8
1 Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel. SONDAG 6 APRIL Vyfde Sondag in Lydenstyd 09:00 Erediens Geen kategese (Skoolvakansie) Geen aanddiens MAANDAG 7 APRIL 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 8 APRIL 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 9 APRIL 17:00 Biduur VRYDAG 11 APRIL 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek SONDAG 13 APRIL Palmsondag (Groot Lydensweek begin) 09:00 Erediens 09:00 Kindereredienste 10:00 Senior Kategese 18:00 Aanddiens MAANDAG 14 APRIL 19:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) 19:45 Bedryfspanvergadering DINSDAG 15 APRIL 09:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) WOENSDAG 16 APRIL 17:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) DONDERDAG 17 APRIL 19:00 Nagmaal (Belydenisklas na nag- maal) VRYDAG 18 APRIL 09:00 Erediens (Goeie Vrydag) SONDAG 20 APRIL Opstandingsondag 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Doop) MAANDAG 21 APRIL Gesinsdag. Geen vergaderings DINSDAG 22 APRIL 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 23 APRIL 17:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) DONDERDAG 24 APRIL 17:00 Biduur VRYDAG 11 APRIL 06:30 Grace Manna VOORBIDDING Elrinda Swiegelaar en haar kinders (Riebeeck w/s 10, 0725427603) met Elrinda wat herstel naʼn operasie. Janneman en Nicholize Opperman (Erika w/s 3, 0846196549) met Nicholi- ze wat herstel na ʼn operasie. Meyer Herbst wat ʼn ernstige sportbeser- ring opgedoen het. (Maryna en Eltjo Amsenga, 0825617004) Johan Swanepoel (Van Riebeeckln 193A, 076 954 6904) wat herstel na ʼn oogoperasie. Erika Pienaar (Van Riebeecklaan 277, 0823193543) met haar dogeter Minet wat 'n hartoperasie ondergaan het. Johan en Heleen Nel (Hans Strijdom- laan 51, 012 664 2276) met hulle seun Nelis wat ernstig siek is. Bid ook vir Marinda, sy vrou en dogter, Marizel. Anadra en Phillip Crafford (Van Rie- beeckln 196) met Anadra wat steeds behandeling ondergaan. Elma vd Westhuizen (Fitzpatrickweg 50, 0824683805) Gaan vir ‘n groot rugope- rasie BELANGRIKE DATUMS: GROOT LYDENSWEEK 13-19 APRIL PAASSONDAG 20 APRIL 2 Gholfdag Inligting | Golf Day Information TEN BATE VAN NGK LYTTELTON-OOS GEMEENTEFONDS / BENEFIT OF LYTTELTON- OOS CONGREGATION FUND Ons is ‘n klein gemeente met ‘n groot hart wat betrokke is by liefdadigheidswerk binne ons gemeenskap asook uitreike na die wyer wêreld. Ons doel is om fondse in te samel vir ons liefdadigheids- en gemeenskapswerk en uitreikaksies om ‘n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Ondersteun asseblief die goeie saak deur ‘n 4balspan in te skryf óf as borg op te tree. Benut terselftertyd die geleentheid om u besigheid te bemark, te netwerk, vriende te maak, lekker te kuier en ontspan. Kom geniet die dag saam met ons en maak ‘n verskil! / Come and enjoy the day with us and make a difference! We are a small congregation with a big heart. We are involved in charity work in our commu- nity and we also reach out to the wider world. Therefore, our aim is to raise funds for commu- nity charity projects and outreaches to make a positive difference in people’s lives. Kindly support a good cause by entering a 4ball team or by providing sponsorship and simultaneous- ly use the opportunity to market your business, network, make friends and to unwind in a social setting. PLEK / PLACE Pebble Rock Gholfklub / Golf Club Pebble Rock Golf Estate, Roodeplaat, Pretoria – S25° 36'819" | E28° 23'361 Tel. 012 808 0883, http://www.pebblerock.co.za/ PADAANWYSINGS / MAP https://maps.google.com/maps?ie=UTF- 8&q=Pebble+Rock+Golf+Club DATUM / DATE 22 Mei / May 2014 TYD / TIME Registrasie / Registration @09:00AM Afslaantyd / Tee-off time @10:00AM Prysuitdeling / Prize giving @17:00PM KOMPETISIE FORMAAT / COMPETITION FORMAT 4 Ball Alliance. 2 Scores to Count PRYSE / PRIZES Naaste aan die pen / Nearest to the pin. • Langste dryfhou / Longest drive. • Langste dag / Longest day. Elke speler ontvang ‘n prys / Every player receives a prize. INSKRYWING / ENTRY FOOIE / FEES R2500 per 4bal / 4ball FOOI SLUIT IN Baanfooi + 2 Gholfkarretjies + Goodie Bag + Halfweghuis + Aandete + Prysuitdeling + Veiling FEE INCLUDES Green fee + 2 Golf carts + Goodie Bag + Halfway House + Dinner + Prize giving + Auction Enkelspelers welkom / Single players welcome @R625 per speler / player Enkelspelers word gekombineer in 4balle / Single players combined into 4balls Kontantkroeg en fotos vir u eie rekening / Cash Bar and photos for your own account Geen joggies toegelaat / No caddies allowed BORGSKAP / SPONSORSHIP OPSIE A: Pryse en skenkings word waardeer / Prizes and donations appreciated. OPSIE B: Per putjie / Per hole @R1000 OPSIE C: Oefensetperk / Putting Green @R2000 OPSIE D: Halfweghuis / Halfway House @R2000 OPSIE E: Hoofborg / Main Sponsor @R8000 Ruim erkenning aan borge & skenkers tydens die dag • Liberal recognition given to sponsors & donors during the day. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die deure. Nooi asseblief u kollegas en besighede uit om hierdie projek te ondersteun. Baie dankie Bedryfspan/Golfdagkomitee

DIE HEROUT 6 APRIL 2014 (Read-Only)lytteltonoos.org.za. · • Johan Swanepoel (Van Riebeeckln 193A, 076 954 6904) wat herstel na ʼn oogoperasie. • Erika Pienaar (Van Riebeecklaan

Embed Size (px)

Citation preview

1

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos

DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014

Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za

NUWE INTREKKERS

Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel.

SONDAG 6 APRIL Vyfde Sondag in Lydenstyd

09:00 Erediens Geen kategese (Skoolvakansie) Geen aanddiens

MAANDAG 7 APRIL 19:00 Bedryfspanvergadering

DINSDAG 8 APRIL 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie

WOENSDAG 9 APRIL 17:00 Biduur

VRYDAG 11 APRIL 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek

SONDAG 13 APRIL Palmsondag (Groot Lydensweek begin)

09:00 Erediens 09:00 Kindereredienste 10:00 Senior Kategese 18:00 Aanddiens

MAANDAG 14 APRIL 19:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) 19:45 Bedryfspanvergadering

DINSDAG 15 APRIL 09:00 Erediens(Belydenisklas na erediens)

WOENSDAG 16 APRIL 17:00 Erediens(Belydenisklas na erediens)

DONDERDAG 17 APRIL 19:00 Nagmaal (Belydenisklas na nag-maal)

VRYDAG 18 APRIL 09:00 Erediens (Goeie Vrydag)

SONDAG 20 APRIL Opstandingsondag

09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Doop) MAANDAG 21 APRIL

Gesinsdag. Geen vergaderings DINSDAG 22 APRIL

09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 23 APRIL

17:00 Erediens(Belydenisklas na erediens) DONDERDAG 24 APRIL

17:00 Biduur VRYDAG 11 APRIL

06:30 Grace Manna

VOORBIDDING

• Elrinda Swiegelaar en haar kinders

(Riebeeck w/s 10, 0725427603) met Elrinda wat herstel naʼn operasie.

• Janneman en Nicholize Opperman

(Erika w/s 3, 0846196549) met Nicholi-ze wat herstel na ʼn operasie.

• Meyer Herbst wat ʼn ernstige sportbeser-

ring opgedoen het. (Maryna en Eltjo Amsenga, 0825617004)

• Johan Swanepoel (Van Riebeeckln

193A, 076 954 6904) wat herstel na ʼn oogoperasie.

• Erika Pienaar (Van Riebeecklaan 277,

0823193543) met haar dogeter Minet wat 'n hartoperasie ondergaan het.

• Johan en Heleen Nel (Hans Strijdom-

laan 51, 012 664 2276) met hulle seun Nelis wat ernstig siek is. Bid ook vir Marinda, sy vrou en dogter, Marizel.

• Anadra en Phillip Crafford (Van Rie-

beeckln 196) met Anadra wat steeds behandeling ondergaan.

• Elma vd Westhuizen (Fitzpatrickweg 50,

0824683805) Gaan vir ‘n groot rugope-rasie

BELANGRIKE DATUMS: GROOT LYDENSWEEK

13-19 APRIL PAASSONDAG

20 APRIL

2

Gholfdag Inligting | Golf Day Information TEN BATE VAN NGK LYTTELTON-OOS GEMEENTEFONDS / BENEFIT OF LYTTELTON-OOS CONGREGATION FUND Ons is ‘n klein gemeente met ‘n groot hart wat betrokke is by liefdadigheidswerk binne ons gemeenskap asook uitreike na die wyer wêreld. Ons doel is om fondse in te samel vir ons liefdadigheids- en gemeenskapswerk en uitreikaksies om ‘n positiewe verskil in mense se lewens te maak. Ondersteun asseblief die goeie saak deur ‘n 4balspan in te skryf óf as borg op te tree. Benut terselftertyd die geleentheid om u besigheid te bemark, te netwerk, vriende te maak, lekker te kuier en ontspan. Kom geniet die dag saam met ons en maak ‘n verskil! / Come and enjoy the day with us and make a difference! We are a small congregation with a big heart. We are involved in charity work in our commu-nity and we also reach out to the wider world. Therefore, our aim is to raise funds for commu-nity charity projects and outreaches to make a positive difference in people’s lives. Kindly support a good cause by entering a 4ball team or by providing sponsorship and simultaneous-ly use the opportunity to market your business, network, make friends and to unwind in a social setting. PLEK / PLACE Pebble Rock Gholfklub / Golf Club Pebble Rock Golf Estate, Roodeplaat, Pretoria – S25° 36'819" | E28° 23'361 Tel. 012 808 0883, http://www.pebblerock.co.za/ PADAANWYSINGS / MAP https://maps.google.com/maps?ie=UTF-8&q=Pebble+Rock+Golf+Club DATUM / DATE 22 Mei / May 2014 TYD / TIME Registrasie / Registration @09:00AM Afslaantyd / Tee-off time @10:00AM Prysuitdeling / Prize giving @17:00PM KOMPETISIE FORMAAT / COMPETITION FORMAT 4 Ball Alliance. 2 Scores to Count PRYSE / PRIZES Naaste aan die pen / Nearest to the pin. • Langste dryfhou / Longest drive. • Langste dag / Longest day. Elke speler ontvang ‘n prys / Every player receives a prize. INSKRYWING / ENTRY FOOIE / FEES R2500 per 4bal / 4ball FOOI SLUIT IN Baanfooi + 2 Gholfkarretjies + Goodie Bag + Halfweghuis + Aandete + Prysuitdeling + Veiling FEE INCLUDES Green fee + 2 Golf carts + Goodie Bag + Halfway House + Dinner + Prize giving + Auction Enkelspelers welkom / Single players welcome @R625 per speler / player Enkelspelers word gekombineer in 4balle / Single players combined into 4balls Kontantkroeg en fotos vir u eie rekening / Cash Bar and photos for your own account Geen joggies toegelaat / No caddies allowed BORGSKAP / SPONSORSHIP OPSIE A: Pryse en skenkings word waardeer / Prizes and donations appreciated. OPSIE B: Per putjie / Per hole @R1000 OPSIE C: Oefensetperk / Putting Green @R2000 OPSIE D: Halfweghuis / Halfway House @R2000 OPSIE E: Hoofborg / Main Sponsor @R8000 Ruim erkenning aan borge & skenkers tydens die dag • Liberal recognition given to sponsors & donors during the day. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die deure. Nooi asseblief u kollegas en besighede uit om hierdie projek te ondersteun. Baie dankie Bedryfspan/Golfdagkomitee

3

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM

Die volgende deel van die reeks Die Groot Verhaal begin weer op 11 Mei. Die datums, temas en skrifgedeeltes vir die tweede kwartaal word in die

tabel hieronder gegee. Lees gerus 1 en 2 Samuel asook 1 en 2 Konings oor die volgende paar weke. Dit handel oor die geskiedenis van die volk Israel

vanaf Dawid se koningskap (1000 v.C.) tot en met die wegvoering in balling-skap (586 v.C.). Dis beter as die nuutste Deon Meyer!

RIGLYNE VIR GESINSBYEENKOMSTE

Die huisgesin is die vrugbare bedding waarbinne die saad van geloof wat met ons doop in ons geplant is kan ontkiem en kan groei. Daarom is dit noodsaaklik dat 'n huisgesin of huishouding gereeld rondom die Woord sal vergader. Die Woord is ons primêre voedingsbron vir geloofsgroei. Maar hoe, in ons besige lewe, is dit moontlik vir 'n huisgesin om gereeld so byme-kaar te kom? Daaglikse byeenkomste is bykans onmoontlik. Vir die meeste gesinne is dit egter tog gangbaar om ten minste een maal per week byeen te kom. Dit hoef nie gekompliseerd te wees nie. Begin met ʼn gebed (laat elkeen ʼn beurt kry) en lees ʼn gekose stukkie uit die Bybel of vertel die storie vir kleiner kinders. Die volgende vrae kan dan gevra word:

• Wat leer ons in hierdie verhaal oor God?

• Wat leer ons in hierdie verhaal oor mense?

• Wat leer ons in hierdie verhaal oor die verhouding tussen God en mense?

Datum Tema Skrifgedeelte

Sondag 11 Mei Samuel / Saul 1 Samuel

Sondag 18 Mei Jong Dawid 1 Samuel

Sondag 25 Mei Koning Dawid 2 Samuel

Sondag 1 Junie Salomo / Rykskeuring 1 Konings

Sondag 8 Junie Hiskia / Val van Noordryk 2 Konings

Sondag 22 Junie Josia / Van van Suidryk 2 Konings

4

LYDENSTYD EN PAASFEES

'n Geleentheid vir geestelike groei en om naby aan die Here te kom

Die tyd waarin ons leef noodsaak ons om baie naby aan die Here te leef. Om die uitdagings wat ons die gesig staar met geloofsmoed en geloofsdurf aan te pak vir geestelike veerkrag. Ons moet kan staan-de bly in die stryd wat ons daagliks voer—daarom het ons die Here aan ons sy no-dig. Gelukkig is Hy altyd daar—maar weet

ons dit? En: hoe weet ons dit? Ons weet dit wanneer ons vashou aan Christus se opstanding. Dieselfde krag waar-mee Jesus uit die graf opgestaan het is ook in ons aan die werk (Ef 1:19-20). Hoe maak ons hierdie waarheid ons eie? Hoe kan ons hierdie krag elke dag in ons voel werk? Ons doen dit deur die opstanding van Christus gereeld te vier. Elke jaar, met Paas-fees, is dit 'n gulde geleentheid vir elke gelowige om juis dit te doen. Saam met talle ander geloofsgenote regoor die wêreld vier ons die kragtige oorwinning wat Jesus oor die dood en die magte van die bose behaal het. Daarom hierdie oproep: KOM VIER PAASFEES SAAM MET ONS! Nooi ook jou vriende en familie. Lydenstyd is die voorbereidingstyd vir die viering van Paasfees. Dit bereik 'n hoogte-punt met die Groot Lydensweek (Sondag 13 April tot Saterdag 19 April). Sondag 20 April is Paasfees—Opstandingsondag. Tot en met Pinkster is dit Paastyd. Die vieringsgeleenthede tydens die Groot Lydensweek en Paasfees is as volg:

SONDAG 13 APRIL Erediens 09:00 Palmsondag

MAANDAG 14 APRIL Erediens 19:00 Tempelreiniging

DINSDAG 15 APRIL Erediens 19:00 Strydgesprekke

WOENSDAG 16 APRIL Erediens 19:00 Verraad

DONDERDAG 17 APRIL Nagmaal / Tenebrae Gevangeneming

VRYDAG 18 APRIL Erediens 09:00 Kruisiging

SONDAG 20 APRIL Erediens 09:00 Opstanding !!

5

Voorsitter van die Kerk-raad

Lourens Botha 0823396136 [email protected]

Leier van die Oud-erlingraad

Johan Bauer 0833053768 [email protected]

Leier van die Diakonie Pierre Blignaut 0824668990 [email protected]

Bedieningspanleier Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Leier Inkomproses Tania Roos 0829589417 [email protected]

Bedieningsleier: Tee Madelaine Steyn 0126644458 [email protected]

Leier Versorgings-proses

Madelaine Steyn 0126644458 [email protected]

Orrelis Dolly Pienaar 0790383883

Bedieningsleier: Projek-siespan

Johan Freysen 0828055330 [email protected]

Bedieningsleier: Groeiproses

Tian Dry 0823206477 [email protected]

Bedieningsleier: Groei-groepe

Faan Buys 0833040424 [email protected]

Bedieningsleier: Jeug Tian Dry 0823206477 [email protected]

Leier Uitstuurproses Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Bedieningsleier Grace Manna

Heinz Meissner 0828068530 [email protected]

Bedieningsleier Koffiehu-is

Schalk Meyer 0825200186 [email protected]

Bedryfspanleier Helét van der Mer-we

0835560532 [email protected]

Taakspanleier: Eien-domme

Gerhard Steyn 0848699656 [email protected]

Koster Willem Scholtz 0828539588 [email protected]

Taakspanleier: Admin-istrasie

Madelaine Steyn 0126644458 [email protected]

Taakspanleier: Finansies Jannie Badenhorst 0824166674 [email protected]

Taakspanleier: Kommu-nikasie

Tandi van Niekerk 0768783646 [email protected]

Taakspanleier: Perso-neel

Faan Buys 0833040424 [email protected]

Voorsitter: Klub Immer-groen

Rina van der Mer-we

0832715608

Begrafnisbediening Ria Maree 0126643364

Redakteur Oosterblik Leonette Smit 0126644335 [email protected]

Wie doen wat in Lyttelton-Oos

6

BELANGRIKE DATUMS VIR 2014

Die jaarprogram van die gemeente het weer eens net een groot doel voor oë: Om dissipels wat vrugte dra tot eer van die Vader te vorm. Daarom is die pro-gram so ontwerp en saamgestel om elke lidmaat die geleentheid te gee om geestelik te groei en sterk te word. Doen dus moeite om nou reeds die datums hieronder in jou dagboek aan te teken sodat jy nie dalk 'n belangrike groei-geleentheid misloop nie. Oggenddienste: Elke Sondag om 09:00 Aanddienste: Sommige Sondagaande om 18:00 (Sien Almanak) Bedieningspanvergaderings: Een maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Bedryfspanvergaderings: Twee maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Grace Manna: Vrydagoggende om 06:30—08:00 Koffiehuisbesoeke (Straatbediening): Twee maal per maand op Vrydagaande om 18:00 (Sien almanak) Junior Kategese (Kindereredienste): Elke Sondag in die kwartaal om 09:00 Senior Kategese: Elke Sondag in die kwartaal om 10:00 (net na oggenddiens) Jeugbash: Vrydae 28 Maart, 27 Junie en 28 November 2014 om 18:00 (Skakel Tian Dry) Klub Immergroen: Uitstappie 21 Mei om 09:00 asook 17 September om 09:00 Die Groot Verhaal: Reeks het begin op Sondag 2 Februarie (sien almanak) Ontdek jou Potensiaal: 25 Mei en 31 Augustus om 11:00—18:00 (Skakel Carla Pretorius) Skolliekampe: 31 Maart—6 April 2014 en 28 April– 4 Mei (Skakel Freddie Schoeman) Emmaus Walks vir Manne: 3–6 April en 14–17 Augustus 2014 Emmaus Walks vir Vroue: 10–13 April en 21–24 Augustus 2014 Gholf-dag: 22 Mei 2014 by Pebble Rock. Skakel Pierre Blignaut (0824668990) Manne-oggend: Saterdag 24 Mei 2014 om 10:00 (met Johan Badenhorst van die TV-program Voetspore) Groot Lydensweek: Sondag 13 April tot Saterdag 19 April 2014 Paassondag: Sondag 20 April 2014 Pinksterbidure: Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie (10:00 en 19:00) Nataniël: Saterdag 26 Julie 2014 om 11:00 Gemeenskapsete (met Randall Wicomb): Vrydagaand 29 Augustus19:00 PARKNAVAL: Saterdag 30 Augustus vanaf 09:00 Gemeentekamp: 10-12 Oktober 2014 Oesfees: Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 12:00 Kersete: Klub Immergroen by Shelanti Kerssangdiens: Sondag 30 November 2014 om 19:00

7

Preek Sondag 30 Maart 2014

Vierde Sondag in Lydenstyd Tema: Wat is ‘n Christen? Wat beteken dit om ‘n Christen te wees? Dit is vrae wat ek gereeld vir myself afvra. Gemiddeld een maal per jaar kom hierdie vrae by my op en probeer ek my bes om ʼn goeie antwoord te gee daarop. Lydenstyd is ʼn goeie tyd om te soek na antwoorde op hierdie vrae. Dis ʼn tyd waarin ons spesifieke dink aan Jesus se laaste reis na Jerusalem, sy laaste week voor sy gevangeneming, en uiteindelik sy kruisiging. Hoekom is Jesus gekruisig? Om die vraag te antwoord, wat is ʼn Christen?, is dit nodig om te weet waarom Jesus gekrui-sig is. Dit keer ons om maklike antwoorde te gee. Ek het al dikwels maklike antwoorde gehoor en gegee op die vraag ‘wat is ʼn Chris-ten?’ In standerd ses was ek op ʼn kategese kamp met twee baie goeie en toegewyde kategete. Die Saterdagaand is ons as ʼn groep voor ʼn keuse geplaas: om Jesus te aanvaar as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker of nie. Dit het beteken dat jy jou sondes bely, en dat jy vergifnis ontvang op grond van Jesus se verlossingswerk aan die kruis, naamlik dat Hy in ons plek gesterf het en ons verlos het van die hel en vir ons die pad na die hemel toe oopgemaak het. Dis hoe jy ʼn Christen word, is daar vir my gesê. Maar hoe leef jy nou as ʼn Christen? Jy moet ʼn paar dinge doen, is daar vir ons gesê:

Lees die Bybel daagliks Bid gereeld in jou binnekamer Gaan gereeld kerk toe Vertel ander mense van Jesus (opsioneel maar sterk aanbeveel)

ʼn Paar ander dinge: moenie meng met nie-Christene nie, moenie rook nie, moenie dans nie, moenie dwelms gebruik nie, moenie drink nie ens. Hoe ons die evangelie aan nie-Christene moet vertel sonder om met hulle te meng is nie vir ons vertel nie. Dit was min of meer die somtotaal van wat die beteken om ʼn Christen te wees. Dis die idee wat ek op daardie kamp gekry het en ek was heeltemal tevrede met daardie antwoorde en ek het daarvolgens gelewe. Op Universiteit moes ek ʼn taak doen oor Markus 8-10 – die verhaal van Jesus se laaste reis na Jerusalem saam met sy dissipels. Aan die begin van die verhaal begin Jesus vir sy dissipels sê wat met Hom gaan gebeur in Jerusalem (sy lydensaankon-digings). Hy doen dit drie keer en elke keer reageer hulle op ʼn totaal onvanpaste manier. Die woorde van Jesus nadat dit die eerste keer gebeur het, het my laat wonder of my idee van Christenskap reg is. Ek het begin agterkom dat Christenskap meer behels as net Bybel lees, bid, kerk toe gaan en ʼn goeie morele lewe lei. Hierdie verse het vir my begin lyk asof jou hele lewe op die spel geplaas word as jy ʼn Christen is. Jy moet jou lewe verloor ter wille van Christus?? Wat behels dit, wat beteken dit? Soos wat ek verder deur die evangelies gelees het, het ek agtergekom dat die woord “koninkryk” nogal baie voorkom. Matteus het gepraat van die “koninkryk van die he-mel” en Markus en Lukas van die “koninkryk van God”. O, het ek gedink, dit moet seker die hemel en ewige lewe wees. As Jesus die koninkryk van die hemel het naby gekom het Hy seker verwys na redding en die ewige lewe in die hemel.

8

Dit het my ʼn lang tyd geneem om te besef dis glad nie waarna Jesus verwys nie. As Jesus sê: “Die koninkryk van die hemel / God het naby gekom” het Hy van iets heel-temal anders gepraat as wat ek gedink het. Ek het gedink as daar staan: “ ... want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” dat dit verwys na hulle wat hemel toe gaan wanneer hulle doodgaan. Sommige verwysings na die koninkryk van die hemel het egter nie vir my sin ge-maak nie. Byvoorbeeld: die Ons Vader gebed. “Laat U koninkryk kom, laat u wil op die aarde geskied”. Moet dit nie eerder wees: “Laat ons hemel toe gaan eendag” nie? ʼn Derde ding wat my opgeval het, was die feit dat Jesus glad nie gedoen het wat ek geleer was om te doen nie, naamlik om nie te meng met nie-Christene (of sondaars) nie. Om die waarheid te sê, Hy het uit sy pad gegaan om te eet saam met die wat deur die Fariseërs as sondaars beskou is. Soveel so dat Hy ʼn ongure reputasie op-gebou het. Hy is genoem:” ʼn vraat en ʼn wynsuiper, ʼn vriend van sondaars en tollenaars.” (Lukas 7:34) Dit het nie vir my sin gemaak nie. Dit het my lang tyd geneem om agter die kap van die byl te kom. Ek het agtergekom my kategete op die kamp was nie verkeerd nie. Hulle was reg. Dis goed om die By-bel te lees. ʼn Mens moet kerk toe gaan. ʼn Mens moet bid. Dis alles reg, maar, soos iemand gesê het, dis nie reg genoeg nie. Christenskap behels baie meer as net dit. Om ʼn Christen te wees beteken om ʼn dissipel te wees. ʼn Dissipel is iemand wat agter Jesus aan loop. ʼn Dissipel is iemand wat probeer om soos sy/haar rabbi te wees. ʼn Christen is ʼn klein Christus. Mense moet Christus in ons lewe sien. Dit bete-ken dat dit wat vir Jesus belangrik was, moet ook vir ons belangrik wees. Jesus se drome en ideale moet ons drome en ideale wees. Dit waaraan Jesus sy lewe gewy het, moet ons ook ons lewe aan wy. Dit waaraan Jesus uitverkoop was, moet ons aan uitverkoop wees. Wat was vir Jesus belangrik? Die een saak waaroor Hy die meeste gepraat het: die koninkryk van God. Jesus het gesê die koninkryk van God is nie ʼn plek waarheen ons gaan wanneer ons doodgaan nie, die koninkryk van God is iets wat naby ge-kom het (Markus 1:15). Die is nie iets wat daar ver of daar bo is nie, dis iets baie prakties en baie konkreet en dis hier by ons. Die koninkryk van God is God se droom vir die wêreld. As volgelinge van Christus word ons betrek by hierdie droom. God se droom is groot. God se droom is so groot dat ons ons hele lewe daarvoor kan gee. Wanneer ons dit doen, kom ons agter dat ons dan éérs begin lewe! Ons kom agter dat ons lewe dan eers sinvol en betekenis-vol word. (Wie sy lewe verloor ... sal dit behou – Markus 8) Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het: “Die koninkryk van God het naby gekom”? Jesus het daarmee bedoel die finale hoofstuk van God se storie het nou aange-breek. Regdeur die Ou Testament lees ons van ʼn God wat ingryp en red, van ʼn God wat sy heerskappy gaan vestig en van ʼn God wat vrede en heelheid gaan bring. Ons lees van God se droom vir die wêreld en sy bewoners. Jesus sê: Dit is nou besig om waar te word. En dit het enorme implikasies. Dis goeie nuus vir die armes, die onderdruktes, die noodlydendes, verstotenes, die verwerptes, die verontregtes, die “sondaars” – almal wat na die kantlyn van die lewe uitgedruk is (die gemarginaliseerdes). Dis slegte nuus vir die maghebbers, die rykes, die fat cats, die soustreinryers, die korruptes,

9

die onderdrukkers, die rassiste, die oordeelvellers. (Herodes was met reg bang ge-wees toe Hy gehoor het Jesus, die Messias, is gebore. Hy het geweet mense soos hy se tyd is getel.) Die koninkryk van God is plek waar reg en geregtigheid geskied, waar noodlydendes opgehef word, ʼn plek waar daar onvoorwaardelike aanvaarding is, ʼn plek waar daar liefde, vreugde en vrede is. En daardie plek is nie die hemel nie. Dis hier op aarde. Wie moet dit waar maak? Ons, die kerk. Die Heilige Gees rus ons toe, Hy gee vir ons die krag, Hy gee vir ons die gawes en die talente. Ons is agente vir die ko-ninkryk van God. Ons word geroep om ons lewens hiervoor te gee. Ons moet ʼn paar terreine gestalte gee aan God se koninkryk. Dink aan konsentriese sirkels. Die binneste sirkel is onsself. Ons moet werk aan ons eie toewyding en spiri-tualiteit. Daarom moet ons Bybel lees, bid en kerk toe gaan! (NB) Ons moet nie leef soos die wêreld leef nie. Die tweede sirkel is ons gesin en ons famillie. Ouers moet die beginsels van die ko-ninkryk aan hulle kinders oordra. Die derde sirkel is die gemeente. Ons moet mense na ons eredienste nooi sodat die saad van geloof in hulle harte geplant kan word. Ons moet mekaar versorg en by-staan en help. Ons moet mekaar aanspoor om eredienste by te woon sodat ons gevoed kan word. Ons moet ons potensiaal ontdek sodat ons kan groei en weet waar ons diensbaar kan wees. Ons moet vrugte van liefde, vreugde en vrede dra. Die vierde sirkel is die gemeenskap waarbinne ons bly. Wat is die nood van die mense in ons omgewing? Wat kan ons doen om God se koninkryk gestalte te gee in ons omgewing? Die vyfde sirkel is ons dagtaak. In hoe ʼn mate kan ons deur die werk wat ons doen gestalte gee aan God se koninkryk? Vyf konsentriese sirkels dus. Dit behels ons hele lewe. Alles wat ons doen of sê het ʼn rimpel-effek op die mense en die omgewing rondom ons. Kom ons neem ons taak as dissipels ernstig op. Kom ons raak opgewonde oor die moontlikhede om gestalte te gee aan God se koninkryk. Kom ons wees daagliks bewus daarvan dat ons ko-ninkrykagente is en dat ons orals waar ons kom liefde, vreugde en vrede uitdra. Kom ons maak ʼn impak, kom ons maak verskil. Kom ons wees Jesus se volgelinge in die volle sin van die woord! Dis wat dit beteken om ʼn Christen te wees! Freddie Schoeman

KLANKOPNAMES VAN PREKE IS BESKIKBAAR BY

http://www.lytteltonoos.co.za

10

DEURKOLLEKTE Net om u weer bewus te maak van die deurkollekte Sondae oggende. 1ste Sondag Noodlenigingsfonds 2de Sondag Noodlenigingsfonds 3de Sondag Jeug 4de Sondag Motorwag Die Kerkraad het op 26 Februarie besluit om benewens die eerste Sondag ook die tweede Sondag van die maand 'n deurkollekte vir die Noodleni-gingsfonds op te neem. Daar is groot behoefte en ons wil graag soveel as moontlik mense help en die fonds is tans lag. Hierdie hulp uit die Noodleni-gingsfonds word hoofsaaklik aangewend vir nood in die gemeente. Ander gevalle word op meriete hanteer. Indien u enige navraag het hieroor is u welkom om die Kerkkantoor te skakel.

JOHAN BADENHORST

Hy kom vir ons manne kuier by die Manne oggend die 24ste Mei 2014. Dit gaan ‘n baie interessante oggend wees met ‘n klomp ver-rassings en uitstallings. Breek weg van jou gewone Saterdag-oggend roetine en maak die een uniek. Bespreek by Lodewyk jou plek teen R150 pp. EFT inbetalings kan gedoen word en bewyse na kerkantoor ge-email word. BESPREEK VROEGTYDIG!!

11

OOSTELIKE SINODE VAN DIE NG KERK

S K O L L I E K A M P (Skoolverlaterskampe)

Die Oostelike Sinode Skoolverlaterskamp (Skolliekamp) het begin in 1999 en is elke jaar 'n ongelooflike sukses. Baie matrieks se lewens word hier aangeraak deur die Heilige Gees. Die kamp word by die Kruisrivier Kampterrein naby Groblersdal gehou. Jaarliks woon tussen 100 tot 120 matrieks van regoor Mpu-malanga en Pretoria die kamp by . Vanjaar pak ons die bul by die horings en gaan twee kampe hou tydens die twee vakansies ge-durende April. Die datums is 31 Maart tot 6 April 2014 en die tweede kamp is van 28 April tot 4 Mei 2014. Studente en jong werkendes tree op as personeel en die teru-gvoering van die matrieks toon dat hulle na die kamp hulleself, ander mense en God en sy reddingsplan baie beter verstaan en ook baie meer toegerus voel om die lewe na skool aan te pak. Ons begin nou reeds bemark aan die kampe en wil vra of u asseblief die kamp by u kerk sal bemark onder die matrieks. Ons het heelwat bemarkingsmateriaal beskikbaar en kan dit vir u aanstuur indien nodig. Dit word al hoe moeiliker om die kamp te bemark en hierdie ongelooflike kamp ding ongelukkig ook mee met die verskeie sport-toere wat tydens die Aprilvakansies plaasvind. Daarom wil ons graag vra of u ons behulpsaam sal wees met die bemarking. By voorbaat baie dankie vir u hulp. Vriendelike groete. Shawn Northey Shawn Northey Kampleier 082 657 4539 [email protected]

12

KLUB IMMERGROEN

LYTTELTON-OOS GEMEENTE

Klub Immergroen is die Bedieningsaksie van NG Kerk Lyttelton-Oos Gemeente wat fokus op die behoeftes van ouerwordende lidmate. Tans is daar meer as 160 lidmate ouer as 60 jaar. Die Klub gaan uit van die standpunt dat hulle hul eie fondse genereer. Die fonds word hoof-saaklik aangewend om aktiwiteite te beplan waarby lede sosiaal kan baat sonder om te groot finansiële bydraes te maak. Klem word gelê op deelname waar fisies moontlik. Deurlopend word koeksisters elke maand gebak. By twee geleenthede word op groot skaal jaffels gebak. Die samewerking skep ‘n gees van kameraadskap wat neerslag vind in omgee vir mekaar. Die Komiteelede hou rekord van die wel en weë van elke lidmaat wat aan hulle toegewys is. Kon-tak word gehou met lidmate wat te oud of te siek is om kerk by te woon. Besoeke word afgelê. Wanneer uitstappies gereël word, word moeite gedoen om sodanige lidmate te akkomodeer. Verjaarsdagkaartjies vir 80 jaar en ouer word per hand oorhandig. Die Gemeente word gereeld herinner aan ons bejaardes se behoeftes om te voorkom dat vereensaming plaasvind. Die Klub kry volle ondersteuning van die Kerkraad. Van die Klub se kant word moeite gedoen om sy aktiwiteite met die aktiwiteite van die res van die Gemeente te koördineer en selfs te ondersteun waar moontlik. Voorbeelde hiervan is die Parknaval en die Kerssangdiens, Rusoord en Helpende Hand. Brei van artikels vir Kinderhuise en Behoeftiges: Kontak Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. Skenkings van wol sal baie waardeer word. Belangrike datums vir 2014:

16 April: Woensdag om 10h00 in Gemeentesentrum. Praatjie deur Louise Rossouw oor Lig Kinderbediening. Almal welkom wat belangstel. Tee en verversings word bedien. Bring asseblief saam ou klere en huishoudelike goedere vir skenking. Bydraes sal ook welkom wees 23 April: Bak van koeksisters: Bak in Gemeentesentrum se kombuis. Bestellings kan by Ria Bredenhann geplaas word. Tel: 012 6640663. R15 per dosyn. 8 Mei: Smeer van brode vir Jaffels: In Gemeentesentrum om 09h00. Kontak Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. 9 Mei: Bak van Jaffels: In Gemeentesentrum om 08h00. Kontak Rina van der Merwe as u ons wil help. Tel: 012 9409417/0832715608. Bestellings moet vooraf geplaas word by enige Komiteelid. R15 per Jaffel. (Vul asseblief bestelvorm in en oorhandig aan enige Komiteelid) 21 Mei: Uitstappie na Smutshuis. Vertrek om 09h00 vanaf Gemeentesentrum. 28 Mei: Bak van Koeksisters: Bak in Gementesentrum se kombuis. Plaas bestellings by Ria Briedenhann. Tel: 012 6440663. RINA VAN DER MERWE: VOORSITTER KLUB IMMERGROEN

13

MODERN KITCHENS & CUPBOARDS

Installasies van nuwe kombuis– en hangkaste. Beplanning en uitleg. Asook “face-lifts” van bestaande kaste. Kontak: Jacques by 0828976423

MAKRO Gaan koppel jou kaart aan Lyttelton-Oos Gemeente se rekening by Macro. So verdien ons ‘n paar rand van hulle af. Onthou asb om seker te maak dat dit op Lyttelton-OOS geplaas word. Anders kry 'n ander gemeente ons deel!

14

WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE

OP "WHATSAPP"

Skakel vir Tian Dry by 0823206477

As jy nie toegang tot WhatsApp het nie word dan deel van ons

e-pos gebedsnetwerk

deur 'n e-pos te stuur aan: [email protected]

Ontdek jou

Potensiaal Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg ge-lê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou

gegee?

Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig in hulleself te kry en so ook hulle lewensroeping en die soort

dienswerk waarvoor die Here hulle geskep het, beter te verstaan.

Daar is hierdie jaar nog twee geleenthede: 18 Mei en 10 Augustus. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na Carla Pretorius by

0723997648.

GRACE MANNA 2014

Kom bedien werksoekers in nood met die liefde van die Here en maak ʼn verskil in

ons omgewing.

Vrydagoggende van 06h30 tot 08h00.

15

"JOU NUTSMAN"

Kontak JAAP by 083 469 4397 (of Anje by 082 878 1541) as u opsoek is na ‘n vriendelike, doeltreffende en bekostigbare Nutsman. Ons werk is be-troubaar en deeglik en ons kan jou met byna enigiets help.

HERDENKINGS—BELYDENIS VAN GELOOF

Van Noemnaam Beleidenis - herdenking

Kortadres Landlyn Selfoon

Crafford Ryno 11/04/2004 Van Rie-beeckln 196

082 965 8609 27827705884

Crafford Charlotte 11/04/2004 Hans Strijdomln 182

664 1568

Strydom Soné 11/04/2004 Hofmeyerweg 15

664 1451 27848764045

Van Staden Jean-Riegardt

11/04/2004 Moltenoweg 8 664 4772 27829246454

Carlson Carla 11/04/2004 Highveld 46 083 410 0226 27834100226

Nel (Crafford)

Henco 11/04/2004 Hans Strijdomln 182

664 1568

Piccioli Maretha 11/04/2004 De La Reyweg 26.

664 2149 27812701145

Jonker Wilma 11/04/2004 6De Straat 8 664 1554 27839448144

Duvenage Jaco 11/04/2004 Hofmeyerweg 52

664 0635

Scholtz Derick 10/04/2005 Df Malanln 255 664 1172 27721887813

Du Preez Pierre 10/04/2005 Moltenoweg 40

664 2353 27828249093

Crafford Telana 07/04/2007 Van Rie-beeckln 196

082 965 8609 27723768099

Hough Cobus 11/04/2009 Df Malanln 203A

076 280 3270 27762803270

Mostert Barbara 11/04/2009 Df Malanln 104 644 2990 27721979991

Scholtz Charné 11/04/2009 Df Malanln 255 664 1172 27725458893

Opperman Simone 11/04/2009 Erika Ws 3 079 884 1602 27846196549

16

VERJAARSDAE

DOOPHERDENKINGS

HUWELIKSHERDENKINGS

Van Noemnaam Verjaar Kortadres Landlyn Selfoon

Blignaut Pierre 04/06 Krugerln 141 664 3899 27824668990

Van Niekerk Gideon 04/06 Blue Crane Com-plex no 38

27768783646

Van Der Mer-we

Helét 04/08 Smutsln 288 083 556 0532 27835560532

Du Preez Juanéll-Marí 04/09 Moltenoweg 40 664 2353 27828248853

Strydom Ané 04/09 Hofmeyerweg 15 664 1451 27824508057

Haupt Hennie 04/10 Langebrinkweg 49

664 3254 27826670344

Bothma Julia 04/11 De La Reyweg 20 664 4403 27823603457

Iske Annemarié 04/11 Hans Strijdomln 85A

071 610 8006 27716108006

Hafele Hyno 04/12 Cantonmentsweg 2

664 3783 27828893373

Van Noemnaam Doop -

herdenking Kortadres Landlyn Selfoon

Hafele Hyno 07/04/1991 Cantonmentsweg 2

664 3783 27828893373

Pienaar Minette 31/03/2002 Van Riebeeckln 277

664 4685 27824414307

Schoeman Cara 12/04/2009 Stasiestr 22 664 8240 27828267146

Van Staden Deryck 12/04/2009 Cantonmentsweg 11

664 8117 27823225584

Van Noemnaam

Huweliks- herden-kings

Kortadres Landlyn Selfoon

Van Der Spuy

Johan 09/04/1977 Van Riebeeckln 101

083 455 6401 27834556401

Van Der Spuy

Ria 09/04/1977 Van Riebeeckln 101

083 455 6401 27839905758

Wessels Retha 11/04/1981 Krugerln 177 664 2303 27827720955

Wessels Johan 11/04/1981 Krugerln 177 664 2303 27833835996