uitgangspunt …..sal ons kan sê: die passiewe mens in die uitverkiesing, word die aktiewe mens in die verbond, en die georganiseerde mens in die kerk. Ons ontmoet dieselfde mens dus driemaal, maar telkens vanuit ʼn ander perspektief. Só gestel is dit duidelik dat elke besinning oor die kerk sonder die verbond, die kerk tot inhoudlose historiese gestalte degradeer. Daarom kan met reg verklaar word: die verbond is die inwendige grond van die kerk, en die kerk is die kulties-liturgiese gestalte van die verbond."

Die tweede wêreldtendens waarvan kennis geneem moet word om die versnelde sekularisering van die Afrikaner te verstaan, is die globaliseringsverskynsel waarvan hedendaags wyd kennis geneem word. Die nuwe wyse van wêreldoriëntering deur natuurverowering en -beheersing sedert die Renaissance het die mens daartoe in staat gestel om deur sy wetenskaplike en tegnologiese vermoëns ʼn industriële beskawingstruktuur op te bou. Hierdie beskawingstruktuur verteenwoordig ʼn belangrike fase in die opkoms van die eietydse globalistiese samelewingsbestel, want daarin vervul onder andere die motorvoertuig, lugverkeer, die gedrukte media, die radio, telekommunikasie en die televisie ʼn belangrike rol om die wêreld in figuurlike sin klein te maak. Ook die opkoms van die eietydse globale ekonomie en die politieke magspel op globale vlak moet aan die opkoms van die industriële era gekoppel word. Dit alles het nie die Afrikaner onaangeraak gelaat nie, veral omdat die Afrikaner in uiters ongunstige omstandighede en ook nie op sy eie voorwaardes nie, deel van die industriële era geword het.

Die impak van die geestelike aftakeling as gevolg van die ekonomiese verarming vanweë die Anglo-Boereoorlog asook die ontworteling van die Afrikaner vanweë die langdurige droogte van 1933 en die meegaande depressie vorm deel van die agtergrond waarteen die Afrikaner

37

Page 38: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

verstedelik en deel van die stadskultuur en die kapitalistiese sisteem geword het. Dat hiermee ʼn mate van ontworteling en sekularisasie gekom het, is nie te betwyfel nie, maar daar was ook ander groter internasionale kragte wat die tendens gestimuleer het. Dink maar aan die versnellende impak van die Amerikaanse filmkultuur, die betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog met die gepaardgaande blootstelling aan ʼn breër wêreldgees en die blootstelling deur die media aan allerlei vreemde ideologieë, veral die liberalisme met sy klem op die individuele regte via die binnelandse Engelse pers. Vandag weet ons dat daar grootskaalse sekularisasie gekom het, omdat daar min Afrikaners is wat vir hulself in Afrika ʼn Christelike roeping sien. Die klem val op ʼn individualistiese oorlewingstryd en ʼn sug na individuele verryking en materiële welvaart, en min ruimte word gelaat vir iets soos ʼn gesamentlike aanpak van die problematiese situasie. Miskien moet die laasgenoemde gesien word teen die agtergrond dat die Afrikaner hedendaags grootliks teleurgesteld is deur die nasionalisme wat in die twintigste eeu so ʼn groot rol in die politieke herrysenis van die Afrikaner gespeel het.

Terugskouend moet inderdaad gevra word of dit nie grootliks ʼn sekulêre nasionalisme en volksverheerliking was wat ons gedryf het nie. Behoudende Afrikaners moet hulself gevolglik afvra: was die Christendom die rigsnoer waaraan ons volk se strewe gemeet was, of het ons die Christendom die handperd van ons eie nasionale strewe gemaak? Die vraag wat ons uiteindelik moet probeer beantwoord is waarom ook die Afrikaner op die staatkundige terrein betrek is by ʼn eksplisiete konstitusie-gedrewe sekularisme? En daarna: hoe kom ons los uit hierdie situasie en reformeer ons op staatkundige terrein? So moet ons uiteindelik vra ten opsigte van alle samelewingsterreine. Dit is dan ook die opgaaf wat aan die skrywers van hierdie boek gestel is.

Oor elk van hierdie verskynsels en oorsake van die sekularisme in die volkslewe sou lank uitgebrei kon word. Die kernsaak is egter dat die toenemende invloed van ʼn liberale internasionalisme op die lewensbeskoulike inslag van die Afrikaner hom nie in staat gestel het om effektief weerstand teen die aanslag uit talle oorde en op verskillende stadia van sy volksbestaan te bied nie. Die effek daarvan was uiteindelik dat, ná die oorgang tot ʼn sekulêre konstitusionele staat, die volkslewe in verskillende lewensbeskoulike benaderings uiteengaan. Eerstens is daar ʼn breë front van gesekulariseerde volksgenote wat geen erg aan die gereformeerde leer en lewenswyse het of dit probeer in stand hou nie; tweedens is daar die groep wat nog probeer om ʼn algemene kerklikheid te vertoon, maar reeds ver van die gereformeerde oortuiging afgewyk het en weinig aanvoeling daarvoor het; derdens is daar enkele Afrikaners wat nog oor die gereformeerde leer en lewenspraktyk besin, en wat hulself lewensbeskoulik onder uiters vyandige omstandighede in eie volksgeledere en in die breë Suid-Afrikaanse samelewing probeer handhaaf. Dit geld vir alle vertakkinge van die sosiale en maatskaplike lewe, insluitend die akademiese wêreld. Kortliks kan egter aandag geskenk word aan die vraag waarom die gereformeerde lewensbeskouing nie sterk genoeg was om homself teen hierdie aanslae te verweer nie, en tweedens welke stappe onder die huidige omstandighede geneem kan word om die gereformeerde leer en lewenspraktyk ʼn werklikheid in ons volkslewe te maak.

Eerstens moet die geleidelike disintegrasie van die verband tussen Skriftuurlike gesag en die mens se totale leefwêreld – ook in Calvinistiese kring – tesame met die uitskakeling van die verbond as omvattende lewensparadigma – ook in die wysbegeerte en nie-teologiese wetenskappe – as van die belangrikste oorsake van die toenemende sekularisme in ons volkslewe vermeld word. Hierdie verskynsel het homself reeds teen die einde van die vorige eeu in die neo-Calvinistiese denke van Abraham Kuyper openbaar en is in die latere vertakkinge van die neo-Calvinisme voortgesit.

Tweedens het die verbondsparadigma nie tot ʼn integrale lewensbeskoulike visie in ons volkslewe ontwikkel nie. Alhoewel die grondslae van so ʼn verbondsbeskouing reeds in die tydperk van die Nadere Reformasie in ons volkslewe ontwikkel het, is geen eksplisiet reformatoriese wysbegeerte op hierdie verbondsbeskouing gebou en ontwikkel nie. Een van die min noemenswaardige pogings om die verbond as wysgerige en wetenskaplike begrondings-

38

Page 39: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

paradigma te ontleed, vind ons in D.H.Th. Vollenhoven se Isagogè Philosophiae._ Alhoewel Vollenhoven die verbond uitsluitlik as religieuse konsep hanteer, sny hy tog aspekte aan wat vir die wysbegeerte van deurslaggewende belang is, byvoorbeeld sy opmerking dat die mens van die begin af na die beeld van God geskape is, sodat sy natuur goed was en hy, omdat hy deur God geskape is, aangesproke en tot die goeie gerig, in die verbond as die konkrete korrelaat van die Drie-enige, Sy heerlikheid op aarde kon weerspieël (vergelyk 2 Korintiërs 3:18) en in oorspronklike geregtigheid aan die eis van die wet kon voldoen._ Vervolgens behandel Vollenhoven onder andere die struktuur van die verbond, die skeppingsverbond, die herskeppingsverbond, die uitwerking van hierdie verbond in die tyd en so meer._ Die hoop bly dat ʼn integraal-funksionele wetenskapsbeskouing nog vanuit die grondslae van die verbondsbeskouing ontwikkel sal word en daarmee die organiese verband tussen wetenskap, wysbegeerte en Skrifopenbaring herstel en uitgebou sal word in ʼn postmoderne tydvak waarin

_ Hanekom, Die Liberale Rigting in Suid-Afrika, p.78._ Eene Eeuw van Worsteling, 1904, pp.325-326._ Ibid., p.327._ Ibid., p.460._ Ibid., p.460._Van Veen, p.487._ Ibid._ Sien ibid., p.488._ Hanekom, Die Liberale Rigting in Suid-Afrika, p.295._ Ibid., pp.295-296._ Sien ibid.,p.297._ Van Veen, Eene Eeuw van Worsteling, p.574._ Ibid., p.574._ Sien idem. _ Sien die aanhaling uit die Acta Sinodi van 1857 aangehaal in Hanekom, Die Liberale Rigting in Suid-Afrika, pp.422-423. _ Sien ibid., p.423 hieroor. _ Ibid., p.424._ Ibid.,p.424. Aangehaal uit Het Volksblad, 13.10.1860._ In ibid., p.428._ Ibid., p.429. _ Die deurwerking van die liberale teologie en lewensbeskouing is in besonder gestimuleer deur die oprigting van ʼn algemene nuusblad in Kaapstad, wat die liberale rigting in die NG Kerk ondersteun het en in sy tyd die mees invloedryke Nederlandse koerant in die tydperk 1856-1886 in Suid-Afrika was._ Aangehaal in ibid., p.552._ Ibid., 552._ Sien bv. V.E. d’Assonville, S.J. Du Toit van die Paarl (1847-1911), 1999, pp.122 ev. _ Aangehaal in ibid.,p.122._ Ibid.,pp.122-123._ Ibid., p.123._ Ibid.,p.33._ Ibid.,p.35._ Die gelofte van 1838 soos dit in 1880 by Paardekraal met ʼn belofte bevestig is, in: Die Gelofte van 1838, 1988, pp.63-82._ Aangehaal in Botha, ibid.,p.74._ Ibid., p.75._ Ibid.,p.75-76._ Aangehaal in ibid.,p.77._ J.S. Du Plessis, President Kruger aan die Woord, 1952, p.90._ Ibid.,p.91._ Ibid.,p.118._ “De Burger”Almanak en Vrijstaatsch Jaarboek, p.97.

39

Page 40: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

die reformatoriese lewensbeskouing al hoe meer aan geloofwaardigheid inboet. Dat die neo-Calvinisme in die aangesig van die postmodernisme nie wesenlik ʼn appèl en inslag in ons volkslewe kan maak nie, moet deels aan die gebrek aan ʼn spontane en konkrete lewensappèl op die hart en verstand van mense toegeskryf word. Die tempo waarteen die neo-Calvinisme aan invloed inboet, maak dit gebiedend noodsaaklik dat ook die vraag na die verband tussen wysbegeerte, teologie en Skrifgesag en -openbaring weer sterk onder die vergrootglas sal moet kom.

8. GevolgtrekkingMet die voorgaande uiteensetting is gepoog om eerstens die aard van die Calvinisme te bepaal wat hier te lande wortel geskiet het. Dit is duidelik dat dit ʼn samevoeging van reformatoriese verbondsleer van Heinrich Bullinger en sy skool en die denkarbeid van Johannes Calvyn met sy dubbele predestinasieleer was. Die resultaat daarvan was ʼn eiesoortige lewensbeskouing, wat die lewenshouding van die Afrikanervolk sedert die volksplanting in al sy fasette bepaal het.

Die aard van die reformatoriese Christendom wat hier te lande wortel geskiet het, is op talle wyses deur die teologiese en ander lewensbeskoulike invloede wat veral in Nederland na vore getree het, beïnvloed. Dit sluit in die invloede wat van die Metodisme, rasionalisme en die piëtisme uitgegaan het.

Alhoewel die Calvinisme as lewensisteem in Suid-Afrika mettertyd ʼn eiesoortige aard en ontwikkeling vertoon het, kan dit ongetwyfeld as deel van die reformatoriese familie beskou word. Selfs met die neo-Calvinistiese variante van die reformatoriese denke wat vanaf Nederland oorgewaai het, het die Calvinisme in Suid-Afrika sy verband en aansluiting behou.

BibliografieAALDERS, G.Gh. s.a. Michaëlis. In: Christelijke Encyclopaedie voor het Nederlandsche Volk. Red. Grossheide F.W., et al. Dl. IV, p.191.BAHNSEN, Greg L. 1998. Van Til’s Apologetic. Readings & Analysis. Phillipsburg, New Jersey: P & R Publishing. BAKER, J. Wayne. 1980. Heinrich Bullinger and the Covenant: The Other Reformed Tradition. Athens, Ohio: Ohio University Press. BAVINCK, H. 1967. Gereformeerde Dogmatiek, dl. I. Vyfde onveranderde druk. Kampen: Uitgeverij J.H. Kok. BAYLY, L. 1678. De Practijcke, ofte oeffeninge der Godsaligheid ... Red. Voetius, G. Delft.

_ Sien S.P.R. Oosthuizen, Die Beheer, Behandeling en Lewe van die Krygsgevangenes Gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899 - 1902, pp.319 e.v. en A.W.G. Raath, Ahmednagarfort, Indië. Herinneringe en Dagboeke in Christiaan de Wet Annale 9, pp.11 e.v. In November 1901 skryf ds. Viljoen uit die Ahmednagarkamp oor die groot verskil in godsdienstige toewyding: “Wij hebben hier van de vroomste, maar dan ook van de ruwste menschen.”_ In sy omvattende werk oor die teologiese metodologie van Karl Barth, vind Gordon H. Clark ʼn direkte verband tussen die teologiese beskouinge van Barth en die verdiepende irrasionalisme van die twintigste eeu. Sien Gordon H. Clark, Karl Barth's Theological Method, 1963._ Ibid., p. 261._ Ibid., p. 261._ Sien H.D.A. du Toit, Kerk en Kansel, in: Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk. Gedenkboek by Ons Derde eeufees 1952, p. 263._ Aangehaal op ibid., p. 264._ Sien A.W.G. Raath, Voorsittersrede jubileum-kongres van die VCHO 2000, gehou te Bloemfontein._ Dogmatiek, p. 261._ Inleiding in die Wysbegeerte. Aan die hand van die Kollege-diktaat van dr. D.H.Th. Vollenhoven. Verwerk in Afrikaans deur J.A.L. Taljaard._ Ibid., p. 50._ Ibid., pp. 50-58.

40

Page 41: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

BOTHA, S.J. 1988. Die gelofte van 1838 soos dit in 1880 by Paardekraal met ʼn belofte bevestig is. In: Die Gelofte van 1838. Red. Pont, A.D. Kital. BRAKEL, W.À. 1739. Logika Latreia, dat is Redelyke Godtsdienst, in welke de Goddelyke Waerheden des Genaden-Verbondts worden verklaert, tegen allerleye partyen beschermt, ende tot de practyke aengedrongen. Als mede de Bedeelinge des Verbondts en de Handelingen Godts met zyne Kerke in het Oude Testament onder de Schaduwen: Ende in het Nieuwe Testament ... Veertiende druk. Rotterdam: Wed. Hendrik van den Aak.BREITENBACH, T. C., SMITH T.G. & VAN NIEKERK, E. J. (In samewerking met Pienaar, J.J.) 1996. Begeleiding in meta-paradigmatiese konteks. Pretoria: (Uitgegee deur die skrywers).BRIENEN, T., GROENENDIJK, L.F., Op ‘t Hof, W.J. & Meeuse, C.J. 1983. Documentatieblad Nadere Reformatie. 7de Jrg., No. 4.BULLINGER, H. 1582. Huys-boeck : vijf decades, dat is vijftich sermoonen, van de voorneemste hooftstucken der Chritelicker religie, in dry deelen gescheyden ….. waer by nu van nieus noch twee andere schoone wercken des seluigen autheurs gevoecht zijn, namelick, van den oorspronck, afcoemst ende voortganck aller dwalingen …..door I.G. Dordrecht. CALLENBACH, J.R. 1987. Justus Heurnius: Eene bijdrage tot de Geschiedenis des Christendoms in Nederlandsch Oost-Indië. Nijkerk. CLAASEN, J.P. 1969. Die Eerste Sieketroosters aan die Kaap 1652-1665. M.Th.-skripsie. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch. CLARK, Gordon H. 1963 [1997]. Karl Barth’s Theological method. The Trinity Foundation. D’ASSONVILLE, V.E. 1999. S.J. du Toit van die Paarl (1847-1911). Marnix. DE BLÉCOURT, A.S. & JAPIKSE, N. 1919. Klein Plakkaatboek van Nederland. Groningen: J.B. Wolters. “De Burger” Almanak en Vrijstaatse Jaarboek voor 1898. 1897. Bloemfontein: Gebroeders Barlow en Compagnie. DE KLERK, W.A. 1988. The Puritans in Africa. A Story of Afrikanerdom. Manzini, Swaziland & Durban: Bok Books International. DOOYEWEERD, H. 1969. A New critique of Theoretical Thought. Vols. I & II. The Presbyterian and Reformed Publishing Company. DOUMA, J. 1976. Kritische Aantekeningen bij de Wijsbegeerte der Wetsidee. Groningen: Uitgeverij De Vuurbaak. DU PLESSIS, J.S. 1952. President Kruger aan die Woord. Verkiesingsmanifeste, Intree-redes en Toesprake van President S.J.P.Kruger. Bloemfontein: Sacum Beperk. DU TOIT, H.D.A. s.a. Predikers en hul Prediking van die N.G. Kerk van Suid-Afrika. Ongepubliseerde D.D.-proefskrif. DU TOIT, J.D. (Totius). 1977. Totius Versamelde Werke. Dl. 6. Red. Venter, H. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.FRAME, J.M. 1995. Cornelius van Til. An Analysis of His Thought. Phillipsburg, New Jersey: P.& R. Publishing. FRANKEN, J.L.N. 1934. Huis Onderwys aan die Kaap 1692-1732. In: Annale van die Universiteit van Stellenbosch. Jrg. XII-B(I).FRUIN, R. 1899. De Tachtigjarige Oorlog. Den Haag. GESSNER, George. 1802-1803. Het Leven van Jan Kaspar Lavater. Dle. I (1802) en II (1803). Amsterdam: Johannes Allart. GIE, S.F.N. 1928. Geschiedenis van Suid-Afrika of Ons Verlede. Dle. I & II. Stellenbosch.HAMERSMA, T. & DU TOIT, J.D. 1909. Johannes Calvijn. Vader der Gereformeerde Kerken. Zijn leven en beginselen.HANEKOM, T.N. 1951. Die Liberale Rigting in Suid-Afrika. ʼn Kerkhistoriese Studie. Dl. I. Stellenbosch, Boksburg: Die CSV Boekhandel. HANEKOM, T.N. 1959. Helperus Ritzema van Lier. Die Lewensverhaal van ʼn Kaapse Predikant uit die 18de Eeu. Kaapstad / Pretoria: N. G. Kerk-Uitgewers.

41

Page 42: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

HUISINGA, J. 1941. Nederland’s Beschaving in de Zeventiende Eeuw. Haarlem: H.D. Tjeenk Willink. HUISINGA, J. 1956. Nederland’s Beschaving in de Zeventiende Eeuw. Haarlem. IMMELMAN, R.F.M. 1952. Kaapse Bibliofiele en hul boeke in die 18de eeu. In: Boeke en lesers in Suid-Afrika 1652 - 1952. Herdruk No. 16. Suid-Afrikaanse Biblioteke. Vol. 19, No. 4. April, pp.1-12. IMMELMAN, R.F.M. 1957. ʼn Ou Boekversameling en sy Kultuurhistoriese Betekenis. In: Tydskrif vir Wetenskap en Kuns. Nuwe Reeks. Dl. XVII, Tweede Aflewering, Oktober, pp. 110-120.IMMELMAN, R.F.M. 1982. The Ballot – Kircherer Collection in UCT Libraries : The Cape’s Second-Oldest Book Collection. University of Cape Town Libraries. JONKER, W.D. 1988. Uit Vrye Guns Alleen – Oor uitverkiesing en Verbond. Pretoria: N. G. Kerkboekhandel. JOOSTE, J.P. 1958. Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859 - 1959. Potchefstroom. KAAJAN, H. s.a. Franciskus Junius. In: Christelijke Encyclopaedie voor het Nederlandsche Volk. Dl. III. Red. Grosheide, F.W. et al. pp. 238-239. Kaapse Argiefstukke. 1944. Kaapse Plakkaatboek, dl. I (1652-1707). Cape Times Limited. KNUTTEL, W.P.C. 1909. Kerk en Burgerlijk Overheid. In: die reeks Uit onzen Bloeitijd: Schetsen van het Leven onzer Vaderen in de XVIIe Eeuw. Serie 1, No. 7, Baarn: Hollandia-Drukkerij. KOK, P.de B. 1958. Teologie as Wetenskap en sy Verhouding tot die Wysbegeerte. Dle. I & II. D. Phil.-proefskrif, UOVS. LANDWEHR, J.H. s.a. Johann Kaspar Lavater. In: Christelijke Encyclopaedie voor het Nederlandsche Volk. Dl. III. Kampen: J.H. Kok.LANDWEHR, J.H. s.a. Petrus Martyr Vermigli. In: Christelijke Encyclopaedie voor het Nederlandsche Volk. Dl. IV, pp. 94-95. Kampen: J.H. Kok.LANDWEHR, J.H. s.a. Hieronymus Zanchius. In: Christelijke Encyclopaedie voor het Nederlandsche Volk. Dl. V. pp. 771-772. Kampen: J.H. Kok.LAVATER, J.C. 1804. Pontius Pilatus of De Bijbel in ‘T Klein, en De Mensch in ‘T Groot. Dl. I. Hoorn: J. Breebaart. LEIBBRANDt, H.C.V. 1898. Resolutiën van den Commandeur en Raaden van het Fort de Goede Hoop, 1652 - 1662. Kaapstad: W.A. Richards en Zonen. MALAN, C.J. 1981. Die Nadere Reformasie. Wetenskaplike Bydraes van die PU vir CHO. Reeks f. Instituut vir die Bevordering van Calvinisme. PU vir CHO. Mccoy, Charles S. & BAKER, J. Wayne. 1991. Fountainhead of Federalism. Westminster, Louisville, Kentucky: John Knox Press. MEIJERINK, H.J. 1956. Reformatie en mystiek. Goes: Oosterbaan & Le Cointre. Merg, Der Akademische en andere Verhandelingen in XII Deelen Inhoudende Veele Aanmerkingswaardige Zaken ... Dle. I-XII. Amsterdam: Hendrik Vieroot. MICHAËLIS, J.D. 1792. Nieuwe Overzetting des Ouden Testaments met Aanmerkingen voor ongeleerden. In het Nederduitsch overgebracht. XI Deel. Behelzende het eerste Boek der Koningen. Dordrecht: A. Blussé & Zoon en De Leeuw & Krap. MOSHEIM, J.L. 1771-1773. Oude en Hedendaagsche Kerklyke Geschiedenissen, van de geboorte van Christus tot den Aanvang der Tegenwoordige Eeuwe. Uit het Latyn Vertaald, en vermeerdert met de Byvoegzels, Aantekeningen, en Tydrekenkundige Tafels van den Eerwaardigen Archibald Maclaine. Dle. VI - IX. Amsterdam: F. de Kruyff, A. van der Kroe & Yntema en Tieboel. NAUTA, D. s.a. De gereformeerde kerken in het na-reformatorisch tijdperk. In: Geschiedenis der Kerk. Dl. II. Kampen: Kok., pp. 328-370.

42

Page 43: Die Calvinisme met die eeuwending: ‘n historiese …vcho.co.za/wp-content/uploads/2017/12/Volk_en_Verbond.doc · Web viewHy verander nooit.”_ Met verwysing na die vraag wie almal

OOSTHUIZEN, S.P.R. 1957. Die Beheer, Behandeling en Lewe van die Krygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog 1899- 1902. Ongepubliseerde proefskrif, UOVS. POLYANDER, J. et al. 1881. Synopsis Purioris Theologiae. Versorg deur Bavinck, H. Lugduni, Batavorum. PONT, A.D. 1988. Die gelofte van 1838 – ʼn poging om die teologiese agtergronde daarvan te peil. In: Die Gelofte van 1838. Red. Pont, A.D. Kital. RAATH, A.W.G. 1999. Federale teonomie: die impak van die federale teologie op die publieke regslewe van die vroeë Kaapse volksplanting (1652-1708) – Dl. I. In: Tydskrif vir Regswetenskap, Jrg. 24, No. 2. Desember, pp.171-204. RAATH, A.W.G. 2000. Uit My Boekrak: Die Psalmboek van Petrus Datheen. Ongepubliseerde manuskrip. ROUTLEY, E. 1982. Christian Hymns observed when in our Music God is glorified. Princeton. Rutgers, F.L. 1899. Calvyn’s invloed op de Reformatie in de Nederlanden, voorzoover die door hem zelven is uitgeoefend. Leiden. SCHOEMAN, K. 1999. Armosyn van die Kaap. Voorspel tot vestiging, 1415-1651. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau. SCHOLTZ, G.D. 1967. Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner. Dl. I. Voortrekkerpers. SCHUTTE, G.J. 1992. Nederland: een calvinistische natie? In: Bijdragen en Mededelingen betrefeende de Geschiedenis der Nederlanden. 107, 4. SPOELSTRA, B. 1963. Die “Doppers” in Suid-Afrika 1760-1899. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk. SPOELSTRA, C. 1906. Bouwstoffen voor de geschiedenis der Nederduitsch-Gereformeerde Kerken in Zuid-Afrika. Dle. I & II. Amsterdam, Kaapstad. STOKER, H.G. 1940. Beginsels van ʼn Christelike Wetenskapsleer. In: Koers in die Krisis. Dl. II. Stellenbosch: Pro Ecclesia-Drukkery. VAN DER VYVER, J.D. 1983. Die regsfilosofie van Hugo de Groot. In: Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg. Bd. 46, No. 2, Mei, pp. 151-171. VAN ITTERZON, G.P. 1931. Het Gereformeerde Leerboek der 17de eeuw. “Synopsis Purioris Theologiae.” ‘s-Gravenhage: Martinus Nijhoff. VAN SWIGCHEM, C.A. et al. 1984. Een huis voor het Woord; het protestantsche kerkinterieur in Nederland tot 1900. ‘s-Gravenhage: Staatsuitgeverij. VAN TIL, C. 1971. Jerusalem and Athens. Red. Geechan, E.R. VAN ‘T SPIJKER, W. 1986. De Nadere Reformatie. In: De Nadere Reformatie. Beschrijving van haar voornaamste vertegenwoordigers. ‘s-Gravenhage: Uitgeverij Boekencentrum B.V. VAN TROOSTENBURG DE BRUYN, C.A.L. 1884. De Hervormde Kerk in Nederlandsch Oost-Indië onder de Oost-Indische Compagnie (1602-1795). Arnhem. VAN VEEN, S.D. 1904. Eene Eeuw van Worsteling. Overzicht van de Geschiedenis van het Christendom in de Negentiende Eeuw. Groningen: J.B. Walters. VAN ZIJL, W.J. 1991. Van Skeepskis na Wakis tot Boekrak. Lux Verbi. VENTER, E.A. 1983. Ons Geskiedenisalbum. Potchefstroom. VOLLENHOVEN, D.H.Th. s.a. Inleiding in die Wysbegeerte (Isagogè Philosophiae). Verwerk in Afrikaans deur Taljaard J.A.L. VORSTER, J.D. 1956. Die Kerkregtelike ontwikkeling van die Kaapse Kerk onder die Kompanjie, 1652 - 1792. Gepubliseerde Th.D.-proefskrif, PU vir CHO. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk. WOODS, D. 1996. Disciplining the Nations. The Government Upon His Shoulder. Franklin, Tennesse: Legacy Communications.

Eindnote

43